Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met die … · sonder My kan julle niks doen...
Transcript of Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met die … · sonder My kan julle niks doen...
1 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3
Alle plasings
in die
Ligdraer
per epos
asseblief.
Spertyd vir
inhandiging:
Donderdae
voor 12h00
Oggenddiens 9h30 Aanddiens 18h00
(Kleuterbediening tydens oggenddiens: kleuters 3 – 7 jaar)
DOELWIT: Om God te verheerlik deur as bruid van Christus die blye
boodskap van die Bybel in die wêreld te verkondig en dissipels vir
Christus in Roodepoort te maak!
KERKWAARDES: Diepgaande kennis van Skrif en belydenis. Bybelse
leer en onderrig.
Hartlik welkom aan elkeen vanoggend
by ons ontmoeting met die Here
Ons nooi almal vriendelik uit om na
afloop van die diens saam met ons ’n koppie tee/ koffie in die saal te geniet.
Kom kuier lekker saam en leer mekaar ken.
Bybelstudie in die Kerksaal: Maandae 19h00 Tema – Vreugdevol Vry
Woensdae 8h30 Tema – Vreugdevol Vry
Donderdae 9h00
Vroue Bybelstudie: Dinsdae 9h00
Bybelstudie by Ons Huis: Donderdae 15h00
Bybelstudie vir jong volwassenes:
Kontakpersone: Evert of Cherése Kleynhans -0847991709
Redaksie Ligdraer: [email protected]
Kerkkantoor: [email protected] (011) 6723810
2 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3
OGGENDDIENS 9H30 TEMA:
Oud en jonk moet die genade van God laat skitter!
Stemmingsliedere:
1. Lb 475: 1, 2
2. LB 547: 1, 2
3. Kategese: Die liefde van
Jesus is wonderbaar
ONTMOETINGSDIENS
Votum/Seën Lofsang: Ps.100:1+2+3+4
Geloofsbelydenis: Apostolicum
VERSOENINGSDIENS
Wet: Kol.2:6-7 + Kol.3:5-17 Sing: Lb.232:1+2
WOORDDIENS
Gebed Sing: Sb.2-4:1+3
Skriflesing: Titus 2:1-15 Fokus: Tit.2:10b
ANTWOORDDIENS
Gebed Sing: Ps.128:1+3
Wegstuurseën
AANDDIENS 18H00 TEMA:
Liefde is ons groot dankbaarheid!
Stemmingsliedere:
1. Lb 334:1, 4
2. 491 491: 4, 5
ONTMOETINGSDIENS
Votum/Seën Lofsang: Ps.18-2:1+7
Sing: Lb.231:1+3
WOORDDIENS
Gebed Skriflesing: Mat.22:34-40
Fokus: Mat.22:37-40 H.K. Sondag 34
ANTWOORDDIENS
Gebed Sing: Ps.19-2:3+4
Wegstuurseën Aandgebed:Sb.20-2:5+6+7
3 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3
PREEKSKETS: TITUS 2:1-15
Op min plekke in die Bybel leer ons so duidelik dat die kerk van Jesus Christus uit oud en jonk bestaan. Die genade van God in Christus moet dit vir oud en jonk moontlik maak om oor die generasie gapings heen mekaar met die liefde van Christus te bedien. Ons grootste gevaar is die wêreld waarbinne ons leef en beweeg... die kultuur of samelewing van ons tyd. Die kultuur op Kreta word vir ons goed beskryf in hfst 1:12 as Paulus een van hulle eie mense aanhaal wat gesê het: “Die Kretensers is altyd leuenaars, ongediertes, lui vrate.”
Die eerste ding wat moet reg wees sodat ‘n gemeente gesonde huigesinne kan hê wat op sy beurt ‘n gesonde gemeente daar gaan stel, begin by die dominee. DOMINEE’S MOET DIE GESONDE LEER
VERKONDIG. As ek na enige iets anders as suiwer Woordverkondiging soek in my dominee, dan is dit tyd dat ek dalk my eie hart moet gaan toets. “(G)esonde en onaanvegbare prediking” gaan oor “Die genade van God wat verlossing bring” en hoop gee. Die rede hoekom gelowige huisgesinne en gemeentes so totaal anderste lyk as ongelowiges, is omdat ons leef en beweeg vanuit die heerlike sekerheid dat Jesus het reeds gekom om ons vry te maak, MAAR ons wag Hom in. Hy kom weer.
DIE VERHOUDINGS BINNE DIE GEMEENTE moet aan elkeen van ons se verhouding met Christus gestalte gee. Die feit dat Paulus van al die groepe verwag om “verstandig” te wees beteken dat dit deur oud en jonk, ryk of arm, gedoen kan word. Verstandige gelowiges se harte en oë is op Christus gerig en wanneer hulle ‘n besluit maak om iets te sê, iets te doen, ook elke verhouding waarbinne hulle staan, dan lei die Gees my besluit op so ‘n manier dat dit Christus se hart weerkaats.
Nadat Paulus oud en jonk in die gemeente opgeroep het om Christus te laat skitter in die gemeente, skryf hy: “So sal hulle in alles wat hulle doen, die aansien van die leer van God ons Verlosser verhoog.” Die woord wat hier met “verhoog” vertaal word is ‘n woord wat in die oorspronklike Grieks gebruik is om juwele op so ‘n manier te rankskrik sodat hulle natuurlike skoonheid kon skitter. Nie net die prediking nie, maar elkeen van ons, oud en jonk, se optrede teenoor mekaar moet van so ‘n aard wees dat die skoonheid en heerlikheid van ons Verlosser Jesus Christus vanuit ons gemeente sal skitter! Mag ons gebede vir mekaar, mag ons liefde vir mekaar, mag ons omgee en hande vat van mekaar, God se genade wat verlossing bring vir elkeen van ons... in hierdie gemeente laat skitter!
4 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3
VIR VÊRDERE OORDENKING!
1. Watter prentjie kry jy in jou gedagte oor die Kretensers? (vgl.1:12; 2:2-9)
Vergelyk ook ons kultuur/samelewing van vandag met die van die Kretensers.
2. Wat moes ds. Titus doen om ‘n gesonde gemeente te kweek? (vgl.1:1-3;
2:1, 8, 15)
3. In Titus 2:11-14 som Paulus die goeie nuus van God in ‘n paar woorde op.
Let veral op op die twee verskynings van Jesus. Hoe verstaan jy dit?
4. Pas jouself in by een van die ouderdomsgroepe en gesels oor wat God deur
sy Woord vir jou leer. Maak ook ‘n besluit oor wat jy in jou lewe moet verander.
5. Wat moet oud en jonk vanuit hierdie gedeelte leer EN wat is jou “take
away” (dit wat jy nie mag vergeet nie) vanuit hierdie gedeelte?
6. Hoe gaan jy God in die week wat kom “verhoog”... LAAT SKITTER?
5 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3
LIEF EN LEED
Wian sterk goed aan in Wilgeheuwel hospitaal.
Tersia Liebenberg is ook in Wilgeheuwel na ‘n groot
rug operasie.
Fanie van Denventer is baie siek en gaan Maandag
vir belangrike toetse.
Anette vd Walt sterk nog aan in Flora Kliniek
Bid ook asseblief vir die Kleingroep-dissipelskap se
leiergroep wat Sondagaand afskop. Ook vir reen in
die Wes-Kaap en ander droog-getysterde gebiede.
Weet jy van iemand wat siek is en ‘n besoek sal waardeer, jyself dalk?
Bel asseblief vir Sonia Richards 082 633 1200 of Martie Diederichs 084 011 6288.
Hulle is die bereidwillige voete vir die maand Februarie 2018
DIAKONIEDIENSLYS
11 FEBRUARIE 2018 18 FEBRUARIE 2018
VANDAG: Ons herinner almal VAN 35 jaar en jonger, aan die ete aangebied deur die Vrolike Afgetredenes (Sondag) om 12h00 by die Kerk vir die lidmate VANDAG – VANDAG - VANDAG
OPLAAIBEURTE OPLAAIBEURTE
Ons Huis (1,2,3) Ons Huis (1,2,3)
Koos Richards (1 ) 082 633 1200 Bettie Voges (2) 072 424 5942
Olga Venter (2) 084 587 0101 Nardus vd Walt (1) 082 453 3600
D McDonald D McDonald
Koos Richards (1) 082 633 1200 Nardus vd Walt (1) 082 453 3600
Klein Helderkruin:
Elize Coetsee
072 490 5402 Klein
Helderkruin:Elize
Coetsee
072 490 5402
Middagdiens
Ons Huis 16:30
Middagdiens
Ons Huis 16:30
6 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3
Die Vrolike Afgetredenes gaan DV Dinsdag 13 Februarie 2018 na die Botaniese Tuine (as dit nie reen nie!). Reël met Rika of Leny indien julle
vervoer nodig het.
Ons huis is in die mark! Enige lidmaat wat iemand aanbeveel en
ons huis word daardeur verkoop, ontvang R5 000.00 as ‘n dankie-sê presentjie.
Oribistraat 8, Constantiakloof. Edgar en Petra Prozesky.
Liewe gemeente
Dis al weer tyd
Ons hou groot ontbyt!
Gee jou naam deur
Voor jy jou plek verbeur!
10 Februarie is voor die deur!
Radio-omroepers sê: liewe luisteraars – ons vra Liewe broers en susters.
Gee asseblief julle geldjie vir die preekopnames, sodat ons nuwe Cd’s kan aankoop
en daar nog baie preke opgeneem kan word.
Ook vir diegene wat ’n Almanak geneem en nog nie betaal het nie, doen so
asseblief spoedig.
KERKNUUS BEROEPE ONTVANG
Ds C Jooste (Christiaan) van Waterberg na Brits.
Ds FJ van Rensburg (Frikkie) van Rustenburg-Noordoos na Komatipoort
Kerkraadsvergadering
20 Februarie – Ouderlinge vergadering 19:00
27 Februarie – Ouderlinge en Diakens vergadering 19:00
Diensgroepverslae
Voorsitters van diensgroepe moet asseblief verslae instuur voor Sondag 18
Februarie 2018.
7 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3
VroueSaamtrek 2018
Hiermee word u hartlik uitgenooi om ons streek se jaarlikse
VroueSaamtrek by te woon. Die Gereformeerde Kerk Randburg sien daarna uit om u by ons saamtrek te ontvang.
Gasspreker: Prof Fika janse van Rensburg
Datum: 10 maart 2018
Tyd: Registrasie 8:00 – 9:00 Tema: Skuil onder God se vleuels (Rut 2: 12)
RSVP: 17 Februarie 2018
Adres: Gereformeerde Kerk Randburg, 3de Weg 41,
Northwold Koördinate: S 26º 04.335´ E27º 57.498´
Koste: R110 per Persoon DRAG: Vrolik
Baie geluk aan ons lidmate wat gedurende die komende week verjaar. Mag dit ‘n baie geseënde dag wees Almal se verjaardagdatums is op die kalender.
8 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3
‘n Vrugbare 2018
Dikwels werk ons hard om te presteer en om onsself te bewys. Besigwees is nie
dieselfde as vrugbaarheid en goddelikheid nie. ‘n Leefwyse van “altyd besig wees”
het heelwat negatiewe gevolge; stres, angs en ‘’n identiteit wat bepaal word deur
wat jy doen en nie aan wie jy behoort nie
Baie van ons angs en spanning is as gevolg vaan ons pogings om vir almal te
probeer bewys dat ons kan presteer. Ons vergeet so maklik Jesus se woorde in :
“Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want
sonder My kan julle niks doen nie.” (1 Joh. 5: 15). Ons bron van lewe kom van die
Here en sonder sy lewe wat deur ons vloei, het ons geen lewe nie. Die Here het
ons gevra om in Hom te woon, te rus en om Hom te vertrou. Wie is ek nou om
meer te probeer doen. Dit beteken nie dat jy op jou hande kan sit en niks doen nie.
In plaas daarvan dat ons aanmekaar werk, kan ons rus. Uit ons rus vloei ons werk
uit liefde vir die Here.
Gebedsversoek- afskeurstrokie. Plaas in kollektesak. Ek sal as gebedskoördineerder
dit na die diens insamel. Ja, jy kan anoniem bly of die versoek onderteken
9 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3
GEBEDSLEIDING
Hierdie keer lyk die gebedsleiding so effens anders. Soos die Here wil gaan
vanaand die opleiding van leiers vir ons Huisgemeents begin. Agter op die
preekskets sien julle oordenkingspunte. Die punte gaan by die vergadering
oftewel bymekaarkom van die Huisgemeentes gebruik word. Julle voorbidding vir
hierdie groot stap word daarom ook hiervoor gevra.
Hoe volhoubaar is gebed vir ons? Handhaaf ons ‘n gebalanseerde gebedslewe?
Volgelinge van Jesus Christus moet onthou hoe belangrik gebed in ons
verhouding met Hom is. Onthou “Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly,
en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.” (Joh. 15:
5)
Hieronder is ‘n grafiese voorstelling van die aspekte wat in elkeen van ons se
gebedslewe moet voorkom.
Soos wat die duim elke ander vinger kan aanraak, so moet lofprysing my hele
lewe deurdrenk.
Ons glo dat Sondag die eerste dag van die week is. Elke Sondag sal ons teksverse
vir die week in die Ligdraer uitgee. Ons gee riglyne vir wie en wat om te bid.
10 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3
Sondag
Bid vir persoonlike leiding.
“Weet julle nie dat atlete wat aan ‘n wedloop deelneem, wel almal ardloop, maar
dat net die prys ontvang nie?” sê die apostel Paulus in 1 Korintiërs 9: 24. Bid dat
die Here jou sal help om vir hierdie prys in alles aspekte van jou persoonlike lewe
te hardloop. Maak ‘n lys van alle spesifieke gebedsversoeke vir Sy leiding in die
volgende belangrike aspekte – persoonlik, familie, werk/ skool, kerk en
gemeenskap. Memoriseer Romeine 12; 1 -2. Dank die Here vir alles wat Hy gedoen
het, besig is om te doen en nog gaan doen vir jou – omdat Hy dit belowe het.
Byvoorbeeld om elke dag meer en meer soos Jesus te word (Fil. 1: 6 en Romeine
8: 28 – 29). Bid dat jy daagliks van oomblik tot oomblik van Sy aanwesigheid bewus
is en dat jou lewe tot Sy eer is.
Maandag
Bid vir jou gesin
Maak ‘n lysie van elke familielid. As jy getroud is, sluit jou ega se naam by hierdie
lysie in. As daar ‘n nuweling bykom, troue; geboorte of adopsie, skryf hierdie naam
ook by jou lysie. Dra almal elke week op aan die Here, jy kan dalk ‘n Skrifbelofte
oor hulle afbid.
Voorbeeld: Dank U Here dat - - - - - - -die werk van U hand is, geskape om U goeie
werke te doen, goeie werke wat in die voortyd gereed gemaak is vir - - - - - - -om
te doen vergelyk Ef 2: 10. Bid dat die Here hulle sal seën, lei, bewaar en in Sy diens
gebruik, vir hulle in hulle nood bystaan en elke dag nader aan ons Here Jesus
Christus sal trek. Dank die Here vir wat Hy gedoen het, besig is om te doen en gaan
doen in hulle lewens.
Dinsdag
Bid vir die Geloofsfamilie
Bid vir die liggaam van Christus. Begin met jou eie gemeente. Skryf die name neer
van die predikant, kerkraad, Sondagskool-leiers en alle ander leiers. Hulle
wederhelftes en kinders, veral vir hulle wat jy ‘n drang voel om te bid. Voeg die
gemeentelede by waaraan jy jouself toegewy het. Die sendelinge wat deur julle
ondersteun word. Bid dat die Evangelie as DIE belangrikste verkondig sal word (1
Kor. 15: 1 – 11). Bid dat die Here hulle sal seën, lei, bewaar en elkeen sal gebruik,
11 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3
dan vir enige spesifieke behoefte. Bid vir die bekende Christelike leiers, vir almal
wat die ‘soutende sout’ in hulle gemeenskappe probeer wees.
“Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees.
Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.” (Efesiërs 6: 18)
Woensdag
Bid vir die gemeenskap
“Wie is my naaste?” het iemand vir die Here gevra. Die Here het met die gelykenis
van die barmhartige Samaritaan daarop gereageer. (Lukas 10: 25- 37). Die wese
van hierdie gelykenis is “Dit maak vir my saak wat met jou gebeur”. Dit moet ons
in ons gebede vir die mense in gemeenskap lei, vir hulle wat naby woon, saamwerk,
by die skool ontmoet, raakloop in die winkels ensovoorts. Skryf die name van die
mense in die gemeenskappe neer wat jy ken. Bid dat die Here elkeen se behoefte
tegemoed sal kom, liggaamlik sowel as geestelik – volgens Sy wil. Dat elk die
waarheid van Johannes 10: 10 mag ken “’n Dief kom net steel en slag en uitroei,
Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.”
Donderdag
Bid vir die volk
‘n Baie toegepaste teksvers om hier te bid is 2 Kronieke 7: 14, sodat Sy volk, wat
by Sy naam geroep is, hulle self verootmoedig en Sy aangesig soek en van hulle
slegte bose weë sal terugdraai. Dan sal die Here vanuit die hemel luister, hulle
sondes vergewe en die land genees. Bid vir die opleweing van God se volk in hierdie
land, dat hulle die Here Jesus aan die gewone mens as een van hulle sal voor lewe.
Bid dat die Here jou sal gebruik om ander nader aan Hom te bring. Vra vergewing
vir die land se sonde soos trots, hoogmoed, bevooroordeeldheid en onsensitiwiteit
vir die behoefte van ander. Skryf die plaaslike en nasionale geestelike en politieke
leiers neer, bid vir elkeen van hulle. Skryf politieke kwessies neer en bid daaroor.
Vrydag
Bid vir die hele wêreld
Bid vir ‘n wêreldwye uitstorting van die Heilige Gees, en sodoende word die
lewende liggaam van Christus gebruik om ander mense te help om Christus bekend
te maak en dat hulle Hom leer ken. Bid dat die nuwe gelowiges uitreik en ander
12 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3
mense vir Jesus Christus sal aanraak, deur aan hulle liggaamlike en geestelike
behoeftes te voldoen, soos wat die eerste volgelinge van die Here Jesus gedoen
het. ( Handelinge 3: 1 – 10). Bid dat hulle met Sy liefde, genade, omgee en wysheid
op sosiale probleme sal reageer. (Voeg die behoeftes waarvan jy bewus is aan jou
gebedslys toe). Bid ook vir die lande wat van Wes Afrika to Oos Asië strek, hulle
wat die behoeftigste mense is, waar die minste ge-evangeliseer word en waar die
meeste wêreld religies onderhou word. Bid vir die kerk wat vervolg word. Bid
laastens vir die bevordering van die Evangelie.
(Matt. 24: 14)
Saterdag
Bid vir die hulpeloses, hooploses, gewondes en verlorenes.
Begin met die wêreld, en soos jy bid jou volk, dan jou dorp en dan jou eie
gemeenskap. Skryf die name neer van hulle liggaamlik en geestelik aangetas is. Bid
dat die Here gelowiges, insluitende jou en jou gesin, sal gebruik om aan die
behoeftes van al die mense te voorsien. Almal wat honger en dors het,
vreemdelinge en diegene sonder klere, die siekes en gevangenes. (Matt. 25: 31 –
46) Vind uit wat die behoeftes in jou gemeenskap en gemeente is, hoe jou
gemeente aan hierdie behoeftes probeer voldoen. Skryf die pogings neer en bid
daarvoor. Bid vir die mense wat dit bestuur. Vra die Here hoe Hy jou hier wil
gebruik.
Die dae onderstaande bybelgedeeltes is ‘n riglyn om God te leer ken en
daarvolgens te bid.
04-Feb-18 Sondag Eksodus 25 - 27 Spreuke 4
05-Feb-18 Maandag Eksodus 28 -31 Spreuke 5
06-Feb-18 Dinsdag Eksodus 32 - 34 Spreuke 6
07-Feb-18 Woensdag Besinning
08-Feb-18 Donderdag Eksodus 35 - 37 Spreuke 7
09-Feb-18 Vrydag Eksodus 38 - 40 Spreuke 8
10-Feb-18 Saterdag Handelinge 1 - 3 Spreuke 9
13 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3
Wat is ‘n gelofte aan God?
14 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3
15 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3
Wat is ‘n gelofte aan God?
Weet julle wat die woord gelofte beteken? Dit is om iets te belowe, iets wat mens
sal doen. Vra dat pappa of mamma vir jou Rigters 11 voorlees en luister baie mooi.
Die Here gebruik Jefta in die hoofstuk om vir Sy volk te sorg. Jefta het ongelukkig
baie heidense gewoontes aangeleer. Want hy sê vir die Here dat hy iets in ruil sal
doen as die Here vir hom sorg. Ons lees dat hy dus nie vol vertroue is op die Here
nie. Hy wil ‘n ooreenkoms met die Here aangaan.
Kan ons dit doen? Kan ons enigiets vir die Here gee?
Nee tog, alles op aarde is van Hom, Hy het alles gemaak en regeer nog steeds
daaroor. Alles wat ons is, kry en doen – dit kom uit die hand van God. Alle goeie
dinge wat ons doen, dis nie ons wat so oulik is nie. Nee, dit word in ons harte
gewerk. God die Heilige Gees werk in ons, sodat ons bly is wanneer ons van die hel
en ewige duisternis gered word.
16 4 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 3