SAWA ZUURKLONTJIE Januarie 2014 … · Kampe moet asb vroegtydig by Isstel bespreek word op...

5
SAWA Zuurfontein Bestuur: Voorsitter Ernie Janse Van Rensburg 072 134 6024 Onder-Voorsitter Hekkie de Beer 082 561 1621 Sekretaresse Isstel Broekman 082 877 7820 Penningmeester Anita Kruger 082 857 6657 Ass Penningmeester Alet Small 082 490 5296 Batehouer Pierre Coetzee 083 327 4134 Redaksie Hannes Roets Ledebelang Koenraad Stoltz SAWA ZUURKLONTJIE – Januarie 2014 Inspirasie vir die maand: “Whenever you find yourself doubting how far you can go, just remember how far you have come. Remember everything you have faced, all the battles you have won and all the fears you have overcome” ZUURKLONTJIE HOOGTEPUNTE VIR November 2013 Kamp Nuus: Vorige Kamp – Marula Algemeen: Zuurklontjie Maandelikse Nuusbrief Kamp Boetes en Sterretjies Inkopie hoekie Volgende Kamp Fondsinsameling Kamp reëlings vir 2014 Volgende Bestuursvergadering Finansiële state Lede Nuus: Lief en Leed Verjaarsdae Foto Blad: Marula Mountain Villiage Nuwe lede / bedankings Bank Besonderhede KAMP NUUS Vorige Kamp – Marula Mountain Villiage Die oord is onder nuwe bestuur vir die afgelope 6 maande en daar is heelwat opgradering aangebring. Die oord is skoon en die staanplekke gerieflik met plaveisel uitgelê. Die badkamers is nuut oorgeverf en skoon. Die nuwe bestuur het almal baie vinnig welkom laat voel. Zuurfontein se besoekers het vinnig ingeskakel. Vrydag aand met aankoms het almal heerlik ontspan en gekuier. Saterdag oggend het die waterpompe gaan staan. Hein en Oom Ernie moes noodgedwonge in die swembad gaan afspoel. Natuurlik nie sonder opwinding nie, Oom Ernie het gesorg vir vele vermaak met die handoek om die lyf. Die water-probleem was vinnig herstel deur die oord. Oom Barry en Tannie Wilna het kuiergaste ontvang by hulle nuwe tuiste op die oord. Pierre en Pet het ingeloer met hulle nuwe bromponie avontuur. Piet & Ryna Botha het die dag saam die Zuurfonteiners die son geniet om die swembad. Die dag om die swembad het gesorg vir vele genot. Die lede het swembad volleyball, silver balle en penballe gespeel. Willem en Hester het gesorg vir wartlemoen-opwinding Saterdag aand het van die lede gebruik gemaak van die restaurant se potjiekos voordat die reënstorm almal vroeg na hul ‘huisies’ jaag. Sondag is afgesluit met ‘n smaaklike middagete by die restaurant. Kamp Boetes & Sterretjies Dankie vir elke lid se ‘stoute’ en ‘soet’ wat bydrae maak aan Zuurfontein se fondsinsameling. Boetes beloop @ R5 elk Zuurfontein se eie “Judge Alet” het die boetes waargeneem Die volgende Boetes was toegeken: OUPA Hekkie - omdat hy 2de keer Oupa geword het, kom hy sonder bril bestuursvergadering toe, en luiste ook nie so lekker nie. Dan as almal wat kan lees - met hul brilletjies daar - vir hom wys waar ons is op die agenda onthou hy dan "verergelik" dat hy nie sonder sy bril kan lees nie. Carel - Kla Vrydagaand oor sy "moeilike dag, 3 vrouens in die kar deur stofstorm, erge wind en reën en blitse, sal hy sowaar nogsteeds met 3 vrouens anderkant uitkom ?? Suster Hes - Sy beter na die dokter luister en haar skofte verkort, sy het soveel medikasie toegedien dat sy skoon gedisorienteerd was toe sy moes gaan slaap en in Hein hulle se karavaan op eindig, nadat haar honde nie saam met haar daar wou ingaan nie. Isstel - Sy is te lui om seker te maakhaar kind en maatjie bad voor hulle gaan slaap dan gee sy sommer in die middel van die nag vir hulle 'n binne bedse stort, arme kinders matras en beddegoed sopnat van die reën omdat sy die venster oop vergeet het. Ernie – Anita en Isstel moet skok terapie kry na die ‘flash’. Tannie Corrie hulle weet nie eintlik of dit skok of jaloesie is nie, Dis glo 'n oulik paar boudjies. Pierre - Arme Isstel is sooo moeg maar sy moet sit, mag nie eers pipie breek kry nie, baie ongevoelig Stoffel - Kinders van vandag moet leer en luister! Marlize is nou nog jou verloofde en jy mag dink jy kan wegkom daarmee as jy vir haar "shut up" sê, (sies vir jou dis nie mooi nie), maar wees gewaarsku sodra sy daardie trouring aan vinger het is jy die een wat sal moet "shut Up" en luister Chantel-Marie - Weereens kinders van vandag. Haar arme ouers kom ontspan en raak stress vry sonder enige struweling of geweld nie, hier kom jy en onstel hulle tot verby gestress na sletsappie of twee,

Transcript of SAWA ZUURKLONTJIE Januarie 2014 … · Kampe moet asb vroegtydig by Isstel bespreek word op...

Page 1: SAWA ZUURKLONTJIE Januarie 2014 … · Kampe moet asb vroegtydig by Isstel bespreek word op cbroekman@vodamail.co.za / Isstel.Broekman@sasfin.com Betalings moet asseblief gemaak word

SAWA Zuurfontein Bestuur: Voorsitter Ernie Janse Van Rensburg 072 134 6024 Onder-Voorsitter Hekkie de Beer 082 561 1621 Sekretaresse Isstel Broekman 082 877 7820 Penningmeester Anita Kruger 082 857 6657 Ass Penningmeester Alet Small 082 490 5296 Batehouer Pierre Coetzee 083 327 4134 Redaksie Hannes Roets Ledebelang Koenraad Stoltz

SAWA ZUURKLONTJIE – Januarie 2014 Inspirasie vir die maand:

“Whenever you find yourself doubting how far you can go, just remember how far you have come. Remember everything you have faced, all the battles you have won and all the fears you have overcome”

ZUURKLONTJIE HOOGTEPUNTE VIR November 2013

Kamp Nuus: Vorige Kamp – Marula Algemeen: Zuurklontjie Maandelikse Nuusbrief Kamp Boetes en Sterretjies Inkopie hoekie Volgende Kamp Fondsinsameling Kamp reëlings vir 2014 Volgende Bestuursvergadering Finansiële state

Lede Nuus: Lief en Leed Verjaarsdae Foto Blad: Marula Mountain Villiage Nuwe lede / bedankings Bank Besonderhede

KAMP NUUS

Vorige Kamp – Marula Mountain Villiage

Die oord is onder nuwe bestuur vir die afgelope 6 maande en daar is heelwat opgradering aangebring.

Die oord is skoon en die staanplekke gerieflik met plaveisel uitgelê. Die badkamers is nuut oorgeverf en

skoon.

Die nuwe bestuur het almal baie vinnig welkom laat voel.

Zuurfontein se besoekers het vinnig ingeskakel.

Vrydag aand met aankoms het almal heerlik ontspan en gekuier.

Saterdag oggend het die waterpompe gaan staan. Hein en Oom Ernie moes noodgedwonge in die

swembad gaan afspoel. Natuurlik nie sonder opwinding nie, Oom Ernie het gesorg vir vele vermaak met

die handoek om die lyf. Die water-probleem was vinnig herstel deur die oord.

Oom Barry en Tannie Wilna het kuiergaste ontvang by hulle nuwe tuiste op die oord.

Pierre en Pet het ingeloer met hulle nuwe bromponie avontuur.

Piet & Ryna Botha het die dag saam die Zuurfonteiners die son geniet om die swembad.

Die dag om die swembad het gesorg vir vele genot. Die lede het swembad volleyball, silver balle en

penballe gespeel.

Willem en Hester het gesorg vir wartlemoen-opwinding

Saterdag aand het van die lede gebruik gemaak van die restaurant se potjiekos voordat die reënstorm

almal vroeg na hul ‘huisies’ jaag.

Sondag is afgesluit met ‘n smaaklike middagete by die restaurant.

Kamp Boetes & Sterretjies

Dankie vir elke lid se ‘stoute’ en ‘soet’ wat bydrae maak aan Zuurfontein se fondsinsameling. Boetes beloop @ R5 elk

Zuurfontein se eie “Judge

Alet” het die boetes

waargeneem

Die volgende Boetes was toegeken:

OUPA Hekkie - omdat hy 2de keer Oupa geword het, kom hy sonder bril bestuursvergadering toe, en

luiste ook nie so lekker nie. Dan as almal wat kan lees - met hul brilletjies daar - vir hom wys waar ons

is op die agenda onthou hy dan "verergelik" dat hy nie sonder sy bril kan lees nie.

Carel - Kla Vrydagaand oor sy "moeilike dag, 3 vrouens in die kar deur stofstorm, erge wind en reën en

blitse, sal hy sowaar nogsteeds met 3 vrouens anderkant uitkom ??

Suster Hes - Sy beter na die dokter luister en haar skofte verkort, sy het soveel medikasie toegedien dat

sy skoon gedisorienteerd was toe sy moes gaan slaap en in Hein hulle se karavaan op eindig, nadat haar

honde nie saam met haar daar wou ingaan nie.

Isstel - Sy is te lui om seker te maakhaar kind en maatjie bad voor hulle gaan slaap dan gee sy sommer

in die middel van die nag vir hulle 'n binne bedse stort, arme kinders matras en beddegoed sopnat van

die reën omdat sy die venster oop vergeet het.

Ernie – Anita en Isstel moet skok terapie kry na die ‘flash’. Tannie Corrie hulle weet nie eintlik of dit

skok of jaloesie is nie, Dis glo 'n oulik paar boudjies.

Pierre - Arme Isstel is sooo moeg maar sy moet sit, mag nie eers pipie breek kry nie, baie ongevoelig

Stoffel - Kinders van vandag moet leer en luister! Marlize is nou nog jou verloofde en jy mag dink jy kan

wegkom daarmee as jy vir haar "shut up" sê, (sies vir jou dis nie mooi nie), maar wees gewaarsku sodra

sy daardie trouring aan vinger het is jy die een wat sal moet "shut Up" en luister

Chantel-Marie - Weereens kinders van vandag. Haar arme ouers kom ontspan en raak stress vry sonder

enige struweling of geweld nie, hier kom jy en onstel hulle tot verby gestress na sletsappie of twee,

Page 2: SAWA ZUURKLONTJIE Januarie 2014 … · Kampe moet asb vroegtydig by Isstel bespreek word op cbroekman@vodamail.co.za / Isstel.Broekman@sasfin.com Betalings moet asseblief gemaak word

SAWA Zuurfontein Bestuur: Voorsitter Ernie Janse Van Rensburg 072 134 6024 Onder-Voorsitter Hekkie de Beer 082 561 1621 Sekretaresse Isstel Broekman 082 877 7820 Penningmeester Anita Kruger 082 857 6657 Ass Penningmeester Alet Small 082 490 5296 Batehouer Pierre Coetzee 083 327 4134 Redaksie Hannes Roets Ledebelang Koenraad Stoltz

begin jy sommer hulle glase breek.

Pierre - Sies jy maak die kinders bang. Paola en maatjie wil nie gaan slaap nie uit vrees dat jy by hulle

gaan inkruip

Pierre - Sies weer vir jou, jy maak tot die besoekers se kinders bang in die donker nadat jy die hele dag

met hulle gekarring het.

Henry - Ons innige simpatie, ons weet jy is nou ouer maar om jou karavaan krag kabels te vergeet is te

erg

Alet – Hein moet sy skoene soos wafferse Japanees buite los omdat hy sand in die karavaan in trap en

sy dit nie kan uitvee nie want sy het haar ‘vervoermiddel’ by die huis vergeet, onaanvaarbaar.

Flip & Leana - Kinderarbeid is onwettig. Arme Lea moet die hele naweek net skottelgoed was, dan die

plaveisel en die tentpale skoon hou

Flip - Klein Lea moet kaalvoet oor die skerp gruis klippe loop - glo om haar doeke te verdien

Mandy - Kla die hele tyd omdat Hannes nie daar is nie - en dit terwyl hy hard werk om geld te verdien

sodat sy kan kamp.

Flip & Leana - Gaan die Welsyn in kennis stel. Lea vra vreeslik mooi vir 'n "ice tea" maar nee sy word

geignoreer en moet maar vrek van die dors

Hannes & Willie - Vrouens moet vrou alleen in gevaarlike land van ons uitsleep en kamp opslaan, kom

die 2 manne eers Saterdag laat by kamp aangesit met verskoning dat hulle gewerk het, ons wonder

nogal daaroor.

Phillip - Van pure suinigheid kon Koenraad net een koppie koffie drink want Phillip bring nie melk saam

nie, konsuis die melk geld vir tolhekke gebruik, daarom het hy Koenraad se melk op gebruik

Oom Willie & Tannie Helen - Mandy moes van haar kamp goed by die huis los om hulle tent, beddens,

beddegoed en wat nog aan te ry na kamp en wat doen hulle? Gaan SLAAP in die houthuis!

Willem & Suster Hes - Bring honde saam van lekker groot huis en erf kamp toe, en dan sluit hulle die

arme goed in die karavaan toe - sal die DBV moet in kennis stel

Johan - Het hierdie groot karavaan gekoop om vir Mariette rond te jaag (Johan se eie woorde) nou jaag

hy haar dat sy so moeg is ons sien haar Sondag met boekevat vir die eerste keer.

Pieter - Slaan sy vrou blou dan het hy te vertelle dat hy in die nag opgestaan het om te kyk wie peuter

met die ligte toe het hy "per ongeluk" haar raak gedruk (of trap). Die manne dink natuurlik Pieter moet

beloon word vir dit, nie gestraf word nie!

Tannie Corrie - Nooi gaste oor vir ete dan bied sy nie eers stoele aanv ir die arme mense nie

Willem & Suster Hes - Hekkie is nou moeg om die hele naweek Hekkie.....Hekkie..... pooe pooe geroep

te word. Kan gerus vir die hond Bekkie ‘n ander naam gee.

Willem - Ons sit om die vuur waar die lekkerste pot gekook word en hy dink hy staan en raak ‘gasvry’

onder die wind, of so het hy gedink

Marlize - Sy voel ook niks vir arme Stoffel nie, los sommer haar duur verloof ring in die badkamer en

loop

Stoffel - Jy moet eerder jou verloofde se ringe veilig bewaar wanneer julle kamp as om met haar te raas

dat sy dit moet dra - terwyl sy bang is die ring val van haar vinger af terwyl sy swem

Elize & Isstel - Terwyl ons kuier sit hulle twee elkeen op hul eie stoel en slaap - dis nie mooi nie hoor

Hein - Alles goed en wel maar toe stop hy die naaste aan mans badkamer vir homself en sy moet

nogsteeds ‘n hengse ent in reën hardloop om by vroue toilet uit te kom. Hy kon maar om gery het tot

voor vrouens badkamer

Roelien - Terwyl dit so hard reën moet Leana ook badkamer toe gaan, wat doen Roelien sy klim in haar

kar en gaan badkamer toe, alleen, dus moes Leana die heelnag deur worstel met vol blaas. Dis nie hoe

vriende maak nie

Die volgende Sterre was toegeken:

Hein - Hy vat Alet met die kar badkamer toe terwyl dit hard reën sodat sy nie moet nat & siek word nie.

Paola - Omdat sy 'n soet en rustige kind was het vir amper 6 000km saam gery sonder om te kla of stout

te wees.

Page 3: SAWA ZUURKLONTJIE Januarie 2014 … · Kampe moet asb vroegtydig by Isstel bespreek word op cbroekman@vodamail.co.za / Isstel.Broekman@sasfin.com Betalings moet asseblief gemaak word

SAWA Zuurfontein Bestuur: Voorsitter Ernie Janse Van Rensburg 072 134 6024 Onder-Voorsitter Hekkie de Beer 082 561 1621 Sekretaresse Isstel Broekman 082 877 7820 Penningmeester Anita Kruger 082 857 6657 Ass Penningmeester Alet Small 082 490 5296 Batehouer Pierre Coetzee 083 327 4134 Redaksie Hannes Roets Ledebelang Koenraad Stoltz

Volgende Kamp: Hartbeeshoek

Kampe moet asb vroegtydig by Isstel bespreek word op [email protected] / [email protected]

Betalings moet asseblief gemaak word op bespreking om plek te verseker. Geen kansellasies sal aanvaar word nadat betalings gemaak is.

Hartbeeshoek: 14 – 16 Februarie 2014

o Die naweek kostes beloop R580 en sluit 4 persone en 1 voertuig in.

o Kamp kommidante is Hein & Alet Small

o Daar is slegs 15 staanplekke beskikbaar; Slegs 1 karavaan of 1 tent per staanplek

o Geen troeteldiere

o Daar sal ‘duitse hotdogs’ verkoop word Vrydag aand @ R15 elk, bestellings asb by Alet Small

o Opsionele aktiwiteite op die oord = Quadbikes @ R100 pp per rit’ Wildritte @ R45 pp; Perde

wildsrit @ R100 pp en Wildrit met eie voertuig @ R50 per voertuig.

Kamp reëlings vir 2014

Graag wil ons belangrike inligting deurgee vir die volgende paar kampe en vra lede se insette asseblief

20 - 23 Maart = Sondela (lang naweek = 3 nagte)

Die oord is in Bela-Bela

Lang naweek tarief is R1480 en sluit 4 persone en 1 voertuig in

Die oord versoek dat ons die volle rekening teen einde Februarie moet vereffen, ons sal dus ten minste ‘n 50% deposito vereis om die bespreking te bevestig.

Daar is slegs 15 staanplekke beskikbaar, waarvan 9 alreeds bespreek is.

30 Mei – 1 Junie = Buffelspoort (Sitrusfees)

Ons wag nog op inligting. Die jaar se reelings word deur Roodekruin behartig

13 – 16 Junie = Silver Rocks / Warmbad vir Gebied Saamtrek (Lang naweek = 3 nagte)

Lede word versoek om besluite te neem vir Streek kamp @ Silver Rocks / Gebied kamp @ Warmbad:

Zuurfontein het reeds bespreek by Silver Rocks en is dieselfde naweek wat die Gebied kamp gehou word by Aventura Warmbad. Let asb daarop dat ons die lede versoek om ‘n besluit te neem tussen die kampe.

Die volgende inligting rakende die Gebied kamp is deurgee:

Warmbad is ten volle bespreek vir 2 klubs (SAWA & KSA) +/-300 staanplekke. Die dagbesoekers tariewe is aangepas na R150 per persoon oor langnaweke. Die nuwe tariewe verskyn reeds op Aventura se webblad.

Die Gebied bestuur nooi die Streke om die gebied kamp by te woon en beplan ‘n opwindende naweek.

Hiermee ‘n opsomming van Silver Rocks vs. Warmbad: Silver Rocks (Nylstroom)

Die oord is tussen Bela-Bela & Nylstroom

Lang naweek tarief is R780 en sluit 4 persone en 1 voertuig in

+/- 30km verder as Warmbad

addisionele tolhek betaalbaar by Kranskop van R32 (x 2 = R64)

Slegs ‘n koue swembad beskikbaar

baie mooi staanplekke, grasperk

Ablusies is modern, skoon en familie badkamers ook beskikbaar met bad en stort.

Speelpark vir kinders

Geen troeteldiere toegelaat

Kroeg en restaurant by hoof-oord beskikbaar, moet vooraf bespreek

Klein winkel vir nood voorraad

Putt-putt of wandeling langs die spruit Forever Resort Warmbad (Bela-Bela)

Die oord is in Bela-Bela

Lang naweek tarief is +/- R900 en sluit 4 persone en 1 voertuig in

Warm & koue swembad & onderdak Hydro

Ablusies is skoon

Speelpark vir kinders

Water geriewe vir jonk en oud

Geen troeteldiere toegelaat

Kroeg en restaurant beskikbaar

Nood winkel op die oord beskikbaar, of Spar Suppermark & Pick ‘n Pay net buite die oord

25 – 27 Julie – Geheime Kamp Eerste Leidraad............. Die naam is ‘n ongewone kombinasie Die oord sal bekend gemaak word in Junie by die Silver Lake / Warmbad kamp waar die wenner aangewys sal word. Die wenner sal ‘n 10% korting op die verblyf geniet, die prys is nie oordraagbaar nie.

Page 4: SAWA ZUURKLONTJIE Januarie 2014 … · Kampe moet asb vroegtydig by Isstel bespreek word op cbroekman@vodamail.co.za / Isstel.Broekman@sasfin.com Betalings moet asseblief gemaak word

SAWA Zuurfontein Bestuur: Voorsitter Ernie Janse Van Rensburg 072 134 6024 Onder-Voorsitter Hekkie de Beer 082 561 1621 Sekretaresse Isstel Broekman 082 877 7820 Penningmeester Anita Kruger 082 857 6657 Ass Penningmeester Alet Small 082 490 5296 Batehouer Pierre Coetzee 083 327 4134 Redaksie Hannes Roets Ledebelang Koenraad Stoltz

LEDE NUUS

Lief en Leed

Laat asb ‘n lid van bestuur weet van enige Lief & Leed - Elke lid het Saterdag by Boekevat self terugvoer gegee:

Alet Small – Alet sterk goed aan onder die omstandighede, haar liggaam protisteer soms nog teen die

medikasie, maar sy bly positief.

Hekkie & Estelle de Beer – baie geluk met julle kleinseun se geboorte

Ouma Westcott – Dit gaan sleg met Ouma Westcott, beweeg moeilik rond en word vinnig moeg.

Verjaarsdae – Januarie 2014

Hartlike verjaarsdag wense aan die volgende lede

2 – Anita Kruger

5 – Annetjie de Jager

6 – Corrie Janse van Rensburg

7 – Ernie Janse van Rensburg

9 – Ashley Stoltz

19 – Damian Janse van Rensburg

24 – Henry Chalmers

29 Flip Cloete

Nuwe Lede / Bedankings

Ons verwelkom nuwe lede by die Zuurfontein familie en wens hulle vele kamp plesier

Ons verwelkom vir Henry, Marina en Chanel-Marie Chalmers. Hulle welkom pakke was by hulle eerste

kamp as lede by Marula oorhandig.

Ons verwelkom vir Pieter, Roelien, Nalize en Reinhard Duvenhage. Hulle welkom pak sal op hulle

eerste kamp as lede oorgehandig word.

Bank Besonderhede

Alle kampgelde moet asb verkieslik per internet oorbetaal word

Stuur bewys van betalings na Anita Kruger per e-pos na [email protected]

Betalings moet asseblief gemaak word na

SAWA Zuurfontein

ABSA Bank

Rekening # 260174738

Takkode – 632005

Verwysing – Naam en van

ALGEMEEN

Zuurklontjie Maandelikse Nuusbrief

Die Zuurklontjie is ‘n maandelikse nuusbrief om lede deurentyd bewus te maak van gebeurtenisse in

ons Streek asook die Gebied.

Indien daar enige nuus is wat lede graag wil sien op die maandelikse Zuurklontjie, kontak asb vir Isstel

by [email protected]

Inkopie hoekie

Zuurfontein se ‘rakke’ is nog leeg, ons sal graag wil weet waarin die lede sal belangstel sodat ons

aankope kan maak.

SAWA het nuwe voorraad ingekry, die volledige lys is by Isstel beskikbaar

Lede wat iets op die Inkopie Hoekie wil plaas, moet asb vir Isstel kontak

Fondsinsameling

Die kompetisie is geloots op Marula kamp vir die boula @ R20 per kaartjie

Lede kan die lootjie vorms by Alet Small kry

Die trekking sal plaasvind op die AJV in Augustus 2014.

Volgende Bestuursvergadering

25 Februarie 2014 @ 19h00 by Koenraad se huis.

Lede is welkom om die vergadering by te woon, bevestig asseblief teenwoordigheid met Isstel.

Finansieële state

Die finansieële state sal beskikbaar wees op elke kamp by Anita of Alet indien enige lid dit wil nagaan.

Rig asseblief enige navrae direk aan hulle oor Zuurfontein se fondse en waarvoor dit aangewend word.

KAMP GROETE

Page 5: SAWA ZUURKLONTJIE Januarie 2014 … · Kampe moet asb vroegtydig by Isstel bespreek word op cbroekman@vodamail.co.za / Isstel.Broekman@sasfin.com Betalings moet asseblief gemaak word

SAWA Zuurfontein Bestuur: Voorsitter Ernie Janse Van Rensburg 072 134 6024 Onder-Voorsitter Hekkie de Beer 082 561 1621 Sekretaresse Isstel Broekman 082 877 7820 Penningmeester Anita Kruger 082 857 6657 Ass Penningmeester Alet Small 082 490 5296 Batehouer Pierre Coetzee 083 327 4134 Redaksie Hannes Roets Ledebelang Koenraad Stoltz

FOTO BLAD

Sluit gerus aan by ons “SAWA Zuurfontein” Groep Blad op Facebook.

Alle kamp-foto’s van lede wat kampe bywoon kan op die groep-blad geplaas word.

Zuurfonteiners van die Jaar - 2013