JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewwat gehou word op . Vrydag, 29 April 2016....

9
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 10 8 – 15 April 2016 OUERS: BEHEERLIGGAAM TUSSENVERKIESING: Kennis geskied hiermee van ‘n Beheerliggaam Tussenverkiesing wat gehou word op Vrydag, 29 April 2016. Nominasievergadering: 10:30 tot 11:00 Stemming: 11:00 tot 13:00 Tel van stemme: Vanaf 13:00 Slegs een (1) kandidaat word benodig en nominasievorms is in die kantoor beskikbaar. Let asseblief daarop dat die genomineerde ook ‘n gedeelte op die nominasievorm moet voltooi. ‘n Ouerkieslys is in die voorportaal beskikbaar indien ouers hulle besonderhede wil kontroleer. Indien daar meer as een kandidaat genomineer word en ‘n stemming wel plaasvind, kan ouers wat kom stem, hulle kinders uitteken en huis toe neem. Dit geld slegs vir ouers wat self hulle kinders kom oplaai. OUERKLASBESOEK EN OUERVERGADERING: Alle ouers word uitgenooi na die Ouervergadering wat op Maandag, 11 April om 7:30 in die skoolsaal plaasvind. Ouerklasbesoek vind op Maandag, 11 April as volg plaas: Graad 1 & 2: 13:00 – 14:00 in klaskamers Graad 3: 13:15 – 14:15 in klaskamer Graad 4 – 7: 15:00 – 17:00 in die skoolsaal Maak asseblief gebruik van hierdie geleentheid om leerkragte te kom spreek rondom die akademiese vordering van u kind. BUITEMUURSE ROOSTER EN KWARTAALPROGRAM: ‘n Finale buitemuurse rooster en kwartaalprogram word by die nuusbrief ingesluit. HUISWERKBOEKE: [AFSKEURSTROKIE] Graad 4 – 6 leerders kan huiswerkboeke vir die tweede kwartaal met die afskeurstrokie by hulle klasonderwysers bestel @ R25 elk. SMS-STELSEL: Ouers moet asseblief onthou dat die sms-aansluiting verpligtend is vir alle ouers. Ouers wat nog nie betaal het nie se R60 aansluitingsfooi sal op die skoolrekening geplaas word. INSIDENTESTATISTIEK: Ouers moet asseblief kennis neem van die Insidentestatistiek vir die eerste kwartaal wat by die nuusbrief ingesluit is. REDENAARSKOMPETISIE: Onderwerpe vir die tweede Redenaarskompetisie wat op Dinsdag, 7 Junie plaasvind is as volg: GRAAD 4 & 5: Ons omgewing ‘n Storie met ‘n les Sonder woorde.... GRAAD 6 & 7: Grootmense is ‘n raaisel Eerste indrukke Plakkerskampe Alle leerders van graad 4 – 7 moet ‘n onderwerp kies en dit voorberei aangesien almal mondeling daaroor praat in die Afrikaans periodes. TOER CD:

Transcript of JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewwat gehou word op . Vrydag, 29 April 2016....

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewwat gehou word op . Vrydag, 29 April 2016. Nominasievergadering: 10:30 tot 11:00 . Stemming: 11:00 tot 13:00. Tel van stemme: Vanaf 13:00. Slegs

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 10 8 – 15 April 2016OUERS:BEHEERLIGGAAM TUSSENVERKIESING:Kennis geskied hiermee van ‘n Beheerliggaam Tussenverkiesingwat gehou word op Vrydag, 29 April 2016.Nominasievergadering: 10:30 tot 11:00 Stemming: 11:00 tot 13:00Tel van stemme: Vanaf 13:00

Slegs een (1) kandidaat word benodig en nominasievorms is in die kantoor beskikbaar. Let asseblief daarop dat die genomineerde ook ‘n gedeelte op die nominasievorm moet voltooi.‘n Ouerkieslys is in die voorportaal beskikbaar indien ouers hulle besonderhede wil kontroleer. Indien daar meer as een kandidaat genomineer word en ‘n stemming wel plaasvind, kan ouers wat kom stem, hulle kinders uitteken en huis toe neem. Dit geld slegs vir ouers wat self hulle kinders kom oplaai.

OUERKLASBESOEK EN OUERVERGADERING:Alle ouers word uitgenooi na die Ouervergadering wat op Maandag, 11 April om 7:30 in die skoolsaal plaasvind.

Ouerklasbesoek vind op Maandag, 11 April as volg plaas:Graad 1 & 2: 13:00 – 14:00 in klaskamersGraad 3: 13:15 – 14:15 in klaskamerGraad 4 – 7: 15:00 – 17:00 in die skoolsaalMaak asseblief gebruik van hierdie geleentheid om leerkragte te kom spreek rondom die akademiese vordering van u kind.

BUITEMUURSE ROOSTER EN KWARTAALPROGRAM:‘n Finale buitemuurse rooster en kwartaalprogram word by die nuusbrief ingesluit.

HUISWERKBOEKE: [AFSKEURSTROKIE]Graad 4 – 6 leerders kan huiswerkboeke vir die tweede kwartaal met die afskeurstrokie by hulle klasonderwysers bestel @ R25 elk.

SMS-STELSEL:Ouers moet asseblief onthou dat die sms-aansluiting verpligtend is vir alle ouers. Ouers wat nog nie betaal het nie se R60 aansluitingsfooi sal op die skoolrekening geplaas word.

INSIDENTESTATISTIEK:Ouers moet asseblief kennis neem van die Insidentestatistiek vir die eerste kwartaal wat by die nuusbrief ingesluit is.

REDENAARSKOMPETISIE:Onderwerpe vir die tweede Redenaarskompetisie wat op Dinsdag, 7 Junie plaasvind is as volg:GRAAD 4 & 5:

Ons omgewing ‘n Storie met ‘n les Sonder woorde....

GRAAD 6 & 7: Grootmense is ‘n raaisel Eerste indrukke Plakkerskampe

Alle leerders van graad 4 – 7 moet ‘n onderwerp kies en dit voorberei aangesien almal mondeling daaroor praat in die Afrikaans periodes.

TOER CD:Toerlede kan ‘n Toer-CD bestel @ R30 elk. Handig asseblief die afskeurstrokie saam met die kontant op Maandag, 11 April by die klasonderwysers in.

LEERDERDEELNAME:ATLETIEKFROKKIES:Daar is steeds atlete wat nog in besit is van die skool se atletiekfrokkies. Bring dit asseblief terug op Maandag, 11 April anders gaan ouers ‘n rekening daarvoor ontvang.

WIT KOUSE: Seuns en dogters moet asseblief op ‘n Woensdag, asook met sportbyeenkomste en wedstryde, wit kousies by hulle tekkies aantrek. Geen bont kleure!

RUGBY EN NETBAL TEEN DOUGLAS:Sterkte aan ons rugby- en netbalspelers wat op Saterdag, 9 April aan Douglas se sportdag deelneem. Die bus vertrek om 6:30 vanaf die skool. ‘n Program vir die dag word by die nuusbrief ingesluit.

LETSEMENG NETBALPROEWE:Proewe vind vir alle 0/12, 0/13 en 0/14 netbalspelers op Woensdag, 13 April om 14:00 by ons bane plaas. Spelers speel in die skool se netbalklere en kan om 13:30 verdaag. Bring asseblief jou eie water saam.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewwat gehou word op . Vrydag, 29 April 2016. Nominasievergadering: 10:30 tot 11:00 . Stemming: 11:00 tot 13:00. Tel van stemme: Vanaf 13:00. Slegs

RUGBYPROEWE: [AFSKEURSTROKIE]Die Kimberley rugbyproewe vir 0/12 en 0/13 vind op Woensdag, 13 April om 13:30 by Newton in Kimberley plaas. Spelers moet reeds om 13:00 aanmeld. 0/13 Rugbyspelers moet asseblief die afskeurstrokie invul om hulle vervoer na Kimberley te bevestig. Busgeld van R30 is vooraf betaalbaar.

GIMNASTIEK:Ouers moet asseblief let op die gimnastiek se oefentye op die buitemuurse rooster.

SKAAK: [AFSKEURSTROKIE]Rian Steenkamp het met die laaste kwalifiserende skaakbyeenkoms 3½ van sy 5 wedstryde gewen. Geluk Rian!Spelers wat vir die Kwalifiserende Skaaktoernooi van 15 en 16 April wil inskryf kan die afskeurstrokie invul en op Maandag, 11 April saam met die inskrywingsfooi van R110 by die klasonderwysers inbetaal.

ALGEMEEN:PAASPRET:Baie dankie aan al die ouers en personeel wat met die Paaspret behulpsaam was, asook al die kinders wat deelgeneem het. ‘n Mooi bedrag van R4000.00 is vir die Jakkies Opwaarts Sentrum ingesamel.

.............................PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:Maryka van Straaten

Sarie Knoetze (Rugoperasie)

GELUKWENSING:

Baie geluk aan Vuyani Moore wat ‘n boetie ryker geword het.

AFSKEURSTROKIE: HUISWERKBOEK KWARTAAL 2 (R25) (Slegs gr 4 – 6)

OUER: ___________________________________

LEERDER: _______________________________

GR.: ____

WIL GRAAG ‘N HUISWERKBOEK VIR KWARTAAL 2 BESTEL.

INGESLUIT: R ______

HANDTEKENING: _______________________

AFSKEURSTROKIE: TOER-CD

EK: ___________________________________ (OUER)

NAAM VAN LEERDER: ______________________________

STEL BELANG OM _____ (AANTAL) TOER-CD’s @ R30

AAN TE KOOP.

KONTANT MET BESTELLING ASSEBLIEF.

HANDTEKENING VAN OUER: _________________________

KONTAKNOMMER: __________________________

(Bestelling en betaling by klasonderwysers)

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewwat gehou word op . Vrydag, 29 April 2016. Nominasievergadering: 10:30 tot 11:00 . Stemming: 11:00 tot 13:00. Tel van stemme: Vanaf 13:00. Slegs

AFSKEURSTROKIE: HUISWERKBOEK KWARTAAL 2 (R25) (Slegs gr 4 – 6)

OUER: ___________________________________

LEERDER: _______________________________

GR.: ____

WIL GRAAG ‘N HUISWERKBOEK VIR KWARTAAL 2 BESTEL.

INGESLUIT: R ______

HANDTEKENING: _______________________

AFSKEURSTROKIE: KIMBERLEY RUGBYPROEWE (Woensdag, 13 April)

OUER: _______________________________________

SPELER: __________________________________

0/ 12 OF 0/13 (Omkring asb.)

KAN MY EIE KIND/ERS NA KIMBERLEY VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

MY KIND BENODIG VERVOER NA KIMBERLEY:

(MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)

HANDTEKENING: ________________________

DATUM: _____________

Bus/vervoergeld vir elke speler: R30

AFSKEURSTROKIE: KWALIFISERENDE SKAAKTOERNOOI

OUER: ___________________________________

NAAM VAN LEERDER: ______________________________

WIL GRAAG INSKRYF VIR DIE KWALIFISERENDE SKAAK-TOERNOOI. 15 EN 16 APRIL.

HANDTEKENING VAN OUER: _________________________

KONTAKNOMMER: __________________________

(Strokie en R110 na klasonderwysers)

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewwat gehou word op . Vrydag, 29 April 2016. Nominasievergadering: 10:30 tot 11:00 . Stemming: 11:00 tot 13:00. Tel van stemme: Vanaf 13:00. Slegs

AFSKEURSTROKIE: KIMBERLEY RUGBYPROEWE (Woensdag, 13 April)

OUER: _______________________________________

SPELER: __________________________________

0/ 12 OF 0/13 (Omkring asb.)

KAN MY EIE KIND/ERS NA KIMBERLEY VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

MY KIND BENODIG VERVOER NA KIMBERLEY:

(MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)

HANDTEKENING: ________________________

DATUM: _____________

Bus/vervoergeld vir elke speler: R30

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewwat gehou word op . Vrydag, 29 April 2016. Nominasievergadering: 10:30 tot 11:00 . Stemming: 11:00 tot 13:00. Tel van stemme: Vanaf 13:00. Slegs
Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewwat gehou word op . Vrydag, 29 April 2016. Nominasievergadering: 10:30 tot 11:00 . Stemming: 11:00 tot 13:00. Tel van stemme: Vanaf 13:00. Slegs
Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewwat gehou word op . Vrydag, 29 April 2016. Nominasievergadering: 10:30 tot 11:00 . Stemming: 11:00 tot 13:00. Tel van stemme: Vanaf 13:00. Slegs
Page 8: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewwat gehou word op . Vrydag, 29 April 2016. Nominasievergadering: 10:30 tot 11:00 . Stemming: 11:00 tot 13:00. Tel van stemme: Vanaf 13:00. Slegs
Page 9: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewwat gehou word op . Vrydag, 29 April 2016. Nominasievergadering: 10:30 tot 11:00 . Stemming: 11:00 tot 13:00. Tel van stemme: Vanaf 13:00. Slegs