k alfeiErii i os,id Bestemmings - NG Wes-Kaapland Sinode...Jesus – die Weg, die Waarheid en die...

4
Bestemmings “Ek sal self regkom, dankie.” Hoeveel keer het jy mense dít al hoor sê? Of dalk het jy dit self al kwytgeraak. Ons almal weet hoe dit voel om te verdwaal. Jy was doodseker dat jy sonder die hulp van ’n kaartboek, GPS of om vir aanwysings te vra jou eindbestemming sou bereik. Ons almal weet ook hoe dit voel om na ’n spesifieke item te soek in ’n groot, onbekende supermark of hardewarewin- kel. Radeloos vra jy later vir hulp, net om agter te kom dat jy op die verkeerde plek gesoek het. “God het die mens gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Hy is nie ver van enigeen van ons af nie, want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons.” (Handelinge 17:27 – 28) ’n Persoon kies om ’n spesifieke roete te volg omdat hy glo dat dit hom sal uitbring waar hy wil wees. Dit is ’n voor die hand liggende lewens- beginsel. Ongelukkig lei verkeerde keuses, onge- sonde verhoudings en impulsiewe besluite tot ongewenste eindbestemmings en ontnugterde mense. Die meeste mense wat ons deur Straat- werk se uitreike ontmoet is by hiérdie punt in hulle lewe. Hoe tragies dat die meeste van hulle aanhou glo dat hulle self sal regkom en uit eie krag die regte koers sal inslaan. Genade is God wat ’n leeftyd se saai in die landerye van droogmaak nie teen jou hou nie. Genade het gelukkig nog nie opgehou aan God se kant nie. Boonop ontvang die “verkeerde” mense genade, diegene wat niks het om dit by God te koop of deur ’n goeie lewe te verdien nie. Genade is bedoel vir al God se verlore eiendom. Genade is God se nuwe Genesis – ’n kans om oor te begin vir elkeen wat by ’n slegte bestemming in sy of haar lewe aangekom het. Ons almal ken ook die gevoel van verligting wat oor jou spoel as jy iewers uit die doolhof van ver- dwaal wees weer die regte rigting vind. Hier by Straatwerk het ons die afgelope jaar honderde persoonlike gesprekke met mense op die strate van Kaapstad gehad. Al hoe ons hulle kon help om die regte koers in te slaan, was om hulle na Jesus toe te wys. Mag jy in hierdie Kerstyd weer diep onder die indruk van die genade in jou lewe kom. Mag jy ook krampagtig bly vashou aan Jesus Christus se reddingshand met die wete: “Ek is vir altyd terug gevind!” Groete van Fourie en almal by Straatwerk. Bid saam met ons regdeur die nuusbrief • www.straatwerk.org.za • straatwerk Kersfees 2014 Volume 46 Nr. 5 BINNE Aksie Immanuel 2014 ............................. /2 Ons het ‘n groot be- hoefte aan selfone ... /2 Die Liggaam van Chris- tus in Aksie ................. /2 Straatwerk skitter in navorsingsverslag .... /3 Dít is my storie .......... /4 Houtbankies – na bykans 30 jaar is hulle nou gedaan ................ /4 Genade is God se nuwe Gen- esis – ’n kans om oor te be- gin vir elk- een wat by ’n slegte bestem- ming in sy of haar lewe aangekom het.

Transcript of k alfeiErii i os,id Bestemmings - NG Wes-Kaapland Sinode...Jesus – die Weg, die Waarheid en die...

  • Bestemmings“Ek sal self regkom, dankie.” Hoeveel keer het jy mense dít al hoor sê? Of dalk het jy dit self al kwytgeraak. Ons almal weet hoe dit voel om te verdwaal. Jy was doodseker dat jy sonder die hulp van ’n kaartboek, GPS of om vir aanwysings te vra jou eindbestemming sou bereik. Ons almal weet ook hoe dit voel om na ’n spesifieke item te soek in ’n groot, onbekende supermark of hardewarewin-kel. Radeloos vra jy later vir hulp, net om agter te kom dat jy op die verkeerde plek gesoek het. “God het die mens gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Hy is nie ver van enigeen van ons af nie, want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons.” (Handelinge 17:27 – 28) ’n Persoon kies om ’n spesifieke roete te volg omdat hy glo dat dit hom sal uitbring waar hy wil wees. Dit is ’n voor die hand liggende lewens-beginsel. Ongelukkig lei verkeerde keuses, onge-sonde verhoudings en impulsiewe besluite tot ongewenste eindbestemmings en ontnugterde mense. Die meeste mense wat ons deur Straat-werk se uitreike ontmoet is by hiérdie punt in hulle lewe. Hoe tragies dat die meeste van hulle aanhou glo dat hulle self sal regkom en uit eie krag die regte koers sal inslaan. Genade is God wat ’n leeftyd se saai in die landerye van droogmaak nie teen jou hou nie.

    Genade het gelukkig nog nie opgehou aan God se kant nie. Boonop ontvang die “verkeerde” mense genade, diegene wat niks het om dit by God te koop of deur ’n goeie lewe te verdien nie. Genade is bedoel vir al God se verlore eiendom. Genade is God se nuwe Genesis – ’n kans om oor te begin vir elkeen wat by ’n slegte bestemming in sy of haar lewe aangekom het.Ons almal ken ook die gevoel van verligting wat oor jou spoel as jy iewers uit die doolhof van ver-dwaal wees weer die regte rigting vind. Hier by Straatwerk het ons die afgelope jaar honderde persoonlike gesprekke met mense op die strate van Kaapstad gehad. Al hoe ons hulle kon help om die regte koers in te slaan, was om hulle na Jesus toe te wys. Mag jy in hierdie Kerstyd weer diep onder die indruk van die genade in jou lewe kom. Mag jy ook krampagtig bly vashou aan Jesus Christus se reddingshand met die wete: “Ek is vir altyd terug gevind!”

    Groete van Fourie en almal by Straatwerk.

    Bid saam met ons regdeur die nuusbrief • www.straatwerk.org.za • straatwerk

    Kersfees 2014Volume 46

    Nr. 5

    BINNE

    Aksie Immanuel 2014 ............................. /2

    Ons het ‘n groot be-hoefte aan selfone ... /2

    Die Liggaam van Chris-tus in Aksie ................. /2

    Straatwerk skitter in navorsingsverslag .... /3

    Dít is my storie .......... /4

    Houtbankies – na bykans 30 jaar is hulle nou gedaan ................ /4

    Genade is God se nuwe Gen-esis – ’n kans om oor te be-gin vir elk-een wat by ’n slegte bestem-ming in sy of haar lewe aangekom het.

  • Ons het ‘n groot behoefte aan selfoneHet jy dalk ‘n selfoon of twee wat iewers in ‘n laai lê maar nog in ‘n werkende toestand is? In al ons bedieningsfasette kan ons baie goed daarvan gebruik maak. Voormanne by Ophelp Projekte kan nie funksioneer sonder selfone nie. Ons het dit ook nodig om vroue wat vanuit prostitusie tot bekering gekom het te begelei in hulle nuwe lewe. En op nog vele ander gebiede.

    Hierdie jaar se Aksie Immanuel tema is: I am the Way – Jesus – die Weg, die Waarheid en die Lewe.Ons program sal min of meer as volg verloop:

    Ons begin met twee geleenthede vooraf – op 6 Desember gaan die tienermeisies van die Monique ondersteuningsgroep van Zoë Trust, Heideveld, op ‘n Kersfeesuitstappie en op 10 De-sember gaan die tienerseuns.

    Woensdag 17 DesemberLofprysing- en gebedsoggend in Mitchell’s Plain saam met al die vroue wat deel is van die Waardevol vir Jesus-veldtog op die Kaapse Vlakte en weekliks by verskillende skole bid. ‘n Diens-evangelisasie-uitreik in die aand in Voortrekkerweg, Parow.

    Donderdag 18 DesemberKersfeespartytjie vir die kinders wat deel is van die Zoë Trust Kids’ Club (4-8 jariges).

    Vrydag 19 Desember‘n Oggend-uitreik op die promenade in Seepunt. Kinders wat deel is van die Zoë Trust Kids’ Club vertrek op ‘n kamp (9-11 jariges) tot 21 Desember saam met die Groote Kerk, Kaapstad. ‘n Laataand diensevangelisasie-uitreik vanaf 21:30 – 02:00 in die middestad van Kaapstad, Groenpunt en Seepunt.

    Saterdag 20 DesemberDangerous Women byeenkoms – ‘n samekoms van vroue wat ‘n besluit gemaak het om die Here te volg. Meeste van die vroue kom uit gebroke agtergronde en ons het deur die jare die voorreg gehad om die pad van val en opstaan saam met hulle te loop.

    Sondag 21 Desember‘n Vroegoggend skoonmaakskof wat om 04:00 afskop, waar ons al die papiere, bottels en ander rommel gaan opruim van die vorige aand se partytjies wat in die stad gehou is. Daarna sal ons die haweloses bedien met koffie en hulle nooi om by

    Ophelp Projekte betrokke te raak.

    Maandag 22 Desember‘n Oggend-uitreik met die Waardevol vir Jesus boodskap by die verkeersligte in die middestad. Ons gaan lisensieskywe met die WVJ boodskap uitgee. Daarna ‘n etensuur dankseggingsdiens saam met die deelnemers van Ophelp Projekte by die St An-drews Kerk in Groenpunt. ‘n Aand diensevangelisasie-uitreik in Voortrekkerweg, Parow.

    Dinsdag 23 Desember‘n Aand diensevangelisasie-uitreik, Brooklyn.

    Woensdag 24 DesemberOukersaand-uitreik in die middestad van Kaapstad.

    Kersdag 25 DesemberLaatoggend uitreik na mense wat op die strate ronddwaal in Voortrekkerweg, Parow.

    Behoeftes• Gewillige hande;

    • finansiële bydraes;

    • toiletware (seep, waslappe, handdoeke, tandepasta, tande-borsels, “roll-on”, ens.);

    • skryfbehoeftes (inkleurpotlode, draaikryte, penne, potlode, uitveërs, inkleurboeke, potloodsakkies, skêre, ens.);

    • vir die uitreike en kinderpartytjies en kamp: suigstokkies, “chips”, koeldrank, pakkies peanuts, lekkers, koekies, ens.;

    • borg ‘n geskenkpakkie met lekkernye vir die deelnemers aan Ophelp Projekte vir na die Dankseggingsdiens teen R15 elk;

    • borg lisensieskywe vir die Waardevol vir Jesus uitreik by die verkeersligte teen R1 elk.

    Aksie Immanuel 2014

    Die Liggaam van Christus in Aksie……is wat Straatwerk se leuse sê.Ons sien dit op ‘n verskeidenheid van maniere. Die span wat uitreik na vroue wat vasgevang is in prostitusie in Groen-punt, Seepunt, die middestad van Kaapstad en Woodstock, is ‘n baie goeie voorbeeld daarvan (so ook die spanne wat in ander areas uitreik). In die stad word ses verskillende kerke verteenwoordig deur een of meer medewerkers: Calvary Chapel, Shofar, Victory Outreach, Katolieke Kerk, NG Oos-tersee en die Independent Congregational Kerk.“Ons wil ook normaal wees... Opstaan en koffie drink in die oggend. Ons woon onder die wêreld en nie in die wêreld nie.”

    -Woorde van ‘n vrou wat vasgevang is in prostitusieDie afgelope jaar het hierdie spesifieke span 786 gesprekke met vrouens in prostitusie gevoer.

  • Ophelp Projekte is in ‘n vennootskap met Khulisa Social Solutions (sien blokkie hiernaas) en slaan ag op interes-sante feite wat in ‘n onlangse navorsingsverslag van dié organisasie na vore gekom het. Daar is onder andere gevind dat:Hawelose persone is twee keer meer geneig om misdaad te pleeg as hulle nie betrokke is in ‘n betaalde werkskema soos Ophelp Projekte nie.Die hoeveelheid misdaad wat gepleeg word verminder met 58% wanneer die oortreder deel word van ‘n betaalde werk-skema.Die gemiddelde hawelose persoon met ‘n kriminele rekord het meer as twee sake teen hom/haar, maar gedurende die tyd van betrokkenheid by Ophelp Projekte verminder die sake tot minder as een.Een van die ander aspekte van die verslag het gefokus op die dienste wat Ophelp Projekte vir besighede lewer en die brug wat gebou is tussen hawelose persone en besighede wat van Straatwerk se dienste gebruik maak.

    95% van besighede wat betrokke is by Straatwerk sien haweloses as fundamenteel betroubaar, teenoor die 35% van besighede wat nie by Straatwerk betrokke is nie.100% van die besighede in die opname het gesê dat hulle sal aanhou om van Straatwerk se dienste gebruik te maak.75% het genoem dat hulle van meer dienste gebruik sal maak soos wat hulle besighede groei.100% het gesê dat hulle Straatwerk by besighede soortgelyk aan hul eie sal aanbeveel.

    Besighede het ook gesê dat Straatwerk en Ophelp Projekte die volgende voordele bied:• bekostigbare en betroubare dienste;• maklike bereikbaarheid;• werk buite normale werksure, soos naweke en aande;• vinnige reaksie wanneer hulp benodig word;• betroubaarheid;• geen toesig benodig; en• kontinuïteit: “Hoef nie dinge tweekeer te verduidelik nie”.Besighede wat nie by Straatwerk betrokke is nie het ‘n groter negatiewe gevoel teenoor haweloses en 75% van die besighede het probleme om met haweloses saam te werk as gevolg van ‘n gebrek aan vertroue.

    Khulisa Social Solutions is ‘n nie-regeringsorganisasie wat hulself daarop toespits om sosiale kwesbaar-heid as ‘n sistemiese probleem aan te spreek. Hulle werk saam met ‘n ver-skeidenheid van rolspelers en fasiliteer projekte wat ‘n ver-skil maak deur, onder andere, armoedeverligting, misdaad-vermindering en gemeenskapsopheffing.Lees meer oor hulle werksaamhede by: www.khulisaservices.co.za

    Straatwerk skitter in navorsingsverslag

  • STRAATWERK – Die liggaam van Christus in AksiePosbus 910, Parow 7499 • Tel: +27 21 9308055 • Faks: +27 21 9307690

    www.straatwerk.org.za • E-pos: [email protected].: NPO 003276

    ABSA takkode: 632 005 • ABSA rekeningnr.: 450800457

    Die liefde van Christus dring ons!

    Dít is my storie…“Hallo, my naam is Lee-Ann…“Die lekkerste oomblik die hele week was toe ek en Ryan onder die straatlig op die sypaadjie gesit en Huisgenoot lees het. Ons het na al die prentjies gekyk en gelag, al kon ons nie al die woorde lees en ver-staan nie.“Ek is nege jaar oud en al wêreld wat ek ken is die straat waar ek bly en die pad skool toe. Ek weet ook waar die stasie is en ek speel graag laat in die aande daar saam met van die ander kinders. Daar is mense wat sê dit is gevaarlik maar my ma gee nie om nie, so ek verstaan nie hoekom almal so aangaan nie.“My ma en my pa gebruik drugs en baie mense kom na ons huis toe om daar drugs te rook. Dit gaan al so vandat ek ‘n baba is, so ek is al gewoond daaraan. Wanneer die jongetjies daar inkom leer hulle my hoe om gangster signs te maak en as ek dit regkry dan gee hulle vir my ‘n five bob vir ‘n pakkie chips. Langs ons en oorkant ons verkoop vreemde mense los lekkers en chips. Party mense sê hulle is van Nigerië. Ander sê hulle is van Somalië. Ek weet regtig nie, maar die chips is lekker.“Antie Lisa het jare terug vir my ‘n vraag gevra en die antwoord geleer. Sy het gevra:’Wat is Antie Lisa vir Lee-Ann?’ en dan moes ek antwoord: ‘Lief’ en dan het Antie Lisa gevra: ‘Hoeveel’ en dan het ek gesê: ‘BAIE lief’. Dit was ‘n game van lank gelede maar ek glo nog steeds vir Antie Lisa en as sy sien ek voel nie lekker nie, speel ons die vra-speletjie en dan voel ek sommer baie beter.“Ek hardloop baie aande na Antie Lewena toe as ek sien daar is nie kos by die huis nie. Of ek skarrel vir ’n five bob en koop ‘n pakkie chips. Ek is nie altyd lus vir al die kinders by Antie Lewena se huis nie. My ma worry nie baie met die kosmakery nie, dis maar meer my pa wat maak. “Ek het ‘n goeie maatjie gehad, maar sy kan mens baie seermaak as mens nie doen wat sy sê nie. Ons is nie nou meer vreeslike goeie vriende nie. Ek weet nie hoekom dit so is nie, maar ek sukkel om vriende vir lank te hou.“Die jongetjies, taxi drivers en kleiner seuns hou vreeslik baie van my. Soms doen hulle snaakse dinge met my. En hulle knip vir my oog, dan knip ek terug. Ek weet hoe om te glimlag dat almal van my hou.“Om die hoek is daar langs ‘n huis ‘n hok met ‘n groot staaldeur. Daar is net so ‘n klein gaatjie daarin en

    alles gebeur agter daardie toe deur. Dis drugs. Ek weet dit, want as my ma by die huis kom raak sy besig met die sakkies goed wat sy gekoop het en dan weet ek, ek moenie haar

    pla nie.“My hart is meestal seer. Daar is baie dinge in my lewe wat nie reg is nie. Ek weet al klaar wat dit is om my lyf weg te gee vir ‘n R5 en hoe om my smile te gebruik dat al die mans doen wat ek vra.

    “Ek hoop nie ek word soos my ma nie, want haar hart is gebreek en sal nooit weer regkom nie. “Haar oë sê dit vir my. Elke dag.”

    Houtbankies – na bykans 30 jaar is hulle nou gedaanDie bankies wat vir bykans 30 jaar in Straatwerk se ou koffiekamer (Breëstraat 108) gebruik is moet vervang word. Dit word hui-diglik gebruik in die operasionele depot (waarvandaan die Ophelp-Projekte spanne uitgaan en waar die stortgeriewe is). Oor die jare heen het honderde haweloses in vrede en rustigheid op hulle gesit. Ons het nou ’n dringende behoefte aan nuwe bankies.

    Bankies van herwinde materiaal blyk die beste te wees in terme van duursaamheid en higiëne.As jy ons wil help om ’n bankie te borg sal dit geweldig baie beteken vir ons bediening aan haweloses. Die koste beloop R1 000 per bankie.