2017 Ons leef die Woord!...19:00 in die konferensielokaal. Prof. Louis Jonker van die US Fakulteit...

4
2017 Ons leef die Woord! Tema vir Maart: “Leef die Woord!” Jakobus 1 : 22 – “Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself.” 05 Maart Dr. Daniël de Wet NAGMAAL Verwelkoming en aankondigings Spreekbeurt GELUKSOORD Toetrede LB 176 : 1 Votum en Seëngroet Lofsang LB 184 : 1, 2, 3 en 4 Kindertyd Moets en moenies(Junior Kategese verdaag na hul klassies) Gebed Skriflesing Spreuke 9 : 1 - 18 Boodskap Gevoed met die regte kosGeloofsbelydenis Nagmaalslied LB 303 : 1 Nagmaal Gebed Offergawes Slotlied LB 280 : 1, 2 en 3 Seën Amen LB 314 Deuroffer Geluksoord Vorige Week CWSA Stb Kindersorg R3 327.00 Vandag is die TWEEDE LYDENSWEEK Vanaand is Huiskerk by Huis Horison om 19:00 gelei deur Dr. Daniël de Wet Datum Tyd Hierdie week se aktiwiteite Verjaarsdae Sondag 05 09:00 10:40 10:40 10:40 19:00 Gebedsbyeenkoms Tee (Wyk 17) Gebedsbyeenkoms in Moederskamer Senior Kategese Huiskerk by Huis Horison Maandag 06 Cindy Schreuder Maria Claassens Dinsdag 07 09:00 10:00 Bybelstudie in Konsistorie Gebedsbyeenkoms in Konsistorie Andrea Daniels (HH) Sandra Coetsee Chris van der Merwe Woensdag 08 10:00 11:00 Stellenoord Bybelstudie Geluksoord Biduur Gerrit Human Elois van den Berg Donderdag 09 07:45 19:00 Seniorburger-uitstappie Breërivier Selfdegeslag verhoudings gesprek Roné Erwee Hetta Steyn Vrydag 10 Zani Marais (HH) Saterdag 11 Trevor Britz

Transcript of 2017 Ons leef die Woord!...19:00 in die konferensielokaal. Prof. Louis Jonker van die US Fakulteit...

Page 1: 2017 Ons leef die Woord!...19:00 in die konferensielokaal. Prof. Louis Jonker van die US Fakulteit Teologie sal die gesprek lei. Die idee van die gespreksaand is dat ons goed na mekaar

2017

Ons leef die Woord!

Tema vir Maart: “Leef die Woord!”

Jakobus 1 : 22 – “Julle moet doen wat die woord sê en dit nie

net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself.”

05 Maart – Dr. Daniël de Wet

NAGMAAL

Verwelkoming en aankondigings Spreekbeurt GELUKSOORD Toetrede LB 176 : 1 Votum en Seëngroet Lofsang LB 184 : 1, 2, 3 en 4 Kindertyd “Moets en moenies” (Junior Kategese verdaag na hul klassies) Gebed Skriflesing Spreuke 9 : 1 - 18 Boodskap “Gevoed met die regte kos” Geloofsbelydenis Nagmaalslied LB 303 : 1 Nagmaal Gebed Offergawes Slotlied LB 280 : 1, 2 en 3 Seën Amen LB 314

Deuroffer Geluksoord

Vorige Week

CWSA Stb Kindersorg R3 327.00

Vandag is die TWEEDE

LYDENSWEEK

Vanaand is Huiskerk by Huis Horison

om 19:00 gelei deur Dr. Daniël de Wet

Datum Tyd Hierdie week se aktiwiteite Verjaarsdae

Sondag – 05 09:00

10:40

10:40

10:40

19:00

Gebedsbyeenkoms

Tee (Wyk 17)

Gebedsbyeenkoms in Moederskamer

Senior Kategese

Huiskerk by Huis Horison

Maandag – 06 Cindy Schreuder

Maria Claassens

Dinsdag – 07 09:00

10:00

Bybelstudie in Konsistorie

Gebedsbyeenkoms in Konsistorie

Andrea Daniels (HH)

Sandra Coetsee

Chris van der Merwe

Woensdag – 08

10:00

11:00

Stellenoord Bybelstudie

Geluksoord Biduur

Gerrit Human

Elois van den Berg

Donderdag – 09 07:45

19:00

Seniorburger-uitstappie – Breërivier

Selfdegeslag verhoudings gesprek

Roné Erwee

Hetta Steyn

Vrydag – 10 Zani Marais (HH)

Saterdag – 11 Trevor Britz

Page 2: 2017 Ons leef die Woord!...19:00 in die konferensielokaal. Prof. Louis Jonker van die US Fakulteit Teologie sal die gesprek lei. Die idee van die gespreksaand is dat ons goed na mekaar

GEBEDSVERSOEKE - LIEF & LEED - GEMEENTEAKSIES

Nuwe lidmate en besoekers word versoek om na die erediens vir Marais voor die kansel, te ontmoet om u besonderhede te kry. Maak ook gerus gebruik van die vorm by die voordeur of kontak die kerkkantoor op 0218865132 of [email protected]

Bettie Loedolf herstel na ’n operasie

BAIE DANKIE ...

…aan die gemeentelede wat SNAPSCAN gebruik vir hulle bydraes en betalings.

Dit werk baie effektief en vergemaklik die finansiële proses.

Vind die Snapscan-kode op die voorkant van die aankondigingsblaadjie en

spesifiseer die Verwysing vir u betaling.

Ons wil u aanmoedig om die SNAPSCAN TOEPassing af te laai op u selfoon

indien u dit nog nie reeds het nie.

INTERNASIONALE STUDENTE BEDIENING

Ons benodig dringend :

* Meubels insluitend ’n yskas, mikrogolfoond, TV, gordyne, ens. vir ’n studente-egpaar van

Sri Lanka

* Hulp met fisioterapie en arbeidsterapie vir gestremde baba van student van Tanzanië vir

die volgende 2 maande

* ’n Fiets

* Wendy-huis om as stoorplek en huisvesting te gebruik vir besoekende studente

* Toebroodjies vir Sondag 12 Maart na die oggenddiens, terwyl lokale nie beskikbaar is nie

Kontak Magdaleen Goosen - 082 427 2924

PAK-’n-SAK PROJEK

Hierdie aksie word deurlopend deur die Diens van Barmhartigheid geloods om hulle koskas-voorraad aan te vul

om diegene in nood te help.

Pak asseblief die sakkies met enige van die items op die lysies. Bring dit enige Sondag na die erediens

of handig in by kerkkantoor.

SENIORBURGER-UITSTAPPIE – 09 Maart

Boottoer op Breërivier by Viljoensdrif. By kerk 07:45. Onthou hoed vir son op boot.

Koste R200.00 vir lede. Nie-lede R220.

Ons eet by voëlpark op Robertson op eie koste. Besoek voëlhokke R25 opsioneel.

Bevestig jou bespreking by Bettie Sadie 021 883 2530 Sel. 082 332 9949.

GESPREKSAAND oor SELFDEGESLAG VERHOUDINGS

Ons nooi almal na 'n gespreksaand oor selfdegeslag verhoudings, Donderdag 9 Maart om

19:00 in die konferensielokaal. Prof. Louis Jonker van die US Fakulteit Teologie sal die

gesprek lei. Die idee van die gespreksaand is dat ons goed na mekaar sal luister en saam

kyk wat die Bybel ons leer.

Page 3: 2017 Ons leef die Woord!...19:00 in die konferensielokaal. Prof. Louis Jonker van die US Fakulteit Teologie sal die gesprek lei. Die idee van die gespreksaand is dat ons goed na mekaar

LYDENSTYD

Wat is Lydenstyd? Lydenstyd is ’n seisoen van 46 dae waarin die kerk die lyding van Christus in herinnering roep en daarop reageer in voorbereiding op Paasfees. Dit is ’n tyd van hertoewyding, bepeinsing en stilte. Afsondering is daarom baie nodig. Dit is ’n tyd om ons te verwonder oor die kruisiging as dié liefdesdaad van alle tye. Lydenstyd is ’n gereedmaak om vernuwing in ons lewe te ontvang. Waar kom Lydenstyd vandaan? Die Westerse kerk het in die tweede helfte van die vierde eeu in navolging van die Oosterse kerk begin om ter voorbereiding van Paasfees ’n vastydperk van veertig dae in te stel. Dié vas het meestal beteken dat slegs een maaltyd sonder vleis per dag geëet is. Tradisioneel begin die vastydperk op Aswoensdag. Wanneer vier ons Lydenstyd? Omdat Christene nie op Sondae, die opstandingsdag gevas het nie, begin Lydenstyd op ’n Woensdag (Aswoensdag), 46 dae voor Paasfees (40 dae en 6 Sondae).

KINDERNAGMAAL

Ons vier vanoggend Nagmaal en ons wil van die geleentheid gebruik maak om ’n kort verduideliking te gee oor ons verstaan van die Kindernagmaal. Kindernagmaal volg vanself uit kinderdoop. As ons glo dat kinders van gelowige ouers deur die doop amptelik in die verbond opgeneem word, kan ons glo dat dit hulle ook tot die verbondsmaaltyd toegang gee. As ons glo dat die nagmaal gegee is om ons swak geloof te versterk (Heidelbergse Kategismus Sondag 25), dan tog seker ook kinders se geloof. Enige ekstra voorwaardes om toegang tot die Nagmaal te verkry, wat nie ook aan ander lidmate gestel word nie, verloën ons belydenis dat die kinderdoop ’n wettige vorm van doop is.

#imagine 2017

Alle tieners kyk gerus op ons webblad of www.imaginemovement.co.za vir inligting oor die

#imagine jeugfees. Dit vind plaas by Bredasdorp vanaf 18-20 Maart.

Kontak vir Daniël de Wet (0820687795) indien jy meer inligting benodig.

BYBELSTUDIE vir HUISHULPE, KINDEROPPASSERS en TUINWERKERS

Ons oorweeg dit om 'n Bybelstudie-groep vir huishulpe, kinderoppassers en tuinwerkers in Onderpapegaaiberg te begin. 1. Laat weet ons asseblief of jy 'n werker het wat sou belangstel. 2. Laat weet gerus sou jy geroepe voel om so ons gemeenskap te dien deur leiding te neem hiermee.

Kontak gerus die kerkkantoor in hierdie verband.

Page 4: 2017 Ons leef die Woord!...19:00 in die konferensielokaal. Prof. Louis Jonker van die US Fakulteit Teologie sal die gesprek lei. Die idee van die gespreksaand is dat ons goed na mekaar

Prys/kg x kg Prys/500g x 500gGeskilde geelperskes : Keurgraad R 100 R 50

Standaard R 80 R 40

Ongeskilde geelperskes: Keur R 80 R 40

Standaard R 70 R 35

Pere: Keur R 70 R 35

Standaard R 60 R 30

Nektariens : Keur R 70 R 35

Appelkose R 80 R 40

Hanepoot rosyne R 65 R 35

Sultana rosyne (pitloos) R 64 R 32

Pruimedante R 70 R 35

Gemengde vrugte R 80 R 40

Vrugtelekkers (lollies) R 40 R 20

Gemaalde vrugte R 60 R 30

Appelringe - R 110

TOTAAL

Droëvrugte produkte en pryse - 2017 Bestelling

Produk

Bestel voor 15 Maart by : Hennie van Zyl - Hendrik Berghstraat 7, Stellenbosch

e-pos: [email protected]

tel 021 8869414; sel 083 2853011

GEDROOGTE VRUGTE

Ek gaan nie vanjaar weer droevrugte vir ons kerkbasaar verkoop nie. Ek sal wel eenmalig bestellings neem en die vrugte gaan haal vir diegene wat bereid is om voor 15 Maart te bestel. Aangeheg is die pryslys, waarop u ook u bestelling kan aandui indien u belangstel. Die vrugte is gewoonlik eers teen einde April beskikbaar en betaling word benodig wanneer u die vrugte kom afhaal. Voeg asseblief u naam en telefoonnommer by die bestelling sodat ek u kan bel wanneer dit gereed is vir afhaal. Vriendelike groete, Hennie van Zyl

NAGSKUILING – Hulp benodig

U kan help op drie maniere:

1. Aandete vir 35 mense 15 L sop ÒF groot pasta-slaai / -gereg ÒF as borg (vir bestanddele en/òf arbeid) vir pastagereg wat voorberei word deur

DORKAS-se-PLEK 2. Enige smeergoed vir ontbytbroodjies 3. Skenkings van Skoonmaakmiddels (Jik, Handy Andy, opwasmiddel, waspoeier, ens.)

ÒF items soos toiletpapier, koffie, poeiermelk.

Kontak vir Corné by 0613541613 as u ’n bydrae wil maak.

ABBA Herfs “High Tea” – 01 April 2017

ABBA, die plaaslike program van Badisa, bied op 1 April om 15:00 'n feestelike 'High Tea' aan as deel van hulle fondswerwing. Ondersteun hierdie veldtog vir 'n veiliger dwelmvrye Stellenbosch! 'n Verskeidenheid plaaslike gemeentes se lidmate sal die funksie by VGK Stellenbosch se kerksaal in Cloetesville bywoon. Kaartjies kos R90 elk en is by die kerkkantoor beskikbaar.