Tema 9: Bekende plekke in ons omgewing Graad 1... · / 0 2 Week 7 Aktiwiteit 3: Klanke Leerlinge...

17
Tema 9: Bekende plekke in ons omgewing Week 7 Dag 1 Leermateriaal Weerkaart Klaskoerant Klankkaart: uu Dubbelklankstorie: uu (bl. 8) Assosiasieprent “uu vir vuur” (bl. 126) Letterkaartjies Rympie: “Kinders en die week” (bl. 127) Leesboek 3 (Deel 2) bl. 9 en 10 Werkboek 3 bl. 111-113 Kleurpotlode Natrekvel “uu” (bl. 128) Plastiese koeverte Witbordmerkers Aktiwiteit 1: Luister en praat Bespreek die weer en pas die Weerkaart aan. Wens die leerlinge wat verjaar geluk. Bespreek die spesiale geleenthede van die dag. Voltooi die register. Luister na ’n paar leerlinge se nuus. Skryf een leerling se nuus in die Klaskoerant en die leerling kan daarby teken. Aktiwiteit 2: Klanke Die onderwyser stel klank vir die week bekend: uu. Die onderwyser sit die klankkaart uit die Apparaat op die bord. Vertel die storie van uu uit die Dubbelklankstories op bl. 8 van hierdie handleiding. Verduidelik aan die leerlinge: Julle het reeds u geleer. Nou kry u ’n maatjie = uu. Maak u-woorde met ’n maatjie, byvoorbeeld: muur, vuur, suur, ens., (mondeling).

Transcript of Tema 9: Bekende plekke in ons omgewing Graad 1... · / 0 2 Week 7 Aktiwiteit 3: Klanke Leerlinge...

Page 1: Tema 9: Bekende plekke in ons omgewing Graad 1... · / 0 2 Week 7 Aktiwiteit 3: Klanke Leerlinge klank en lees uu-woorde saam met die onderwyser op bl. 116 van Werkboek 3. Leerlinge

1��

Tema 9: Bekende plekke in ons

omgewingWeek 7

Dag 1

Leermateriaal

Weerkaart

Klaskoerant

Klankkaart: uu

Dubbelklankstorie: uu (bl. 8)

Assosiasieprent “uu vir vuur” (bl. 126)

Letterkaartjies

Rympie: “Kinders en die week” (bl. 127)

Leesboek 3 (Deel 2) bl. 9 en 10

Werkboek 3 bl. 111-113

Kleurpotlode

Natrekvel “uu” (bl. 128)

Plastiese koeverte

Witbordmerkers

Aktiwiteit 1: Luister en praat

Bespreek die weer en pas die Weerkaart aan.

Wens die leerlinge wat verjaar geluk.

Bespreek die spesiale geleenthede van die dag.

Voltooi die register.

Luister na ’n paar leerlinge se nuus. Skryf een leerling se nuus in die

Klaskoerant en die leerling kan daarby teken.

Aktiwiteit 2: Klanke

Die onderwyser stel klank vir die week bekend: uu. Die onderwyser sit die

klankkaart uit die Apparaat op die bord.

Vertel die storie van uu uit die Dubbelklankstories op bl. 8 van hierdie

handleiding.

Verduidelik aan die leerlinge: Julle het reeds u geleer. Nou kry u ’n maatjie

= uu.

Maak u-woorde met ’n maatjie, byvoorbeeld: muur, vuur, suur, ens., (mondeling).

8� ������

� ������

� ������

Page 2: Tema 9: Bekende plekke in ons omgewing Graad 1... · / 0 2 Week 7 Aktiwiteit 3: Klanke Leerlinge klank en lees uu-woorde saam met die onderwyser op bl. 116 van Werkboek 3. Leerlinge

��

Week 7

Die onderwyser sit die vergrote Assosiasieprent “uu vir vuur” (bl. 126)

teen die bord. Wys aan leerlinge die uu-klank.

Die onderwyser lees die uu-woorde op die Assosiasieprent “uu vir vuur”

saam met die leerlinge.

Die onderwyser skryf die volgende rympie langs die Assosiasieprent op die

bord:

Ek sien ’n vuur naby die duur huis se muur!

Die onderwyser lees die rympie vir die leerlinge.

Vra een leerling om al die uu-klanke in die rympie op die bord te omkring.

Leerlinge sê uu-woorde en die onderwyser bou dit met letterkaartjies op die

bord.

Leerlinge bou hul eie uu-woorde met letterkaartjies op die tafels.

Aktiwiteit 3: Gedeelde lees

Die onderwyser sit die vergrote rympie “Kinders en die week” (bl. 127) teen

die bord en lees dit vir die leerlinge.

Leerlinge lees die tweede keer saam met die onderwyser.

Leerlinge soek al die rymwoorde.

Die onderwyser vra: Wie ken al die dae van die week?

Aktiwiteit 4: Groeplees

Groep 1 en 2 kry geleentheid op uit Leesboek 3 bl. 9 en 10 te lees.

Praat oor prente of illustrasies en wys belangrike inligting uit.

Stel vrae oor moontlike verloop en begrip.

Bespreek nuwe en moeilike woorde voordat die leerlinge die teks self lees.

Die onderwyser beweeg van leerling tot leerling en luister na ’n kort

teksgedeelte wat hardop gelees word.

� ������

3� ������

Page 3: Tema 9: Bekende plekke in ons omgewing Graad 1... · / 0 2 Week 7 Aktiwiteit 3: Klanke Leerlinge klank en lees uu-woorde saam met die onderwyser op bl. 116 van Werkboek 3. Leerlinge

���

Week 7

Aktiwiteite vir leerlinge wat nie deelneem aan groeplees nie:

Leesaktiwiteit 1:

Leerlinge kyk na die prentjies en skryf die regte woorde neer op bl. 111 van

Werkboek 3. Leerlinge kleur die prentjies in.

Leesaktiwiteit 2:

Leerlinge soek die uu-woorde en kleur die blokkies in op bl. 112 van Werk-

boek 3.

Leerlinge skryf 10 uu-woorde neer.

Leesaktiwiteit 3:

Leerlinge bou rymwoorde met die letters op bl. 113 van Werkboek 3 en klank

en lees die woorde.

Leerlinge kyk na die prentjies en voltooi die sinne

Aktiwiteit 5: Handskrif

Doen vingeroefeninge met die leerlinge:

1. Raak met jou duim aan elke vinger van jou hand. Doen oefening met linker- en regterhand.

2. Speel klavier: Maak jou hand in die vorm van ’n voël se nessie. Speel met jou vingers 1, 2, 3, 4, 5. Doen dit met beide hande apart.

3. Maak ’n vuis met jou hand en los die vingers een vir een 1, 2, 3, 4, 5. Doen dit met beide hande.

4. Maak ’n vuis en skiet al die vingers gelyk los. Herhaal.5. Loop soos ’n spinnekop met jou vingers op jou tafeltjie.

U aan leerlinge.

Leerlinge oefen met vingertjies in die lug en op hul tafeltjies.

Leerlinge oefen in groepe die U groot op die swartbord.

Leerlinge doen Natrekvel “uu” met witbordmerkers.

�� �����

Page 4: Tema 9: Bekende plekke in ons omgewing Graad 1... · / 0 2 Week 7 Aktiwiteit 3: Klanke Leerlinge klank en lees uu-woorde saam met die onderwyser op bl. 116 van Werkboek 3. Leerlinge

126

vuur

uur

duur tuur suur

muurhuur

Page 5: Tema 9: Bekende plekke in ons omgewing Graad 1... · / 0 2 Week 7 Aktiwiteit 3: Klanke Leerlinge klank en lees uu-woorde saam met die onderwyser op bl. 116 van Werkboek 3. Leerlinge

127

Page 6: Tema 9: Bekende plekke in ons omgewing Graad 1... · / 0 2 Week 7 Aktiwiteit 3: Klanke Leerlinge klank en lees uu-woorde saam met die onderwyser op bl. 116 van Werkboek 3. Leerlinge

128

vuur

muur suur

Page 7: Tema 9: Bekende plekke in ons omgewing Graad 1... · / 0 2 Week 7 Aktiwiteit 3: Klanke Leerlinge klank en lees uu-woorde saam met die onderwyser op bl. 116 van Werkboek 3. Leerlinge

!"#

Week 7

Dag 2

Leermateriaal

Weerkaart

Klaskoerant

Leesboek 3 (Deel 2) bl. 9 en 10

Werkboek 3 bl. 114-117

Kleurpotlode

Skrifboek bl. 72

Aktiwiteit 1: Luister en praat

Bespreek die weer en pas die Weerkaart aan.

Wens die leerlinge wat verjaar geluk.

Bespreek die spesiale geleenthede van die dag.

Voltooi die register.

Luister na ’n paar leerlinge se nuus. Skryf een leerling se nuus in die

Klaskoerant en die leerling kan daarby teken.

Aktiwiteit 2: Groeplees

Groep 3 en 4 lees vandag uit Leesboek 3 bl. 9 en 10.

Aktiwiteite van die vorige dag word vir dié twee groepe herhaal.

Aktiwiteite vir leerlinge wat nie deelneem aan groeplees nie:

Leesaktiwiteit 1:

Leerlinge bou die uu-woorde op bl. 114 van Werkboek 3.

Leerlinge omkring al die uu-woorde in die teks onder aan bl. 114.

Leesaktiwiteit 2:

Leerlinge lees die sinne op bl. 115 van Werkboek 3 vir ’n maat. Leerlinge

teken ’n vuur onderaan die bladsy.

$% &'()*+

,% &'()*+

-. &'()*+

Page 8: Tema 9: Bekende plekke in ons omgewing Graad 1... · / 0 2 Week 7 Aktiwiteit 3: Klanke Leerlinge klank en lees uu-woorde saam met die onderwyser op bl. 116 van Werkboek 3. Leerlinge

/02

Week 7

Aktiwiteit 3: Klanke

Leerlinge klank en lees uu-woorde saam met die onderwyser op bl. 116 van

Werkboek 3.

Leerlinge lees die woorde op hul eie.

Leerlinge bou woordjies met hul letterkaartjies op tafels.

Leerlinge teken twee woorde se prentjies op bl. 116 van Werkboek 3.

Aktiwiteit 4: Handskrif

U op bord. Lê klem op die skryfrigting.

Leerlinge oefen in die lug en op tafels.

Leerlinge skryf strokie 10 op bl. 72 in die Skrifboek:

u U

Aktiwiteit 5: Selfstandig skryf

Leerlinge soek die uu-woorde op bl. 117 van Werkboek 3 en omkring dit.

Leerlinge voltooi die sinne.

15 minute

45 679:;<

4= 679:;<

Page 9: Tema 9: Bekende plekke in ons omgewing Graad 1... · / 0 2 Week 7 Aktiwiteit 3: Klanke Leerlinge klank en lees uu-woorde saam met die onderwyser op bl. 116 van Werkboek 3. Leerlinge

>?>

Week 7

Dag 3

Leermateriaal

Weerkaart

Klaskoerant

Werkboek 3 bl. 117-121

Leesstuk: “Buks is weg” (bl. 133)

Leesboek 3 (Deel 2) bl. 11 en 12

Aktiwiteit 1: Luister en praat

Bespreek die weer en pas die Weerkaart aan.

Wens die leerlinge wat verjaar geluk.

Bespreek die spesiale geleenthede van die dag.

Voltooi die register.

Luister na ’n paar leerlinge se nuus. Skryf een leerling se nuus in die

Klaskoerant.

Aktiwiteit 2: Klanke

Leerlinge werk op bl. 118 van Werkboek 3 en doen die volgende:

Leerlinge skommel die uu-woorde en skryf dit reg.

Leerlinge kyk na die prentjies en omkring die woord wat pas.

Leerlinge kies die regte woord tussen hakies.

Leerlinge skryf hulle eie sinne met die uu-woorde suur, nuut en duur.

Aktiwiteit 3: Gedeelde lees

Die onderwyser lees die vergrote leesstuk “Buks is weg” vir die leerlinge.

Die onderwyser en leerlinge lees dit vir die tweede keer saam.

Die onderwyser vra vrae: 1. Hoekom dink julle het Buks weggeraak? (Oorsaak en gevolg) 2. Waar soek Miem orals? 3. Hoekom huil Miem? 4. Wat doen mamma? 5. Wie moet hulle vra om ook te soek? 6. Dink julle iemand het die hekkie oopgelaat? 7. Wie se hond was al weg?

@A BCDEFG

HI BCDEFG

HA BCDEFG

HA BCDEFG

Page 10: Tema 9: Bekende plekke in ons omgewing Graad 1... · / 0 2 Week 7 Aktiwiteit 3: Klanke Leerlinge klank en lees uu-woorde saam met die onderwyser op bl. 116 van Werkboek 3. Leerlinge

JKL

Week 7

Aktiwiteit 4: Groeplees

Groep 1 en 2 lees by die onderwyser uit Leesboek 3 bl. 11 en 12.

Die onderwyser bespreek nuwe en moeilike woorde.

Die onderwyser lees eers en leerlinge luister.

Leerlinge lees dan individueel.

Aktiwiteite vir leerlinge wat nie deelneem aan groeplees nie:

Leesaktiwiteit 1:

Leerlinge trek raampies om die woorde op bl. 119 van Werkboek 3.

Leerlinge skryf die uu-woorde oor in die blokkies.

Leesaktiwiteit 2:

Leerlinge knip uu-woorde uit ’n tydskrif en plak dit op bl. 120 van Werkboek 3.

Aktiwiteit 5: Selfstandig skryf

Leerlinge lees “Pappa huur vir ons ’n huis” op bl. 121 van Werkboek 3.

Daarna omkring hulle al die uu-woorde en skryf dit neer.

Leerlinge beantwoord die vrae oor die leesstuk.

MN OPQRST

UV OPQRST

Page 11: Tema 9: Bekende plekke in ons omgewing Graad 1... · / 0 2 Week 7 Aktiwiteit 3: Klanke Leerlinge klank en lees uu-woorde saam met die onderwyser op bl. 116 van Werkboek 3. Leerlinge

133

Page 12: Tema 9: Bekende plekke in ons omgewing Graad 1... · / 0 2 Week 7 Aktiwiteit 3: Klanke Leerlinge klank en lees uu-woorde saam met die onderwyser op bl. 116 van Werkboek 3. Leerlinge

WXY

Week 7

Dag 4

Leermateriaal

Weerkaart

Klaskoerant

Leesboek 3 (Deel 2) bl. 11 en 12

Werkboek 3 bl. 122-124

Natrekoefening: uu (bl. 136)

Plastiese koeverte

Witbordmerkers

Kleurpotlode

Skrifboek bl. 72

Aktiwiteit 1: Luister en praat

Bespreek die weer en pas die Weerkaart aan.

Wens die leerlinge wat verjaar geluk.

Bespreek die spesiale geleenthede van die dag.

Voltooi die register.

Luister na ’n paar leerlinge se nuus. Skryf een leerling se nuus in die

Klaskoerant en die leerling kan daarby teken.

Aktiwiteit 2: Groeplees

Groep 3 en 4 lees by die onderwyser uit Leesboek 3 bl. 11 en 12.

Dieselfde aktiwiteite word herhaal wat reeds met groep 1 en 2 gedoen is.

Aktiwiteite vir leerlinge wat nie deelneem aan groeplees nie:

Leerlinge kies die regte woord en kleur die blokkie in op bl. 122 van Werk-

boek 3.

Leerlinge kyk na die prentjie op bl. 123 van Werkboek 3 en vul die regte

woorde in om die sinne te voltooi.

Z[ \]^_`a

b[ \]^_`a

cd \]^_`a

Page 13: Tema 9: Bekende plekke in ons omgewing Graad 1... · / 0 2 Week 7 Aktiwiteit 3: Klanke Leerlinge klank en lees uu-woorde saam met die onderwyser op bl. 116 van Werkboek 3. Leerlinge

efg

Week 7

Aktiwiteit 3: Klanke

Die onderwyser fotostateer Natrekoefening: uu op bl. 136 vir elke leerling

en deel dit uit.

Leerlinge trek die woorde na met witbordmerkers.

Leerlinge kleur die prentjies in.

Aktiwiteit 4: Handskrif

Leerlinge oefen die name op die witborde: Ursula en Ulrich.

Leerlinge skryf strokie 11 op bl. 72 in die Skrifboek:

u U Ursula Ulrich

Aktiwiteit 5: Selfstandig skryf

Leerlinge kleur die uu-woorde in op bl. 124 van Werkboek 3. Leerlinge skryf

dan sinne met die uu-woorde

hi jklmno

hi jklmno

hp jklmno

Page 14: Tema 9: Bekende plekke in ons omgewing Graad 1... · / 0 2 Week 7 Aktiwiteit 3: Klanke Leerlinge klank en lees uu-woorde saam met die onderwyser op bl. 116 van Werkboek 3. Leerlinge

136

Page 15: Tema 9: Bekende plekke in ons omgewing Graad 1... · / 0 2 Week 7 Aktiwiteit 3: Klanke Leerlinge klank en lees uu-woorde saam met die onderwyser op bl. 116 van Werkboek 3. Leerlinge

qrs

Week 7

Dag 5

Leermateriaal

Werkboek 3 bl. 125-126

Leesstuk: “Buks is nog weg” (bl. 139)

Leesboek 3 (Deel 2) bl. 9-12

Skrifboek bl. 73

A5 Woordeboekie

Aktiwiteit 1: Klanke

Leerlinge skommel die woorde reg op bl. 125 van Werkboek 3.

Aktiwiteit 2: Gedeelde lees

Die onderwyser lees die vergrote leesstuk “Buks is nog weg” en die leer-

linge luister.

Leerlinge lees die leesstuk die tweede keer saam met die onderwyser.

Onderwyser vra vrae: 1. Wie kry vir Buks? 2. Waar slaap hy graag? 3. Hoekom het pappa gegil? 4. Het Buks vir pappa gebyt?

Aktiwiteit 3: Groeplees

Elke groepie kom lees ± 5 minute by die onderwyser uit Leesboek 3 bl. 9-12.

Gee geleentheid vir die leerlinge wat individueel wil lees.

Alle leesaktiwiteite word voltooi en afgerond in die tyd wat die groepe lees.

85 minute

tu vwxyz{

tu vwxyz{

|} vwxyz{

Page 16: Tema 9: Bekende plekke in ons omgewing Graad 1... · / 0 2 Week 7 Aktiwiteit 3: Klanke Leerlinge klank en lees uu-woorde saam met die onderwyser op bl. 116 van Werkboek 3. Leerlinge

~��

Week 7

Aktiwiteit 4: Handskrif

Leerlinge doen vingeroefeninge.

Leerlinge skryf strokie 12 op bl. 73 in die Skrifboek:

Die suurlemoen is suur Una Uys bestuur

Aktiwiteit 5: Selfstandig skryf

Leerlinge skryf drie uu-woorde in hulle Woordeboekies.

Leerlinge skryf hulle eie nuus op bl. 126 van Werkboek 3 en teken daarby.

�� ������

�� ������

Page 17: Tema 9: Bekende plekke in ons omgewing Graad 1... · / 0 2 Week 7 Aktiwiteit 3: Klanke Leerlinge klank en lees uu-woorde saam met die onderwyser op bl. 116 van Werkboek 3. Leerlinge

139