Hoofstuk Twee

11
14 1 Wat in ‘n ekologiese of ekosistemiese benadering aangebied word, is nie net ‘n teorie nie. Dit is ‘n rasionaliteitsmodel, ‘n epistemologiese raamwerk, “ ‘n wyse van dink en verstaan wat uiteindelik ‘n beslissende invloed het op die konstruksie wat ek van die ‘werklikheid’ maak” (De Jongh van Arkel 1991b: 70; vgl De Jongh van Arkel 1987: 62-63, 73-83; Nel 1996: 40). Hoofstuk Twee IMPLIKASIES EN TOEPASSINGS VAN ‘N EKOSISTEMIESE TEORIE 2.1 INLEIDING Die twee dominante paradigmas of meta-teorieë wat in die studie gebruik word, is die kommunikatiewe handelingsteorie en die ekosisteemteorie (par 1.3.2). In hierdie hoofstuk word verduidelik wat met ‘n ekosistemiese benadering bedoel word, deur te verwys na vier ontologiese uitgangspunte onderliggend aan hierdie teorie. Die implikasies en toepassings van ‘n ekosistemiese denkwyse 1 vir rouberaad vanuit ‘n rituele perspektief, word tweedens bespreek. 2.2 ‘N EKOSISTEMIESE BENADERING Soos die term eko-sistemies (Keeney 1983) impliseer, veronderstel die ekosistemiese benadering ‘n manier van kyk na menslike funksionering waar sisteme in die fokus is en ekologiese, kibernetiese en konstruktivistiese beginsels as ontologiese uitgangspunte gehuldig word (Keeney 1983: 16). Die ekosistemiese benadering verteenwoordig daarom nie net een bepaalde teorie nie, maar is ‘n integrasie van ‘n verskeidenheid van studieterreine wat elk op ‘n unieke wyse die ontwikkeling van ekosistemiese denke beïnvloed (De Jongh van Arkel 1991b: 69; Moore 1997: 583-584). Ekologie kan gesien word as die fundamentele aanname dat alle dinge in die natuur op ‘n komplekse, maar sistematiese wyse met mekaar in verband staan (Keeney 1983). As illustrasie verwys Moore (1997: 583) na ‘n woud en hoe die organismes in ‘n woud saamleef en ko-eksisteer. Indien ‘n mens iets van die wonder van ‘n woud te wete wil kom, sal dit nie sin maak om bepaalde elemente van die woud afsonderlik en in isolasie te bestudeer nie.

description

Hoofstuk twee Implikasies en toepassing van 'n ekosistemiese teorie

Transcript of Hoofstuk Twee

  • 14

    1 Wat in n ekologiese of ekosistemiese benadering aangebied word, is nie net n teorie nie.Dit is n rasionaliteitsmodel, n epistemologiese raamwerk, n wyse van dink en verstaanwat uiteindelik n beslissende invloed het op die konstruksie wat ek van die werklikheidmaak (De Jongh van Arkel 1991b: 70; vgl De Jongh van Arkel 1987: 62-63, 73-83; Nel1996: 40).

    Hoofstuk Twee

    IMPLIKASIES EN TOEPASSINGS VAN N EKOSISTEMIESE TEORIE

    2.1 INLEIDING

    Die twee dominante paradigmas of meta-teorie wat in die studie gebruik word, is die

    kommunikatiewe handelingsteorie en die ekosisteemteorie (par 1.3.2). In hierdie hoofstuk

    word verduidelik wat met n ekosistemiese benadering bedoel word, deur te verwys na vier

    ontologiese uitgangspunte onderliggend aan hierdie teorie. Die implikasies en toepassings

    van n ekosistemiese denkwyse 1 vir rouberaad vanuit n rituele perspektief, word tweedens

    bespreek.

    2.2 N EKOSISTEMIESE BENADERING

    Soos die term eko-sistemies (Keeney 1983) impliseer, veronderstel die ekosistemiese

    benadering n manier van kyk na menslike funksionering waar sisteme in die fokus is en

    ekologiese, kibernetiese en konstruktivistiese beginsels as ontologiese uitgangspunte

    gehuldig word (Keeney 1983: 16). Die ekosistemiese benadering verteenwoordig daarom

    nie net een bepaalde teorie nie, maar is n integrasie van n verskeidenheid van

    studieterreine wat elk op n unieke wyse die ontwikkeling van ekosistemiese denke benvloed

    (De Jongh van Arkel 1991b: 69; Moore 1997: 583-584).

    Ekologie kan gesien word as die fundamentele aanname dat alle dinge in die natuur op n

    komplekse, maar sistematiese wyse met mekaar in verband staan (Keeney 1983). As

    illustrasie verwys Moore (1997: 583) na n woud en hoe die organismes in n woud saamleef

    en ko-eksisteer. Indien n mens iets van die wonder van n woud te wete wil kom, sal dit nie

    sin maak om bepaalde elemente van die woud afsonderlik en in isolasie te bestudeer nie.

  • 15

    2 Die Skrif is volgens De Jong van Arkel (1987: 214) radikaal sistemies in sy perspektief opdie individu. The individual can only be understood when the systemic corporality of inAdam and in Christ is taken into account as the metasystem of his or her life.Scriptures totalitarian perspective emphasised the importance of the Church, the body ofChrist, in which the whole determines the functions of the parts (Rm 12; 1 Cor 12; Gl 3).Die oorskakeling van n meganiese (deel verduidelik die geheel) na n sistemiese (geheelverduidelik die deel) manier van verstaan, vereis daarom n nogal beduidende switch (DeJongh van Arkel 1991b: 69, 72; Schultz 1984: 58).

    Daar sal eerder gekonsentreer moet word op die tussenwerking, samewerking en

    teenwerking (sinergisme) van subsisteme binne die groter konteks. Ekologie verwys dus na

    die komplekse interafhanklikheid van alle dinge en mense in die natuur. n

    Oorlewingseenheid kan daarom nooit uit n individuele organisme in n statiese omgewing

    bestaan nie (De Jongh van Arkel 1991b: 70).

    Die sistemiese komponent van die begrip ekosisteem beklemtoon dat n individu gesien

    word as n deel van n groter geheel, eerder as n geheel wat uit dele bestaan (Schultz 1984:

    56). Die sisteemperspektief beklemtoon dus die belang van die geheel of n holistiese

    benadering (Keeney 1983: 95), sodat die dele beter verstaan kan word (De Jongh van Arkel

    1991b: 69) 2. Die sisteem word as sinergisties gesien. Dit beteken dat die geheel altyd

    meer is as die som van die dele.

    Die begrip ekosisteem moet ook kiberneties verstaan word. Kibernetiek is afgelei van die

    Griekse woord kubernts en verwys na die woord steersman, pilot of governor en is in

    1948 deur die wiskundige Norbert Wiener geskep (Keeney 1983: 66) om te verwys na die

    beginsels wat die verspreiding van inligting of boodskappe reguleer (Keeney & Ross 1992:

    5-6; Moore 1997: 586). Kibernetika hoort tot die wetenskap van patrone en organisasie,

    dinge, krag en energie (De Jongh van Arkel 1987: 250; Keeney 1983: 6, 61, 95). An

    encounter with cybernetics is somewhat analogous to a Japanese landscape, where pattern,

    rather than objects, is primary. The objects fade into the background while pattern is brought

    into focus (Keeney 1983: 64). Waar die sisteemperspektief n skuif van dele na die geheel

    beklemtoon, wil n kibernetiese perspektief die fokus van objekte na patrone verskuif (Keeney

    1983: 95).

    Hierdie eerste vorm van kibernetika staan as eerste-orde-kibernetika bekend. Hoewel die

  • 16

    3 Volgens die solipsisme bestaan daar geen realiteit buitekant die waarnemer se verbeeldingof verstand nie : die enigste realiteit is ... the imagining I (Von Foerster 1984: 59; VonGlasersfeld 1984: 24; Watzlawick 1984: 15).

    4 Hoewel alle werklikhede in die lig van tweede-orde-kibernetika as geldig beskou word, kaneen werklikheid vir n bepaalde sisteem meer nuttig wees as n ander. n Persoon met ngeldige, maar nie noodwendig nuttige werklikheid of storie (Gerkin 1984), kan byvoorbeeldgehelp word om ander metafore te eksploreer, sodat n nuwe en nuttiger werklikheidgekonstrueer kan word (Moore 1997: 588).

    klem in eerste-orde-kibernetika op die waarneming van rekursiewe patrone is, is die

    veronderstelling dat die waarnemer buite die waargenome sisteem staan en die interaksies

    objektief waarneem en beskryf. Tweede-orde-kibernetika of kibernetika van kibernetika

    veronderstel n hor orde van kibernetika waarvolges die waarnemer deel van die sisteem

    word (Keeney 1983: 76). In tweede-orde kibernetika word beklemtoon dat waarnemings nie

    objektief plaasvind nie (par 2.3.6), maar gekleur word deur die waarnemer se optrede

    (Heisenberg se beginsel van onsekerheid) en manier van waarneem (konstruktivisme). Von

    Foerster (in Keeney 1982: 163) stel dit so: ... cybernetics of cybernetics is therefore a move

    from the cybernetics of observed systems to that of observing systems.

    Die vierde ontologiese komponent, naamlik konstruktivisme is by al die voorafgaande

    uitgangspunte teenwoordig. Konstruktivisme verwys na die vermo van n persoon om n

    persoonlike en unieke realiteit van dit wat waargeneem word, te konstrueer. Volgens Paul

    Watzlawick (1984: 10) is daar n groeiende konsensus onder akademici dat enige

    sogenaamde realiteit die konstruksie is van hulle wat glo dat hulle dit ontdek het (Von

    Foerster 1984: 41-42). Every mans world picture is and always remain a construct of his

    mind and cannot be proved to have any other existence (Schrdinger in Watzlawick 1984:

    7). Die Chileaanse bioloog, Humberto Maturana (in Moore 1997: 587), het die proses wat

    konstruktivistiese denke onderl, aan die hand van die gesigsvermo van n padda

    verduidelik. Hy het tot die gevolgtrekking gekom dat ons ons realiteit deur ons o konstrueer

    en daarom praat hy van n gefiltreerde werklikheid. Maturana se siening staan as radikale

    konstruktivisme bekend, aangesien hy nie die wederkerige aard van die interaksies tussen

    die waarnemer en die waargenome erken het nie en hou die gevaar in om as solipsisties 3

    beskryf te word. In hierdie verhandeling gaan dit egter om konstruktivistiese denke wat aan

    tweede-orde-kibernetika gekoppel is 4.

  • 17

    5 Isaac Newton het n ontologiese uitgangspunt gehuldig waarvolgens natuurlike prosesseobjektief deur n eksterne waarnemer beskryf kan word. Die konsekwensies van Newtonse konseptuele skema was (1) reduksionisme of atomisme waarvolgens verskynsels ofobjekte tot hul mees basiese elemente gereduseer is, ten einde die geheel beter te kanverstaan; (2) linire oorsaaklikheid waarvolgens aanvaar word dat elemente deur oorsaaken gevolg aan mekaar verbind is; en (3) neutrale objektiwiteit waarvolgens die waarheidslegs ontdek kan word indien die verskynsel op n objektiewe wyse waargeneem word(Moore 1997: 584-585). Die meganiese filosofie van Newton is sodoende gevestig as diewetenskaplike konseptuele model wat deur almal gebruik is, ook die teologie (De Jonghvan Arkel 1987: 66-67). The mechanistic understanding of physics has served to shape,not only - of course - the content and method of physics itself, but also the content andmethod of philosophy and theology (Schindler 1986: 7).

    6 Die geheel is nie die resultaat van die dele nie, maar die geheel organiseer en bepaal diegedrag van die dele (Zukav 1986: 72).

    2.3 IMPLIKASIES EN TOEPASSINGS VIR ROUBERAAD

    Vanwe die beperkinge van n Newtoniaanse epistemologie 5, word in hierdie verhandeling

    gekies vir n nuwe manier van verstaan of konseptualiseer, naamlik n ekosistemiese

    denkwyse. Omdat die ekosistemiese benadering n stel beginsels verteenwoordig

    waarvolgens enige faset van menslike funksionering waargeneem en beskryf kan word, het

    die benadering implikasies vir alle fasette van menslike funksionering en kan dit op

    verskillende kontekste van toepassing gemaak word (De Jongh van Arkel 1987: 72). Daar

    word vervolgens gewys op die implikasies en toepassings van hierdie nuwe wyse van

    verstaan vir n terapeutiese konteks met spesifieke verwysing na rouberaad vanuit n rituele

    perspektief.

    2.3.1 Holisme

    n Sisteem bestaan nie uit losstaande dele nie, maar is n verenigde en gentegreerde geheel

    (ekologie). Hierdie verskynsel verwys na die heelheid van die sisteem. There actually exists

    only an unbroken wholeness that presents itself to us as webs (or patterns) of relations. The

    individual entities may only be correlations made by us (De Jongh van Arkel 1987: 78). Die

    sisteem funksioneer dus as n geheel en die afsonderlike elemente kry hulle betekenis van

    hulle verhouding tot die geheel (Schultz 1984: 56) 6. In rouberaad vanuit n rituele perspektief

    is dit dus imperatief dat wegbeweeg word vanaf n atomistiese (individualistiese) en n

    analitiese (reduksionistiese) na n sintetiese en holistiese (sinergistiese) manier van dink

  • 18

    7 Net soos wat n mens jou linker en regter oog nodig het om diepte te kan waarneem, netso is beide die rouberader n die bedroefde se konstruksie van die werklikheid nodig omn binokulre of diepte visie van n bepaalde probleem te kan h (Bateson 1979: 77-80,147; Keeney 1983: 38).

    8 Differensiasie maak spesialisasie moontlik en stel die versorger in staat om n bepaaldeelement in die sisteem vir n oomblik te kan vries, sodat n foto op n spesifieke tyd enplek daarvan geneem kan word. Wanneer dit gebeur, moet so n aksie gesien word as nspesifieke punktuasie of nodale punt wat net verstaan kan word in relasie tot die heleekologie (De Jongh van Arkel 1987: 254; De Jongh van Arkel 1991b: 70; Keeney 1983:100-101).

    (De Jongh van Arkel 1987: 217; Keeney 1983: 96). Die storie van beide partye (dubbel

    beskrywing) moet aangehoor word, sodat n holistiese beeld van die gepresenteerde

    probleem gekonstrueer kan word (Bateson 1979: 133). When two people interact, each

    member punctuates the flow of interaction. If an observer combines the views of both

    individuals, a sense of the whole system will begin to emerge (Keeney 1983: 37) 7. Met die

    oog op geloof beklemtoon holisme dat geloof die hele persoon omvat en insluit : dit integreer

    die mens se fisiese, psigiese en geestelike aktiwiteite en oorbrug die ou dualisme tussen

    liggaam en siel (De Jongh van Arkel 1987: 77-78; Zukav 1990: 210). Geloof word die meta-

    patroon, the pattern which connects (Bateson 1979: 16, 20). Deur geloof in Jesus Christus

    verenig God in n geheel dit wat gefragmenteer was (De Jongh van Arkel 1987: 218).

    2.3.2 Differensiasie

    n Holistiese epistemologie verwys na pluraliteit en diversiteit. Daar is dus n behoefte aan

    differensiasie (onderskeiding) 8 en nie uniformiteit en herhaling nie. A system, to qualify as

    a system, requires both integration (holism) and differentiation (De Jongh van Arkel 1987:

    219). Analogie vir die beginsels van holisme en differensiasie kan gevind word in musiek

    en kuns. In n musiekstuk word n verskeidenheid note, verskillende patrone en n kombinasie

    van instrumente gebruik om n harmonieuse produk te produseer. Sodra n noot egter

    gesoleer word, verloor dit sy waarde en betekenis. In n skildery vind n enkele streep met

    die verfborsel sy betekenis in verhouding tot die geheel. Terselfdetyd is dit die

    verskeidenheid van kleure wat verantwoordelik is vir die prag en uniekheid van die skildery

    (De Jongh van Arkel 1987: 219-220). Toegepas op rouberaad vanuit n rituele perspektief

    verwys differensiasie na n beide-en benadering en uniformiteit na n of-of benadering.

  • 19

    9 Volgens kwantum teorie kan n verskynsel twee dinge gelyktydig wees. Paradoxes arethe places where our rational mind bumps into its own limitations (Zukav 1986: 205).

    Uniformiteit of n either-or perspektief beklemtoon eksklusiwiteit. Slegs een perspektief

    word oorweeg en verabsoluteer as die enigste korrekte interpretasie van die gepresenteerde

    probleem (par 2.3.6). Differensiasie of n both-and perspektief vereis n inklusiewe vorm

    van konseptualiseer en beklemtoon komplementariteit. n Beide-en benadering gee dus

    erkenning aan die moontlikheid dat meer as een realiteit naas mekaar kan bestaan 9 en dat

    een realiteit nie as meer geldig beskou mag word as n ander nie (De Jongh van Arkel 1987:

    75-77, 246-250; Moore 1997: 593).

    n Beide - en of komplementre basis impliseer verder dat die sistemiese nie die

    meganistiese uitsluit nie of dat tweede-orde-kibernetika noodwendig meer korrek as eerste-

    order-kibernetika is nie (De Jongh van Arkel 1987: 253, Keeney 1983: 73-74,101; Keeney

    & Ross 1992: 209-210). Die ekosistemiese benadering vind dit daarom nie moeilik om die

    Newtoniaanse realiteitsisteem as n paradigma binne die epistemologie van die nuwe

    wetenskap te aanvaar nie (Keeney 1983: 92). Daar is sekere eenvoudige dinge (soos

    masjiene) wat linir en reduksionisties beskryf, verstaan en verklaar (moet) word (De Jongh

    van Arkel 1991b: 72). Lynn Hoffman (1985: 394) beklemtoon ook die ho toleransie van n

    tweede-orde benadering vir differensiasie wanneer sy s: Render unto Newton the things

    that are Newtons.

    2.3.3 Interaksionele en rekursiewe patrone

    In die veld van mense-verhoudings was dit veral Gregory Bateson (Keeney 1983: 6) wat die

    belangrikheid van kibernetika beklemtoon het. Hy het benadruk dat die interaksies tussen

    dele nie eenrigting-verbindings veronderstel nie, maar dat wederkerige, rekursiewe

    (sirkulre) terugvoeringnetwerke of patrone aanwesig is (Bateson 1972: 274, 327-328, 409-

    416; Bateson 1979: 30; Moore 1997: 586). n Kibernetiese epistemologie beklemtoon dus

    dat n sprong van objekte (dinge of die materile) na n paradigma van patrone gemaak moet

    word (par 2.2). Thus in the world of cybernetics, both parts and wholes are examined in

    terms of their patterns of organization (Keeney 1983: 95). Die implikasie van eenvoudige

  • 20

    10 Genoemde epistemologie van patrone is volgens Bateson (1979: 28) primr pragtig enesteties. I hold to the presupposition that our loss of the sense of aesthetic unity was,quite simply, an epistemological mistake.

    of eerste-orde-kibernetika vir rituele terapie, is dat daar tydens rouberaad ook n verskuiwing

    moet plaasvind van n fokus op handelingsisteme (gedrag) na n fokus op die betekenis van

    interaksionele en rekursiewe patrone10. A systemic pastoral diagnosing process tries to

    move beyond the focus on substance (the church; the believer; the pastor; the family; the

    marriage; the work) because it is more concerned with patterns of relationship that are

    described by metaphors of form and pattern (De Jongh van Arkel 1987: 216). In die proses

    sal egter gewaak moet word teen n linire dichotomie of dualisme tussen gedrag en patrone.

    Terapeuties gesien, stimuleer n estetiese instelling n noodsaaklike sirkulre proses.

    Eendersyds vestig n estetiese waardering vir natuurlike sisteme die rouberader se aandag

    op die interaksionele en rekursiewe patrone binne en tussen sisteme en andersyds bevorder

    n fokus op patrone weer n houding van nuuskierigheid, wat noodsaaklik is vir die

    eksplorering van alternatiewe patrone (De Jongh van Arkel 1987: 255; Keeney 1983: 8). Die

    Italiaanse psigiater, Gianfranco Cecchin (1987: 407) van die gewese Milan-groep verduidelik

    dit so : ... if we accept an esthetic orientation, we lose interest in discovering the best

    description and/or explanation of the familys problem. Instead, our focus on pattern

    generates a kind of curiosity about how all these family members descriptions fit together...

    The more curious we are about the possible array of patterning, the more esthetically pleasing

    our analysis.

    2.3.4 Die outonomie van sisteme

    Akademici meen dat die spesifieke aksies van n sisteem deur die struktuur (Maturana),

    verstandelike prosesse (Bateson) of doelgerigtheid (De Jongh van Arkel) van die sisteem

    bepaal word (Meyer 1997: 593-594). Hoewel die skrywer meen dat dit nie nodig is om n

    keuse tussen struktuur, kognisie en telos te maak nie, word verkies om nie van determinisme

    te praat nie, omdat die gedrag van mense nie deur eksterne faktore buite die beheer van die

  • 21

    11 Telos of doel is vir De Jongh van Arkel (1987: 225) n sentrale teologiese tema (par 4.4.10).The christian credo of creation emphasised Gods purposeful intent. It overrides a blindprocess of accidential evolutionary happenings and deterministic causality (De Jongh vanArkel 1987: 226). n Oop sisteem is volgens hom dus nie deterministies nie, maardoelgerig (purposeful).

    12 In n poging om sy outonomie te behou, kan die sisteem slegs doen wat sy struktuur,verstandelike prosesse en/of telos hom of haar op n gegewe tydstip toelaat om te doen.n Gesinsisteem reageer daarom op die dood van n geliefde op so n wyse as wat diestruktuur, verstandelike prosesse en/of telos van die gesin hulle op daardie oomblik toelaat(Moore 1997: 594).

    13 Die begrip perturbasie is afgelei van die Latynse woord perturbare : per beteken deegliken turbare versteur. n Perturbasie kan daarom beskryf word as n deeglike versteuringof skommeling binne en tussen sisteme (Moore 1997: 596).

    14 Indien n outonome sisteem met n ballon vergelyk word, dan kan die druk van die ballongesien word as n perturbasie. Enige poging om egter binne-in die ballon te kom, sal dieballon laat bars en dit vernietig (Keeney 1983: 103).

    15 Dit blyk dus dat menslike sisteme slegs relatief oop is, vanwe die sisteem se poging omsy outonomie te behou (Moore 1997: 594).

    persoon bepaal word nie. 11 Aangesien die aksies van n sisteem deur die struktuur,

    verstandelike prosesse en/of telos van die sisteem bepaal word en nie deur eksterne faktore

    (determinisme) nie, word n sisteem as outonoom of self-regulerend beskou. n Sisteem wat

    daarom sy outonomie verloor en nie meer sy eie aksies kan bepaal nie, disintegreer. n

    Sisteem poog dus altyd om sy outonomie te behou 12. Dit blyk derhalwe dat geen sisteem

    direk of linir deur n ander sisteem benvloed kan word nie (Meyer 1997: 594). Hoewel een

    sisteem deur n ander geskommel of versteur (perturbed) kan word, word die reaksie op die

    perturbasie 13 deur die sisteem self bepaal. This reminds us that no part of what we do to

    an autonomous system ever gets inside the system, but rather that our action interacts with

    the wholeness of the system (Keeney 1983: 102) 14.

    As die outonome aard van sisteme erken word, is die implikasie dat terapeutiese insette

    tydens rouberaad slegs as perturbasies gesien moet word. Omdat die sisteem sy eie aksies

    kan bepaal, word alle informasie op n outonome en eiesoortige wyse binne die sisteem

    geakkommodeer of verwerp 15. n Rouberader wat daarom van buite en vanuit n posisie van

    mag strategie en oplossings op die bedroefde probeer afdwing, is gedoem tot mislukking

    (par 2.3.5). Die berader en bedroefde moet eerder poog om saam n nuwe werklikheid of

    storie in die lig van di Storie te ko-konstrueer (Moore 1997: 587-588, 599-603; Von

  • 22

    16 Die mikrofisikus, Werner Heisenberg (1958: 50), het met sy sogenaamde beginsel vanonsekerheid daarop gewys dat dit nie moontlik is om iets waar te neem, sonder om ditte benvloed of te verander nie (Zukav 1986: 112). There is no way to prove that inobserving a certain particle collision experiment in quantum mechanics, the result wouldhave been the same if we had not been watching it (De Jongh van Arkel 1987: 74).

    Foerster 1994: 60).

    2.3.5 n Epistemologie van deelname

    In eerste-orde-kibernetika is die veronderstelling dat die waarnemer buite die waargenome

    sisteem staan en die interaksies objektief waarneem en beskryf (par 2.2). Tweede-orde-

    kibernetika veronderstel egter n hor-orde-kibernetika waarvolgens die waarnemer deel van

    die sisteem word (Keeney & Ross 1992: 3-4). The first order cybernetics, in which the

    observer remains outside that which is observed, suggests an allopoietic or control model

    for living systems (an input-output model). The second order cybernetics includes the

    observer in the total arc, an autopoietic or autonomy model for living systems. The

    autopoietic systems are respected in the dimension of their wholeness rather than as objects

    to manipulate (De Jongh van Arkel 1987: 203-204). In tweede-orde-rouberaad word die

    treurende daarom nie objektief van buite waargeneem nie. Aangesien die berader deel van

    die sisteem word, word hy of sy gesien as beide n waarnemer n n aktiewe deelnemer

    (Maturana & Varela in Tom 1984: 124). n Nuwe sisteem kom sodoende tot stand: die

    rouberaad-sisteem (par 5.5). Once pastors probe a system they are part of it. They have

    created a new entity: the counselling system (De Jongh van Arkel 1987: 199). Binne hierdie

    rouberaad-sisteem vind wedersydse benvloeding plaas - die rouberader benvloed die

    bedroefde en die bedroefde benvloed weer die rouberader (Hoffman 1985: 387; Keeney

    1983: 129).16 Sodra die rouberader daarom die bedroefde se sisteem perturbeer deur na

    die bedroefde te luister, word die rouberader n deelnemende waarnemer, n nuwe sisteem

    kom tot stand en wedersydse benvloeding vind plaas.

  • 23

    17 Hoewel objektiewe waarneming n illusie is, word die bestaan van n objektiewe werklikheidnie ontken nie. Dit is slegs die vermo om objektief te kan waarneem en die gevolglikekonstruering van n objektiewe werlikheid, wat afgewys word. This constructivistperspective does not deny the existence of an objective reality or even objective Truth butemphasises the fact that in pastoral diagnosis we only have access to a (not the) realityor truth (De Jongh van Arkel 1987: 208).

    2.3.6 Die illusie van objektiewe waarneming

    Gregory Bateson (1979: 38-39) beklemtoon die subjektiwiteit van ons ervaringe wanneer hy

    s dat ons brein die beelde maak wat ons dink ons waarneem. All experience is subjective

    ... objects are my creation, and my experience of them is subjective, not objective. Mense

    skep dus hulle eie werklikhede deur die betekenisse wat hulle aan die waargenome koppel

    (Von Foerster 1984: 42, 47-48) en daarom is objektiewe waarneming nie moontlik nie 17.

    Paul Watzlawick (1984: 10) verduidelik dit so : ... what is supposed found is an invention

    whose inventor is unaware of his act of invention, who considers it as something that exists

    independently of him; the invention then becomes the basis of his world view and actions.

    Toegepas op n terapeutiese konteks beteken dit dat daar tydens rouberaad nie sprake kan

    wees van slegs een korrekte, objektiewe werklikheid nie. Die versorger mag daarom nie

    sy of haar interpretasie van die situasie aanbied as die enigste legitieme oplossing vir die

    gepresenteerde probleem nie. n Konstruktivistiese epistemologie beklemtoon dus die

    noodsaaklikheid van n beide-en benadering tydens rouberaad (par 2.3.2). Rouberaders

    wat aanvaar dat die wreld waarin ons lewe deur onsself geskep word (Von Foerster 1984:

    60; Von Glasersfeld 1984: 18), besef veral drie dinge : (1) dat hulle tolerant of verdraagsaam

    moet wees teenoor die menings en sienings van ander; (2) dat hulle bereid moet wees om

    verantwoordelikheid te aanvaar vir die werklikheid wat hulleself geskep het; en (3) dat hulle

    n keuse het om enige tyd hul werklikheid te verander as dit nie meer pas nie (Varela 1984:

    323; Von Foerster 1984: 59; Watzlawick 1984: 326-327).

  • 24

    2.4 Samevatting

    Onderliggend aan enige handeling is n teorie (par 1.3.3). Daar is dus geen handeling

    sonder n teorie en geen teorie sonder n onderliggende praktyk (praxis) nie (Keeney 1983:

    6, 13). Indien die doel van navorsing die toets en hersien van ou vooronderstellings en die

    skep van nuwes is (Bateson 1979: 32), dan is dit imperatief dat die wetenskaplike bewus

    moet wees van die onderliggende aannames in sy of haar navorsing. A clinician who fails

    to explicitly recognize the premises underlying his work may be less effective because of his

    deficiency in understanding (Keeney 1983: 6). Wanneer pastorale modelle evalueer word,

    is dit opmerklik dat die skrywers nie altyd bewus is van die epistemologiese vertrekpunte

    onderliggend aan dit wat hulle s en doen nie (De Jongh van Arkel 1987: 254-259; Heyns &

    Pieterse 1990: 79-80; Keeney 1983: 7-9, 13). In hierdie hoofstuk is die meta-teoretiese

    aannames (commitments, beliefs, presuppositions) wat in die studie geld daarom duidelik

    gekspliseer en uiteengesit vir kritiese evaluering en beoordeling deur die leser.