The Gazette - The Owl House  · Web viewDit was gevul gewees met klein, wilde geveerde vriendjies...

12
Die Uilhuis Verklikker Volume 1 Nr. 1 Herfs 2008 NUWE RAAD VAN DIREKTEURE

Transcript of The Gazette - The Owl House  · Web viewDit was gevul gewees met klein, wilde geveerde vriendjies...

The Gazette

Die Uilhuis Verklikker

Die Uilhuis

Verklikker

Volume 1 Nr. 1Herfs 2008

NUWE RAAD VAN DIREKTEURE

Ontmoet ons Span

T

Ydens die onlangse AJV gehou op Saterdag, 27 Oktober 2007, is ’n nuwe raad van direkteure saamgestel. Hiernaas volg ’n kort bekendstelling van ons huidige UH-direkteure:

Heidi Kühne Boekkooi: Besit ’n huis saam met haar beeldhouer-man, Frans Boekkooi, in Nieu-Bethesda (hierna, N-B), maar woon in Port Elizabeth waar sy ’n kunsgalery besit en bedryf.

Dr. Bruce Lakie: Bestudeer medies aan Wits Universiteit. ’n Psigiater van beroep en opgelei en geregistreer as ’n Jungiaanse Psigoanaliseer by die International Association of Analytical Psychologists (IAAP) Zurich. Vir baie jare reeds het hy ’n kranige belangstelling in N-B en verhuis permanent na die dorpie einde Mei 2002. Hy is voorsitter van die Nieu-Bethesda Erfenis en Volksboukundige Vereniging en het ’n ywerige belangstelling in die instandhouding van geskiedkundige geboue, veral woonhuise. Hy stel ook baie belang in musiek en is ’n tuinboukundige in eie reg. Hy dien reeds sedert Oktober 2006 as direkteur en vise-voorsitter op die Uilhuis Komitee.

Monty Maré: Verteenwoordig as hoof van die Oos-Kaap Divisie van een van ons hoof beskermhere en ondersteuners, PPC Sement, op die direksie sedert die somer van ’99.

Phillip Olifant: Oorspronklik van Kaapstad, aanvaar hy ’n pos by die plaaslike stadsraad einde 2000. Verteenwoordig die Camdeboo Munisipaliteit op ons raad sedert 2005. Getroud met twee kinders en hou daarvan om te lees. Hy is ook tesourier en sekretaris van sy kerkgenootskap.

Albert Redelinghuys: Albert is ’n skilder. Drie jaar gelede verlaat hy sy kothuis in Irene, Gauteng, om hom in N-B te kom vestig. Hy hou daarvan om uitgestrekte Karoo-landskappe en stillewes (dink hier emalje) te skilder – en hy beplan geensins enige plotselinge veranderinge in lewenstyl nie ...

Peet van Heerden (Voorsitter): Boorling van N-B, boer en eienaar van Doornberg Gasteplaas.

Huldah (Eloff) van Wyk: Matrikuleer aan die Hoërskool Rustenburg. Studeer (B.A.BK) aan die Universiteit van Pretoria en T.H.O.D. aan die Normaal Kollege in Pretoria. Was woonagtig in Bloemfontein en Johannesburg, maar vestig haar in 2003 ter plaatse. Huldah woon in die oorspronklike ou pastorie (pre-1860), wat sy met liefde en sorg restoureer het, en intussen ’n lushof van ’n tuin aangelê. Sy dien reeds sedert Oktober 2003 op die OH-Raad en is tans die langsdienende direkteur.

Terry Winship (Vise-Voorsitster): Terry leef en beef in Kaapstad, maar bring elke moontlike oomblik deur in N-B – wanneer sy die Ibis renoveer en behulpsaam is by die Uilhuis. Sy beskik oor ’n B.Com graad (Wits Universiteit) en besit en bestuur ’n IT-maatsappy. Sy het ’n ywerige passie vir die Uilhuis en is betrokke in die administrasie, rekenaar- en bemarkings aspekte van die stigting. ’n Uitstaande prestasie deur haar sluit in die opstel van beheermaatreëls en stelsels om die admin van die Stigting te vereenvoudig. ♠

Onderwerp

Bl.

Ontmoet die Direkteure

1

Kuns: Ontstentenis deur Emily Jan

2

Projek “Voëlhok”

2

Mymeringe deur Yvonne du Plessis

3

Besoekerstatistiek

4

Erkennings & Lidmaatskap

5

Kitching Fossil Exploration Centre

6

Gereeld & “Wat is Nuut?”

7

kuns …

ontstentenis

deur emily jan

24” x 24”, akriel op seil

2007

K U N S T E N A A R S -

V E R K L A R I N G :

Ek het ontstentenis geskilder ter herinnering aan Helen Martins.

Ek het vir die eerste maal die Karoo besoek in laat 2004, en hals-oor-kop verlief geraak op Nieu-Bethesda en die Uilhuis. Helen Martins se verhaal het my geboei, beide vir die ongelooflike wêreld wat sy geskep het en vir die tragedie van haar dood.

Tydens my heel eerste besoek aan die Uilhuis is ek getref deur die kontras tussen die blymoedige, towerwêreld wat sy geskep het buite in die bloedige Karoo son, en die tasbare gewig van smart vermeng met die skoonheid en liefde wat bestaan binne-in die die glinsterende mure van haar woning. Die leë stoel en tafel in die skildery spreek tot my omtrent haar afwesigheid binne-in hierdie wêreld, en soms verbeel ek my haar spook sit in die stoel, terwyl sy nadink oor die wêreld wat sy ondanks alles geskep het.

Ek dink elke kunstenaar kan aansluiting vind met die gevoelens van vervreemding en eensaamheid, soos ons strewe om werk voort te bring in ’n soms vyandiggesinde wêreld. Helen Martins se volharding, visie, en moed is vir my inspirerend, en ek is seker dat dit ook die geval is met so baie ander.

O M T R E N T D I E K U N S T E N A A R :

Emily Jan is gebore in Hollywood, KA, VSA. Sy het opgegroei in San Francisco en het Brown Universiteit bygewoon waar sy haar graad in ontwerp vir die Teater ontvang het. Tans woon sy die CCA by (California College of the Arts) waar sy ’n tweede graad BFA in Skilder najaag. Sy werk as grafiese ontwerpster en is mede-stigter van Timbuktu Design (www.timbuktudesign.com).

Emily het na Suid-Afrika verhuis in 2004, en het daar gewoon en rondgereis saam met haar eggenoot, James Bowyer, tydens 2004 asook 2006. Huidiglik word hulle tyd verdeel tussen Berkeley, KA en Kaapstad, SA. ♠

In die vyftiger jare het ek as kind vir Helen Maartins op Nieu-

Bethesda geken. Ek was toe nog op laerskool (in die gebou waar die huidige Burgersentrum is) en my ma (Nora van Niekerk – geb. Pienaar) se suster, Tannie Lettie Kritzinger, was terselfdertyd die onderwyseres en skoolhoof van die eenman-skool ! Ek het in die week by haar gebly en skool gegaan en naweke het ek weer huis toe gegaan na ons plaas, Ganora waar JP en Hester Steynberg vandag woon. Dit is lank terug - ongeveer 50 jaar gelede, maar ek sien nog vir Helen Maartins so voor my staan. Soos almal maar ʼn ouer vrou in daardie tyd genoem het, was sy vir my “Ant Helen” – ʼn verkorting van die Engelse “aunt”. Voor ”tannie” mode geword het!

Daar is al so baie geskryf oor Helen Maartins en as ek van die boeke en artikels oor haar lees, is daar heelwat dinge wat my pla en vir my nie heeltemal die waarheid is nie. Of dit nou as gevolg van gebrekkige geheues is, oorvertelling, uiteenlopende persepsies of dalk met opset gedoen word om haar lewensverhaal nog meer kleurvol te maak vir ʼn honger publiek – wie weet ? Maar dit voel soms vir my asof Helen Maartins gekaap is deur mense wat haar glad nie geken het nie. En dat mense haar omskep het in iets wat sy glad nie was nie.

Helen Maartins het in dieselfde straat as ek en Tannie Lettie gewoon – nl. in Nuwestraat. In die huis met die stoep met die draadhok, daar links onder net waar die pad na regs swaai oor die Gatsrivier met die eiland na “oorkant” – soos ons altyd daardie deel van die dorp genoem het. As onbevooroordeelde kind, het ek altyd geweet haar huis en syself, was 'anders'. Maar so het ek en die res van Nieu-Bethesda se mense, haar aanvaar. 'Anders'. Soos daar vandag ook mense is wat “anders” is.

Ek glo nie vir een oomblik dat die dorp se mense haar doelbewus geïgnoreer het of vermy het nie. Ek dink sy wou dit so hê. Van buite af was haar huis altyd bot toe, die vensters was oortrek met gemaalde glas, daar was spieëls in haar huis wat gelyk het soos die son op die bekende 'Sunshine' vloerpolitoerblik van daardie tyd en daar was vreemde sementfigure in haar agterplaas.

Sy het haarself maar altyd eenkant gehou. Sy het nie soos my ma-hulle, deelgeneem aan die alledaagse sosiale aktiwiteite van die dorpsgemeenskap nie. Soos bv. om te behoort aan die tennisklub en om tenniswedstryde te speel, om te behoort aan die Vroue-Landbou-Vereniging wat altyd gehou was in die gebou skuins oorkant die polisiekantoor – ʼn eertydse skool en toe die tuiste van die VLV en die Boerevereniging – vandag ʼn kunssentrum, al die verjaardagpartytjies op die verskillende plase, die kerkbasaars, die kersfeesboom en uitdeel van kinder-geskenkies in die ou kerksaal, die Nuwejaarsfeeste, skoolkonserte, debatsverenigings ens. Ons het haar bitter min op straat gesien.

Ek onthou nog hoe ek een Sondag in die kerk saam met my ma-hulle was – die Pienaar- en Retief-gesinne het in daardie tyd altyd links van die preekstoel gesit (as jy voor die preekstoel staan). Nadat die dominee al begin preek het, het ek in die lang, middelvlerk van die kerk afgekyk en daar heel agter, links van die groot kerkhorlosie, het Helen in ʼn klein bondeltjie gesit. En net voor die einde van die preek het sy weer stilletjies uitgesluip. Sy was daar maar sy wou nie gesien word nie.

Helen Maartins was ʼn klein, maer vroutjie met ʼn beplooide gesig en swart-grys hare wat sy agter haar kop vasgemaak het, met slierte wat dikwels losgekom het en om haar gesig gehang het. Haar oë was klein en omring van plooie en as sy geglimlag het, het haar oë skrefies geword en byna verdwyn. Sy het ligte swart hare op haar bo-lip gehad en dit het my as kind gepla as sy my ʼn klapsoen gegee het. In my kinderoë het sy vir my onversorg voorgekom en het sy baie eenvoudig aangetrek. Sy het gewoonlik plat rubber “plakkies” gedra en haar voete was soms vuil. Dalk van die werk in haar agterplaas of saans, na donker, se loop deur die stofstrate. Ek onthou vaagweg iets vreemd in verband met haar voete en haar tone. Moontlik het sy net 4 tone aan een of beide voete gehad. Ander Nieu-Bethesda inwoners, wat haar ook geken het, sal dalk beter onthou.

Toe Helen al hoe meer sementbeelde begin maak het, het my Tannie Lettie (wat die sout van die aarde was) eendag met haar geraas en gesê : “Jy mors jou geld op al die sement, Helen ! Gaan koop ʼn slag vir jou ordentlike kos.” Helen het verskriklik baie tee gedrink – stroopsoet, met ʼn hele paar teelepels suiker daarin. Sy was bitter maer – ek weet nie hoeveel sy werklik geëet het nie. Dalk was haar geldjies te min. Daarom het Tannie Lettie haar dikwels genooi om saans saam met ons te kom eet. Sy het altyd na donker gekom – en so al onder die bome langs geloop sodat niemand haar moes sien nie. Dan het sy lekker weggeval aan die groot bord gekookte kos. En dan het die twee volwassenes lekker gesels. Oor dit en dat en alles en nog-wat. Ek was te klein. Het net geluister. Dan was dit net Helen, Tannie Lettie en ek om die tafel met die geblomde olie-tafeldoek en of ʼn kers, of paraffienlampie wat groot skadu’s teen die muur gooi.

Helen was altyd baie vriendelik teenoor my. Sy was lief vir kinders. Sy het maklik geglimlag en wou my (soos reeds gesê) altyd soen ! As ek en Tannie Lettie by haar gaan kuier het, het hulle twee saam tee gedrink en ek het die lekkerste kwepertameletjie gekry. Dan het ons in haar voorhuis of eetkamer gesit en ek het my verkyk aan die spieëls en die lig wat deur die glasbedekte vensters geskyn het. Ek was veral mal oor die twee tarentale wat op die tafel gestaan het. Of van hout, of van porselein gemaak. Ek wonder wat daarvan geword het. Vir my as kind, was dit tog te mooi.

Met haar wonderlike geheue, het my ma my altyd stories vertel van o.a. Helen se pa, Piet Maartins en haar ma. Ek onthou ongelukkig nie meer haar ma se naam nie. Ek het ook haar twee susters op ʼn keer ontmoet – hulle het soms kom kuier - die een se naam weet ek was Alida – die ander een se naam ontgaan my. Dan onthou ek ook dat Helen ʼn “boyfriend” gehad het – ʼn baie lang man met ʼn snor en sy naam was “ou” Hattingh. Vir my as kind was daar iets skandaligs hieromtrent – maar ek het geen benul gehad waarom nie ! Hattingh het ʼn eiendom besit verby Tannie Lettie Kritzinger se huis, reg op die punt van Nuwestraat voor dit na regs swaai. Daar waar die “Rust en Vrede Gastehuis” nou is. Ek het ook as kind die besonderse lang bed gesien waar Hattingh in Helen se huis sou geslaap het. Nodeloos om te sê, het Tannie Lettie het nie veel teenoor my daaroor uitgewei nie !

Helen Maartins was ʼn Afrikaansprekende vrou wat gebore en grootgeword het in ʼn Afrikaanse ouerhuis. Maar soos so baie ander inwoners van Nieu-Bethesda, kon sy ook goed Engels praat en skryf. Die waarskynlike rede hoekom sy haar korrespondensie in Engels en nie in Afrikaans gevoer het nie, was omdat sy in ʼn tyd skoolgegaan het toe Afrikaans nog besig was om te ontwikkel as skryftaal en in daardie stadium was Suid-Afrika ook nog ʼn Britse kolonie en Engels is deurgevoer as die voertaal in die skole.

Dit is vandag vir my ʼn hartseersaak dat Helen se Maartins se Afrikaanse identiteit, bykans nooit genoem word in geskrifte nie en ook nie in die Uilhuis self nie en dat die meeste mense onder die indruk kan wees dat Helen Maartins Engels van oorsprong was – terwyl sy eg Afrikaans was. Vir my is dit ʼn skaamtelose verdraaiing van die werklikheid. ʼn Mens wonder wat die rede daarvoor kan wees. Is Helen se kunswerke dan minder werd as Afrikaansprekende ? En nou word hierdie feit verdoesel ? Hoekom vir Helen Maartins anders voorstel as wat sy werklik was ? As die waarheid die doel van die beskermers van haar nalating is, behoort hierdie feit in belang

van historiese korrektheid, reggestel te word. ♠

Bydrae deur Yvonne du Plessis

Klein Ganora

Nieu-Bethesda

[email protected]

28 Nov. 2007

Besoekerstatistiek

Oktober

2007

1095

November

2007

1089

Desember

2007

3002

Januarie

2008

1648

2006

798

2006

1130

2006

2782

2007

1680

Donateure

Finansieel

Ons bedank graag vir PPC Cement vir hulle voortgesette ondersteuning van die Uilhuis-Stigting gedurende 2007, asook hulle gulhartige donasie van R 30 000.00. PPC, julle ononderbroke ondersteuning dra nie slegs by tot die onderhoud van die Uilhuis en Kameelwerf nie, maar ook indirek tot die welsyn van Nieu-Bethesda as geheel, asook diegene wat in die dorpie besoek aflê.

Dr. Riaan C. Els, Hoof Uitvoerende Beampte van The Carl & Emily Fuchs Foundation skryf as volg, “Dit is vir my ’n groot genoeë om goedkeuring te bevestig van ’n skenking aan u deur die Raad van Trustees van die Carl & Emily Fuchs Foundation. Ingesluit vind u ’n tjek ten gunste van u Stigting ten bedrae van R 5 000.00 ... Ons maak graag van hierdie geleentheid gebruik om u en u personeel net die beste toe te wens met u pogings en harde werk.” Dankie, Dr. Els.

Dan, letterlik uit die bloute, het nóg ’n weldoener besluit om ’n tjek ten bedrae van R 1 000.00 in die pos te gooi. Baie dankie, Adv. Brian Slon van Sandton, Johannesburg. Ons waardeer u bemoedigende woorde en stem heelhartig saam met u dat die Uilhuis en alles wat daarmee gepaard gaan, vir die nageslag bewaar moet word.

Graag maak ons ook van die geleentheid gebruik om ons waardering te toon aan al die wonderlike vriende van die Stigting wat, saam met hulle lidmaatskapfooie, ’n donasie gestuur het. Dit is werklik verblydend dat ons lede so ’n positiewe gesindheid inneem ten opsigte van die oogmerke van die Stigting. Baie dankie aan:

Chris Ahlers

Diane Mackenzie

Claus Brummer

Joshua Rossouw

Lucille de Kock

Prof. Jim Phelps

Elma du Plessis

Riaan Steenkamp

Linda Hulley

Cherie Swanepoel

Reinet le Roux

Dr. Roelf van Niekerk

Lidmaatskap

Soos altyd erken ons graag die rojale ondersteuning van ons lojale ledetal. Julle is nie alleen deurslaggewend vir die voortbestaan van die Uilhuis nie, julle is onmisbaar, aangesien julle nie slegs bydrae tot die konservering van hierdie belangrike kunswerk nie, maar ook tot Suid-Afrika se nasionale erfenis. Dit is hiermee in gedagte dat ons diegene onder julle wie se lidmaatskap verval het, vra om dit te hernu. Ledegelde en donasies word aangewend vir herstelwerk en algemene instandhouding van die Uilhuis.

Ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om die volgende nuwe lede, sedert September 2007, te verwelkom as vriende, verenig in ons gemeenskaplike visie:

André Cilliers, Lucille de Kock, Elma du Plessis, Reinet le Roux, Cherie Swanepoel, E.G. Boekkooi, Sue Hoppe, Pinkie Kühne, dr. Frieda Pienaar, Alida Stewart, Sandra Sweers, Annie van der Merwe & Fam, Isabella van der Merwe, Elske van Rooyen, Elaine Whitcher, Linda Hulley, Louise Miller, Elenor Kern, Tania Kern, Yehuda Gosher, Joshua Gosher, Adelle Nothnagel, Riaan Steenkamp, Joshua Rossouw, Cecily-Ann Pohl

Diegene met ’n voorliefde vir statistiek, hier is ’n paar interessante brokkies sover dit ons teenswoordige ledetal aanbetref:

Senior

Citizens

13

Businesses

8

Individuals

43

Newsletters

English

36

Families

9

Newsletters Afrikaans

36

Plaaslike Besigheid-lidmaatskap

Die volgende besighede het positief reageer op ons oproep vir plaaslike ondernemings om die Stigting te ondersteun en om erkenning te verleen aan die sleutelrol van die Uilhuis in die aktiwiteite van Nieu-Bethesda. Ons verwelkom hulle deelname in die dag-tot-dag aangeleenthede van die Stigting en vertrou dat die publiek positief sal reageer teenoor die welwillendheid van hierdie besighede:

Doornberg Gaste Plaas, N-B

(049) 8411 401

Huis Nr. 1, Hudson-straat, & De Toorn Gaste Plaas, N-B

(049) 8411 700

Inclusive Books, Martin-straat, N-B

(049) 8411 770

Nieu-Bethesda Art Centre, Miller- straat, N-B

(049) 8411 731

Somerland Gastehuis (Selfdiens), Pienaar Straat, N-B

(049) 841 1776

The Fisherman’s Gallery (Hermanus)

(0283) 313 2222

KITCHING FOSSIELE EKSPLORASIE SENTRUM

Agtergrond

Die Kitching Fossiel Eksplorasie Sentrum vertoon die ryk fossielneerslae wat in Nieu-Bethesda en in Suid-Afrika oor die algemeen aangetref word.

Die sentrum is begin as deel van ’n samewerkingsooreenkoms tussen die Bernard Price Instituut vir Paleontologiese Navorsing aan die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg, die Albany Museum in Grahamstad, en die Departement van Wetenskap en Tegnologie, ten einde paleo-toerisme te begin en werkgeleenthede te voorsien.

Paleontoloë in Nieu-Bethesda

Die verhaal van paleontologie in Suid-Afrika is terselfdertyd die verhaal van persoonlikhede, soos die befaamde Dr Robert Broom, versamelaar van fossiele in die gebied rondom Nieu-Bethesda, lank voordat hy die eerste spesimen van ’n aapmens in die Bakermat van die Mensdom in Gauteng gevind het. James Kitching, ’n boorling van Nieu-Bethesda, het internasionaal bekendheid verwerf vir sy buitengewone vermoë om fossiele te ontdek en het mettertyd professor in paleontologie geword aan die Universiteit van die Witwatersrand. In 1970 was hy die eerste persoon om ’n spesimen van ’n Karoo therapsid in Antartika te versamel en te identifiseer en sodoende gedemonstreer dat Antartika en suidelike Afrika eens op ’n tyd met mekaar verbind was.

Leefwêrelde van die Verre Verlede

Die Sentrum vertel die verhaal van lewe in Suid-Afrika 253 miljoen jaar gelede tydens die Permiese Tydperk. Dit was 50 miljoen jaar voor die eerste dinosourusse, ’n tyd toe die kontinente verenig was ten einde die superkontinent, Pangea, te vorm, en toe die Kaapse berge afmetings van die Hiomalayas gehad het. Bewys vir die bestaan van hierdie diere en plantegroei kan aangetref word in die rotse in die omgewing rondom Nieu-Bethesda. Daardie tyd was die gebied rondom die hedendaagse Nieu-Bethesda bedek deur massiewe kronkelende riviere wat in ’n noordelike rigting gevloei het. Die vloedvlaktes het gekrioel met prehistoriese diere wat langs die rivieroewers gesterf het, met modder bedek geraak het, en tot vandag as fossiele bewaar gebly het.

Die rotse van Nieu-Bethesda maak deel uit van die Karoo-Supergroep, wat die lewensverhaal vertel van 285 miljoen tot 180 miljoen jaar gelede. Besoekers aan die Fossiele Eksplorasie Sentrum kan tydens ’n kort begeleide toer na die nabygeleë fossieldraende rotse opwindende ervaring meemaak om fossiele te ontdek in die Karoo. Wanneer jy die Fossiele Sentrum betree, stap jy binne-in ’n wêreld sonder die plantegroei en dierelewe waarmee ons vandag bekend is. Lewensgrootte modelle van prehistoriese diere wat eenmaal die Karoo deurtrap het asook skilderye deur die kunstenaar, Gerhard Marx, illustreer ’n tyd toe daar geen blomme of grasse was nie, geen soogdiere nóg voëls. Mense sou eers op die toneel verskyn om en by 250 miljoen jaar later. Op hierdie tydstip het die soogdier-voorouers (of therapsids) heerskappy oor die Aarde gevoer.

Prehistoriese Plante en Diere van die omgewing

Die belangrikste roofdiere van die Permiese tydperk was die gorgonopsiane, of ‘vreeslik-ogiges’, met dolkagtige slagtande soos die van sabeltandtiere. Rubidgea, ’n tier-grootte dier en die grootste gorgonopsiaan, wat oor die vloedvlaktes van hierdie omgewing geswerf het, was ’n gedugte karnivoor. Die gorgonopsiane het ge-aas op die herbivoriese dicynodonte (twee slagtande), wat bekke soos skilpaaie gehad het en hulleself verdedig het met ’n paar tande soos die van ’n vlakvark. Aulacephalodon en Dicynodon was twee massiewe dicynodonte wat in kuddes in die Nieu-Bethesda omgewing rondgedwaal het, 253 miljoen jaar gelede. Die pareiasaurusse was nóg ’n ander groep planteters wat die grootte van ’n koei gehaal het. Hierdie gediertes mag wel familie gewees het van ons land- en waterskilpaaie. Varings en perdesterte, wat daardie tyd algemeen voorgekom het, kan vandag nog in klam gebiede opgespoor word. Die woude was oorheers deur Glossopteris bome waarvan die versteende blare die steen- kool gevorm het wat vandag in Suid-Afrika gemyn word. ♠

Kontakinligting

Tel: (049) 849-1733 of (011) 717-6685

E-pos: [email protected]

Web: www.wits.ac.za/geosciences/bpi

Die Kitching Fossiele Eksplorasie Sentrum is gehuisves agter die administratiewe kompleks van die Uilhuis-Stigting, direk langsaan die Uilhuis self. Wanneer die Uilhuis besoek word, is toegang tot die KFEC museum ingesluit by die Uilhuis-toegangsfooi van R26 per persoon. Die KFEC, net soos die OHS, is ’n seksie 21, nie-winsgewende maatskappy.

Besoektye val saam met dié van die Uilhuis, t.w. 09:00 tot 17:00, sewe dae van die week, reg deur die jaar, met uitsondering van 1 Desember tot 15 Desember wanneer die besoektye verleng, t.w. 08:00 – 18:00. Die enigste dag wanneer beide museums ongelukkig gesluit is, is op Kersdag. ♠

Met Kerslig na Mekka

deur Athol Fugard

(Vertaling in Afrikaans van The Road to Mecca

deur Idil Sheard)

In die middel van die vorige eeu het Helen Martins haar huis en tuin in Nieu-Bethesda omskep in wat sy ‘haar Mekka’ genoem het. Met fyn glasstukkies teen die mure en baie spieëls het sy soveel lig as moontlik in haar huis probeer innooi en ook haar tuin met sementbeelde gevul. Die taamlik konserwatiewe gemeenskap het min begrip gehad vir hierdie outsider artist in hulle midde. Tog het ’n jong vrou wat die dorpie besoek het, groot waardering vir haar werk gehad, en so het ’n kosbare vriendskap tussen die twee vroue ontwikkel. Athol Fugard het hierdie gegewe gebruik vir sy stuk The Road to Mecca, wat hier verskyn as Met Kerslig na Mekka.

Athol Fugard oor Met Kerslig na Mekka:

“Thank you for putting my plays into their rightful language.”

In ’n onderhoud met Pieter Fourie (Insig, Oktober 2003) sê Fugard die volgende: “... een van die mooiste dinge wat die Suid-Afrikaanse aarde voortgebring het, is die Afrikaanse taal. Ek glo daar is teksture en nuanses in ons Suid-Afrikaanse werklikheid wat werklik slegs opgevang kan word in ’n net van Afrikaanse woorde en idiome.”

“Ek dink dit was die waarheid in liewe Jan Rabie se opmerking teenoor my dat ek my dramas al vertaal het voordat ek dit nog behoorlik geskryf het – dat dit in die eerste plek in Afrikaans geskryf moes gewees het.”

Uitgewer: Maskew Miller Longman

Prys: R120.00 (nie-lede), R110.00 (lede

~ Helen Martins ~

Recipes - se Resepte

’n Resepteboek in Helen Martins se eie handskrif wat ontdek is in ’n kombuislaaikas van die Uilhuis. Spelling en grammatika is onveranderd gelaat. Bevat 54 heerlike resepte, waarvan die volgende net ’n voorsmakie is: “Fairy Pudding”, “Quince Chutney”, “Unbaked Cookies”, “Curried Liver on Rice”, “Sugar Bread”, “Tomato Dish for Supper”, om maar net ’n paar te noem ...

Uitgewer: The Owl House Foundation

Prys: R55.00 (nie-lede), R50.00 (lede)

� EMBED PBrush ���

… beveel aan OHF lidmaatskap aan al u vriende en kollegas.

Iedere kuns het die hoë missie om deur haar illusies ’n voorafskaduwing te gee van ’n hoër heelal-werklikheid, om die emosies van die tyd uit te kristalliseer tot die gedagtes van die ewigheid.

The Urantia Book

Projek “Voëlhok”

Het jy geweet dat Helen Maartins ’n voëlhok op haar voorstoep gehad het? Dit was gevul gewees met klein, wilde geveerde vriendjies – en ja, jy’t sowaar reg geraai, UILE ook! Een van ons drome is om weer die voëlhok met voëls te bevolk (hoewel ons nie eens daaraan sal dink om wilde voëls in te hok nie), om weer eens die eens lewenslustige gekwetter te laat waardeer word deur alle besoekers toe Helen nog in die lewe was.

Na koukus met skryfster Anne Graaff (Emslie), het sy vrolik toegestem om getekende afskrifte van die befaamde JourneyThrough the Owl House te laat verkoop as fonds-insamellaar vir die herlewing van die verlate voëlhok.

R30 van elke kopie word eenkant gesit vir hierdie einste doel. Kopieë is beskikbaar @ R180 elk.

Sien agterblad vir besonderhede.

Vriende, kennisse, en werknemers van die Stigting is genader in die hoop dat hulle energiek en produktief hulle gedagtes, herinneringe, insigte en drome met ons as lede sou deel namate dit verband hou met Miss Helen, Oom Koos, en/of die Uilhuis. Wat volg is die eerste aflewering van ’n gul reaksie van mede-vriende van die Uilhuis ...

Red ♠

~ CD ~

GLASS SKY

(Kamermusiek vir Fluit & Snaar Instrumente)

Tessa Brinckman

& East West Continuo

Vervaardiger:

North Pacific Music

Prys: R110.00 (n/l) R90.00 (l) (sien agterblad vir bestellings)

●●●

In Memoriam

Gordon Grant

13 Junie 1932

1 Maart 2008

’n Vriend van die Uilhuis

●●●

Lidmaatskap Fooie

Neem kennis dat jaarlikse ledegelde aan die Uilhuis-Stigting as volg is:

Indiwidue R96

Senior Burgers R75

Gesinne en Besighede R160

Koos Malgas

Sculptor of the Owl House

by Julia Malgas & Jeni Couzyn

“The Owl House is an internationally known site of Outsider Art, attributed to the life’s work of eccentric recluse Helen Martins, who took her own life in 1976. What few people know is that her Camel Yard of haunting cement sculptures was made by a Bushman artist of extraordinary talent who could neither read nor write. His name was Koos Malgas. His story is told here for the first time – in his own words, and through the eyes of his granddaughter.

“With searing honesty Julia Malgas and Koos himself describe a life of discovery, struggle, joy, and at times tragedy. Koos’ words, recorded in a series of interviews not long before his death, are interwoven with vivid memories of growing up with her beloved “Pa” by a young artist of real promise, Julia Malgas.

“The drama of these lives, lived in the depths of the apartheid era in the remote village of Nieu Bethesda, is explored in a thoughtful preface by poet Jeni Couzyn, and reflected in numerous photographs of Malgas’ work, five of them by photographer David Goldblatt. Pictures and narrative uncover a vivid portrait of an artist, and present Koos Malgas in his rightful place as a sculptor for the first time.”

Published by Firelizard

Price: R250.00

To order your personal copy,

see contact details on this page.

Die Uilhuis-Stigting (Nie-winsgewende My.: 99/00317/08)

Voorsitter: Peet van Heerden Vise-Voorsitter: Terry Winship;

Direkteure: Heidi Kühne Boekkooi; Dr. Bruce R. Lakie;

Monty Maré (PPC Cement); Phillip Olifant (Camdeboo Munisipaliteit);

Albert Redelinghuys; Huldah van Wyk

Admin Bestuurder: Arno du Toit

Beskermhere: PPC Cement; Prof. Marianne McDonald, Ph.D., MRIA;

Athol Fugard, dramaturg.

Hierdie nuusbrief is ook beskikbaar in Engels.

Sien kontakbesonderhede hiernaas.

Alle publikasies geadverteer bestelbaar by:

Die Uilhuis-Stigting,

Posbus 7,

Nieu-Bethesda, 6286.

Telefaks (049) 841 1733 Cell 072 1733 832

Epos �HYPERLINK "mailto:[email protected]"�[email protected]

The Owl House

South African artist Charles Vorster pays tribute to the Owl House, thus guaranteeing a lasting memento of any sojourn through the glass-encrusted house and it’s Camel Yard.

An attractive, full colour “cartoon” book, featuring a 3D floor plan of the house and Camel Yard.

Publisher: The Owl House Foundation

Price: R25.00 (n/m), R20.00 (m)

Die Verklikker is saamgestel en onder redaksie van Arno du Toit

!! Briewe aan die Redaksie!!

Skryf aan ons …

Die Uilhuis-Stigting

Posbus 7

Nieu-Bethesda, 6286

Telefaks: (049) 841 1733

Sel: (072) 1733 832

E-pos: �HYPERLINK "mailto:[email protected]"�[email protected]

� Posgeld & Verpakking

(slegs van toepassing in die RSA per item)

A Journey through the Owl House – R20.00

The Road to Mecca – R15.00

The Owl House Cartoon Book – R10.00

Koos Malgas – Sculptor of the Owl House – R20.00

Inner Landscape (DVD) – R15.00

Glass Sky (CD) – R15.00

BANKBESONDERHEDE:

Bank:STANDARD BANK OF S.A. LTD

Tak:GRAAFF-REINET

Takkode:050-116

Rekeningnommer:082-509-557

Tjeks word gekruis en uitgemaak aan

THE OWL HOUSE FOUNDATION.

NIEU-BETHESDA WAARDEER U ONDERSTEUNING

DVD

Inner Landscape

Die Uilhuis is vandag ’n internasionale ikoon wat triomf oor teëspoed, en die krag van die skeppende gees simboliseer. Gevolglik het Helen Martins se skeppingsvermoë lofbetuiging geïnspireer deur verskeie kunstenaars in allerlei vorms. Twee prominente Noord-Amerikaanse komponiste het daardie inspirasie oorgedra in musiek vir fluit en snaarsamespel.

Verkenning en uitvoering van hierdie werke voorsien die raamwerk vir die beeldmateriaal. Die twee komponiste bespreek hulle sieninge aangaande die kuns van Helen Martins, en stel die skeppende proses bekend wat tot hulle werk aanleiding gegee het. Die uitvoering van elke komposisie word ’n visuele narratief waardeur die beeldmateriaal die Uilhuis en die omgewing daarvan verken.

Speeltyd 26+ 6min

R110.00 (nie-lede)

R90.00 (lede)

� ontstentenis. 1. Die niebeskikbaar wees. 2. Betreklik langdurige afwesigheid. VWvA 2007

8