2 piketberger mar 2015

32
Jaargang 22 Nr. 2 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R5,00 Maart 2015 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] Ingenieur van Formaat Charl Ellis, jongste seun van Jan en Marcelle Ellis, het einde 2014 sy graad in Siviele Ingenieurswese, Cum Laude, verwerf aan die Uni- versiteit van Stellenbosch. Charl was ‘n leerling van Hoërskool Piket- berg tot einde Graad 9 en het matrikuleer aan Hoërskool Stellen- bosch. Hy het verskeie akademiese pres- tasies behaal tydens sy vier jaar studies aan Stellenbosch Universi- teit wat insluit, Top 2de jaar akade- miese presteerder van Eendrag Manskoshuis, die Murray & Ro- berts Toekenning en vir top pres- teerder in Informatika in sy derde jaar. Tydens sy finale jaar is hy benoem, op grond van sy finale jaar skripsie, as die Departement van Siviele Ingenieurswese se kan- didaat om die universiteit te ver- teenwoordig by die National IP Showdown* van die South African Institution of Civil Engineering (SAICE) in Pretoria. Daar het hy ‘n derde plek verwerf. Hy het ook in sy finale jaar die Koos Bekker prys gewen vir inno- vering en entrepreneurskap waar hy en ‘n vriend ‘n webwerf geskep het om akademiese opsommings te verkoop aan studente. Hulle het in een jaar R60 000 wins gemaak! Hy was baie gelukkig in Eendrag Vervolg op p4 Charl Ellis Foto verskaf Besoek ons gerus op FACEBOOK vir die eerste blik op ons weeklikse pamflette in kleur, asook al die interessante dinge in en om Boland Superspar! 80 jaar vieringe...p4 VLV-Nuus...p6 Troufoto’s...p8 Jewel gevind...p13 Boekverslag...p16 Tuinbou-Nuus…p16 Wat sê die reg...p18 Dirtopia...p18 Kix-Nuus...p25 Unisa Musiek uitslae...p26 Atletiek...pp28,29,30 Rekords spat...p30

description

 

Transcript of 2 piketberger mar 2015

Page 1: 2 piketberger mar 2015

1

Jaargang 22 Nr. 2 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R5,00 Maart 2015

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

022 913 1939 022 913 2404

Alle korrespondensie aan [email protected]

Ingenieur van Formaat Charl Ellis, jongste seun van Jan en Marcelle Ellis, het einde 2014 sy graad in Siviele Ingenieurswese, Cum Laude, verwerf aan die Uni-versiteit van Stellenbosch. Charl was ‘n leerling van Hoërskool Piket-berg tot einde Graad 9 en het matrikuleer aan Hoërskool Stellen-bosch. Hy het verskeie akademiese pres-tasies behaal tydens sy vier jaar studies aan Stellenbosch Universi-teit wat insluit, Top 2de jaar akade-miese presteerder van Eendrag Manskoshuis, die Murray & Ro-berts Toekenning en vir top pres-teerder in Informatika in sy derde jaar. Tydens sy finale jaar is hy benoem, op grond van sy finale jaar skripsie, as die Departement van Siviele Ingenieurswese se kan-didaat om die universiteit te ver-teenwoordig by die National IP Showdown* van die South African Institution of Civil Engineering (SAICE) in Pretoria. Daar het hy ‘n derde plek verwerf. Hy het ook in sy finale jaar die Koos Bekker prys gewen vir inno-vering en entrepreneurskap waar hy en ‘n vriend ‘n webwerf geskep het om akademiese opsommings te verkoop aan studente. Hulle het in een jaar R60 000 wins gemaak! Hy was baie gelukkig in Eendrag Vervolg op p4

Charl Ellis Foto verskaf

Besoek ons gerus op FACEBOOK

vir die eerste blik op ons weeklikse pamflette in kleur, asook al die

interessante dinge in en om Boland

Superspar!

80 jaar vieringe...p4 VLV-Nuus...p6 Troufoto’s...p8 Jewel gevind...p13 Boekverslag...p16 Tuinbou-Nuus…p16 Wat sê die reg...p18 Dirtopia...p18 Kix-Nuus...p25 Unisa Musiek uitslae...p26 Atletiek...pp28,29,30 Rekords spat...p30

Page 2: 2 piketberger mar 2015

2

Redaksioneel

Teken in op Die Piketberger teen R110 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Redaksie ([email protected])

Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796

Advertensies:

[email protected]

of sms 079 496 2719

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Volblad: R460 Halfblad: R315 Kwartblad: R210 Agsteblad: R145

Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Liefde Marietha

Die volgende Piketberger verskyn op 26 Maart 2015.

Berigte en advertensies moet ons bereik teen 17 Maart.

Stuur na: [email protected]

Die oorgee en die aanvat

Dis Kleuresport en die Rooies, die Bloues en die Geles spook dit uit in die groep aflos. Dis die laaste item van 'n reeds warm en bedrywige

dag....... Die skare is mal en niemand hou meer tred met die rondtes nie - dis 'n 8x100m aflos met al die leiers van die spanne in hulle tema klere - Laerskool en Hoërskool - nie in alle gevalle jou tipiese naelloop atlete nie, want par-ty leiers is juis gekies omdat hulle kan sing en gees vang, maar nou moet almal hardloop. Onder luide toejuiging word die aflosstokkie oorgegee en aangevat - dis eintlik waar die groot vernuf lê. Om en om die baan! Dis Bybelskool en ons begin by die begin. Die aan-grypende verhaal van die Skepping en die daaropvol-gende hoofstukke in Genesis oor die God van Abraham, Izak en Jakob - God se liefde, genade, goedheid, almag en geduld word soos 'n aflosstokkie van persoon tot per-soon van geslag tot geslag oorgegee en aangevat, oorgegee en aangevat. Een van my vriendinne laat weet hulle dierbare kleinkind is gebore en ek sien in my geestesoog hoe die aflosstok-kie oorgegee en aangevat word, en ek weet God se trou is met daardie kindjie soos dit was met Abraham, Izak en Jakob en al die geslagte daarna tot by jou wat hier lees.

Briewe van ons lesers... Corene Liebenberg skryf… Graag wil ek na my ma se heengaan, die volgende dan-kies sê: Aan almal wat hulle medelye betoon het by wyse van oproepe, besoeke en eetgoed, vir al die hulp oor die jare deur mediese personeel en Huis AJ Liebenberg se personeel, aan my ma se predikant vir diep gesprekke en ook die gewilliges wat gehelp het met die opruim van die woonstel. Danie en Leandra Loubser, 'n baie spesiale dankie vir alles wat julle gedoen het en ook aan Helene Smit wat dikwels in my plek my ma versorg het.

Daniël en Marlize Rossouw en kinders skryf…

Op Oupa Pieter se koffietafel lê die kerkalmanak. Hierop kyk hy wanneer die nuwe Piketberger verskyn - die hoog-tepunt van sy maand. Die dag wanneer dit verskyn, ry hy Spar toe en gaan koop dit (saam met 'n chocolate of twee.) Dit word sorgvuldig gelees en by die res gebêre. Hierdie hoop Piketbergers word weer en weer gelees. Baie dankie aan Die Piketberger vir jare se leesgenot en herinneringe, want wanneer jy oud is, is herinneringe al wat jy het om te koester. Deur die jare het Oupa Pieter ons baie stories en grap-pies vertel, (partymaal oor-en-oor!) Sy lewe was vol, vol van rugby- en Piketbergherinneringe. Ons wat agterbly sal nog baie jare kan lag vir al sy vertellings - en daar was baie. Dankie vir almal wat na sy grappies en stories geluister het en ook lief was vir hom. Hy het voluit en positief geleef en as ons sou vra: "hoe gaan dit, Oupa?" was sy antwoord altyd: "ek kan die heerlikheid nie uitspreek nie!" Mag hy hierdie heerlikheid nou geniet!! (Pieter Rossouw is op 8 November 2014 oorlede.)

Onthou Tillies is elke Vrydag van die skool-kwartaal oop vanaf 08:00 in dieselfde gebou as die ACVV-kantoor. Kom geniet 'n koppie koffie/tee en koek/tert vir slegs R15.00. Heerlike jaffels, quiche, panne-koek, hoenderpastei, poeding, beskuit, klein-koekies en 'n verskeidenheid tuisgebak te koop.

ACVV Rus 'n Bietjie Klub sê dankie Die senior burgers van die ACVV Rus 'n Bietjie klub wens hul opregte dank uit te spreek vir die volgende donateurs wat geriewe beskikbaar gestel en vrugte geskenk het vir hul jaarlikse Vrugtefees: Boetie Kotzé, Martin Saayman, Nico Basson, Vernon Basset, Jannie en Sanet Stander, Hannes Hanekom, Hanré Venter, Eric Jooste, Helene Edmonds, Pieter, Pikkie en Annalize Fox.

Onthou Tillies is Oop

Babbel en Krabbel bedank borge Babbel en Krabbel kleuterskool wil graag hul borge be-dank vir die bydrae wat hulle gelewer het: Shoprite; PPC; Dup Meubels; Nedbank en Fox Build it. Elke bydrae word opreg waardeer.

Page 3: 2 piketberger mar 2015

3

Page 4: 2 piketberger mar 2015

4

Winkel 022-913 2418

022-942 1787

Riana Smit 022-942 1787

082 921 1977

SOMERS- UITVERKOPING

6de Christoffel Johannes gedoop

Op 1 Februarie is die sesde geslag Christoffel Johan-nes Smit gedoop in die NG Kerk op Piketberg. Hier is hy in die arms van sy ouers, Christo en Maresa Smit.

Links is grootouers Sarel en Alida Cilliers en regs grootouers Stoffel en Maretta Smit. Voor regs is sy

oumagrootjie, Bettie van Niekerk. Foto: Elna Smit

80 jaar vieringe Mirrie Mouton het op 20 Januarie 80 jaar oud geword. Haar familie en vriende was bevoorreg om haar verjaarsdag saam met haar te vier by Buffels-fontein Wildreservaat aan die Weskus. Mirrie is ‘n inwoner van Huis AJ Liebenberg en ma van vyf kinders, Gabrie Mouton, Jan Mouton, Christo Mouton, Chris-na Gouws en Marius Mouton. Sy is ook ou-ma van 12 klein-kinders en ouma-grootjie van twee agterkleinkinders. Berig: Yolanda Mouton

Mirrie Mouton Foto: Merisna Carstens

Katoendraad beskikbaar vir hekel en brei

Christina Smit het op 16 Februarie 80 jaar oud geword. Saam met haar is haar twee dogters, Sarina, links, woonagtig in Piketberg en Elizma, regs, in Ceres. Christina het vyf kleinkinders. Sy het haar ver-jaarsdag op 15 Februarie saam met haar kinders, twee van haar broers en familie gevier. Sy is nog baie fluks en hou daarvan om vriende te besoek en te bederf. Baie dankie vir alles wat Ma vir ons doen en beteken en al Ma se liefde en omgee. Dit word opreg waardeer. "Liewe Jesus, baie dankie vir ons moeder en maat en nogmaals dankie dat U haar nog spaar. Met al die liefde uit ons harte." Berig: Sarina Visser Foto verskaf

Van p1... Manskoshuis en het aktief deelgeneem aan al die koshuisbedrywighede. Buiten draf, gym en boks om fiks te bly het hy gereeld saam met die Berg- en Toerklub van Stellenbosch op verskeie staptogte gegaan. Dis die lekkerte van akade-mies goed doen – geen druk om hereksamens te skryf nie, en net die vakansies geniet! Hy is ook nou- en aktief betrokke met sy Chris-tenselgroep en het op verskeie Kerkuitreike gegaan. Charl werk tans by V&V Raadgewende Ingenieurs, deel van die EOH Groep, in Waterkloof Pretoria, as Siviele Ingenieur. Hy beplan om sy studies voort te sit. *This is a new project that South African Institute for Civil Engineers (SAICE) were inspired to initiate for 4th year undergraduate civil engi-neering students, who are given an investigative project (IP) to research and present on at their university, towards the end of every academic year.

Stuur advertensies, berigte en foto’s na

[email protected]

Page 5: 2 piketberger mar 2015

5

Satellite

Solutions DSTV

Herstelwerk en Installasies

Skuif van Rekenaarkabels en

Telefoonlyne

Skakel KOBUS

072 371 9139 (Advanced

Satellite Training)

Page 6: 2 piketberger mar 2015

6

Ontmoet Tjaart en Lize-Marié Tjaart en Lize-Marié Olivier het onlangs van Stellen-bosch na Piketberg ver-huis. Hulle geniet die men-se van Piketberg en ervaar dit as ’n vriendelike ge-meenskap van mense wat vir mekaar omgee en saamstaan. Tjaart is sedert Julie 2012 die pastoor by GraceLife Gemeente hier in Piketberg en Lize-Marié speel ‘n ondersteunende rol. Tjaart het aanvanklik inge-nieurswese studeer en daarin gewerk totdat die Here hom in Mei 2011 vir die voltydse bediening geroep het. Lize-Marié se agtergrond is Menslike Hulpbron-bestuur, maar sy het self ook ‘n passie vir die bediening. Tjaart en Lize-Marié se hart en passie is vir mense om God se onvoorwaardelike liefde en genade te ontdek, asook om mense op te lei om hulle volle potensiaal in Christus te ontdek. Lize-Marié is tans swanger en sy verwag hul eersteling in Julie.

Tjaart en Lize-Marié Olivier

Bio Sculpture terapeut nou ook NA URE vir jou gerief in Piketberg

te Piet Retiefstraat 17

Nou ook ‘n HONEY konsultant

Kom bederf jouself. Werk of nie werk jou naels en toonnaels kan nou mooi lyk.

Bel en maak 'n afspraak by Esna Brand 082 830 6110

of 022 913 1020 in die week! Ek kan nie wag om jou naels ook mooi te maak nie!

Op Donderdag 12 Februarie 2015, tydens VLV se eerste Opvoeding en Kultuur ledevergadering, het Le Roux van Vuuren van “Kokkedoor” faam op Kyknet en sy vrou, Es-telle die tak besoek. Hy gesels op ‘n baie eerlike en opregte manier oor sy droom wat waar geword het. Sy impulsiewe besluit om in te skryf vir die “Kokkedoor-kompetisie” het sover baie deure vir hom oopgemaak. Hy bevestig weereens dat mens nooit moet ophou om te Hoop nie en moet bly Glo! Hierdie beginsels het hom ‘n sterker persoon gemaak en deurgedra in krisistye in sy persoonlike lewe. By dieselfde geleentheid het Berenice Scheepers en Marike Visser die VLV-lede ingelig oor die nuwe AdMaths-sentrum wat nou in werking is by PHS. Hier is reeds ‘n groei in die getal leerders wat baat by die ekstra wiskunde-onderrig. Enige verdere navrae kan direk gerig word aan die vol-gende epos adres: [email protected] Die volgende VLV-vergadering is ‘n Landbou-vergadering en is op DV 12 Maart. Ons beplan ‘n uitstappie – so hou die plakkate dop in die dorp! Almal welkom en navrae kan gerig word aan Nicoline Brown by 082 477 0665.

Kokkedoor besoek Piketberg VLV

Roché du Toit, Alta Vos, Estelle en Le Roux van Vuuren, Jackie Ferguson en Nicoline Brown (voor).

Page 7: 2 piketberger mar 2015

7

Page 8: 2 piketberger mar 2015

8

Franklin Jacobs en Marietjie Pedro, bestuurderes by Boland Superspar is op 14 Februarie getroud in die

VG Kerk Piketberg.

Foto: Yolandi du Toit

Erwin en Sunette Smith is op 6 Desember te Nelsons Creek, Paarl getroud. Erwin is afkomstig van Namibië

en Sunette is die dogter van Ponkies en Sue-Anne Engelbrecht van Piketberg.

Die paartjie vestig hulle tans in Langebaan.

Foto: Lindie Botha

Kaptein Bernie Gordon van die SAP op Piketberg is op 20 Desember op Vredenburg getroud met

Isak Beukes.

Foto: Steven Cloete

Bendle en Melissa Steenkamp is op 14 Desember te Eikehoff, Franschhoek getroud. Bendle is die seun

van Gerrit en Salomé Steenkamp van Piketberg. Foto: Inneke Fotografie

Dis die seisoen van die liefde…

Page 9: 2 piketberger mar 2015

9

Page 10: 2 piketberger mar 2015

10

Uit die kantoor van die

Munisipale Bestuurder...

Hanlie Linde

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours

022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

Ek vermoed baie van julle se huise het die afgelope maand dieselfde gedaanteverwisseling ondergaan as myne: my twee dik wit kerse wat die afgelope twintig jaar net as versiering gebruik is, het ‘n permanente plek op my kombuistafel in-geneem en meer gebrand as die laaste 10 jaar saam. My sonkrag lantern hou wag voor my agterdeur en my kopflits hang elke tweede aand om my nek soos ‘n halssnoer. Beurtkrag! Ek hou nogal van dié Afrikaanse beskrywing van “loadshedding”, maar wens saam met baie dat ons meer gereeld ‘n beurt kan kry om krag te hê. As Eskom se voorspellings net akkuraat was en hul kommunikasie een-voudiger, sou ‘n kraglose aandjie hier en daar my nie gepla het nie. Behalwe wanneer ons af is op ‘n Son-dagaand! Ek kyk nie baie televisie nie, maar behalwe vir kerk toe gaan het ek nog twee goeie gebruike op ‘n Son-dag: ek kan nie deur my week kom as ek nie op ‘n Son-dagmiddag geslaap het nie en ek kyk graag op ‘n Son-dagaand ‘n mooi fliek op die televisie. Dis wanneer my kop rus en ek regmaak vir die week wat kom, maar na ‘n maand se beurtkrag besef ek hoeveel “loadshedding” ek in my eie lewe gedoen het die afgelope tyd. Skielik het ander goed weer ‘n beurt gekry vir my krag en aandag. Ek besef skielik dat amper alles wat my tyd onnodig opvreet, met elektrisiteit werk. My selfoon, my televisie, my reke-naar, my speletjies op my selfoon, facebook en noem maar op. Ek kry weer tyd vir boek lees en Bybel lees, ons speel kaart by kerslig en kuier op die stoep langs ‘n vuurtjie. Ek sit selfs nou die aand buite en sterre kyk! Uit gesprekke met Sous (Mnr. Elektrisiteit) besef ek hierdie ongemaklikheid kan nog vir maande aanhou. Provinsie het elke Munisipaliteit versoek om ‘n volledige gebeurlikheidsplan op te stel vir indien Eskom sou af wees tussen 6 ure en 14 dae. Die Munisipaliteit sal sorg dat ons gereed is vir enige gebeurlikheid en wil poog om die ongemak so min as moontlik te maak. Indien jy daagliks ingelig wil word oor die beurtkrag en óf en hoe laat ons af sal wees, stuur asseblief jou e-pos adres na Tharine van der Westhuizen by: [email protected]. Sy stuur kennisgewings per e-pos uit. Mag elkeen van ons hierdie maand ons “kraglose” tye sinvol aanwend en die kans gebruik om ons eie vrag ligter te maak! Onthou Helen Keller het gesê: “Walking with a friend in the dark is better than walking alone in the light.”

“Ams to Cpt"

Paul Anton Komphuis (PAK) van Amsterdam het op Piketberg aangedoen en oorgeslaap op sy drie

maande reis deur Afrika oppad na Kaapstad. Met sy Land Rover wat Malikat El Sahara 'Queen of the

Desert' heet, sy joernaal wat hy met 'n inkpen skryf, ekstra brandstof en 'n stukkende agterruit, gesels hy entoesiasties oor sy NGO-organisasie se betrokken-heid by opvoeding en onderwys in Afrika. Paul is 'n

werknemer by Shell en is ook 'n kunstenaar in sy vrye tyd. Besoek gerus sy webblad www.afrikapakt.org en

“like” gerus sy facebookblad. Wanneer u hier lees, het Paul waarskynlik reeds sy naam geteken in die Den Anker restaurant in die waterfront in Kaapstad.

Foto: Marietha Goosen

Page 11: 2 piketberger mar 2015

11

Build it se bakkie wenner

Hier ontvang Ronnie Peterson, wenner van die bak-kie, die sleutels van James Fox, eienaar van Build it Piketberg en Joanette Jonk, Build it verteenwoor-

diger. Chris Alexander, verkoopsassistent, staan heel links. Ronnie is werksaam by PPC De Hoek en woon-

agtig in Goedverwacht. Hy is meer as sewe jaar ‘n kliënt van Build it. Die bakkie, ’n NP 200 was een van agt. Build it het vier nasionale promosies in ‘n jaar en

groot pryse is elke keer te wen. Kom gerus, u kan dalk volgende wees. Foto verskaf

De Kleine Shoppe Coffee & Gifts

Ons bied aan gesonde banting etes, wraps, slaaie en selfs iets vir die soettand!!

Op bestelling wraps @ R36 vir 4 Mini pizza bases @ R27 vir 4 en

Slaaisouse R56 vir 500ml Om te bant hoef nie ‘n arm en ‘n been te kos nie.

Kontak Ilze 071 410 8076

Langstraat 52 Piketberg (langs Liebco)

Die volgende Piketberger verskyn op 26 Maart 2015.

Berigte en advertensies moet ons bereik teen 17 Maart.

Stuur na: [email protected]

Page 12: 2 piketberger mar 2015

12

Rooi Karoo Plaas Fees Wolwekuil se mense skryf… Ons sê dankie aan almal wat bygedra het tot 'n suksesvolle eerste Rooi Karoo Plaasfees. Twee boere het ons voorsien van 'n massiewe kragopwekker en 'n wa met drie tenks water. Baie dankie aan De Berge Gas-tehuis vir die voorsien van 'n gastekamer en ook baie dankie vir die twee manne wat die potte by die warm vuur gemaak het.

tively.

Page 13: 2 piketberger mar 2015

13

Jewel die hond met 9 lewens Petrus en Janke van der Walt van Britannia Baai skryf...

Dit is met groot dankbaarheid dat ons kan sê met die hulp van die Piketberg gemeenskap is ons verlore wolfhond, Jewel, gevind! Jewel het Sondag omstreeks 11vm van ons bakkie af-gespring/geval en spoorloos verdwyn op die Velddrifpad, tussen die De Hoek afdraai en Mont Piquet. Jewel ry al

vir jare saam op die bakkie en het nog nooit probeer af-spring nie. Alhoewel ons dit binne twee minute agtergekom het en vir vier ure die area gefynkam het, is ons Son-

dagaand baie hartseer en verslae huis toe, na Britannia Baai. Jewel en haar maat Balto, ook ‘n wolfhond, was nog nooit van mekaar geskei nie en Balto het dadelik al sy lewenslus verloor. Nickilese (12) en Micaela (10) het dadelik aan die werk gespring om pamflette te ontwerp. Dr André van der Merwe van Piketberg was baie behulpsaam en het die volgende dag met sy plaas be-soeke die nuus versprei. Ons was eerste ding Maandag-oggend weer deur al die padwerke terug om verder te soek. Ons is oral met deernis en opregte empatie ontvang en die nuus het veral vinnig versprei nadat ons ‘n engel, Erika Kretschmer van Piketberg ontmoet het. Ons het so baie op en af gery, dat ‘n paar plaaslike mense al vir ons begin groet het. Onge-veer 400 pamflette is uitgegee en winkels, besighede en skole het sonder skroom pamflette op kennisgewingborde opgesit of ver-sprei. Ons eerste goeie nuus was toe André van Wyk van Laer-skool Carl Schreve in Wittewater, Dinsdag laat weet het dat van die kinders in die skool aan hom genoem het dat hulle die hond in ‘n kampie gesit het by die werkers huise Sondagaand. Jewel het deur die nag daar uitgebreek en sy is eers Dinsdagoggend weer opgemerk onder ‘n bos naby die Wittewater begraafplaas. Volgens Google Maps is dit 4km reguit met die pad. Ons weet nie hoe op aarde sy dit gemaak het met die linker voor– en agterpoot waarmee sy nie op die oomblik kan loop nie. Sy moes basies gekruip het. Sy is opgetel deur Edward (Basie) Turner van Môrester wat vir haar kos en water gegee het en haar veilig gehou het totdat ons haar kon oplaai. Met sy oproep het hy genoem dat hy ‘n klokkie om haar nek hoor en ons het dadelik geweet dit is die stap-medalje wat sy onlangs by St Helenabaai NG gemeente gekry het. Jewel is dadelik geneem na Vredenburg Dierehospi-taal waar haar wonde versorg is. Alhoewel sy beserings opgedoen het aan haar linker voor- en agterbeen en natuurlik aan skok ly, is sy dieselfde dag ontslaan. Jewel sterk nou tuis aan en geniet die aandag en bederf. Sy sal eersdaags weer soos altyd goggas rondjaag en in die see swem. Balto is weer sy ou self en natuurlik is ons as gesin oneindig dankbaar en bewus van die genade van ons God. Ons glo dat dit eerstens ‘n wonderwerk is dat sy die val oorleef het, maar tweedens ook dat sy gevind is voor die bloedige hitte van Dinsdag, wat sy waarskynlik nie sou oorleef het nie. Ons wil veral dankie sê aan Tanja Jansen van Rensburg wat al die oproepe oorgeneem het en die hele Weskus en Swartland ook bewus gemaak het van ons soektog; Didi wat help bemoedig en soek het Sondag; Erika Kretsch-mer; Die gawe dame by PPC sement; Piketberg Diere Hospitaal; Vredenburg Diere Hospitaal; Basie Turner en ook aan elke ander inwoner, werker, winkel en skool. Ons is geraak deur elkeen en is oneindig dankbaar.

022-913 2646

Kom Kyk Hoe Lyk Ons Nou!!!

2 x Groter!!!

2 x Meer DVD’S!!!

Page 14: 2 piketberger mar 2015

14

HOUSE SITTER / PET SITTER I am available for house-sitting / pet-sitting as

well as farm sitting in the Bergrivier region. Please contact Heike on 084 372 3326

or [email protected]

Services Offered

Halfdag huishulp benodig. Maandae tot Vrydae. Geen rook en drink.

Kontak asseblief 082 780 8698

Betrekking Aangebied

Beesbiltong R175,00 per kg Maalvleis R55,00 per kg

Skakel Nellis 083 441 4032

Te Koop

Woonstel te Huur in PIKETBERG

ONMIDDELLIK BESKIKBAAR EENSLAAPKAMER

GROOT KOMBUIS EN STOEP GEMEUBILEERD R3 500/MAAND

R5 000 DEPOSITO

SKAKEL ADRIAAN

084 624 0963

deur Jannie Lategan

Ons boot het die see in gevaar, waarskynlik met al die veiligheidsmaatreëls, vir as daar straks ‘n storm mag kom en die boot ontruim moet word. Gou-gou in 2015 het ons boot in vaar waters beland. Eers net half onrustig en die passasiers word van bakboord na stuurboord gejaag. Die storm neem toe met intensiteit. Daar word nie aan red-dingsboeie of ander maatreëls gedink om hierdie aan-komende storm te ontwyk nie. Paniek en angs heers onder die bootvaarders. Die Kaptein sien geen fout met die gebeure nie en laat drankies vloei en stel die volume van die musiek net hoër en hoër. Daar is ‘n onbetekenis-volle en siniese lag. Almal word oor en oor gerusgestel dat dit bloot ‘n tydelike frats is wat net oorkom moet word en ons seil binnekort op kalme waters. Paniek bars los en almal skree hartverskeurend dat hulle nie kans sien om hierdie reis verder te kan voortsit nie. Daar is pandemoni-um. Gesigsuitdrukkings verstar. Mense kry angsaanvalle en is spyt dat hulle hierdie reis onderneem het. Die vaar-tuig het so mooi en goed van buite, daar by die hawe, gelyk. Nou is die boeg besig om te kraak. Vreesloos is hierdie tog aangepak. Daar was soveel verwagting en ‘n uitdaging by elkeen te bespeur vir hierdie fantastiese reis, soos dit voor die tyd uitgespel was. Tussendeur dit alles, hoor elkeen duidelik die woorde in die ore suis: “As jy op die water wil loop, moet jy eers uit die boot klim.” Skielik word daar gewonder of al die passa-siers maar nie liefs op die boot moet bly nie en om die beste van die omstan-dighede te maak nie. Innoverend te dink, mede reisigers te bemoedig en met visie en oorgawe te bid en te hoop. Om dit aan elkeen duidelik te maak dat die kalm waters weer sal kom en dat jy dan op die “water kan loop”. Nuwe hoop en vaste geloof is in hierdie krisis nodig. Nie negati-visme nie, maar positiwiteit in oorgawe. Uit die stormsee, sal die waters weer kalm word en sal elkeen uit die boot kan klim en op die kalm waters kan loop.

John Ortberg skryf: “As jy op die water wil loop,

moet jy eers uit die boot uitklim.”

Die Piketberger se Datums vir 2015

Berigte/Advertensie IN 17 Maart 14 April 19 Mei

16 Junie 21 Julie

18 Augustus 22 September

20 Oktober 17 November

VERSKYN 26 Maart 23 April 28 Mei

25 Junie 30 Julie

27 Augustus 1 Oktober 29 Oktober

26 November

Knip uit en bêre

Ondersteun ons Adverteerders -

hulle maak Die Piketberger moontlik

Page 15: 2 piketberger mar 2015

15

PIKETBERG

Ons verskaf nuwe fietse, fiets onderdele en bybehore Herstel en Instandhouding van fietse

Ons doen ook Bike Fits op afspraak vir net R550

Agent vir Marida en Titan

Verskaffer van Birzman, Parktool, Maxxis, WTB, Michelin, Kenda, Hope, American Classic, Novatech, Shimano, Shram, Cateye, Sigma, Blackburn, Fox racing shox, Rox shox, SR Suntour, Speedmaster, Squirt, Gu-Energie

produkte, Ryder, Crankbrothers en vele meer.

Regoor Kaap Agri Drankwinkel in die Carel van Niekerk Besigheidspark.

Besigheidsure: Maandae tot Vrydae 08h00 tot 17h00 Saterdae 09h00 tot 12h00

Vir enige navrae kontak Gustav Bonthuys by 084 487 4840 of [email protected]

Marida 29er Specials Marida Big 9 20D R5999 en

Marida Big 9 40 R 6799

Titan 26er Special Titan Ryde R3599

Alle Tubeless Conversions is

Gratis vir die maand van Maart as

die Tyres by Bonthuys Bicycles gekoop word.

Alle Maridas en Titans kom met 1 Gratis Diens

10% af op alle Skoene en op Bell Helmets

Page 16: 2 piketberger mar 2015

16

Op die rakke van die Biblioteek

Bespreking deur Marié Grobbelaar

Legkaart van jou gesig deur Marthie Maré

Marthie is ‘n voltydse praktiserende fisionoom in Suid-Afrika. Fisionomie is die studie van gesigsuitdrukkings en -kenmerke om ‘n persoon se karaktereienskappe te identifiseer.

Dis 99,99 % akkuraat. Legkaart van jou gesig is haar debuutboek en die eerste fisionomieboek. Dis ’n praktiese gids wat in jou persoon-like lewe en in jou werksplek gebruik kan word. Dit leer jou hoe om jou kliënt se vertroue te wen of hoekom jou kind so rebels is. Mense is baie skepties oor die konsep, maar Marthie sê: “Hoe meer skepties jy is, hoe groter is die aha-oomblik vir jou.” As mense sê dis glad nie hoe hulle is nie, dan is dit miskien ‘n aspek wat hulle nog nie aanvaar het nie of dis iets wat besig is om in hul persoonlikheid te verander en nog nie na vore gekom het nie. Kosmetiese operasies het ‘n invloed op die uitleg van jou gesig. As die verandering radikaal van buite af is, sal dit na binne toe ook radikaal verander. Grimering speel ook ‘n rol. As jy lang en dik wimpers het, maak dit jou meer verdraagsaam. As jy maskara aansit, sal dit jou help om meer verdraagsaam te wees. Marthie verdeel jou gesig horisontaal (voorkop-, neus- en kengedeelte) asook vertikaal. Wanneer sy ‘n ontleding doen, neem sy ‘n foto reg van voor en sny dit in die helfte. Sy sit die twee linkerkante en twee regterkante bymekaar en dan sien sy die verskille. Iemand wat baie simmetries is, gaan in sy private hoedanigheid en sy publieke hoedanigheid baie ewe-wigtig wees en baie dieselfde optree. Mense met: lae ore sal versigtig besluite neem; bakore is geneig om baie vrae te vra; ‘n reguit voorkop hou daarvan om dinge in ‘n logiese volgorde te doen; deur- mekaar wenkbroue is die duiwelsadvokate en hulle sal jou probeer vasvra; dik, reguit wenkbroue beteken dis die mens wat geneig is om dinge te kompliseer en wil meer inligting van mense af hê. Hy is tegnies ingestel. Dunner wenkbroue wil minder inligting aanhoor. Ronder wenk-broue is ‘n mense-mens en meer sensitief vir ander se gevoelens. Marthie ontleed ook ‘n paar bekendes se gesigte soos Shemane Harris, Steve Hofmeyr, Amoré Bekker ens. Dis heerlike pret om die boek uit te neem en saam met iemand of in ‘n groep daardeur te werk.

Katinka Morrison en Elbeth Liebenberg het op 4 Februarie ‘n demonstrasie en werkswinkel aan die lede van die Tuinbouklub aangebied. Die lede teen-

woordig het kunstige tradisionele ontwerpe met loof gemaak, foto onder. Op die foto is Elmien Uys, Moira

van der Westhuizen en Marna Grobbelaar. Foto’s verskaf

Tuinbou Nuus - Ontwerp met Loof

Piketberg Blom– en Tuinbouklub se volgende verga-dering is op Woensdag 4 Maart in die biblioteeksaal. Tee word bedien vanaf 09:00, die vergadering begin om 09:30. Die tema is tuinbou wenke en Joop van die plaas-like kwekery kom ons vertel van nuwe plante en middels op die mark. Tuinboulede gaan ook be-sonderse plante uit hulle tuin bring en hulle tuinwenke met die vergadering deel. Kom geniet 'n koppie tee en gaan huis toe met hope nuwe kennis. Besoekers is baie welkom, ‘n donasie van R25 vir tee en verversings betaalbaar by die deur.

Yskas, Vrieskas &

Lugverkoeling (voertuig en residensieël)

Herstel,

Installasie en Hergas

Kontak

Henk Pieters 071 583 6164

E.mail [email protected]

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere

Professioneel 50jr Ondervinding

Alle Areas

Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276

Page 17: 2 piketberger mar 2015

17

Ons is oop Maandae tot Saterdae: Kombuis 3nm tot 10nm en Kroeg 3nm tot laat

Sondae gesluit

Pierre & Anzel Coetzer 084 296 2670

[email protected]

We are now open on Saturdays from 10am for rugby and pub lunches

Specials Steak, egg and wedges R85

Pap, wors and sous R45 500ml Castle draught R20 300ml Castle draught R15

Banting - for the ladies:

Smoked Chicken Salad and a glass of Drostdy Hof Extra Light for R75

* Even if there is loadshedding we show the rugby on weekends

Page 18: 2 piketberger mar 2015

18

Wat sê die Reg?

Jacques Ehlers

‘n Hofsaak wat die Wêreld verander het

Die Mensdom (?) vs Jesus van Nasaret

Hierdie artikel is geskryf deur Mnr. Igna Klynsmith, die aanbieder van die radio program Regsake op RSG en wat gepubliseer is in sy boek Wat sê die Prokureur? Regsake wat jou raak. My dank en waardering gaan aan Mnr. Klynsmith vir sy toestemming en goedkeuring om hierdie artikel in Die Piketberger te publiseer. Dit word verbatim hierin aangehaal. “Vooraf: Let daarop dat ek nie ‘n teoloog is nie. Daar is sover moontlik gepoog om vanuit ‘n regsoogpunt te kyk na feite soos dit hoofsaaklik aangeteken is in die vier Evangelies: volgens Matteus, Markus, Lukas en Johannes. Daar is slegs een feit oor die verhoor wat vasstaan: Jesus is ter dood veroordeel deur die Romeinse goewerneur van Judea, Pontius Pilatus. Feitlik alle feite oor hierdie hofsaak is die onderwerp van ‘n eeue oue debat wat vloei uit verskillende interpretasies van die onderskeie weergawes soos die Evangelies daaroor getuig. Dit behels die volgende feite:

Die presiese misdaad waarvoor Jesus aangekla was;

Die verhoorprosedure;

Die redes hoekom so ‘n hewige vonnis opgelê is. Dit is belangrike inligting dat die kern van die Evangelies slegs dekades na die voorval opgeteken is en dat daar duisende ooggetuies was. Dit is dus nie verbasend nie dat die skrywers van die Evangelies noukeurige en beeldryke beskrywings kon gee van die gebeure en van die hofsaak self. Opgetekende getuienis? Daar moet onthou word dat die kerndissipels (in Jesus se binnekring) se ooggetuie-verslae eers mondeling oorgedra is; daarna is dit opgeteken en in siklusse saamgevoeg. Die vriende en volgelinge het by huise saamgekom waar die onderskeie siklusse gelees en Jesus se lering gedeel is. Hierdie siklusse het sekere elemente van Jesus se preke en bediening bevat. Die oudste Evangelie, Markus, is eers in ongeveer 55 n.C. geskryf, Matteus in 50-60 en Lukas nog later (ongeveer in die jare 70-85), met Johannes se Evangelie eers rondom 95 n.C. Daar was dus ‘n tydverloop tussen die ooggetuies se verslae en die uiteindelike optekening. Die Joodse reg Dit is belangrik dat ‘n mens die Joodse reg onder die Romeinse regering van daardie tyd in konteks sien om die hofsaak te begryp. Judea was onder Romeinse besetting, maar die meeste dorpe is deur die Joodse ouderlinge (priesters) geadministreer. Judea, in die besonder, was onder beheer van die Joodse hoëpriester Kajafas, en is geadministreer deur die Raad van Sewentig Joodse lede, bekend as die Sanhedrin. Judea se Romeinse goewerneur (praefectus Pontius Pilatus) het die mag gehad om enigeen sonder verhoor ter dood te veroordeel. Hy was dus inderwaarheid die hoogste hof van appèl en veral vir nie-Romeinse burgers was hy die persoon aan wie se genade alle beskuldigdes uitgelewer is. Wanneer ‘n mens aan Jesus se arrestasie dink, moet jy jou eerstens afvra hoekom Hy gearresteer is. Volgens

watter wet en op grond van die beskuldiging van watter misdaad is Jesus in hegtenis geneem? Wat was die motiewe? Jesus se optrede in Jerusalem die week voor sy arres was blykbaar die oorsaak. ‘n Mens moet onthou dit was die groot Paasfeestyd. Ongeveer 300 000 pelgrims was in Jerusalem bymekaar toe Jesus met sy geleende donkie die stadshekke binnegery het. Die vraag kom onmiddellik by ‘n mens op of die skare se entoesiasme dalk as opruiend beskou kon word. Tog dit wil nie so voorkom nie. Nietemin het Jesus se simboliese “koninklike” aankoms met die donkie genoeg belang-stelling gaande gemaak. Dit sou beslis ook die aandag van die tempelowerheid getrek het. (word vervolg)

The Piketberg cycling team excelled at the recent 24 hour Dirtopia. The weather played along very nicely, only get-ting really hot right at the end of the last day. William Keith of William’s Bike Shop in Somerset West tells the story of this epic battle: “After a couple of great opening laps we found ourselves in the situation of being eight to ten minutes down on the leaders but tussling big time with another team for 2

nd spot (apparently only sec-

onds separated us). We sort of ignored the leaders (The Plaas Japies from Piketberg) as we figured we probably wouldn’t catch them if they had already built up that kind of lead, so we set about destroying the Okes lying 3

rd.

Night time came and we switched from riding single laps to riding two laps in order for the other team members to enjoy semi decent rest. Morning came and TrailTag.co.za had us in the lead!! Initially we thought it was the vagaries of the time keeping system but after a couple more laps it was evident that a real tussle was going on as those boys from Piketberg were manning up to a race. Tactics as to how we should manage the last three laps were hotly discussed as we were back down to 2

nd spot by a couple of minutes. Then we learnt that our

opposition had a three lap difference between rider with most laps and rider with least. Problem for those guys, elation for us (fair dues here as Piketberg informed us themselves). We had already decided on our best tactics so there wasn’t much we could react to with this info ex-cept pray that their rider did not make it back be-fore 12:00 thus enabling their slowest rider to fit one more lap in to bring the difference down to an allowable two laps. Their rider made it in with a minute or so to spare and the rest, as they say is History. Huge congrats to the ‘Plaas Japies van Piketberg’. It was an epic tussle and the sportsmanship between both teams was fantastic. As it should be!”

24 Hours of Dirtopia

Johan Bekker, Rickus Jooste, Glen Norrie en Dirk Oberholzer. Foto verskaf

Page 19: 2 piketberger mar 2015

19

Page 20: 2 piketberger mar 2015

20

Kook saam met

Quentin

Geur vleis met sout en peper, rol in meel en braai aan

albei kante bruin.

Voeg die uie en gerasperde gemmer en knoffel by en

braai oor lae hitte. Voeg die speserye by en meng deeg-

lik. Meng die tamatiepasta en vleisaftreksel by en laat

prut.

Voeg die aartappels en wortels by en kook tot dit sag en

die sous romerig is. Vars gekapte kruie word laaste

oorgesprinkel.

Bedien met rys of kapokaartappels.

Bief kan vervang word met hoender en tamatiepasta met

vars gekapte tamaties en groente van u keuse. Om die

gereg romerig te maak, meng 15ml maizena met 125ml

water en meng deeglik.

Van Sous Chef tot Head Chef Die jaar 2015 het afgeskop op ‘n hoë noot vir Quentin Somers met nuwe uitdagings. Op 11 Februarie is hy aangestel as nuwe "Head Chef" van die bekroonde 5 ster boetiek hotel, Romney Park Hotel & Spa te Groenpunt, Kaapstad. Dit was nog altyd sy droom om eendag die posisie te beklee, maar min het hy geweet dit sal net na vier jaar gebeur. Dit is ‘n nuwe uitdaging vir hom en hy weet hy sal sy beste lewer soos voorheen. Quentin bedank die Hemelse Vader wat hom die nuwe uitdaging gegee het, vir sy ouers, familie en vriende vir hulle ondersteuning deur die jare. Aan sy opvoeders by Steynville Primêre- en Sekon-dêre Skool, weereens baie dankie vir die opvoeding. Julle was en is die beste. “Moet nooit dat jou omstandighede jou toekoms bepaal nie,” sê Quentin.

BIEFSTUK BREDIE

500g biefstukskywe, in

blokkies gesny

Sout en peper

Vars kruie opgekap

20ml olie

2 uie, gekap

750ml vleisaftreksel

Gemmer en knoffel

gerasper

30ml tamatiepasta

30ml koekmeel

Aartappels en wortels gesny

5ml kerriepoeier ; 5ml garam masala ; 5ml paprika

20 Jaar Gelede — Maart 1995

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 022 913 2075

Het GEMS kontrak vir chroniese medisyne

met lae of geen bybetaling!

Weskus Ambulansdiens Presteer - die plaaslike am-bulansstasie het die wisseltrofee vir die “Bes ver-beterde Ambulansdiens in die Wes-Kaap,” verower. Steynville Primêr leerkragte bevorder - mnre W O Small en H W Burrows is as adjunk-prinsipale aangestel terwyl mev D Esau tot departementshoof (senior primer) bevorder is. Laerskool Eendekuil se Leiers - Hoofseun en hoof-dogter, Jakobus Burger en Salomé Grobbelaar. Leerlingleiers - Elana Smit, Jonetha Grobbelaar, Annemarie Janse van Rensburg, Nicol du Toit, Anchén Bal, Jandré Coetzee, Elzette Hanekom en Riëtte Hanekom. Hoërskool Piketberg kry dakwaaiers - danksy die onder-nemingsgees van die leerlinge van Hoërskool Piketberg se ouers is ‘n projek om die skool van dakwaaiers te voorsien reeds goed onderweg. ACVV beplan Aftreehuise - Die ACVV beplan om tien aftreehuise te bou op ‘n stuk grond wat hulle so pas aangekoop het. Die boukoste van die huise behoort in die omgewing van R150 000,00 te wees.

ADVERTENSIE: Spesiale Aanbieding vir Maart vanaf 18:00 - 20:00

Maandag: Hamburger en chips R5,50 Dinsdag: Cheeseburger en chips R6,50

Woensdag: Steak en Eggburger en chips R9,95 Donderdag: Eggburger en chips R6,50

Langstraat Kafee Restaurant en Take Aways

Plaasmark - Piket Bo-berg

Saterdag 28 Februarie

Elke laaste Saterdag van

die maand

Page 21: 2 piketberger mar 2015

21

Page 22: 2 piketberger mar 2015

22

Page 23: 2 piketberger mar 2015

23

1915 tot 2015

Nog A’s vir Piketbergers

Munnik Rossouw was sedert gr 8 in Boland

Landbouskool. Hy het 6 A’s behaal en doen nou die B-Agric graadkursus

op Elsenburg.

Foto verskaf

Jasper Visser was sedert gr 8 in Paarl Gimnasium. Hy het 6 A’s behaal en

doen nou die Aktuariele Wetenskappe graadkursus

by die Universiteit Stellenbosch. Foto verskaf

Huis AJL vier Valentynsdag

‘n Mens kan sien waar Derick Hougaard sy gene kry. Sy Ouma, Ria Burger (94) dans saam met

Verpleegster Sandra Fredericks op Huis AJ Liebenberg se Valentynsdans. Shoprite het die in-

woners ook verras toe hul opgedaag het met ‘n Valentynskoek tydens die dans. Foto’s: Marie de Vil-

E-Pos: [email protected]

22 Maart

is Wêreld-

Waterdag

Jy verloor sowat 10 koppies water per dag net deur te

lewe: asemhaling, sweet en urinering, en dis belangrik

dat jy dit vervang…

Drink Water

Wêreld Biddag vir Vroue Vrydag 6 Maart 2015

Page 24: 2 piketberger mar 2015

24

Cash for Scrap Steeds vinnige, vriendelike en eerlike diens

vir kontant in die sak

Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oor die treinbrug, oorkant stasie

Nou ook oop in

Porterville Jakkalskloofstraat

Kom besoek ons of skakel

Johan Louw - 076 538 2909 (vir nog beter pryse nou!)

en by ons is dit steeds

Beste prys oor en oor bewys!

Page 25: 2 piketberger mar 2015

25

Zim ABC wat die Woord gee

Die graad R-Kixklas, bo en die Graad 3-Kixklas, onder

op Piketberg bou twee woorde in Sjona: "Bhaibheri"

wat "Bybel" beteken en "gogo" wat "ouma"

beteken. Elke letter verteenwoordig R5 wat aangewend

word om kategese materiaal in Sjona te ontwikkel vir

die Ring van Morgenster in Zimbabwe.

Foto’s: Leandra Loubser, bo en Marietha Goosen, onder

Graad 2U Kix met die sin: "Jesus loves u" vir die projek Zim ABC wat die Woord gee."

Foto: Gerda Basson

Graad 4B met die Sjona sin wat hulle met R5'e 'gekoop' het om die goeie nuus van Jesus se liefde vir almal, te versprei - tot in Zimbabwe. Die juffrou is Ma-rie van Niekerk. Twee van Marie se Kix-kinders, An-nette Bruwer, heel links, en Craig Duncan, met die

letter O, se pa's, Pieter en Rob was in 1978 by Marie in PHS se Sub A-klas.

Foto: Marietha Goosen

Kix 2015-Projek

Zim ABC wat die Woord gee

Page 26: 2 piketberger mar 2015

26

UNISA Prakties: Voor by Alison Müller is Jade Wilson, Voorgraad 1, Lof en Ererol en Levona

Roberts, Graad 5 Eervolle Vermelding. Agter is Zana Vorster, Graad 2 Eervolle Ver-melding, Diané Ungerer, Graad 7 Lof, Harry Roux en Shanda Whitfield, Graad 4 Duet Lof.

Inlas links Marié Steyn, Graad 2 Eervolle Vermelding.

UNISA Teorie met Lof: Johan du Toit Graad 2 - 91%, Daniël Brand Graad 1 - 88% en Christine van der

Merwe Graad 3 - 89% by Komien van der Westhuizen.

Mari Visser wen die 2014-Hugo Halloway-trofee vir

Beste Prestasie in die Laer-skool vir 'n UNISA-klavier eksamen. Sy is saam met

Komien van der Westhuizen.

UNISA Teorie Graad 2: Voor by Alison Müller is Shanda Whitfield, Eervolle Vermelding, en agter Zana

Vorster, Lof, Harry Roux, Lof en Ererol en Nicola Coetzee, Lof en Ererol.

Unisa Praktiese en Teorie Musiek Uitslae

Trinity Prakties: Adriana Visser behaal 91% (Lof en Ererol) vir

Graad 4 Sang.

Foto’s: Marietha Goosen

HAMBURGERS, BOEREWORS ROLLS, KOELDRANK & PEUSELGOED SAL VERKOOP

WORD

Page 27: 2 piketberger mar 2015

27

Page 28: 2 piketberger mar 2015

28

Anina slaag advanced In die jaar 2000 het Anina Eksteen as ‘n klein krulkopdogtertjie by Biddy Langenho-ven se ballet ateljee ingeskryf. Sy het haar-self ingeleef in die ballet stories van fee prinsesse en tee party-tjies. So het haar passie om die ritme van musiek in dans-passies uit te beeld gegroei. Sy het in 2012 die Cecchetti Intermediêre eksamen van die Imperial Socie-ty of Teachers of Dancing in Londen geslaag. Die jaar daar-na is sy Stellenbosch toe en het by die Stel-lenbosch Ballet Acad-emy, onder leiding van Ethne Daniels, begin voorberei vir die Ad-vanced eksamen. Dit was ‘n jaar en ‘n half van hardewerk, aange-sien sy ook voltyds besig is met ‘n diploma kursus in mode-ontwerp! Sy het met vlieënde vaandels geslaag en mag nou begin voorberei vir die onderwyseres se eksamen. Anina sê, “dit was als die moeite werd, nou is ek ‘n ballerina! Ek beoog om die ballet-onderwyseres sertifikaat te verwerf en ander dogtertjies ook te help om die wêreld van fee prinsesse en dans te betree. Net eers my mode-ontwerp diploma kry…” Baie geluk Anina.-Red

Anina Eksteen Foto verskaf

Hierdie leerders van Steynville Primêr op Piketberg het Saterdag 21 Februarie aan die Boland

Atletiekbyeenkoms by Dal Josaphat, Paarl, deel-geneem. Hulle is Damian Markus, Charlreeze Sias, Leandra van der Westhuizen en Samanthia Cloete.

Voor is Tyrique Booise en Keishan van Rooy. Foto: Elzaan Boshoff

Steynville Primêr se atlete

Van die Gr 12-seuns en Ma's by hul laaste Kleure At-letiek: Daniel Goosen, Driaan van Wyk, Jandré de

Witt, Arno van Deventer, Benna van der Westhuizen en Ruan Brand saam met Marietha Goosen, Tharien van Wyk, Lynette de Witt, Retha van Deventer en He-

lita van der Westhuizen. Foto: André de Witt

Mammas en hul babas

Op 12 tot 16 Desember 2014, het Bendert Smit in Somerset-Wes aan die Bo-land Key Health Tennis Toernooi deelgeneem in die 16 en onder ouderdoms-groep. Altesaam 23 deelnemers het in die Goue Afdeling deelgeneem. Bendert het 2de geeïndig. Hy het net een wedstryd in die toernooi, naamlik die finaal, ver-loor. Sy posisie het ongeveer 30 plekke verbeter in die Suid-Afrikaanse Tennis As-sosiasie rangorde. Spelers vanuit alle provin-sies het aan die toernooi deelgeneem, aangesien dit skoolvakansie was. Altesaam 513 spelers in to-taal, vir alle ouderdoms-groepe, het ingeskryf vir die toernooi .

Bendert klim Tennisleer

Bendert Smit Foto: Sandra Smit

Gewigstoot rekord vir

Anke

Anke Schreuder verbeter die Wes-Boland gewigstoot

rekord. Haar afstand was 11,05m teenoor die 10,18m

wat dit was.

Page 29: 2 piketberger mar 2015

29

Vic Ludorum Wenners

Henk Schipper - Junior Victor Ludorum

Benna van der Westhuizen - Senior Victor Ludorum. Benna behaal

rekords vir diskus, gewigstoot en hamergooi en was eerste in die

100m. By die Driehoek byeenkoms het hy rekords verbeter in gewig-

stoot en diskus en by die Platteland byeenkoms het hy rekords behaal in hamergooi en diskus en was eerste in gewigstoot. By die Wes-Boland

byeenkoms het hy die diskusrekord verbeter.

Pamela Booys - Junior Victrix Ludorum

Foto’s: Marietha Goosen

Janke van Schalkwyk - Senior Victrix Ludorum. Janke behaal rekords in vyf

items by die Kleuresport en in drie items by die Platteland byeenkoms.

By die Wes-Boland byeenkoms behaal sy eerste plekke in al vyf

haar items.

Bendert Smit, Junior January, Burdty Joubert en Chris Rheeder het by die Hoërskool Platteland byeenkoms die

aflos gewen.Dis veral die manne se aangee en oorvat wat briljant was. Foto: Soreen Gouws

PHS se o.17 Aflosspan

piketberg mediese sentrum

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts)

Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn)

Dr Bibi Werle (Sonar)

Ilse Bruwer (Spraakterapeut)

Merina de Waal (Dieetkundige)

Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017

Ma - Vry: 08h00 - 17h30

Sat: 08h00 - 13h00

Page 30: 2 piketberger mar 2015

30

Nog ou rekords spat

Ilse Vorster se 800m rekord vir Meisies 17 het vir 27 jaar op Piketberg Hoërskool se rekordboeke gestaan. Elske Pieters het die 800m se tyd vanjaar verbeter met drie sekondes. Die Piketberger het Ilse laat weet en sy skryf… As iemand my vra waar ek op skool was, kan ek met baie trots sê: “Hoërskool Piketberg”. Die skoolopleiding en ervaring wat ek daar as kind geleer het, het my help vorm vir wat ek is en doen vandag. My Grootste Liefde op Hoërskool, was my Sport. As ek my oë toemaak, sien ek nog daardie atletiekbaan, ruik ek die gras en onthou ek al die wonderlike tye saam met my oefengroepie. En dan natuurlik die Meneer agter die oefengroep, Mnr Cecil van Wyk. Hy was meer as net ‘n afrigter. Dit was elke dag ‘n “surprise” wat ons gaan doen op daardie atletiekbaan en ek het elke oomblik terdeë geniet. Na skool (1991) was ek vir ‘n jaar na die Vroue Leërkol-lege in George. Daar het ek aan baie wedlope deelge-neem en was selfs so gelukkig om soms saam met Elana Meyer te kon oefen. Daarna het ek vir vier jaar onderwys gaan studeer by Wellington Onderwyskollege Boland. Ek was genomineer as Sportvrou van die kollege en was selfs so bevoorreg om as deel van die SA Landloop-span aan die Wêreld Studente byeenkoms in Ierland te gaan deelneem. Ek het in 1999 vir ‘n Jaar in Lond-en gaan skool gee en vir ‘n Britse klub gehardloop. So het ek die hele Engelse platteland rondge-toer met die span en aan verskeie wedlope deel-geneem. Ek het in Montagu gaan skool gee en is toe ook met ‘n boer daar getroud. Ek is tans ‘n besige mam-ma van drie. Gee pilates klasse, het ‘n Monkeynastix franchise en gee self ook Monkeynastix klasse vir voorskoolse kindertjies. Ek neem nog baie deel aan driekampe, trailruns asook MTB byeenkomste. As die saadjie diep geplant is, sal jy altyd jou liefde daarvoor uitlewe. Baie geluk aan Elske Pieters met die slaan van die 800m rekord wat vir 27 Jaar aan my behoort het !!!!

Marike Koch het Christa (Brand) Coetzer se hoogspring rekord vir Meisies 19, wat sy in 1984 opgestel het,

verbeter met 1cm tot ‘n hoogte van 1,51m.

Ilse (Vorster) Esterhuyse, met haar kinders

Elske Pieters Foto: Soreen Gouws

Rekord spat na 27 jaar

Janke van Schalkwyk het Isa (Eksteen) Robertson, se verspring rekord wat sy in 1996 opgestel het

met 49cm verbeter. Janke het 5,2m ver gespring.

Isa (Eksteen) Robertson woon op ‘n plaas buite George. Sy het netbal gespeel vir die George

Klub, maar na die geboorte van haar eersteling, Barry,

twee jaar gelede, het sy opgehou. Isa is ‘n tuiste-

skepper, help met die plaas se boeke en finansiële werk

vir ‘n ouditeursfirma. Sy was heel verras oor haar rekord wat amper 20 jaar

gestaan het.

Ravell Frans het die 400m Seuns 14 rekord van Jaco Mouton van 1998 met breukdele verbeter.

Foto: Soreen Gouws

Page 31: 2 piketberger mar 2015

31

Page 32: 2 piketberger mar 2015

32

NEW CAULI QUEEN BANTING PRODUCTS AT BOLAND SUPERSPAR DELI FRIDGE

BANTING BREAD MIX COMING SOON..

Valentynsdag Kompetisie - Die Courant

Zinnet Visser - Telefunken Fridge

W. Fortuin - Washing Machine

Don Jordaan - Defy Chest Freezer (foto regs)

Elzanne Richter - Telefunken Microwave

Estelle Carolus - Telefunken Microwave

Janita Alkasten - Telefunken Microwave

Caroline Erasmus - Telefunken Microwave

PHS Valentynsdans Koopbewys-wenner

Lizelle Pedro (Spanleier) oorhandig die koopbewys aan Meneer van Dyk

Lizelle Pedro (Spanleier) oorhandig die koopbewys aan Nadine de Waal