Bloemnuusbl 20140221

12
21 FEBRUARIE 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA WWW.BLOEMNUUS.MOBI GRATIS Tien lesers kan elk twee kaartjies na Steve Hofmeyr se konsert op Woens- dag 26 Maart in die Kovsiekerk wen. Skryf jou in op www.bloemnuus.co.za. Kaartjies tussen R110 en R220 is ook by Computicket te koop. Bloemnuus is ‘n mediaborg van die konsert. Navrae: 082-481-8881. Wen Steve-kaartjies Vrijstaat 160 jaar TALLE geleenthede vind die naweek ter herdenking aan die totstandkoming van die Oranje-Vry- staatse Republiek 160 jaar gelede plaas. S Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge hou vandag om 08:00 ’n konferensie in die Nasiona- le Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln). Van die sprekers is proff. Hermann Giliomee, Danie Goosen en Koos Malan. Oudpremier Mosiuoa Lekota sal oor ’n Vrystaat- se perspektief op die ontwikkeling van demokrasie: 1994-2014 praat. Om 19:00 word in die Ou Presi- densie langs Pres. Brandstraat fees- gevier. Jak de Priester is die gaskunstenaar. S Dooie historiese bome voor Naln: ’n mini-seminaar: Alle kundiges en belangstellendes word genooi na ’n gesprek oor die belangrikheid van die geskiedkundige boomtuin, teorieë oor die vrekte van die bome en die pad vorentoe. Dit vind môre tussen 09:00 en 11:00 plaas. Om 11:30 vind ’n boomplantings- geleentheid in samewerking met die Vriende van Naln plaas. Genetiesgetroue lemoenboompies wat deur Citrus Research Interna- tional (Pty) Ltd in Nelspruit van die eeu oue historiese lemoenbome in Naln se binnehof gekweek is, word geplant. Só sal ’n unieke stukkie Vrystaatse geskiedenis voortleef. Bel Otto Liebenberg (084-621-7350). S Die Vriende van die Ou Presi- densie se jaarlikse geskiedkundige bustoer deur Bloemfontein vind Sondag op Vrystaat-dag plaas. Dit begin om 14:00 by Naln. Bel Reza Brits by 051-522-4675. S ’n Byeenkoms vind Sondag om 15:30 in die Tweetoringkerk plaas. Dit word deur die Vriende van die Ou Presidensie in samewerking met die Bloemfonteinse Afrikaanse Kultuurraad gereël. Verskeie kore met orrelspel, samesang, asook ’n geskiedkundige aanbieding van die Vrystaat oor 160 jaar, word met klank en beeld aangebied. Ds. Gert Terblanche is die prediker. Toegang is gratis. Bel Lambert van Rensburg by 051-422-5283. S Sondag om 17:30 sal ’n salvo in die Ou Fort geskiet word om Vrystaat-dag te herdenk.

description

Bloemnuusbl 20140221

Transcript of Bloemnuusbl 20140221

Page 1: Bloemnuusbl 20140221

21 FEBRUARIE 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA WWW.BLOEMNUUS.MOBI GRATIS

Tien lesers kan elk twee kaartjies na Steve Hofmeyr se konsert op Woens­dag 26Maart in die Kovsiekerkwen. Skryf jou in opwww.bloemnuus.co.za.Kaartjies tussen R110 en R220 is ook by Computicket te koop. Bloemnuusis ‘n mediaborg van die konsert. Navrae: 082­481­8881.

Wen Steve­kaartjies

Vrijstaat160 jaarTALLE geleenthede vind dienaweek ter herdenking aan dietotstandkoming van die Oranje-Vry-staatse Republiek 160 jaar geledeplaas.

S Die Federasie van AfrikaanseKultuurvereniginge hou vandag om08:00 ’n konferensie in die Nasiona-le Afrikaanse LetterkundigeMuseum en Navorsingsentrum(Naln). Van die sprekers is proff.Hermann Giliomee, Danie Goosenen Koos Malan. OudpremierMosiuoa Lekota sal oor ’n Vrystaat-se perspektief op die ontwikkelingvan demokrasie: 1994-2014 praat.

Om 19:00 word in die Ou Presi-densie langs Pres. Brandstraat fees-gevier. Jak de Priester is diegaskunstenaar.

SDooie historiese bome voor Naln:’n mini-seminaar: Alle kundiges enbelangstellendes word genooi na ’ngesprek oor die belangrikheid vandie geskiedkundige boomtuin,teorieë oor die vrekte van die bomeen die pad vorentoe.

Dit vind môre tussen 09:00 en11:00 plaas.

Om 11:30 vind ’n boomplantings-geleentheid in samewerking metdie Vriende van Naln plaas.

Genetiesgetroue lemoenboompies

wat deur Citrus Research Interna-tional (Pty) Ltd in Nelspruit vandie eeu oue historiese lemoenbomein Naln se binnehof gekweek is,word geplant. Só sal ’n uniekestukkie Vrystaatse geskiedenisvoortleef.

Bel Otto Liebenberg (084-621-7350).

S Die Vriende van die Ou Presi-densie se jaarlikse geskiedkundigebustoer deur Bloemfontein vindSondag op Vrystaat-dag plaas.

Dit begin om 14:00 by Naln.Bel Reza Brits by 051-522-4675.

S ’n Byeenkoms vind Sondag om15:30 in die Tweetoringkerk plaas.Dit word deur die Vriende van dieOu Presidensie in samewerkingmet die Bloemfonteinse AfrikaanseKultuurraad gereël.

Verskeie kore met orrelspel,samesang, asook ’n geskiedkundigeaanbieding van die Vrystaat oor160 jaar, word met klank en beeldaangebied.

Ds. Gert Terblanche is dieprediker. Toegang is gratis.

Bel Lambert van Rensburg by051-422-5283.

S Sondag om 17:30 sal ’n salvo indie Ou Fort geskiet word omVrystaat-dag te herdenk.

Page 2: Bloemnuusbl 20140221

2 BLOEMNUUS, VRYDAG 21 FEBRUARIE 2014

Dié dinge laatElmarie tikDIE Bloemskou vind vanjaarvan 24 April tot 3 Mei plaas.Jens Friis het met ElmariePrinsloo, die uitvoerende hoofwat jare reeds ’n leidende rolop dié skou vertolk, gesels.

Wat behels aardse geluk?Om lief te wees vir jou Skepper,

jouself en die mense om jou –daardeur is mense ook lief vir jouen leef jy gelukkig.

Met watter tekortkominge inander mense kan jy saamleef?

Wat ook al jou tekortkominge, asiemand “wil” in die lewe kan jywondere verrig.

Wie en wat kan jy nie verduurnie?

Korrupsie en negatiwiteit.

Wat is jou grootste uitspattig-heid?

Ek dra graag ’n hoed en hou vanmooi skoene.

As jy nou ’n reis na enige plekop aarde kon wen – waarheensou dit wees?

Ek sou enige eilandvakansiesaam met goeie vriende kies – wiekan meer vra as die pragtigenatuurskoon, rustigheid en goeiegeselskap wat dit bied?

Wat is jou gunsteling-eetplek?Bella Casa of Seven in Bloemfon-

tein en in die natuur is my keuseDe Oude Kraal en die BotanieseTuin.

Waarvan hou jy glad nie inBloemfontein?

Die vuil strate en die swakbestuursvermoë.

Wat lees jy?One minute manager van Ken

Blanchard en Spencer Johnson.

Wat is vir jou snaaks?As iemand met groot inspanning

’n gholfbal misslaan.

Wat maak jou nostalgies?Mooi musiek en foto’s.

Wanneer en waar was jy op jougelukkigste?

Ek kan met eerlikheid sê ek isoral gelukkig, maar spesiale plekkesluit enige plek in die natuur in –by die see, in die wildtuin, op ’nplaas.

Jou kosbaarste besitting?Ek is nie op aardse besittings

ingestel nie. As ek iets moetuitsonder, sal dit foto’s met spesialeherinneringe wees en vir seker myfamilie en spesiale vriende.

Wie is jou helde?Alledaagse mense om my – ’n

kollega, buurman, kliënt.My pa het ’n baie spesiale rol in

my lewe vertolk en is daarom ’nheld.

Jy is ’n sportentoesias. Wattervier sportlui sou jy die graagstevir ete wou nooi?

Inspirerende sportmanne soosGary Player, Francois Pienaar,Alan Donald en John Smit.

Wat sou jy dan vir ete maak?Daar is niks soos die braai van ’n

skaaptjoppie nie. Ek sou wel ietstradisioneels wou bysit sooskerrie-afval.

Waarmee verwyl jy die graagstejou tyd?

Hoewel werk baie tyd vat en ekmy werk geniet, maak ek tyd virwegbreek en ontspan. Dit sluit instap, gholf speel, tuinwerk of lees.

Wat is jou gunsteling-versreël?Filippense 4:13 – Ek is tot alles in

staat deur Hom wat my krag gee.

Oor watter gawe sou jy woubeskik?

’n Supergeheue.

Waar sou jy eendag wil aftree?In ’n rustige, nie-kommersiële

dorpie by die see – dalk iewerslangs die Weskus of Wildekus.Solank dit ’n mooi en rustige plekin die natuur is.

Elmarie Prinsloo, die uitvoerende hoof van die Bloemskou.

Van links is Nico Nel (stiefpa), Elsie Nel (ma), die bruidspaar is ElmariesebroerNeels Prinslooenskoonsuster Ludette, haar anderbroer,MartiensPrinsloo, en skoonsus Lizanne, Elmarie en vriendin Esta van Heerden.

Page 3: Bloemnuusbl 20140221

BLOEMNUUS, VRYDAG 21 FEBRUARIE 2014 3

Waar was jy toe . . .Albé Grobbelaar

DIT was op ’n Donderdag dat ek enmy twee oudste seuns met die motorDurban toe is. Die SAUK se sesstreekradiostasies is kort tevoregeprivatiseer en ’n paar van ons byOfm was ook by East Coast Radio,wat deur dieselfde maatskappygroepgekoop is, betrokke.Ek moes vergaderings gaan

bywoon en het dit as ’n idealegeleentheid gesien om sommer ’nbietjie pa-en-seun-tyd in te werk.Dit was in Augustus 1997.Van die vergaderings die Vrydag

onthou ek min. Maar die tydjiesaam met die seuns in die luuksehotel was onvergeetlik. Reg langsdie strand. Pragtige uitsig.Ons het die hele Saterdag rondge-

jol. Swem, branders ry, hamburgersen tjips in ’n strandkafeetjie eet,land en sand gesels, weer swem, indie winkelsentrums ronddwaal,musiek luister, en toe het ons dieaand deftig gaan uiteet. Ons islaataand doodmoeg terug kamer toeen gou was almal vas aan die slaap.Ek was vroeg wakker die Sondag

31 Augustus 1997. Dit was seker nogvoor sesuur toe ek die televisieaanskakel. Die seuns het vas langsmy geslaap. CNN. Prentjies vanflitsende ligte, sirenes, polisievoer-tuie, ’n motorwrak. ’n Mercedes. ’nTonnel. Parys, Frankryk.Stadig het dit tot my deurgedring:

Prinses Diana is dood. Ek het dieseuns wakker gemaak. Ons hetgeweet dit was ’n dag wat ons nooitsou vergeet nie.Ons Grobbelaars het altyd – of so

het ons graag geglo – ’n spesialeband met die Britse koningshuisgehad. My ma het dikwels vertel syen koningin Elizabeth was meer as

een keer saam swanger. En soos dietoeval dit wou hê, is mý oudste tweeseuns net so oud soos Diana sekinders. Louis en prins Williamverskil net ’n paar weke, en Duarden Harry ses maande.Op pad terug Bloemfontein toe

was ons stil in die kar. Ons hetgeluister hoe die verskillenderadiostasies die nuus hanteer. Meerinligting oor die ongeluk het bekendgeword. Mense het ingebel. Hier veraan die suidpunt van Afrika,duisende kilometers verwyderd vanalles, het huilende luisteraars vertelwat prinses Di vir hulle beteken het.Ek het na my seuns gekyk engedink aan daardie twee jongkinders wat hul ma verloor het.Ons het pas in Senekal stilgehou

toe een van Ofm se omroepers myuit die ateljee bel. Hulle gesels metverskillende mense oor hoe hulle dietragiese voorval beleef. Wat is myindrukke?Ek het op die sypaadjie uitgestap

terwyl die seuns hul koeldrank indie Wimpy drink. ’n Minuut of tweehet ek oor die nuusdekking hier inSuid-Afrika en oor my belewenisdaarvan gepraat.Ek onthou ek het klaargemaak en

teruggeskakel na die ateljee toe. Ekonthou hoe ek op die sypaadjie inSenekal deur die venster na mytwee seuns by die tafeltjie in dieWimpy gekyk het. En ek onthou hoeek onbedaarlik begin huil het.

Albé Grobbelaar

Today in history1657: Free Burghers in theCape receive their firstagricultural plots.

1803: Britain returns the Capeformally to the Netherlandsand the flag of the BatavianRepublic is hoisted on theCastle. The agreement wasreached at the Treaty ofAmiens in March 1802.

1842: John J. Greenoughpatents the sewing machine.

1848: The Communist Manifes-to is published by Karl Marxand Friedrich Engels.

1858: The first electric burglaralarm is installed in Boston.

1876: Chief Justice FW Reitzopens the first session of theSupreme Court of the OFS.

1973: The first generalelections to the Ciskei’sLegislative Assembly are heldin the territory’s nine districts.

1979: George Matanzimabecomes premier of Transkei.

1989: Bodyguards of WinnieMandela are accused of themurder of Stompie Sepei (14).

2001: Miriam Makeba isnominated in the categoryWorld Music Album for heralbum Homeland at the 43rdAnnual Grammy Awards.

Page 4: Bloemnuusbl 20140221

4 BLOEMNUUS, VRYDAG 21 FEBRUARIE 2014

Dít bly Wicus byWICUS VAN DER MERWE, diegaskunstenaar ná die Cheetahsse wedstryd vandag, deel ’npaar aanhalings wat hom oordie jare heen bybly:

S The desire to become apolitician should be the mainreason preventing you from everdoing so! – Billy ConnollyS Kommin is soos klas, jy hetdit of jy het dit nie. – RianaSchreuderS Smile! It irritates people! –AnonymousS Speak softly and carry a bigstick. – Teddy RooseveltSNo man in the world hasmore courage than the man whocan stop after eating only onepeanut. – Channing PollockS To each his own. – UnknownSNever trust a man who, whilebeing left alone with a tea cosy,doesn’t try it on! – Billy Connol-lySMy kind, onthou altyd: “Theclown always goes home alo-ne . . .” – Tolla van der Merwe

Wicus van der Merwe singvanaand op die Castle Deck indie Vrystaat-stadion ná diewedstryd tussen die Cheetahsen die Blou Bulle.

Die wedstryd begin om 19:10.Castle Lager borg die kunste-

naars wat ná elke wedstryd hieroptree.

Anton Botha kom op 5 Aprilaan die beurt wanneer dieCheetahs teen die Chiefs uitdraf.

Twee lesers kan CD’s vanWicus van der Merwe wen deurhulle in te skryf op www.bloem-nuus.co.za.

IETS OM TE DOEN DIÉ NAWEEK: Gaan kyk na die tiere wat JohnVarty, ’n bekende in wildbewaringsgeledere, op plase by Philippolis,sowat 190 km suidwes van Bloemfontein, hervestig het. Skryf [email protected] om meer uit te vind. Foto: jvbigcats.co.za

Rosie’s Brasserie is die borg van Bloemnuus se gewilde Leserslens­kompetisie. Dié restaurant in dieWindmill Casino­en­vermaaklikheid­sentrum is veral gewild om sy groot buffet­maaltye. As jy ’n ete hierwil wen, stuur ’n foto na [email protected]. Voorkeur word ge­gee aan foto’s wat in en om Bloemfontein geneem is. Digitale foto’smoetminstens 1MBgrootwees. Vorigewenfoto’s verskyn op bloem­nuus.co.za.

Meer as 500 mense het Saterdag voor die opstal van De Oude Kraal plek ingeneem om na Jannie Moolmanen die Vrystaatse Simfonieorkes te luister. Foto: Melanie Moolman

To-do listFRIDAY, 21 FEBRUARYS South Africa’s top dedicated microbrewers return to the Eastern FreeState for the Clarens Craft BeerFestival. Tickets are priced from R100and include a tasting glass. CallNatalie Meyer on 082-901-4700.S Die Laerskool Willem Postma viersy 69ste bestaansjaar met ’n pretstapop Naval Hill. Die eerste groepleerlinge sal om 09:00 aan die sirkel-roete van ongeveer 5 km begin stap.Bel Isabel Homsek by 051-436-2730.SGrey-kollege en Standard Bank seskaaktoernooi. Bel Mareth Jooste by051-444-1513.S Die halfeeufees van die NG gemeen-te Hospitaalpark word gevier. Oordie naweek van 21 tot 23 Februarie1964 is die kerkgebou ingewy en op 26Februarie is die gemeente gestig. Terviering van dié vyf dekades word ’nfeeskonsert om 19:00 in die saal vandie Hoërskool Sand du Plessis gehou.Geen toegangsgeld word gevra nie,slegs ’n sagte kollekte. Bel AltaWessels by 051-522-8069.S “Vir die jeug tot eer van God” –elke Vrydag om 19:00. Gospelmusiek,geestelike pitkos, speletjies en eetgoedte koop in Innie Lapa. Bel Jan de Wetby 084-443-0727.SBeesstert (ox tail) en stamp-mielies – nes jou ouma dit sou maak.Ouma se Kombuis, Tweede Laan,Westdene, 051-447-2294.S Elize stel haar tweede CD tussen18:00 en 20:00 bekend by Putt a Ball,Parkweg. Skakel 051-447-3896.

SATERDAG 22 FEBRUARIES Die NG gemeente Heuwelsig hou ’npotjiekoskompetisie. Skryf [email protected] Die Bloemfontein-Baptistekerkhou ’n N1-voorbidding. Dié motorge-bedsgeleentheid begin om 16:30 by diekerk in Langenhovenpark. Van hier rydie motors noordwaarts. Daar sal by alses ingange van die stad gebid word.Van Sunninghill tot by Kerkstraat indie suide is dit omtrent 30 km. Daarsal by Kerkstraat teruggedraai word.SVroueoggendteeparty met Bloem-fonteinse Mannekoor en LindieStander in die ML Spies-saal by dieMeisieskool Oranje. Kaartjies kos R250.Bel Christie by 082-380-0006 of Ansphiby 076-277-4527.S Die NG kerk op Brandfort hou syPotjiekos-Stap-en-Trap op diekerkterrein. Daar kan tussen ’n skaap-of hoenderpot gekies word. Kaartjieskos R40 per persoon en is te kry bydie kerkkantoor (051-821-1102) of NellieSchutte by 082-874-3752.SNedbank en Bloemfontein Achillesse jaarlikse Kloppers-padwedloopby-eenkoms wat 10 km-wedloop, ’nhalfmarathon (21,1 km) en marathon(42,2 km) insluit, vind plaas. KontakBeverley Olivier deur e-pos te stuur [email protected] Volksblad se maandelikse Kos-en-kunsmark hervat vandag. Die temavan die mark in die Botaniese Tuin isKinderpret en daar sal aktiwiteite enlekkernye spesiaal vir kinders wees.Vir inligting kontak Bianca Prins [email protected] Tommy Dell en Manie Jacksonsing in Edenburg. Bel Rita by 051-743-1133.SUrth Garden Club get-togetherwith Vlam van Deventer. Call DorindaMostert on 051-4511-913.

S Die karakters Lollos en Lettiekom klein kindertjies by Arriva,Kelly’s View, vermaak. Daar isvertonings om 11:00 en om 14:00.Bel Erika by 072-355-6905 of Lindrieby 076-513-0430.SValiant Swart en DEW inSlightly Nutty om 18:30. Kaartjiesvan R150 sluit ’n driegangete in.Bel Rudi by 083-432-9927.SWinetasting at the BotanicalGardens from 09:00 to 15.00. Tasteand buy “DGB with Graham Beck”wines from the Makro stall. Makrois a regular advertiser in Bloem-news.S Die son kom om 06:02 op en sakom 18:55.

MAANDAG 24 FEBRUARIES Die Shimlas speel om 19:00 teendie Universiteit van Johannesburgop Xerox-Shimlapark.SAmelia Smit, ’n paletmeskunste-naar, stal in Moerby, Reitzstraat 67,Westdene, uit.

DINSDAG 25 FEBRUARIES Join Prof. Jonathan Jansen for adiscussion on Reducing Jobless-ness between 08:00 and 10:00, in theEBW Auditorium (Business SchoolBuilding, UFS).SKringtelevisiekameras inFichardtpark: Kom vind meer uitop ’n vergadering om 18:00 van dieFichardtpark-woonbuurtverenigingin die NG kerksaal, Fichardtpark.Alle Fichardtparkers is welkom.Bel Jenny by 079-225-5090.S Stilte wys om 20:00 op kykNET.

S ’n Ondersteuningsgroep virouers met kinders wat gay is, isonlangs gestig. Enigeen is welkomom hulle hier aan te sluit. Nie netouers van gay kinders nie, maarook broers, susters of vriende vaniemand wat gay is en wat ’nbehoefte het om hulle by so ’ngroep aan te sluit is welkom. Doennavraag by 082-465-1402.

WOENSDAG 26 FEBRUARIESMy Children, My Africa:Toneelstuk. Kaartjies teen R60 is tekry by Pacofs (051-447-7772).SAnmari van der Westhuizen(tjello) en Ilse Schumann (klavier)speel in die Odeion om 19:30.Kaartjies teen R100 en R90 is te kryby Computicket.

DONDERDAG 27 FEBRUARIESKoos van der Merwe bring om20:00 Leonard Cohen in Afrikaansna die Aasvoëlklub. Kaartjies kosR90 (vooraf) en R120 (by die deur).Skakel 051-443-3439.S Ehrlichpark-kosprojek: Die NGgemeente Heuwelsig lewer Donder-dae ’n bord warm, gekookte kosaan 300 mense. As jy betrokke wilraak, bel Lauriette de Waal by051-436-5482.S Paul Roux se Project Apology –video-dokumentasie ter verskoningaan lydende nie-mensespesies – tot28 Februarie in die Stegmann-gale-ry op die UV-kampus.S U3A lecture by dr. Robert Bookon The End of Life at the Synago-gue Hall, 1 Dickie Clarke St, 10:00.

Page 5: Bloemnuusbl 20140221

BLOEMNUUS, VRYDAG 21 FEBRUARIE 2014 5

Een van die talle paartjies wat die afgelope maande by Leopards & Lace getroud is, isZelda enMarius vanStraaten.DieBloemfonteinBruidskou™wordbinnekort by Leopards& Lace gehou. Sien advertensie onderaan dié bladsy. Foto: Eye Candy Photography House

Bruidskou winkDIE Bloemfontein Bruid-skou™ word die 19deagtereenvolgende jaaraangebied, en wel insamewerking met Leopard& Lace onder die bekwamebestuur van Michael Hetzel.Hetzel is bekend vir sy

bestuursvermoë en goeiemenseverhoudings.Albei die betrokkenes het

jare lange ondervinding inbruidskougeleenthede endie samewerkingsooreen-koms is ’n gulde geleent-heid.Die bruidskou duur van

Vrydag 7 Maart om 09:00(tot 20:00), Saterdag 8 Maartom 09:00 (tot 18:00) enSondag 9 Maart om 09:00(tot 13:00).In die tyd sal die besoe-

kers in Leopard & Lace serestaurant in die Ball Roomkan ontspan waar heerlikeeet- en drinkgoed bestelkan word. Die kontantkroegsal deurentyd oop wees.Die besoekers sal ook die

geleentheid kry om hullevir duisende rande se prysein te skryf.Die wenners van die

pryse sal op Sondag 9Maart op ’n bepaalde tydaangekondig word.’n Goeie verskeidenheid

diensverskaffers sal op diebruidskou verteenwoordigword.Verskeie stalletjies van

troukoeke, blomme, klanken beligting, fotograwe,ontwerpers, ensovoorts,het reeds stalletjies virdie bruidskou bespreek.Ander uitstallers wat

belang stel, kan Hetzel bysy kantoor by Leopard &Lace besoek.’n Vloerplan is daar

beskikbaar sodat dieuitstallers hul keuse vandie grootte van hul uitstal-ruimte kan maak.Die pryse wissel volgens

die grootte van die ruimtes.Voorafbetaling sal ook by

Leopard & Lace geskied.

Let asseblief daarop datdaar ’n beperkte aantaluitstalruimtes beskikbaaris.Leopard & Lace is reeds

bekend vir sy pragtigelokale en gewild vir diegehaltediens wat hy aan sykliënte bied.Die onderneming hanteer

self die spyseniering en ditword wyd aanbeveel virtroues en konferensies,asook enige ander spesialegeleentheid.Daar is genoeg parkeer-

plek en die nodige sekuri-teit.Alle belangstellendes,

veral voornemende bruideen bruidegomme, hul ouersen ander jong mense wordgenooi om die bruidskou tebesoek.Kom geniet die naweek

in die feesatmosfeer.Vir inligting in die

algemeen bel Nella by083-262-2918 of Michael by079-499-1464.

PROMOSIE: BFN Bruidskou en Leopards & Lace

Nuwe lewe vir gebruikte BybelDIE nuwe Afrikaanse Bybelword op 12 Maart in Kaapstadbekend gestel.Soos met vorige vertalings

word net eers Die Nuwe Testa-ment en Psalms uitgereik.Die volledige Bybel volg later

vanjaar of vroeg aanstaandejaar.Daarom vra die Bybelgenoot-

skap lidmate, wat vorige verta-lings (1933, 1953 of 1983) het endit nie meer gaan gebruik nie,om dit by die Bybelhuis vir

verspreiding af te gee.Die Bybelgenootskap begin nou

’n projek waardeur gebruikteBybels ingesamel en gratisversprei word aan mense wat ditnie kan bekostig om ’n eie Bybelte koop nie.

’n Groot behoefte aan Afri-kaanse Bybels by werklikbehoeftige mense, asook inplekke soos kerke, skole, hospita-le en gevangenisse, is geïdentifi-seer.Bel die Bybelhuis by 051-444-5980.

Page 6: Bloemnuusbl 20140221

6 BLOEMNUUS, VRYDAG 21 FEBRUARIE 2014

GENERAAL SOLLY SHOKE, HOOF VAN DIE SUID-AFRIKAANSE NASIONALEWEERMAG NOOI DIE INWONERS EN GEMEENSKAP VAN MANGAUNG OM‘N MILITÊRE SKOUSPEL GADE TE SLAAN OP VRYDAG 21 FEBRUARIE

2014 WAARTYDENS GEWAPENDE MAGTE DAG GEVIER SAL WORD.

Die Nasionale Weermag sal ‘n groot verskeidenheid spesialis militêre voertuie en uitrusting vertoon, waaronderOlifant Gevegstenks, Rooikat Pantserkarre, G-6 Selfaangedrewe kanonne, Ratel Infantrie Gevegsvoertuie envele meer spesialis voertuie. Die konvooi van ongeveer 70 voertuie sal vanaf Lugmagbasis Bloemspruit ‘n roetedeur Mangaung volg, onder eskort van militêre vliegtuie. Die konvooi sal ondermeer deur Heidedal, Rocklands,Bochabela, Fleurdal, Fichardtpark en Bloemfontein middestad beweeg en eindig in die Tempe Militêre Basis.DIE ROETE WAT TUSSEN 12H00 EN 14H00 GEVOLG WORD, KAN BESIGTIG WORD OP DIE WEBBLAD

www.dod.mil.za

Page 7: Bloemnuusbl 20140221

BLOEMNUUS, VRYDAG 21 FEBRUARIE 2014 7

Francois Bloemhof (links) en die akteurs Donnalee Roberts en Ivan Botha.

Pad na jou hartPad na jou hart – vind jou warenoord draai in teaters land-wyd. Die fliek is geskoei opdie boek deur FrancoisBloemhof. Hier is ’n uittrek-sel uit dié liefdesverhaal (bll.161 en 162).

’n MINUUT of wat later word hyweer geblinddoek. Met ’n stokswaai hy na waar hy meen diepiñata hang terwyl Amory dit metdie toutjie hierdie kant toe, daardiekant toe trek. Hy slaan dit raak,hard, maar dit breek nie.

Selfs so geblinddoek is sy oog in.Hy slaan nog twee keer, tref dittelkens. Dis groot pret, en dit breeknie.

Amory se beurt. Hy blinddoekhaar en sy slaan blindelings,letterlike blindelings – en die stokswiep verby die piñata.

Basson kan sy lag nie hou nie, dithet vrek snaaks gelyk. Toe hy egternader staan om haar te help, is hybyna die slagoffer van die grap,want sy het weer vinnig gereedgemaak en swaai woes, en dit vergblitsige reflekse om nie getref teword nie. Hy gryp die punt van diestok raak en trek. En sy hou dieander kant styf vas, word nadergetrek.

En hulle is vas teen mekaar.Die oomblik rek. Die lappie is

nog oor haar oë, daarom kan hy nahaar kyk sonder om te wonder watsy dink as hy so kyk, kan hy elkeliewe detail van haar gesig waar-neem. Hulle bly staan doodstil.

Hy doen wat hy so lank al wou.Neem haar hand en sit dit teen sybors. Op sy hart. Dit het dringenderbegin klop en hy wil hê sy moet ditvoel, en weet sy kan. Hy kry skaarsasem en hy weet sy ook. Haar lippe

is effens oop, sy het geskrik.Hy kan dit nie inhou nie en wil

ook nie, hy neem haar gesig tussensy hande en plaas sy lippe op hare.Soen haar só dat sy kan weet wathy alles voel. As dit die enigstekeer is dat hulle soen, moet dit ietswees wat hy vir altyd met hom salkan saamdra, die grootste indrukvan die hele lot.

Sy soen hom terug, passievol.Daar is ’n dowwe plofklankie nabyen hy besef dis die stok wat sy laatval het.

Hy lig haar van die grond af.Verbreek nie die soen nie, dit magnie onderbreek word nie. Hy sithaar op die enjinkap neer, streeloor haar hare.

Sy glimlag en hy weet dis omdatsy kan voel hoe vinnig sy hart klop.Sy asemhaling is net so gejaagd enhy kan dit nie keer nie, wil ooknie. Dis asof hy vir die eerste keer

soen, sy soen soos niemand nog hetnie, en soveel lippe was tog alonder syne, maar dis nuut, dis soosdit moet wees, dis die soen van allesoene, en ’n volmaakte oomblik.

Dit kon nie vir ewig aanhou nie,en dit gaan nie:

Daar is ’n toetgeluid en hygewaar ’n ou ligblou Volla watverby kruie. Basson sien dievoertuig word ver bo sy kragteversoek; dit vervoer nie slegs drieouens nie maar ook kitare, tromme,alles wat kan musiek maak. Diebestuurder, net so opgeruimd soossy passasiers, toet weer as ’n saluutvir die oomblik van passie watlangs die pad gewag het omwaargeneem te word.

Die soen is verby. Amory haaldie lap van haar gesig af.

Sy lag. Basson ook, maar hywonder wie van hulle lyk dieskaamste.

Te wenTWEE Bloemnuus-lesers kan elk ’n pak met die volgendedrie boeke wen in www.bloemnuus.co.za se kompetisie-af-deling. Die boeke word met die komplimente van NBUitgewers weggegee.

Skryf groot geld los met BSVStoffel Cilliers

ASPIRANT-SKRYWERS landwydkan nou R15 000 losskryf danksy’n gulde geleentheid wat dieBloemfonteinse Skrywersvereni-ging hulle bied. Op die koop toekan hulle binnekort die fynerekunsies van die skryfwerk byeen van die gewildste skrywersin Afrikaans aanleer.

Op die eerste byeenkoms vandie Bloemfonteinse Skrywersver-eniging (die BSV) op 13 Februa-rie het die voorsitter, CorliethaSwart, aangekondig dat ChanettePaul die BSV se jaarlikseslypskool op 23 Augustusaanbied. Hierdie produktieweskrywer van rillerromans is ookpas vir die tweede agtereenvol-

gende jaar deur duisende lesersvan ’n groot uitgewery, Lapa, asLekkerlitskrywer van die Jaaraangewys.

Plekbespreking vir die slyp-skool kan reeds nou gedoenword.

Die slypskool is die hoogtepuntvan die jaarlikse landwyeskryfwedstryd van die BSV, insamewerking met Naln, waarvanbesonderhede ook deur Swartbekend gemaak is. Benewenswisseltrofeë vir skole, word dieR15 000 se prysgeld deur diefakulteit geesteswetenskappe vandie Universiteit van die Vrystaatgeborg.

Hoërskoolleerlinge en volwasse-nes kan in verskillende katego-rieë ’n kortverhaal, ’n kortkort-

verhaal, ’n skets, ’n opstel of ’ngedig oor ’n bepaalde onderwerpinskryf. Die sluitingsdatum isMaandag 12 Mei.

Inskrywings word anoniembeoordeel en die bekroondeinskrywings verskyn in dieBSV-publikasie, Inkvars 2014, watop die slypskool uitgereik word.Die wenners in die onderskeiekategorieë woon die slypskoolgratis as deel van hul prys by.

Vir inskrywingsvorms en dieonderwerpe waaroor geskryfword, bel Lelani Fourie (diesekretaresse) by 073-388-3377 ofRonelle Meyer by 082-411-3963.

Rig navrae oor die wedstryd ofdie BSV per e-pos [email protected]. Kryinskrywingsvorms by http://

bloemsv.wordpress.com.Die wedstryd word reeds

sedert 1979 aangebied. Vorigewenners wat later bekendeskrywers geword het, is onderandere Jaco Jacobs, FanieViljoen, Carina Stander, CarinaDiedericks-Hugo, wyle Piet Steynen Sonja Loots.

Die Bloemfonteinse Skrywers-vereniging is een van Bloemfon-tein se oudste kultuurvereni-gings. Die BSV word in Maart 44jaar oud. Vir vanjaar word seweinformele byeenkomste en eenformele jaarvergadering beplan.

Nuwe lede, ook studente enleerlinge, is welkom om te komkennis maak. Slegs ’n belangstel-ling in skryfwerk is nodig om tekwalifiseer.

Jaco Jacobs is ’n oudwenner vandié kompetisie.

Page 8: Bloemnuusbl 20140221

8 BLOEMNUUS, VRYDAG 21 FEBRUARIE 2014

Charné en Francois Froneman. Foto: Eye Candy Photography House

Ralph en Deliwe Mtyongwe (SandstoneSleeper). Foto: Laurika’s Photography

Monyeen en Lesandro Hardnick (Ilanga Es­tate). Foto: Elsa Vermeulen

Christopher en Yolette Mendle (Tuscan Ro­se). Foto: Laurika’s Photograpy

Desire en Ebbie Badenhorst.

Hennie enNastasha Nel (KopanoNokeng). Foto: Eloise van Rens­burg fotografie

Lieschen en Ruaan Prinsloo (Tuscan Rose). Foto: Emma Booysen SF en Chantell Naudé. Foto: Abrie Davids fotografie

Page 9: Bloemnuusbl 20140221

BLOEMNUUS, VRYDAG 21 FEBRUARIE 2014 9

Getroud

Adean en Marli Havinga (Woodlands Function Venue). Foto: Laurika’s Photography Angelique en Frikkie van Niekerk (Leopards and Lace). Foto: Elsa Vermeulen

Monique en Buks Pienaar (Urban Herbs). Foto: Surette Dunn PhotographyDanique en Schalk Roestoff (Kopano Nokeng). Foto: Francois Griesel

Page 10: Bloemnuusbl 20140221

10 BLOEMNUUS, VRYDAG 21 FEBRUARIE 2014

Uit die possakSOns het verlede Saterdag-middag by Greenside-kwe-kery gaan eet en wat ’nwonderlike ervaring was ditnie.

My ouma Edna de Klerkhet op 4 Februarie haar93ste verjaardag gevier enons het haar vir ete uitge-neem. Die kos was van ’nheerlike, tuisgemaaktegehalte en die diens wat onskelner gebied het, wasonberispelik.

Net voordat ons dierekening gevra het, het hytoe sommer blomme virOuma namens die Green-side-kwekery gebring omhaar geluk te wens.– L. Eloff

SGraag wil ons al diemense wat ons gehelp hettoe my moeder einde verledejaar op die trap in dieMimosa Mall geval het,bedank.

Ons wil veral dankie sêvir die sekuriteitsbeamptesin die sentrum wat gereëlhet vir ’n ambulans, asookdie vroue wat hulle oor myseuntjies ontferm het terwylons vir die paramedicigewag het. Dankie, julle salnooit weet wat die bystandvir ons beteken het nie.– Celeste Pretorius

SOns het Reddersburgonlangs besoek, maar onsuitstappie het met ’n

skok-ondervinding geëindigtoe ons Bloemfontein inry:die vieslike, vuil toestandvan die omgewing rondomdie suidelike ingang na diehoofstad van die Vrystaat,die eens pragtige Rosestad,Bloemfontein. Dit is ’nskande. – Marie

S Ek wil net sê Bloemnuusis lekker interessant, baieom te lees en mooi foto’s.– L. Geyer

S Dankie vir die boekpryswat ek op Bloemnuus sewebblad gewen het. Ek hetdit vir my dogtertjie virhaar verjaardag gegee.– Marizka

Wel en weeS Emmie Bester (96) vanBayswater Village is Saterdagoorlede.

SWinners at Makro Bloemfon-tein: Customers had to buyanything instore to the value ofR3 000 (excluding liquor and food)to stand the chance of winningthe prizes below, says EileenNdwere, marketing manager:SM. van Staden – KenwoodTitanium Mixer valued at R5 000.S P.S. Gape – Campmaster trailervalued at R9 000.S Dr L. du Toit – camping kitvalued at R6 000S J. Keet – 42” Sinotec Full-HDLED TV valued at R6 000.Makro is a regular advertiser

in Bloemnews.

S Cecile Burger en Rolene deWit het elk ’n getekende CD vanArno Jordaan op www.bloem-nuus.co.za se kompetisie-afdelinggewen. Talle ander pryse issteeds hier te wen.

S Adj.pres. Kgalema Motlanthetree ná vanjaar se verkiesing uitdie amptelike politiek. Dit laatdie deur nou oop vir CyrilRamaphosa, die ANC se adjunk-president, om as adjunkpresidentvan Suid-Afrika aangewys teword.

S Die Odeion-skool vir Musiekaan die Universiteit van dieVrystaat (UV) het onlangs syverbintenis tot uitnemendheidbevestig met die aanstelling vandrie uitsonderlike uitvoerendekunstenaars en opvoedkundiges.Prof. Ruth Goveia (klavier) isaangestel as medeprofessor,Danré Strydom as ’n juniordosent in klarinet en saksofoon

en as koördineerder van diehoutblaas-program, en GeorgeFoster as ’n junior dosent inkoperblaasinstrumente.

S Prof. Stephen Brown, Bloem-fonteiner van die Jaar, was diegeleentheidspreker op die verga-dering van die Vroue 100-klub.

S Jean-Chris Posthumus hetverlede week sy eerste TV-rol indie sepie 7de Laan losgeslaan.Posthumus, ’n oud-dramastudentaan die UV, het sy eerste versky-ning op 7de Laan as die 18-jarigerugbyspeler Bertus van Bredagemaak. Posthumus gaan vir driemaande in dié sepie verskyn,maar hoop op ’n verlengdekontrak.

S Die volgende Bloemfonteinersis onlangs oorlede: JohannesCornelius Pretorius (gebore1954), Joey Snyman (1926),Dirkie Catharina Johanna vanSchalkwyk (1940) en CatharinaSusanna Elizabeth Weber (1933).

S Sylvester Mqeku is diewenner van Galery on Leviseurse nasionale keramiekkompetisie.’n Internskap by die Oliewenhuis-kunsmuseum het hom na Bloem-fontein gelok. Hy woon tans inJohannesburg, maar beoog omna Bloemfontein terug te keer.

S Anneke Blaise (52), redakteurvan Tuis/Home, is in Kaapstadoorlede nadat sy in Desembermet kanker gediagnoseer is. Sywas die onderhoofmeisie van dieHoërskool Sentraal in Bloemfon-tein waar sy in 1979 gematriku-leer het. Nadat sy ’n graad indrama en ’n hoëronderwysdiplo-ma aan die Universiteit van dieVrystaat (UV) behaal het, het syas verslaggewer by Volksbladbegin werk. Anneke word oorleefdeur haar ma, Anna-MarieRichter (ook ’n oud-Vrystater wat

nou in Montagu woon), broersChris Richter van Bainsvlei,Bloemfontein, en Albert Richter,ook van Montagu, en ’n dogter,Guénola (24), wat saam met haarma in Kaapstad gewoon het.

S Die UV het Vrydagaand syJoolkoningin en Mnr. GD Jool indie Callie Human-sentrumgekroon. Die wenners is Lizelle

Serfontein en Cameron Maree.Tilde-Mari Lourens is die eersteprinses en Marjomalé Kerne-kamp die tweede prinses. LeboDuiker is die eerste prins enEsteon Steyn die tweede prins.

S Bruce Fordyce, negemaligeComrades-wenner, was ’n gasspre-ker op die Old Mutual-beleggings-groep se beleggingseminaar.

Die Preprimêre Skool Kontiki het ’n waterpretdag gehou. Hier is juffrouElsabé Badenhorst saam met haar Pikkewyn­klassie. Foto: Jannie Verster

KAN JY DALK HELP MET ’n HUIS?Bloemnuus het onlangs berig hoe’n verlore identiteitsdokumentwat by onderwyser Gina du Preezbeland het, opgeëis is nadat diekoerantdaaroorberighet. Syhoopom weer as weldoener op te tree,maar dié keer is die verlore artikelnie ’n identiteitsdokument nie,maar dié pragtige, verlore hondjie.Sy eienaars het homná tweewekenog nie opgeëis nie en dis nie virGina moontlik om verder na homomte sien nie. As enigeen homwilaanneem, kan hulle Gina by 082­929­8238 bel.

Page 11: Bloemnuusbl 20140221

BLOEMNUUS, VRYDAG 21 FEBRUARIE 2014 11

Human Communications 106503

Grain Field Chickens has theseopportunities at their

Reitz Abattoir:

Warehouse &Dispatch Manager

(Night Shift)Req: • ND/NC in Logistics an adv

• Min 2 yrs appropriate exp inFMCG industry • Can function

alone, responsibly and in astructured manner • Good

computer + comm skills • Canwork extended/abnormal hrs

• Can continuously add value.

MaintenanceElectrician (3 Posts)Req: • Min N3/NQF4 • Valid Sec23 Trade Cert in Elec issued by

accredited inst • Wireman’s Lic anadv • PLC + VSD exp and able toread elec plans • Computer skills

(Windows 7 + PC and relelectronics programming) • Min3 yrs in FMCG in maintenance

• Familiar with high- + low-voltageconn • Can work alone and inteam, identify + solve problems• Comm skills + good peoplerelations • Can work under

pressure + extended hrs • Ownreliable transport • Medical fitness

• Prepared to relocate to Reitz.

Maintenance Fitter(2 Posts)

Req: • Min N3/NQF4 or BTechMech Eng/equiv • 3 yrs exp afterobtaining qual in Mech Services

• Min 3 yrs in FMCG inmaintenance • Familiar with high-+ low-voltage conn • Can work

alone and in team, identify + solveproblems • Comm skills + good

people relations • Can work underpressure + extended hrs • Own

reliable transport • Medical fitness• Prepared to relocate to Reitz.

Market-related rem packages areoffered + can be structured.

Enq: Andre Botha -087 358 8413. Full CV to

[email protected] or fax:086 687 3948 (clearly quote

post title) before 28 Feb 2014.Only cand’s that meet req’s will beconsidered. If no correspondence

within 1 month of closing,please accept application as

unsuccessful.

SLAAN DIE BAL KIS: Op vanjaar se Suid­Vrystaatse tennisproewe het die Laer Meisieskool Oranje se meisies hul staal getoon. Diéskool spog met 18 meisies wat vir die onderskeie Suid­Vrystaatse tennisspanne gekies is. Daar is ook vier meisies wat as reserwesaangewys is, sê Adéle Naudé, sportorganiseerder.

Fietsryers het Saterdag aan dieShell­V­Power­prettrap in Bloem­fontein deelgeneem. FrancoisOosthuizen het die mans­afdelingin die 108 km­wedren gewen, ter­wyl Adele Jansen van Vuuren dievroue­afdeling gewen het. In die81 km­wedren het Damean Oost­huizen en Ankia Coetzee onder­skeidelik die mans­ en vroue­afde­lings gewen, terwyl George Stroe­bel en Eric Newby (gesamentlikewenners van diemansafdeling) enNikkie de Bruyn die 54 km­ren ge­wen het. In die 27 km­wedren hetRaymond Prinsloo en Chante Oli­vier koning gekraai.

Foto: André Damons

Kraai koningin prettrap

PERSOONLIKE

DIENSTE

FUNKSIES &

KONFERENSIES

1425

LENINGS

1445

OP SOEK NA

1485

I am looking for knitting machines:Empisals and Passaps in any condi-tion. Will pay cash. ContactCecilia 082 482 4686.

TE KOOP

ALLERLEI

1655

EKSOTIESESIEREENDE TE KOOP.Broeipare en jong eende.

Kontak Cheryl076 246 1414 of056-515 3963 -

Epos: [email protected]

Limousine Afslaershou elke Saterdag om08:30 'n veiling by ons per-seel agter Wiesbaden opBainsvlei. Ons verkoopvee, voertuie, implemente,meubels en losgoed.Inskrywings:051 451 1211.Jaco 079 603 9374 ofDanie 076 757 4972.

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

ROMMEL-

VERWYDERING

1860

VERVOER VAN meubels, bourom-mel en tuinvullis. Skakel 072 2887535.

BOME

1871

AFSNY EN WEGRY VAN BOME,hoërisikobome. 082 693 0234.

VAKANSIE

& REIS

AKKOMMODASIE

2635

BUFFELSBAAI: Vakansie-huise en woonstelle te huur.Cecily Botha 044 383 0220 /082 448 6419.

UVONGO: Ruim 2-slk-woonstel op strand. Lieflike see-uitsig. 082 429 1105.

EIENDOMME

AKKOMMODASIE

OM TE DEEL

3210

Bayswater: Charolais-straat: Dame gesoekom huis te deel. R1 950p.m. 082 463 1559.

MEENTHUISE

TE HUUR

3325

Panorama Park 20: 2 slk, volbadk,toesluitmotorhuis, tuin voor enagter. Beskikbaar 1 Maart 2014.R3 800 p.m. AnnemieTel. 051 506 2551.

BOEDELKENNIS-

GEWINGS

BOEDELS:

KREDITEURE EN

DEBITEURE4201

Estate late: David MossNOTICE

In the estate of the late DavidMoss, estate no. 3975/2013.Identity number 420407 503908 5, who was resident at 114Headingley, 1 Jacobs Avenue,Fairway and who died atJohannesburg on 2 February2013.The first supplementaryaccount to the first and finalliquidation and distributionaccount in the above estatewill lie open for inspection atthe office of the Master,Bloemfontein and at the Magi-strate's office, Johannesburg,for a period of twenty one (21)days as from 21 February2014.Dated at Bloemfontein on this7th day of February 2014.

CJ STANDERExecutor

Lovius-Block31 First AvenueWestdeneBloemfontein.

122 HGDJ HoltzhauzenDie eerste en finale likwidasie-en distribusierekening in dieboedel van wyle Hendrik GertDavid Johannes Holtzhausen,identiteitsnommer 4303235076 08 4, pensioenaris,getroud binne gemeenskap vangoedere met Anette FrancinaHoltzhausen, identiteitsnom-mer 461023 0077 08 5, voor-heen woonagtig by Van Heer-denstraat 29, Willows, Bloem-fontein 9300, boedelnommer348/2013, lê ter insae by diekantoor van die Meester vandie Hooggeregshof, Bloemfon-tein vir 'n periode van 21 (eenen twintig) dae vanaf 21Februarie 2014.

EE POHLP/a Symington & De Kok

Posbus 12012Brandhof 9324(MHH0080).

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

Page 12: Bloemnuusbl 20140221

12 BLOEMNUUS, VRYDAG 21 FEBRUARIE 2014

LeeusouerBAIE is ná dienederlaag van dieCheetahs daarvangemaak dat hulledeur ’n “jong”Leeus-span geklopis. Maar die Leeusse beginspan wasSaterdag ouer.Die Leeus se

15-begintal wasgemiddeld 25,73 jaaroud teenoor dieToyota-Cheetahs segemiddelde ouder-dom van 24,26 jaar.Twee Leeus,

Deon van Rensburg(32) en Franco vander Merwe (30), isouer as 30 jaar,terwyl AdriaanStrauss (28) enFrancois Uys (27)die oudstes aanCheetah-kant is.

NÁ Saterdag se Motheo- en Gariep-atletiekkampioenskapsbyeenkomsvir laerskole wat in die Mangaung-stadion in die Rosestad beslis is,kyk RUFUS BOTHA hoe vergelykdié Suid-Vrystaatse streek seseuns-naellopers met die meisies.As barometer is Usain Bolt se

senior wêreldrekord van 9.58sekondes in die 100 m met diévan die seniorvroue-wêreldrekord-houer, Florence Griffith-Joyner(Flo-Jo), se tyd van 10.49 vergelyk.Dit werk uit dat Joyner 91,3% vandie vaart wat Bolt genael het, konvermag.Interessant genoeg is die Suid-

Afrikaanse seniormans- en -vroue-rekord baie naby aan dieselfde(90,9%).Om appels met appels te vergelyk

het Bloemnuus slegs die 100 m-wedlo-pe (eindrondetye) op die byeenkomsvergelyk.Volgens die genoemde barometer

is dit duidelik die meisies hetheelwat beter as die seuns vertoon.Annamé Fourie (Universitas) se

100 m-oorwinning (12 jaar) was ’n

blitsige 13.04. Vergelyk jy dit metdie wentyd (12.80) in die seunsafde-ling het sy 98,2% van die seunswen-ner se vaart genael.Dit is baie hoër as die genoemde

verskil tussen Bolt en Flo-Jo.In die 100 m (10 jaar) het die ster

van Oranje, Alex Klopper, 14.73 virhaar oorwinning genael. Dit is93,4% van die tempo wat dieseunswenner, Gerrie Henning,(13.75) in dieselfde ouderdomsgroepbehaal het.In die 100 m vir 11-jariges vergelyk

die seunswenner, Lucky Moleyane(Kruitberg), se 13.29 baie beter metdié van Karabelo Leche (Tlotlanang)se 14.50-meisieswentyd.Karabelo het 91,6% van Lucky se

vaart gehandhaaf en dit vergelykgoed met die genoemde barometer.Toe kom die yster van die LaerskoolBloemfontein, Tony August, en krapdie meisiesbarometer-oorwinnings-kaarte deurmekaar met ’n skitteren-de 11.87 in die 100 m vir seuns 13jaar. Sy eweknie onder die meisies,Inge Verster (Universitas), het in13.38 gewen en dit was slegs 88,7%

van Tony se vaart.Ter versagting moet ’n mens in

aanmerking neem Inge is ’n beterhekkiesloper as naelloper.Die voorste tien atlete op die

Joba-puntestelsel wat gebruik is virdie bepaling van die beste verto-nings van die byeenkoms is:

1. Michela Steenkamp (Jacobsdal,meisies 11 jaar, gewigstoot, 10,15), 2.Thabo Verster (Universitas, seuns 11jaar, 70 m-hekkies, 10.66), 3. JessicaKalp (Hendrik Potgieter, meisies 11jaar, gewigstoot, 9,04), 4. Su-MariGouws (Pres. Brand, meisies 12 jaar,diskusgooi, 29,70), 5. Elaine Preto-rius (Fichardtpark, meisies 11 jaar,gewigstoot, 8,50), 6. Jana Smith(Universitas, meisies 11 jaar,gewigstoot, 8,47), 7. Amy Jacobs(Pres. Brand, meisies 10 jaar,gewigstoot, 7,27), 8. Corli Hertzog(Fichardtpark, meisies 11 jaar,gewigstoot, 8,22), 9. Inge Verster(Universitas, meisies 13 jaar,75 m-hekkies, 11.77), 10. SJ Marais(Grey, seuns 10 jaar, 70 m-hekkies,12.14).

The Athletics Free State Coaches Committee Invitational Talent Identification Meeting was held on Tuesdayevening at the Free State Athletics Stadium after a late afternoon shower. Photo: Jens Friis

Só vergelyk hulle