OMGEWINGSBESTUURSPROGRAM EN … · 2 Die brug oor die Meerlustkloofrivier nadat dit einde 2012...
Transcript of OMGEWINGSBESTUURSPROGRAM EN … · 2 Die brug oor die Meerlustkloofrivier nadat dit einde 2012...
1
DEA&DP Ref: E18/2/3/2/2-Ptn 11 Farm 59 Meerlustkloof (s 24G) Caledon
Agrisouth Orchards (SA) (Pty) Ltd
OMGEWINGSBESTUURSPROGRAM EN
INSTANDHOUDINGSPLAN t.o.v. ONGEMAGTIGDE
NOODWERKE IN DIE MEERLUSTKLOOF- EN
ELANDSKLOOFRIVIERE, CALEDON
Voorberei ingevolge artikel 24G(i)(a)(iv) van die
Nasionale Wet op Omgewingsbestuur 107 van 1998 soos gewysig
Maart 2013
Charl de Villiers Environmental Consulting
Bradwellweg 14 VREDEHOEK 8001
Tel. 083 785 0776 * [email protected]
in samewerking met
2
Die brug oor die Meerlustkloofrivier nadat dit einde 2012 herstel is
Die herstelde brug oor die Elandskloofrivier. Die tydelike driffie het
reg voor die struktuur verbygeloop (Januarie 2013).
3
B E L A N G R I K
Wees asseblief daarop bedag dat die optredes wat hierdie bestuursplan toelaat, beperk is tot:
− Die uitvoering van die mitigasie-maatreëls wat in Hoofstuk 7 van die ‘Revised Final
Environmental Impact Report for ‘Meerlustkloof’ 59/11 CALEDON’ uiteengesit is; en
− Grondverskuiwings vir die herstel, sou dit weens toekomstige vloedskade nodig wees, van
brûe en ander infrastruktuur in die lope en vloedvlaktes van die Meerlustkloof- en
Elandskloofriviere op die plaas ‘Meerlustkloof’ 59/.
Om te kan voldoen aan vergunnings ten opsigte van instandhouding in riviere waarvoor Aktiwiteit
18, Lyskennisgewing 1 van die 2010-omgewingsimpakregulasies voorsiening maak, is hierdie
omgewingsbestuurs- en instandhoudingsplan uitsluitlik van toepassing op die uitgrawing of
verskuiwing van sand, gruis, klippe en ander sedimente vanuit die Meerlustkloof- en
Elandskloofriviere om landbou-hulpbronne, plaasinfrastruktuur en die rivier-omgewing teen die
gevolge van erosie en verslikking te beskerm.
Die instandhoudingsplan spreek spesifiek meganiese metodes van instandhouding aan, naamlik
die gebruik van stootskrapers en graafmasjiene (‘excavators’) waarmee vyf of méér kubieke
meter spoelmateriaal vanuit riviere gestoot of geskep word.
Enige nuwe strukture, of uitbreiding van bestaande infrastruktuur wat nie tot die uitgrawing en
verskuiwing van spoelklippe of gruis ens. in die versteurde gedeeltes van die Elandskloofrivier
beperk is nie, mag een of meer gelyste akwititeite inhou waarvoor goedkeuring ingevolge artikel
24(1) van die Nasionale Wet op Omgewingsbestuur 107 van 1998 eers vooraf verkry moet word.
Dit is ‘n oortreding om ‘n ‘gelyste aktiwiteit’ sonder die vereiste goedkeurings te onderneem.
Kontak die Departement Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning indien u enigsins onseker is
oor u wetlike verpligtinge ten op sigte van omgewingsbestuur:
Die Bestuurder
Direktoraat: Geïntegreerde Omgewingsbestuur (Streek B1)
Privaatsak X9086
KAAPSTAD 8000
Tel. (021) 483 4094
Faks (021) 483 4372
Sien ook: http://www.capegateway.gov.za/eng/yourgovernment/gsc/406/services/11537/10199#regiona2
4
INHOUDSOPGAWE
1 Agtergrond 5
2 Probleemstelling 7
3 Die omliggende omgewing 14
4 Ekologiese bestuursdoelwitte 19
5 Instandhoudingsverwante aktiwiteite 20
6 Toepaslike wetgewing 25
7 Verantwoordelike persone en instansies 27
8 Bestuursriglyne en strategiese beplanning 28
9 Ekologiese monitering 33
Bronnelys 38
5
1. AGTERGROND
Die Elandskloofrivier en ‘n sytak, die Meerlustkloofrivier, vloei deur die plaas ‘Meerlustkloof’ 59/11,
Caledon, wat deur die maatskappy Agrisouth Orchards (SA) (Edms) Bpk besit word. Die
Riviersonderend vorm die suidelike grens van die plaas.
‘Meerlustkloof’ lê 12.5 km wes
van Genadendal in die
Theewaterskloof-munisipaliteit.
Die plaas het ‘n oppervlak van
sowat 930 ha, waarvan 109 ha vir
die produksie van sagtevrugte
benut word. Die helfte van die
jaarlikse oes word na die Midde-
Ooste uitgevoer. Agrisouth
Orchards (SA) (Edms) Bpk besit die
plaas sedert 1990.
Die sentrale gedeelte van die
plaas word vanuit die
Elandskloofrivier besproei. Die
westelike gedeeltes van die
eiendom word d.m.v. van twee brûe (oor onderskeidelik die Meerlustkloof- en Elandskloofrivier)
met die res van die plaas verbind (sien Figuur 2).
Hierdie en ander infrastruktuur is tydens vloede in November 2008 en Oktober 2012 erg beskadig. In
albei gevalle, het die vloedskade met die begin van die somer en jaarlikse oes saamgeval. Weens die
potensieel rampspoedige gevolge wat die vloedskade vir die lewensvatbaarheid van die plaas
ingehou het, moes Agrisouth Orchards (SA) (Edms) Bpk noodgedwonge inspring om die skade te
herstel.
Die uitgrawings en nood-herstelwerke wat deur die maatskappy onderneem is, word ingevolge die
nasionale omgewingsimpakregulasies beheer. Omdat die werke sonder omgewingsgoedkeurings
onderneem is, was dit onwettig. Agrisouth Orchards (SA) (Edms) Bpk het gevolglik ingevolge artikel
24G van die Nasionale Wet op Omgewingsbestuur 107 van 1998 aansoek gedoen vir die ‘regstelling’
van aktiwiteite wat die 2006 en 2010 NEMA-omgewingsimpakregulasies oortree het.1
Die aansoek is op 8 Februarie 2012 by die Wes-Kaapse Departement Omgewingsake en
Ontwikkelingsbe-planning aanhangig gemaak.
1 Staatskennisgewing R. 385 en R. 386 van 21 April 2006 t.o.v. aktiwiteite wat in 2008 onderneem is, en
Staatskennisgewings R. 543, R. 544 en R. 546 van 18 Junie 2010 t.o.v. die 2012-vloedskade.
Figuur 1: Liggingskaart, ‘Meerlustkloof’
6
Charl de Villiers Environmental Consulting, in samewerking met BolandEnviro en dr. Liz Day van die
Freshwater Consulting Group, is deur Agrisouth Orchards (SA) (Edms) Bpk aangestel om die NEMA a.
24G-aansoek namens die maatskappy te behartig, en die gepaardgaande
omgewingsbestuursprogram2 ook as ‘n instandhoudingsplan
3 ingevolge die NEMA-regulasies vir
goedkeuring deur die provinsiale omgewingsowerheid op te stel.
Die bydraes van mnre. Hans King, Christie Louwrens en Hennis Germishuys (Departement Landbou
Wes-Kaap) en Arrie Grobler, André van Wyk en Phillip Fourie (Agrisouth Orchards (SA) (Edms) Bpk)
word met dank erken.
2 NEMA a. 24G(1)(a)(iv)
3 Aktiwiteit 18, Lyskennisgewing 1, GN R. 544 van 18 April 2010 soos gewysig
Fig. 2: Ligging van die onderskeie strukture
7
2. PROBLEEMSTELLING
Die agtergrond tot die NEMA artikel 24G-aansoek is in Hoofstuk 1 uiteengesit. Die doelstelling met
hierdie omgewingsbestuursprogram is om toe te sien dat die Aansoeker, Agrisouth Orchards SA
(Edms) Bpk, aan die vereistes van a. 24G(i)(a)(iv) van NEMA voldoen asook die bepalings t.o.v.
instandhoudingsplanne soos wat deur die NEMA-omgewingsimpakregulasies voorsiening gemaak
word.
Hierdie hoofstuk beskryf kortliks:
− Veranderings aan die rivier- en vleilandomgewings wat die a. 24G-ondersoek voorafgegaan
het;
− Beplanning- en bestuursuitdagings wat hieruit voortspruit; en
− Die maatreëls wat nagekom moet word om verdere agteruitgang van die omgewing te stuit
en, waar doenbaar, te rehabiliteer.
2.1 VERANDERINGS AAN DIE RIVIER- EN VLEILANDOMGEWINGS TOT NOVEMBER 2008
Die ekologiese beoordelings wat dr. Day in 2012 en 2013 onderneem het, bied ‘n omvattende
beskrywing van die aard en oorsake van veranderings en agteruitgang van die twee riviere op die
plaas ‘Meerlustkloof’ 59/11. Hoofstuk 3 beskryf die omliggende omgewing waarop hierdie
bestuursplan van toepassing is.
2.1.1 Omgewingsverandering voor die vloed van November 2008
Histories, voor intensiewe landbou-ontwikkeling in die omgewing plaasgevind het, het die
Elandskloofrivier en sy sytak, die Meerlustkloofrivier, waarskynlik deel gevorm van ‘n uitgestrekte
palmiet-vleiland en vloedvlakte waar die rivierE die Riviersonderendberge verlaat het. Die vleiland
en vloedvlakte is gaandeweg vir landbou-doeleindes ontwikkel met die gevolg dat die vlei vernietig
is, en die riviere tot ‘n enkele loop beperk is.
Waar rivierlope op onnatuurlike wyse ingeperk word (b.v. as gevolg van ontwikkelings in die
vloedvlakte, kanalisering en/of besmetting met indringerplante) vind afwaartse insnyding plaas met
‘n verhoging van vloei-snelhede, wat verdere erosie in die hand werk. Lope kan mettertyd so diep
ingekerf word dat die afloop nie meer in die vloedvlakte oorspoel en verlangsaam nie, maar weens
inperking aan die walle van die loop begin wegvreet. Dit is wanneer laterale erosie plaasvind, wat
ook met ontledings van historiese lugfotografie met albei die riviere die geval blyk te wees.
8
Die toestand van die twee riviere en vloedvlaktes voor en ná die vloed van November 2008 kan
alleen aan die hand van mondelingse verslae, foto’s en satellietbeelde bepaal word. Breë, algemeen-
geldige afleidings kan in hierdie opsig gemaak word oor die gebeure rondom die 2008-vloed. Daar
kan egter met veel groter sekerheid oor die nadraai van die vloed in Oktober 2012 berig word,
hoewel belangrike tegniese studies nie uitgevoer is nie (soos t.o.v. water-gehalte of habitat-
geskiktheid vir ongewerweldes).
Soos wat deur die varswater-ekoloog vermeld is, het albei vloede op ‘n erg-getransformeerde
rivieromgewing geval. In die geval van albei die riviere, is ‘n komplekse stelsel primêre en sekondêre
lope wat deel van die vleiland uitgemaak het, oor die jare heen tot ‘n enkele vernoude loop beperk
wat plek-plek weens stuwalle en indringerplante nog verder vernou is. Die gevolg van hierdie
kunsmatige inperking van die vereenvoudigde rivierlope, was afwaartse insnyding deur vloedwaters
wat onder natuurlike toestande deur palmiet teruggehou en langsamerhand versprei sou word,
sonder dat beduidende erosie en sediment-afvoer plaasvind.
2.1.2 Die nadraai van die vloed in November 2008
Die riviere kon skynbaar
met bedreklik geringe
skade kleiner vloede
akkommodeer. Die
vloed van November
2008 was egter van só
‘n omvang dat dit tot
grootskaalse laterale
erosie bygedra het en
groot hoeveelhede
spoelmateriaal in die
loop en oewer-
omgewings neergelê
het, wat verder bygedra
het tot erosie en
destabilisering van die
twee riviere. Altesame
369 mm reënval is
tussen 11 en 13
November 2008 op
‘Meerlustkloof’ gemeet.
Fig. 3: Die Elandskloorivier in vloed, November 2008 (André van Wyk)
9
Walle neergesette sand bokant die aansluiting van die Elandskloofrivier by die Riviersonderend
getuig van die impak van hierdie vloed op erosie en ‘n dramatiese verhoging in die sediment-ladings
van die twee riviere.
Die oewers van die Meerlustkloofrivier by die pakstoor, en die Elandskloorivier stroom-af van sy
sameloop met die Meerlustkloofrivier, is oor etlike honderd meter met verwoestende gevolg
uitgekalwe. Paaie en sowat 5 ha se boorde het verspoel, en die voormalige betonbrug oor die
Meerlustkloofrivier en ‘n drif oor die Elandskloorivier is albei onherstelbaar beskadig. Erosie-skade
aan die oeweromgewing was besonder erg stroom-af van die verspoelde drif oor die
Elandskloofrivier. Die loop is amper vyfvoudig verbreed van sowat 26 m na meer as 120 m. Water is
voorheen by ‘n keerwal oor die Elandskloofrivier vir besproeiing onttrek, maar dié is teen 2006 of
2007 deur vloede buite werking gestel.
‘n Tydelike onttrekkingspunt by ‘n brug stroom-op is ook verwoes, met die gevolg dat meer as ‘n
derde van die plaas se vrugtebome nie op die vooraand van die droë somer natgelei kon word nie.
Vanwee die naderende somer en oesseisoen, en die toenemende risiko van swambesmettings van
ryp-wordende uitvoervrugte, moes Agrisouth Orchards (SA) (Pty) Ltd inderhaas optree om toegang
te kry tot boorde wat weens die beskadigde rivieroorgange van die res van die plaas afgesny is, en
om sy watertoevoer aan sowat ‘n derde van die plaas se aanplantings dringend te herstel.
2.1.3 Ongemagtigde nood-herstelewerke, November 2008
Die volgende nood-ingrypings is in November 2008 sonder die vereiste omgewingsgoedkeurings
onderneem:
1. Die stukkende brug oor die Meerlustkloofrivier is op dieselde plek met ‘n pypoorgang
vervang (dws. twee stelle betonpye, elkeen met ‘n deursnit van 1.5 m, is langs mekaar
gelê met ‘n enkelbaan ryvlak van houtpale en saamgepersde klip bo-op);
2. Die verspoelde drif oor die Elandskloofrivier is met ‘n soortgelyke struktuur vervang, wat
met drie pleks van twee 1.5 m-breedte betonpype toegerus is; en
3. ‘n Pompgat met ‘n oppervlak van sowat 2 900 m2 is sowat 140 m stroom-af van die
samevloeiing van die twee riviere links van die hoof- (aktiewe) stroom en binne ‘n nuut-
verspoelde gedeelte van die Elandskloofrivier uitgegrawe. Die pompgat is ‘n nier-
vormige struktuur wat in sy omtrek met grondwalle omring is, behawe vir ‘n opening
waardeur water vanuit die aktiewe stroom soontoe herlei is vir verspreiding na die res
van die plaas via ‘n pompstasie wat omtrent 200 m na die ooste geleë is.
10
Die vernaamste omgewingsimpakte van hierdie aktiwiteite is as volg:
2.1.4 Pypoorgange (brûe) oor die Meerlustkloof- en Elandskloofriviere
Albei brûe het bygedra tot vernouing van die onderskeie rivierlope, met toenemende erosie tot
gevolg. In die geval van die Elandskloofrivier, is klip- en gruiswalle weerskante van die loop
aangebring in ‘n poging om boorde stroom-af van die brug teen vloede te beskerm. Dit het egter tot
verdere vernouing en inperking van afloop aanleiding gegee, met die gevolglike erosie, sediment-
afsettings en skade aan binne-stroomse en oewerhabitatte. Die herboude oorgang oor die
Meerlustkloofrivier het ‘n feitlik identitese effek gehad. Die verspoelde oewers stroom-op en
stroom-af van hierdie struktuur is d.m.v. grootskaalse grondverskuiwings herstel, maar sonder die
keerwalle wat die Elandskloofrivier kenmerk. Die loop bly egter kwesbaar vir erosie aangesien dit
heeltemal van natuurlike plantegroei gestroop is.
2.1.5 Die pompgat
Die pompgat kan weens die sywaartse verskuiwing van die aktiewe loop van die Elandskloofrivier
tydens die vloed in Oktober 2012 nie meer vir besproeiinsdoeleindes aangewend word nie (Fig. 4).
Agrisouth Orchards (SA) (Pty)(Ltd) het egter twee kragtige onderdompelingspompe (‘submersible
sump pumps’) sedertdien aangeskaf wat in al die besproeiingsbehoeftes van die sentral gedeeltes
van ‘Meerlustkloof’ voorsien. Hierdie toedrag van sake beteken dat die pompgat nie meer nodig is
nie, en dat dit verwyder kan – en gáán – word. Die pompgat het ‘n beduidende nadelige inwerking
op die Elandskloofrivier gehad deurdat dit: tot die effektiewe uitdroging van die riverloop oor ‘n
afstand van bykans 270 m bygedra het deur die meeste water tydens lae-vloei, somertoestande af te
keer; erosie en destablisering van binne-stroom habitat bevorder het; en tesame met ‘grondpilare’
en opgehoopde spoelmateriaal aan die suide van die struktuur tot die vernouing van die aktiewe
loop van die Elandsloof bygedra het (Fig. 13).
2.2 DIE VLOED VAN OKTOBER 2012
Hoewel die vloed van Oktober 2012 relatief minder skade as sy vooranger in 2008 meegebring het, is
landboubedrywighede nogtans ernstig ontwrig. Daar is 250 mm reën tussen 14 en 21 Oktober 2012
op die plaas gemeet.
2.2.1 Vloedskade, Oktober 2012
Albei die herstelde brûe oor die Meerlustkloof- en Elandskloofriviere is vernietig, en ‘n belangrike
besproeiingspyp oor die onderste gedeeltes van die Elandskloofrivier is weggespoel. Die
11
ongemagtigde pompgat in die Elandskloofrivier is buite werking gestel weens die verplasing van die
aktiewe rivierloop na die oorkantste (regter-) oewer van die rivier. Die vloedwaters het ook groot
hoeveelhede sediment by die aansluiting van die Elandskloofrivier en Riviersonderd neergesit. Net
soos in November 2008 moes Agrisouth Orchards (SA) (Pty) Ltd sonder verwyl optree om ‘n
ontluikende noodsituasie op die vooraand van die jaarlikse oes af te weer.
2.2.2 Nood-optredes om vloedskade te herstel
Die volgende aksies moes sonder die vereiste omgewingsgoedkeurings onderneem word om
produksie-verliese te voorkom en interne verbindings op die plaas te hervestig:
1. ‘n Tydelike drif is net onderkant die beskadigde brug oor die Elandskloofrivier
aangebring;
2. Die brûe oor die Meerlustkloof- en Elandskloofriviere is herbou; en
3. Die verspoelde pypleiding oor die Elandskloofrivier is teruggeplaas op sy herstelde
stellasie.
Die omgewingsimpakte van hierdie ingrypings was as volg:
2.2.3 Die pompgat (Fig. 4)
Weens die neerlegging van massas spoelmateriaal by die voormalige invoer tot die pompgat, en die
verskuiwing van die stroom na regs, het pompgat dadelik in onbruik verval. Soos reeds genoem, is ‘n
alternatiewe manier van direkte onttrekking van water vanuit die Elandskloofrivier in werking gestel,
en daarom kan die pompgat verwyder word. Die vloed het beduidende erosie regs (suid) van die
pompgat tot gevolg gehad. Dit beteken ook egter dat die gedeelte van die stroom wat tydens die
gebruik van die pompgat feitlik drooggelê is, nou weer water kry en tekens van ekologiese herstel
toon. ‘n Plaaspaadjie teen die suidelike wal van die rivier word nou deur ondergrawing bedreig.
Erosie het ook donker lae organiese sediment blootgelê wat moontlik daarop dui dat die vleiland
wat voorheen hier voorgekom het, toegestoot sodat boorde gevestig kon word.
Fig. 4: Die pomgat ná die vloed in Oktober 2012. Die struktuur ontvang geen water omdat die aktiewe loop van
12
die Elandskloofrivier weens sedimentverskuiwings na die suide (regs) verplaas is.
2.2.4 Tydelike drif deur die Elandskloofrivier
Tot tyd en wyl die verspoelde brug hier herstel kon word, is ‘n drif net onderkant die beskadigde
struktuur deur die Elandskloofrivier aangelê. Die drif was omtrent 20 m lank en 3.5 m breed, met
twee sementpype om water deur te laat. Die drif is met spoelklippe gebou, sonder die gebruik van
enige hegtingsmateriaal of rigiede konstruksie. Die drif is heeltemal ná die herstel van die bruggie
afgetakel, die pype is verwyder en daar bly baie min teken daarvan oor.
2.2.5 Die brûe oor die Meerlustkloof- en Elandskloofriviere (Figure 6 en 7)
Agrisouth Orchards (SA) (Pty) Ltd het eers die raad van die Departement Landbou Wes-Kaap en ‘n
varswater-ekoloog ingewin voordat die twee beskadigde brûe herstel is. In albei gevalle, is die aantal
1.5 m-deursnit pype onder die strukture verdubbel na vier in die geval van die brug oor die
Meerlustkloofrivier, en ses t.o.v. die brug oor die Elandskloofrivier. Hierdie aanpassings hou veral
hidroliese voordeel in deurdat afloop oor die breedte van die twee lope versprei word, wat op sy
beurt vloei-tempo’s verminder en daardeur erosie en die agteruitgang van die rivieromgewing
teenwerk.
Albei brûe dra egter nog steeds by tot die kunsmatige vernouding van die twee riviere, wat vroeër
tydens vloede oor die breedte van die voormalige vloedvlakte-vleiland kon uitsprei. Die regteroewer
stroom-op van die brug oor die Meerlustkloofrivier sal teen erosieskade beskerm moet word.
Gruiswalle weerskante van die Elandskloofrivier, veroorsaak dat die rivierloop onderkant die
herstelde brug kunsmatig vernou word, wat ook erosie in die hand werk.
Fig. 6: Die beskadigde bruggie oor die
Meerlustkloofrivier, Oktober 2012 (stroom-op).
Fig. 7: Skade aan die bruggie oor die Elandskloofrivier,
Oktober 2012 (stroom-op).
2.2.5 Die waterpyp oor die Elandskloofrivier
Hierdie pyp voerwater vanaf die Zonderendskema na die res van ‘Meerlustkloof’. Die gebreekte pyp
is tydelik vervang met ‘gou-koppelpype’ wat oor die rivierbodem aangelê is. Die pype moes weens
die kragtige waterdruk met houtpale en staalbinders verstewig word (Fig. 8).
13
Die stelsel wat voorheen in gebruik was, is sedertdien weer ingestel, nl. om die pyp aan houtpale
wat in dromme in die riverbodem begrawe is, te koppel. Die varswater-ekoloog het egter bevind dat
hierdie metode weens die risiko van erosie tydens toestande van verhoogde vloei ongewens is, en
dat alternatiewe ondersoek moet word. Dit sluit in om die pyp te begrawe en met klipkorwe in die
bedding van die rivier te anker. Die mees gewensde opsie sou wees om die pyp via die bestaande
padbrug te herlei.
Fig. 8: Die waterpyp oor die Elandskloofrivier nadat dit tydelik herstel is ná die vloed in Oktober 2012. Die pyp
is sedertdien met omtrent 1 m bokant die bedding van die rivier gelig. Vloei van links na regs.
2.3 OMGEWINGSBESTUURSDOELWITTE
Die omgewingsimpakstudie wat ter toeligting van die a. 24G-aansoek onderneem is, maak die
volgende aanbevelings t.o.v. toepaslike bestuursdoelwitte om verder omgewingsskade te stuit, en
rehabilitasie van die twee riviere en hulle oewers te bevorder:
− Versagting (‘mitigation’) van impakte om verdere agteruitgang van die omgewing te
voorkom; en
− Rehabilitasie van die geaffekteerde omgewing in die mate dat ekologiese funksionaliteit
herstel kan word.
Die omgewingspakstudie beveel egter ook aan dat langtermyn oplossings vir die stabilisering en
herstel van die twee riviere aan die hand van ‘n omvattende strategiese ondersoek gevind moet
word. Hierdie omgewingsbestuursplan sit tussentydse maatreëls uiteen waarvolgens die bogemelde
doelwitte bereik moet word.
14
3. DIE OMLIGGENDE OMGEWING
Hierdie afdeling beskryf die belangrikste omgewingseienskappe wat in ag geneem moet word by die
mitigering van nadelige impakte wat met die ongemagtigde werke verband hou, en t.o.v.
grondverskuiwings wat vir instandhoudings- en ander doeleindes nodig mag wees.
Die twee verslae deur die varswater-ekoloog dr. Liz Day, die CBA Map for the Overberg District
Municipality (Holness en Bradshaw, 2010) en die State of Rivers Report: Rivers of the Breede Water
Management Area (RHP, 2011) kan in verband met omgewingsaspekte geraadpleeg word.
3.1 LIGGING, TOPOGRAFIE EN KLIMAAT
Die Elandskloof- en Meerlustkloofriviere is geleë in die H60D Kwaternêre-opvangsgebied teen die
suidelike hange van die Riviersonderendberge in die Breede-waterbestuursgebied, ongeveer 12.5
km wes van Genadendal in die Theewaterskloof Munisipaliteit.
Die twee riviere deel ‘n opvangsgebied van ongeveer 39 km2. Die opvangsgebied het ‘n gemiddelde
jaarlikse reënval van 983 mm. Afloop bereik hoë volumes weens die grootte en steilte van die
opvangsgebied (King, 2012). Sedimente wat in die riviere beland kan breedweg as volg in ingedeel
word (Wooldridge, 2005):
− Spoelklippe, gruis en sand afkomsting van die harde kwartsryke gesteentes van die
Tafelberggroep wat die hoof geologiese ‘boustene’ van die Kaapse Ploeiberge
verteenwoordig; en
− Kleiryke leemgrond wat verband hou met die meer-verweerbare skalies en sandsteen van
die Bokkkeveldgroep.
3.2 BIODIVERSITEITSBRANDPUNTE EN KRITIEKE BIODIVERSITEITSGEBIEDE
Die Breërivier-waterbestuursgebied is geleë in die Kaapse Floristiese Streek, ‘n biogeografiese gebied
wat internasionaal bekend staan as een van 34 ‘globale biodiversiteitsbrandpunte’ vanwee hul
uitsonderlike en bedreigde natuurlewe.
3.2.1 Bedreigde plantegroei
Op ‘n streekskaal, val die dreineringsgebiede van die Elandskloof- en Meerlustkloofrivere binne die
Fynbosbioom, een van die drie biome wat gesamentlik bekendstaan as die Kaapse Floristiese Streek.
Sowat 70-80% van die streek se plantsoorte kom in die Fynbosbioom voor. Hierdie plantegroei
15
(fynbos en renosterveld) word gekenmerk deur ‘n hoë mate van plant-diversiteit op ‘n streeks-
asook ‘n plaaslike vlak (Manning, 2007). ‘n Beraamde 66% van Suid-Afrika se Kritiek Bedreigde
ekosisteme kom in die Fynbosbioom voor.
Greyton Skalie-fynbos (FFh7; Mucina et al., 2006), ‘n Bedreigde ekosisteen ingevolge die 2011-lys
van bedreigde ekostelses, en verwante vleiland-plantegroei sou oorspronklik in die gebied
voorgekom het. Inheemse plantegroei in die vallei-bodem en vloedvlaktes van die twee riviere is
egter heeltemal deur boorde en landbou-infrastruktuur verdring en kom nie meer in hierdie laer-
liggende gebiede voor nie.
3.2.2 Bedreigde riviere en vleilande
Meer as die helfte van Suid-Afrika se vleilande is reeds vernietig en die wat oorbly, tel onder die land
se mees bedreigde natuurlike gebiede (Aurecon, 2009). Veral natuurlik funksionerende vleilande en
riviere maak ‘n uiters belangrike bydrae tot die veerkragtigheid en produktiwiteit van landbou-
ekologiese hulpbronne deur:
−−−− Vloede terug te hou en te reguleer;
−−−− Erosie te beheer (en dus oormatige sedimentasie te verminder);
−−−− Basis-vloei tydens droë periodes in stand te hou;
−−−− Water vir landbou-, nywerheid- en huishoudelike gebruik te voorsien;
−−−− Ondergrondse waterdraers aan te vul;
−−−− Waterkwaliteit te verbeter deur water te filtreer en te suiwer; en
−−−− Natuurlike habitat te skep vir amfibieë, voëls, visse en ander diere.
Die vloedvlaktes van die Elandskloof- en Meerlustkloofriviere is intensief bewerk en gevolglik kom
daar min inheemse plantegroei in hierdie gebiede voor. Riviere, vleiland en vloedvlaktes buite die
berge het ook as gevolg van veral landbou-ontwikkeling baie van hul natuurlike kenmerke,
biodiversiteit en funksies ingeboet.
Die middelste gedeeltes van hierdie stelsels word ingedeel by voetheuwelriviere wat oorgaan in breë
valleibodem-vleilande waar die topografie verplat. ‘Voetheuwelriviere’ word as volg gekenmerk (Job
et al., 2008):
− Middelmatige tot vlak hellings
− Rotssome mag die kanaal definieer
− Beddings gevul met spoelklippe en gruis
− Vloedvlaktes dikwels teenwoordig
16
Valleibodem-vleilande is van die mees-bedreigde vleiland-tipes in die Wes-Kaap.
Fig. 9: Elandskloof- en Meerlustkloofriviere – Kritieke Biodiversiteitsgebiede
Volgens die ‘Wetland Index of Habitat Integrity’, wat die ekologiese toestand van vleilande bepaal
deur na faktore soos habitat- en watergehalte en die voorkoms van ongewerweldes en visse te
verwys, sien die twee riviere se Huidige Ekologiese Status as volg daarna uit (Day, 2013):
Huidige Ekologiese Status4
Februarie 2012 Januarie 2013
Elandskloofrivier Beduidend veranderd (E) Beduidend veranderd (E), met
geringe verbetering t.o.v.
veranderings aan plantegroei
Meerlustkloofrivier
Nie geëvalueer nie
By brug (pakstoor) Beduidend veranderd (E)
Boonste gedeeltes Beduidend tot grootendeels
veranderd (E/D)
4 A = Natuurlike toestand B = Meerendeels natuurlik C = Ietwat veranderd D = Grootendeels veranderd
E = Beduidend veranderd F = Krities veranderd
17
Hierdie toedrag van sake word o.a. toegeskryf aan vloedskade aan die rivier-omgewing in 2008 en
daaropvolgende grondverskuiwings om die pompgat te vestig en die bykomstige omgewingsimpakte
wat hierop gevolg het.
3.2.3 National Freshwater Ecosystem Priority Areas (‘NFEPAs’)
Die nasionale NFEPA-program (Driver et al., 2011) identfiseer riviere en vleilande wat vir die
doeleindes van biodiversiteitsbewaring en volhoubare gebruik bestuur moet word. Sogenoemde
‘Freshwater Ecosystem Priority Areas’ is dikwels sylope van ‘hard-werkende’ riviere wat vir landbou-
en ander gebruike ontgin word, en moet dus in ‘n goeie toestand behou word om varswater-
hulpbronne stroom-af te beskerm. Volgens die NFEPA-kaart vir die WMA 18-gebied is daar ‘n enkele
FEPA-vleiland onderkant die pompgat in die Elandskloofrivier. Die Riviersonderendrivier is
weerskante van sy aansluiting met die Elandskloofrivier as ‘n FEPA-vleiland gekategoriseer. Hoewel
die pompgat as struktuur nie ‘n direkte inwerking op ‘n FEPA-gebied of eienskappe het nie, het veral
die bestuur van watergebruik potensiëel ‘n effek op FEPA’s stroom-af (sien 2.1.3 hierbo).
3.2.4 Kritieke Biodiversiteitsgebiede (Fig. 9)
Kritieke Biodiversiteitsgebiede word d.m.v. sistematiese bewaringsbeplanning geïdentifiseer en
verteenwoordig die kleinste area wat benodig word om biodiversiteit doeltreffend te bewaar
(Maree en Vromans, 2010). Sistematiese bewaringsbeplanning mik om ‘n verteenwoordigende
deursnit van ‘n streek se biodiversiteit te bewaar, asook die ekologiese en ewolusinêre prosesse wat
dit onderhou. Kritieke Biodiversiteitsgebiede word op kaarte aangedui wat die volgende kategorieë
biodiversiteit insluit (die ekologiese bestuursdoelwitte vir hierdie gebiede en kenmerke word ook
weergegee):
Biodiversiteitskategorie Tipes biodiversiteit Bestuursdoelwitte
Beskermde gebiede Verklaarde bewaringsgebiede ���� Behou ongeskonde habitat in ‘n
natuurlike toestand;
���� Indien versteur, bestuur gebied
teen verder agteruitgang; en
���� Rehabiliteer gedegradeerde
habitat tot ‘n semi- of
natuurlike toestand
Kritieke Biodiversiteitsgebiede
(terrestrieël
of akwatiese)
Kritiek Bedreigde plantegroei,
spesies van bewaringsbelang,
ekologiese korridors en
oorgangsgebiede, belangrike
vleilande, ens.
Kritieke Ekologiese
Ondersteuningsgebiede
Buffers om varswater-KBGe te
beskerm, vleilande en riviere wat
KBGe ondersteun, ens. Behou ekologiese prosesse
Ekologiese
Ondersteuningsgebiede
Alle oorblwyende vleilande en
riviere, ens.
Ander Natuurlike Plantegroei Natuurlike veld wat (nog) nie as
KBGe geïdentifiseer is nie
Ontwikkeling kan hier oorweeg
word; moet voldoen aan riglyne
vir grondgebruik in die platteland
18
Die trajekte van die Meerlustkloofrivier en Elandskloofriviever by die onderskeie brûe is volgens die
bewaringsplan vir die Overberg-Distriksmunisipaliteit (Holness en Bradshaw, 2010) albei Kritieke
Biodiversiteitsgebiede en Ekolologiese Ondersteuningsgebiede. Bedreigde spesies of hul habitatte
mag daar voorkom, en die betrokke gedeeltes van die twee riviere vervul ‘n belangrike hidrologiese
funksie.
Die gedeelte van die Elandskloofrivier waar die pomgpat geleë is, word beskryf as ‘n Ekologiese
Ondersteuningsgebied wat vir die behoud van ekologiese prosesses in stand gehou moet word
(Holness en Bradshaw, 2010). Die Elandskloofrivier onderkant die DR1313, waar die waterpyp die
rivier oorsteek, is ‘n Ekologiese Ondersteuningsgebied.
Hierdie plekke is egter erg versteur en sal waarskynlik in hul huidige toestand min bydra tot die
verwesenliking van biodiversteitsteikens vir die betrokke stelselsels, habitatte en ekologiese
prosesse.
Hoofstuk 4 handel spesifiek oor ekologiese bestuursdoelwitte vir die twee riviere en hul vloedvlaktes
en vleilande. Hoofstuk 9 en sit ‘n moniteringsraamwerk uiteen wat die doeltreffendheid van die
instandhoudingsplan- en riglyne moet meet.
3.3 DIE SOSIO-EKONOMIESE KONTEKS
Meerlustkloof’ word uitsluitlik vir die produksie en uitvoer van appels en pere bedryf, en is sedert
1990 in Agrisouth Orchards (SA) (Edms) Bpk se besit. Die plaas beslaan ‘n oppervlak van sowat 930
ha, waarvan omtrent ‘n derde deur boorde en verwante landbou-infrastruktuur benut word.
Die 36 ha wat vanuit die Elandskloofrivier besproei word, het ‘n jaarlikse opbrengs van R3.8-miljoen.
Die plaas bied voltyds werk aan 55 persone en neem tydens die jaarlikse oesseisoen sowat 120
addisionele mense in diens.
Agrisouth Orchards (SA) (Edms) Bpk word jaarliks ingevolge die GlobalG.A.P.- (volhoubare produksie)
en HACCP (kosveilgheid)-sertifiseringsstelsels geoudit, waarsonder vrugte nie uitgevoer kan word
nie.
19
4. EKOLOGIESE BESTUURSDOELWITTE
Faktore wat oorhoofs in ag geneem moet word by die bestuur van riviere, sluit in (Job et al., 2008):
− Handhawing van die hidrologiese en ekologiese status van die loop, oewer en buffer-sone;
− Handhawing van omgewingsvloei (d.w.s. die hoeveelheid water wat op verskillende jaartye
benodig word om varswater-natuurlewe te laat oorleef);
− Voorkoming van besoedeling;
− Voorkoming van erosie en sedimentering;
− Handhawing van ekologiese konnektiwiteit tuseen die oewer en die rivierloop;
− Voorkoming van versteuring aan plant- en diere-habitat; en
− Handhawing van natuurlike vloed-prosesse.
Alle werk wat met mitigasie en instandhouding verband hou moet gevolglik aan die volgende
bestuursdoelwitte voldoen:
− Voorkom erosie, verbeter vloed-kapasiteit en herstel inheemse oewerplantegroei;
− Kies die mees praktiese haalbare, eenvoudigste en mins-versteurende manier om
instandhoudingsdoelwitte te bereik; en
− Mik om die huidige ekologiese status, waar haalbaar, na ‘n ‘D’ te verhef.
20
5. BESTUUR- EN INSTANDHOUDINGSVERWANTE AKTIWITEITE
Die voorkoming, versagting en herstel van die omgewingseffekte van die onderskeie uitgrawings en
strukture omvat drie area’s van belang, nl. impakte op:
− Omgewingsvloei-vereistes van die veral die
Elandskloofrivier wat die verspreiding van
indringerplante bevorder;
− Erosie en sedimentering; en
− Habitat in die stroom-gebied.
Ingeval nuwe brûe, driwwe of grondbewaringsstrukture
aangebring word, moet hierdie planne eers vooraf met die
Departement Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning
uitgeklaar word aangesien omgewingsgoedkeurings dalk hiervoor
nodig mag wees (sien Hoofstuk 6, ‘Wetlike vereistes’).
Enige besluite oor die stabilisering en ekologiese herstel van die
Meerustkloof- en Elandskloofriviere moet egter deur ‘n deeglike
beplanningsfase voorafgegaan word, waarvolgens toekomstige
ingrypings aan die hand van toepaslike hidrouliese,
geomorfologiese en ekologiese studies teen ‘n sinvolle
funksionele skaal onderneem word.
Bestuursaanbevelings word gemaak t.o.v. –
− Die brug oor die Meerlustkloofrivier;
− Die brug oor die Elandskloofrivier;
− Die pompgat in die Elandskloofrivier; en
− Die waterpyp oor die Elandskloofrivier.
5.1 BESTUURSAANBEVELINGS: BRUG OOR DIE MEERLUSTKLOOFRIVIER
5.1.1 Die volgende kwessies moet aangespreek word:
− Bekamping van erosie en stabilisering van die oewers;
− Hervestiging van natuurlike plantegroei; en
− Bekamping van indringerplante.
HERVESTIGING VAN
OEWERPLANTEGROEI
Raadpleeg die Wes-Kaapse
Departement Landbou oor
die hervestiging van
inheemse vleiland-plante om
die loop te stabiliseer en
oewers teen erosie te
beskerm.
Kontak mnr. Johann van
Biljon oor die rehabilitasie
van inheemse plantegroei:
072 734 7287
21
5.1.2 Bestuursoptredes:
− Voorsien beskerming aan brug d.m.v. ‘wingwall’, stroom-op van struktuur, teen
regter (suidelike) oewer aan te bring (gemerk ‘X’ hieronder’) (Fig. 10);
− Hervestig natuurlike oewerplante soos palmiet P. serratum teenaan voet van wal,
stroom-op en stroom-af van brug (Fig. 11); en
− Bekamp indringerplante.
Fig. 10: Herstelde brug oor Meerlustkloofrivier – wal moet
by punt ‘X’ teen erosie versterk word (stroom-af).
Fig. 11: Stippellyn toon nat area in loop waar palmiet e.a.
vleilandplante geplant moet word (stroom-op)
5.2 BESTUURSAANBEVELINGS: BRUG OOR DIE ELANDSKLOOFRIVIER
5.2.1 Die volgende kwessies moet aangespreek word:
− Bekamping van erosie en stabilisering van die oewers;
− Herwinning van vloei-spasie;
− Hervestiging van natuurlike plantegroei soos palmiet P. serratum; en
− Bekamping van indringerplante.
5.2.2 Bestuursoptredes:
− Keerwalle in rivier moet tot teenaan rand van vloedvlakte teruggestoot word (sien
Fig. 12 hieronder);
− Behou huidige profiel van riverbedding (dws. moenie die loop verdiep nie);
− Hervestig inheemse oewerplante soos palmiet P. serratum teenaan voet van oewers
weerskante, stroom-op en stroom-af van brug; en
− Bekamp indringerplante.
X
22
5.3 BESTUURSAANBEVELINGS: VERWYDERING VAN DIE POMPGAT EN ANDER VERSPERRINGS
5.3.1 Die volgende kwessies moet aangespreek word:
− Verwydering van onnatuurlike vernouings en versperrings in die rivierloop wat tot
erosie bydra;
− Hervestiging van vleiland-plantegroei; en
− Die bekamping van indringerplante.
5.3.2 Bestuursoptredes:
− Behou die pompgat totdat die strategiese bestuursplan vir die Elandskloof- en
Meerlustkloofriviere voltooi is. Die pompgat kan intussen gebruik word as bergplek
vir grond- en sedimentversperrings wat vanuit die rivierloop verwyder is.
− Verwyder die losstaande grondtorings gemerk ‘X’ en ‘Y’ (Fig. 13) in die loop regs
(suid) van die pompgat;
− Die rivier moet tot ‘n wydte van minstens 20 m oopgestoot word deur grond uit die
suidelike gedeeltes van die pompgat te skep en binne-in hierdie struktuur te berg.
Sien diagram hieronder. Vermy skade aan die suidelike oewer en donkerkleurige
veen-beddings.
− Verwyder oorblyfsels van die ou ‘weir’ (gemerk ‘Z’ hieronder) (Fig. 13);
− Probeer om sover moontlik die gerehabiliteerde areas by die bestaande profiel van
die rivier in te lyf deur materiaal gelyk plat te stoot en onnatuurlike versperrings uit
die weg te ruim;
Fig. 12: Elandskloofrivier, stroom-af van die
herstelde brug. Keerwalle moet teruggestoot
word (wit pyle), tot teenaan die buitenste
rand van die vloedvlakte weerskante v.d.
river (geel stippellyn). Moene inheemse
plantegroei by ’X’ versteur nie.
X
23
− Die rivier-bedding moet nie enigsins verdiep word nie;
− Die grondverskuiwings moet onder toesig van die Departement Landbou Wes-Kaap
gedoen word; en
− Hou die versteurde gebiede, sowel as die rivier-loop vir sowat 300 m stroom-af van
die pompgat, skoon van indringerplante soos rooisesbania Sesbania punicea, Port
Jackson Acacia saligna en Swartwattel A. mearnsii.
X 34° 3'17.65"S 19°25'13.81"E Z 34° 3'18.65"S 19°25'19.87"E
Y 34° 3'18.12"S 19°25'15.37"E
Fig. 13: Uitgrawings en strukture wat in die nabyheid van die pompgat verwyder moet word.
X
Y
Z
24
5.4 BESTUURSAANBEVELINGS: WATERPYP OOR ELANDSKLOOFRIVIER
5.4.1 Die volgende kwessies moet aangespreek word:
− Voorkoming van erosie, veral weens takke wat in die struktuur (Fig. 14) vassit; en
− Verwydering van alle sand- en gruishope wat erosie mag bevorder.
5.4.2 Bestuursoptredes:
− Verwyder takke wat in die struktuur verstrengel mag raak;
− Alle gruis- en sandhopies wat met die installering van die struktuur verbandhou
moet òf uit die loop verwyder òf platgeskoffel word; en
− Pas indringerbeheer toe.
Fig. 14: Die pype oor die Elandskloofrivier in Januarie 2013. Die pype rus nou op houtpale wat in dromme in
die rivierbodem geplant is (pyl). Die pyp is gemiddeld 1.2 m bokant die bedding van die rivier.
25
6. TOEPASLIKE WETGEWING
Riviere en vleilande is sensitiewe ekostelsels en die gebruik daarvan word streng deur wetgewing
beheer. Die vernaamste wette in hierdie verband is:
− Die Nasionale Wet op Omgewingsbestuur 107 van 1998 (‘NEMA’), soos gewysig;
− Die Nasionale Waterwet 36 van 1998; en
− Die Wet op die Bewaring van Landbou-hulpbronne 43 van 1983.
Een of meer van hierdie wette is waarskynlik van toepassing waar enige van die volgende aktiwiteite
binne of rondom riviere en vleilande beoog word:
− Grondverskuiwings en uitgrawings wat die loop of walle van die rivier of vlei mag beïnvloed;
− Nuwe strukture soos driwwe, keerwalle, stroombrekers of fondasies vir pompe; en
− Die ontwikkeling van nuwe landerye binne ‘n voorgeskrewe afstand van die waterloop of
vlei.
6.1 DIE NASIONALE WET OP OMGEWINGSBESTUUR 107 VAN 1998 SOOS GEWYSIG
Hierdie bestursplan is vir drie doeleindes opgestel, nl. om:
− Te voldoen aan die wetlike vereiste dat alle aansoeke om ‘regstellende’ goedkeuring van
ongemagtigde aktiwiteite ‘n omgewingsbestuursprogram moet insluit; 5
− Te dien as ‘n goedgekeurde instandhoudingsplan waarvolgens plaasinfrastruktuur in die
Elandskloorivier op die plaas ‘Meerlustkloof’ 59/11 – indien nodig – d.m.v.
grondverskuiwings herstel kan word;6 en
− Grondverskuiwings ter ondersteuning van die bestuur, stabilisering en rehabilitasie van die
twee riviere toe laat.
Artikel 24N van NEMA omskryf die minimum vereistes vir omgewingsbestuursprogramme voor. Dit
sluit in aspekte soos maatreëls om omgewingsimpakte te voorkom en te versag, versteurde areas te
rehabiliteer, hoe dit onderneem en gemonitor gaan word, en deur wie oor watter tydperk.
Hoofstuk 1 van NEMA omskryf Nasionale Beginsels vir Omgewingsbestuur wat by alle
owerheidsbesluiting oor die omgewing in ag geneem word. Hierdie beginsels bied ‘n wetlik-
hersienbare definise van ‘volhoubare ontwikkeling’ en vereis o.a. dat versteuring van ekosisteme
vermy moet word, en waar versteuring voorgekom het, dit herstel moet word. Spesiale voorsorg
moet ook getref word by ontwikkeling in sensitiewe en dinamiese ekostelsels soos riviere en
5 NEMA artikel 24G(1)(a)(iv)
6 Aktiwiteit 18, Lyskennisgewing 1, GN R. 544 van 21 April 2010 soos gewysig.
26
vleilande. Die Nasionale Beginsels vir Omgewingsbestuur bepaal dat die bevrediging van menslike
behoeftes voorrang moet geniet by omgewingsbestuur.
NEMA omskryf ook ‘n wetlik-afdwingbare ‘plig tot sorg’7 wat op elkeen van toepassing is:
“Enigiemand wat beduidende besoedeling of agteruitgang van die omgewing
veroorsaak, veroorsaak het of kan veroorsaak, moet redelike stappe doen om die
voorkoming, voortduring of herhaling daarvan te voorkom, of, insoverre sodanige
besoedeling of agteruitgang regtens gemagtig word of nie redelikerwys vermy of
gestop kan word nie, om enige sodanige besoedeling of agteruitgang so min moontlik
te hou of te herstel...”
Dit is ‘n oortreding om ‘n aktiwiteit wat ingevolge die NEMA-regulasies gelys is, sonder
omgewingsgoedkeuring te onderneem.8 Die omgewingsimpakregulasies bied wel beperkte verligting
t.o.v. die instandhouding van riviere en vleie waar hierdie aktiwiteit tot die uitgrawing of verskuiwing
van spoelmaterial beperk is.
6.1.1 Bestuursplanne vir instandhoudingsdoeleindes
Die NEMA-omgewingsimpakregulasies bepaal dat vyf of meer kubieke meter materiaal (klip, gruis,
sand ens) sonder omgewingsgoedkeuring vir die doeleinde van instandhouding in ‘n rivier of vlei
gestort, uitgrawe of verskuif mag word mits die omgewingsowerhede ‘n bestuursplan hiervoor
goedgekeur het.9 Afgesien van grondverskuiwing wat as mitigerende optrede aanbeveel is om die
impakte van die pompgat en naby-geleë sediment-eilande op die rivier-omgewing te versag, word
ook aanbeveel dat die keerwalle wat die loop onderkant die bruggie oor die Elandskloofrivier inperk,
weggeskuif word om meer laterale vloei-spasie te herwin.
6.2 DIE NASIONALE WATERWET 36 VAN 1998
Artikel 21 van die Nasionale Waterwet lê voorskrifte neer vir die neem van water, wat o.a. die
volgende aktiwiteite inhou:
− 21(c) die belemmering of die wegkeer van die vloei van water in 'n waterloop; en/of
− 21(i) die verandering van die bedding, walle, loop of kenmerke van 'n waterloop.
Die wet bepaal dat sulke aktiwiteit slegs ingevolge ‘n watergebruikslisensie onderneem mag word.
Die verpligting om ‘n lisensie te bekom kan egter onder sekere omstandighede nie geld nie omdat ‘n
Algemene Magtiging of ander voorgeskrewe maatreël hiervoor voorsiening maak.10
7 NEMA a. 28
8 NEMA a. 24F(2)
9 Aktiwiteit 18, Staatskennisgewing R. 544 van 18 Junie 2010.
10 Sien bv. GN 1199 of 18 December 2009 – Impeding or diverting the flow of water in a watercourse [Section
21(c)] and Altering the bed, banks, course or characteristics of a watercourse [Section 21(i)]
27
7. VERANTWOORDELIKE PERSONE EN INSTANSIES
Primêre verantwoordelikheid vir die implementering van hierdie bestuurs- en instandhoudingsplan
berus by die Aansoeker, Agrisouth Orchards SA (Edms) Bpk.
Die omgewingsbestuursprogram word deel van die voorwaardes vir goedkeuring vir die betrokke
aktiwiteite en is dus wetlik-afdwingbaar. Agrisouth Orchards (SA) (Edms) Bpk sal gevolglik n
verteenwoordiger moet aanwys om toe te sien dat die omgewingsbestuursprogram en
instandhoudingsplan toegepas word.
Daar word voorsien dat die meer omvattende omgewingsbeplanning wat in die vooruitsig gestel
word om na maniere te kyk om die Elandsdkloofrivier te stabiliseer, rehabilitasie van stapel te stuur
en ‘n alternative manier en plek van onttrekking te vind, saam met die Departement Landbou Wes-
Kaap se Program vir Volhoubare Hulpbronbestuur onderneeem sal word. Die Breede-Overberg
Catchment Management Agency, CapeNature en die Zonderend Watergebruikersvereniging kan ook
by die beplanning betrek word.
Die sleutel-rolspelers wat by die implementaring van die bestuurs- en instandhoudingsplanne
betrokke sal wees, is as volg:
Instansie Verteen-
woordiger
Adres Tel nrs. e-posadres
Agrisouth
Orchards SA
(Edms) Bpk
(Aansoeker)
Mnr. Arrie
Grobler
Posbus 307
CALEDON
7230
(028) 215 8810
082 556 6085
Dept. Landbou
Wes-Kaap
Mnr. Christie
Lourens
Posbus 100
SWELLENDAM
6740
(028) 514 1196 [email protected]
BOCMA Me. Elkerine
Rossouw
Posbus X3055
Worcester, 6849
(023) 347 8131 [email protected]
CapeNature Me. Jeanne
Gouws
Posbus X5014
Stellenbosch
7599
021 866 8000 [email protected]
28
8. BESTUURSRIGLYNE en STRATEGIESE BEPLANNING
Hierdie bestuursriglyne is van toepassing op die algehele instandhouding van die Elandskloof- en
Meerslustkloofriviere, insluitend die bogenoemde ongemagtigde struktuur en hul bestuur en/of
verwydering en rehabilitasie.
8.1 BESTUURSDOELWITTE EN -RIGLYNE
Alle werk wat met mitigasie en/of instandhouding verband hou moet aan die volgende
bestuursdoelwitte voldoen:
− Voorkom erosie, verbeter vloed-kapasiteit en herstel inheemse oewerplantegroie;
− Kies die mees praktiese haalbare, eenvoudigste en mins-versteurende manier om
instandhoudingsdoelwitte te bereik; en
− Mik om die huidige ekologiese status, waar haalbaar, na ‘n ‘D’ te verhef.
8.2 STRATEGIESE BEPLANNING TER ONDERSTEUNING VAN VOLHOUBARE GEBRUIK VAN DIE
RIVIER-OMGEWING
Die aanbevelings oor mitigasie en instandhouding wat hierin saamgevat is, is slegs tydelik van aard.
‘n Omvattende beplanningsproses word aanbeveel om blywende oplossings te vind om die riviere te
stabiliseer en hul ekologiese herstel te bevorder.
29
8.3. INSTANDHOUDING VAN OMGEWINGSVLOEI IN DIE ELANDSKLOOFRIVIER: BEKAMPING
VAN INDRINGERPLANTE
Teikens:
(a) Gebied rondom pompgat en twee brûe vry van indringerplante
(b) Rivierlope 300 m stroom-af van bogenoemde strukture vry van indringerplane
Aspek Afname in vloei weens die pompgat en algemene versteuring bevorder vestigting
van indringerplante, veral Sesbania pucinea, Port Jackson Acacia saligna en
Swartwattel A. mearnsii
Mitigasie o Skakel met CapeNature se kantoor op Greyton oor die mees gepaste manier om
Sesbania te beheer (Mnr. Lawrence Odendal. 072 160 3642).
o Port Jackson kan met die hand uitgetrek word. Spuit opslag andersins met
onkruiddoder en behandel afgekapte stompe met Garlon of iets soortgelyks.
o Behandel jong Swartwattelboompsies soos hierbo.
o ‘n Indringerbeheerplan moet met CapeNature of die Departement Landbou
Wes-Kaap se insette opgestel word voordat stappe gedoen word om digter
infestasies indringerplante te verwyder en te beheer.
Voorsorg-
maatreëls
o Verwyder indringer-saailinge met die hand en verbrand dit in ‘n konka.
Fig. 15: Sesbania pucinea Fig. 16: Swartwattel Acacia mearnsii
30
8.4 OPTREDES OM EROSIE EN OORTOLLIGE AFSETTING VAN SEDIMENT TE VOORKOM
Teikens:
(a) Vrye vloei van vloedwater regs van pompgat verby sonder beduidende erosie aan walle
(b) Herstel vloed-kapasiteit stroom-af van die brug oor die Elandskloofrivier
Aspek Erosie wat deur versperrings in die loop veroorsaak word.
Mitigasie 8.4.1 Pomgat
o Behou die pompgat totdat die studies oor die stabilisering en rehabilitasie van
die Meerlustkloof- en Elandskloofriviere afgehandel is. Berg solank grond en klip
wat vanuit die rivierloop verwyder is, binne die omtrek van die pompgat.
o Hou die struktuur en sy omgewing vry van indringerplante.
8.4.2 Sediment-‘eilande’ in loop suid van pompgat
o Die grondstrukture wat op Fig. 13 aangedui is, moet verwyder word.
o Die rivier moet tot ‘n wydte van minstens 20 m (noordwaarts gemeet vanaf die
suidelike oewer) oopgestoot word deur grond uit die suidelike gedeeltes van
die pompgat te skep en binne-in hierdie struktuur te berg. Sien diagram hierbo
(bl. 23). Moenie die suidelike oewer van die rivier versteur nie.
o Gebruik grondverskuiwingsmasjinerie om die oopgemaakte rivierloop so na aan
sy natuurlike profiel te hervorm.
o Moenie die stroom of enige swart veenagtige grond met klip, gruis of sand
toestoot nie (dit bied uiters skaars habitat vir die hervestiging van
vleilandplante).
8.4.3 Gruis- en klipwalle onderkant brug oor Elandskloofrivier
o Stoot die gruiswalle stroom-af van die brug oor die Elandskloofrivier tot die
buitenste rand van die vloedvlakte, dws. na weerskante van die loop.
8.4.4 Waterpyp oor die Elandskloofrivier
o Verwyder opdrifsels vroegtydig sodat dit nie verstoppings by die waterpyp
veroorsaak nie
o Hou die riverbedding bokant en rondom die waterpyp so plat en egalig moontlik
deur gruis- en kliphope plat te skoffel of te stoot
8.4.5 Brûe oor die Meerlustkloof- en Elandskloofriviere
o Verwyder opdrifsels wat die duikerpype kan verstop
o Kry vroegtydig raad vanaf die Departement Landbou Wes-Kaap en ‘n varswater-
ekoloog indien die brûe enige teken van onstabiliteit of ‘n toename in erosie
toon
31
8.4.6 Indien brûe dringend weens vloedskade herstel moet word, tree as volg op:
o Raadpleeg eers die Departement Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning,
Departement Landbou Wes-Kaap en ‘n varswater-ekoloog voordat nood-
herstelwerk ingevolge hierdie instandhoudingsplan onderneem word
o Sper die gedeeltes waar gewerk gaan word tydelik af met sandsakke of klippe
om die stroom deur intakte pype te herlei – dit kan egter net gedoen word as
watervlakke laag genoeg is, en die versperring nie tot erosie gaan bydra nie
o Die herstelde brug mag geensins van sy bestaande ligging afwyk nie, dit mag nie
vergroot word nie, en moet met presies dieselfde materiaal herstel word as wat
voorheen gebruik is
o Sodra herstelwerk voltooi is, moet alle versperrings wat met die herstelwerk
verband hou verwyder word. Wees veral versigtig vir ongelykhede in die
rivierbedding wat erosie kan veroorsaak – die bedding moet so egalig moontlik
gehou word
8.4.6 Algemene riglyne t.o.v. grondverskuiwings vir instandingsdoeleindes
o Raadpleeg eers die Departement Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning,
Departement Landbou Wes-Kaap en ‘n varswater-ekoloog voordat nood-
herstelwerk ingevolge hierdie instandhoudingsplan onderneem word
o Sper vooraf sensitiewe gebiede af (bv. areas met inheemse plantegroei, of
oorblyfsels van die oorspronklike vleiland-bodem) (Fig. 17)
o Geen materiaal mag in die aktiewe loop van die rivier gestort word nie
o Grondverskuiwings moenie die diepte of die rigting van die loop verander nie,
en uitgrawings van die regterkantste (suidelike) wal moet ten alle koste
voorkom word.
o Geen materiaal mag teen die buitenste draai van die loop opgestapel word nie.
o Alle sediment (grond, gruis, klip) wat vir rehabilitasie van die pompgat gebruik
kan word, moet onder toesig van die Departement Landbou op ‘n veilige plek
geberg word.
o Materiaal wat uit die rivierlope gehaal word, moet op so ‘n manier geberg word
dat dit nie tot vernouing van die lope bydra nie of tydens vloede weer in die
riviere sal beland.
o Hou die oopgemaakte gebied skoon van indringerplante.
Voorsorg-
maatreëls
o Die Wes-Kaapse Department van Landbou moet vooraf geraadpleeg word
voordat enige grondverskuiwings ingevolge hierdie bestuurs- en
instandhoudingsplan onderneem word (Kontakpersoon: Mnr. Christie Lourens,
Tel. 028 514 3249 of Sel 082 909 1694 [email protected])
o Gaan masjinerie na vir olie- en brandstoflekke.
o Bande en kruiptrekkerspore moet vooraf afgespoel word om te voorkom dat
indringersade van elders tot die rivier ingevoer word.
o Sorg dat plekke waar brandstof ingegegooi word nie tot besoedeling van die
rivier sal bydra nie.
o Grondverskuiwings moet verkieslik net plaasvind wanneer die rivier op sy
32
droogste is.
o Indien grondverskuiwings oormatige sedimente in die rivier vrylaat, moet
hierdie water opgevang word en na ‘n suiweringsdammetjie (‘settling pond’)
herlei word voordat die water weer in die rivier gepomp word.
o Daar moet net van een toegangspunt tot die loop gebruikgemaak word.
o Voertuie moet tot ‘n vooraf-afgebakende gebied beperk word.
8.5. OPTREDES OM SKADE AAN BINNE-STROOM HABITAT TE VOORKOM EN TE VERSAG
Teiken: 75% van hervestigde plante oorleef ná eerste jaar
Aspek Agteruitgang van natuurlike habitatte
Mitigasie o Pas indringerbeheer toe soos hierbo uiteengesit
o Stel ‘n aanplantingsprogram op met insette deur die Deparement Landbou Wes-
Kaap en CapeNature
o Geskikte inheemse plantsoorte moet gebruik word om die bedding van die loop
en die oewer te stabiliseer, en by te dra tot die hervestiging van natuurlike
habitat binne die loop (sien kontak-besonderhede vir Johann van Biljon hierbo).
Voorsorg-
maatreëls
o Die lys van plantsoorte moet deur CapeNature goedgekeur word.
Fig. 17: Veengrond (met pyle aangedui)
in die vloedvlakte van die Elands-
kloofrivier naas die pomgat. Dit lyk asof
hierdie bedreigde habitat-tipe doel-
bewus deur ‘n vorige grondeienaar
toegestoot is om boorde in die
vloedvlakte te vestig. Heuwels met
Greyton Skalie-fynbos in die agtergrond.
33
9. EKOLOGIESE MONITERING
Ekologiese monitering word ingespan om die ‘gesondheid’ van die river-omgewing vóór en ná
mitagasie- en/of instandhoudingsoptredes te bepaal. Daar word sodoende vasgestel of mitigasie en/
of instandhouding aan die bestuursdoelwitte voldoen en, indien nie, wat gedoen moet word om
omgewingsverandering binne aanvaarbare perke te hou.
9.1 HOOF KOMPONENTE VAN ‘N EKOLOGIESE MONITERINGSPROTOKOL
Ekologiese monitering behels in breë trekke die volgende:
a) Identifisering van indikators of aanwysers waarvolgens die toestand van ‘n ekosistem voor
en ná beoogde versteuring beskryf en gemeet kan word;
b) Die bepaling van ‘n ekosisteem of habitat se toestand voordat ‘n beoogde aktiwiteit
onderneem word;
c) Bepaling van ‘n ekosisteem of habitat se toestand nadat die aktiwiteit onderneem is, en
versagtende maatreëls toegepas is;
d) Die ontleding, met verwysing na indikators (‘a’), van enige waarneembare verandering in
die toestand van die ekosisteem soos onderskeidelik bepaal deur ‘b’ en ‘c’; en
e) ‘n Besluit of die waargenome omgewingsverandering binne aanvaarbare perke is (soos bv.
omskryf deur die ekologiese bestuursdoelwitte waarvan die toepassing van hierdie
bestuursplan moet voldoen) of, indien nie, om optredes te identifiseer wat tot die gewendse
ekologiese en omgewingsgevolge aanleiding sal gee. Die gevolge van sulke herstellende of
voorkomende optredes moet ook in eie reg gemonitor word.
Die implikasies van elkeen van hierdie fasette van ekologiese monitering t.o.v. die gebruik, bestuur
en herstel van die pompgat in die Elandskloofrivier word hieronder uiteengesit.
Die ‘River Health Programme’ gebruik ‘n kombinasie van ses indekse waarvolgens die ekologiese
gesondheid van varswaterstelstels bepaal word (habitat-integriteit, water-gehalte, die voorkoms van
onderskeidelik ongewerweldes en visse, die toestand van oewerplantegroei, en die geomorfologiese
toestand van ‘n rivier).
34
9.2 INDIKATORS OM DIE EKOLOGIESE TOESTAND VAN DIE RIVIERE TE MEET (MANGOLD, 2001)
9.2.1 ‘Index of Habitat Integrity’
Die nasionale ‘River Health Programme’ (RHP) maak gebruik van die sg. ‘Index of Habitat Integrity’
(IHI) om ‘n vinnige, basiese oorsig van ‘n rivier en sy oewer-omgewing se ekologiese toestand te
verkry. IHI-evaluasies kan elke drie tot vyf jaar en met ‘n hoë mate van vertroue onderneem word.
Die IHI-metodiek word as volg definieer:
Aerial assessment of the overall condition of the river and catchment with respect to habitat
availability and diversity, as well as surrounding land-use...
Fasette waarna gekyk word sluit in inwerkings op stroom- en oeweromgewings vanwee o.a.
onttrekking van water, keerwalle en damme, en besmetting deur indringerplante en -diere. Die
bevindings van ‘n IHI-ondersoek word in ‘n sg. ‘site characterisation report’ saamgevat wat ‘n
oorhoofse evaluasie bied van ‘n rivier se ekologiese toestand (ingedeel volgens die alfabetiese, A-F-
skema, van die RHP), aanbevelings kan doen oor addisionele monitering, en optredes kan voorstel
om skade aan die omgewing te voorkom of te herstel.
Ekologiese monitering van die riviere en die inwerking daarop van instandhouding moet minstens
deur ‘n ‘IHI’-evaluasie voorafgegaan word.
9.2.2 ‘South African Scoring System (SASS)’
Die ‘SASS’-metodiek meet die verskeidenheid en aantal gemeenskappe van makro-ongewerweldes
om die ekologiese toestand van riviere te bepaal. Hierdie is die mees algemene
biomoniteringstegniek in Suid-Afrika, en word in verskeie, aangepasde formate sedert 1980
toegepas. SASS5 is tans in gebruik.
SASS moet twee tot driekeer ‘n jaar onderneem word. Omdat ongewerwelde organismes ‘n baie
korter lewenssiklus as visse het, dien dit as sensitiewe indikators van omgewingsverandering oor
kort tydperke heen. SASS-opnames moet tydens en aan die einde van die droë seisoen (dws somer)
onderneem word, en weer aan die einde van die nat (winter-) seisoen. Dit word aanbeveel dat SASS
saam met die ‘IHAS’-tegniek gebruik word, oftewel die ‘Invertebrate Habitat Assessment System’.
35
9.2.3 ‘Invertebrate Habitat Assessment System’
Waar SASS insek-gemeenskappe in riviere meet om afleidings te maak oor die biotiese toestand van
‘n stelsel en veranderings in die korter termyn, kyk die IHAS-metodiek na die toestand en
beskikbaarheid van habitat waar SASS-opnames onderneem word. IHAS en SASS-opnames moet
verkieslik saam gedoen word, twee tot drie keer ‘n jaar. Die seisoenale skedulering hiervan is dus
dieselfde as wat vir SASS vereis word.
IHAS behels:
Assessing the condition and availability of intervertebrate habitats of the site being
sampled...
9.2.4 Geomorfologiese Indeks (GI)
Die laaste indeks wat ingespan moet word, word gebruik om die fisiese toestand en vorm van
rivierkanale, beddings en oewers te bepaal. Dit fokus gevolglik op die geologiese struktuur,
materiaal, sedimente en afsettingspatrone waardeur ‘n rivierloop gekenmerk word. Die standaard-
gebruik is dat ondersoeke ingevolge die Geologiese Indeks tweemalig onderneem word: eerstens
om basislyn-toestande vas te stel, gevolg deur ‘n evaluasie ná vloede wat rivierlope beduidend
verander het. Dit kan egter ook gebruik word om hierdie soort verandering a.g.v.
instandhoudingskasies te peil.
9.2.5 Ander indikators wat ook ingespan word
Die ander komponente waaruit die ‘River Health Programme’-metodiek bestaan, is die peiling van
watergehalte, evaluering van die toestand van oewer-plantegroei, en vistellings. Omgewings-
verandering kan ook gemeet word aan die hand van die voorkoms en/of toestand van:
− Habitat of bepaalde dier- of planstoorte binne Kritieke Biodiversiteitsgebiede en
waarvolgens hierdie areas se strategiese belang vir biodiversiteitsbewaring geïdentifiseer is;
− Die ekologiese funsionaliteit van s.g. ‘Ekologiese Ondersteuningsgebiede; en
− ‘Freshwater Ecosystem Priority Areas’, soos vleilande of rivierlope wat aan bepaalde
opvangsgebiede gekoppel word.
Moniteringsuitslae moet aan CapeNature en BOCMA voorgelê word. Sien ook Roets et al. (geen
datum) vir CapeNature se riglyne oor ontwikkeling in riviere.
36
9.3 MONITERINGSTAKE T.O.V. DIE MEERLUSTKLOOF- EN ELANDSKLOOFRIVIERE
TIPE MONITERING LIGGING INTERVALLE − Moniteringspunte moet aan die
hand van ‘n terrein-besoek geïdentifiseer word.
− Finale besluite oor monitering moet die kostes daarvan in ag neem.
− Die hoeveelheid plekke waar monitering plaasvind kan metteryd na gelang van data en omgewing-stoestande verminder word
SASS5 (Water-gehalte en habitat-gehalte vir ongewerweldes) Bepaal basis waarvolgens effekte van mitigasie bepaal kan word
− Elandskloof- en Meerlustkloofriviere:
− Stroom-op van landerye/boorde, in soortgelyke omgewings;
− Aanliggend tot ontwikkelde areas, bokant die sameloop van die twee riviere;
− Binne die Elandskloofrivier bokant die pompgat;
− Aanliggend tot die pompgat; − Onmiddelik stroom-af van die
pompgat; − Onmiddelik stroom-op van
aansluiting met Riviersonderend
− Begin dadelik − Daarna kwartaaliks − Kan minder dikwels gedoen word
sodra loop n.a.v. rehabilitasie gestabiliseer het
Water-gehalte toetse (Meet voedingstowwe en sedimente in suspensie) − TSS (‘total suspended solids’) –
hoef net tydens konstruksie/instandhouding gemeet word
− Totale fosfor − Total anorganiese stikstof − EC (‘electrical conducitivty’) − pH − Opgelosed suurstof − Ammoniakstikstof-konsentrasie − Ortofosfaat-konsentrasie
− Elandskloof- en Meerlustkloofriviere, stroom-op van versteurings maar in dieselfde soort omgewing
− Aanliggend tot ontwikkelde grond, bokant sameloop
− By die brug in die Elandskloofrivier (stroom-op van pompgat)
− Stroom-af v.d. pompgat
− Dadelik − Daarna kwartaaliks − LW: Water-monsters moet
onmiddelik voor, tydens en ná konstruksie- of instandhoudings-verwante aktiwiteite geneem word indien werke aanleiding gee tot versteuring van die loop en walle van die rivier.
Vloei-monitoring (Slegs nodig indien ontwerp van lang-termyn rehabilitasie dit vereis)
− Intervalle moet deur hidroloog bepaal word
Vis-gemeenskappe Slegs in hoofstrome
Soos vir SASS5 hierbo − Dadelik, voor mitigasie − Daarna jaarliks − ‘n Vis-deskundige moet bepaal in
watter seisoen opnames moet plaasvind
‘Present Ecological State’ Soos vir SASS5 hierbo − Dadelik − Ná een jaar − Dan vyf-jaarliks
37
9.4 OMGEWINGSBESTUURSBEAMPTE: RAPPORTERING EN PROSEDURES
‘n Omgewingsbestuursbeampte (‘environmental control officer’) en verteenwoordiger van die
Department Landbou Wes-Kaap se Program vir Volhoubare Hulpbronbestuur moet teenwoordig
wees wanneer grondverskuiwings en verwante aktiwiteite onderneem word.
Hulle moet ook toesien dat dat die goedgeurde omgewingsbestuurs- en instandhoudingsplan
nagekom word. Die omgewingsbestuursbeampte moet binne tien (10) werksdae nadat
instandhouding afgehandel is, aan CapeNature en BOCMA verslag doen. Kwessies wat aangeroer
moet word, sluit in:
− Wanneer, waar, deur wie en onder watter vloei- en weerstoestande mitigasie en/of
instandhouding onderneem is;
− Of die mitigasie en/of instandhouding aan die voorskrifte van die bestuurs- en
instandhoudingsplan voldoen het; en,
− Indien nie, wat presies gebeur het, of dit beduidende omgewingskade veroorsaak het en,
indien wel, wat gedoen is om die sitausie reg te stel.
Indien ernstige verskille mag ontstaan oor interpretasie en toepassing van die
omgewingsbestuursplan/instandhoudingsplan, moet CapeNature en BOCMA hiervan ingelig word
en, as die saak nie bygelê kan word nie, moet die Departement Omgewingsake en
Ontwikkelingsbeplanning as arbiter betrek word.
9.6 OMGEWINGSOPVOEDING
Personeel wat by mitigasie en/of instandhouding betrek word moet touwys gemaak word in die hoof
doelwitte van die goedgekeurde instandhoudingsplan en die bestuursriglyne wat daarin neergelê is.
Hierdie is ‘n lewende dokument wat daarop gemik is om volhoubare landbou-gebruik van die twee
riviere te bevorder. ‘n Goedgekeurde omgewingsbestuursprogram en -instandhoudingsplan is egter
ook wetlik afdwingbaar en die verantwoordelikheid rus by elkeen wat by omgewingsbestuur en/of
instandhouding betrokke is, om toe te sien dat hierdie planne se voorskrifte noukeurig nagekom
word.
38
BRONNELYS
Aurecon (2010) Final Draft Urban Rivers Analysis in Drakenstein Municipality: Hugos-Palmiet River in
Paarl and Spruit, Leeu and Krom Rivers, Wellington. Unpubl. report for the Drakenstein
Municipality: Civil Engineering Department, Cape Town.
Day, Liz (2012) Section 24G application for rectification of an unauthorised sump on the farm
Meerlustkloof, near Villiersdorp: Specialist comment on freshwater ecosystems. Freshwater
Consulting Group.
Day, Liz (2013) Section 24G application for rectification of unauthorised activities on the farm
Meerlustkloof, near Villiersdorp: Specialist comment on freshwater ecosystems. Freshwater
Consulting Group.
Driver A, Nel JL, Snaddon K, Murray K, Roux DJ, Hill L, Swartz ER, Manuel J and Funke N (2011)
Implementation Manual for Freshwater Ecosystem Priority Areas. Water Research Commission
Report No 1801/1/11, South African National Biodiversity Institute, Pretoria.
Holness S and Bradshaw P (2010) Critical Biodiversity Areas of the Overberg District Municipality.
Park Planning and Development Unit, SANParks, Port Elizabeth
http://bgis.org/overberg/project.asp.
Job, Nancy, Kate Snaddon, Liz Day, Jeanne Nel, Lindie Smith-Adao (2008) C.A.P.E. fine-scale planning
project: AQUATIC ECOSYSTEMS OF THE UPPER BREEDE RIVER VALLEY PLANNING DOMAIN.
Freshwater Consulting Group and Council for Scientific and Industrial Research.
King H (2012) Hydrological Study of the Meerlustkloof and Elandskloof Rivers, Caledon. Report
prepared by the Western Cape Department of Agriculture, Elsenburg.
Mangold S (2001) National Aquatic Ecosystem Biomonitoring Programme: An Implementation
Manual for the River Health Programme – a hitch hiker’s guide to putting the RHP into action.
NAEBP Report Series No 15. Institute for Water Quality Studies, Department of Water Affairs and
Forestry, Pretoria, South Africa.
Manning J (2007) A Field Guide to Fynbos. Struik Publishers,Cape Town.
Maree KS and Vromans DC. (2010) The Biodiversity Sector Plan for the Witzenberg, Breede Valley
and Langeberg Municipalities: Supporting land-use planning and decision-making in Critical
Biodiversity Areas and Ecological Support Areas. Produced by CapeNature as part of the C.A.P.E.
Fine-scale Biodiversity Planning Project. Kirstenbosch.
Mucina L, Rutherford MC and Powrie LM () (2006) The Vegetation Map of South Africa, Lesotho and
Swaziland. Strelitzia 19, South African National Biodiversity Institute, Pretoria.
National Freshwater Ecosystem Priority Areas (2011) GIS Shapefiles and metadata. Council for
Scientiific and Industrial Research, Stellenbosch.
River Health Programme (2011) State of Rivers Report: Rivers of the Breede Water Management
Area. Department of Water Affairs, Western Cape, Republic of South Africa.
Roets W, Schutte-Vlok A, Barry T en de Villers B (Geen datum) Guidelines for River Maintenance.
Voorberei vir CapeNature en aangehaal deur Hilland Associates.
Wooldridge J (2005) Geology of the Breede River Valley: Worcester to Robertson, in Wynboer
http://www.wynboer.co.za/recentarticles/200503breede.php3