Geloof leef in verhoudings
Tekste: Psalm 3: 4-5, 9; Matteus 5: 5; Kolossense 3: 18-4:1; Handelinge 2: 44-4. Liedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3; Gesang 526 x 3 .
1 | Z U U R F O N T E I N – 4 F e b r u a r i e 2 0 1 8 Ds. Johannes G. Janse van Rensburg
AANKONDIGINGS:
KLOK:
Ons begin vandag met ‘n Toetrede lied, PS 8: 1 & 6 – Lina
Spies.
Votum:
“Maar U, Here, beskerm my aan alle kante, U herstel my eer
en aansien. As ek na die Here roep, antwoord Hy my van sy
heilige berg af ... Hulp kom net van die Here af. U laat dit
goed gaan met U volk.” (Psalm 3: 4-5, 9)
Seën:
“Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde
ontvang.” (Matteus 5: 5)
Ons lofsang is Gesang 334: 1-4- staande.
Geloof leef in verhoudings
Tekste: Psalm 3: 4-5, 9; Matteus 5: 5; Kolossense 3: 18-4:1; Handelinge 2: 44-4. Liedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3; Gesang 526 x 3 .
2 | Z U U R F O N T E I N – 4 F e b r u a r i e 2 0 1 8 Ds. Johannes G. Janse van Rensburg
Voorlees: Cornell le Roux
Dr Elritia le Roux skryf in die Bybelse Dagboek van – Sondag
30 Januarie 2018 – soos volg oor die verhaal waar Jesus op
die see loop.
“Die algemene geloof in die antieke wêreld was dat slegs
gode die mag gehad het om op water te kan loop. Deurdat
Jesus op water loop, weet sy dissipels en ook die eerste
lesers en die eerste hoorders van die verhaal dat Jesus
waarlik God is.
Dit is dus van besondere betekenis wanneer Matteus vir ons
vertel dat Jesus, omdat Hy die Seun van God is en omdat Hy
self God is, mag oor die see het.
Daarom hoef ons wat in Hom glo, geen vrees te hê vir dit wat
duister en onbekend is, of ons bestaan bedreig nie, want
Jesus Christus is in beheer.”
Geloof leef in verhoudings
Tekste: Psalm 3: 4-5, 9; Matteus 5: 5; Kolossense 3: 18-4:1; Handelinge 2: 44-4. Liedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3; Gesang 526 x 3 .
3 | Z U U R F O N T E I N – 4 F e b r u a r i e 2 0 1 8 Ds. Johannes G. Janse van Rensburg
Met dit in gedagte, lees Matteus 14: 22-33, saam met my ...
“22 Net daarna het Jesus sy dissipels in die skuit laat klim om
solank voor Hom uit te vaar na die oorkant toe terwyl Hy nog
eers die mense huis toe laat gaan. 23 Nadat Hy die mense
weggestuur het, het Hy alleen na die berg toe gegaan om te
bid. Toe dit aand word, was Hy daar alleen.
24 Die skuit was reeds 'n paar kilometer van die kus af en is
deur die golwe geteister, want die wind was van voor. 25 Met
dagbreek die volgende môre het Hy op die see na hulle toe
aangeloop gekom. 26 Toe sy dissipels Hom op die see sien
loop, het hulle groot geskrik en gesê: “Dis 'n spook!” Van
angs het hulle hard begin skreeu. 27 Maar Jesus het dadelik
met hulle gepraat en gesê: “Wees gerus, dit is Ek. Moenie
bang wees nie.”
28 Toe sê Petrus vir Hom: “Here, as dit regtig U is, beveel my
om op die water na U toe te kom.” 29 “Kom!” sê Hy. Petrus
het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby
Jesus gekom. 30 Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind,
het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: “Here, red
Geloof leef in verhoudings
Tekste: Psalm 3: 4-5, 9; Matteus 5: 5; Kolossense 3: 18-4:1; Handelinge 2: 44-4. Liedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3; Gesang 526 x 3 .
4 | Z U U R F O N T E I N – 4 F e b r u a r i e 2 0 1 8 Ds. Johannes G. Janse van Rensburg
my!” 31 Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en
vir hom gesê: “Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?”
32 Hulle het toe in die skuit geklim, en die wind het gaan lê. 33
Die manne in die skuit het voor Jesus gekniel en gesê: “U is
waarlik die Seun van God.”
Bly gerus sit dan sing ons Gesang 159: 1-2 ons erken
hiermee God se teenwoordigheid in ons lewe.
Preek:
Ek het gedink om vandag se preek tema so te sê: Geloof leef
in verhoudings. Daar het ‘n paar dinge die laaste paar weke
op en oor my pad gekom wat my hieroor laat dink het. Dankie
dat ek my gedagtes ook vanmore met julle mag deel.
Nou wat is die drie dinge wat oor my pad gekom het?
(i) Bybelstudie: In die Bybelstudie het ons die laaste twee
weke Kolossense 3: 18 – 4: 1 gelees. Dit gaan hier oor
wedersydse verhoudings. Ons gaan bietjie later meer
spesifiek na hierdie teks kyk.
Geloof leef in verhoudings
Tekste: Psalm 3: 4-5, 9; Matteus 5: 5; Kolossense 3: 18-4:1; Handelinge 2: 44-4. Liedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3; Gesang 526 x 3 .
5 | Z U U R F O N T E I N – 4 F e b r u a r i e 2 0 1 8 Ds. Johannes G. Janse van Rensburg
(ii) Ek het ‘n boek van Randy Frazee gelees: The
connecting church. Die skrywer vra aan die begin
van sy boek: What was the mightiest miracle of the
first New testament church? – Alhoewel mense sou
kon sê die bekering van duisende mense of die
uitstorting van die Heilige Gees of dalk Paulus se
bekering is hy van mening dit lê dieper. Hy sê die
grootste wonder van die vroeë Christelike
Gemeente was die onderlinge verhouding wat daar
bestaan het. Hy sê: kyk bietjie na Handelinge 2: 44-
47
“44 Al die gelowiges was eensgesind en het alles
met mekaar gedeel. 45 Hulle het hulle grond en
besittings verkoop en die geld aan almal uitgedeel
volgens elkeen se behoefte. 46 Hulle het almal elke
dag getrou by die tempel bymekaargekom, van
huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou,
hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, 47
en God geprys. Die hele volk was hulle
goedgesind. En die Here het elke dag mense wat
gered word, by die gemeente gevoeg.”
(iii) Ek het die week ‘n kursus oor die geloofsvorming
van ons jeug bygewoon. Dit was twee dae van
Geloof leef in verhoudings
Tekste: Psalm 3: 4-5, 9; Matteus 5: 5; Kolossense 3: 18-4:1; Handelinge 2: 44-4. Liedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3; Gesang 526 x 3 .
6 | Z U U R F O N T E I N – 4 F e b r u a r i e 2 0 1 8 Ds. Johannes G. Janse van Rensburg
luister, deel, luister, dink, praat. Die hele gesprek
oor die geloofsvorming van die jeug het gedraai om
die feit dat geen diep geloofsvorming moontlik is as
daar nie gesonde verhoudings tussen ouers,
kinders, kategete en die kerk bestaan nie.
Sjoe; van daar my tema: Geloof leef in verhoudings! Ek kan
onmoontlik in een preek ‘n hele Bybelstudie, ‘n hele boek en
‘n hele kursus saamvat. Kom ons trek ‘n paar lyne en ons
begin by die Bybel teks van die Bybelstudie groep –
Kolossense 3: 18 – 4:1
“18 Vrouens, wees aan julle mans onderdanig soos dit pas by
mense wat in die Here glo.
19 Mans, julle moet julle vrouens liefhê, moenie die lewe vir
hulle bitter maak nie.
20 Kinders, wees in alles aan julle ouers gehoorsaam, want
die Here verlang dit van kinders wat in Hom glo.
21 Vaders, moenie gedurig by julle kinders fout soek dat hulle
moedeloos word nie.
Geloof leef in verhoudings
Tekste: Psalm 3: 4-5, 9; Matteus 5: 5; Kolossense 3: 18-4:1; Handelinge 2: 44-4. Liedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3; Gesang 526 x 3 .
7 | Z U U R F O N T E I N – 4 F e b r u a r i e 2 0 1 8 Ds. Johannes G. Janse van Rensburg
22 Slawe, wees in alles gehoorsaam aan julle eienaars hier
op aarde. Moenie net werk om deur hulle raakgesien te word
en so in mense se guns te kom nie, maar werk met 'n opregte
hart uit eerbied vir die Here.
23 Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here
en nie vir mense nie, 24 omdat julle weet dat julle van die Here
as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here
in wie se diens julle staan. 25 Wie onreg doen, sal gestraf
word oor die onreg wat hy gedoen het; die Here trek niemand
voor nie.
1 Eienaars, behandel julle slawe reg en billik in die wete dat
julle ook onder iemand staan, onder die Here in die hemel.”
Ons ken dalk almal die storie van ‘n kampvuur. Ons het seker
al almal om ‘n vuur gesit en sommer net in die vlamme gekyk.
Wel geloof en verhoudings is soos ‘n kampvuur. Solank daar
genoeg hout in die vuur is maak die baie hitte en daar is ook
lig. Hoe meer hout in die vuur gegooi word, hoe meer hitte is
daar en hoe meer lig is daar. Sou een van die stukkies hout
uit die vuur val, sal dit vinniger hitte en lig verloor. Dit sal ook
heel gou uitbrand. Een stukkie hout op sy eie maak nie ‘n
Geloof leef in verhoudings
Tekste: Psalm 3: 4-5, 9; Matteus 5: 5; Kolossense 3: 18-4:1; Handelinge 2: 44-4. Liedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3; Gesang 526 x 3 .
8 | Z U U R F O N T E I N – 4 F e b r u a r i e 2 0 1 8 Ds. Johannes G. Janse van Rensburg
vuur met genoeg lig en hitte nie ... dit gebeur net as almal
saam is – dus: geloof leef in verhoudings!
Dit het my laat dink aan gelowiges, aan ‘n “connecting
church” aan ‘n huisgesin waarin kinders se geloofsvorming
gebeur. Eenheid en saamwees gee die lig en die hitte.
Lig is ‘n baie belangrike simbool in die Bybel ... trouens die
Bybel sê God is lig. Hulle het ‘n donker wêreld sonder
elektrisiteit geken. Om te kan sien is vuur gemaak. Lig
verdryf die vrees vir donkerte en die onbekende.
Die kerk en sy lidmate is soos hout wat ‘n groot vuur vorm,
dit bring lig vir die mense om ons. Saam bring dit ook hitte –
omgee wat so nodig is. Dus: Geloof leef in Verhoudings.
Paulus skryf aan die mense van ‘n klein gemeentetjie in
Kolosse. Hy wil hulle raad gee, hy wil hulle leer hoe hulle in
‘n koue en donker wêreld betekenisvol kan leef. Hy gebruik
drie verhoudings uit sy wêreld en sê iets van verhoudings.
Geloof leef in verhoudings
Tekste: Psalm 3: 4-5, 9; Matteus 5: 5; Kolossense 3: 18-4:1; Handelinge 2: 44-4. Liedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3; Gesang 526 x 3 .
9 | Z U U R F O N T E I N – 4 F e b r u a r i e 2 0 1 8 Ds. Johannes G. Janse van Rensburg
Die drie verhoudings wat hy gebruik is: (i) vrou-man (ii) kind-
ouers en (iii) slaaf-eienaar.
Ons moet oplet dat Paulus geen etiese uitsprake maak soos
of slawerny reg of verkeerd is nie. Al drie hierdie verhoudings
het in hulle tyd uitdagings geken. Slawerny was algemeen
bekend, mense is aan ander mense vir geld verkoop. Die
huwelik van daardie tyd was nie uit liefde nie. Dit was ‘n
saketransaksie tussen twee families. En kinders was bloot
deel van die besittings van die pa.
Vir Paulus bestaan hierdie verhoudings en as jy dit op ‘n
manier aanpak kan hierdie verhoudings sterk impak op
mense se lewens maak. Die vraag is dus nou hier wat is dit
wat verhoudings kan laat werk? want ons weet reeds dit is
uiters belangrik dat verhoudings moet werk.
Ek vat ons terug na die teks toe en daar kyk ons na die
herhaling van ‘n paar gedeeltes:
... soos dit pas by mense wat in die Here glo.
Geloof leef in verhoudings
Tekste: Psalm 3: 4-5, 9; Matteus 5: 5; Kolossense 3: 18-4:1; Handelinge 2: 44-4. Liedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3; Gesang 526 x 3 .
10 | Z U U R F O N T E I N – 4 F e b r u a r i e 2 0 1 8 Ds. Johannes G. Janse van Rensburg
... want die Here verlang dit van kinders wat in Hom glo.
... maar werk met ‘n opregte hart uit eerbied vir die Here.
... Christus is die Here in wie se diens julle staan.
... in die wete dat julle ook onder iemand staan, onder die
Here in die hemel.
Wat sien ons hier? Elkeen van hierdie verhoudings kan net
suksesvol wees as dit handel volgens die wil van die Here.
Hier leer ons sterk dat verhoudings ‘n moeilike en komplekse
saak is, maar dit is nodig vir Geloof. Ons leer verhoudings
kan net slaag as dit volgens die wil van God is. Luister wat is
Paulus se opsommende raad oor verhoudings: “Wat julle ook
al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense
nie.” X 2
Ek het geleer as daar nou ‘n ding van ons tyd is wat
verhoudings goed kan opmors is dit menseregte en my-
regte. Sou Paulus vanuit ‘n menseregte perspektief oor
hierdie verhoudings praat, sou daar nie veel van oorgebly het
nie. Vat byvoorbeeld die ouer-kind verhouding. As ouers net
op hulle regte staatgemaak het sou kinders niks meer as
Geloof leef in verhoudings
Tekste: Psalm 3: 4-5, 9; Matteus 5: 5; Kolossense 3: 18-4:1; Handelinge 2: 44-4. Liedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3; Gesang 526 x 3 .
11 | Z U U R F O N T E I N – 4 F e b r u a r i e 2 0 1 8 Ds. Johannes G. Janse van Rensburg
hulle eiendom gewees het nie. As kinders net op hulle regte
staatgemaak het sou ouers niks meer as vloerlappe wees
nie.
Geloof is belangrik om in hierdie koue en donker wêreld te
oorleef. En vir Geloof om ‘n impak te maak moet die gebed
wees in gesonde verhoudings. Gaan dink bietjie hieroor na
en bespreek dit met julle kinders, kleinkinders, ouers en
groot ouers. Besef net weer hoe nodig julle mekaar het en
hoe julle geloof kan groei in sulke gelukkige en gesonde
verhoudings.
Om vandag se preek af te sluit en vanaand se gesprek met
die hoërskool kinders en hulle ouers in te lei: Geloofsvorming
van kinders kan net in gesonde verhoudings plaasvind.
Amen.
Gebed:
Geloof leef in verhoudings
Tekste: Psalm 3: 4-5, 9; Matteus 5: 5; Kolossense 3: 18-4:1; Handelinge 2: 44-4. Liedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3; Gesang 526 x 3 .
12 | Z U U R F O N T E I N – 4 F e b r u a r i e 2 0 1 8 Ds. Johannes G. Janse van Rensburg
Kom ons bevestig dit ... VONKK 256: 1, 2 7 3:
Seëngroet:
Gesang 526 x 3
Top Related