Luister en praat - Afrikaans.com · boom se takke hang laag oor die rivier en oral teen die...

4
28 KLASGIDS LAERSKOOL | OKTOBER 2015 Luister en praat Luisterbegrip Graad 4 Deur: Rolien Viljoen, Laerskool Koue Bokkeveld Luister baie mooi na die storie en beantwoord die vrae wat daarop volg. (Nog sulke oulike stories kan op www.storiewerf.co.za gekry word.) Aktiwiteit 1: Ons luister en beantwoord vrae DIE NARE SLAK EN DIE SEWE WOLWE Deur: Elaine Schiel Op ’n dag besef ma wolf dat daar nie meer kos in die yskas is nie. Sy roep haar sewe klein wolfies nader. “Kinders, ek moet woud toe gaan om te jag. As ek weg is, sluit die deur agter my en moet vir niemand behalwe my oopmaak nie. Veral nie vir die nare slak nie,” sê ma wolf. “Maar hoe sal ons weet as dit die nare slak is, Mamma?” vra die slimste wolfie. “As iemand klop en in ’n fyn, sagte stemmetjie praat, nie pote het nie en slym oral mors, weet julle dis die nare slak,” sê ma wolf aan haar sewe kinders. “Hoekom mag ons nie vir slak oopmaak nie, Mamma?” vra een van haar wolfies wat nie té slim is nie. “Hy sal sy nare slym op julle gooi wat julle sal verlam maak en dan sal die nare slak julle in sy dop sit tot julle versmoor. En wanneer julle eers dood is, sal hy julle een vir een stadig op eet.” Ma wolf is so vasgevang in haar eie storie dat sy vergeet die storie sal dalk die wolfies baie bang maak. Een van die kleinste fynste wolfies begin huil en die ander ses wolfies staan styf teenmekaar en bewe. “Ek is jammer as ek julle bang gemaak het met die storie, maar dis beter dat julle weet,” sê ma wolf kortaf. Sy glimlag effens en verdwyn by die deur uit. Vinnig sluit die wolfies die deur agter haar en maak seker dat die nare slak nêrens sal kan inkom nie. ’n Rukkie later, net toe die wolfies bietjie ontspan het, klop iemand by die deur. Die slim wolfie druk sy oor teen die deur en vra, “Wie is dit?”

Transcript of Luister en praat - Afrikaans.com · boom se takke hang laag oor die rivier en oral teen die...

  • 28 KLASGIDS LAERSKOOL | OKTOBER 2015

    Luister en praat

    Luisterbegrip Graad 4 Deur: Rolien Viljoen, Laerskool Koue Bokkeveld

    Luister baie mooi na die storie en beantwoord die vrae wat daarop volg. (Nog sulke oulike stories kan op www.storiewerf.co.za gekry word.)

    Aktiwiteit 1: Ons luister en beantwoord vrae

    DIE NARE SLAK EN DIE SEWE WOLWEDeur: Elaine Schiel

    Op ’n dag besef ma wolf dat daar nie meer kos in die yskas is nie. Sy roep haar sewe klein wolfies nader.

    “Kinders, ek moet woud toe gaan om te jag. As ek weg is, sluit die deur agter my en moet vir niemand behalwe my oopmaak nie. Veral nie vir die nare slak nie,” sê ma wolf.

    “Maar hoe sal ons weet as dit die nare slak is, Mamma?” vra die slimste wolfie.

    “As iemand klop en in ’n fyn, sagte stemmetjie praat, nie pote het nie en slym oral mors, weet julle dis die nare slak,” sê ma wolf aan haar sewe kinders.

    “Hoekom mag ons nie vir slak oopmaak nie, Mamma?” vra een van haar wolfies wat nie té slim is nie.

    “Hy sal sy nare slym op julle gooi wat julle sal verlam maak en dan sal die nare slak julle in sy dop sit tot julle versmoor. En wanneer julle eers dood is, sal hy julle een vir een stadig op eet.”

    Ma wolf is so vasgevang in haar eie storie dat sy vergeet die storie sal dalk die wolfies baie bang maak.

    Een van die kleinste fynste wolfies begin huil en die ander ses wolfies staan styf teenmekaar en bewe.

    “Ek is jammer as ek julle bang gemaak het met die storie, maar dis beter dat julle weet,” sê ma wolf kortaf. Sy glimlag effens en verdwyn by die deur uit. Vinnig sluit die wolfies die deur agter haar en maak seker dat die nare slak nêrens sal kan inkom nie.

    ’n Rukkie later, net toe die wolfies bietjie ontspan het, klop iemand by die deur. Die slim wolfie druk sy oor teen die deur en vra, “Wie is dit?”

  • 30 KLASGIDS LAERSKOOL | OKTOBER 2015

    Luister en praat

    VRAE:1. Hoekom het die ma gaan jag? ________________________________________________________ ___________________________________________________________________________________ (2)

    2. Wat het die “nie so slim” wolfie vir sy ma gevra? ________________________________________ ___________________________________________________________________________________ (2)

    3. Waarmee sou die slak die wolfies verlam? _____________________________________________ (1)

    4. Noem twee dinge waarna die wolfies moet kyk/luister sodat hulle die slak en die ma uit mekaar sal ken. ___________________________________________________________________________ (2)

    5. Die slak het toe die wolfies geflous! Die wolfies het gedink dit is regtig hulle ma. Wat het die slak alles gedoen om die wolfies te flous? Noem drie dinge.

    ___________________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________________ (3)

    6. Watter tyd van die dag neem ’n mens gewoonlik ’n middagslapie? ___________________________________________________________________________________ (1)

    7. Wat het die ma met die skerp byl gemaak? ____________________________________________ ___________________________________________________________________________________ (1)

    8. Hoe het die nare slak aan sy einde gekom? Verduidelik kortliks. ___________________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________________ (3)

    [15]

    Aktiwiteit 2: Ons luister en maak ’n skets

    Luister na Die nare slak en die sewe wolwe en maak die volgende skets:

    Ma wolf kom op die nare slak af waar hy met ’n kwylende mond op die naat van sy rug lê en slaap met sy kop op ’n klip. Sy is oorgehaal met die skerpste byl in dié deel van die woud. Die lowergroen boom se takke hang laag oor die rivier en oral teen die omliggende heuwels is daar blommetjies en digte plantegroei te sien. Doer in die verte trek ’n rokie uit ’n boshuisie se skoorsteen.

    [10]

  • 31KLASGIDS LAERSKOOL | OKTOBER 2015

    Luister en praat

    MemorandumAktiwiteit 1: Luister en beantwoord die vrae

    1. Daar was nie meer kos in die yskas nie.

    2. “Hoekom mag ons nie vir die slak oopmaak nie?”

    3. Hy sal hulle verlam met sy nare slym.

    4. Die slak se stem is fyn en die ma s’n nie. Die slak sal ’n spoor van slym los en die ma nie. Die slak het ook nie ’n groot poot met hare op soos die ma nie.

    5. Die slak het sy stem hard en grof gemaak. Hy het ook sy slymspoor toegegooi. Die poppemaker het vir hom twee pote gemaak.

    6. Tussen 12:00 en 15:00

    7. Sy het die slak se dop oopgekap en haar klein wolfies uitgehaal.

    8. Die slak was baie dors. Hy buk vooroor om water te drink. Hy val in die water. Hy verdrink. (drie punte vir ’n volledige verduideliking)

    Aktiwiteit 2: Luister en maak ’n skets

    Een punt word vir elk van die volgende gegee:

    • Slak wat op sy rug lê = Die dop is onder en spiervoet bo.• Kwylende mond = Kwyl moet by die mond van die slak uitkom.

    • Sy kop op ’n klip = Die slak se kussing is ’n klip.

    • Sy is oorgehaal = Die byl moet net reg wees om te kap, m.a.w. bo die ma se kop.

    • Skerpste byl = ’n Sterretjie moet aandui dat die byl baie skerp is.

    • Lowergroen boom se takke hang laag oor die rivier = ’n Groen boom waarvan die takke oor ’n rivier hang.

    • Heuwels is daar blommetjies = Die prent moet wys dat orals rondom hulle heuwels is en dat die blommetjies teen die heuwels groei.

    • Digte plantegroei = Bosse, bome en plane moet baie wees en lekker naby aan mekaar staan.

    • Doer in die verte is ’n boshuisie = Die huisie is klein, want hy staan ver van hulle af.

    • Trek die rokie uit ’n skoorsteen = Die huisie in die verte het ’n skoorsteen en daar trek ’n rokie uit.

    Laerskool Okt 2015 30Laerskool Okt 2015 31Laerskool Okt 2015 32Laerskool Okt 2015 33