JAKOBUS - lynnwoodrifbybelskool.co.za · dit is ‘n antieke teks! Sender Medium ... * Moderator...

19
JAKOBUS‘n lewe in wysheid

Transcript of JAKOBUS - lynnwoodrifbybelskool.co.za · dit is ‘n antieke teks! Sender Medium ... * Moderator...

JAKOBUS…

‘n lewe in wysheid

* Broer van Jesus (+ Joses, Simon en Judas).

* Glo toe opgestane Here aan hom verskyn ( 1 Kor 15:7) Hand 15:7 Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en toe aan al die apostels.

* Leier van kerk in Jerusalem (Gal 1:19; 2:9; Hand 12:17)Gal 2:9 Jakobus, Sefas en Johannes, wat beskou is as die pilare van die gemeente,Hand 21:18 Die volgende dag het ons saam met Paulus na Jakobus toe gegaan. Al die ouderlinge was daar teenwoordig.

* Moderator van eerste sinode (Hand 15)Hand 15:4 4 Toe hulle in Jerusalem aankom, is hulle deur die gemeente, die apostels en die ouderlinge verwelkomHand 15:13 Toe hulle klaar was, sê Jakobus: “Broers, luister na my!...

Gestenig (o.l.v. Hoëpriester Ananus) in 61 n.C.

Van Jakobus, ’n dienaar (δοῦλος) van God en die Here Jesus Christus.

Aan wie skryf hy?

Moontlike situasie* Jak 1:1 = ‘twaalf stamme in verstrooiing’* Vervolging (en ‘natuurlike verstrooiing)

Hand 8:1 En daar het in dié tyd ’n groot vervolging teen die gemeente in Jerusalem ontstaan, en almal is verstrooi oor die streke van Judéa en Samaría, behalwe die apostels. 4 En die wat verstrooi was, het die land deurgegaan en die woord van die evangelie verkondig.Hand 11:19 DIE wat dan verstrooi was deur die verdrukking wat oor Stéfanus ontstaan het, het die land deurgegaan tot by Fenícië en Ciprus en Antiochíë sonder om tot iemand die woord te spreek, behalwe tot die Jode alleen.

1:1 Aan die twaalf stamme wat oor die wêreld versprei is (in verstrooiing)

Die wêreld word klein – Aleksander die Grote

Wat beteken so ‘n ‘vlugtelingsituasie’ vir mense?

Stel jou voor jy verloor alles en gaan na vreemde stad met net jou tassie…

Sosiaal na buite

* Onbekend en vreemd•Probeer ‘vriedelik of goed’ wees - wie weet wat gebeur in die toekoms?

2:2 Sê nou daar kom in julle samekoms ’n man in met goue ringe aan sy vingers en met deftige klere aan en daar kom ook ’n brandarm man in met ou klere aan, 3en sê nou julle maak ’n ophef van die man met die deftige klere en julle sê vir hom: “Kom sit u hier gemaklik,” maar vir die arm man sê julle: “Gaan staan jy daar anderkant” of: “Kom sit hier by my voete,”

Waarheen vlug hulle?

Antiogië aan die Orontes

Petrus se kerk – die oudste of een van die oudste in die wêreld

Hawe van Paulus en Barnabas

Sosiaal na binne

* Afhanklik van mekaar maar tog in onderlinge spanning* Leierskapstruktuur nie sterk* Skinder

1:19 Elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie.

3:3 My broers, julle moenie almal leermeesters wil wees nie, want julle moet weet dat ons wat leermeesters is, strenger as ander beoordeel sal word

4:1 Waar kom die stryd vandaan, waar kom die rusies onder julle vandaan?

4:11 Hy wat van sy broer kwaad praat of sy broer veroordeel, praat kwaad van die wet en veroordeel die wet

Finansieël* Arm en werkloos * Nie groot poste

1:27 Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan

2:5 Luister, my liewe broers! Kies God nie juis dié uit wat in die oë van die wêreld arm is, om ryk te wees in die geloof en om die koninkryk in besit te neem wat Hy belowe het aan dié wat Hom liefhet nie?

1:9 ’n Gelowige wat arm is, moet hom daarin verheug dat hy sy aansien in God het, 10en een wat ryk is, dat hy voor God gering is, want die ryke sal vergaan soos ’n veldblom.

Godsdienstig* Vraend en verwytend* Praatgeloof* Deelneem aan ander godsdienste van omgewing* Begin self planne maak

1:21Daarom moet julle al die sedelike vuilheid en ongeregtigheid opruim wat so welig tier, en ootmoedig die woord aanneem wat God in julle geplant het, want dié woord kan julle red... 1:27 om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld.

2:14 Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie?

4:13 Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en ’n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak.” 16Maar nou is julle te seker van julleself en praat julle groot.

1:13 Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie

Ou Testament

Drome/Profete

Jesus openbaar God

Nuwe Testament Ons vandag

Gees

Hoekom?

SKRIF

Wat sê Jakobus, die broer van Jesus?

Wat is jy besig om met jou lewe te maak?‘n Lewe sonder die regte doel is ‘n gemorsde lewe

4:13 Is daar ’n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig.

14 Terwyl daar bittere naywer en selfsug in julle harte is, moet julle nie daarmee spog dat julle wysheid het nie, want dan praat julle nie die waarheid nie. 15 Dié soort wysheid kom nie van Bo nie, maar is aards, sinlik, demonies, 16 want waar daar naywer en selfsug is, kom daar wanorde en allerhande gemene dade.

17 Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg. 18 Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak.

PAULUS

Kol 3:1 Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. 2Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie, 3want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.

Hoe het ander daaroor gedink?

1 Joh 2:15 Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie.

16 Die wêreldse dinge—alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit—kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld.

JOHANNES