Desember 2009 Nuusbrief nr.6 IGEVIS NUUSBRIEF · 2013-06-21 · 7 Desember by Hoofkantoor begin...

4
Hallo almal Hier staan ons aan die einde van nog 'n jaar en 'n mens besef skielik dat hoe ouer jy word, hoe vinniger gaan so 'n jaar. Vir dié van julle wat die 2009 Eigevis Gholfdag gemis het, gaan kyk op ons webtuiste – daar is baie foto's. In hierdie nuusbrief kan jy saam met André Eigelaar terugkyk oor 2009 en saam treur oor Richard wat so skielik oorlede is. Die lewe is kort. Gebruik elke dag ten volle. Jy wil nie terugkyk oor 'n paar jaar en spyt wees oor die dinge wat jy uitgestel het om te doen nie. Doen dit nou. Vandag. Môre gaan dalk nie daar wees nie. Geseënde Kersfees. Ry versigtig, kyk vir die ander karre en kom veilig terug. Almal sê 2010 gaan 'n GROOT jaar wees. Jy wil dit nie misloop nie. Psst Ons heg vir julle 'n afskrif van ons 2010 kalender aan. Skouspel 2009 'n Klomp Eigelaars was weer hierdie jaar by die Skouspel in Sun City gewees. Leana het hierdie foto vir ons ingestuur. Dit is geneem die aand na Skouspel, toe hulle almal saam gaan uiteet het. Ons is weer aan die einde van 'n jaar. 'n Nie so lekker 2009. Oom Albert is oorlede gedurende die jaar en dit bring mee dat daar slegs twee stigters- aandeelhouers oor is in ons familie. Richard Swarts, wat vir 36 jaar by ons gewerk het (die laaste tyd as bestuurder in Saldanha by Eigelaars Marine Store) is ook skielik gedurende Desember oorlede. Ek wil weer ons maatskappy se innige simpatie opdra aan die onderskeie families. Oom James (een van die oorblywende stigters- aandeelhouers) het ook gedurende die jaar 'n terugslag gehad deurdat hy 'n beroerte aanval gehad het. Hy is nou in 'n rolstoel en hy en sy vrou, Helene, woon nou in GerimedAftree-oord, in Langebaan. Julle kan hom gerus gaan besoek. Hy gesels nog lekker by tye en meeste van die kere herken hy die bekende gesigte. Sover dit die besigheid aangaan, was dit seker een van die moeilikste jare. Die ekonomiese resessie het ons ook nie oorgeslaan nie. Ons kan duidelik sien dat mense minder spandeer – en dit bring mee dat ons omsette nie gegroei het nie. Ek voel egter tevrede dat ons ons omsette kan handhaaf. Ons besigheid in Angola gaan goed aan. Floorsie hou nog die teuels stewig vas. Die resessie het die Angolese egter ook in so 'n mate getref dat hulle Reserwe Bank nie meer vryelik geld laat uitvloei uit Angola uit nie. Met dit alles in ag genome, gaan dit egter nog goed daarso. Die hele visbedryf het vanjaar 'n groot terugslag beleef deurdat die Ansjovis nie opgedaag het nie. Die hele bedryf het slegs 35% van hulle kwotas gevang. Dit het groot druk op ons kontantvloei geplaas. Dit het ook beteken dat ons 'n paar projekte op die langebaan moes skuif. Ons het egter gedurende die 2009 belastingjaar van die beste jare met ons bote se visvangstes beleef. Die nuwe jaar se kwotas lyk goed volgens gerugte en ons sien uit na 'n goeie jaar in 2010. Ons het darem 'n bietjie uitgebrei ook. Ons het 'n nuwe drankwinkel saam met Paternoster Hotel geopen in Paternoster en dit lyk of dit die regte besluit was. Dit is een van ons beter bottelstore wat uitleg en 'looks' betref. Ons hoop Danie Barnard gaan nog goeie besigheid vir ons doen. Ons het ook ons viswinkel 'n hele 'facelift' gegee – en dit is ook een van ons trotse ondernemings op die oomblik. Albie Tredoux en sy vrou Ansie met hulle span doen 'n goeie 'job' vir ons. Ons hoop albei hierdie twee ondernemings gaan nog vir ons baie plesier verskaf. Ek wil vir almal dankie sê vir 'n jaar wat ons almal skouer aan die wiel moes sit en harder moes werk om dinge te laat gebeur. Ek vertrou die volgende jaar sal baie beter met ons gaan. Ek persoonlik bereik ook volgende jaar 'n belangrike mylpaal (ek word 60) en ek sal graag 'n jaar wil hê om te onthou. Namens die Direksie wens ek vir almal 'n Geseënde Kersfees toe en die wat op verlof gaan, 'n aangename rustyd. Bestuur versigtig en kom veilig terug. 'n Terugblik op 2009 deur André Eigelaar IGEVIS NUUSBRIEF Desember 2009 Nuusbrief nr.6 Stuur asseblief bydraes na Komplimente en ook opbouende kritiek sal baie waardeer word, maar ons wil eintlik weet hoe dit met julle gaan en watjulle aanvang. [email protected] Spook

Transcript of Desember 2009 Nuusbrief nr.6 IGEVIS NUUSBRIEF · 2013-06-21 · 7 Desember by Hoofkantoor begin...

Page 1: Desember 2009 Nuusbrief nr.6 IGEVIS NUUSBRIEF · 2013-06-21 · 7 Desember by Hoofkantoor begin werk. Hy is 45 jaar oud, getroud met Marchelle, het 'n seun wat 15 jaar oud is en 'n

Hallo almal

Hier staan ons aan die einde van nog 'njaar en 'n mens besef skielik dat hoe ouerjy word, hoe vinniger gaan so 'n jaar.Vir dié van julle wat die 2009 EigevisGholfdag gemis het, gaan kyk op onswebtuiste – daar is baie foto's.In hierdie nuusbrief kan jy saam metAndré Eigelaar terugkyk oor 2009 ensaam treur oor Richard wat so skielikoorlede is. Die lewe is kort. Gebruik elkedag ten volle. Jy wil nie terugkyk oor 'npaar jaar en spyt wees oor die dinge wat jyuitgestel het om te doen nie. Doen ditnou. Vandag. Môre gaan dalk nie daarwees nie.

Geseënde Kersfees. Ry versigtig, kyk virdie ander karre en kom veilig terug.Almal sê 2010 gaan 'n GROOT jaar wees.Jy wil dit nie misloop nie.

PsstOns heg vir julle 'n afskrif van ons 2010kalender aan.

Skouspel 2009'n Klomp Eigelaars was weer hierdie jaarby die Skouspel in Sun City gewees.Leana het hierdie foto vir ons ingestuur.Dit is geneem die aand na Skouspel, toehulle almal saam gaan uiteet het.

Ons is weer aan dieeinde van 'n jaar. 'nNie so lekker 2009.O o m A l b e r t i soorlede gedurendedie jaar en dit bringmee dat daar slegst w e e s t i g t e r s -aandeelhouers oor is

in ons familie. Richard Swarts, wat vir 36jaar by ons gewerk het (die laaste tyd asbestuurder in Saldanha by EigelaarsMarine Store) is ook skielik gedurendeDesember oorlede. Ek wil weer onsmaatskappy se innige simpatie opdra aandie onderskeie families. Oom James (eenv an d i e o or b lyw e nd e s t i g t e r s -aandeelhouers) het ook gedurende die jaar'n terugslag gehad deurdat hy 'n beroerteaanval gehad het. Hy is nou in 'n rolstoelen hy en sy vrou, Helene, woon nou inGerimed Aftree-oord, in Langebaan. Jullekan hom gerus gaan besoek. Hy gesels noglekker by tye en meeste van die kere herkenhy die bekende gesigte.

Sover dit die besigheid aangaan, was ditseker een van die moeilikste jare. Dieekonomiese resessie het ons ook nieoorgeslaan nie. Ons kan duidelik sien datmense minder spandeer – en dit bring meedat ons omsette nie gegroei het nie. Ekvoel egter tevrede dat ons ons omsette kanhandhaaf.Ons besigheid in Angola gaan goed aan.Floorsie hou nog die teuels stewig vas. Dieresessie het die Angolese egter ook in so 'nmate getref dat hulle Reserwe Bank nie

meer vryelik geld laat uitvloei uit Angola uitnie. Met dit alles in ag genome, gaan ditegter nog goed daarso.Die hele visbedryf het vanjaar 'n grootterugslag beleef deurdat die Ansjovis nieopgedaag het nie. Die hele bedryf het slegs35% van hulle kwotas gevang. Dit het grootdruk op ons kontantvloei geplaas. Dit hetook beteken dat ons 'n paar projekte op dielangebaan moes skuif.Ons het egter gedurende die 2009belastingjaar van die beste jare met ons botese visvangstes beleef. Die nuwe jaar sekwotas lyk goed volgens gerugte en ons sienuit na 'n goeie jaar in 2010.Ons het darem 'n bietjie uitgebrei ook. Onshet 'n nuwe drankwinkel saam metPaternoster Hotel geopen in Paternoster endit lyk of dit die regte besluit was. Dit is eenvan ons beter bottelstore wat uitleg en 'looks'betref. Ons hoop Danie Barnard gaan noggoeie besigheid vir ons doen. Ons het ookons viswinkel 'n hele 'facelift' gegee – en ditis ook een van ons trotse ondernemings opdie oomblik. Albie Tredoux en sy vrouAnsie met hulle span doen 'n goeie 'job' virons. Ons hoop albei hierdie tweeondernemings gaan nog vir ons baie plesierverskaf.Ek wil vir almal dankie sê vir 'n jaar wat onsalmal skouer aan die wiel moes sit en hardermoes werk om dinge te laat gebeur. Ekvertrou die volgende jaar sal baie beter metons gaan. Ek persoonlik bereik ookvolgende jaar 'n belangrike mylpaal (ekword 60) en ek sal graag 'n jaar wil hê om teonthou.Namens die Direksie wens ek vir almal 'nGeseënde Kersfees toe en die wat op verlofgaan, 'n aangename rustyd. Bestuurversigtig en kom veilig terug.

'nTerugblik op 2009deur André Eigelaar

IGEVIS NUUSBRIEFDesember 2009 Nuusbrief nr.6

Stuur asseblief bydraes na

Komplimente en ookopbouende kritiek sal baiewaardeer word, maar ons wileintlik weet hoe dit met julle gaan

en wat julle aanvang.

[email protected]

Spook

Page 2: Desember 2009 Nuusbrief nr.6 IGEVIS NUUSBRIEF · 2013-06-21 · 7 Desember by Hoofkantoor begin werk. Hy is 45 jaar oud, getroud met Marchelle, het 'n seun wat 15 jaar oud is en 'n

HULDEBLYK AANRICHARD SWARTZ

JF & Natasha trou kaalvoet

ANGOLA “UPDATE”

Richard se sk ie l ike s iek t e endaaropvolgende afsterwe was vir onsalmal onverwags. Wat egter vir ons diemeeste onkant gevang het, is dat toe Mellasy persoonlike lêer oopmaak waarin sybeleggings en begrafnispolis gebêre was,het sy afgekom op 'n handgeskrewe lysmet die opskrif “My begrafnis”. Daarophet hy geskryf hoe hy begrawe wil word,wie sy kis moet dra, wie die roudiens by syh u i s m o e t l e i e n w i e d i ebegrafnisondernemer moet wees – en asofdit nie genoeg was nie, het hy ook sy eiehuldeblyk geskryf. Hierdie huldeblyk iswoord vir woord in die kerk voorgelees enek is besig om dit vir julle oor te tik vanafdaardie papier – geskryf in Richard se eiehandskrif.

Ek, Richard Swartz, is gebore op 15September 1950, te Brandhuis St. HelenaBaai. Ek was die jongste van drie seunsen 'n jonger suster. Ek is gedoop enbevestig in St. Mary MagdeleneSteenberg's Cove.Gedurende my skoolloopbaan het ek opdie altaar gedien en Sondagskool gehou.Daarna het my werksloopbaan begin,maar steeds het ek die kerk gedien. Ek enmy niggie, Susan Williams, het besluit datdie pad vanaf Westpoint na die Cove te vervir die kinders is. Ek was toe werksaamby Westpoint. Ek het na die bestuurdergegaan en gevra of ons die eetkamerSondae kan gebruik vir Sondagskool. Hyhet ingestem en ek en Susan het vir tweejaar daar Sondagskool gehou. Daarna hetons grootgeword en ons eie rigtingingeslaan.Op Laaiplek het ek 'n werk gekry waar ekvir Marilyn (Mella) en Malanie (toe driejaar oud) ontmoet het. Marilyn het haarouers gevra of sy met my kan trou. Hullehet onmiddellik ja gesê ( seker maar te blyom van haar ontslae te raak). Ons is toe inSt. Christopher getroud.Daarna is ons enigste seun, Tino, geborewie vir sewe en twintig jaar aan onsgeleen was. Daarna het die Here hom

kom haal. In ruil daarvoor het die Herevir ons 'n geskenk van Tino gegee, nl.Terry. Nou het julle gehoor dat ek ook dieHere geken het.My lewe teenoor die gemeenskap wasook met rose besaai. Ek was vriende metalmal. Ek was lief vir gesels met swart,wit en bruin. Die besigheidsplekke sepersoneel was kwaad as hulle my vir tweedae nie gesien het nie. Veral Spar,Checkin, Standard Bank en dieBottelstoor. Dit gaan alles net om gesels,sieluittrek en my geterg sodat ek moetvloek. Dit was die lewe wat ek gelei het.Ek laat my vrou, Melanie, Wayne en driekleinkinders agter.Ek is oppad na Tino waar hy vir sy pa 'nplek gaan voorberei het by die Here. Ekgroet julle in die naam van God,die Vader,die Seun en die Heilige Gees.Amen.

Die uitnodiging het gelees: “Drag is semi-formele stranddrag, met crocs, plakkies ofkaalvoet. Ons was uitgeboul. Wat

beteken dit? Uiteindelik het elkeenaangetrek waarvoor hy lus was – en wasdit nou lekker gemaklik.Die seremonie en onthaal was by The SeaTrader in Britannia baai. Soos OomOubaas van 7de laan sou sê:” Dit was van'epidermiese proporsie.” Die troumarswas gespeel op 'n elektriese kitaar, diebruid en bruidegom was kaalvoet, al dieblomme is vervang met skulpe, dietroukoek was blou en die orkes was 'n“rock band”. Maar al was daar al hierdie'volksvreemde' goed, was dit 'n troue watnog vir lank onthou sal word. Ons hetkaalvoet gedans en die jongmense het sorondgespring, ek dink de laaste een vanhulle was lyfseer die volgende oggend.

Visvang in Angola het vir die jaar baiegoed afgesluit. Die totale vangste vir2009 was 13 350 ton. Die manne vanCoronella se kreatiewe denke ken ookgeen perke nie. Op die foto kangesien word hoe hulle 'n “loop-jetty” virhulle gebou het om makliker van en na dieboot te kan kom.

Die koelvraghouers is aan die gang en dieeerste vis is gevries en verkoop. Op diefoto kan gesien word waar dit onder 'nafdak staan. Ons Angolese vennote wasverantwoordelik vir hierdie toevoegingtot die operasie. Die vooruitsigte vir 2010lyk goed. Wees verseker dat die manne inAngola volgende jaar met nuwe plannev o r e n d a g g a a n k o m o m o n sbedrywighede daar verder uit te brei.

HULDEBLYK

(BO)

Page 3: Desember 2009 Nuusbrief nr.6 IGEVIS NUUSBRIEF · 2013-06-21 · 7 Desember by Hoofkantoor begin werk. Hy is 45 jaar oud, getroud met Marchelle, het 'n seun wat 15 jaar oud is en 'n

André en Sanette is op Saterdag,12 Desember getroud inSaldanha.

Hoofkantoor verwissel vanHR personeel.

Kreef, Sand en VolksvreemdeSpyskaart!

HET JY GEWEET ?•

Danie Barnardse seun vang

graad!

Sanette het by Jane's Guest Houseaangetrek en haar troukar was 'n 1930 Ford.Hulle is in die wit Anglikaanse kerkie(langs Hoedjiesbaai Hotel) getroud en hullehond (Cassie) het die ring ingebring aan 'nleiband wat deur die blomme-meisievasgehou was.

Dit was 'n ware bruilofsfees. Dit het in dieoggend beg in met 'n ontbyt byBlouwaterbaai en in die aand was daar 'nheerlike dans in die Hoedjiesbaai Hotel.Die partytjie is die volgende oggend 4uur indie kroeg afgesluit toe 'n seiljag op die rotsegeloop het reg voor die hotel.

Na meer as 3 jaar se diens neem ons afskeidvan Jo-Maré Meyer. Sy is in Mei 2006aangestel in die HR departement, en hetsedertien op ons almal gegroei. Sy wasaltyd gretig om iemand te help met 'nprobleem, en haar kantoordeur was nooittoe vir 'n kollega wat iets nodig gehad hetnie.Sy verlaat gelukkig darem nie ons dorpienie, en gaan by La Vie in Velddrif werksaamwees vanaf Januarie 2010.Jo-Maré ons gaan jou mis. Baie dankie virdie harde werk wat jy ingesit het.

Dan wil ons 'hallo' sê aan Dirk Fourie. Dirkis in Jo-Maré se plek aangestel, maar het al

7 Desember by Hoofkantoor begin werk.Hy is 45 jaar oud, getroud met Marchelle,het 'n seun wat 15 jaar oud is en 'n dogtervan 8. Hulle woon in Saldanha.Dirk is gebore op Lambertsbaai en hetgematrikuleer by Hoërskool Vredenburg.Vir 26 jaar het hy by Spoornet gewerkwaarvan 17 jaar daarvan in die HRdepartement was.Baie welkom. Ons weet sommer jy salgelukkig wees by ons.

(Hoofkantoor hou jaareindfunksie)

Soos enige ander Woensdag het die dagbegin by hoofkantoor, maar almal hetomstreeks 11 uur vertrek na Paternoster.Ons eerste stop was by die Kreeffabriek,waar die kantoordames maar taamlikskepties was om die “Seegoggas” van naderte beskou.André het ons toe vergesel na dieBekbaai uitbreiding, waar ons diepragtigste uitsig geniet het van Paternosterse baai, asook die Nie-Amptelike “Bikini-Beach” van Paternoster... Hier het meestevan ons al onraad vermoed, maar was nienaastenby gereed op die “skok” wat onstewagte was by die eetplek nie. Vandaar hetons 'n “Sunday drive” gevat deurPaternoster, wat ook maar net 10mingeduur het, verby die Eigelaars se tweehuisies en 'n laaste besoek aangedoen byPaternoster Drankwinkel, waar Danie onsalte gretig rondgewys het. Die Drankwinkellyk goed uitgerus en pas die “PaternosterLifestyle” goed. Ek sal enige iemand wat byPaternoster inloer sterk aanraai om daar inte draf. Uiteindelik kon ons sandale uitskopen 'n vloeibare verversing geniet by dieNoisy Oyster. Soos ek vroeër genoem het,was die spyskaart nogals heel vreemd, envir 'n klomp konserwatiewe Velddriwwerswas dit 'n goeie lag of twee werd. In plaasvan voorgereg is jy welkom om 'n“Foreplay” te bestel, die disse waswatertand, maar die Hoofgereg, oftewel“Intercourse” soos die spyskaart ditbeskryf, was nou vir jou besonders. Dieweer was op sy beste in dae, en die buitelugdekking was iets om te waardeer. Dierestaurant is netjies opgetooi in 'n tipiese“Sixty Rebel” tema, met 2 ou motorfietsewat in die tuin staan en roes, en wit en swartplakkate van Marilyn Monroe teen diemuur. Die dag was uiters besonders enouder gewoonte was dit afgesluit in Rivierahotel se Dameskroeg...

Dreyer Morkel is 2010 se onder-hoofseun by H/S Labori, Paarl.

Liebre Eigelaar (hierso afgeneem in haarmatriekafskeidrok) het vanjaar haarskoolloopbaan voltooi aan Hoërskool LaRochelle in die Paarl. Sy gaan volgendejaar “event planning” swot inStellenbosch. (Wat 'n interessante kursus.)

(Paternosterdrankwinkel)

Page 4: Desember 2009 Nuusbrief nr.6 IGEVIS NUUSBRIEF · 2013-06-21 · 7 Desember by Hoofkantoor begin werk. Hy is 45 jaar oud, getroud met Marchelle, het 'n seun wat 15 jaar oud is en 'n