Jaargang 19, Nr. 3 Nov In die vlees - NG...

8
Jaargang 19, Nr. 3 Nov 2018 Ferreira Marais As kinders van die Here ontvang ons elke Desember ʼn radikale boodskap van liefde, vrygewigheid, nederigheid en opoffering. Kersbome staan trots in winkelsentrums, Kersliedjies weerklink in ons gedagtes, ons is op soek na die regte presente vir ons eie geliefdes en baie van ons het die voorreg om in hierdie tyd iewers by die see te wees. Daar bestaan wel die gevaar dat ek en jy soms die grootheid van die Kersverhaal miskyk: Jesus, God self, kom aarde toe. Die voorbeeld wat Jesus vir ons as individue en ook as gemeente stel is opwindend en terselfdertyd ook baie uitdagend. In die teologie word die woord “inkarnasie” gebruik. Die voorvoegsel in- beteken “in” en caro beteken “vleis” of “vlees”, dus beteken die woord inkarnasie “in die vlees”. Ons lees hiervan in Filippense 2:6 wat verduidelik dat Jesus nie vasgehou het aan sy Goddelike status nie, maar in nederigheid mens geword het en in ʼn stukkende, vuil wêreld kom woon het. Hoekom het hy dit gedoen? Omdat hy ʼn geloofwaardige God is, wat naby en inem in ons lewens betrokke is. Wat beteken dit dan nou vir ons? Wel, Jesus roep elkeen van ons om sy dissipels te wees, dit wil sê om sy studente te wees. Ons word genooi om te doen wat Hy doen. Soos Jesus vir Petrus en Andreas uitgenooi het, nooi Hy ook vandag vir my en jou uit: “Kom, volg my!” (Vlg. Mat 4:19.) Jesus roep ons dus om, soos Hy, deel van hierdie wêreld te word. Dit doen Hy sodat ons, deur Sy krag, die wêreld ʼn beter plek kan maak. Een persoon op ʼn slag. Ons geloof is die enigste godsdiens wat dit doen. Al die ander godsdienste hou vas aan die verlede, die tradisies en die geskiedenis. God se plan is anders. Hy sê: “Onthou die verlede, onthou wie jy is, maar hou vas aan my! Kom saam met my in hierdie wêreld in, moenie wegkruip agter hoë mure van privaatheid en eensaamheid nie. Gee, soos ek. Dien, soos ek. Bid, soos ek.” Ons sien hierdie inkarnasie ook in Paulus se lewe: “Vir die Jode het ek soos ʼn Jood geword om Jode te wen. Hoewel ek self nie meer onder die wet is nie, het ek my vir dié wat onder die wet staan, onder die wet gestel om hulle te wen. Hoewel ek nie sonder die wet van God is nie, maar onder die wet van Christus, het ek vir dié wat sonder die wet is, geword soos een sonder die wet om hulle te wen. Vir die swakkes het ek swak geword om die swakkes te wen. Vir almal het ek alles geword om in elk geval sommige te red.” (Vlg. 1 Korinërs 9:20-22.) Jesus daag ons uit, maar Hy stap ook die pad saam met my en jou. Geseënde Kerstyd. In die vlees

Transcript of Jaargang 19, Nr. 3 Nov In die vlees - NG...

Page 1: Jaargang 19, Nr. 3 Nov In die vlees - NG Weltevredenngweltevreden.co.za/images/weltewoord/WELTEWOORD... · Die belydeniskamp van 12 tot 14 Oktober was ʼn baie lekker naweek, al het

Jaar

gang

19,

Nr.

3 N

ov 2

018

Ferreira Marais

As kinders van die Here ontvang ons elke Desember ʼn radikale boodskap van liefde, vrygewigheid, nederigheid en opoffering. Kersbome staan trots in winkelsentrums, Kersliedjies weerklink in ons gedagtes, ons is op soek na die regte presente vir ons eie geliefdes en baie van ons het die voorreg om in hierdie tyd iewers by die see te wees. Daar bestaan wel die gevaar dat ek en jy soms die grootheid van die Kersverhaal miskyk: Jesus, God self, kom aarde toe.

Die voorbeeld wat Jesus vir ons as individue en ook as gemeente stel i s opwindend en terselfdertyd ook baie uitdagend. In die teologie word die woord “inkarnasie” gebruik. Die voorvoegsel in- beteken “in” en caro beteken “vleis” of “vlees”, dus beteken die woord inkarnasie “in die vlees”. Ons lees hiervan in Filippense 2:6 wat verduidelik dat Jesus nie vasgehou het aan sy Goddelike status nie, maar in nederigheid mens geword het en in ̓ n stukkende, vuil wêreld kom woon het. Hoekom het hy dit gedoen? Omdat hy ʼn geloofwaardige God is, wat naby en intiem in ons lewens betrokke is.

Wat beteken dit dan nou vir ons? Wel, Jesus roep elkeen van ons om sy dissipels te wees, dit wil sê om sy studente te wees. Ons word genooi om te doen wat Hy doen. Soos Jesus vir Petrus en Andreas uitgenooi het, nooi Hy ook

vandag vir my en jou uit: “Kom, volg my!” (Vlg. Mat 4:19.) Jesus roep ons dus om, soos Hy, deel van hierdie wêreld te word. Dit doen Hy sodat ons, deur Sy krag, die wêreld ʼn beter plek kan maak. Een persoon op ̓ n slag. Ons geloof is

die enigste godsdiens wat dit doen. Al die ander godsdienste hou vas aan die verlede, die

tradisies en die geskiedenis.

God se plan is anders. Hy sê: “Onthou die verlede, onthou

wie jy is, maar hou vas aan my! Kom saam met my in hierdie wêreld in, moenie wegkruip agter hoë mure van privaatheid en eensaamheid nie. Gee, soos ek. Dien, soos ek. Bid, soos ek.”

Ons sien hierdie inkarnasie ook in Paulus se lewe: “Vir

die Jode het ek soos ʼn Jood geword om Jode te wen.

Hoewel ek self nie meer onder die wet is nie, het ek my vir dié wat

onder die wet staan, onder die wet gestel om hulle te wen. Hoewel ek nie

sonder die wet van God is nie, maar onder die wet van Christus, het ek vir dié wat sonder die wet is, geword soos een sonder die wet om hulle te wen. Vir die swakkes het ek swak geword om die swakkes te wen. Vir almal het ek alles geword om in elk geval sommige te red.” (Vlg. 1 Korintiërs 9:20-22.) Jesus daag ons uit, maar Hy stap ook die pad saam met my en jou.

Geseënde Kerstyd.

In die vlees

Page 2: Jaargang 19, Nr. 3 Nov In die vlees - NG Weltevredenngweltevreden.co.za/images/weltewoord/WELTEWOORD... · Die belydeniskamp van 12 tot 14 Oktober was ʼn baie lekker naweek, al het

2 WELTEWOORD I November 2018

Die proses was ʼn jaar na die omvattende gemeentevraelys met die doel om gemeentelede (asook nie-lede wat inskakel) se opinies en persepsies te kry oor hul belewenis van die gemeente. Die resultate het aan die Kerkraad bevestig dat gemeentelede oor alle biografiese groeperinge heen:

die gemeente-aksies en -bedieninge positief ervaar en tevrede is met die gemeente se kultuur, ons roeping en

waardes en veral met ons leraars en eredienste.

Prof Nelus Niemandt begelei die Kerkraad in hierdie proses. Die Kerkraad het reeds by drie geleenthede vanjaar (Mei, Junie en Augustus) deelgeneem aan interaktiewe werkwinkels oor ʼn strategiese plan vir die gemeente.

Tydens die eerste werkwinkel is ondersoek ingestel na die huidige “tekens van die tyd” wat ons en ander gemeentes binne die NG-familie in die gesig staar. Daar is onder andere verneem dat:

die proporsie blanke mense in Suid-Afrika van 17% in die 1970s tot 8% in 2015 afgeneem het en dat hulle teen 2030 waarskynlik slegs ongeveer 3% van die totale bevolking sal uitmaak

die oorwig lidmate van NG gemeentes steeds tipies blank en Afrikaanssprekend is, en dat hulle geleidelik met ongeveer 30,000 per jaar verminder

die demografie van die mense in die omgewing van NG Weltevreden vinnig besig is om te verander en dat ʼn groter diversiteit van tale, rasse, ouderdomme, kulture en gelowe algemeen geword het

mense oor verskillende kultuurgrense heen nie werklik tuis voel by meer tradisionele NG gemeentes nie en dat NG Weltevreden se kernwaarde van “vreemde gasvryheid’” by ʼn substansiële groep lidmate aanklank vind

Gerrie Jacobs, Kerkraadsvoorsitter

Die Kerkraad het besluit om ʼn strategiese beplannings-proses van stapel te stuur om antwoorde te vind op die volgende vier belangrike vrae:• Waar is NG Weltevreden as gemeente en waar

behoort ons te wees in 2019 en in die jare daarna?• Is ons gemeente dalk aan die begin van ʼn nuwe

strategiese fase of is ons in ʼn instandhoudingsfase? • Hoe lyk die “tekens van die tyd” binne die kerk in

die algemeen en spesifiek binne NG Weltevreden?• Watter implikasies het die “tekens van die tyd”

moontlik vir ons as gemeente?

die NG Kerk die skool (met ander woorde Onderwys) as strategiese vennoot “verloor” het

dit oor die laaste aantal jare besonder goed gaan met ons gemeente en dat ons getal lidmate noemenswaardig gegroei het

dit met die meeste gemeentes in die Ring betreklik broekskeur gaan en dat baie van die gemeentes se lewensvatbaarheid ernstig bedreig word en

daar ʼn goeie ouderdomsverspreiding van lidmate binne ons gemeente is, met tekens van nuwe groei op vele terreine.

Dit het die Kerkraad die volgende vrae laat vra:• Hoe kan NG Weltevreden ʼn hoop-draer word?• Wat kan ons alles vermag met die “nuwe energie” in die

gemeente?• Hoe kan ons tot groter seën vir andere om ons wees?• Hoe kan die gemeente haarself vestig as ʼn

dienssentrum waar gemeentelede hul gawes aanwend terwyl ons terselfdertyd ʼn lewensvatbare bedieningsmodel handhaaf?

Die Kerkraad is dit eens dat NG Weltevreden graag die eienskappe van ʼn gestuurde gemeente wil vertoon. Dit beteken dat ons antwoorde wil kry op die kernvraag: Wat wil die Here hê moet ons as gemeente doen? Dit het ons stewig op die pad geplaas van missionale kerkwees (missio Dei). Die gewilligheid van ʼn gemeente om heeltyd moeilike vrae soos die viertal hierbo te vra is juis deel van die sukses van gestuurde gemeentes.

Die Kerkraad se benadering tot hierdie strategiese onderskeidingsproses kom neer op die volgende: Ons gaan nie oor ons lidmate praat nie, maar met hulle. Ons beplan langtafelgesprekke in 2019 om te hoor wat lidmate dink van ons strategiese inisiatiewe. Tydens sulke gesprekke sal meer konkrete idees met lidmate en ander belangstellendes bespreek word. Die konkrete idees sal spruit uit ʼn verdere strategiese wegbreek van al die leraars en die dagbestuur van die Kerkraad, wat beplan word vir Januarie 2019.

Die uitkoms van hierdie proses sal hopelik ʼn weldeurdagte plan wees waarin lidmate inspraak gehad het. Die Kerkraad is baie opgewonde om so ʼn plan uit te voer in vennootskap met elke persoon wat soos ons entoesiasties is oor ons gestuurde gemeente, wat lewe vir die stad.

Wat is God se plan vir

NG Weltevreden?

Page 3: Jaargang 19, Nr. 3 Nov In die vlees - NG Weltevredenngweltevreden.co.za/images/weltewoord/WELTEWOORD... · Die belydeniskamp van 12 tot 14 Oktober was ʼn baie lekker naweek, al het

November 2018 I WELTEWOORD 3

3. Vertel ons 'n bietjie meer van jouself Ek is in Bloemfontein gebore en het aan Hoërskool

Diamantveld in Kimberley gematrikuleer. My man Bertie is ʼn bankier en ons is al 14 jaar getroud. Ons het twee kinders, Albert (11) en Inge (5).

4. Wat maak jou gelukkig? Om tyd saam met my gesin en ons Labrador te spandeer

en om saam met my hardloopvriendinne te gaan draf en aan padwedlope deel te neem.

5. Jou gunstelingvakansieplek? Ons gesin se beste vakansies is gewoonlik seevakansies in

KwaZulu-Natal.

6. Jou gunstelingfliek? Deesdae kry ek omtrent net tyd om animasiefilms saam

met my kinders te kyk! Sing bly een van my gunstelinge, ek geniet dit ook om na al die nuwe Afrikaanse films wat uitgereik word te kyk.

Welkom Mari!Ons sien uit daarna om saam met jou

in die kerkkantoor te werk.

Totsiens

Christa,welkom

Mari! Na 17 jaar in NG Weltevreden neem ons met swaar harte afskeid van Christa en André Oosthuysen. Christa het in 2004 by die kerkkantoor begin werk as ontvangsdame en later as skriba, ʼn pos wat sy vir 14 jaar gevul het. Sy sluit einde November by André aan wat in Julie in Swaziland begin werk het. Hulle verhuis in Januarie 2019 na Manzini waar hulle by ʼn nuwe gemeente betrokke sal raak. Christa vertel dat dié gemeente die teenoorgestelde van Weltevreden is. Daar is minder as 20 lidmate en geen musiek of elektronika nie, maar hulle is opgewonde omdat hulle steeds in Afrikaans sal kan kerk hou. “Vir eers gaan ek net vakansie hou en dan trek en daarna sal ek kyk wat doen ʼn pensioenaris!” sê Christa. Hul eerste kleinkind word DV in Junie 2019 gebore, dus is Christa darem nie heeltemal verlore vir ons nie.

Ons het vir Christa gevra wat sy die meeste gaan mis: “Dit was elke dag vir my lekker om werk toe te kom;

die personeel in die kantoor is ʼn lekker span. Ek gaan veral my kollegas mis, die lekker saam tee drink, kuiers in die kombuis en veral ons eie Dinsdagvergaderings.

Weltevreden, baie dankie vir julle omgee, liefde, aanvaarding en saamwerk. Mag julle geseën wees

en hou aan om ʼn verskil te maak!” Ons gaan jou mis, Christa!

Mari Hamman het op 1 November by ons aangesluit as skriba. Ons het ʼn paar vrae aan Mari gevra om haar beter te leer ken:

1. Hoe lank is jy al in ons gemeente? Ons het in Julie 2010 van Bloemfontein na Roodepoort

verhuis en is al ʼn bietjie meer as agt jaar deel van NG Weltevreden.

2. Waar was jy al in NG Weltevreden betrokke? Ek was die afgelope paar jaar by die Verskilmakers-

program betrokke en het gehelp met van die kerk se fondsinsamelingsfunksies. Ek het die afgelope twee jaar ons gemeente se gemeentebeurt by Ekklesiapark-aftreeoord gekoördineer en met behulp van agt vrywilligers vanuit die gemeente het ons ʼn “70+ verjaardagbediening” op die been gebring.

Tanya Krause

Page 4: Jaargang 19, Nr. 3 Nov In die vlees - NG Weltevredenngweltevreden.co.za/images/weltewoord/WELTEWOORD... · Die belydeniskamp van 12 tot 14 Oktober was ʼn baie lekker naweek, al het

Dankie-funksie

4 WELTEWOORD I November 2018

Page 5: Jaargang 19, Nr. 3 Nov In die vlees - NG Weltevredenngweltevreden.co.za/images/weltewoord/WELTEWOORD... · Die belydeniskamp van 12 tot 14 Oktober was ʼn baie lekker naweek, al het

Dankie-funksie

Sonder vrywilligers kan NG Weltevreden nie funksioneer nie! Ons jaarlikse Dankie-funksie word gehou om aan hierdie spesiale groep mense te wys

hoe baie ons hulle waardeer. Julle doen ʼn ongelooflike groot en belangrike werk.

Dankie dat julle die gemeente se hande en voete is en ons

visie van Lewe vir die Stad uitleef.

November 2018 I WELTEWOORD 5

Page 6: Jaargang 19, Nr. 3 Nov In die vlees - NG Weltevredenngweltevreden.co.za/images/weltewoord/WELTEWOORD... · Die belydeniskamp van 12 tot 14 Oktober was ʼn baie lekker naweek, al het

WELTEWOORD I November 20186

Vanjaar se belydenisklas was ʼn wonderlike groep van 26 jongmense. Die jaar gaan oor geloofsvorming en ten spyte van die graad 11’s se baie besige program het ons ʼn heerlike tyd saam gehad.

Die belydeniskamp van 12 tot 14 Oktober was ʼn baie lekker naweek, al het dit baie, baie gereën. Die tema van die kamp was “Vol van die Gees” en ons het gepraat oor ʼn Geesvervulde lewe. Die teksvers vir die naweek was Efesiërs 5:18 “Moenie dronk word van wyn nie – daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul”. Dit klink dalk na ’n vreemde vers, maar ons het gefokus daarop dat ons moet ruimte maak vir God, vir die Gees, in ons lewens. As ons heeltyd besig is met allerhande dinge, selfs goeie dinge, maar ons maak nie tyd vir God nie, dan mis ons die punt.

Hul belydenisaflegging het op Sondag 21 Oktober

plaasgevind en ons as gemeente wil baie geluk sê aan elkeen van hierdie jongmense wat gesê het: “Ja, Jesus is my Here”. Ons leer in Romeine 10:9 dat ons met ons monde bely en met ons harte glo. Elkeen van hierdie jongmense het nou met hulle monde bely en ons vertrou die Heilige Gees dat hulle ook met hulle harte sal glo in die krag wat God uit die dood opgewek het. Mag julle lewens leef wat ander inspireer en bystaan. Sterkte vir graad 12 en al die opwindende dinge wat vir julle voorlê.

Laastens wil NG Weltevreden ons dankbaarheid uitspreek teenoor 2018 se belydeniskategete: Liana Grünewald, Adéle Strydom, Hannes en Alma Koegelenberg en Armand van Niekerk. Baie dankie vir julle harde werk, liefde, omgee en “commitment” deur die jaar. Ons glo en vertrou dat die saad wat julle oor die jare in hierdie jongmense se lewens geplant het oor hulle leeftyd sal ontkiem en vrug dra.

Jesus is my HereFerreira Marais

Ek bely,

Page 7: Jaargang 19, Nr. 3 Nov In die vlees - NG Weltevredenngweltevreden.co.za/images/weltewoord/WELTEWOORD... · Die belydeniskamp van 12 tot 14 Oktober was ʼn baie lekker naweek, al het

November 2018 I WELTEWOORD 7

Slegs R300 vir ʼn pragtige volkleurboek met 150 bladsye vol heerlike resepte, foto’s, oulike staaltjies asook die storie van ons gemeente.

Hoe bestel ek?Stuur ʼn e-pos met jou bestelling en bewys van betaling na [email protected].

Inbetalings kan by die kerkkantoor gedoen word, asook deur middel van ʼn EFT of Snapscan. Gebruik asb. die volgende bankbesonderhede vir ʼn EFT:

NG WeltevredenABSA ClearwaterTakkode 632005Rekeningnommer 7 3058 0460Verwysing: resepteboek+naam+van

Bestel jou NG Weltevredenresepteboek NOU!

Ons eerste Boek-en-koek was ʼn groot sukses en ons het heerlik gekuier tussen die tweedehandse boeke, koffie en heerlike koek in die koffiewinkel. Dankie aan almal wat boeke geskenk het en ook almal wat ons kom ondersteun het. Daar is nog baie boeke oor, dus sal daar in die nuwe jaar weer ʼn Boek-en-koek wees.

Die tweede Twilight Trot het op 19 Oktober by die Randpark Gholfklub

plaasgevind.

Dankie aan almal wat kom deel het in die pret!

Ons sien uit na die volgende een.

Die perfekte Kersgeskenk vir familie en vriende

Page 8: Jaargang 19, Nr. 3 Nov In die vlees - NG Weltevredenngweltevreden.co.za/images/weltewoord/WELTEWOORD... · Die belydeniskamp van 12 tot 14 Oktober was ʼn baie lekker naweek, al het

WELTEWOORD I November 2018 • Grafies versorg en gedruk deur On Demand Design & Imaging I 011 285 2060 • Dankie Maretha Gous vir die taalversorging.8

Ons gemeente het weer vanjaar ʼn groep jongmense TO-strand toe geneem vir die jaarlikse seekamp, wat deur die Y-Netwerk gereël word. Hierdie netwerk bestaan uit dertien gemeentes van Johannesburg en Pretoria. Daar was vanjaar net so oor die 200 tieners wat die baie geseënde week meegemaak het.

Die tema was “One life, live it” en die tieners is uitgedaag om voluit te lewe. Dit is vandag so maklik om toe te laat dat die lewe by ons verby gaan. Sosiale media, TV’s, laptops en tablette kaap ons teenwoordigheid so maklik. Jesus maak ons wel vry: “As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.” (Vlg. Johannes 8:3.) Dit is wonderlik om te sien hoe tieners vandag opstaan vir Jesus. Ek kan getuig van tieners wat tot bekering gekom het; tieners wat met diep dinge worstel; tieners wat verslawings erken en ook besluit het om iets daaraan te doen en tieners wat eenvoudig besluit het om die lewe voluit te lewe.

Ferreira Marais

Dit is lekker om omring te wees van so ʼn groot groep mense wat passievol is oor Jesus, wat kliphard sing en die Here loof. Ons het saam gebid, saam gehuil en saam gelag. Sit sommer nou al elke maand ʼn geldjie weg sodat jy jou kind vir volgende jaar se seekamp kan inskryf – dit is regtig die moeite werd. Sien julle weer volgende jaar.