Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.docx

8
1 | Bladsy Matteus 6:19-34 Onverwagse opbrengste – 9 Maart 2014 Verwelkoming Dit is tyd vir die Argus fietstoer dié naweek. Sterkte vir ‘n hele paar van ons lidmate wat dié uitdaging aandurf in die Kaap. Ons is die afgelope boekjaar geseën om ons begroting te kon maak. Die Here seën ons met ‘n bogemiddelde inkomste per belydende lidmaat. Ons sê daarom ook in die eerste plek vir Hom dankie en nooi u uit om op dieselfde wyse dié jaar voort te gaan om die visie van die gemeente te ondersteun: Geseën om te seën. Ons sal binnekort die begroting vir die nuwe jaar bekendmaak. Welkom ook aan besoekers. Geniet dit hier saam met ons. Besoek ons lewendige Facebook blad (https://www.facebook.com/ngkerksomerstrand) asook ons webtuiste (http://www.ngkerksomerstrand.co.za) waar alle preke en kleingroepmateriaal en sommer nog baie ander hulpmiddels geplaas word. Ons dagboek word ook gereeld opgedateer, so jy sal alle inligting daar kry. Drink ook ‘n koppie koffie en tee saam met ons hierna. As hier nuwe intrekkers is, kom sien my na die tyd, dat ons julle kan inskakel en laat tuiskom. ‘n Hele aantal mense het dié week ‘n draai in die hospitaal gemaak. Sommige is al uit, en ander het nog uitdagings wat voorlê. Ander het meer persoonlike trauma beleef, en ons wil julle almal net van ons voorbidding en meelewing verseker. En as jy vandag hier sit met ‘n brandende behoefte – ek gaan wel preek daaroor en ek dink die Here gaan vir jou ‘n boodskap gee – maar dit is nie nodig om alleen te worstel met jou pyn en lyding nie. Bel een van die leraars, kom sien ons, bel een van die ouderlinge, bid vir mekaar en dra so mekaar se laste. Dit is Lydenstyd – en net soseer as wat ons nadink oor Jesus se lyding, fokus ons ook op dissipelskap, om die Here met alles wat in ons is, te dien. Baie fokus in dié 40 dae tot Paasnaweek op een of ander manier van vas – dit is goed so, so lank as wat dit jou uitbring by groter toewyding aan die Here. Laat ons mekaar daarin ondersteun. RUS Kom ons raak stil en gee geleentheid dat elkeen met geslote oë nadink oor die afgelope week. Dink vir ‘n minuut terug na watter slegte dinge gebeur het. Gee dit vir die Here. Dink vir ‘n minuut terug na watter goeie dinge gebeur het. Dank die Here daarvoor. Die Here belowe in Ps. 37:5: “Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.” Dink daaroor na en antwoord die Here in ‘n eenvoudige gebed. Toetrede Liedboek 241:1-3 (gemeente 1 en 3, koor 2) – Troue Here van my lewe – sit

description

‘n Mens kan dié gedeelte uit die hoek van ‘n nuwe beleggingstrategie lees. Jesus stel vir ons onverwagse opbrengste in die vooruitsig. Aan die basis daarvan lê ‘n revolusionêre waardestelsel. Vers 32-33 in die nuwe Afrikaanse vertaling wat dié week vrygestel word: “Julle hemelse Vader weet tog wat julle alles nodig het; soek daarom bo alles na God se koninkryk en sy geregtigheid, en al die lewensmiddele sal vir julle bygevoeg word.” Dít is waaroor dit gaan in hierdie gedeelte – beide in die wyse waarop ons ons besittings en welvaart gebruik aan die een kant, en die wyse waarop ons ons bekommernisse hanteer aan die ander kant.

Transcript of Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.docx

Page 1: Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.docx

1 | B l a d s y

Matteus 6:19-34

Onverwagse opbrengste – 9 Maart 2014

Verwelkoming

Dit is tyd vir die Argus fietstoer dié naweek. Sterkte vir ‘n hele paar van ons lidmate wat dié

uitdaging aandurf in die Kaap.

Ons is die afgelope boekjaar geseën om ons begroting te kon maak. Die Here seën ons met ‘n

bogemiddelde inkomste per belydende lidmaat. Ons sê daarom ook in die eerste plek vir Hom

dankie en nooi u uit om op dieselfde wyse dié jaar voort te gaan om die visie van die gemeente te

ondersteun: Geseën om te seën. Ons sal binnekort die begroting vir die nuwe jaar bekendmaak.

Welkom ook aan besoekers. Geniet dit hier saam met ons. Besoek ons lewendige Facebook blad

(https://www.facebook.com/ngkerksomerstrand) asook ons webtuiste

(http://www.ngkerksomerstrand.co.za) waar alle preke en kleingroepmateriaal en sommer nog baie

ander hulpmiddels geplaas word. Ons dagboek word ook gereeld opgedateer, so jy sal alle inligting

daar kry. Drink ook ‘n koppie koffie en tee saam met ons hierna.

As hier nuwe intrekkers is, kom sien my na die tyd, dat ons julle kan inskakel en laat tuiskom.

‘n Hele aantal mense het dié week ‘n draai in die hospitaal gemaak. Sommige is al uit, en ander het

nog uitdagings wat voorlê. Ander het meer persoonlike trauma beleef, en ons wil julle almal net van

ons voorbidding en meelewing verseker.

En as jy vandag hier sit met ‘n brandende behoefte – ek gaan wel preek daaroor en ek dink die Here

gaan vir jou ‘n boodskap gee – maar dit is nie nodig om alleen te worstel met jou pyn en lyding nie.

Bel een van die leraars, kom sien ons, bel een van die ouderlinge, bid vir mekaar en dra so mekaar se

laste.

Dit is Lydenstyd – en net soseer as wat ons nadink oor Jesus se lyding, fokus ons ook op dissipelskap,

om die Here met alles wat in ons is, te dien. Baie fokus in dié 40 dae tot Paasnaweek op een of ander

manier van vas – dit is goed so, so lank as wat dit jou uitbring by groter toewyding aan die Here. Laat

ons mekaar daarin ondersteun.

RUS

Kom ons raak stil en gee geleentheid dat elkeen met geslote oë nadink oor die afgelope week.

Dink vir ‘n minuut terug na watter slegte dinge gebeur het.

Gee dit vir die Here.

Dink vir ‘n minuut terug na watter goeie dinge gebeur het.

Dank die Here daarvoor.

Die Here belowe in Ps. 37:5: “Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal

sorg.” Dink daaroor na en antwoord die Here in ‘n eenvoudige gebed.

Toetrede

Liedboek 241:1-3 (gemeente 1 en 3, koor 2) – Troue Here van my lewe – sit

Page 2: Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.docx

2 | B l a d s y

Ons steek ‘n kers aan vir die eerste Sondag in Lydenstyd terwyl ons sing.

Votum en Seëngroet

Lofsang

Vonkk 45 – Dankie, Heer, dat U by my bly (koor vers 1, Gemeente Afr., Eng., Afr.) – sit

Psalm 33:1,2 – Sing juigend, sing ’n nuwe loflied – staan

HOOR

Skriflesing

‘n Mens kan dié gedeelte uit die hoek van ‘n nuwe beleggingstrategie lees. Jesus stel vir ons

onverwagse opbrengste in die vooruitsig. Aan die basis daarvan lê ‘n revolusionêre waardestelsel.

Vers 32-33 in die nuwe Afrikaanse vertaling wat dié week vrygestel word: “Julle hemelse Vader weet

tog wat julle alles nodig het; soek daarom bo alles na God se koninkryk en sy geregtigheid, en al die

lewensmiddele sal vir julle bygevoeg word.”

Dít is waaroor dit gaan in hierdie gedeelte – beide in die wyse waarop ons ons besittings en welvaart

gebruik aan die een kant, en die wyse waarop ons ons bekommernisse hanteer aan die ander kant.

Matteus 6:19-34

(nuwe kerkbybel vertaling)

19 Moenie vir julle skatte op aarde bymekaar maak, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek

en steel nie. 20 Maar maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes nie verniel nie en

waar diewe nie inbreek en steel nie. 21 Want waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.

22 Die oog is die lamp van die liggaam. As jou oog suiwer is, sal jou hele liggaam verlig wees. 23 Maar

as jou oog boos is, sal jou hele liggaam donker wees. As die lig in jou donker is, hoe groot is die

duisternis nie!

24 Niemand kan twee base dien nie. Want hy sal óf die een haat en die ander een liefhê, óf hy sal aan

die een lojaal wees en die ander een verag. Julle kan nie God én Mammon (die Griekse transliterasie

van die Aramese Mamona; dit dui op geld, besittings, dit waarop jy jou vertroue plaas) dien nie.

25 Daarom sê Ek vir julle, moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle sal eet, of oor wat julle

sal drink, of oor julle liggaam, wat julle sal aantrek nie. Is die lewe dan nie belangriker as kos en die

liggaam as klere nie? 26 Kyk na die voëls in die lug: Hulle saai nie en hulle maai nie en hulle versamel

niks in skure nie. Tog sorg julle hemelse Vader vir hulle. Is julle nie meer werd as hulle nie? 27 Wie van

julle kan deur hom te bekommer, een el by sy lewe voeg? 28 En waarom is julle oor klere bekommerd?

Let goed op hoe die veldblomme groei. Hulle swoeg nie en hulle spin nie. 29 Maar Ek sê vir julle, selfs

Salomo in al sy prag was nie soos een van hulle geklee nie. 30 As God die gras van die veld, wat vandag

daar staan en môre in 'n oond gegooi word, so klee, hoeveel te meer nie vir julle, kleingelowiges?

31 Moet julle daarom nie bekommer en vra, Wat sal ons eet? of Wat sal ons drink? of Wat sal ons

aantrek? nie. 32 Dit is immers alles dinge waarna die heidene soek. Julle hemelse Vader weet tog wat

julle alles nodig het. 33 Maar soek bo alles na God se koninkryk en sy geregtigheid, en al hierdie dinge

Page 3: Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.docx

3 | B l a d s y

sal vir julle bygevoeg word. 34 Moet julle dus nie bekommer oor môre nie, want môre sal hom oor

homself bekommer. Elke dag het genoeg van sy eie kwaad.

Kindertyd

Waaroor bekommer julle julle?

Julle het ander bekommernisse as die grootmense, nie waar nie? Grootmense bekommer hulle oor

die geld vir kos en klere, maar julle is bekommerd of die kos lekker sal wees. Hou julle hiervan?

Foto’s van pampoen, broccoli, lewer. En julle wonder of julle klere mooi gaan wees, en of jou maats

sal hou van jou klere. Nie waar nie?!

Grootmense is mos ook al oud, nê! Hulle wonder oor hoe lank hulle sal leef en of hulle gaan siek

word of nie. Maar julle is meer bekommerd oor hoe lank jy eendag sal wees of hoe groot jy sal wees

(foto van lank en kort man), of hoe vinnig of hoe slim (foto van twee hardlopers), en almal van ons

wil aantreklik wees as ons groot is, nie waar nie?

Wat moet ons dan doen as ons oor dié dinge bekommerd is?

Jesus sê: ons moet die Here vertrou. Ons moet Hom liefhê, vir Hom leef, en dan sal Hy vir ons alles

gee wat ons regtig nodig het.

Jesus vertel vir ons hier in die Bybel hoe Hy sorg vir die voëls in die lug (foto van voël by sade), en die

veldblomme (foto van veldblomme) en gras in die veld (foto van gras). God se plan vir die voëls en

die veldblomme en die gras in die veld, is dat hulle nét reg sal grootword, dat Hy vir hulle gee presies

net wat hulle nodig het ... en Hy wil dieselfde vir ons doen. Of ons nou lank of kort gaan wees, of ons

nou normaal gaan wees of baie aantreklik, dit is deel van God se goeie plan.

Die geheim is om tevrede te wees met hoe God jou gemaak het, en om jou hart uit te speel en leer

en leef.

En ons kan altyd bid. Paulus sê: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes

deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.”

Waarvoor kan ons alles bid?

Wat beteken dit om te smeek?

Wat beteken dit om dankie te sê?

Kom ons bid vir julle behoeftes!

Liedboek 543:1 – Here Jesus, ek is klein – sit

Woordverkondiging

Jesus praat oor besittings en bekommernisse

Jesus moedig ons vandag aan om twee goed te doen:

Om nie te geheg te raak aan besittings nie.

Om ons nie oor die lewe te bekommer nie.

Page 4: Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.docx

4 | B l a d s y

En om ons daarmee te help, gee hy vir ons ‘n beleggingstrategie wat ons daarmee sal help: belê in

die koninkryk van God en in sy geregtigheid, en jy sal dividende ontvang, ongekende en onverwagse

opbrengste.

Jesus gee drie voorbeelde van God se sorg

Om ons aan te moedig en ons te oortuig om dit te doen, verwys Hy na drie voorbeelde in die natuur.

Die voëls werk nie vir hulle kos nie, en tog sorg God vir hulle. Hulle het nie plase waar hulle

hard werk om die koring te saai en te oes en in silos op te gaar nie. Nee, God sorg vir hulle.

Hulle pik die saad op net waar dit vir hulle gestrooi is op die aarde.

Net so ook die veldblomme en die gras. Hulle sorg nie vir klere nie, en tog maak God hulle

mooi. Hulle het nie klere nodig nie. Selfs Salomo in al sy heerlikheid, sê Jesus, was nie so

mooi soos een enkele veldblom in God se tuin nie.

Hierdie voorbeelde uit die natuur kan ‘n duisendvoudig aangevul word.

Een ding wat my op die oomblik verstom, is die sinergie in die groter prosesse op aarde, wat op God

se sorg op ‘n makro-vlak dui. Hier is net een só ‘n verhaal, maar daar is letterlik duisende sulke

voorbeelde.

Die Bodélé Depressie (eerste foto) in die suide van die groot Sahara woestyn is aan die grens van

Chad in Noord-Sentraal-Afrika (tweede foto van Chad in Afrika). Dit is ’n baie droë sandgebied met

’n reeks droë mere omring met hoë berge. Wanneer dit wel reën in die Sahara vul die nie-

standhoudende mere met alge wat uiteindelik weer uitdroog in die son en ’n mineraalryke neerslag

op die sand agterlaat.

Die vorm van die laagliggende dele omring met die hoë berge veroorsaak dat die winde wat daar

waai ’n kragtige lugstroom veroorsaak wat miljoene ton mineraalryk stof – van die residu van die alge

– die lug inblaas (derde foto). Navorsers noem dit die Bodélé Low Level Jet. Dit word deur ’n gaping

tussen die Tibesti en Ennedi berge reg oor die Atlantiese Oseaan geblaas tot in Suid-Amerika se

Amasone oerwoud, meer as 8 000 km vêr (drie foto’s van die stof wat beweeg oor die oseaan).

Daar reën die stof neer weens die tropiese toestande en bemes letterlik die hele Amasone gebied

met minerale (foto van reën in Amasone).

Sonder hierdie noodsaaklike mineraalryk stof sal die Amasone nooit so vrugbaar kan wees en soveel

plantegroei kan onderhou en op die koop toe massiewe hoeveelhede suurstof in die atmosfeer kan

inpomp nie (laaste foto van Amasone). Die natuurlike grond in Suid-Amerika is doodgewoon te arm

aan minerale om dit vanself te doen.

En dit is nie een of twee keer per jaar wat dit gebeur nie. Meer as 100 windstorms ’n jaar woed in

die Bodélé Depressie in die Sahara wat ’n konstante stroom minerale voorsien vir die Amasone. Só

sorg God dat die natuur vir ons ‘n ekologiese volhoubare atmosfeer en omgewing kan voorsien.

God sorg vir die natuur ... só hoeveel te meer nie ook vir ons nie!

Dít is waarom Jesus sê dat ons ons nie hoef te bekommer oor die lewe nie, oor wat ons moet eet of

wat ons moet aantrek nie, want God se sorg is alreeds sigbaar in die natuur. Trouens, sê Jesus, wie

Page 5: Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.docx

5 | B l a d s y

van julle kan in elk geval regtig iets besonders reg kry deur julle te bekommer! Dit is ‘n vrugtelose

oefening.

Miskien sal Craig Venter op ‘n goed gefundeerde wetenskaplike wyse in sy nuwe genoom projek kan

uitvind hoe om mense ‘n bietjie langer te laat leef, maar dan is sy mikpunt ook maar net om mense ‘n

100 jaar oud te laat word deur ’n paar belangrike siektes uit te skakel. Die punt volgens Jesus is

egter, ‘n langer lewe sal verseker nie gebeur deurdat jy jou op jou eentjie staan en jou bekommer

nie!

Hoekom is dit so belangrik om dit van God te glo – dat Hy sorg?

1. Om God te kan raaksien en vir Hom te lewe

As jy nie glo dat God sorg nie, sal jy nie anders kan as om te fokus op jou eie besittings, en kos en

klere nie.

Dié noodsaaklike lewensmiddele het die manier om – as jy daarop fokus –jou hele menswees

só vol te maak, dat jy later nie meer vir God kán raaksien nie.

Dieselfde geld bekommernisse. Jy kan jou só bekommer oor dié of dáárdie ding wat

moontlik kan gebeur, dat jy in elk geval jou lewensvreugde verloor, al gebeur dié of dáárdie

ding nooit met jou nie.

Dit is dus belangrik om te glo dat God sorg, sodat jy Hom kan raaksien en vir Hom kan lewe. Dit is

net ons geloofsoë wat God se voorsienings kan raaksien vir wat dit is.

2. Om vir God se geregtigheid oral te lewe

Daar is egter ‘n nog dieper rede. Ons is nie op aarde om dowe neute nie. Ons is nie hier selfs in die

eerste plek vir onsself nie. Ons is hier omdat God deur ons Homself wil verheerlik. En Hy wil sy

koninkryk en sy geregtigheid oral vestig. Dit is waarom Jesus aarde toe gekom het. Dit is waarvoor

Hy geleef, gesterf en opgestaan het. Dit is waaroor die Bergrede gaan. Dit is waarvoor ons moet

lewe – vir God en sy geregtigheid – oral waar ons kom.

Jesus weet, ons is van nature te beperk om op twee goed gelyk te fokus. Dit is óf God se koninkryk

en sy geregtigheid, óf dit is jou eie welvaart, Mammon, en hoeveel jy daarvan in terme van besittings

en goedere kan bymekaar maak. Jou lewe kan net om een van die twee draai: om God óf om

Mammon; om God se wil vir die lewe óf om jou eie wil wat jou welvaart probeer verseker.

Een van die groot redes waarom gierigheid in terme van korrupsie byvoorbeeld so toeneem in die

wêreld – en ek het ‘n artikel onlangs daaroor op ons Facebook blad gelaai, en sal dit weer deel van

hierdie preek maak op die web – is omdat kinders van die Here nie hulle stem laat hoor as daar onreg

gepleeg word nie. Gierigheid is die wortel van alle korrupsie, soos navorsing weereens uitwys, en

sonder die kinders van die Here wat soos die sout van die aarde optree en bederfwerend soek vir

geregtigheid op alle terreine van die lewe, sal dié lewe regtig uit mekaar val.

Dít is ons roeping. Om saam met Jesus God se geregtigheid op aarde te vestig – vir kinders, vir

vrouens, vir werkers, vir families, vir nasies, vir die aarde as sodanig. Daar is geen groter visie as dit

nie, en dit is dat God se geregtigheid oral gevestig sal wees – dat mense in vrede met mekaar en in

vrede met hulleself en hulle omgewing kan leef. En ons moet meewerk om dit moontlik te maak.

Page 6: Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.docx

6 | B l a d s y

3. Om God se sorg te ervaar

Maar, daar is ‘n nog dieper rede, en eintlik die diepste punt van dit alles, en dit is dat God in staat is

om vir jou te sorg. Om die waarheid te sê, jy kan in Sy pad kom met jou eie gehegtheid aan

besittings en met jou bekommernis oor wat jy sal eet en wat jy sal aantrek, en so die gevaar loop om

die voorsienings van die Here te mis!

“Julle hemelse Vader weet tog wat julle alles nodig het,” sê Jesus. Dit is die evangelie in die teks. Hy

wéét wat jy nodig het. Ek herhaal: “Julle hemelse Vader weet tog wat julle alles nodig het.” Dink ‘n

bietjie daaroor na en maak dit jou eie.

As jy dít glo, as jy híérop vertrou, dan kan jy Jesus se opdrag in vers 33 aangryp en deel van jou lewe

maak: “ 33 Soek bo alles na God se koninkryk en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle

bygevoeg word.” Dan kan jy jou deel doen om geregtigheid te laat kom op die aarde.

Dít is die evangelie, die goeie nuus, die ding wat jou bekommernis laat verdwyn, wat jou besittings

hulle regmatige plek in jou lewe laat inneem: “Julle hemelse Vader weet tog wat julle alles nodig

het.” Dan kán jy ook doen wat Jesus vra: “34 Moet julle dus nie bekommer oor môre nie, want môre

sal hom oor homself bekommer.” Wyse woorde.

Hoe werk dit in die praktyk?

Ek dink ons moet mekaar weer opgewonde maak met die verhale van God se sorg en voorsiening.

Ek en Lynette is baie geseënd met ons jare lange vriendin Celia wat saam met haar dogter Andrea

hier by ons die naweek kuier. Ek het soveel goeie stories van God se voorsiening in hulle lewe in

Sedgefield al gehoor, ook dié naweek weer.

Die wondervoorsienings van God is soos die vingerafdrukke van God. Dit is oral om ons te siene.

Soms kan ‘n mens dit nie eers presies verduidelik nie. Dit lyk soos toeval: “extraordinary

coincidences” soos David Pawson sê. Maar, jy weet net dat God daardeur vrede en vreugde in jou

lewe gebring het; dat Hy die hoop in jou lewe kom aansteek het.

Albert Einstein het oor God se “toevallige” voorsienings gesê: "Toeval is God se manier om anoniem

te bly." Marriete Rossouw praat daarom van Godsvallighede.

Só vertel ene Sharon van New York – op die webtuiste Touched by the Hand of God – hoe sy by

geleentheid hier by ons in Suid-Afrika gestrand was as gevolg van 'n staking deur personeel van die

lugdiens waarmee sy huis toe moes vlieg. Oor die weke wat die staking geduur het, het 'n groot

agterstand van passasiers opgebou. Toe die eerste vlugte hervat, gaan staan sy in die lang tou van

wagtendes. Haar pa het ernstig oor die saak gebid. Uit die bloute kom haal 'n lugdienspersoneellid

haar uit die tou en laai haar op die volgende vlug. Sy vertel hoe dié wonderwerk haar geloof in God

versterk het.

Laurie vertel op dié webblad hoe die dood van haar skoonsuster haar met rou en wroeging oorlaai

het. Sy kon kwalik verder. Op 'n dag staan sy in die ry en wag om 'n bestelling vir 'n wegneemete te

plaas. Sy leun teen die muur, eintlik te uitgeput om verder te gaan. 'n Wildvreemde tik haar op die

skouer en sê God het haar opdrag gegee om vir Laurie te bid: "God weet hoe moeg jy is, en sal jou

Page 7: Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.docx

7 | B l a d s y

versterk met krag." Dit het inderdaad na dié gebed gebeur. Die gebed van God se gestuurde het die

verskil gemaak.

Pat Kiefert – die vader van die Gestuurde Beweging in Suid-Afrika waaraan ons ook deelneem – het

een keer geweldig moedeloos in ‘n restaurant gesit, en amper nie kans gesien om met sy werk aan te

gaan in sy gemeente nie. ‘n Groot swart man het by hom kom sit, en met hom begin gesels. Hy vra

Pat toe uit oor sy visie vir die bediening en wat hy glo. Pat het begin vertel van sy moedeloosheid,

maar ook oor sy roeping en sy passie vir die evangelie. Toe hy so ‘n ent gepraat het, het die man sy

groot vinger so voor sy bors gedruk-druk, en gesê: “Do you believe that?” en opgestaan en geloop.

Pat was nooit weer dieselfde nie en die impak van sy bediening word wyd in dié wêreld gevoel. Pat is

oortuig dit was ‘n engel van die Here wat hom besoek en bemoedig het.

Waar jou hart en oog is, daar sal jou skat ook wees

Ek sluit af: die menslike natuur is só dat waar jou hart (vers 21) en jou oog (vers 22-23) is, daar sal jou

skat ook wees.

As jy fokus op die koninkryk en sy geregtigheid en jou besittings gebruik dat die koninkryk

kan kom, sal jou hart en jou oë ook daar wees.

As jy egter op die aarde en jou voortbestaan op aarde fokus, sal jou hart eerder hier wees, en

is jy nie net uitgelewer aan die vernielsug van mot en roes, sowel as die gevaar van inbrekers

en diewe nie, maar verduister jy eintlik jou eie lewe met jou gebrek aan geestelike insig, en

mis jy boonop die sorg van jou hemelse Vader.

Jy kan nie twee base dien nie (vers 24). Jy sal óf vir God leef en Hom dien en op Hom vertrou. Óf jy

sal vir jou eie welvaart leef – dit is wat Mammon beteken – en dít dien en daarop vertrou.

God weet wat jy nodig het, en sal vir jou voorsien. Dat dít waar is, kan jy in die natuur sien: voëls,

veldblomme, en gras. God sal meer vir ons doen as vir die natuur. Daarom kan ons soek na God se

koninkryk en sy geregtigheid. Hy sal vir ons al die lewensmiddele verskaf.

Maak in alles julle begeertes aan God bekend

Paulus het vir ons ook ‘n wonderlike gebed gegee wat op ‘n baie praktiese wyse vir ons raad gee wat

ons dan met ons bekommernisse moet doen. Hy sê in Filippense 4: “4Wees altyd bly in die Here! Ek

herhaal: Wees bly! 5Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. 6Moet oor niks besorg wees

nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God

bekend. 7En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die

wag hou in Christus Jesus.” (Fil. 4:4-7).

Sela – Amen – Soli Deo Gloria.

LEEF

Gebed

Aankondigings

Heilige Week – 14-20 April – soek mense om saam te werk met die 12 stasies van die kruis

Page 8: Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.docx

8 | B l a d s y

Nagmaal volgende week by Bloemendal

Vibrant Home se God’s Grand Gifts is die moeite werd om as ouers te ondersoek

Strategiese Beplanningskommissie

Dankoffers

Slotlied

Lied 471 – Soek allereers die koninkryk van God – staan

Seën

Respons

Lied 471 refrein – Halleluja – staan