AANKONDIGINGS:...

12
Geloof leef in verhoudings Tekste: Psalm 3: 4-5, 9; Matteus 5: 5; Kolossense 3: 18-4:1; Handelinge 2: 44-4. Liedere: Psalm 8: 1&7 Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3; Gesang 526 x 3 . 1 | ZUURFONTEIN 4 Februarie 2018 Ds. Johannes G. Janse van Rensburg AANKONDIGINGS: KLOK: Ons begin vandag met ‘n Toetrede lied, PS 8: 1 & 6 Lina Spies. Votum: Maar U, Here, beskerm my aan alle kante, U herstel my eer en aansien. As ek na die Here roep, antwoord Hy my van sy heilige berg af ... Hulp kom net van die Here af. U laat dit goed gaan met U volk.(Psalm 3: 4-5, 9) Seën: “Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.” (Matteus 5: 5) Ons lofsang is Gesang 334: 1-4- staande.

Transcript of AANKONDIGINGS:...

Page 1: AANKONDIGINGS: KLOKnhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2018/03/13-Geloof-leef-in-Verhoudings.pdfLiedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3;

Geloof leef in verhoudings

Tekste: Psalm 3: 4-5, 9; Matteus 5: 5; Kolossense 3: 18-4:1; Handelinge 2: 44-4. Liedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3; Gesang 526 x 3 .

1 | Z U U R F O N T E I N – 4 F e b r u a r i e 2 0 1 8 Ds. Johannes G. Janse van Rensburg

AANKONDIGINGS:

KLOK:

Ons begin vandag met ‘n Toetrede lied, PS 8: 1 & 6 – Lina

Spies.

Votum:

“Maar U, Here, beskerm my aan alle kante, U herstel my eer

en aansien. As ek na die Here roep, antwoord Hy my van sy

heilige berg af ... Hulp kom net van die Here af. U laat dit

goed gaan met U volk.” (Psalm 3: 4-5, 9)

Seën:

“Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde

ontvang.” (Matteus 5: 5)

Ons lofsang is Gesang 334: 1-4- staande.

Page 2: AANKONDIGINGS: KLOKnhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2018/03/13-Geloof-leef-in-Verhoudings.pdfLiedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3;

Geloof leef in verhoudings

Tekste: Psalm 3: 4-5, 9; Matteus 5: 5; Kolossense 3: 18-4:1; Handelinge 2: 44-4. Liedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3; Gesang 526 x 3 .

2 | Z U U R F O N T E I N – 4 F e b r u a r i e 2 0 1 8 Ds. Johannes G. Janse van Rensburg

Voorlees: Cornell le Roux

Dr Elritia le Roux skryf in die Bybelse Dagboek van – Sondag

30 Januarie 2018 – soos volg oor die verhaal waar Jesus op

die see loop.

“Die algemene geloof in die antieke wêreld was dat slegs

gode die mag gehad het om op water te kan loop. Deurdat

Jesus op water loop, weet sy dissipels en ook die eerste

lesers en die eerste hoorders van die verhaal dat Jesus

waarlik God is.

Dit is dus van besondere betekenis wanneer Matteus vir ons

vertel dat Jesus, omdat Hy die Seun van God is en omdat Hy

self God is, mag oor die see het.

Daarom hoef ons wat in Hom glo, geen vrees te hê vir dit wat

duister en onbekend is, of ons bestaan bedreig nie, want

Jesus Christus is in beheer.”

Page 3: AANKONDIGINGS: KLOKnhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2018/03/13-Geloof-leef-in-Verhoudings.pdfLiedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3;

Geloof leef in verhoudings

Tekste: Psalm 3: 4-5, 9; Matteus 5: 5; Kolossense 3: 18-4:1; Handelinge 2: 44-4. Liedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3; Gesang 526 x 3 .

3 | Z U U R F O N T E I N – 4 F e b r u a r i e 2 0 1 8 Ds. Johannes G. Janse van Rensburg

Met dit in gedagte, lees Matteus 14: 22-33, saam met my ...

“22 Net daarna het Jesus sy dissipels in die skuit laat klim om

solank voor Hom uit te vaar na die oorkant toe terwyl Hy nog

eers die mense huis toe laat gaan. 23 Nadat Hy die mense

weggestuur het, het Hy alleen na die berg toe gegaan om te

bid. Toe dit aand word, was Hy daar alleen.

24 Die skuit was reeds 'n paar kilometer van die kus af en is

deur die golwe geteister, want die wind was van voor. 25 Met

dagbreek die volgende môre het Hy op die see na hulle toe

aangeloop gekom. 26 Toe sy dissipels Hom op die see sien

loop, het hulle groot geskrik en gesê: “Dis 'n spook!” Van

angs het hulle hard begin skreeu. 27 Maar Jesus het dadelik

met hulle gepraat en gesê: “Wees gerus, dit is Ek. Moenie

bang wees nie.”

28 Toe sê Petrus vir Hom: “Here, as dit regtig U is, beveel my

om op die water na U toe te kom.” 29 “Kom!” sê Hy. Petrus

het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby

Jesus gekom. 30 Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind,

het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: “Here, red

Page 4: AANKONDIGINGS: KLOKnhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2018/03/13-Geloof-leef-in-Verhoudings.pdfLiedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3;

Geloof leef in verhoudings

Tekste: Psalm 3: 4-5, 9; Matteus 5: 5; Kolossense 3: 18-4:1; Handelinge 2: 44-4. Liedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3; Gesang 526 x 3 .

4 | Z U U R F O N T E I N – 4 F e b r u a r i e 2 0 1 8 Ds. Johannes G. Janse van Rensburg

my!” 31 Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en

vir hom gesê: “Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?”

32 Hulle het toe in die skuit geklim, en die wind het gaan lê. 33

Die manne in die skuit het voor Jesus gekniel en gesê: “U is

waarlik die Seun van God.”

Bly gerus sit dan sing ons Gesang 159: 1-2 ons erken

hiermee God se teenwoordigheid in ons lewe.

Preek:

Ek het gedink om vandag se preek tema so te sê: Geloof leef

in verhoudings. Daar het ‘n paar dinge die laaste paar weke

op en oor my pad gekom wat my hieroor laat dink het. Dankie

dat ek my gedagtes ook vanmore met julle mag deel.

Nou wat is die drie dinge wat oor my pad gekom het?

(i) Bybelstudie: In die Bybelstudie het ons die laaste twee

weke Kolossense 3: 18 – 4: 1 gelees. Dit gaan hier oor

wedersydse verhoudings. Ons gaan bietjie later meer

spesifiek na hierdie teks kyk.

Page 5: AANKONDIGINGS: KLOKnhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2018/03/13-Geloof-leef-in-Verhoudings.pdfLiedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3;

Geloof leef in verhoudings

Tekste: Psalm 3: 4-5, 9; Matteus 5: 5; Kolossense 3: 18-4:1; Handelinge 2: 44-4. Liedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3; Gesang 526 x 3 .

5 | Z U U R F O N T E I N – 4 F e b r u a r i e 2 0 1 8 Ds. Johannes G. Janse van Rensburg

(ii) Ek het ‘n boek van Randy Frazee gelees: The

connecting church. Die skrywer vra aan die begin

van sy boek: What was the mightiest miracle of the

first New testament church? – Alhoewel mense sou

kon sê die bekering van duisende mense of die

uitstorting van die Heilige Gees of dalk Paulus se

bekering is hy van mening dit lê dieper. Hy sê die

grootste wonder van die vroeë Christelike

Gemeente was die onderlinge verhouding wat daar

bestaan het. Hy sê: kyk bietjie na Handelinge 2: 44-

47

“44 Al die gelowiges was eensgesind en het alles

met mekaar gedeel. 45 Hulle het hulle grond en

besittings verkoop en die geld aan almal uitgedeel

volgens elkeen se behoefte. 46 Hulle het almal elke

dag getrou by die tempel bymekaargekom, van

huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou,

hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, 47

en God geprys. Die hele volk was hulle

goedgesind. En die Here het elke dag mense wat

gered word, by die gemeente gevoeg.”

(iii) Ek het die week ‘n kursus oor die geloofsvorming

van ons jeug bygewoon. Dit was twee dae van

Page 6: AANKONDIGINGS: KLOKnhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2018/03/13-Geloof-leef-in-Verhoudings.pdfLiedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3;

Geloof leef in verhoudings

Tekste: Psalm 3: 4-5, 9; Matteus 5: 5; Kolossense 3: 18-4:1; Handelinge 2: 44-4. Liedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3; Gesang 526 x 3 .

6 | Z U U R F O N T E I N – 4 F e b r u a r i e 2 0 1 8 Ds. Johannes G. Janse van Rensburg

luister, deel, luister, dink, praat. Die hele gesprek

oor die geloofsvorming van die jeug het gedraai om

die feit dat geen diep geloofsvorming moontlik is as

daar nie gesonde verhoudings tussen ouers,

kinders, kategete en die kerk bestaan nie.

Sjoe; van daar my tema: Geloof leef in verhoudings! Ek kan

onmoontlik in een preek ‘n hele Bybelstudie, ‘n hele boek en

‘n hele kursus saamvat. Kom ons trek ‘n paar lyne en ons

begin by die Bybel teks van die Bybelstudie groep –

Kolossense 3: 18 – 4:1

“18 Vrouens, wees aan julle mans onderdanig soos dit pas by

mense wat in die Here glo.

19 Mans, julle moet julle vrouens liefhê, moenie die lewe vir

hulle bitter maak nie.

20 Kinders, wees in alles aan julle ouers gehoorsaam, want

die Here verlang dit van kinders wat in Hom glo.

21 Vaders, moenie gedurig by julle kinders fout soek dat hulle

moedeloos word nie.

Page 7: AANKONDIGINGS: KLOKnhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2018/03/13-Geloof-leef-in-Verhoudings.pdfLiedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3;

Geloof leef in verhoudings

Tekste: Psalm 3: 4-5, 9; Matteus 5: 5; Kolossense 3: 18-4:1; Handelinge 2: 44-4. Liedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3; Gesang 526 x 3 .

7 | Z U U R F O N T E I N – 4 F e b r u a r i e 2 0 1 8 Ds. Johannes G. Janse van Rensburg

22 Slawe, wees in alles gehoorsaam aan julle eienaars hier

op aarde. Moenie net werk om deur hulle raakgesien te word

en so in mense se guns te kom nie, maar werk met 'n opregte

hart uit eerbied vir die Here.

23 Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here

en nie vir mense nie, 24 omdat julle weet dat julle van die Here

as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here

in wie se diens julle staan. 25 Wie onreg doen, sal gestraf

word oor die onreg wat hy gedoen het; die Here trek niemand

voor nie.

1 Eienaars, behandel julle slawe reg en billik in die wete dat

julle ook onder iemand staan, onder die Here in die hemel.”

Ons ken dalk almal die storie van ‘n kampvuur. Ons het seker

al almal om ‘n vuur gesit en sommer net in die vlamme gekyk.

Wel geloof en verhoudings is soos ‘n kampvuur. Solank daar

genoeg hout in die vuur is maak die baie hitte en daar is ook

lig. Hoe meer hout in die vuur gegooi word, hoe meer hitte is

daar en hoe meer lig is daar. Sou een van die stukkies hout

uit die vuur val, sal dit vinniger hitte en lig verloor. Dit sal ook

heel gou uitbrand. Een stukkie hout op sy eie maak nie ‘n

Page 8: AANKONDIGINGS: KLOKnhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2018/03/13-Geloof-leef-in-Verhoudings.pdfLiedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3;

Geloof leef in verhoudings

Tekste: Psalm 3: 4-5, 9; Matteus 5: 5; Kolossense 3: 18-4:1; Handelinge 2: 44-4. Liedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3; Gesang 526 x 3 .

8 | Z U U R F O N T E I N – 4 F e b r u a r i e 2 0 1 8 Ds. Johannes G. Janse van Rensburg

vuur met genoeg lig en hitte nie ... dit gebeur net as almal

saam is – dus: geloof leef in verhoudings!

Dit het my laat dink aan gelowiges, aan ‘n “connecting

church” aan ‘n huisgesin waarin kinders se geloofsvorming

gebeur. Eenheid en saamwees gee die lig en die hitte.

Lig is ‘n baie belangrike simbool in die Bybel ... trouens die

Bybel sê God is lig. Hulle het ‘n donker wêreld sonder

elektrisiteit geken. Om te kan sien is vuur gemaak. Lig

verdryf die vrees vir donkerte en die onbekende.

Die kerk en sy lidmate is soos hout wat ‘n groot vuur vorm,

dit bring lig vir die mense om ons. Saam bring dit ook hitte –

omgee wat so nodig is. Dus: Geloof leef in Verhoudings.

Paulus skryf aan die mense van ‘n klein gemeentetjie in

Kolosse. Hy wil hulle raad gee, hy wil hulle leer hoe hulle in

‘n koue en donker wêreld betekenisvol kan leef. Hy gebruik

drie verhoudings uit sy wêreld en sê iets van verhoudings.

Page 9: AANKONDIGINGS: KLOKnhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2018/03/13-Geloof-leef-in-Verhoudings.pdfLiedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3;

Geloof leef in verhoudings

Tekste: Psalm 3: 4-5, 9; Matteus 5: 5; Kolossense 3: 18-4:1; Handelinge 2: 44-4. Liedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3; Gesang 526 x 3 .

9 | Z U U R F O N T E I N – 4 F e b r u a r i e 2 0 1 8 Ds. Johannes G. Janse van Rensburg

Die drie verhoudings wat hy gebruik is: (i) vrou-man (ii) kind-

ouers en (iii) slaaf-eienaar.

Ons moet oplet dat Paulus geen etiese uitsprake maak soos

of slawerny reg of verkeerd is nie. Al drie hierdie verhoudings

het in hulle tyd uitdagings geken. Slawerny was algemeen

bekend, mense is aan ander mense vir geld verkoop. Die

huwelik van daardie tyd was nie uit liefde nie. Dit was ‘n

saketransaksie tussen twee families. En kinders was bloot

deel van die besittings van die pa.

Vir Paulus bestaan hierdie verhoudings en as jy dit op ‘n

manier aanpak kan hierdie verhoudings sterk impak op

mense se lewens maak. Die vraag is dus nou hier wat is dit

wat verhoudings kan laat werk? want ons weet reeds dit is

uiters belangrik dat verhoudings moet werk.

Ek vat ons terug na die teks toe en daar kyk ons na die

herhaling van ‘n paar gedeeltes:

... soos dit pas by mense wat in die Here glo.

Page 10: AANKONDIGINGS: KLOKnhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2018/03/13-Geloof-leef-in-Verhoudings.pdfLiedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3;

Geloof leef in verhoudings

Tekste: Psalm 3: 4-5, 9; Matteus 5: 5; Kolossense 3: 18-4:1; Handelinge 2: 44-4. Liedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3; Gesang 526 x 3 .

10 | Z U U R F O N T E I N – 4 F e b r u a r i e 2 0 1 8 Ds. Johannes G. Janse van Rensburg

... want die Here verlang dit van kinders wat in Hom glo.

... maar werk met ‘n opregte hart uit eerbied vir die Here.

... Christus is die Here in wie se diens julle staan.

... in die wete dat julle ook onder iemand staan, onder die

Here in die hemel.

Wat sien ons hier? Elkeen van hierdie verhoudings kan net

suksesvol wees as dit handel volgens die wil van die Here.

Hier leer ons sterk dat verhoudings ‘n moeilike en komplekse

saak is, maar dit is nodig vir Geloof. Ons leer verhoudings

kan net slaag as dit volgens die wil van God is. Luister wat is

Paulus se opsommende raad oor verhoudings: “Wat julle ook

al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense

nie.” X 2

Ek het geleer as daar nou ‘n ding van ons tyd is wat

verhoudings goed kan opmors is dit menseregte en my-

regte. Sou Paulus vanuit ‘n menseregte perspektief oor

hierdie verhoudings praat, sou daar nie veel van oorgebly het

nie. Vat byvoorbeeld die ouer-kind verhouding. As ouers net

op hulle regte staatgemaak het sou kinders niks meer as

Page 11: AANKONDIGINGS: KLOKnhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2018/03/13-Geloof-leef-in-Verhoudings.pdfLiedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3;

Geloof leef in verhoudings

Tekste: Psalm 3: 4-5, 9; Matteus 5: 5; Kolossense 3: 18-4:1; Handelinge 2: 44-4. Liedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3; Gesang 526 x 3 .

11 | Z U U R F O N T E I N – 4 F e b r u a r i e 2 0 1 8 Ds. Johannes G. Janse van Rensburg

hulle eiendom gewees het nie. As kinders net op hulle regte

staatgemaak het sou ouers niks meer as vloerlappe wees

nie.

Geloof is belangrik om in hierdie koue en donker wêreld te

oorleef. En vir Geloof om ‘n impak te maak moet die gebed

wees in gesonde verhoudings. Gaan dink bietjie hieroor na

en bespreek dit met julle kinders, kleinkinders, ouers en

groot ouers. Besef net weer hoe nodig julle mekaar het en

hoe julle geloof kan groei in sulke gelukkige en gesonde

verhoudings.

Om vandag se preek af te sluit en vanaand se gesprek met

die hoërskool kinders en hulle ouers in te lei: Geloofsvorming

van kinders kan net in gesonde verhoudings plaasvind.

Amen.

Gebed:

Page 12: AANKONDIGINGS: KLOKnhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2018/03/13-Geloof-leef-in-Verhoudings.pdfLiedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3;

Geloof leef in verhoudings

Tekste: Psalm 3: 4-5, 9; Matteus 5: 5; Kolossense 3: 18-4:1; Handelinge 2: 44-4. Liedere: Psalm 8: 1&7 – Totius; Gesang 334: 1-4; Gesang 159: 1-2; VONKK 256: 1-3; Gesang 526 x 3 .

12 | Z U U R F O N T E I N – 4 F e b r u a r i e 2 0 1 8 Ds. Johannes G. Janse van Rensburg

Kom ons bevestig dit ... VONKK 256: 1, 2 7 3:

Seëngroet:

Gesang 526 x 3