Breederivier gazette 13 01 2015

8
www.bolandgazette.co.za Breederivier Year 19 • 13 Januarie 2015 | Tel. 023 626 5212 X1PLAKUM-BZ130115 Dubbele tragedie tref familie ANNELDA GROOTBOOM Robertson is geruk deur ’n dubbele trage- die met die dood van Cay- len Bewee en haar oom Charles Adams, wat Sondag 11 Ja- nuarie in die see by Haws- ton verdrink het. Volgens Suhyda Bewee, Caylen se ma, het hul haar neef en sy seun terug geneem huis toe (Hawston) waar hul- le die dag by hulle deurgebring het. Hulle het egter net ná ete besluit om strand toe te gaan. Caylen het glo ge- sê sy gaan nie uit Hawston voordat sy in die see gaan swem het nie. Net Caylen en haar oom het besluit om te gaan swem, vertel Suhyda, ter- wyl die res van die geselskap eerder in die vlak water gehou het. Volgens Suhyda het hul twee fami- lielede al dieper die see ingegaan en is hulle deur die branders meege- sleur. Al wat sy nog kon hoor, vertel sy, was hul hulpkrete. Ondanks ’n po- ging deur Caylen se pa, Llewellyn, om hulle te red was dié poging ver- geefs. Suhyda beskryf Caylen as dié lieflikste kind, altyd spontaan en ie- mand wat diep in mense se harte ge- kruip het met haar sonstraal- persoonlikheid. Caylen sou hierdie jaar ’n matriekleerder by Langeberg Sekondêre skool wees en het baie uitge- sien na haar laaste jaar, ver- al omdat haar skoene vir haar matriekafskeid reeds deur een van haar tan- nies gekoop is. Volgens Charles se vrou, Chris- tien, was hy ’n omgee mens met ’n hart van goud. Charles het op die plaas Appelsdrift op die Le Chasseur- pad buite Robertson gewerk. Suhyda beskryf haar oudste broer as haar steunpilaar, iemand wat haar altyd moed ingepraat het en die goeie in ander mense raakgesien het. “Hy was nooit opstandig nie, maar het altyd die positiewe in ’n slegte saak gesien.” Benewens Christien word Charles oorleef deur sy vyf kinders. Caylen laat benewens haar ouers ook haar boetie agter. Volgend ao. Calvin Duncan van die Hermanus-polisie is ’n nadoodse on- dersoek reeds gedoen. ’n Geregtelike doodsondersoek is geopen. Teen druktyd was begrafnisreë- lings nog nie gefinaliseer nie. Caylen Bewee Charles Adams Gesinne het ’n heerlike dag van feestelikheid geniet by die jaarlikse Uncle Robbie’s-Kerspartytjie wat gedurende die Desember-vakansie by Wolvendrift-landgoed aangebied is. Benewens ’n heerlike gesinsuitstappie, was daar ook hope vermaak vir die kleingoed. Dit sluit hansworse en verskeie ander prettighede in. Die dag se verrigtinge was ten bate van die Breederivier-hospies. Kerspret vir ’n goeie doel

description

Breederivier gazette 13 01 2015

Transcript of Breederivier gazette 13 01 2015

Page 1: Breederivier gazette 13 01 2015

www.bolandgazette.co.za

Breederivier

Year 19 • 13 Januarie 2015 | Tel. 023 626 5212

X1PLAKUM-BZ130115

Dubbeletragedietref familieANNELDAGROOTBOOM

Robertson isgeruk deur ’ndubbele trage-die met diedood van Cay-len Bewee enhaar oomCharlesAdams, watSondag 11 Ja-nuarie in diesee by Haws-ton verdrinkhet.

Volgens Suhyda Bewee, Caylen sema,hethulhaarneefensyseunteruggeneemhuis toe (Hawston)waarhul-le die dag by hulle deurgebring het.Hulle het egter net ná ete besluit omstrand toe te gaan. Caylen het glo ge-sê sy gaan nie uit Hawston voordatsy in die see gaan swem het nie.NetCaylenenhaaroomhetbesluit

om te gaan swem, vertel Suhyda, ter-wyl die res van die geselskap eerderin die vlak water gehou het.Volgens Suhydahet hul twee fami-

lielede al dieper die see ingegaan enis hulle deur die branders meege-sleur. Al wat sy nog kon hoor, vertelsy,washulhulpkrete.Ondanks ’npo-ging deur Caylen se pa, Llewellyn,om hulle te red was dié poging ver-geefs. Suhyda beskryf Caylen as diélieflikste kind, altyd spontaan en ie-mand wat diep in mense se harte ge-

kruip het methaar sonstraal-persoonlikheid.Caylen sou

hierdie jaar ’nmatriekleerderby LangebergSekondêreskool wees enhet baie uitge-sien na haarlaaste jaar, ver-al omdat haarskoene vir haarmatriekafskeidreeds deur eenvan haar tan-

nies gekoop is.Volgens Charles se vrou, Chris-

tien, was hy ’n omgee mens met ’nhart van goud. Charles het op dieplaasAppelsdriftopdieLeChasseur-pad buite Robertson gewerk.Suhyda beskryf haar oudste broer

as haar steunpilaar, iemand wathaar altydmoed ingepraat het en diegoeie inandermenseraakgesienhet.“Hy was nooit opstandig nie, maarhet altyd die positiewe in ’n slegtesaak gesien.”Benewens Christienword Charles

oorleef deur sy vyf kinders. Caylenlaat benewens haar ouers ook haarboetie agter.Volgendao.CalvinDuncanvandie

Hermanus-polisie is ’n nadoodse on-dersoek reeds gedoen. ’nGeregtelikedoodsondersoek is geopen.Teen druktyd was begrafnisreë-

lings nog nie gefinaliseer nie.

Caylen Bewee Charles Adams

Gesinne het ’n heerlike dag van feestelikheid geniet by die jaarlikse Uncle Robbie’s-Kerspartytjie wat gedurende dieDesember-vakansie by Wolvendrift-landgoed aangebied is. Benewens ’n heerlike gesinsuitstappie, was daar ook hopevermaak vir die kleingoed. Dit sluit hansworse en verskeie ander prettighede in. Die dag se verrigtinge was ten batevan die Breederivier-hospies.

Kerspret vir ’n goeie doel

Page 2: Breederivier gazette 13 01 2015

Breederivier Gazette Entertainment - Vermaak Dinsdag 13 Januarie 20152

X1PLAKXR-BZ130115

X1PLAK2M-BZ130115

X1PLAKF5-BZ130115

Alle paaie lei naHerberg se kermisAlle paaie lei op 28 Februarie nadie Herberg Kinderhuis op Ro-bertson wanneer dié instansie syjaarlikse kermis aanbied.

Valleiers sal ver moet soek vir ’nbeter geleentheid om ’n prettige dagte geniet en op die koop toe ook tekan rondsnuffel tussen ’n reuse ver-skeidenheid produkte teen prysewat beslis nie maklik geklop salword nie.Die kermis is een van Herberg se

grootste plaaslike geldinsamelings-pogings en net soos in die verledekanValleiersuitsienna ’n rits stalle-tjies met veral die vleistafels wat be-loof om ’n wenner te wees.Vir vars groente en vrugte, direk

vandie plaas, is die groente- envrug-testalletjies ’n moet en danksy sken-kings wat van oral instroom sal ’nwye verskeidenheid ander produk-te, waaronder olyfolie en konfyt,teen ’n appel en ei te koop wees.Die dag is die ideale uitstappie vir

diehelegesinmetaktiwiteiteviroudenjonk,metondermeerperdekarrit-te vir die kleinspan.Sou die hongerpyne knaag, is daar

meer as genoeg om aan te knibbel,van pannekoek, boereworsrolle enHerberg se beroemde roosterkoeke,tot iets soet vir nagereg.Die kermis begin om 09:00. Vir

meer inligting of bydraes vir die ker-mis, bel Petro Uren, bemarker byHerberg, by 023 626 3140.

Maak ’n draai by die Herberg Kinderhuis se jaarlikse kermis op 28 Februarie.FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Heidelberg-skou se 70e vet pretDie Heidelberg Landbouskou viervanjaar sy 70ste bestaansjaar en indie gees hiérvan kan besoekers uit-sien na ’n behoorlike makietie enprettige feesvieringe tussen 6 en 14Februarie.Vic Brand, president van die Hei-

delberg Landbouskou, beloof datdaar vermaak sal wees vir almal.Die verrigtinge skop af met die

skoudans op 6 Februarie om 19:00.Die tema is “Old Hollywood Glam”en daar is opwindende pryse op diespel vir die beste kostuums. Besoe-kerskanuitsienna ’n lekkerdansenheerlike kos.Diekroningvandienuweskouko-

ninginsalookbyhierdiegeleentheidplaasvind.KaartjieskosR140.Virbe-

sprekings, kontak 084 823 9948.Die skou hou ook sy eie Skouspel

op 9 Februarie om 19:00 by die skou-gronde. Gewilde sangers AndriëtteNormanenDieBroersgaankonsert-gangers bekoor met hulle gewildemusiek. Kaartjies kos R125. Be-spreek by 071 227 6987Die skoner geslag kan weereens

uitsien na ’n heerlike damesoggendop 12 Februarie om 09:30 by die Hu-manWillemse-saal. Daar gaan ’n in-spirerendegassprekerweesensmul-lekkereetgoed.KaartjieskosR100enis beskikbaar by 084 548 7149.DieSteakhousesal lafenisbiedvir

diegene wat iets lekkers soek om tedrink en te eet. Dit is ook die idealeplek om saam met vriende te kuier

en te dans.Vir die jongspan sal daar, ter vie-

ring van die skou se besonderemyl-paal, ook ekstra vermaak wees. Ditsluit ballondiere, trompoppies, ’nvuurvertoning, kulkunsies, raak-rugby, aflos en ’n interskole toutrek-kompetisie in.Clanwilliam se rieldansers gaan

VrydagenSaterdagdansdat die stofso staan.Die kersie op die koek is die skou

se wye verskeidenheid stalletjies.Daarbeloofomietsviralmaltewees,van mooigoed en blinkgoed tot eet-goed en speelgoed. ’n Hoogtepunt isJohn Everts en sy span se stalletjiewat besoekers gaan herinner aanhoe die skou in toeka se dae was.

ELKE DINSDAG) Die Christelike Afhanklikheids-diens (CAD)vergaderom19:00 bydieThusong-sentrum. Navrae:0 082 666 9884 of 023 626 1337.

ELKE DONDERDAG)AlkoholisteAnoniemvergaderom19:30 in die Eeufeessaal (ingang byparkeerplek agter Stadsaal) opRobertson.

EERSTE SATERDAG VAN ELKEMAAND

) Teetuin en oggendmark by die Ro-bertson-museumseanneks.GebruikLe Rouxstraat-ingang. Navrae:0 023 626 3681.

SECOND THURSDAY OF EACHMONTH

) Montagu Alzheimers SupportGroup meets at 15:00 in the bottomlounge of Huis Uitvlucht, Montagu.

SATERDAG 7 FEBRUARIE –SONDAG 29 MAART

) Hands-on-Harvest. Besoekers kanuitsien na druiwe pluk en trap, wyn-

proe, ’n reuse verskeidenheid stalle-tjies en trekkerritte Navrae:0 023 626 3167.

SATERDAG 14 FEBRUARIE) Valentyn-gesinspiekniek byOver-hex buite Worcester. Van 17:00 totlaat met hope vermaak vir die kin-ders. Navrae: Christal Meiring,0 023 347 5012.

SATERDAG 28 FEBRUARIE) Herberg Kinderhuis se jaarliksekermis. ’n Groot verskeidenheidvars produkte, gebak en vele meersal oudergewoonte beskikbaarwees.Valleikalender:0 023 626 5212 of2 [email protected].

X1PLHLF5-BZ130115 X1PLHW59-BZ130115

Don’t miss out on Up the Creek FestDon’t make plans be-tween 29 January and 1February.TheannualUpthe Creek Festival is aneventmusic loversdonotwant to miss!With a lineup featur-

ing, among many others,Al Bairre, Beatenberg,Gerald Clark and PietBotha and the LyzyrdKyngs, this year’s festi-val is amust for allmusiclovers.To keep the energy lev-

els up, there will also bea variety of delectable

eats, from snacks andspit-braais to all sorts ofvegan delights as well ascocktails, gourmet coffeeand cold-drinks.Full weekend tickets

cost R750 online or R800at the gates. No Saturdayor Sunday tickets will beavailable. Children un-der the age of 18 will notbe allowed.For more information

or a full festival guide,visit the official festivalwebpage at www.upthe-creek.co.za.

If you’re a music lover, be sure to visit the Up the Creek Festivalfrom 29 January to 1 February.

Page 3: Breederivier gazette 13 01 2015

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 13 Januarie 2015 3

X1PLAJFW-BZ130115

X1PLAJK1-BZ130115

Een gesin bederf talle met Kersete en vermaakZELDA KLOPPERS

Waar jy sou verwag dat ’n grootonderneming of welgestelde in-stansie meer as ’n honderd sielesou bederfmet ’n Kersmaaltyd envermaak. Dié onlangse weldaadwas die werk van een enkele ge-sin.

DieRossouw-gesin vanAshtonhethul huis, beursies, tyd en harte oop-gemaak vir 90 kinders en tien vol-wasse behoeftiges op Kersdag.

Hierdie welwillendheid word noual vir die derde agtereenvolgendejaar getoon.“’n Deeglike opname word gedoen

omvastestelwiediebehoeftigste is,”vertel Kevin Rossouw.Hierdie gesin van vier offer juis

hierdie spesiale familiedagopomdatdaar baie kinders iswat nie die voor-reg het van ’n bord kos op Kersdagnie.Met ’n groot tent, opgeslaan in hul

agterplaas, word hierdie behoeftigesbederf met ’n heerlike tweegang-

maaltyd. Boonop sorg Ruhamah Fa-mily Christian Centre vir vermaaksoos sang en dans.Een van die hoogtepunte was die

besoek van Dan Plato, Wes-Kaapseminister van gemeenskapsveilig-heid en oudinwoner van Ashton.Plato het die eregaste toegespreek

oor die belangrikheid van skoolop-leiding.Hyhetookvertelvansykaal-voetkinderdae in die stofstrate vanAshton en watter hoogtes en dromehy bereik het.Die Rossouws bedryf ook ’n sop-

kombuis op Ashton en vul weeklikstussen 150 en 200 magies.Omdat hul die onkostes self moet

dra, moes hulle die sopkombuis vantweekeer ’nweeknaeenkeer ’nweekafskaal.Ondanks nederige beroepe – Ma

Maureen is ’n huisvrou en Pa Kevin’n toesighouer by JCI Developmentop Montagu en pastoor by die Ruha-mah Family Christian Centre – blydie Rossouws vasbeslote om voort tegaan met hul liefdestaak wat hullegrootliks self finansier.

“Dié daad kom van die goedheidvan ’n gesinshuis,” voeg Kevin by.Die Rossouws bedank graag die

handjievol ondernemings – AshtonSlaghuis, Ashton Superette, StraussTransport enWilmawat die kiosk indie fabriek bedryf – vir hul hulpasookhul jarelange vriende, die Jan-sens,watbontgestaanhet ommetdieKersete te help.“Onsmaakstaat opnoghulpenon-

dersteuning om hopelik ’n driegang-maaltyd en geskenkie vir die vierdejaar te reël,” voeg hulle by.

Sowat 90 kinders en tien volwassenes van die Ashton-gebied is die afgelope feestyd bederf met ’n Kersete danksy die Rossouw-gesin van dié dorp. FOTO’S: VERSKAF

X1PLCV79-BZ130115

X1PLHM85-BZ130115

Page 4: Breederivier gazette 13 01 2015

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 13 Januarie 20154

X1PLAJ9M-BZ130115

‘Swak getuienis’ kelder Flippie-aanrandingsaakHILDERINE SCHRÖDER

’n Jaar en vyf maande ná ’n omstrede aan-randingsaak teen Wilhelm Treurnicht, diebestuurder van die Rietvallei Wynland-goed buite Ashton, heropen is, is hy vryge-spreek op die aanklag van aanranding metdie opset om ernstig te beseer teen hom.

Trane van verligting het oor Treurnicht segesig gestroom toe hy die Worcester-streekhofop 19 Desember verlede jaar verlaat het. In syuitspraak het streeklanddros Kenneth Petersbevind dat die staatsgetuienis wat voor die hofgedien het, só swakwas dat die hof Treurnichtnieopdieaanklagteenhomskuldigkanbevindnie, waarop hy die verdediging se vroeëre aan-soek om ontslag toegestaan het.In sy betoë het Treurnicht se regsverteen-

woordiger, adv. Pieter Botha, gesê die getuie-nis van die staat was só swak dat die hof niemet veiligheid daaropkan steunnie.Hulle (diegetuies) het nie net hulself nie maar ook me-káár onderling weerspreek, het hy bygevoeg.“Die weersprekings was van só ’n aard dat diehof nie dié getuienis as geloofwaardig kan be-skou nie.”Treurnicht is daarvan beskuldig dat hy die

klaer in die saak,Flippie Engel-brecht, op 25 Janu-arie 2008 so ernstigaangerand het datEngelbrecht glo naafloop van die aan-randing blind ge-laat is en epileptie-se aanvalle gekryhet.Altesaam agt ge-

tuies, waaronderEngelbrecht, sypa,Flip, enma,Katrie-na, is as staatsge-tuies geroep. Metdie uitsonderingvan twee van diégetuies – ’n polisie-beampte en medie-se dokter – was aldie getuies uitersswak,hetBothage-sê. “Sommige hetnie geskroom om hul weergawe aan te pas ashulle tydenskruisondervraging indiemoeilik-heid geraakhetnie.Dele vanhul getuieniswas

só onwaarskynlik dat die hof nie daarop kansteun nie.”Veral Engelbrecht, sowel as sy ouers, se ge-

tuienis het onder fel kritiek deurgeloop. Bothahet Flip Engelbrecht as ’n uiters leuenagtigegetuie beskryf. “Dis wat hierdie getuie so ge-vaarlik maak,” het hy bygevoeg. “Elke keerwat hy gekonfronteer is (met getuienis wat nieooreenstem nie) skroom hy nie om leuens te

vertel nie.”Van al die staatsgetuies, het Botha ook gesê,

was Flippie sélf by verre die swakste. “Daarmoet by die hof ernstige vraagtekens wees ofhyas ’nbevoegdegetuiebeskoukanword.Som-migedelevansygetuieniswasheeltemalbisar.Sommigevansyantwoordewasheeltemalirre-levant tot die vraag.”Die Engelbrecht-egpaar het Botha se kritiek

deurgaans met geboë hoofde in die openbaregalery aangehoor.Treurnicht het alleen op die aanklag teen

hom tereg gestaan ná sy medebeskuldigde,Johnny Burger, die eienaar van Rietvallei, inSeptember 2013 sy eie lewe geneem het.Treurnicht het na afloop van die hofverrig-

tingegesêdit is ’ngrootverligtingdatdiéuitge-rekte drama uiteindelik verby is, maar, het hybygevoeg, die hartseer wat met die saak ge-paard gegaan het, sal altyd daar wees.FlippieEngelbrechtwasnie indiehof tydens

dieuitspraaknie.OokCarinaPapenfus,Engel-brecht se voormalige regsadviseur en aan-vanklik die Engelbrechts se steunpilaar, wasafwesig.Papenfuswasbyverskeiegeleenthedein omstredenheid gedompel. Eers na sy ’n vi-deo op YouTube gelaai het waarin Flippie ensymavan die beweerde aanranding vertel het,daarna toe syFlippie glo “vir sy eie veiligheid”uit sy ouers se sorg laat verwyder het en laterweer toe sy hy hom by Grabouw-polisie afge-laai het, glo omdat sy versorger wat na homomgesien het nie meer kans gesien het vir diétaak nie.

Wilhelm Treurnicht buite die hofgebou op Worcester kort voor hy kwytgeskeld is opaanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer.FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

AAAAAA-BZ130115

Page 5: Breederivier gazette 13 01 2015

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 13 Januarie 2015 5

Gemengdewelslae virmatrieksHILDERINE SCHRÖDER

Ondanks gemengde welslae vir hoër-skole in die Langeberg-area, het leer-ders, ouers en onderwysers steedsmeer as genoeg rede om breëbors teloopnadieafgelopematriekeksamen.

Vierskoleindiestreekspogvanjaarvirdie soveelstekeermet ’n 100%slaagsyfer.Die Hoërskool Bonnievale het voortge-

bouopsyprestasievan’n100%slaagsyferwat hy reeds sedert 2010 onafgebrokehandhaaf. Die Hoërskool Robertson enMcGregor Waldorfskool spog ook met ’n100% slaagsyfer, terwyl die hoof van dieHoërskool Montagu se hare vanjaar virdie soveelste keer moes waai na die ma-trieks aan dié skool ook ’n 100% slaagsy-fer behaal het.Plaaslikeskoleseuitslaevergelykgoed

met ’n gemiddeld van 88,68% teen-oor dieprovinsiale gemiddeld van 82,20%. Dit isookhoërasdiegemiddeldvandie resvandie Kaapse Wynland-onderwysdistrikwat vanjaar 83,30% was. Vanjaar se ge-middelde slaagsyfer het deur die bank af-geneemteenoordiévanverlede jaar.Ver-lede jaar se gemiddelde slaagsyfer vir diestreekwas 90,43%met die provinsiale sy-fer 85,14% en dié van die Kaapse Wyn-landstreek 86,80%.Die Langeberg Sekondêre Skool het by

verre die grootste aantal leerders gehadwat vanjaar hulmatriekeindeksamen af-gelêhet.Altesaam190hetvirdiéeksamenagterdiebankeingeskuifmet142(74,70%)wat geslaag het. Dít is ’n effense afnameteenoor die 84% slaagsyfer vir die 2013-skooljaar.Die Ashton Gekombineerde Skool,

waar 35 leerders hulmatriekeksamen af-gelê het, se slaagsyferhetmet die 2014-ek-samen ’n styging getoon met ’n 94,30%slaagsyfer teenoor die 82,10% in 2013.Die Ashton Sekondêre Skool het ’n

slaagsyfer van 69,10%, terwyl dieMasak-heke Gekombineerde Skool ’n slaagsyfervan 71,10% gehad het.Volgens Hein Gonzales, hoof van die

Hoërskool Robertson, kan dié skool sesukses toegeskryf word aan die hardewerkvandieleerdersenonderwysers,so-wel as die toewyding van ouers. “Ons isgeweldig dankbaar vir die goeie resulta-te,” het hyMaandag aan dieGazette gesê.Dieskoolisveraltrotsdaaropdat82%vansy matrikulante graadvrystelling gekryhetmetdie reswatalmaldiplomavrystel-linggekryhet.“Dítbetekendatalonsleer-ders verder kan gaan studeer as hullewil,” het hy bygevoeg.BydieHoërskoolMontaguhet84%van

sy matrikulante graadvrystelling gekry,terwyl die oorblywende leerders almalmetdiplomavrystellinggeslaaghet.Hier-oor is die skool baie in sy noppies, sê syhoof, dr. Japie Spies. “Dit is werklik ’nuitstekende prestasie.”Dieskool seprestasie, sêSpies,kanaan

’nkombinasievanfaktore, insluitenduit-stekendesteunvandieonderwysdeparte-ment, addisionele klasse gedurende dieJunie-enSeptembervakansieengesprek-voering en opvolgwerk tussen onderwy-sers en leerders toegeskryf word.VolgensSpieshet leerders se samewer-

king, onderwysers se harde werk en ou-ers se betrokkenheid ook ’n groot rol ge-speel.

Page 6: Breederivier gazette 13 01 2015

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 13 Januarie 20156

Clean audit and 2nd placein ‘green’ competitionThe Cape Winelands District Municipali-ty (CWDM) has reason to walk tall afterit not only received a clean audit for the2013-2014 financial year, but was alsoplacedsecond in the2014GreenestMunic-ipality Competition.

The municipality’s clean audit comes aftereleven consecutive years of unqualified fi-nancial audits. “The municipality is abso-lutely delighted to harvest the fruits of thecommitmentsmadeby the leadersof theorga-nisation to put operation “clean audit” firmlyon the agenda,” says municipal manager,Mike Mgajo. “It illustrates the commitmentby the leadership of the municipality to takea direct and personal interest in a properlyfunctioning internal control environment.”

The Auditor General’s audit scope coversthe audit of financial statements, reportingof performance against predetermined objec-tives as well as compliance with laws and reg-ulations.

In order to obtain a clean audit, among anumber of requirements, financial state-ments must be free from material misstate-ments. The clean audit opinion, Mgajo states,bears witness of strong financial manage-ment, sound internal controls and a robustbudgeting process. “All of these elementsprove that the municipality spends the fundsat its disposal efficiently and effectively to-wards meeting the targets set out in its Inte-grated Development Plan, which ultimatelywill result in improved service delivery forthe communities we serve.”

Apart from this achievement, the munici-pality was also rewarded for its efforts to-wards an environmentally friendly ap-

proach.The Greenest Municipality Competition

ceremonywashostedby theMinister ofLocalGovernment, Environmental Affairs and De-velopment Planning, Anton Bredell.

Bredell reminded attendees of the challen-ges placing government structures under in-creasing pressure. These include existingchallenges like poverty, unemployment andinequality as well as new challenges like cli-mate change.

“There is no alternative any more. We mustthink and do things differently. That is whythe Greenest Municipality Competition isone I am proud of. This competition requiresmunicipalities tobecomeactively involved inadvancing the objectives of the Green Econo-my,” Bredell said.

Thegreeneconomyrefers to initiatives likesolar energy, greening programmes and pro-grammes which reduce greenhouse emis-sions.

Thecompetitionaims topromote improvedservice delivery that restores communityprideandcommitment tocaring for the livingenvironment.

It also focuses on improved integrated sus-tainabledevelopmentstrategiesandserves toimprove municipalities’ service delivery.

Elements that were evaluated for the com-petition include waste management, energyefficiency and conservation, biodiversitymanagement,watermanagementandconser-vation, air quality management, leadership,institutionalarrangementsandpublicpartic-ipation.

Twenty out of 29 eligible municipalities inthe Western Cape participated in this year’scompetition.

The Cape Winelands District Municipality recently not only received a clean audit, but also scooped upa second place in the Greenest Municipality Competition. Pictured here with its second place awards are(at the back, from left) Francois van Eck (executive director: Technical Services), Gideon Carinus, Jakobusdu Plessis, John Torr, Ruth Arnolds, Xoliswa Mdemka, Claude Schroeder (executive director: CommunityDevelopment and Planning Services) and Fiona du Raan-Groenewald (chief financial officer). In front areMike Mgajo (municipal manager), Clara Meyer (speaker), Ald Neels de Bruyn (executive mayor), HenryJansen (deputy executive mayor) and Dr Helena von Schlicht.

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

STERFGEVALLE

1005

PRINS JULIANGeb: 20/02/1963Gest: 6/01/2015Die roudiens vind plaasWoensdag 15 Januarie2015 om 19h00 by RoomsKatolieke Kerk (Vadersaal). BegrafnisdiensSaterdag 18 Januarie 2015by die huis in Albertalaan21, Morêson en 10vm indie Rooms Katolieke Kerk(Vader saal). Sal onthouword deur 3 dogters, 1kleinkind, 5 susters, 1broer en skoonseunJayvinn.

IN MEMORIAM

1015

SILJEUR IKEGeb: 12/01/1940Gest: 8/04/2007Graag wou ons geluk sê opjou 8ste verjaarsdag wegvan ons, maar Jesus woudit anders hê. Want hy isin beheer. Van verlangendevrou Tavia & kinders.

GELUKWENSINGS

1030

RAAI WIE WORD 50?Siljeur Annie, baie gelukMamma met u 50ste ver-jaarsdag, 15 Januarie2015. mag God se seën rusop u en lekker verjaar. Vanjou man, kinders, kleinkin-ders en vriende.

PERSOONLIKE

DIENSTE

OPLEIDING &

OPVOEDING

1480

BETREKKINGS

3600

ALGEMEEN

3680

RELIABLE BOTT-LING/LABELLING tech-nician with minimum 5years experience requiredfor wine industry. Code 14license will be an addedbonus. Please send yourCV [email protected]

NEE VIR GEWELD! Inwoners van regoor die Langeberg-streek het gedurende die Desembervakansie’n oomblik afgeknyp om stem dik temaak teen geweld teen vroue en kinders. Die groep het vreedsaamvanaf die Bergsig-kliniek in Wesleystraat, Robertson, na die plaaslike polisiekantoor gestap waarhulle ’n memorandum, waarin hulle geëis het dat daadwerklike pogings aangewend moet wordom misdaad teen vroue en kinders hok te slaan, oorhandig het. Die memorandum is deur dieonderburgemeester van die Langeberg-munisipaliteit, Henry Jansen, aan die stasiekommissaris vandie Robertson-polisie, kol. John Alexander oorhandig.

Page 7: Breederivier gazette 13 01 2015

Breederivier GazetteSchools - SkoleDinsdag 13 Januarie 2015 7

111111-BZ130115

Langeberg-matrieks blink uitDieLangeberg se leerders hetmet die afgelope matriekek-samen skouer aandiewiel ge-sit met verskeie leerders watA-gemiddeldes in hul finale

eksamen behaal het.Hoërskool Robertson spog

metnege leerderswat ’nA-ge-middelde behaal het, terwyldie Hoërskool Montagu vyf

met A-gemiddeldes het.Teendruktydhet dieGazet-

te nog nie uitslae van die an-der hoërskole in die streekontvang nie.

Hoërskool Robertson:Dehan Stipp

Hoërskool Robertson: Ed-na Smit

Hoërskool Robertson:Ruben Prinsloo

Hoërskool Robertson:Manisha du Plessis

Hoërskool Robertson:Lize Neethling

Hoërskool Robertson:Tiana van Zyl

Hoërskool Robertson: Fé-roll-Jon Davids

Hoërskool Robertson:Renske Oosthuizen

Hoërskool Robertson: Je-hann Adendorff

Hoërskool Montagu: Lou-rens Strauss

Hoërskool Montagu: Al-rich Sauer

Hoërskool Montagu:Stephan van Rensburg

Hoërskool Montagu:Edrich Carstens

Hoërskool Montagu: He-leen Kriel

MUSIKAAL: Dié leerders van die Laerskool Robertson het hul Unisa Teoriegraad 3-eksamen geslaag. Van links is Getha Kloppers (100%), Christinevan Zyl (slaag) en Bianca Süssmann (78%).

Page 8: Breederivier gazette 13 01 2015

Breederivier

Year 19 • 13 Januarie 2015 | Tel. 023 626 5212

Gholf- enkrieketuitslaeGholf:Montagu (72): Houespel – W. Ros-

souw 70, D. Thornton 72, J. Rossouw 73.Riverside (72):Houespel – D.Phillips

67, J. Schroeder 68, N. van der Merwe71,P.Minnaar72,H.Voight72,D.Frede-ricks 73.Robertson (72): Samespel-Stableford

– J. Voight en A. Eksteen 45, N. Smiten D. van Molendorff 45, R. Goodersonen L. Jordaan 43, J. Coetzee en H. Gro-bler 43, W. Retief en E. Deyzel 43, M.Swart en J. Muller 43.Worcester (72): Gekombineerde Sta-

bleford – D. Moraal en G. Griessel 86,E. Spies en D. Spies 82, P. Nel en D.Strauss 78, G. Engelbrecht en G. Jooste78, P. Eloff en K. Cloete 78.

Krieket:Premierliga:Robertson t.Maties:Maties 162 (Emi-

le Kriek 59). Robertson 141 (AndréOdendaal3/17,DewaldBotha3/18).Ma-ties wen met 21 lopies.Worcester United t. Young Peoples:

Young Peoples 263/4 (Wade October 97,Randall April 80, Brandon Gabriels 31;James Albanie 2/33). Worcester 190/9(Geraldo Cremon 63, Danville Pienaar25;ZakheleQwabe4/30,HubertOntong2/34). YoungPeopleswenmet 73 lopies.

Robertson verloor én wenDieRobertson-krieketklubseeer-stespanmoesdieafgelopenaweekdie knie buig teen ’n verwoedeaanval van dié van Maties in ’nkragmeting op die Callie de Wet-sportterrein.

Maties het die loot gewen en be-sluit om eerste te kolf. Die span het162 lopies aangeteken voor al sy kol-wers teruggestuur is kleedkamer toemet E. Kriek (59), J. Dill (23) en D.Botha (23) wat die beste gevaar hetmet die kolf. Vir Robertson vaar W.Abrahim,B. Erasmus enZ.Abrahimgoed met die bal.Robertson het moedig teruggeveg

om die nodige lopies aan te teken,maar is almal 21 lopies kort van diewentellinguitgeknikker.VirRobert-son staanE. vanStaden (47), Y.Abra-him (35) en W. Abrahim (20) uit metdie kolf. D. Botha, A. Odendaal, enN.Botha het die besoekers se oorwin-ning met die bal verseker.In sy tweede kragmeting die na-

week, dié keer teen Victorians, hetRobertson vergoed vir sy vroeëre ne-derlaagdeurdie besoekersmet ’n bo-nuspunt te klop.Victorians het die loot gewen en

besluit om eerste te kolf. Sy kolwersword almal uitgeknikker met 148 lo-pies op die telbord. J. Koegelenberg

(32), U. Bouzaart (31) en T. Samaai(20) doen goedmet die kolf vir die be-soekers. Vir Robertson laat J. HoppenW.Abrahimdiebesoekers sepaal-tjies kantel.Robertson in sy beurt behaal 153/3

metD.Philmon (76),W.Abrahim(27)en M. Beukman wat die boulers vandie besoekers laat les op sê.T. Samaai enE.Schutteprobeer te-

vergeefs met die bal.Robertson se eerste span reis dié

Saterdag na Brackenfell. Sondag ge-niet die span tuisveldvoordeel vir sywedstryd teenHermanus.Robertsonse tweede span speel Saterdag ooktuis teen Tulbagh Pioneers.

PUMAS KRAAI KONING: Altesaam 13 spanne van die Montagu-krieketunie het onlangs kragte gemeet in die nuwe JacquesKriel-toernooi waartydens hulle om ’n trofee en prysgeld van R1 300 meegeding het. Die Pumas het die kroon gespanop sy agtste bestaansjaar deur met die louere in dié toernooi weg te stap ná hy Kings voor ’n skare van 800 toeskouersdie loef afgesteek het. Die Pumas se hemde is deur Pep Stores op Montagu geborg.

RUGBY LEGENDS ON THE GREEN: Golf enthusiasts are invited to the Jacquin HessInvitational on 24 January at the Robertson Golf Club. This is an opportunity to playa top class golf course with fantastic greens and great fairways. Entry for this Fourballis R1 000 while beginners can take part in a putting competition for R20. Springbokrugby legends Breyton Pualse and Bolla Conradie will also take part in the event. Manyprizes will be up for grabs. Players will also receive a light snack after nine holes andlunch after the 18 holes. To book your fourball, call the Proshop on 023 626 1090or Hess on 076 629 6390. Hess’ golf tip of the week: Always pick the shot you wantto play. This will make it easy for you when you’re over the ball. This will stop youfrom being two-minded.