Beleide... · Web view‘Distrik’ beteken onderwysdistrik, ‘n administratiewe onderafdeling van...

18
LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTE Afwesigheidsbeleid Datum: 1Januarie 2012 Weergawe: 1 LAERSKOOL SAAMTREK BELEID OOR LEERDER SKOOLBYWONING INHOUD A. Definisies en akronieme B. Inleiding Doel van beleid Omvang en toepassing van beleid Interpretasie van terme C. Konteks D. Verklaring van beleid Belangrikheid van gereelde skoolbywoning Belangrikheid van bywoningsrekords E. Leerder-afwesigheid Definisie van ‘afwesigheid’ Geldige rede vir afwesigheid F. Verantwoordelikhede Moedig kultuur van bywoning aan Leerder-verantwoordelikheid Ouer-verantwoordelikheid Skool-verantwoordelikhede PED’s-verantwoordelikheid G. Prosedures Register Klasregister Klasregisterperiode Tydelike klasregister Periode-register Skool met elektroniese administratiewe sisteem Opvolg van leerder-afwesigheid Kansellasie van leerderrekord in klasregister Tydelike sluiting van skool

Transcript of Beleide... · Web view‘Distrik’ beteken onderwysdistrik, ‘n administratiewe onderafdeling van...

Page 1: Beleide... · Web view‘Distrik’ beteken onderwysdistrik, ‘n administratiewe onderafdeling van die PED. ‘Distrikbestuurder’ beteken Hoof van die distrikskantoor. ‘DBO’

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTEAfwesigheidsbeleid

Datum: 1Januarie 2012 Weergawe: 1

LAERSKOOL SAAMTREK

BELEID OOR LEERDER SKOOLBYWONING

INHOUD

A. Definisies en akronieme

B. Inleiding Doel van beleid Omvang en toepassing van beleid Interpretasie van terme

C. Konteks

D. Verklaring van beleid Belangrikheid van gereelde skoolbywoning Belangrikheid van bywoningsrekords

E. Leerder-afwesigheid Definisie van ‘afwesigheid’ Geldige rede vir afwesigheid

F. Verantwoordelikhede Moedig kultuur van bywoning aan Leerder-verantwoordelikheid Ouer-verantwoordelikheid Skool-verantwoordelikhede PED’s-verantwoordelikheid

G. Prosedures Register Klasregister Klasregisterperiode Tydelike klasregister Periode-register Skool met elektroniese administratiewe sisteem Opvolg van leerder-afwesigheid Kansellasie van leerderrekord in klasregister Tydelike sluiting van skool Kwartaallikse terugvoering oor leerder skoolbywoning

H. Datum van toepassing

I. Skedules Klasregister

Page 2: Beleide... · Web view‘Distrik’ beteken onderwysdistrik, ‘n administratiewe onderafdeling van die PED. ‘Distrikbestuurder’ beteken Hoof van die distrikskantoor. ‘DBO’

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTEAfwesigheidsbeleid

Datum: 1Januarie 2012 Weergawe: 1

Perioderegister Opsommingsregister van graad Skool se kwartaallikse terugvoering van leerder bywoning

A. DEFINISIES EN AKRONIEME

In hierdie beleid-

‘Afwesigheid’ beteken afwesig soos in paragraaf 12 beskou. ‘Toelating’ beteken toelating van leerder tot ‘n skool - het dieselfde betekenis as ‘inskrywing’. ‘VIGS’ beteken Verwronge Immuniteitsgebrek Sindroom. ‘REM’ beteken Raad van Onderwysministers. ‘Kinderondersteuningstoelae’ beteken maandelikse toelaag wat aan die kind se primêre

toesighouer verskaf word deur die Suid Afrikaanse Maatskaplike Sekuriteitsagentskap om in kind se basiese behoeftes te voorsien.

‘Kring’ beteken onderwyskring, ‘n administratiewe sub-eenheid van ‘n distrik. ‘Kringbestuurder’ beteken Hoof van die Kringkantoor. ‘Klas’ beteken ‘n groep leerlinge wat onder die administratiewe toesig van ‘n

klasonderwyser is.

‘Klasregister’ beteken ‘n amptelike dokument (kan ook elektroniese wees) waar die leerder se skoolbywoning van elke dag gerekordeer word.

‘Klasregisterperiode’ beteken ‘n periode op die skoolrooster - wat nie 10 minute oorskry nie - waar register geneem word.

‘Klasonderwyser’ beteken ‘n onderwyser wat deur die hoof aangewys is om administratiewe verantwoordelikheid te neem vir ‘n klas vir een kalenderjaar.

‘Gedragskode’ is die gedragskode vir leerders in ‘n skool volgens afdeling 8 van SASA.

‘Verpligte skoolbywoningsouderdom’ beteken die ouderdomsgaping opgeneem in afdeling 3(1) van SASA, nl. vanaf die eerste skooldag van die jaar waarin ‘n leerder 7 word tot die laaste skooljaar waarin ‘n leerder 15 word of in graad 9 is (wat ookal eerste gebeur).

‘Aanhoudende afwesigheid’ beteken afwesig van skool vir 10 aaneenlopende skooldae sonder ‘n geldige verskoning.

‘Distrik’ beteken onderwysdistrik, ‘n administratiewe onderafdeling van die PED. ‘Distrikbestuurder’ beteken Hoof van die distrikskantoor. ‘DBO’ beteken Departement van Basiese Onderwys. ‘Onderwyser’ beteken ‘n onderwyser in terme van die Wet op Indiensneming van Onderwysers 1998 (wet 76 van 1998).

‘Elektroniese administratiewe stelsel’ beteken SA-SAMS of ‘n soortgelyke elektroniese administratiewe stelsel en bestuurstelsel vir skole.

‘Inskrywing’ beteken die toelating van ‘n leerder tot ‘n skool, die aantal leerders ingeskryf in ‘n klas, of die aantal leerders in ‘n skool.

Page 3: Beleide... · Web view‘Distrik’ beteken onderwysdistrik, ‘n administratiewe onderafdeling van die PED. ‘Distrikbestuurder’ beteken Hoof van die distrikskantoor. ‘DBO’

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTEAfwesigheidsbeleid

Datum: 1Januarie 2012 Weergawe: 1

‘Vrystelling’ beteken vrystelling van leerder van verpligte skool in terme van afdeling 4(1) van SASA.

‘Skorsing’ beteken ontslaan van leerder uit skool in terme van afdeling 9 (1D) van SASA.

‘MIV’ beteken Menslike Immuniteitsindroom. ‘HoD’ beteken Hoof van ‘n Provinsiale Onderwysdepartment. ‘Tuis-onderrig” beteken tuis-onderrig soos vervat in afdeling 51 van SASA. ‘Onderrigtyd’ beteken ‘n periode wat geallokeer is vir onderrig in ‘n vak of leerarea. ‘Leerder’ beteken enige persoon wat onderwys ontvang of wat veronderstel is om

onderrig te ontvang volgens SASA.

‘Leerder afwesigheidsdag’ beteken ‘n skooldag waarin ‘n leerder afwesig gemerk is in die register.

‘Nasionale skoolkalenderbeleid’ beteken nasionale beleid vir die ontwerp van ‘n skoolkalender vir gewone publieke skole in SA.

‘NEPA’ beteken Nasionale Onderwysbeleidwet, 1996 (wet 27 van 1996). ‘NCS’ beteken Nasionale Senior Sertifikaat. ‘PAM’ beteken Personeel Administratiewe Meting, gebubliseer as departementele kennisgewing 222 van 1999 (Government Gazette no.19767 van 18 Februarie 1999).

‘Ouer’ beteken- 1. Die biologiese ouer of voog van leerder 2. Die persoon wat regtelik toesig het oor leerder 3. Die persoon wat onderneem om die verantwoordelikhede soos in a en b na te

kom in verband met leerder se onderrig by ‘n skool.

‘POD’ beteken Provinsiale Onderwysdepartment en sluit die distrikskantoor in. ‘Periode’ beteken die tyd wat op ‘n skool se rooster geallokeer is vir onderrig in vak of leerarea, of vir die neem van die klasregister.

‘Perioderegister’ beteken ‘n amptelike dokument waarin die teenwoordigheid van leerders gedurende ‘n onderrigperiode aangeteken word.

‘Hoof’ beteken ‘n onderwyser wat aangestel is om hoof van skool te wees. ‘Register’ beteken klasregister of periode-register. ‘VLR’ beteken Verteenwoordigende Leerderraad. ‘SASA’ beteken Suid Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet 84 van 1996). ‘SA-SAMS’ beteken Suid Afrikaanse skool administrasie- en bestuurstelsel. ‘Skool’ beteken publieke skool. ‘Skool-aktiwiteit’ beteken ‘n amptelike onderrig-, kulturele-, rekreasie- of sosiale

aktiwiteit van ‘n skool, binne of buite skoolterrein.

‘Skooldag’ beteken ‘n dag in ‘n skooljaar. ‘Skoolkantoor’ beteken die administratiewe kantoor van die skool wat die skoolhoof

se kantoor kan insluit.

‘Skooljaar’ beteken die datums gespesifiseer deur die Minister van Basiese Onderwys in die skoolkalender vir publieke skole.

‘SGB’ beteken skool beheerliggaam. ‘SMT’ beteken skool bestuurspan.

Page 4: Beleide... · Web view‘Distrik’ beteken onderwysdistrik, ‘n administratiewe onderafdeling van die PED. ‘Distrikbestuurder’ beteken Hoof van die distrikskantoor. ‘DBO’

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTEAfwesigheidsbeleid

Datum: 1Januarie 2012 Weergawe: 1

‘Personeel’ beteken bestuurspersoneel of onderrigpersoneel van ‘n skool. ‘Skorsing’ beteken leerder word verbied om skool by te woon i.t.v. afdeling 9(1) van

SASA. ‘Onderwyser’ beteken ‘n skoolgebaseerde opvoeder verbind tot klaskamer-onderrig

soos beskryf in ELRC kollektiewe verbintenis 1 van 2008. ‘Tydelike klasregister’ beteken ‘n register bygehou deur klasonderwyser vir nie meer

nie as 10 aaneenlopende dae vanaf die begin van skool in die eerste kwartaal van die skooljaar.

‘Tydelike skoolsluiting’ beteken tydelike sluiting van skool gedurende die skooljaar deur die hoof van die onderwysdepartment in terme van afdeling 16(4)(b) van SASA of deur die beheerliggaam in terme van die Nasionale skoolkalenderbeleid.

‘Wettige rede’ beteken ‘n wettige rede vir leerder om afwesig te wees van skool soos vervat in paragraaf 13 van die beleid.

B. INLEIDING

Doel van beleid

Die doel van die beleid is om-

a) Stiptelike en gereelde bywoning van ‘n publieke skool aan te moedig; en b) Publieke skole en Provinsiale Onderwysdepartment te voorsien van standaard prosedures vir rekordering, bestuur en beheer van skoolbywoning.

Omvang en toepassing van beleid

1. Die Minister van Basiese Onderwys het die beleid bepaal met die goedkeuring van die Raad van Onderwysministers (CEM) in terme van afdeling 3 van die Nasionale

Onderwysbeleidwet, 1996 (NEPA). 2. Die beleid sluit aangehegte skedules en toepaslike instruksies in. 3. Die beleid is van toepassing op alle publieke skole in die Republiek van SA. 4. Waar nodig moet die POD’s hulle beleid oor skoolbywoning in lyn bring met die Nasionale Onderwysbeleid, soos voorsien in afdeling 2(2) van SASA, om te verseker dat alle leerders gelyke behandeling ontvang. Interpretasie van terme Terme gebruik in hierdie beleid het die betekenis soos beskryf in die definisies en akronieme. In die geval van verskil van interpretasie, sal die definisie van ‘n term geld soos in NEPA of SASA uiteengesit.

C. KONTEKS

1. Leerders is afwesig van skool vir verskeie redes, maar in baie gevalle is armoede die hoofrede vir swak skoolbywoning. Gereelde afwesigheid kan die gevolg wees van ouers wat nie skoolgeld kan betaal of skoolklere kan koop nie; of die gebrek aan vervoer na die skool, of ouers en leerders met kroniese siektes insluitend HIV/VIGS en tuberkulose; swak eetgewoontes en wanvoeding, kinderarbeid, ‘n onstabiele en disfunksionele familielewe, of bendegeweld. 2. Verskeie amptelike programme rakende skoolbywoning is gemik op verligting van die ergste gevalle van kroniese armoede. Dit sluit in die verlenging van die kind se

ondersteuningstoelaag om armoede te bekamp by leerders ouderdom 16 tot 18 jaar; die implementering van HIV en VIGS programme; uitbreiding van die “Early Childhood

Page 5: Beleide... · Web view‘Distrik’ beteken onderwysdistrik, ‘n administratiewe onderafdeling van die PED. ‘Distrikbestuurder’ beteken Hoof van die distrikskantoor. ‘DBO’

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTEAfwesigheidsbeleid

Datum: 1Januarie 2012 Weergawe: 1

Development” program; die Nasionale Skoolvoedingsprogram; en die geen skoolgeld-beleid.

D. VERKLARING VAN BELEID

Belangrikheid van gereelde skoolbywoning

Inskrywing van leerders en gereelde en stiptelike bywoning van skool is belangrik vir enige opgevoede nasie:

a) Elke skool het ‘n verantwoordelikheid om die leerder se fundamentele reg tot onderwys te beskerm;

b) Die inskrywing van ‘n leerder by ‘n skool, plaas hom/haar onder die verpligting om skool stiptelik en gereeld by te woon, behalwe as daar ‘n geldige verskoning vir afwesigheid is;

c) ‘n Skool wat afwesigheid sonder verskoning suksesvol beteuel sal heelwaarskynlik leerderretensie en -prestasie bevorder

d) Gereelde skoolbywoning is ‘n belangrike voorkomende maatreël teen tiener swangerskappe en HIV infeksies.

Belangrikheid van skoolbywoningrekords

1. ‘n Daaglikse rekord van leerders se afwesigheid stel ‘n skool in staat om leerders se afwesigheid te monitor en die nodige opvolg-aksies te neem teen ouers en leerders. Kwartaalikse terugvoer van leerderafwesigheid stel die distrikskantoor in staat om leerder-afwesigheidstendense op te spoor en doeltreffend te hanteer.

2. Rekords van leerder-afwesighede mag benodig word vir regsdoeleindes. Dit is belangrik dat ‘n skool akkuraat rekord hou van leerder-afwesigheid. Die hoof en personeel tree op in loco parentis (in plek van die ouer) vir ‘n leerder by die skool. Hulle het die verpligting om om te sien na die leerder wat as teenwoordig gemerk is by die skool. As ‘n regsaak teen die skool gemaak word as gevolg van een of ander gebeure met die leereder by die skool, kan die akkurate byhou van die teenwoordigheidsregister ‘n belangrike rol speel in die verloop van die hofsaak.

E. LEERDER AFWESIGHEID

Definisie van afwesig

Daar word aangeneem dat ‘n leerder afwesig is wanneer daar register geneem word en die leerder is nie in die klas of by die spesifieke skool- aktiwiteit teenwoordig nie.

Geldige redes vir afwesigheid

Page 6: Beleide... · Web view‘Distrik’ beteken onderwysdistrik, ‘n administratiewe onderafdeling van die PED. ‘Distrikbestuurder’ beteken Hoof van die distrikskantoor. ‘DBO’

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTEAfwesigheidsbeleid

Datum: 1Januarie 2012 Weergawe: 1

1. Alhoewel stiptelikheid en gereelde skoolbywoning aangemoedig word, mag dit gebeur dat dit van tyd tot tyd nie moontlik is vir ‘n leerder om skool by te woon nie. Die volgende sal as geldige verskonings dien indien leerder afwesig is van skool:

a) Studieverlof geneem deur ‘n graad 12 leerder in terme van paragaaf 16 van die beleid.

b) Fisiese of sielkundige ongesteldheid, waar die ouer aan die hoof moet kommunikeer dat leerder siek is; of ‘n skriftelike bevestiging

van ‘n geregistreerde geneesheer indien leerder vir langer as 3 dae afwesig is.

c) Skenking van geboorte, onderhewig aan ‘n skriftelike bevestiging van ‘n geregistreerde geneesheer.

d) Geloofs- of kulturele gebeure goedgekeur deur die beheerliggaam in terme van die Nasionale Skoolkalenderbeleid.

e) Dood van ‘n familielid. f) Afspraak by hof, maatskaplike dienste of ander amptelike agentskap,

waar die hoof ‘n bewys van afspraak aan moet vra. g) Skorsing deur die Beheerliggaam. h) Natuurrampe(iets wat buite die mens se beheer is) i) Buitengewone omstandighede, waar die hoof meen dat afwesigheid

van skool...

I. in die beste belang van leerder is, of II. onvermydelik is.

F. VERANTWOORDELIKHEID

Moedig ‘n kultuur van bywoning aan.

1. Baie publieke skole handhaaf ‘n kultuur van stiptelikheid en bywoning. Die regering se doelwit is dat alle publieke skole in Suid Afrika só ‘n kultuur moet vestig, wat ‘n kenmerk is van trotsheid in ‘n skool, en ‘n voorvereiste is vir kwaliteit onderrig en leer. Dit sal bereik word indien:

a) Hoofde, onderwysers en distriksbeamptes geen genade toon vir afwesigheid sonder ‘n geldige verskoning nie.

b) Skole ‘n veilige omgewing skep, ‘n interessante en uitdagende kurrikulum aanbied, insluitende stimulerende buitemuurse aktiwiteite; en leerders goed onderrig.

c) Skole en maatskaplike organisasies die nodige hulp verleen aan families wat ly onder armoede en ernstige siektes; en veral leerders wat in

omstandighede verkeer waar hulle gedwing word om op te tree as broodwinners van die gesin.

d) Distrikskantore ondersteuning bied aan skole deur die monitering van leerder-afwesighede en die opvolg daarvan by ‘n skool.

e) Provinsiale en Nasionale Onderwysdepartemente die publiek bewus maak van die belangrikheid van gereelde en stiptelike skoolbywoning.

Page 7: Beleide... · Web view‘Distrik’ beteken onderwysdistrik, ‘n administratiewe onderafdeling van die PED. ‘Distrikbestuurder’ beteken Hoof van die distrikskantoor. ‘DBO’

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTEAfwesigheidsbeleid

Datum: 1Januarie 2012 Weergawe: 1

Leerder-verantwoordelikheid

1. ‘n Leerder het die verantwoordelikheid om skool stiptelik en gereeld by te woon. Die regering maak staat op ouers, beheerliggame, skoolbestuur- spanne, onderwysers en PEDs om hulle kant te bring en seker te maak dat leerders die verantwoordelikheid besef en nakom. Die voorbeeld deur bogenoemde partye is van kardinale belang in die vestiging van ‘n kultuur van stiptelikheid en gereelde skoolbywoning.

2. Behalwe vir graad 12 leerders, mag geen leerder verlof neem om te studeer vir ‘n eksamen of wanneer ‘n eksamen verby is nie. Graad 12 leerders mag verlof neem om voor te berei vir die Nasionale Senior Sertifikaat eksamen vyf dae voor die eerste dag van die eksamen. Hierdie leerders hoef nie skool by te woon op die dae wanneer hulle nie skryf nie en ook nie wanneer eksamen verstreke is nie.

3. In skole met Graad 8 en verder, moet die VLR- a) Bydra tot die ontwikkeling en toepassing van skoolbeleid

rakende skoolbywoning; en b) Die skoolbestuurspan inlig van struikelblokke wat

skoolbywoning beïnvloed.

Ouer-verantwoordelikheid

Van ‘n ouer word verwag om- a) Seker te maak dat sy kind skool daagliks en betyds bywoon en die hele dag

teenwoordig is, behalwe as daar ‘n geldige rede is vir afwesigheid. b) Seker te maak dat leerder nie uit skool gehaal word sonder ‘n geldige rede

nie. (LW: familievakansies is nie ‘n geldige verskoning nie) c) Die hoof of klasonderwyser in te lig indien leerder afwesig ís of gaan wees, of

laat gaan wees met ‘n geldige verskoning. d) Saam met die skool te werk om die probleem op te los indien leerder sonder

geldige verskoning afwesig is. e) Leerder aan te moedig en te ondersteun om verlore tyd en werk in te haal wat

agter geraak het ten tye van afwesigheid.

Skool-verantwoordelikheid

Die skoolgemeenskap, gelei deur die hoof en beheerliggaam, is verantwoordelik vir die bevordering en monitering van skoolbywoning ten einde die leerder die beste geleentheid te gee om ‘n sukses van sy skool- loopbaan te maak.

Skool Beheerliggaam-verantwoordelikheid

1. Reëls wat handel oor stiptelikheid en skoolbywoning moet deel wees van die beheerliggaam se gedragskode vir skoolbywoning.

2. ‘n Beheerliggaam moet ‘n deelnemende belang hê in die leerders se persentasie skoolbywoning. In besonder moet die Beheerliggaam ‘n kwartaalikse

Page 8: Beleide... · Web view‘Distrik’ beteken onderwysdistrik, ‘n administratiewe onderafdeling van die PED. ‘Distrikbestuurder’ beteken Hoof van die distrikskantoor. ‘DBO’

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTEAfwesigheidsbeleid

Datum: 1Januarie 2012 Weergawe: 1

verslag vanaf die skoolhoof ontvang oor leerderbywoning. Hierdie verslag moet bespreek word tydens die Beheerliggaam vergadering.

Hoof-verantwoordelikheid

1. Die Hoof, in samewerking met die Bestuurspan en Beheerliggaam, is verantwoordelik vir die vestiging van ‘n kultuur van stiptelike en

gereelde skoolbywoning. 2. Die Hoof is verantwoordelik vir die skep van ‘n veilige skoolmilieu waar die

bestuurspan en onderwysers belangstel in élke leerder se welsyn, en bedag is op enige probleem wat die leerder se skoolbywoning kan beïnvloed.

3. Volgens afdeling 16A van SASA en afdeling 4 van die Personeel Administratiewe Maatstawwe (PAM), mag ‘n hoof sy/haar verantwoordelikhede soos vervat in hierdie beleid, delegeer na ’n lid op die personeel.

4. Die hoof moet ‘n skoolbeleid rondom skoolbywoning opstel ná konsultasie met die skoolpersoneel, RCL (waar van toepassing) en beheerliggaam.

’n Skoolbywoningsbeleid moet-

a) Dit duidelik maak dat afwesigheid sonder ‘n geldige rede onaanvaarbaar is, en streng opgevolg sal word;

b) Die wyse spesifiseer van hoe ‘n ouer met die skool moet kommunikeer indien leerder afwesig is;

c) Spesifiseer of ‘n klasregister 1 of 2 keer per dag geneem sal word; d) Toon wat die opvolgaksie gaan wees indien leerder afwesig is; e) Toon wat die ondersteuning is wat die skool aan ‘n leerder wat

afwesig was sal bied om werk wat verloor is of assessering wat nie gedoen is nie, in te haal;

f) Spesifiseer wanneer die klasregister ingehandig moet word by die kantoor vir veilige bewaring;

g) Spesifiseer hoe gereeld die perioderegister geneem moet word en wanneer dit na die kantoor gebring moet word vir veilige bewaring;

h) Aantoon hoe verantwoordelikhede en personeelverdeling vir (d)-(g) toegeken is.

5. Die hoof moet toesien dat die betrokke onderwyser die verantwoordelikhede in verband met skoolbywoning besef en aanvaar, insluitend die erns van akkurate en deurlopende monitoring.

6. Die hoof is verantwoordelik daarvoor dat klasregisters en perioderegisters beskikbaar is, gemerk is en deeglik gemonitor word, en in veilige

bewaring gehou word volgens die beleid. By skole met elektroniese administratiewe sisteme, is die hoof verantwoordelik daarvoor dat elektronies-geskepte registers deeglik onderhou word, en rugsteun-kopieë volgens die beleid gemaak word.

7. Die hoof moet leerder-afwesighede opvolg volgens paragraaf 50-53. 8. Die hoof moet ‘n leerder se rekord in die klasregister kanselleer volgens

paragraaf 54-59. 9. Die hoof moet leerders se bywoning monitor en analiseer volgens graad, en

Page 9: Beleide... · Web view‘Distrik’ beteken onderwysdistrik, ‘n administratiewe onderafdeling van die PED. ‘Distrikbestuurder’ beteken Hoof van die distrikskantoor. ‘DBO’

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTEAfwesigheidsbeleid

Datum: 1Januarie 2012 Weergawe: 1

hierdie inligting insluit in die verslag wat opgestel word vir die HOD of SGB in terme van afdeling 16A van SASA.

10. ‘n Hoof moet die distrikskantoor nader om ‘n aanvaarbare oplossing te vind indien leerderteenwoordigheid gedurende die NSC eksamentyd ontwrig word as gevolg van verblyfprobleme of die afwesigheid van ‘n onderwyser op eksamen nasiendiens.

Klasonderwyser- verantwoordelikheid

1. ‘n Klasonderwyser is verantwoordelik vir die saamstel en merk van die klasregister in die registerperiode elke skooldag, om dit akkuraat by te hou én die register te onderhou en dit na die kantoor te neem vir veilige bewaring.

2. ‘n Klasonderwyser moet die hoof inlig indien ‘n leerder vir 3 agtereenvolgende dae sonder rede afwesig is, asook op gereelde gevalle, sodat die die hoof dit op ‘n

gepaste wyse met die ouers kan opneem.

Onderwyser-verantwoordelikhede

1. ‘n Onderwyser is verantwoordelik daarvoor om die perioderegister te merk, by te hou en na die kantoor te neem vir veilige bewaring.

2. ‘n Onderwyser wat vermoed dat ‘n leerder afwesig is vir ‘n periode sonder rede, moet só ‘n afwesigheid by die kantoor aanmeld.

PED’s-verantwoordelikheid

1. Die HoD tree op namens die Distrik- en Areabestuurders, en het die verantwoordelikheid om stiptelike en gereelde bywoning te bevorder

deur-

a) Publieke bewusmaking van onderwys en die sosiale belangrikheid van skoolbywoning;

b) Doeltreffende administratiewe advies en bestuursondersteuning aan distrikskantore en skole te bied (in lyn met die beleid en PED

beleid); c) Seker te maak dat Distrikskantoorpersoneel die registers monitor

wanneer hulle skole gaan besoek; d) Kwartaallikse skoolbywoningsverslae te analiseer ten einde

afwesigheids- patrone te identifiseer; en e) Die nodige opvolgaksies te neem by skole wat ‘n hoë persentasie van

afwesigheid toon. 2. ‘n Hoof van die Departement moet toesien dat personeel in die PED hoof-

kantoor en distriks- en areakantore aangewys word wat verantwoordelik kan wees vir skoolbywoningsake, en dat hulle die belangrikheid van die akkurate byhou van skoolbywoningsrekords verstaan en aanvaar.

3. Die Hoof van die Departement moet toesien dat elke skool wat nie ‘n

Page 10: Beleide... · Web view‘Distrik’ beteken onderwysdistrik, ‘n administratiewe onderafdeling van die PED. ‘Distrikbestuurder’ beteken Hoof van die distrikskantoor. ‘DBO’

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTEAfwesigheidsbeleid

Datum: 1Januarie 2012 Weergawe: 1

elektroniese administratiewe stelsel het nie, voldoende klasregisters, periode- registers en kwartaallikse verslae ontvang.

G. PROSEDURE

REGISTERS

Registers is amptelike dokumente van die Provinsiale Onderwysdepartement. Die volgende registers is van toepassing in die beleid:

a) Klasregister, wat tydelike register insluit en bygehou word deur ‘n klasonderwyser; en

b) Perioderegister, bygehou deur ‘n onderwyser.

i. Indien ‘n klasonderwyser afwesig is, moet ‘n ánder onderwyser die klasregister of perioderegister merk.

ii. Registers moet op aanvraag aan beamptes van die Provinsiale Onderwysdepartment verskaf word.

KLASREGISTER

Klasregister moet gemerk word in die klasregisterperiode elke dag volgens die instruksies in skedule

1. KLASREGISTERPERIODE

Die skool se rooster moet ‘n daaglikse registerperiode van nie meer nie as 10 minute insluit om die klasonderwyser geleentheid te gee om die register te merk. ‘n Klas- registerperiode kan geskeduleer word aan die begin van elke skooldag, en indien register twee keer geneem word, ook aan die einde van die skooldag.

TYDELIKE REGISTER

i. ‘n Tydelike register mag gebruik word vir nie langer nie as 10 agtereenvolgende skooldae, beginnende op die eerste skooldag van ‘n kwartaal (terwyl klaslyste gefinaliseer word).

ii. ‘n Tydelike register moet op dieselfde wyse hanteer word as ‘n klasregister in terme van die beleid.

iii. Wanneer die 10 dae tydperk van die tydelike register verstreke is, moet die data oorgedra word na die klasregister.

PERIODEREGISTER

Page 11: Beleide... · Web view‘Distrik’ beteken onderwysdistrik, ‘n administratiewe onderafdeling van die PED. ‘Distrikbestuurder’ beteken Hoof van die distrikskantoor. ‘DBO’

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTEAfwesigheidsbeleid

Datum: 1Januarie 2012 Weergawe: 1

‘n Perioderegister moet ten minste eenkeer per maand vir elke periode, op ‘n dag deur die hoof aangewys, geneem word. Die Hoof mag besluit om meer gereeld perioderegisters te neem om sodoende skoolbywoning te verbeter.

SKOLE MET ELEKTRONIESE ADMINISTRATIEWE STELSELS

1. ‘n Hoof van ‘n skool wat die leerders se skoolbywoningsdata op ‘n elektroniese administratiewe stelsel byhou –

a) Kan ‘n klasregister gebruik om leerders se skoolbywoning by te hou, of kan klaslyste druk en die skoolbywoning daarop afmerk;

b) Moet seker maak dat die skool se bywoning ten minste eenkeer per week op die stelsel ingelees word;

c) Moet seker maak dat ‘n harde kopie van die bywoningsregister van elke klas maandeliks ontvang word vir die vorige maand, en geteken en gestoor word vir oudit doeleindes;

d) Moet verseker dat kwartaallikse bywoningsverslae gedruk word; en e) Moet kennis neem van paragraaf 39 - 47 en dit toepas.

2. Enige bywoningsrekord of terugvoer verkry vanaf ‘n elektroniese administratiewe stelsel is ‘n amptelike dokument van die Provinsiale Onderwysdepartment.

OPVOLG VAN LEERDER AFWESIGHEID

1. Indien ‘n leerder afwesig is vir 3 agtereenvolgende skooldae sonder verskoning, moet die klasonderwyser die afwesigheid by die hoof aanmeld. Die hoof moet so spoedig moontlik ‘n poging aanwend om die ouers op die bes moontlike wyse op te spoor, in aggenome die omstandighede van die skool en die ouers betrokke.

2. Indien leerder afwesig is vir 3 agtereenvolgende skooldae, moet die hoof-

a) Die ouers inlig hoe belangrik dit is dat leerder skool bywoon; b) Die leerder se verantwoordelik om skool stiptelik en gereeld by te

woon beklemtoon, volgens die skool se gedragskode vir leerders; c) Die ouers verwittig van die wetlike implikasies volgens afdeling 3 van

SASA, indien leerder skoolpligtig is volgens ouderdom; d) Ouers inlig van die moontlikheid dat die leerder se rekord

gekanselleer kan word in die register as gevolg van aanhoudende afwesigheid;

e) Die leerder se terugkeer na die skool versoek; f) Waar nodig, die ondersteuning van die distrikskantoor ontbied; en g) Waar nodig, toetrede deur regering en nie-regerings maatskaplike-

ontwikkelingaagentskappe ontbied. 3. Indien, ten spyte van die hoof se intervensie, leerder steeds afwesig is sonder

Page 12: Beleide... · Web view‘Distrik’ beteken onderwysdistrik, ‘n administratiewe onderafdeling van die PED. ‘Distrikbestuurder’ beteken Hoof van die distrikskantoor. ‘DBO’

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTEAfwesigheidsbeleid

Datum: 1Januarie 2012 Weergawe: 1

verskoning-

a) Moet leerder aangekla word van die oortreding van die skool se gedragskode; of

b) Moet die leerder se rekord in die klasregister gekanselleer word indien die leerder afwesig is vir 10 agtereenvolgende skooldae.

4. ‘n Rekord van alle kommunikasie met leerder se ouers moet op leerder se leerder- profiel geplaas word.

KANSELLASIE VAN LEERDER SE REKORD IN DIE KLASREGISTER

1. Kansellasie van leerder se rekord in ‘n klasregister is ‘n administratiewe aksie, nie ‘n dissiplinêre aksie nie. Dit is nie dieselfde as skorsing of ontslag volgens afdeling 9 van SASA nie.

2. ‘n Leerder se rekord in die klasregister mag gekanselleer word vir een van die volgende redes:

a) Vrystelling van verpligte skoolbywoning; b) Skorsing; c) Oorplasing na ‘n ander skool; d) Registrasie van tuisonderwys; e) Aanhoudende afwesigheid; f) Kennisgewing van ouers dat leerder nie terug skool toe kom nie, of g) Afsterwe van leerder.

3. Indien ‘n leerder vir 10 agtereenvolgende skooldae afwesig is, moet die hoof ‘n redelike poging aanwend om by ouers uit te vind of leerder nog in skool is. Indien leerder uit skool is, of geen geldige rede het vir afwesigheid nie, of indien die hoof nie kan kontak maak met die ouers nie, moet die hoof die leerder se rekord kanselleer in die klasregister op grond van aanhoudende afwesigheid.

4. ‘n Dogter se rekord mag nie gekanselleer word op grond daarvan dat sy swanger is, of geboorte geskenk het nie.

5. Wanneer ‘n leerder se rekord gekanselleer is, moet die hoof skriftelik-

a) Die ouer en klasonderwyser inlig van die datum en rede van kansellasie; en

b) Die distrikskantoor van die datum en rede vir kansellasie verwittig indien leerder van verpligte skoolouderdom is.

6. Indien ‘n leerder se rekord gekanselleer is en hy/sy later weer toegelaat word tot skool, moet die klasonderwyser ‘n nuwe inskrywing in die klasregister maak.

TYDELIKE SLUITING VAN SKOOL

Page 13: Beleide... · Web view‘Distrik’ beteken onderwysdistrik, ‘n administratiewe onderafdeling van die PED. ‘Distrikbestuurder’ beteken Hoof van die distrikskantoor. ‘DBO’

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTEAfwesigheidsbeleid

Datum: 1Januarie 2012 Weergawe: 1

1. ‘n Skool mag tydelik gesluit word deur die Hoof van die Onderwysdepartment in die geval van ‘n noodsituasie volgens afdeling 16(4)(b) van SASA.

2. ‘n Skool beheerliggaam mag aansoek doen by die Hoof van die Onderwys- departement in terme van paragraaf 3.1.7 en 3.1.8 van die Nasionale

Skool- kalenderbeleid vir toestemming om die skool tydelik te sluit vir Godsdienstige herdenkings (indien meerderheid leerders van skool aan die betrokke godsdiensgroep behoort), of sport- of kulturele aktiwiteite. In beide gevalle mag die skool tydelik gesluit word vir nie meer nie as 2 dae per jaar.

3. ‘n Leerder mag nie afwesig gemerk word in klasregister op die dag wanneer skool tydelik gesluit is nie. Die instruksies in skedule 1 sluit geldige redes vir tydelike skoolsluiting in.

SKOOL KWARTAALLIKSE VERSLAG VAN SKOOLBYWONING

Die skool se kwartaallikse terugvoer van leerderskoolbywoning moet ingesamel, geverifieer en onderteken word volgens die voorbeeld voorsien in skedule 4 en moet ingehandig word by die distrikskantoor, óf elektronies óf in harde kopie, nie later nie as een week na aanvang van die volgende kwartaal.

H. DATUM VIR AANVANG VAN BELEID

Die beleid tree in werking op 01 Januarie 2012.

I. SKEDULES

Die volgende skedules maak deel uit van die beleid:

1. Klasregister 2. Perioderegister 3. Opsommingsregister van graad. Die dokument verskaf slegs leiding en is nie

‘n amptelike dokument nie. 4. Skoolkwartaal-terugvoering van leerder-afwesigheid.

Opgestel: Oktober 2012

_______________________________________________________

VOORSITTER VAN DIE BEHEERLIGGAAMSKOOLHOOF

________________DATUM

Page 14: Beleide... · Web view‘Distrik’ beteken onderwysdistrik, ‘n administratiewe onderafdeling van die PED. ‘Distrikbestuurder’ beteken Hoof van die distrikskantoor. ‘DBO’

LAERSKOOL SAAMTREK – BELEIDSDOKUMENTEAfwesigheidsbeleid

Datum: 1Januarie 2012 Weergawe: 1