Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek...

32
37 Leseenheid 2 Aktiwiteit 1: Ek luister Luister aandagtig na die voorlesing van die Skeppingsverhaal (Gén. 1) en beantwoord dan die vrae: (Lees eers die vrae deur en maak dan luisteraantekeninge terwyl die teks aan jou voorgelees word.) 1. Wanneer het God die hemel en die aarde geskep? 2. Beskryf vir drie punte hoe dit op die aarde was toe God begin skep het. 3. Wat het God gedoen toe Hy die lig en duisternis geskei het? Hoe het Hy elkeen genoem? 4. Wat het God op die tweede dag gemaak en hoe het Hy dit genoem? 5. Nadat God die droë grond “aarde” genoem het en die waters “see”, het Hy gesê dat die aarde spesifiek drie dinge moet voortbring - wat was dit? 6. Wat het God gesê, waarom moes daar ligte aan die uitspansel wees? om skeiding te maak tussen ________________________________ en om te dien as tekens vir sowel ___________________________ ook vir ______________________________________________ ook vir ______________________________________________ 7. Nadat God op die vierde dag die “ligte” geskep het, lees ons dat Hy op die vyfde dag sekere diere geskep het - watter diere was dit? 8. Watter afwyking / verandering lees ons in die styl of patroon wanneer God ten slotte die mens skep? 9. Nadat jy hierdie stuk weer opnuut gehoor het, wat sou jy sê watter lig werp dit op die bestaan van dinosourusse? B l i k b r e i n k r a g

Transcript of Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek...

Page 1: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

37

Leseenheid 2

Aktiwiteit 1: Ek luister

Luister aandagtig na die voorlesing van die Skeppingsverhaal (Gén. 1) en beantwoord dan die vrae:

(Lees eers die vrae deur en maak dan luisteraantekeninge terwyl die teks aan jou voorgelees word.)

1. Wanneer het God die hemel en die aarde geskep?

2. Beskryf vir drie punte hoe dit op die aarde was toe God begin skep het.

3. Wat het God gedoen toe Hy die lig en duisternis geskei het? Hoe het Hy elkeen

genoem?

4. Wat het God op die tweede dag gemaak en hoe het Hy dit genoem?

5. Nadat God die droë grond “aarde” genoem het en die waters “see”, het Hy gesê dat die

aarde spesifiek drie dinge moet voortbring - wat was dit?

6. Wat het God gesê, waarom moes daar ligte aan die uitspansel wees?

om skeiding te maak tussen ________________________________

en om te dien as tekens vir sowel ___________________________

ook vir ______________________________________________

ook vir ______________________________________________

7. Nadat God op die vierde dag die “ligte” geskep het, lees ons dat Hy op die vyfde dag

sekere diere geskep het - watter diere was dit?

8. Watter afwyking / verandering lees ons in die styl of patroon wanneer God ten slotte die mens skep?

9. Nadat jy hierdie stuk weer opnuut gehoor het, wat sou jy sê watter lig werp dit op die bestaan van dinosourusse?

Blikbreinkrag

Page 2: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

38

Dinosourusse en rekenaars!?

Hierdie boeiende leesmateriaal het op die Internet verskyn:

1. Die teorie dat dinosourusse 65 miljoen jaar gelede uitgewis is toe ʼn reuse-meteoriet

die aarde getref het, het sowat ʼn dekade gelede ontstaan.

2. Navorsers se modelle op moderne rekenaars skets ʼn verloop van gebeure waarin

die meteoriet die aarde waarskynlik by Suid-Amerika getref het. Die meteoriet was

ongeveer 10 kilometer in deursnee.

3. Die rots wat deur die atmosfeer getrek het, sou – volgens wetenskaplikes – ʼn golf

van vuurwarm lug meer as 1 000 km teen honderde kilometers per uur uitgestoot het.

4. Die brandende massa sou plante duisende kilometers vanaf die trefpunt aan die brand

laat slaan het en al die dierelewe bo die grond uitgewis het.

5. Die geweldige hitte sou die aarde onder die trefpunt gesmelt het en die gesmelte rots

sou oor die omgewing gevloei het.

6. Die meteoriet sou in ontelbare fragmente gespat het. Die stukke sou so vinnig in die

lug opgeskiet het, dat dit weer terug in die ruimte gespat het.

7. Vlammende stukke rots sou deur die aarde se atmosfeer getrek het. Dit sou die lug

vir honderde kilometers rondom die trefpunt tot kookpunt verhit het.

8. Stof wat die atmosfeer ingeskiet het, sou die son vir maande lank laat verdwyn het. Plante sou as gevolg van ʼn gebrek aan sonlig gesterf het.

9. Dit sou die dood van herbivore tot gevolg gehad het. Daarna sou die karnivore van honger doodgegaan het.

10. Daar word geskat dat sowat 70% van alle lewe op aarde uitgewis is, toe die stof

gaan lê het. Die diere wat oorleef het, was waarskynlik die wat onder die grond kon

voortleef en die wat in die see geleef het.

11. Wetenskaplikes reken hoewel die stof binne maande gaan lê het, dit waarskynlik miljoene jare geduur het voordat die aarde weer hoofsaaklik deur soogdiere herbevolk is.

12. Volgens dié teorie het die mens die aarde van die dinosourusse geërf.

Daar is ook paleontoloë wat in die teorie glo.

Aktiwiteit 2: Ek lees met begrip en ek dink en

redeneer daaroor

Lees die volgende leesstuk met aandag en beantwoord daarna die

vrae in volsinne:

Page 3: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

39

Beantwoord nou die volgende vrae in vol sinne:

1. As jy nou vinnig moet sê, is hierdie artikel op feite of menings gegrond?

2. Hier het ons ʼn paar interessante woorde raakgeloop. Gebruik die HAT en skryf die

betekenis van al die vetgedrukte woorde in die leesstuk neer. (Skryf eers die woord oor, met die betekenis langsaan!)

3. In paragrawe 1 en 2 word van ʼn meteoriet gepraat. Deur net paragraaf 3 aandagtig te

lees, word die betekenis daarvan duidelik. Skryf nou al die woorde neer wat jou gehelp het om te verstaan wat ʼn meteoriet is.

4. Watter woord in paragraaf 7 sê vir jou wat ʼn fragment is?

5. Skryf twee bewerings uit paragraaf 10 neer. Onderstreep die woorde wat jou gehelp het

om te weet dat dit bewerings is.

6. Skryf jou eie oorspronklike opskrif vir die leesstuk. (As jy wil, kan jy die opskrif maak met letters wat jy uit ou koerante of tydskrifte uitknip!)

7. Lees nou eers die skeppingsverhaal uit Génesis 1.

8. In die artikel het ons gelees van ʼn teorie oor hoe dinosourusse uitgesterf het. Lug jou

mening met oortuiging.

9. Noem voorbeelde van herbivore en karnivore uit die diereryk soos ons dit vandag ken.

ʼn Feit is ʼn stelling wat getoets kan word deur middel van

navorsing, eksperimentering of waarneming. ʼn Feit verwys

gewoonlik na plekke, persone, datums en gebeure.

ʼn Bewering of mening is wat ʼn bepaalde persoon glo, voel

of dink. Dit kan gewoonlik nie bewys word nie - kyk na

woorde soos: dink, glo, voel, meen.

39

Hoe moet ons as gelowiges hieroor dink?

Dit is soos die woordeboek verduidelik: ʼn teorie is “ʼn voorstelling in ʼn mens se gedagte,

sonder om rekening te hou met die werklikheid.” Die werklikheid rondom die ontstaan van

alles, die ganse aarde en alle diere, lees ons in die Woord van die Here:

God, die Vader - die Skepper God - het in die begin alle dinge geskep. Hy het ook die diere

van die veld, die voëls in die lug, die visse van die see, al die insekte en die goggatjies,

ja, alles geskep deur die Woorde van sy mond. Kyk nou weer deeglik na die gedeelte uit Génesis 1: 20 - 31:

“En God het gesê: Laat die waters wemel met ʼn gewemel van lewende wesens, en laat die

voëls oor die aarde vlieg langs die uitspansel van die hemel.

En God het die groot seediere geskape en al die lewende wesens wat beweeg, waar die

waters van wemel, volgens hulle soorte; en al die gevleuelde voëls volgens hulle soorte.

Toe sien God dat dit goed was.

En God het hulle geseën en gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die waters in die

Page 4: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

40

see, en laat die voëls op die aarde vermeerder.

En dit was aand en dit was môre die vyfde dag. En God het gesê: Laat die aarde lewende

wesens voortbring volgens hulle soorte: vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde

volgens hulle soorte. En dit was so.

En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee volgens

hulle soorte en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte. Toe sien God dat

dit goed was.

En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers

oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor

al die diere wat op die aarde kruip.

En God het die mens geskape na sy beeld: na die beeld van God het Hy hom geskape: man

en vrou het Hy hulle geskape.

En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul

die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en

oor al die diere wat op die aarde kruip.

Verder het God gesê: Ek gee nou aan julle al die plante wat saad gee, wat op die hele aarde

is, en al die bome waar boomvrugte aan is, wat saad dra. Dit sal julle voedsel wees. Maar

aan al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel en al die kruipende diere op die

aarde, waarin ʼn lewende siel is, gee Ek al die groen plante as voedsel. En dit was so.

Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en - dit was baie goed. En dit was aand en dit was

môre, die sesde dag.”

Dink nou ʼn bietjie hieroor na:

• God ken elke dier - groot en klein - deur en deur. Hy het hulle elkeen gemaak,

gevorm en besluit hoe hulle sal funksioneer.

• God het deur die woorde van sy mond geskep - deur Hom het taal gekom en het

ons ook vandag taal waardeur ons kan kommunikeer.

• Hy sorg ook vir sy skepping - elke diertjie en goggatjie funksioneer soos Hy dit

bepaal het en oorleef op ʼn unieke manier.

• Die skepping besing die grootheid van God - luister maar net ʼn bietjie in die

oggend hoe die voëltjies sing!

Evolusie (die teorie waarvan ons hierbo gelees het) bly ʼn teorie deur mense uitgedink, van

hoe dinge dalk verloop het. As gelowige kinders van die Here weet ons beter. Die Here stel

dit duidelik in die skeppingsverhaal dat Hy alles geskape het. Hoe dit presies gebeur het,

weet ons nie. Ook Job het dit nie geweet toe die Here hom in Job 38: 4 gevra het: ”Waar

was jy toe Ek die aarde gegrond het?” Net soos Job kan ons ook in geloofsvertroue sê:

“Kyk ek is te gering. Wat kan ek u antwoord? Ek lê my hand op my mond.”

Page 5: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

41

Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal

1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

Binêre alfabet

Gottfried Liebniz (1646 – 1716) het ʼn nuwe manier van tel ontwikkel. Hy het dit die

binêre stelsel genoem. Bi beteken twee. In die binêre stelsel word alle getalle deur slegs twee syfers – nul en een – voorgestel.

Die binêre stelsel (vir syfers en later vir die alfabet) het die sleutel geword tot die ontwikkeling

van ʼn taal wat deur die rekenaar verstaan en geberg kan word. Die binêre stelsel is perfek

vir die rekenaar. Rekenaars bêre inligting in binêre kode deur spikkels wat soos elektroniese skakelaars werk, aan of af te skakel. Hierdie skakels word bisse genoem.

Die binêre alfabet

A 0100 0001 J 0100 1010 S 0101 0011B 0100 0010 K 0100 1011 T 0101 0100

C 0100 0011 L 0100 1100 U 0101 0101

D 0100 0100 M 0100 1101 V 0101 0110

E 0100 0101 N 0100 1110 W 0101 0111F 0100 0110 O 0100 1111 X 0101 1000

G 0100 0111 P 0101 0000 Y 0101 1001

H 0100 1000 Q 0101 0001 Z 0101 1010

I 0100 1001 R 0101 0010

Blikbrein?Komper?

Rekenaar?

0100 1000 0100 0001 0100 1100 0100 1100 0100 1111 0100 0100 0100 0001 0100 0001 0101 0011

Page 6: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

42

Aktiwiteit 4: Ek redeneer in my taal

Kom redeneer nou oor die volgende onderwerp:

“Mense word al hoe meer en meer soos rekenaars...”

In ʼn beredeneerde toespraak moet jy die volgende onthou (hiervoor kry jy punte):

• Jy moet ʼn definitiewe standpunt inneem.

• Jy moet sekere redenasies gebruik om jou standpunt te stel en jy moet dit deur inligting staaf.

• Inhoud. Wanneer jy genoeg inligting ingesamel het, kan jy met gesag praat en selfs vrae beantwoord.

• Formaat (inleiding, minstens drie redenasies, slot).

• Gehalte van aanbieding. (Gebruik hulpmiddels soos kaarte, sketse en foto’s.)

• Vlotheid, toon, register. (Deeglike voorbereiding gee meer selfvertroue.)

• Sinskonstruksie en taalgebruik.

• Oorredingsvermoë.

• Uitspraak. (Wissel jou stemtoon.)

• Tempowisseling en korrekte pouses.

• Oogkontak en lyftaal. (Dramatiseer indien nodig. Behou oogkontak met jou

gehoor.)

Ons is baie bewus van die rekenaar wat baie dinge in vandag se tyd kan doen, maar daar is

nou eenmaal iets wat hy nie kan nie. (Rekenaars kan nie liefhê, haat, bekommerd of bang wees en moeg word nie. Rekenaars kan nie tussen reg en verkeerd onderskei nie en kan nie menings van hulle eie hê nie.)

Page 7: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

43

Aktiwiteit 5: Ek verstaan my taal

Lees die onderstaande teks sorgvuldig en doen dan die oefening:

Marike Basson het in Jip haar sê gesê:

43

Die “passion-gap” tussen ons

1. Moenie bekommerd wees nie. Dié berig gaan nie oor gapings tussen die voortande

of die een of ander vrugtesap nie. Dis baie meer gekompliseerd as dít. Almal praat

gedurig daaroor en skud dan die kop.

2. Maar doen iemand ooit iets aan die generasiegaping tussen oud en jonk? Probeer ons soms om ʼn “brug” bo-oor die gaping te bou en dan daaroor te “stap”? Of skud ons

maar net die kop en hoop dit gaan verby?

3. Talle tieners kla daagliks oor hul ouers. Ouers moet dikwels hoor hulle is die mees

gehate wesens op moederaarde, hul haarstyle dateer uit die jare veertig en hulle is oorgewig. Ons praat anders, dink anders, voel anders en ervaar dinge heeltemal

verskillend. Dis hoekom alle tieners die een of ander tyd die kamerdeur toeklap en

gil: “Niemand verstaan my nie!”

4. Oral in koerante en tydskrifte skryf tieners aan “sielkundiges” oor hul ouers. Hulle sê

gewoonlik hul ouers mors hulle lewe op, niemand verstaan hulle nie, of hulle ouers embarrass hulle. Ek onthou dit soos gister toe ek en my ma my sestienjarige broer met ons goue Pulsar by die skool gaan aflaai het. Die toppunt van embarrassment!

5. En raai hoe het my broer dié uncool situasie hanteer? Hy het uitgeklim, sy tas uit

die kattebak (wat met ʼn besemstok oopgehou word) gehaal en gesê: “Baai tannie, dankie vir die lift!”

6. Mense het al boeke geskryf hieroor, navorsing gedoen en mense ontleed. Tog is die antwoord eenvoudig. Dit neem net ʼn bietjie guts van albei partye om hieroor te praat

en mekaar te respekteer. Ek het onlangs ʼn boek met die titel Bringing up you parents gelees. Op die eerste bladsy is in groot, swart letters geskryf: 50 +15 = Big trouble!

Maar liewe Jippers, dit hoef nie so te wees nie.

7. Hoe nou gemaak? Hoe gaan ons oor hierdie brug kom? Beide die ouer en tiener

moet besef hulle kan nie sonder mekaar survive nie. Wanneer ons dit besef het, is die volgende stap om met mekaar te praat oor die probleem. Ek weet so ʼn gesprek

ontaard gewoonlik in ʼn gegil en geskree op mekaar. Dan is die probleem steeds nie

opgelos nie.

8. Ons moet te alle tye kalm bly en luister na wat die ander party te sê het. As ons klaar

gepraat het, moet ons dit wat ons gesê het actually begin doen. Deur net die volgende

Ons programmeerons woordsoorte

Page 8: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

44

te doen, sal dit sommer gou baie beter gaan:

• Ouers moet nooit aspris ʼn tiener embarrass nie.

• Ouers moenie onredelik wees oor sakgeld en inkomtye nie.

• Ouers moet besef tieners hou ook van privaatheid.

• Ouers mag nooit hulle tieners se SMS’e lees nie.

• Tieners moet hulle ouers respekteer en mag ook nooit op hulle gil nie.

• Ons sal moet leer om darem so hier en daar te help in en om die huis.

• Dis nie so uncool om soms vir jou ouers dankie te sê vir alles wat hulle vir jou doen nie.

9. Moenie weer vir die “sielkundiges” skryf en oor jou ouers kla nie.

10. En ouers, onthou tog die buurvrou het beter dinge om te doen as om na jou geklaery te luister. Praat met mekaar en tree op. Kyk of jy nie “50 +15” in “= great pleasure

and fun” kan verander nie!

Beantwoord nou die vrae:

1. Hoe oud dink jy is Marike?

2. Wat is die hoofgedagte van Marike se artikel?

3. Watter leiding kry ons uit Efésiërs 6 vir ouers en kinders wat hiermee stoei?

4. Wat dink jy van Marike se taalgebruik?

5. Benoem die volgende woordsoorte:

Paragraaf 1

a. vrugtesap, voortande, kop

b. tussen

c. dít

d. praat

e. gedurig

f. daaroor

g. en

Paragraaf 3

a. talle

b. moet

c. hoor

d. is

e. gehate

f. veertig

Paragraaf 4

a. mors hulle lewe op

b. sestienjarige

c. Pulsar

Paragraaf 6

a. hieroor

b. navorsing

c. ʼn

d. bietjie

e. albei

f. mekaar

g. eerste

h. groot, swart

Paragraaf 8

a. op, in, om, vir

Page 9: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

45

Aktiwiteit 6: Ek oefen my taalkennis

Voltooi die volgende opdragte:

1. Gee die meervoude van die volgende:

• seemeeu • hek • skilpad

• papaja • nes • brug

• ballon • tarentaal • museum

• teorie • folio • speelding

• golf • spreeu • stad

• hemp • kruiwa • gebod

• gas • koningin

2. Gee die verkleinwoorde vir die volgende woorde:

• ketting • skraap • mandjies

• briewe • slang • skêr

• reënboog • rib • hond

• ouma • ring • vat

• pikkewyn • hoed • tree

• piesang • krokodille • speelding

• arm • oog

3. Gee die manlike en vroulike vorm:

• olifant • hoender • weduwee

• sebra • tier • profeet

• leeu • hond • instrukteur

• kalf • oujongnooi • direkteur

• klipspringer • kelner • kind

• vlakvark • strooimeisie • heiden

• seekoei • Jood

A. Selfstandige naamwoordeWord uitgeken aan:

• Kan met sintuie waargeneem word

• Kan ʼn lidwoord vooraan kry

• Meervoud

• Verkleining

• Geslag: manlik / vroulik

Page 10: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

46

4. Vul die gepaste versamelnaam in:

a. ʼn________berge k. ʼn_______brood

b. ʼn________skepe l. ʼn_______weermagvoertuie

c. ʼn________bye m. ʼn_______toneelspelers

d. ʼn________visse n. ʼn_______rowers

e. ʼn________blomme o. ʼn_______eiers

f. ʼn________miere p. ʼn_______vee

g. ʼn________pêrels q. ʼn_______gedigte

h. ʼn________hondjies r. ʼn_______vere

i. ʼn________patryse s. ʼn_______wasgoed

j. ʼn________vliegtuie t. ʼn_______vrugtebome

5. Wat noem ons die inwoners van die volgende lande:

a. Arabië f. Turkye

b. China g. België

c. Italië h. Japan

d. Swede i. Vlaandere

e. Switserland j. Kanada

Voltooi die volgende opdragte:

1. Gee die trappe van vergelyking van die volgende woorde:

a. doof d. groot

b. donker e. warm

c. tevrede f. bietjie

2. Gee die intensiewe vorm van die volgende woorde:

a. doof f. toe

b. donker g. koud

c. tevrede h. jonk

d. warm i. soet

e. vol j. arm

3. Maak sinne met die volgende intensiewe vorme, sodat hul betekenis duidelik is:

a. seepglad d. horingdroog

b. dolleeg e. klokhelder

c. koeëlrond

B. Byvoeglike naamwoorde (adjektiewe)• Beskryf die selfstandige naamwoord en moet soms verbuig

• Kan trappe van vergelyking kry

• Kan soms intensiewe vorm kry. Intensiewe vorm word meestal vas geskryf

.• Kan letterlik of figuurlik gebruik word

Page 11: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

47

4. Verbuig die adjektief om voor die selfstandige naamwoord te pas en gebruik albei saam om sinne te maak:

a. hoog berg f. jonk seuns

b. lank mans g. droog blare

c. moeg kinders h. lig reënbui

d. opgewek mense i. beleef antwoord

e. breed pad j. ʼn beslis standpunt

C. Werkwoordea. Dui die aksie of wat gedoen word aan.

b. Voeg selfstandige naamwoord + werkwoord + wie? / wat? bymekaar:

• as daar ʼn antwoord is, is die werkwoord oorganklik

Byvoorbeeld: Die dinosourus vreet blare.

Die dinosourus vreet wat? blare... vreet is dus oorganklik in hierdie sin.

• as daar nie ʼn antwoord is nie, is die werkwoord onoorganklik

Byvoorbeeld: Die blikbrein dink slim.

Die blikbrein dink wie / wat? geen antwoord... dink is dus onoorganklik in hierdie sin.

b. Dui die hooftye aan:

Verlede tyd: het gevreet

Hede / teenwoordige tyd: vreet

Toekomende tyd: sal / gaan vreet

d. Hulpwerkwoorde help om tyd, wyse, of vorm uit te druk

• Tyd: het + ge- + werkwoord (Onthou be-, ge-, her-, ver- , ont- en er-)

Byvoorbeeld: Hy het fossiele bestudeer.

• Wyse: kan, wil, sal, mag, moet

Byvoorbeeld: Hy kan fossiele bestudeer.

• Vorm: is, word (lydende vorm) Byvoorbeeld: Die fossiel word ontdek.

Voltooi die volgende opdragte:

1. Sê of die volgende werkwoorde oorganklik of onoorganklik is:

a. Hy tik lesse op die rekenaar.

b. Sy tik vinniger.

c. Hy tik gewoonlik bedags.

d. Herbivore vreet graag gras.

e. Karnivore moet daagliks jag.

2. Gebruik die volgende deeltjiewerkwoorde in sinne. Maak eers ʼn sin waar dit as een woord geskryf word, dan ʼn sin waar die woord gedeel word.

a. saambring d. voorstel

b. weggaan e. pakgee

c. asemhaal

Page 12: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

48

3. Sê in watter tyd die volgende sinne geskryf is:

a. Paleontoloë doen daagliks navorsing.

b. Dinosourusse het reeds eeue gelede uitgesterf.

c. Herbivore, karnivore en omnivore vreet.

d. Navorsers het baie monsters versamel.

e. Hulle sal altyd probeer bewys dat hulle teorie waar is.

4. Skryf die korrekte vorm van die woord in hakies (deelwoorde):

a. Die meisie met die (breek) hart, het dae aaneen gehuil.

b. Die (breek) glas het sy voet baie lelik gesny.

c. (Inlê) vrugte is vir my nog die heel lekkerste nagereg.

d. (Blaf) honde kan my pa in die nag mal maak.

e. (Staan) water kan dodelik wees.

Voltooi die volgende opdragte:

1. Skryf die volgende sinne oor, maar skryf die bywoord in ʼn ander kleur en skryf na die

sin watter soort bywoord dit is.

a. Die wildsbokkie hardloop vinnig deur die veld.

b. Kom speel later by my, asseblief?

c. Ek spring moeilik oor ʼn rivier.

d. Draai regs by die vierde boom.

2. Maak sinne met die volgende woorde, sodat die betekenis daarvan duidelik na vore kom:

a. skaarste c. vaste

b. skaarsste d. vasste

D. Bywoorde• Beskryf die werkwoord. As ek saam met werkwoord vra: Waar / wanneer / hoe?

en ʼn antwoord kry, is die woord ʼn bywoord

• Kan trappe van vergelyking kry

• Beskryf die werkwoord

• Beskryf telwoorde

E. Voornaamwoorde• Staan in die plek van ʼn selfstandige naamwoord, byvoorbeeld: hulle, hy, sy

Voltooi die volgende opdragte:

1. Skryf die volgende sinne oor en skryf die korrekte voornaamwoord in die plek van die vetgedrukte woorde.

a. Die jaloesie slaan deur in Anneke se stem.

b. Pieter nooi die ander om saam met Pieter na die museum te gaan.

c. Steenkool is ʼn uiters belangrike fossielerflating.

Page 13: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

49

d. Anna se oë soek na haar ouers se wit motor.

e. Paleontoloog maak ʼn studie van fossiele.

f. Die potlood wat ek mee skryf, is stomp.

g. Die motor wat se petrol op is, het gaan staan.

h. Die meisie wie fluit, word uitgestuur.

i. My oom wie ek met praat, is die hoof.

j. Ek glo aan dit om gesond te eet.

1. Dui aan of die volgende lidwoorde bepaald of onbepaald is.

Die evolusieteorie is maar ʼn teorie oor hoe die aarde ontstaan het.

Voltooi die volgende opdragte:

1. Voltooi die volgende sinne deur die gepaste voorsetsel in te vul:

a. Dit het ___ die argeoloog se aandag gekom.

b. Hulle dring aan ___ die korrekte feite.

c. Daar moet ___ ag geneem word dat fossiele breekbaar is.

d. Moenie so ___ op die wa wees nie.

e. Jy behoort ___ verskoning te vra.

f. Ons wil ook ___ die oulike tydskrif inteken.

g. Jy moet ___ jou spoor trap.

h. ___ nuuskierigheid het hy alles wat hy kon oor fossiele gelees.

i. ʼn Mens moet ___ jou hoede wees ___ skelms.

j. Die argeoloë wil graag die fossiel ___ die hande kry.

F. Lidwoorde• Staan voor selfstandige naamwoord en dui ʼn bepaalde (spesifieke) of onbepaalde

(enige, onbekende, algemene) selfstandige naamwoord aan

Byvoorbeeld: Die seun kan vinnig hardloop. – ʼn spesifieke (bepaalde) seun.

ʼn Seun kan vinnig hardloop. – enige (onbepaalde) seun.

G. Voorsetsels• Staan voor selfstandige naamwoord / voornaamwoord of bywoord

Byvoorbeeld:

Die hond byt aan die skoen.

Die perd behoort aan haar.

Hy bly hier tot vandag.

• Staan ook in vaste verbindings, waar slegs een spesifieke voorsetsel korrek sal wees

Byvoorbeeld: Hulle sit aan tafel.

Page 14: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

50

Voltooi die volgende opdrag:

1. Verbind die volgende sinne, deur van die voegwoorde tussen hakies gebruik te maak;

a. Die man skuil onder die afdak. Dit reën baie hard. (omdat)

b. Die man gaan siek word van die reën. Hy gaan droë klere aantrek. (tensy)

c. Die man sal nie siek word nie. Hy gaan droë klere aantrek. (mits)

d. Die man skuil steeds onder die afdak. Hy word nou sopnat. Die wind waai.

(want, omdat)

Voltooi die volgende opdrag

1. Onderstreep elke keer die telwoord in die sin en sê dan watter soort dit is.

a. Vir die twintig argeoloë was dit ʼn aangename ontdekking.

b. Vir die meeste was dit hulle eerste ontdekking.

c. Die veertiende dag kon hulle twee fossiele versigtig uithaal.

d. Albei fossiele was onbeskadig en verskeie argeoloë het net gesug.

Voltooi die volgende opdrag:

1. Kies enige ses tussenwerpsels hieronder en maak sinne wat by die argeoloë sou pas toe

hulle twee fossiele ontdek het.

Hoera EINA Atiesjoe Ag Wrintiewaar Nooit

SJOE Haai Ai

aitsa O gmf Brrr

ʼn-ʼn SIES

I. Telwoorde• Bepaal hoeveelheid of volgorde

J. Tussenwerpsels• Uitroepe om sekere emosies of gevoelens uit te druk

Byvoorbeeld: skrik, blydskap, verbasing, jammerte / simpatie, woede, pyn

• Korrekte leestekens is belangrik

H. Voegwoorde• Voeg woorde, woordgroepe en sinne saam

• Die komma word gewoonlik gebruik voor alle voegwoorde

• Voor en word gewoonlik nie ʼn komma gebruik nie

• Die komma word ook gebruik by die herhaling van voegwoorde

Page 15: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

51

Aktiwiteit 7: Ek lees my taal

Lees met aandag die volgende drama. Julle kan dit met behulp van rolspel doen.

Yslik baie oeslak

Karakters:

Mongmoenet (afgekort as Mong) Wese van die planeet Skosju

Nanine

Pieter Tieners op ʼn staptog in die veld

Adam

Nampti

Die stappers slaap almal. ʼn Flitsende lig daal stadig van bo af neer. Dit is

al wat sigbaar is van Mong se ruimtetuig wat land. Daar is ʼn vreemde, lae

geluid hoorbaar. Uiteindelik kom die flitsende lig tot stilstand regs van die

verhoog naby die slapende jongmense. Dit bly op kophoogte hang. Dan word

dit afgeskakel. Die geluid hou ook op. (Musiek kan ook gebruik word.) Dit

word oggend. Die naggeluide word vervang deur oggendgeluide. Die slapende

stappers word sigbaar. Naby hulle staan die ruimtetuig. Pieter word wakker

en sit regop. Hy rek hom uit en gaap. Dan buk hy vorentoe en skud Nanine se

voet. Mong loer van agter sy ruimtetuig na die stappers. Hy is in iets soos ʼn

noupassende wit sweetpak aangetrek met vreemde simbole en patrone daarop.

Op sy kop is daar ʼn blou apparaat met knoppies wat hy kan verstel. Hy luister

aandagtig na die stappers se gesprek en verstel dan die apparaat op sy kop.

Dit is ʼn soort “vertaler-apparaat” wat hulle taal vir hom verstaanbaar maak.

Nanine staan op en stap nader en sien Mong agter die tuig induik.

1. NANINE: Haai! Ek dink ek het ʼn groot bloukopkoggelmander gesien.

Die ander staan op en kom ook nader.

2. NAMPTI: Is dit, Nanine? Ek wil so graag een van naby sien! Kan ons

hom nie vang en so rukkie bekyk nie?

Mong loer van die ander kant agter die tuig uit.

3. ADAM: Daar’s hy! Ek sien hom!

4. NAMPTI: Ja, ek sien hom ook ... Adam, gaan jy die kant om en dan gaan ek daardie kant om. Miskien kan ons hom vang ....versigtig...help ons, Pieter.

Nampti en Nanine beweeg versigtig een kant om en die twee

seuns ander kant om! Mong kruip weg.

Page 16: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

52

5. ADAM: Vang hom, Nampti!

6 NAMPTI: Hy’s te vinnig! Daar’s hy, Nanine!

7. NANINE: Ek het hom! Nee, hy’s weer los! Keer hom, Pieter!

8. PIETER: Maar jy’t hom in jou hande gehad! Hoekom los jy? ... Oeps!

Mong hardloop van agter in hom vas, maar spring weer weg.

Die vangery duur ʼn rukkie. Mong hardloop al om die tuig en

ontwyk sy agtervolgers. Dan gaan hy skielik staan, draai om

en stap in die rigting van die slaapsakke.

9. NANINE: Daar gaan hy ... na ons slaapsakke toe! Keer ...

Mong gaan staan en Nanine steek voor hom vas. Sy voel ʼn

bietjie benoud.

10. NANINE: Is ... bloukopkoggelmanders gevaarlik?

11. PIETER: Baie giftig. Uiters giftig.

12. NAMPTI: Twak, Pieter. Daar is nie een Suid-Afrikaanse akkedis wat

giftig is nie. Mens moet hom net stadig benader ...dat hy nie skrik nie.

Sy kom stadig nader met uitgestrekte arms. Net voor sy aan

hom raak, begin Mong praat. Sy skrik en spring agteruit.

13. MONG: Goeie doeg. Moe noem oes Mongmoenet. Noem moe soemer

noet Mong.

14. NANINE: Dit klink ... amper of hy praat!

15. PIETER: Nonsens! Van wanneer af kan akkedisse praat?

Mong frons en verstel aan die apparaat op sy kop.

16. MONG: Natoerlik kan ek proet. Kan joele moe dan nie verstoen nie?

Die stappers staar oopmond na Mong. Uiteindelik praat

Nampti.

17. NAMPTI: E ... dit klink amper ... dit klink amper ... luister, koggelmander, kan jy praat?

18. MONG: Maar joele hoor dan hoe ek proet ... natoerlik kan ek proet!

19. ADAM: Maar ... ek het nog nooit van ʼn koggelmander gehoor wat kan

proet ... ek bedoel praat nie!

20. MONG: Hoekom hoe joele aanhou sê ek oes ʼn koegelmander?

21. NANINE: Want jy is een! ʼn Bloukopkoggelmander. Wat het hy gedink

is jy?

22. PIETER: Ek het nog nooit in my lewe so ʼn gek ding gesien nie. Hier

staan ons en redeneer met ʼn bloukopkoegelmander ...

Page 17: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

53

23. NAMPTI: (lag) Daar doen jy dit ook!

24. PIETER: Bloukopkoggelmander ... Dit is heeltemal belaglik!

25. MONG: Maar hoekoem sê joele ek oes ʼn bloukopkoegelmander? Ek

oes nie een nie!

26. NAMPTI: Want ons kan sien jy’s een. Jy het ʼn blou kop en jy’t skubbe en

sulke klein, blink ogies en ...

Mong verstaan nou wat aan die gang is. Die aardbewoners

sien hom aan vir iets wat hy nie is nie.

De Waal Venter.

Doen nou die volgende opdragte:

A. Bespreek in julle groepe:

1. Hoe verskil die skrif of lettertipes wat in ʼn drama gebruik word?

2. Waarom verskil dit?

3. Wat is die doel van die teks?

4. Hoe dink julle kan ʼn mens die flitsende ligte op die verhoog voorstel?

5. Hoe verskil dag- en naggeluide? Hoe sou ʼn mens dit tydens ʼn opvoering kan

voorstel?

6. Mong dra ʼn apparaat op sy kop.

a. Wat is dit?

b. Is die apparaat doeltreffend?

c. Waarom sê julle so?

7. Hoe dink julle kan Mong aan die stappers duidelik maak dat hy vanuit die ruimte

kom?

B. Doen die volgende opdragte in jou boek:

1. Kyk weer na jou teks en teken dan vir Mong.

2. Skryf nou ʼn kort paragrafie om te sê hoe Mong lyk. Gebruik die inligting tot jou

beskikking, maar gebruik ook jou verbeelding.

3. Skryf vyf woorde wat Mong verkeerd sê neer en skryf dit dan reg oor.

4. Wat noem ons:

a. Die spelers wat die drama opvoer.

b. Die skrywer van die drama.

c. Die skrywer van ʼn drama wat vir televisieuitsending of film bedoel is.

Page 18: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

54

d. Die artikels wat op die verhoog gebruik word om die toneel in te klee.

e. Die agtergrond, byvoorbeeld ʼn woud op ʼn groot skerm geverf.

f. Die persoon wat die groep toneelspelers afrig.

g. Die persone wat verantwoordelik is vir die byklanke, beligting en ander

sake.

h. Die persoon wat verantwoordelik is daarvoor dat al die tegniese aspekte van

die toneelopvoering glad verloop.

i. Die persone wat na die opvoering sit en kyk.

j. Die handegeklap nadat alles goed afgeloop het.

k. Wat is ʼn “encore”?

Aktiwiteit 8: Ek sê baie met my taal

Luister aandagtig terwyl iemand die volgende gedig van Jeanne

Goosen aan julle voorlees:

Gesprek met ʼn komper

KLANT: dag

KOMPER: goeie dag

watter diens verlang u een bakker twee geneesheer drie reisagent vier kruidenier vyf slagter ses melkery

KLANT: nommer vier asseblief

KOMPER: kruidenier tot u diens

verlang u sewe kruideniersware agt klerasie nege toiletware tien groente

KLANT: nommer sewe

KOMPER: dankie

ʼn lys van benodigdhede asseblief

KLANT: een pak poast toasties een bottel asyn twee blikkies sardyne een blik gebakte bone

KOMPER: is dit al

KLANT: ja

KOMPER: dankie

ek twyfel oor die volgende ʼn groot of ʼn klein pak post toasties

KLANT: groot

Page 19: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

55

KOMPER: dankie

ek verstaan nie sardyne nie is dit korrek en verkrygbaar van die kruidenier

KLANT: sardientjies

KOMPER: dankie

u bestelling lui soos volg;

een groot pak poast toasties een bottel asyn twee blikkies sardientjies een blik gebakte bone totaal: een rand en tien sent die bedrag is minder as vyf rand dus kan ons nie aflewer nie wanneer kan u die goedere kom afhaal

KLANT: om 13:00

KOMPER: u bestelling sal om 13:00 gereed wees

is daar nog iets

KLANT: ek voel verskriklik bedruk

KOMPER: ek verstaan nie verskriklik bedruk nie

is dit korrek en verkrygbaar van die kruidenier

KLANT: nommer twee asseblief

KOMPER: geneesheer tot u diens wat makeer

hmmmmmmm?

Bespreek nou die volgende vrae in klasverband en beantwoord

dit dan skriftelik.

1. Waarom, dink jy, is daar omtrent geen leestekens in die gedig nie?

2. Gee ʼn ander woord vir “komper”.

3. Wie is die persone wat hier in gesprek is?

4. Wat beteken die nommers wat die komper noem?

5. Vind daar in die gedig enige kommunikasie plaas? Verduidelik jou antwoord deur eers die betekenis van kommunikasie in die woordeboek te soek.

6. Watter versreëls word herhaal?

7. Waarom verstaan die komper nie die uitdrukkings “sardyne” en “bedruk” nie?

8. Die slot is interessant of ironies. Hoekom?

9. Die komper sê dat die goedere nie afgelewer kan word nie. Wie dink jy sou die goedere

afgelewer het?

10. Hoe dink jy voel die digter teenoor rekenaars? Verduidelik.

Page 20: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

56

11. Wie, klink dit vir julle, het die beste maniere? Hoekom sê jy so?

12. Sê in een sin wat die klant bedoel met: “ek voel verskriklik bedruk”?

13. Skryf reël 1 - 7 oor en gebruik hoofletters, leestekens en goeie sinsbou.

14. Bespreek een voordeel wat die gebruik van die rekenaar vir die mens inhou.

Aktiwiteit 9: Ek skryf my taal

Wenke

Wanneer jy ʼn kitsbank gebruik om byvoorbeeld geld te onttrek, kommunikeer jy eintlik met

ʼn rekenaar. Mense word gereeld gewaarsku teen kitsbankrowers. Skryf nou ʼn paar wenke

neer wat iemand sal help om ʼn kitsbank veilig te gebruik.

Boodskap

1. Formuleer die boodskap wat op jou selfoonantwoordmasjien gehoor kan word as mense jou bel en jy is nie beskikbaar nie. (Indien jy natuurlik ʼn selfoon het.)

Voorbeeld:

“Goeiedag, dit is die Krugers se huis. Ons is op die oomblik nie beskikbaar nie. Laat

jou naam en telefoonnommer na die sein en ons skakel so gou moontlik terug.”

2. Formuleer nou jou boodskap ook in Engels.

3. Doen navorsing en skryf dieselfde boodskap ook oor in ʼn swart taal wat hoofsaaklik in

jou omgewing gepraat word.

Aktiwiteit 10: Ek is ʼn skrywer

Vier maats gaan nou saam ʼn opstel skryf. Gaan so te werk:

1. Kies ʼn groepleier. Hy / sy moet toesien dat almal in die groep ewe veel werk doen.

Kies ook ʼn tydhouer, wat daarop let dat julle nie tyd mors nie.

2. Die titel van julle opstel is: “Dagbreek oor Stompneusbaai”

3. Kyk na die volgende soorte verhale en besluit saam watter soort verhaal julle gaan skryf:

• Romantiese verhaal (liefdesverhaal)

• Spanningsverhaal (ʼn “naelbyter” wat jou heeltyd laat bekommer oor die karakters)

• Speurverhaal (meestal ook ʼn spanningsverhaal oor die opspoor van ʼn skuldige)

• Wetenskapfiksie (handel oor tegnologie, ruimte, vreemde planete, ensovoorts)

• Fantasieverhaal (verhaal oor fantasiekarakters of -diere)

Onthou ʼn wenk is ʼn kort en kernagtige aanwysing.

Onthou so ʼn boodskap moet kort en kragtig wees, aangesien jy nie die persoon wat

jou skakel se telefoonrekening wil opjaag nie.

Page 21: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

57

• avontuurverhaal (verhaal oor ʼn avontuurlustige ervaring)

• griller (bangmaak-verhaal)

4. Beplan nou die hele opstel. Gee aandag aan die karakters, milieu, inhoud, storielyn.

Onthou vir die storielyn die volgende:

• Begin

• Konflik / probleem

• Hoogtepunt

• Oplossing

5. Besluit nou wie vir elk van die volgende verantwoordelik sal wees:

• Inleidingsparagraaf

• Par. 2

• Par. 3

• Slotparagraaf

• Interessante omslag vir die storie

6. Punte sal individueel sowel as vir groepwerk gegee word. Daarom moet daar

duidelik aangedui word watter groeplid vir watter deel van die werk verantwoordelik was. Alle rofwerk moet saam met die finale kopie ingehandig word. Die volgende

assesseringskriteria word gebruik: kreatiwiteit; relevansie van inhoud; logiese samehang;

parafrasering; formaat; kwaliteit van die eindproduk; tydverwysing; grammatikale

struktuur; redigering van ander.

Aktiwiteit 11: Ek lees en verstaan

Waar kan jy materiaal soos boeke, tydskrifte, films, CD’s, legkaarte, ensiklopedieë en speletjies

in een lokaal kry en dit gratis gebruik? Jy is reg, dis in die biblioteek.

Pieter Pieterse was ʼn gewilde jeugboekskrywer. Het jy al van sy boeke gehoor? In die

volgende artikel kan jy lees wat hom geïnspireer het om te skryf. Besoek die biblioteek om

nog meer jeugverhale te lees.

Lees nou die artikel en beantwoord dan die vrae daaroor:

57

Al skrywend

vermoorStorieman Pieter Pieterse was

besig met nuwe roman toe

aanvallers toeslaan

Die bekroonde skrywer en storieverteller

Pieter Pieterse het by ʼn tafeltjie in die tuin

aan sy jongste roman gewerk toe hy in ʼn

vakansiedorp naby die Krugerwildtuin aangeval, vasgebind en vermoor is.

Pieterse (65) se erg ontbinde lyk is gister deur sy vrou, Jenny (die Ingelsman, soos hy haar altyd genoem het), gevind. Hy is

Sondag laas in die kerk gesien.

Die tafel voor sy woonwa in die tuin

was omgestamp en sy skootrekenaar het op die grond gelê. Pieterse was mede-aanbieder van die televisieprogram Maak

ʼn Las.

Me. Marietjie Coetzee, ʼn suster van

Pieterse en ook sy uitgewer, het hom

Page 22: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

58

uitstel gegee om aan die roman Takgali, plek van blydskap, te werk. Die roman,

wat handel oor die hervestiging van mense aan die Weskus, moes teen einde April klaar gewees het. Pieterse het gesê hy skryf “so lekker aan die roman. Ek wil nooit daarmee klaarmaak nie”. Hy was

bitter opgewonde oor die boek. Coetzee het gesê dit is verskriklik ironies dat hy op so ʼn gewelddadige manier gesterf het,

want hy en sy vrou “was barmhartige Samaritane in die omgewing. Hulle het

veral sendingwerk en versorging onder vigspasiënte gedoen”.

Kapt. Amelia Smith, polisiewoord-voerder, het gesê dit lyk of daar ʼn

struweling was. Volgens Smith het Jenny hom vandeesweek herhaaldelik in die hande probeer kry, maar sy selfoon was afgeskakel.

Die deure van Pieterse se huis en woonwa

het oopgestaan toe sy lyk gevind is. Insp. Henk Venter, woordvoerder van die

polisie in Nelspruit, het gesê dit lyk nie

of iemand ingebreek het nie. Volgens Smith word ʼn vuurwapen, ʼn TV-stel, ʼn

selfoon en ʼn videomasjien uit die huis

vermis. Jenny was gister erg geskok en het doktersbehandeling ontvang voordat sy na familie in Nelspruit geneem is.

Linda de Nysschen berig die polisie het gistermiddag die strate om die moordhuis in Butterflystraat afgesper. Senior

polisiebeamptes het Pieterse se woonplek gefynkam vir leidrade.

Inwoners van Marlothpark het met skok verneem van die moord op Pieterse. Dit

was glo die derde moord in twee jaar in die geproklameerde vakansiedorp. Volgens van die inwoners is onwettige immigrante van Mosambiek ʼn groot

probleem.

“Hulle stroom die dorp binne.”

Kapt. Thinus Rossouw van die eenheid teen ernstige geweldmisdaad in Middelburg het gesê Pieterse se lyk is Nelspruit toe geneem vir ʼn lykskouing.

1. Som die artikel in vyf sinne op.

2. Dink jy hy was meer beroemd as ʼn skrywer of as ʼn aanbieder? Motiveer.

3. Gaan doen navorsing en noem vyf jeugverhale wat hy geskryf het. Identifiseer die temas van elke verhaal.

4. Vergelyk sy jeugverhale met die van ʼn ander skrywer en gee jou opinie.

5. Watter persoonsname kan aan Pieter Pieterse toegeskryf word?

6. Skryf een voorbeeld van elk van die verskillende selfstandige naamwoorde uit die artikel neer.

7. Identifiseer ʼn vraagsin, stelsin, bevelsin en uitroepsin uit die onderstaande sinne:

a. Pieter Pieterse is ʼn skrywer van formaat.

b. Hiert, Tuba, hoe laat jy my skrik!

c. Wie het in die Caprivi gewoon?

d. Gaan pas my skape op.

Page 23: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

59

Aktiwiteit 12: Ek kom in tel deur reg te spel

Koppeltekens word in die volgende gevalle gebruik:

1. Verwarrende opeenhoping van vokale

Byvoorbeeld: Drie-eenheid, see-eend, toe-eien

2. Koppelings met Griekse of Latynse voorvoegsels wat verkeerd gelees kan word

Byvoorbeeld: re-unie, ko-operasie (kan ook reünie en koöperasie wees)

3. Koppelings met woorde van Griekse of Latynse herkoms

Byvoorbeeld: anti-alles, sosio-ekonomies, ad hoc-komitee

4. Ongemaklike lang samestellings

Byvoorbeeld: skooleindsertifikaat-eksamen

5. Samestelling met betekenisverhouding tussen dele

Byvoorbeeld: tref-en-trap-ongeluk, ja-nee-toets

6. Koppelings met afkortings, simbole, letters, syfers, getalle

Byvoorbeeld: D-dag, 5% -daling, R50-noot, A-span

7. Verbindings waarvan die tweede deel met ʼn hoofletter begin

Byvoorbeeld: pro-Frans, non-Calvinisties

8. Herhalingsvorme:

Byvoorbeeld: woer-woertjie, huil-huil

9. Invoeging van ʼn byvoeglike naamwoord in ʼn samestelling:

Byvoorbeeld: Adjunk-besturende direkteur

10. Verbindings met -hulle

Byvoorbeeld: Piet-hulle, pa-hulle

11. Telwoorde met -en-

Byvoorbeeld: sewe-en-twintig (ook: sewe en twintig)

12. Sekere plekname

Byvoorbeeld: Groot-Karoo, Oos-Londen, Suid-Afrika

13. Dubbelloopname en vanne:

Byvoorbeeld: Anna-Mart, Gosforth-Venter

14. Saamgestelde range of titels

Byvoorbeeld: Sekretaris-generaal, sersant-majoor

15. Die koppelteken as weglatingsteken

Byvoorbeeld: appel- en peerbome, hout- en glasblaaie

A. Koppeltekens

Dit is ʼn skryfteken wat gebruik word om twee of meer woorde aan mekaar te koppel.

Woorde wat met ʼn koppelteken geskryf word, moet as een woord beskou word.

Page 24: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

60

16. Ontleende koppeltekens

Byvoorbeeld: eau-de-cologne

17. Sekere verbindings

Byvoorbeeld: klem-in-die-kaak, een-twee-drie

Oefening

Skryf nou die volgende woorde in jou werkboek oor. Voeg die koppelteken (indien nodig) korrek in:

a. Suidwes Afrika j. Gr. 7 leerlinge s. oud skolier

b. Midde Ooste k. 3 tonwa t. waas

c. Nieu Seeland l. graad IV klas u. eendeier

d. Pretoria Noord m. loop loop v. insekteeter

e. Sentraal Afrika n. speel speel w. wildeeend

f. Hout en glasblad o. sing sing x. pronkertjie

g. Blik en draadskêr p. nerfaf y. uitasem

h. Teël en sinkdakke q. beenaf z. rugare

i. Haak en steekbos r. handuit

Oefening

Skryf nou die volgende woorde in jou werkboek oor en voorsien die wat dit nodig het van die nodige deeltekens:

a. weerspieel h. Nigerie o. plae

b. droer i. pasient p. Zambie

c. vermoe j. priele q. dieet

d. vroeer k. kopiee r. ruine

e. kliente l. verlee s. elektrisien

f. oorloe m. vlieer t. reunie

g. reenwater n. geys

LET WEL: Verbindings met nie-, non- en oud- word meestal sonder koppeltekens geskryf

Byvoorbeeld: oudstudent, nieteenstaande

B. Deeltekens

Dit is ʼn skryfteken wat in Afrikaans gebruik word om lettergrepe van mekaar te skei,

sodat die woord reg gelees kan word. Die deelteken kom altyd op die eerste vokaal van ʼn

lettergreep en nooit direk na ʼn konsonant nie.

Page 25: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

61

Aktiwiteit 13: Ek geniet gedigte

Lees die volgende gedigte en beantwoord dan die vrae:

Ek het vir my ʼn komper bestel

Ek het vir my ʼn komper bestel

en die dae een-een afgetelen kort-kort opgewonde soos ʼn kind gedink

aan liggies en knoppies en goeters wat blink.

Ek het in my kamer op en neer gestapsoos iemand wat op ʼn ou vriend wag.

Ou woorde en muwwe vrae. My tong is dom

van antwoorde soek en mor, my lippe stom

van al die bar gesprekke met myself.Ek sou die komper rooi en geel wou verf -dis vrolik, ek hou van vrolike geselskapmet goeie wyn en af en toe ʼn goeie grap.

Toe kom my komper my kom-peuterwat glo met ritse syfers kan goël en speel

en ek verf en poets hom en begin my verkneuter in al die gul woorde wat ons gaan deel

Oor die wyn het ek hom begin voer en voer

En hy het geknabbel aan die bloedsmaak van my vrae:Waaroor kan ons gesels my broerOor lewe en dood? Liefde? Metafisika?

Toe kom sy antwoord reëlmatig dog beslis:

Ek is ʼn komper ek is ʼn komper ek is

George Weideman

1. Beantwoord nou die volgende vrae nadat jy die twee gedigte met mekaar vergelyk het.

Doen dit in tabelvorm.

a. Hoeveel strofes is daar?

b. Wat is die titel?

c. In watter ruimte (milieu) speel dit af?

d. Benoem die rympatrone.

e. Gee ʼn voorbeeld by elke gedig van enjambement.

Page 26: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

62

Kameraad

In my kamer is ʼn komper

Ek het hom na my hand geleerEk het hom woorde toegevoeg maar anders as ekhet hy nie vergeet nie

Hy moker my eie woorde terug

vir wie kan ek kwaad wees?Ek het my geledig in homvir wie kan ek vervaard wees?Saans ry ek met die bus na hom toemet my OK-sak vol behoeftetjies

In my kamer is ʼn maat

In die maat is ʼn laai

In die laai is ek gesleutel

Êrens sal ek my nog kryKom, komper, tyd vir kompereer

Pirow Bekker

2. Beantwoord nou die volgende vrae net uit :”Ek het vir my ʼn komper bestel.”

a. Gee ʼn voorbeeld van volksetimologie uit hierdie gedig.

b. Verduidelik waarom die digter die woord “verkneuter” kies bo die gebruik van die

woord “verkneukel” in strofe 4.

c. Skryf ʼn voorbeeld elk van die twee soorte halfrym: alliterasie en assonansie neer.

Dui dit duidelik aan.

d. Haal ʼn voorbeeld van kontras uit die gedig aan.

e. Verduidelik in een sin tot watter slotsom die verteller in die gedig kom.

f. Gee ʼn voorbeeld van ʼn vergelyking uit die gedig en verduidelik dit.

g. Gee ʼn voorbeeld van personifikasie uit die gedig.

3. Beantwoord nou die volgende vrae aan die hand van: “Kameraad”

a. Gee ʼn sinoniem en dan ʼn antoniem vir die titel.

b. Vergelyk die boodskap van hierdie gedig met die van George Weideman se gedig.

c. Gee voorbeelde van enige tipe beeldspraak uit die gedig.

d. Wat beteken die woord “geledig” in strofe 2?

e. Wat is ʼn voorbeeld van ironie in die gedig?

f. Wat is digterlike vryheid? Is daar ʼn voorbeeld hiervan in enige van hierdie twee

gedigte?

Page 27: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

63

Taalvasvat

1. Eiename

• Name van plekke, persone, vanne, lande, berge, riviere, dae, maande

• Word met ʼn hoofletter geskryf

Byvoorbeeld: Ester, Erasmus, Eskimo, Europa.

2. Soortname

• Woorde wat gewoonlik meervoud, verkleining en geslag kry

• Kan saam met die of ʼn gebruik word.

Byvoorbeeld: ʼn kat, die katte

3. Versamelname

• Dui ʼn versameling van dieselfde soort aan

• Word gewoonlik saam met ʼn soortnaam gebruik

Byvoorbeeld: ʼn werpsel varkies

4. Abstrakte selfstandige naamwoorde

• Emosies, gevoelens, idees

• Eindig baie keer met -heid, -isme, -skap, en -ing

Byvoorbeeld: liefde, pyn, hitte, stilte, kommunisme, onredelikheid

5. Stofname

• Woorde wat ʼn stof / materiaal beskryf en gewoonlik nie ʼn meervoud kry nie.

Byvoorbeeld: geld, kaas, sand, klei, gras, melk, hout, water, silwer

B. Byvoeglike naamwoorde / adjektief• Beskryf die selfstandige naamwoord of voornaamwoord

• Kan voor (attributief) of na (predikatief) die selfstandige naamwoord staan

• Het trappe van vergelyking

• Intensiewe vorm word altyd vas geskryf

• Dit moet soms verbuig om saam met die selfstandige naamwoord te staan

byvoorbeeld moeë reisiger

A. Selfstandige naamwoorde1. eienaam

2. soortnaam

3. versamelnaam

4. abstrakte selfstandige naamwoord

5. stofnaam

Page 28: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

64

1. Die drie trappe van vergelyking:

• stellende > vergrotende (stellende + er)>oortreffende (stellende + ste)

• adjektiewe wat op -s eindig, het dus twee s’e in die oortreffende trap.

Byvoorbeeld: boosste

• adjektiewe wat uit meer as een sillabe bestaan en op ʼn -e eindig, kry die woorde meer

en mees.

Byvoorbeeld: meer geslepe en mees geslepe

• die oortreffende trap van woorde wat op ʼn -u eindig, kry ʼn dubbel -u

Byvoorbeeld: sluuste

2. Kan ʼn intensiewe vorm kry

Byvoorbeeld: groen > grasgroen

1. Selfstandige / hoofwerkwoorde

• Oorganklik wanneer daar ʼn direkte voorwerp is.

Byvoorbeeld: Die seun skop ʼn bal.

• Onoorganklik wanneer daar nie ʼn direkte voorwerp is nie.

Byvoorbeeld: Die seun skop ver.

2. Hulpwerkwoorde / medewerkwoorde

• Altyd saam met die hoofwerkwoord

• Van tyd:

Byvoorbeeld: het geskop; is gekwes

3. Koppelwerkwoorde

• Geen ander werkwoord

• Koppel met naamwoorde (selfstandige naamwoorde, voornaamwoorde, byvoeglike naamwoorde)

Byvoorbeeld: Hy word ʼn dokter. Dit is hy. Hy voel moeg.

Byvoorbeeld: Is, was, wees, word, lyk, blyk, skyn, heet, raak, voel, klink

4. Deeltjiewerkwoorde• Bestaan uit twee dele

• Kan gedeel of vas in ʼn sin staan

Byvoorbeeld: Hy gee die skuldiges pak. / Hy moet hulle nog pakgee.

Ek gee al my boeke terug. / Ek wil graag my boeke teruggee.

C. Werkwoorde1. Selfstandige / hoof

2. hulp / mede

3. koppel

4. deeltjie

Page 29: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

65

1. Plek

Waar?

Byvoorbeeld: Dit reën iewers.

2. Tyd

Wanneer?

Byvoorbeeld: Dit reën saans.

3. Wyse

• Hoe?

Byvoorbeeld: Dit reën hard.

• Kan soms trappe van vergelyking kry.

1. Persoonlik

In plaas van mense se name

Byvoorbeeld: ek, ons, hy, sy, hulle, julle, u

2. Onpersoonlik

Dit

3. Besitlik

Dui een wat besit aan

Byvoorbeeld: my, myne, hom, syne, hul, hulle sʼn, jou, joune

D. Bywoorde• Beskryf die werkwoord, ook saam met bywoord, byvoeglike naamwoord,

voorsetsel

1. plek

2. tyd

3. wyse

E. Voornaamwoorde• in die plek van die selfstandige naamwoord

1. persoonlik

2. onpersoonlik

3. besitlik

4. vraend

5. aanwysend

6. onbepaald

7. wederkerig

8. wederkerend

9. betreklik

Page 30: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

66

4. Vraend

Wie? Watter? Wie se? Wat? Wanneer?

5. Aanwysend

Hierdie, daardie, dié

6. Onbepaald

Almal, niemand, iemand, iets.

7. Wederkerig

Mekaar

Byvoorbeeld: Hulle slaan mekaar.

8. Wederkerend

Onderwerp en voorwerp is dieselfde persoon.

Byvoorbeeld: Ek bekommer my. Sy vererg haar.

9. Betreklik

Het betrekking op die vorige persoon en dien gewoonlik as voegwoord. (Mag nie

voorsetsel voor wat gebruik nie.)

Byvoorbeeld: wat, wie, waarop, waarmee:

Let Wel:

Wat + in = waarin in + dit = daarin

Wat + met = waarmee met + dit = daarmee, ensovoorts

1. Bepaald

Die

2. Onbepaald

ʼn

F. Lidwoorde

• Ook determineerders genoem (aanwysende voornaamwoord kan ook hier pas)

1. Bepaald

2. Onbepaald

G. Voorsetsels• Verhoudingswoorde

Byvoorbeeld: voor, agter, met, in, per, om ens.

Page 31: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

67

Byvoorbeeld: en, want, maar, omdat

1. Hoof

(hoeveelheid)

• Bepaald

Byvoorbeeld: een, tweehonderd, drie-en-twintig

• Onbepaald

Byvoorbeeld: min, baie, verskeie

2. Rang

(volgorde / posisie)

• Bepaald

Byvoorbeeld: eerste, drie-en-twintigste

• Onbepaald

Byvoorbeeld: laaste, middelste, soveelste

Byvoorbeeld: Eina, iets byt my!

H. Voegwoorde

• Voeg woorde, sinne, woordgroepe saam

I. Telwoorde

1. Hoof

2. Rang

J. Tussenwerpsels• Dui emosie en gevoel aan

Page 32: Leseenheid 2 Blikbreink r a g - christelikemedia.org 7 Leseenheid 2.pdf · 41 Aktiwiteit 3: Ek ontsyfer in my taal 1. Gebruik nou die binêre alfabet om die robot se boodskap te vertaal:

68

AddendumHierdie is ʼn ekstra luistertoets indien die skool se program dit toelaat.

Luistertoets 2

O wee, die wiskunde!

Wiskundevrees is so oud soos die berge. Sommige mense meen die vroulike geslag sukkel die meeste daarmee. Baie navorsing is al daaroor gedoen, maar niemand kon nog sê of dit

wel so is of nie. Mevrou Anneke Calitz van die RGN verduidelik dat seuns meer tegnies aangelê is as meisies. “In die laer standerds vaar die meisies net so goed soos seuns met wiskunde, maar op hoërskool, wanneer wiskunde meer insig en tegniese vermoë verg,

begin seuns oor die algemeen beter presteer.” ʼn Sielkundige werksaam by die RAU sê

dat daar geen verskil tussen die verstandelike vermoëns van seuns en meisies is nie. Die

angsvlak van meisies is egter hoër as die van seuns. Meisies is meer bewus van die eise wat

hul ouers en die gemeenskap stel en raak daarom gouer angstig in die eksamenlokaal.

Deesdae neem baie meer kinders wiskunde as vyftig jaar gelede. Vroeër het net dié met

aanleg dit geneem. Deesdae is daar meer druk op kinders om die vak te kies, omdat dit

deure oopmaak vir naskoolse studie. Vir baie mense is wiskunde ʼn elite-vak en ʼn teken

van intelligensie.

Baie kinders se ouers vertel ook vir hulle dat hulle self met wiskunde gesukkel het en dat

die kind dit daarom ook nie sal kan baasraak nie. Baie onderwysers stel net belang in die

kinders wat goed presteer. Dis ook moeilik om individuele aandag aan sukkelaars te gee

in klasse met dertig en meer leerlinge wat boonop dikwels die vak op verskillende vlakke neem.

Volgens baie navorsers is dit nie so moeilik om vir ʼn kind wiskunde te leer nie. Die

moeilikste is om kinders te oortuig dat hulle die probleem kan baasraak.

Aktiwiteit: Ek luister

Luister aandagtig na die voorlesing van die artikel en beantwoord dan die vrae: (lees eers die vrae deur en maak dan luisteraantekeninge terwyl die teks aan jou voorgelees word).

1. Hoe weet jy dat ʼn vrees vir wiskunde baie oud is?

2. Is dit bewys dat meisies meer met wiskunde sukkel as seuns? Motiveer jou antwoord.

3. Noem twee redes waarom seuns gewoonlik beter in wiskunde presteer as meisies.

4. Waarom neem al hoe meer kinders wiskunde ten spyte van die feit dat hulle daarmee sukkel?

5. Noem twee maniere waarop onderwysers soms die probleem aanhelp.

6. Waarvan moet ʼn kind oortuig word voordat hy wiskunde kan begin leer?

7. Kyk in ʼn woordeboek wat beteken die afkortings RGN en RAU. Is die afkortings nog

geldig?