Aktiwiteit 11: Ek skryf my taal - christelikemedia.org · 22 Maandag Skryf al die woorde wat met...

10
18 Aktiwiteit 10: Ek praat my taal Opdrag Bring ‘n foto van jou troeteldier van die huis af saam. Berei ‘n praatjie voor, waarin jy vir ons van hom of haar vertel. Dink aan die volgende: Watter soort dier hy/sy is Voorkoms Kos Gewoontes/maniertjies Aktiwiteit 11: Ek skryf my taal Opdrag Lees die onderstaande gedigte en kyk mooi hoe hulle geskryf is: Baie onregverdig As ek en Klein-Ras, my ou maat, heerlik op die werf rinkink, dan is hy die een wat al die kwaad bedink- Maar is dit tyd om pak te kry, spring meneertjie altyd vry. Aan hom mag niemand raak – hy word “sielkundig” grootgemaak. As sy pa aan hom durf slaan, dan pleit sy ma: “Ag, Ras, die kind se senuwees is glad gedaan.” (Sy senuwees sit blykbaar op sy bas.) Ek wens met my wou ook iets skort. Ek dink dis alles pure twak: al wat haar arme bloedjie kort,

Transcript of Aktiwiteit 11: Ek skryf my taal - christelikemedia.org · 22 Maandag Skryf al die woorde wat met...

Page 1: Aktiwiteit 11: Ek skryf my taal - christelikemedia.org · 22 Maandag Skryf al die woorde wat met ‘n “f” en ‘n “v” begin of eindig uit die artikel op die vorige bladsy

18

Aktiwiteit 10: Ek praat my taal

Opdrag

Bring ‘n foto van jou troeteldier van die huis af saam. Berei ‘n praatjie voor, waarin jy vir ons van hom of haar vertel. Dink aan die volgende:• Watter soort dier hy/sy is• Voorkoms• Kos• Gewoontes/maniertjies

Aktiwiteit 11: Ek skryf my taal

Opdrag

Lees die onderstaande gedigte en kyk mooi hoe hulle geskryf is:

Baie onregverdig

As ek en Klein-Ras, my ou maat,heerlik op die werf rinkink,dan is hy die eenwat al die kwaad bedink-Maar is dit tyd om pak te kry,spring meneertjie altyd vry.

Aan hom mag niemand raak –hy word “sielkundig” grootgemaak.

As sy pa aan hom durf slaan,dan pleit sy ma: “Ag, Ras,die kind se senuwees is glad gedaan.”(Sy senuwees sit blykbaar op sy bas.)

Ek wens met my wou ook iets skort.Ek dink dis alles pure twak:al wat haar arme bloedjie kort,

Page 2: Aktiwiteit 11: Ek skryf my taal - christelikemedia.org · 22 Maandag Skryf al die woorde wat met ‘n “f” en ‘n “v” begin of eindig uit die artikel op die vorige bladsy

19

1. Skryf nou jou eie gediggie oor een van die volgende prentjies. Jou gediggie moet 8-12 versreëls hê. Dink ook vir jou gediggie ‘n mooi naam (titel) uit. Byvoorbeeld:

Winter Bloumaandag Die wind

Stokkiesdraai Wie glo nou aan spoke... HongerWegloop Ag tog Ek wonder

Of

2. Skryf ‘n kort storie oor een van die prentjies.

Toetskoors

Een môre – wanneer was dit tog –o ja, toe ons die toets sou skryf,die oggend voel ek sommer siekmet pyne in my kop en lyf.

My ma het aan my kop gevoelen toe gesê: Ja – nee, ou Doors, ek moet bepaald die dokter kry

Die dokter het my ondersoek,my longe, ore, en my keel.Toe knik hy met sy kop vir Ma:Mevrou, ek dink ek weet wat skeel.

Hy neem sy spuit en trek dit vol,en toe raak ek opreg benoud.Hy trek die lakens weg en sê:

-Bettie Aucamp-

Page 3: Aktiwiteit 11: Ek skryf my taal - christelikemedia.org · 22 Maandag Skryf al die woorde wat met ‘n “f” en ‘n “v” begin of eindig uit die artikel op die vorige bladsy

20

Aktiwiteit 12: Ons skryf ons taalskryf ons taal

Groepopdrag

Maak ‘n lysie in jul groep van die kenmerke van ‘n advertensie. Vergelyk dit met ander groepe.

Opdrag

‘n Mens word daagliks op verskeie maniere aan kennisgewings en advertensies blootgestel: op borde in die strate, in winkels, op die televisie, in die koerante en oor die radio.

1. Ontwerp ‘n kennisgewing om die optrede van enige bekende Afrikaanse sanger of sangeres by ons skool te propageer. Die kennisgewings sal in die strate opgesit word. Die volgende is belangrik om te onhou in die beplanning en die uitvoering van die opdrag. (Gebruik ‘n A4 of hele bladsy in jou boek.)Wie? Waar? Tyd?Datum? Besprekings (telefoonnommer) Toegang?Beskrywende woorde en moontlike slagspreuke

Of

2. Maak ‘n kennisgewing van jou troeteldier wat vermis word. Die volgende is belangrik:Hoe hy/sy lyk Sy naam Sy ouderdom Sy geslag Jou adres en telefoonnommer Beloning?

Of

Page 4: Aktiwiteit 11: Ek skryf my taal - christelikemedia.org · 22 Maandag Skryf al die woorde wat met ‘n “f” en ‘n “v” begin of eindig uit die artikel op die vorige bladsy

21

3. Ontwerp jou eie advertensie om ‘n produk te verkoop. Kyk eers mooi na ‘n paar tydskrifadvertensies. Die volgende is belangrik:Hoe lyk dit? Hoe voel dit? Wat maak dit spesiaal?Wie sal dit wil koop? Waarvoor word dit gebruik?

Aktiwiteit 13: Ons pas ons taal toe

Opdrag

1. Omkring al die werkwoorde in die gediggie wat jy geskryf het.2. Onderstreep die selfstandige naamwoord in jou gediggie met ‘n pers kleurkryt.3. Omkring al die byvoeglike naamwoorde met ‘n groen kleurkryt.4. Ondersteep al die bywoorde met ‘n pienk kleurkryt.

Aktiwiteit 14: Ons oefen ons spelling

Maar in die spitsverkeer vorder jy elke paar minute net so ‘n tree of twee. Maar jy kry nie ‘n senu-in-storting nie. Jy klim net uit jou mo-

y brand om by die huis te kom . . . die kinders wag,die kosmoet gemaak word, en jy kryvanaand nog gaste ook.

J

tor, vou hom op en dra hom onder die arm terwyl jy gou aanstap huis toe.Klink dit onmoontlik? Nie volgens Josjimi Kanemoto van Mazda nie. Hy het onlangs sy geesteskind, die opvou-motor, bekend gestel. Die “koffermotor”, wat maar 80cm by 60cm is as hy opgevou is, is ‘n kompakte vierwielmotor met een sitplek. Hy is binne ‘n minuut pad-vaardig.Dit het R4 500 gekos om hom te maak. Hy word aangedryf deur ‘n spesiaal ontwerpte tweeslag een-silindermotor - tot ‘n snelheid van 30 km/h.Die ontwerp het die eerste prys gewen in ‘n kompetisie deur Maz-da om sy werkers aan te spoor om met oorspronklike idees vorendag te kom. Josjimi en sy ses assis-tente het ‘n motor ontwerp wat in spitsverkeer opgevou en na ‘n still-er pad gedra kan word.Hy sê die motor kan nie op ‘n snel-weg gebruik word nie, maar is net die eerste stap na ‘n werklik prak-tiese opvoumotor. Volgens Mazda is hul nie van plan om die voertuig vir massagebruik te vervaardig nie.Josjimi het egter groot planne vir die toekoms. Hy wys daarop dat jy die motor byvoorbeeld op die vliegtuig kan neem as deel van jou bagasie, en gebruik as jy by jou bestemming aankom. Die moontlikhede is legio.

Page 5: Aktiwiteit 11: Ek skryf my taal - christelikemedia.org · 22 Maandag Skryf al die woorde wat met ‘n “f” en ‘n “v” begin of eindig uit die artikel op die vorige bladsy

22

Maandag

Skryf al die woorde wat met ‘n “f” en ‘n “v” begin of eindig uit die artikel op die vorige bladsy neer.

Dinsdag

Trek ‘n tabel in jou werkboek en lys die “v”- en “f”-woorde afsonderlik.

Woensdag

Trek die blokkiesraaisel oor in jou boek. Voltooi dit deur die ontbrekende woorde in te vul wat met ‘n “f” of ‘n “v” begin of eindig.

1. My neef is _______ van my.2. Die hoender se vlerk het ‘n groot ___.3. Motors word in ‘n __________ vervaardig.

Skelm kykies en laggies. Fliek en Flikvlooi So lyk vrolike feetjies

Skoolpouses en maatsEn verlange na vakansiedae.

So sê fraai Frans

VERNIETVERFRISSENDEVRUGTENEKTAR

Bewapen jouself die somer teen die dors, met Fruitree se heerlike gekonsentreerde vrugte-nektar. Voeg net water by die een of twee liter-bot-tels en maak tot ses liter verfrissende vrugtesap! Fruitree se gekonsen-treerde vrugtenektar is landwyd by afdelingswin-kels....

Page 6: Aktiwiteit 11: Ek skryf my taal - christelikemedia.org · 22 Maandag Skryf al die woorde wat met ‘n “f” en ‘n “v” begin of eindig uit die artikel op die vorige bladsy

23

5. As ‘n mens saggies praat, ________ hy.6. Sy hare is te lank, daarom hang sy ________ in sy oë.

Donderdag

Kyk na die prentjies en skryf dan die name neer. Maak seker of dit ‘n “f” of ‘n “v” is.

Vrydag

Skryf die volgende woorde neer en vul met twee verskillende kleure die ontbrekende “f” of “v” in sodat die woord reg gespel is.

__lag __ilm __aal __iets

1 2

3

4

5

6

Page 7: Aktiwiteit 11: Ek skryf my taal - christelikemedia.org · 22 Maandag Skryf al die woorde wat met ‘n “f” en ‘n “v” begin of eindig uit die artikel op die vorige bladsy

24

__luks __rugte tele__oon __is__uur __yn __eetjie __out__lik __looi __lous __ladder __raai

Suid-Afrika se gewildste pasta, opgedis op seker ses keer meer gedekte tafels as enige ander pasta.

Tog was dit nie altyd so nie. Giacomo en Pietro Moni het in 1904 hier aangekom uit hul familietuiste in Noord-Italië, en teen 1906 voorsien hulle Italianers van lekkertes soos macaroni, olywe en wyn.

Luigi Fatti het ‘n paar jaar tevore hier-heen verhuis. Teen 1897 was hy die trotse

skappy.

Die hewige mededinging tussen die twee Italiaanse families het mettertyd al hoe meer toegeneem totdat hulle in 1925 saamgespan het en hulle stig toe die United Macaroni Factories.

-skeidenheid pastas. Hulle is almal gemaak van 100% Durumkoring, vitamienverryk of beskikbaar met eier, spinasie of tama-tie.

Pasta is ‘n eenvoudige gereg vinnig berei. Maar dit het jare geneem om die resep te skep. Dié wil om net die beste te produ-seer, sorg dat so lank daar ‘n behoefte is

sal daar ‘n aanvraag wees vir die pasta van Luigi Fatti, Giacomo en Pietro Moni.

Die pasta van Luigi Fatti, Giacomo en Pietro Moni

PASTA AL DI MARE Genoeg vir vier tot ses mense

Spaghetti of Vermicelli. 350 g broccoli, gekap. 60 ml olyfolie. 2 huisies knoffel,

gekerf. 2 soet rooirissies, gekerf. 250 g steurgarnale, afgedop en skoongemaak. Sout en varsgemaalde swartpeper.Metode:1. Kook pasta volgens aanwysings op pak - dreineer en meng met bietjie olie.2. Blansjeer broccoli in kookwater tot net sag maar nog steeds kraaklekker.3. Verhit olie in ‘n braaipan en braai knoffel, ansjovis en rooirissie stadig vir 30 sekondes. Voeg steurgarnale en dan broccoli by. Verhit tot steurgarnale gaar is. Roer in pasta in. Geur na smaak. Dien dadelik op.

Page 8: Aktiwiteit 11: Ek skryf my taal - christelikemedia.org · 22 Maandag Skryf al die woorde wat met ‘n “f” en ‘n “v” begin of eindig uit die artikel op die vorige bladsy

25

Maandag

Skryf al die “f”- en “v”-woorde uit die artikel oor pasta op die vorige bladsy neer. Die “v” kan slegs aan die begin en in die middel van die woorde voorkom.

Dinsdag

Skryf die volgende sinne met slegs die woord wat reg gespel is neer.

2. Ons (familie / vamilie) verkies liewers ‘n (druif / druiv) as ‘n (olyf / olyv).3. Jy moet (knovvel / knoffel) (vyn / fyn) kerf (voordat / foordat) jy dit in die gereg

gebruik.4. Mnr. Fatti het hierheen (ferhuis / verhuis) en het gesukkel om (huisfesting /

huisvesting) te kry.

6. (Ferhit / Verhit) jou (stoov / stoof) se oond (voordat / foordat) jy die gereg gaan bak.

Woensdag

Skryf die dae van die week en die maande van die jaar wat ‘n “f” of ‘n “v” in het, neer.

Donderdag

Skryf die sinne oor en vul die ontbrekende letter in met ‘n kleurpotlood.

1. Die __lermuis __ladder teen die __ensterruit.2. Die __eetjie __lik__looi en __lous die __arkies.3. Dit het __lussies en nie in die __erlede gebeur nie.4. __rits het die huis ge__ynkam vir sy __ietspomp.5. Daar is niks __out met die __rag __rugte nie, die __eselperskes en __ye is heerlik

__ars.

Vrydag

In die woordblok (sien addendum, bl 74) kruip ‘n hele klompie “f”- en “v”-woorde weg. Kleur die blokkies netjies in met jou kleurpotlode.

Verrykte werk

Skryf die woorde met die regte spelling neer.

Piet werk __lytig in die tuin. In die __abriek word __ietse gemaak. Ek hou van

Page 9: Aktiwiteit 11: Ek skryf my taal - christelikemedia.org · 22 Maandag Skryf al die woorde wat met ‘n “f” en ‘n “v” begin of eindig uit die artikel op die vorige bladsy

26

__erhale waarin __eetjies en kaboutertjies optree. Kinders moet hulle altyd __atsoenlik gedra. Die mot __ladder om die lig. Die ondeunde Jan trek Sannie se __legsel wanneer sy anderpad kyk. Nadat die de__tige dame sappige __rugte geëet het, spoel sy haar __ingers in die __ingerbakkie af. Jy moet jou speelgoed uit die sitkamer __erwyder __oor die gaste opdaag. Die handelaar probeer my __lous deur die ou rammelkas aan my af te smeer. Die __oortrekkers dra __akkels in die optog na die gedenkteken. Oupa __ertroetel sy enigste kleinkind. Dit sal barbaars wees om die ge__angene langer te __olter.

1. Slaan in ‘n Afrikaanse verklarende woordeboek die betekenisse van die volgende woorde na:

2. Gebruik die woorde nou in jou eie sinne sodat die betekenis daarvan duidelik blyk.

Taalvasvat

1. Selfstandige naamwoorde

• Dit is woorde wat ‘n naam gee aan persone, dinge, plekke, riviere, berge, lande, weeksdae, maande, ensovoorts.

• Ons het reeds van twee soorte geleer:1. eiename:

Dit is die name van mense, hul vanne, lande, dorpe, stede, plekke, maande, Piet Meiring

woon in Bloemfontein, Suid-Afrika. Hy verjaar hierdie jaar op Woensdag28 Maart.

2. soortname:Dit is die name van voorwerpe of dinge. Hierdie woorde kan meestal ‘n meervoud of verkleining kry. Byvoorbeeld; potlood > potlode > potloodjie

2. Byvoeglike naamwoorde

• Dit is die woorde waarmee die selfstandige naamwoorde beskryf word: Byvoorbeeld: slim Piet, klein potloodjie

• As ons hierdie beskrywende woorde sterk wil uitdruk, gebruik ons intensiewe vorme soos: klein > piepklein, swart > pikswart

3. Werkwoord

• Dit is ‘n woord wat ‘n handeling aandui: loop, swem, staan.• Daar is drie tye van die werkwoord:

1. Verlede tyd: (gister) Hy het geloop.2. Teenwoordige tyd (hede): (nou) Hy loop.

Page 10: Aktiwiteit 11: Ek skryf my taal - christelikemedia.org · 22 Maandag Skryf al die woorde wat met ‘n “f” en ‘n “v” begin of eindig uit die artikel op die vorige bladsy

27

3. Toekomende tyd: (môre) Hy sal loop.• Woordjies soos “het” en “sal” wat saam met die werkwoord gebruik word,

noem ons hulpwerkwoorde.

4. Bywoord

• Dit is woorde wat vir ons meer sê van die werkwoord. Byvoorbeeld wanneer, hoe of waar dit gebeur het of gedoen word.

Leseenheid 8

Aktiwiteit 1: Kom ons luister

Opdrag

Luister na die volgende noodhulpwenke (sien addendum, bl 75) vir wanneer iemand by jou sy/haar arm gebreek het. Jy moet later demonstreer wat die stappe is wat jy sal volg om so persoon te help totdat hy/sy by ‘n dokter is.

A 1. Verdeel in groepe van drie en maak beurte om te demonstreer wat jy sal doen indien iemand sy/haar arm gebreek het.

2. Die derde persoon gebruik elke keer die kontrolevorm en skryf daarop neer watter stappe jy volg:

Kontrolevorm Naam:_______________________

Stappe om pasiënt met gebreekte arm te help1.2.3.4.5.6.

B 1. Wat kan jy doen indien daar nie ‘n verband beskikbaar is nie?2. Waarom dink jy moet jy ‘n stuk sagte verband tussen die pasiënt se gebreekte

arm en sy liggaam plaas?