COVID-19 : BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN€¦ · BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN...

18

Transcript of COVID-19 : BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN€¦ · BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN...

Page 1: COVID-19 : BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN€¦ · BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN VEILIGHEID 6. INLEIDING Hierdie dokument is die beleid oor gesondheid en veiligheid van
Page 2: COVID-19 : BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN€¦ · BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN VEILIGHEID 6. INLEIDING Hierdie dokument is die beleid oor gesondheid en veiligheid van

1

COVID-19 : BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN

VEILIGHEID

INHOUDSOPGAWE

1. INLEIDING 3

2. DOEL 3

3. WOORDOMSKRYWING 3

4. DISSIPLINÊRE AKSIE 4

5. SKOOL SE ONDERSTEUNINGSNETWERK 4

6. KOMMUNIKASIE TUSSEN HUIS/GEMEENSKAP EN DIE SKOOL 4

7. ALGEMENE BEGINSELS EN PROSEDURES 5

8. PROSEDURE MET DIE UITBREEK VAN ‘N COVID-19-GEVAL IN DIE GEMEENSKAP EN SKOOL 6

9. PROSEDURE WAT GEVOLG MOET WORD INDIEN IEMAND SIEK WORD TYDENS SKOOLURE 6

10. ISOLASIEKAMER 6

* Volg die nodige prosedure met siek persoon in die huis 7

11. PROSEDURE VIR TERUGKEER NA SIEKTE 8

12. ALGEMENE TOEGANG TOT SKOOLTERREIN 8

13. TOEGANG VAN TERREINPERSONEEL TOT SKOOLTERREIN 8

14. TOEGANG VAN ONDERWYSERS EN NIE-ONDERRIG PERSONEEL TOT

SKOOLTERREIN EN GEBOU 9

15. TOEGANGSROETES TOT SKOOLTERREIN GEDURENDE COVID-19 9

16. BEWEGING EN GEDRAG OP SKOOLTERREIN 9

17. TOEGANG TOT SKOOLGEBOU 10

18. TOEGANG TOT LOKALE IN SKOOLGEBOU 10

19. SNOEPIE 10

20. POUSE/ETENSTYD: LEERDERS 11

21. POUSES/ETENSTYD: PERSONEEL 11

22. PROSEDURE T.O.V. DIE GEBRUIK VAN BADKAMERS 11

23. RIGLYNE VIR VERGADERINGS 11

24. GEDEELDE APPARAAT EN TOERUSTING (rekenaars, telefone, afrolmasjiene ens.) 12

25. LOKALE MET SPESIFIEKE BEPERKING 12

26. SKOOLDRAG EN VOORKOMS VAN LEERDERS 12

27 GESIGMASKERS EN DIE VEILIGE GEBRUIK DAARVAN 12

HOËRSKOOL BELLVILLE

TEL 021 948 1801 FAKS 021 948 4140

E-POS [email protected] De La Hayelaan, Bellville, 7530

SEDERT 1937 – GEREED VIR ALLES

Page 3: COVID-19 : BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN€¦ · BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN VEILIGHEID 6. INLEIDING Hierdie dokument is die beleid oor gesondheid en veiligheid van

2

28. MOETS EN MOENIES T.O.V. DIE DRA VAN GESIGSMASKERS 14

29. GIDS VIR WERKGEWERS 15

29.1 Scenario 1: Werker met ‘n bevestigde Covid-19-toets 29.2 Scenario 2: Werker met simptome in pas met akute respiratoriese infeksie 29.3 Scenario 3: Hoë risiko en bevestigde Covid-19-kontak; simptoomloos 29.4 Scenario 4: Lae risiko vir moontlike Covid-19-kontak; simptoomloos

30. AANHANGSEL A : SIFTINGSVORM

31. BEWEGINING IN SKOOLGEBOU: EENRIGTING

Page 4: COVID-19 : BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN€¦ · BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN VEILIGHEID 6. INLEIDING Hierdie dokument is die beleid oor gesondheid en veiligheid van

3

BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN VEILIGHEID

6. INLEIDING Hierdie dokument is die beleid oor gesondheid en veiligheid van Hoërskool Bellville. Die

beleid is opgestel ooreenkomstig die bepalings soos in ‘n Covid-19 handleiding in die Wet op

Beroepsgesondheid en Veiligheid, asook soos in die Staatskoerant van 29 April 2020 vervat.

Om rede die virus deur (besmette) druppeltjies liggaamsvloeistof in die lug (wanneer ‘n siek

persoon praat, skreeu, hoes of nies) versprei word, wil ons nie vir die virus ’bene’ gee deur

dit van mens tot mens oor te dra nie. Higiëne en die handhawing van ‘n gesonde afstand is

die nuwe “normaal” in die Hoërskool Bellville.

Hierdie beleid moet saam met die skool se Gedragskode gelees word en maak ook ’n

integrale deel daarvan uit.

7. DOEL Die doel van hierdie beleid is om ‘n gesonde en veilige omgewing daar te stel vir die

leerders, personeel en gemeenskap van die Hoërskool Bellville. Daarvoor het die skool ’n

beduidende belang daarby om ’n gesonde, veilige, ordelike skoolomgewing te skep wat

onderrig en leer bevorder.

Die leerders en personeel van die Hoërskool Bellville sal ook opleiding ontvang oor die nuwe

gesondheidsbeleid en nuwe “normaal”.

8. WOORDOMSKRYWING Covid-19 is ‘n ernstige lugwegsiekte wat virale longontsteking kan veroorsaak.

Siftingstoetse is die evaluering van verskeie moontlike simptome soos koors (neem van

koors met termometer), seerkeel, hoes, rooi oë, kortasem en lyfseer wat nie aan ‘n ander

siektetoestand toegeskryf kan word nie. Persone moet ook enige van die volgende

simptome aanmeld: reukverlies, smaakverlies, naarheid, braking, diarieë, uitputting,

swakheid en moegheid. Vrae soos aangedui op aanhangsel A moet ook voltooi en

onderteken word. Hande van elke persoon moet ook gereinig word met alkohol.

Maskers

Materiaal maskers wat deur die WKOD verskaf is of soos goedgekeur deur komitee.

Handreiniger

Handreiniger is ‘n ontsmettingsmiddel met ‘n minimum van 60/70% alkohol inhoud.

Sosiale afstand (gesonde afstand) is die minimum afstand van 1,5 meter (twee

armlengtes) tussen persone in die skool en op die skoolterrein. Sosiale afstand sluit ook

voorkoming van drukkies, handskud en enige kontak gebaseerde groetmetodes in.

Hoërisiko-oppervlakker is oppervlakke soos deurhandvatsels, traprelings, badkamers,

skoolbanke, gedeelde apparaat.

Page 5: COVID-19 : BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN€¦ · BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN VEILIGHEID 6. INLEIDING Hierdie dokument is die beleid oor gesondheid en veiligheid van

4

PPE (PERSONAL PROTECTIVE EQUIPMENT)

N95 masker/ Gesigskerms

Handskoene

Handreiniger

Hoërisikopersoneel word aan die volgende kriteria gekenmerk:

Bo die ouderdom van 60.

Bestaande mediese toestande, soos byvoorbeeld diabetes.

Bestaande respiratoriese toestande, soos byvoorbeeld asma.

Hoë bloeddruk.

Hartsiektes.

Kanker en ander immuniteitsverswakkende toestande.

9. DISSIPLINÊRE AKSIE Indien enige persoon die gesondheid- en veiligheidsbeleid/plan oortree of nie nakom nie, sal

dit as ‘n baie ernstige oortreding beskou word. ‘n Finale waarskuwing sal gegee word deur

onmiddellike lynhoof. Indien die persoon die beleid weer verontagsaam en/of sy gedrag nie

verander nie, sal dit beskou word as ‘n kategorie 2-oortreding wat dan sal lei tot ‘n verdere

dissiplinêre optrede waarop skorsing/ouerintervensie aanbeveel sal word. Die veiligheid van

alle leerders en personeel moet ten alle tye verseker word.

Leerder wat beleid verontagsaam of klas ontwrig, sal na adjunkhoof verwys word vir

verdere ondersoek. Indien leerder hom skuldig gemaak het aan verontagsaming

van die beleid word leerder na aparte lokaal verwys waar hy/sy sal wag vir sy ouers

om hom of haar te kom afhaal.

Klasontwrigting sal in hierdie tyd as ‘n baie ernstige oortreding beskou word

a.g.v.die verlore tyd en druk op die kurrikulum.

10. SKOOL SE ONDERSTEUNINGSNETWERK 5.1 Beheerliggaam van Hoërskool Bellville

5.2 Ons skool se ouergemeenskap

5.3 WKOD : Provinsiale COVID-19 -noodlyn 021 928 4102

5.4 Nasionale Departement van Gesondheid (012 395 8000)

5.5 The National Institute For Communicable Diseases (NICD) (0800 029 999)

5.6 Plaaslike voorkeur-hospitale (soos mediese fondse toelaat)

5.7 Plaaslike polisiestasie 021 918 3000

11. KOMMUNIKASIE TUSSEN HUIS/GEMEENSKAP EN DIE SKOOL Daar moet oop en eerlike kommunikasie tussen die huis/gemeenskap en die skool

wees:

6.1 Siek personeel en leerders moet by die skool en die Departement van Gesondheid

aangemeld word - dit is die wet. Mense wat siek word se kontak met ander individue

moet nagevolg kan word om die virus sover moontlik te bekamp. U samewerking om

ons gemeenskap te beskerm, is absoluut noodsaaklik.

6.2 Dit is ouers en personeel se verantwoordelikheid om navrae so volledig moontlik te

beantwoord.

Page 6: COVID-19 : BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN€¦ · BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN VEILIGHEID 6. INLEIDING Hierdie dokument is die beleid oor gesondheid en veiligheid van

5

6.3 Enige nuwe inligting wat die skool ontvang, sal so spoedig moontlik aan ons

gemeenskap gekommunikeer word.

6.4 Plakkate sal in die klaskamers en in die gange van die skool aangebring word om

ons skoolgemeenskap deurentyd aan gesonde, veilige praktyke te herinner.

12. ALGEMENE BEGINSELS EN PROSEDURES Simptome kan koors, hoes, kortasem en lyfseer insluit asook reukverlies, smaakverlies,

naarheid, braking, diarieë, uitputting, swakheid en moegheid. Hierdie simptome kan voorkom

binne 2 dae tot 14 dae nadat persoon blootgestel of in aanraking gekom het met die virus.

Dit is belangrik om in ag te neem dat die virus versprei kan word deur individue wat nie die

simptome toon nie. Daarom moet die nodige voorkomingsmaatreëls geneem word om die

verspreiding van die virus te bekamp.

Die skoonmaak en ontsmetting van skoolgeboue is vir ons prioriteit :

Daar sal opleiding aan alle onderwysers, nie-onderrig personeel, ouers en leerders

oor die skool se higiëniese program gegee word.

Ons mentorspan is beskikbaar vir emosionele ondersteuning ten op sigte van vrese,

angs en onsekerhede.

Daar sal spesifieke higiëniese opleiding vir die verskillende grade en geslagte wees.

Alle hoërisiko-oppervlakke sal deurlopend skoongemaak en ontsmet word.

Die hele skool: klaskamers en kantore word gedurende die pouses en aan die einde

van die dag ontsmet.

Covid-19 is ‘n respiratoriese virus wat versprei word deur besmette druppels van

liggaamsvloeistowwe deur middel van praat, hoes, nies en daarom is dit belangrik dat

sosiale afstande as nuwe “normaal” gehandhaaf sal word.

Onderwysers, nie-onderrig personeel en leerders wat siek voel en moontlike simptome toon, moet tuis bly. Hulle moet vir verdere toetsing gaan by ‘n plaaslike geneesheer/kliniek wat moontlik verwys sal word vir Covid-19-toetsing.

Alle onderwysers, nie-onderrig personeel en leerders sal elke oggend ‘n siftingstoets

ondergaan by die skoolhek en/of by die hoofingang van die skool waar daar ook vrae

beantwoord en onderteken moet word alvorens hulle die terrein/gebou mag betree.

Alle besoekers sal ook ‘n siftingtoets ondergaan.

Onderwysers, nie-onderrig personeel, leerders en besoekers sal verplig word om maskers te dra.

Die skool sal gereeld ontsmet word, met klem op hoërisiko-oppervlakke.

Daar sal geen groot byeenkomste by die skool soos saalopeninge,

sportbyeenkomste, kultuurbyeenkomste, ensovoorts wees nie.

Sosiale afstand sal gehandhaaf word en fisiese kontak of aanraking (bv. handdruk of

drukkies, “fist bumps” en “high five”) sal nie toegelaat word nie.

Die skool sal gereeld die deeglike was van hande vir 40 sekondes met water en

seep, of ‘n handontsmettingsmiddel, afdwing.

Hande moet gewas (gereinig) word na:

- Blaas van neus, hoes of nies.

- Die gebruik van die badkamers.

- Voordat u gaan eet of voorbereiding van ete.

- Gebruik van gedeelde apparrate

- Voordat enige lokaal in die skool binne gegaan word.

Page 7: COVID-19 : BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN€¦ · BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN VEILIGHEID 6. INLEIDING Hierdie dokument is die beleid oor gesondheid en veiligheid van

6

Nies en hoes in jou elmboog/sneesdoekie en gooi in drom en ontsmet jou hande daarna.

Maak oppervlakke en persoonlike ruimtes gereeld skoon met alkoholreinigers.

Vermy aanraking van oë, neus en mond met ongewasde hande.

Stigmatisering sal deur deeglike inligtingsessies bekamp word.

Onthou dat dit nie van skole verwag word om COVID-19-gevalle te identifiseer nie.

Die meerderheid asemhalingsiektes is nie COVID-19 nie.

Hoërskool Bellville sal elke werknemer met ‘n masker voorsien.

Skoonmaak- en terreinpersoneel sal elke dag twee weggooibare maskers kry. Die dra van gesigskerm is verpligtend.

13. PROSEDURE MET DIE UITBREEK VAN ‘N COVID-19 GEVAL IN

DIE GEMEENSKAP EN SKOOL 8.1 Daar sal onmiddellik kommunikasie tussen die skool en die ouerhuis wees.

8.2 Die betrokke persoon wat die simptome toon van Covid-19 sal dadelik in isolasie

geplaas word en vir verdere toetse moet gaan.

8.3 Indien bogenoemde persoon positief getoets is, moet die persone wat in direkte

kontak was met besmette persoon vir 14 dae in selfkwarantyn gaan.

8.4 Die betrokke partye moet dadelik ‘n volledige lys van mense met wie hy/sy in kontak

was, verskaf. Daardie persone moet hulle voortdurend self evalueer t.o.v. enige

moontlike simptome en die skool en gemeenskap in kennis stel.

8.5 Maak kontak met die bure of gemeenskap.

8.6 Die skool sal die noodnommers van al die relevante owerhede, hospitale en

departemente beskikbaar stel.

8.7 Die bestuur van die skool het nie die outoriteit om die skool te sluit indien daar ‘n

Covid-19 uitbreking is nie. Dit is die verantwoordelikheid van die Departement van

Gesondheid.

14. PROSEDURE WAT GEVOLG MOET WORD INDIEN IEMAND

SIEK WORD TYDENS SKOOLURE 9.1 Persoon/leerder word onmiddellik geïsoleer en verwys na die

isolasiekamer(konferensiekamer ).

9.2 Die onderwyser wat die leerder verwys na isolasie skakel onmiddellik vir me. C.

Lottering ondersteun deur mev. H van Lill in die biblioteek en verwittig haar van die

leerder/persoon. By die isolasiekamer word die temperatuur van die leerder geneem

en die ouers word gekontak. Wanneer die ouer by die hoofingang van die skool

arriveer, moet die sekuriteitswag vir me. Lottering per radio laat weet dat die ouer daar

is. Die leerder word dan vergesel na die hoofhek met die nodige uitteken-

dokumentasie.

9.3 Die persoon/leerder word dan verwys na ‘n dokter vir moontlike verdere verwysing.

15. ISOLASIEKAMER 10.1 Die konferensiekamer word aangewys as isolasiekamer.

10.2 4 Afsonderlike stasies moet geskep word met afskortings waar leerders/personeel dan

geïsoleer kan word.

Page 8: COVID-19 : BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN€¦ · BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN VEILIGHEID 6. INLEIDING Hierdie dokument is die beleid oor gesondheid en veiligheid van

7

Volg die nodige prosedure met ‘n siek persoon in die huis:

Help die siek persoon om die betrokke dokter se instruksies vir versorging en medisyne te volg.

Hou die telefoonnommer van die dokter byderhand.

Vir die meeste mense duur die simptome 'n paar dae en voel hulle na 'n week beter.

Sorg dat die siek persoon baie vloeistowwe drink en rus.

Oorweeg dit, indien moontlik, om die benodigde items deur 'n afleweringsdiens te laat aflewer.

Sorg vir die persoon se troeteldier(e) en beperk die kontak tussen die siek persoon en sy of haar troeteldiere indien moontlik.

Wees op die uitkyk vir waarskuwingstekens: o Skakel die dokter as die persoon steeds sieker word. o Vir mediese noodgevalle, skakel 911 en sê dat die siek persoon COVID-19

het of moontlik kan hê. o Mense wat noodwaarskuwingstekens vir COVID-19 ontwikkel, moet dadelik

911 skakel. o Noodwaarskuwingstekens sluit in:

Probleme met asemhaling: Kort van asem of asemnood. Aanhoudende pyn of druk in die bors. Verwarring of onvermoë om wakker te word. Blouerige lippe of gesig. Kouekoors. Seerkeel. Verlies van smaak- en reukvermoë. Hoofpyn en lyfseer. LET WEL: DIT IS NIE AL DIE NOODSIMPTOME OF TEKENS NIE.

Beskerm jouself as jy iemand wat siek is, versorg: o COVID-19 versprei tussen mense wat in noue kontak kom (binne ongeveer 2

meter) deur druppels wat ontstaan as iemand praat, hoes of nies. o Die versorger moet, indien moontlik, nie iemand wees wat 'n hoë risiko is vir

‘n ernstige siekte soos COVID-19 nie. o Gebruik 'n aparte slaapkamer en badkamer: Laat die siek persoon sy of haar

eie "siekekamer" of omgewing weg van ander mense hê indien moontlik. Laat die siek persoon, indien moontlik, ook 'n aparte badkamer gebruik.

o Gedeelde ruimte: As julle die ruimte moet deel, maak seker dat die kamer goeie lugvloei het.

Maak die venster oop en skakel 'n waaier aan (indien moontlik) om

lugsirkulasie te verhoog. Die verbetering van ventilasie help om

asemhalingsdruppels uit die lug te verwyder.

o Vermy besoekers: Vermy onnodige besoekers, veral besoeke van mense wat 'n groter risiko vir

ernstige siektes is.

o Eet in aparte kamers of areas: Die persoon wat siek is, moet, indien moontlik, in sy kamer eet (of gevoed

word).

o Was skottelgoed met handskoene en warm water: Hanteer alle eetgerei (bekers, glase, borde, messe, vurke en lepels) wat deur

die siek persoon gebruik word, met handskoene. Was dit met seep en warm

water, of in 'n skottelgoedwasser.

o Was jou hande deeglik nadat jy die handskoene uitgetrek of gebruikte voorwerpe hanteer het.

o Moenie deel nie: Moenie eetgerei (bekers, glase, borde, messe, vurke en lepels), handdoeke, beddegoed of elektronika met die siek persoon deel nie.

Page 9: COVID-19 : BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN€¦ · BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN VEILIGHEID 6. INLEIDING Hierdie dokument is die beleid oor gesondheid en veiligheid van

8

16. PROSEDURE VIR TERUGKEER NA SIEKTE: Volgens beskikbare, voorlopige gegewens is die gemiddelde tydperk van die begin tot die

kliniese herstel vir ligte gevalle ongeveer twee weke, terwyl ernstige gevalle drie tot ses

weke kan duur.

Wanneer kan leerders/personeel terugkom skool toe?

11.1 Personeel/leerders moet 14 dae by die huis bly as hulle positief getoets is of as hulle

in direkte kontak was met ‘n persoon wat covid-19 postief is.

11.2 Na 14 dae, of as die personeellid/leerder geen simptome meer toon nie, moet die

personeellid/leerder ‘n mediese sertifikaat van plaaslike geneesheer inhandig om te

verseker dat persoon ten volle genees is.

11.3 Indien ‘n personeellid/leerder gehospitaliseer is, sal ‘n mediese brief van ‘n mediese

dokter vereis word om te verseker dat die persoon ten volle genees het en dit veilig is

om terug te keer skool toe.

11.4 In die geval van ‘n leerder moet die ouers die betrokke graadhoof skakel en die

negatiewe uitslag skriftelik aan hulle verskaf.

11.5 In die geval van ‘n personeellid moet die skoolhoof geskakel word en die negatiewe

uitslag skriftelik aan die skoolhoof verskaf word.

17. ALGEMENE TOEGANG TOT SKOOLTERREIN:

Elke persoon wat die skoolgronde betree sal aan die ‘n siftingstoets onderhewig wees

voordat die persoon tot die skoolterrein toegelaat sal word.

12.1 Geen ouer sal toegelaat word tot die skoolterrein nie.

12.2 Dra van ‘n masker wat die mond en neus ten volle bedek is ‘n verseiste.

12.3 Daaglikse siftingstoetsvorm voltooi, wat insluit die meet van liggaamstemperatuur.

Register word gehou en indien die lesing bo 38 °C is sal die persoon vir isolasie

verwys word. Verwys na aanhangsel A: Temperatuur monitering/siftingstoetsvorm.

12.4 Hande ontsmet met handreiniger.

18. TOEGANG VAN TERREINPERSONEEL TOT SKOOLTERREIN: 13.1 Die terreinbestuurder en sy hulp (Nico Bothma en Kenneth Johnson) betree die

skoolterrein in die oggende deur die hoofhek en siftingstoets word deur die

sekuriteitswag gedoen.

13.2 Wanneer terreinpersoneel opgelaai word, moet elke werker ‘n siftingstoets ondergaan

voordat hy in die ontsmette bussie mag klim. Die siftingstoets sal deur die aangewese

persoon hanteer word.

13.3 Bussie ry in by hek sonder om weer ‘n siftingstoets te ondergaan.

13.4 Alle werkers moet met aankoms hande was en skrop tot elmboog. Asook die nodige

PPE aantrek.

13.5 Persoon wat hierdie personeel vervoer is verantwoordelik om voertuig/bussie te

ontsmet na elke rit.

Page 10: COVID-19 : BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN€¦ · BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN VEILIGHEID 6. INLEIDING Hierdie dokument is die beleid oor gesondheid en veiligheid van

9

14. TOEGANG VAN ONDERWYSERS EN NIE-ONDERRIG

PERSONEEL TOT SKOOLTERREIN EN GEBOU:

14.1 Personeel kan inry by die hoofhek van 06:50 tot 07:15 of by die astro-hek waar slegs

die temperatuur geneem sal word.

14.2 Toegang tot skoolgebou sal slegs by die hoofingang, saal en die ingang by die C-gang

toegelaat word waar daar ‘n tweede en volledige siftingstoets sal plaasvind en die

voltooing en inhandiging van aanhangsel A.

14.3 Indien personeel die terrein na 07:35 betree, sal slegs die hoofingang oop wees waar

die sekuriteitswag die volledige siftingsprosedure sal voltooi.

15. TOEGANGSROETES TOT SKOOLTERREIN VIR LEERDERS: Aflaai-sone en hekke:

Slegs die aflaai-sone by die hoofhek en astro-hek moet gebruik word. Die aflaai en oplaai van leerders, moet waar moontlik, nie deur ‘n oupa/ouma of ouer persone wat as hoë-risiko persone geklassifeer kan word, gedoen word nie. 15.1 Geen samedromming en sosialisering mag buite die hekke plaasvind nie. Sosiale

afstand moet deurgaans gehandhaaf word. 15.2 Die dra van ‘n masker wat die mond en neus ten volle bedek is verpligtend.

15.3 Die hoofhek sal ten alle tye oop wees en beheer word deur ‘n sekuriteitswag.

15.4 Die astro-hek sal oop wees vanaf 06:50 – 07:35.

15.5 Wanneer die leerder die skoolterrein binnegaan by die hoofhek of die astro-hek, moet

hy/sy direk na die gimnasium gaan en slegs by die onderskeie sydeure ingaan, waar

die volledige siftingstoets en kontrole gedoen gaan word.

Soos die vlakke van inperking verander en leerdergetalle toeneem sal meer toegangsroetes

oopgemaak word.

16. BEWEGING EN GEDRAG OP SKOOLTERREIN EN IN GEBOU: 16.1 Alle persone sal ‘n veilige sosiale afstand handhaaf en enige vorm van kontak vermy.

16.2 Alle persone sal ten alle tye ‘n masker dra en die voorgeskrewe sosiale afstand hou.

16.3 Daar sal van elke leerder verwag word om sy eie bottel handontsmettingsmiddel te hê

vir eie gebruik en aan die begin van elke nuwe periode om sy persoonlike

ruimte(skoolbank) te reinig.

16.4 “Lockers” is vir eers buite perke. 16.5 Eenrigting-verkeer sal gebruik word in gange soos aangedui deur pyle en op

aangehegde kaart. Sosiale afstand van 1,5m moet deurgaans gehandhaaf word.

Deeglike beplanning moet deur leerders gedoen word voordat hulle na die volgende

klas gaan.

BEWEGING IN DIE SKOOLGEBOU MET DIE WISSELING VAN PERIODES

Die E-gang en die gedeelte voor die drama- en siviele klas is tweerigting. Daar moet

persone ten alle tye links in ‘n enkelgelid 1,5m uitmekaar stap.

Gang B : beweeg na Wes

Gang F : beweeg na Oos

Gang C : beweeg na Oos

Gang E :beweeg na Oos en Wes

Page 11: COVID-19 : BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN€¦ · BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN VEILIGHEID 6. INLEIDING Hierdie dokument is die beleid oor gesondheid en veiligheid van

10

17. TOEGANG TOT SKOOLGEBOU 17.1 Die dra van ‘n masker wat die mond en neus ten volle bedek is verpligtend.

17.2 Hande moet ontsmet word met handreiniger.

17.3 Slegs die volgende ingange tot die skool kan gebruik word in die oggende en na

pouse:

Hoofingang en deur onder staaltrap indien klas in die B-gang is.

Motorhuis-ingang indien klas in die C-gang is.

Vierkant-ingang en Duiwehok-ingang indien klas in die F-gang is.

Staaltrap en deur onder staaltrap indien klas in die E-gang is.

Motorhuis-ingang,deur vanaf die personeelvierkant indien klas in die

Drama/Siviele klas is.

17.4 Indien dit reën in die oggende voor skool begin, stap leerder direk uit die gimnasium

die skool binne by deur D 10 (deur by gimnasium) en direk na registerklas.

18. TOEGANG TOT LOKALE IN SKOOLGEBOU 18.1 Elke persoon sal sy/haar hande ontsmet indien ‘n vertrek/klaskamer/kantoor betree

word.

18.2 Alle vertrekke moet kruisventilasie toepas (venster en deure oop).

18.3 Terreinpersoneel sal deurentyd hoërisiko areas en oppervlaktes reinig.

18.4 Klaskamers:

Onderwyser sal leerders se hande reinig wanneer die leerder die klaskamer betree en

verlaat.

Skoolbanke moet deurgaans gereinig word deur leerder met eie ontsmettingsmiddel

en afgevee word met handdoekpapier wat verskaf word deur onderwyser.

Geen skryfbehoeftes, sakrekenaars of enige apparaat mag gedeel word nie.

Geen rondbeweging en beweging na onderwyser se lessenaar tydens lesuur nie.

Indien leerder tydens lesuur badkamer toe wil gaan, moet die leerder ‘n kaartjie kry by

onderwyser en die normale uittekenprosedure volg. Met die terugkeer na klas moet

kaartjie opgefrommel word en in die asblik gegooi word. Hande word weer gereinig en

intekenprosedure volg en neem weer plek in.

19. SNOEPIE 19.1 Geen warm kosse sal verskaf word nie.

19.2 Sosiale afstand moet gehandhaaf word. Strepe sal op die vloeroppervlakte

aangebring word wat die afstand en getal leerders in snoepie sal aandui.

19.3 Slegs 9 leerders (drie per luik) word binne die snoepie toegelaat.

19.4 Een deur vir toegang en een deur vir uitgaan.

19.5 Toegangsbeheer moet toegepas word deur aangewese persone om toe te sien dat

punte 19.1 – 19.4 toegepas word.

19.6 Indien bogenoemde maatreëls nie nagekom word nie sal die snoepie gesluit moet

word.

Page 12: COVID-19 : BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN€¦ · BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN VEILIGHEID 6. INLEIDING Hierdie dokument is die beleid oor gesondheid en veiligheid van

11

20. POUSE: LEERDERS 20.1 Daar sal slegs een pouse wees per skooldag.

20.2 Na pouse kan slegs die ingange soos aangedui in 17.3 gebruik word om toegang tot

die skoolgebou te verkry.

20.3 Hande moet weer gereinig word wanneer hulle die skoolgebou betree.

20.4 Was van hande met seep en water word sover moontlik aangemoedig.

20.5 Indien dit reën sal die leerders in daardie klas bly vir pouse vir 20 min en toesig sal

gehou word deur daardie betrokke vakonderwyser. Na 20 min sal daar ‘n klok lui

waarop die leerders na hulle volgende klas toe sal gaan vir 20 minute en waar toesig

gehou sal word deur daardie vakonderwyser.

21. POUSES/ETENSTYD: PERSONEEL Daar moet deurgaans ‘n aanvaarbare sosiale afstand gehandhaaf word.

Sosiale afstand moet ten alle tye gehandhaaf word tydens enige samekoms van

personeel in lokale.

Personeelkamer:

- Slegs drie by ‘n tafel.

- Slegs drie persone in kombuis gedeelte.(skoonmaakdame en twee onderwysers)

- Geen gebruik van yskas (slegs skoonmaakdame).

- Geen gebruik van mikrogolf.

- Eie koppie/beker en lepel - was self.

Daar sal ook sitplekke beskibaar wees op die verhoog van die saal wat gebruik kan

word tydens pouses.

22. PROSEDURE T.O.V. DIE GEBRUIK VAN BADKAMERS 22.1 Badkamers sal voorsien word van handdoekpapier, seep en handreiniger.

22.2 Slegs drie persone word toegelaat op ‘n keer.

22.3 Was hande voor en na die gebruik van badkamers.

22.4 Geen sosialering binne badkamers (tydperk wat fasiliteit gebruik word moet tot die

minimum beperk word).

22.5 Leerders – badkamer:

Tydens pouse sal daar ‘n persoon aan diens wees wat deurgaans skoonmaak en

kontrole uitoefen.

Slegs drie leerders sal per badkamer toegelaat word.

GEEN leerder sal in badkamers tydens wisseling van periodes toegelaat word nie.

Meld eers aan by periode onderwyser wat die uittekenprosedures sal volg en wat n

kaartjie aan leerder sal oorhandig.

23. RIGLYNE VIR VERGADERINGS 23.1 Probeer alle vergaderings sover moontlik elektronies hou.

23.2 Indien ‘n fisiese vergadering gehou moet word, vra jouself af of alle lede werklik nodig

is vir bywoning om steeds ‘n sosiale afstand te behou van 1,5m.

23.3 Lokaal moet volledig voorberei en ontsmet word, handreiniger (minstens 60/70%

alkohol inhoud) en sneesdoekies moet beskikbaar wees

Page 13: COVID-19 : BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN€¦ · BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN VEILIGHEID 6. INLEIDING Hierdie dokument is die beleid oor gesondheid en veiligheid van

1

23.4 Register van persone teenwoordig moet gehou word.

23.5 Ontsmet gedurig oppervlakke.

23.6 Maak genoeg vensters oop vir kruisventilasie (deur en venster).

24. GEDEELDE APPARAAT EN TOERUSTING(rekenaars, telefone,

afrolmasjiene ens.) 24.1 Alle gedeelde toestelle moet voor en na elke gebruik ontsmet word.

24.2 Handreiniger en handdoekpapier moet beskikbaar wees by gedeelde toestelle.

24.3 Die deel van enige ander apparaat, skryfbehoeftes, eetgerei word verbied.

25. LOKALE MET SPESIFIEKE BEPERKINGE

25.1 Ontvangs: Mevv. Pottas en Mong – geen persone en geen private aflewerings van

ouers of buite-instansies.

25.2 Finansiële kantore – geen persone word toegelaat.

25.3 Administratiewe kantoor – slegs een onderwyser.

25.4 Afrolkamer – slegs een onderwyser, geen leerders en geen gebruik van rekenaars.

25.5 Biblioteek – slegs drie leerders en enige vier persone wat rekenaars kan gebruik.

25.6 Isolasiekamer – maksimum vier leerders.

26. SKOOLDRAG EN VOORKOMS Skooldrag: Die normale winterdrag vir meisies en seuns geld. Die reënbaadjie en serpe

kan ten alle tye binne en buite die gebou gedra word. Die normale reëls ten opsigte van

die tasse geld. Beplan jou dag net baie mooi want die “lockers” is buite perke.

27. DIE GESIGMASKERS EN DIE VEILIGE GEBRUIK DAARVAN Die skoolbestuur en beheerliggaam het ‘n statutêre verpligting om te verseker dat ons

hele skool beveilig is en alle prosedures deurdag en verantwoordelik bestuur word. Die

dra van maskers in die openbaar is vanaf 1 Mei 2020 verpligtend. Die Wêreld-

gesondheidsorganisasie het ‘n sekere standaard gestel waaraan ‘n masker moet

voldoen om as veilig en effektief gekenmerk te word. Die skool (die gesondheid-en

veiligheidskomitee) sal ook moet kan bepaal dat maskers wat die leerders dra aan

bogenoemde standaarde voldoen.

Die leerders sal twee materiaalmaskers (verskaf deur WKOD) kry. Dié masker sal deel

van die skool se amptelike skooldrag word aangesien medici nie noodwendig dié jaar ‘n

oplossing vir die virus sal kry nie.

Indien leerder nie die masker (WKOD-masker) wat aan die leerder verskaf is deur die

skool wil of kan dra nie, moet die leerder skriftelik aansoek doen by die gesondheid-en

veiligheidskomitee met die nodige gesondheidsertifikaat wat bevestig dat leerder se

masker aan die Wêreldgesondheidsorganisasie se standaarde voldoen en waarom

hy/sy daardie spesifieke masker moet dra. Dan mag die masker slegs blou of maroen-

kleurig wees met geen handelsmerk daarop nie.

Page 14: COVID-19 : BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN€¦ · BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN VEILIGHEID 6. INLEIDING Hierdie dokument is die beleid oor gesondheid en veiligheid van

2

Ons wil ons ouergemeenskap vriendelik versoek om die masker na elke skooldag se

gebruik te was en stryk. Met die eenvormige maskers, sal alle ouers en onderwysers

moontlik gemakliker wees met die bestuur en beheer van ons leerders se veiligheid.

GESONDHEID-EN VEILIGHEIDSKOMITEE

SKOOLHOOF GJJ DU PLESSIS

____/____/____

______________

ADJUNKHOOF E J VAN RENSBURG

____/____/____

______________

VISEHOOF S KRUGER

____/____/____

______________

Page 15: COVID-19 : BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN€¦ · BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN VEILIGHEID 6. INLEIDING Hierdie dokument is die beleid oor gesondheid en veiligheid van

3

Page 16: COVID-19 : BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN€¦ · BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN VEILIGHEID 6. INLEIDING Hierdie dokument is die beleid oor gesondheid en veiligheid van

4

Page 17: COVID-19 : BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN€¦ · BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN VEILIGHEID 6. INLEIDING Hierdie dokument is die beleid oor gesondheid en veiligheid van

5

Page 18: COVID-19 : BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN€¦ · BELEID TEN OPSIGTE VAN GESONDHEID EN VEILIGHEID 6. INLEIDING Hierdie dokument is die beleid oor gesondheid en veiligheid van

6

AANHANGSEL A: COVID-19 SIFTINGSVORM

DATUM

Welkom by die Hoërskool Bellville. Hierdie vorm moet deur ALLE persone voltooi word wat die Hoërskool Bellville se perseel betree. In die belang van veiligheid vir personeel, leerders, ouers en besoekers voltooi die volgende vrae deur JA of NEE te antwoord.

TOON U ENIGE VAN DIE VOLGENDE SIMPTOME ? JA NEE 1 ‘n Koors van 38°C of hoër.

2 ‘n Hoes wat u nie aan ‘n ander toestand kan toeskryf nie.

3 Kort van asem wat u nie aan ‘n ander toestand kan toeskryf nie.

4 ‘n Seer keel wat u nie aan ‘n ander toestand kan toeskryf nie.

5 Spierpyne wat u nie aan ‘n ander toestand kan toeskryf soos enige fisiese aktiwiteit nie.

6 Was u in die laaste 14 dae in direkte kontak met ’n persoon wat positief getoets was vir die Corona-19 virus.

TEMPERATUUR

LESING

PERSOONLIKE INLIGTING

NAAM

VAN

ID NOMMER

HANDTEKENING

NOTA: Enige temperatuur van 38 °C of hoër word bestempel as ‘n koors en word ernstig beskou. Enige persoon wat Ja geantwoord het op enige van die vrae of ‘n koors hoër as 38°C toon, sal toegang geweier word waarna die owerhede in kennis gestel sal word.

HOËRSKOOL BELLVILLE TEL 021 948 1801 FAKS 021 948 4140

E-POS [email protected] De La Hayelaan, Bellville, 7530