1. WAT IS DIE SENWES ETIESE...
Transcript of 1. WAT IS DIE SENWES ETIESE...
Junie 2013 SENWES ETIESE KODE
1
1. WAT IS DIE SENWES ETIESE KODE
Die Senwes Etiese Kode is ‘n hoëvlak dokument wat Senwes se toewyding tot die
bedryf van besigheid op ‘n wyse wat wetlik en eties aanvaarbaar is vir elke direkteur
en werknemer in die groep, openlik verklaar. Dit verduidelik die waardes,
standaarde en riglyne wat elkeen behoort na te kom in hul skakeling met interne
sowel as eksterne belanghebbendes.
2. TOEPASSING
Die Kode is van toepassing op alle Senwes besighede en volfiliale en op alle
werknemers en direkteure, sonder uitsondering.
Daar word van elke direkteur en werknemer verwag om die kodes van toepassing op
hul verantwoordelikheidsfeer en die relevansie daarvan te ken, te verstaan en om
hul toewyding daartoe skriftelik aan te dui op ‘n jaarlikse basis. Hierdie kodes moet
nagekom word in alle besluitneming en aksies en hul toewyding tot die maatskappy
se waardes en etiese gedrag moet gedemonstreer word.
3. NAKOMING VAN DIE SENWES ETIESE KODE
Senwes is verbind daartoe om besigheid te bedryf op ‘n etiese wyse en moet strewe
na etiese gedrag in die bedryf van alle sake.
In die verband het Senwes ‘n beleid van zero vedraagsaamheid vir onetiese
gedrag, ongeag die omvang of impak van die gevolge van onetiese gedrag op die
besigheid.
Junie 2013 SENWES ETIESE KODE
2
Zero verdraagsaamheid beteken dat onetiese gedrag nie geïgnoreer kan word nie
en derhalwe moet alle gerapporteerde of geïdentifiseerde beweerde onetiese gedrag
formeel ondersoek word en toepaslike korrektiewe of dissiplinêre aksie moet ingestel
word. Versuim om dit te ondersoek en aksiestappe te doen is op sigself onetiese
gedrag.
Alle sake wat uitdruklik in die Kode, relevante Senwes beleide, riglyne en formele
kommunikasie gedek word, word geag duidelike etiese besigheidspraktyke daar te
stel en het ten doel om ‘n etiese kultuur daar te stel en onetiese gedrag te
ontmoedig.
Waar daar onduidelikheid is oor die toepassing van die Kode en onsekerheid oor
nakoming van die Kode, moet werknemers met hul lynbestuurders of Divisionele
Etiese Beampte of ‘n lid van die Uitvoerende Bestuur konsulteer.
Daar word van bestuurders regdeur die organisasie verwag om dit maklik te maak vir
hul werknemers om vry en openlik te kommunikeer oor sake rakende etiek.
Daar word van alle werknemers en direkteure verwag om hul toewyding tot die
maatskappy se waardes en etiese gedrag te verklaar en om alle insidente van
onetiese gedrag te rapporteer, ten einde te verseker dat die tweeledige strategie om
etiese gedrag te bevorder en onetiese gedrag teen te werk, suksesvol
geïmplementeer kan word.
Alle gerapporteerde insidente sal ondersoek word en indien voldoende inligting
verskaf word, sal toepaslike korrektiewe aksie geneem word. Anonimiteit is
gewaarborg vir enige persoon wat onetiese gedrag rapporteer.
Junie 2013 SENWES ETIESE KODE
3
4. SENWES WAARDES – DIE FONDASIE VAN ONS ETIESE KODE
WAARDE WAARDEBESKRYWING
INTEGRITEIT Ons doen die regte dinge vir die regte redes en tree eties op te
alle tye.
BESIGHEIDS-
ORIëNTERING
Al ons aksies is daarop gemik om aan die behoeftes van ons
klante te voldoen en hul probleme op te los op ‘n professionele
wyse.
SELF-MOTIVERING Ons is self-gemotiveerd in die strewe om die maatskappy se
visie uit te leef en die realisering van ons beroepsaspirasies.
INNOVERING Ons strewe daarna om kreatief, verbeeldingryk en vindingryk te
wees in die soeke na oplossings vir besigheidsuitdagings en
voldoening aan die behoeftes van klante.
LOJALITEIT Ons is lojaar teenoor Senwes en tree op in belang van die
maatskappy te alle tye, met inagneming van die belange van al
ons belanghebbendes.
AANSPREEKLIKHEID Ons is verantwoordelik en aanspreeklik vir al ons aksies en
verbind tot die verskaffing van volledige, geloofwaardige,
akkurate en tydige inligting aan al ons belanghebbendes.
Junie 2013 SENWES ETIESE KODE
4
5. SENWES ETIESE KODE
a. Ons is ‘n verantwoordellike en aanspreeklike korporatiewe burger, verbind
tot die bestuur van ‘n volhoubare besigheid met inagneming van ons
belanghebbendes, die omgewing en die gemeenskap.
b. Ons behandel al ons belanghebbendes met respek, sensitiwiteit en
waardigheid, onder alle omstandighede.
c. Ons strewe daarna om aan alle relevante wetlike en regulatoriese
vereistes te voldoen as ‘n minimum standaard.
d. Ons tree op met integriteit en professionalisme in al ons
besigheidsaktiwiteite, verwerp alle vorme van oneerlikheid en is
onverdraagsaam teenoor bedrieglike optrede soos diefstal, omkopery,
korrupsie, bedrog en wanvoorstelling.
e. Ons onderskryf effektiewe korporatiewe beheerbeginsels, belyn met
nasionale en internasionale riglyne.
f. Ons poog om konflikte van belange te vermy en verklaar sodanige
konflikte indien dit sou voorkom.
g. Ons verseker dat die verskaffing van inligting aan al ons
belanghebbendes tydig, akkuraat en gebalanseerd is, geen
wanvoorstellings bevat nie en nie misleidend is nie.
h. Ons sal regverdig en eerlik kompeteer en die regte van mededingers tot
regverdige kompetisie respekteer. i. Ons respekteer alle gemagtigde ooreenkomste deur Senwes aangegaan.
j. Ons respekteer menseregte en menswaardigheid en diskrimineer nie op
grond van ras, geslag, geloof of seksuele oriëntasie nie.
k. Ons bedryf ons persoonlike sake op ‘n fatsoenlike en verantwoordelike
wyse, met inagneming van die beskerming van Senwes se reputasie te
alle tye.
l. Ons sal alle gerapporteerde gevalle van wangedrag ondersoek en
toepaslike aksie neem, ongeag wie daarby betrokke is.
m. Ons sal die privaatheid en vertroulikheid van die werknemers wat
insidente van beweerde of waargenome wangedrag rapporteer beskerm
en hulle teen enige vorm van teistering beskerm.
Junie 2013 SENWES ETIESE KODE
5
6. VERBONDEHEID TOT EN TOEPASSING VAN DIE ETIESE KODE
VERBINTENIS TOT
ONS AANDEEL-
HOUERS EN
BELEGGERS
• Tree altyd op in die beste belang van die maatskappy.
• Tree op as verantwoordelike bestuurder en beskerm die hulpbronne en
bates van die organisasie optimaal in die gebruik daarvan.
• Genereer volhoubare en markmededingende opbrengste op ‘n langter-
mynbasis.
• Voorsien aandeelhouers en beleggers van volledige, akkurate en
wesenlike inligting op ‘n tydige basis ten einde hulle in staat te stel om
ingeligte besluite te neem met betrekking tot hul beleggings.
• Verseker die langtermyn volhoubaarheid van die maatskappy.
• Respekteer en kom die gereserveerde magte vir aandeelhouers na.
VERBINTENIS TOT
ONS KLANTE EN
KLIëNTE
• Ons luister na en verstaan die aspekte van kommer van klante, hul
veranderende behoeftes en doen ons bes om daaraan te voldoen.
• Verskaf hoë kwaliteit produkte en dienste.
• Verskaf betroubare, voldoende, relevante en tydige inligting in ons
skakeling met hulle.
• Beskerm die vertroulikheid van klante-inligting en openbaar of deel nie
sodanige inligting met enige derde party sonder hul toestemming nie.
• Respekteer, handhaaf en kom die letter en gees van kontrakte tussen
Senwes en sy klante na.
• Hanteer klagtes, komplimente en navrae op ‘n effektiewe en spoedige
wyse.
VERBINTENIS TOT
ONS WERKNEMERS
• Wees sensitief met betrekking tot kulturele en geloofsverskille en
respekteer die waardigheid van elke individu.
• Respekteer die fundamentele regte van werknemers en voldoen aan
regverdige arbeidspraktyke.
• Verskaf ‘n bemagtigende, regverdige, gesonde en veilige
werksomgewing.
• Verskaf geleenthede vir werk, opleiding, ontwikkeling en
beroepsvordering op ‘n regverdige en gelyke beregtigingsbasis.
• Balanseer die beginsels van regverdigheid en gelykheid met die oogmerk
om historiese wanbalanse aan te spreek en dra by tot ‘n gemeenskap met
gelyke geleenthede.
Junie 2013 SENWES ETIESE KODE
6
• Skep en onderhou ‘n omgewing en prosesse ter bevordering van openlike
en geloofwaardige kommunikasie.
• Erken en beloon werknemers op ‘n regverdige en billilke wyse, in lyn met
hul produktiwiteits- en prestasievlakke en die waarde wat hulle toevoeg
tot die maatskappy.
VERBINTENIS TOT
ONS
VERSKAFFERS
• Ons luister na en verstaan die aspekte van kommer van klante, hul
veranderende behoeftes en doen ons bes om daaraan te voldoen.
• Verskaf hoë kwaliteit produkte en dienste.
• Verskaf betroubare, voldoende, relevante en tydige inligting in ons
skakeling met hulle.
• Ons beskerm die vertroulikheid van klante-inligting en openbaar of deel
nie sodanige inligting met enige derde party sonder hul toestemming nie.
• Respekteer, handhaaf en kom die letter en gees van kontrakte tussen
Senwes en sy klante na.
• Hanteer klagtes, komplimente en navrae op ‘n effektiewe en spoedige
wyse.
VERBINTENIS TOT
DIE GEMEENSKAP
• Om ‘n verantwoordelike en sorgsame korporatiewe burger te wees.
• Skep van werksgeleenthede.
• Werk in vennootskap met die gemeenskap en ander rolspelers in die
inisiëring en ondersteuning van ontwikkeling en welsynsinitiatiewe, in lyn
met ons beleid.
• Verantwoordelike en effektiewe gebruik van natuurlike hulpbronne en die
eliminering en vermindering van aktiwiteite wat negatief op die omgewing
impakteer.
VERBINTENIS TOT
DIE REGERING EN
REGULATORIESE
OWERHEDE
• Respekteer en onderhou die gees en letter van landswette en
-regulasies.
• Ondersteun regeringsinisiatiewe wat gemik is op die daarstelling van ‘n
regverdige gemeenskap waarin gelyke regte van toepassing is.
• Om die regering te ondersteun as vennoot in die strewe na sosiale en
ekonomiese ontwikkelingsdoelwitte.
Junie 2013 SENWES ETIESE KODE
7
7. VERANTWOORDELIKHEID MET BETREKKING TOT DIE ETIESE KODE
Die Senwes Direksie is finaal aanspreeklik vir etiese besigheidspraktyke en ‘n etiese
kultuur in Senwes.
• Die Sosiale & Etiese Komitee verskaf namens die Direksie oorhoofs leiding ten
opsigte van die etiese program.
• Die Besturende Direkteur is die Hoof Etiese Beampte van die groep, neem die
leiding en stel die voorbeeld ten opsigte van verbintenis tot waardes en etiese
gedrag, die inkorporering van etiek in Senwes by wyse van die ontwikkeling van
beleide, strukture en programme.
• Die Groep Etiese Beampte koördineer en monitor die daaglikse aktiwiteite en
implementering van die etiese program, bestuur die etiekkantoor en verskaf leiding
en advies met betrekking tot alle sake wat verband hou met etiek.
• Die Groep Etiese Komitee is verantwoordelik vir die ontwikkeling en implementering
van die etiese program, kommunikasie met alle relevante belanghebbendes en vir
die monitering van die kode.
• Die Uitvoerende Komitee is verantwoordelik daarvoor om te verseker dat etiek
geïntegreer word by alle strategiese en bedryfsaktiwiteite van die besigheid en vorm
die basis vir die neem van alle besluite.
Ethics Governance Structure
BOARD OF DIRECTORS
Audit Committee
Social and Ethics
Committee
Executive Committee
Managing Director
GROUP ETHICS OFFICER
Group Ethics Committee
Divisional Ethics Officers
Group Internal Auditor
Financial Director
Risk & Sustainability
Committee Divisional Management
Group Risk Officer
Group Compliance Officer
Junie 2013 SENWES ETIESE KODE
8
• Elke Bestuurder is getaak om te verseker dat die etiese kode behoorlik
gekommunikeer en verstaan word deur alle Senwes werknemers in sy/haar
verantwoordelikheidsfeer. Bestuurders kan die Groep Etiese Beampte of Divisionele
Etiese Beamptes kontak indien hulle enige bystand benodig met die implementering
van die Kode.
• Die Divisionele Etiese Beamptes het ‘n soortgelyke rol as die Groep Etiese
Beampte, op divisionele vlak, en is daar om te rig en advies te verleen met
betrekking tot alle sake wat verband hou met etiek.
• Die Menslike Hulpbronneafdeling sal verseker dat alle werknemers toegang het tot
die etiese kode en dat alle nuwe werknemers ‘n afskrif van die kode ontvang en
sodanig geöriënteer word dat hulle die kode en die toepassing daarvan verstaan.
• Die Interne Ouditafdeling is verantwoordelik vir die monitering van die etiek hulplyn
(“hotline”) en ondersoek alle gerapporteerde insidente van onetiese gedrag.
8. HERSIENING VAN DIE ETIESE KODE
Die etiese kode is ‘n lewende en dinamiese dokument wat jaarliks hersien sal word ten einde
die dinamiek, inspireringsimpak en relevansie ten opsigte van toepassing te verseker.
Daar sal van die Direksie en werknemers verwag word om hul verbintenis tot die kode
skriftelik op ‘n jaarlikse basis te bevestig.
9. ETIESE BESLUITNEMING EN RAPPORTERINGSRIGLYNE
Enige werknemer of direkteur wat met ‘n besluit gekonfronteer word, behoort die volgende
riglyne te oorweeg ten einde te verseker dat die besluite en aksie wat uiteindelik geneem
word, eties en konsekwent is met Senwes se waardes en etiese kode.
o Is die besluit wettig?
o Voldoen die besluit aan ons beleide en prosedures?
o Is hierdie besluit/aksie konsekwent met ons waardes en etiese standaarde?
o Voel die besluit/aksie reg en het ek vrede daarmee?
o Is ek gemaklik om hierdie besluit/aksie aan my hoof te rapporteer?
o Ondervind ek konflik en het ek my konflik aan die relevante mense
gerapporteer?
Junie 2013 SENWES ETIESE KODE
9
o Sal ek gemaklik wees daarmee as die besluit/aksie in die media gepubliseer
word?
o Is dit ‘n besluit/aksie waarop ek trots is?
10. RAPPORTERINGSRIGLYNE
Daar word van werknemers en direkteure verwag om hulle te vergewis van die inhoud van
die etiese kode en indien daar enige onsekerhede is, moet hulle dit met hul lynbestuurder,
divisionele Etiese Beampte of Group Etiese Beampte bespreek.
Senwes werknemers en ander belanghebbendes word ook aangemoedig om enige
afwykings van die etiese kode wat hulle in hul interaksie met enige Senwes werknemers
waarneem, te rapporteer.
Junie 2013 SENWES ETIESE KODE
10
ETIESE BESTUURSTRUKTURE EN KONTAKBESONDERHEDE
Struktuur Verantwoordelike
persoon
Telefoon E-pos
GROEP
Voorsitter van die Direksie Danie Minnaar 0824119979 [email protected]
Voorsitter: Sosiale & Etiese Komitee
James Botha 0716817904 [email protected]
Hoof Uitvoerende Beampte (Hoof Etiese Beampte)
Francois Strydom 0832742862 [email protected]
Groep Etiese Beampte Joe Maswanganyi 0832887331 [email protected]
Divisionele Etiese Beampte
Grainlink Chris Jonker 0184647392 [email protected]
Gideon Ralepeli 0834523543 [email protected]
Village Johan Schoeman 0832585915 [email protected]
Credit en Landboudienste Johan Meiring 0834177783 [email protected]
Menslike Hulpbronne Stephen Bogatsu 0832638323 [email protected]
Korporatiewe Dienste Japie Fransman 0827866882 [email protected]
Korporatiewe Dienste & Groep Finansies
Johan le Grange 0835092119 [email protected]
Regsafdeling en Sekretariaat Elmarie Joynt 0834401345 [email protected]
Interne Oudit Dirk Opperman 0836270548 [email protected]
Inligtingstegnologie Leon Hunter 0834530415 [email protected]
ETHIEKKANTOOR – HULPLYN Kry Hulp, Ondersteuning, Advies of Leiding
018-464-7363
ETIEK “HOTLINE”
Rapporteer enige insidente of praktyke
wat verband hou met onetiese gedrag
0804647800
Junie 2013 SENWES ETIESE KODE
11
11. KOMMUNIKASIE EN BEWUSMAKING
Detail met betrekking tot die Senwes Etiese Kode en die “Hotline” sal deur die
verskeie media wat tans gebruik word, aan alle belanghebbendes gekommunikeer
word, en spesifiek werknemers, klante en verskaffers.
Die inhoud en media sal deurlopend hersien word ten einde relevansie,
bewusmaking, kennis en effektiewe betrokkenheid te verseker.
12. TOEPASSING EN MONITERING
Die toepassing van hierdie kode sal deurlopend deur lynbestuur en die relevante
etiese bestuurstrukture gemonitor word en periodiek aan alle relevante
belanghebbendes gekommunikeer word.
Junie 2013 SENWES ETIESE KODE
12
13. PERSOONLIKE ONDERNEMING MET BETREKKING TOT ETIESE KODE
a. Ek is verbind tot die Senwes waardes en etiese kode en neem volle
verantwoordelikheid vir die bestudering, begrip en toepassing van die kodes
ten einde te verseker dat my besluit en aksies altyd belyn is met die waardes
en etiese kode.
b. Ek verstaan dat ek ‘n verantwoordelikheid het om in die beste belang van
Senwes op te tree te alle tye.
c. Ek verstaan dat ek verantwoordelik is om met integriteit en professioneel op
te tree en om die reputasie van Senwes te bevorder in my handelinge met alle
interne en eksterne belanghebbendes.
d. Ek verstaan dat ek verantwoordelik is binne my werksomgewing om te
verseker dat Senwes sy verbintenis tot alle belanghebbendes sal volvoer
soos vervat in die etiese kode.
e. Ek verstaan dat ek verantwoordelik is daarvoor om alle belanghebbendes met
respek en waardigheid te behandel.
f. Ek verstaan dat daar van my verwag word om enige onetiese gedrag deur
enige belanghebbende wat ek waarneem of vermoed te rapporteer en dat
versuim om dit te doen, op sigself ‘n oortreding van die kode is.
g. Ek verbind myself hiertoe met die kennis dat Senwes my sal beskerm teen
enige vorm van teistering of viktimisering wat mag voortspruit uit my
rapportering van onetiese gedrag deur enige persoon, ongeag sodanige
persoon se posisie of status in die onderneming.
h. Ek verstaan dat voldoening aan die etiese kode krities is vir die sukses en
langtermyn volhoubaarheid van Senwes.
i. Ek verstaan dat versuim om aan hierdie etiese kode te voldoen tot dissiplinêre
aksie sal lei.
Naam Handtekening Personeel nr Datum