Tye verander maar sekere dinge bly dieselfde...my tiener jare was die slagoffer gewoonlik my ma...

7
PSG Menlyn | Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria | Tel: +27 (12) 368 1778| Fax: +27 (12) 368 1770| Tye verander – maar sekere dinge bly dieselfde Deur: Marius Cornelissen CFA Portefeulje Bestuurder [email protected] Een van Bob Dylan se bekendste liedjies is “The times, they are a changin”. Dit is waar, want oor die laaste 3 dekades het tegnologiese en mediese vooruitgang mense se behoeftes verander. Ek dink soms met heimwee terug aan die dae voor selfone, toe ek nog by vriende kon gaan kuier en net bloot voor sononder by die huis moes wees. Vir maatskappye het die omgewing ook verander en die top maatskappye van 30 jaar gelede is nie noodwendig meer dieselfde as nou nie. Onder volg die top 10 aandele op die S&P 500 per dekade volgens markkapitalisasie (in miljoene). NUUSBRIEF (2014/07)

Transcript of Tye verander maar sekere dinge bly dieselfde...my tiener jare was die slagoffer gewoonlik my ma...

Page 1: Tye verander maar sekere dinge bly dieselfde...my tiener jare was die slagoffer gewoonlik my ma gewees. Ten spyte van die goeie en gesonde leefstyl wat sy lewe, is ek doodseker dat

PSG Menlyn | Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria | Tel: +27 (12) 368 1778| Fax: +27 (12) 368 1770|

www.psg.co.za/menlyn

Tye verander – maar sekere dinge bly dieselfde Deur: Marius Cornelissen CFA

Portefeulje Bestuurder [email protected]

Een van Bob Dylan se bekendste liedjies is “The times, they

are a changin”. Dit is waar, want oor die laaste 3 dekades

het tegnologiese en mediese vooruitgang mense se

behoeftes verander. Ek dink soms met heimwee terug aan

die dae voor selfone, toe ek nog by vriende kon gaan kuier

en net bloot voor sononder by die huis moes wees.

Vir maatskappye het die omgewing ook verander en die

top maatskappye van 30 jaar gelede is nie noodwendig

meer dieselfde as nou nie. Onder volg die top 10 aandele

op die S&P 500 per dekade volgens markkapitalisasie (in

miljoene).

NUUSBRIEF (2014/07)

Page 2: Tye verander maar sekere dinge bly dieselfde...my tiener jare was die slagoffer gewoonlik my ma gewees. Ten spyte van die goeie en gesonde leefstyl wat sy lewe, is ek doodseker dat

In 1980 was olie vuurwarm, met Exxon, Mobil, Shell en

Standard Oil in die top 10. In 1990 het IBM steeds aan die

boonste plek vasgeklou, maar dit was die begin van die

einde. In hierdie tyd het Wal-Mart en Coca-Cola begin

reuse word. Teen die jaar 2000 het die tegnologie borrel

reeds gebars, maar 3 aandele (Cisco, Microsoft en Intel) het

steeds die golf gery. Teen 2013 het sake heelwat verander,

veral danksy Apple en Google wat ons lewens kom

oorneem het.

Daar is egter ‘n paar dinge wat interessant is. Eerstens het

General Electric dit reggekry om ten spyte van dekades van

verandering op die lys te bly. So ook Exxon, later

ExxonMobil, wat wys dat energie ‘n moet in enige

portefeulje is. Tegnologie aandele is ook heeltyd

teenwoordig, maar verskil nogal tussen dekades.

Dis altyd maklik om terug te kyk in die verlede, maar effens

moeiliker om die toekoms te voorspel. Tendense en

menslike behoeftes verander soos tyd verbygaan. Wat my

egter opval is dat met enkele uitsonderings die top

maatskappye van gister steeds toonaangewende

maatskappye van vandag is. Om op kwaliteit te fokus was,

is en sal altyd ons fokus by PSG wees.

Page 3: Tye verander maar sekere dinge bly dieselfde...my tiener jare was die slagoffer gewoonlik my ma gewees. Ten spyte van die goeie en gesonde leefstyl wat sy lewe, is ek doodseker dat

Aftree-hervorming Deur: Magdeleen Cornelissen CFP®

Portefeulje Bestuurder [email protected]

“He who rejects change is the architect of decay. The only human institution which rejects progress is the cemetery.” ~ Harold Wilson Of ons dit nou wil weet of nie, vanaf 1 Maart 2015 is daar veranderings wat plaasvind in die arena van aftree fondse. Dit is belangrik om kennis hiervan te neem, ten einde te verseker dat jy die voordeel uit die veranderinge put. Kortliks kan beleggers die volgende verwag: Werkgewers Bydraes: Vanaf 1 Maart 2015 sal alle bydraes gemaak tot `n aftreefonds deur `n werkgewer, namens `n werknemer, ingesluit word in die bruto inkomste van die werknemer as `n byvoordeel. Gevolglik is die bydrae belasbaar in die hand van die werknemer. Die werkgewer gaan `n belasting korting verkry vir die bydraes gemaak tot `n Pensioenfonds, Voorsorgfonds en Aftree Annuïteite, wat tot die voordeel van `n werknemer is. Werknemers Bydraes: Vanaf 1 Maart 2015 kan individuele belastingbetalers bydraes gemaak tot `n Pensioenfonds, Voorsorgfonds en Aftree Annuïteit aftrek van belasting. Dit sluit ook in bydraes wat deur die werkgewer gemaak is tot die Aftree fondse. Die aftrekking is gelyk aan 27.5% van die grootste van vergoeding of belasbare inkomste (uitgesluit annuïteite en aftree lompsom betalings). Die aftrekking word egter beperk tot R350 000 per jaar. Wat is die verskil tussen vergoeding en belasbare inkomste: Vergoeding word omskryf in die 4de Skedule van die Inkomste Belasting wet as enige inkomste bedrag wat betaal is, of betaalbaar is, aan enige persoon deur middel van enige salaris, verlof

uitbetalings, lone, oortyd betalings, bonus, gratifikasie, kommissie, fooie, pensioen, emeritaat betalings, aftree betalings en toelae. Hierdie genoemde items kon ontvang wees in kontant of enige ander wyse ongeag of dit in ruil was vir dienste gelewer of nie. In teenstelling daarmee word belasbare inkomste as volg bereken: Bruto Inkomste (uitgesluit `n aftree lompsom en amp skeidingspakkette) Minus : Vrygestelde Inkomste Minus : Alle aftrekbare items toegelaat teen die bruto inkomste tot op hierdie punt Plus : Belasbare kapitale wins = Belasbare Inkomste Addisionele bydraes gemaak wat nie gekwalifiseer het as `n aftrekking nie : Alle bydraes wat nie in `n betrokke jaar gekwalifiseer het as `n aftrekbare item nie kan oorgedra word tot die volgende belasting jaar en dan aangewend word as `n aftrekking. Die reeds genoemde aftrekbare limiete sal egter steeds geld. Indien daar bydraes was wat nie in `n betrokke belasting jaar aftrekbaar was nie, kan dit wel met aftrede in ag geneem word. Die bogenoemde verandering kan as positief geag word, aangesien dit die belastingaftrekbaarheid van bydraes tot aftree fondse bevorder. Dit is egter steeds belangrik om te onthou dat die aftree fondse wel bestuur moet word ten einde te verseker dat jou individuele doelwitte bereik word. Ons nooi u weereens uit om ons te kontak om na u bestaande aftree fondse te kyk.

Page 4: Tye verander maar sekere dinge bly dieselfde...my tiener jare was die slagoffer gewoonlik my ma gewees. Ten spyte van die goeie en gesonde leefstyl wat sy lewe, is ek doodseker dat

Belê in jou toekoms, ons wil jou help. Volgende maand bespreek ek die veranderinge wat plaasvind in Voorsorgfondse, kom loer gerus weer in. Tot volgende keer.

Magdeleen Bron: Momentum Momentarily Junie 2014

Die Verrassingselement Deur: Ben Fraser Finansiële beplanner [email protected]

Vir so lank as wat ek kan onthou, het ek nog altyd daarvan gehou om dit te beleef hoe mense skrik. In my tiener jare was die slagoffer gewoonlik my ma gewees. Ten spyte van die goeie en gesonde leefstyl wat sy lewe, is ek doodseker dat sy nie hartprobleme sal kry nie, bloot oor die massas adrenalien wat deur haar lyf gepomp het na die verrassingselement van drie seuns in die huis. Wanneer ‘n belegging aangegaan is vir ‘n spesifieke doel, veral wanneer daar ‘n gereelde inkomste onttrekking elke maand is, moet ons waak daarteen om die belegging se langlewendheid te verminder deur hierdie onttrekkings. Ja, dit is waar dat korter termyn beleggings meer konserwatief belê word en dit is ook waar dat daar minder risiko aangegaan word vir ‘n konserwatiewe belegger. Die vraag is egter,

“hoe lank gaan ek nog lewe?” Ongelukkig is dit net soos om presies te bepaal wanneer wat met die mark gaan gebeur – onmoontlik. Vir daardie spesifieke rede, “ons weet nie hoe lank ons nog gaan lewe nie”, moet ons ons finansies beplan asof ons gaan lewe tot ons kleinkinders al kleinkinders het. Hierdie omstandighede vereis ‘n hupstoot, soortgelyk aan die gevoel van adrenalien wat deur jou are pomp. Oor die wisselvalligheid van die markte en die onsekerheid oor wat volgende is, is dit noodsaaklik om ‘n plan te implementeer wat reeds gevorm en gevestig is. By PSG bou ons ‘n belegging van onder af boontoe, waar die lae van kort-termyn na lang-termyn opmekaar geplaas word om die struktuur van

Page 5: Tye verander maar sekere dinge bly dieselfde...my tiener jare was die slagoffer gewoonlik my ma gewees. Ten spyte van die goeie en gesonde leefstyl wat sy lewe, is ek doodseker dat

die belegging in-lyn te bring met die doelwit. Daar is ‘n spreekwoord wat sê, “Al in die lewe wat bo begin is om ‘n gat te grawe”.

Om oor-konserwatief te wees kan ook daartoe lei dat jou risiko toeneem soos die jare verby gaan. Maak seker dat die “verrassingselement” ingebou is in jou portefeulje en laat dit tot jou voordeel werk.

‘n Nuwe toevoeging tot PSG Menlyn Deur: Ulandi Janssen

Portefeulje Beplanner [email protected]

Ulandi Janssen is vanaf 1 Augustus deel van die PSG Menlyn span. Sy gaan hoofsaaklik fokus op die Risiko en

Mediese voordele. Ulandi het die versekeringsindustrie in 1994 aangepak. Sy was onder andere ook ‘n konsultant

by Momentum en haar kennis en menseverhoudings is ‘n aanwins vir ons kantoor.

Page 6: Tye verander maar sekere dinge bly dieselfde...my tiener jare was die slagoffer gewoonlik my ma gewees. Ten spyte van die goeie en gesonde leefstyl wat sy lewe, is ek doodseker dat
Page 7: Tye verander maar sekere dinge bly dieselfde...my tiener jare was die slagoffer gewoonlik my ma gewees. Ten spyte van die goeie en gesonde leefstyl wat sy lewe, is ek doodseker dat

Volg ons op Facebook by

www.facebook.com/PSGMenlyn en “like” ons bladsy.

Ons is ook te vinde op Twitter by @PSGMenlyn

PSG Menlyn Adres

Newlands Kantoorpark

Blok B, Grondvloer

261 Lois Ave

Newlands

Pretoria

Posbus 118

Newlands

Pretoria

0049

T: (012) 368 1778 / F: (012) 368-1770

Marius Cornelissen

[email protected]

Magdeleen Cornelissen

[email protected]

Gerda Potgieter

[email protected]

Ben Fraser

[email protected]

Mariska Blom

[email protected]

Kliënte Administrasie

[email protected]

Facebook:

www.facebook.com/PSGMenlyn

Twitter:

@PSGMenlyn