DEURKOLLEKTE Plaaslike diens van Barmhartigheid · 2018. 10. 2. · Yvonne Olivier Anita Pienaar 25...

12
Ons hoop almal se huise is vol kinders en kleinkinders oor die langnaweek Geseënde naweek vir almal. Kerk, Vierdelaan 67 om 09:30: Ds. Jannie Hougaard lei die diens. Hy lees uit Lukas 18: 1-8. Tema: Deur die mis...? DIE KERKKLOK van DEURKOLLEKTE Plaaslike diens van Barmhartigheid 23 September 2291820182018 Gemeentesentrum, Disaweg Bettysbaai om 09:00: Ds. Steven Sass is aan die woord. Hy lees uit 1 Petrus 2: 18-25. Tema: Om te loop waar Jesus loop.

Transcript of DEURKOLLEKTE Plaaslike diens van Barmhartigheid · 2018. 10. 2. · Yvonne Olivier Anita Pienaar 25...

  • Ons hoop almal se huise is vol kinders en kleinkinders oor die langnaweek

    Geseënde naweek vir almal.

    Kerk, Vierdelaan 67 om 09:30:

    Ds. Jannie Hougaard lei die diens.

    Hy lees uit Lukas 18: 1-8.

    Tema: Deur die mis...?

    DIE KERKKLOK van

    DEURKOLLEKTE Plaaslike diens van Barmhartigheid

    23 September 2291820182018

    Gemeentesentrum, Disaweg Bettysbaai om 09:00:

    Ds. Steven Sass is aan die

    woord. Hy lees uit 1 Petrus 2: 18-25.

    Tema: Om te loop waar Jesus loop.

  • Ons sê dankie vir: wydverspreide reën en damvlakke wat styg,

    geseënde getuienisfees en ons gemeente en leraars Bid vir beplanning vir volgende jaar en voorgenome aanbouings (doen alles in biddende afhanklikheid)

    Bid vir al die sendelinge :hulle gesinne, finansies, gesondheid en seën op hulle werk

    Bid vir geestelike leiers van ons dorp en land vir onderskeiding en wysheid om ‘n positiewe versoenende

    bydrae tot ‘n vreedsame samelewing te maak.

    Ons bid volgens Fil. 1 dat ons in liefde vir ander sal groei , die gemeente se liefde sal toeneem in begrip en fyn

    aanvoeling sodat ons kan onderskei waarop dit regtig aankom.

    ONS GEE OM WAAR DAAR HARTSEER EN KOMMER IS … Ons dink veral aan Kelly Hanekom: BB3, Ettienne Gouws: BB5 (9689), Lida Fourie: Bb1, Du Toit van der Merwe: Sb1,

    Frikkie von Wielligh: Bb2, Jan Nel: Sa1 (3358), Johan Els: Sa1, Julian Luyt: Sb1 (3482), Petra Lourens: Sc4, Hanlie van der Westhuizen: Sc1, Maria Human: Sc4, Riti Turner KB1 (4917), Marianne Oosthuizen: KP en Hantie Schoeman: PM3.

  • BOUFONDS

    Indien u ‘n vrywillige bydrae tot die boufonds vir die uitbreiding van

    die kerkkompleks wil maak:

    Deponeer by ABSA / doen ‘n internet-betaling / betaal in by

    kerkkantoor / plaas in koevert en plaas in kollektesakkie:

    Merk: “BOUFONDS”

    Bank: ABSA

    Rekeningnommer: 3220 150 320 (Tjekrekening)

    Taknaam: Kleinmond (Kode: 632 005)

    Rekeningnaam: NG Gemeente Kleinmond

    WEEK SE AKTIWITEITE

    Sondag 18:00 Bybelskool: kerksaal Maandag Kerkkantoor gesluit weens Erfenisdag. Dinsdag 09:00 Kleingroepe vergader 15:00 Kommissie vir Eiendomme vergader

    16:30 Gebedsgroep bid saam in die konsistorie 17:30 Kommissie vir Administrasie

    Woensdag 09:00 Normaalklas vir Vrouebybelstudie 17:30 Erediensaksie Donderdag 16:00 Kooroefening Vrydag Skole sluit! Saterdag Damestee in Hangklip

  • Baie geluk aan almal wat hierdie week verjaar. Mag dit ’n jaar van vrede en vreugde in die Kleinmond-gesin

    van ons Hemelse Vader wees.

    25 September: Pietie Engelbrecht (Bb2) Adri Garbers (Bb3) Mauritz van sen Berg (KB5) Chris Wernich (Sa3)

    28 September: Anita Hattingh (Sa2) Frans Kotze (BB3) Ewie Loubser (KB5) Robert Theron (Sa3)

    23 September: Sanet Borchardt (Bb3) Jacques Bosman (Sa3) Joyce Hugo (KP) Anneline Strydom (Sa3)

    26 September: Coen Acker (Bb2) Anette Bester (Belydend) Wyk: Sb1 Hubert Bock (KB1) Thomas Bolton (HK3) Theuns Henn (KB1) Heidi Hickley (KB1) Dawn Scholtz (Sa1)

    29 September: Joan Cilliers (KP1) Chris Els (HK1) Tielman Nieuwoudt (PB1)

    24 September: Elsa Bester (PM3) Krynauw Burger (PB2) Chané Cilliers (Sc1) Daan Coetzee (KP) Isabel du Plessis (KP) Lettie Griffith (PB1)

    27 September Chantal Calitz (Ba3) Gerrit Coetzee (Bb4) Maria Human (Sc4) Nols Neethling (Bb4) Yvonne Olivier (Ba2) Anita Pienaar (BB1) Steven Sass (BB4) Laubcher van Zyl (PB1)

  • ’n Baie spesiale gelukwensing:

    Nelia en Pieter Theunissen se ma, Martie van den Berg, het Woensdag 90 geword. Ons

    wens haar ’n gesonde nuwe lewensjaar toe.

    AANDAG EMERITI: EMERITI-TEE Alle emeriti en hul gades word uitgenooi om op Donderdag 8 November by die NG Gemeente

    Helderberg saam te kuier. U word ook genooi as u in ’n ander sinode werksaam was.

    Antwoord teen einde Oktober by Sanet Gunter: 021 957 7155

    of per e-pos: [email protected]

  • LENTE-TEE Op 29 September om 10:00 word daar by die sentrum in Bettysbaai ’n tee aangebied teen

    R60 per persoon. Marina Sass is die gasvrou en sal Sondag

    meer inligting by die kerk gee. Kom geniet ’n koppie tee en verversings en luister na die vertellings van twee bekende

    vroue. Die gasspreker is Benescke Janse van Rensburg (bekende skrywer en omroeper).

    Rista Watts doen ’n voordrag oor “Daar is ’n tyd vir alles.” .

    Kaartjies is by die kerkkantoor, Albertyn Apteek en die dienswerkers in Hangklip

    beskikbaar.

  • BESTEL UIT DIE BEEK

    VROEGTYDIG

    Bestel vroegtydig teen R160. Die gewone prys is R185.

    Dr. Ali Behardien Na die inspirerende getuienis van dr. Ali Behardien by

    die Getuienisfees het verskeie lidmate gevra vir ‘n afskrif van die dokument waarin hy meer vertel van

    Islam en hoe Christene teenoor Moslems kan getuig. Dit is reeds gestuur aan almal wat hulle

    eposadresse verskaf het. Indien meer lidmate in die dokument belang stel, vra gerus vir

    Gert Pretorius by [email protected]

    mailto:[email protected]

  • GETUIENISFEES EN GELOOFSOFFERS By die Getuienisfees is beloftebriefies vir Geloofsoffers uitgedeel. Dit is ‘n belofte om geldelik by te dra en/of

    jouself te verbind tot getuie-wees en gebed. Die geldelike bydraes wat deur Geloofsoffers gegee word, stel ons

    gemeente in staat om 14 sendelinge/sendingorganisasies te help onderhou.

    Talle lidmate het by ons aangesluit sedert daar ‘n vorige keer Geloofsoffer-beloftes gemaak is. Lidmate word

    vriendelik gevra om die versoek biddend te oorweeg en ander wat dit tevore gedoen het, word gevra om dit asb.

    weer te doen. Merk bydrae: Geloofsoffer. Dit vergemaklik beplanning en bestuur van ons getuieniswerk. Daar is

    beloftevorms by die deure beskikbaar.

    Vrydag 23 November Op Vrydag 23 November is daar voedsel vir die siel. Dan sing die Con Spirito-koor vir oulaas hul harte uit. Dit is ’n program van ou gunstelinge, geestelike- en Kersmusiek. Kaartjies is by die

    kerkkantoor en Albertyn Apteek beskikbaar. Die konsert is ten bate van die boufonds.

  • ONS GEMEENTE WOEL

    Heelwat woekerpogings word in die volgende ruk

    gehou. Dis wonderlike nuus vir huisvrouens wat ’n

    slag iemand anders se kos kan eet!

    Op Vrydag 5 Oktober hoef lidmate nie self kos te maak nie, maar kan ’n heerlike hoender-maal as ’n wegneem-ete koop.

    Die organiseerders sê hulle wil lidmate bederf met

    ‘n warm kwart hoender 2 slaaie

    Broodrolletjie

    Dit kan tussen 17:00 en 19:00 gekry word:

    Kleinmonders by die kerksaal Lidmate in Bettysbaai en Pringlebaai by die sentrum

    Lidmate in Rooiels by Drummond Arms

    Kaartjies teen R50 by die kerkkantoor, Van As (0769736597) of Marianna Jordaan (0726235400

  • KLEINGROEPE SE JAARLIKSE KUIER Die gereelde jaarlikse Bring-en-Deel byeenkoms van

    Kleingroepe vind op 10 Okt. 2018 om 18:30 in die Kerksaal plaas.

    Die spreker is prof Louis Jonker van Stellenbosch. Hy sal praat oor “Om nuut te dink oor God”. Prof Louis is vanjaar die

    wenner van die Andrew Murry-Desmond Tutu-prys.

    Die wenresep van die verlede word weer gevolg:

    ➢ Elke groep bring een warm gereg, slaai en poeding, genoeg vir hulle groep plus ietsie ekstra vir genooide gaste ➢ Elkeen bring haar/sy eie, borde, eetgerei, drinkgoed

    (wyn/koeldrank) en ’n koppie vir tee/koffie. ➢ Almal skep van die kos, slaai en poeding wat sentraal

    uitgepak word.

    Lekker vars brode en tuisgemaakte konfyt sal voorsien word.

    Die saal is van 15:30 tot 16:30 oop sodat groepe hulle tafels kan voorberei en versier na goeddunke.

    Groepe word aangemoedig om vriende wat nog nie deel van ‘n

    groep is nie, saam te bring. Van die groepe gaan vertel wat dit vir hulle beteken om deel van ‘n Kleingroep te wees.

    Die saamkuier beloof om weer net so lekker te wees soos in die

    verlede.

    Bel gerus vir Nico Jacobs (083 415 1947) indien meer besonderhede verlang word.

  • Vrydag 26 Oktober

    Jy het die keuse van

    lasagne en slaai vir R45

    Kerrie-vetkoek teen R30

    of ’n boerewors-rol teen

    R20.

    Kaartjies is by die wyksouderlinge van Klein Berlyn of die kerkkantoor beskikbaar.

    Dis ’n lekker kuieraand in die kerksaal vanaf 18:00. Koop jou kaartjie voor 23 Oktober en kom geniet die

    aand.

  • Sondag 11 November Palmiet gee teen 12 uur ’n lekker Sondagmaal in

    die kerksaal teen R60. Kom eet lekker saam aan sondag-lasagne en slaai en nagereg.

    Kaartjies by die wyksouderlinge in Palmiet en die kerkkantoor beskikbaar.

    Leraars:

    Ds. S Sass 072 352 8347 [email protected]

    Dr. CN Malan 072 198 7279 [email protected]

    Kerkkantoor: 0282713470 [email protected]

    Webwerf: www.ngkkleinmond.co.za

    Facebook: NGK Kleinmond.

    mailto:[email protected]:[email protected]:[email protected]://www.ngkkleinmond.co.za/