JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! - NGK ONRUSRIVIER · 2017. 8. 11. · “Here, gebruik my, stuur my,...

8
VANOGGEND SE EREDIENS DS MICHIEL DE KOCK (FILIP. 2V.5 -11) WOORDE WEK LIEFDE TREK Ons gaan vandag verder met ons oorhoofse tema van: “Hier is ek, stuur my, Here”. Verlede Sondag het ons begin met die wete dat God ons as gemeente na mekaar toe stuur. Jesus het nie verniet aan Sy binnekring van dissipels gesê dat wanneer die wêreld sien hoe lief hullle mekaar het sal die mense weet dat hulle Sy dissipels is. Dit wat ons aan ander voorhou moet ons eie leefwyse wees. Vanuit hierdie liefde stuur die Heilige Gees ons na almal om ons. Die gemeenskap waarin ons leef smag daarna om liefgehê te word. Smag na waardes soos integriteit, waarheid, eerlik- heid, onvoorwaardelike liefde, menswdaardigheid en Hoop. As kind van God is jy en ek God se man of vrou deur wie HY dit wil wys. God se helder lig wanneer jy besluite neem, in vergaderings sit, keuses maak wat ander mense ook raak. God se fontein van lewende water en hoop wanneer daar vandag iemand sonder hoop op jou pad kom. God se hande en voete en Sy mond wanneer ongeregtigheid aangespreek moet word. God se helder denke en wysheid wanneer mense mekaar negatief beïnvloed. God se bron van liefde wan- neer vrees mense van mekaar af wil wegdryf. Is jy nou bereid om te sê: “Here, gebruik my, stuur my, leef deur my?” Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles H ARTKLOP TEKS VIR SON 20 AUG DS WHY DUVENHAGE JOHANNES 17:13-26 Hoe verstaan ons Gods se “omgee-hart” vir die wêreld? Hoe word dit ook ons hart? Ons teks: “Soos U my na die wêreld toe gestuur het, het ek hulle ook na die wêreld gestuur”. Watter ooreen- komste is daar tussen Jesus se gestuurdheid en ons (dissipels) s’n? Watter rol speel gebed in sending/uitreik? Waarvoor bid Jesus (Joh 17:20-21) AANDDIENS VANAAND @ 18:00 Ons gaan voort met die reeks: NEHEMIA HERBOU DIE MUUR. U is almal baie welkom om saam te kom sing, luister, lag, leer en leef! 13 AUGUSTUS 2017 HARTLIK WELKOM! Augustus is tradisioneel Sendingmaand en Sendingmaand kan voorgestel word as „n oseaan wat rustig voorkom. Dan kom daar ‟n sterk wind en die wind maak rimpels en die rimpels maak golwe en die golwe maak groot branders wat breek. As die Here se Gees (soos met Pinkster) die kerk in beweging bring, verdwyn die rustigheid en kom daar golwe en branders wat uitwaarts beweeg. „n Gees vervulde gemeente maak rimpels, golwe en branders en dit brei uit na buite. „n Gooie Voorbeeld: Dit word vertel dat „n enjindrywer in die diens van die groot prediker Spurgeon tot bekering gekom het. Die masjinis gaan meld hom aan as „n sendelinge. Die Here kan hom maar uitstuur en hy sal gaan waarheen die Here hom ook al sal stuur. Spurgeon stop hom: “Dis reg. Jy moet uitreik en gaan vertel, maar sê vir my – jou stoker? Is jou stoker, die man wat dag vir dag saam met jou in die lokomotief staan, „n kind van die Here?‟” Die masjinis sê: “Nee, my stoker is nie „n kind van die Here nie”. Toe kom Spurgeon se wyse woorde: “Gaan getuig eers teenoor jou stoker en lei hom eers na die Here. Dan kan jy verder uitreik”. Sending is „n uitreik wat by jou begin en van jou af verder na ander en nog ander uitreik. Sterkte! Wees LIG! DEURKOLLEKTE VANOGGEND Spes. Koll. Indië Sending Baie dankie vir u volgehoue gebede en ondersteuning.

Transcript of JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! - NGK ONRUSRIVIER · 2017. 8. 11. · “Here, gebruik my, stuur my,...

Page 1: JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! - NGK ONRUSRIVIER · 2017. 8. 11. · “Here, gebruik my, stuur my, leef deur my?” Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles

VANOGGEND SE EREDIENS DS MICHIEL DE KOCK

(FILIP. 2V.5 -11) WOORDE WEK LIEFDE TREK

Ons gaan vandag verder met ons oorhoofse tema van: “Hier is ek, stuur my, Here”.

Verlede Sondag het ons begin met die wete dat God ons as gemeente na mekaar toe

stuur. Jesus het nie verniet aan Sy binnekring van dissipels gesê dat wanneer die

wêreld sien hoe lief hullle mekaar het sal die mense weet dat hulle Sy dissipels is.

Dit wat ons aan ander voorhou moet ons eie leefwyse wees. Vanuit hierdie liefde

stuur die Heilige Gees ons na almal om ons. Die gemeenskap waarin ons leef smag

daarna om liefgehê te word. Smag na waardes soos integriteit, waarheid, eerlik-

heid, onvoorwaardelike liefde, menswdaardigheid en Hoop. As kind van God is jy

en ek God se man of vrou deur wie HY dit wil wys. God se helder lig wanneer jy

besluite neem, in vergaderings sit, keuses maak wat ander mense ook raak.

God se fontein van lewende water en hoop wanneer daar vandag iemand

sonder hoop op jou pad kom. God se hande en voete en Sy mond wanneer

ongeregtigheid aangespreek moet word. God se helder denke en wysheid

wanneer mense mekaar negatief beïnvloed. God se bron van liefde wan-

neer vrees mense van mekaar af wil wegdryf.

Is jy nou bereid om te sê:

“Here, gebruik my, stuur my, leef deur my?”

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

HARTKLOP TEKS VIR SON 20 AUG

DS WHY DUVENHAGE

JOHANNES 17:13-26

Hoe verstaan ons Gods se

“omgee-hart” vir die wêreld?

Hoe word dit ook ons hart?

Ons teks: “Soos U my na die

wêreld toe gestuur het, het

ek hulle ook na die wêreld

gestuur”. Watter ooreen-

komste is daar tussen Jesus

se gestuurdheid en ons

(dissipels) s’n?

Watter rol speel gebed in

sending/uitreik? Waarvoor

bid Jesus (Joh 17:20-21)

AANDDIENS

VANAAND

@ 18:00 Ons gaan voort

met die reeks:

NEHEMIA HERBOU

DIE MUUR. U is almal baie

welkom om saam te kom sing,

luister, lag, leer en leef!

13 AUGUSTUS 2017

HARTLIK WELKOM! Augustus is tradisioneel Sendingmaand en Sendingmaand kan voorgestel word as „n

oseaan wat rustig voorkom. Dan kom daar ‟n sterk wind en die wind maak rimpels en

die rimpels maak golwe en die golwe maak groot branders wat breek.

As die Here se Gees (soos met Pinkster) die kerk in beweging bring, verdwyn die

rustigheid en kom daar golwe en branders wat uitwaarts beweeg. „n Gees vervulde

gemeente maak rimpels, golwe en branders en dit brei uit na buite.

„n Gooie Voorbeeld:

Dit word vertel dat „n enjindrywer in die diens van die groot prediker Spurgeon tot

bekering gekom het. Die masjinis gaan meld hom aan as „n sendelinge. Die Here kan

hom maar uitstuur en hy sal gaan waarheen die Here hom ook al sal stuur.

Spurgeon stop hom: “Dis reg. Jy moet uitreik en gaan vertel, maar sê vir my – jou

stoker? Is jou stoker, die man wat dag vir dag saam met jou in die lokomotief

staan, „n kind van die Here?‟”

Die masjinis sê: “Nee, my stoker is nie „n kind van die Here nie”.

Toe kom Spurgeon se wyse woorde: “Gaan getuig eers teenoor jou stoker en lei

hom eers na die Here. Dan kan jy verder uitreik”.

Sending is „n uitreik wat by jou begin en van jou af verder na ander en nog ander

uitreik.

Sterkte!

Wees

LIG!

DEURKOLLEKTE VANOGGEND

Spes. Koll. Indië Sending

Baie dankie vir u volgehoue

gebede en ondersteuning.

Page 2: JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! - NGK ONRUSRIVIER · 2017. 8. 11. · “Here, gebruik my, stuur my, leef deur my?” Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles

DINSDAG 15 AUGUSTUS SOPKOMBUIS

WOENSDAG 16 AUGUSTUS 11:00 - 13:00 KLEREKAS 18:00 BYBELSKOOL BY NG HERMANUS Ons heropen vandag. Dr. Johan van Schalkwyk sal vir ons open en die psalms voorlees. Navrae: Clifford Heys by 028 316 4895.

DONDERDAG 17 AUGUSTUS 09:00 BYBELSKOOL BY NG ONRUSRIVIER

SONDAG 20 AUGUSTUS 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die Leraar aan diens en die gemeente. Kom bid asb saam!

WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 14)

09:00 EREDIENS Ds Why Duvenhage gaan voor. Welkom! Vandag het ons ook die geleentheid om weer ons GBO (Geloofbelofte-offer) te maak aan die Here.

18:00 AANDDIENS Ons nooi veral alle tieners en hul ouers!

WAARNA KAN ONS UITSIEN? “FLIGHT FOR BIRDERS” BIRD IDENTIFICATION & CONSERVATION COURSE 26 & 27 AUGUST 2017 For novice and experienced birdwatchers. Venue: Fernkloof Hall Cost: R550pp Register with Elaine at 082 455 8402 or [email protected]

AUGUSTUS IS SENDINGMAAND

In Augustus vier ons Sending en word die Geloofsbelofte-

offer heringestel in ons gemeente wat Ds Why Duvenhage sal

waarneem. Onrusgemeente ondersteun tans die onderstaande

sendelinge finansieël, deur gebed en persoonlike

belangstelling. Maandeliks word „n bedrag van R40250 aan

hulle gestuur sodat hulle namens ons die Evangelie kan bring

aan so baie wat nog nie van Jesus se verlossingswerk gehoor

het nie. Onrusgemeente se sendelinge is:

FRANKRYK: Johan en Rita Bloemhof

INDIË: Rahul en Lorette Jaguasi in Varanasi

ZIMBABWE: Ds Gerhard Breytenbach van Cava

TRANSKEI: Christo en Delesté Wooding

MOSAMBIEK: Geletterdheid - Ruvuma Skool

PLAASLIK: Chookie Naude, Brine Nofotyo,

Ntandazo Mbali, Lubabalo Gecwa en Gladys Cryer

Op Sondag 20 Augustus gaan almal in ons gemeente weer die

geleentheid hê om „n Geloofsoffer-brief te voltooi waarin ons

belowe om „n maandelikse of jaarlikse bedrag geld te gee

spesifiek vir hierdie sendelinge. Hierdie brief is anoniem.

Op „n 2de brief is u welkom om u inligting te verskaf indien u

van die sendelinge se terugvoer, briewe en foto‟s wil ontvang.

WAT IS GBO?

Geloofsoffers is om te glo dat God se voorraad onuitputlik is

en dat Hy vir wêreldsending wil voorsien deur Sy gehoorsame

kinders. So, wanneer ons gee, gee ons uit God se onuitputlike

bron omdat alles wat ons het, uit Sy hand kom. Om „n

geloofsoffer te maak is derhalwe „n risiko en ons moet weet

dat dit van die begin af vir ons iets gaan kos.

Kortom: Dit is om te gee, dit wat ek nog nie ontvang het nie.

DAAROM vra ons dat u nou reeds stil

word voor God en luister wat die bedrag

is wat u moontlik moet neerskryf. Dit is

„n bedrag waarvoor u HOM gaan vertrou.

Mag hierdie tyd van stilword en luister vir

u elkeen tot groot seën wees.

“STUUR MY” KUNSUITSTALLINGS

IN DIE VOORPORTAAL & MAALRUIMTE

Kom kyk gerus na die pragtige uitbeeldings van

Sendingmaand se “Stuur my” tema.

Baie dankie aan elke kunstenaars wat hulle

kreatiwiteit met ons kom deel het.

GRIEFSHARE REEKS

WEER AANGEBIED

DEUR DS MICHIEL

BEGIN 22 AUG

Ervaar u die pyn van verlies van ‘n geliefde? Dan nooi ons u graag na die volgende GRIEFSHARE reeks. Dit word by die NG Gemeente Onrusrivier aangebied.

Hoe gereeld: Een maal per week vir 13 weke Tydsduur: Ongeveer ‘n uur en ‘n half Hoe laat: 18h00 (Dienssentrum sitkamer) Koste: Slegs R120 vir lesingsmateriaal

Elke week kyk die groep die reeks op ‘n DVD. Die GriefShare reeks dek onderwerpe wat nodig is vir u pad na genesing. Die DVD’s is gemaak deur kundiges en daar is gesprekke met persone wat self daardeur gegaan het. U sal waarskynlik bietjie gespanne voel die eerste keer wat u dit bywoon. Maar wees gerus dat dit baie gou sal verdwyn wanneer u tussen mense kom wat ook dieselfde paadjie stap.

BESPREEK ASB BY

HANNA BY DIE

KERKKANTOOR.

Page 3: JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! - NGK ONRUSRIVIER · 2017. 8. 11. · “Here, gebruik my, stuur my, leef deur my?” Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles

GEBED VIR NOOD EN SIEKTE Daarom kniel ek in gebed voor die Vader aan wie die hele gemeenskap van gelowiges in die hemel

en op die aarde sy bestaan te danke het. Ek bid dat HY deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.

WEEK 14-20 AUG

MAANDAG 14 AUG

Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en

diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid en dink, aan Hom kom die eer toe.

DINSDAG 15 AUG

Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging

gebid moet word vir alle mense, vir die wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ʼn rustige en stil lewe kan lei in die volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid. So is dit goed en aanneemlik vir God ons Verlosser, wat wil he dat alle mense gered word.

WOENSDAG 16 AUG

Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die

mens Christus Jesus wat Homself as ʼn lofprys vir almal gegee het. Dit was die bestemde tyd die bewys van die bedoeling van God. Ons Here oorlaai ons met sy genade en met geloof en liefde wat ons deel is in Christus Jesus.

DONDERDAG 17 AUG

GEBED

GEBEDSVERSOEKE Karin de Bruin

084 305 2086

NOODKETTING

Sheila du Toit 082 895 9479

CHEMO / BESTRALING / BEHANDELING

Nonnie Blignaut, Piet Haumann,

Amanda Symington, Marietjie Pietersen,

Sumien Warwick, Jakes Jacobs se kleinseun,

Hoepie Howell, Willie Slabbert, Mariska Wage-

naar, Chantelle Theron, Krappies Carstens

Sakkie du Toit (Sandbaai)

HOSPITAAL: Claude van Aswegen

Johan Koekemoer (Fisherhaven), Leana Court

AANSTERK NA OPERASIES / SIEKTES

Tertius Warmenhoven, Theo Pegel, Marius vd

Watt, Johan Acker, Suzette van Zijl,

Antoinette Wiggens, Francois Goosen,

Koba Vorster, Eddie Dry, Alta van Helsdingen,

Wilhelm Barry

SIEKEBOEG / SORGEENHEID / VERSWAK

Boma vd Westhuizen, Jannie vd Westhuizen,

Hester Bekker & kinders, Sarie van Staden,

Ester Nortje, Sid & Ems Viljoen, Willie Smit

ONS BID VIR: Hanlie Chambers – wag op

Lewer oorplanting - sy is tans baie swak.

(Hanlie is Ina & Rassie Erasmus se dogter)

SPESIALE GEBED

Ons bid hierdie week vir mense wat alleen is.

Ons sien hulle nie altyd raak nie en baie maklik

val hulle tussen die “krakies” deur. Ons bid dat

die Groot Versorger elkeen sal toevou in Sy

groot liefde en vrede in hul hart sal bring. Ons

bid dat mense rondom hulle, hulle sal raaksien

en verby die “mure” sal kyk en uitreik na hulle.

Dankie Here dat ons weet U sien almal raak.

Volhard in die gebed! Wees daarby waaksaam en dankbaar en bid tegelykertyd ook vir ons. Bid dat

God vir ons ʼn deur vir die woord oopmaak sodat ons die geheimenis van Christus kan verkondig waarvoor ek hier gevange sit. Bid dat ek dit duidelik sal verkondig soos dit my opgelê is. Here wees saam met elkeen van ons Sendelinge en hulle huisgesinne. Ons bid vir hulle veiligheid.

VRYDAG 18 AUG

ORGAANSKENKERS Ons bid gereeld vir lidmate en vriende wat

wag op „n skenking. By die kerkkantoor is

pamflette met inligting sou u belangstel om

„n orgaanskenker te word. U kan ook skakel:

0800 22 66 11, of raadpleeg die

tuisblad: www.odf.org.za.

Dankie, maar skenk steeds u gebede!

Clifford vir navrae.

VOSBURG UITREIK 24 - 27 AUG 2017

Elf jong volwassenes (manne) het die geleentheid

om besoek in Vosburg te gaan aflê. Daar gaan ons

eerstens alleen tyd in die Karoo lug saam met God spandeer en stil

word in Sy teenwoordigheid. Ons gaan saam droom oor die hede

en die toekoms van Onrusgemeente se bedienings (en hoe ons deel

kan vorm daarvan) en bande versterk met NG Kerk in Vosburg -

wie ons alreeds deur middel van die Voedselfees finansieël onder-

steun. Ons gaan ook „n projek rondom die herstel van „n VGK sen-

trum in die minderbevoorregte area daar aanpak.

BID ASB VIR:

Ds Anton, Nico, Quentin, Eddy, Richard, Wessie, John,

Pieter, Enrico, Andries en Francois. Ons bid vir „n veilige

reis en dat goeie vriendskapsbande nog meer tussen hulle

gebou word en vir die Heilige Gees se influistering.

Ons bid vir goeie verhoudinge tussen die twee gemeentes

en dat God dit sal seën en uitbou tot Sy verheerliking.

Ons bid ook vir die leraar en leiers van Vosburggemeente.

Page 4: JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! - NGK ONRUSRIVIER · 2017. 8. 11. · “Here, gebruik my, stuur my, leef deur my?” Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles

10h00 - 12h00 HAARKAPPER: Kontak Ester 081 453 8130. 09H30 KLERE VERSTEL deur Rita Ferreira 028 316 2981.

KLINIEK 10h00 – 12h00: Kontak vir sr. Calitz by 073 152 5623 (Maandag - Vrydag: 08h00 - 13h00) en maak 'n afspraak. Indien u 'n versorger (iemand om na u of u geliefde of u moeder en vader om te sien/ of iemand wat u kan help met hantering van u en u huishouding) benodig kontak asb vir sr. Calitz.

10H00 KOM PRAAT RICHARD

JOUBERT VAN PSG OOR:

My eggenoot sterf - vrae soos:

"Waar kry ek geld om van te leef

en alles te betaal totdat die boedel

afgehandel is", word bespreek.

U is baie welkom.

TRIMGIM WOENSDAGMIDDAG IN DIE ONSTEATER OM 15h00: Trimgim deur Mathilda Roos (bio-kinetikus). Trimgimfooie is R45pm vir lede (R60pm vir nie-lede) Kontak no: 082 339 1085.

VOETE- EN HANDE VERSORGING Voete- en hande versorging in die Dienssentrum vanaf 8h00. Kontak vir Marilyn by 082 532 6931 en maak 'n afspraak. Ons voete en hande is baie belangrik - Marilyn versorg dit baie mooi!

10H00 KOM BREI SAAM met dr. Hoepie Howell. Sit rustig, brei/wees kreatief, ontspan en luister na haar voorlesings. U is almal baie welkom!

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM

Deur die

genade van God

DIENSSENTRUMNOMMER

028 316 1745

KONTAK VIR JOAN

OF HANNIE

(09H30 – 12H30)

MAANDAG 14 AUG (DIENSENTRUM GESLUIT)

DINSDAG 15 AUG

WOENSDAG 16 AUG

DONDERDAG 17 AUG

ALGEMENE INLIGTING

JAARGELD: Onthou om u jaargeld te be-

taal. R400 vir enkelpersoon en R600 ‘n egpaar.

KOLWYNTJIE VRYDAG 18 AUG 09:30 - 11:30

'n Spesiale uitnodiging aan al ons nuwe in-

trekkers! Kom maak nuwe vriende en kom

skakel in en as die dames hou van bak en brou

of net help in die kombuis kom gesels met

Marie. Vir net R10 kan jy 'n heerlike koppie

koffie of tee geniet en vir net R20 'n groot

stukkie koek of tert van jou. Vir groep-

besprekings, kontak Marie by 083 457 1896.

Die dames van Hermanus het ook by die KOLWYNTJIE kom teedrink en so lekker gekuier dat hulle byna vergeet het om huistoe te gaan! Hulle gaan beslis weer kom kuier!

Pragtige gedekte tafel wat wag vir u bespreking.

Page 5: JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! - NGK ONRUSRIVIER · 2017. 8. 11. · “Here, gebruik my, stuur my, leef deur my?” Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles

HERMANUS SWOP SHOP

Die Swop Shop motiveer kinders van Zwe-lihle om plastiek te kollekteer. Hulle bring dit op 'n Woensdagmiddag vanaf 14h00 - 16h00 na die Swop Shop. Dit word geweeg en die kind kry punte vir dit wat hulle gebring het. Hulle kan dan vol-gens die punte vir hulle items aank-oop. So leer die kinders dat mens moet werk om geld te kry. Verlede Woensdag het 150 kinders die projek besoek vanaf

14h00 - 16h00. Omdat die projek kinders van die gemeenskap teiken, probeer Narina Howard, wat verantwoordelik is vir die projek, sorg dat die items wat die kinders vir hulle punte ver-ruil kinder vriendelik is. Sy het 'n geweldige behoefte vir Longlife melk, Peanut butter, klein pakkies grondboontjies/rosyntjies, 2 minute noodles, klein houertjies vrugte sap, klein koekies (ons probeer gesonde voedsel items aanhou, maar ek het gewoonlik ‘n houer koekies vir die kleintjies wat net 1 of 2 punte het om te ruil vir iets), skryfbehoeftes bv. potlode, penne, Pritt, vetkryt, eenvoudige legkaarte en in-kleurboeke, seep, toiletpapier, tandepasta, deodorant, tandeborsels, waslappies.

Narina (082 339 5768) verwelkom besoekers op 'n Woensdag-middag vanaf 14h00 - 16h00. Sy het 'n groot behoefte aan vrywilligers om te help aangesien die hoeveelheid kinders meer en meer word. Hoe om daar uit te kom: Vanaf die R43 (in die rigting van die dorp) draai regs in Swartdamweg, dan regs in Chris Hanistraat (oorkant die kliniek), dan links in Ntlanzi straat. Ongeveer twee strate verder is dit links in Steve

Biko straat en aan u regter-kant is die Swop Shop.

Indien u nie die produkte na die Swop Shop kan

neem nie, bring dit gerus vir Erika by die kerkkantoor.

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM

SIT IN U DAGBOEK

WAT SÊ DIE WEEGSKAAL? DINSDAG, 29 AUGUSTUS, OM 10H00 vir almal wat nie op die skaal wil klim nie (veral terwyl dit winter is): Elzette Syster-Huma kom praat oor die 28 dae dieet wat sy self maak en by haar klante besorg.

LENTEDAG BY DIE KOLWYNTJIE VRYDAG, 1 SEPTEMBER, IS LENTEDAG. Ons wil dit graag saam met ons Lede vier. Al ons lede word uitgenooi om 10h00 'n gratis koppie tee/koffie en eetgoed saam met ons te kom geniet. RSVP asseblief voor Woensdag, 30 Augustus by Hannie/Joan (028 316 1745). Die Kolwyntjie Teetuin is daardie oggend oop soos gewoonlik - al die ander gaste moet ongelukkig R30 betaal vir hulle koppie tee/koffie en eetgoed.

UITSTAPPIE NA FERNKLOOF DINSDAG, 5 SEPTEMBER: Ons vertrek om 10h00 vanaf die kerk. Ons verskaf 'n piekniekmandjie, koffie en tee teen R25 per per-soon. Bring u eie eetgerei en stoel saam. RSVP asseblief voor/op Vrydag, 1 September by Joan/Hannie 028 316 1745. Ons aanvaar niemand na 1 September nie. Baie dankie by voorbaat vir Mattie en Clifford se Omgee/Bybelstudiegroep wat die piekniekmandjies vir ons gaan hanteer. Dit word opreg waardeer.

Page 6: JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! - NGK ONRUSRIVIER · 2017. 8. 11. · “Here, gebruik my, stuur my, leef deur my?” Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles

LIGHTHOUSE IN MOUNT PLEASANT

Die Lighthouse is 'n droom van twee dames wat al vanaf die jaar 2000 besig is om dit bewaarheid. Ons is nou in 2017 en die Lighthouse is in volle swang. Te dankie aan 'n klomp vrywilligers en skenkings het die huis 'n tansformasie ondergaan en vandag is die Lighthouse 'n spogwoning in Mount Pleasant. Lighthouse word besit deur Hermanus Kindersorg en is 'n huis van veiligheid waar kinders veilig gehuisves kan word in beter toestande as hul eie omstandighede. Huidiglik is daar ses kinders in die huis met ouderdomme van 5, 8, twee van 11, 13 en 16 jarige. Die huismoeder Neziwe is 'n wonderlike liefdevolle mamma vir al die kinders. Daar kan net 'n maksimum van 6 kinders in die huis woon as gevolg van regulasies.

Onrusgemeente, met die seën van die Kerkraad, het onlangs besluit om die daaglikse sorg van die huis en kinders oor te neem. Hierdie projek het nou die ondersteuning nodig van 'n

groepie vrywilligers wat eindelose ener-gie het en met geen selfsug allerhande takies kan verrig. Daar is verskeie aspekte wat huidiglik aandag kry. Al die kinders gebruik een badkamer...die tweede badkamer word nou aangebou en is nou al op dak hoogte en behoort in die volgende twee weke klaar te wees. Ons is baie dankbaar vir al die skenkings. Onlangs op Mandeladag was die mure geverf en een van ons ouers met haar dogter en vriendinne het die pragtige bome geverf en groente aangeplant. Die blare aan die bome is afdrukke van die kinders se handjies. Die gras was ook deur die jong dames geplant om die kinders 'n aangename speel area te skep

en hulle geniet dit terdëe.

In die volgende ses maande wil ons regtig fokus op die huismoeder se opleiding wat ook 'n groot impak sal hê op die kinders se eetplanne, opvoeding en dissipline. Alles gaan oor die kinders om hulle 'n geleentheid te gee wat hulle nie in hul ouerhuis kon kry nie. Liefde en samehorigheid word gekweek in 'n Christelike omgewing. Daagliks word daar stilte-tyd gehou.

Alles kan nie gebeur sonder die hulp van die vrywilligers en die onder-steuning van die mense rondom ons nie. Ons wil vir almal bedank vir bydraes en toekomstige bydraes. Enigiemand wat belangstel om te help,

hetsy tyd, ekspertise of finansieel, kan kontak maak met die dames in die kerkkantoor. Daar is baie behoeftes en ons verwelkom enige en alle hulp. U is ook welkom om vir Jacques Retief (0823877251) of Zelda Erasmus (083 6564248) te kontak vir enige navrae.

Page 7: JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! - NGK ONRUSRIVIER · 2017. 8. 11. · “Here, gebruik my, stuur my, leef deur my?” Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles

Groot dank en waardering vir die Kalenderborg van Augustusmaand wat die druk van ons ge-

meentekalender moontlik gemaak het. Ons bid Vader se seën oor jul besigheid en gesinne.

Eastcliff Sentrum 028 312 1130

[email protected] FOR THE MOTIVATED

ONS GEE OM VIR MEKAAR

Het u geweet dat daar soveel

fantastiese kleingroepe is waar

u reeds kan inskakel?

Kontak gerus ons nuwe

Kleingroepe Bedieningsleier of die

kerkkantoor indien u meer

inligting wil bekom of jy graag wil

inskakel by ‟n kleingroep.

DEON TERBLANCHE

083 400 9010

[email protected]

KERKBODE

Wil u graag die Kerkbode

ontvang? Ons is tans besig om

„n nuwe opname te maak sodat

ons bestellings kan deursit.

Kontak asb vir Mervian by die

kerkkantoor om u naam op te

gee voor die einde van Augustus.

Baie welkom!

MERVIAN VAN DER MERWE

TEL. 028 316 2116

[email protected]

Foto bo: Mathilda

Roos en haar Trimgim

span het verlede Sa-

terdag "Christmas in

July" gevier. Dit lyk

my hulle maak net

sulke lekker kos as wat

hulle oefeninge doen!

Foto‟s onder en links:

Verlede Sondag was daar behoorlik

gekuier in die maalrimte. Eers het

die Calitzdorp uitreikspan hul nuwe

vriende van La Rochelle-gemeente

genooi vir „n heerlike braai na die

oggenddiens.

En Sondagaand het die Teentrix

jongmense lekker marshmallows

gerooster op die vuur!

DIS MOS NOU KERKWEES!

Page 8: JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! - NGK ONRUSRIVIER · 2017. 8. 11. · “Here, gebruik my, stuur my, leef deur my?” Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl

082 339 9871 [email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS Mervian van der Merwe

084 875 7875 [email protected]

REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

KOSTER Johan Symington

082 546 7415

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

Groot dank en waardering vir ons Hartklop borg van die maand (‘n besigheid in ons

dorp wat verkies om nie genoem te word nie, maar dit net uit dankbaarheid te

doen). Ons eer God vir julle gehoorsaam-heid en liefde en bid Vader se seën oor jul

besigheid en gesinne.

KOSPAKKIES 21 AUGUSTUS DV Net TAMATIESOUS en

KONFYT vra om gekoop te word! Baie dankie vir al die ander

bestanddele wat ons ontvang het.

KASANE UITREIK Charl van der Merwe en „n span van Helder-

berg gaan binnekort op „n uitreik na Kasane. Hulle gee o.a. toiletpakkies aan wag-

tende vragmotorbestuurders wat soms dae lank moet toustaan op die grenspos na

Botswana. Dit word dan gebruik as aanknopingspunt om die Evangelie aan hulle te

bring. Charl nooi u om deel te wees van die uitreik deur die voorsiening van klein

buisies tandepasta (hulle benodig 500) vir die pakkie. U kan dit net na die kerkkan-

toor toe bring. Navrae: Ben Marais 082 824 4431.

wees

SENDELING VIR DIE WEEK RAHUL & LORETTE JAGUASI (INDIË) Rahul en Lorette werk tussen die ‘minste van hulle’ (Mat 25:31-46, Jak 2) op die treinstasie en omliggende slum gebied in Varanasi in Indië. Daar is mense wat op die treinstasie bly omdat hulle nie ander heenkome het nie. Kinders van die omliggende dorpe en slums kom ook hierheen om te kom werk. Daar is mense wat op pelgrimstogte hierheen kom om hier te sterf. Van hulle is te siek om die stasie te ver-laat. Hulle het ‘n dagsorgsentrum vir die kinders van Maandag tot Vrydag, waar die boodskap van Hoop en Redding met die kinders gedeel word. Die kinders kan hier net kind wees en ook basiese onderrig ontvang. Verder word ‘n paar kinders finansieël bygestaan om die plaaslike skool by te woon. Werk-

skeppende onderrig word ook voorsien aan van die groter kinders. ‘n Groot deel van hulle werk onder die kinders is om hulle kosbaar en geborge te laat voel deur klein maaltye te voorsien, mediese sorg te voorsien en ook klere en komberse. Hulle bedryf ook ‘n naaldwerksen-trum en wassery. Ons bid vir hierdie pragtige sendelinge.

Ons moedig u graag aan om hulle te kontak,

boodskappe te stuur en deel te word van die

ondersteuning daar. Hulle het dit baie nodig.

Baie dankie!

[email protected]

KAAS EN WYN AAND TEN BATE VAN HUIS LETTIE THERON.

Vrydag 1 September 2017 by die Munisipale Auditorium, 18:30 vir 19:00

Kaartjies kos R100 p.p. en is beskikbaar by die kerkkantoor by NG Hermanus. Slegs kontant.

Kunstenaars word ook genooi om „n skildery aan Huis Lettie Theron te skenk,

en dit sal die aand opgeveil, of verkoop word.

Indien dit nie verkoop nie, bly dit die eiendom van die kunstenaar.

Musiek word verskaf deur Andrew Herriott van die Jazzfordians en

Janet Marshall van Whale Coast FM faam.

Navrae: Barbara Palmer 028 314 1167 / 083 659 3303