Christus leef in en deur my

76
Predestined Publishers

description

Christus leef in en deur deur Pastoor Jannie van Zyl. Woordfokus

Transcript of Christus leef in en deur my

Page 1: Christus leef in en deur my

Predestined Publishers

Page 2: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

2

Christus leef in en deur ons

Hierdie Woordgids – Studiehandleiding - is ‘n Predestined Publishers publikasie. Alle regte voorbehou. Hierdie Woordgids mag nie op enige wyse vir eie gewin gereproduseer word nie. Bladsy kopiëring vir persoonlike of groepstudie word toegelaat. ‘n Brief wat positiewe kommentaar aangaande die gebruik van hierdie Woordgids verskaf, sal baie waardeer word. Lees die “Erkenning,” “Spesiale Notas” en Bronnelys op bladsye 62 - 76. Die Skrywer en Uitgewer het met die publikasie van die Woordgids gepoog om erkenning aan elke Bron wat gebruik is, te gee. In die geval van ‘n dispuut, onsekerheid of onduidelikheid wat mag bestaan of ontstaan, sal daar in toekomstige uitgawes gepoog word – indien dit moontlik is – om dit reg te stel. Kopiereg © Jannie van Zyl 2010 DTP: Lena van Zyl en Elzerie van der Westhuizen Hierdie uitgawe 2010

Navrae:

Predestined Publishers Sel: 071 428 3300 Posbus 10565 Epos: [email protected] GEORGE 6539 ISBN: 978-0-9814454-7-2

VASTE SPYS

“Die Here sorg dat ‘n eerlike mens nie honger ly nie...”

Spreuke 10:3 – Lewende Bybel.

Geniet hierdie geskenk van Spys en Drank (Joh. 6:48-68).

Dit sal jou met woorde van Gees en Lewe voed.

Page 3: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

3

Inhoudsopgawe

Deel 1 Wat word deur verdeeldheid bewys? 4

Deel 2 Wie is ons Gemene Deler? 6

Deel 3 Geestelike Volwassenheid is die sigbaar word van Christus in ons 8

Deel 4 Ons leefstyl op voetsoolvlak bewys die Geskrewe Woord as korrek 10

Deel 5 Ons aanvaar Hom as die Weg en wandel in Hom as die Weg 13

Deel 6 Geregtigheid is ‘n Persoon – Jesus Christus 15

Deel 7 Onderrigting in Geregtigheid is dus onderrigting in ‘n Persoon 17

Deel 8 Ons ontvang Geregtigheid as ‘n geskenk 20

Deel 9 Geregtigheid is nie toenemend van aard nie; jou stand in

Christus is volkome 22

Deel 10 Afgodery het bittermin te make met letterlike beeldjies 24

Deel 11 Ons vyand is hoofsaaklik die vlees (SELF!) 27

Deel 12 Die bediening van die Evangelie van die Koninkryk van God het

in Genesis begin 30

Deel 13 Ons is lede van die Christusliggaam 33

Deel 14 Heerlikheid is dit wat God is 35

Deel 15 Ons is “bevrug” met Christus 38

Deel 16 Elke druiwekorrel is vol Wynstoklewe 41

Deel 17 Die seuns van God is die Brief van Christus 44

Deel 18 Ons groei nog op tot Geestelike volwassenheid 47

Deel 19 Die Môrester – Jesus Christus 50

Deel 20 As jy werklik weergebore is het ek baie Goeie Nuus vir jou 53

Deel 21 Jou voetsoolleefstyl, daar waar die tekkie op die teer kom, sal

bewys of jy waarlik weergebore is 56

Deel 22 Vryheid in Christus word sigbaar in verantwoordelikheid op die

markplein 59

Erkenning 62

Spesiale Notas 65

Bronnelys 75

Page 4: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

4

Wat word deur verdeeldheid bewys?

odsdienstige verwarring is hedendaags vanweë die moderne tegnologiese hulpmiddels meer as ooit vantevore aan die orde van die dag. ‘n Senior

leraar het ‘n tyd gelede vir my gesê dat hy baie meer moet studeer vir preekmateriaal want die meeste van sy mense is Internetgeletterd en vrae word gevra waarop hy geen antwoorde het nie. Net in George stap die getal “kerke”, gemeentes of godsdienstige groepe aan na 300! In Suid-Afrika is daar ‘n ontploffing van godsdienstige aktiwiteite. Is dit goed? Is dit sleg? Wat is die probleem met groepvorming? In 1 Kor. 1:10-13 sê Paulus:

“Maar ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder

julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening. Want dit is aan my deur die huisgenote van Chloë

bekend gemaak aangaande julle, my broeders, dat daar twiste onder julle is. Ek bedoel dit, dat elkeen van julle sê: Ek is van Paulus, en ek van Apollos,

en ek van Céfas, en ek van Christus. Is Christus verdeel?”

Die fokus of middelpunt word die groepsoortuiging, ‘n persoon of selfs Christus! Ons maak die gemene deler vir aanvaarding of verwerping ‘n leerstelling of ‘n mens. Die gevolg is verdeeldheid. Waarvan is verdeeldheid ‘n bewys?

SELF (vlees, ego, eie-ek) is in beheer.

G

DEEL 1DEEL 1DEEL 1DEEL 1

“En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met Geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus. Ek het julle

met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie, omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en

tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie?” 1 Kor. 3:1-3.

Page 5: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

5

Paulus sê dat mense wat volgens “self” leef nog klein babatjies is (a). Die woord vir “klein kinders” in Grieks is “nepios.” Dink aan “nappy!” Om wie draai alles vir ‘n baba? Om hom- of haarself! In ‘n TV advertensie word die volgende woorde gebruik: “By ons is jy die middelpunt van alles wat ons doen.” Watter wonderlike “definisie” vir godsdienstige verwarring, verdeeldheid en Geestelike onvolwassenheid.

VASTE SPYS IS VIR GEESTELIK VOLWASSE MENSE (b).

a) 1 Kor. 3:1-8; 1 Pet. 2:1-10. “At the same time you receive the result

(outcome, consummation) of your faith, the salvation of your souls.” 1 Pet. 1:9 – Amplified Bybel.

b) Heb. 5:7-14. “But He said unto them, I have meat to eat that ye know

not of. My meat is to do the will of Him that sent Me, and to finish His work.” Joh. 4:32, 34 – KJV.

Notas:

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

__________________________________________________________________

Page 6: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

6

Wie is ons Gemene Deler?

ié openbaring is basies vir Geestelike eenheid. Ons Gemene Deler as ware weergeborenes is nie enige leerstellige oortuiging nie! Dit is ‘n

Persoon wat deur die weergeboorte in ons gees kom woon het. In 1 Kor. 6:17 sê Paulus, “Maar wie die Here aanhang, is een Gees met Hom.” EEN GEES! Dit is ‘n uiters belangrike beginsel (a). In 11 Kor. 13:5 sê Paulus dat die toets van ons geloof die wete is dat Jesus Christus IN ONS woon. “Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef. Of is julle nie seker van julself dat Jesus Christus in julle is nie – as julle ten minste nie verwerplik is nie.”

Let tog daarop dat ‘n metode van glo,

Skrifvertolking, tradisies, leerstellings of

wat ons ook al godsdienstig doen en glo NIE

die toets van ons geloof is nie.

“Examine and test and evaluate your own selves to see whether you are holding to your faith and showing the proper fruits of it. Test and prove

yourselves, not Christ. Do you not yourselves realize and know (thoroughly by an ever-increasing experience) that Jesus Christ is in you - unless you are

counterfeits disapproved on trial and rejected?” 11 Kor. 13:5 – Amplified Bybel.

Wat sê Paulus is die Krag van die Evangelie? Evangelie beteken “Goeie Nuus.” “Want ek skaam my nie oor die Evangelie van Christus nie, want dit is ‘n Krag van God tot redding vir elkeen wat glo ...” Rom. 1:16.

D

DEEL 2DEEL 2DEEL 2DEEL 2

“Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof ‘van’ die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.” Gal. 2:20.

Page 7: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

7

WOORDKRAG.WOORDKRAG.WOORDKRAG.WOORDKRAG. “Krag” in Grieks is “dunamis.” Dié woord beteken “power, ability, ruler, mighty works, a person or

supernatural being who has administrative power, inherent power capable of reproducing itself, ability stemming from an indwelling nature.” In 1 Kor. 1:24 lees ons dat Christus self die KRAG van God is. Krag is dus ‘n Persoon.

Wie is die Goeie Nuus van die hele Bybel? Jesus Christus. Hy alleen is die Boodskap, Evangelie en Leerstelling van die Skrif.

ONDERRIGTING IN CHRISTUS HET TOT GEVOLG DIE FORMASIE VAN CHRISTUS IN ONS SIELE (b).

a) Joh. 1:12-13; 3:18; 4:24; 1 Tim. 1:17; Kol. 1:15; 1 Pet. 1:23; Joh. 14:6; 8:12; Kol. 3:1-4; 1 Joh. 5:11-12; 11 Kor. 3:1-18; 4:1-11

b) Ef. 4:20-21. “My little children, for whom I am again suffering birth

pangs until Christ is completely and permanently formed (molded) within you!” Gal. 4:19 – Amplified Bybel.

Page 8: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

8

Geestelike Volwassenheid is die

sigbaar word van Christus in ons.

at of Wie kenmerk Geestelike volwassenheid? ‘n Persoon – Jesus Christus. Let op die enkelvoud van ‘n “volwasse man” of “mature

man.” In Kol. 1:28 lees ons, “Him we preach and proclaim, warning and admonishing everyone and instructing everyone in all wisdom , in comprehensive insight into the ways and purposes of God, that we may present every person mature – full-grown, fully initiated, complete and perfect – in Christ, the Anointed One.” - Amplified Bybel. In Rom. 8:28-29 skryf Paulus:

“En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na Sy voorneme geroep is. Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die Beeld

van Sy Seun sodat Hy die Eersgeborene kan wees onder baie broeders.”

Geestelike volwassenheid is die sigbaar word van Christus in ons. Hierna word verwys as die Openbaring van Jesus Christus. Soos ‘n vrugtevlieg haar eiers in ‘n perske lê en die verrotting eers later as die wurms al lekker eet, sigbaar word, is daar duisende “vrugtevlieë” wat hulle leerstellige eiers via die Internet in die verstand van mense lê. Die eiertjies is skaars met die blote oog sigbaar. Algaande “broei” die wurms uit en verrot dit die mens se denke met godsdienstige dinge wat allermins die Beeltenis en Gelykenis van Christus ten doel het.

W

DEEL 3DEEL 3DEEL 3DEEL 3

“That it might develop until we all attain oneness in the faith and in the comprehension of the full and accurate knowledge of the Son of God, that

we might arrive at really mature manhood – the completeness of personality which is nothing less than the standard height of Christ’s own perfection – the measure of the stature of the fullness of the Christ, and the

completeness found in Him.” Ef. 4:13 – Amplified Bybel.

Page 9: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

9

Vandag – 5 Januarie 2010 – het ons van ‘n dame ‘n werkstuk van iemand ontvang wat met briljante logika en redenasies, “feite en bewyse”, van die wêreld se bekendste bedienaars uit mekaar skeur. Dit is baie duidelik dat hy dink hy en die godsdienstige groep wat hy verteenwoordig alleen reg is. Vlees in aksie. “Lasarus ruik!” Baie van dit wat hy sê is waar maar om jou “produk te bemark” deur ander produkte sleg te maak, getuig van “doeke dra en fopspeen drink!” Ons stem ook nie met alles wat godsdienstige “idols” doen saam nie. Dit is tussen hulle en die Here. Nie een enkele bedienaar het die volle waarheid in pag nie. Verseker maak ons almal groot foute. Ons is ledemate van ‘n liggaam. Nierfunksie verskil van hartfunksie. Wat is ‘n kwaadaardige gewas? Dit is ‘n groep selle (kanker) wat beheer van die hele liggaam oorneem. Wat is die gevolg? Dood! Ongelukkig is dit waar – godsdiens in sy verskeidenheid van denkrigtings is ‘n groep selle wat teen die liggaam draai. Hulle wil beheer oorneem. Vlees in aksie (a). “Wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ‘n Nuwe Testament, nie van die letter nie, maar van die Gees; want die letter maak dood, maar die

Gees maak lewend.” 11 Kor. 3:6.

GEESTELIK VOLWASSE MENSE IS SAAM ‘N BRIEF VAN CHRISTUS IN DIE WÊRELD.

a) Joh. 6:63; Gal. 5:17-22; 11 Kor. 3:1-6

Notas:

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ____________________________________________________________________ _______________________________________________________

Page 10: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

10

Ons leefstyl op voetsoolvlak bewys

die Geskrewe Woord as korrek.

ees ons die Bybel op soek na oortuigings, bevestiging van opinies, voorkeure en afkere of lees ons dit as die Geskrewe Woord, ingeblaas

deur God om ons by Jesus Christus, die Lewende Woord uit te bring? Jare gelede het ek ‘n groep afgetrede pastore by ‘n spesiale ete vir Senior burgers uitgedaag om vir vyf minute net oor Jesus Christus te gesels. Hulle kon dit nie reg kry nie. Godsdiens het hulle denke oorheers. Dit laat my dink aan die lied wat ons gesing het:

“Let’s talk about Jesus, the King of kings is He, The Lord of lords supreme, through all eternity. The Great I Am the Way, the Truth, the Life, the Door, Let’s talk about Jesus, more and more.”

Wie is die Lewende Woord? “En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en Sy Naam is: Die Woord van God.” Open. 19:13. Die Bybel is die Geskrewe Woord van God. Die Lewende Woord, Jesus Christus, leef Sy lewe in en deur die Geestelik volwasse gelowiges volgens die Geskrewe Woord.

Ons gebruik nie die Bybel om standpunte te stel, te

argumenteer of iets te bewys nie.

Ons leefstyl op voetsoolvlak bewys die Geskrewe Woord as korrek. Kom ons kyk net na ‘n paar Skrifgedeeltes. Aan die vrugte word die boom geken – nie oortuigings nie (a).

L

DEEL 4DEEL 4DEEL 4DEEL 4

“Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die Ewige Lewe het, en dit is dié wat van My getuig. En julle wil nie na My kom om

die Lewe te hê nie.” Joh. 5:39-40.

Page 11: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

11

SAADGEDAGTES

• “Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.” Gal. 5:22.

• “En dit bid ek dat julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag word

in kennis en alle ervaring.” Fil. 1:9.

• “En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie. Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.” 1 Kor. 13:3-7.

• “En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.” Kol. 3:17.

• “Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof ‘van’ die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.” Gal. 2:20.

• “My little children, for whom I am again suffering birth pangs until Christ is completely and permanently formed (molded) within you.” Gal. 4:19 – Amplified Bybel.

• “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.” Hand. 1:8.

• “En word daders van die Woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.” Jak. 1:22.

Page 12: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

12

DIE EWIGE LEWE IS OM GOD IN JESUS CHRISTUS PERSOONLIK TE KEN – DIT IS OM VERHOUDING

MET HOM TE HÊ (b).

a) Matt. 7:15-29; 12:33-34; Joh. 15:1-16; 17:3; 1 Joh. 5:20. Geloof wat

‘n mens red het nie as basis Skrifoortuigings nie maar is in ‘n Persoon – Jesus Christus. Gal. 5:17-22.

b) Fil. 3:1-10. Paulus moes van alle godsdienstige en kulturele

oortuigings ontslae raak om in ‘n lewende verhouding met Jesus Christus te kom.

Notas:

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

___________________________________________________________________ ______________________________________________________________

Page 13: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

13

Ons aanvaar Hom as die Weg en

wandel in Hom as die Weg!

om ons vra die Heilige Gees, die Gees van Waarheid, om ons in die diepte van die Skrif in te neem – nie leerstellig nie maar Christus-

sentries. Ons onderhandel nie oor die Sentraliteit en oppermagtigheid van Jesus Christus nie. Ek gaan nie oor “die hele Skrif is deur God ingegee” praat nie.

1. DIE HELE SKRIF IS NUTTIG TOT LERING Hier val godsdiens totaal uit die bus. Lering is vir ons Skrifgeleerdheid. Nee! Ons word nie in Bybelonderwerpe onderrig nie! Ons het net een mandaat – onderrig (leer) mense in Christus. “Maar julle het Christus nie so leer ken nie, as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die Waarheid is in Jesus.” Ef. 4:20-21. Geesgeïnspireerde lering is onderrigting in ‘n Persoon – Jesus Christus.

2. TOT WEERLEGGING Lees gerus deur die boek Handelinge. Vir watter doel was die Skrifte aangewend? “En ‘n sekere Jood met die naam van Apollos, wat in Alexandríë gebore was, ‘n welsprekende man, het in Éfese aangekom; en hy was magtig in die Skrifte ... want hy het die Jode kragtig in die openbaar weerlê en deur die Skrifte bewys dat Jesus die Christus is.” Hand. 18:24, 28. Ons gebruik die Skrifte om ons oortuigings uit te spel en ander mense se oortuigings te weerlê. Die Skrif het as doelwit om mense van Jesus Christus te oortuig. Ons het steeds die prediking van ‘n Persoon – Jesus Christus. Hy is die enigste boodskap van die Skrif.

K

DEEL 5DEEL 5DEEL 5DEEL 5

“Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van

God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.” 11 Tim. 3:16-17.

Page 14: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

14

WOORDKRAG. “Teregwysing”, in Engels “reproof” is in Grieks

“elegchos.” Dis oortuiging! In Heb. 11:1 lees ons, “Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.” Die woord praat van ‘n oortuiging wat in ‘n leefstyl, wat die oortuiging bevestig, manifesteer. Die oortuiging word in dade sigbaar. Die woord word net in 11 Tim. 3:16 en Heb. 11:1 gebruik.

“Teregwysing” is ‘n misleidende vertaling. Oortuiging strek verder en sluit die bediening van die Heilige Gees in wat grootliks die oortuigingswerk doen. Dit kan oortuiging van verkeerde dade, gesindhede of motiewe wees wat nie Skrifverantwoordbaar is nie. Die oortuiging in ‘n area waarin ‘n regstelling gemaak moet word, sal met die hulp van die Heilige Gees in dade sigbaar word. Allereers oortuig die Heilige Gees ons van Hom as die Enigste Weg vanuit die wêreld en die sonde, tot in die Allerheiligste – die Troon van God. Oortuiging word sigbaar in wandel. Ons aanvaar nie ‘n Persoon om tot redding te kom en wandel dan in ‘n klomp godsdienstige rituele, oortuigings, wette of wat ook al nie. Ons is lote van die Wynstok. Die Wynstoklewe – die Christuslewe in ons gees manifesteer in ons siele en liggame as Christusvrug. “Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof ‘van’ die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.” Gal. 2:20. Christus leef Sy lewe in en deur ons. Ons aanvaar Hom as die Weg en wandel in Hom as die Weg!

“SOOS JULLE DAN CHRISTUS JESUS, DIE

HERE, AANGENEEM HET, WANDEL SO IN HOM.” Kol. 2:6.

Page 15: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

15

Geregtigheid is ‘n Persoon –

Jesus Christus.

ns gesels oor dié twee Skrifte Christussentries. Godsdiens het dit verdraai en misbruik om hulle duisende leerstellige denkrigtings te

regverdig en om diegene wat nie soos hulle dink nie, te veroordeel. In Joh. 5:39-40 sê Jesus, “Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die Ewige Lewe het; en dit is dié wat van My getuig. En julle wil nie na My kom om die Lewe te hê nie.” Nie net dié twee Skrifte moet Christussentries vertolk word nie, maar die hele Skrif.

1. TOT ONDERWYSING IN DIE GEREGTIGHEID Allereers gesels ons oor Geregtigheid. Hoekom ‘n hoofletter? Geregtigheid is ‘n Persoon – Jesus Christus. “Maar deur Hom (dit is God) is julle in Christus Jesus wat vir ons geword het ... GEREGTIGHEID.” 1 Kor. 1:30. Die Amplified Bybel vertaal die sin soos volg: “But it is from Him (God) that you have your Life in Christ Jesus, Whom God made ... our Righteousness – thus making us upright and putting us in right standing with God.” Die J B Phillips Bybel vertaal die Skrif soos volg:

“Yet from this same God you have received your standing in Jesus Christ, and He has become for us the true wisdom, in matter, in practice, of being

made righteous and holy, in fact, of being redeemed. And this makes us see the truth of the Scripture: He that glorieth, let him glory in the Lord.”

Geregtigheid is ‘n Persoon – Jesus Christus. In Hom is ons vrygespreek, het ons volkome vergifnis van sonde (toestand) en ook sondes (misdade voortspruitend uit toestand) ontvang. In Hom het ons dus ‘n volkome stand voor God verkry. Omdat God Jesus Christus in ons plek as ‘n sondaar

O

DEEL 6DEEL 6DEEL 6DEEL 6

“Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van

God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.” 11 Tim. 3:16-17.

Page 16: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

16

behandel het, Hy die regverdige loon vir die sonde van die mensdom ontvang het, maak God ons Sy Geregtigheid in Hom. God se Geregtigheid – volkome vergifnis, vryspraak en stand is nooit buite Christus nie! Ons het nooit Christus plus iets nodig nie. Die “plus iets” is ‘n mosie van wantroue in God. Ons sê daardeur dat Sy versoeningsaksie in Christus nie genoeg was nie. Vanaf die wonderlike begin van die Kerk van God, die Gemeente wat Jesus bou 2000 jaar gelede tot hierdie dag toe, het ons mense wat altyd “iets” by Christus wil voeg. Paulus laat geen twyfel oor wat hy van hulle dink nie. In die lig van 11 Tim. 3:16-17 is dit wat God van hulle dink! “Die hele Skrif is deur God ingeblaas ...” “For this reason, because I preached that you are thus builded together, I, Paul, am the prisoner of Jesus the Christ for the sake and on behalf of you Gentiles. Assuming that you have heard of the stewardship of God’s grace (His unmerited favor) that was entrusted to me to dispense to you for your

benefit; and how the mystery (secret) was made known to me and I was allowed to comprehend it by direct revelation, as I already briefly wrote

you.” Ef. 3:1-3 – Amplified Bybel.

“IT IS THE SPIRIT THAT GIVES LIFE – HE IS THE LIFE-GIVER; THE FLESH CONVEYS NO BENEFIT

WHATEVER – THERE IS NO PROFIT IN IT ...” Joh. 6:63 – Amplified Bybel.

Notas:

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ___________________________________________________________________ _____________________________________________________

Page 17: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

17

Onderrigting in Geregtigheid is dus

onderrigting in ‘n Persoon.

ees eers weer 11 Tim. 3:16-17. Ons gesels spesifiek oor die onderwysing in die Geregtigheid; ons gesprek is Christussentries en nie

leerstellig van aard nie. Geregtigheid is ‘n Persoon – Jesus Christus. Slegs in Hom is ons stand voor God volkome. Watter woorde in die 11 Kor. 5:21 – 1933 Vertaling is belangrik? “... sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.” ‘N VRIEND SE ONDERVINDING Lees gerus Rom. 3, 4, 5, 6 en 8. As jy E-sword op jou Internet het, lees die J B Phillips Vertaling. ‘n Vriend, geskool en getoë in die Gereformeerde Teologie het gesê dat die lees van Romeine, Galasiërs, Efesiërs, Filippense en Kolossense in die J B Phillips Bybel hom ons volkome vryspraak in Christus werklik laat verstaan het. Vir hom was die bevryding van godsdiens gebou op ‘n werkesisteem – self- prestasie – ‘n bonatuurlike ondervinding!

L

DEEL 7DEEL 7DEEL 7DEEL 7

“Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe ‘skepping’; die ou dinge het verby gegaan, kyk, dit het alles nuut geword. En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van

die versoening gegee het, naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie, en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. Ons tree dan op as

gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.” 11 Kor. 5:17-20.

“Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar

behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.” Vers 21 – 1983 Vertaling.

Page 18: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

18

In 1 Kor. 1:30 lees ons, “Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het Wysheid uit God en Geregtigheid en Heiligmaking en Verlossing.” Onderrigting in Geregtigheid is dus onderrigting in ‘n Persoon. Jesus Christus is God se Ewigheidsdoelstelling. In Hom het God ‘n onomkeerbare “JA” vir elke belofte en plan wat Hy vanaf die grondlegging van die wêreld gehad het, gegee. “For as many as are the promises of God, they all find their Yes (answer) in

Him (Christ). For this reason we also utter the Amen (so be it) to God through Him – that is, in His Person and by His agency – to the glory of

God.” 11 Kor. 1:20 – Amplified Bybel.

SAADGEDAGTES

• In Jesus Christus is die mensdom aanvaar. Niemand is uitgesluit uit

dié begunstiging in Jesus Christus nie. Slegs diegene wie Hom as God se oorvloedige genade aanvaar, beleef die wonderlike gevoel van aanvaarding! Godsdiens laat ‘n mens dikwels worstel met ‘n gevoel van verwerping. Die vereistes is te hoog. Nee! Genade en Aanvaarding is ‘n Persoon (a).

• In Jesus is die mensdom volkome vrygespreek. Slegs diegene wie

Hom as God se vryspraak aanvaar, beleef die werklikheid daarvan (b).

• Vryspraak berus op Versoening. In Christus het God die wêreld met Homself versoen. Dit is, soos aanvaarding en vryspraak, afgehandelde werklikhede in Christus. Die persoon wie in geloof Jesus Christus aanvaar, beleef die werklikheid van dit waarvoor God in Jesus Christus “JA” gesê het.

• Jesus Christus is die Nuwe Skepping in Christus se bestaansomgewing. “And have clothed yourselves with the new spiritual self, which is (ever in the process of being) renewed and remoulded into (fuller and more perfect knowledge upon) knowledge, after the image (the likeness) of Him Who created it. In this new creation all

Page 19: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

19

distinctions vanish; there is no room for and there can be neither Greek nor Jew, circumcised nor uncircumcised, nor difference between nations whether alien barbarians or Scythians who are the most savage of all, nor slave or free man; but Christ is all and in all – everything and everywhere, to all men, without distinction of person.” Kol. 3:10-11 – Amplified Bybel.

“WANT ONS HET DEELGENOTE VAN CHRISTUS GEWORD ...” SOOS HY IS, IS ONS! (c).

a) Joh. 1:1-18; Ef. 1:1-14; 2:1-10

b) 11 Kor. 5:17-21

c) 1 Kor. 12:12-13; Gal. 3:25-29; 5:6; 6:14-15; Heb. 3:1:14; 1 Joh. 4:17; Rom. 8:28-29; Kol. 1:15

Notas:

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

__________________________________________________________________ _____________________________________________________________

Page 20: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

20

Ons ontvang Geregtigheid as ‘n

geskenk.

n Rom. 5:17 sê Paulus, “Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die

oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.” Ons ontvang Geregtigheid as ‘n geskenk. Onderwysing in die Geregtigheid (11 Tim. 3:16) is dus onderrigting in Christus en nie opleiding in godsdienstige leerstellings, watter denkrigting ook al, rituele, metodes, tradisies, voorkeure, afkere, ens. nie. Mense, wanneer gaan ons Geestelik volwasse word? Is ons Geestelike oë soos klein hondjies se oë – toe? In Rom. 3:28 lees ons, “Ons betoog is tog dat die mens deur geloof geregverdig word en nie deur wetsonderhouding nie.” Die voorvoegsel “die” is nie in die oorspronklike manuskripte nie. “Die” laat die mens onmiddellik aan DIE WET (Tien Gebooie) dink. Nee! Verseker is dit ingesluit in die gedagte wat die Heilige Gees deurgee. Die woord “wet” is in Grieks “nomos.” Dit beteken enige reëls, regulasies, vereistes, voorskrifte wat vir die mens voorgehou word waaraan hy of sy moet voldoen om God se guns te wen en Sy Geregtigheid deelagtig te word. LOSGEMAAK VAN CHRISTUS

“Julle wat geregverdig wil wees deur ... wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval. Want óns verwag deur die Gees uit die

geloof die geregtigheid waarop ons hoop.” Gal. 5:4-5.

I

DEEL 8DEEL 8DEEL 8DEEL 8

“Maar nou is die geregtigheid wat God buite die wet om skenk, bekend gemaak, en daarvan getuig die wet en die profete. Dit is die geregtigheid

deur die geloof in Jesus Christus, die geregtigheid wat God skenk aan almal wat glo. Daar is geen onderskeid nie, want almal het gesondig, en

hulle het nie deel aan die heerlikheid wat God vir die mens bestem het nie. Maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, in Sy genade geregverdig deur die verlossing in Christus Jesus.” Rom. 3:21-24 – 1983 Vertaling.

Page 21: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

21

Ons het dieselfde situasie hier. Daar is nie ‘n “die” voor “wet” nie. Die woord “wet” sluit enigiets in wat as voorskriftelik vir mense voorgehou word om God se guns, genade en geregtigheid deelagtig te word – dit te verdien. In hierdie twee Skrifte word ‘n kinderlike vertroue in Jesus Christus se volkome prestasie teenoor ‘n vertroue in godsdienstige rituele gestel.

SAADGEDAGTES

• Mense wat op enige vorm van “wetsonderhouding” – wat die spesifieke leerstelling wat deur ‘n persoonlike keuse gekies is, ook al voorhou, leef, het van die genade verval. Ons praat NIE oor “hel toe gaan” nie! Asseblief!

“You have fallen away from grace – from God’s gracious favour and

unmerited blessing.” - Amplified Bybel.

“If you try to be justified by ... law ... you automatically cut yourself off from the power of Christ, you put yourself outside the range of His

grace.” - J B Phillips.

“I am emphatic about this. The moment anyone of you submits to circumcision or any other rule-keeping system, at that same moment Christ’s hard-won gift of freedom is squandered.” - The Message.

• Wat of Wie is die “hard-won gift?” Geregtigheid is die “hard-won

gift!” Geregtigheid is ‘n Persoon en ons volkome stand voor God, ons vryspraak is slegs in Christus ‘n werklikheid. Ons in Hom; Hy in ons.

IN JESUS CHRISTUS IS ALLE SELFPRESTASIE VIR

GOD SE GUNS VIR EWIG OPGEHEF!

Page 22: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

22

Geregtigheid is nie toenemend

van aard nie; jou stand

in Christus is volkome.

om jy agter dat die Heilige Gees deur my jou in die Geregtigheid onderrig? Werk eers weer deur Deel 8. Deel 9 vervolg direk op Deel

8. Lees weer Gal. 5:4-5. Vers 4 in in die New English Bible sê, “When you seek to be justified by way of law, your relation with Christ is completely severed: you have fallen out of the domain of God’s grace.” Die Afrikaanse Bybel vertaal vers 4 soos volg: “Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.” Dit is ‘n kwaai stelling! As jou vertroue in enige godsdienstige leerstelling, oortuiging, ritueel of wat ook al gesetel is, is jy “losgemaak van Christus.” Dit sê nie dat jy “verlore is en hel toe gaan nie.” Met die maat waarmee jy meet sal jy gemeet word! Losgemaak van Christus staan jy voor God bekleed met dit wat jy jou vertroue vir God se guns in geplaas het. Nogal iets om oor te dink, nê!

SAADGEDAGTES

• In plaas van die Evangelie van Christus wat die krag van God tot volkome herstel is, in plaas van onderwysing in die Geregtigheid wat God as ‘n geskenk aan ons gegee het, het ons duisende filosofieë vanuit die Bybel saamgeflans en hou dit as standaarde vir geregtigheid aan mense voor.

• Dit maak nie saak watter leerstelling gepreek word nie – van die

aanhanger word prestasie volgens oortuiging verwag om God se “oorvloed van genade en die Gawe van Geregtigheid” te ontvang.

K

DEEL 9DEEL 9DEEL 9DEEL 9

“Christus is tog die einde van die wet, sodat elkeen wat glo die geregtigheid kan verkry.” Rom. 10:4 – 1983 Vertaling.

Page 23: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

23

• “For if by the wrongdoing of that one man death established its reign, through a single sinner, much more shall those who receive in far greater measure God’s grace, and His gift of righteousness, live and reign through the One Man, Jesus Christ.” Rom. 5:17 – NEB.

Ons word God se Geregtigheid, Jesus Christus, deur kinderlike geloof in Christus se volmaakte prestasie deelagtig. Ons stand van Geregtigheid is nie toenemend van aard nie; jou stand voor God in Christus is volkome.

“JUSTIFIED BY FAITH JUST AS IF YOU HAVE NEVER SINNED.”

Notas:

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ _________________________________________________________________

Page 24: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

24

Afgodery het bittermin te make met

letterlike beeldjies.

tand van geregtigheid gaan in wandel in die spore van geregtigheid oor. Paulus stel dit effens anders. “As you have therefore received the Christ,

even Jesus the Lord, so walk – regulate your lives and conduct yourselves – in union with and conformity to Him.” Kol. 2:6 – Amplified Bybel. Wat is die doel met wandel? Die posisie van my gees in Christus, moet ‘n praktiese leefwyse in my siel word! Die Amplified Bybel vertaal Psalm 23:3 soos volg:

“He refreshes and restores my life – my self; He leads me in the paths of righteousness, uprightness and right standing with Him – not for my earning

it, but for His Name’s sake.”

“Onderwysing” in 11 Tim. 3:16 in Grieks is ‘n woord wat te make het met kinderopvoeding. Dit sluit dissipline in. Natuur en talente kom deur geboorte; karakter word deur opvoeding en die ontwikkeling van talente, gevorm. Kan julle “stand” en “wandel” hier sien?

Ons het in Christus deelgenote van die Goddelike

Natuur geword – die weergeboorte. Nou verlang ons soos pasgebore babas na die onverdunde melk van die Lewende Woord, Jesus Christus, sodat ons deur gemeenskap (fellowship) met Hom, die “eet van Sy vlees en die drink van Sy bloed” tot Geestelike volwassenheid in Hom kan opgroei (a).

“Like newborn babies you should crave – thirst for, earnestly desire – the pure (unadulterated) spiritual milk, that by it you may be nurtured and

grow unto completed salvation.” 1 Pet. 2:2 – Amplified Bybel.

S

DEEL 1DEEL 1DEEL 1DEEL 10000

“Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om Sy Naam ontwil.” Psalm 23:3.

Page 25: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

25

SAADGEDAGTES

• In ‘n onderhoud wat iemand met die persone wat met die opleiding van gidshonde vir blindes gemoeid is, het hy, terwyl hy met die pragtigste Labradorhondjies speel, gevra, “Is gehoorsaamheid in hulle genes?”

• Sy het gelag. “Nee! Hulle is honde. Hulle leer gehoorsaamheid deur

geduldige en volgehoue dissipline.” Wat sê die Bybel van Jesus Christus, ons oudste broer? “Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het.” Heb. 5:8.

• Lees Heb. 12:1-29. Ek wil verse 5-9 uitlig.

“En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en

beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie; want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem. As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is

daar wat die vader nie tugtig nie?

Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie. Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan die Vader van die geeste onderworpe wees en

lewe nie?”

Wanneer die Heilige Gees deur my pleit vir ‘n volle openbaring van die Volmaakte Werk wat God in Jesus Christus vir ons gedoen het, dat ons vryspraak volkome is, staan Hy NIE ‘n losbandige leefstyl onder die vaandel van “Ek is vry!” voor nie. Ultra-geregtigheid is dié wonderlike boodskap totaal uit balans geruk. Die fokus is nie meer die Een wie ons Verlosser en Bevryder is nie, maar die vryheid op sigselwers. Aldus, deur verabsolutering, het ‘n kosbare waarheid ‘n afgod geword wat mense in die gruwelikste sondes laat leef sonder om ‘n oog te knip. Nee! Nee! Vryheid sonder verantwoordelikheid is losbandigheid (b).

Page 26: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

26

Wanneer enige belewenis in Jesus Christus verabsoluteer word, byvoorbeeld vryheid, aanbid ons dít wat ons fokus is. Dit is afgodery. Afgodery het bittermin te make met letterlike beeldjies. Daar is mense wat “in huise insluip en vroue op die loop jaag” met allerlei spookstories! Paulus waarsku teen dié ding.

“For among them are those who worm their way into homes and captivate silly and weak-natured and spiritually dwarfed women, loaded down with the burden of their sins, and easily swayed and led away by various evil

desires and seductive impulses. These weak women will listen to anybody who will teach them; they are forever inquiring and getting information, but

are never able to arrive at a recognition and knowledge of the Truth.” 11 Tim. 3:6-7 – Amplified Bybel.

ONS VOLKOME STAND VAN GEREGTIGHEID IN

CHRISTUS WORD SIGBAAR IN ‘N GEDISSIPLINEERDE WANDEL IN HOM AS DIE

WEG VAN GEREGTIGHEID.

a) Joh. 6:48-58; 1 Pet. 2:1-10; Matt. 4:4; Matt. 7:15-29; Lukas 8:19-21; 11:27-28. Let op “hoor en doen” in hierdie Skrifgedeeltes. Dissipline en karakter.

b) Rom. 6:1-23; Gal. 5:1-26

Notas:

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ _____________________________________________________________________

________________________________________________________________

Page 27: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

27

Ons vyand is hoofsaaklik die vlees

(SELF)!

nderwysing in die geregtigheid het niks te make met ‘n groot deel van die Vernuwingsdimensie se leerstellings, onder andere, bloedlynvloeke,

die duiwel agter elke bos buite jou huis of elke ornament in jou huis, ens. te soek nie. Joh. 16:8-11 in die Amplified Bybel beskryf die Heilige Gees, die Gees van Waarheid, se bediening vir ons.

“And when He comes, He will convict and convince the world and bring demonstration to it about sin and about righteousness – uprightness of heart and right standing with God – and about judgment. About sin, because they

do not believe in Me – trust in, rely on and adhere to Me. About righteousness – uprightness of heart and right standing wiht God – because I go to My Father and you will see Me no longer. About judgment, because

the ruler (prince) of this world (satan) is judged and condemned and sentence already is passed upon him.”

Hy oortuig ons van Geregtigheid – ons regte stand in Christus voor God. Ook oortuig Hy ons dat met die vyand afgereken is! Jesus se Kruisdood en Opstanding uit die dode, Sy hemelvaart en die gee van die Gawe van die Heilige Gees, het met die vyand klaargespeel. Daar is nie tans ‘n stryd tussen goed en kwaad aan die gang met die uitslag van die geveg nog in die weegskaal nie. Bestaan die vyand nie meer nie? Dit sou dwaas wees om dit te sê. Hy het nie bestaansreg in ons en ons omgewing nie. Ons vyand is hoofsaaklik die vlees (SELF) wat vanweë ‘n liefde vir en ‘n verknogtheid aan die wêreld, die troonposisie in die tempel van God beset. Self is die antichris, die mens van sonde in die tempel van God (a). Christus woon in my gees. Verseker sal die “stofvreter” in my siel, as die vlees die oorhand het, “rondseil en eet.” (b). In Ef. 3:17 sê Paulus:

O

DEEL 11DEEL 11DEEL 11DEEL 11

“May you abound in and be filled with the fruits of righteousness (of right standing with God and right doing) which come through Jesus Christ, the

Anointed One, to the honor and praise of God – that His glory may be both manifested and recognized.” Fil. 1:11 – Amplified Bybel.

Page 28: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

28

“May Christ through your faith actually dwell – settle down, abide, make His permanent home – in your hearts! May you be rooted deep in love and

founded securely on love.” - Amplified Bybel.

Geliefdes, ons volkome stand voor God, die gevolg van Sy volmaakte Soenverdienste in Jesus Christus, hang dus nooit af van óf die aanvaarding van ‘n sekere leerstellige denkrigting óf die verwerping van ander nie. Ons praat graag van ons spesifieke geloofsleerstelling as “Sound Doctrine.” In Brooklyn, New York, het ek in ‘n gemeente bedien oor “Life versus Religion.” ‘n Doktor in teologie het my na die tyd gevra “What about sound doctrine?” Daar is duisende “kerkies” in Brooklyn. Op my teenvraag het hy nie ‘n antwoord gehad nie. “Who’s doctrine is ‘sound doctrine?’” Elke godsdienstige filosofiese denkrigting of “wette” wat sekere rituele voorstaan, sê net een ding: ”Jesus Christus alleen is nie genoeg nie.” Dink aan die beheptheid met die fisiese Israel, mense en land, die “pelgrimstogte,” die herbou van ‘n letterlike tempel waarin hulle sê ‘n mens gaan sit en sê dat hy “god” is, ens. Daar is NIKS Christussentries in dié filosofie nie (c). Ons het in die 21ste eeu Skrifgeleerdes geword wat ons Bybelse eweknie ver in die skadu kan stel. Die ontwikkeling van ons natuurlike verstand het ons “morsdood” gemaak (d). Ons gees brand nie met die Heilige Geesolie nie. Ons het “religion instead of relationship.” Ons fokus is op WAT ons glo en nie in die Een in WIE ons moet glo nie. Christus in ons gees is in “ballingskap.” Die siel onder die beheer van die SELF (eie-ek) is die tronkbewaarder. “EK IS WAT EK IS” kan nie van ons “brandende braambosse" maak nie (e).

“SOUND DOCTRINE IS CHRIST!” HY WOON AS DIE VOLHEID VAN GOD IN ONS GEES.

Page 29: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

29

a) 1 Kor. 3:9, 16-17; 6:19-20; 11 Kor. 6:16; Ef. 2:18-22; 1 Pet. 2:1-10; 11 Thes. 2:1-12; 1 Joh. 4:1-4. Let op WIE in jou is! Jy is ‘n verlengstuk van die Lewende Woord in die aarde – die Logos! 11 Kor. 3:1-6; 1 Kor. 12:12-31; Joh. 15:1-16; Ef. 1:20-23; 4:11-16; Rom. 8:28-29

b) Gen. 3:1-15; 1 Pet. 5:6-8; Jak. 4:1-10. “Onderwerp julle dan aan

God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.” Vers 7. Dit is nie twee aparte aksies nie. Die onderwerping aan die Koningskap van Jesus Christus, die aanvaarding van Sy heerskappy vanuit jou gees in jou siel, is die weerstaan van die duiwel. Oorwinning is geleë in gehoorsaamheid. “Gedurende Sy aardse lewe het Hy aan God, wat Hom uit die dood kon red, gebede en smekinge geoffer met harde geroep en met trane. En Sy gebede is verhoor vanweë Sy eerbiedige onderworpenheid aan God.” Heb. 5:7 – 1983 Vertaling. Wat was die gevolg van Jesus Christus se “eerbiedige onderworpenheid?” “I will not talk with you much more, for the prince (evil genius, ruler)

of the world is coming. And he has no claim on Me – he has nothing in common with Me, there is nothing in Me that belongs to him, he has no

power over Me.” Joh. 14:30 – Amplified Bybel.

Hierdie Oorwinnaar woon in jou en my! Prys die Here!

c) Hand. 7:47-49; 17:24; 1 Kor. 3:9, 16-17; 11 Kor. 6:16; 11 Thes. 2:1-12

d) Rom. 8:1-15; Joh. 6:63; 1 Kor. 2:1-16

e) Ex. 3:1-14; Matt. 5:12-14; Spreuke 20:27; Fil. 2:15

Notas:

______________________________________________________________________

____________________________________________________________________ _______________________________________________________________

Page 30: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

30

Die bediening van die Evangelie van

die Koninkryk van God het in

Genesis begin.

ns gesels oor 11 Tim. 3:16-17. Ons het reeds vers 16 bespreek. Ons gesprek is Christussentries. Vir watter klimaksdoelwit het God die hele

Skrif “ingeblaas?” “Sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.” 11 Tim. 3:17. The Message vertaal die Skrif soos volg: “Through the Word we are put together and shaped up for the tasks God has for us.” Lees ons die woorde “goeie werk” dink ons “Charismatiese brein” onmiddellik “preek, predikant, pastoor, profeet, evangelis, voorbidder, voorsanger, gospelsanger, kleingroepleier, musikant, duiwels uitdryf, berading, pastorale sielkundige, dosente en teologie, ens. Die lysie kan eindeloos aangaan. Koppel ons nog “werk” aan Joh. 14:6-13 waar Jesus sê dat ons “groter werke” as Hy sal doen, vererger ons “bedieningskoors” tot gevaarlike vlakke! Wat is ons probleem? Ons koppel die hele bediening sedert die uitstorting van die Heilige Gees 2000 jaar gelede aan die sondeval, die gevolge, en God se herstelprogram in Christus. Dit is slegs gedeeltelik reg. Ons moet by die begin begin. Voor die sondeval. God spel Sy Skeppersdoelwit in Genesis 1:26-28 uit. Hy beskryf die mens en dit wat sy werk is! “En God het gesê: Laat Ons mense maak na Ons Beeld, na Ons Gelykenis

en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. En

God het die mens geskape na Sy Beeld; na die Beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. En God het hulle geseën, en

God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die

O

DEEL 12DEEL 12DEEL 12DEEL 12

“You, therefore, must be perfect, as your Heavenly Father is perfect, that is, grow into complete maturity of Godliness in mind and character, having

reached the proper height of virtue and integrity.” Matt. 5:48 – Amplified Bybel.

Page 31: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

31

aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.”

Het jy ons twee Woordgidse – ONS WONDERLIKE OORSPRONG? Daarin word dit volledig bespreek. Vra dit gerus aan. Ons noem net vier dinge.

1. Heerskappy oor die visse van die see dui die diepte van die gesag waarmee God ons in Christus beklee het, aan.

2. Heerskappy oor die voëls van die hemel dui die hoogte van hierdie

regsbevoegdheid in Christus aan.

3. Heerskappy oor die hele aarde dui die globale omvang van ons regentskap aan!

4. Heerskappy oor al die diere op die aarde dui op die oppergesag oor alle demoniese magte en veral die “beast nature” wat dit in die tempel van God – ons liggame – wil ontplooi – die SELF of eie-ek!

Heerskappy! Regering! Koninkryk! Bewind! Konings! Heersers! Die boodskap van die Koninkryk van God, Sy bewind, kom vanaf Genesis. Dit is nie ‘n “nuwe leerstelling” nie! Die bediening van die Evangelie van die Koninkryk van God het in Genesis begin. “En hierdie Evangelie van die Koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies, en dan sal die einde kom.” Matt. 24:14. Wat sê Paulus in Rom. 5:17? “For if because of one man’s trespass (lapse, offense) death reigned through that one, much more surely will those who receive God’s overflowing grace (unmerited favor) and the free gift of righteousness (putting them into right standing with Himself) reign as kings in life through the One Man, Jesus

Christ, the Messiah, the Anointed One.”

ONS IS ‘N KONINKLIKE PRIESTERDOM, VERKRY DEUR DIE KOSBARE BLOED VAN

DIE LAM (a).

Page 32: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

32

a) Matt. 6:9-10; Lukas 17:20-21; Rom. 14:17; 1 Pet. 2:9-10; Open. 1:5-6; 1 Pet. 1:18-19. “Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met U bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers.” Open. 5:9-10.

Notas:

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ _________________________________________________________________

Page 33: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

33

Ons is lede van die Christusliggaam.

at is die werklike rede vir die Geesinspirasie van die hele Skrif? “That the man of God may be perfect ...” - KJV. Let weer op die

enkelvoud “man.” Dit bring ons weer by Ef. 4:13. “... unto a perfect man, unto the measure of the stature of the fullness of Christ.” - KJV. Wat het ons in Matt. 5:48 gelees? “Be ye therefore perfect even as your Father which is in heaven is perfect.” - KJV.

WOORDKRAG.WOORDKRAG.WOORDKRAG.WOORDKRAG. “Perfect”, in Afrikaans “volmaak” is in Grieks

“teleios.” Dit beteken “adult, full-grown, of full age.” Dit staan in teenstelling met “nepios, paidon” of dan babas, kleuters, klein kinders of kinders. “Teleios” word in Matt. 5:48 en Ef. 4:13 gebruik. Die woord wat Paulus in 11 Tim. 3:17 vir “volkome” (Engels – perfect) gebruik is “artios.” Dié woord beteken elke deel van dit wat ‘n geheel uitmaak is sodanig ontwikkel dat dit as ‘n eenheid vir die vooraf beplande doelwit gebruik kan word.

Mag die Heilige Gees ons help om hierdie waarheid in Christus duidelik in te sien en ook te verstaan. Ons is lede van die Christusliggaam – ‘n organisme en nie ‘n organisasie nie. Ons kan net wanneer elke seun sodanig ontwikkel het, sodanig in Christus opgegroei het dat hy of sy saam met ander seuns wat ook volkome of volmaak is, as ‘n geheel – EEN MAN – gebruik word vir die oorspronklike Skeppersdoelwit. Wanneer ons saam “artios” is, dan is ons “teleios.” In ‘n gesonde liggaam ontwikkel elke orgaan, klier, spier – alles tot volwassenheid.

W

DEEL 13DEEL 13DEEL 13DEEL 13

“Sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.” 11 Tim. 3:17.

Page 34: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

34

SAADGEDAGTES

• In Open. 12:5 en 13 in die King James Bybel lees ons van die vrou wat ‘n “man child” gebaar het. Die Grieks vir “man child” is “arrēn.” Dit beteken “male, men” of “man.” Let op die enkelvoud. “A corporate son. Christ is a many-membered body.”

• Die woord vir “man” in Ef. 4:13 is “aner.” Alhoewel die woord met

man vertaal word, is die woord nie ‘n geslagsterm nie maar dit dui op Geestelike volwassenheid. “Arrēn” is verwant aan “airo” wat, onder andere, “lifting” beteken. Die gedagte is dat ‘n man sterker is as ‘n kind.

“THE SONS OF GOD ARE ONE MATURE MAN IN CHRIST.”

Notas:

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

_________________________________________________________________ _____________________________________________________________

Page 35: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

35

Heerlikheid is dit wat God is.

ees Joh. 12:20-24. Die Grieke, wat die nasies simboliseer, versoek om Jesus te sien. Hulle rig die versoek aan Filippus wat “perdeliefhebber”

beteken. ‘n Perd in die Skrif simboliseer oorwinning – die oorwinnaars (a). Filippus van Betsaida, wat vishuis, nette of jagplek beteken. Waarvan is die wêreld moeg? Ons derduisende “kerke”, leerstellings, rituele – alles wat met godsdiens te make het. Die “sukses” van die kerk in sy wye verskeidenheid van vertakkings, gemeet aan die omvang van sonde, siekte, ellende, geweld – ag al die dinge wat duisternis tipeer, is uiters skraal.

SAADGEDAGTES

• Lees Hand. 15:13-17. Die nasies, deel van die skepping, soek

oplossings. Dink aan die baie berade oor aardverwarming, die verarming en ellende van mense, ens. Hulle vind nie oplossings nie. Hulle wil Jesus sien.

• Hulle kom by die oorwinaar(s), die seun(s) van God met die versoek

om Jesus te sien.

• Ons leef in die begin van die Fees van Tabernakelsdimensie. Dit dui op die manifestasie van die teenwoordigheid van Christus en ook op die groot oesinsameling.

Wat was Jesus se antwoord? “... Die uur het gekom dat die Seun van die mens verheerlik moet word.” “Die uur ...” Wat maak Jesus se antwoord baie belangrik en tog ook eienaardig? “Die Seun van die mens wil Sy heerlikheid manifesteer.”

L

DEEL 14DEEL 14DEEL 14DEEL 14

“Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.”

Joh. 12:24.

Page 36: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

36

SAADGEDAGTES

• Wat het die mens sedert die sondeval nie? “Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die Heerlikheid van God.” Rom. 3:23. Geen mens wat al ooit gebore was of nog fisies gebore sal word, is in die Beeld van God nie. Goed of sleg, ons bevat geen heerlikheid nie. Beeld het niks te make met ons menslike eienskappe teenoor dierlike eienskappe nie. Heerlikheid is dit wat God is, beide Sy karakter en aard asook Sy krag en vermoë sigbaar en beskikbaar.

• Wie is die Beeld of Heerlikheid van God? “Die Seun is die Beeld van

God, van God wat self nie gesien kan word nie. Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping.” Kol. 1:15 – 1983 Vertaling. “Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God.” Heb. 1:3 – 1983 Vertaling.

• Waar is Jesus Christus, beide God se hoop op heerlikheid asook ons hoop op heerlikheid? “God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid.” Kol. 1:27 – 1983 Vertaling.

In Joh. 12:24 verwys Jesus Christus na Homself as die Koringkorrel wat Sy lewe moet gee deur te sterf. In Matt. 20:28 sê Hy, “Net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en Sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie.” Die woord “lewe” in Grieks is “psuche.” Dit beteken siel. Wat maak ‘n koringplant en die are vol korrels uniek? Dit is ‘n selfbestuiwende plant! Net dit wat in die Oorspronklike Korrel was, word in die halm vol korrels “gereproduseer.” Die Seun en seuns! Die Koning en konings. Die Here en heres. Wat Hy is, is elke broer! Die lewe van Jesus, die Hoof, vloei deur die Christusliggaam; die lewe van die Wynstok dra vrug aan die lote.

Page 37: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

37

CHRISTUS DIE HOOP OP HEERLIKHEID IS TANS NOG VERBORGE IN ONS. WANNEER DIE SEUN

VAN DIE MENS VERHEERLIK WORD, WORD HY SIGBAAR IN ELKEEN VAN SY BROERS!

a) Open. 2:7, 11, 17, 26-29; 3:5-6, 12-13, 21-22. “Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.” Open. 21:7. Let weer op die enkelvoud om baie se posisie te verduidelik. Die volwasse man in die beeld van God is die seun(s) vir God; hierdie seun(s) is die broers van Jesus in Sy beeld en die seun(s) is die oorwinnaar wat alles beërwe. Ons beklemtoon die enkelvoud van die volwasse MAN in die beeld van Christus. Christ is a many-membered body.

Notas:

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ _____________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ __________________________________________________________________

______________________________________________________________

Page 38: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

38

Ons is “bevrug” met Christus.

ank die Here – die Koringkorrel het Sy lewe gegee. Hy word in elke mens wie weergebore word se gees as ‘n Lewende Woord, ‘n

Onverganklike Saad geplant. “You have been regenerated – born again – not from a mortal origin (seed, sperm) but from one that is immortal by the ever Living and Lasting Word of God.” 1 Pet. 1:23 – Amplified Bybel. Die Koringkorrel het alles wat Hy is en ook alles wat Hy kan doen in Sy broers se gees belê. Ons is “bevrug” met Christus. In die profetiese spraak van Adam in Gen. 2:23-24 kan ons saam met Paulus in Ef. 5:30-32 uitroep dat ons “lede van Sy liggaam” is, “van Sy vlees en Sy bene.” Die beginsel wat die Heilige Gees wil beklemtoon is die “aflê” van die koringkorrel se lewe. Slegs dan vind “reproduksie” van soortgelyke gehalte plaas. Die Seun van God, Jesus Christus, dié Koringkorrel het dit gedoen. Wat gaan elke seun van God in wording, waar hulle tans wêreldwyd in stilte die formasie van Christus in hulle beleef, ondervind? “SELF”, eie-ek, sielsgedrewe drome en begeertes asook talente sal afgelê moet word. Hoekom? Slegs dan kan die Openbaring van Jesus Christus in en deur hulle ‘n werklikheid word. Dit is die manifestasie van die Seun in die seuns, Christus in Sy broers, waarna die Skepping met ‘n groot verlange uitsien (a). ‘n Mens bak nie met koringkorrels brood nie. Broodmeel is die resultaat van gemaalde korrels. Let daarop – baie korrels word EEN! Korrel-Piet, Korrel-Marie ens. is nou net meel! Jy weet nie meer wat die seuns se name, ras, stand of wat ook al was nie. “Eie-ek” (self) is geheel en al vervang met “EK IS WAT EK IS!” Hierdie broodmeel word met water gemeng.

D

DEEL 15DEEL 15DEEL 15DEEL 15

“I assure you, most solemnly I tell you, Unless a grain of wheat falls into the earth and dies, it remains just one grain; never becomes more but lives

by itself alone. But if it dies, it produces many others and yields a rich harvest.” Joh. 12:24 – Amplified Bybel.

Page 39: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

39

Ook word suurdeeg bygevoeg. Water is simbolies van die Woord en Gees. In Joh. 6:63 sê Jesus, “Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is Gees en is Lewe.” Wat is die doel van die suurdeeg? Dit laat die brood rys voordat dit gebak kan word.

WOORDKRAG.WOORDKRAG.WOORDKRAG.WOORDKRAG.

Lees weer 11 Tim. 3:17. “Volkome” in Grieks is

“artios.” Hierdie woord is verwant aan “arti” en “artos.” Dit beteken, onder andere, “bread as raised.” Brooddeeg wat met suurdeeg ingesuur en deurgeknie is sodat dit kan rys. Om die rysproses reg te laat verloop, moet die brooddeeg toegemaak of in iets gesit word wat dit warm maak.

Wat is die suurdeeg? “’n Ander gelykenis het Hy hulle vertel: Die Koninkryk van die hemele is soos suurdeeg wat ‘n vrou neem en in drie mate meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is.” Matt. 13:33. Die Koninkryk van God, Sy bewind of bestuur. In koringkorrels leef SELF (eie-ek) nog in ‘n mindere of meerdere mate. Jy kan “confess” tot jy blou is dat jy nie meer leef nie en Christus in jou leef – jy sal baie gou in dié lewe uitvind hoe lewendig SELF (eie-ek) nog is. In meel leef ”EK IS WAT EK IS!” Lees Ex. 3:14. Drie mate meel! Drie dui op Goddelike Volmaaktheid – volkome. Dit staan vir “werklik, voltooi, real, substantial, entire.” Ook is dit die getal wat op die Opstanding van Jesus uit die dode wys. “Up from the grave He arose with a mighty triumph over His foes...!” Die “bakoond” (graf) kon Hom nie hou nie. Die doeke kon Hom nie inperk nie. Die suurdeeg in Hom het gewerk! “Vader nie My wil nie maar U wil geskied.” Kyk hoe rys Hy!

Page 40: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

40

“GEDURENDE SY AARDSE LEWE HET HY AAN GOD, WAT HOM UIT DIE DOOD KON RED, GEBEDE EN SMEKINGE GEOFFER MET HARDE GEROEP EN

MET TRANE. EN SY GEBEDE IS VERHOOR VANWEË SY EERBIEDIGE ONDERWORPENHEID

AAN GOD.” Heb. 5:7 – 1983 Vertaling.

a) Rom. 8:19-25. Die seuns van God sal nooit deur die “confess and possess” geloofsproses tot ontplooiing kom nie. Dit is ‘n dwaling. Ons beeld van heerlikheid word met Sy beeld van heerlikheid deur ‘n intieme verhouding vervang – ‘n van-aangesig-tot-aangesig verhouding. Aanskouing bring verandering. 11 Kor. 3:17-18. “Beholding Him.”

Notas:

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ _____________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ _____________________________________________________________________

________________________________________________________________

Page 41: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

41

Elke druiwekorrel is vol Wynstoklewe.

ees Joh. 15:1-16. Die sleutelbegrip wat ons in vers 16 wil uitlig is “vrug wat bly.” Blywende vrug. Druiwe op sigselwers is nie blywende vrug

nie. Word dit aan die loot gelaat, sal dit vrot. Ook kan druiwe ‘n mens nie “onder die invloed” bring nie. In watter vorm is dít wat in die korrels is, die lewe, vrug en smaak, ‘n blywende vrug? Wyn! Onthou – die Wynstok se lewe het die vruginhoud bepaal. Wyn gebottel kan vir honderde jare bewaar word. Soos dit met koring die geval was, moet ook die druiwekorrels hulle individualiteit prysgee. Dit is die laaste groot struikelblok in die weg van die manifestasie van Jesus Christus in Sy broers. Ons koester ons identiteit. Dit skep beweegruimte. Ons “voel” vry. Die prysgee van identiteit in die proses van wynmaak is die vrystel van die inhoud van die korrels. Elke druiwekorrel is vol Wynstoklewe. Deur parsing word die vol geur, lewe of dan inhoud van die korrels vrygestel. Dan is daar prosesse van versnyding, suiwering asook veroudering voordat ‘n wyn van werklike gehalte geproduseer is. Die oond vir die brood en die parskuip vir druiwekorrels, reken finaal met “SELF” af! Die “rys” van die brooddeeg en die “gisting” van die wyn is die finale vervanging van ons denke met Christusdenke. Sy heerskappy in ons gees het uitgebrei. Ons siele is “verower” – dit is herstel. Nou kan Hy in Sy onverganklike, ewige, onsterflike opstandingslewe in ons liggame manifesteer.

“Daarom, my geliefdes, vlug vir die afgodediens. Ek spreek soos met verstandige mense: oordeel self wat ek sê: die beker van

L

DEEL 16DEEL 16DEEL 16DEEL 16

“You have not chosen Me, but I have chosen you – I have appointed you, I have planted you – that you might go and bear fruit and keep on bearing;

that your fruit may be lasting (that it may remain, abide); so that whatever you ask the Father in My Name as presenting all that I AM He may give

it to you.” Joh. 15:16 – Amplified Bybel.

Page 42: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

42

danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die

gemeenskap met die liggaam van Christus nie? Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood.”

1 Kor. 10:14-17.

Wie dink julle is die brood en wyn van die Verbondsmaal? Daardie embleme wat ons tydens ‘n Nagmaalbyeenkoms gebruik? Nee! Die seuns van God, ‘n erdekruik vol Heerlikheid, EEN LIGGAAM, is die wyn en brood. Die nasies gaan ons “eet.” Wat “eet” hulle? Die Christus wat as Woorde van Gees en Lewe uit ons vloei. Hulle “drink” en “eet” dus eintlik Christus as die Lewe van God (a). “Valid ministry is the release of the indwelling Christ.”

SAADGEDAGTES

• “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.” 11 Tim. 3:16-17.

• Die Bybel of Geskrewe Woord moet deur die Heilige Gees vir ons

lewend gemaak word. Die letter maak dood – die Gees maak lewend. Die Gees en Lewe van die hele Skrif is Jesus Christus. Hy is die Lewende Woord.

• “Like newborn babies you should crave – thirst for, earnestly desire – the pure (unadulterated) Spiritual milk, that by it you may be nurtured and grow up unto completed salvation.” 1 Pet. 2:2 – Amplified Bybel.

DESTYDS WAS DAAR NIE ‘N BYBEL NIE! DIE LEWENDE WOORD SELF WAS HULLE SPYS

EN DRANK (b).

Page 43: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

43

a) Joh. 4:10-14; 7:37-39; 14:6; 10:10; 1 Joh. 1:1-2; Kol. 3:1-4; 1 Joh.

5:11-12; 1 Kor. 3:9, 16-17; 1 Kor. 6:16; 1 Pet. 4:11; 11 Kor. 3:1-6; Jer. 2:13; 17:13; Eseg. 47:1-12; Psalm 46:5; 65:10. Let op die “stroompies” wat ‘n “rivier” word! Die seuns van God gaan nooit, let wel nooit, as individue gemanifesteer word waar die fokus weer op “Piet de Wet” (self – eie-ek) is nie! Dit gaan ‘n EEN MAN, EEN BROOD, EEN WYN manifestasie wêreldwyd wees – op God se tyd!

b) Joh. 1:1-18; 1 Joh. 1:1-2; 6:48-58; Open. 19:13; Heb. 4:12. In

Handelinge lees ons by herhaling, “En die Woord van God het toegeneem ...” Hand. 6:7. Wie is die Woord van God in vlees – dit wil sê in ‘n liggaam? Jesus Christus. “He was and is the Divine Expression, the Logos of God.” Om “Logos” in verstaanbare Afrikaans te vertaal kan ons sê, “Jesus Christus was God se woorde uitgedruk.” So, die “groei van die Woord” in Handelinge is die “groei” van die Christusgetuienis in die aarde. 1 Tim. 3:16; 1 Joh. 4:1-4 in die King James Bybel; Hand. 1:8; 1 Kor. 12:12-31; Matt. 4:4.

Notas:

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

____________________________________________________________________ ________________________________________________________________

Page 44: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

44

Die seuns van God is die

Brief van Christus!

ees Ef. 4:11-16. Let op die feit van Sy Hoofskap! Seuns het die “mind of Christ.” Hulle is aan Hom verbind en nie aan ‘n aardse leier nie. Ef.

1:10 in die Amplified Bybel bevestig God se doelwit. “He planned for the maturity of the times and the climax of the ages to unify all things and head them up and consummate them in Christ, both things in heaven and things on the earth.” Ons praat van korporatiewe begrippe wanneer ons van die seun(s) van God, die man (mense) wat tot Geestelike volwassenheid opgegroei het, of die oorwinnaar(s), praat. Individuele volwassenheid wat korporatief sal manifesteer.

“For because of Him the whole body (the church, in all its various parts closely) joined and firmly knit together by the joints and ligaments with which it is supplied, when each part with power adapted to its need is

working properly (in all its functions), grows to full maturity, building itself up in love.” Ef. 4:16 – Amplified Bybel.

Ons kan die eenheid in verskeidenheid verder voer. In hierdie sin is agt woorde. Elke woord beteken iets en saam vorm dit ‘n sin met ‘n spesiale betekenis. Die paragraaf hierbo bestaan uit ‘n klomp woorde gegroepeer in sinne en saamgegooi in ‘n paragraaf. Elke woord beteken iets. Die sinnetjies sê elkeen iets. Die paragraaf het ‘n spesifieke boodskap. DIE SEUNS VAN GOD IS DIE BRIEF VAN CHRISTUS!

“Begin ons weer om onsself aan te beveel? Of het ons miskien, soos sommige, aanbevelingsbriewe nodig aan julle of van julle? Julle is

L

DEEL 17DEEL 17DEEL 17DEEL 17

“En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle

dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God,

tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus.” Ef. 4:11-13.

Page 45: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

45

ons brief, geskrywe in ons harte, geken en gelees deur alle mense; omdat julle duidelik ‘n brief van Christus is deur ons diens berei, geskrywe nie met

ink nie, maar met die Gees van die Lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die hart.

So ‘n vertroue het ons deur Christus by God. Nie dat ons uit onsself

bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit God, wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ‘n Nuwe Testament, nie van die letter nie, maar van die Gees; want die letter maak dood, maar

die Gees maak lewend.” 11 Kor. 3:1-6.

Elke seun is ‘n woord. Vyf woorde in die sin – elkeen uniek met ‘n eie betekenis. Maar saam in die sin het dit ‘n groter betekenis. Elke seun is ‘n woord in die Christusbrief. Saam vorm ons sinne, paragrawe, bladsye – die brief. Wie lees die mense in ons? Jesus Christus. Die krag van eenheid in verskeidenheid. Ons is die Lewensboek van God. Wanneer die Een op die Troon die boek op Sy vasgestelde tyd oopmaak, is dit die ontsluiering, die sigbaar word, die manifestasie van Christus in Sy broers (a). Wanneer ons praat van die EEN MAN, die seun(s), die oorwinnaar(s), praat ons nie van die verlies van uniekheid nie. Ons is nie ‘n klomp “rooiworsies” wat almal eenders lyk en smaak nie. Kyk weer na letters, woorde, sinne en paragrawe. “A” is a; “aflê” is ‘n woord. Lewe aflê is ‘n sin. Verskeidenheid in eenheid. Is dit nie in teenstelling met dit wat die Heilige Gees van “brood” en “wyn” gesê het nie? Nee. Wanneer ons siele volkome herstel is, is die Gelykenis van Christus binne die raamwerk van my uniekheid gevestig en sigbaar. Dink aan die note op die klawerbord van ‘n klavier. Elke noot het ‘n spesifieke klank. Sou al die note net een klank gehad het, sou ‘n pianis geen wysie op die klavier kon speel nie. Uniekheid, elke noot het ‘n eie klank, word in verskeidenheid ‘n klawerbord waarop ‘n goeie pianis die wonderlikste melodieë kan speel. Lees weer Ef. 4:11-16. God se gawes aan die kerk, die Lewende Organisme, is die klavierstemmers. Sodra jy die note onder jou bediening gestem het

Page 46: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

46

en daar nie meer vals klanke is nie, skakel hulle – die note – by die groter geheel in. Klavierstemmers is gewoonlik nie pianiste nie. Te veel godsdienstige leiers wil op hul “ou ramkietjie met nog net een snaar ...” hulle eie deuntjies speel. Die getokkel op duisende leerstellings en “kerke” (organisasies) in die wêreld het so ‘n vals klank dat die wêreld glad nie na hul musiek wil luister nie.

“AT THE SAME TIME YOU RECEIVE THE RESULT (OUTCOME, CONSUMMATION) OF YOUR FAITH,

THE SALVATION OF YOUR SOULS.” 1 Pet. 1:9 – Amplified Bybel.

a) Rom. 8:19-30; Open. 5:1-10

NOTA. “Klavierstemmers” gee nie konsterte in ouditoriums nie. Wie bespeel God se “klavier?” Die Heilige Gees! Wie is die simfonie wat Hy met vaardige kunstenaarshande op die klawerbord optower? Jesus Christus. Elke noot se klank is Jesus Christus. Saam kan die note soet klanke voortbring. My oorlede moeder was ‘n uithaler pianis. Ek hoor haar in my verbeelding dikwels nog speel en sing. Afsonderlik – tog gesamentlik.

Notas:

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ _________________________________________________________________

Page 47: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

47

Ons groei nog op tot Geestelike

Volwassenheid.

ees Joël 2:1-17. Dit is die seuns van God, Sy leermag in aksie. Watter wonderlike hoofstuk. ‘n Magtige volk word soos die môreskemering

uitgesprei oor die berge (a). “Berge” is simbolies van koninkryke – individueel en in groepsverband (b). “Môreskemering” is simbolies van die Son van Geregtigheid, Jesus Christus, se “opkoms.” Hy is die Son en ons die strale! (c). Een Son – baie strale! HULLE BLY IN GELID Wie het al op TV gesien as die soldate van China op die Rooiplein marsjeer? Selfs die soldate van Noord Korea. Duisende individue – soos een man. Joël 2:7-8 is nie ‘n mandaat vir elke rammetjie-uitnek persoon om te sê, “Ek is ‘n seun en doen wat ek wil” nie. Daar is wêreldwyd ‘n paar baie windmakerige bedienaars wat allerlei aansprake, soos selfs onsterflikheid maak, wat ‘n baie slegte betekenis aan die wonderlike boodskap van Jesus Christus as Koning en Sy Koninkryk gee.

SAADGEDAGTES

• Die sleutel tot die uniekheid en diversiteit van God se leermag moet gesien word in die woorde “... maar hulle bly in gelid” In 1 Kor. 14:33 lees ons “want God is nie ‘n God van wanorde nie...” Lees 1 Kor. 14:1-40 en sien hoe vers 33 in konteks van die “Corpus Christi” in sitting – die liggaam van Christus in aksie – gebruik word.

L

DEEL 18DEEL 18DEEL 18DEEL 18

“Soos helde hardloop hulle, soos krygsmanne klim hulle op die muur, en elkeen gaan sy eie koers; hulle verander nie van pad nie. En die een druk

nie die ander nie; elkeen gaan sy eie pad; en tussen wapens deur val hulle; maar hulle bly in gelid.” Joël 2:7-8.

Page 48: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

48

• Wat kenmerk die Paasfees- en Pinksterfeesdimensies – die Voorskotdimensies? Onvolwassenheid en wanorde. Is dit ‘n beskuldiging of ‘n belediging? Nee, net ‘n feit. Ons het drie dogters grootgemaak. Ons onthou die dae van onvolwassenheid en wanorde. Vandag is al drie volwasse dames wie se lewe in orde is.

• Herhaling is goed! Daar is nog nie êrens in die wêreld ‘n gemanifesteerde seun van God met onverganklikheid of onsterflikheid in sy liggaam nie. Ons het nog nie verheerlikte liggame nie. Ons groei nog op tot Geestelike volwassenheid. Waarmee spook ons dus nog dikwels? Wanorde. Ons is uit pas uit. Die klank van die noot is soms vals.

• Dit is waarom ons die meule, die bakoond en die wynpers nodig het.

“LONE STAR RANGERS”

Het jy al ‘n “Western Movie” gesien? Dalk was John Wayne die held in die verhaal. Wat van “Western” boeke! Die “Lone Star Ranger” wat die dorpie wat deur skurke beheer word, op sy perd inry en gou met die “slegtes” afreken sodat die “goeies” kan aangaan met hulle lewe. Dorpstemmers! Vinnig met die skietyster. God se seuns is nie “Lone Star Rangers” nie! “Die Here het dié dorp vir my gegee!” Watter aanmatiging. ‘n Baie bekende bedienaar het jare gelede gesê dat die Here Pretoria en Johannesburg vir ........ gegee het. Hy het twee bekende bedienaars se name genoem. As jy in Pretoria vir die Here wil werk, moes jy eers toestemming by God se “baas” vir die dorp kry. Watter onsin.

DIE DAE VAN DIE “LONE STAR RANGERS”

IS VERBY! GOD SE LEERMAG ONDER AANVOERING VAN JESUS CHRISTUS, DIE

LEWENDE WOORD, SPREI SOOS DIE MÔRESKEMERING OOR DIE BERGE UIT.

Page 49: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

49

a) 1 Pet. 2:9-10; Hand. 15:13-17; Matt. 21:33-45; 11 Kor. 5;17; Joh.

1:12-13; 3:3-8; 1 Kor. 12:12-13; Gal. 3:26-29; 5:6; 6:15; 1 Kor. 13:13; 1 Joh. 4:17; Hand. 1:8

b) Dan. 2:28-45; Jes. 2:2-3; Miga 4:1-2; Eseg. 36:26-27; 11:19; Jer.

31:33; Heb. 8:10-11; 10:16-17; 11 Kor. 3:1-6; Psalm 2:1-12; Open. 2:26-29; 3:22

c) Joh. 1:1-13; 8:12; 14:6; 6:63; Matt. 5:12-14; Fil. 2:15; Jes. 60:1-3

Notas:

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ _____________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ ________________________________________________________________

Page 50: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

50

Die Môrester – Jesus Christus.

et jy ons Woordgids met die titel, “EK IS ... DIE BLINK MÔRESTER?” Dit sal jou Geestelike insig in Christus as die

Môrester van hoop in ons gees en siel gee. In Open. 2:26-29 lees ons: “En aan hom wat oorwin en My werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, en hy sal hulle regeer met ‘n ysterstaf; soos erdegoed

word hulle verbrysel, net soos Ek ook van My vader ontvang het. En Ek sal hom die Môrester gee. Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees

aan die gemeentes sê.”

Let weer op hoe na die oorwinnaar(s) in die enkelvoud verwys word ... “Hom ... Hy ...” wys weer op die liggaam van Christus, die seuns van God as ‘n eenheid. Ons kom tot ‘n volwasse MAN in Hom. Weereens het ons die woord “werke.” Wie se werke? Die Here sin. Waarna word verwys? Primêr die Skeppingsdoelwit en opdrag soos in Gen. 1:26-28 aangedui. Oorwinning is slegs moontlik as ‘n mens hoor wat die Gees tot die gemeente spreek. Wat of Wie ontvang oorwinnaars? Die Môrester – Jesus Christus. SUPERSTERRE Daar is nog geen mens in wie Christus gemanifesteer is nie. Ook is daar nog geen gemanifesteerde seun van God nie. God is nie op soek na “supersterre” nie! Supersterre is verskietende sterre. Daar is en was al mense wat in die gloed van menseverering (Idol-aanbidding) onsterflikheid bely het. “Confess and possess.” Baie is al oorlede en as God nie Sy Seun in Sy seuns as Sy opstandingslewe, Sy onverganklike lewe gaan openbaar nie, gaan almal wie nou breedsprakerig onsteflikheid bely, sterf! Mense het al deur die jare baie dinge self probeer om dit wat God self op Sy tyd en Sy manier sal doen, te probeer bewerkstellig. ‘n Persoon het jare gelde vir 144,000 mense hande opgelê om hulle met die “mind of Christ”

H

DEEL 19DEEL 19DEEL 19DEEL 19

“EK IS ... die Blink Môrester!” Open. 22:16.

Page 51: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

51

te verseël. Hulle is feitlik almal al oorlede. Seunskap kom nie deur hande-oplegging, lering, met olie salf, met heilige water besprinkel of watter rituele ook al nie. Dit kan nie op God, deur ons aktiwiteite, verwagtings of geloof afgedwing word nie. Rom. 8:19 in die J B Phillips Bybel is goed. “The whole creation is on tiptoe to see the wonderful sight of the sons of God coming into their own.” Ons kan doen net wat ons wil – ons kan nie aan Christus “geboorte skenk” volgens ons geloofsuitsprake en verwagtings nie. Dit sal op God se tyd gebeur. Almal wie die Here in die verlede kragtig gebruik het, en diegene wie Hy hedendaags gebruik, funksioneer nog net in die beperkte dimensie van die Pinkstervoorskot. Baie van hulle is deur mense “idols” gemaak. Supersterre wat verskiet het! Die seuns van God sal, wanneer die Seun in hulle geopenbaar word, die môresterre van God wees! “EK IS ... die Blink Môrester” is in hulle binnemens ‘n helder lig. As EEN MAN sal hulle die skepping van die verslawing deur verganklikheid bevry. Lees Rom. 8:19-30. Almal wat hier uitgewoon en by die Here ingewoon het, sal deel van Sy leermag in die aarde wees; hulle sal deel van die wolke van Sy verskyning wees. Wat hulle in die “hemel”, dit is die Geeswêreld beleef en doen, weet ons nie. Ons situasie is egter baie duidelik. Ons is nog net beloftewolke! Op God se tyd sal die wit wolke verkleur tot grys en dan amper swart. Ons sal loodswaar met die reën word. Bliksems sal klief en sweepslag. Dan sal die reën kom!

“Sy bliksems verlig die wêreld; die aarde sien dit en bewe.” Psalm 97:4.

“Hy sal neerdaal soos Reën op die grasveld, soos Buie – ‘n Swaar Reën op die aarde.” Psalm 72:6.

“Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan,

sodat ons voor Sy aangesig kan lewe. En laat ons ken – laat ons dit najaag om die Here te ken ; Sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die Reën, soos die Laat Reëns wat die aarde besproei.” Hoséa

6:2-3.

Page 52: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

52

Paulus het die verskil tussen ‘n”superster” en ‘n “Môrester” baie goed begryp. Let op waar word Christus sigbaar! “This is in keeping with my own eager desire and persistent expectation and hope, that I shall not disgrace myself nor be put to shame in anything; but

that with the utmost freedom of speech and unfailing courage, now as always heretofore, Christ, the Messiah, will be magnified and get glory and

praise in this body of mine and be boldly exalted in my person, whether through (by) life or through (by) death.” Fil. 1:20 – Amplified Bybel.

“Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.” Fil. 1:21.

SEUNS VAN GOD IS MÔRESTERRE WAT VOOR GOD JUBEL EN HULLE MANIFESTEER “EK IS ...

DIE BLINK MÔRESTER!” (a).

a) Job 38:7; Open. 2:26-18; 11 Pet. 1:19; Open. 22:16.

Notas:

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ _____________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

_________________________________________________________________ ____________________________________________________________

Page 53: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

53

As jy werklik weergebore is het ek

baie Goeie Nuus vir jou!

eliefde, is jy waarlik weergebore? Het jy persoonlik Jesus Christus as Redder, Verlosser en Saligmaker aangeneem? Het jy die opwekking van

jou gees, die bruising, beleef toe nominale geloof ‘n lewende geloof in Jesus Christus geword het? Daar is miljoene mense wat geloof in Jesus Christus bely. Dit is wonderlik. As jy werklik weergebore is het ek baie Goeie Nuus vir jou (a). CHRISTUS WOON IN JOU GEES! Of jy dit glo of nie wil glo nie – dit maak nie saak nie! Hy woon in jou gees; julle het EEN GEES geword. “Maar ‘n mens wat hom aan die Here verbind, word Geestelik een met Hom.” 1 Kor. 6:17 – Lewende Bybel. Vra jouself die vraag - glo ek in Jesus Christus? Is jou antwoord “ja?” Die Lewende Bybel vertaal 11 Kor. 13:5 soos volg: “Vra julleself af of julle in Christus glo. Julle sal moet erken dat Christus in julle woon, anders aanvaar God julle nie.” Die J B Phillips Bybel vertaal die Skrif soos volg: “You ought to know by this time that Christ Jesus is in you, unless you are not real Christians at all...”

SAADGEDAGTES

• Christus Jesus woon in elke ware weergeborene se gees. “May Christ through your faith actually dwell – settle down, abide, make His permanent home – in your hearts! May you be rooted deep in love and founded securely on love.” Ef. 3:17 – Amplified Bybel. Hy het permanent in jou gees gevestig. Of jy ‘n baba in die Here is en of jy al Geestelik opgegroei het tot die volle grootte van die gestalte van Christus – Hy woon in jou en my.

G

DEEL 20DEEL 20DEEL 20DEEL 20

“Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef. Of is julle nie seker van julself dat Jesus Christus in julle is nie ...” 11 Kor. 13:5.

“Put yourselves to the test and judge yourselves, to find out whether you

are living in faith. Surely you know that Christ Jesus is in you? ...” - Good News Bybel.

Page 54: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

54

• Wat gebeur wanneer die Heilige Gees jou Geestelike ore en oë oopmaak? Jy word verlos van alle vorms van godsdiens en begin in verhouding met die Here in jou gees leef. Jy ontvang met sagmoedigheid Hom as die Lewende Woord in jou siel.

• Wat is die gevolg in jou siel? Paulus se gebed in Gal. 4:19 gee die antwoord. “My little children, for whom I am again suffering birth pangs until Christ is completely and permanently formed (molded) within you!” Christus in jou gees is ‘n afgehandelde werklikheid. Nou vind daar ‘n formasie van Hom in jou siel plaas. Hy vervang jou denke met Sy denke. Dit is die vestiging van Sy Koningskap in jou siel.

• Wat is die eindresultaat van jou geloof in Jesus Christus? “At the same time you receive the result (outcome, consummation) of your faith, the salvation of your souls.” 1 Pet. 1:9 – Amplified Bybel.

Dit is wat tans met die seuns van God wêreldwyd gebeur. Ons begin die werklikheid van Gal. 2:20 beleef! “Ek is met Christus gekruisig en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof ‘van’ die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.” Ons is nog nie, wat belewenis van die afgehandelde werklikheid in Christus betref, by die praktiese belewenis daarvan nie. Baie Koninkryksbedienaars sê ons moet dit net “confess and possess.” So eenvoudig is dit nie. ‘n Normale swangerskap vat sy tyd. Babas wat te vroeg gebore word het in die meeste gevalle probleme. Alles is nog nie ontwikkel soos dit moet wees nie. Ons “swangerskap” met Christus “wys!” Maar, Hy is nog nie in ons gemanifesteer nie. God sal op Sy tyd, wanneer die formasie van Christus in ons siele afgehandel is, Hom in ons openbaar. Wie lei ons in die spore van geregtigheid om ons siele te herstel – die formasie van Christus? Die Here self (b). Wat doen ons? Ons ontvang Sy inspraak van Gees en Lewe – dit herstel ons siele (c).

Page 55: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

55

DIE VERWEKKING VAN CHRISTUS IN ONS GEES ASOOK DIE OPENBARING VAN HOM IN ONS SIELE EN DIE VERHEERLIKING IN ONS LIGGAME, IS DIE

WERK VAN GOD (d).

a) Joh. 1:1-13; 3:3-8; 4:24; 1 Kor. 6:17; 1 Pet. 1:23

b) Psalm 23:1-6. Wat is die duidelikste bewys dat ons siele herstel is? Ons leefwyse sal Sy Name verheerlik. Wat beteken dit? Kom ons kyk na ‘n voorbeeld. Jehovah Shalom – God is vrede. Ons sal midde die wêreldomstandighede in die vrede van die Here leef! Jes. 9:5-6; Lukas 17:20-21; Rom. 14:17; Kol. 3:15; Fil. 4:7

c) Jak. 1:21. Let op die proses van heiligmaking. Die herstel van die siel is ‘n reinigingsproses. Rom. 12:1-2; 11 Kor. 10:3-5; 1 Kor. 2:1-16; 11 Kor. 3:1-18; 4:1-11

d) Rom. 8:18-30; Ef. 1:1-12; Heb. 2:10-15

Notas:

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ _____________________________________________________________________

______________________________________________________________________ _____________________________________________________________________ _________________________________________________________________

Page 56: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

56

Jou voetsoolleefstyl, daar waar

die tekkie op die teer kom, sal bewys

of jy waarlik weergebore is!

in mense verstaan of aanvaar nie die eenvoudige boodskap van die Skrif dat Jesus Christus in ons woon nie. Kom ons doen ‘n

Woordstudie van 11 Kor. 13:5.

WOORDKRAG. “Toets”, in Engels “examine” is in Grieks “peirazō.”

Die woord beteken “to scrutinize” of “to examine.” In Hand. 16:7 word “peirazō” met “hulle het probeer” of in Engels met “assayed” vertaal. “Assayed” beteken keuring, proef, smelttoets.” “Scrutinize” beteken bestudeer, goed deurkyk of bekyk, keur, noukeurig ondersoek, deurvors, nagaan. In Hand. 24:6 word “peirazō” met het probeer vertaal.

Wat lei ons uit hierdie gebruike en betekenisse af? Jy toets jouself! The Message vertaal die gedeelte soos volg: “Test yourselves to make sure you are solid in the faith, don’t drift along taking everything for granted. Give yourselves regular checkups. You need firsthand evidence, not mere hearsay, that Jesus Christ is in you. Test it out. If you fail the test, do something about it.” Het julle troeteldiere? Dalk ‘n kat en ‘n hond? Dit wat die kat is laat haar katdinge doen. Dit wat die hond is, laat hom honddinge doen. Christus in jou sal jou “Christusdinge” laat doen! Wat sê Paulus? Ondersoek jouself. Jou voetsoolleefstyl, daar waar die tekkie op die teer kom, sal bewys of jy waarlik weergebore is! Volmaak? Nee!

M

DEEL 21DEEL 21DEEL 21DEEL 21

“Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef. Of is julle nie seker van julself dat Jesus Christus in julle is nie ...” 11 Kor. 13:5.

Page 57: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

57

Babas is nie volmaak (volwasse) nie, maar hulle doen “mensdinge.” Ons het miljoene mense wie in die sending van God se Seun en Sy geboorte 2000 jaar gelede glo. Die afgelope Kersfees het dit weereens bewys. Mense maak jaarliks ‘n groot ophef van die fisiese geboorte van Jesus Christus. Hulle glo aldus in Hom. Maar, dit op sigselwers is van nul en gener waarde. Sien jy nie Sy fisiese geboorte, die maagdelike geboorte, die vleeswording, in die lig van Sy kruisiging, Sy dood, opstanding uit die dode, Sy “hemelvaart” en die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag nie, mis jy die hele doel van Sy koms (a). Ware weergeborenes, hulle wie God se Natuur, Lewe, Krag, Wysheid, Geregtigheid, Oorwinning, Heiligmaking en Verlossing in Jesus Christus persoonlik ontvang het se leefstyl bewys hulle Geestelike oorsprong. “Aardjie na sy Vaartjie.” Wat beteken “aardjie?” Dit beteken “na sy vader aard, dieselfde eienskappe as sy vader hê.” 11 Pet. 1:4 sê, “... and become sharers (partakers) of the Divine Nature.” - Amplified Bybel. Aan die vrugte word die boom geken! As jy werklik weergebore is, ‘n deelgenoot van die Goddelike Natuur is, ‘n deelgenoot van Christus, sal jou lewe – jou woorde, optrede, werk – ag alles wat jy doen en sê, dit wys. Toets jouself! Ondersoek jouself! Op soek na sondes? Nee – op soek na die bewyse van Christus se inwonende werklikheid. “Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.” Gal. 5:22. Die volgende liedjie sê dit mooi:

“I’ve got the Life of God in me I’ve got His Life, His Nature and His Ability I’ve got the Life of God in me!”

ONS PRAAT NIE VAN VOLMAAK NIE. ONS PRAAT VAN OPGROEI TOT GEESTELIKE

VOLWASSENHEID (b).

Page 58: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

58

a) 11 Kor. 5:17-21

b) “That it might develop until we all attain oneness in the faith and in the comprehension of the full and accurate knowledge of the Son of God; that we might arrive at really mature manhood – the completeness of personality which is nothing less than the standard height of Christ’s own perfection – the measure of the stature of the fullness of the Christ, and the completeness found in Him.” Ef. 4:13 – Amplified Bybel. NOTA. The Message vertaal Kol. 1:28 soos volg: “We preach Christ, warning people not to add to the Message. We teach in a spirit of profound common sense so that we can bring each person to maturity. To be mature is to be basic. Christ! No more, no less.”

Notas:

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ _____________________________________________________________________

________________________________________________________________

Page 59: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

59

Vryheid in Christus word sigbaar

in verantwoordelikheid op die

markplein.

“Julle sal My getuies wees.”

ense mag voel dat die standpunt wat die Heilige Gees deur my inneem rakende ‘n leefstyl wat bewys sal lewer van my ware Geestelike

geboorte (die weergeboorte) te sterk is. Nee! Het jy ons Woordgidse ‘N VOLK VERKONDIG SY LOF? “Weergeboorte” het ‘n goedkoop woord met ‘n nikswerd betekenis geword. Dit is wat Paulus in 1 Kor. 13:5 aanspreek. “Korinthiërs, toets julle self, stel julself op die proef, ondersoek julself deeglik.” Wat moet hulle vasstel? Of Jesus Christus in hulle woon. ‘n Bewoonde huis toon tekens van bewoning. Mense stroom in hulle honderde na Kampe en in hul duisende na massa-byeenkomste. Hulle kom “tot bekering.” Wat sê Johannes die Doper in Matt. 3:8? “Addergeslag, dit is nageslag van die vyand, dra die vrugte wat by die bekering pas.” Elders in hierdie Woordgids het ek mos gesê dat ons nie die “Hipergeregtigheids-kultus” preek nie! Vryheid in Christus word sigbaar in verantwoordelikheid op die markplein. “Swangerskap met Christus” wys! Na die selfondersoek van 11 Kor. 13:5 kan jy met oortuiging sê dat jy ‘n weergebore kind van God is? Ons wil jou help. Ware weergeborenes twyfel nie! Hulle het ‘n innerlike getuienis van kindskap. “For the Spirit which you have now received is not a spirit of slavery to put you once more in bondage to fear, but you have received the Spirit of adoption – the Spirit producing sonship – in the bliss of which we cry, Abba! That is, Father!” Rom. 8:15 – Amplified Bybel. In Gal. 4:6 sê Paulus, “It is because you really are His sons that God

M

DEEL 22DEEL 22DEEL 22DEEL 22

“Maar julle sal Krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en

Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.” Hand. 1:8.

Page 60: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

60

has sent the Spirit of His Son into our hearts to cry ‘Father, dear Father.’ You are not a servant any longer; through God you are a son; and, if you are a son, then you are certainly an heir.” J B Phillips. ‘n Eenvoudige waarheid wat net weer in perspektief gestel moes word. Die Heilige Gees, die Gees van Christus, getuig in ons gees dat ons kinders van God en seuns van God in wording is. Kinders sê dat ons uit God gebore is; seuns sê dat die geaardheid van ons Vader deur ons manifesteer. Maar Paulus gaan verder in 11 Kor. 13:5. “Stel julself op die proef ...” “Prove your own selfs ...” Lees Rom. 12:2; 1 Thes. 5:21; 11 Kor. 8:8, 22; Heb. 3:9 en 1 Tim. 3:10 om die gebruik van dié woord beter te verstaan.

WOORDKRAG.

“Proef” is in Grieks “dokimazo.” Die Engels is beter

“prove.” “Prove” beteken bewys. “Dukomazo” beteken “discern, distinguish, interpret, allowed, prove something or somebody as good and acceptable, to test, to prove with the expectation of approving.” “Dokimazo” laat jou iets op die proef stel om te besluit of jy dit goed vind en om dit dus te aanvaar.

Ons moet 11 Kor. 13:5 in die lig van die hele Brief aan die Gemeente in Korinthe bestudeer. Dit was ‘n gemeente met groot moeilikheid. Die wêreld het inderdaad die kerk ingeneem. Hulle leefstyl as Christene het veel te wense oorgelaat. Dan het hulle Paulus nog geminag en sy Christenskap en gesag in twyfel getrek. Wat sê hy vir hulle in 11 Kor. 3:3? “Julle is ons brief, geskrywe in ons harte, geken en gelees deur alle mense.” “Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die

Krag van God mag wees en nie uit ons nie ...Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die liggaam om, sodat ook die Lewe van Christus in ons

liggaam openbaar kan word. Want altyd word ons wat lewe, oorgelewer in die dood om Jesus wil, sodat ook die Lewe van Jesus in ons sterflike vlees

openbaar kan word.” 11 Kor. 4:7, 10-11.

Page 61: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

61

Wat sê hy dus vir ons? Kom ons beproef onsself! Prove ourselves. Bewys onsself. Geloof in Jesus Christus word sigbaar in ‘n leefstyl wat Hom manifesteer. Ons voetsoollewe sal ‘n getuienis van Hom wees. Waarvan lewer jou lewe in dié lewe ‘n getuienis? Van oortuigings, rituele, ‘n liefde vir die wêreld of van Jesus Christus?

ONS WEEG ONSSELF EN BEVIND DAT CHRISTUS IN ONS ‘N GROOT WERKLIKHEID IS! ONS

LEEFSTYL BEWYS HOM AS ‘N WERKLIKHEID.

Notas:

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

______________________________________________________________________ ____________________________________________________________________ _______________________________________________________________

Page 62: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

62

ERKENNING

‘n Bekende skrywer en prediker het dikwels gesê: “Give honour to whom honour is due.” Vir my is dit ‘n voorreg om eer te gee aan diegene wie dit verdien. Allereers gee ek eer aan die Here vir Sy roeping, salwing, bekwaamheid en plasing in die liggaam van Christus. “Baie dankie, Here! U is my Koning en Geliefde. Ek bemin U met my hele hart.” Vir my wonderlike lewensmaat, ons dogters en hulle families, ons ander familie en ook ons Vriende in Christus, wat op velerlei wyses my ondersteun, sê ek baie dankie. Ons funksioneer volgens Amos 3:3 “Sal twee met mekaar wandel tensy hulle eers afgespreek het?” Matt. 18:19-20 vanuit die Amplified Bybel is die Woordbasis vir ons “tesame wandel” groep. “Again I tell you, if two of you on earth agree (harmonize together, make a symphony together) about whatever [anything and everything] they may ask, it will come to pass and be done for them by My Father in heaven. For wherever two or three are gathered (drawn together as My followers) in (into) My name, there I AM in the midst of them.” Die Kerk van Jesus Christus is ‘n organisme en nie ‘n organisasie nie. Vanweë die moderne era waarin ons leef is daar bittermin mense wat algehele oorspronklikheid kan eis in beide wat hulle sê of skryf. Die godsdienstige Media se invloed is baie groot. Dit is reg so! Nie een mens (bedienaar) of groep gelowiges kan aanspraak daarop maak dat hy, sy of hulle die volle “Waarheid” in pag het nie. Ons is lede van ‘n liggaam – die Christusliggaam. Beïnvloeding is noodwendig en noodsaaklik. Ons is soos die stukkies van ‘n legkaart. Gesamentlik voltooi ons die Christus-getuienis in die aarde. Tesame is ons die Christusliggaam. Soms lees ek net ‘n sin of paragraaf in ‘n boek en dit ontplof in my gees. Die diepte daarvan word deur die Heilige Gees, die Gees van Waarheid, in my na vore gebring. Mense luister weer na my en dieselfde gebeur met hulle. Ons kruisbestuif mekaar. Ek sien gevaarligte wanneer iemand vir my sê, “Ek luister na niemand nie en ook lees ek niks nie. Ek hoor slegs wat die Here sê.” Ek het te veel agting vir Pappa-God en Sy pragtige familie om myself so-iets aan te matig. Alhoewel die salwing op die liggaam van

Page 63: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

63

Christus rus, is elke ledemaat totaal uniek. Elkeen wat óf skryf óf praat, sal sy of haar eie uniekheid in die bediening van Jesus Christus in en deur hulle, inweef. Dit maak ons “oorspronklik”. Daar is ‘n paar mense wie ek spesiaal erkenning wil gee. Preston E Eby is ‘n ware profetiese trompetbediening vir ons dag. Ons “ken mekaar” by wyse van korrespondensie vir jare. Charles P Schmitt en Wade E Taylor is persoonlike kennisse vir baie jare. Wade E Taylor het persoonlik toestemming gegee vir die gebruik van artikels in The Banner, Pinecrest Bible Training Centre se tydskrif. Jack Picataggi, die huidige President van hierdie wonderlike Geestelike Opleidingsentrum en bediening is aan my bekend. Ons het al by hulle aan huis gebly en bedien. Vir al die skrywers wat so gereeld in The Banner skryf en baie mense seën, sê ons baie dankie. Julle Woordsaad is deur die Heilige Gees baie ver gewaai en het in duisende mense se lewe wonderlike Christusvrug opgelewer. Die bediening van Wade E Taylor en medewerkers is een van die mees gebalanseerde bedienings waarvan ek kennis dra. Charles P Schmitt het ‘n baie groot gemeente in Maryland, Washington en is wêreldbekend. Sy fokus is altyd Jesus Christus! Wonderlik! Kelley Varner was ‘n persoonlike vriend. Die toestemming tot die gebruik van sy materiaal het hy as ‘n persoonlike nota op ‘n brief wat ons geskryf het, geskryf: “Pastor Jannie van Zyl may use any of my materials.” Dit is die Matt. 10:8 beginsel: “Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.” Lees gerus ook Joh 6:1-13, Gal. 1:10-16 en 6:1-10. ‘n Spesiale woord van waardering ook vir die volgende persone: Bill Britton, George Warnock, J E van den Brink, Don Nori, Gene Edwards, Malcolm Smith, Rick Joyner, Mike Shreve, De Vern Fromke, Tommy Tenney, Bob George, T. Austin-Sparks, Myles Munroe, P D le Roux, Kobus Swart, William Barclay, Francis Frangipani, Larry Crabb, J.W. Follette, Charles S. Price en nog talle ander. Ek is ‘n leser! Die top leiers op elke terrein van die lewe is lesers! Dit is tragies dat veral mans nie lesers is nie. Vroue lees graag. Dit is die rede waarom hulle dikwels Geestelik baie vinniger as mans groei!

Page 64: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

64

SKRYWERS, SPREKERS, PREDIKERS – EK GEE ERKENNING VIR JUL TALENTE EN SALWING.

Jannie van Zyl

“When the spirit is renewed, and Christ dwells

and reigns within – in other words, when we are

‘filled with the Spirit’ – then the soul can come to

serve the Lord as a handmaiden of the spirit to

real but governed usefulness.

The soul is the meeting place of

body and spirit.

Let the soul surrender to the body

(flesh, ego, self) and all is lost.

Let it surrender to the Spirit

and all is well.”

~ T. Austin-Sparks ~

Page 65: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

65

SPESIALE NOTAS

A. PREDESTINED PUBLISHERS (PP) Johann en Elzerie van der Westhuizen, twee van ons kosbare geestelike “kinders” het ‘n BK gestig wat onder bogenoemde naam bedryf word. Hulle het vir baie jare alles wat hulle vir ons gedoen het as ‘n liefdesdiens gedoen. Deur die laaste paar jaar kon ons hulle vergoed het. Alles kos geld! Baie dankie dat baie van julle deur julle geskenke (donasies) dit vir ons moontlik gemaak het. Johann het nou ‘n goeie werk en help ons deeltyds. Elzerie is ons “regterhand!” Ons poog steeds om hulle finansieel te help. Ons betaal vir die drukwerk van die literatuur. B. VORIGE PUBLIKASIES Van ons vorige boeke en Woordgidse is steeds beskikbaar. Dit bly vir ons ‘n groot voorreg om ons getroue Vriende in Christus met lekker Geestelike “brood-en-vissies” (Joh. 6:1-13) te bederf! Wat ons gee is ‘n geskenk. Wat julle gee is ‘n geskenk. Ons het ‘n lewensleuse: Om mense met gewilligheid, eerlikheid en opregtheid te help, is om jouself te help!

C. ADMINISTRASIE Navrae in verband met CD’s, Woordgidse, boeke, BvB’s (Briewe van Bemoediging) word aan Elzerie van der Westhuizen gerig. Sy is vir die Admin verantwoordelik.

i. Webwerf : www.wordfocus.co.za – (Word deur Herman Pienaar van CB Ads bedryf)

ii. Epos : [email protected]

iii. Woordskole

iv. Sel : 071 428 3300 (Elzerie)

v. Sel : 083 454 3458 (Jannie)

Page 66: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

66

D. HOE FUNKSIONEER ONS? Lees gerus Gal. 6:6-10 in jou Bybel. Ons verkondig Christus! Die beginsel in Vers 6 is ‘n goeie riglyn wanneer aan die ondersteuning van Jesus Christus se bediening in en deur ons gedink word. “Maar laat hom wat in die Woord onderwys ontvang, meedeel van alle goeie dinge aan hom wat onderwys gee.” Die Good News Bybel sê: “The man who is being taught the Christian message should share all the good things he has with his teacher.” Nou mag jy vra: “Is dit tog nie net ‘n ruiltransaksie wat plaasvind nie?” Nee! Ons poog steeds om volgens die “saai-en-maai” beginsel te werk (a). Ons is daders van die Woord (b). Baie gelowiges begryp nie die wesensaard van hierdie beginsel nie. God werk volgens die saadbeginsel (c). ‘n Saad bevat lewe! Dit kan reproduseer. Ons ondersteuningsbasis bestaan uit vriende en familie wat vanweë hulle omgee en liefde vir ons en die bediening van Jesus Christus in en deur ons, hulle “brood-en-vissies” met ons en die mense wie ons Geestelik voed, deel. Dit is tog logies dat ons net in die mate waarin die Here vir ons saad voorsien, kan saai. Soos die Here onderneem, gee ons gratis weg. God is ons Bron (d). Hy gebruik mense as instrumente (e). Vir elke getroue ondersteuner sê ons baie dankie. Ons dank die Here vir elke getroue “seuntjie” wat sy middagete, sy of haar “brood-en-vissies” met die bediening van Jesus Christus in en deur ons deel. Dit is steeds vir ons ‘n baie groot voorreg om die kinders van God met die Lewende Woord, Jesus Christus, te bedien (f). “Media-kuiers!” Of ons deur ‘n CD, ‘n boek, Woordgids, ‘n BvB of ons Webwerf by jou kom “kuier” – baie dankie vir jou kosbare tyd. Jy is spesiaal en belangrik. Ons is Vriende in Christus (g). Jannie van Zyl

Posbus 5023 Tel: 044 874 6609 GEORGE OOS Sel: 083 454 3458 6539 Epos: [email protected]

Page 67: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

67

a. 11 Kor. 9:6-11; Gal. 6:1-10; Joh. 6:1-13

b. Jak. 1:22-25; Matt. 7:16-29; Luk. 8:19-21; 11:27-28

c. Gen. 1:11-12; Joh. 3:16; 1 Pet. 1:23

d. Fil. 4:19

e. Luk. 6:38; Joh. 6:1-13; 11 Kor. 9:6-11; Gal. 6:1-10

f. Joh. 1:1, 4, 14; 1 Joh. 1:1; Open. 19:13; Heb. 4:12; 11 Tim. 3:16-17

g. Joh. 13:34-35; 15:12-15

GOD SE HANDEWERK

“For we are God’s own handiwork (His workmanship), recreated in Christ Jesus, born anew that we may do those good works which God predestined (planned beforehand) for us taking paths which He prepared ahead of time, that we should walk in them living the good life which He prearranged and

made ready for us to live.” Ef. 2:10 – Amplified Bybel.

SOMMIGE VAN ONS WOORDGIDSE, CD’s EN BOEKE

“En ‘n sekere Jood met die naam van Apollos, wat in Alexandrië gebore was, ‘n welsprekende man, het in Éfese aangekom; en hy was magtig

in die Skrifte.” Hand. 18:24. Ons enigste begeerte vir jou is om God se droom vir jou lewe te ontdek en daarvolgens te leef! Intimiteit met Hom is slegs in die Allerheiligste, dit is jou gees, moontlik. God is Gees en Hy spreek woorde van Gees en Lewe. Om soos Appollos magtig in die Skrifte te wees moet ‘n mens soos die mense van Berea wees. “En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die Woord met alle welwillendheid ontvang

Page 68: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

68

en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was.” Hand. 17:11. Die Geestelike spys wat ons aanbied is onderrigting in Christus. Hy is die Tema, Boodskap, Evangelie en Leerstelling van die Skrif. Vir ons is die Sentraliteit en Oppermagtigheid van Christus nie onderhandelbaar nie. Hy is die Lewende Woord! “En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en Sy Naam is: Die Woord van God.” Open. 19:13. Jesus se woorde in Joh. 5:39-40 is so belangrik. “Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig. En julle wil nie na My kom om die lewe te hê nie.” A. Publikasies deur Jannie van Zyl Ons poog steeds om dit waarmee die Here ons vertrou gratis weg te gee. Die keuse van dit wat in die toekoms gratis aangebied sal word, berus by ons en het ook te make met die finansiële vermoë om dit te kan doen. Navrae is welkom. 1. Balans – ‘n Sleutelwoord 2. Wandel in Vryheid 3. “Dis Tyd vir die Christus!” 4. Neem jou Kruis op 5. Die Heilige Gees vir Vandag – Die Doping in die Heilige Gees – Volume I 6. Die Heilige Gees vir Vandag – Die Voorskot op die Volheid – Volume II (Die Woordgids bespreek die Gawes, Vrug, Titels, Bedienings, ens. van die Heilige Gees). 7. Die Aktiwiteit van die Heilige Gees deur die Kerk 8. ‘n Nuwe Geslag Bedienaars Volume I - Konings en Priesters na God se Hart Volume II - Vanaf Pinkster na Tabernakels Volume III - Die Vervalle Hut van Dawid word Herstel 9. Jy is Wat Jy Dink Jy is 10. God Werk in Ons 11. “Pappa se Dogter – Staan Op!” (Boek) 12. Skeiding van Gees en Siel (Boek) 13. Isébel Jag Profete 14. God woon in ‘n Doringbos

Page 69: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

69

15. Omega Bybelleesprogram 16. Hoe om die Bybel te Lees en te Verstaan 17. House Churches 18. Die Gewer en die Ontvanger 19. Die Oorwinnende Lewe 20. ‘n Droom word Waar 21. Die vrou uniek deur God gebou B. Publikasies deur Predestined Publishers (PP) Sover as wat dit moontlik is “saai” ons dit wat die Here vir ons gegee het. Die besluit van dit wat ons gratis aanbied berus by ons. 1. The Church – Volume I and II 2. Sons of God are Merciful in Nature 3. The Kingdom of God 4. Bruid – Jy het die Koning se Hart Gesteel (Boek) 5. Die Wet van die Vryspraak (Boek) 6. Krag van Vergifnis (Boek) 7. ‘n Geregtigheidsbewussyn in plaas van ‘n Sondebewustheid 8. Dat Ek Hom Mag Ken 9. Christus Woon in My 10. How Much Does God Love You (Boek) 11. You Have Made us Kings and Priests (Boek) 12. Die Ware Aard van Verbondsverhoudings (Boek) 13. Briewe aan Oorwinnaars – Die Gevaar van Verdraagsaamheid 14. Briewe aan Oorwinnaars – Die Wonderlike Visvangs 15. Briewe aan Oorwinnaars – Christenwees in Suid-Afrika 16. Briewe aan Oorwinnaars – ‘n Volk verkondig Sy lof – Deel I en II 17. Heuning uit die Rots – Volume I en II 18. Die Reënboog rondom die Troon 19. Briewe aan die Gemeente – Openbaring van Jesus Christus – Deel I 20. Die Almagtige God – Deel I en II 21. ‘n Man na God se Hart 22. “God red sondaars – Gratis!” 23. “Ek is – Die Blink Môrester!” 24. Ons Wonderlike Oorsprong – Deel I en II 25. Die Waarde van Wysheid

Page 70: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

70

26. Woorde van Gees en Lewe 27. Christus leef in en deur my

CD’s EN MP3’S 1. Derde Reformasie No. 1-15 of MP3 2. Die Verbondsark 3. Laaste Adam 4. Die Son van Geregtigheid 5. Kyk na die Lelies No. 1-10 of MP3 6. Bediening vanuit die Allerheiligste No. 1-10 of MP3 7. Sy Heerlikheid vul die Tempel No. 1-12 of MP3 8. Die Geopende Deur No. 1-12 of MP3 9. Die Huwelik – Man en Vrou – MP3 10. Magtig in die Skrifte 11. Aarde behoort aan die Here 12. Here van die Leërskare 13. Reformasie lei tot Proklamasie 14. Proklameer Heerlikheid 15. Skeppersdoelwit – Man – MP3 16. Skeppersdoelwit – Vrou – MP3 17. Wandel in Vryheid No. 1-2 18. Vryspraak: Pasop vir Verwarring 19. Bevrug met die Lewende Woord No. 1-5 20. Waarheid maak Vry 21. Heilige Gees 22. Eerste Liefde 23. Hoe sien my Bruidegom my 24 God: Ons Voorsiener 25. Christus ons Hersteller 26. Gemeente op die Rots 27. Die Uitverkore Vrou 28. Wandeling op die Water 29. Hy verkwik my siel 30. Vredemakers 31. Die Troon van God No. 1-6 32. Troon van God – Jaspis No. 1-16 of MP3 33. “Kom, volg My!” (Jy is nie ‘n “reject” nie!)

TWEE

BEGINSELS!

NO. 1

“Julle het dit verniet ontvang, verniet

moet julle dit gee.” Matt. 10:8.

NO. 2

“Iemand wat onderrig ontvang in die Woord van God, moet sy leermeester

laat deel in al die goeie dinge wat

hy het.” Gal. 6:6.

Page 71: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

71

34. Die 8ste Seun – die Troondeler! 35. Hy vertrou my – ek vertrou Hom 36. Bid vir jou vriende No. 1-17 of MP3 37. Die man en vrou – mederegeerders 38. God se legkaart 39. “EK IS ... die Blink Môrester” No. 1-16 of MP3

VASTE SPYS IS VIR VOLWASSENES

Ons Woordgidse, boeke en lerings op CD is vir mense in wie Christus ‘n gestalte verkry. Vanuit THE MESSAGE, die vertaling van die Bybel

deur Eugene H. Peterson haal ek vanuit Kolossense 1 en 2 enkele Skrifgedeeltes aan. Onthou – Christus is in ons!

“The mystery in a nutshell is just this: Christ is in you, therefore you

can look forward to sharing in God’s glory. It’s that simple. That is the substance of our Message. We preach Christ, warning people not to

add to the Message. We teach in a spirit of profound common sense so that we can bring each person to maturity. To be mature is to be basic. Christ!

No more, no less.

My councel for you is simple and straightforward: Just go ahead with what you’ve been given. You received Christ Jesus, the Master;

now live Him. You’re deeply rooted in Him. You’re well constructed upon Him. You know your way around the faith. Now do what you’ve been taught. School’s out; quit studying the subject and start living it!

And let your living spill over into thanksgiving.

From now on everyone is defined by Christ, everyone is included in Christ.”

Page 72: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

72

DIE HELE SKRIF IS DEUR GOD “INGEBLAAS” LEES EN BEPEINS – 11 TIM. 3:16-17 “Every Scripture is God-breathed (given by His inspiration) and profitable for instruction, for reproof and conviction of sin, for correction of error and discipline in obedience, [and] for training in righteousness (in holy living, in conformity to God’s will in thought, purpose, and action), so that the man of

God may be complete and proficient, well fitted and thoroughly equipped for every good work.” – Amplified Bybel.

• Moenie toelaat dat enige mens vir jou die storie vertel dat die Bybel net

‘n boek is nie. Kort-kort steek hierdie dwaasheid êrens kop uit. Daar is letterlik duisende getuienisse wat die teendeel bewys. Dink net aan die reuse werk wat die Gideons doen. Die Bybel is die Gees-geïnspireerde Geskrewe Woord van God.

• Nog ‘n skelmstreek van die vyand self is om mense te belieg met die

idee dat net sekere gedeeltes van die Skrifwoord (Bybel) vir hulle, en die vir wie hulle preek, van toepassing is. Hulle gooi die gedeeltes wat nie hulle teologie pas nie, weg!

• Die Boodskap, Leerstelling, Evangelie, die wese van die hele Skrif is

Jesus Christus. Hy is God se ewige doelstelling. Jesus sê dit self: “Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die Ewige Lewe het; en dit is dié wat van My getuig. En julle wil nie na My kom om die Lewe te hê nie.” Joh. 5:39-40.

• Van Gen. 1:1 tot Open. 22:21 – die Bybel is Gees-geïnspireerd!

“...Every Scripture is God-breathed...” – J.B Rotherdam “...Every Scripture is God-inspired...” – 20th Century New Testament

• In Gen. 1 en 2 spel God Sy Skeppersdoelwit uit; in Open. 21 en 22 is die doelwit bereik. Vanaf Gen. 3 tot Open. 20 het ons die formasie van die Godsbeeld in die aarde.

• Die letter van die Skrif bedien dood: “Wat ons bekwaam gemaak

Page 73: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

73

het om bedienaars van ‘n Nuwe Verbond te wees, nie van die letter nie maar van die Gees. Die letter maak dood, die Gees maak lewend.” 11 Kor. 3:6 – 1983 Vertaling. Die letter van die Skrif is natuurlike dinge. Die Gees van die Skrif is Jesus Christus! Natuurlike dinge verklaar vir ons Geestelike werklikhede (1 Kor. 10:1-12; Gal. 4:20-31). In Rom. 1:20 sê Paulus, “For ever since the creation of the world His invisible Nature and Attributes, that is, His Eternal Power and Divinity, have been made intelligible and clearly discernible in and through the things that have been made (His handiworks). So [men] are without excuse [altogether without any defense or justification].” – Amplified Bybel.

• Die Lewende Woord van God is Jesus Christus. “En Hy was bekleed

met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en Sy Naam is: Die Woord van God.” Open. 19:13. Die Geskrewe Woord (Bybel) en die Lewende Woord (Jesus Christus) is nooit in konflik nie. Jou leefstyl as Christen – Christus wat Sy lewe in en deur jou leef – sal die Geskrewe Woord as gesaghebbend, Gees-geïnspireerd en waar bewys.

• In die finale ontleding is die seuns van God, volwasse gelowiges, die

“Bybel” wat mense lees. Ons is ‘n Brief van Christus. “Dit is tog duidelik dat julle ‘n brief van Christus is, deur ons diens geskrywe, nie met ink nie maar met die Gees van die lewende God, nie op kliptablette nie maar op die harte van mense.” 11 Kor 3:3 – 1983 Vertaling.

• Ek dui dikwels die betekenis van woorde in Hebreeus of Grieks aan.

Die meervoudige gebruik van ‘n woord in die oorspronklike tale gee dikwels goeie insig in die ware betekenis. Vir my is gebruikswyse dikwels belangriker as slegs taalkundige studies.

Page 74: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

74

DIE 1933 VERTALING VAN DIE BYBEL IN AFRIKAANS

• Ons gebruik die “Ou Bybel” of eerste vertaling. Dit bly steeds een van die mees akkurate vertalings vanuit die oorspronklike tale – Hebreeus en Grieks. Dit is ‘n gesaghebbende vertaling.

• Die King James Bible en die New American Standard Bible is die twee

Engelse vertalings wat gesaghebbend is.

• Ons gebruik baie ander vertalings van die Bybel slegs vir verdere toeligting en insig.

• Latere vertalings van die Bybel in Afrikaans is baie meer leerstellig

van aard. Dit is dus taalkundig minder akkuraat. Ons verwerp dit nie! Bybelkennis is wonderlik – om die Skrywer te ken is lewensveranderend!

• Ons is nie “Bybelaanbidders” nie! Die Oppermagtigheid en

Sentraliteit van Jesus Christus is nie onderhandelbaar nie. “Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die Ewige Lewe het; en dit is dié wat van My getuig. En julle wil nie na My kom om die Lewe te hê nie.” Joh. 5:39-40. “Turn your eyes upon Jesus!”

Page 75: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

75

BRONNELYS

Ek is ‘n leser. Geseënd met ‘n goeie geheue is dit logies dat dit wat ek skryf met die sout van baie skrywers se werke besprinkel sal wees! “Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.” Kol. 4:6. Ek dank die Here vir ‘n Woord- en Geesvaardigheid wat duidelik my uniekheid as mens bevestig. As ‘n “gebore student” het ek nooit my studies van die Skrif, tale, gebruike, getalle, ens. gestaak nie. Ek maak dus van ‘n verskeidenheid van Bybelvertalings, Bybelkonkordansies en Woordeboeke gebruik. Dit ten spyte, is dit waarvoor ek die dankbaarste is, die Heilige Gees, die Gees van Waarheid, se leiding. Watter “Toerleier!” En, hoe wonderlik ons “Toergebied!” Jesus Christus – die Waarheid. Joh. 14:6; 8:32,36; 16:7-15

“Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig. Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê

dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig” Joh.16:14-15.

1. Die Bybel - 1933 Uitgawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1957, 1996 2. Die Bybel - 1983 Vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1975, 1979, 1983 3. The Amplified Bible © 1987 – The Zondervan Corporation and the Lockman Foundation 4. The New Testament in Modern English © 1958, 1960, 1972 by J.B. Phillips 5. The Strongest Strong’s Exhaustive Concordance of the Bible © 2001 –

Zondervan, Grand Rapids, Michigan 49530 6. The Hebrew-Greek Key Study Bible © Spiros Zodhiates and AMG International, Inc. 7. Expository Dictionary of Bible Words © 1985 The Zondervan

Corporation, Lawrence O. Richards Grand Rapids, Michigan 8. Vine’s Expository Dictionary of Biblical Words © 1985 – Thomas Nelson Inc. Publishers 9. Die Lewende Bybel © Living Bible International – Uitgegee deur die Christelike Uitgewersmaatskappy 1982 10. The Message © 1993, 1994, 1995 Eugene H. Peterson

Page 76: Christus leef in en deur my

Christus leef in en deur ons

76

11. The New Testament from 26 Translations © Zondervan Publishing House Grand Rapids, Michigan 12. The New Testament © 1968, 1969 William Barclay Printed by William Collins and Sons & Co. Ltd, Glasgow 13. Holy Bible New International Version © 1978, New York International Bible Society. Bible Society of South Africa (NIV) 14. Good News Bible - Bible Society of South Africa © American and British Bible Society 15. New English Bible © 1961. The Delegates of the Oxford University

Press and the Syndics of the Cambridge University Press (NEB) 16. Spirit Filled Life Bible (NKJV) © 1991 Thomas Nelson Inc. 17. Wuest Word Studies – K S Wuest © 1950 Wm. B. Erdemans Publishing Company 18. The New Testament – William Barclay © William Barclay 1968, 1969 19. Interpreting the Symbols and Types – Kevin J. Connor © 1992 Bible Temple Publishing, Portland, Oregon 97220 20. Number in Scripture – E.W. Bullinger © 1969, 1971, 1973, 1974, 1975, 1978. Kregel Publications, Grand Rapids, Michigan 49501

OOFLETTERS

Predestined Publishers se publikasiestyl gebruik hoofletters

vir woorde wat op die Godheid betrekking het. “We

acknowledge the Supremacy and Centrality of our Lord

Jesus Christ.” Ons doen dit uit respek vir ons Here! In dié

opsig mag aanhalings vanuit Bybels in ons publikasies dus

verskil van die Bybels self.