6141390 FAKS: 086 5447251 EPOS: Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Januarie...

8
Hoërskool Montagu Maandbrief : Januarie 2020 Gr. 9 WKOD Sistemiese Toetse: Die pas vrygestelde uitslag van die WKOD Sistemiese toetse van die graad 9 klas van 2019 vergelyk goed met vorige jare se uitslae in Wiskun- de en Taalvaardighede. Daar kan in die toekoms ook na goeie Matriek- uitslae uitgesien word. Ons graad 9 groep het toetse onder gekon- troleerde omstandighede geskryf, wat ekstern nagesien is. Die groep behaal 58% in Wiskunde (dit is 36% bo die provin- siale gemiddeld) en 78% in Afrikaans (dit is 25% bo die provinsiale gemiddeld) . JAARLEUSE 2020: RAP: Respek, Aanpasbaarheid en Positiewe denke H/S MONTAGU POSBUS 85 MONTAGU 6720 TEL: 023-6141390 FAKS: 086 5447251 EPOS: [email protected] WEB: www.hsmontagu.co.za Geagte Ouers/Voogde, Leerders en Ondersteuners Die nuwe jaar is volstoom aan die gang. Graag bring ek die volgende onder u aandag: Akademie Matriekuitslae 2019: Ons graad 12-klas van 2019 het baie goeie rekenskap van hulself gegee. Drie leerders slaag met onderskeidings. Ons top 5 kandidate is soos volg: 1. Henry Viljoen (8 Onderskeidings en 89% gemiddeld) 2. Shalomé Neethling (6 Onderskeidings) 3. Ferdi Coetzee (6 Onderskeidings) 4. Leon Ellis (3 Onderskeidings) 5. Isobel Telford (3 Onderskeidings) Uit die klas het 14 leerders met B-gemiddeldes geslaag en ‘n verdere 25 leerders slaag met ‘n gemiddeld van bo 60%. Die leerders het gemiddeld 4,3% beter gevaar in die bevorde- ringseksamen, as in die interne September-eksamen. Die leerders voldoen 87% daaraan om by ‘n tersiêre inrigting te studeer. Altesaam 56 A-vaksimbole word behaal . Ons is saam met die leerders en hulle ouers baie trots op die puik uitslae van 2019. Dit is ‘n bewys dat die akademiese standaard van die skool baie goed is en dat leerders onderrig van ‘n baie hoë gehalte ontvang.

Transcript of 6141390 FAKS: 086 5447251 EPOS: Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Januarie...

Page 1: 6141390 FAKS: 086 5447251 EPOS: Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Januarie 2020.pdf · 2020-02-07 · jare se uitslae in Wiskun-de en Taalvaardighede. Daar kan

Hoërskool Montagu Maandbrief : Januarie 2020

Gr. 9 WKOD Sistemiese

Toetse:

Die pas vrygestelde

uitslag van die WKOD

Sistemiese toetse van die

graad 9 klas van 2019

vergelyk goed met vorige

jare se uitslae in Wiskun-

de en Taalvaardighede.

Daar kan in die toekoms

ook na goeie Matriek-

uitslae uitgesien word.

Ons graad 9 groep het

toetse onder gekon-

troleerde omstandighede

geskryf, wat ekstern

nagesien is. Die groep

behaal 58% in Wiskunde

(dit is 36% bo die provin-

siale gemiddeld) en 78%

in Afrikaans (dit is 25%

bo die provinsiale

gemiddeld) .

JAARLEUSE 2020: RAP: Respek, Aanpasbaarheid en Positiewe denke

H/S MONTAGU POSBUS 85 MONTAGU 6720 TEL: 023-6141390 FAKS: 086 5447251 EPOS:

[email protected] WEB: www.hsmontagu.co.za

Geagte Ouers/Voogde, Leerders en Ondersteuners

Die nuwe jaar is volstoom aan die gang. Graag bring ek die

volgende onder u aandag:

Akademie

Matriekuitslae 2019: Ons graad 12-klas van 2019 het baie

goeie rekenskap van hulself gegee. Drie leerders slaag met

onderskeidings.

Ons top 5 kandidate is soos volg:

1. Henry Viljoen (8 Onderskeidings en 89% gemiddeld)

2. Shalomé Neethling (6 Onderskeidings)

3. Ferdi Coetzee (6 Onderskeidings)

4. Leon Ellis (3 Onderskeidings)

5. Isobel Telford (3 Onderskeidings)

Uit die klas het 14 leerders met B-gemiddeldes geslaag en ‘n

verdere 25 leerders slaag met ‘n gemiddeld van bo 60%. Die

leerders het gemiddeld 4,3% beter gevaar in die bevorde-

ringseksamen, as in die interne September-eksamen.

Die leerders voldoen 87% daaraan om by ‘n tersiêre inrigting

te studeer. Altesaam 56 A-vaksimbole word behaal .

Ons is saam met die leerders en hulle ouers baie trots op die

puik uitslae van 2019. Dit is ‘n bewys dat die akademiese

standaard van die skool baie goed is en dat leerders onderrig

van ‘n baie hoë gehalte ontvang.

Page 2: 6141390 FAKS: 086 5447251 EPOS: Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Januarie 2020.pdf · 2020-02-07 · jare se uitslae in Wiskun-de en Taalvaardighede. Daar kan

2020 MONTIES KLEURBYEENKOMS:

Hierdie jaar se kleurgroepe het weer gesorg vir ‘n atletiekfees vir die oog – en vir

die oor! Daar is egter baie hard gewerk in die rooi- en groen-kamp: Mnr. Olivier

en mev. Salomé Burger het hul troepe al einde 2019 in die werk gesteek. Daarom

kon die dirigente van albei spanne die toeskouers vermaak en beïndruk met hul

spanne se gees en sangvernuf.

Die Rooispan en die Groenspan se getalle was vanjaar weer baie gelyk en daar-

om was die kompetisie van die begin af baie kompeterend. 2020 sal onthou

word as die jaar met baie reën vooraf en heerlike weer. Daarom dalk dat die at-

lete hulself so kon inspan - dit was pragtige atletiek.

Die Veelsydigste seun wat die meeste punte vir sy span verower het, was

Rossouw Kriel en die veelsydigste dogter was Stefanie Burger .

Beon Hartnick, het die gesogte trofee verower as Senior Victor Lodorum

en die Junior Victor Lodorum behoort aan Mattwin Christoffels.

By die dogters het Stefanie Burger die Junior Victrix Lodorum verower

en Suné den Engelsman die Senior Victrix Lodorum.

Die beste prestasie van die dag was 778 punte werd, wat deur Jaco Kriel

verower is met sy 100m-prestasie wat reeds in die uitdunne opgestel is.

Die Build It-toekenning: “Move it - move it” het vanjaar aan Ambrosa Tabata

gegaan.

2

Page 3: 6141390 FAKS: 086 5447251 EPOS: Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Januarie 2020.pdf · 2020-02-07 · jare se uitslae in Wiskun-de en Taalvaardighede. Daar kan

3

Drie rekords is verbeter:

Rossouw Kriel verbeter die seuns 0/14 se 300m hekkies met ’n tyd van 50,14s (dit was 'n 2013-rekord van Jaco Joubert). Vernill Okkers verbeter die seuns 0/14 100m met 12.50s ( vorige 2015-rekord van Jacobus Uys). Stefanie Burger ver-beter die dogters o/14 hoogspring rekord met 1,48m ( vorige 1997-rekord van Louise Conradie).

En dan het die groot

toekennings gegaan aan:

Pawiljoenbeker en

Spanbeker: Groenspan

Die sukses van die byeenkoms word egter ook bepaal deur die beskikbaarheid van

die beamptes: tydhouers, uitvangers, skrywers, meters, mense wat regskuif,

aankondig en uitroep. Daarvoor wil ons die 28 ouers en oudleerders baie dankie

sê. Baie dankie ook aan die 35 leerders wat as hulp-beamptes opgetree het, die

ekstra hande by die snoepie en almal wat gehelp het om kos aan te dra en help

verseker het dat alle toerusting uitgepak en opgeruim word.

Daar was baie komplimente vir ons leerders se gedrag op en van die veld af. Die

sang was uitstekend en ’n ware skouspel vir dit waarvoor die Monties bekend

staan. Ook aan die altete wat met oorgawe deelgeneem het én onthou het om die

beamptes te bedank: ons waardeer jul mooi ingesteldheid.

Page 4: 6141390 FAKS: 086 5447251 EPOS: Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Januarie 2020.pdf · 2020-02-07 · jare se uitslae in Wiskun-de en Taalvaardighede. Daar kan

Tennis:

Die eerste span het aan die Afslaan-toernooi by HS Strand deelgeneem. Hulle het puik tennis gespeel en die dag baie geniet.

Die 1ste, 2de en 4de spanne het

verlede Vrydag hul eerste wedstryde

van die 2020 seisoen gespeel. Die

Monties het gewys dat die ander

skole vanjaar katvoet moet loop vir

ons tennisspanne!

Die 1ste en 4de spanne het teen Worcester Gimnasium gespeel. Al 4 hierdie

spanne wen Worcester Gimnasium oortuigend.

Die 2de span het teen Robertson Hoërskool se 1ste span gespeel. Die meisies

wen, maar die seuns verloor.

Ons het baie goeie nuus ontvang!

Sylvester Moses is in die 0/18 Boland Kavaliers Platteland tennisspan opgeneem.

Baie geluk Sylvester!

4

Toelating: Leerders 2021

Toelating van nuwe leerders vir 2021 open op 17 Februarie 2020 en sluit op 17 Maart

2020. Dit is belangrik om daarop te let dat daar slegs ’n beperkte aantal plekke

beskikbaar is in elke graad.

Volledige aansoeke wat tydens die eerste rondte ontvang word en waarvan die vor-

deringsverslag aandui dat die aansoeker oor die potensiaal beskik om te vorder én

die ouderdom binne die grense vir die betrokke graad is, geniet voorkeur.

Indien u bewus is van graad 7 leerders wat vir 2021 in graad 8 wil aansoek doen by

hierdié skool, moet u hulle asseblief aanmoedig om dit betyds te doen. Plekke is

beperk!

Valentynsdans : Op 31 Januarie 2020 was ons valentynsdans. Dit was ‘n in-

formele dans gewees en die tema was Mexican fiesta. Daar was 120 kaartjies

beskikbaar en dit het sommer vinnig uitverkoop. Almal het die aand geniet en die

dansvloer was die hele aand vol. Baie geluk aan die senior VRL wat die aand ‘n

groot sukses gemaak het. Baie dankie aan Dirk Louw van der Westuizen wat die

musiek gemaak het. Baie dankie ook aan die personeel wat hul tyd opgeoffer het

om diens te doen by die dans.

Page 5: 6141390 FAKS: 086 5447251 EPOS: Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Januarie 2020.pdf · 2020-02-07 · jare se uitslae in Wiskun-de en Taalvaardighede. Daar kan

5

CSV: Op 16 Janua-rie het 61 kring-leiers, onder die lei-ding van ds. Hannes Ries en mnr. Pieter Booysen, deelge-neem aan ‘n oplei-dingsgeleenheid. Vanjaar is Marlee- Steyn en John Wright onderskei-delik die voorsitter en onder-voorsitter van ons CSV-tak. Shanna-Lee Plaait-tjies is die Graad 12 verteenwoordiger en Ankia Ellis is die Graad 11 verteen-woordiger.

Leerdergetalle: Ons leerdertal vir 2020 is konstant.

Die getalle in die onderskeie grade is as volg:

Graad 12 - 91

Graad 11 – 128

Graad 10 - 108

Graad 09 - 97

Graad 08 - 107

Totaal: 531

Junior VRL: Graad 8

Baie geluk aan die volgende graad 8 VRL-lede wat ver-

kies is: Nina Beukes, Stefanie Burger, Rossouw Kriel,

Lyzé Pekeur, Jessica Schoeman en Franco Stemmet.

Mag dit vir julle ‘n wonderlike ervaring wees!

Krieket: Ons 1ste krieketspan het teen Worcester Hub gespeel. Worcester Hub kolf eerste en teken 83 lopies aan, almal uit. Ons beste bouler was Mikyle Micheals met 3 paaltjies vir 11 in 4 beurte. Ons teken 85 lopies vir 9 paaltjies aan. Ons beste kolwer was Cobus Nel met 19 lopies. Montagu wen die wedstryd met een paaltjie. 0/15 Krieket: Montagu teen Esselenpark Sekondêr. Montagu wen die loot en besluit om eerste te kolf. Ons teken 136 vir 8 aan in ons toegelate 20 boulbeurte. Ons beste kolwers is Willem Nel met 40 (wat 5 sesse bevat!) en Rajhal Wewers met 28 lopies. Ons boulers boul uitstekend en haal vir Esselen Park uit vir 59 lopies. Ons beste boulers is Willem Nel met 4 paaltjies vir 2 lopies en Rajhal Wewers met 3 paaltjies vir 5 lopies. Willem Nel behaal 'n drie kuns (hat trick) in die wedstryd met sy boulwerk. Baie geluk Willem! Ons wen dus die wedstryd met 77 lopies.

V.l.n.r. Ankia Ellis (graad 11 verteenwoordiger), Shanne-Lee Plaatjies (Graad 12 verteenwoordiger), Ds. Hannes, John Wright (Ondervoorsitter) en Marlee-Steyn (Voorsitter).

CSV 2020

Page 6: 6141390 FAKS: 086 5447251 EPOS: Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Januarie 2020.pdf · 2020-02-07 · jare se uitslae in Wiskun-de en Taalvaardighede. Daar kan

Skoolgelde

Die skool is ‘n Kwintiel 4, artikel 21, skoolgeld beta-

lende skool, daarom is die betaling van skoolgelde

noodsaaklik en volgens wetgewing verpligtend. Die

skool se finansies word bestuur volgens ‘n

goedgekeurde begroting en die finansiële posisie van

die skool is gesond, daarom kan die skool ‘n volledige

opvoedkundige program aan die leerders bied.

Namens die Beheerliggaam wil ek die volgende

reëlings aan u deurgee:

Daar bestaan geen departementele subsidies vir skool-

gelde nie. Ouerhuise kon op die toepaslike

aansoekvorm aansoek doen om gedeeltelike

vrystelling van skoolgelde. Ouers bly verantwoordelik

vir die volle skoolgelde, totdat ‘n volledig voltooide

aansoekvorm by die skool ingehandig is.

Maandelikse paaiemente is betaalbaar vanaf Januarie

tot November 2020. Vanaf die einde van Februarie

word daar maandeliks ‘n skoolfondsrekening uitge-

stuur. Die bedrag verskuldig vir die volle jaar sal op

die rekening verskyn, asook die uitstaande bedrag wat

onmiddellik betaalbaar is.

Alle skoolgelde word by die sekretaresse inbetaal.

Alle navrae in verband met skoolgeldrekeninge word

deur mev. Liezl Lewis hanteer (Maandae tot Vrydae

07:30-14:00).

Gedragskode (Skoolreëls) vir

Leerders

Die gedragskode vir

2020 is aan die begin

van die jaar met elke

leerder in die skool

behandel en elkeen het

'n afskrif daarvan

ontvang. Daar word van

die onderwyspersoneel

en leerlingleiers verwag

om die gedragskode toe

te pas en afwykings

dadelik aan te spreek.

Oor die algemeen kom

die groter meerderheid

van ons leerders die ge-

dragskode nougeset na.

Ongelukkig is daar altyd

leerders wat sukkel om

binne 'n stelsel te werk

om instruksies of voor-

skrifte na te kom. Ek wil

'n beroep op ouers doen

om toe te sien dat hulle

kinders se skool- en

sportdrag te alle tye

korrek is en dat dit

duidelik gemerk is.

Kledingstukke wat verlê

word se eienaars kan

meestal nie opgespoor

word nie en gaar dan by

die sekretaresse op. Ons

verwag dat ons leerders

daagliks reg geklee en

gehoorsaam is aan die

riglyne, soos vervat in

die gedragskode van die

skool.

6

Page 7: 6141390 FAKS: 086 5447251 EPOS: Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Januarie 2020.pdf · 2020-02-07 · jare se uitslae in Wiskun-de en Taalvaardighede. Daar kan

Baie geluk aan Dirk-L o u w v a n d e r Westhuizen wat in die 0/19 Boland Pere-grines se 7's rug-byspan opgeneem is. Hulle het deelgeneem aan die Dubai Interna-tional 7's. Hulle behaal die uitsonderlike pres-tasie deur as die toer-n o o i k a m p i o e n e gekroon te word. Baie geluk Dirk-Louw!

MEKKA 2020

Ons nooi alle ouers/voogde uit om die skool se jaarlikse kultuuraand te ondersteun. Dit vind plaas volgende week, 12 Februarie, in die skoolsaal om 18:30.

Kaartjies kos R10.00 en is beskikbaar by Mev.. van Niekerk by die skool of by Nadine van Zyl. Moenie uit mis nie!

Landsdiens is “Groot” by Hoërskool Montagu!

Eben Carstens, Franco Hugo, Zindi van Zyl en Tanika Crafford het die geleentheid gekry om die Nasionale Landsdienskamp in Gauteng by te woon. Eben het ook as die Wes-Kaap se leier vir Graad 8 en 9 opgetree.

Tydens hierdie week het hul baie reën gekry en die kampterrein het gevloed waar hulle gebly het. Maar dit het hul nie onder gekry om verskillende aktwiteite te doen en so ook van die skatte van Gauteng te be-soek nie.

Baie geluk aan hierdie leerders wat die Wes-Kaap ver-teenwoordig het by die Nasionale Kamp. Tydens hierdie week is daar ook twee van ons leerders gekies om 'n jeugberaad later in 2020 by te woon. Baie geluk aan Zindi van Zyl en Phillip Olivier met die besondere prestasie. Phillip was 'n reserwe vir die kamp, maar het in 2019 'n besondere bydrae gelewer tydens kampe en dit het verseker dat hy vir die jeugberaad gekies is.

Hoërskool Montagu se Landsdiensklub sien uit na ‘n aktiewe jaar waar die vier liefdes van Landsdiens uitgeleef sal word: Liefde vir God, liefde vir die natuur, liefde vir medemens en die liefde vir arbeid. Ledegeld van R100 is betaalbaar by Mev. Beets.

BK 2020 ontspan saam.

7

Page 8: 6141390 FAKS: 086 5447251 EPOS: Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Januarie 2020.pdf · 2020-02-07 · jare se uitslae in Wiskun-de en Taalvaardighede. Daar kan

Jeugleiers-konferensie

Anke le Grange het die af-

gelope vakansie Die Burg-

er se Jeugleierskonferen-

sie in Kaapstad bygewoon.

Sy is een van slegs 25 Dog-

ters uit die hele Wes-, Oos-

en Noord-Kaap op dié se-

minaar.

Dit is vanjaar die 23 ste ag-

tereenvolgende jaar dat ‘n

leerderleier van ons skool

gekies is, vir dié seminaar.

SKOOLKOOR

Ons skoolkoor is reeds be-

sig om te oefen. Ons is

bevoorreg dat mnr. Jaco

Beeslaar steeds ons

koorafrigter is. Mev. Mara-

ja Badenhorst tree vanjaar

op as hulp-afrigter. Oefe-

ninge vind Maandae plaas.

PERSONEEL Ons is dankbaar om die jaar met ‘n voltallige personeel te

begin. Drie nuwe personeellede het by ons aangesluit.

Mev. Immelman gee Wiskunde vir die Gr. 8 en 9 klasse.

Mnr. King is verantwoordelik vir die Rekenaars Gr. 8 en 9,

asook RTT Gr. 10 tot 12. Mev. Badenhorst gee Skeppende

Kuns vir die Gr. 8 en 9 klasse, asook Visuele Kuns vir Gr. 10

tot 12. Ons wens hulle ‘n lang en gelukkige verbintenis met

H/S Montagu toe.

Ons is bevoorreg om goed opgeleide onderwysers met harte

vir die onderwys en ons leerders aan te stel en in diens te

hê. Mag 2020 vir almal betrokke by H/S Montagu baie

geseënd wees!

Belangrike datums : Februarie 2020

05: Junior VRL : Leesdag uitreiking

07-08:Noodhulp Opleiding

08: Sone Atletiek

12: Mekka Kultuuraand

14: Valentynsdag – “Sivvie Dag”

14-15: Noord-Boland Atletiek: Worcester

15: Monties Gholfdag

17: Interskole Gholf (tuis)

17: Toelatings vir 2021 open

18: Interskole 0/15 Krieket (tuis)

19: Interskole Dogters Krieket (tuis)

20: Interskole 0/19 Krieket (weg)

21-22: Boland Atletiek

24: Opedag graad 07 leerders:

Leerders 16:00 en Ouers 19:00

27: Mini-Eksamen Begin

MONTIE GROETE.

SKOOLHOOF: MNR. TERTIUS PRINS 8

Tennis: Anro Nel

Anro het erkenning vir sy puik tennis

gekry deur verkies te word as ’n

baljoggie tydens die groot wedstryd

tussen Roger Federer en Rafael

Nadal op 7 Februarie in Kaap-

stad. Baie geluk Anro, jy verdien dit!

Ons sal in die volgende maandbrief

volledig verslag doen hieroor en oor

sy tennis vordering.