DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou...

72
1 Uitgawe 24 April|Mei 2014 Pad Saam DIE Pad Saam DIE Zuma beloof verdere bystand aan Vrystaatse boere Slaan springhaasrotte hok Dieregesondheid: Hondekanker Wat sê die wet oor verlof? dps apr-mei05.indd 1 20/03/2014 15:53:27

Transcript of DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou...

Page 1: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

1

Uitgawe 24 April|Mei 2014

Pad SaamDIE Pad SaamDIE

Zuma beloof verdere bystand aan Vrystaatse boere

Slaan springhaasrotte hok

Dieregesondheid: Hondekanker

Wat sê die wet oor verlof?

dps apr-mei05.indd 1 20/03/2014 15:53:27

Page 2: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

2

Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die ongunstige faktore te ontleed wat jou oes en bates kan bedreig. As die leier in

gespesialiseerde oes- en bateversekering het ons die vermoë om innoverende risiko-oplossings te ontwikkel,sodat wanneer die druk te veel raak, ons daar is vir jou. Santam. Regte, egte versekering.

Santam is ‘n gemagtigde finansiële-diensverskaffer (lisensienommer 3416).

Praat met jou makelaar of besoek www.santam.co.za

ONS HELP OMDIE LAS LIGTER

TE MAAK.

KIN

GJA

MES

270

58/A

dps apr-mei05.indd 2 20/03/2014 15:53:28

Page 3: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

3

NG

JM

S05

8/

INHOUD

4 Voorwoord6-7 Zuma beloof verdere bystand aan Vrystaatse boere8 VKB Finansiële resultate10 Wen ‘n alkoholasemtoets-toestel11 Familie-ondernemings 12-13 Boerpot14-16 Wat sê die wet: Verlof17-18 Vrede Suiwelprojek 19-22 Dieregesondheid: Hondekanker24-27 Meganisasie29-32 Wild: Boerdery met ‘n byt33-35 Kultivars37-39 Kweekgras40-41 Mineraalbehoeftes42-45 Nupro: Groblershoop-aanleg46-48 Vele vertakkings onder dié familie- sambreel49-52 Slaan springhaasrotte hok54-55 Die produksie van snybeet57-59 Tuin: Bou van lasagne-bedding in motorbande61-65 Gesondheid: Kindersiektes66-68 NTK nuus69-71 VKB nuus

Familie-ondernemings

Alle regte van Die Pad Saam word voorbehou

ingevolge Artikel 12(7) van die Wet op Outeursreg.

Die eienaar en uitgewer aanvaar nie

aanspreeklikheid vir enige uitlatings deur skrywers of

medewerkers nie.

VKB beskik oor ‘n kliëntedienssentrum wat bestuur word deur die

groep se skakelbeampte, me. Anelie Swemmer.Kontak haar gerus by

058 863 8277 of per e-pos by

[email protected]

Uitgewer: VKB en NTK

Redakteur: Hannelie Cronjé

Posbus 100Reitz 9810

Tel.: 058 863 8223 [email protected]

Eindredakteur: Koos Janse van Rensburg

Ontwerp en Uitleg: Lokisa Enterprises

Taalversorging: Lize Mulder

Druk: Oranje Drukkers, Senekal

Advertensies: Hannelie Cronjé www.vkb.co.za

Zuma beloof verdere bystand aan Vrystaat-boere

1354-55

Die produksie van snybeet

Fondsinsameling: Vrystaat landbou

veiligheid

6-7

19-22

11

33-35

Kultivars

Dieregesondheid: Hondekanker

dps apr-mei05.indd 3 20/03/2014 15:53:38

Page 4: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

“Dit was 02:30 die oggend toe ek voor die stil, donker gebou parkeer. ’n Passasier het ’n rygeleentheid benodig.

’n Enkele lig het uit ’n woonstel op die grondvloer geskyn. Waar die meeste taxibestuurders een of twee keer die toeter sou blaas voordat hulle vertrek as niemand verskyn nie, het ek egter daardie oggend besluit om te gaan kyk of ek die passasier kon opspoor.

Ná my klop aan die deur van die grondvloerwoonstel het ’n bejaarde vrou se stem opgeklink. ‘Ek is op pad.’ Ek kon hoor sy trek iets op die vloer. ’n Skraal, klein vroutjie, diep in haar tagtigs, het voor my gestaan toe die deur oopgaan. ‘Sal jy my sak na die motor dra?’ het sy vriendelik gevra. ‘Ek wil net ’n paar oomblikke alleen hê. Kom haal my dan asseblief. Ek is nie baie sterk nie.’Ek het die tas na die taxi gedra en teruggegaan om die vroutjie te help. Terwyl ons stadig na die taxi gestap het, het sy my deurentyd vir my goedheid bedank. In die taxi het sy vir my ’n adres gegee waarheen sy wou gaan en toe gevra of ek deur die stad sou ry. Dit was nie die kortste roete nie. Ek het haar ingelig dat dit duurder kan wees, waarop sy geantwoord het. ‘Ek geen nie om nie. Ek is in geen haas nie, aangesien ek na die hospis op pad is.’ In my truspieëltjie kon ek die hartseer in haar oë sien. ‘Ek het geen familie oor nie,’ het sy voortgegaan. ‘Die dokter het

voorgestel dat ek soontoe gaan aangesien ek nie meer lank het om te leef nie.’

Ek het stil oorgeleun en die taximeter afgeskakel voordat ek vra: ‘Watter roete wil u hê moet ek volg?’ Vir die volgende twee ure het ons deur die stad gery. Die vroutjie het my die gebou gewys waar sy eens as ’n hysbakoperateur gewerk het. Ons het deur die woonbuurt gery waar sy en haar man na hulle troue gewoon het. Sy het gevra dat ek ook vir ’n oomblik voor ’n groot meubelwinkel stop wat in die verlede ’n danssaal was waar sy as jong meisie gaan dans het. Met tye het sy gevra dat ek stadiger ry; ander kere moes ek vir ’n oomblik op ’n straathoek of voor ’n gebou stop terwyl sy woordeloos voor haar uitgestaar het. Eers toe die eerste tekens van sonsopkoms op die horison verskyn, het sy gesê: ‘Ek is moeg. Kom ons gaan na my eindbestemming.’

In stilte het ons tot by die adres gery. Twee mans het dadelik uit die gebou gestap om haar uit die taxi te help. Dit was duidelik dat hulle op haar koms gewag het. Ek het die vroutjie se tas uit die kattebak gehaal. Sy was reeds in ’n rolstoel langs my toe sy vra. ‘Hoeveel skuld ek jou?’ Ek het na haar gekyk. ’Niks,’ het ek geantwoord. ’Nee, jy moet nog ’n bestaan voer,’ het sy gesê. ‘Daar is altyd nog passasiers,’ was my reaksie. Sonder om te dink, het ek afgebuk en haar ’n druk

gegee. Sy het my vir ’n oomblik styf vasgedruk voordat sy sag sê. ‘Jy het vandag aan ’n ou vrou ’n oomblik van vreugde gegee. Dankie.’ Ek het haar hand sag gedruk terwyl ek met ’n knop in my keel weggestap het. Agter my kon ek hoor hoe die deur toegaan. Dit was die klank van ’n lewensboek wat toeslaan.

Die res van daardie dag het ek geen passasiers opgelaai nie. Ek het eerder doelloos rondgery terwyl ek gewonder het hoe anders dit sou wees as hierdie vrou ’n aggressiewe, ongeduldige bestuurder gekry het. Sê nou ek het net die toeter gedruk en gery as sy nie vinnig genoeg verskyn het nie. Sê nou ek was nie lus vir gesels nie. As ek terugdink aan hoe sy my bedank het vir haar ‘oomblik van vreugde’, kan ek nie help om te wonder of dit nie dalk die rede was waarvoor ek geskape is nie: Om haar op die laaste roete van haar lewe te vervoer. Soms voel dit selfs as die belangrikste ding wat ek al in my lewe gedoen het.

Kent is reg. God plaas elke dag geleenthede op ons lewenspad om ’n verskil in ander mense se lewens te maak. In Johannes 13:34-35 sê Jesus: “Ek gee julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”

Beste LeserVandag deel ek met julle ’n verhaaltjie uit die boek Make Me an Instrument of Your Peace deur Kent Nerburn.

Voorwoord

Groete Hannelie

4

dps apr-mei05.indd 4 20/03/2014 15:53:43

Page 5: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

5

Versprei deur

www.agrinet.co.za

BUITELEWE

Beskikbaar by deelnemende NTK/VKB takke.

Kry die kwaliteit om jou lewenstyl te komplimenteer.

dps apr-mei05.indd 5 20/03/2014 15:53:44

Page 6: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

6

Groot opwinding het geheers toe staatspresident Jacob Zuma onlangs besoek afgelê het by

Grain Field Chicken in Reitz. Dit was voorwaar ’n pluimpie in ons hoed dat president Zuma met soveel lof gepraat het oor hoe hierdie provinsie, en ook VKB, daarin geslaag het om ten spyte van ’n ernstige ekonomiese resessies soveel te doen om die mense van hierdie streek te bemagtig deur werkskepping en ook die retensie van werksgeleenthede.

Koos Janse van Rensburg, besturende direkteur van VKB, het in sy toespraak verwys na die vele vertakkings van VKB en hoe dit deur die hele landboubedryf in VKB se bedieningsgebied loop om die bedryf te bevorder.

“Ons het goeie boere wat ons van graan voorsien; ons het die tegnologie en die kundigheid om veevoer van die hoogste gehalte te maak; ons het braaikuikenboere wat met die beste in die wêreld vergelyk kan word, as hulle’n gelyke speelveld het.

“Met so baie potensiaal het ons VKB se besigheid in die waardeketting uitgebrei. Wat u vandag hier sien is slegs ’n deel van ’n totaal geïntegreerde projek waar VKB ons boerelede

voorsien. Hulle produseer graan, ons hanteer en berg die graan, ons voeg waarde by tot die sojabone deur ons oliepers en kombineer dit met mielies en produseer veevoer by ons Triple V-voerfabriek. Ons voorsien die kos vir die braaikuikenboere wat weer die dagoudkuikens vir ons abattoir groot maak waar ons hulle slag en die vleis deur ons eie winkels en ook kleinhandel- en groothandelwinkels verkoop. Dit is waarlik ’n ‘van die plaas tot die vurk’-projek.”

Hy het ook die stelling gemaak dat daar soveel méér gedoen kan word as die regering instem om ’n vennoot te wees wat die risiko’s deel. “Ons kan hierdie projek uitbrei om ’n aanleg in te sluit wat afval kan omskakel in ’n waardevolle neweprodukaanleg. Ons kan

fynproewerspluimveeprodukte produseer. Ons moet tans die dagoudkuikens aankoop. As ons in ’n broeihuis kan belê, kan ons ons eie kuikens laat uitbroei.”

Sy versoeke aan die president was vir geldelike hulp om ses hoenderhuise te kan bou sodat die bykans 1 000 mense wat daar werk, die onmiddellike voordeel van die projek kan ervaar.”

Ten einde hierdie nuwe geleenthede te benut, versoek hy van die regering om die geleentheid te skep in die vorm van elektrisiteit, beter paaie, water en ’n gelyke speelveld.

“Meneer die president, ons rig die uitnodiging aan die regering: skep die platform en Suid-Afrikaanse besighede sal van die geleenthede gebruik maak,” het hy afgesluit.

Pres. Zuma het nie geskroom om die nodige beskermende drag te

dra tydens sy besoek aan die hoenderaanleg nie.

Die rooi tapyt is uitgerol vir president Jacob Zuma se onlangse besoek aan Grain Field Chicken in Reitz.

dps apr-mei05.indd 6 20/03/2014 15:53:47

Page 7: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

7

In sy toespraak daarna het

die werksaamhede van Grain Field Chickens verwys wat verantwoordelik was daarvoor dat talle voorheen werkloses nou ’n vaste inkomste het.

“Hierdie besoek vind plaas in ’n baie belangrike jaar, die jaar waarin ons 20 jaar van vryheid vier,” het hy gesê. “Ons is bly oor die vordering wat ons gemaak het in die verbetering van lewensgehalte. Suid-Afrika is in ’n baie beter posisie as wat ons voor 1994 was. Daar is baie suksesverhale in baie gemeenskappe.

“Ons erken dat daar nog baie werk is wat gedoen moet word, maar daar is reeds baie prestasies behaal. Ons beskou hierdie besoek as ’n viering van vryheid en vordering saam met julle, die gemeenskap van Reitz.

“Ons het in die afgelope vyf jaar baie gedoen om dienste soos water, sanitasie, elektrisiteit, behuising, gesondheidsorg, maatskaplike toelaes en gehalte-onderwys te verskaf.

“Ons het te midde van ’n hewige resessie aan bewind gekom in 2009. Baie mense het weens die

beleef. Belangeho uers, wat bestaan het uit die Presidensiële Ekonomiese Samewerkingsgroep, naamlik Arbeid, Besigheid en die regering, het in Desember 2008 byeengekom om te kyk hoe die heersende negatiewe ekonomiese toestande hanteer moes word. Ons het saam besluit

om diegene wat hul werk verloor het, by te staan om werk of ander inkomstegenererende geleenthede te vind.

“Om hiermee te help is ‘n ooreenkoms in April 2010 aangegaan tussen die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) en die Industriële Ontwikkelingskorporasie- (IOK) met ’n aanvanklike belegging van twee biljoen rand. Die Grain Field Chicken-projek vorm deel van sulke inisiatiewe wat deur die regering gesteun word om werkskepping en –retensie te ondersteun. Die befondsing het hierdie projek gehelp om uit te brei en sy operasionele kapasiteit te bestuur sodat daar sowat 760 000 hoenders per week geslag kan word. Ons wens julle geluk met hierdie prestasie.

“Hierdie vennootskap het dit reggekry om 958 nuwe poste in die Reitz-omgewing te skep, wat baie goeie nuus is vir baie gesinne in die gebied. Die ander goeie nuus is dat die werkers van Grain Field Chickens 23% van die onderneming besit. Op hierdie wyse word een van die regering se vernaamste inisiatiewe aangespreek, naamlik breëband ekonomiese bemagtiging (BBEE). Dit is ook verblydend dat die

ten gunste is van vroue en jongmense. Dit dra by tot pogings om die kwessie van werkloosheid onder die jeug aan te spreek.”

Hy het dit ook hoog op prys gestel dat meeste van die gemeenskappe wat hulp ontvang

nie net op die regering gewag het nie, maar self ingespring en goed gedoen het sodat die regering in

verskaf het. “Grain Field Chickens se verhaal bewys dat Suid-Afrika nou ’n baie beter plek is om ’n lewe te maak. Daar bestaan tans meer geleenthede – veral vir swart mense – as wat voorheen die geval was.

“Die onus rus nou op ons om harder saam te werk om Suid-Afrika vorentoe te dryf. Ons moet saam werk om meer suksesvolle projekte te ontwikkel wat ons tot welvaart sal lei. Die toekoms lyk blink en is vol belofte. Die mense moet net die geleenthede aangryp en die ondersteuning van die regering gebruik om ’n beter lewe vir hulself en hul gemeenskappe te bou.”

President Jacob Zuma het met groot lof gepraat oor wat by Grain Field Chickens uitgerig en bereik is. Hier staan hy saam met Rian Coetzee van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK), Sas Kasselman, besturende direkteur

transformasie, en me. Khomo Morolo, streeksbeampte van landbou en nuwe bedrywe van die NOK.

Vir die werkgewers van Grain Field was dit ‘n vrolike geleentheid om die

staatspresident te ontmoet.

dps apr-mei05.indd 7 20/03/2014 15:53:53

Page 8: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

88

Die tafel is weereens gedek vir ’n uitstekende someroes in die Oos-Vrystaat. Die resultate vir die 10 maande geëindig Januarie 2014 vertoon uitstekend. VKB op sy eie, asook

betref, is dit slegs Grain Field Chickens wat nog nie vir die jaar tot datum winsgewend is nie.

Vir die 10 maande behaal VKB ’n omset van R4 787 miljoen wat R1 211 miljoen beter is as die vorige jaar se ooreenstemmende tydperk en ook heelwat beter as die begroting. Hierdie styging is hoofsaaklik veroorsaak deur Graanbemarking weens die bemarking van heelwat meer tonne graan weens die groot mielieoes. Die kommersiële afdelings het ook uitstekend presteer en dit kan in hul omsette en winssyfers waargeneem word. Die nuwe bedrywe wat divisies binne VKB is, naamlik die veevoerfabriek op Vrede en die Plaasdienste-departement het ook al wesenlik tot die omsette bygedra.

Die netto wins van die VKB Groep vir die tien maande oorskry reeds die vorige rekordwins van R168 miljoen wat die vorige jaar behaal is en die begrote wins vir die jaar van R240 miljoen is haalbaar. Weens die vinnige uitlaai van mielies as gevolg van die gunstige ligging van die VKB-silo’s, is die Graandienste-departement se resultate effens swakker as die vorige jaar. Graanbemarking se resultate word weer positief geraak deur die groot oes aangesien heelwat meer tonne graan bemark is as wat gewoonlik die geval is. Die Kommersiële Dienste-afdelings het almal ook uitstekend presteer in die tien maande tot Januarie 2014 en die netto wins is meestal hoër as die vorige jaar.

VKB se winsdelingsmodel bly sy kompeterende voordeel en dit is een van die grootste redes vir die uitsonderlike resultate.

Die VKB groep se netto wins vir die tien maande geëindig 31 Januarie 2014 is R211,8 miljoen teenoor die vorige jaar se R165,8 miljoen en die begroting van R193,2 miljoen.

Wat VKB se ander beleggings betref, dra al die gevestigde besighede by tot die goeie resultate. Dit sluit in die NTK Groep en die Nu-Pro Groep wie se resultate in lyn en selfs beter is as die vorige jaar. Wat die nuwe nywerhede betref, maak Free State Oil reeds ’n bydrae tot die winssyfer, maar is Grain Field Chickens nog in ’n verliessituasie vir die tydperk. Die veevoerfabriek op Vrede, wat ’n divisie binne VKB is, is ook reeds winsgewend ten spyte van die feit dat volumes nog gebou word.

VKB se totale kapitaal is hoër as die vorige jaar asook die

kan word. Die investerings in die nywerhede en ’n groter debiteureboek is grootliks vir die styging verantwoordelik. Weens die groeistrategie wat VKB volg, is daar gevolglik ’n behoefte aan addisionele bedryfskapitaal. Die totale kapitaal aan die einde van Januarie beloop R2 661 miljoen waarvan 44% rentedraende skuld is. Omdat die toename in kapitaal meer is as die toename in wins, is die opbrengs op die kapitaal effens laer as die vorige jaar.

Vorige jaar Huidige jaar

Opbrengs op totale kapitaal

9,1% 8,0%

Opbrengs op eie kapitaal (Ekwiteit)

18,3% 17,8%

Die resultate vertoon uitstekend en daar word in afwagting uitgesien na die res van die jaar. Soos genoem vertoon die somergewasse baie mooi en word ’n bogemiddelde oes verwag. Soos reeds na verwys is die meeste van die nuwe nywerhede reeds winsgewend en is die verwagtinge vir die hoenderbedryf ook meer gunstig. VKB geniet ongekende ondersteuning en lojaliteit van sy aandeelhouers en dit is die hoofrede vir die goeie resultate.

VKB FINANSIëLE RESULTATE

APRIL 2013 TOT JANUARIE 2014

deur Markus mittermeier

dps apr-mei05.indd 8 20/03/2014 15:53:54

Page 9: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

9

Gemagtigde finansiëledienste� en geregistreerde kredietverskaffer (NCRCP15).Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk (Regnr. 1962/000738/06). SBSA 173803. 01/14

Voluit Vorentoe is ‘n handelsmerk van Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk.

Kom ons praat Agribesigheid.

Ons Agribesigheidspan is nie alleen bankiers nie,

maar inderdaad kenners van hierdie dinamiese sektor.

Ons bied toegang tot bedryfskapitaal, asook die

buigsaamheid wat jy nodig het om jou besigheid te

bestuur. Dit is hoekom meer besighede Standard Bank

as enige ander bank in Suid-Afrika kies. Vir meer inligting,

besoek www.standardbank.co.za/business

TMVoluit Vorentoe

Kontantvloeioplossings van dieveekraal tot die slagplaas

dps apr-mei05.indd 9 20/03/2014 15:53:54

Page 10: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

WEN ’n Alcoscan AL6000 Lite

In verlede maand se uitgawe het ons gesels oor alkoholmisbruik op plase en die

gevare wat dit vir die individu en ook in die werkplek inhou.

Een manier om te toets of werkers wel nugter genoeg is om hul dagtaak uit te voer sonder dat

dit enige gevare inhou, is om ’n asemtoets met ’n Alcoscan AL6000 Lite te doen.

Die Alcoscan AL6000 Lite is ’n draagbare asemalkoholtoetser van hoë gehalte wat gebruik word om

’n alkoholasemtoets met hoë akkuraatheid uit te voer. Die eenheid is uiters geskik om in die werkplek te gebruik en word

in die algemene handel verkoop teen R1400.Al wat jy moet doen, is om hierdie maklike vraag te beantwoord:

Hoeveel bier mag ’n mens drink om binne die wettige bloedalkoholvlak te wees waaronder jy ’n voertuig mag

bestuur?Is dit:

A. Een derde van ’n blikkie bier?B. Twee derdes van ’n blikkie bier?

C. Een blikkie bier?

Stuur jou antwoord (net a, b of c) na [email protected]. Die wenner sal in die volgende uitgawe van Die Pad Saam bekend gemaak word.

Vir meer inligting oor die Alcoscan AL6000 Lite kontak Angus MacArthur by 011 023 8955/6/7 of 072 747 6551 of stuur ’n e-pos na [email protected] of besoek die webblad by www.breathalysers.co.za

BEPALINGS EN VOORWAARDES:

onderhandelbaar nie.

* VKB en NTK aanvaar geen aanspreeklikheid vir foutiewe produkte of enige ongevalle wat mag voortspruit uit die gebruik daarvan nie.

* Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie.

10

dps apr-mei05.indd 10 20/03/2014 15:53:56

Page 11: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

11

’n Lewenswaarheid is dat daar ’n tyd is om te kom en ’n tyd om te gaan, ’n lewenstreep van ons geboorte tot ons hierdie aarde groet. Wat belangrik is, is nie ons geboorte- of sterfdag nie, maar wel wat ons tussen daardie twee datums doen. Spreuke 13: 22 noem dat ’n goeie mens sy kindskinders laat erwe, uiteraard die doel van familieondernemings. Opvolgbeplanning behels egter meer as net ’n blote erfenis. ’n Erfenis is iets wat jy agterlaat terwyl ’n nalatenskap lewenswaardes is wat jy binne jou opvolger/s vestig. Lewenswaardes, soos rentmeesterskap, wat opvolgers in staat sal stel om met verantwoordelikheid te deel met die familie se onderneming.

Opvolgbeplanning bestaan uit twee prosesse, naamlik die oordra van bestuur asook die oordra van eienaarskap van die bestaande generasie na die inkomende generasie. ’n Verskeidenheid aktiwiteite is betrokke by beide die prosesse. Soms gebeur die twee prosesse gelyktydig maar dit is wys om bestuur, voor eienaarskap, te laat oorgaan na die volgende generasie sodat die inkomende generasie bestuursverantwoordel ikhede kan bemeester alvorens hulle eienaarskap oorneem.

Die opvolger/s word dus voorberei vir die verantwoordelikheid van eienaarskap deur toepaslike opleiding, wat opleiding by ’n tersiêre instelling en/of indiensopleiding kan behels. Take moet mettertyd verander van bloot opdragte uitvoer tot bestuursverantwoordelikheid sodat die opvolger/s ook die proses van sakebesluitneming kan aanleer en die impak van hulle besluite kan ervaar terwyl die bestaande generasie nog toesig

hou. Opvolgers moet dus leer om nie net die spreekwoordelike visse te ontvang, skoon te maak en te eet nie, maar inderdaad ook om die visse self te vang.

Tegniese kennis en bestuurskennis alleen is nie voldoende nie. Dit is ook belangrik om vir opvolgers etiese sakebeginsels, wat gebaseer is op goeie lewenswaardes, aan te leer. Waardes wat in hulle gevestig word en hulle sal lei om die regte besluite te neem. ’n Waarde soos rentmeesterskap leer hulle om nie net op hulle onmiddellike behoeftebevrediging te fokus nie maar om die familieonderneming

te stel. Leer van CJ Langenhoven: Met gehoorsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Oordrag van eienaarskap verg

en strukture om ’n naatlose oorgang van die bestaande generasie na die inkomende generasie te verseker. Kwessies wat aangespreek moet word, is:

1. Aftreebeplanning. Wat is die

die bestaande generasie se

eienaarskap sou oorgaan gedurende die leeftyd van die bestaande generasie? Het die bestaande generasie voorsiening gemaak vir aftree-inkomste of moet die familieonderneming die afgetredene/s versorg? Die ideaal is dat daar aftreevoorsiening is buiten die familieonderneming maar indien dit nie in plek is nie moet die inkomende generasies weet

teenoor die uitgaande generasie is.

2. Boedelbeplanning. Dis nood-saaklik om sakekontinuïteit te verseker indien die bestaande eienaar voor die beplande opvolgdatum sou sterf of permanent ongeskik raak. Die ondernemingsvorm speel ’n rol en eenmansake/vennootskappe skep ’n probleem omrede die boedel gevries word totdat die boedel afgehandel is. Dit is dus wys om die familieonderneming eerder in ’n maatskappy te bestuur of om eienaarskap in ’n familietrust te vestig sodat die oorgang naatloos kan geskied. Maak seker dat die testament en trust op datum is en voldoen aan die wense van die familie.

“Dit sal familieondernemings beloon om hulle te omring met goeie mentors, soos byvoorbeeld

adviseurs en sakekenners, sodat die bestaande en inkomende generasie die regte sake en

jou raadgewers en vriende met omsigtigheid en maak seker dit is mense met wie jy ’n langtermynverhouding kan vestig”, is die opinie van Koos Nel, Hoof: Agrimark, Old Mutual.

Die slotsom is dat opvolging beplan moet word want as familieondernemings faal om te beplan dan beplan hulle om te faal!

Vir meer inligting, kontak André Diederichs by André Diederichs & Associates @ Business Jungle, by e-pos-adres [email protected], selnommer 082 45 33288 of besoek die webtuiste by www.andrediederichs.co.za.

Opvolgbeplanning verg rentmeesterskap en behoorlike

deur André Diederichs, hoofbedryfsdirekteur: FABASA (Family Business Association of South Africa)

Opvolgbeplanning nalating of erfenis?

dps apr-mei05.indd 11 20/03/2014 15:53:38

Page 12: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

12

Slegs vier en ’n half jaar nadat ’n voormalige polisiebeampte die Lotto van R10 miljoen gewen het, berig News24 onlangs dat hy in die warm

water beland het vir beweerde huisbraak. Die 39-jarige man wat die onverwagse meevaller in Junie 2009 met ’n R50 se “quick pick”-kaartjie gewen het, is in Februarie vanjaar saam met ’n medewerker in hegtenis geneem. Die kortstondige multimiljoenêr se geluk het vinnig uitgeloop en ten tye van sy inhegtenisname was hy werkloos, geskei van sy vrou en bankrot. Sy fortuin het tussen karre, huise en partytjies eenvoudig net verdwyn.

Baie mense koop so dan en wan ’n Lotto-kaartjie as die boerpot groot is. By die werk sal hulle dalk ’n weddenskap oor ’n rugbytelling aangaan en as die Durban July aanbreek sal hulle ’n geldjie op die

perde waag. Soms sal hulle ook ’n paar muntstukke by die casino se masjien ingooi. As die geluksgodin dalk net een keer behoorlik in hul rigting kyk, kan hulle die volgende dag smalend by die werk instap en ’n bedanking indien omdat hulle dan nooit weer hoef te werk nie. Die meeste mense het dus al op een of ander manier gedobbel en wens heimlik dat dieselfde geluk wat die afgetrede polisieman getref het, hulle ook kan tref. Maar weet ons werklik waarmee ons te doen het, hoe skraal die kanse op sukses is en wat ons met die geld gaan doen as ons dit nou regtig die dag wen?

Wat is dobbel?

Dobbel kan verskeie vorme aanneem maar verwys in wese na ’n weddenskap van een of ander aard waartydens elke speler instem

besittings van die ander spelers te bekom, sonder dat die verloorder vir sy verlies vergoed word. Die “wenners” en “verloorders” word gewoonlik deur die uitkoms van ’n spel bepaal.

Volgens “Gospel Way” (http://g o s p e l w a y . c o m / m o r a l i t y /gambling.php) is daar dus vier elemente by dobbel betrokke, naamlik:

Toevalligheid: ’n Spel waar-van die uitkoms onseker is.

Pot: Elke speler plaas ’n vorm

die spel.

Kontrak: Voor die spel kom die spelers ooreen om hul eie besitting te verloor in ruil

vir die kans om die ander se besittings te bekom.

Onregmatige vergoeding: Geen dienste of goedere van billike waarde word aangebied in ruil vir dit wat verloor word nie. Die verloorder gee sy regte op die besitting op sonder enige vergoeding terwyl die wenner ’n besitting bekom sonder om die verloorder daarvoor te vergoed.

Soms word daar na sekere aktiwiteite as dobbel verwys maar in wese is die vier elemente nie almal teenwoordig nie. Nie alle risiko’s is dus dobbel nie. Daar is per slot van sake nie altyd die ooreenkoms om iemand anders se besittings af te vat as gevolg van die uitkoms van ’n risiko nie. Net so kan speletjies, soortgelyk aan dié in casino’s, vir die pret gespeel word sonder dat iemand sy besittings verloor. Insgelyks kan die bedryf van ’n besigheid, waar daar ook ’n kans bestaan om geld te verloor, nie as dobbel beskou word nie want die bedoeling is om ’n produk of diens tot ander se voordeel in ruil vir geld aan te bied.

Selfs al word daar aangevoer dat dobbelaars ook sogenaamd moet “werk” vir hulle geld, druis dit in teen die beginsel van ruilhandel. Die basiese uitgangspunt van ’n billike transaksie is dat beide partye iets prys gee in ruil vir iets wat hulle van waarde ag. Dobbelaars ondermyn hierdie beginsel omdat hulle iets in besit wil neem sonder om iets in ruil daarvoor te bied. Hulle uitgangspunt is dus om ’n wins ten koste van ’n ander persoon se verlies te maak.

Slaan die boerpot!

deur dr. Philip TheunissenComputus Bestuursburo

dps apr-mei05.indd 12 20/03/2014 15:53:43

Page 13: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

13

Waarom dobbel mense?

Daar is baie mense wat glo dat ’n groot boerpot, hetsy met ’n lotery, perde of by ’n casino, die

probleme is. Soos in die geval van die polisieman, is die slegte nuus dat dit nie noodwendig so is nie. Ekonome van die Universiteite van Kentucky, Pittsburgh en Vanderbilt het antwoorde gesoek op die vraag waaroor die publiek baie wonder: wat gebeur met persone wat in

’n groot bedrag geld ontvang? Vervolgens het hulle inligting versamel van 35 000 mense wat loterybedrae van meer as $150 000 in Florida se Fantasy 5-lotery vanaf 1993 tot 2002 gewen het. Hierdie gegewens is toe met Florida-staat se insolvensierekords vergelyk.

Die vernaamste gevolgtrekking was dat ’n groot boerpot weinig doen om mense van bankrotskap te vrywaar. Meer as 1 900 wenners het insolvent geraak binne vyf jaar na hulle die lotery gewen het. Hierdie syfer impliseer dat 1% van Florida se loteryspelers (wenners óf verloorders) in enige jaar insolvent raak, bykans dubbeld die koers

ooreenstemmende tydperk.

Die navorsers voer ’n paar redes aan waarom so baie wenners insolvent raak. Die vernaamste rede is dat loteryspelers meestal uit die laer inkomste en/of laer geskoolde vlak

bestuur dus beperk is. Wenners is ook geneig om lotery-opbrengste met minder versigtigheid te hanteer as hulle werksinkomste. Laastens ontwikkel wenners vinnig ’n aptyt vir luukshede wat gewoonlik groter is as die boerpot wat hulle ontvang het.

Skielike rykdom

Die Amerikaanse sielkundige, Stephen Goldhart, is van mening dat kitsmiljoenêrs dadelik afgesny voel van hulle familie en vriende. Hulle raak ook onmiddellik agterdogtig teenoor almal wat met hulle oor geld wil praat en is bang dat hulle kinders nou skielik as bedorwe brokkies gaan opgroei. Op die rype ouderdom van “thirty-something” het hulle nie meer nodig om te werk

nie. Hulle voel o n g e m a k l i k met hulle nuwe status en dit lei uiteindelik daartoe dat hulle rykdom meer van ’n skuldgevoel as plesier mee-bring. Hulle voel eerder ingeperk en onbesl issend oor wat om met die geld te doen as wat die nuwe rykdom hulle bemagtig het.

Goldhart noem hierdie gevoel wat kitsmiljoenêrs ervaar die “Sudden Wealth Syndrome”. Dit is nie werklik ’n sielkundige toestand nie maar eerder ’n samevattende begrip van die spanning, skuldgevoel, sosiale isolasie en verwarring wat mense ondervind wat skielik ’n groot fortuin ontvang.

Gevare

Ons moet maar versigtig fantaseer oor ons loterysuksesse want die skielike rykdom kan meer probleme skep as wat dit gaan oplos. Hoewel ’n boerpot ’n groot verskil kan maak, is daar ook baie dinge wat dieselfde bly. Dit kan vinnig ’n paar agterstallige rekeninge betaal en ’n nuwe kar of sitkamerstel koop maar die ou geldgewoontes bly dieselfde. Groot boerpotte belas die wenners net met groot somme geld wat hulle nie kan bestuur nie

en emosioneel ook nie kan hanteer nie en kort voor lank is hulle weer terug waar hulle aanvanklik was.

Volgens die Nasionale Dobbelraad se statistieke spandeer die helfte van Suid-Afrikaners bo 18 jaar oud bykans net soveel aan dobbel as wat die totale bevolking aan sekere basiese kossoorte spandeer in die hoop om vinnig en maklik geld te maak. Dit terwyl daar teoreties ’n beter kans is dat ’n mens ’n identiese vierling kan verwag, deur die weer raakgeslaan kan word, die Amerikaanse president kan word of kan sterf as ’n asteroïede die aarde tref. Buiten dat die kanse dus baie skraal is om ’n boerpot op welke dobbelwyse ook al te wen, is die

probleme permanent gaan oplos, ook baie skraal. Daarby moet die morele aspek ook in gedagte gehou word dat ’n dobbelwins altyd ten koste van ander mense plaasvind.

dps apr-mei05.indd 13 20/03/2014 15:53:45

Page 14: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

14

JAARLIKSE VERLOF

Plaaswerkers is geregtig op drie weke betaalde verlof vir elke periode van 12 maande wat hy of sy op die plaas gewerk het. Die twaalf maande periode word bereken vanaf die eerste dag van indiensname van die persoon.

Enige plaaswerker wat vir minstens vier maande binne ’n tydperk van 12 maande vir dieselfde werkgewer gewerk het, is geregtig op hierdie hoeveelheid verlof. Indien dieselfde werker byvoorbeeld in die oesseisoen gewerk het en dan weer later (binne dieselfde twaalf maande periode) tydens die saai- of plantseisoen op dieselfde plaas werk, en die totale tyd van indiensneming is meer as vier maande, is hy of sy geregtig op drie weke betaalde verlof al was die vier maande nie aaneenlopend nie.

“By ooreenkoms kan die werknemer een dag betaalde verlof ontvang vir elke17 dae gewerk, of een uur betaalde verlof vir elke 17 uur gewerk.

Die werkgewer en werknemer kan ‘n ooreenkoms aangaan oor wanneer die verlof geneem mag

ooreenkoms aangegaan is nie, kry die werknemer verlof gedurende ’n tyd wat deur die werkgewer bepaal word. Enige verlof moet binne ses maande na die einde van die werknemer se jaarlikse verlofsiklus geneem word, waar “verlofsiklus” dui op ’n tydperk van 12 maande sedert die eerste dag van indiensname.

Dit gebeur wel by party plase dat die boerdery of pakstoor na

sluit, waartydens almal met verlof gaan.

“Hierdie tydperk/e moet verkieslik in die werknemer se skriftelike dienskontrak vervat word. Daar

hierdie tydperk/e deel vorm van die werknemer se jaarlikse verlof. Indien daar slegs een verlofperiode gedurende elke periode van 12 maande diens is, is die werknemer geregtig daarop om drie weke se aaneenlopende verlof te neem. Dit moet verder

geval waar die werknemer gedurende sy dienstydperk nie

Ken die verskillende

tipes verlof en toegelateverloftoelaes

In die werksplek word daar tussen vier tipes verlof onderskei, naamlik jaarlikse verlof, siekteverlof, kraamverlof en

gesinsverantwoordelikheidsverlof. Ook in die landbousektor word hierdie vier tipes verlof ingevolge artikel 52 van die wet op basiese diensvoorwaardes erken en is die werknemer geregtig daarop, hoewel sekere bepalings en voorwaardes geld. Hierdie bepalings en voorwaardes is deur die werkgewer afdwingbaar en werknemers – in hierdie geval plaaswerkers – moet gehoor gee daaraan of andersins aan dissiplinêre verhore onderwerp word.

Op die webblaaie www.kwanalu.co.za en www.labourguide.co.za is daar baie duidelike riglyne sodat daar geen onduidelikheid oor hierdie saak is nie.

as “enige persoon wat in diens geneem word en waar sodanige indiensneming in geheel of gedeeltelik verband hou met landbouaktiwiteite. Dit sluit ook huishulpe en sekuriteitswagte wat onderskeidelik in ’n huis op ’n plaas of op ’n landbouperseel werk in. Dit sluit enige persoon uit wat deur ’n ander sektorale vasstelling gedek word, hetsy sodanige persoon/e op ’n plaas werk al dan nie (bv. werknemers betrokke by ’n restaurant

en sekuriteitswagte wat deur ’n

deur Hannelie Cronjé

dps apr-mei05.indd 14 20/03/2014 15:53:45

Page 15: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

15

genoeg verlof geakkumuleer het nie, hy/sy slegs vergoed sal word vir die verlof waarvoor hy/

tydperk van die verlofperiode sal dus onbetaald wees.

“Indien daar meer as een verlofperiode gedurende ’n tydperk van 12 maande is, kan die werkgewer bepaal hoe lank elke verlofperiode moet duur en verval die werknemer se geregtigheid om drie weke se aaneenlopende verlof te neem.

“Daar is egter nooit ’n tydperk waar die werknemer vir 12 maande aaneen werk sonder enige verlof nie.”

Dit is ook belangrik om in gedagte te hou dat werknemers ’n ekstra verlofdag ontvang vir elke op enbare vakansiedag wat in die werknemer se verloftydperk val indien daardie vakansiedag val op ’n dag waarop die werknemer normaalweg sou moes werk. Werknemers mag ook nie enige verlof tydens hul kennisgewingmaand neem nie. Indien daar nog uitstaande verlofdae is wanneer die

moet daardie dae aan hom of haar uitbetaal word.

“Die werkgewer mag ook nie van die werknemer vereis om gedurende sy of haar verlofperiode te werk nie. Die werknemer se verlofgelde is betaalbaar met die aanvang van die werknemer se verlofperiode en moet bereken word teen die werknemer se jongste salarisskaal.”

SIEKTEVERLOF

“Die werknemer is geregtig om, gedurende elke tydperk van 36 opeenvolgende maande diens, die ekwivalent van die aantal dae

wat die werknemer normaalweg oor ’n periode van ses weke werk, as betaalde siekteverlof te ontvang. Gedurende die eerste ses maande van diens sal die werknemer geregtig wees op een dag betaalde siekteverlof vir elke 26 dae gewerk.

“Die werknemer sal eers vir

hy/sy vir minstens 26 dae gewerk het. Indien die werknemer langer as ses maande in diens van die werkgewer is of gaan wees, word die werknemer se siekteverlof oor ’n periode van 36 maande bereken. Die aantal dae siekteverlof waarop die werknemer geregtig sou wees, word bereken deur die werknemer se normale werksdae per week met ses te vermenigvuldig. In die geval waar die werknemer se normale werkweek uit vyf dae bestaan, is die werknemer se totale siekteverlof vir die daaropvolgende siekteverlofsiklus 30 dae (vyf dae x ses weke = 30 dae). Waar die werknemer ses dae per week werk, is dit 36 dae (ses dae x ses weke = 36 dae).

“Indien die werkgewer op versoek van die werknemer ooreenkom om enige van die werknemer se mediese kostes te betaal, mag sodanige mediese kostes van die werknemer se vergoeding verhaal word.”

“Die werkgewer is nie verplig om die werknemer vir siekteverlof te betaal indien:

- die werknemer vir meer as twee opeenvolgende dae afwesig is, of

- op meer as twee geleenthede in ’n agt weke periode afwesig is, en

- op versoek van die werkgewer nie ’n gepaste mediese

“Indien dit egter vir ’n werknemer wat op die perseel van die werkgewer woon nie redelikerwys prakties moontlik is

nie, mag die werkgewer nie siekteverlofvergoeding weerhou nie, behalwe waar die werkgewer redelikerwys bystand aan die

werknemer verleen het om

bekom.”

indien dit uitgereik word deur ’n persoon wat:

- geregistreer is by ’n mediese raad wat gestig is kragtens ’n Parlementêre Wet, of

- enige professionele persoon gemagtig om mediese toestande te diagnoseer en

- waar sodanige diagnosering binne sy/haar professionele bevoegdheid val, soos byvoorbeeld dokters, sielkundiges en tandartse, asook beroepslui wat geregistreer is by die beroepsraad vir verwante gesondheidsdienste. By

wees slegs indien dit uitgereik

mediese praktisyns, ingesluit verpleegkundiges wat

ondersoek, te diagnoseer en te behandel.”

Aan die werknemer se kant is dit belangrik dat hy die werkgewer in kennis stel as hy of sy die dag afwesig sal wees.

dps apr-mei05.indd 15 20/03/2014 15:53:45

Page 16: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

16

GESINSVERANTWOOR-DELIKHEIDSVERLOF

gesinsverantwoordelikheidsverlof wanneer:

- die manlike werker se kind gebore word

- sy of haar kind siek is

- ’n lid van die werknemer se naaste familie, soos ’n oupa, ouma, ma, pa, broer, suster, eggenoot/eggenote, kinders of kleinkinders sterf.

Die werknemer is slegs geregtig op drie dae gesins-verantwoordelikheidsverlof per jaar teen volle betaling indien hy of sy vir minstens vier maande uit ’n tydperk van 12 maande by dieselfde werkgewer werk en minstens vier dae per week by

daardie werkgewer werk. Indien die werknemer aan bogenoemde

werkgewer verplig om die verlof aan die werknemer toe te staan, maar die werkgewer het ook die reg om ’n toepaslike bewys aan te vra. Sou die werknemer nié sodanige bewys kan lewer nie, het die werkgewer die reg om betaling vir daardie dae te weerhou. Sou die werkgewer kan bewys dat die werknemer sy of haar gesinsverantwoordelikheidsverlof misbruik het, kan die werknemer aan dissiplinêre stappe onderwerp word.

Geen gesinsverantwoordelikheidsverlof word toegestaan vir wanneer werknemers hul kinders vir inentings neem nie.

KRAAMVERLOF

“ ’n Swanger plaaswerker is geregtig om minstens vier maande onbetaalde kraamverlof te neem. Tensy anders ooreengekom, kan die werker vier weke voor die verwagte datum van

geboorte met kraamverlof begin. Daar mag nie van die werker vereis word om binne ses weke na die geboorte van die kind enige diens te verrig nie, behalwe waar ’n mediese praktisyn of ’n vroedvrou die werker geskik vir diens verklaar het. Die werkgewer mag nie van ’n swanger werker of ’n werker wat haar kind borsvoed vereis of toelaat om enige werk te verrig wat nadelig is vir die gesondheid van die werker en/of haar kind nie.

“Indien die werker gedurende die derde trimester van swangerskap ’n miskraam het of ’n doodgebore kind baar, is die werker geregtig op kraamverlof van ses weke vanaf die datum van die miskraam of doodgeboorte.

“ ’n Werker wat swanger is, moet die werkgewer minstens vier weke voordat sy van voorneme is om met kraamverlof te begin, in kennis stel van:

- die datum waarop sy met kraamverlof gaan begin, en

- die datum waarop sy van kraamverlof gaan terugkeer.

Enige navrae in verband met die verskillende vorms en voorwaardes van verlof, kan gerig word aan [email protected].

Bronne: www.kwanalu.co.za en www.labourguide.co.za

dps apr-mei05.indd 16 20/03/2014 15:53:45

Page 17: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

17

Die omstrede Vrede Suiwelprojek wat deur die Vrystaatse Provinsiale Regering (VPR) tot stand gebring word, is ontwerp

om belastingbetalers te melk.

Die projek se totale waarde is R570 miljoen waarvan die VPR R342

ESTINA sou verantwoordelik wees vir die ander 228 miljoen. Hiervoor sou ESTINA 49% aandeel in die

Dit is deel van ’n vertroulike kontrak tussen die VPR en ESTINA.

Dit het intussen aan die lig gekom dat die kontrak so geskryf is dat ESTINA net geld sou bydra “indien nodig”. Dit wil dus voorkom dat die vertroulike kontrak tussen die VPR en ESTINA só geskryf is om ESTINA en klaarblyklik ’n klomp spoke te bevoordeel.

Intussen is die volgende onder meer bestee:

351 beeste en kalwers teen R6 212 000

Kuilvoerbunker teen R5 000 000

Gruispad van ongeveer 2 km teen R1 200 000

Beesskuur teen R500 000

Sekuriteitshek en waghuis teen R2 600 000

Tydelike veeartslaboratorium teen R300 000

Beesvoeraanleg teen R7 350 000

Melkstal en melkverwerkingsaanleg teen R30 050 000

Plaastoerusting soos onder meer vurke, grawe, pikke, moersleutels, domkragte, soekligte, lugkompressors, ensovoorts teen R2 513 000

Trekkers en implemente teen R5 867 494 (terwyl die nasionale regering verlede jaar R40 miljoen se trekkers en implemente aan die Vrystaat geskenk het)

Konsultante, regskostes, en ander fooie teen R12 000 000

Besproeiingstoerusting, pasteuriseerder en suiweltoerusting teen R37 779 613

bydra tot die projek, het hulle van die bogenoemde dienste gelewer en is addisioneel daarvoor betaal. Wat verder kommer wek is dat beeste wat aangekoop is, daagliks sterf en daar na bewering reeds meer as 30 beeskarkasse in ’n sloot gestort is.

Die DA het die Openbare Beskermer versoek om die aangeleentheid te ondersoek. Daar is geen twyfel dat daar ook ’n kriminele ondersoek gedoen moet word nie, aangesien dit blyk dat die VPR nie die nodige tenderprosedures nagekom het nie.

Die VPR het aangedui dat hulle 100 werksgeleenthede met die projek wil skep. Die vraag is egter of die VPR nie eerder die geld in hierdie verband meer produktief kon aanwend nie? Droogtehulp aan ons boere kon baie plaaswerkers se werk verseker het. Terwyl landbou 3,9% direk tot die Vrystaat se ekonomie

VREDE SUIWELPROJEK: HOE KON DIE GELD ANDERS BESTEE

GEWEES HET?

deur Roy Jankielsohn, DA lid van die Vrystaatse Wetgewer

dps apr-mei05.indd 17 20/03/2014 15:53:50

Page 18: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

18

bydra, verskaf die sektor 19,2% van alle werksgeleenthede. Dit is dus vanselfsprekend dat enige belegging in die landbousektor bogemiddelde dividende in terme van werkskepping sal bewerkstellig. Baie meer as 100 mense kon gebaat het indien die R342 miljoen as ondersteuning aan

beskikbaar gestel is vir beide werkskepping en die behoud van huidige werksgeleenthede.

Daar is ook ’n groot behoefte aan verbeterde infrastruktuur, veral padinfrastruktuur. Die sluiting van die Oliviershoekpaspad het veroorsaak dat die bekende Little Switserland Hotel sy deure moes sluit en gevolglik het 120 mense hulle werk verloor. Hierdie pad is ook krities belangrik vir die Oos-Vrystaat se toerismebedryf. Die geld kon hier ook ’n beter bydrae gelewer het.

Dit is duidelik dat die selfverryking van individue wat verbintenisse met senior politici en amptenare in die VPR het, ’n groter prioriteit as werkskepping en ekonomiese groei in die provinsie is. Die landbousektor kry baie min ondersteuning van die regering en word ook in baie gevalle as politieke slaansak misbruik. Ons land se voedselsekerheid word toenemend die slagoffer van stygende inset- en arbeidskostes, ’n nadelige beleid rondom invoer

misdaad en swak infrastruktuur. Die Vrystaat kan nie bekostig om ons kosbare landbougeld op projekte

te bestee wat nie ’n bydrae tot voedselsekerheid en werkskepping gaan lewer nie. Die Vrede Suiwelprojek is net een van talle projekte wat jaarliks baie geld kos en min of geen dividende toon. Terwyl 964 00 mense uit ’n bevolking van 2 745 590 in die Vrystaat reeds afhanklik is van staatstoelaes, skep regeringslandbouprojekte net verdere politieke en ekonomiese afhanklikheid.

Dit is belangrik dat boere en hulle werkers kennis neem van hierdie vermorsing van staatshulpbronne sodat hulle opnuut kan besef dat politieke verandering noodsaaklik is, en dat dit net by die stembusse gaan plaasvind.

351 beeste en kalwers

R6 212 000

Beeste graf

Kuilvoerbunker

R5 000 000

Gruispad

R1 200 000

dps apr-mei05.indd 18 20/03/2014 15:53:54

Page 19: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

19

As jou beste vriend met kanker gediagnoseer word . . .

Has die mens se beste vriend beskryf, en in ons verspreidingsgebied sal jy selde ’n plaas

sonder ’n hele paar van hierdie

hou hulle beslis aan om ons te beskerm en om op rotte en ander knaagdiere jag te maak, ja, maar tóg is ons vir ons honde lief soos vir familie. En net soos wat ons soms met die slegte nuus gekonfronteer word dat ’n familielid, vriend of vriendin kanker opgedoen het, loop ons hondevriende ook soms onder hierdie ongenaakbare siekte deur. Hannelie Cronjé het meer oor hondekanker uitgevind.

Volgens ’n artikel deur dr. Gerald S. Post by http://www.acfoundation.org/links/ten-signs-of-cancer.php is daar tien gevaartekens wat moontlik op kanker dui. Volgens Dr. Post leef ons troeteldiere deesdae in baie gevalle langer omdat ons hulle goed versorg. “Ten spyte daarvan, of dalk juis as gevolg daarvan, is kanker een van die vernaamste oorsake van sterftes by troeteldiere. Volgens sommige beramings sal meer as 50% van honde ouer as 10 jaar aan kanker sterf,” sê hy in die artikel. Die tien simptome wat hy noem, is “bloot

hoef nie paniek te veroorsaak nie, maar is net ’n aanduiding dat jy die veearts moet besoek”.

Die tien simptome wat moontlik op kanker kan dui, is die volgende:

1. Geswelde limfkliere: Hierdie kliere word oral in die liggaam aangetref, maar word die maklikste agter die kakebeen en die knie aangetref. “Wanneer hierdie limfkliere vergroot is, kan dit op ’n algemene vorm van kanker, naamlik limfoom dui. ’n Biopsie van hierdie vergrote limfkliere kan help om ’n diagnose te maak.”

2. ’n Klont wat groter word of verander: Laat doen ’n biopsie op enige klont op ’n hond wat vinnig groei of van tekstuur of vorm verander.

3. Abdominale distensie: “Wanneer die ‘maag’ of buik baie vergroot, kan dit op ’n gewas in die abdomen dui, of dit kan moontlik dui op bloeding in hierdie gebied. ’n Radiograaf of ’n ultraklankskandering van die maag kan help om dit te diagnoseer.”

4. Chroniese gewigsverlies: Wanneer jou hond gewig verloor sonder dat jy hom of haar op ’n spesiale dieet geplaas het, is dit beter om daarna te laat kyk. Dit is nie noodwendig ’n teken van kanker nie, maar dit sal daarop dui dat iets nie reg

verloor gewig.

5. Chroniese naarheid of diarree: Dit is beter om jou troeteldier te laat ondersoek indien hy of sy gedurig opgooi of diarree het. Gewasse in die spysverteringskanaal kan die oorsaak wees hiervan.

6. Onverklaarbare bloeding: As jou hond nie seergekry het nie, maar sy of haar mond, neus, penis, vagina of tandvleise bloei, is dit beter om dit te laat ondersoek. Wanneer diere wél aan bloedsiektes ly, sal dit reeds voorkom wanneer hulle nog babas is. As dit egter later jare eers voorkom, is dit raadsaam om daarna te laat kyk.

7. Hoes:ouer diere is dikwels ’n teken van longkanker hoewel hulle ook weens verskeie ander redes kan hoes. Laat ’n veearts liewer x-strale neem om seker te maak.

dps apr-mei05.indd 19 20/03/2014 15:53:56

Page 20: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

20

dps apr-mei05.indd 20 20/03/2014 15:53:57

Page 21: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

21

8. Verlamming: Onverklaarbare verlamming by veral groot tipes honde is ’n baie algemene teken van beenkanker. X-strale kan geneem word om te sien of dit wel so is.

9. Moeilike urinering: As diere sukkel om te urineer of as daar bloederigheid in die urine is, kan dit blaaspypontsteking wees. As dit egter nie vinnig verbeter wanneer antibiotika toegedien word nie, of as dit gereeld gebeur, kan blaaskanker die oorsaak daarvan wees. ’n Veearts sal wel met ’n biopsie kan vasstel of dit kanker is of nie.

10. Stink asem: Gewasse in die mond kom gereeld by diere voor en kan veroorsaak dat hulle kosvoorkeure verander, soos dat hulle byvoorbeeld sagte kos verkies in plaas van hulle gewone kos. Of miskien begin hulle hul kos anders kou as voorheen. Baie keer verklap ’n stink asem dat iets nie reg is nie. ’n Deeglike ondersoek deur ’n veearts sal kan help om te sien of daar iets kwaadaardig is.

Volgens ’n ander webblad, http://digsby.com, is daar ’n hele aantal kankers wat honde kan ontwikkel.

Die vyf vernaamste kankers is borskanker, beenkanker, velkanker, kanker in die mond en kanker in die limfatiese stelsel.

“Borskanker kom meer algemeen by teefhonde voor, maar ook soms by reuns. Gewasse kom gewoonlik meer by middeljarige honde voor, veral as hulle nie reggemaak is nie, of waar hulle as jong volwasse honde reggemaak is. Dit gebeur omdat die hormone wat met die hitte-siklus verband hou, abnormale groei van die melkselle kan ontketen.”

Simptome sluit in ferm, onreëlmatige knoppe wat onder of naby die tepel gevoel kan word – gewoonlik by die tepeltjies tussen die agterbene. Hierdie knoppe sal vinnig groei en ’n seer op die vel maak wat onaangenaam ruik. Die knoppe is wel soms nie kwaadaardig nie, maar die kanse is goed dat dit wel mettertyd kwaadaardig sal raak. Daarom is dit beter om dit te laat verwyder voordat dit kankeragtig raak.

Behandeling behels die chirurgiese verwydering van so ’n knop en chemoterapie. Indien die hond nog nie reggemaak is nie, sal dit dan gedoen word om die hormone wat die herverskyning van kanker kan veroorsaak, te verwyder.

“Ongelukkig gebeur dit dikwels dat die knoppe te laat ontdek word, want teen daardie tyd is die inwendige organe ook reeds aangetas.”

Osteosarkoom is die mees algemene vorm van beenkanker by honde. “Dit kom gewoonlik in die middeljare van groot tipes honde voor en dit ontwikkel gewoonlik by die punt van die

lang been in die hond se bene. Die eerste merkbare simptoom is gewoonlik wanneer die hond mank begin loop. Daar sal ook moontlik ’n pynlike swelling wees waar die gewas groei. Omdat die aangetaste been nie so sterk is soos gesonde been nie, kan die been maklik breek.

“Beenkanker is baie pynlik, en gewoonlik wanneer dit ontdek word, het dit reeds na die longe versprei. Die been word gewoonlik geamputeer. Baie honde sal goed oor die weg kom met net drie bene en hulle voel gewoonlik ook beter wanneer die pynlike gewas verwyder is. Chemoterapie kan jou hond se lewe verleng, maar baie honde met osteosarkoom sal nie langer as ’n jaar bly leef nie, al ontvang hulle behandeling.”

Velkanker word gewoonlik toegeskryf aan te veel tyd in die son. Dit is ook by honde die geval, maar die mees algemene velkanker by honde het niks te doen met sonblootstelling nie. Dit word ’n mas-selgewas genoem en dit kom gewoonlik as vinnig groeiende versweerde knoppies aan die bene en die liggaam voor. Dit kan baie aggressief wees en na die interne organe versprei. Dit is belangrik dat ’n groot stuk vel saam met die gewasse verwyder word. Met bestraling en chemoterapie kan honde met hierdie gewasse nog ’n lang lewe van gehalte hê.

Daar is baie verskillende tipes gewasse wat in honde se mond en keel kan ontwikkel. Dit kan simptome soos stink asem, pyn en bloederige spoeg veroorsaak, en ook maak dat hulle moeilik eet. Meeste gewasse word eers ontdek wanneer die siekte al redelik ver gevorderd is. Daarom

dps apr-mei05.indd 21 20/03/2014 15:53:48

Page 22: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

22

is dit ’n goeie plan om gereeld in jou hond se mond te kyk. Hierdie gewasse kan na die kakebene versprei. Wanneer behandeling dan toegepas word, word daardie gedeelte van die kakebeen verwyder. Hoewel honde blyk hiermee oor die weg te kom, kan dit tóg veroorsaak dat hulle moeiliker eet. Hoewel bestraling toegepas kan word om die hond se lewe te strek, sal die meeste honde nie langer as ’n jaar bly leef as hulle hierdie kanker het nie.

Limfoom kan enige orgaan met limfatiese weefsel aanval, veral die limfkliere, die spysverteringskanaal, beenmurg en die vel.

“Simptome kan wissel afhangende van watter deel van die liggaam aangetas is, maar in die meeste gevalle sal honde ook opgooi, ophou eet en ’n koors ontwikkel. Sonder behandeling sal honde met limfoom net ’n paar maande ná diagnose bly leef. Chemoterapie kan in die meeste gevalle tot remissie lei, en dit kan moontlik vir ’n jaar in remissie bly, maar die kanker keer dikwels terug.”

Volgens die artikel is daar veral vier invloede vir die ontwikkeling van kanker by honde en party daarvan kan bestuur word om die risiko van die siekte te verminder.

1. Genetika: Daar is gene in party soorte honde

risiko dat hulle kanker kan ontwikkel, verhoog. Duitse herdershonde ontwikkel dikwels hemangiosarkoom

(’n gewas van bloedvate),

terwyl osteosarkoom algemeen by Rottweilers

voorkom. Die feit dat hierdie gewasse meer algemeen by sekere soorte honde voorkom, dui daarop dat die gewasse ’n genetiese basis het. Gewasse ontwikkel as gevolg van skade aan DNA, dus is dit moontlik dat

’n hond met beskadigde DNA in sy selle gebore

kan word.

2. Die Papilloma-virus veroorsaak dikwels skadelose groeisels in ’n hond se mond. Tog blyk daar ’n skakel te wees tussen papillomavirusinfeksie en die geneigdheid van ’n hond om aggressiewe kanker in die mond te ontwikkel. Chroniese

gedeelte kan ook die groei van kanker aanwakker.

3. Hormone: Daar is ’n baie sterk skakel tussen hormone en borskanker by honde. Deur ’n hond te laat regmaak voordat sy nog ooit op hitte was, elimineer ’n mens feitlik die risiko van borskanker later in haar lewe. As sy egter op tweejarige ouderdom of daarna eers reggemaak word, sal dit haar geensins beskerm nie.

4. Die omgewing: By mense is daar bevind dat blootstelling aan pesweermiddels tog verband hou met die ontwikkeling van kanker. Daar is nie so ’n sterk band tussen gifstowwe in die omgewing en kanker by honde nie, so hierdie is moontlik nie so ’n belangrike invloed nie. Dit lyk egter wel asof blootstelling aan tabakrook honde se risiko om kanker in die neus en sinusse te ontwikkel kan verhoog. Sonskade kan ook wel velkanker by honde veroorsaak.

Wat kan ek doen om te keer dat my hond aan kanker sterf?

Hoewel ons dit dalk nie heeltemal kan keer nie, is daar tog ’n paar stappe wat ons kan neem om hulle kans

om kanker te kry, te verminder.

1. Laat steriliseer teefhonde voor hul eerste hitte. Ook reuns met ’n onafgesakte testikel moet reggemaak word omdat die kanse dat kanker in die behoude testikel kan ontwikkel, groter is.

2. Hou honde met dun pelse uit die son uit.

3. Indien jy wel ’n tipe hond koop wat meer geneig is tot sekere tipes kanker, maak baie seker van die pa en ma se oorsprong sodat jy vir jou hond die beste kans gee.

4. Laat ondersoek jou diere gereeld deur ’n veearts om seker te maak dat daar nie simptome is wat jy mis nie.

5. Indien jy enige simptome gewaar, neem die hond so spoedig moontlik na ’n veearts toe sodat die nodige toetse gedoen en behandeling toegepas kan word.

6. Sorg dat jou hond ’n voedsame dieet volg om hom of haar so gesond moontlik te hou sodat hul weerstand goed is wanneer hulle teen kanker en die behandeling daarvan moet veg.

‘n hond is die enigste ding op

aarde wat jou meer lief het as homself.

dps apr-mei05.indd 22 20/03/2014 15:53:53

Page 23: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

IN DIENS VAN LANDBOU VIR MEER AS 30 JAAR

WATERPAK

MOTORS

DOMPELPOMPE

BRANDSTOF AANGE-DREWE WATERPOMPE

Beskikbaar by NTK / VKB handelstakke landwyd

DRUKPOMPE

dps apr-mei05.indd 23 20/03/2014 15:53:53

Page 24: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

24

Meganisasiebeplanning in landbou word wesenlik beïnvloed deur die stygende

koste van spesialistoerusting wat

boerderypraktyke. Effektiewe bewerking teen lae koste bly die sleutel tot sukses wat nou in die New Holland TS6-reeks trekkers gekombineer word.

Die TS6-reeks trekkers bestaan uit vier modelle tussen 82 kW en 104 kW, wat begin by die TS6.110 (82 kW) en die TS6.120 (88 kW). Beide dié modelle is toegerus met vier silinder 4.5L NEF- (New Engine Family) enjins wat vervaardig word deur FPT (Fiat Powertrain Technology). Die twee groter modelle, naamlik die TS6.125 (92 kW) en die TS6.140 (104 kW) spog met ses silinder NEF-enjins met 6,7 liter inhoudsverplasing.

Die NEF-enjins waarmee die TS6-reeks toegerus is, word gekenmerk deur uiters goeie brandstofdoeltreffendheid en lae onderhoudkoste deur middel van

modelle word turbo aangejaag en tussenverkoel om hoë wringkragkurwes te verkry van tot 625 nm teen slegs 1400 o.p.m. op die TS6.140. ’n Hoofkenmerk van die enjins is die feit dat alle tydratte

aan die agterkant van die enjin is. Die ontwerp bring optimale verkoeling mee met lugvloei deur die verkoelingspakketvloei oor die hele enjin sonder die obstruksie wat ’n konvensionele “timing cover” bring. Die oliepan op die enjins het ’n halfmaanontwerp wat beter grondvryhoogte vir die meganiese voorwielaandrywingas teweegbring, en die blok is ontwerp om ’n deel van die trekker se

onderstel te vorm. Die ontwerp vergemaklik toeganklikheid tot die enjin tydens onderhoud aangesien daar geen raamwerk is waarin die enjin gemonteer is nie.

Onderhoudskoste word verder verminder deur ’n “power shuttle” of nat koppelaar wat meebring dat rigting op die trekkers kan verander sonder die gebruik van ’n konvensionele koppelaarpedaal. Die koppelaarsisteem roteer in olie wat smering en verkoeling meebring, en beheer aandrywing na ’n standaard toegeruste 8x8-transmissie. Die TS6-reeks kan ook verkry word met ’n 16x8-transmissie, of ’n kruipratopsie. Die trekkers word verder gekenmerk deur ’n reguit agteras wat homself reeds deur en deur in die New Holland-stal bewys het tydens swaardiens- en vervoerapplikasies. Die vooras word ook deur New Holland vervaardig

van die trekkers (enjin, transmissie, agter- en vooras) afkomstig is vanaf dieselfde vervaardiger, wat baie voordele soos beter onderdeelvoorsiening meebring om staantyd verder te verkort.

Die TS6-reeks trekkers bespaar nie net brandstof en verlaag onderhoudskoste nie, maar bring

ook meer veelsydigheid mee deur middel van ’n hoëvloei- hidrouliese sisteem. 84 liter per minuut olievloei is beskikbaar vir die trekkers se driepunt- en eksterne hidrouliese punte. Die hidrouliese olievloei is ten volle verstelbaar deur twee eksterne kleppe wat meganies beheer word, en sodoende die reeks trekkers ideaal maak vir vakuumplanters wat van hidrouliese motors op hul waaiers gebruik maak. Een eksterne, addisionele silinder op die twee kleiner modelle, en twee silinders op die twee groter modelle se driepunthysersisteem verhoog die optelkapasiteit om enige implement met gemak te kan hanteer. Weens die sessilinderenjins spog die TS6-reeks met ’n lang wielbasis wat aan die trekkers optimale gewigverspreiding gee wat effektiwiteit verhoog, selfs met swaar driepuntgemonteerde implemente.

Die ekonomiese TS6-reeks New Holland-trekkers word deur NHSA (New Holland Suid-Afrika) se landwye handelaarsnetwerk versprei, en is ook deur CNH Capital beskikbaar teen ’n

met prima -3%.

Vir meer inligting besoek www.nhsa.co.za of kontak Ockert Scheepers by 0823802405.

Lae koste, eenvoud en effektiwiteit spel New Holland TS6

dps apr-mei05.indd 24 20/03/2014 15:53:55

Page 25: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

www.nhsa.co.zawww.newholland.com

Sterk. Stewig. Betroubaar.Die New Holland TS6 trekkers is sterk, stewig en betroubare trekkers wat hulself heeljaar sal staal. Die TS6 reeks trekkers kombineer legendariese New Holland swaar diens aandrywing met verskeie opsies om jou spesifieke operasionele behoeftes te vervul.

TS6.110 - 82kW · TS6.120 - 88kW · TS6.125 - 93kW · TS6.140 - 104kW.

Standaard met “Power Shuttle” (Nat Koppelaar) ratkas & 84 l/min hidroliese olie vloei deur 2 stelle eksterne koppelings. Vierwielaangedrewe trekkers beskikbaar as ROPS en kajuit.

Kontak vandag nog jou naaste New Holland-handelaar of skakel 082 380 2405.

JOU SUKSES - ONS SPESIALITEIT

*Terme en voorwaardes geld. Gestruktureerde terugbetalings beskikbaar. Onderhewig aan finansiële status.

Tindrum 14/033

dps apr-mei05.indd 25 20/03/2014 15:53:57

Page 26: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

26

hou landboubedryf se wiele aan die rol

FAW Voertuigvervaardigers SA is vir die afgelope 20 jaar in Isando. Soos wat die maatskappy groter en groter geword het, is daar oor die jare heen

’n baie noue en suksesvolle vennootskap tussen FAW Suid-Afrika en venno te in China gesluit. Hierdie vennootskap het gelei tot ’n reusebelegging van $100 miljoen vir die oprigting van ’n baie moderne motorvervaardigingsaanleg in Coega net buite Port Elizabeth.

By hierdie nuwe aanleg waar kommersiële voertuie vervaardig sal word, sal meer as 5 000 vragmotors jaarliks in die mark beskikbaar gestel word, en by die aanleg vir die vervaardiging van passasiersmotors sal meer as 30 000 motors jaarliks vervaardig word.

Benewens die uitbreiding sorg FAW SA ook dat die wiele aan die rol bly tot anderkant ons land se grense. 80 vragmotors is onlangs aan BHL in Ndola in Zambië verkoop. BHL Zambië is deel van die Cargo Carriers-groep en is op

die aandelebeurs in Suid-Afrika.

Ander maatskappye soos Scribante, Concrete for U, Afrisam, 3Q Concrete en PPC is ook van die kliënte wat onlangs FAW-mengers aangekoop het.

FAW se produkreeks strek van medium kommersiële vragmotors tot swaar kommersiële en ook ekstra swaar kommersiële vragmotors. ’n Voorbeeld van eersgenoemde is die 7.130 FL-toekajuit-viertonner.

9.130 FL-toekajuit-vyftonner

9.130 FL-toekajuit- 3 m³ wipwa 15.180 FL-toekajuit-agttonner

16.240 FL-toekajuit-agttonner 16.240 FD-toekajuit- 6 m³-wipwa

Onder die swaar kommersiële voertuie spog hulle met die 9.130 FL-toekajuit-vyftonner, die 9.130 FL-toekajuit- 3 m³ wipwa, die 15.180 FL-toekajuit-agttonner, die 16.240 FL-toekajuit-agttonner, die 16.240 FD-toekajuit- 6 m³-wipwa, en die 16.240 FT-toekajuit-vragmotortrekker.

7.130 FL toekajuit-viertonner

hou landboubedryf hou landboubedryf se wiele aan die rolse wiele aan die rol

dps apr-mei05.indd 26 20/03/2014 15:54:08

Page 27: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

27

16.240 FT-toekajuit-vragmotortrekker

Die reeks ekstraswaar-kommersiële voertuie bestaan uit die 28.330 FL-toekajuit- 13,5 tonner, die 28.280/330 FD- 13,5 tonner met 10 m³-wipwa, die 28.380 FT-vragmotortrekker, die 33.330 FC- 6m³-menger, die 35.340 FC- 8 m³-menger met dubbele stuurmeganisme, die 35.340 FD- 15 m³-wipwa (toekajuit) met dubbele stuurmeganisme en die J6- (460 pk) vragmotortrekker met ’n vyfde wiel/intarder.

J6- (460 pk) vragmotortrekker met ’n vyfde wiel/intarder

35.340 FD- 15 m³-wipwa (toekajuit) met dubbele stuurmeganisme

35.340 FC- 8 m³-menger met dubbele stuurmeganisme

33.330 FC- 6m³-menger

28.280/330 FD-13,5 tonner met 10 m³-wipwa 28.380 FT-vragmotortrekker

28.330 FL-toekajuit- 13,5 tonner

Willie ToerienSel: 083 656 4577 | Tel.: 011 392 1530 | Faks: 086 204 1874

[email protected] | www.faw.co.za

dps apr-mei05.indd 27 20/03/2014 15:54:09

Page 28: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

vlieë, muskiete, luise, kakeerlakke, vismotte, rotte, muise ens. onkruid, plantluise en termiete.

• Bethlehem Pest Control takes pest control serious.• The control of pests is not an easy task. You have to do IPM to control it.• INTERGRATED PEST MANAGEMENT.• Know your pest so that you can use the correct chemicals.• Housekeeping is important.

Pres. Brandstraat 15Bethlehem 9700Telefoon: 058 303 6049Faks: 058 303 6927epos: [email protected]

Skakel ons vandag nog vir die beste diens met die beste prys.

U veiligheid kom vir ons eerste

dps apr-mei05.indd 28 20/03/2014 15:54:14

Page 29: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

29

Lalele – die beginDie naam Lalele beteken “saggies bekruip” en kom van die gedig van Eugene N. Marais, “Mabelêl”. Toe Pine Pienaar, Henning se pa, in 1995 die plaas gekoop het, was daar twee verwaarloosde plaashuise op – niks meer nie. Hy het van Sandton, Johannesburg gekom waar hy aan die hoof van Sandton Nooddienste gestaan het. Pine wou met “iets anders” boer en sy belangstelling in reptiele het hom die besluit laat neem: krokodille sal dit wees.Heel eerste het hy die toeristegedeelte gebou met restaurant en kroeg wat die kontant moes inbring om die boerdery van die grond te kry.

Lalele – die uitbreidingHenning was 16 toe sy pa die plaas gekoop en met die krokodilboerdery begin het. Nadat hy in 1997 aan die Hoërskool Hans Strijdom gematrikuleer het, het hy natuurbewaring studeer maar dit verruil om die studente-adviseur en sosiale koördineerder van Varsity College te word. Toe hy in 2000 plaas toe kom, het die uitbreidings op die plaas toegeneem.Buiten damme wat toegevoeg is, is ander fasiliteite gebou en het krokodilgetalle toegeneem. Verlede jaar het Henning begin om lusern aan te plant as deel van ’n proefneming. Dit word met die water vanuit die krokodildamme besproei en die lusern groei geil.

Lalele – die krokodilleKrokkies hou van hitte. In die somer is die omgewing warm genoeg vir die krokodille. In die winter het Lalele die voordeel dat hulle natuurlike warm water het. Die water word dan ook gebruik as ondervloerse verhitting. Dit skakel verhitting deur elektrisiteit, gas of opwekkers uit en is beslis ’n baie groot pluspunt wat Lalele het.Die krokodille word volgens ouderdom aangehou. Kleintjies tot en met een jaar, dan ’n volgende groep en die laaste groep van drie tot vier jaar wat dan gereed is om geslag te word.Twee teelgroepe – een met ouer diere en ’n groep met jonger diere – word aangehou met

Die kinderliedjie lui, “Ek is ’n eensame krokodil …“ Hierdie krokodil waaroor die liedjie gaan kom beslis nie van Lalele Krokodilplaas nie. Want dan sou hy een van 12 000 krokodille gewees het wat gelukkig in 30 damme buite Naboomspruit (Mookgopong) gebly het. Henning Pienaar van Lalele het met Delene Snyman gesels oor hul plaas en krokodilboerdery in die algemeen.

Henning Pienaar tussen sy krokodille

dps apr-mei05.indd 29 20/03/2014 15:54:18

Page 30: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

30

neste rondom die damme. Hulle het onlangs eers met die jonger groep begin teel en hoewel hulle meer eiers lê, is die eiers – en dus die kleintjies – kleiner as die ander groep. Henning is nog besig met ’n studie met die tweede groep om hierdie teeldiere optimaal te benut.Die eiers word uit die neste verwyder deur die ma versigtig van die nes te verwilder. Die eiers word dan in ’n broeikamer geplaas. Die hitte van die broeikamer bepaal die geslag van die krokodil. 26

34 grade mannetjies. Nog ’n eksperiment van Henning is om die temperatuur op 30 te hou en

inkubasieperiode is 90 dae maar dit hang af van die temperatuur in die broeikamer. Daar is een mannetjie vir elke vyf

Hulle baklei soms tot die dood vir hul posisie in die hiërargie en niemand kan die geveg stop nie – in elk geval niemand wat weet wat

Jong diere kry ten minste een maal per week vars water. Dit voorkom bakteriese infeksies onder die diere. Dit is egter moeiliker om volwasse diere se hokke skoon te maak. Hulle paar in die winter, lê eiers in die lente wat dan Desember, Januarie uitbroei. Die beste tyd om die hokke skoon te

maak is dus in Februarie. Henning probeer om dit ten minste elke ses maande skoon te maak – geen

Krokodille wat in oop hokke aangehou word, kry minder siektes as hulle vriende in toe hokke. Higiëne is die mees voor die hand liggende manier om siektes te voorkom. Ander siektes word oorgedra deur die hoender wat hulle vreet en word dan met hoendermedisyne behandel. Hulle kan ook iets soortgelyk aan verkoue kry wat met antibiotika behandel word. Veeartse wat spesialiseer in krokodille is maar yl gesaai. By Onderstepoort is daar veeartse wat hul kennis graag deel, maar andersins leer ’n mens maar op die harde manier.Die krokodille by Lalele eet hoofsaaklik hoender wat van ’n plaaslike hoenderboerdery verkry word. Dit is hoenders wat nie geskik is vir menslike gebruik nie en Henning laai twee maal per dag die hoenders op. Op hierdie manier raak die hoenderplaas van ongewenste hoenders ontslae en die krokodille kry kos. Andersins bekom hulle ook rooivleis van omliggende bees- en wildplase. Om hulle allemintige eetlus te stil, eet die diere sewe ton per week. Deur hulle egter met afvalvleis te voer, vind daar geen vermorsing plaas nie. Maar Henning sê dadelik dat hulle net vars vleis eet – geen

Henning in die lusernland

dps apr-mei05.indd 30 20/03/2014 15:54:21

Page 31: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

31

verrotte karkasse nie. Jong diere kry ’n spesiale voer van vismeel, karkasmeel, volvetsoja, vitamienes en minerale wat op die plaas gemeng word. Hier eet die krokodille soos konings.

Lalele – slag en velleHenning skiet alle krokodille self. Hy doen reeds seleksie voor hy die diere skiet sodat net velle van hoogstaande kwaliteit uitgevoer word.Die diere word na ’n spesiale abattoir toe gevat waar die velle verwyder en verwerk word. Dan kom dit terug plaas toe voordat die rou gesoute velle uitgevoer word.Elke vel word eers gegradeer en ’n enkele merkie aan die vel kan die gradering beïnvloed en die prys drasties verminder. Die gradering word deur ’n afgevaardigde van die koper gedoen. Om hul bedingingsmag ’n hupstoot te gee, het ses krokodilboere van die omgewing en selfs wyer, die maatskappy SA Crocodile Products (Edms.) Bpk. gestig. Met meer velle gesamentlik tot hul beskikking is hulle ’n groter rolspeler

in die bedryf as wat elkeen op sy eie sou wees.Dit help ook met die papierwerk aangesien daar geweldig baie papierwerk gedoen moet word voordat die velle per lugvrag versend kan word na hoofsaaklik Italië. Nie net moet omgewingsake se permitte verkry word nie, papierwerk in Europa moet ook afgehandel word. Sodra alles in plek is en betaling ontvang is, word die velle uitgevoer.

Lalele – diverse inkomsteVan die velle wat nie uitgevoer word nie, is vir die plaaslike mark beskikbaar. Henning maak self belde, geweerbelde en sleutelhouers. Beursies, handsakke en belde word elders gemaak. Van die produkte is in hul eie Curio te koop of word in ander Curios van die Krugerwildtuin tot die kus verkoop.Jong diere wat vrek, word opgestop en ook verkoop, en as ’n grote vrek, kry Henning dit soms nie oor sy hart om net daarvan ontslae te rak nie; dan word hy ook opgestop.Hoewel die toerismegedeelte

van die boerdery meer aftrek gedurende die vakansie kry, is dit ook ’n bron van inkomste. Henning behartig gewoonlik self die toere en klim dan in die hokke om die diere te voer. Lalele – die uitdagingsDaar is vele uitdagings om met krokodille te boer. Dit is ’n bedryf wat jy nie sonder handskoene moet aanpak nie. Enkele van die uitdagings is:

Intreekoste is hoogBeskikbaarheid van kos is ’n probleemVerhitting kan problematies wees met onkonstante kragvoorsieningWatergehalte en beskikbaarheid speel ’n rolWerkers is soms skrikkerig om met die diere te werkVelle word maklik beskadig en dit het ’n wesenlike invloed op prysDie rompslomp van die papierwerkDiere het soms ’n ‘attitude’.

Lalele – die lekkerteHenning Pienaar sê om met krokodille te boer is nooit vervelig nie. Daar is so baie komponente soos toerisme, uitvoere en hantering van moeilike diere. Ofskoon hy huiwerig is om hierdie boerdery-aktiwiteit aan te beveel, verruil hy dit vir niks.Hy praat van sy diere asof hulle skoonheidskoninginne is. Vra hom of hy bang is vir hulle, antwoord hy nee, maar hy respekteer hulle aard en instink. Om sy nek dra hy sy “lucky charm” van krokodiltande wat hy nooit afhaal nie. Dit is sy krokkies se tande wat hy in die damme gevind het wat hulle skoonmaak. Dit dien ook as ’n herinnering dat hy met wilde diere werk – diere met groot tande!

dps apr-mei05.indd 31 20/03/2014 15:54:14

Page 32: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

• Krokodille kan vir lang tydperke – selfs tot ‘n volle jaar lank – sonder kos bly. Hulle bly egter steeds aktief en kan onmiddellik eet wanneer hulle dan weer kos in die hande kry.

• Hierdie reptiele kan vir ‘n uur of twee, drie ure onder die water bly sonder om asem te skep, onder meer deurdat hulle hul bloed wegstuur van hul organe wat so lewensbelangrik is nie.

• Die krokodil se bloedsomloopstelsel is hoogs

’n reptiel tuis hoort nie. Hulle hart, longe, hoofare en -slagare op sigself lyk baie soos dié van ‘n soogdier. Hierdie reptiel se goed ontwikkelde vierkamerhart het die vermoë om bloed wat suurstof dra te skei van bloed wat nie suurstof dra nie, iets heel unieks onder die reptiele.

• Krokodille behoort aan dieselfde orde as alligators, Amerikaanse kaaimanne en die gaviale. Buiten die alligators, wat in China en die suidooste van Amerika voorkom, bly die ander krokodilagtiges in die wêreld se tropiese en subtropiese streke.

• ritmiese hale van die stert. Die stert word soms gebruik om prooi te vang deur die prooi van die vlak water af in die diep water in te vee, waar dit makliker verslind kan word. Omdat hulle sulke uitmuntende roofdiere is, het die krokodilagtiges min natuurlike vyande.

• Beenplate, genaamd osteodermisse, vorm ’n soort pantser in die dik huid. Die tande, waarvan daar sowat dertig tot veertig in elke kaak is, pas inmekaar wanneer die bek toe is. By krokodille steek die vierde tand aan elke kant van die onderkaak uit wanneer die bek toegemaak word; by alligators is hierdie tande nie sigbaar nie.

• Die kake van die krokodilagtiges is, wanneer hulle sluit, kragtig genoeg om die beendere van diere te vermorsel, maar so swak wanneer hulle oopgemaak moet word dat ’n mens hulle met die hand bymekaar kan hou.

• Krokodilagtiges is die luidrugtigste reptiele, met geluide wat wissel van ’n stille gesis tot vreeslike

brul- en bulkgeluide, gewoonlik in die paartyd.

• sowat tien jaar oud is. Hulle begrawe die eiers – tussen twintig en negentig in ’n broeisel – in sand, modder of die oorblyfsels van plante, waar hulle deur die warm son of die hitte van die ontbindende plante uitgebroei word.

• om die nes te beskerm en vir die kleintjies te sorg nadat hulle uitgebroei het, hoewel baie van die eiers en kleintjies tog deur roofvyande opgevreet word.

• Die ouerlike gedrag van die krokodilagtiges is uniek onder die reptiele en herinner ’n mens aan dié van voëls.

• Sekere lede van die krokodilfamilie is die grootste lewende reptiele. Krokodille kan gewoonlik aan hul lang driehoekige snoete uitgeken word, iets tussen die lang, smal snoete van die gaviale en die kort, ovaalvormige snoete van alligators en Amerikaanse kaaimanne.

• soutwaterkrokodil genoem, word as die grootste lewende reptiel beskou. Dié krokodille word maklik vyf meter lank, hoewel enkelinge van tot agt meter al aangeteken is. ’n Kleiner spesie, die moeraskrokodil, word in die binnelandse waters van Indië aangetref.

• In ons eie wêrelddeel, in Afrika van die Bo-Nyl tot in die Kaap, kom die Nylkrokodil steeds voor, al word hy as ’n bedreigde dier beskou. Dis einste hy wat deur sekere ou Egiptiese sektes vereer is. Mummies van krokodille is selfs in Egiptiese grafkelders ontdek.

• Krokodileiers word in sekere dele van die wêreld deur mense geëet. Die huid is gesog as leer en die ekstrak van die muskuskliere word in die vervaardiging van parfuums gebruik.

Bron: www.Mieliestronk.co.za32

dps apr-mei05.indd 32 20/03/2014 15:54:19

Page 33: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

Ons het die navorsing gedoen. Nou oes jy die voordele.

2014/WHEAT/A/23® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2014 PANNAR BPK

Koringkultivars vir jou sukses.

’n Volledige droëlandpakket asook uitnemende besproeiingskultivars.

Besproeiingskoringkultivars

PAN 3471, PAN 3400 en PAN 3497, groot sukses in kommersiële aanplantings met goeie siektetoleransie en graderingseienskappe. Vir die besproeiingsboer ’n besliste keuse.

G L O B A L E T E G N O L O G I E P L A A S L I K E P R E S TA S I E

[email protected]

Saam boer ons vir die toekoms™

dps apr-mei05.indd 33 20/03/2014 15:54:20

Page 34: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

34

Kultivarkeuse is en bly ’n belangrike produksiebesluit. Opbrengs en graankwaliteit bly koning, terwyl betroubare en

objektiewe proefresultate oor stabiliteit in opbrengsreaksie oor jare ook belangrik is om risiko te bestuur.

Sensako fokus op die ontwikkeling van verbeterde kultivars met hoë opbrengsvlakke en goeie kwaliteiteienskappe vir die eindgebruiker om die ekonomiese kompeterende vermoë van dié gewas te versterk. Sensako skakel met instansies wêreldwyd om die nuutste gene vir weerstand teen die heersende en verwagte aar-, wortel- en blaarsiektes

van kleingrane. Verskeie gene word ingespan om die plant se weerstand te beskerm. Voordele vir die produsent is verlaagde siektebeheerkostes, verlengde rakleeftyd van kultivars en dat die risiko van verbouing verlaag word. Die standaard vir die vrystelling van nuwe kultivars is baie hoog, en daar moet aan al die teeldoelwitte asook agronomiese vereistes voldoen word.

Die stelselmatige afskaling van droëlandkoringproduksie in veral die somerreënvalgebied van die Vrystaat plaas druk op uitgebreide ontwikkeling van kultivars vir dié mark. Daar is wel verskeie kultivars met goeie aanpasbaarheid, opbrengs en gewenste kwaliteit- en siekte-eienskappe (Tabel 1 en 2) beskikbaar vir

droëlandaanplantings in die VKB-gebied, wat die hele planttydspektrum van vroeg tot laat kan dek. Die kultivars se eienskappe, aanpasbaarheid en plantdatums word in die Sensako se Kultivargids weergegee. Maak seker dat u een byderhand het.

Aanplant van besproeiingskultivars is ’n gevestigde praktyk in die hoëveld en noordelike besproeiingsgebiede. Vir die produsent is daar verskeie kultivars met goeie opbrengspotensiaal, siekteweerstand en agronomiese eienskappe beskikbaar, met aanpasbaarheid oor die planttydspektrum van vroeg tot laat. Opbrengsresultate (Tabel 3), agronomiese eienskappe (Tabel 4) en siekteweerstand (Tabel 5) word weergegee.

KULTIVAR GROEIPERIODE OPBRENGS-PO-TENSIAAL

HEKTO-LITER-MASSA STROOI-STERKTE UITLOOP-WEER-

STANDSST 317(PTR) LAAT UITSTEKEND GOED UITSTEKEND UITSTEKENDSST316(PTR) MEDIUM MEDIUM - GOED UITSTEKEND UITSTEKEND GOED SST 398(PTR) BAIE LAAT MEDIUM - GOED GOED GOED GOEDSST 387(PTR) LAAT UITSTEKEND GOED UITSTEKEND GOED SST 347(PTR) LAAT GOED UITSTEKEND GOED UITSTEKENDSST 374(PTR) MEDIUM - VINNIG MEDIUM - GOED GOED GOED GOED SST 356(PTR) MEDIUM MEDIUM - GOED GOED UITSTEKEND GOED

Sensako-koringkultivars steeds die beste keuse van oos tot wes

Tabel 1: Winter-droëland-koringkultivars - Agronomiese Eienskappe

dps apr-mei05.indd 34 20/03/2014 15:54:23

Page 35: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

DROËLANDKORING SIEKTEWEERSTAND KULTIVAR STAMROES BLAARROES STREEPROES RWASST 317(PTR) BAIE GOED GOED GOED RSST 316(PTR) BAIE GOED GOED GOED RSST 398(PTR) GOED ? ? RSST 387(PTR) MR-R S MR RSST 347(PTR) MR-MS R MS RSST 374(PTR) R R MS RSST 356(PTR) R R R R

Tabel 2: Winter-droëland-koringkultivars – Siekteweerstand

WINTERTON MARBLE HALL KOEDOESKOP PALALA OOS-VRYSTAAT

Kultivar2009

- 2013

R 2013 R2009

- 2013

R 2013 R2009

- 2013

R 2013 R2009

- 2013

R 2013 R2009

- 2013

R 2013 R

SST843(PTR) 6.24 12 8.89 11 7.41 8 6.59 12 6.52 12 5.02 11 8.16 7 10.79 4 4.81 12 5.38 12

SST806(PTR) 8.04 1 10.51 1 7.20 10 7.51 9 7.57 8 6.75 6 8.04 8 9.29 8 6.30 3 7.40 1

SST835(PTR) 7.71 3 10.13 2 7.52 7 8.35 7 7.31 10 6.45 7 8.30 6 9.39 7 6.31 2 7.15 3

SST867(PTR) 6.92 7 9.81 4 6.40 12 7.16 11 6.72 11 8.26 4 5.53 12 5.86 12 5.36 11 7.12 4

SST866(PTR) 7.29 5 9.00 10 8.50 2 8.62 4 8.08 1 6.25 8 8.77 3 10.44 5 6.03 6 5.62 11

SST877(PTR) 6.69 11 8.09 12 7.25 9 7.33 10 7.40 9 6.00 10 7.46 9 9.04 9 5.40 10 6.00 10

SST875(PTR) 7.91 2 9.70 5 8.12 5 7.57 8 7.66 7 7.74 5 8.68 4 8.48 10 6.20 5 6.87 6

SST895(PTR) 6.90 8 9.28 9 8.45 3 8.97 2 8.05 2 4.99 12 9.14 1 12.10 1 6.27 4 7.27 2

SST896(PTR) 6.82 9 9.83 3 8.30 4 8.91 3 7.83 5 6.19 9 8.31 5 11.08 3 5.63 8 6.71 8

SST884(PTR) 7.16 6 9.56 7 8.97 1 9.39 1 7.76 6 9.07 1 8.90 2 11.79 2 6.01 7 6.15 9

OPPOSISIE 1 7.48 4 9.43 8 7.17 11 8.36 6 7.93 4 8.49 3 7.44 10 7.86 11 6.49 1 6.75 7

OPPOSISIE 2 6.79 10 9.70 6 7.76 6 8.44 5 7.98 3 8.67 2 6.64 11 10.01 6 5.53 9 7.01 5

Gemiddeld 7.22 9.60 7.78 7.87 7.59 6.82 8.03 9.50 5.86 6.74

KV 5.95 2.98 5.83 6.15 5.07 5.54 5.26 5.61 6.27 4.42

KBV(0,05) 0.31 0.48 0.33 0.80 0.28 0.63 0.31 0.88 0.27 0.49

Betekenisvol beter oor jare by die afsonderlike lokaliteite (dit is die mees betroubare norm vir kultivar keuses)

W = Weerstand; MW = Matige weerstand; MV = Matig vatbaar; V = Vatbaar; T = Tolerant; ? = Nog nie getoets nie

Variasie in roesrasse mag kultivars verskillend beïnvloed. Die reaksies aangedui is gebaseer op bestaande data vir die mees virulente roesrasse wat in Suid-Afrika voorkom. Verspreiding van rasse mag varieer tussen produksiegebiede.

Tabel 3: Opbrengsresultate (ton/ha) van besproeiingskultivars in besproeiingsgebiede

35

dps apr-mei05.indd 35 20/03/2014 15:54:25

Page 36: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

36

KULTIVAR GROEIPERIODEOP-BRENGS-PO-TENSIAAL

PITVASTHEID GRAAN-KWALITEIT STROOI-STER-KE

UIT-LOOP-WEER-STAND

SST 843(PTR) BAIE KORT UITSTEKEND GOED UITSTEKEND BAIE GOED REDELIKSST 806(PTR) MEDIUM GOED GOED UITSTEKEND REDELIK REDELIKCRN 826(PTR) MEDIUM GOED GOED UITSTEKEND GOED REDELIKSST 835(PTR) MEDIUM TOT KORT GOED GOED GOED GOED REDELIKSST 867(PTR) LAAT GOED GOED GOED GOED UITSTEKENDSST 866(PTR) MEDIUM GOED GOED GOED GOED REDELIKSST 877(PTR) MEDIUM LAAT GOED GOED GOED GOED UITSTEKENDSST 875(PTR) MEDIUM TOT KORT UITSTEKEND GOED GOED GOED REDELIKSST 884(PTR) KORT UITSTEKEND GOED GOED BAIE GOED REDELIKSST 895(PTR) MEDIUM TOT KORT UITSTEKEND GOED GOED BAIE GOED REDELIK

BESPROEIING SIEKTEWEERSTAND

KULTIVAR GEELROES BLAARROES STAMROES MEELDOU FUSARIUM KARNAL BUNT TOLERANSIE

SST 843(PTR) V V MV MV MV TSST 806(PTR) MW-MV MW-MV MV V V VCRN 826(PTR) MW MW-MV - V V VSST 835(PTR) MV-V MW-MV tV V V TSST 867(PTR) 5MV MW-V MV ? ? ?SST 866(PTR) V V MV ? ? ?SST 877(PTR) MV-V MV-V tV V V ?SST 875(PTR) MV MV MW ? ? ?SST 884(PTR) W-MW MW W ? ? ?SST 895(PTR) W-MW MW W ? ? ?

Tabel 4: Besproeiingskoringkultivars - Agronomiese eienskappe

W = Weerstand MW = Matige Weerstand MV = Matig Vatbaar V = Vatbaar T = Tolerant ? = Nog nie getoets nie

Variasie in roesrasse mag kultivars verskillend beïnvloed. Die reaksies wat aangedui word, is gebaseer op bestaande data vir die mees virulente roesrasse wat in Suid-Afrika voorkom. Verspreiding van rasse mag varieer tussen produksiegebiede.

Bron: SENSAKO

Tabel 5: Besproeiingskoringkultivars – Siekteweerstand

dps apr-mei05.indd 36 20/03/2014 15:54:26

Page 37: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

37

Kweekgras, oftewel Cynodon dactylon, is ’n blaarryke grassoort met fyn stingels, bogrondse lopers sowel as ondergrondse

wortelstokke. Hierdie grassoort is inheems aan Angola, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe, maar word deesdae met groot welslae in talle lande tussen die 45° suider- en noorderbreedtegraad aangeplant as veevoer, veral vir beeste hoewel skape met ewe veel sukses hierop kan wei.

Wat hierdie gras ’n gewilde gewas maak, is dat dit op ’n wye reeks grondtipes goed presteer, veral op vrugbare of goed gedreineerde gronde. Dit is ook geskik vir gronde waarvan die pH van 4.2 tot 8.5 wissel. Die optimum pH is egter bokant 5.5. Dit het ’n goeie verdraagsaamheid wat brak grondtipes betref, maar groei stadig op dié tipe gronde.

Wat die vogbehoefte betref, kom dit van nature voor in gebiede waar reënval van 625 tot 1 750 mm wissel, maar dit sal ook oorleef waar daar slegs 400 mm reën per jaar val. Kweekgras is geweldig droogteverdraagsaam en kan vir tydperke van tot sewe maande sonder reën oorleef. Daarteenoor kan dit ook versuiptoestande van tot twee weke oorleef.

Die gemiddelde jaarlikse temperatuur in die gebiede

waar kweekgras voorkom, wissel van 6 tot 28 °C. Daar is egter groot verskille tussen ekotipes wat temperatuurreaksie betref. C. dactylon presteer die beste waar die gemiddelde jaarlikse temperatuur van 17 tot 35 °C wissel. Sodra temperature van 10 °C na 0 °C toe beweeg, neem die groeitempo van die gras drasties af. C. dactylon is nie verdraagsaam teenoor skadutoestande nie en sal selfs onder gedeeltelike skadu uitsterf, maar kan daarteenoor erge brande deurstaan. Ná veldbrande sal die gras binne enkele weke weer begin groei omdat die wortelstelsel so diep onder die grond is en nie in die brand beskadig word nie.

Kweekgras kan deur saad of steggies gevestig word en toon geen dormansieneigings nie. Dit word op ’n fyn, ferm en onkruidvrye saadbed gesaai. Dit is belangrik om onkruiddruk gedurende die vestigingsfase tot die minimum te beperk. Dit word aanbeveel dat dit ná saai vas gerol word. Dit is ook altyd raadsaam om ’n grondontleding voor vestiging te laat doen.

Wanneer Agricote in rye geplant word, sal ’n saaddigtheid van 10 kg per hektaar aanbeveel word. Ook by breedwerping is dit die aanbevole saaddigtheid.

Die toediening van stikstof sorg vir goeie reaksie by kweekgras. ’n

Onkruid word toe baie gewilde veevoer

As jy die internet raadpleeg vir inligting oor kweekgras, lewer die meeste resultate oplossings vir die uitroei daarvan. Maar dan kom jy tóg ook af op enkele artikels wat sê dat dit uitstekende voer vir beeste bied. Hannelie Cronjé vertel meer oor hierdie gras wat al tekenend is van die Vrystaat en sorg vir die welstand van ons

vee.

dps apr-mei05.indd 37 20/03/2014 15:54:28

Page 38: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

38

Minimum van 10 kg/ha per maand tot en met ’n maksimum van 60 kg/ha per maand word aanbeveel, indien ’n matig tot hoë opbrengs ten opsigte van weiding verwag word.

C.dactycon is ’n baie aggressiewe groeier maar daar is wel sekere peulplantgewasse wat met kweek sal kan kompeteer. Dit sluit in onder andere Desmodium, Lespedeza, Stylosanthus, Trifolium repens en Vicia villosa.

Siektes en plae wat kweekgras kan teister, is roes (Puccinia gramini) en Helminthosporum blaarvlek, wat van die vernaamste swamsiektes is wat kweek kan besmet. Daar is egter groot verskille in weerstand teenoor die swamme tussen die verskillende ekotipes binne die Cynodon-genus. Sekere virusse en verskeie bakterieë kan ook skade aanrig maar is nie van ekonomiese belang nie. Insekte soos kommandowurm kan van tyd tot tyd skade aanrig en rooiblom kan ook skade veroorsaak.

C. dactylon versprei maklik deur middel van bogrondse en ondergrondse lopers. Onder ideale toestande kan dit tot 2 m per maand groei. ’n Enkele plant kan binne twee tot vyf jaar ’n deursnit van tot 25 m bereik.

Die ru-proteïenvlakke van ou gras kan van 3 – 9% wissel. Die proteïenvlakke van jong groen gras kan tot so hoog as 20% wees. Stikstofbemestingvlakke het ’n groot invloed op proteïenvlakke. In vitro DMV wissel van 40-60%. Dit word ook grootliks deur die genotipe beïnvloed.

Wat die produksiepotensiaal betref kan kweekgras ’n DM van potensieel een tot drie ton per hektaar per maand bereik gedurende die somermaande. Jaarlikse DM-opbrengste kan van vyf tot 15 ton per hektaar wissel. Dit sal egter deur bestuur, gebied en klimaatpotensiaal bepaal word. Kweekgras maak uitstekende hooi en kan ook ingekuil word.

Die drakrag van kweek is twee tot drie GVE per hektaar. Onder ideale omstandighede kan ’n gewigstoename van ± 700 g/GVE/dag verwag word. Die gras is ook uiters verdraagsaam teenoor swaar beweiding. Saadopbrengste van 100 tot 350 kg per hektaar is moontlik, maar dit moet beklemtoon word dat bestuur hierin ’n belangrike rol te speel het.

Die bermudagras kom oorspronklik van die grasvlaktes van ons vasteland en is die algemene naam vir al die Oos-Afrika-spesies van Cynodon. Dit groei in oop gebiede waar beweiding,

dps apr-mei05.indd 38 20/03/2014 15:54:29

Page 39: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

Johannesburg: Jacobs Straat 8, Chamdor, Krugersdorp, Suid Afrika, 1740

Tel: +27 11 762 5261 • Fax: +27 11 762 4111 Kaapstad: Tel: +27 21 552 0456

[email protected] • www.advanceseed.com

Dit is NOU die tyd om te

BEGIN met die BEPLANNING

van jou WINTEROES

Advance Seed het verskeie gewasopsies tot jou beskikking: HAWER; WINTER ROG; EENJARIGE

ITALIAANSE RAAIGRASSE; MEERJARIGE RAAIGRASSE; SPESIALE WEIDINGS MENGSEL

(koel seisoengras); LANGSWENKGRAS; KROPAARGRAS; JAPANESE RADYS asook

WINTER DEKGEWASSE.

Hierdie gewasse is ideaal vir die wintervoerperiode.

Beplan en bestel jou saad.

BEL NOU OM JOU BESTELLING TE PLAAS!

oorstromings en brande deel van die daaglikse gang is.

Die wortelstelsel van hierdie gras kan 120 tot 150 cm onder die grond groei om water te gaan haal hoewel die grootste gedeelte van die wortelmassa sowat 60 cm onder die grond lê.

Die grasspriete is grysgroen van kleur en is gewoonlik 3 tot 10 cm lank met ’n skurwe rand. Die stamme kan 10 tot 40 cm lank wees en is effe plat met ’n perserige kleur. Sowat drie maande na aanplanting sal die gras reeds saadjies vorm wat teen temperature bo 20 °C sal ontkiem en binne twee weke sal begin groei. Binne 150 dae na ontkieming kan een plant reeds ’n oppervlakte van 2,5 m² dek.

Cynodon dactylan speel ook ’n belangrike rol in bewaring omdat dit gronderosie verhoed. Lank voordat die nut as weiding raakgesien is, het hierdie gras gehelp keer dat vrugbare grond wegspoel. Ook tuine word met dié gras versier omdat dit so ’n betroubare grondbedekker is wat vinnig en welig groei. Vroeër jare is dit selfs vir medisinale doeleindes aangewend, naamlik vir spysverteringsprobleme en ook die behandeling van wonde omdat dit ’n bloeiende wond kan laat ophou bloei. Volgens ’n ou Venda-tradisie word kweekgras gebruik om bier suur te maak.

’n Mens kan verstaan dat kweekgras as ’n onkruid beskou word wanneer dit per ongeluk op ’n verkeerde plek in jou tuin of landerye beland omdat dit so vinnig groei en so min vra om aan die groei te kom. Omdat die wortelstelsel so diep reik, kan dit tot twee seisoene neem om dit weer uitgeroei te kry. Daarom is dit noodsaaklik om kweekgras goed te beheer en goed te bestuur. Die voordele van hierdie gewas weeg egter soveel swaarder as al die nadele wat daaraan toegevoeg word. Selfs waar dit in die natuur groei, verskaf dit weiding aan die groot verskeidenheid diere van ons land se fauna.

Bron: www.plantzafrica.com

dps apr-mei05.indd 39 20/03/2014 15:54:30

Page 40: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

40

Maak seker jou weidende diere se mineraalbehoeftes word aangespreek

Die uitgestrekte natuurlike weiveld van Suid-Afrika vorm tans nog die basis vir die produksie van vleis en wol onder

omgewingsomstandighede wat geweldig varieer ten opsigte van grondeienskappe, reënval en temperatuur. Die weidende dier is hier die brandpunt in ’n komplekse ekologiese sisteem en sedert die vroeë jare was dit die strewe van veehouers, veekundiges en veeartse om deur middel van watervoorsiening, bekamping, die voorsiening van aanvullende voeding en die bestryding van parasiete en siektes, die bees en die skaap in staat te stel om so doeltreffend moontlik weidingsmateriaal om te sit in vleis, melk, wol en ander produkte wat daarmee gepaard gaan (Van der Merwe en Smith, 1991).

Volgens Du Toit, Louw & Malan (1940) is die natuurlike grasweidings in die grootste deel van Suid-Afrika, vir die grootste deel van die jaar gebrekkig in fosfaat en dat die tekort veral akuut is in die winter. Niemann, Lombard & Van Schalkwyk (1963) het bereken dat die natuurlike weiding in die somerreëngebiede van Suid-Afrika in vyf uit die nege gevalle nie in staat is om te voldoen aan die groeibehoeftes van beeste nie. Du Toit, Louw & Malan (1940) het opgemerk dat bossieveld oor die algemeen ’n hoër minerale inhoud het as grasveld en dat dit aansienlik minder onderhewig is aan seisoenskommelinge. Van der Merwe en Smith (1991) het opgemerk dat hoewel droë

winterweidings oor die algemeen die meeste gebrekkig is aan minerale, is dit wenslik om daarop te let dat die gaping tussen behoefte en voorsiening nie noodwendig dan die grootste is nie. Droë winterwydings is ook erg gebrekkig aan beskikbare energie en dit bring dikwels produksie óf tot ’n stilstand óf vertraag dit aansienlik. Onder sulke omstandighede mag totale mineraalbehoeftes laer wees.

Fosfaat is egter nie die enigste mineraal wa t ’n tekort in weidings is nie. Hier is ’n lys van essensiële minerale waarvan tekorte ook kan voorkom:

Die belangrikste minerale met hul funksies en tekortsimptome is as volg (Van der Merwe en Smith, 1991):

Oordeelkundige aanvulling van essensiële minerale in voere en lekke is dus baie belangrik. Sulke aanvullings geskied hoofsaaklik deur die byvoeging van ’n mineraalvoormengsel by die voer. Voere en lekke wat aan diere voorsien word en nie voldoende minerale bevat nie, sodat die voer goedkoper is, kan die produsent uiteindelik duur te staan kom. Boere wat lekke en voere koop moet dus hulself vergewis van die mineraalsamestelling van die betrokke produk. Maak ook seker teen watter vlakke dit in die voer ingesluit is. Die NRC (National Research Council) het minimum- en maksimuminsluitingsvlakke waaraan voldoen moet word. Aanvulling kan dus bloot teen die minimumvlak geskied om kostes te beperk, maar hoër insluitingsvlakke kan voordelig wees, veral in gebiede waar erge mineraaltekorte in die weidings voorkom. Mineraalinsluiting moet net nie meer as die maksimum aanbevole vlak wees nie.

Makro-elementeKalsium

Fosfaat

Kalium

Natrium

Chloor

Swael

Magnesium

deur Beyers Mallo, voedingskundige, Veekos

SpoorelementeYster

Sink

Koper

Mangaan

Jodium

Kobalt

Molibdeen

Selenium

dps apr-mei05.indd 40 20/03/2014 15:54:44

Page 41: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

41

Kalsium:

Dit is die volopste mineraal in die diereliggaam en is die belangrikste bestanddeel van die skelet. Dit speel ’n rol in senuspanning, essensieel vir

funksionering van hart- en skeletspiere en stolling van bloed. Tekorte by jong diere veroorsaak onvolledige mineralisering van bene en veroorsaak ragitis. By volwasse diere veroorsaak tekorte osteomalasie.

Fosfaat:

Fosfaat hou verband met kalsium. Dit speel ’n belangrike rol in ’n reeks intermediêre metaboliese prosesse in die liggaam soos absorpsie van koolhidrate tot die

vashou van energie in die vorm van energieryke fosfaatbande. Dit speel ook ’n rol in die regulering van pH in die liggaam. Simptome van fosfaattekorte is die voorkoms van ragitis, osteomalasie en pika. By jong diere word groei ernstig gestrem en volwasse diere raak maer en hul vrugbaarheid verlaag.

Magnesium:

Die verspreiding van magnesium in die liggaam kom naastenby ooreen met dié van fosfaat, naamlik 70% in die skelet. Dit tree op as ’n aktivator vir verskeie

ensiematiese sisteme, veral dié wat te doen het met oordraging van senu-impulse en spiersametrekking en -ontspanning. Dit speel ook ’n elektrolitiese rol in buffersisteme van die liggaam en in die instandhouding van selosmose. Tekorte by jong diere ly tot verlaagde skeletmagnesium, krampagtige spiersametrekkings (tetanie) en gevolglike dood. By volwasse herkouers kom hipomagnesemie voor wat gekenmerk word deur skielike verlaging in melkproduksie, hipersensitiwiteit, stuiptrekkings en die dood.

Swael:

Byna alle swael in die liggaam kom voor in proteïene wat die aminosure sistien, sisteïen en metionien bevat. Biotien, tiamien en hormone soos insulien

en ensieme soos glutatioon bevat ook swael. Swaeltekorte kom feitlik nooit voor nie aangesien die inname daarvan in die vorm van proteïen is en ’n swaeltekort eerder dui op ’n tekort aan proteïen. Swaeltekorte kom wel voor waar ureum en ander NPN-bronne gevoer word om natuurlike proteïen ten volle of gedeeltelik te vervang soos in lekke wat ureum bevat. Lekke met hoë NPN-vlakke moet dus met swael aangevul word.

Selenium:

Bevorder normale groei en daar bestaan ook ’n noue band tussen selenium en vitamien E. Tekorte veroorsaak

witspiersiekte by kalwers en lamkwyning by lammers.

Yster:

Yster vorm ’n strukturele deel van die asemhalingspigment hemoglobien wat aan bloed sy suurstofdravermoë verleen en speel ’n rol in verskeie

ensiemsisteme. Ystertekorte ly tot bloedarmoede wat verlaagde suurstofdravermoë tot gevolg het. ’n Oormaat fosfaat in die rantsoen kan ook met yster verbind en dit relatief onoplosbaar maak in die spysverteringskanaal.

Koper:

Dit vervul ’n essensiële rol in bloedvorming, ensiemsisteme wat te doen het met instandhouding van die sentrale senustelsel en kleurstofvorming

in wol en hare, karteling van merinowol, normale

instandhouding van vrugbaarheid. Tekorte kan lei tot bloedarmoede, degenerasie van brein en rugmurgsenuwees, ontkleuring van wol en hare, verlies van karteling by merinowol, krom bene en reproduksieprobleme.

Kobalt:

Dit is ’n noodsaaklike voedingsbestanddeel vir mikro-organismes in die rumen, nodig vir hemoglobiensintese en vir groei en

produksie by diere. Tekorte lei tot verlies in aptyt en gewig, diere raak swak en anemies en vrek.

Mangaan:

Mangaan aktiveer verskeie ensiemsisteme in die liggaam. Die ensieme speel ’n rol in koolhidraat- , vet en proteïenmetabolisme van die liggaam

en skape veroorsaak vertraagde estrus, verlaagde bevrugting en kalwers met swak bene en litte. Die haarkleed kan ook ’n vaal voorkoms hê.

Jodium:

Kom voor as die aminosuur tiroksien in die liggaam en reguleer die spoed van energiemetabolisme en beïnvloed

wolproduksie. Tekorte by volwasse diere veroorsaak veroudering, verlaagde spoed van metabolisme en traagheid. By jong diere kan dit veroorsaak dat hulle doodgaan tydens geboorte.

Sink:

Speel belangrike rol in die behoud van die suurbasisewewig in die liggaam en help ook met weerstand teen mastitis.

Tekorte lei tot ’n skurfte van die vel.

dps apr-mei05.indd 41 20/03/2014 15:54:29

Page 42: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

42

www.nupro.co.zaJoubertstraat, Bethlehem, 9700 • Tel.: 058 303 9587/9 • Faks: 058 303 7062

BemarkersNoord van Bethlehem:George Delport - 073 255 0350Suid van Bethlehem:Jaco van Wyk - 082 889 7200

SuiwelkorrelsSkaapkorrels

Braaikuikengroeikorrels Braaikuikenvooraanvangskrummels

dps apr-mei05.indd 42 20/03/2014 15:54:43

Page 43: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

43

In Oktober 2013 het die geleentheid homself voorgedoen om betrokke te raak by ’n voeraanleg in Groblershoop naby Upington.

Dit is ’n bestaande voeraanleg wat aan ’n privaat persoon behoort. NOVA Voere, deel van Quantum Foods, wat weer binne die Pioneer Voedsel Groep val, het kontrakvervaardiging in hierdie aanleg gedoen. Die eienaar van die voeraanleg wou nie verder by voervervaardiging betrokke wees nie.

Nu-Pro Voere het ’n ooreenkoms met die eienaar asook NOVA Voere gesluit om die vervaardiging en verspreiding van voer verder te hanteer. Die ooreenkoms het op 1 Februarie 2014 in werking getree en duur vir 14 maande met hernuwingsklousules. Die personeel het net so behoue gebly. Gielie Olivier is as die nuwe

hoofbestuurder aangestel. Die aanleg word as ’n divisie van Nu-Pro Voere bedryf. Alle skaap- en suiwelvoere wat vervaardig word, word aan NOVA gefaktureer en namens NOVA aan hul klante gelewer.

Die aanleg voorsien drie groot melkerye, waaronder die bekende Namib Dairies (Superfarm) in Mariental, Namibië. Die ander produkte bestaan uit baie hoë vlakke van lusern en is produkte soos lamafrondprodukte,

Nu-Pro Voere sprei vlerke na

Groblershoop Noord-Kaap

dps apr-mei05.indd 43 20/03/2014 15:54:48

Page 44: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

Personeel:

Pieter Labuscagne (adiminstratiewe bestuurder), Tharina Muller (ontvangs

en skaal), Gielie Olivier (algemene bestuurder), Pieter le Roux (produksie-

bestuurder), Gerda de Witt (algemene administrasie)

semivolledige produkte vir suiwelprodukte en ook wildprodukte. Die aanleg produseer reeds 1,45 ton per maand en die algemene gevoel onder die bestuur van Nu-Pro Voere is dat die volume eersdaags tot 2,2 ton kan groei. Lusern word plaaslik geproduseer en alle lusern word deur die produsent by die aanleg gelewer. ’n Ander unieke roumateriaal wat gebruik word, is rosyne-afval. Dit het baie hoë suikervlakke en is baie smaaklik. Dit is veral ’n belangrike roumateriaal in die skaapvoerkrale asook wildprodukte.

Ongeveer 3 km vanaf die aanleg is die LAW Skaapvoerkraal wat aan GWK behoort. Die kraal koop tans by Nu-Pro Voere, Groblershoop en die geleentheid bestaan om verkope aan GWK verder uit te brei. Aangesien die Nu-Pro Voere-aanleg in Bethlehem nie hoë vlakke van ruvoer effektief kan hanteer nie, is dit ’n geleentheid om produkte van Groblershoop, wat baie hoë vlakke van lusern bevat, aan die bestaande Vrystaat-klante te lewer. ’n Herboude korrelpers word geïnstalleer wat verpilling in 20 mm deursnee kan vervaardig. Dit sal veral gewild wees onder boere wat ruvoeraanvulling wil doen vir suiwel, maar veral vir wild soos renosters, buffels en die duurder spesies.

Gerda de Witt, algemene

administrasie

Tharina Muller, ontvangs

Gielie Olivier, algemene bestuurder

44

dps apr-mei05.indd 44 24/03/2014 08:24:10

Page 45: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

Die aanleg se voer word reeds in Namibië, Angola en die hele Noord-Kaap versprei. Suiwelklante tot in die Tsitsikamma word ook tans bedien omdat daar sekere tye van die jaar ruvoertekorte voorkom.

Die Nu-Pro-bestuur glo dat dié onderneming homself in die volgende jaar gaan bewys en dat dit ’n geleentheid sal wees om die Nu-pro-handelsmerk verder in Suid-Afrika asook in buurlande uit te brei.

Pieter Labuscagne, adiminstratiewe bestuurder

Johan van Rooyen,onderhoudsbestuurder

Pieter le Roux, produksiebestuurder

45

dps apr-mei05.indd 45 24/03/2014 08:24:14

Page 46: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

46

Agtergrond

Bêrend van den Berg het vanaf 1973 met tabak begin boer in Marble Hall as deel van die Loskopdam-skema. Hy het min van die bedryf geweet maar met die hulp van ’n buurman vinnig geleer.

In 1991 koop hy die plaas Bergzicht in die Naboomspruit-omgewing en begin tabak aanplant. Intussen het die oudste van sy drie seuns, Henkie, hom as meganiese ingenieur aan

Henkie werk vir ’n paar jaar vir Sasol maar hy wou egter boer; dit was sy enigste droom. Henkie kom plaas toe maar werk vir die plaasbestuurder van die plaas.

Toe Bêrend 18 jaar gelede die plaas Gemsbokfontein bykoop, is die tyd ryp vir Henkie om volwaardig betrokke te raak by die boerdery.

Bêrend (jnr) het, soos ouboet, ook as

Daarna het hy ook sy ambag deur Denel deurloop en 10 jaar gelede, toe die plaas Gazelle gekoop word, sluit hy ook by die familieboerdery-besigheid aan.

Om ’n familieboerdery suksesvol te bestuur is kommunikasie van kardinale belang. In die Van den

Berg-familie is kommunikasie oop, eerlik en reguit. Elkeen weet waar hy met die ander staan en, omdat elkeen sy eie verantwoordelikhede het, wérk die dinge op hierdie familieplaas.

Administrasie

terwyl administrasie gedoen word deur Henkie en Bêrend se vroue, Mariëtte en Anelize. Dit word vanuit die kantoor op die dorp gedoen. Hoewel Bêrend senior in ’n raadgewende posisie betrokke is, het hy die dag tot dag aktiwiteite aan die seuns oorgegee.

Tabak

Toe die eerste plaas in 1991 gekoop is, het die tabakboerdery ’n aanvang geneem. Gemsbokfontein was ’n beesplaas met geen teken van lande nie, maar met die koms van Henkie na die plaas, het dit stelselmatig uitgebrei tot vandag waar 140 hektaar onder besproeiing aangeplant word. 64 tabakoonde sorg dat die tabak gedroog word voordat dit gesorteer en met eie vervoer aan LTP gelewer word. LTP dors dan die tabak, verpak en verkoop dit aan die fabrikant

word as agterskot aan die boere

terugbetaal.

LTP werk baie nou saam met Henkie wat die tabakbeen van die boerdery hanteer. Die landboukundige van LTP wat hom bystaan is Johan Riekert. Johan deel sy kennis en ervaring met Henkie maar dit is sy kultivaraanbevelings, grondontledings en voorgeskrewe bemestingsprogram wat ’n direkte invloed op die sukses van die boerdery het.

Bemesting is ’n belangrike komponent van suksesvolle tabakverbouing. Verkeerde kombinasies kan ernstige skade veroorsaak. So moet stikstof by week nege uitgeput wees sodat tabak ryp kan word. Dit is ’n wetenskap op sy eie om bemesting korrek toe te dien. Juis om hierdie rede is die risiko’s verbonde aan tabakboerdery groter as baie ander aanplantings omdat verkeerde bemesting groot verliese kan beteken.

Hael, soos in baie ander gewasse, bring groot skade vir die tabakboer. Versekering teen hael delg wel die koste maar ’n jaar se wins is dan verlore.

Tog is hael nie die tabakboer se grootste vyand nie. Smokkelhandel

Vele vertakkings onder familie-sambreel

Die Van den Berg-familie bedryf hul boerdery as familiebesigheid, want hulle glo dat dit die voortbestaan van die plaas en almal se belange bevorder. Op hierdie plaas word dinge reg gedoen, met entoesiasme gedoen en vinnig gedoen. Henkie van den Berg sê dat alles in landbou net genade is. Bêrend (snr.), Henkie en Bêrend (jnr.) het Delene Snyman te woord gestaan en meer van hul vele vertakkings van die boerdery vertel.

dps apr-mei05.indd 46 20/03/2014 15:55:22

Page 47: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

47

is wel. Omdat smokkelhandel in sigarette aan die toeneem is, plaas dit druk op die tabakbedryf wat ’n direkte invloed op die tabakboer het. Belasting op sigarette word al meer en druk die prys die hoogte in. Smokkelsigarette kom teen ’n laer prys in die mark en het dus ’n wesenlike invloed op die verkoop van wettige sigarette. Ten spyte daarvan is tabak steeds ’n winsgewende kommoditeit.

Henkie skryf die sukses van hul tabakboerdery toe aan die goeie water op die plaas. Dit maak van hul plase die ideale omgewing om tabak te verbou. 400 000 liter water word per uur uit vier boorgate gepomp. Boonop is die watergehalte uitstekend.

Nuwe toetreders tot die tabakbedryf sal deesdae met genoeg kapitaal moet inkom as daar van nuuts af tabak gevestig moet word. Die insetkoste per hektaar is hoog en tabakoonde raak al duurder. Indien jy wel besluit om toe te tree, sê Henkie daar is twee slaggate in die bedryf wat hom, en meeste ander tabakboere, hoofbrekens gee, en dit is arbeid en kragvoorsiening. Tabak is ’n arbeidsintensiewe bedryf en arbeid is duur en met vele hoofbrekings. Elektrisiteit is nie net duur nie, dit is onbetroubaar. Kragonderbrekings laat die droogoonde staan wat tabakboere nie kan bekostig nie. Hoewel hy goeie diens van Eskom se tegnici kry, is die mannekrag bloot te min om die gebied te bedien.

Henkie geniet die tabakboerdery en ploeg sy kennis en ervaring terug in die bedryf. Hy dien as voorsitter van die Moot

Tabakstudiegroep waarby ses boerdery-eenhede betrokke is met elk meer as een verteenwoordiger op die studiegroep. Dit is ’n aktiewe studiegroep wat mekaar ondersteun en adviseur sodat almal saam optimaal kan boer.

Grondbone

Nog ’n vertakking van die boerdery is die verbouing van grondbone. Ook hierdie bedryf word met entoesiasme aangepak. Soos met die tabak is Henkie in beheer van die grondbone in totaliteit.

85 hektaar word onder besproeiing geplant. In die verwerkingsaanleg word die grondbone gedop en gesorteer. Alle produkte word aan Trio-trade gelewer. Wenkem is die afgelope 25 jaar verskaffer van chemiese produkte en slegs Omnia-kunsmis word op die plaas gebruik.

Tabak en grondbone is ’n goeie kombinasie. Die tabakoonde word ingespan om die grondbone te droog maar sonder enige verhitting. Lugdroging vind binne die oonde plaas.

Vier plaasbestuurders is betrokke by beide die tabak en grondbone. Die Van den Bergs loop ’n lang pad met hulle mense – of dit nou insetverskaffers, leweransiers of personeel is. So is Nico van Biljon al 22 jaar plaasbestuurder.

Oryx Aqua

Die bottelering van minerale water op die plaas, het agt jaar gelede begin. Hierdie vertakking word bestuur deur Bêrend (jnr.). Onder die handelsnaam Oryx Aqua word daar van Messina tot Warmbad en in Gauteng versprei.

Pa Bêrend tussen sy seuns, Henkie en Bêrend Tabak word gedroog

Henkie en Bêrend by die voerpilaanleg

Die tabak geselekteer

dps apr-mei05.indd 47 20/03/2014 15:55:27

Page 48: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

48

Oryx Aqua is die enigste water wat in Limpopo gebottel word wat by die SANBWA (South African National Bottled Water Aassosiasion) geakkrediteer is. Die water word uit ’n boorgat gepomp wat deur ’n fontein gevoed word.

Die totale botteleringsproses is gemeganiseerd. Dit word in steriele toestande gedoen sodat daar geen kontaminasie kan plaasvind nie. ’n 16-kop- outomatiese vuller vul 2 000 bottels per uur. Die vuller loop agt ure per dag, ses dae per week. Bottels word ook by die aanleg geblaas. Die bottels en proppe is geakkrediteer sodat die aankoopproduksielyn ook aan die vereiste standaarde voldoen.

Buiten stil minerale water, is daar ook vyf geure gegeurde water en gekarboniseerde water wat onder dieselfde etiket verpak en bemark word.

Bêrend het die mark ontgin waar hy nou lewer en kan kapasiteit verhoog as die vraag na water toeneem. Die

ander rigting as suiwer landbou is tot voordeel van die voortbestaan van die familiebesigheid.

Pil-aanleg

Omdat hulle oor ’n groot hoeveelheid grondboodhooi beskik, het die Van den Berg-familie besluit om ’n pilmasjien aan te skaf wat dierevoer vervaardig. In samewerking met Molatek kan hulle reeds voerpille vervaardig wat met die beste kwaliteit voere kan meeding.

Hoewel hulle reeds op klein skaal voerpille vervaardig, is die aanleg nog nie tot volle kapasiteit uitgebrei

nie. Hierdie vertakking van die besigheid is nog in die beginfase en daar is reeds planne op die tafel om dit uit te brei.

Ook hierdie vertakking is ingebring om die onderneming se risiko’s te versprei en nie alle eiers in een mandjie te hê nie. Omdat dit totaal gemeganiseerd is, is dit ’n besigheid (soos die wateraanleg) wat met minimum arbeid bedryf kan word.

Werkswinkel

Om ’n boerdery te bedryf sonder ’n goed ingerigte werkswinkel is vir die Van den Bergs ondenkbaar. Aangesien albei broers as

is, is hulle meer as in staat om alles op die plaas in stand te hou. Maar met

het hy die totale werkswinkel en dus onderhoud en herstel op die plaas onder sy vlerk geneem.

Dit is ten volle toegerus om alles self te vervaardig, self te herstel en self te verbeter. Daar is selfs ’n spuitverfafdeling om alles mooi te maak.

Dieselfde netheid wat jou oral op die plaas opval, vind jy in die werkswinkel.

Lojaliteit

Die Van den Berg-boerdery word gebou op lojaliteit. Lojaliteit teenoor hul werkers en verskaffers. Lojaliteit teenoor mekaar maar met eerlike kommunikasie in plek.

Ook aan NTK is hulle lojaal. Op hierdie plaas sien jy net New Holland-trekkers. Onderdele en baie ander produkte word by NTK Naboomspruit aangekoop en hulle praat met groot lof van die goeie diens wat hulle van Chris van der Merwe en sy span op Naboom sowel as Henk Botha en sy span by Nylstroom Meganisasie ontvang.

Maar hulle is veral lojaal aan harde werk. En as hulle die vrugte van hulle arbeid pluk, beskou hulle dit as genade. Dis soos Henkie tereg opmerk: “As jy goed is vir landbou, is landbou goed vir jou. Maar as jy laks is, sal landbou jou ’n les leer.”Etikette kom op die bottels

Bottels word meganies gevul

Tabakoonde

Tuiste van Onyx Aqua

dps apr-mei05.indd 48 20/03/2014 15:55:31

Page 49: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

49

Volgens dr. Gerhard Verdoorn, plaagbestrydingskundige van die Griffon

skade aan gewasse aan deurdat hulle tonnels in die grond grawe en dan die pas geplante sade of die ontkiemende sade vreet sodat die gewasse nie eens kans kry om behoorlik bo die grond uit te kom nie. Hulle vestig hulle in groot kolonies onder gunstige omstandighede. Daar is selfs al gevalle aangeteken waar soveel as 40 000 per hektaar van hierdie gediertetjies aangetref is!

Volgens Dr. Verdoorn is daar verskeie maniere om van hierdie knaagdiere ontslae te raak.

“Knaagdierbestuur verskil nie van enige ander plaagbestuur nie, en moet op ‘n geïntegreerde plaagbestuurstelsel (GPB) benader word. GPB gebruik alle moontlike beskikbare metodes om die plae te beheer en beweeg weg van ’n ‘slegs plaagdoders’-beginsel,” sê hy. “Natuurlike beheermetodes, meganiese beheermetodes, chemiese beheermetodes, wisselbou, plaaguitsluiting en feromone is alles deel van GPB.

“Die mees basiese beginsel van GPB is om ‘n gebalanseerde ekologie op die plaas te ondersteun en te handhaaf. In die geval van knaagdiere, en dan natuurlik springhaasrotte, het die boer ‘n hele paar bondgenote wat die getalle sal beheer:

Dagroofvoëls soos kuikendiewe, jakkalsvoëls, kleiner arende, uilarende, sekretarisvoëls en sekere rooivalke maak jag op knaagdiere.

Uile is uitstekende knaagdierbestuurders en goeie voëls om op die plaas te hê.

Die verskillende jakkalse, vosse, ratels en muishonde is soogdiere wat op knaagdiere jag maak.

Reptiele soos slange en monitorakkedisse jag ook knaagdiere.”

Volgens Dr. Verdoorn is hierdie diere almal baie waardevol in die bekamping van knaagdiere en boere moet hul welsyn op die hart dra.

“Die tweede beginsel van GPB is om plaagdoders te gebruik wat doeltreffend sal wees solank dit min of geen bedreiging vir roofdiere en hul omgewing inhou. Dit moet egter as laaste toevlug gebruik word. Wanneer knaagdierdoders gebruik word, is dit verpligtend om die volgende toe te pas:

Gebruik slegs produkte wat geregistreer is vir die bestuur van knaagdiere in veldsituasies. Daar is baie van die algemene knaagdierdoders wat nie hiervoor geregistreer is nie en dan die gevaar van sekondêre vergiftiging inhou.

Werk streng volgens die aanwysings op die etikette wanneer die knaagdierdoders toegedien word. Moenie oordoseer of onderdoseer nie.

Wend die knaagdierdoders só aan dat geen ander soogdiere of voëls daaraan blootgestel word nie.

Streng monitering van die gevolge van die knaagdierdoders is belangrik ten einde te verseker dat daar nie te veel van die produk aangewend word nie.

Dit is belangrik om aas met tussenposes uit te sit aangesien dit meer doeltreffend is as ‘n enkele toediening of as dit deurentyd beskikbaar is. Plaas die aas vir twee weke uit en verwyder dit weer vir twee weke.”

Die derde benadering wat Dr. Verdoorn aan die hand doen, is die meganiese beheer van springhaasrotte:

Slaan so springhaasrotte hokMet die goeie reën wat VKB se bedieningsgebied die afgelope tyd ontvang het, het springhaasrotte in groot hoeveelhede hul intrek in die landerye geneem en vreet hulle behoorlik hul weg deur die nuwe saailinge. Hannelie Cronjé het meer gaan uitvind oor hoe om hierdie plaag hok te slaan.

dps apr-mei05.indd 49 20/03/2014 15:55:33

Page 50: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

50

Waterdromme is baie eenvoudig en kostedoeltreffend. Plant die dromme 10 tot 20 meter uit mekaar in die grond sodat die borand gelyk is met die grondvlak. Maak die dromme of houers halfvol met water en gooi sonneblomsade op die water. Die diere probeer dan die sade in die hande kry, val in die water en verdrink. Gooi ook van die sade rondom die drom om hulle soontoe te lok. Doen dit teen sonsondergang sodat voëls nie die saad kom haal nie. Maak net seker dat hierdie dromme elke oggend nagegaan word om die dooie diere uit die water te haal.

Vernietiging van hul natuurlike habitat deur byvoorbeeld die grond om te ploeg aangesien die springhaasrotte in neste onder die grond woon. Hierdie metode sal bes moontlik ‘n paar keer met intervalle herhaal moet word om seker te maak dat al die rotte vernietig is.

“Wisselbou is ook ‘n doeltreffende manier om van die diere ontslae te raak omdat daar dan nie ‘n gereelde bron van kos is nie.

“Nog ‘n metode is om gewasse te plant waarop die springhaasrotte maar kan lewe terwyl die werklike oes elders groei en ryp word. Dit behoort die diere weg te lok wat andersins op die oesgewasse sou leef. Plant goedkoop graangewasse aan die buiterand van die omgeploegde strook. Plant dit in ‘n een meter breë strook sodat dit op dieselfde tyd as die kontantgewasse begin opkom. Rig ook sitpale op in hierdie strook sodat die roofvoëls ook die springhaasrotte kan vang.”

Dit is ook belangrik om landerye voortdurend te monitor vir die voorkoms van allerlei knaagdiere sodat daar betyds opgetree kan word indien ‘n mens sekere spesies opmerk of bemerk dat daar ‘n toename in die getalle is. Op hierdie wyse kan daar betyds opgetree word teen die sondebokke.

Die tydsberekening met die bekamping of uitwissing van springhaasrotte is van deurslaggewende belang.

Wanneer die landerye reeds beplant is en die kolonies reeds gevestig is, gaan die boer nie veel hond haaraf kan maak nie. As springhaasrotte endemies aan ‘n gebied is, is daar ‘n paar faktore wat in aanmerking geneem moet word:

“Springhaasrotte vind skuiling in heinings en lanings waar die grond nie vir kontantgewasse gebruik word nie. Die tonnels kan maklik bespeur word aangesien hulle so tussen 50 en 60 mm in deursnee is

word.

“Die springhaasrotte sal tot so ver as 30 m in die beplante gebied inbeweeg direk nadat die saad geplant is, maar hulle rig die meeste skade aan wanneer die saad aan die ontkiem is – waarskynlik omdat

die saad dan sag en lekkerder is as wanneer dit net geplant is.

“Die pas ontkiemde plantjies word uitgegrawe en dan word die saad afgekou. Die stammetjie en blare word net so bo-op die grond agtergelaat. Dit is gewoonlik rondom hierdie tyd dat die springhaasrotbevolking binne ‘n paar weke met rasse skrede sal verhoog. In ‘n groot landery sal hulle tot 30% van die oes kan verwoes en in kleiner landerye selfs 100% daarvan vernietig. Dit lyk ook asof hulle die ontkiemende sade na hul tonnels toe terugneem om dit daar te berg vir later in die seisoen.

“As jy dié diere wil beheer, sal jy hulle moet takel wanneer hulle op hul kwesbaarste is, naamlik wanneer die landerye onbewerk lê in die seisoen voordat die nuwe gewasse aangeplant word. Begin

dps apr-mei05.indd 50 20/03/2014 15:55:34

Page 51: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

51

deur die neste uit te roei deur te ploeg en sorg daarna dat daar roofvoëls en uile is wat jag kan maak op hulle. Daarna dien ‘n mens knaagdierdoders toe as daar nog van hulle oor is.

“Wanneer die landerye geploeg word, is dit raadsaam om so diep as 30 tot 50 meter in die landery in te ploeg omdat hulle selde verder as dit sal inbeweeg. Ploeg ook sowat 700 mm diep in die grond in om seker te maak dat al die neste vernietig word.”

Dr. Verdoorn beveel ook aan dat sitpale opgerig word voordat die grond geploeg word sodat roofvoëls sitplek het om hul prooi dop te hou. Indien daar na ‘n week steeds blyke is van springhaasrotte se tonnels of teenwoordigheid, moet die grond weer omgeploeg word om die neste te vernietig.

Sitpale kan opgerig word in ’n strook van sowat 2 m rondom die landerye. Gebruik pale van sowat 3 m lank met ‘n deursnee van 50 mm sodat die paal sowat 2,4 m bo die grond uitsteek. Sitpale vir uile kan sowat 1,4 m bo die grond uitsteek en moet 30 mm breed wees. Plant die pale sowat 50 m uit mekaar uit. Dit word aanbeveel dat die sitpale nie dwarssparre het nie omdat dit blyk dat die voëls reguit oppervlakke verkies. Dit is ook die beste om onbehandelde hout te gebruik.

“Om uile en dagroofvoëls na die sitpale te lok, word aanbeveel dat ‘n paar hande vol fyngemaakte graan in die laatmiddag rondom die pale gestrooi word om die springhaasrotte te lok. Hulle sal die kos gou gewaar en dan die uile en roofvoëls sodoende lok.

“Dit is ook raadsaam om doringdraad naby die sitpale te verwyder omdat uile maklik hierin verstrik kan raak wanneer hulle op die heinings wil gaan sit. Indien daar gladde draadheinings is, kan die heiningpale so aangepas word dat dit as sitpale kan dien.

“Moenie enige knaagdierdoders gebruik solank as wat die sitpale daar is nie. As dit wel

Een van die knaagdierdoders wat met groot welslae gebruik

Die groot voordeel van hierdie middel is dat dit die dier vinnig dood en indien dit reg toegedien word, dit wil sê slegs in tonnels, dit geen gevaar inhou vir sekondêre vergiftiging nie. Die nadeel is dat die produk ‘n sterk reuk het, wat dit nie altyd aanloklik vir die rotte maak nie. Let dus op of die lokaas deur die rotte geëet word.

by. Gooi die mengsel oor 40 kg gebreekte mielies of koring en meng deeglik tot ‘n egalige verspreiding verkry word. Maak eerstens alle springhaasrotgate toe deur te ploeg. Plaas die volgende dag in die laatnamiddag ‘n halwe teelepel lokaas in elke gat wat weer oopgemaak is. Ondersoek die behandelde gebied 10 tot 14 dae later en herhaal bogenoemde prosedure indien nodig.

Vir doeltreffende beheer word daar aanbeveel dat lokaas sonder gif vir vier dae lank uitgeplaas word en gif vanaf die vyfde dag bygevoeg word.

1. Hanteer uiters versigtig – vermy velkontak (veral stukkende vel).

2. Die middel is uiters giftig vir voëls, wild en huis- en plaasdiere. Moenie lokaas voorberei of gebruik waar voedsel, voer of drinkwater gekontamineer kan raak nie.

3. Giftig indien ingesluk. Hou buite bereik van kinders. Bêre agter slot en grendel weg van voedsel en voer.

4. Indien dit in kontak kom met water of sure, ontwikkel dit uiters giftige gasse. Dit ontvlam ook spontaan wanneer dit in aanraking kom met sure. Houers moet dus droog, asook deeglik toe gehou word.

5. Verwyder alle oorblyfsels van lokaas asook houers ná behandeling en verbrand of begrawe alle ongebruikte oorblyfsels. Onder sekere toestande kan lokaas vir tot nege maande giftig bly.

6. Waarsku alle persone om nie dooie diere of voëls te eet nie.

7. Versamel alle dooie springhaasrotte om toevallige vergiftiging van ander diere asook mense te verhoed.

8. Moenie vir huishoudelike doeleindes gebruik nie.

9. In geval van vergiftiging, ontbied ‘n geneesheer en toon

aan hom.

10. Merk die dromme waarin die lokaas gemeng word met die woord “GIF” en moet dit vir geen ander doel gebruik nie. Moenie op die vloeroppervlak meng waar die

nie.

dps apr-mei05.indd 51 20/03/2014 15:54:41

Page 52: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

52

nodig blyk te wees om die doders te gebruik, verwyder die pale.

“Uilbroeikaste kan ook rondom die landerye opgerig word teen ‘n koers van een broeikas per 20 hektaar. Dit is maklik om die kaste self te maak: ‘n basis van 400 x 600 mm met drie mure van 400 mm hoog word met ‘n dak toegemaak, en een van die kort sye word oopgelos as ‘n ingang. Maak ‘n lysie van 50 mm hoog by die ingang om die kleintjies en eiers te beskerm. Drie lae gekookte

lynsaadolie sal die hout vir ten minste 9 jaar beskerm. Hierdie kaste kan op die rand van die landery aan bome vasgemaak word of op lang pale. Die ideale hoogte is 4 m bo die grond. Indien die kaste nie in die skadu van bome gaan wees nie, moet dit met PVA-verf wit geverf te word om hitte te weerkaats.

Vir enige verdere navrae kontak doktor Gerhard Verdoorn by 082 446 8946 of stuur vir hom ‘n e-pos na [email protected].

LANDBOUPRODUKTE IS ONS BESIGHEID

www.jojotanks.co.za JoJo-Tanks-South-Africa @JoJo_Tanks

dps apr-mei05.indd 52 20/03/2014 15:54:43

Page 53: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

53

dps apr-mei05.indd 53 20/03/2014 15:54:43

Page 54: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

54

In Suid-Afrika bestaan daar ’n persepsie dat snybeet en spinasie dieselfde ding is. Daar word dan ook in die volkstaal na snybeet

as spinasie verwys, en snybeet word ter goedere trou as spinasie op die tafel voorgesit. Snybeet is in werklikheid van dieselfde familie as gewone tuinbeet (Beta vulgaris var cicla). In Suid-Afrika is daar een belangrike variëteit wat algemeen verbou word naamlik Fordhook Giant. Regte spinasie se blaarstruktuur is heelwat kleiner as dié van snybeet en word net vir spesialiteitsmarkte verbou.

Snybeet groei op sy beste in koel weer, maar kan regdeur die jaar verbou word, veral in die koeler dele van die land. Die beste saaityd bly steeds vroeg somer (Augustus, September, Oktober) en dan weer in die vroeë herfs (Februarie, Maart, April). Snybeet presteer swak in baie warm, droë toestande of in die middel van die winter as dit baie koud is.

Snybeet groei goed in die meeste grondsoorte behalwe in baie suur gronde. Dit groei ook goed in brakgrond, mits die water nie in die beddings bly staan nie. Dit is altyd raadsaam om in sulke grond eers kompos in te werk wat ’n los struktuur aan die grond sal gee, wat dan ook goed kan dreineer.

Dit is belangrik om voldoende en gereeld stikstof toe te dien,

aangesien daar oor ’n lang tydperk geoes kan word en volhoubare groei noodsaaklik is hiervoor.

* ’n Tipiese bemestingsprogram vir snybeet kan soos volg saamgestel word:

Snybeet kan direk gesaai word. Dit is raadsaam om die saad eers oornag in water te week, wat ’n meer eenvormige ontkieming tot gevolg sal hê. Die saad kan met ’n planter geplant word – ongeveer 60 000 tot 80 000 sade per hektaar (7 tot 9 kg/ha), of dit kan in vore gesaai word met die rye so 20 cm uitmekaar en ongeveer 7 cm in die ry. Die saad moet nie dieper as 2 cm gesaai word nie.

Daar is drie kritiese besproeiingstye in die verbouing van snybeet. Eerstens is dit belangrik om gereelde ligte besproeiing toe te dien tydens die ontkieming van die saad en die ontwikkeling van die jong saailinge. Die grond moet voortdurend klam

gehou word – dit sal ’n sterk saailing verseker. Nadat die saailinge goed gevestig is, moet die grond tot op ’n diepte van 30 cm goed natgemaak word, wat goeie wortelontwikkeling sal stimuleer en vinnige ontwikkeling van gehalteblare tot gevolg sal hê.

Toediening/kg/ha N P K Tyd van toediening

Basiese bemesting

400 kg 2-3-4 (30)50 75 50 Voor plant

Addisioneel week 3

300 kg/ha ASN20 0 0 3 weke na plant

Addisioneel week 6

300 kg/ha ASN20 0 0 6 weke na plant herhaal elke 3

weke terwyl daar geoes word

Totaal 90 75 100

dps apr-mei05.indd 54 20/03/2014 15:54:47

Page 55: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

55

Voorkom dat die grond te droog word in enige stadium van produksie; dit kan lei tot swak ontwikkeling en kleur van die blare, asook ’n bitter smaak. Voldoende water gedurende die groeiperiode is uiters noodsaaklik en die grondvog moet nie meer as 50% uitgedroog word nie.

Die kwaliteit en smaak van die blaar is op sy beste as die blaar sy volwasse stadium bereik het. Dit is daarom belangrik om met die oesproses slegs die volwasse twee tot drie blare per plant te oes. (Moet dus nie te veel van die blaar“fabriek”, wat groei verseker, vernietig nie). Dit sal die plant met genoeg blare laat om vinnig weer te ontwikkel en sal verseker dat daar oor ’n lang tydperk geoes kan word.

AFWYSENDE KLOUSULE: Hierdie inligting is op ons waarnemings en/of inligting vanaf ander bronne gebaseer. Aangesien gewasprestasie van die interaksie tussen die genetiese potensiaal

eienskappe daarvan en die omgewing, bestuurspraktyke ingesluit, afhang, gee ons geen waarborg uitdruklik of deur implikasie, vir die prestasie van gewasse relatief tot die inligting gegee, nog aanvaar ons enige aanspreeklikheid vir enige verlies, direk of as gevolg daarvan, wat te wyte aan enige oorsaak ook al mag ontstaan. Lees eers asseblief Sakata Seed Southern Africa (Edms.) Bpk. se verkoopsvoorwaardes voordat saad bestel word.

SNYBEET-KOEVERTJIES

(Hierdie resep kan ook met spinasie gemaak word. Vervang die snybeet in die resep met die spinasie.)

Filodeeg Gesmelte botter Snybeet Ricotta- of fetakaas Sout en peper

Kook die snybeet gaar (nie meer as drie minute nie)

Meng die gaar snybeet met die ricotta- of fetakaas (die verhouding is omtrent een deel kaas vir twee dele gaar snybeet). Jy kan lekker baie peper byvoeg, maar wees versigtig want die kaas is reeds relatief sout.

Smeer elke velletjie deeg met gesmelte botter of margarien. Plaas twee velletjies bo-op mekaar, en dan nog twee dwarsoor (soos om ’n kruis te vorm).

Plaas die snybeetvulsel in die middel en vou die koevertjies toe.

Smeer ’n laaste lagie gesmelte botter of margarien oor.

Pak op ’n gesmeerde bakplaat en bak in die oond vir 15 minute op 180°C.

dps apr-mei05.indd 55 20/03/2014 15:54:50

Page 56: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

dps apr-mei05.indd 56 20/03/2014 15:54:51

Page 57: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

57

deur Gerrit van Tonder

Die lasagne-metode behels die bou van beddings deur verskillende tipes organiese lae op mekaar te plaas sodat dit soos ’n spons kan reageer. Terwyl ons in hierdie artikel op groentebeddings in motorbande gaan fokus, kan enige ander geskikte houer ook vir hierdie metode gebruik word.

Ons het omgekeerde motorbande vir die lasagne-tuin gebruik, maar motorbande waarvan die boonste ring afgesny is, sal net so goed werk. Soms word twee bande op mekaar geplaas om dieper grond te verkry, byvoorbeeld vir tamaties wat ’n diep wortelstelsel het.

Die volgende stappe sal jou help om jou eie lasagne-groentetuin vinnig, maklik en goedkoop te bou.

Groente benodig minstens ses uur direkte sonlig per dag. Dit is dus belangrik om eerstens seker te maak dat jy die lasagne-groentetuin op die regte plek in jou tuin begin. Onthou: Daar is geen groente wat

goed in die skadu groei nie!

Die voordeel van ’n lasagne-tuin in ’n ou motorband is dat dit nie net op oop grond nie, maar ook op plaveisel of selfs ’n grasperk staangemaak kan word. Dit is daarom uiters geskik vir kleiner tuine. Dit is egter nie altyd maklik om die “tuintjie” rond te skuif nie – nat grond is baie swaar. Maak dus seker dat jy van die begin af die regte area uitkies.

Stap op verskillende tye van die dag deur jou tuin en teken aan waar die meeste son en meeste koelte is. Kyk ook waar groot bome, mure en buitegeboue skadu werp. Op hierdie wyse kan jy jou tuinuitleg mooi beplan.

die winter- en somersonsopkoms en -ondergang. (Figuur 1) Die suidekant van die huis is gewoonlik nie geskik vir ’n groentetuin nie omdat daar, veral in die wintermaande, te veel koelte is.

Die voordeel van ’n sirkelvormige lasagne-tuin is dat jy die motorbande op verskillende plekke in jou tuin kan plaas.

dps apr-mei05.indd 57 20/03/2014 15:55:02

Page 58: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

Jou bande is nou op die mees

geskikte plek staangemaak. Nou kan jy begin om dit op te vul.

Week bruin karton en koerantpapier in water.

Plaas die karton in die motorband op die grond en plaas dan die koerantpapier bo-op.

Een laag karton en 10 tot 20 velle koerantpapier sal voldoende wees.

58

Bou nou 6 cm dikte lagies (ongeveer die dikte van drie vingers) van verskillende tipes organiese materiaal op die koerantpapier en maak elke laag klam. Die 6 cm dikte is net ’n aanduiding. Die natuur meet nie die dikte van lagies met ’n liniaal nie en die tuinier hoef dus nie elke keer te meet of die lagie dik genoeg is nie.

Begin verkieslik met growwe materiaal as eerste laag bo-op die koerantpapier, soos lusernhooi, bruin takkies en droë blare.

Wissel daarna bruin organiese lae

af met groen organiese lae.

Voorbeelde van

met ander woorde die C:N-verhouding is meer as minstens 30):

strooi (koring, mielies)onbehandelde saagselsherfsblareou snoeitakkiesbruin grashooieierdoppegesnipperde koerantpapier, ens.

Voorbeelde van

wat beteken dat die C:N-verhouding kleiner as 30 is):

komposdieremisgroente- en vrugteskillegroen grassnyselslusernhooionkruid wat nog nie saad gemaak het niesmeerwortel (“comfrey”)

vars blarevars snoeisels, ens.

Let wel: Geen materiaal wat skadelike plaagdoders bevat, moet bygevoeg word nie. Geen hondemis, vleis-, melk- of kaasprodukte is toelaatbaar nie.

Tussen die bruin- en groen organiese lae kan ’n laag rooigrond uit jou tuin bygevoeg word. Die mikro-organismes in die grond help met die kompostering van die organiese materiaal.

As jy ou kraalmis beskikbaar het, sal ’n laag of twee daarvan ook help met die kompostering.

Afhangende van hoe diep die motorband is, kan nog lae bruin en groen organiese materiaal bygevoeg word.

Nou kan jy ook ’n handvol tuinerdwurms byvoeg sodat hulle kan help met die opbreek van die organiese materiaal.

Plaas ’n 2 liter plastiekbottel, met ongeveer 16 klein gaatjies

in onderste gedeelte van bottel, in die middel van die band voordat jy die bruin en groen lae verder afwissel. Die bottel se prop moet so 5 tot 10 cm bo die grondvlak uitsteek.

Om wortelvorming aan te help, kan ’n laag van drie vuurhoutjiedosies

vol beenmeel bo-op die laaste laag organiese materiaal bygevoeg word.

Nou volg die grond waarin jy jou saad of plantjies gaan plant. Gebruik ’n goeie gehalte kompos of vermikompos en meng die kompos met grond uit jou tuin.

dps apr-mei05.indd 58 20/03/2014 15:55:16

Page 59: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

Bo-op die grondlaag kom dan ’n deklaag van 5 cm koringstrooi of lusernhooi.

Dit is uiters noodsaaklik dat ’n deklaag oor die grond geplaas word. Dit beheer onkruid, verminder verdamping en hou die plante se wortels koel. Die beste deklaag is lusernhooi. Ander goeie dekmateriaal is

koringstrooi of dennebas. Indien hierdie materiaal nie beskikbaar is nie, kan droë blare of gras ook as deklaag gebruik word.

Belangrik om te onthou, is dat die deklaag “oopgemaak” moet word sodra die saadjies ontkiem sodat hulle sonlig kan ontvang.

59

Voordat jy begin saai of plant, moet die grond eers

deeglik nat gemaak word sodat die saad genoeg vog het om te kan ontkiem.

Tot tyd en wyl die saad ontkiem en die plantjies sterk groei, moet die boonste laag nooit toegelaat word om uit te droog nie. Benat dit

daagliks met ’n gieter met

’n sagte sproeikop. Doen ’n vinger tip-toets om te toets of die grond nat genoeg is.

Die bottel se water sal slegs die wortelgebied van die plant benat. Dit help ook dat die wortels ondertoe groei eerder as om te sprei.

Alles is nou gereed vir die saai of uitplant van jou eerste groente. Gaan soos volg te werk:

Vir : maak ’n gaatjie in die deklaag en plant die plantjies in ’n sirkel rondom die bottel.

Vir : maak een of twee sirkelvormige voortjies rondom die bottel, afhangende van hoe groot die groente gaan groei. Die saadpakkie sal duidelik aandui hoe ver

die verskillende soorte saad uitmekaar gesaai moet word. Beet, uie en wortels kan later uitgedun word as hulle te na aan mekaar gesaai is. Die ideaal is om ’n bietjie vermikompos in elke plantgat of voortjie te plaas voordat jy die saailinge plant.

Vermikompos bevat soveel voedingstowwe dat dit die klein plantjie sommer ’n vinnige hupstoot sal gee. Die saadjies ontkiem ook makliker in die klam vermikompos.

Vul die plastiekbottel tussen twee tot drie keer per week met water. Draai die prop goed vas en gee dan effens skiet sodat geen vakuum kan vorm nie. Onthou dat die bedding klam moet wees en nooit vir dae heeltemal versadig met water nie.

Oplosbare organiese kunsmis soos “seaweed” of jou eie aftreksel gemaak van smeerwortel of lusern, kan elke twee weke in

die plastiekbottel geplaas word. Dit is ook ’n ideale manier om vermikompostee toe te dien. Hierdie lasagne-groentetuin kan vir vyf jaar gebruik word. Voeg net gereeld ’n nuwe deklaag bo by aangesien die inhoud later sal afsak soos dit komposteer.

Sorg vir jou plantjies en binnekort sal jy jou eerste heerlike “natuurlike” groente kan geniet!

dps apr-mei05.indd 59 20/03/2014 15:55:44

Page 60: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

Soms gebeur dit dat kinders met ’n uitslag opstaan of daarmee van die skool of kleuterskool af kom en jy’s nie seker of dit Duitse masels of die ernstiger masels is nie, of met die bolletjies swelsel in die nek as die kleinspan op ’n streep pampoentjies

kry, en jy weet die lot van kindersiektes gaan jou heel waarskynlik nie verbygaan nie. Of die kleinkinders kom kuier en is op ’n oggend net nie lus vir opstaan of vir eet nie of hulle het ’n hoë koors. Om te keer dat jy sulke tyd met die hande in die hare sit, word hierdie artikel (met geringe aanpassings) van die webblad www.health24.com geplaas.

Volgens die webblad is daar 12 kindersiektes wat met uitslag of sigbare simptome en koors gepaardgaan.

roseola)Babamasels (roseola infantum) is ’ n algemene nie-ernstige virusinfeksie wat tussen die ouderdom van ses en 24 maande voorkom.

Skielike koors (39 – 40 °C), prikkelbaarheid en miskien selfs koorsstuipe. Die koors bly drie dae lank hoog. ’n Ligte, gespikkelde pienk uitslag verskyn dan op die lyf en nek; die koors verdwyn en dit gaan beter met jou kind. Die uitslag verdwyn ná een tot vier dae. Daar kan swelling om die oë wees en ’n mens kan klein limfkliere aan die agterkant van die kop voel. Party suigelinge kry glad nie die uitslag nie – slegs koors of verkouesimptome.

Antibiotika sal nie vir die siekte help nie, maar ’n halwe tot een teelepel sal die baba laat beter voel en moontlike koorsstuipe voorkom.

Roseola is byna altyd ’n skadelose siekte. Dit kan strawwer wees onder kinders met chroniese siektes

Ken die tekens en gevare van kindersiektes

Beskerm jou huis en tuin met Protek se koste-effektiewe 50 ml innovasies!

Terminex 350 SC, reg L9040, aktiewe bestanddeel: imidacloprid 350 g/lit, skadelikAlphathrin, reg L7850, aktiewe bestanddeel: alpha-cypermethrin (pyrethroid) 100g/l, skadelikKnox Ant, reg L7175, aktiewe bestanddeel: diazinon 240g/l, versigtigKnox Worm, reg L7176, aktiewe bestanddeel: cypermethrin (pyrethroid) 200 g/l, skadelikSamba 200EC, reg L7509, aktiewe bestanddeel: amitraz 200 g/l, skadelikAllbuff, reg L6154, aktiewe bestanddele: organiese buffersisteem en gealkileerde fenoletileenoksied kondensaat, 484,7 g/l, versigtigRegistrasiehouer: ARYSTA LifeScience South Africa (Edms) Bpk, reg no 2004/020524/07, tel no (031) 514-5600Wet 36 van 1947 Versprei deur: Protek, ‘n divisie van PE-BEE Agri (Edms) Bpk, Posbus 72, Heidelberg, 1438, tel no (011) 812-9800 of 0861 PROTEK (0861 77 68 35), www.proteksa.co.za

Alphathrin en Knox Ant

Knox Worm

Samba 200 EC

Terminex 350SC

www.proteksa.co.za

Swamdoders Kunsmis Algdoders

Insekdoders Knaagdierdoders Onkruiddoders

60

dps apr-mei05.indd 60 20/03/2014 15:55:47

Page 61: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

of ’n lae siekteweerstand.

Masels (rubeola)Masels, ’n virussiekte, kom selde voor onder kinders jonger as nege maande.

Simptome: Skielike koors, prikkelbaarheid, ’n loopneus, rooi oë wat traan en ’n hoes wat oor ’n tydperk van drie dae al hoe erger raak. Jong kinders kan ernstige diarree ontwikkel. Later verskyn daar ’n groot aantal klein wit kolletjies op ’n rooi basis aan die binnekant van die wange. Ná ’n koors van drie of vier dae ontstaan daar ’n kollerige rooi uitslag. Die uitslag verskyn eers op die nek en gesig, versprei dan en word oor ’n tydperk van twee tot drie dae geleidelik erger tot dit die grootste deel van die liggaam bedek. Dan eers bedaar die koors en klaar die uitslag op. Soos dit opklaar, kan die vel donkerder raak en effens afdop.

Behandeling: Gee parasetamol om die koors te laat daal, asook baie vloeistof.

Antibiotika is nie nodig nie, behalwe in die geval van komplikasies soos oorinfeksie of longontsteking. Ongeveer vyf dae ná die uitslag verskyn het, is die

kind nie meer aansteeklik nie.

Prognose: Die meeste kinders herstel volkome binne ongeveer tien dae. Masels kan heeltemal deur inentings op nege en agttien maande oud verhoed word.

Moontlike komplikasies: Babas, kinders wat aan wanvoeding ly en dié met chroniese siektes of onderdrukte immuniteit kan verskeie komplikasies kry – ernstige maag- en dermontsteking, kroep, longontsteking of selfs tuberkulose. ’n Seldsame komplikasie is breinontsteking (enkefalitis).

Duitse masels (rubella)Duitse masels kom meestal onder skoolgaande kinders voor. By jonger kinders kan die siekte ongemerk

verbygaan.

Simptome: Koors is nie ’n prominente simptoom nie; die uitslag kan net skielik daar wees, of ná twee dae van sleg voel en ’n seer keel sy verskyning maak. Klein, plat pienk kolletjies verskyn eers op die gesig en versprei dan vinnig na die lyf en ledemate. Die kolle smelt saam en vorm teen die volgende dag ’n rooi area, wat gewoonlik teen die derde dag reeds iets van

die verlede is. Die limfkliere agter die kop en aan die bokant van die nek is vergroot en gevoelig. Andersins is daar nie fout nie. Party kinders, veral tieners, het las van pyn in hul gewrigte.

Behandeling: Die siekte is meestal

behandeling is nodig nie. Die ergste gevaar is gedurende vroeë swangerskap wanneer die fetus ernstig deur die rubellavirus aangetas kan word. Dit is die hoofrede vir roetine-immunisering met ’n driedubbele MMR-vaksien teen masels, pampoentjies en Duitse masels.

Moontlike komplikasies: Seldsame

brein asook bloeding.

Besoek ’n dokter as jou kind maklik kneusplekke kry of as daar rooi kolle op sy vel verskyn.

Erythema infectiosum (‘klap-op-die-wang-siekte’)Hierdie virusinfeksie is meestal glad nie ernstig nie.

Simptome: Daar is ’n ligte koors, gevolg deur ’n uitslag. Dit kom meestal onder skoolgaande kinders voor. Daar is dikwels geen

61

dps apr-mei05.indd 61 20/03/2014 15:55:04

Page 62: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

simptome nie. Die eerste teken is byna altyd baie rooi wange met ’n effense bleekheid om die mond. Dan verskyn daar ’n kollerige, rooi, effens jeukerige uitslag op die liggaam en ledemate. Dit verdwyn oor ’n tydperk van een tot drie weke, maar bly nog ’n ruk op die ledemate. Dit lyk soos ’n kantpatroon wat kan kom en gaan, afhangend van temperatuurveranderinge soos skielike koue weer of ná ’n warm bad.

Partykeer is die aanvanklike koors ernstiger, met hoofpyn of gewrigpyn wat voor die uitslag sy verskyning maak. Gewrigspyne kom soms by ouer kinders en volwassenes voor.

Behandeling: Gewoonlik word geen behandeling vereis nie. Isolasie is nie nodig nie, aangesien dit nie meer aansteeklik is wanneer die uitslag sigbaar word nie. Die virus val ook die selle aan wat rooibloedselle vervaardig. Dit het geen nadelige invloed op kinders wat andersins gesond is nie.

Moontlike komplikasies: Kinders met chroniese bloedtoestande of kanker kan ernstige bloedarmoede ontwikkel.

SkarlakenkoorsSkarlakenkoors word deur sekere vorms van die streptokokkus-bakterie veroorsaak.

Dit kom gewoonlik onder kinders jonger as vier jaar voor.

Simptome: Die kind kla gewoonlik skielik oor ’n seer keel, hoofpyn en maagpyn en het ’n hoë koors. ’n Uitslag verskyn ná twee tot drie dae, eers in die armholtes en lieste en dan oor die liggaam en ledemate. Die velvoue is ’n donkerder rooi. Die wange is rooi en daar is bleekheid om die mond. Die tong is eers met ’n wit lagie bedek en word later aarbeirooi.

Die kliere in die nek is gevoelig en vergroot.

Behandeling: Sonder behandeling verminder die koors ná ongeveer tien dae. Die gesig, lyf en veral die hande en voete dop liggies af. ’n Antibiotikum is noodsaaklik om die besmetting uit te wis, en die eerste keuse is steeds penisillien – per inspuiting, mondeliks, en in ernstige gevalle binneaars. ’n Kind wat allergies vir penisillien is, moet eritromisien ontvang. Parasetamol verlig die keelseer en verminder die koors. Die kind moet van ander kinders weggehou word tot die uitslag verdwyn.

Moontlike komplikasies: Skarlakenkoors kan ’n gevaarlike siekte wees, al word dit deesdae as minder ernstig beskou. Moontlike komplikasies sluit in mangelabses, sinusitis en oorinfeksie, nierontsteking en rumatiekkoors. ’n Seer keel gevolg deur ’n uitslag en ’n tong wat

eers wit en dan aarbeirooi is, is kenmerkend van skarlakenkoors. ’n Kind met skarlakenkoors kan rumatiekkoors ontwikkel.

Klierkoors (aansteeklike mononukleose)Dit kom gewoonlik onder ouer kinders voor – selde onder

kinders jonger as tien.

Simptome: ’n Ernstige keelinfeksie met koors is die algemeenste simptoom. In die meeste gevalle behels dit die algemene vergroting van limfkliere in die nek, armholtes en lieste. Ander moontlike simptome is swelling om die oë, maagpyn (te wyte aan vergroting van die milt en lewer) en geelsug in enkele gevalle. Sowat 10 persent kry ’n kollerige rooi uitslag.

Kinders wat met die antibiotikum ampisillien of een van sy variante behandel is, kry ’n uitgebreide algemene uitslag.

Oorsaak: Die oorsaak is die Epstein-Barr-virus. Hierdie virus veroorsaak slegs nie-ernstige,

jonger kinders – of glad geen simptome nie.

Behandeling: Daar is geen

antibiotika moet nie gegee word nie. Ampisillien moet dus nooit aan ’n kind met ’n seer keel gegee word nie, ingeval die kind dalk klierkoors het.

62

dps apr-mei05.indd 62 20/03/2014 15:55:06

Page 63: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

63

Moontlike komplikasies: Hoewel meestal nie-ernstig en selfbeperkend, is dit ’n onvoorspelbare siekte met ’n aantal moontlike komplikasies. Raadpleeg ’n dokter indien dié toestand vermoed word.

Kawasaki-siekteDit is ’n seldsame, maar gevaarlike siekte wat meestal onder kinders tussen een en agt jaar oud voorkom.

Simptome: Die koors styg skielik en die kind voel siek. Ná twee dae se koors is die oë rooi en die mond, lippe, tong en keel seer. Die nekkliere is dikwels vergroot. ’n Algemene uitslag verskyn (dikwels in die luier-area) en dit kan verskeie vorms aanneem. Opgeswelde rooi hande en voete is kenmerkend. Die kind is ernstig siek en kan verskeie ander simptome hê: diarree en vomering, maagpyn, hoofpyn of ’n stywe nek. Die koors bly sonder behandeling vir vyf tot tien dae hoog en daal dan weer.

Oorsaak: Die oorsaak is nog steeds onbekend, maar daar word aanvaar dat dit ontsteking van die haarbloedvate veroorsaak wat na groter bloedvate, veral binne die hart, kan lei.

Behandeling: Gelukkig is daar

komplikasies kan voorkom en herstel kan bespoedig. Hospitaalopname is noodsaaklik. Om dié rede behoort ouers bewus te wees van hierdie siekte en ’n dokter te ontbied in die geval van enige koorssiekte met dié simptome.

Moontlike komplikasies: Die

van die klein bloedvate wat na die kroonslagare kan versprei. Simptome van hartsiekte kan eers maande of jare later hul verskyning maak. As jou kind siek is en sy voete en hande swel en rooi word, gaan dadelik dokter toe.

Meningokokkus-infeksieDié gevaarlike siekte kan op enige ouderdom toeslaan. Die infeksie kan net in die bloedsomloop teenwoordig wees, of dit

kan vinnig tot breinvliesontsteking (meningitis) lei.

Simptome: As laasgenoemde gebeur, is die simptome koors, hoofpyn, vomering, ’n stywe nek, dikwels stuiptrekkings en verwardheid. In die geval van eersgenoemde is die prentjie minder duidelik – koors, braking, vinnige asemhaling en polsslag en spierpyne. ’n Uitslag begin met ’n paar verspreide rooi kolle enige plek op die liggaam wat vinnig groot en donkerpers word en soos kneusplekke lyk. Dis net met dié uitslag dat die rooi kolle op die vel nie wit word as jy daarop druk nie. In die ergste gevalle tree skok vinnig in – met koue arms en bene, ’n swak polsslag en verspreide kneusplekke. Bloeding van die inwendige organe kan voorkom. Die kind kan binne drie tot vier uur sterf.

Oorsaak: Die oorsaak is ’n bakterie wat meningokokkus of neisseria genoem word, wat in die keel teenwoordig is en net in sekere gevalle infeksie veroorsaak. Party families het vanweë sekere immuniteitsgebreke ’n verlaagde weerstand teen hierdie bakterie.

Behandeling: Hospitaalopname is

noodsaaklik in alle gevalle. As jou kind koorsig is, hoofpyn en ’n stywe nek het en dan ’n uitslag kry wat eers soos rooi speldprikke en later soos kneusings lyk, moet jy dokter toe jaag.

Waterpokkies (varicella)Waterpokkies is ’n algemene siekte. Dit kan op enige ouderdom toeslaan,

maar is veral ernstig by pasgebore babas en dikwels ook by volwassenes.

Simptome: Dié siekte begin met koors en ongemak, en die erns en tydsduur van simptome neem toe by ouer kinders en volwassenes. In baie gevalle is die eerste simptoom ’n jeukerige uitslag in die vorm van ’n reeks kolle wat begin uitstaan en binne ’n paar uur klein, ronde blasies vorm. Kolle verskyn dan op die gesig, kopvel, bolyf en

dps apr-mei05.indd 63 20/03/2014 15:55:07

Page 64: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

ledemate. Ná drie tot vier dae raak die blase vol etter en vorm dan rowe wat uitdroog. Hierdie kolle kan ook in die mond, om die oë of op die geslagsorgane ontwikkel. Die graad kan wissel van ’n paar kolle tot ’n ernstige uitslag wat die hele liggaam bedek. Kolle in verskillende stadiums van ontwikkeling is tipies teenwoordig (rooi kolle, blase en blase vol etter) en daar is byna altyd ’n paar kolle op die kopvel. Die rowe val ná sewe tot veertien dae af. Die kolle raak maklik besmet as daar aan hulle gekrap word. Die virus is baie aansteeklik en word oorgedra deur speekseldruppeltjies, die hande en voorwerpe waaraan geraak is. Die eerste tekens van besmetting verskyn eers meer as twee weke ná kontak, dus is waterpokkies moeilik om uit te roei wanneer dit in ’n skool of hospitaalsaal uitbreek.

Behandeling: Geen behandeling word in nie-ernstige gevalle vereis nie en dit is nie nodig om in die bed te bly nie. Kalamynmelk verlig die gejeuk en droog die blase uit. Vermy aspirien. Behandel besmette kolle met ’n ontsmetmiddeloplossing en, indien ernstig, ’n antibiotikum.

Moontlike komplikasies: Daar kan in uitsonderlike gevalle komplikasies soos longontsteking en breinvliesontsteking intree.

Gordelroos (herpes zoster)Gordelroos is meestal ’n probleem by ouer mense, maar kom tog dikwels onder kinders

voor, veral wanneer hul weerstand teen besmetting laag is.

Simptome: ’n Groep kolle verskyn meteens aan die een kant van die kop of lyf en word dan blase van verskillende groottes wat kan bars en rou plekke laat wat besmet kan raak. By volwassenes en soms by kinders word die uitslag dikwels deur pyn voorafgegaan. Die pyn kan voortduur lank nadat die uitslag reeds verdwyn het. Gordelroos kom meestal op die lyf voor, maar is ernstiger indien dit in die oog-area of oor voorkom.

Oorsaak: Die oorsaak is dieselfde virus wat waterpokkies veroorsaak,

en wat in ’n senuwee sluimer van iemand wat maande of jare tevore waterpokkies gehad het. Die virus beweeg deur ’n senuwee en besmet daardie senuwee se velgebied. Gordelroos kan ook kinders aansteek en waterpokkies veroorsaak.

Behandeling: Die siekte is gewoonlik nie ernstig by kinders nie en parasetamol verlig die pyn. Die helingsproses is stadig en daar kan ’n wit litteken agterbly. Skade aan die kornea en gesigsverlamming is moontlike komplikasies, maar kom selde voor.

Koorsblare (herpes simpleks)Kinders se eerste kennismaking met die “koorsblaarvirus” kan ’n irriterende akute infeksie

van die mond veroorsaak.

Simptome: Dit begin met koors en baie gou verskyn daar pynlike sere oral in die mondholte – in die keel, aan die binnekant van die wange of op die tong. Die seertjies is eintlik klein blasies wat vinnig bars en ’n rou plekkie agterlaat. Die tandvliese word terselfdertyd rooi en opgeswel. Die koors en infeksie kan ’n week of langer duur, en gedurende daardie tyd voel die kind siek en prikkelbaar. Omdat dit seer is om te eet kan voeding daaronder ly. Dis veral kommerwekkend in die geval van kinders wat reeds aan wanvoeding of ander siektes ly. Blase en ander sere kan ook aan die buitekant van die lippe, aan die vingers (as dit baie gesuig word) en selfs op ander plekke verskyn. Ná die besmetting bly die virus vir die res van jou lewe in ’n senuwee in die kop teenwoordig. Dit kan deur enige infeksie soos ’n verkoue geaktiveer word en veroorsaak blasies op die lippe.

Oorsaak: Baie mense is draers van die herpes simpleks-virus, wat uit twee tipes bestaan. Tipe 1 is verantwoordelik vir die meeste mondinfeksies by kinders. Tipe 2 veroorsaak blase op die geslagsdele van tieners en volwassenes en is partykeer seksueel oordraagbaar.

64

dps apr-mei05.indd 64 20/03/2014 15:55:23

Page 65: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

Behandeling: Parasetamol drie keer per dag beheer die pyn en koors. Dit is belangrik dat voeding volgehou word en dat klein, gereelde, neutrale, melkgebaseerde maaltye gegee word. Daar is doeltreffende teen-herpes-middels beskikbaar wat veral aan kinders met chroniese siektes of in moeilike gevalle gegee word.

Moontlike komplikasies: Talle vorms kan baie ernstige algemene infeksies by pasgebore babas veroorsaak. Vroue met genitale herpes het dus spesiale sorg nodig. Herpes simpleks kan ernstige breinontsteking veroorsaak. Kinders met chroniese ekseem kan ’n baie ernstige uitslag ontwikkel indien hulle met herpes simpleks besmet word.

Hand-voet-mond-siekte

Hierdie virussiekte kom meestal in die somermaande voor,

dikwels in die vorm van uitbrake.

Simptome: Daar is min koors en die

eerste teken kan ’n onwilligheid wees om te eet. ’n Paar klein seertjies verskyn op die tong of op ander plekke in die mond.

Kort daarna verskyn daar pêrelagtige blase op die handpalms en voetsole, asook aan die buitekant van die hande

en voete. Alles genees binne ongeveer ’n week.

Behandeling: Dit is ’n ligte infeksie en vereis geen behandeling nie.

Moontlike komplikasies: Hoewel baie uitslagbesmettings nie ernstig is nie, is dit ’n goeie plan om ’n dokter te ontbied wanneer ’n kind ’n uitslag ontwikkel.

65

dps apr-mei05.indd 65 24/03/2014 08:20:23

Page 66: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

6666

Nuus In diens van die gemeenskap

Sedert NTK se beskeie ontstaan in 1909 is die belange van die gemeenskap nog altyd op die hart gedra. Of dit nou is om noodsaaklike voorrade nader aan kommersiële en opkomende boere te bring, of om noodsaaklike onderhoudswerk aan ’n plaaslike skool te doen, NTK het nog altyd sy kant gebring.

Saam met lojale en ondersteunende verskaffers staan NTK sy plek vol in die gemeenskappe waarbinne besigheid gedoen word. ’n Sprekende voorbeeld hiervan is die skenking wat NTK Vaalwater en verskaffer Prodist onlangs aan die plaaslike SAPD op Vaalwater gemaak het. Samuel Jacobs, takbestuurder van Vaalwater-handelstak, het die behoefte aan ordentlike soekligte tydens polisiepatrollies raakgesien en iets daaromtrent gedoen. Hy het met Christo Dames van Prodist in verbinding getree en die bal is aan die rol gesit.

Die aanvanklike versoek was vir twee soekligte maar Prodist het dit goedgedink om vyf te skenk. Dit sal beslis die taak van die polisie in Vaalwater aansienlik vergemaklik.

Tydens die oorhandiging van die soekligte het die SAPD ongelukkig ’n krisis gehad om te hanteer maar is die soekligte aan NTK se eie stoorbestuurder, John Matshega, oorhandig. John is ’n polisiereservis wat tydens nagtelike rondtes seker maak dat alles in Vaalwater, en beslis ook by NTK, rustig is. Op sy beurt het John die soekligte aan die bevelvoerder van die SAPD op Vaalwater gegee. Die volgende skrywe is van hom ontvang:

“The SAPS always appreciates the involvement of our community in the battle against crime prevention.

a battle already lost. With this said, we would like to

thank the NTK Vaalwater and Prodist for their donation

and surroundings greatly and also the community of Vaalwater.

“We would like to thank Mr Samuel Jacobs as manager of NTK Vaalwater, Mr Christo Dames of Prodist and Mr John Matshega as both store manager of NTK and a

Vaalwater for this wonderful gesture. It is wonderful to be part of a community where we are still committed to serve and protect.

Signed by Station Commander Vaalwater SAPS, Captain K.W. Mpete”

Nog langdienstoekennings gemaak

’n Paar maande gelede is NTKners bedank wat reeds vele jare in diens van NTK is. Amanda van Niekerk (Skakelbord) en Hannelie Thompson (Graan) was destyds met verlof en het dus nie hulle erkenning ontvang nie. Tienie Ras het tydens die Kersfunksie van

hulle te oorhandig.

Hannelie het 30 jaar diens en Amanda 20 jaar. Baie geluk aan hierdie twee staatmakerdames.

John Matshega, stoorbestuurder van Vaalwater en SAPD-reservis, neem die soekligte in ontvangs van Christo Dames van Prodist wat aan die plaaslike SAPD geskenk is met takbestuurder Samuel Jacobs wat die skenking gekoördineer het.

Amanda van Niekerk ontvang haar 20-jaar-

aan haar.

dps apr-mei05.indd 66 24/03/2014 08:35:08

Page 67: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

67

NTK groet staatmaker Elias Manare

1974: Die jaar wat Elias Manare by NTK begin werk het. Hy het NTK einde 2013 gegroet. Elias en NTK was goed vir mekaar.

Elias sê hy was nog ’n jong man toe hy in 1974 by NTK begin werk het. Hy het R15 per maand verdien maar dit was genoeg om van te lewe. NTK was toe by die sylyn en daar het hy sakke mielies gedra en gepak. 70 kg sakke is gestapel tot teen die hemel. Toe was daar geen silo nie en alles is in sakke gelewer.

Sedert die eerste opmetings vir die silo op Nylstroom gemaak is, was Elias daar. Hy het die silo in bykans twee jaar sien verrys. Sedert 2000 was dit stiller wat graanlewerings betref en personeel is verminder. Elias het egter gebly want vanuit die staanspoor was hy ’n staatmaker.

Elias is met die sleutel van die silo en die kluis toevertrou en het al die geldsake hanteer. Nooit was daar ’n sent wat weg was nie want hy was trots op die gehalte werk wat hy gelewer het. Hy het ook ’n lappie grond en ’n huis op Marken met 15 beeste en ’n bakkie waarmee hy nou gaan boer. Hy gaan wel rus maar die boerdery gaan hom darem nog besig hou. Hy is ook beskikbaar om NTK te enige tyd uit te help sou sy dienste benodig word.

Buiten sy jare diens in NTK is hy ook ’n predikant van die ZCC kerk en loop hy ’n reguit paadjie in die lewe. Vra mens hom hoe hy so goed oud word, kom sy antwoord: hy rook nie en hy drink nie en hy het net een vrou.

Elias is beslis ’n prysenswaardige voorbeeld vir ons almal. Hy word die beste toegewens vir die toekoms. Dankie vir alles wat jy vir NTK gedoen het, Elias.

Colin Maphaha now part of NTK

Three years ago Colin Maphaha was appointed as trainee internal auditor at VKB in Reitz where he worked

Polokwane in the beginning of 2014. Now he is working much closer to home.

Colin was born and raised in Limpopo. He did his B Com Accounting degree at the University of Venda and soon after completing his studies, he got the job at VKB.

This 26 year old man is still single and is very fond of his family. That is why he is pleased to be closer to home. He works with Joyce and is still learning the business of NTK, especially regarding maize meal trading.

Eintlik is Colin ook gemaklik in Afrikaans aangesien hy die taal vinnig in Reitz aangeleer het. Hy wil sy Afrikaans verbeter om so met almal in NTK te kan kommunikeer.

Colin likes playing chess, watching TV but mostly reading up on news happenings in South Africa and overseas as well as articles of value to his career. He wants to build a career in NTK and will work hard to achieve his goals.

with NTK.

Pieter Strydom sluit aan by Besproeiing Polokwane

Baie van NTK se klante sal Pieter Strydom onthou aangesien hy vir nege jaar vir NTK gewerk voor hy by Partrite aangesluit het. Na drie jaar is Pieter weer terug by NTK en wel by Besproeiing Polokwane.

Pieter het in 2001 by NTK begin werk. Die eerste vier jaar was hy by Nylstroom-handelstak en die daaropvolgende vyf jaar by Besproeiing waar hy by Lammie Henn meer oor die bedryf geleer het. By Partrite was hy nie net met besproeiing gemoeid nie hoewel dit ’n belangrike komponent van sy portefeulje was. Hy sê dit het aan hom ’n wye blik op die totale bedryf gegee.

Hoewel daar ’n kantoor vir Pieter in die streekskantore

Elias Manare

Colin Maphaha

NTK Thabazimbi open binnekort Warmbadweg 34

Thabazimbi Skakel Liezl Britz vir enige navrae

Tel.: +27 14 719 9030

dps apr-mei05.indd 67 24/03/2014 08:35:10

Page 68: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

6868

is, sal hy meeste van sy tyd óf by die boere óf in die tak deurbring. Sy tegniese kennis van besproeiing sal tot voordeel van die tak, en dus die hele NTK aangebied word. Hy sal ook aan ander takke in die Noordstreek bystand verleen rakende besproeiingsaangeleenthede.

Pietersburg gaan van krag tot krag

2013 was ’n groot jaar vir Pietersburg. Die terrein is geplavei wat ’n groot verbetering gebring het. Nie net het dit gerief vir die klante verseker nie; dit het ook die stofprobleem opgelos.

Verder het Meelhandel ook deel geword van die opset met die skuif na die terrein. Dit het verkope van meel, hoenders en diverse produkte opgestoot omdat dit so maklik beskikbaar geword het.

Die jongste verbetering by Pietersburg is die skuif van die deur wat toegang vanuit die straatfront bied, na die middel van die winkel. Sekuriteit is daardeur verhoog en produktiwiteit het verbeter. Mense wat agter parkeer het, wou nie by die voorste kassiere betaal nie. Nou is alles bymekaar en die kassiere is almal ewe produktief.

NTK Tzaneen betrokke by plaaslike skole

Frikkie van Vuuren, takbestuurder van NTK Tzaneen, laat nie gras onder sy voete groei nie. Hy doen die ding! En wat kan nou beter vir besigheid wees as om jou klante se kinders te betrek. Nie net is dit goed vir besigheid

nie, maar NTK maak ’n verskil in die gemeenskap – die einste gemeenskap wat hom ondersteun.

Hoërskool Merensky

Die eetsaal van Hoërskool Merensky was in ’n baie slegte toestand, maar Frikkie het gesien dat verf aan mure en plafonne reeds ’n reuse verskil sou maak. En met die nodige toestemming het hy dit ’n ‘make over’ gegee. Die

kind wat dit gebruik sal NTK se aandeel daarin raaksien en waardeer. Frikkie sê so baie van sy boere se kinders is in die koshuis en hy het al vele oproepe ontvang van boere en ander klante wat hul dank en waardering teenoor NTK uitspreek – om nie eers van die skool self te praat nie!

Laerskool Tzaneen

Tzaneen se handelstak was ook betrokke by die Laerskool se atletiekdag en het pryse gegee aan elke deelnemer wat ’n plek gekry het tydens die byeenkoms.

Daar was ’n klomp lekker pryse op die spel en die kinders was baie opgewonde daaroor. Elke prys was natuurlik gekenmerk deur NTK se logo wat reklame vir die tak beteken. Dit was ’n pretdag vir oud en jonk – selfs vir die NTKners wat teenwoordig was.

NTK Tzaneen se gemeenskapsbetrokkenheid gaan nie ongesiens verby nie en het beslis ’n positiewe invloed op NTK se beeld na buite.

Pieter Strydom

Bestuurspan: Christelle, Fanie, Theuns, Kitty en Manie

Frikkie en Ruan van NTK Tzaneen voor Merensky

Medaljes en pryse vir die laerskool-atletiekwenners

dps apr-mei05.indd 68 24/03/2014 08:35:15

Page 69: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

6969

Gerrit Steyn (direkteur, VKB), Kamohelo Letawana (hoofseun van Hoërskool Dirkie Uys), Anushka

Cloete (hoofmeisie van Hoërskool Dirkie Uys) en Neels Meiring (takbestuurder van VKB Warden-

handelstak)

VKB se bord by Hoërskool Dirkie Uys word onthul

Met die eeufeesviering van Warden en ook die Hoërskool Dirkie Uys het die skool heelwat opknapping nodig gehad. VKB, wat drie groot bedryfspunte in die dorp het, het goedgunstiglik as borg vir die opknapping van die skool bygedra. Hierdie bord is by die skool aangebring en onthul deur mnr. Neels Meiring, takbestuurder van VKB Handelstak. Deur

“VKB-kinders” deur Dirkie Uys geskool om hul plek in die lewe vol te staan. Daar is tans nog voormalige Dirkie Uys-leerlinge in VKB se hoofkantoor werksaam, asook by die takke op verskeie dorpe. Dit is voorwaar ’n VKB-bord wat met trots vertoon gaan word, by ’n skool wat sy merk gemaak het in baie mense se lewe!

‘n Nuwe graanbuis wat agtduisend ton graan kan stoor, is een van die nuwe toevoegings tot VKB se graansilo’s by Vrede.

Die buise word toegerus met deurligtingskanale en ‘n

vragmotors. Die put kan tot 200 t/uur graan inneem.

Daarmee saam is die innametempo van die bestaande hoppers ook met ‘n addisionele innameband verhoog. Saam met die verandering in die toegangspad sowel as die addisionele weegbrug wat reeds opgerig is, sal die verkeer tydens lewering baie verbeter.

Hoewel die oprigting van die nuwe silobuis weens

reëndae agter is, word steeds gepoog om teen einde Junie graan daarin te ontvang.

By Daniëlsrus-silo’s is die innamestelsel ook met ‘n addisionele innameband verhoog en is daar ook reeds begin om ‘n tydelike bunker wat ‘n addisionele 10 000 ton mielies kan hou, op te rig. Drie nuwe siwwe word ook vir die silo beplan en behoort die probleme met die verwydering van giftige sade uit te sorteer.

‘n Permanente graanstoor met ‘n kapasiteit van 15 000 ton word tans op Villiers opgerig met die oogmerk om droë graan te stoor. Die stoor het ook alternatiewe aanwendingsmoontlikhede, soos om sojameel en ander produkte te berg. Die projek sal einde Junie afgehandel wees. ‘n Graanskoonmaker met ‘n baie hoë sifkapasiteit word ook by hierdie silo geïnstalleer en moet teen einde Maart reeds in werking en gereed wees vir die sojaboonontvangste.

Maart 2014 Kansa Relay for Life

Ter ondersteuning van die Kansa Relay for Life het werknemers van VKB drie spanne ingeskryf – die IT-span, die Finansiering-span en ook die Handelstak/Meganisasiespan. Vieruur die Saterdagmiddag het die spanne bymekaargekom, die stalletjies met verversings (waar mense ook donasies kon maak) oopgemaak en toe reggestaan vir die luminario-seremonie waar 2 000 sakkies met brandende kerse ’n blywende indruk op almal gemaak het.

Tot die volgende oggend sesuur het die lede van die spanne mekaar afgelos en om die Reitz rugbybaan gestap om geld in te samel ter ondersteuning van kankerpasiënte.

Nuus

dps apr-mei05.indd 69 24/03/2014 08:35:16

Page 70: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

70

Op Donderdag 13 Maart het die Rietpan-kruising behoorlik gegons toe ongeveer 280 produsente Sonop Boerevereniging se jaarlikse Oesdag bygewoon het.

In samewerking met insetverskaffers se produkte, plant Sonop-lede jaarliks hul proefperseel met verskillende mieliekultivars en gebruik ook verskeie kunsmismaatskappye se produkte. Tydens die plantproses word die huidige bewerkingsmetodes soos ploeg, rip, “strip-till” en “no-till” ook uitgevoer. Daar word ook met verskillende sojaboonkultivars geëksperimenteer.

In sy voorsitterstoespraak het Bernard Meyer beklemtoon dat die proewe geplant is soos dit op elke plaas gedoen word. Die proewe was

onderworpe aan dieselfde toestande en reënval soos wat die seisoen in die omgewing verloop het.

gasspreker van die Oesdag. Hy het vir die produsente lig gewerp op tendense en vooruitsigte in die wêreldekonomie. Kobus van Heerden van VKB, hoofborg van Sonop se Oesdag, het die toesprake afgesluit deur aan die boere uit te lig hoe die verbruikerspatroon verander het en wat die beraamde vooruitsigte van insetkostes gaan wees ten opsigte van brandstof, kunsmis en chemikalieë. Kobus het die wisseltrofee aan Jan Snyman oorhandig, wat met PHI 32H56 en ’n verwagte 9,41 ton opbrengs die kompetisie gewen het. In die tweede plek was Johan Kotze en die derde plek het gegaan aan Nelus Bosman. Beamptes van TWK het die opbrengsbepalings vir die kompetisie gedoen.

Kobus van Heerden (regs) oorhandig die trofee aan Jan Snyman vir sy mielies met ’n PHI 32H56

teen ‘n geskatte 9,41ton wat van hom die wenner gemaak het.

En so lyk die wenners van die mieliekompetisie! Hulle is (van links) Nelus Bosman (derde), Jan Snyman (wenner) en Johan Kotze (tweede).

500

430

360

250

140

70

10

80 000.00

Ondersteun NOU...Vrystaat landbou se veiligheidsfonds Ondersteun Vrystaat-landbouveiligheidsfonds

en jy staan die kans of kanse om ’n week vakansie ter waarde van R15 000 by Villa Candilabra by die Kruger-wildtuin te wen.

Ontbyt en aandetes ingesluit. Prys sluit twee volwassenes in. Spesiale korting indien jy

vriende wil saamneem.

Ontspan volkome in absolute vier-ster-weelde by Villa Candilabra waar

jy kan kies tussen bed-en-ontbyt of ‘n selfsorgeenheid in die Villa Too-gastehuis.

In die luuksheid van uitstekende akkommodasie in Komatipoort waar jy oor die wêreldberoemde Kruger- nasionale wildtuin uitkyk, sorg Villa Candilabra dat uitvoerende sakemanne, voetseer reisigers en deurwinterde toeriste die Laeveld in al sy skoonheid kan ervaar.

Die Mosambiekse kuslyn en Swaziland is slegs ‘n uur se ry van hier af, en die Krokodilbrug-ingang na die wildtuin is net 12 km weg. Dit maak Villa Candilabra die ideale blyplek vir ‘n uitgebreide ruskansie.

Vir meer besonderhede skakel 013 793 7463, 082 464 6550/1 of stuur ‘n faks na 086 550 0579 of ‘n e-pos na [email protected].

Hoe om deel te neem: Betaal (veelvoude van R100) in VKB, Standardbank, Takkode 05-57-33 Rekeningnommer 04 227 6659.

NB: Jou verwysing moet wees VF, dan jou selfoon- of landlynnommerbyvoorbeeld: VF0833036117

kontant nie. Inskrywings sluit 20 Mei 2014. Die wenner sal getrek word by ons jaarlikse Vrystaat-landbouveiligheidsfonds-gholfdag op 23 Mei 2014

SLEGS R100 VIR

WEEK LANGE

VAKANSIE TER

WAARDE VAN

R15 000!

Vir elke R100 wat jy

deponeer, staan jy

een kans.

t i i dd 1 24/03/2014 08 32 35

NuusSonop-oesdag sorg vir groot opwinding

dps apr-mei05.indd 70 24/03/2014 08:35:21

Page 71: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

71

dps apr-mei05.indd 71 20/03/2014 15:55:59

Page 72: DIE Pad Saam - vkb.co.za · 2 Ons weet dat die risiko’s en toekoms van jou plaas elke dag op jou skouers rus. Daarom volg ons ’n diepgaande, wetenskaplike benadering om al die

72

SA SE BESTE 8-TON-VALKANTVRAGMOTOR-AANBOD!teen slegs

R355 000GRATIS DIENSPLAN VIR EEN JAAR/60 000 KM

OM GEBRUIK TE MAAK VAN HIERDIE BEPERKTE TYD-AANBOD kontakWillie by 083 656 4577 of [email protected]

Oorspronklike kleinhandelprys toekajuit R379 000 NOU R317 000 uitgesl.R355 000 sonder BTW, R404 700 met BTWSukses op pad

> 2 JAAR/ONBEPERKTE KM FABRIEKSWAARBORG> 24-UUR-AA-PADBYSTAND> ABS-REMME, LUGVERKOELING

dps apr-mei05.indd 72 20/03/2014 15:56:02