JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewOuers word herinner om by die skool se SMS ... Tot en met 14...

10
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 2 24 - 31 Januarie 2013 OUERS: HERWINNINGSPROJEK: Ons skool benodig die volgende toerusting vir die herwinningsprojek wat ons wil begin: Kontak asseblief die skool indien u kan help. Groot massasakke (koringsakke) “Wheely bins” 40 Galon dromme (asblikke) Ou tydskrifte (Vir biblioteek en koshuis) KWYTSKELDING: Ouers wat wil aansoek doen vir kwytskelding van skoolgeld word herinner aan die sluitingsdatum van 7 Februarie. Vorms moet ingevul word en dokumente word vir hierdie aansoek benodig. Alle besonderhede is by die finansiële kantoor beskikbaar. Alle ouers moet elke jaar heraansoek doen vir kwytskelding. LEERDERS – NA SKOOL: Ouers moet asseblief dadelik hulle kinders na skool kom haal indien dit vir u moontlik is. Ons wil nie hê leerders moet sonder toesig op die terrein rond dwaal/speel nie. Let wel: Laerskoolleerders mag nie by Kammaland Kleuterskool vir hulle ouers wag nie. SMS-STELSEL: [AFSKEURSTROKIE] Ouers word herinner om by die skool se SMS-stelsel aan te sluit vir die jaar 2014. Selfoonnommers word elke jaar weer herregistreer. Kostes: R60 vir een en R120 vir twee selfoonnommers. Die afskeurstrokie word weer by die nuusbrief ingesluit vir u gerief. Ná 31 Januarie word ouers wat nie aangesluit het nie van die stelsel afgehaal. WISKUNDEKLUB: Die volgende leerders van graad 2 – 7 mag skriftelik aansoek doen om by die wiskundeklub aan te sluit: Die top 3 wiskundekandidate volgens 2013 se jaareindpunte. Leerders wat ‘n goeie skoolbywoningrekord het. Nuwe leerders wat in 2014 ingeskryf is. Die wiskundeklub se tye verander as gevolg van botsing met die skaaktye: Woensdae vanaf: Graad 3: 13h15 – 14h00 Graad 4 – 7: 14h15 – 15h00 Verander dit asseblief op u buitemuurse roosters: BYBELPROJEK: Ons wil graag weer hierdie jaar Bybels bymekaarmaak vir kinders in China. Daardie kinders het nie die voorreg om ‘n Bybel in sy/haar eie taal te lees soos ons nie. Om een Bybel te laat druk kos ongeveer R60. Geopende Deure stel ‘n wit skapie-spaarbus beskikbaar wat by juffrou Elza @ R10 gekoop kan word. Gooi jou geldjies by juffrou Elza en die snoepie se skapies in, as jy nie jou eie skapie het nie. Kinders (en ouers) kan hierdie bussie probeer vol maak en dit dan by juffrou Elza kom inbetaal. Jy hoef dit nie voor ‘n sekere tyd in te betaal nie, aangesien die projek vir ‘n onbepaalde tyd voortduur. Vanaf 31 Januarie word ‘n “10-dae kompetisie gehou. Kom ons ondersteun hierdie verdienstelike projek. OUERGEBEDSGROEP: Epos: [email protected] [email protected] www.jakkies.com

Transcript of JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewOuers word herinner om by die skool se SMS ... Tot en met 14...

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewOuers word herinner om by die skool se SMS ... Tot en met 14 Februarie sal die Klerewinkel op ‘n Woensdag vanaf 10:00 tot 11:00 ook oop wees vir

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 2 24 - 31 Januarie 2013

OUERS:HERWINNINGSPROJEK:Ons skool benodig die volgende toerusting vir die herwinningsprojek wat ons wil begin: Kontak asseblief die skool indien u kan help.

Groot massasakke (koringsakke) “Wheely bins” 40 Galon dromme (asblikke) Ou tydskrifte (Vir biblioteek en koshuis)

KWYTSKELDING:Ouers wat wil aansoek doen vir kwytskelding van skoolgeld word herinner aan die sluitingsdatum van 7 Februarie. Vorms moet ingevul word en dokumente word vir hierdie aansoek benodig. Alle besonderhede is by die finansiële kantoor beskikbaar. Alle ouers moet elke jaar heraansoek doen vir kwytskelding.

LEERDERS – NA SKOOL:Ouers moet asseblief dadelik hulle kinders na skool kom haal indien dit vir u moontlik is. Ons wil nie hê leerders moet sonder toesig op die terrein rond dwaal/speel nie.Let wel: Laerskoolleerders mag nie by Kammaland Kleuterskool vir hulle ouers wag nie.

SMS-STELSEL: [AFSKEURSTROKIE]Ouers word herinner om by die skool se SMS-stelsel aan te sluit vir die jaar 2014. Selfoonnommers word elke jaar weer herregistreer. Kostes: R60 vir een en R120 vir twee selfoonnommers. Die afskeurstrokie word weer by die nuusbrief ingesluit vir u gerief. Ná 31 Januarie word ouers wat nie aangesluit het nie van die stelsel afgehaal.

WISKUNDEKLUB:Die volgende leerders van graad 2 – 7 mag skriftelik aansoek doen om by die wiskundeklub aan te sluit:

Die top 3 wiskundekandidate volgens 2013 se jaareindpunte. Leerders wat ‘n goeie skoolbywoningrekord het. Nuwe leerders wat in 2014 ingeskryf is.

Die wiskundeklub se tye verander as gevolg van botsing met die skaaktye:Woensdae vanaf: Graad 3: 13h15 – 14h00

Graad 4 – 7: 14h15 – 15h00Verander dit asseblief op u buitemuurse roosters:

BYBELPROJEK:Ons wil graag weer hierdie jaar Bybels bymekaarmaak vir kinders in China. Daardie kinders het nie die voorreg om ‘n Bybel in sy/haar eie taal te lees soos ons nie. Om een Bybel te laat druk kos ongeveer R60.Geopende Deure stel ‘n wit skapie-spaarbus beskikbaar wat by juffrou Elza @ R10 gekoop kan word. Gooi jou geldjies by juffrou Elza en die snoepie se skapies in, as jy nie jou eie skapie het nie.Kinders (en ouers) kan hierdie bussie probeer vol maak en dit dan by juffrou Elza kom inbetaal. Jy hoef dit nie voor ‘n sekere tyd in te betaal nie, aangesien die projek vir ‘n onbepaalde tyd voortduur. Vanaf 31 Januarie word ‘n “10-dae kompetisie gehou.Kom ons ondersteun hierdie verdienstelike projek.

OUERGEBEDSGROEP:Ouers wat belangstel om op ‘n Maandagoggend om 7:30 bymekaar te kom om ‘n gebedsgroep vir ons skool te begin, kan juffrou Elza kontak by: 0716876477

OUERVERENIGING:Baie geluk en welkom aan Ilze Pienaar en Suzaan Wessels wat hulle hierdie jaar by die Ouerverenigingkomitee aansluit. Baie dankie dat julle bereid is om vir ons skool te werk.

KLEREWINKEL:TYE: Maandae: 7:15 – 10:10 - Vrydae: 11:30 – 13:30Tot en met 14 Februarie sal die Klerewinkel op ‘n Woensdag vanaf 10:00 tot 11:00 ook oop wees vir die aanpas van wintersklere.Wintersklerebestelling: (Daar word slegs een bestelling vir 2014 geplaas)Ouers moet die volgende wintersklere vir alle leerders bestel. Hierdie klere kan wel oor ‘n paar maande afbetaal word maar moet ten volle betaal wees voordat u kind die klere gaan ontvang. U kan met Carin ‘n afbetalingsooreenkoms aangaan. Kostes gaan as volg wees:

Skoolbaadjie:(Windjakker) Nr.: 22 - 32 R380,00 Nr.: 34 - 46 R400,00

Sweetpakbaadjie:

Nr.: 22 - 32 R290,00 Nr.: 34 - 46 R310,00

Sweetpakbroek: Nr.: 22 - 32 R150,00 Nr.: 34 - 46 R190,00

Epos: [email protected] [email protected] [email protected]

www.jakkies.com

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewOuers word herinner om by die skool se SMS ... Tot en met 14 Februarie sal die Klerewinkel op ‘n Woensdag vanaf 10:00 tot 11:00 ook oop wees vir

Daar sal voorbeelde in die Klerewinkel beskikbaar wees vir leerders om aan te pas sodat u seker kan maak van die nommer wat u moet bestel. Maak asseblief gebruik van die afskeurstrokie om u kind se klere te bestel. Sperdatum vir bestellings: Vrydag, 14 Februarie. (Geen laat bestellings).Navrae: Carin Tait 0846739993

NS: Ouers moet asseblief kennis neem dat die klerewinkel op Vrydag, 31 Januarie vanaf 10:00 tot 12:00 oop sal wees.

TOESTEMMINGSBRIEFIE – MEDISYNE: [AFSKEURSTROKIE]Daar is heelwat ouers wat nog nie die medisyne toestemmingsbriefie teruggestuur het nie. Indien ons geen briefie vir u kind ontvang nie, neem ons aan dat geen medisyne aan daardie kind gegee mag word nie en skakel ons u dan om hom/haar dadelik te kom haal as hy/sy siek word.

KOSHUIS: [AFSKEURSTROKIE]Koshuisouers word gevra om twee koshuisouers te nomineer om op die Koshuiskomitee te dien. Maak asseblief net seker dat die persoon wat u nomineer wel bereid is om op die komitee te dien. Vul die afskeurstrokie in en stuur op Maandag, 27 Januarie terug na die klasonderwysers.KOSHUIS: [OUERS MOET ASSEBLIEF VAN DIE VOLGENDE KENNIS NEEM]:1. Geen koshuis leerder mag in die week uitslaap as beide ouers nie met

die koshuisouers skriftelik of telefonies gereël het nie. Graad 7 monitors mag onder geen omstandighede uitslaap a.g.v. hulle dienste wat hulle in koshuis verrig.

2. Indien leerlinge wat Maandagoggende voor 06H45 koshuis toe kom en ontbyt in die koshuis wil eet, moet reeds Vrydag vooraf met Matrone ‘n reëling tref en ‘n ete bespreek. Sondae aande geen kos, leerlinge moet self voorsien.

DORPSKINDERS IN KOSHUIS:Die koshuisgeriewe is hoofsaaklik vir koshuis leerlinge. Beheerliggaam maak ‘n vergunning aan dorpskinders om etes daar te eet en te studeer.Hierdie leerlinge is dan outomaties onder beheer en dissipline van die koshuis. Indien hierdie leerlinge ‘n probleem is vir toesigkragte en nie die reëls, toesigkragte, koshuisouers en leerlinge respekteer nie, sal toegang geweier word. ‘n Kamer word vir die leerlinge beskikbaar gestel indien beskikbaar. Die seunskant is vol en een kamer is beskikbaar gestel. Dit is al wat die koshuis tot die dorpsleerlinge se beskikking kan stel. Geen dorpskind mag in die Koshuisterrein kom om net met ‘n maatjie te speel nie. Dorpskinders se ouers moet asseblief vir hulle kinders ekstra water en

toiletpapier inpak. Koshuis voorsien geen toiletpapier aan hierdie leerlinge nie.Ekstra kos, moet daagliks vir ± 20 dorpskinders voorberei word en daarom mag dorpskinders nie in die koshuis eet as hulle nie ‘n kaartjie kan toon nie. Indien ouers ‘n vooraf reëling met Matrone wil maak moet hulle Adri du Toit skakel en ‘n reëling tref voor 10h30. Kaartjies moet ook aangekoop word voor 10h30 elke oggend anders word ete geweier.Diefstal is iets wat altyd by ons sal wees en bly. Ons kan nie u en u kind daarteen vrywaar nie. Dit bly oral waar ‘n mens gaan, ‘n risiko. Diewe is diewe omdat hulle meesters is op daardie gebied en daarom moet kinders ook verantwoordelikheid aanvaar vir hulle eiendom, hulle kaste sluit en sleutels by hulle hou en reëls van die koshuis. Ons poog binne ons vermoë om die koshuis ‘n veilige plek vir ons leerlinge te maak.

LEERDERDEELNAME:KLEURGALA:Die gala begin stiptelik om 13:00 en beamptes moet asseblief om 12:45 by die galaskeidsregter aantree. Leerders verdaag om 12:30 en kan dan hulle blou of geel klere aantrek. Ouers moet kennis neem dat die vier beste items van swemmers gebruik word om die swem Victor en Victrix Ludorum te bepaal. Die aantal rekords wat gebreek word, word nie in aanmerking geneem nie. Die swemspan word direk na die Kleurgala volgens ‘n prestasie puntetabel deur die Sportkomitee (+Verona) gekies.

SONE A ATLETIEK: [AFSKEURSTROKIE]Die Sone A Atletiekbyeenkoms vind op Dinsdag, 28 Januarie in Bloemfontein plaas. Ons het 36 atlete wat deelneem en ons vra ouers om asseblief die afskeurstrokie met vervoerreëlings in te vul en op Maandag, 27 Januarie terug te stuur na die Sportorganiseerder, asook R12 deelnemersfooi per atleet. Atlete moet groen atletiekbroekies (klerewinkel) aanhê en ontvang hulle atletiekhempies by die stadion nadat die atleet deelgeneem het moet die hempie en die itemkaartjies aan spanbestuurder terugbesorg word voordat hulle vertrek. Atlete wat kwalifiseer vir die Matheo/Xhariep Kampioenskappe gaan outomaties ook aan die Fichardtpark byeenkoms deelneem. Busgeld van R60 is betaalbaar by Marietjie.

NETBALKLINIEK:Spelers wat gekies is om na die Netbalkliniek op 31 Januarie en 1 Februarie te gaan, het ‘n inligtingsbrief ontvang. Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul en op Maandag, 27 Januarie terugstuur na Juffrou Delene. Die R180 per speler kan voor of op 31 Januarie inbetaal word. Al die spelers gaan met die skoolbus ry en busgeld van R50 is vooraf

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewOuers word herinner om by die skool se SMS ... Tot en met 14 Februarie sal die Klerewinkel op ‘n Woensdag vanaf 10:00 tot 11:00 ook oop wees vir

betaalbaar. Verblyf is in die koshuis beskikbaar die Vrydagaand, ook vir ouers! Tref net vooraf reëlings met die koshuismoeder.

INTERSKOLE TEEN DE AAR:Ouers moet asseblief kennis neem dat ons hierdie jaar De Aar toe gaan vir die interskole op 7 en 8 Maart. Op die kwartaalprogram staan daar verkeerdelik dat die Saterdag tuis sal wees.

SKAAK: Vrydag 24 Januarie te BloemfonteinBaie sterkte aan Phillip, Rian, Fransien en Johandre wat die naweek aan die kwalifiserende skaaktoernooi in Bloemfontein gaan deelneem.

Pierre de Smidt Sel nr. 083 4073072 van Kimberley is bereid om in die week of op Saterdae individuele skaakafrigting te gee hier op Jacobsdal. Koste: R150 per kind per uur of 2 kinders in groep teen ‘n verminderde bedrag, onderhandelbaar. Skakel met hom en reël ‘n tyd wat u en u kind sal pas. (Neem net ons baie besige buitemuursrooster inag dat daar nie botsings is nie).

KOOR:Begin amptelik op Dinsdag, 28 Januarie om 7h20. Alle nuwe koorlede se name verskyn op nuusbrief. Baie geluk en baie welkom in die “Jakkie Koor”.Graad 4: Graad 5: Graad 6: Graad 7:D. Hammond R. Delport A. Briel J. BothaD. Le Roux J. du Plooy J. Cox G. van ZylA. Naude CJ Marx M. Klindt C. Roelofse J. Opperman M. MakuV. Saliwe J. van der Berg I. MarxA.Strauss C. van Heerden O. Nyangane D. Thuntsa N. van WykM.van der Watt M. van ZylD. van Rooyen

KAMMALAND PRE-PRIMêR:Baie geluk met die goed voorbereide leerders wat ons elke jaar van julle ontvang vir Graad 1. Hierdie leerders is op ‘n hoë standaard volgens die skoolgereedheidstoetse wat afgeneem is. Ons is trots op ons Kleuterskool.

KAMMALANDKLEUTERSKOOL: 31 JANUARIE ATLETIEK Ons kleuterskool hou op Vrydag atletiek. Hulle bied heerlike verversings te koop aan. Ondersteun hulle asseblief tydens pouse.

ALGEMEEN:Ons wil net vir Sulette le Roux bedank vir die aartappels wat hulle aan die koshuis geskenk het. Baie dankie ook aan ons beheerliggaam voorsitter Mnr D. Delport wat vir die koshuis ‘n verpakkingshouer geskenk het. Groot waardering vir hierdie groot geskenke.

OMGEE:Dis weer ‘n geleentheid vir ons leerders om ietsie te gee. Bring asseblief enige oorskiet wol wat ons vir Yonder kan skenk. Handig dit by Juf. Rina in.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:Felicity Vorster

Veiligheid vir ons Skoolkinders

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewOuers word herinner om by die skool se SMS ... Tot en met 14 Februarie sal die Klerewinkel op ‘n Woensdag vanaf 10:00 tot 11:00 ook oop wees vir

BESTELLING: WINDJAKKERS EN SWEETPAKKE

Naam van leerder: Gr: Windjakker no:

Sweetpak no.: Baadjie

Broek:

Totale bedrag ingesluit: RHandtekening ouer: _________________________

Datum: _______________

Leerders kan met hierdie strokie na Tannie Carin toe kom en hulle kan eerste pouse (Maandag, Woensdag en Vrydag)

by die klerewinkel voorbeelde kom aanpas om seker te maak dat hulle die regte nommers bestel.

AFSKEURSTROKIE: SMS-STELSEL

AANSLUITING BY SMS-STELSEL VIR 2014:

OF

(Merk asb. jou keuse met ‘n X)

LEERDERS IN ONS SKOOL SE NAAM, VAN EN GRAAD:

____________________________ GRAAD: ______

_____________________________ GRAAD: ______

_____________________________ GRAAD: ______

_____________________________ GRAAD: ______

(Elke leerder in die gesin se naam en graad word aan die selfoonnommer gekoppel)

SELFOONNOMMER: 1 (Gewoonlik Mamma!)

NAAM EN VAN: __________________________________

SELFOONNOMMER: _______________________

SELFOONNOMMER: 2 (Gewoonlik Pappa!)

NAAM EN VAN: __________________________________

SELFOONNOMMER: ________________________

NB: Ouers wat verlede jaar op die stelsel was, moet weer vir 2014 registreer en betaal.

Graad R-leerders mag ook by die stelsel inskakel.Indien u wil “reply” op ‘n sms is u welkom.

Dit kom dan as ‘n epos na die skool toe deur.

TOESTEMMINGSBRIEF – MEDISYNEHiermee gee ek: _____________________________ ouer van die

AFSKEURSTROKIE: NOMINASIES VIR KOSHUISKOMITEE

(OUER SE NAAM EN VAN) ___________________________________

GRAAG WIL EK DIE VOLGENDE PERSOON/E VIR DIE KOSHUIS-KOMITEE NOMINEER:

___________________________________

_____________________________________________

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

1 X Selfoonnommer :R60 per jaar

(gewoonlik ma se nr.)

2 X Selfoonnommers: R120 per jaar

(gewoonlik pa se nr.)

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewOuers word herinner om by die skool se SMS ... Tot en met 14 Februarie sal die Klerewinkel op ‘n Woensdag vanaf 10:00 tot 11:00 ook oop wees vir

TOESTEMMINGSBRIEF – MEDISYNEHiermee gee ek: _____________________________ ouer van die

AFSKEURSTROKIE: SONE-A ATLETIEK – 28 JANUARIE

(OUER SE NAAM EN VAN) ___________________________________

WINDHOND KLEINTJIES TE KOOPReuntjies en tefies beskikbaar

7 weke oud

R500 elk

Kontak Dirk Bekker by:

0837568397

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewOuers word herinner om by die skool se SMS ... Tot en met 14 Februarie sal die Klerewinkel op ‘n Woensdag vanaf 10:00 tot 11:00 ook oop wees vir

AFSKEURSTROKIE: SONE-A ATLETIEK – 28 JANUARIE

(OUER SE NAAM EN VAN) ___________________________________

Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewOuers word herinner om by die skool se SMS ... Tot en met 14 Februarie sal die Klerewinkel op ‘n Woensdag vanaf 10:00 tot 11:00 ook oop wees vir

Gr. 4 – 11Koste:

R130 pp/u – By laerskool of hoërskoolR100 pp/u – By my huis te Rietrivier

Skakel Lize Meintjes084 549 2538

“The secret of getting ahead is getting started.”