Protestantse Kerke groei...Protestantse Kerke groei In sy laaste art ike 1 wat hy noem: V/icoe...

18
Protestantse Kerke groei In sy laaste art ike 1 wat hy noem: V/icoe Veldon in Belp;ie vertel ds. Wiersinga dat die Protestantse Kerke stadig maar seker groei. In Gent waar hy self gestaan net, hot die jemeente in ses jaar met 25% vermeerder. Dertig manne en vroue het van buite d.w.s. van die Rcons Katclisisme tot die gemeente toegetree, In die Rabotkerk, wat aan 1n groot verkeersweg 1§, kom eike Sondag nvus— kieriges kyk wat gaande is. Die Protestantse diens vervul hul met verwondering: hier sing gewone rnense saam, hier raak die gebec. die hart, bier kan ,jy alles verstaan. Dit is 'n belangrike deel van die nasorgwerk om hierdie mense op te spoor en verder te help. Ook die Protestantse radio-uitssndings wek groot belangstelling en navrae word ontvang. So het 'n ywerige Roomse Propagandis na die skrywer gekom met die mededeling dat by Protestant wou word. Hy het die evangelie leer ken deur die Protestantse radio- uitsendings. In Gent word daar Open Poort-avonden gehou wat die werk van die evangelxsasieblad Be Open Pcort "’oortsit. Die ver- gaderings word deeglik in el die groot dagblaaie geadverteer en gas-sprekers voer dio woord. Daar kom van 20 tot 40 buitekerk- like mense wa~ van huis uit Rooms is maar wat alle kontak' met hul kerk verloor het. Hierdie aande 7/ear die hoorders vry hul menings stel en vrae cnbeskroomd vrav was besonder vrugbaar en het duide- lik getoon dat die "lande wit wes". En dit is merkwaardig dat die belangstelling vir hierdie aando die sterkste is by arbeiders en intellektuele. Vir laasgenoemdes kon die Hervormde predikant Bybelkringe begin met universiteitsprofessore onder die soekendes. * * * # Sf. :'f Studente in BelRie Ook onder studente van die universiteit was die werk besielend se ds<. Wiersinga. 'n Vyf-en-twintig studente het dit gewaag om die Akademiese-raadsaal te huur vir voordragte van profi. Bavirick, Dooyeweerd en Lever. Hierdie sprekers het onder hul gehoor gehad nie slegs uitgesproke atexs'ciese studente nie maar ook Marxistieso professore. Is dit nodig om te s§ dat dit 'n swaar pad is wat studente meet gaan om uit hierdie milieu Gereformeerd te word? En tog het van hulle hierdie weg gegaan. Dan is daar die aroeiders wat dikwels gewoonlik ongeskoold en werk- loos is. Eenmaal bekeerd, word hulle pragtige evangeliste, sonder vooroordele, sonder vrees. Hy verhaal van 'n buitekerklike dogter wat na sy katkisasie gekom en na elke les horn met 'n reeks vrae bestook het^ - oor Luther, oor die nagmaal, oor wat die ware kerk is ens. Daar was geen spoor van strydlustigheid by haar waar te neem nie; sy het 'n hcnger en dors na die waarheid gehad. Wat hy ses jaar in sy sic gemeente, wat hy in ander gemeen- tes en die Evangelieso Kerk waargeneem en ondervind het, oortuig hou dat die lande wit Is vir die oes. 27. Die Roomse Kerk en Eorihc-'u1 De Kruisbanior van 9 Septembar 1961 bespreek die betekenis wat die begrip van oenheid /ir reformatoriese Christene en vir die Roomse Kerk het. Eersgenoemdo se bedoeling is dat alle Christelike Kerke op voet van gelykheid sou ondersoek waarin hulle t.o.v. geloofsleer en gebruike oor&en kan kom en so 'n groter eenheid tussen gelowiges in Christus kan vertoon as wat tans die geval is. Dink Rome ook so? Kom^ons gaan na wat poun Johannes XXIII self oor hierdie saak te s§ het. In die eerste olek moot gokonstateer word dat geen enkel offisiele stuk nog van Pous Johannes XXIII nog van §§n van sy voorgangers die naam kerk toeken aan nie-Rjomse kerke. Hulle/

Transcript of Protestantse Kerke groei...Protestantse Kerke groei In sy laaste art ike 1 wat hy noem: V/icoe...

Protestantse Kerke groeiIn sy laaste art ike 1 wat hy noem: V/icoe Veldon in Belp;ie

vertel ds. Wiersinga dat die Protestantse Kerke stadig maar seker groei. In Gent waar hy self gestaan net, hot die jemeente in ses jaar met 25% vermeerder. Dertig manne en vroue het van buite d.w.s. van die Rcons Katclisisme tot die gemeente toegetree, In die Rabotkerk, wat aan 1n groot verkeersweg 1§, kom eike Sondag nvus— kieriges kyk wat gaande is. Die Protestantse diens vervul hul met verwondering: hier sing gewone rnense saam, hier raak die gebec. die hart, bier kan ,jy alles verstaan. Dit is 'n belangrike deel van die nasorgwerk om hierdie mense op te spoor en verder te help.Ook die Protestantse radio-uitssndings wek groot belangstelling en navrae word ontvang. So het 'n ywerige Roomse Propagandis na die skrywer gekom met die mededeling dat by Protestant wou word.Hy het die evangelie leer ken deur die Protestantse radio- uitsendings. In Gent word daar Open Poort-avonden gehou wat die werk van die evangelxsasieblad Be Open Pcort "’oortsit. Die ver- gaderings word deeglik in el die groot dagblaaie geadverteer en gas-sprekers voer dio woord. Daar kom van 20 tot 40 buitekerk- like mense wa~ van huis uit Rooms is maar wat alle kontak' met hul kerk verloor het. Hierdie aande 7/ear die hoorders vry hul menings stel en vrae cnbeskroomd vrav was besonder vrugbaar en het duide- lik getoon dat die "lande wit wes". En dit is merkwaardig dat die belangstelling vir hierdie aando die sterkste is by arbeiders en intellektuele. Vir laasgenoemdes kon die Hervormde predikant Bybelkringe begin met universiteitsprofessore onder die soekendes.

* * * # Sf. : 'f

Studente in BelRieOok onder studente van die universiteit was die werk

besielend se ds<. Wiersinga. 'n Vyf-en-twintig studente het dit gewaag om die Akademiese-raadsaal te huur vir voordragte van profi. Bavirick, Dooyeweerd en Lever. Hierdie sprekers het onder hul gehoor gehad nie slegs uitgesproke atexs'ciese studente nie maar ook Marxistieso professore. Is dit nodig om te s§ dat dit 'n swaar pad is wat studente meet gaan om uit hierdie milieu Gereformeerd te word? En tog het van hulle hierdie weg gegaan.Dan is daar die aroeiders wat dikwels gewoonlik ongeskoold en werk- loos is. Eenmaal bekeerd, word hulle pragtige evangeliste, sonder vooroordele, sonder vrees. Hy verhaal van 'n buitekerklike dogter wat na sy katkisasie gekom en na elke les horn met 'n reeks vrae bestook het̂ - oor Luther, oor die nagmaal, oor wat die ware kerk is ens. Daar was geen spoor van strydlustigheid by haar waar te neem nie; sy het 'n hcnger en dors na die waarheid gehad.

Wat hy ses jaar in sy sic gemeente, wat hy in ander gemeen- tes en die Evangelieso Kerk waargeneem en ondervind het, oortuig hou dat die lande wit Is vir die oes.

27. Die Roomse Kerk en Eorihc-'u1De Kruisbanior van 9 Septembar 1961 bespreek die betekenis

wat die begrip van oenheid /ir reformatoriese Christene en vir die Roomse Kerk het.Eersgenoemdo se bedoeling is dat alle Christelike Kerke

op voet van gelykheid sou ondersoek waarin hulle t.o.v. geloofsleer en gebruike oor&en kan kom en so 'n groter eenheid tussen gelowiges in Christus kan vertoon as wat tans die geval is. Dink Rome ook so? Kom^ons gaan na wat poun Johannes XXIII self oor hierdie saak te s§ het. In die eerste olek moot gokonstateer word dat geen enkel offisiele stuk nog van Pous Johannes XXIII nog van §§n van sy voorgangers die naam kerk toeken aan nie-Rjomse kerke.

Hulle/

Hulle spreek wel van gemeenskappe afgeskei van die stoel van Petrus, van Protestantse gemeenskappe, van groepe van Christene, van afgeskeie broeders, maar van 'n eenheid van Christelike kerke is by hulle geen sprake nie. Vir Rome is daar slegs e&n ware kerk van Christus en dit is die Heilige Roomse Kerk. En vir hierdie kerk is daar slegs die eenheid wat tot stand kom onder gehoorsaamheid aan die pous van Rome. Kanon 218 par. 1 s§:"Die Roomse pontifex, opvolger van Fetrus in die primaatskap, besit nie slegs 'n primaatskap van eer nie, maar wel die opperste jurisdiess mag oor die hele kerk, sowel in sake van geloof en sedes as in die dinge wat die tug en regering betref van die kerk van Christus versprei oor die hele w§reld." En hierdie pontifi- kale mag van die Roomse biskop en die eenheid van die hele kerk onder sy gesag is deur die teenswoordige pous Johannes XXIII andermaal bevestig en van sulke eenheid sal sprake wees in die aangekondigde Konsilie.

Die Jesuit, Fater Boyer, skryf dat volgens duidelike uit- sprake van die pous die Konsilie tot doel het om die onteenspreek- like bewys te lewer van die goddelike oorsprong van die kerk (bedoel word die Roomse) sodat elkeen hom as sodanig mag erken of ten minste gedronge is om hom te erken as die enige kerk van C.hristus. So, se die pous, sal ons broers wat tot die Kerk van Rome kom (daar is trouens geen ander weg tot eenheid1) hul eie huis binnetree.

Die Duitse pater Bea, biegvader van wyle pous Pius XII en deur die teenswoordige pous tot Kardinaal verhef, het op die vraag of die Roomse Kerk toegewings sal maak ten einde die eenheid van alle Christene te bevorder, geantwoord dat op die terrein van die Roomse leer geen toegewings gemaak sal word nie, maar op die gebied van organisasie, liturgie en tug, wel. Hy het verder verklaar dat die eenheid van die kerk eiesoortig is, dit is naam- lik 'n eenheid in die leer, in die regering en in die genademiddele (die sakramente) en hierdie eenheid is gefundeer op die grondslag

deur Christus self verkies: die heilige Petrus en sy opvolgers.Aan duidelikheid laat hierdie uitsprake niks te wense oor

nie. Daar is vir die Roomse slegs e§n weg tot eenheid en dit is terugkeer tot die Roomse Kerk.

28. 'n Toevlugsoord vir Eks-PriestersDie getal priesters en kloosterlinge, wat by die inter-

kerklike stigtihg In de Rechte Straat in Hilversum kom aanklop, word steeds groter. In Mei 1961 het 'n Spaanse priester via In de Rechte Straat die Roomse Kerk verlaat. In Junie 'n Spaanse studente in die filosofie en lettere wat nou evangeliste in Suid- Amerika wil word. Verder kon die stigting 'n Spaanse klooster- suster steun wat vier dae voor die aflegging van die klooster- geloftes tot die voile lig gekom het. In Julie was dit 'n Nederlandse en 'n Vlaamse priester wat met behulp van die- stigting tot die beslissende stap gekom het. Besoek is ontvang van 'n Franse priester wat aan die leer van sy kerk begin twyfel het en enkele dae in die stigting wou deurbring om die Reformasie van naby te bestudeer. Die Italiaanse ex priester prof. dr. Salvato wat reeds Protestant geword het, het hom die hand gereik en na die stigting verwys. Onlangs het 'n oproep van 'n Bybelskool in Frankryk gekom dat 'n Argentynse kloosterling hopeloos en haweloos daar aangekom het, — kon die stigting help? En so gaan dit voort.

Later berig: Die stigting In de Rechte Straat, wat homten doel stel om eks-priesters van die Roomse Kerk te help en wat onder leiding van ds. H.J. Hegger staan, het 'n huis in Velp gekoop om diens te doen as toevlugsoord vir eks-priesters.

Dit/...

Dit sal voortaan bekend staan as De Wartburg. Die bedoeling is om tydelik onderdak te gee aan priesters wat df reeds heeltemal met die Roomse Kerk gebreek het of hul 'n tydlank wil besin oor die boodskap van. die Bybel en die Reformasie. Dit is die eerste huis van hierdie aard in Europa.

UIT DUITSLAND

29• Die Kerk in Oos-DuitslandIn Life and Work (Record of the Church of Scotland) van

September 1961 vertel Glen Gibson van sy ontmoetinge in gesprekke met Oos-Duitse Christene op die Berlynse Kirchentag.Twee predikante van Oos-Duitsland het horn verseker dat daar weinig, waarskynlik geen nominaele Christene in Oos-Duitsland is nie. Waarom sou hulle vashou aan die kerk terwyl hulle daaruit geen voordeel nie, maar slegs nadeel trek? Een predikant het gese dat sy dorp ' n derde van sy bevolking deur die vlugteling-beweging verloor het.Op boere word voortdurend druk uitgeoefen om by die kollektiewe plase aan te sluit. So meedoenloos is hierdie druk dat boere soms selfmoord pleeg of sielsiek ?;ord. Van die allerbeste boere, geneeshere en vakmense het na die Weste gevlug. Die land verloor so sy mees bruikbare mense en die ekonomie gaan by gevolg agter- uit. Die kerk van sowel die Oostelike as die Westelike dele het hul predikante verbied om Oos-Duitsland te verlaat en lidmate is ernstig verso.ek om daar te bly al is dit net terwille van die ekonomie. Die kerk. word as vyand van die staat beskou, maar word geduld as hy_ nie openlik evangeliseer nie. "Ek moet drie dae vooruit kennis aan die polisie gee", het 'n predikant ges§"voordat ek 'n Bybelklas kan hou. Ek weet dat ek spioene in my gemeente het, maar ek weet nie wie hulle is nie".

* * * * * *Die Jeug

'n Klompie <jong seuns en dogters het ges£: "Ons word uitgelag en bespot. Ons word deur die ander jongmense as snaaks bestempel. Ons kom dikwels in die versoeking om ons geloof op te gee, maar tog doen min van ons dit. Dit help ons om na die Weste deur te glip en medegelowiges te ontmoet. Soms voel ons of ons vergeet word en op ' n eiland woon. Sal u asseblief vir die mense in die Weste se dat hulle ons nie moet vergeet. nie."

Moenie die gevolgtrekking uit die voorafgaande maak dat die Oos-Duitse christene vol selfbejammering is nie. 'n Predikant het ges§: "Ons is glad nie martelare nie. Maar ons glo dat wat gebeur 'n oordeel is wat God aan ons kerk en volk voltrek. Wanneer die blare van die boom in die herfs val, treur die boom nie en s§ dat die einde nou daar is nie. Dit weet dat wat gebeur noodsaaklik is en daar sal 'n nuwe geboorte in die lente kom.

Ja, in Oos-Duitsland kos dit meer as 'n maandelikse bydrae en kerkbesoek om ’ n Christen te wees.

30. Evangelisasiewerk onder Duitse vlugtelingeThe Christian van 8 September 1961 verhaal in 'n artikel

van Dave Foster iets omtrent die vlugtelinge uit Oos-Duitsland en hoe evangelisasiewerk onder hulle gedoen word. In Berlyn mag, volgens internasionale ooreenkoms, geen barrikades tussen die

Oostelike/

Oostelike en Westelike sektors opgerig word nie. Deur hierdie opening in die Ystergordyn het die keur van Oos-Duitsland se werk- kragte^daagliks gevloei om vergoed in die Weste te verdwyn en selfs nadat in die laaste tyd versperringe wederregtelik aangebring is, het gedetermineerde soekers na vryheid op baie maniere deurgeglip. Oos-Duitsland het o.m. reeds 16,000 ingenieurs, 912 universiteits- professore en lektore, 16,500 onderwysers verloor. Onder die uitgewekenes is daar ook 'n groot aantal geneeshere en tandartse. Onlangs het die hoofchirurg van Leipsig se Universiteitshospitaal

in een van die vlugtelinge-kampe opgedaag. Byna 4,000 van die I960 se vlugtelinge was ingeskrewe lede van die "Demokrate-party, wat bewys hoe weinig bevrediging die kommunistiese hervormings- program aan sy ondersteuners verskaf.

* * * * * *Reaksie Gunstig

Toe die skrywer van hierdie artikel in die Volkmarstrasse- kamp, die grootste vlugtelinge-sentrum van Berlyn, aangekom het om daar 'n reeks dienste te hou, het hy etlike honderde nuwe aan- komelinge daar aangetref. Onder hierdie bekommerde mense wat wag om na 'n veilige woon- en werkplek vervoer te word, arbei evangeliste van die Oos-Europese Sending onvermoeid. Met hulle het die skrywer saamgewerk, Hierdie evangelisasiewerk word aan- gemoedig deur die administratiewe hoofde van die kampe en is 'n belangrike faktor in die rehabilitasie van die vlugtelinge. Die sendelinge het, behalwe die verkondiging van die evangelie, ook in die materiele nood voorsien deur klere uit te deel waarvan daar groot voorrade is, afkomstig’hoofsaaklik van Amerika en Brittanje. Vir die sielsorger was dit steeds 'n bemoediging om te sien hoe gretig die mense was om die evangelie aan te hoor. Sonder omhaal van woorde kon hy die Woord van God oopslaan en gelykenis of ver- haal lees en verduidelik. Die wat dan meer wou hoor is gevra om agter te bly en gewoonlik het byna almal bly sit. Die heils- boodskap is dan verder verduidelik, leesstof uitgedeel en die wat persoonlik raadgewing verlang, het agter gebly, terwyl die ander weggegaan het. ̂ En so het dit dag na dag gegaan. Die hart van hierdie evangelisasie-onderneming is Harald Engelhardt. 'n Span toegewyde werkers van verskillende nasionaliteite is hom behulp- saam. Hy het eerstehandse ondervinding hoe om gevare te trotseer en die grens tussen Oos en Wes oor te steek. ’ Polisiehonde, vuurwapens en steekdraad-versperrings het hom nog nie kon keer nie. Die werk hier, soos op baie ander plekke, word deur 6§n saak gestrem: gebrek aan arbeiders.

51. Aksie-Versoeningpie British .Veekly van 12 Oktober 1961 berig dat die Duitse

vrywillige beweging vir versoening en vrieridskap 'n groep jong ambagsmanne na Coventry, Engeland, gestuur het om te help met die herstelwerk aan die ou katedraal. Onlangs is Coventry-katedraal heeltemal herbou en weer in gebruik geneem, 20 jaar nadat dit deur die Duitse lugmag in puin gel£ is,

Aksie-Versoening (Aktion Ver‘flohnung)is 'n beweging van vrywilligers in Duitsland wat deur gereelde finansiele bydraes van jeuggroepe in kerke en skole gesteun word. Meer as 200 vrywilligers bestee teenswoordig ses maande of 'n <jaar van hul tyd aan herstelwerk in Noorwee, Griekeland, Holland, Israel en Frankryk. Hulle ontvang hul voedsel, verblyfkoste en sakgeld van Aksie-versoening en bied hul kennis en arbeid as vakmanne gratis aan. Hierdie simboliese daad van vriendskap in Coventry word deur die deken van die katedraal verwelkom wat hoop dat die herboude katedraal 'n ontmoetingsplek vir Christene uit alle wgrelddele sal wees.

* * * * * *

Kerkie/

Kerkie in Bourgondie'n Ander indrukwekkende onderneming van Aktion Versohnung

is die bou van 'n kerk in die dorp Taize in Bourgondie, Frankryk. Die Protestantse gemeenskap van Taize bestaan uit lede afkomstig uit verskillende Europese lande. Dit het gedurende die laaste w§reldoorlog ontstaan. Roger Schutz, 'n jong student van Lausanne het 'n aantal vriende in die kasteel van Taize versamel in die dae toe Frankryk deur die Duitse troepe beset was. Hul oogmerk was om vlugtelinge te help, saam te bid vir vrede en vir die vernuwing van die Christelike geloof in Europa. Vandag bestaan die ge­meenskap of leke-orde uit 4-5 lede en die nuwe kerk sal 'n teken wees van herstelde vriendskap tussen Duitsland en Frankryk. Dit word met voorafvervaardigde stukke, volgens die plan en onder toesig van Franse deskundiges, gebou maar alle arbeid word deur Duitse vakmanne kosteloos verrig en alle koste van materiaal en konstruksie word deur die Aktion Versohnung gedra.

Die versoeningsbeweging in Duitsland streef op hierdie praktiese manier daarna om ' n nuwe voorstelling te gee van wat Duitsland vandag waarlik wil wees veral in die werelddele wat slagoffers van Duitse militarisme geword het. Die nuwe Duitsland wil graag dien en nie heers nie.

32. Stygende Kerkbesoek in Oos-DuitslandBerig van Centraal Weekblad, 18 November 1961:Die bekende Protestantse biskop, dr. H. Lilje, het by

die opening van die "Landensynode" in Hannover verklaar dat die be- bevolking van die Oos-Sone van Duitsland as gevolg van die onderdrukking^ almeer sy toevlug by die kerk soek. Die biskop het die moeilikhede bespreek wat die eenheid van die kerk in Oos- en Ves-Duitsland bedreig na die gebeurtenisse van 13 Augustus.Die Oos-Duitse regime neem geen genoee meer met die gereserveerde houding van die kerk teenoor die staat nie, maar dring aan op voile samewerking. Dat die kerk veel belangstelling geniet kan afgelei word uit die grotere kerkbesoek en die uitgesproke .behoefte aan pastorale sorg. Die biskop het 'n beroep op die Sinode gedoen om liefde, ook deur middel van offervaardigheid, aan die Oos-Duitse geloofsgenote te betoon.

33. Splitsing van die Kerk in DuitslandDie politieke splitsing van Berlyn het as gevolg dat

twee aparte Sinodes van die Evangeliese kerk van Berlyn-Branden- burg gehou moes word, skryf die Ecumenical Press Service van 23 Maart 1962. Omtrent 150 lede van Oos-Berlyn en Brandenburg het in Veissensee vergader, terwyl aan die anderkant van die "muur" 85 lede van Wes-Berlyn in Spandau vergader het. Die verslag van die kerkbestuur wat by albei Sinodes voorgelees is, beklemtoon dat die twee seksies nog bymekaar behoort, maar voor- lopig noodgedwonge geskei Is.

In Ocs-Berlyn het die Sinode besluit dat ofskoon hy die reg van die staat erken om terwille van reg en vrede homself te verdedig, hy nogtans jong Christene sou steun wat omrede van beginsels nie vrymoedigheid het om in gewapende milit^re diens te gaan of die militgre eed in sy huidige vorm af te 1§ nie. Die kerkbestuur is versoek om vertoe tot die owerheid te rig dat diensweieraars toegelaat sal word om ander soorte diens te ver­rig.

In/

In sy verklaring aangaande die eed van trou wat aan die vlag moet afgel§ word deur soldate van die Oos-Duitse Republiek, het die Sinode ges§ dat Christene die eed aan die vlag mag afl§ slegs as hulle nie gedwing sou word nie om deel te neem aan die stryd vir 'n bepaalde maatskappy en 'n bepaalde ideologie. Christene kon nie die ideologie van die klassestryd as absolute waarheid aanvaar nie. ewemin mag hulle hul laat bind om vir die oorwinning van sosialisme te veg soos deur die offisiele publi- kasies van die party voorgestaan word, Christene kon hul nie sonder meer laat bind tot "onvoorwaardelike gehoorsaamheid" soos deur die eed vereis word tensy die inhoud van hierdie gehoorsaam­heid duidelik uiteengesit word.

In Wes-Berlyn is die Kerkbestuur gevra om alles in hul vermoe te doen om die lot van gedeelde families te versag sodat hulle vergunning sou kon kry om mekaar heen en weer te besoek.

* * * * * * * * * * * * * * *

UIT ENGELAND34. Anglikaanse Priesters in die Industrie

Woord en Dienst van 28 Oktober 1961 publiseer 'n verklaring van 'n aantal priesters en lidmate van die Anglikaanse Kerk wat, uit godsdienstige oorweginge, werknemers in die industrie geword het. Hulle wys op die diepgaande verwydering tussen kerk en arbeidersklas in Brittanje en op die nuwe metodes wat die kerk aanwend om die kloof te oorbrug. Hulle het tot die oortuiging gekom dat hulle geroep is om iets nuuts te onderneem en om in die arbeid self hulle met die arbeid ers te vereenselwig. Hulle spreek as 'n groep manne en vroue wat besluit het om met hul ge- sinne op di§ manier te gaan leef en hul brood te verdien ten einde meer deur sosiale eenwording met die arbeiders as deur spe- siale propaganda hulle te bereik en te bearbei. Hulle motiveer hierdie stap soos volg:

(a) Die verwydering tussen arbeiders en kerk mag nie maar net aan moderne sosiale veranderings toegeskryf word nie, maar is 00k ' n sonde van die kerk. Nuwe evangelisasie-metodes is geen af- doende antwoord op 'n sonde nie. Die juiste antwoord, glo hulle, is dat die kerk met meegevoel en nederigheid die arbeiderswSreld binnetree om die kerk daar van binne op te bou d.w.s. deur middel van Christene wat hul geroepe voel om self arbeiders te word.Dit kom hulle voor dat op hierdie eenvoudige menslike vlak dit makliker sal gaan om die arbeiders deur en deur te ken en hul vertroue te wen. Daarby kom nog dat ons geloof op die mens- wording gegrondves is, en hierdie menswording het bestaan in een­wording 00k op hierdie menslike vlak van die arbeid. Dit is nie genoeg dat die kerk vanuit sy veilige bolwerk spreek nie. In navolging van ons Meester moet ons kerkmense en kerkamptenare ons met die mens in sy ellende, vrees en nood vereenselwig.

(b) Elke apostolaat is die werk van die Heilige Gees. En daarom Is geslaagde evangelisasie nie in die eerste plek ' n saak van organisasie en beplanning nie, maar om Gods liefde aan mense met alle middele, deur woord en daad, oor te dra. Die eerste fase van evangelisasie is nie die van stryd en redenering nie, maar allereers die fase van die liefde. Hulle voel hulle verplig om hierdie liefde tot uiting te bring deur maatskaplik §§n met die arbeiders te word.

(c) Hul gevoelens stem ooreen met die van die apostel Paulus soos uitgedruk in 1 Kor. 9* Hy gee volmondig toe dat wie die evangelie verkondig reg het om van die evangelie te leef, maar hy voeg daaraan toe dat hy van hierdie reg geen gebruik maak nie en liewers die evangelie verniet wil verkondig om die liefde van Christus nog duideliker te demonstreer.

(d) Deur die eeue heen het Christene die roeping verneem en

gehoorsaam/

gehoorsaam om hulle die lot van die swakbedeeldes aan te trek deur op een vlak met hulle te gaan lewe. Ons tyd roep om hierdie "samelewing".

(e) Hul bedoeling is nie om die evangelie te vereenvoudig en so aan die eenvoudiges te bring nie. Dit allermins. Hulle het juis alles te leer. Nie die evangelie is onverstaanbaar vir die arbeiders nie, maar ons wat dit bring is onverstaanbaar. Ons bet kontak verloor. Ons weet nie hoe daardie mense dink en leef en hoe hulle op die vorme waarin ons die erediens gegiet het, reageer nie.

35• Evangelisasie in die Nap;Het u geweet dat 25 jaar gelede The London Embankment

Missions gestig is, wat die evangelie aan die wereldstad se daklose swerwers in die nag bring? Sen keer per maand, terwyl London slaap, gaan die werkers met hul kerk op wiele langs die strate na die Embankment, geliefde rusoord van hierdie ongelukkiges. Tee en beskuit.jies word gratis verskaf, persoonlike gesprekke gevoer en die evangelie verkondig.

UIT SPANJE

36. Vervolging van Protestantse Christene in Span.jeThe British Weekly van 28 Desember 1961 berig dat 'n Pro­

testantse soldaat, Jenaro Rodoro Prieto op 3 November in Melilla tot drie jaar gevangenisstraf veroordeel is, omdat hy nie by die hoogmisviering neergekniel het nie wat hy moes bywoon ondanks sy duidelike verklaring dat hy 'n Protestant is. 'n Milit§re hof het hom skuldig gevind en veroordeel op aanklag van insubordinasie, Twee Protestantse verloofde paartjies kon geen vergunning van die Roomse Kerk kry vir 'n burgerlike huwelik nie.

In-Pollensa op Majorca is 8 gelowiges verlede Oktober gearresteer en na die polisiekantoor geneem omdat hulle in een van hierdie groep se huise bymekaar gekom, die Bybel gelees en gesange gesing het. Vir dieselfde rede is ds. Luiz Poveda, predikant in Madrid, 'n uur lank onder arres gehou. Die leraar van die kerk in Ubeda, ds. Narcise N&nez, is met 5 >000 pesetas (2,000 pesetas is wat ' n arbeider per maand verdien) beboet omdat hy 'n^diens in 'n privaat woning in J&dar gehou het en die eienaar van die huis is met dieselfde bedrag beboet. 'n Sekere Joaquin Millan is met 500 pesetas in Quesa Vir dieselfde rede beboet.'n Verbod om dienste in privaat huise te hou is deur die owerheid op verskillende plekke uitgevaardig en dit ondanks die Spaanse wet t.o.v. menseregte wat s§: Niemand mag gehinder word in die belydenis of die private uitoefening van sy godsdienstige geloof nie. Aan die begin van 1961 was daar 22 kerke in Spanje wat deur die owerheid gesluit is, terwyl 3 kennis gekry het dat hulle in dieselfde jaar nog gesluit sou word. Vyf Protestantse kerke wat aansoek gedoen het om diens te hou kon geen vergunning kry nie,

Evangelie volgens Johannes verbode lektuurEcumenical Press Service van 16 Februarie 1962 berig dat

op ’n grensdorp La Junquera die owerheid beslag gele het op ' n voorraad Evangelies van Johannes onder voorwendsel dat dit smokkelware is. Die Evangelies was in 'n motor van 'n mnr, E.E.

Love/

Love, 'n Amerikaner wat vergesel was van 'n mnr. Reuben Gil, 'n Spanjaard. Laasgenoemde lei 'n Bybelkorrespondensie-kursus in Spanje en vvou hierdie 15,000 eksemplare van Johannes-evangelie vir die doel versprei.

Mnre. Love en Gil is aanges§ dat hulle vervolg sal word omdat hulle verbode lektuur wou insmokkel. V66r hierdie ge— beurtenis is die skrywer en drukker van twee evangeliese boeke gearresteer en veroordeel tot 'n maand gevangenisstraf omdat hulle skuldig ’vas aan 'n ''publicacion clandestina"' (geheime publikasie), dit beteken 1 n publikasie wat nie die toestemming van die Roomse Kerk verkry het nie.

„Ons moet optrek teen die Protestante"Ondanks toenemende druk van die kant van die owerheid neem

die getal Evangeliese gelowiges in Spanje, volgens The Ecumenical Press Service van 23 Februarie 1962, steeds toe sodat hulle vandag 242 plekke van_aanbidding het. A1 kom die bekeerlinge hoofsaak-" lik uit die kringe van die buite-kerklikes, tog beskou die Roomse Kerk hierdie bekeringswerk as inbreuk op sy regte. In 'n brief gepubliseer in Ecclesia, offisiele orgaan van die Roomse Kerk in Spanje^ se die biskop van Madrid: "Ondanks die ekumeniese beweging en die week van gebed vir die hereniging.van die Christen­dom, moet ons sonder verskoning optrek teen die Protestante, wan- neer hulle probeer om hul dwalinge en ketterye te versprei, want die ware ekumenisiteit is tog maar terugkeer tot Rome." Na hierdie uitspraak is inderdaad teen die Protestante opgetree en 27 van die grootste Protestantse kerke deur die polisie sonder opgawe van redes gesluit.

57• Spaanse Rooms-Katolieke studente kritiseer hul Kerk'n Skrywer in Frontier van Somer 1961 bring die feit na

vore dat studente in Spanje hul universiteite verlaat as geharde sceptici, hoewel hul akademiese onderrig ontvang het van professore wat almal lede is van een of ander Roomse kloosterorde. Die streng godsdienstige en letterkundige sensuur, wat in die univer­siteite toegepas word, belet studente om aan hul vrae en vertwy— felinge lug te gee maar sodra hulle die kans kry dan word hieraan uiting gegee. 'n Bekende denker en skrywer, Luis de Aranguren het in die tydskrif ABC van Madrid verklaar dat dit onwettig en skadelik is om geloof en nie wetenskaplike bekwaamheid nie~deur- slag te laat gee by die keuse van leerkragte vir die universiteite, 'n Jesuiet, Vader Guerrero het daarop geantwoord dat ooreenkomstig die konkordaat tussen Spanje en die Vatikaan geen non-Katolieke professor 'n leerstoel in die universiteite mag beklee nie.Hierdie uitspraak het 'n beroering in die universiteite veroorsaak en 'n artikel die lig laat sien wat alle sensuur ten spyt Pater Guerrero se verklaring aanval. Die Barcelona^dagblad El Cozzeo Catalan het die uitslag van 'n ondersoek onder studente in ver- skillende universiteite gehou. Die Roomse Kerk word deur 79% van die studente wat ondervra is, beskuldig van onversetlikheid en onverdraagsaamheid, terwyl 74% beweer dat die Rooms Katolisisme 'n farisese lewenshouding aarrmoedig. Die' Roomse Kerk het hierdie studente ongelowig en skepties gemaak veral deur sy inmenging in die lewe van die universiteite.

UIT LATYNS-AMERIKA /

UIT LATINS-AMERIKA

38. Kuba in PerspektiefJohn A. Mackay, voorheen hoof van Princeton Teologiese

Seminarie, skryf in Presbyterian Life oor wat werklik in Kuba gaande is. Hy ken die eiland en het van 1929 kontak met Kuba en die Kubane behou.

Hy sien Kuba teen die agtergrond van die hele Latyns-Amerika, Revolusies in hierdie werelddeel is nie ongewoon nie. 'n Regeringskliek word omvergewerp en maak plek vir 'n ander kliek.Dit is die gewone patroon van revolusies. In Kuba het ons met iets anders te doen: met 'n sosiale omwenteling wat uit die diepte van die volkswil ontstaan. In Kuba, soos elders in Suid-Amerika, is daar 'n skerp teenstelling tussen die klein groep besitters en die groot massa armoediges en analfabete. Castro het eintlik die volkswil tot hervorming van ondraaglike euwels verteenwoordig.

* * * * * *

Die RewolusieDie Rooms-Katolieke Kerk was teen die revolusie en ten

gunste van die behoud van die status quo. Die Kubaanse Pro- testante, wat 200,000 sterk is en veel bygedra het tot verbetering van maatskaplike toestande, was oor die algemeen ten gunste van die revolusie van Januarie 1959 tot April 1961. Wat daarna ge- beur het is moeilik om vas te stel omdat verbindinge tussen Kuba en die V.3.A. verbreek is. In November I960 egter het die Ku­baanse Raad van Kerke hom soos volg oor die gebeurtenisse uitge- spreek: "Na die uitspraak dat alle mense broeders is, wat ook al hul ras, nasionaliteit, maatskaplike en politieke status mag wees, keer die raad hom sowel teen kapitalisme as kommunisme. Kapita- lisme word aangevuur hoofsaaklik deur 'n obsessie om winste te maak en word gekenmerk, wat Kuba betref, deur 'n onregverdige verdeling van rykdom, sodat daar 'n buitensporige opeenhoping van rykdom is in teenstelling met afgryslike armoede. Ewe beslis word Marxisme van die hand gewys as die grofste uitdrukking van die sekularisme wat probeer om die lewe sonder God te organiseer asof God nie bestaan nie. Sonder om die minste toegewing aan kommunisme te doen, wil die Raad tog erken dat kommunisme deur 'n ywer aangedryf word om maatskaplike geregtigheid en 'n beter w6reldtoestand te skep. Die Raad erken boetvaardig dat die ontstaan van kommunisme in die wereld 'n oordeel van God teen sy kerk inhou wat nie altyd sy maatskaplike roeping vervul het nie. Die kerk behoort kommuniste met liefde te be.jeen in die wete dat God die wereld lief het en dat Ghristus ook vir kommuniste gesterf het." Hierdie Kubaanse Protestante verklaar dat hul doelstelling 'n Christelik sosiale orde is. Hulle beklemtoon die onskendbaarheid van die menslike persoonlikheid, die noodsaaklikheid van regering deur die volk, en die ware demokrasie. Die verklaring van die Raad eindig met 'n oproep aan Kubaanse Protestante om hul "apostoliese roeping" getrou te wees op hierdie wonderlike keerpunt van die land se geskiedenis en om hulle in diens van God te stel sodat Sy heilsraad uitgevoer kan word. Nie lank na hierdie dokument die lig gesien het nie, is die verkeer tussen Kuba en die V.S.A. almeer afgesny. Die V.S.A. het diplomatieke betrek- kinge met Kuba verbreek, ekonomiese sanksies toegepas en geweier om die oor te leen aan die aanbod vir onderhandeling van die kant van Kuba, en om alles te kroon het die V.S.A. onoffisieel steun verleen aan 'n inval en opstand van Kuba.

* * * * * *V.S.A. en Fidel Castro

John Mackay gaan voort om te beslcrywe hoe die V.S.A. Fidel Castro feitlik in die arms van Kommunisme gedryf het. Castro

is/

is volbloed Spanjaard en as sulks uiters eergevoelig. "Laat my sterf, maar laat my eer lewe" is sy leuse. Die V.S.A. het uit sy pad gegaan om hom te verkleineer, veral omdat sy pogings om snelle hervormings tot stand te bring gevestigde ekonomiese belange, sowel van Amerikaners as Kubane, be&reig het. Die optree van die V.S.A. het die eergevoel van Castro diep gewond.Dit is bekend hoe hy tot buitensporighede verval het en die V.S.A. weerwraak geneem het en dit het gelei tot die teenswoordige dooie punt. Mackay eindig met 'n waarskuwing aan die adres van Amerika teen morele selfgenoegsaamheid. Amerika is trots op sy posisie van leierskap in die stryd vir vryheid in 'n vrye v/erelc.- Maar waarin bestaan vryheid? Sonder waaragtige onderhorigheid aan die Here God is dit 'n droom. "Let us look at Cuba and ourselves and Castro and the world in the perspective of the Eternal God„"

Die Kerk in KubaCentraal Weekblad van 18 November 1961 rapporteer dat daar

op die eiland teenswoordig byna onbegrensde moontlikhede vir die verkondiging van die evangelie bestaan. Aan belangstelling onc- breek dit nie. Die Frotestantse Kerk het in 1961 veel sterker as in die vorige jaar gegroei. Al die sendingarbeiders is cgter besorg oor die maatreels wat die staat neem om die opvoeding en onderwys volkome in sy mag te kry, oor die leeroefening op Sondae wat groot getalle jongmense van die kerk wegtrek en oor die toe- nemende inbreuk van regeringswee op die persoonlike vryhede van die bevolking.

39• Word Brasilie Protestants?«*, . " _ ̂ ■ £ ,De Kruisbanier van 14 Oktober 1961 haal die volgende aan

uit 'n artikel van Monsenhor Angelo Rossi, sekretaris van .dio Rooms-Katolieke Aksie in Brasilie.

Hy begin met die opmerking dat die leiers van die Protes- tantisme nie aarsel om te beweer nie dat Brasilie die lane1 van. die toekoms vir die Protestantisme is. Hierdie verwagtirg is gebaseer op die feit dat Brasilie die Suid-Amerikaanse land is waar die Protestantisme die meeste groei geopenbaar het, Mon­senhor Rossi bereken dat 5 mil,joen Brasiliane direk of indirek onder invloed van die Protestantisme staan. Hy wyt hierdie vccr- uitgang van die Protestantisme gedurende die laaste 20 jaar aan die volledige godsdienstige vryheid wat in Brasilie bestaan, die diepe onkunde i.v.m. godsdiens onder die volk, die gebrek, tot onlangs, van behoorlike planne vir Rooms-Katolieke aktiwiteite, die uiters geringe aantal priesters (Brasilie het slegs 1C.% van die aantal wat hy nodig het), die prysgawe van die plattelrnds- bevolking (70% van die tot ale bevolking) deur die Rooirse Kerk en die bekeringsywer van die Protestante. Hy wys verder daarop dat die sluiting van die deure van kommunistiese China vir die sending die allerbeste Amerikaanse sendelinge beskikbaar gemaak het vir Suid-Amerika en in sonderheid vir Brasilie. Hy voor- sien daarom in die naaste toekoms 'n sterke Protestantse voor- uitgang as die Rooms-Katolieke Kerk nie met 'n baie kragtige akeie vir die bewaring van hul geloof begin nie.

* * * * * *

Die BybelgenootskappeHy wys verder op die groot aktiwiteit van die Bybel-

genootskappe. In 1953 is deur die Bybelgenootskap van Brasilia nie minder as 600,000 Bybels en Skrifgedeeltes versprei nie- En hoewel 90% van die koste hiervoor deur die buiteland gedra is begin die Brasiliaanse Protestante nou on saam met die Bybel­

genootskap/

genootskap te werk en 30,000 dra gereeld hiervoor by,* * * * * *

Die SendingDie Brasiliaanse Protestante is ook aktief besig op die .

terrein van die sending en stuur reeds sendelinge na Portugal. Bolivia en Paraguay.

Die skool is 'n ander belangrike evargelisasiemiddel„ Die Protestantse skole word deur 57,000 leerlinge besoek, Daarvan is 37?000 in die middelbaar onderwys en deur hulle sal uiteindelik600,000 kinders bereik word. Uitstekende tydskrifte is beskik- baar. Die Roomse, s§ Monsenhor Rossi, kan veel van die evange- liese Christene leer wat betref kerkbesoek, gereelde bydraes en toewyding. Baie gee 'n tiende van hul inkomste* Die Protestante in Brasilie sit nie stil nie, maar werk ywerig vir hul geloof.

40. Geregtigheid in BrasilieDie Evangeliese Konfederasie in Brasilie het sy stem laat

hoor i.v.m. reg en geregtigheid vir almal in die maatskappy op die gebied van die nywerheid. opvoeding en ekonomie.

Die Konfederasie s<§ dat nog nooit het 'n jaar begin met meer tekens van onrus vir Brasilie as 1962 nie. "Dit is die eerste plig van die regering om reg te grondves, mratskaplike orde te handhaaf en die volk se fundamentele regte van burgerlike, godsdienstige en meningsvryheid te beskerm,

"Ons grootste behoefte is reg en orde, Ons hoef nie omwentelinge wat elders plaasgevind het na te boots nie. Ons het !n revolusie baie nodig, maar sonder enige geweld: 'a revolusie wat die dood as gevolg van ondervoeding en die docd van nuutgebcre kindertjies sal voorkom en wat mense sal weerhou om die land van hul geboorte te vervloek."

41. Kommunisme 'n wesenlike gevaar in Latyns-\merlkaEcumenical Press Service van 11 Mei 1962 haal 'n

Metodistiese biskop van Argentinie, Bolivia en Uruguay aan wat beweer het dat miljoene mense in Suid-Amerika behooftig en ou~ geletterd is en uit pure moedeloosheid die Kommunisme mag omhel.tc Hulle sou met reg kon s§ dat demokrasie hul nie veel gesketik het nie en dat Kommunisme meer belowend lyk. "Jns moenie net Christelike dogma verkondig nie, maar daadwerkiike menseliefde en hulpverlening betoon", het hy ges§,

Latyns-Amerika is die vasteland van die toekoms met 'n bevolking wat binne veertig jaar die 600 miljoon kerf sal bexsik. Hy het ook beweer dat nie na die Amerikaanse sakeman nie, maar na die Amerikaanse sendeling in Latyns-Amerika opgesien wori-

UIT A.SIe/. . . ..

UIT ASIe

^2• Die Kerk in Indie

Hervormd Nederland van 11 November 1961 gee, met die oog op die ekumeniese kongres in Nieu-Delhi, 'n oorsig oor die ontstaan en betekenis van rie Christelike kerk in Indie.

In die Weste neem die Christelike godsdiens nog steeds indien nie 'n oorwegende nie dan tog 'n belangrike posisie in.In die dig bevolkte Ooste maak die Christene 'n klein groepie uit. Die' naam van Kreshna of Boeddha of Mohammed of Confucius is daar in ere, maar nie die naam van Jesus Christus nie.

Wanneer oor die kerk van Indie gespreek word, moet- onthou word dat dit gaan oor 'n groep Christene wat nog geen 2% van die bevolking^ui.tmaak nie. Daar is maar 7 miljoen in 'n bevolking van 44-0 miljoen en dan is hulle' nog in verskillende kerke verdeel. Die helfte is.Rooms. Die ander,in die verlede, was onder 'n groot aantal kerke verdeel, maar hierin het reeds verandering gekom.

Hoewel so weinig in getal, het die Indiese Christene sowel vir die kerk as geheel as vir Indie heelwat betekenis.

Dit is foutief om die kerke van Indie as jong kerke sonder meer te tipeer. Immers die It miljoen Christene in Kerala, lei hul kerk tereg of ten onregte terug tot die prediking van die apostel^Thomas. Wat wel vasstaan is dat daar reeds-in die vierde eeu Christene was. ■'n Belangrike deel van hierdie ou kerk het tot die Roomse Kerk oorgegaan, maar nog tel die Mar Thomas Kerk, wat die Siriese patriarg van Antiochie as sy hoof beskou, meer as 'n halfmiljoen siele.

* * * * * *Ontstaan van die Sending

_In die 16e eeu het Franciscus Xaverius en Robert de Nobili in Indie gearbei. Die laaste. al het die Roomse Kerk hom ver­oordeel, was 'n uitmuntende sendeling wat daarna gestreef het om. die Christendom 'n Indiese vorm te gee.

3edert 1705 kom die Protestantse sendelinge, Bartholomeus Ziegenbalg, C.F. Schwartz, William Carey en Henry Martyn op die toneel. Vroeg in die 19de eeu begin die voortreflike werk van die Skotse sendelinge wat hulle veral op die stigting van skole vir middelbaar en hoer onderwys toel£. Die grondlegger van hier-- die werk is Alexander Duff. In hierdie verband is ook die name van mej . Cooke, mej. Sarah Chakko, meti. Renoelia Moekerji en dr..Ida Scudder bekend. Hierdie en nog ander opvoeders het 'n skep- pende werk in Indie verrig, waarvan die invloed ver buite die kringe van die Christelike gemeenskap gestrek het.

In verband met die verspreiding van die evangelie in heel Indie en selfs oor sy grense mag die naam van Sahdoe Soendar Singh, wat in 1929.spoorloos verdwyn.het, nie verswyg word nie. Hy het nie slegs Indie nie, maar ook die ?/este bei'ndruk met sy prediking en persoon wat van die vrede Gods wat alle verstand te bowe gaan getuig het.

* * * * * *

Die Ashram /

Die AshramHet die Christene van Indie ons lets besonders te leer?

Hierop word met twee woorde geantwoord. Die een is Ashram.Daarmee word aangedui 'n klein groep mense wat saam werk, saam "bid, saam dien. Soms bestaan dit net uit mans, soms uit mans en vroue wat in uiters sobere omstandighede in gemeenskap van goedere leef. Indie ken van oeroue tye af so 'n gemeenskap wat onder leiding van 'n Goeroe in die eensaamheid die vereenselwiging met die Godheid soek. Die Christelike Ashram egter wil onder die Goeroe Jesus Christus as 'n hegte gemeenskap die naaste dien.Soms bestaan die diens in mediese versorging, soms in barmhartig- heidswerk, soms in evangelisasie. Dan weer is dit 'n opleiding- sentrum. Meestal word die verskillende vorme gekombineer, Die ashramgemeenskap wil op eg Indiese wyse die evangelie aan Indie vertolk. * * * * * *

EenheidDie tweede woord is eenheid. Dit is in Indie meer daad

as woord. Saam met die seen van sendingarbeid is ongelukkig ook die verdeeldheid van die kerke van die Weste op Indie oorgeplant* Ons, in die Weste, betreur die verdeeldheid, maar doen min vir die eenheid. In Indie is dit anders. Hier het die Indiese Christene begryp dat die evangelie weinig indruk sou maak as dit deur verdeelde^groepe verkondig word. Daarom het dit dan ook in Suid-Indie gebeur dat kerke met episkopale struktuur verenig het en saam werk met kerke.wat nooit 'n biskop geken het nie. Wat in die Weste onmoontlik lyk het hier tot stand gekom. Die Verenigde kerk van Indie bestaan reeds meer as 14 jaar. In Noord-Indie word nog onderhandel oor die vereniging van die kerke wat waarskynlik in 1963 werklikheid sal word.

Oorgawe aan Christus ten dienste van die naaste en die drang na christelike eenheid is twee kosbare dinge wat die kerk van Indie aan ons van die Weste kan leer*

43• Die Regering van Indie en die ChristeneUit Bhopal word berig dat 'n wetsontwerp om die werk van

sendelinge onder die wilde, primitiewe stamme aan bande te 1& teen sterk weerstand in die Madhya Prodesh- (volksvergadering) gestuit het. Terwyl konserwatiewe Hindoes die wetsontwerp ge- steun het,'was dit tjuis lede van die eerste minister Nehru se Congress Party wat dit beveg het. Vroeer vanjaar het wetgewing, om die bekering van ongeletterde Indiers te verbied, ook in die volksvergadering skipbreuk gely. In April het die eerste minister aan Madhya Pradesh-Hindoes gese dat Christene ewe goeie Indiers is en dieselfde voorregte as ander moet geniet. Hy het die anti- Christelike gees in Madhya Pradesh betreur.

44. Die getal Christene in IndieDie jongste volkstelling in Indie (van 1961) gee die

volgende inligting aangaande die situasie van die Protestante:Die .staat Bihar het tans 46,500,000 inwoners, waarvan ongeveer50,000 Protestante is.

Wes-Bengale het 35^000,000 inwoners met 400,000 Protestante. Assam het 12,000,000 inwoners met 1,000,000 Protestante. Kerala in Suid-Indi'd het 17i000,000 inwoners met 1,500,000 Protestante.In die hele Indie is die Protestante ongeveer 6,500,000 en die Rooms-Katolieke tel min of meer dieselfde - waarskynlik meer.Uit 'n bevolking van 438 miljoen is daar tussen 12 en 13 miljoen Christene.

45. Die/

4-5• Die Verenigde Kerk van Japan as SendingkerkProtestantse kerke het van ongeveer die middel van die

vorige eeu hul werk in Japan begin, skryf die Nuusbrief van die Presbiteriaanse Alliansie van November 1961.

Toe die eerste Protestantse gemeente in 1872 georganiseer is, is dit baie duidelik gestel dat hierdie kerk nie aan ben Westerse denominasie sou behoort nie. Dit was pionier-sendelinge en Japanse leiers daarom te doen dat 'n Christelike getuienis tot die Japanse volk sou uitgaan wat nie die skeuringe en konflikte van die Westerse Protestantisme sou bestendig nie. Reeds in 1889 is 'n pcging aangewend om die Presbiteriaanse sending met die van die Amerikaanse Kongregasionaliste saam te smelt. Die plan het egter misluk hoofsaaklik weens slegte verkeer .in die dae tussen Oos- en Wes-Japan. Gedurende die twintiger en dertiger jare van die 2uste eeu het die belangstelling vir kerkvereniging herleef. 'n Organisasie van Japanse kerklidmate, die ontstaan van die United Church of Canada en die Madras-konferensie van 1938 het hierdie drang gestimuleer en gevoed. 'n Vereniging op klein skaal het dan ook inderdaad tot stand gekom tussen gemeentes wat hulle ontstaan te danke gehad het aan die sendingwerk van Amerikaanse Presbiteriane, die Gereformeerde Kerke in Amerika en die Kerk van Skotland. Hulle het §en Kerk van Christus in Japan geword. * * * * * *

VereniRing van Protestante

Vereniging op groter skaal het in 1941 plaasgevind toe as gevolg van regeringsdruk vervat in die Godsdienstige Organisasies- wet alle Protestantse groepe in die land verenig is. In die jare onmiddellik na Wereldoorlog II het verskeie denominasies, as ge­volg van na-oorlogse toestande, hul egter weer onttrek, terwyl di§ groepe wat vo6r die oorlog in eenheid gebid en gewerk het bymekaar bly staan het. Hulle is teenswoordig die Verenigde Kerk van Christus in Japan (Nikon Kiristo Kyodan) en hulle word ook inderdaad almeer in gees en goeping §en. Hierdie Verenigde Kerk het sy ontstaan te danke aan die sendingarbeid van Amerikaanse Metodiste, Presbiteriane, Kongregasionaliste, die Gereformeerde Kerk van Amerika, die Verenigde Broedergemeente, Dissipels van Christus en die Verenigde Kerk van Kanada. Volgens statistieke van 1959 is daar 180,500 lidmate van die Verenigde Kerk van Christus in Japan d.w.s. byna die helfte van die hele Protestantse bevolking van Japan. 1,584 Kerke en preekposte is oo.r die lengte en breedte van die land versprei. Die kerk word bedien deur 2,287 inheemse leraars en 392 sendelinge en "leke"-arbeiders uit die Veste. Daar is ses teologiese koll?ges en onderwys-sentra vir die opleiding van predikante. Van 70 tot 80 jongmense studeer .jaarliks af om dan as herders en leraars geplaas te word. Drie kweekskole word deur die Japanse Departement van Onderwys erken en is gemagtig om die doktorsgraad in teologie uit te reik. Sen kweekplek 1§ hom toe op die afrigting van manlike en vroulike werkkragte bepaald vir die platteland en gee vir di§ doel onderrig ook in moderne landbou. In 'n land waar geleerdheid en tegniese opleiding so sterk beklemtoon word neem die Christelike inrig- tings vir hoer onderwys 'n belangrike plek in deur hul gehalte van werk en die gees wat hul by hul studente aankweek. Hulle lewer dan ook 'n ontmoetingsplek vir Christene met nie-Christene en oefen op di§ manier invloed op die hele volk uit. Die kerk is verantwoordelik vir die Instituut vir die studie van sending waaraan lidmate, predikante en teologiese professore behoort. Studiegroepe van hierdie inrigting hou hul besig met maatskaplike vraagstukke en hedendaagse internasionale probleme. B.v. dievoorgestelde hersiening van die Wedersydse Beskermings-ooreenkoms tussen Japan en die V.S.A. verlede jaar het gisting en veel stryd veroorsaak. 'n Komitee van di6 inrigting het 'n verslag van 51 bladsye oor die kwessie gepubliseer insluitende 'n ontleding van die situasie deur vyf wetenskaplikes en dit is vir studie by die hele kerk aanbeveel.

* * * * * * Maatskaplike/....

Maatskaplike AksieOp die terrein van die maatskaplike lewe word die ge-

meentes geleer om di§ hulp te verleen wat tegelyk ook 'n getuienis van hul geloof is. 'n Boekie vir di§ doel opgestel: "Die Chris­ten se gids vir Maatskaplike Aksie" word versprei en veel gebruik. Die Verenigde Kerk het 'n spesiale program van aksie vir die industriele arbeiders. Daar is 'n maandblad wat spesifiek vir hulle uitgegee word, terwyl 'n groep Jong predikante in skeeps- werwe en ander industriele ondernemings tydelik werk om hul te bekwaam vir hul evangelisasiewerk op hierdie terrein.

n Ander skema waarvolgens gewerk word is die Pionier- evangelisasieplan. Fondse afkomstig van kerke uit die vreemde word gebruk om predikante van die Verenigde Kerk te stuur na 'n gemeenskap wat van- die evangelie niks weet nie. Die onderhoud aan hierdie sendelinge verstrek verminder namate hul gemeentes opbou wat almeer selfonderhoudend word. 'n Beweging is ook op tou gesit om die platteland te bereik. Vir die doel is hier en daar plattelandse kerksentra opgerig. Die werk in afgelee dele veral in die woonhuise van die landbouers het die ontstaan van verspreide huiskerke as gevolg gehad. Boere-evangelisasie-skcle hied kursusse aan in Bybelstudie maar ook in moderne landbcu- tegniek.

Die Kerk is ' n klein minderheid in 1 n groot ongekerstende bevolking en ons kan en mag nie vergeet nie dat dit 'n sendende kerk is. "Ons onthou", s§ die skrywer, "dat 'n eeu gelede die evangelie na ons van oorsee gekom het. In hierdie tweede eeu van ons bestaan dring ons doelbewus vorentoe om ons roeping as sendende kerk te vervul en die evangelie te dra na dife wat Christus nie ken nie, in die besef dat ons deel uitmaak van die kerk as geheel wat streef om dieselfde roeping te vervul".

46• Die Jeug en die Svangelia-bedienins in AsieEcumenical Press Service van 25 Mei 1962 vertel dat kerk-

leiers in Asie besorg voel omdat te weinig jongmense hul aanbied vir die diens van die Woord. Wat sal die uitwerking hiervan op die kerke van Asie wees? Tensy die huidige geslag Christelike jongmense "Christus se bevel om die evangelie effektief, duidelik en kragtig aan hul tydgenote te verkondig, gehoorsaam, sal die kerk in Asie sy bestaansreg verloor." En tog is die uitsig nie heeltemal donker nie. Want die jeugkampe deur ekumeniese jeug- rade georganiseer vind byval en word so goed deur jongmense ondersteun dat hulle haas selfonderhoudend is. Behalwe die georganiseerde arbeid deur hierdie kampe verrig, word veel tyd afgestaan vir bespreking van geloofs-, kerklike en maatskaplike sake.

UIT DIE V.S.A.

47• Die Kerk in Afrika, Asie en Latyns-AmerikaWat doen die kerk in Afrika, Asie en Latyns-Amerika, vra

Presbyterian Life van 15 Oktober 1961.Afrika: In Afrika, waar 'n dinamiese drang tot onafhank-

likheid die hele vasteland in beweging bring, het die Christelike kerk veel gedoen om die besef van menslike en maatskaplike regte te laat posvat. Die kerk kan ook veel doenom rigting aan die toekoms te gee. By 'n onlangse konferensie van nasionale leiers van Afrika was die helfte Christene. Meer as 55% van al

die/

die_skoolgaande oongmense op die vasteland van Afrika is in Christelike skole. Vir die United Presbyterian Church van die V.S.A. het 'n nuwe deur oopgegaan toe hy die uitnodiging van keiser^Haile Selassie aanvaar het om Christelike werkers na Wes- Etiopie te stuur waar nagenoeg 3 miljoen primitiewe mense woon.Hier sal die kerk o.m. die hele gesondheidsdiens van die gebied organiseer en moontlik Koptiese priesters oplei om hulle eie mense as sendelinge te bearbei. In die Kameroen waar dieselfde Presbi­teriaanse Kerk reeds 'n halfeeu werk en hom ten doel stel om leiers te kweek, is 'n derde van die lede van die Nasionale Ver- gadering Protestante, hoewe1 slegs 20% van die bevolking Protes­tants is.

John Kareffa-Smart, die minister vir buitelandse sake van Sierra Leone, het op die 173e Algemene Sinode van die Verenigde Presbiteriaanse Kerk soos volg getuig: "Manne en vroue van Afrika is in die verlede gered en word nog steeds gered* Ons voorouers het geweet wat dit beteken om 'n familielid terug te koop wat tydelik tot slawerny verval het. Net so weet elke persoon in Afrika, wat Christen geword het,. wat dit is om te kan getuig dat dy opgesoek is en gerehabiliteer is in die naam van Jesus nadat •<jy in angs vir geeste en owerhede en kragte geleef het ..."

Asie: Asie is die w§relddeel wat van Wes-Pakistan tot Nieu-Seeland strek en meer as 65% van die hele mens like geslag bevat. Teenswoordig is dit 1,500 miljoen mense - 'n getal wat, volgens berekening, in die volgende 40 jaar verdubbel sal word.Die bevolking net van Indie en China sal teen dan uit meer mense bestaan as die hele wgreldbevolking van 1940. Indie sal in 1965 tagtig miljoen mense meer h§ as in I960. Tokio sal, as die bevolkings-vermeerdering in dieselfde tempo voortgaan, oor 26 miljoen inwoners in 1975 beskik, Asie, waar tans drie van die vyf grootste stede van die w§reld 1§, sal dan oor die vyf grootste stede beskik. As in gedagte gehou word dat elkeen van hierdie miljoene 'n persoon is vir wie Christus gesterf het en dat hy gevaar loop om verlore te gaan, dan besef mens hoe fenomenaal die' taak van die kerk in Asie is.

Ongeveer 2% van die mense in Asie is in naam Christen, maar baie van hulle is nog ongeletterd en lewe in armoede en ellende.

Wat.egter bemoedig, is die feit dat daar geen deel van Asie is, waar die kerk nie wortel geskiet het nie. Op baie plekke soos Nepal en Afghanistan het die kerk maar net op klein skaal begin maar daarenteen is d.aar lande soos Indonesie waar meer as 4 miljoen Christene is, Korea waar daar It miljoeh is en Indie waar daar 8 miljoen is. In Thailand is die kerk, afgesien van die regering en Boeddhisme wat die offisiele godsdiens is, die magtigste positiewe invloed in die staat.

’ n Objektiewe waarnemer het hom as volg oor die werk van die kerk in die werelddele uitgespreek: "Die evangelie het nie slegs bekerings teweeggebring nie. Met die evangelie het ook gekom: inrigtinge vir opvoeding en genesing, spanne werkers wat hul aan die opheffing van die behoeftigste wy en 'n gees van herlewing en versoening. 'n Lys van die regstreekse en onreg- streekse gevolge van die sending is indrukwekkend selfs as bedink word dat die evangelie deur sondige mense uitgedra word en dat al die goeie dinge wat hulle verrig so dikwels gepaard gaan met eiesinnigheid, bekrompenheid, selfsug en geveinsdheid."

Indie bied 'n treffende voorbeeld van die sendingarbeid deur die Verenigde Presbiteriaanse Kerk van die V.S.A. in die Verre Ooste verrig. Daar is 133 sending-arbeiders (fraternal workers) wat 3 inheemse kerke bedien. Die kerk in Amerika dra 452,000 dollar vir hierdie arbeid by, maar hierdie som word meer as verdubbel deur die Indiese regering met sy toekennings vir skole, hospitale en salarisse en deur gereelde bydraes van die inheemse gelowiges. Al te saam dien 1,500 mans en vroue op die

personeel/. . . ...

personeel van kerke en kerklike ondernemings. Dit is 'n grootse voorbeeld van innige samewerking tussen die Presbiteriaanse kerke van Indie en van Amerika.

Latyns-Arnerika: Nou dat Latyns-imerika al meer die aandag van die wereld trek, is dit gebiedend noodsaaklik vir die Protes­tantse Kerke om te besef wat sy geleenthede en taak in hierdie enorme kultuur-gebied is. Dit is nie teestand wat ons werk daar dwarsboom nie maar gebrek aan die nodige fondse. Langsamerhand kom hierin egter verbetering.

Terwyl die spanning tussen die V.S.A. en Kuba toeneem, gaan die werk van die Here voort. Die Presbiteriaanse Kerk is stewig in Kuba gevestig en die prediking, pastorale en evangelisasiewerk word behartig deur 'n bende inheemse leraars wat, hoewel hulle volkome selfstandig werk, tog die gemeenskap met die moederkerk in die V.S.A. in stand hou.

Brasilie is die tuiste van een van die mees lewenskragtige Presbiteriaanse kerke in die w§reld. Die getal lidmate neem snel toe.^ Die sg. Co-operative Andean Indian Mission arbei in Bquador, het daar goed wortel geskiet en neem gestadig toe namate nuwe sending-arbeiders arriveer om nuwe poste te beset. Die Svangeliese Kerk in Guatamala toon ook 'n kragtige groei. In Guatamala-stad met sy bevolking van 400,000 is daar 80 goed ge-organiseerde evangeliese kerke, 10 waarvan Presbiteriaans is. Dit word bereken dat 5% van die land se inwoners Protestants is.

* * * * * * * * * * * * * *

DIB PRESBITERIAANSE ALLIANSIE ̂ •• .--•wy.c- * • •. - ■

4-3* Die Alliansie hou vergadering in ZurichLife and Work skryf in sy uitgawe van Oktober 1961 oor die

ilgemene Vergadering van die. Presbiteriaanse Alliansie van Europe in Zurich gedurende Augustus 1961 soos volg:

Dr. Hromadka aan die Woord: Alle mense is God se mense - Oos sowel as Wes, nie-blank sowel as blank, anti-Christelik sowel as Christelik. Die "Israel van God", die kerk, God se werktuie en boodskappers, is hulle wat dit besef en uitlewe. Die kommunis behoort ook aan God, maar hy is 'n verlore skaap sonder Christus en moet deur die volgelinge van Christus getrou gesoek en gevind word. Ons het die antwoordop die lewensvrae maar ons verloor dit sodra ons hoogmoedig of selftevrede word. Ons moet alles vir almal wees in die sin waarin Paulus hierdie uit- drukking gebruik het, in die geloof dat dit Gods wil is dat almal behou word (2 Petrus 3:9). Ons moet gaan daar waar ons mense gevange sien in die strikke van sonde en satan en hulle help om bevry te raak en nie te twyfel aan Gods almag en uiteindelike oorwinning nie. Ons moenie op ons waardigheid gesteld wees nie, ons moenie omgee as ons onder voete getree en met modder bespat word nie.^ Ons moet, wat dit ookal kos, in die werklike omstandig- hede ons begewe waar mense lewe, sondig, twyfel en beraadslaag.En daar moet ons die liefde van Christus vertoon - gewillig om, indien nodig, verag en verwerp te word, om die "uitvaagsel van die w§reld", sonder aansien te word, getrou tot die dood toe.

In hierdie trant het dr. Hromadka die vergadering toegespreek.

Sesuur elke m6re lui alle kerkklokke van Zurich omdat meer as 400 jaar gelede Zwingli oortuig was dat die Christelike geloof leiding vir elke dag se besigheid moes gee en almal vroeg moes

opstaan/

Collection Number: AD1715

SOUTH AFRICAN INSTITUTE OF RACE RELATIONS (SAIRR), 1892-1974

PUBLISHER: Collection Funder:- Atlantic Philanthropies Foundation

Publisher:- Historical Papers Research Archive

Location:- Johannesburg

©2013

LEGAL NOTICES:

Copyright Notice: All materials on the Historical Papers website are protected by South African copyright law and may not be reproduced, distributed, transmitted, displayed, or otherwise published in any format, without the prior written permission of the copyright owner.

Disclaimer and Terms of Use: Provided that you maintain all copyright and other notices contained therein, you may download material (one machine readable copy and one print copy per page) for your personal and/or educational non-commercial use only.

People using these records relating to the archives of Historical Papers, The Library, University of the Witwatersrand, Johannesburg, are reminded that such records sometimes contain material which is uncorroborated, inaccurate, distorted or untrue. While these digital records are true facsimiles of paper documents and the information contained herein is obtained from sources believed to be accurate and reliable, Historical Papers, University of the Witwatersrand has not independently verified their content. Consequently, the University is not responsible for any errors or

omissions and excludes any and all liability for any errors in or omissions from the information on the website or any related information on third party websites accessible from this website.

This document forms part of the archive of the South African Institute of Race Relations (SAIRR), held at the Historical

Papers Research Archive at The University of the Witwatersrand, Johannesburg, South Africa.