JOU WêRELD… JOU NUUS… DESEMBER 2015 SIT DIE GEES … · Immanuel - God is met ons! Die...

8
GESTIG IN 2012 VOLUME 3 DIE KOERANTJIE JOU WêRELD… JOU NUUS… DESEMBER 2015 SIT DIE GEES TERUG IN KERSFEES (Tertius Naudé) WANNEER DIE TEKKIE DIE TEER SLAAN (Eunice Duvenage) sal kom wanneer die familie laer sal moet trek teen die bose magte daar buite. As moeder het Maria se hart ook vir haar Kindjie gebreek. Sy het seker ook, nes ons, gewonder wat sou eendag van Hom word. Tog het die Engel vir haar gerus gestel "Moenie vrees nie- God is met jou" en dit is ook die boodskap vir ons vandag. Immanuel - God is met ons! Die middelpunt van hierdie fees, is die Kindjie. Die fokuspunt van elke ouer se liefde, belangstelling en versorging, is hul kindjie. So bring hierdie Kersfees ons weer tot die kern van ware gesinsvreugde: vader, moeder en kind bymekaar. Wonder van God se genade. Ons moet egter sorg dat Jesus die middelpunt van die gesin bly, dan sal dit met ons voorspoedig gaan. (vlg Ps. 128:3) Daarom hunker ons om met Kerfees bymekaar te wees. Mag hierdie jaar ook so wees. Groetnis Aan die einde van nog 'n jaar kyk ons met 'n verwagting na die volgende - 2016. Ons sien uit na die rus wat die Kersseisoen inhou. Vir die wat bevoorreg is om met vakansie te kan gaan, is dit die afskakel en rus seisoen. Wat is dan nou eintlik die boodskap wat Kersfees vir ons wil bring? Vir ons huisgesin, beteken Kersfees ook 'familiefees'. Ons was bevoorreg om onlangs 'n familiefees in die Vrystaat te kon bywoon en daar besef ek toe hoe belangrik familie wees eintlik is. Die gevoel van 'ek behoort' en 'ek is geliefd' het dadelik by my opgekom toe ons al die ooms en tannies, neefs en niggies weer sien. Die laataand kuiers en die 'onthou jy nog' stories wat vertel is het my laat besef hoe belangrik dit ook vir ons kinders is om te weet dat hulle aan 'n groter familie verbind is. Net so het die geboorte van Jesus vir Maria en Josef as 'n familiefees begin. Hier is 'n pa en ma wat saam die geboorte van hul kindjie vier. Nie net is hierdie Kindjie vir hulle gebore nie, maar ook vir ons, as die Verlosser van die wêreld gebore. Hierdie Kindjie daal van die Hemel af neer en word deel van 'n huisgesin. As pa van hierdie huisgesin, het Josef ook die verantwoordelikheid gehad om hulle veilig te hou. Vandag is dit ook so dat daar tye Kan jy jouself indink? ‘n Jong meisie in ‘n klein dorpie begin ‘n storie dat sy verwagtend is, maar dis nie haar verloofde se kind nie…..ja, ja sou ons almal agter die hand lag, babatjies word mos met windbestuiwing gemaak! Kan jy jou indink jy is ‘n man met ‘n meisie en sy kom vertel vir jou sy verwag, maar sy het nie rondgeslaap nie! Net God alleen kon hier oortuigingswerk doen, niks anders nie. God se Gees wek nie net die Jesus-kind in Maria nie, maar wek ook die wedergebore Maria wat onder hierdie geweldige ongemaklike omstandigehede sê: “ Ek is tot beskikking van die Here…” God se inspraak in Josef se lewe draai sy gedagtes, vernuwe dit en vorm hom tot die vader wat gehoorsaam is aan die Vader. Wat sal ons as mens weer onder die indruk bring van die ware betekenis van die koms van Christus? Onder ons is daar ongelowiges, ongelowiges wat eers geglo het, gelowiges wat nie altyd meer mooi weet of hulle glo nie, gelowiges wat ook wonder “Kan die Jesus-geboorte regtig wees?” Lyk vir my as ons die Gees weer terugsit in Kersfees sal die Christus sy regmatige plek kry as Immanuel…God met ons. Daarom bid ons in hierdie tyd “ Gees van God, wek lewe in ons harte sodat ons soos Maria, Josef, die herders, wyse manne en engele diep in ons harte weet die Christuskind is die Verlosser wat moes kom tot eer van God die Vader! UITGAWE 17

Transcript of JOU WêRELD… JOU NUUS… DESEMBER 2015 SIT DIE GEES … · Immanuel - God is met ons! Die...

Page 1: JOU WêRELD… JOU NUUS… DESEMBER 2015 SIT DIE GEES … · Immanuel - God is met ons! Die middelpunt van hierdie fees, is die Kindjie. Die fokuspunt van elke ouer se liefde, belangstelling

GESTIG IN 2012 VOLUME 3 UITGAWE 14

DIE KOERANTJIE

JOU WêRELD… JOU NUUS… DESEMBER 2015

JOU

WêRELD… JOU

NUUS… MAART 2015

SIT DIE GEES TERUG IN KERSFEES (Tertius Naudé)

WANNEER DIE TEKKIE DIE TEER SLAAN (Eunice Duvenage)

sal kom wanneer die familie laer sal moet trek teen die bose magte daar buite. As moeder het Maria se hart ook vir haar Kindjie gebreek. Sy het seker ook, nes ons, gewonder wat sou eendag van Hom word. Tog het die Engel vir haar gerus gestel "Moenie vrees nie- God is met jou" en dit is ook die boodskap vir ons vandag. Immanuel - God is met ons! Die middelpunt van hierdie fees, is die Kindjie. Die fokuspunt van elke ouer se liefde, belangstelling en versorging, is hul kindjie. So bring hierdie Kersfees ons weer tot die kern van ware gesinsvreugde: vader, moeder en kind bymekaar. Wonder van God se genade. Ons moet egter sorg dat Jesus die middelpunt van die gesin bly, dan sal dit met ons voorspoedig gaan. (vlg Ps. 128:3) Daarom hunker ons om met Kerfees bymekaar te wees. Mag hierdie jaar ook so wees. Groetnis

Aan die einde van nog 'n jaar kyk ons met 'n verwagting na die volgende - 2016. Ons sien uit na die rus wat die Kersseisoen inhou. Vir die wat bevoorreg is om met vakansie te kan gaan, is dit die afskakel en rus seisoen. Wat is dan nou eintlik die boodskap wat Kersfees vir ons wil bring? Vir ons huisgesin, beteken Kersfees ook 'familiefees'. Ons was bevoorreg om onlangs 'n familiefees in die Vrystaat te kon bywoon en daar besef ek toe hoe belangrik familie wees eintlik is. Die gevoel van 'ek behoort' en 'ek is geliefd' het dadelik by my opgekom toe ons al die ooms en tannies, neefs en niggies weer sien. Die laataand kuiers en die 'onthou jy nog' stories wat vertel is het my laat besef hoe belangrik dit ook vir ons kinders is om te weet dat hulle aan 'n groter familie verbind is. Net so het die geboorte van Jesus vir Maria en Josef as 'n familiefees begin. Hier is 'n pa en ma wat saam die geboorte van hul kindjie vier. Nie net is hierdie Kindjie vir hulle gebore nie, maar ook vir ons, as die Verlosser van die wêreld gebore. Hierdie Kindjie daal van die Hemel af neer en word deel van 'n huisgesin. As pa van hierdie huisgesin, het Josef ook die verantwoordelikheid gehad om hulle veilig te hou. Vandag is dit ook so dat daar tye

Kan jy jouself indink? ‘n Jong meisie in ‘n klein dorpie begin ‘n storie dat sy verwagtend is, maar dis nie haar verloofde se kind nie…..ja, ja sou ons almal agter die hand lag, babatjies word mos met windbestuiwing gemaak! Kan jy jou indink jy is ‘n man met ‘n meisie en sy kom vertel vir jou sy verwag, maar sy het nie rondgeslaap nie! Net God alleen kon hier oortuigingswerk doen, niks anders nie. God se Gees wek nie net die Jesus-kind in Maria nie, maar wek ook die wedergebore Maria wat onder hierdie geweldige ongemaklike omstandigehede sê: “ Ek is tot beskikking van die Here…” God se inspraak in Josef se lewe draai sy gedagtes, vernuwe dit en vorm hom tot die vader wat gehoorsaam is aan die Vader. Wat sal ons as mens weer onder die indruk bring van die ware betekenis van die koms van Christus? Onder ons is daar ongelowiges, ongelowiges wat eers geglo het, gelowiges wat nie altyd meer mooi weet of hulle glo nie,

gelowiges wat ook wonder “Kan die Jesus-geboorte regtig wees?” Lyk vir my as ons die Gees weer terugsit in Kersfees sal die Christus sy regmatige plek kry as Immanuel…God met ons. Daarom bid ons in hierdie tyd “ Gees van God, wek lewe in ons harte sodat ons soos Maria, Josef, die herders, wyse manne en engele diep in ons harte weet – die Christuskind is die Verlosser wat moes kom tot eer van God die Vader!

UITGAWE 17

Page 2: JOU WêRELD… JOU NUUS… DESEMBER 2015 SIT DIE GEES … · Immanuel - God is met ons! Die middelpunt van hierdie fees, is die Kindjie. Die fokuspunt van elke ouer se liefde, belangstelling

September 2015 Die Koerantjie

2

PAGE 2 PAGE 2

NUWE HOOP BEDIENING

(Karen van Wyk)

Dit was ‘n besige jaar vir die program wat spoed opgetel het. Een van die Immergroen wortel waarhede is dat ouerskap ‘n dissipelskap proses is, waarvan die vrug soms eers jare later sigbaar word. Daar is geen kortpad na volwassenheid nie. ‘n Tweede wat hiermee saamgaan is dat ouerskap ‘n begrip vereis van die groter prentjie. Ons moet al die unieke oomblikke van ouerskap leer identifiseer en dan die regte optrede kies. Ouerskap word vergelyk met ‘n tuin waarin ons kosbare boompies groei. Daar is tye wat ons tussen die dorings is, tye wanneer ons na die kweekhuis moet gaan vir dissipline en ja dankie tog ook fontein oomblikke! Fontein oomblikke is die plek waar daar kalmte is en waar ons waarhede in ons kinders se lewens kan inbou. Ons “koop grond gebied” sodat ons inspraak in hul lewens kan behou. Dis die tye wat Pa en Ma kan asem skep en hulle kinders geniet sonder om te wroeg oor reëls, rolle en straf uit deel. Dis die kosbare tye wat in ons kinders se herinneringsboksies vasgevang word tot lank na hulle die huis verlaat het.

Dit sluit dinge in soos gesins-tradisies, lekker eet om die tafel, tyd maak vir speletjies en pret, dinge saam doen sodat ons aan die einde van die dag skoene kan uitskop en vir mekaar kan sê: dit was nou lekker! Dit is in hierdie fontein oomblikke waar dun geskaafde verhoudings weer sterk gemaak word en waar die huis omskep word in ‘n plek van vrede. Kom ons help mekaar om ook in hierdie Feestyd en die nuwejaar, fontein oomblikke met ewigheidswaarde in ons gesinne in te bou. ‘n Paar temas wat ons vir 2016 beplan:

Immergroen Ouerskapkursus.

Vyf Tale van die Liefde, leer jou maat se taal praat.

Ons Huwelik se Emosionele Bankbalans, in die Rooi of in die Groen?

Praat met my… jy luister nie!

Effektiewe Kommunikasie in ons Huwelik.

Divorce Care; praktiese hulp tydens egskeiding en hoe ek my kind deur die egskeidings-proses kan help.

Grief Share: Praktiese hulp met die aanpassing en genesing na die dood van ‘n geliefde.

My Kind en die Dood, hoe help ek my kind om te rou?

Louis Giglio se reeks oor angs en vrees en hoe om geloof en hoop te behou in hierdie moeilike tyd.

Datums is nog nie vas nie, maar kontak vir Karen van Wyk 083 669 7136 as jy wil inskakel by die geleenthede of as jy ander temas in gedagte het.

Ek pas huise op. My prys wissel tussen R80-R100 per dag. Ek bly in die huis, gee die honde kos en help met enige iets wat gedoen moet word. Kontak my, Gisela Meyer gerus by 071 135 7496 of 035 753 3337.

Ek pas huise op. My prys wissel tussen R80-R100 per dag. Ek bly in die huis, gee die honde kos en help met enige iets wat gedoen moet word. Kontak my, Gisela Meyer gerus by 071 135 7496 of 035 753 3337.

Wat gebeur volgende op die kalender?

6 Desember

25 Desember

31 Desember

- Kerssangdiens 18:00 - Twee dienste – 07:00 en 08:30 - Oujaarsdiens – 18:30

Page 3: JOU WêRELD… JOU NUUS… DESEMBER 2015 SIT DIE GEES … · Immanuel - God is met ons! Die middelpunt van hierdie fees, is die Kindjie. Die fokuspunt van elke ouer se liefde, belangstelling

September 2015 Die Koerantjie

3

PAGE 3 PAGE 3

MY FIRST CHRISTMAS IN HEAVEN (“Stories for a Teen’s Heart” compiled by Alice Gray)

The poem is alleged to have been written by a young boy who had died of a brain tumor he had battled for four years. He gave this to his mom before he died.

I see the countless Christmas trees Around the world below With tiny lights, like heaven's stars, Reflecting on the snow. The sight is so spectacular, Please wipe away the tear For I am spending Christmas with Jesus this year. I hear the many Christmas songs, That people hold so dear But the sounds of music can't compare With the Christmas choir up here. I have no words to tell you, The joy their voices bring, For it is beyond description, To hear the angles sing. I know how much you miss me, I see the pain inside your heart. But I am not so far away We really aren't apart. So be happy for me,dear ones, You know I hold you dear. And be glad I'm spending Christmas With Jesus this year. I sent you each a special gift, From my heavenly home above, I sent you each a memory Of my undying love. After all, love is a gift more precious Than pure gold. It is always most important In the stories Jesus told. Please love and keep each other, As my Father said to do. For I can't count the blessings of love He has for each of you. So have a merry Christmas and Wipe away that tear. Remember, I am spending Christmas with Jesus Christ this year.

BYBELSTUDIE – HOE?

(Sibs von Solms)

Hoekom Bybelstudie? Die vraag het ons vorige keer behandel en kortliks verwys na hoe ek Bybelstudie behoort te benader. Nou wil ons so ‘n bietjie meer hieroor sê. Hoe doen ek Bybelstudie? Die antwoord is dat ek VOLLEDIGE Bybelstudie moet doen. Nou dit mag ‘n bietjie oorweldigend klink maar is heel eenvoudig. Volledige Bybelstudie verg drie fases; (i) Wat staan hier presies? (ii) Wat sê God vir my hierdeur? En (iii) Wat antwoord ek daarop? Hierdie fases moet elk aandag kry want sou ek een (of meer) van hulle uitlaat is dit maklik om verstrik te raak in vrae en sake wat my weg kan lei van die boodskap wat die Here vir my het - en my Bybelstudie word dan ‘n nuttelose aksie. Hoekom die verskillende fases belangrik is - en hoe ek dit doen moet ons nou kortliks bekyk. Fase 1: Wat staan hier presies? In hierdie fase lees ek die Bybelgedeelte en probeer verstaan wat daarin staan. Ek gaan nog geen boodskap of antwoord soek nie maar eers seker maak dat ek die gedeelte reg verstaan. Hoekom? In ons vorige aflewering het ons daarop gewys dat die Bybel in ander tye, omstandighede, tale en kulture geskryf is, en dus soms studie verg om dit te verstaan soos dit oorspronklik bedoel was. ‘n Voorbeeld: In Matt 26:50 sê Jesus “Vriend doen wat jy gekom het om te doen!” Wat ‘n interessante opdrag – wat sou dit vir my beteken? Wat wil God vir my sê? Gaan nou en lees die verse voor en net na vs 50 en dink dan of jy nou anders voel oor die opdrag. Sien, ons moet eers mooi verstaan waaroor dit in ‘n gedeelte gaan voordat ons gevolgtrekkings daaruit maak. Fase 2: Wat sê God vir my? Hoe belangrik fase 1 ookal is moet ons onthou dat dit slegs die aanloop is. Die hart van Bybelstudie is om vanuit die verstaan (fase 1) te soek na die boodskap vir my lewe. Fase 3: Wat sê ek vir God? Bybelstudie moet ‘n gesprek word waar ek hoor wat God sê en ek dan terug antwoord.

Page 4: JOU WêRELD… JOU NUUS… DESEMBER 2015 SIT DIE GEES … · Immanuel - God is met ons! Die middelpunt van hierdie fees, is die Kindjie. Die fokuspunt van elke ouer se liefde, belangstelling

September 2015 Die Koerantjie

4

PAGE 4 PAGE 4 KERSLIGMARK

Page 5: JOU WêRELD… JOU NUUS… DESEMBER 2015 SIT DIE GEES … · Immanuel - God is met ons! Die middelpunt van hierdie fees, is die Kindjie. Die fokuspunt van elke ouer se liefde, belangstelling

September 2015 Die Koerantjie

5

PAGE 5 PAGE 5

2015

Page 6: JOU WêRELD… JOU NUUS… DESEMBER 2015 SIT DIE GEES … · Immanuel - God is met ons! Die middelpunt van hierdie fees, is die Kindjie. Die fokuspunt van elke ouer se liefde, belangstelling

September 2015 Die Koerantjie

6

PAGE 6 PAGE 6

Portugal

In Portugal bestaan ’n ietwat spokerige Kerstradisie wat “consoda” genoem word. Tydens die Kersete word daar ekstra plekke aan tafel gedek vir familielede wat oorlede is. Dit is veronderstel om voorspoed te bring vir die nuwe jaar wat voorlê.

Oekraïne

In die Oekraïne word vertel dat daar jare gelede ’n arm vrou was wat nie geld vir Kersversierings gehad het nie. Toe sy op Kersoggend opstaan, het ’n gawe spinnekop haar Kersboom pragtig met sydraad versier. Dit is waarom mense in die Oekraïne graag plastiekspinnekoppe of nagemaakte spinnerakke aan hul Kersboom hang.

Engeland

’n Ou Britse tradisie is dat elke lid van ’n gesin ’n beurt moet kry om die Kerspoeding kloksgewys te roer voor dit gebak word. Terwyl jy dit roer, kan jy ’n wens maak. Die dag waarop die Kerspoeding gebak word (gewoonlik die laaste Sondag in November), word “Stir-up Sunday” genoem. ’n Muntstuk word dikwels in die Kerspoeding gesit om voorspoed te bring.

Venezuela

In Caracas, die hoofstad van Venezuela, ry mense tradisioneel op rolskaatse na die Kersdiens. In party buurte word die strate selfs toegemaak sodat motors nie daar kan ry nie.

Japan

In Japan word Kersvader Santa Kurohsu genoem. Hy het glo oë agter in sy kop om te sien as kinders stout is. Danksy ’n slim advertensieveldtog in 1974 het dit tradisie geword om Kerstyd Kentucky Fried Chicken te eet – iets waaroor die kalkoene seker bly is! Mense in Japan stuur ook nie vir mekaar rooi Kerskaartjies nie – want rooi is die kleur van ’n begrafnis.

Italië

Kinders in Italië is baie gelukkig. Hulle kry op Oukersaand geskenke van Kersvader, en op die 5de Januarie sit ’n gawe heks genaamd La Befana óók vir hulle geskenke in ’n kous. La Befana vee sommer ook glo die vloer met haar besem voor sy weer die pad vat.

Spanje

In Katalonië, Spanje, word een van die heel vreemdste Kerstradisies gevier. Caga tió, oftewel “die stomp wat poefie”, is ’n hol boomstomp wat voor die vuurherd gesit word. Soms kry hy ’n gesiggie en ’n rooi Kershoed. Op 8 Desember begin die gesin om elke aand lekkergoed en droëvrugte in die stomp te gooi. Nadat Caga tió elke aand sy lekkergoed “geëet” het, word hy met ’n kombersie toegegooi sodat hy nie moet koudkry nie. Op Oukersdag of Kersdag word Caga tió met ’n stok geslaan. Terwyl hy geslaan word, sing almal ’n liedjie wat hom beveel om lekkergoed te poefie. Die lekkers val agter by die stomp uit terwyl dit geslaan word. As al die lekkers op is, los Caga tió ’n ui of ’n stuk knoffel. Eeuw!

Duitsland

Op 5 Desember los kinders in Duitsland ’n skoen buite hul kamerdeur. As jy soet was, is daar die volgende oggend lekkers in jou skoen. As jy stout was, kry jy net ’n kaal tak.

Slovakye

In Slovakye word ’n teelepel vol loksa, die tradisionele Kerspoeding, teen die plafon gegooi. Hoe meer daarvan teen die plafon vassit, hoe groter is die kans glo dat die gesin ’n voorspoedige jaar sal hê.

Noorweë

In Noorweë word geglo Kersfees is ook ’n tyd wanneer nare wesens soos hekse buite rondloop – daarom steek mense hul besems baie diep weg, sodat die hekse nie daarmee kan wegvlieg nie!

KERSFEES RONDOM DIE WêRELD (erkenning aan: http://www.hoezit.co.za/mywereld/2014/12/23/kersfees-regoor-die-wereld)

Page 7: JOU WêRELD… JOU NUUS… DESEMBER 2015 SIT DIE GEES … · Immanuel - God is met ons! Die middelpunt van hierdie fees, is die Kindjie. Die fokuspunt van elke ouer se liefde, belangstelling

September 2015 Die Koerantjie

7

PAGE 7 PAGE 7

DIS KersFEES TYD... (Schantel Pienaar)

Dis KersFEES tyd … ‘n tyd vir familie en samekoms, smul lekker kos, vakansie, laat slaap, laat inkruip en sommer net skoene uitskop agteroor sit en ontspan, want die vreeslike bedrywige jaar is verby. Maar hoe vier ons Kersfees as ‘n familie en as geloofsfamilie? Gaan dit net oor die lekker partytjies, kos en samesyn, of onthou ons darem waaroor hierdie Kerstyd gaan? By SPLASH Junior Jeug het ons afgesluit met n heerlike fees. Hoe het ons fees gevier?

So maak ons … Eers het ons seker gemaak die kinders weet waaroor Kersfees gaan… moet sê, ek het gedink ek gaan hoor van Kersvader en geskenke, maar ons kleintjies is baie oulik, hulle het presies geweet dis Jesus se Geboorte daggie wat ons vier. Oulike kinders moet oulike mammas en pappas hê! Ons het saam na ‘n kort verhaaltjie gekyk van Jesus se geboorte wat deur kinders uitgebeeld was en daarna ‘n lekker vasvra gehou. Ek is seker hierdie klompie kinders het goed gedoen in hulle eksamen, hulle is wa-wyd wakker en so skerp! Daarna het die klappers, lekkers, koekies, koeldranke en meer uitgekom en het ons

omtrent lekker saam geëet en gelag … behoorlik fees gevier. Van die Junior Jeugleiers af wil ons net vir elke mamma en pappa dankie sê dat julle jul kinders aan ons toevertrou het hierdie jaar. Hulle is beslis soos die liedjie sê : Pêrels vir Jesus se kroon. Mag hierdie Kerfees tyd vir elke familie ‘n besonderse tyd wees. Mag julle Jesus se liefde en genade ervaar waar ookal julle gaan. .

Page 8: JOU WêRELD… JOU NUUS… DESEMBER 2015 SIT DIE GEES … · Immanuel - God is met ons! Die middelpunt van hierdie fees, is die Kindjie. Die fokuspunt van elke ouer se liefde, belangstelling

September 2015 Die Koerantjie

8

PAGE 8 PAGE 8

DIE DRIE-EENHEID – CHRISTUS AS GOD (Sibs von Solms)

Die Godheid van Christus is ‘n sentrale strydpunt in die debat rondom die leer van die Drie-Eenheid van God. Die onderwerp van hierdie artikel is dan om kortliks te kyk na wat die Bybel hieroor sê. Natuurlik kan ons dit in so ‘n beperkte artikel slegs baie oorsigtelik doen. Daar is ‘n paar Bybeluitsprake wat dit duidelik sê: Joh 1:1; Joh 10:30; Joh 14:6-11; I Joh 5:20. Dan is daar tekse wat as hulle saamgelees word die Godheid van Christus belig. Een so ‘n saak is die Bybel se uitspraak dat Christus voor die skepping reeds bestaan het en dat Hy mede-skepper is – Joh 1:3; Kol 1:16-17; Heb 1:2-3. Hy is dus nie ‘n geskape wese soos die mens of die engele nie. ‘n Tweede saak is dat Jesus die wese van God uitstraal en verteenwoordig – Joh 14:9; Fil 2:6; Kol 1:15; Heb 1:3. ‘n Aspek wat meer verskuil lê het te doen met die uitsprake waarin Jesus DIE HERE genoem word.

Vir ons vandag is dit ‘n bekende (soms oorbekende) uitdrukking. Dit was egter in die tyd van die Nuwe Testament heel anders. In die Grieks is die uitdrukking DIE HERE, Ho Kurios – ‘n uitdrukking wat baie betekenisvol was. Wat in die Ou Testament God se Hebreeuse Naam ‘Jahweh’ was, is in die Griekse vertaling van die Ou Testament (die Septuaginta) vertaal met Ho Kurios. Vir die Christene van die eerste eeu (wat hoofsaaklik die Septuaginta gelees het) het die woorde Ho Kurios dus beteken DIE HERE GOD. Om nou na Jesus te verwys as Ho Kurios (bv I Kor 12:3; Fil 2:11) was dus ‘n aanduiding van hulle geloof dat Christus self God is – ‘n uitspraak wat spreek van ‘n geloof wat deur die Gees ge-inspireer is en tot eer van God is. Dat ons Christus as God bely is nie net van akademiese belang nie, maar het ‘n baie belangrike rol in die hele heilsplan van God met die mens. Hieroor later meer.

SPANWERK (Marlene Nell)

Ek sien onlangs hierdie aanhaling oor spanwerk:

Dit laat my toe dink aan hoe ‘n goeie voorbeeld die kersligmark van saamwerk is. Vir weke is daar vergaderings; ‘n gewoeker agter die skerms; ‘n kopkrappery oor wat kan werk; reëlings wat getref word; foonoproepe en whatsapp groepe; hulp wat opgekommandeer word; en harte wat saggemaak word om te help en te borg. Die laaste paar dae is daar ‘n span wat van vroeg tot laat plekke uitmerk, tente opslaan, die mooiste versierings oprig. Die dag van die mark word daar uitgedra, aangedra, gewoel en gewerskaf. Skofte kom en gaan, beursies bly oop en loop later leeg, tot vuil voete laat-aand gewas en moeë lywe in hul beddens neersak. Maar die volgende môre lê die sukses soet op die tong en dankbare harte tel die seëninge van ‘n mark wat weereens die maatstaf hoër gelig het. En dit alles tot eer van ons Koning wat eerste gegee het. Sonder saamwerk en spanwerk sou dit egter nie kon gebeur nie. Dankie aan elke

hand, oop beursie, en vriendelike gesig wat ons kersligmark so besonders gemaak

het. Dis ‘n voorreg om saam met jul elkeen te werk!

NG KERK MEERENSEE Galjoen Golf 11 Meerensee Richardsbaai Telefoon: (035) 753-2332 Faks: 086 512 6599 E-Pos: [email protected] Besoek ons Webblad: http://www.ngmeerensee

of ons op