LOERIENUUS - Laerskool George-Suidlgs.co.za/wp-content/uploads/2019/01/Loerienuus-2019.02.pdfOuers...

4
LOERIENUUS LOERIENUUS Laerskool George-Suid Nuusbrief 25 Januarie 2019 Boodskap uit die kantoor Beste Ouers Die 2019 trein het uit die stasie vertrek en is volstoom oppad na nuwe en opwindende geleenthede en lekker uitdagings. Die personeel se pro-akewe beplanning word nou in werking gestel sodat kinders die beste leergeleenthede gebied word. Hier word veral na die Graad 4-klasse, wat vanjaar n nuwe baadjie aantrek, verwys. Graad 4-ouers is welkom om terugvoering rakende die nuwe werkswyses, aan die kantoor te gee. Baie dankie aan ouers wat die oueraande en ander funksies van die skool die afgelope tyd in groot getalle byge- woon het. Dit is n bewys dat jul ernsg is rakende kinders se opvoeding en die gepaste ondersteuning aan die skool. Dankie vir die geduld en begrip gedurende die daaglikse af- en oplaai van kinders. Die verkeer is en bly n prob- leem. Veiligheid is baie belangrik en ouers moet waaksaam en op die uitkyk wees vir kinders wat dalk die pad op die verkeerde plek probeer oorsteek. Daar is assistente wat die hekke soggens beman, sodat kinders nie weer die skoolgronde verlaat nie. Ouers moet kinders ook herinner dat hulle nie by die hekke mag uitloop wanneer hulle die gronde betree het nie. Ouers moet asseblief verseker dat kinders die regte skool- en sportdrag aanskaf. Sommige verskaffers gebruik die verkeerde kleure en logosen in die meeste gevalle het hierdie verskaffers nie die toestemming om klere of sakke te vervaardig nie. Vermy asseblief die omstandighede wanneer ons u in kennis moet stel dat dit nie die regte produk is nie. Ons probeer sover moontlik bekosgbare pryse beding vir n gehalte produk. n Voorbeeld hiervan is die Ramble skooltas teen slegs R580.00 Die skool het werklik begrip vir die huidige ekonomiese klimaat en dat goeie beplanning van n maandelikse be- grong uiters belangrik is. Die betaling van skoolgeld, veral by LGS, is ononderhandelbaar. Die BHL poog elke jaar om die verhoging in skoolgeld so te bestuur sodat elke huishouding n bydrae kan lewer. Die gehalte van die opvoeding wat u kinders ontvang, is n direkte uitvloeisel van gereelde betaling van skoolfonds. Raadpleeg asseblief die D6 en jaarkalender in die huiswerkboekie vir belangrike datums. Alle pogings word aange- wend dat akwiteite nie bots of oorvleuel nie. Dit is egter soms problemaes en u begrip word hiervoor gevra. Lees gereeld vir en met jul kinders, moedig hulle aan om nuuskierig te wees, verduidelik ons polieke klimaat en die pro-ses van die verkiesing wat vanjaar plaasvind. Ingeligte kinders neem goeie besluite en lewer waardevolle bydraes in die klas. Dit word ook sterk deur die skool aangemoedig. Trots, posief, Team LGS!

Transcript of LOERIENUUS - Laerskool George-Suidlgs.co.za/wp-content/uploads/2019/01/Loerienuus-2019.02.pdfOuers...

Page 1: LOERIENUUS - Laerskool George-Suidlgs.co.za/wp-content/uploads/2019/01/Loerienuus-2019.02.pdfOuers moet kinders ook herinner dat hulle nie by die hekke mag uitloop wanneer hulle die

LOERIENUUS

LOERIENUUS Laerskool George-Suid Nuusbrief 25 Januarie 2019

Boodskap uit die kantoor Beste Ouers

Die 2019 trein het uit die stasie vertrek en is volstoom oppad na nuwe en opwindende geleenthede en lekker

uitdagings. Die personeel se pro-aktiewe beplanning word nou in werking gestel sodat kinders die beste

leergeleenthede gebied word. Hier word veral na die Graad 4-klasse, wat vanjaar ‘n nuwe baadjie aantrek, verwys.

Graad 4-ouers is welkom om terugvoering rakende die nuwe werkswyses, aan die kantoor te gee.

Baie dankie aan ouers wat die oueraande en ander funksies van die skool die afgelope tyd in groot getalle byge-

woon het. Dit is ‘n bewys dat jul ernstig is rakende kinders se opvoeding en die gepaste ondersteuning aan die

skool.

Dankie vir die geduld en begrip gedurende die daaglikse af- en oplaai van kinders. Die verkeer is en bly ‘n prob-

leem. Veiligheid is baie belangrik en ouers moet waaksaam en op die uitkyk wees vir kinders wat dalk die pad op

die verkeerde plek probeer oorsteek.

Daar is assistente wat die hekke soggens beman, sodat kinders nie weer die skoolgronde verlaat nie. Ouers moet

kinders ook herinner dat hulle nie by die hekke mag uitloop wanneer hulle die gronde betree het nie.

Ouers moet asseblief verseker dat kinders die regte skool- en sportdrag aanskaf. Sommige verskaffers gebruik die

verkeerde kleure en “logo’s” en in die meeste gevalle het hierdie verskaffers nie die toestemming om klere of sakke

te vervaardig nie. Vermy asseblief die omstandighede wanneer ons u in kennis moet stel dat dit nie die regte

produk is nie. Ons probeer sover moontlik bekostigbare pryse beding vir ‘n gehalte produk. ‘n Voorbeeld hiervan is

die Ramble skooltas teen slegs R580.00

Die skool het werklik begrip vir die huidige ekonomiese klimaat en dat goeie beplanning van ‘n maandelikse be-

groting uiters belangrik is. Die betaling van skoolgeld, veral by LGS, is ononderhandelbaar. Die BHL poog elke jaar

om die verhoging in skoolgeld so te bestuur sodat elke huishouding ‘n bydrae kan lewer. Die gehalte van die

opvoeding wat u kinders ontvang, is ‘n direkte uitvloeisel van gereelde betaling van skoolfonds.

Raadpleeg asseblief die D6 en jaarkalender in die huiswerkboekie vir belangrike datums. Alle pogings word aange-

wend dat aktiwiteite nie bots of oorvleuel nie. Dit is egter soms problematies en u begrip word hiervoor gevra.

Lees gereeld vir en met jul kinders, moedig hulle aan om nuuskierig te wees, verduidelik ons politieke klimaat en

die pro-ses van die verkiesing wat vanjaar plaasvind. Ingeligte kinders neem goeie besluite en lewer waardevolle

bydraes in die klas. Dit word ook sterk deur die skool aangemoedig.

Trots, positief, Team LGS!

Page 2: LOERIENUUS - Laerskool George-Suidlgs.co.za/wp-content/uploads/2019/01/Loerienuus-2019.02.pdfOuers moet kinders ook herinner dat hulle nie by die hekke mag uitloop wanneer hulle die

Laerskool George-Suid Nuusbrief 25 Januarie 2019

2

Datums vir die dagboek Sport

26 Jan: Atletiek - Sirkel A-byeenkoms, Van Kervel Skool

Hokkie– en netbalinligtingsoggend in die skoolsaal om 09:00

Skaak - George proewe 1 by George Hoërskool

25 - 27 Jan: Tennis - Eden Mini 1-toernooi

28 Jan: Hokkie - o/13-seuns proewe by Carpe Diem van 14:30 tot 17:30

30 Jan: Krieket - o/11-liga

31 Jan: Krieket - o/13-liga

1 Feb: Rugby - o/13-proewe vir die Marlow-toer

1 - 3 Feb: Tennis - o/10-Eden proewe

2 Feb: Atletiek - Sirkel B-byeenkoms by Van Kervel Skool

Tweekamp - Highgate-toernooi in Oudtshoorn

4 Feb: Hokkie - o/13-seuns en dogters oefengroep oefening by Carpe Diem, 15:30 - 17:00

5 Feb: Atletiek - PSG-byeenkoms in Hartenbos

6 Feb: Krieket - o/11-liga

7 Feb: Krieket - o/13-liga

8 Feb: Swem - Loerie-uitnodigingsgala

9 Feb: Atletiek - George Prestige-byeenkoms by Van Kervel Skool

Skaak - George proewe 2, by Laerskool Denneoord

Kultuur

6 Feb: Musiek-assessering begin

Nuwe aansoek om toelating vir Graad 1 2020

Aansoekvorms vir huidige Graad R-leerders wat in 2020 skoolpligtig, is by LGS-ontvangs, op D6 Kommunikeerder en op die webtuiste vanaf Vrydag, 15 Februarie, beskikbaar. Volledige aansoeke moet persoonlik deur ouers voor / op Vrydag, 15 Maart, by LGS-ontvangs ingehandig word. Ouers sal skriftelik / per e-pos, voor / op Vrydag, 10 Mei, van die uitkoms in kennis gestel word.

Nuwe aansoeke vir Graad RR en R 2020

Aansoekvorms vir nuwe Graad RR- en R-leerders is vanaf Vrydag, 15 Februarie, by LGS-ontvangs, op die D6-kommunikeerder en die webtuiste beskikbaar. Indien u seun / dogter, reeds vanjaar ’n ingeskrewe Graad RR-leerder is, hoef u nie weer aansoek te doen nie. Volledige aansoeke moet, voor of op Vrydag, 15 Maart, persoonlik deur ouers by LGS-ontvangs ingehandig word. Ons versoek dat geen aansoeke by die Graad RR- en R-onderwysers ingedien word nie. Dit is die ouer se plig om dit by die kantoor in te dien. Ouers sal teen Vrydag, 15 Mei, skriftelik / per e-pos, van die uitkoms in kennis ge-stel word. Suksesvolle aansoekers, sal om hul plasing te bevestig, ‘n nie terugbetaalbare registrasiefooi van R1000 moet betaal. Verseker asb. dat u vroegtydig vir hierdie registrasiefooi begroot, aangesien daar geen ver-lenging of uitstel na die datum toegestaan sal word nie.

Page 3: LOERIENUUS - Laerskool George-Suidlgs.co.za/wp-content/uploads/2019/01/Loerienuus-2019.02.pdfOuers moet kinders ook herinner dat hulle nie by die hekke mag uitloop wanneer hulle die

Laerskool George-Suid Nuusbrief 25 Januarie 2019

3

‘n Seun se hare mag nie oor die oë of ore hang nie.

Wanneer ‘n seun regop staan, mag sy hare nie aan die kraag van sy hemp raak nie.

Geen leerder se hare mag ’n ander kleur as sy / haar natuurlike kleur wees nie.

Seuns se hare mag nie in ‘n buitensporige of onaanvaarbare styl gedra of “gegel” word nie. Dit sluit die GER-

MAN CUT in.

‘n Dogter mag slegs geel, wit of swart linte, kammetjies, rekkies, knippies of bolletjies dra.

Leerders mag alleenlik ‘n horlosie of mediese bandjie tydens ‘n normale skooldag of tydens enige ander

skoolaktiwiteit dra. Geen ander bandjies word toegelaat nie.

Seuns mag nie oorknoppies of oorringetjies op die skoolterrein of elders tydens skoolaktiwiteite dra nie.

Geen leerder mag tydens skoolaktiwiteite ‘n ketting of soortgelyke item om die nek of enkels dra nie.

‘n Leerder mag alleenlik die vasgestelde skooldrag / sportdrag tydens ‘n normale skooldag, skoolfunksie of

elders tydens enige skoolaktiwiteite dra. Slegs as die skoolhoof of opvoeder toestemming gegee het, mag

daar ‘n uitsondering op die reël wees.

Geen leerder mag ‘n langbroek sonder skoene dra nie.

Slegs ‘n swart of grys lyfband mag tydens ‘n normale skooldag, skoolfunksie of elders tydens enige skoolakti-

witeite gedra word.

Leerders mag alleenlik normale swart skoolskoene by hulle skooluniform dra.

Seuns mag alleenlik grys skoolkouse by hulle skooluniform dra.

‘n Dogter wie se hare oor haar kraag hang, of lang hare het, se hare MOET vasgebind wees.

‘n Dogter se hare, bv haar kuif, mag nie in haar oë hang nie.

‘n Dogter mag alleenlik silwer of goue oorknoppies, oorringetjies (klein, nie groter as 10mm in deursnee)

tydens ‘n normale skooldag of elders tydens enige skoolaktiwiteite dra.

‘n Dogter mag alleenlik swart sykouse, kort wit kouse of grys skoolkouse by die skooluniform dra.

Geen tatoeërmerk mag tydens ‘n normale skooldag, skoolfunksie of skoolaktiwiteite sigbaar wees nie.

Geen leerder mag enige naelpolitoer, grimering of “lip-gloss” tydens ‘n normale skooldag, skoolfunksie of

skoolaktiwiteite dra nie.

‘n Leerder se naels moet kort, skoon en goed versorg wees.

‘n Bietjie meer oor ons leerders se skooldrag en voorkoms…

Hierdie inligting kan ook in die huiswerkboekie, aan die agterkant, by die Padvinders gekry word.

Page 4: LOERIENUUS - Laerskool George-Suidlgs.co.za/wp-content/uploads/2019/01/Loerienuus-2019.02.pdfOuers moet kinders ook herinner dat hulle nie by die hekke mag uitloop wanneer hulle die

Laerskool George-Suid Nuusbrief 25 Januarie 2019

4

D6-kommunikeerder

Bly deur die internet op hoogte van skoolsake en leerders se prestasies! Die kommunikeerder kan direk van die webtuiste afgelaai word:

http:www.schoolcommunicator.com/downloads

Kies dan net LS George-Suid uit die lys van skole. Indien u op u selfoon toegang tot internet het, is die inligting ook daar beskikbaar:

Web: URL adres: http://mobi.d6communicator.com

Afgee van pakkies

Indien leerders hul boeke,

LO-/sport-klere of musiek-

instrumente by die huis ver-

geet, moet hul leer om

verantwoordelikheid daar-

voor te aanvaar. Ouers word

nie aangeraai om dit skool

toe te bring nie.

Ons versoek vriendelik dat

pakkies net tot die uiters

noodsaaklikse beperk word

en nie ‘n gewoonte vorm nie.

Ons het begrip vir die

Graad 1-leerders wat nog

baie nuut in die skool is, maar

moedig nie die aflaai van pak-

kies aan nie.

Klerebank

Die Klerebank is Maandae tot Vrydae tussen 12:30 en 14:15

oop vir ouers. Slegs leerders kan tydens pouse tye by die

Klerebank gaan kyk of hul verlore items daar is.