WATERKRUIK€¦ · Sondag 12 Febr. Wyke 21 & 22 Ouderlinge: Pieter Smit en Theo le Roux Diaken:...

12
1 Waterkruik JAARGANG 54 NO 4 5 Februarie 2017 DIENSBEURTE Vandag: Wyke 19 &20 Ouderlinge: Tinus Erasmus en Marthinus Erasmus Diaken: Dian van der Walt Sondag 12 Febr. Wyke 21 & 22 Ouderlinge: Pieter Smit en Theo le Roux Diaken: Braam Smit KOLLEKTE BY DIE DEURE Vandag GKSA Sustentasiefonds Doel: Om kerke wat nie finansieël onafhanklik kan bestaan nie, by te staan sodat die Woordverkondiging steeds daar kan voortgaan en om nuwe voorposgemeentes te stig waar die Woordverkondiging dringend noodsaaklik is Volgende Sondag: Teologiese Studentekas Doel: Om studente wat aan die Teologiese Skool te Potchefstroom studeer, finansieel met beurse te help sodat die Gereformeerde leer uitgebou en verkondig kan word. TEESKINKBEURTE Baie dankie aan wyk 12 wat vanoggend o.l.v. An Venter tee bedien. Volgende week is dit die beurt van wyk 10 o.l.v. Anika le Roux. “Ek het gesien dat daar niks beter is nie as dat die mens vreugde vind in sy werk; dit is wat hom toekom. Wie kan hom laat sien wat na hom gaan gebeur.?” Prediker 3:22

Transcript of WATERKRUIK€¦ · Sondag 12 Febr. Wyke 21 & 22 Ouderlinge: Pieter Smit en Theo le Roux Diaken:...

Page 1: WATERKRUIK€¦ · Sondag 12 Febr. Wyke 21 & 22 Ouderlinge: Pieter Smit en Theo le Roux Diaken: Braam Smit KOLLEKTE BY DIE DEURE Vandag GKSA Sustentasiefonds Doel: Om kerke wat nie

1

Waterkruik JAARGANG 54 NO 4 5 Februarie 2017

DIENSBEURTE Vandag: Wyke 19 &20 Ouderlinge: Tinus Erasmus en Marthinus Erasmus

Diaken: Dian van der Walt

Sondag 12 Febr. Wyke 21 & 22 Ouderlinge: Pieter Smit en Theo le Roux Diaken: Braam Smit

KOLLEKTE BY DIE DEURE

Vandag GKSA Sustentasiefonds Doel: Om kerke wat nie finansieël onafhanklik kan bestaan nie, by te staan sodat

die Woordverkondiging steeds daar kan voortgaan en om nuwe voorposgemeentes te stig waar die Woordverkondiging dringend noodsaaklik is Volgende Sondag: Teologiese Studentekas

Doel: Om studente wat aan die Teologiese Skool te Potchefstroom studeer, finansieel met beurse te help sodat die Gereformeerde leer uitgebou en verkondig kan word.

TEESKINKBEURTE Baie dankie aan wyk 12 wat vanoggend o.l.v. An Venter tee bedien. Volgende week is dit die beurt van wyk 10 o.l.v. Anika le Roux.

“Ek het gesien dat daar niks beter is nie as dat die mens vreugde vind in sy werk; dit is wat hom toekom. Wie kan hom laat sien wat na hom gaan gebeur.?” Prediker 3:22

Page 2: WATERKRUIK€¦ · Sondag 12 Febr. Wyke 21 & 22 Ouderlinge: Pieter Smit en Theo le Roux Diaken: Braam Smit KOLLEKTE BY DIE DEURE Vandag GKSA Sustentasiefonds Doel: Om kerke wat nie

2

Maandag Katkisasie vir hoërskoolleerders soos gereël

Donderdag Bybelstudiegroepe 08:30 Groep 1: In die Konsistorie

09:30 Groep by Nasarethhuis 10:15 Groep 2: In die Konsistorie

(Dié groep behandel Joh. 2:23-3:21) 18:30 Bybelstudiegroep by die Pastorie

19:30 Kerkjeugaksie vir jongmense tot ongeveer 30 jaar: in die Pastorie Groep 1 en die 18:30-groep behandel die komende Sondag se preek. Groep 2 se Bybelverse sal telkens op die webwerf aangedui word en per SMS bekend gemaak

word.

VERJAARSDAE Ons wens die volgende broeders, susters en kinders van harte geluk met hulle

verjaarsdae. Ons bede is dat die nuwe lewensjaar vir julle en julle geliefdes vreugde en ryke seën sal inhou.

“Mag barmhartigheid, vrede en liefde in oorvloed aan julle geskenk word.”

Judas: 2 Vandag Br. Neels Kloppers 079 043 3055

Maandag 6 Februarie Br. Johan Hoogendyk 082 319 3377

Dinsdag 7 Februarie Sr. Kittie Broos 012 460-5804

Woensdag 8 Februarie Elle Slabbert (1) 082 465 4771 James Slabbert

Donderdag 9 Februarie Anriette van Tonder (2) 084 461 3159 Saterdag 11 Februarie Br. Paul Kruger 012 347-7800

Page 3: WATERKRUIK€¦ · Sondag 12 Febr. Wyke 21 & 22 Ouderlinge: Pieter Smit en Theo le Roux Diaken: Braam Smit KOLLEKTE BY DIE DEURE Vandag GKSA Sustentasiefonds Doel: Om kerke wat nie

3

Heinrich Reynders (12) 012 993 4413

Hartlik geluk aan br. Paul Kruger wat Saterdag sy 80ste verjaardag vier. Ons bid u die seën van die Here toe op die nuwe lewensjaar en goeie gesondheid en geluk. Mag u ‘n mooi dag saam met u geliefdes ervaar. BELYDENISAFLEGGING Ons is bevoorreg om volgende Sondag saam met ‘n paar van ons jong lidmate die belydenis van hulle geloof te vier. Hulle is Madelein van Staden, MartMarie

Reynders, Jean Oosthuizen, Renier Oosthuizen en Armand Koekemoer. MEELEWING Sr. Olive Beeton was in die hospitaal met maagbloeding en sterk nou tuis aan. Ons

bid jou krag en sterkte toe vir elke dag. Mag jy gou jou kragte herwin. 072 420 0915

Br. Eben Kruger is in die intensiewe-sorgeenheid van die Meulmedhospitaal nadat hy geopereer is vir bloeding op die brein. Mag die Here jou elke dag naby wees.

Ons bid jou en Redena krag en genade toe. 012 345 6189

Br. Floors Kotzee is verlede Sondagoggend oorlede en Woensdag begrawe. Ons bid sy kinders en die familie die vertroosting van die Heilige Gees toe.

DANKIE VANAF DIE KOTZEEFAMILIE Floors Kotzee se kinders, kleinkinders en agterkleinkinders sê hiermee baie dankie vir die ondersteuning van die predikant en gemeentelede wat Floors besoek het

tydens sy siekbed en voor sy afsterwe op 29 Januarie 2017. Ook, baie dankie, aan al die Waterkloofranders wat gehelp het om die troosdiens op 1 Februarie so glad te

laat verloop – met spesifieke verwysing na Dr. Douw, die orrelis, koster,die susters se versorging en almal wat teenwoordig was. Dit was alles met liefde gedoen en ons

waardeer dit baie. Die Kotzee familie.

DANKIE VANAF TRYNTJE MULLER Baie dankie aan die Kerkraad en gemeente vir julle besorgdheid oor my. Hoewel ek

deur ‘n baie moeilike tyd gaan, weet ek dat ek my oë op die Here moet hou. Hy is die Wewer van my lewe en bepaal dus die gang daarvan. Ek het ook elke dag so baie om voor dankbaar te wees dat my hart vol is daarvan.

Page 4: WATERKRUIK€¦ · Sondag 12 Febr. Wyke 21 & 22 Ouderlinge: Pieter Smit en Theo le Roux Diaken: Braam Smit KOLLEKTE BY DIE DEURE Vandag GKSA Sustentasiefonds Doel: Om kerke wat nie

4

Vriendelike groete, Tryntje Muller

ROEPING VAN OUDERLING EN DIAKEN Die volgende broeder en suster is geroep om as ouderling en diaken te dien:

as ouderling: Br. Coen Labuschagne as diaken: Sr. Hannie Kuschke.

Ons vra u voorbidding vir hulle met die oorweging van die roeping.

SUSTERSSAAMTREK Rietvallei Gemeente se susters nooi u hartlik uit na die Sustersaamtrek van 2017

Spreker: Prof Henk Stoker.

Tema: “Die vreugde van ′n lewende geloof!”

Datum: Saterdag, 4 Maart 2017 Tyd: 07:30 Plek: Utopia – Union Caterers

Koste: R150 per persoon

Susters van ander kerke, familie en vriendinne is baie welkom (Jammer geen kinders onder 12 jaar)

Vul die onderstaande strokie in en gee dit met die geld aan Nienke van der Walt of Elize Breed.

=================================================

SKEURSTROKIE Ek . . . . . . . . . . . . . . . . . woon graag die Susterssaamtrek by.

DIE NUWE INTREKKERS SÊ DANKIE Sondag, 22 Januarie, is ons nuwe groep intrekkers deur die Nuwe Intrekkers Kommissie verwelkom. Jany en Japie Landsberg het met groot grasie hulle huis

deur ons laat “oorneem” en elke lid van die Kommissie het spesiaal moeite gedoen

Page 5: WATERKRUIK€¦ · Sondag 12 Febr. Wyke 21 & 22 Ouderlinge: Pieter Smit en Theo le Roux Diaken: Braam Smit KOLLEKTE BY DIE DEURE Vandag GKSA Sustentasiefonds Doel: Om kerke wat nie

5

om almal sommer gou te laat tuis voel met hulle vriendelikheid, die smaaklike middagete en saamkuier. Ook hulle gades, kinders en dr Douw en Elize was daar.

Dit was werklik baie spesiaal. Mens voel sommer klaar deel van die gemeente! Met groot waardering vir julle liefde en gasvryheid!

Clarisse Venter

(u kan ‘n aantal foto’s op die webwerf besigtig)

KUIERKAFEE Met Kittie aan die voorpunt en ons almal op ‘n stywe

galop agterna, was die Kuierkafee die afgelope Dinsdag ‘n heerlike oggend van onthou hoé, en toe die perd nog deel van ons lewens was. Dankie Kittie.

FOTOS VIR ONS KENMEKAAR KENNISGEWINGBORD

Broeders en susters, dis ‘n nuwe jaar en ons almal het seker

nuwejaarsvoornemens gemaak. Ons is oortuig daarvan dat een van jou voornemens is om vir ons ‘n foto van jou/jou gesin te laat

kry vir ons kenmekaar kennisgewingbord.

Ter wille van die nuwe intrekkers – gaan kyk gerus op die groot kennisgewingbord

op die stoep na die fotos. Dis ‘n projek waardeur die lidmate mekaar beter kan leer ken. Jy kan vir ons ‘n foto e-pos na [email protected] of stuur na ons selfoon

083 703 5727. Sit net al die gesinslede se name by. Ons sit in groot afwagting!! Gerrit en Kittie Broos

GEMEENTE-ETE Ons gemeente gaan weer lekker saam kuier terwyl ons heerlik gaan smul aan slaai en gebraaide hoender op Sondag 28 Februarie na die erediens.

Teken solank die datum aan.

VOLG JESUS SE VOORBEELD “Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle ‘n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg “(1 Petrus 2:21)

Page 6: WATERKRUIK€¦ · Sondag 12 Febr. Wyke 21 & 22 Ouderlinge: Pieter Smit en Theo le Roux Diaken: Braam Smit KOLLEKTE BY DIE DEURE Vandag GKSA Sustentasiefonds Doel: Om kerke wat nie

6

Betoon liefde:“Soos Ek julle liefhet moet julle mekaar ook liefhê” (Joh.13:34) Wys deernis: “Hy het hulle innig jammer gekry want hulle was soos skape wat nie ‘n wagter het nie” (Markus 6:34) Wees nederig: “Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil” (Mat.26:39) Werk vir God: “So lank as dit nog dag is, moet ons die werk doen van Hom wat My gestuur het” (Joh. 9:4)

Wees vrygewig: “Hy het nie gekom om gedien te word nie maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense” (Mat.20:28)

Haat onreg: “U het die reg lief en U haat die onreg” (Heb.1:9) Wees gehoorsaam: “Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is” (Heb. 5:9) Luister na God: “die Vader wat My gestuur het, het My opgedra wat Ek moet sê “ (Joh.12:49)

(Uit : Kruispad uitgawe 39)

NUUS VANAF DIE TEOLOGIESE SKOOL Die Februarie 2017 uitgawe van Die Kerkblad het allerlei interessante nuusbrokkies oor die Teologiese Skool (TSP).

59 Kandidaatstudente het in 2016 aan die TSP studeer en 10 van hulle is via Docenda vir teologiese studie ingeskryf.

- Studente sal in 2017 praktiese werk doen. Die Kandidaats 4-studente doen

Evangelisasieprakties o.l.v. Prof Naas Ferreira, Kandidaats 5-studente doen jeugprakties terwyl Kandidaats 6-studente gemeente-prakties gaan doen .

- 36 Teologiese studente het gedurende 2016 met Docenda se ondersteuning gestudeer

- 10 oopleersentra is reeds opgerig waar opleiding m.b.v. Docenda geskied

- 35 studente het aansoek gedoen om gedurende 2017 via Docenda te kan studeer.

- Docenda is ook by gemeenskapsontwikkeling betrokke en maak groot finansiële bydraes aan studente om met hulle studies te kan voortgaan.

HERVORMING 500 FEES Die Hervorming of Reformasie het 500 jaar gelede plaasgevind en

dus word die besondere geleentheid vanjaar herdenk. Die GKSA, NGK EN NHK het ‘n Tussenkerklike Raad (TKR)

gestig om inisiatief te neem met o.a. die reël van ‘n sentrale fees, om streekfeeste te koördineer , om ‘n feespublikasie die lig te laat

Page 7: WATERKRUIK€¦ · Sondag 12 Febr. Wyke 21 & 22 Ouderlinge: Pieter Smit en Theo le Roux Diaken: Braam Smit KOLLEKTE BY DIE DEURE Vandag GKSA Sustentasiefonds Doel: Om kerke wat nie

7

sien en om ‘n webwerf daar te stel met ‘n Reformasie 500-dagboek waarin al die feesgeleenthede aangedui word.

Die volgende aksies is reeds in die beplanningsfase :

- een groot sentrale feesgeleentheid op Sondagaand 29 Oktober in die ouditorium van die NG Kerk Moreleta waartydens ‘n massakoor van ongeveer 500 lede en verskeie kleiner kore gaan optree en waartydens ‘n

Hervormingsdiens gaan plaasvind waar ‘n predikant van elkeen van die 3 kerke leiding gaan neem

- die aanbieding van die musiekblyspel Houtkruis in die Staatsteater enkele weke voor 31 Oktober

- die moontlike aanbieding van die produksie “Uit Diep van Donker Nagte” by die GK Centurion

- Feespublikasies gaan die lig sien.

BEPLANDE WETGEWING BEDREIG GODSDIENSVRYHEID - Cassie Aucamp Twee stukke wetgewing in die pyplyn het 'n gefladder in die kerklike duiwehok teweeg gebring, en kan 'n ernstige bedreiging vir godsdiensvryheid inhou.

Die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade

en Haatspraak is reeds in die parlementêre proses. Die beoogde wet oor die Kommersialisering van Godsdiens is op die

tafel van die CRL Kommissie ('n Artikel 9 Kommissie vir die Beskerming en Bevordering van die Regte van Taal-, Kultuur- en Godsdiensgemeenskappe).

Voorleggings kan aan die kommissie gerig word tot einde Februarie..

Die GKSA het saamgewerk met die NG en NH Kerke om onder die vaandel van die Tussenkerklike Raad deeglike skriftelike voorleggings oor albei te maak. Ons hoop om ook die geleentheid tot mondelinge voorleggings te kan kry. In hierdie artikel

berig ek oor Die Wetsontwerp op Haatsmisdade en Haatspraak. 'n Volgende artikel sal handel oor die beoogde wetgewing oor die Kommersialisering van

Godsdiens.

Agtergrond Die minister van Justisie, Michael Masutha, het op 24 Oktober 2016 die beoogde wetgewing aangekondig met as motivering: "Die onlangse rassistiese uitsprake en baie ander voorvalle van ernstige misdade wat gepleeg is onder die invloed van rassehaat, ten spyte van ons pogings oor die afgelope twee dekades om ons nuwe nasie te bou...het verdere maatreëls genoodsaak om hierdie euwel, wat 'n oorblyfsel is van ons ongewenste apartheidsverlede, uit te roei. " (Vertaling CA)

Page 8: WATERKRUIK€¦ · Sondag 12 Febr. Wyke 21 & 22 Ouderlinge: Pieter Smit en Theo le Roux Diaken: Braam Smit KOLLEKTE BY DIE DEURE Vandag GKSA Sustentasiefonds Doel: Om kerke wat nie

8

Art. 9(3) van die Akte van Regte, hoofstuk 2 van die Grondwet, stipuleer 'n aantal "verbode gronde" vir diskriminasie, onder andere: ras, geslag, kleur,

godsdiens, geloof, taal, seksuele oriëntasie en gestremdheid. Hoewel die sogenaamde Gelykheidswet, Wet 4 van 2000, en verskeie ander wette volledig

handel oor diskriminasie en haatspraak op grond van die "verbode gronde", het die regering dit goed geag om hierdie addisionele stuk wetgewing te loods wat haatspraak en haatmisdade verder kriminaliseer.

Inhoud

Haatsmisdade word omskryf as 'n oortreding van enige ander wet wat gemotiveer is deur 'n persoon se vooroordeel of onverdraagsaamheid teenoor die slagoffer op

grond van die "verbode gronde” soos ras of geslag of seksuele oriëntasie, ens.,soos hierbo omskryf. Indien vasgestel kan word dat die betrokke oortreding gemotiveer is deur sodanige vooroordeel of onverdraagsaamheid, sal dit by vonnisoplegging as

verswarende omstandighede verreken word.

Haatspraak word omskryf as wanneer iemand deur enige vorm van kommunikasie, in sy wydste vorm, haat teenoor enige persoon of groep op grond van die "verbode gronde” aanhits OF beledigend, minagtend of verkleinerend

teenoor so 'n persoon of groep is. Eerste oortreders kan benewens 'n boete tronkstraf van drie jaar opgelê word, en tweede oortreders tot tien jaar.

Ons beoordeling:

Die beoogde wetgewing is oorbodig aangesien bestaande wetgewing en veral

die Gelykheidswet hierdie oortredings reeds sorgvuldig aanspreek.

Die wetgewing oor haatmisdade wil nie die oortreding self nie, maar die

innerlike motivering van die oortreding kriminaliseer. Dis bekend dat die doel of oogmerk van 'n oortreding deur 'n hof bepaal kan word, bv opset, dolus eventualis, ens. Om egter die motivering van 'n misdaad vas te stel is

ongekend, uiters subjektief, moeilik meetbaar en kan tot groot heksejagtery lei. Die "onder die invloed van rassehaat" waarvan die minister praat kan nie

soos in die geval van dronkbestuur met die blaas-in-die-pypie vasgestel word nie.

Die hart en gesindheid van mense kan nie deur wetgewing gereguleer word

nie, maar slegs deur die skep van 'n lewenskultuur en die Bybelse ingesteldheid van liefde en respek.

Dit is ons oortuiging dat hierdie beoogde wetgewing en die remedies wat dit

voorskryf verhoudinge in ons gediversifiseerde samelewing gaan vertroebel en selfs tot hoogspanning kan bring.

Page 9: WATERKRUIK€¦ · Sondag 12 Febr. Wyke 21 & 22 Ouderlinge: Pieter Smit en Theo le Roux Diaken: Braam Smit KOLLEKTE BY DIE DEURE Vandag GKSA Sustentasiefonds Doel: Om kerke wat nie

9

Hoewel artikel 15 van die Akte van regte van ons Grondwet Godsdiensvryheid

waarborg, word dit deur die beoogde wetgewing oor haatspraak ernstig in gedrang gebring. Die verkondiging van Jesus Christus as enigste Verlosser,

teenoor die futiliteit en doodlooptrate van ander godsdienste, kan heel gou as "beledigend of verkleinerend" teenoor sodanige groep beskou word. Die oproep tot bekering weg van die afgode tot die enigste ware God kan maklik

as haatspraak teenoor ander gekriminaliseer word.

Anders as die Gelykheidswet van 2000, bied hierdie Wetsontwerp geen ruimte vir billike differensiasie op grond van 'n instelling se duidelik-omskryfde

oortuigings en belydenis nie. Godsdienstige lering, prediking en ordereëlings wat enigsins betrekking het op geslag, seksuele oriëntasie, huwelik en moraliteit kan as vooroordeel en onverdraagsaamheid tot misdaad verklaar

word. In die woorde van Prof Marinus Wiechers, een van ons deputate: Hierdie is ‘n teksboekvoorbeeld van oënskynlik goeie bedoelings, maar ons weet na watter plek sulke hoogheilige bedoelings heen lei..... Outoritêre en diktatoriale regimes begin altyd om vryhede in te kort, veral vryheid van spraak, mening en propaganda. Gaan kyk maar na die Nazi-regime en fascisme, Kommunisme. Oënskynlik met die mooiste bedoelings. Die GKSA gaan, in samewerking met die ander twee kerke in die TKR, hierdie wetgewing ten sterkste teenstaan. Daarmee saam doen ons 'n beroep op al ons

kerke en lidmate om die euwel van rasse-of groepshaat onder alle gemeenskappe met die bevrydende boodskap van die evangelie van Jesus Christus te bestry.

ALLERLEI

HARTKLOP gaan JONK!! Die President Kruger Kinderhuise bied aan:”Hartklop gaan Jonk” ten bate van die Kinderhuis. Die vertonings vind

plaas op 7, 8 en 9 Maart . 7 Maart tree Gavin Edwards en Cornelia & Adam op, 8 Maart tree Pieter Koen en Charlize

Berg op en op 9 Maart is dit Riana Nel & Dewald Wasserval se beurt. Die vertonings vind plaas in die Weiveldteater, op die hoek van Boschkop- & Grahamweg. U kan die kaartjies

by itickets.co.za of 086 1000 291 bespreek. Die pryse wissel tussen R100 & R120 per kaartjie.

WWESSKAMP Die jaarlikse kamp vir jong werkende lidmate vind plaas van Saterdag 18 – 22 Maart

in die Drakensberg. Kontak Erna Dreyer 011 886 0580 of [email protected]

Page 10: WATERKRUIK€¦ · Sondag 12 Febr. Wyke 21 & 22 Ouderlinge: Pieter Smit en Theo le Roux Diaken: Braam Smit KOLLEKTE BY DIE DEURE Vandag GKSA Sustentasiefonds Doel: Om kerke wat nie

10

BESTUURDER – RESIDENTIA WATERBERG Die Direksie van Residentia, wat binne ‘n bejaardesorg omgewing funksioneer, nooi hiermee toepaslike gekwalifiseerde/ervare persone om aansoek te doen vir die pos van: .

BESTUURDER – RESIDENTIA WATERBERG MODIMOLLE

Meer besonderhede is by ons kerkkantoor beskikbaar. Stuur u CV vir aandag Dianri Pretorius na die volgende e-pos adres:

[email protected]. Die sluitingsdatum is 28 Februarie 2017.

AD MUSICUM-KOOR IS OP SOEK NA NUWE STEMME! Ad Musicum is ’n gesellige, nie-professionele koor wat reeds sedert 1980 bestaan.

Ons tree by verskillende geleenthede op, bv. koorfeeste, Paas- en Kerssangdienste en gewone eredienste. Ons repertoire sluit ’n wye verskeidenheid geestelike en ligte musiek in. Ons oefen elke Dinsdagaand van 19:00 tot 21:00 by die NG Kerk

Rietfontein-Suid, op die hoek van 16de laan en Ben Swartstraat in Rietfontein, Pretoria. Ons is op soek na nuwe stemme, veral TENORE, maar alle ander stemme

is meer as welkom. Skakel die volgende persone om te reël vir ’n oudisie: Dicky Hamelink - 082 921 2543 of Heléne Richter - 082 377 9385 of 012 662 1366.

EREDIENS SONDAGAAND is ‘n ruildiens en Ds. Hardus Lee van Derdepoort gaan die diens lei Skriflesing: Romeine 5:1-11 Preekteks: Romeine 5:1,2

Tema: God maak ons regverdig deur die geloof en laat ons in vrede met Hom leef. Intreelied: Ps. 43:3 Lofsang: Ps. 75:1, 4 Sing: Ps. 46:1,3,6 Sing: Ps. 98:1,4

Sing : Ps. 9: 1, 8

Page 11: WATERKRUIK€¦ · Sondag 12 Febr. Wyke 21 & 22 Ouderlinge: Pieter Smit en Theo le Roux Diaken: Braam Smit KOLLEKTE BY DIE DEURE Vandag GKSA Sustentasiefonds Doel: Om kerke wat nie

11

Preekskets : Romeine 5

In die boek Romeine word daar ‘n hofsaak geskets. In die beskudigdebank sit die

mens en word aangekla. Die aanklag teen die ganse mensdom is dat hy in sy doen en late teen die Here gesondig het en die wet van die Here oortree het. Elkeen van ons weet dat ons skuldig is.

Maar dan lees ons in die eerste vers die uitspraak: Onskuldig! God spreek ons vry. Hy spreek ons vry deurdat ons glo. Dit is waarop ons vanoggend wil fokus, op dit

wat ons in belydenistaal regverdigmaking deur die geloof noem. Ons gaan die fokus stel op die volgende drie punte:

1.Ons regverdigmaking is ‘n vrug van die geloof

2. Die begronding van ons regverdigmaking. 3. Die nuwe lewe wat vloei uit die regverdigmaking

FUNKSIONARISSE VAN DIE GEMEENTE PREDIKANT SKRIBA

Dr. Douw Breed Eddie Trollip Duikerlaan 52 083 230 4245 MONUMENTPARK

012 460 0700 ATTESSKRIBA OUDL SKRIBA

Tinus Erasmus Corrie Skinner 012 807 5213 082 494 0309 082 410 2252

VOORSITTER DIAK. ORRELIS Loutjie Coetzee Ansie Wichmann

083 457 8489 072 605 675

e-pos kerk:[email protected] webwerf: www.gkwaterkloofrand.org.za

Op die webwerf kan u etlike jare se preeksketse van dr. Douw lees en daar is ook skakels wat u neem na oudio- en

videouitsendings van eredienste van die afgelope tyd.

SONDAGKOSTER: André Els: 082 828 1910 WEEKKOSTER:

Nienke vd Walt: 083 398 9080 KANTOOR: Nienke vd Walt 012 460 6925 en 012 998 0912

KANTOORURE: Donderdag en Vrydag: 9 – 12vm.

U kan egter enige tyd die kantoor skakel en jou oproep sal beantwoord word omdat die telefoon deurgeskakel is na die selfoon.

BANKBESONDERHEDE

Kerk: ABSA : Gereformeerde Kerk Waterkloofrand Rek no. 000 340 685

Diakens: ABSA: Diakonie Spaar Rek. No. 9139785681

PARKERING

Page 12: WATERKRUIK€¦ · Sondag 12 Febr. Wyke 21 & 22 Ouderlinge: Pieter Smit en Theo le Roux Diaken: Braam Smit KOLLEKTE BY DIE DEURE Vandag GKSA Sustentasiefonds Doel: Om kerke wat nie

12

Veilige parkering is ook beskikbaar tydens oggenderedienste op die terrein van die

Laerskool Anton van Wouw, h/v Lange- en Deystraat.

PREEKVERDUIDELIKINGS Tydens oggenddienste word die preek van

die oggend vir die kindertjies vanaf 4 jaar tot in Graad 4 deur ‘n suster in die Saal verduidelik. Dit vind net plaas as dr Douw

preek en nie gedurende vakansies en langnaweke nie. Dit word slegs tydens die preek en onder toesig van die beurtouderling

gedoen.