1 Daagliks‘n Skyf Brood...1 1 Daagliks‘n Skyf Brood Uit die Bakkerstraat Die benoudheid wat nou...
Transcript of 1 Daagliks‘n Skyf Brood...1 1 Daagliks‘n Skyf Brood Uit die Bakkerstraat Die benoudheid wat nou...
1
1
Daagliks‘n Skyf Brood
Uit die
Bakkerstraat
Die benoudheid wat nou oor
hierdie wêreld kom gaan jou laat
honger na die Brood van die lewe,
want Hy alleen is jou lewe.
(Joh 6 : 48-51)
Dagstukkies vir 365 dae deurEugenius en Ansie Houy
(Februarie 1 ste Jaar)
2
2
TITELLYS VIR FEBRUARIE
INLEIDING
Dag 1 Dit is Tyd om Jahweh te soek Bladsy 4
2 Die Wet wat ‘n Skaduwee het 5
3 Werk jou eie Heil uit 7
4 Braak vir julle ‘n Braakland 8
5 Nuwe Wynsakke 9
6 Saai volgens die eis van Geregtigheid 11
7 Nou is die tyd van die Welbehae 12
8 Eenvoudigheid en Reinheid 13
9 Julle is tot Vryheid geroep, broeders 15
10 Net ‘n Woord 16
11 As julle my Verbond met die dag en nag kan verbreek 18
12 Vryheid as ‘n aanleiding vir die vlees 19
13 Uit die oorvloed van die hart praat die mond 21
14 Gelukkig is die oë wat sien en die ore wat hoor 22
15 Want die mond van Jahweh . . . het dit gespreek 23
16 Weerstand in die dag van onheil 25
17 Die bediening van die engele 26
18 Ons vyand ook Elohim s’n 28
19 Ek sal jou bewaar in die uur van beproewing 29
20 Koop die tyd uit 30
21 Die wapenrusting van Elohim 32
22 Ons worstelstryd teen die bose magte 33
23 Julle lendene met die waarheid omgord 34
24 Die borswapen van die geregtigheid 36
25 Die skoene van bereidheid vir die Evangelie 37
26 Die skild van die geloof 39
27 Die helm van verlossing 40
28 Die swaard van die Gees 42
3
3
INLEIDING
Gedurende Januarie het ek besef dat die skrywe van hierdie dagstukkies ‘n veel groter
taak is as wat ek ooit gedink het. Ek het dit eers gister (2 April) voltooi. Nou moet ek
nog Februarie en Maart s’n doen terwyl die dae in April aanstap. Een broer sê vir my
dat hy nog nooit in die verlede my só in die nood hoor vra het dat hy vir my moet bid
nie. Ek vra – soos Paulus in Efes 6:19-20 : bid asb vir my dat Jahweh se woord aan jou
op ‘n daaglikse basis sal vloei deur my pen en dat niks en niemand dit sal verhinder
nie.
Daarom moet jy asb nie ‘n baie professionele boek verwag nie. Ek deel met jou die
woord baie kortliks en ek skrywe haastig. Dit is gelukkig nie bedoel om ‘n letterkundige
meesterstuk te wees nie. Dis slegs bedoel om die woord by jou uit te bring. As jy opreg
is sal jy dit in die regte lig sien. As jy vol kritiek en oordeel is is jy besig om die
verkeerde goed te lees!
Dan volg die vertaling in Engels nog! Vader sal, glo ek, iemand opwek om dit te doen.
Vir jou is dit egter belangrik om elke dag te “eet” wat Hy jou gee. Lees Eseg 2:8-10;
3:1- 4. Lees ook Open 10:9-11. Het jy dit gelees? Nou stuur Vader vir jou elke dag
‘n “Skyf brood uit die Bakkerstraat”. Jy moet dit eet! Dis al wat ek nou hieroor sê.
As jy te lui is om te eet, terwyl alles vir jou met moeite gereed gemaak is (lees Spr
19:24) dan moet jy maar lewe of sterwe tot oneer van Messiah. Hierdie dagstukkies is
vir mense met goddelike ywer om geestelik te groei. Vader het jou alles geskenk. Jy
moet dit slegs eet (2 Pet 1:3-12). Ek sal getrou aan my roeping voortgaan om daagliks
‘n “Skyf brood uit die Bakkerstraat” aan jou te besorg. Jy moet ywerig die Skrifte
daarin aangehaal, gaan naslaan en dit biddend lees. As jy nie die volle wapenrusting
aan het wanneer hierdie noodtoestand kom nie, sal jy ‘n groot las wees vir die volk van
Jahweh.
Iemand vra my die ander dag of hierdie maar weer die “ou goed” is – die woord wat al
soveel keer gebring is. My antwoord was: “dis ‘n skatkis vol nuwe en ou dinge” (Matt
13:52). Maar waarom vra hulle, is dit omdat hulle die ou boodskap al so goed ken? Ek
hoor hoe preek hulle vir andere, maar ongelukkig is dit verstandelike kennis wat
4
4
hulleself nie lewe nie. Ek vra jou om hierdie Brood uit die Bakkerstraat te eet soos
nooit vantevore nie en bêre dit in jou hart, al het jy dit nooit voorheen gedoen nie!
1 FEBRUARIE
DIT IS TYD OM JAHWEH TE SOEK
(HOS 10:12)
Toe ek vanmôre vir Vader vra vir ‘n woord vir hierdie dag toe slaan ek die Skrif oop
op Hos 10:12: “Dit is tyd om Jahweh te soek totdat Hy kom en geregtigheid oor julle
laat reën”. Is onreg en ongeregtigheid nie besig om op ons te reën soos nooit tevore
nie? Die hele wêreld is ‘n stelsel van onreg. Maar omdat ons daarin gebore is en saam
gegroei het daarmee het ons gekondisioneerd geraak, soveelso dat ons dit nie agterkom
dat die ongeregtigheid elke dag toeneem in graad en vermeerder in omvang nie (Matt
24:12). Dit is soos die padda wat in warm water gegooi word en dadelik uitspring,
maar as jy hom in koue water sit en dit stadig verwarm, kook jy hom dood, want as hy
agterkom dat die water vir hom te warm is kan hy nie meer uitspring nie, omdat die
hitte hom verlam het.
Die volk van Elohim(God) het gewoond geraak aan onreg en ongeregtigheid. Ons het
gewoond geword daaraan om ons eie sin te wil hê. Jy onthou dat dit beteken dat ons
dan afgode dien (1 Sam 15:22-24). Onthou jy ook dat daar agter elke afgod ‘n duiwel
is? (1 Kor 10:18-22). Ons is ook geneig om ons kinders hulle sin te laat kry, dus ook
die afgode dien net soos ons! Hulle moet wen as hulle speel. Die ouers kweek dit by
hulle. Hulle mag ook nie deur andere te na gekom of veronreg word nie en daarom sal
hulle nooit die berowing van hulle goed met blydskap aanvaar (Heb 10:31-36), as
Vader dit van hul vra nie. Ook sal hulle nooit die ander wang kan draai (Matt 5:38-42)
as Vader dit van hulle verlang nie. Ons maak ons kinders so groot soos wat ons is, om
volgens ons eie begeertes te lewe. Hul klere, voedsel en alles moet volgens hulle smaak
wees (Ps 78:18). Dié dinge het die Israeliete die beloofde land laat misloop. Lees die
hele Ps 78 as jy die tyd het. So nie, lees tot by vers 41. Hulle eie smaak waarna ek hier
5
5
vewys is eintlik die smaak van hierdie wêreld (1 Joh 2:15-17). Hulle kleremoet ‘n
populêre handelsmerk hê soos “Billabong, Quicksilver of Adidas”. Ons kinders het
slawe van hierdie wêreld geword. (Esra 9:9). En Satan is die owerste en god van
hierdie wêreld (Joh 12:31; 14:30). Kan ons, soos Jashuah sê, dat ons geen aandeel in
Satan het nie? (Joh 14:30). Hoe gaan ons, terwyl ons so vol is van die gesindheid van
hierdie wêreld, die stem van Elohim(God) ken? (Rom 12:1-2). Ons, sowel as ons
kinders, het ons weë aan die sonde gewoond gemaak (Jer 13:23). Hulle is gewoond dat
pa en ma meer partytjies hou en kuier as om voor die Vader te sit. Die ergste is dat
hulle die geslag is wat al hierdie donker tye sal moet trotseer en oorwin (Efes 6:10-13).
Hoe sal hulle oorwin as hulle groot word as vyande van die kruis van Christus (Fil 3:18-
19)? Maar is dit nie ‘n geval van: “Die appel val nie vêr van die boom nie”? Gaan
hulle jou vorentoe nog verwyt hieroor?
Dit is tyd om Jahweh te soek! (Hos 10:12) – nie slegs vir ons kinders nie, maar ook vir
hulle ouers. Al is jy persoonlik nie skuldig aan hierdie dinge nie, is ons as ‘n volk
skuldig. Daniël en ook Nehemia bely hulle volk se sondes en ook hul eie (Dan 9; Neh
9). Lees Klaag 2:18-22. Doen dit weer! Elohim doen niks sonder dat iemand bid nie.
Hy het dit so verordineer.
Voordat ons begin bid en Hom soek moet ons eers dat die volle omvang van dit
waarvoor Hy wil hê dat ons moet bid, in ons harte begin lewe (Jer 51:50). Buig jou
laag voor Vader neer vanmôre en wag op Hom deur hierdie dag, temidde van al jou
verpligtinge, dat Hy dit aan jou openbaar.
2 FEBRUARIE
DIE WET, WAT ‘N SKADUWEE HET
(HEB 10:1)
Voordat ons op Vader kan wag vir ‘n openbaring oor dit waarvoor ons moet bid is daar
sekere wanbegrippe in jou hart wat uit die weg geruim moet word. Die eerste is dat jy
nie meer die Bybel kan hanteer soos iemand wat Bybelstudie doen nie. Het jy al die
klein kissies met “koringkorrels” gesien? Dis vol klein kaartjies, elkeen met ‘n
6
6
teksversie daarop. Jy trek dan een in die môre en aanvaar dit is Vader se woord aan
jou vir die dag. Nou, hier by ons, is die hele Bybel ‘n skatkis vol woorde vir jou. Vader
praat nie altyd van jou nie, maar Hy praat met jou oor jouself of oor iemand anders.
Die Bybel is nou Elohim se woord tot jou en nie meer ‘n studieboek vol geskiedenis,
leringe, vermaninge ens nie, alhoewel die Skrif ook daarvoor nuttig is (2 Tim 3:15-17).
Maar by die lewende woord is die hele spektrum wyer. Daar is nou ‘n hele Skrif
waaruit en waardeur Vader vir jou enigiets kan sê of openbaar. Jashuah, en ook die
Apostels, het baie woorde so gekry. Dit is ‘n hele studie op sy eie. Hier volg enkele
voorbeelde: Luk 4:18- 21 en Jes 61:1-2.
Wat nou belangrik is, is dat jy sal weet dat die Ou Testament vol skadubeelde is van
dinge wat in ons tyd (Nuwe Testamentiese tyd) plaasvind. Vader het deur baie sigbare
en tasbare gebeure ding afgebeeld, geïllustreer of gedemonstreer wat nou in ons tyd
plaasvind –dinge wat vir ons moeilik sou wees om te begryp (2 Pet 3:15-16) as Vader
nie vir ons deur die geskiedenis ‘n groot verskeidenheid skadubeelde daargestel het nie
(Heb 10:1). Wanneer ons nou ‘n woord kry soos gister s’n, waar Vader sê dat dit tyd
is om Hom te soek, dan verstaan ons dit en ons het nie daarvoor ‘n illustrasie nodig nie.
Maar wanneer Hy sê waarom ons Hom moet soek, gebruik Hy ‘n hele aantal
skadubeelde en dit gaan nou in die komende paar dae se gebed vir ons baie belangrik
wees. In Hos 10:12-13 kom baie skadubeelde voor. So ook in ander gedeeltes wat
Vader ons gister gegee het : So bv. Ps 78 : “Die volk in die woestyn” is ‘n afbeelding
of vooruitskaduwing of skets (soos ‘n onderwyser iets wat moeilik begrypbaar is op ‘n
swartbord skets en verduidelik), van die toestand waarin Elohim se volk nou is. So is
Klaag 2:18-22 ook ‘n sinnebeeld of skets van die toestand van ballingskap en slawerny
waarin die volk nou verkeer. Jy gaan dus talle plekke in die Ou en Nuwe Testament
oopslaan waardeur Vader met jou gaan spreek oor ‘n toestand wat nou heers en waaroor
Hy met jou wil spreek sodat jy daaroor kan bid. Moet asb nie probeer om gedeeltes
wat jy op oopslaan binne hulle verband of konteks te lees nie. Dit werk nie so met die
lewende woord nie! Vader gebruik enige gedeelte,heeltemal buite die konteks
daarvan, om met jou te praat. So gee Hy byvoorbeeld vir die apostel Mattheus die
gedeelte in Hosea 11: 1 toe hy in
Matt 2:15 skryf: “Uit Egipte het Ek my Seun geroep”. As jy dit in die konteks van
Hos 11:2 lees het dit niks met Jashuah se terugkeer uit Egipte (Matt 2:15) te doene nie,
en tog het dit! Dit is soos die lewende woord werk. Vra nou vandag eers vir Vader om
dit aan jou te bevestig sodat jy ‘n nuwe dimensie in jou gebedslewe kan ervaar. Bid
ernstig hieroor! Jy sal gou ervaar hoedat ‘n skatkis van rykdomme vir jou oopgaan
(Matt 13:52). Elohim praat nou met jou! Hy, Persoonlik, praat met jou,
7
7
persoonlik! Die Bybel het nou vir jou die Woord van Elohim aan jou persoonlik
geword. Jy kan Hom nou enigiets vra en Hy praat met jou deur die Skrifte. Soms
lees jy ‘n hele hoofstuk en dan ervaar jy in jou gees wat Hy vir jou deur daardie gedeelte
sê. Bid nou dat Hy alles hierbo gesê, aan jou bevestig.
3 FEBRUARIE
WERK JOU EIE HEIL UIT
(FIL 2:12)
Lees nou eers Fil 2: 12 – 16 biddend. As jy verlede maand se woord waarlik opreg in
jou hart opgeneem het kan jy nou begin glo dat dit Elohim(God) is wat in jou werk
(vers 13). Omdat dit Hy is wat in jou werk, kan jy jou eie heil uitwerk met vrees en
bewing (vers 12). Jy het jou eie saak aan met Elohim. Ander mense gaan nie vir jou
‘n voorspraak wees wanneer jy alleen voor Hom moet gaan staan nie (Open 20 : 11 –
15; Rom 14 : 12; Luk 16 : 20 – 31). Maak hierdie saak nou in jou hart uit: jy gaan
alleen voor Hom staan en verantwoording doen van hoe jy Sy aangesig gesoek het en
hoe jy Hom gehoorsaam het. Jou dominee, pastoor of leraar sal nie by jou wees as
voorspraak of pleitbesorger nie. Jahshuah sê dat die woord elkeen wat Hom verwerp
het sal oordeel (Joh 12 : 48 – 49). As jy soos baie ander die eer van mense meer liefhet
as die eer van Elohim sal jy moet rekenskap gee (Joh 12 : 42 – 43). En as jy dit nog
waag om ander te probeer behaag of beïndruk gaan jy ontdek dat jy in ‘n groot nood,
sonder geloof, sit (Joh 5 : 44). Begin nou om die koste te bereken (Luk 14 : 28) of baie
dinge wat nou jou tyd roof nie maar net “tevergeefs is en ‘n gejaag na wind nie” (Pred
1 : 1 – 18; 2 : 1 – 15). Dit is alleenlik dié dinge wat Messiah deur ons doen wat sal bly
staan. Die res gaan deur die vuur verbrand word (1 Kor 3 : 12 – 15) en jy gaan skade
ly (Vers 15). Omdat jy vir jouself rekenskap sal moet gee kan jy nie toelaat dat ander
mense, ja selfs – en veral – bloedfamilie jou lewe dikteer nie (Matt 10 : 37; Luk 14 :
26; Gal 1 : 10). Jy is te duur gekoop om ‘n slaaf van mense te word. (1 Kor 7 : 23;
29 – 33, 35) (1 Pet 1 : 17 – 19).
Allermins kan jy bekostig om te arbei teneinde hulle ‘n erfporsie na te laat. Spandeer
liewer jou krag om jou erfdeel in Messiah in besit te neem (Rom 4 : 13; Rom
8:16,17 ; Gal 4 : 4 – 9). Spandeer dan ook jou krag teneinde jou naastebestaandes húlle
erfdeel in Messiah te laat in besit neem. Laat hulle eerder, na jou dood, Vader kan eer
vir ‘n pa wat hulle die rykdomme in Jahweh laat erf het (1 Pet 1 : 6 – 9), as wat jy hulle
8
8
baie aardse besittings nalaat – alles dinge waarvoor die sprinkaan sy “lippe aflek” (Joël
2; 3). Of jy ryk of arm is, jy skuld jouself, jou dierbares en jou volk iets – iets baie
belangrik, ja van ewigheidsbelang (Rom 1 : 14). Jy moet vir hulle bid – nie sommer ‘n
oggend en aandgebedjie nie! Jy moet bid soos Klaag 2 : 19 sê. (Ook Joël 2 : 11 – 17).
As jy maar soveel krag en energie ingesit het voor Elohim se aangesig vir jouself en
jou dierbares as ook jou volk, soos wat jy gearbei het vir geld, sou daar lankal iets
gebeur het wat ver bokant jou verwagting is (Efes 3 : 20 – 21). Waarom nog talm?
Begin nou – ja, vandag nog! Bid en soek Sy aangesig. Dis ‘n sonde om nie vir mekaar
te bid nie (1 Sam 12 : 23). Jy moet besluit want jy het ‘n vrye wil (Joh 5 : 40).
4 FEBRUARIE
BRAAK VIR JULLE ‘N BRAAKLAND
(HOS 10:12-13)
Ons is nou terug by Hos 10 : 12 – 13. Vader het reeds vir ons enkele dae gelede gesê
dat dit tyd is om Hom te soek. Maar wat behels hierdie “soek van Sy aangesig”? Daar
was in die verlede (in die 60’s en 70’s) geleenthede waarop die volk ‘n biddag vir reën
gehou het. Dan het dit onmiddellik begin reën! Sommige gevalle het reën uitgesak toe
hulle nog in die diens was! Maar dan was daar latere jare ook bidure vir reën wat geen
of min sukses gehad het! Wat was die verskil? By die suksesvolle bidure het almal by
een plek byeengekom en hulle diep verootmoedig. Dit het gewerk!
Eerstens moet ons ons dus verootmoedig voor die Vader, want ons het “goddeloosheid
ingeploeë” en daarom het ons “slegtigheid gemaai, die vrug van leuens geëet omdat jy
op jou weg vertrou het . . .” (Vers 13). Ons hier in Suid-Afrika, en ook die hele wêreld
het onkruid gesaai en nou maai ons dit. (Gal 6 : 7 – 8). So sal jy ook die goeie woord
wat jy gesaai het maai op die regte tyd. (Gal 6 : 9). Maar vir die slegte wat ons gesaai
het, in onsself en ook in ons kinders, asook in ons volk se lewens, sal ons nou moet
bely. Ons sal moet bid dat Vader al dié oortredinge aan ons openbaar deur die Heilige
Gees (Joh 16 : 7 – 11). Maar ons kan ons alreeds voor Hom verootmoedig en Hom
regverdig verklaar (2 Kron 12 : 6 – 7), want Hy het reeds vir ons op 1 Februarie gesê
dat ons, ons kinders en ook ons volk voor die afgode neerbuig. Lees dit weer as jy dit
vergeet het.
9
9
Voordat ons nou goeie saad kan begin saai moet ons ‘n nuwe land – ‘n braakland –
begin ploeg (Vers 12 en Jer 4:3), anders saai ons nou goeie saad onder die dorings. Gal
6 : 7 – 8 sê duidelik dat ons sal maai net dit wat ons gesaai het. Dink jy dat toe
grimmigheid van Elohim(God) teen Sy volk opgekom het, nadat Hy hulle só lank
gewaarsku het, die volk nie besef het dat hulle nou baie hard getug gaan word nie?
Dink jy nie dat hulle dit erken het en begin bely het nie (Jer 40 : 2 – 3)? Tog het Hy
voortgegaan met die ballingskap van 70 jaar (Lees 2 Kron 36 : 11 – 21). Ons moet
dus, enersyds, nuwe saad saai en andersyds, nog eers maai wat ons gesaai het. Wat met
ons ook al in hierdie land gaan gebeur, sal ons steeds Elohim regverdig moet verklaar
(Neh 9 : 8; Dan 9 : 14). Daar is dus 2 belangrike dinge wat duidelik word uit bostaande
: Elohim regverdig verklaar en verootmoediging. Al doen die hele volk dit nog nie,
laat jy en ek begin in hierdie dag. Buig jou fisies voor Vader neer en verklaar Hom
regverdig in alles wat oor hierdie land en hierdie volk gekom het. (Heb 2 : 2 – 4; Neh
9 : 33). Hou vol om dit te doen al tref die onheil ook jou eie huis of besittings. Elohim
is regverdig! Verootmoedig jou diep voor die Almagtige. Buig jou hart (Joël 2 : 12 –
17). Hoe groter die noodtoestand hoe dieper en laer buig ons, ons voor Hom neer. Ons
voeg Elohim niks ongerymds toe nie (Job 1 : 22; 2 : 1 – 10). As jy tyd het lees Job 1
en 2.
Nou moet jy begin bid en Vader vra om jou te lei in die ploeg van ‘n nuwe land – ‘n
braakland waar jy nie weer onder die dorings gaan saai nie. Hy gaan dit doen en as Sy
skeurploeg (“ripper” in Engels) diep in die grond van jou hart insak sal die trane vloei,
maar onthou: Hy wat met trane saai sal met gejubel maai (Ps 126 : 1 – 6).
5 FEBRUARIE
NUWE WYNSAKKE
(LUK 5:36-39)
Net soos wat “braakland” op ‘n nuwe begin dui so ook Nuwe Wynsakke. Ons as volk
het verbrou. Ons was vol haat en verdeeldheid (Titus 3 : 3). Ons het ons vertroue op
die arm van die vlees gestel – veral geld – en daarom is ons met die vloek belaai
(Jer 17 : 5 – 6). Nou gaan Vader ons in die nood laat beland en dan sal ons Hom soek
(Hos 5 : 15; 2 Kron 15 : 4 – 6; Deut 4 : 30; Ps 81 : 8; Ps 91 : 15). Al hierdie node
10
10
waaroor die Skrif met ons praat is om die grond voor te berei vir die goeie saad, of ook
netso: om die nuwe wynsak voor te berei vir die nuwe wyn. Sag. 8 : 12 belowe dat
“die saad van vrede, die wingerdstok” sy vrug sal gee “en die aarde sal sy opbrings
lewer en die hemel sal sy dou skenk; en die oorblyfsel van hierdie volk sal Ek al hierdie
dinge laat beërwe” Vers 13 sê: “. . soos julle ‘n vloek gewees het . . . so sal Ek julle
verlos dat julle ‘n seën kan wees. Wees nie bevrees nie. Laat julle hande sterk wees”.
Hierdie Sag 8 : 12 -13 is die nuwe wyn waarvan die saad van die wynstok in die
braakland geplant word, deur Vader self. Die oorblyfsel gaan al hierdie dinge beërwe.
Onthou jy nog die woord oor die Oorblyfsel (Rom 11 : 4 – 6)? Nou, húlle, die
oorblyfsel, gaan alles beërwe : die plase, die rykdomme – as jy nog daarin gaan
belangstel – maar bo dit ‘n rus en vrede wat ons nie nou met ons verstand kan bedink
nie. En ons is oppad daarheen (Jer 31 : 2; Jes 26 : 12). Deur al hierdie nood waarin
ons nou beland is Vader besig om die grond voor te berei vir die nuwe saad waaruit die
wingerdstok gaan uitspruit waarvan die nuwe wyn gemaak gaan word.
Om ‘n wynsak te maak moet ‘n dier geslag word en bloed moet vloei, die vel moet
gebrei word. Dan word die wynsak gemaak. Dis alles tipes van die proses van lyde (1
Pet 4 : 13) waardeur ons gelei word na waters waar rus is (Ps 23 : 2) al gaan jy ook deur
‘n dal van doodskaduwee (Vers 4). Aan die einde van alles sal die oorblyfsel weet dat
Vader ‘n wonderlike pad van verlossing met hulle geloop het
Lees Eseg 6 : 7 – 10. Die wingerdstok is Messiah (Joh 15 : 1 – 19) en ons is deel van
Hom (1 Kor 12 : 12 – 17; Efes 5 : 30; Rom 12 : 4 – 5). Dis ons, die oorblyfsel, wat
geplant gaan word, in nuwe grond. Ons gaan hierdie keer nie weer misluk nie
(Jer 2 : 21; Jes 5 : 1 – 7). Maar Vader self gaan dit doen Eseg 17 : 22 – 24). Ons hoef
dus nie bevrees te wees nie. Uiteindelik gaan die nuwe wyn – wat heerlikheid op
heerlikheid is – instroom in die nuwe wynsakke. Ek besef dat hier baie skadubeelde
of tipes in hierdie gedeelte is en dit mag verwarrend klink maar doen jy net wat Vader
gesê het m.b.t verootmoediging en om Hom regverdig te verklaar. Hy sal die res self
doen.
Jy moet ook weet dat ‘n “nuwe wynsak” beteken ‘n “nuwe houer” vir die “nuwe wyn”.
Lees Rom 12 : 1 – 2; Efes 4 : 20 – 25. Albei spreek van’n vernuwing van ons
“gemoed” of “die gees van julle gemoed”. As ons nog steeds die gesindheid van die
wêreld het (Rom 12 : 2) of nog lewe volgens die vorige lewenswandel – die oue mens
(Efes 4 : 22) met al sy vleeslike begeertes, kan ons nie die “nuwe wyn” ontvang nie!
11
11
Jou hele wese sal verskeur as Elohim Sy lewe in jou vleeslike gemoed uitstort. Jy sal
sterf!
6 FEBRUARIE
SAAI VOLGENS DIE EIS VAN GEREGTIGHEID
(HOS 10:12)
Lees Hos 10 : 12 – 13. As ons, ná die woord wat die afgelope paar dae tot ons gekom
het, besluit het om Jahweh se aangesig te soek totdat Hy kom en geregtigheid oor ons
laat reën, sal ons volgens Sy vereistes en reëls moet optree. Vers 12 sê : “Saai vir julle
volgens die eis van geregtigheid, maai in ooreenstemming met die liefde”. Wat jy saai
gaan jy maai (Gal 6 : 7 – 8). Jy kan nie ongeregtigheid saai en verwag om geregtigheid
te maai nie. Jy kan nie op die arm van die vlees vertrou en verwag om soos ‘n boom
wat geplant is by die water, groen en vol vrugte te wees in die droogte nie (Lees Jer 17
: 4 – 10. Dit is baie belangrik). Jy kan nie geld en wêreldse goed najaag en verwag om
onverganklike hemelse skatte en ewige heerlikheid te maai nie. Weereens is dit jy wat
die keuse moet maak. Ek het myne reeds gemaak! Wat my baie gehelp het was toe ek
in 1 Pet 1 : 24 – 25 gelees het dat al die heerlikheid van die vlees gaan vedwyn en dat
slegs die woord van Jahweh gaan bly tot in ewigheid. Ook het ek in Pred 1 en 2 gelees
dat alles wat ons op hierdie aarde bereik tevergeefs is en ‘n gejaag na wind. Al wat die
verskil maak is wanneer ons dit in Jashuah doen vir Sy koninkryk (Matt 6 : 33). Om te
saai volgens die eis van geregtigheid beteken om te saai volgens Messiah se wet – die
wet van die Gees van die lewe in Messiah
(Rom 8 : 1 – 2). Hy is ons geregtigheid (1 Kor 1 : 30). Jy sal dus moet gaan kyk watter
saad jy wil saai. Jy moet besluit! Ook sal jy moet besluit of jy dié goeie saad wil saai
tussen die dorings (Jer 4 : 3; Matt 13 : 7, 22), of wil jy maar vir Vader vra dat Hy vir
jou ‘n nuwe begin – ‘n braakland – gee deur dit te ploeg op die wyse wat Hy die beste
dink?
12
12
Verder sal jy moet besluit of jy gewillig is om met Elohim(God) se liefde vervul te
word. Dit beteken eenvoudig dat Hy deur jou kan liefhê wie Hy wil liefhê, en nie wie
jy verkies om lief te hê nie. Jy sal logies almal wil liefhê wat jou nie irriteer en bedreig
nie. Die Farriseërs en kinders van Satan (Joh 8 : 42 – 44) doen dit ook(Matt 5 : 46 –
48; Luk 6 : 32 – 36). Waarom is die liefde dan nou hier so belangrik? Die rede is dat
al saai jy die beste saad kan jy slegs maai in ooreenstemming met die liefde (Hos 10 :
12). Maar jý moet besluit! Jy kan niks doen teen die waarheid nie, maar wel vir die
waarheid (2 Kor 13 : 8). Gaan lees weer 1 Kor 13 en dan buig jy jou laag voor die
Vader neer en bring jou regsaak voor Hom op grond van jou verbond met hom dat Hy
jou ‘n vervulling met Sy liefde sal laat ervaar (Rom 5 : 5). Moenie jy in eie krag probeer
nie. Laat Hom dit doen. Maar dit is so uiters belangrik. Sonder Sy liefde sal alles wat
jy doen en opoffer niks baat nie (1 Kor 13). Maar jy sal dit nie ontvang as jy nie gaan
begin bid daarvoor nie (Jak 4 : 1 – 3).
7 FEBRUARIE
NOU IS DIE TYD VAN DIE WELBEHAE
(2 KOR 6:2)
Uitstel is seker een van die vyand se grootste wapens. Hy sal toelaat dat jy die woord
glo solank hy net daarin slaag om jou te laat dink dat daar nog baie tyd is! Met
betrekking tot die dinge waaroor Vader ons gewaarsku het toe Hy gesê het dat hier ‘n
groot benoudheid oor hierdie land gaan kom, het Hy ook gesê dat dit onverwags gaan
gebeur (Luk 21 : 34 – 36) (Matt 24 : 36 – 44).
As jy betyds gereedmaak is jy verstandig, want baie gaan te laat wakker skrik en vind
dat die deur al gesluit is (Matt 25 : 10). Die meisie in Hoogl 5 : 2 – 8 het verskonings
gehad waarom sy nie die deur kon oopmaak vir haar beminde nie : Haar voete was
klaar gewas en sy wou dit nie weer vuilmaak nie (Vers 3). Dit is vir baie mense vandag
“moeite” om Elohim se aangesig te soek. Hulle sal te veel “lekker dinge” moet opoffer.
Maar Jahshuah sê in Matt 8 : 19 – 22; Luk 9 : 57 – 62 dat selfs nie eers belangrike
dinge soos die begrafnis van jou pa mag jou verhinder om Hom te volg nie. Wat nog
te sê die genietinge en genotvolle dinge?
13
13
Hos 5 : 6 sê dat daar ‘n tyd sal kom dat hulle met hulle kleinvee en hulle beeste sal
heengaan en Hom sal soek, maar Hom nie sal vind nie. Waarom? Want dit was juis
die beeste wat gemaak het dat hulle op die gunstige tyd Hom nie gevolg het nie
(Luk 14 : 17 – 21). Daar is ‘n gunstige tyd wat jy nie moet laat verbygaan nie
(Luk 19:44). As die bestemde tyd (Ps 102:14) aanbreek moet jy dit opmerk en saam
beweeg met die Gees van Elohim wat jou wil inlei in die lewe van gebed en
voorbidding. Ek weet dat dit na ‘n oninteressante lewe klink : ‘n Lewe van gebed.
Maar jy moet nie die fout maak wat al die vleeslike mense maak nie. Dit mag wel na
dwaasheid lyk (1 Kor 1 : 18) (1 Kor 2 : 14), maar dink daaraan : Jy lewe voor die
aangesig van die Almagtige Skepper van alles wat was, is en sal wees. Nie die slimste
rekenaars en al die kennis waaroor die internet beskik kan opweeg teen een oomblik in
die teenwoordigheid van die Alwyse God nie! (Lees Jer 9 : 23 – 24;
Hos 6 : 1 – 3). Die mens se kennis is nietigheid (Pred 2 : 12 – 24) en so ook alles wat
hy nie in Messiah doen nie (Efes 2 : 9 – 10). Maar aan hom wat Elohim welgevallig is
gee Hy alles (Pred 2 : 26). As jy Vader en Sy belange eerste stel sal jy uiteindelik alles
besit (Matt 6 : 33; Ps 37 : 4, 9, 11, 34) (Efes 3 : 14 – 21). Onthou jy nog
Heb 4 : 16? Lees dit weer en let op die sinsnede “om op die regte tyd gehelp te word”.
Moenie dat die genade van Elohim oor jou tevergeefs wees nie (2 Kor 6 : 1). Nou is
die tyd om Hom te soek. Lees nou die volgende Skrifte biddend : Jes 8 : 21;
Amos 8 : 11- 14. Ek pleit by jou : begin in hierdie dag en soek Jahweh met jou hele
hart en jy sal Hom vind. Hy het dit belowe in Jer 29 : 13 – 14. Ook in Matt 7 : 7 Kom
na Hom net soos jy is!
8 FEBRUARIE
EENVOUDIGHEID EN REINHEID
(2 KOR 1:12)
Baie mense wil graag die Vader ken en Hom dien, maar hulle is allergies vir kerke en
godsdiens. Ek kan hulle nie kwalik neem nie. Die Christendom het daarin geslaag om
die opregtes en eenvoudiges af te skrik en weg te jaag van die Vader en Sy Seun af.
Godsdiens en kerkdienste het vir baie mense walglik geword. En tog is diesulkes nie
14
14
onverskillig teenoor Elohim(God) nie. Hier moet ek self ook nou getuig dat daar
geleenthede was, veral by groot konferensies, dat ek uit die groot saal uitgestap het
terwyl daar ‘n “vuurwarm” diens aan die gang was. Dan het ek ‘n stil plekkie gaan
soek waar ek kon neerkniel voor die Vader. Deur al die jare wat ek in die kerke was
het ek verlang na eenvoud. Ek was moeg vir die ingewikkeldheid van alles en veral
die emosionele opsweeping. Ek het ‘n begeerte gehad om nugter en stil voor my Vader
te wees waar Hy met my kon spreek. Dit is presies dit wat die profeet Elia ervaar het.
Lees 1 Kon 19 : 9 – 13. Ek het na daardie “sagte koelte” verlang – ‘n godsdiens sonder
“tierlantyntjies”. Is dit dan nie die bedoeling van Elohim dat ons in eenvoud ‘n
Goddelike familie sal wees nie – ‘n Vader met Sy kinders
(1 Joh 3 : 1; Joh 1 : 12; Hos 1 : 10; Fil 2 : 15)?
Ek weet dat daar ‘n Skrif is wat sê dat hy wat hom afskei soek sy eie begeerte
(Spr 18 : 1), maar ek wil nie afskei van die opregtes en eenvoudiges nie. Ons moet
oppas dat eiesinnigheid en eiewysheid ons nie dwing om wederstrewig en hardnekkig
op ons eie pad te loop nie. Daarom is dit “reinheid”, die woord in ons teksvers
(2 Kor 1 : 12), dit wat alles bepaal : “reinheid van Elohim”. “Rein” beteken dat daar
nie ander byvoegings van die vlees of die wêreld - Satan en sy ryk – bygevoeg is nie.
Jak 3 : 13 – 18 sê duidelik dat waar afguns, selfsug en die dinge wat spruit uit
liefdeloosheid, heers, is dit duiwels en aards. Elke opregte het ‘n begeerte om met hulle
Vader in die hemel te vergader en ook saam met hulle wat gereinig is van twis,
verdeeldheid, meningsverskille, liefdeloosheid, onvrede en diegene wat die dinge van
hierdie wêreld najaag (2 Tim 2 :22). Tog is daar mense – hoe opreg hulle is weet ek
nie – wat daarvan hou dat leraars oor hul heers (2 Kor 11 : 20 – 21). Maar Elohim het
ons tot vryheid geroep (Gal 5 : 13), maar nie om te maak soos ek in my vlees wil doen
nie! Maar tog moet ons vry wees van die slawerny van mense (1 Kor 7 : 23) en die
insettinge en instellings van mense (Mark 7 : 7).
Bid nou dat Vader jou verlos van godsdiens soos die mense dit ingestel het. Bid Hom
ook dat Hy jou sal leer om Hom te dien in kinderlike eenvoud en reinheid
(Luk 10 : 21; Matt 18 : 3 – 4).
15
15
9 FEBRUARIE
JULLE IS TOT VRYHEID GEROEP, BROEDERS
(GAL 5:13)
“Vryheid, gelykheid en broederskap” klink na mooi beginsels in Christelike kringe,
maar dit was van die eerste beginsels van Kommunisme, baie jare gelede. Dit was alles
net slinkse metodes waardeur die groot geldmanne van die wêreld die massas onder die
mense wou kry om vir hulle te arbei as slawe. Aan die begin het die massas dit
aangegryp om onder die juk van die rykes (Adel) uit te kom. Om vry te wees van ‘n
harde baas wat heers oor hulle was ‘n wonderlike vooruitsig. Van gelykheid het nog
nooit iets gekom nie tot vandag toe. Die rykes word steeds ryker en die armes armer.
Die broederskap wat tot dusvêr in hierdie wêreld bestaan het blyk meer vyandskap en
verdeeldheid te wees, want elkeen soek sy eie voordeel. Waar lê die probleem? Die
antwoord is : Al hierdie wonderlike beginsels kan alleen in Messiah bestaan, maar
beslis nie in ‘n wêreld buite Hom nie.
Elohim(God) het ons tot vryheid in Messiah geroep. “Waar die Gees van Jahweh is
daar is Vryheid (2 Kor 3 : 17). Vryheid van wat? Eerstens is ons vry van sonde
(Rom 6 : 22). Tweedens is ons vry van mense (1 Kor 7 : 23). Derdens is ons vry van
die wette van mense (Matt 17 : 26). Maar dat ons nie vir hulle ‘n aanstoot mag wees
nie, onderhou ons hulle wette (Matt 17 : 27). Rom 13 : 1 – 7 sê dat ons, ons moet
onderwerp aan die owerheid, nie omdat ons bang is vir die straf nie, maar t.w.v die
gewete. Nie ons gewete nie, maar hulle s’n (1 Kor 10 : 29). 1 Kor 8 : 1 – 13 en 1 Kor
10 : 23 – 33 handel oor die Vryheid van die gelowige, maar dat hy t.w.v die redding
van buitestanders hom tog onderwerp aan al hulle menslike wette en reëls (1 Kor 9 : 19
– 23). Maar, die Heilige Gees moet jou duidelik lei in al hierdie onderwerpinge aan
die wette van die mense. In sommige gevalle het die Apostels hulle onderwerp. Hand
21 : 20 – 27 vertel hoe Paulus ‘n ritueel, wat volgens die wet van Moses was, uitgevoer
het, terwyl hy sterk teen die onderhouding van die wet gespreek het (Gal 5 : 1 – 9; Gal
2 : 16 – 21). Maar die Heilige Gees het hom gelei om dit te doen ter wille van die
redding van andere. In ander gevalle het die Apostels nie gebuig voor die wette van
die mense nie (Hand 4 : 17 – 31; Hand 5 : 40 – 42). Maar die Heilige Gees het hulle
duidelik gelei daartoe (4 : 31).
16
16
Die seuns is vry (Matt 17 : 26). Die seuns wat gebore is volgens die belofte is vry
(Gal 4 : 22 - 31) en nooit kan diegene wat onder die wet staan, saam met ons erf nie,
want hulle onder die wet is slawe (Lees Gal 4 : 30 – 31). Alhoewel ons dus vry is,
onderwerp ons ons aan menslike verordeninge (1 Pet 2 : 11 – 17) ten einde hulle gered
te kry, maar die Heilige Gees moet ons in alles duidelik lei. In elk geval word ‘n ware
kind van Elohim in alles deur die Gees gelei (Rom 8 : 16 – 17). As jy wette gaan
oortree in die vlees gaan jy maai wat jy in die vlees gesaai het (Gal 6 : 8). Dieselfde
geld ook as jy in die vlees wette gaan hou!
Daar is mense wat uit vrees vir die mense hulle nie onderwerp aan Elohim nie
(Gal 1 : 10). Daar is ook mense wat uit vrees vir Elohim (die regte vrees) hulle nie aan
mense onderwerp nie (Hand 4 : 17 – 31; 5 : 40 – 42; 5 : 17 – 29. Lees dit weer! Dis
NB!) Lees nou Rom 8 : 18 – 30 en geniet die belofte van jou Vader. Die dag waarin
almal van ons wat in Messiah glo die Vryheid van die Gees gaan geniet is nie meer so
vêr nie. Selfs die skepping wag daarop.
10 FEBRUARIE
NET ‘N WOORD
(JES 36:5)
In vergelyking met die leer van Assirië was Jerusalem maar ‘n handjievol
(Jes 36/37; 2 Kron 32 : 1 – 23). Die verteenwoordigers van die goddelose koning van
Assirië het onder die muur van Jerusalem kom staan en geroep na Hiskia se manne bo-
op die muur en hul moraal laag gemaak deur te roem in hulle koning, Sanherib, en al
sy oorwinnings oor ander volkere en stede. Hulle het gespot met die gode van die
nasies omdat dié nie instaat was om die volke uit die hand van Sanherib te red nie (Jes
36 : 18 – 22). Die ergste van alles was dat hulle gespot het met die God van Hiskia –
Jahweh – wie se woorde Hiskia tot die volk gespreek het.
(Lees dit in 2 Kron 32 : 17 - 18).
Toe Hiskia die profeet Jesaja laat haal het, was die volk in groot benoudheid
(Jes 37: 1 – 4). Hiskia en Jesaja het saam gebid en tot die hemel geroep
17
17
(2 Kron 32 : 20; Jes 37 : 14 – 21) en Vader het gehoor (Jes 37 : 21). Ook het Hy ‘n
woord gegee dat Sanherib nie in Jerusalem sal inkom nie. Hy sal nie eens ‘n pyl daarin
kan skiet nie (Jes 37 : 33 – 35). Toe stuur Jahweh Sy engel en die slaan
185 000 Assiriërs dood. Glo dit as jy wil! (Vers 36).
Ons het ook al in ons Suid Afrikaanse geskiedenis soortgelyke gevalle gehad. Miskien
was die getalle nie so groot nie, maar die goedheid van God(Elohim) was ook só
geopenbaar. Vandag staan ons weer met ons rug teen die muur. Die oormag is groot!
Diegene wat op fisiese wapens vertrou het, het ook nou al daarvan afgesien – behalwe
hulle wat so dwaas en naïef is, om te dink dat hulle met tasbare wapens hierdie aanslag
gaan afweer.
Een geluk is dat ons almeer op Jahweh se woord begin vertrou en steun
(2 Kron 32 : 8). En dit is juis dié Woorde wat die koning van Assirië minag en bespot.
Lees 2 Kon 18 : 20 en Jes 36 : 5. Sanherib sê : “Jy dink : Net ‘n woord van die lippe
is raad en dapperheid vir die oorlog. Op wie vertrou jy nou dat jy teen my in opstand
kom? Wat is dit vir ‘n vertroue wat jy koester?” (2 Kon 18 : 19). Die groot fout wat
die koning van Assirië gemaak het was om Elohim en Jahweh se woord te verag. Die
oorwinning vir Hiskia was dat hy en die volk Elohim se woord geglo het en daarop
gesteun het. In Jes 37 : 23 kom die vraag aan Sanherib : “Wie het jy gesmaad en
gelaster? En teen wie het jy die stem verhef en jou oë hoogmoedig opgehef? Teen die
Heilige van Israel?”
Ons het net ‘n woord (Jes 36 : 5). Wat meer wil ons hê? Die hoofman oor 100 het gesê
: “sê dit maar met ‘n woord, en my kneg sal gesond word”. (Luk 7:7). Lees verder tot
Vers 10. Elohim het gesê dat ons, as ons die verbond hou, deel van Sy oorblyfsel sal
wees. Ons sal nie omkom nie. Hy kan nie lieg nie (Heb 6 : 18). Dis nou die ware God
– Elohim – teenoor die afgode en die voorvadergeeste! Ons het die woord van ons God
en Hy kan nie lieg nie. Dié god wat waarlik Jahweh is – Elohim is – Hy gaan nou wen!
Dis nou ‘n oorlog tussen Elohim en die afgode – tussen die woord van hulle god en ons
God (Elohim) se woord.
18
18
11 FEBRUARIE
AS JULLE MY VERBOND MET DIE DAG EN DIE NAG
VERBREEK
(JER 33:20-26)
Vanmôre vroeg het ek reeds met Vader gesels en toe dink ek aan gister se Skrifgedeelte
: “Net ‘n woord”. Die vyand lag ons uit as hy hoor ons vertrou net op ‘n woord. En
meer nog : dat die woord ons raad en dapperheid gee vir die oorlog
(Jes 36 : 5). Die vyand weet baie goed dat dit nie sommer ‘n woord is nie. Dis Jahweh
se woord! Die vyand weet ook goed dat Jahweh se woord nie alleenlik die vermoë het
om uit niks uit, uit dinge wat nie bestaan het nie, die ganse uitspansel te skep nie, maar
ook weet hy dat Jahweh se woord is magtig om hom uiteindelik vir ewig in die Hel te
werp (Open 19 : 19 – 21). Die swaard wat die vyand vernietig (Vers 21) is die woord
van Elohim (Efes 6 : 17). Alle dinge ontstaan deur die woord
(Joh 1 : 1 – 3) – geen ding ontstaan sonder die woord nie (Vers 3). Die woord is die
saad (Mark 4 : 14) (Luk 8 : 11). Dis onverganklike saad (1 Pet 1 : 23). Die vyand weet
al die dinge! Hy sidder vir die woord wat kom oor die lippe van ‘n Godvresende mens
– die “lippetaal” waarmee hy so spot (2 Kon 18 : 20). Satan weet dat Elohim nie kan
lieg nie! (Tit 1 : 2). Hy ken die Skrifte baie goed. Kyk hoe kwoteer hy hulle in Matt
4 : 1 – 11.
Satan ken ook die Skrifte in Jer 33 : 20 – 26. Hy ken ook die God van Dawid
(Vers 21) wat vir Dawid gesweer het toe Hy met hom die verbond gemaak het
(Ps 89 : 3 – 5). Ook weet die vyand dat hierdie verbond staan vas voor God(Elohim)
(Ps 89 : 29) en dat Hy dit nie sal verbreek of ontheilig nie (Vers 35 – 38). Satan weet
dat Elohim die son en die maan, die dag en die nag as getuies geroep het
(Ps 89 : 37 – 38; Jer 33 : 20, 25) sodat elke môre as Dawid die son sien opkom op sy
tyd (Jer 33 : 20), dit vir hom ‘n getuienis is dat Vader Sy woord hou en Sy verbond nie
sal verbreek nie. Dit is ook vir ons die selfde getuienis!
Maar ons is die nageslag van Abraham (Rom 4 : 11 – 16; Gal 3 : 29) en die belofte en
verbond wat Hy (Elohim) met ‘n eed aan Abraham gewaarborg het (Heb 6 : 13 – 20)
en ook aan Dawid (Ps 89 : 3 – 5) is presies dieselfde verbond met ons. Toe jy die
voorreg gehad het om met Elohim ‘n verbond te maak deur die bloed van Sy Seun, toe
19
19
het dieselfde belofte, dieselfde verbond, dieselfde eedswering, joune geword. Die
waarborg is dieselfde vir jou. Dit is die woord van die Almagtige, die woord van
Elohim, die woord van Jahweh wat nie kan lieg nie (Num 23 : 19). Die getuie dat
Elohim, Sy verbond met jou nie sal verbreek nie, nl. die son se opkoms in die môre, is
dieselfde as vir Abraham en Dawid.
“Lippetaal” is belangrik – om die woord te spreek (Rom 10 : 8 – 13) is belangrik.
Môreoggend as die dag breek, dan staan jy buite en kyk op jou horlosie. As jy dan sien
dat die son betyds is – nie te vroeg of te laat nie – dan spreek jy met jou mond (lippetaal)
en sê: Dankie Vader, niemand kon vanoggend daarin slaag om die son te verhinder om
op sy tyd op te kom nie. Daarom kon niemand nog daarin slaag om U verbond met
Abraham, met Dawid en ook met my te verbreek nie. Al wat kan verhinder is wanneer
ek dit verbreek, deur nie by die voorwaardes en bepalings daarvan te bly nie.
12 FEBRUARIE
VRYHEID AS ‘N AANLEIDING VIR DIE VLEES
(GAL 5:13)
Die vorige “Skyf Brood uit die Bakkerstraat” (Jer 37 : 21) was wonderlik om te eet,
maar daar is ‘n gevaar aan verbonde en dit is dat dit by “lippetaal” kan bly.
Jes 29 : 13 sê: “Omdat hierdie volk nader kom met hulle mond en My eer met hulle
lippe, terwyl hulle hul hart ver van My hou, sodat hulle vrees vir My ‘n aangeleerde
mensegebod is . . .”. Die vlees bly steeds die vyand van die Gees. Hulle begeer teen
mekaar en “hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie” (Gal
5 : 17). Die vlees wil nie en kan nie Elohim(God) behaag nie
(Rom 8 : 7- 8) en daarom sal die vlees ook graag by lippetaal wil bly. Rom 10 : 8 –
11 sê duidelik dat ons met die mond moet bely en met die hart glo. Netsoos die geloof
sonder die werke nutteloos is (Jak 2 : 14 – 26), is die werke (lippetaal) sonder geloof
ook dood.
Toe ons hoor dat ons dood is vir die wet (Rom 7 : 4) en ontslae is daarvan (Vers 6), het
daar ook onmiddellik ‘n gevaar ingetree wat saam met die vryheid (Gal 5 : 1, 13) ons
20
20
bedreig: dit is om nou toe te gee aan die begeerlikhede van die vlees. Toe ons nog
onder die wet was sou die wet ons gestraf het as ons gesteel het. Nou is ons vry van
die wet en hoef dus nie meer die straf daarvan te vrees nie. Maar kan ons nou maar
maak soos ons vlees begeer om te doen? Nee en duisend maal Nee! Ons word nou
deur ‘n nuwe wet gedring (LW. nie gedwing nie, maar gedring). Dit is die wet van
die Vryheid (Jak 1 : 25) en Jak 2 : 12 sê dat ons moet : “so spreek en so doen soos
diegene wat deur die wet van die vryheid geoordeel sal word.” Onthou dat die woord
“wet” beteken” “die reëls waarvolgens iets werk”. Die wet van die vryheidbeteken
dan : die reëls waarvolgens vryheid werk. Vryheid het reëls! Elohim is nie ‘n God
van wanorde nie (1 Kor 14 : 33) – alles het reëls – eintlik net een reël: Dit is die wet
van Gees (Rom 8 : 1 – 2). Dit behels die lewe van Messiah wat spontaan deur jou
vloei en jou dring om dinge te doen. Alles wat jy doen in woord of daad kan jy jouself
die vraag afvra: “Is dit in Jashuah se Naam wat ek dit doen? Doen Hy dit deur my
(Kol 3 : 17) ???
Dit geld dan nou ook vir die “lippetaal”. Die vraag is of Hy dit deur my spreek? (1 Pet
4 :11; Kol 3 : 16 – 17; Jer 1 : 9; Jer 15 : 19) Dieselfde vraag kan jy vra in alles wat
jy spreek of doen. Dit is só belangrik dat die Heilige Gees beheer oor ons mond sal
kry (ons lippe). Daarom sê Hy in Ps 81 : 11: “ . . . maak jou mond wyd oop dat Ek dit
kan vul.” Jes 57 : 19: “Ek skep die vrug van die lippe”. Jak 1 : 26 sê: “As iemand
meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie . . . die godsdiens van
hierdie man is tevergeefs”. (Lees ook Jak 3 : 1 – 12). Daar is ‘n groot worstelstryd vir
jou voor (Heb 10 : 32) voordat jy waarlik oorwinning oor die tong sal verkry (Jak 3 :
2). Jy sal die oorwinning alleenlik behaal in Messiah. Al wat jy kan bereik is ‘n
“dikmond”! Nou moet jy jou “lippe aanbied” vir Elohim (Hos 14:3). Onthou Jahweh
alleen skep die vrug van die lippe (Heb 13 : 15; Jes 57 : 19). Sy woorde sal deur jou
moet vloei tot wie Hy wil, wanneer Hy wil. Maar dis ‘n lang en moeilike pad met ‘n
voorwaarde : Jer 15 : 19 (lees dit). Vra Vader om dit in jou te werk deur Sy Gees en
om Sy Naam ontwil.
21
21
13 FEBRUARIE
UIT DIE OORVLOED VAN DIE HART PRAAT DIE MOND
(MATT 12:34)
Ons hou steeds gister se gedeelte in gedagte: Ons is vry van die wet, maar nie vry
om te doen wat ons wil doen in ons vlees nie. Die onbeheerbaarste deel van die vlees
is die mond (Jak 3 : 1 – 12).
Nou begin jy seker al soos Paulus in Rom 7 : 15 – 26 besef dat jy jou tong nie in eie
krag sal kan beheer nie. Jy kan nie ophou om vleeslike dinge te spreek nie en jy kan
ook nie uit jouself God(Elohim) se woorde spreek nie. Jy besef gou dat die oorsprong
van dit wat by jou mond uitkom lê in die hart. Lees weer Matt 12 : 33 – 37. Die mond
is die oorlooppyp van die hart. Dit wat jy bedink stroom by jou mond uit. Sommige
se mond is soos ‘n rioolpyp! Ander spreek winderige woorde (Job 16 : 3). Wat prikkel
jou dat jy praat (Vers 3). As jy wind nawandel (Miga 2 : 11) sal jou woorde ook seker
maar wind wees (Matt 12 : 34). Dit is ydel woorde – woorde wat nie Elohim se woorde
is nie (Vers 36). Maar dis ‘n ydele hart waaruit dit stroom. As jou hart vervul is met
die Woord van Jahweh – Sy lewende woord en nie die letter van die Bybel nie (Jer 15
: 16; Kol 3 : 16) dan sal Sy lewende woorde oor jou lippe vloei. Byvoorbeeld: Woorde
van geloof, vrede, geregtigheid, oorwinning, genade. As jou mond nie sulke woorde
spreek nie, is dit dalk die leuen (Hos 7 : 13) wat jy spreek. Sag 8 : 16 sê dat dit belangrik
is om die waarheid tot mekaar te spreek teneinde deel te wees van die oorblyfsel (Lees
Vers 1 – 17). Uit jou woorde word jy geoordeel (Matt 12 : 37; Luk 19 : 22) want die
woorde kom by jou mond uit. Eerstens is dit Woorde uit die vlees gespreek: Dis
niksseggend, ydel, winderig en het geen krag nie (Matt 12 : 36). Selfs ‘n vervloeking
uitgespreek in die vlees het geen uitwerking nie (Spr 26 : 2). Baie keer sê mense dat jy
moet oppas dat jy nie mens bind deur jou woorde nie. Vleeslike woorde kan mense nie
bind nie. Dit moet deur die gees van Satan of die Gees van Elohim gespreek word.
Tweedens is dit woorde wat die gees van Satan deur die mens spreek: Dit is waarna
Job 5 : 15 verwys as “die swaard wat kom uit hulle (die vyand) se mond”. Dit is soos
die vyand opereer en funksioneer: deur leuens te spreek. Leuens is alles wat Jahweh
nie spreek nie – alles wat nie Sy woord is nie. As die Satan dié leuens spreek deur die
mond van ‘n mens het sulke woorde krag (Job 5 : 15). Die swaard wat kom uit die
22
22
vyand se mond kan alleenlik deur die swaard van die Gees – die woord van Elohim
(Efes 6 : 17) oorwin word. Derdens is dit die rede waarom die woord oor die
wapenrusting van Elohim so ernstig tot jou kom (Efes 6 : 10 – 20), want die woorde
wat deur die Gees van Elohim oor ons lippe kom is die wyse wat Hy gekies het
waardeur Sy koninkryk sal oorwin (Jes 31 : 8; Open 6 : 3; Open 2 : 12; Open 1 : 16).
Somtyds kan ons bloot met die verstand spreek (en bid) en soms deur die Gees (1 Kor
14 : 15; 1 Kor 7 : 12, 25). Maar dan kom die geleentheid waarby die Gees jou lei om
die woorde van Elohim te spreek – die swaard van die Gees uit sy skede te trek en te
slaan (Efes 6 : 17). Namate jy jou aan Vader toewy en Sy woord “hoor”, met jou
geestesoor, sal jy al meer Sy woord spreek in hierdie oorlog tussen lig en duisternis (1
Pet 4 : 11;
Rom 3 : 2; Rom 10 : 8). Bid Vader nou ernstig dat Hy jou hart so sal vul met Sy woorde
(Ps 119 : 11; 1 Tim 4 : 6) dat jy dit kan spreek.
14 FEBRUARIE
GELUKKIG IS DIE Oë WAT SIEN EN DIE ORE WAT HOOR
(MATT 13:14-17)
Die hart waaruit die woorde van God(Elohim) deur die lippe van die opregte vloei,
moet ingestel wees op die Gees van Jahweh, sodat hy Sy woorde kan sien en hoor.
Daarom sê Hy: “Wie ore het om te hoor” (Luk 8 : 8). Almal kan nie die woord hoor
nie
(Joh 8 : 43 – 47). Of wil hulle nie en daarom kan hulle nie? (Hand 28 : 24 – 28). Ons
weet nie, maar bid die Vader dat Hy jou ore en oë sal open en jou instaat sal stel om Sy
woord te kan “hoor met jou geestes-oor, want dit gee jou die ewige lewe (Joh 5 : 24 –
25). As jy Sy wil wil doen sal jy weet … (Joh 7 : 17). Lees Matt 19: 11. Nou bid jy
Vader dat Hy jou instaat sal stel om Sy woord te kan vat en hoor.
Jak 4 : 2 – 3 sê: “ . . .julle het nie, omdat julle nie bid nie”.
Moenie die Skrifte met jou verstand (vlees) probeer begryp nie. Gebed doen groter
dinge as wat ons dink. Gaan buig jou neer voor Vader en bid kragtens Sy bloedverbond
met jou dat Hy jou ‘n oor sal gee wat Sy woord hoor. Ek het talle mense al ontmoet
wat die Bybel goed ken, maar hulle is geestelik doof en blind vir Vader se woord. Vir
hulle geld die Skrif in Jes 28 : 13 : “Daarom sal die woord van Jahweh vir hulle wees
23
23
gebod op gebod. . ., reël op reël . . .” Ja, dis niks anders as al die kerkreëls en wette nie!
Waarom? Omdat hulle nie wou luister na Jahweh se woord nie (Jes 28:12; Jer 6 : 17;
7 : 23 – 24; Matt 13 : 14 – 15. Luk 8 : 18). En Mark 4 : 24 waarsku ons dat ons moet
oppas wat ons hoor of hoe ons hoor. Jy kan die Skrif lees en verkeerd hoor of glad nie
hoor nie. Daarom is dit belangrik dat Vader uit die hemel vir jou gaan aandoen met die
vermoë om reg te hoor. Bid Hom ernstig daarvoor. Daar is ook die gevaar dat jy wel
die woord hoor, maar dat die onkruid die woord verdring (Matt 13 : 22) – dit is “die
sorge van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom en die begeerlikhede in
verband met die ander dinge” (Mark 4 : 19) wat die woord verstik sodat dit geen ryp
vrug kan oplewer nie. So is die gevaar van die “rotsagtige plekke” ook daar: omdat jy
“geen wortel in jouself het nie”, is die woord net vir ‘n tyd. Die oomblik as verdrukking
en vervolging kom, struikel jy dadelik en lewer geen ryp vrug nie.
Tog bepaal die vrye wil alles. As 2 Tim 4 : 2 – 4 nie op jou van toepassing is nie, as jy
die gesonde leer verdra en die waarheid wil hoor; as jy dus nie in jou gehoor gestreel
wil wees nie, sal Vader jou oor open om die woord te hoor (Jes 50 : 4 – 5) en dan ook
Sy woord te spreek. Gebruik elke geleentheid om jou hart te vul met Sy lewende
woord. Eet die woord so dikwels as moontlik (Eseg 2 : 8 – 10; 3 : 1 – 10; Open 10 :
9 – 11) dan sal jy dit ook kan spreek.
15 FEBRUARIE
WANT DIE MOND VAN JAHWEH VAN DIE LEëRSKARE
HET DIT GESPREEK
(MIGA 4:4)
Wanneer daar ‘n aankondiging gemaak word is twee dinge baie belangrik: Eerstens
wie dit spreek en tweedens: wat sê die persoon. As die persoon nie baie invloedryk of
magtig is nie, word daar ook nie ag geslaan op wat hy sê nie (Pred 9 : 13 – 16).
Die belangrikheid van die gedeelte in Miga 4 lê daarin dat die mond van Jahweh dit
gespreek het. Vir my persoonlik was dit in die verlede en so ook nou, ’n groot bron
van geloof en vertroue in Jahweh: Sy mond het dit gespreek! En dit is die einde van
alle teëspraak (Heb 6 : 17 – 20). Wat Hy spreek sal Hy doen (Jes 55 : 10 – 11). Hy
24
24
kan nie lieg nie (Tit 1 : 2). Of Hy nou seëninge of Sy toorn en oordele belowe, dit sal
gebeur, want die mond van Jahweh het dit gespreek (Jes 1 : 18 – 20).
Die profete van ouds het uit die mond van Jahweh geprofeteer (2 Kron 36 : 12;
Jer 1 : 9; Esra 1 : 1). Maar Hy belowe ook dat Hy Sy woorde in ons mond sal lê
(Jes 59 : 21; Kol 3 : 17; 1 Pet 4 : 11). Dit is die woorde van die profete uit die
geskiedenis, asook die profetiese woorde wat ons nou spreek in Jahweh se Naam, wat
die goddelose hordes wat teen ons gaan uittrek, gaan ombring (Jes 11 : 4; Hos 6 : 5;
Open 19 : 15).
Ons lewe nou in ‘n tyd waarin die goddelose ons wil uitwis (Hand 4 : 24 – 28;
Ps 2 : 1 – 12). Vader het dit reeds vir ons gesê in Daniël 12 : 1. Die vyand se groot
mond is aan hom gegee (Dan 7 : 8; Open 13 : 5). Dit is die swaard wat kom uit die
vyand se mond (Job 5 : 15). Dit is dus nou die swaard wat uit ons mond kom teen die
swaard wat uit hulle mond kom! Dit is nou lig teen duisternis en die duisternis kon die
lig nie oorweldig nie (Joh 1 : 5). Dit is die goddelose teen die regverdiges, maar ons
sal sekerlik nie val voor die goddelose nie, want die mond van Jahweh het dit gespreek
(Ps 37 : 12 – 15). Nou is dit die tyd waarin jy vir jou ‘n skat van persoonlike beloftes
van Jahweh moet kry: beloftes van voorsiening, beskerming, wysheid en leiding. Die
dag as die goddelose kom om jou te vermoor moet ‘n dag van groot oorwinning wees
vir die koninkryk van die regverdiges (Jes 26 : 2). Die regverdige mag nie wankel voor
die goddelose nie (Spr 25 : 26). Dit is tot oneer van die Naam van ons Koning.
As Jahweh gesê het dat jy nie nou al gaan sterwe nie, kan jy met vrymoedigheid daarop
gaan staan op die dag as die moordenaars opdaag om jou dood te maak. Waarom?
Want die mond van Jahweh het dit gespreek. Die dag as daar nie water of brood is nie,
kan jy op Vader se beloftes dat Hy altyd vir jou voedsel sal voorsien, gaan staan in Sy
geregshof, want die mond van Jahweh het dit gespreek. As jy van jou huis af moet
weggaan kan jy dit met die grootste gemoedsrus in die hande van jou Vader laat. Daar
sal geen onheil naby jou tent kom nie (Ps 91 : 10). Jy sal by jou woonplek rondkyk en
niks vermis nie (Job 5 : 24). Die dag wanneer jy van jou huis af wegry dan bid jy dié
woorde van hierdie beloftes en daarna spreek jy dit
(Sag 8 : 16): Jy sê: “In die Naam van Jashuah Messiah spreek ek: Daar sal geen onheil
naby my tent kom nie. Ek sal terugkom en niks vermis nie want die mond van Jahweh
het dit gespreek” Onthou as jy in Sy Naam spreek het Hy dit gespreek”. Sover Vader
25
25
my daartoe instaat stel sal ek langs die weg van hierdie Dagstukkies soveel as moontlik
beloftes aan jou stuur. Bid Vader dat hulle vir jou lewend word
16 FEBRUARIE
WEERSTAND IN DIE DAG VAN ONHEIL
(EFES 6:10-13)
Vir baie gelowiges is dit nou ‘n tyd van onheil wat oor ons land gekom het. Inderdaad
is dit so. Maar Vader het gesê dat as daar duisternis oor hierdie wêreld kom sal Sy lig
oor ons opgaan (Jes 60 : 1 – 2). En dit sal gebeur want die mond van Jahweh het dit
gespreek. Maar die opgaande lig het nie slegs ten doel om ons te beskerm en bewaar
teen die fisiese aanslae van die goddelose op ons lewens en besittings nie, maar “dat
ons, verlos uit die hand van ons vyande, Hom sonder vrees kan dien” (Luk 1 : 74; Luk
1 : 67 – 80). Vader wil hê dat ons beware moet bly, maar ook dat ons weerstand sal
bied in die dag van onheil” (Efes 6 : 13).
As ons besef dat ons grootste vyand nie vlees en bloed is nie, maar “bose geeste in die
lug” (Efes 6 : 12), dan is ons belangrikste wapens ook nie vleeslik nie (2 Kor 10 : 4).
Onthou, dit waarvoor ons nou só vrees nl. om fisies doodgemaak te word, is dié dinge
wat Jashuah gesê het dat ons nie voor moet vrees nie (Luk 12 : 4 – 5). As jy liggaamlike
dood vrees is daar fout in jou liefdesverhouding met Vader (1 Joh 4 : 18). Nee, Elohim
wil ons juis bewaar teen die geestelike neerlaag. Die moordenaar met die lang mes
wil jou fisies vermoor, maar die bose geeste in hom het ‘n ander doel. Hulle wil Vader
se planne met jou verydel. Hulle wil die oorwinning wat Elohim(God) deur jou wil
openbaar in die dag van onheil, in ‘n geestelike neerlaag verander sodat die Naam van
Jashuah ontheilig sal word as jy bewe en val voor die vyand,
(Spr 25 : 26) as jy die verkeerde vrees openbaar (Open 21 : 8). Die verkeerde vrees is
nie ‘n swakheid wat maar by elke mens voorkom en maar oorgesien moet word nie.
Dis ‘n gruwel voor ons Vader wat nou betyds aangespreek moet word. Gideon het die
banges huistoe gestuur (Rigt 7 : 3). Lees ook Deut 20 : 8. Jy sal jou nou moet voed
met die woorde van Jahweh, ons Leidsman wat voor ons uittrek in hierdie oorlog. Ons
sal op Sy woorde moet steun en Hom onwrikbaar moet glo
(Heb 12 : 2 – 3) sodat ons in die dag van benoudheid instrumente kan wees waardeur
26
26
die Naam van Jahsuah verheerlik kan word. Ons sal moet kan weerstand bied in die
dag van onheil. Die beloftes in Deut 28 : 1 – 14 sal deur ons vervul moet word. My
bekommernis is nie dat ons Vader óns in die steek sal laat nie, maar dat ons Hóm in
die steek sal laat. Dit is een baie belangrike belofte wat elkeen by Hom sal moet kry
nl. dat ons in die dag van onheil sal kan staande bly en ook weerstand bied.
Weet jy al of jy gaan omkom in die tyd van benoudheid? Het Vader al jou einde aan
jou bekend gemaak? (Ps 39 : 5). As jy weet dat jy nou gaan omkom, moet jy asb net
tot Vader bid dat jou sterwe tot eer van Sy Naam sal wees (Rom 14 : 7 – 9). Maak
hierdie saak nou uit met jou Vader, sodat jy op die dag wat hulle (goddelose) jou lewe
bedreig, sal weet of jou dag vir “huistoe gaan” aangebreek het of nie. Dan kan jy die
woord van Jahweh spreek en sê: “Ek sal nie sterwe nie, maar lewe “want die mond van
Jahweh het dit gespreek (Ps 118:17) of jy sê soos Stefanus in Hand 7 : 59: “Adonai
Jashuah ontvang my gees, ek sterwe tot eer van U Naam, want U mond het dit
gespreek”. Ons lewe nou in ‘n wonderlike tyd. Nou kom dit wat ons al die jare voor
gewag het in werking. Dit is die beproewing van ons geloof (1 Pet 1 : 6 – 9).
17 FEBRUARIE
DIE BEDIENING VAN DIE ENGELE
(HEB 1:1–14)
Van kindsbeen af het die ou mense ons allerlei ou staaltjies van die engeltjies vertel.
Dit is waarom die bediening van engele vir ons vandag nog met grappige minagting
oor die engele laat praat. As jy bogenoemde gedeelte gelees het, sal jy besef dat die
engele vandag nog ‘n groot werk het wat hulle doen en ek glo dat namate ons na die
eind-oorlog toe beweeg sal hulle werk nog kragtiger word. Ps 103 : 19 – 21 sê dat die
engele “kragtige helde” is wat Sy woord volbring in gehoorsaamheid aan die stem van
Sy woord (Verse 20).
In die vorige gedeeltes het Vader vir ons ‘n lewende woord gegee oor Sy woorde op
ons lippe. As jy dan in so mate die kruisdood met Jashuah deelagtig geword het, dat
Hy deur jou lewe, dan is jy deel van Sy liggaam. Jy is ‘n ledemaat van Sy liggaam
27
27
(1 Kor 12 : 12 – 27; Efes 5 : 30). Jy is dushand of voet, oog, oor of mond, en ook nie
elke dag dieselfde nie. Dit hang af waar die Gees jou wil gebruik. As jy dan die mond
is in die tyd van onheil en jy spreek die woord van Elohim(God), is dit Sy stem wat
deur jou spreek. Die engele voer die stem van Sy woord uit (Ps 103 : 19 – 21). Kan jy
vir ‘n oomblik dink: die engele – kragtige helde – klief deur die lug om jou te hulp te
snel in die tyd van nood (Ps 35 : 5 – 6). Lees Jes 37 : 36. Die bevel aan Sy engele om
ons te bewaar (Ps 91 : 11) kom oor die lippe van ‘n mens wat Elohim se woord spreek
omdat hy deel is van Jashuah se liggaam – hy is die mond van die liggaam wat die
bevel gee in die Naam van Jashuah . So sal ons die bevel gee in Messiah se Naam en
gesag, dat die Engel van Jahweh ‘n laer trek rondom die wat Hom vrees
(Ps 34 : 8). Aan die wat verdruk word gaan die verskyning van Jashuah saam met Sy
magtige engele ‘n groot verlossing en verligting bring (2 Thess 1 : 7). Onthou Hy is
ook benoud om ons ontwil (Jes 63 : 9) en daarom stuur Hy Sy engel om ons te verlos.
Is jy dalk ook soos Gahasie (Lees 2 Kon 6 : 15 – 17), wat moet sien voor jy glo dat daar
‘n skaar van engele rondom ons is? Daar is selfs ‘n engel van die verbond wat tot jou
beskikking is wanneer jy op die verbond tussen jou en Vader staan (Mal 3 : 1). Hoeveel
keer het ‘n engel al jou pad langs gekom sonder dat jy dit weet? (Heb 13 : 2). Toe ek
in die moeilikheid was in Suid-Amerika het ek tot Vader geroep. Daar het toe ‘n netjies
gekleë man na my gekom wat groot guns aan my bewys het. Na die tyd wou ek hom
bedank, maar die ander beamptes het vir my gesê dat daar nie so man daar werk nie.
Tuis het ek Vader daaroor gevra en toe sê Hy vir my dat dit ‘n engel was. Soos wat die
engele dwarsdeur die geskiedenis, oral daar was om die heiliges te bewaar en te bedien,
so is dit nou nog. (Bv. Dan 3:28; Dan 6 : 23; Heb 12 : 22;
Ps 78 : 25; Matt 16 : 27). Daarom moet ‘n godvrugtige vrou aan die engele toon dat
sy onderworpe is aan die man (1 Kor 11 : 10). Wonderlik om te weet dat selfs ons
kinders bewaar word deur die engele (Matt 18 : 10). Is jy op die plek dat jy hierdie
woord onwrikbaar glo? Bid nou baie ernstig daarvoor. Dis belangrik!
28
28
18 FEBRUARIE
ONS VYAND IS OOK ELOHIM S’N
(PS 74: 10; NAH 1: 1-2; PS 108:13)
As die woord in Ps 108 : 13 – 14 sê dat God(Elohim) al ons vyande sal vertrap, dan
bedoel Hy nie dat Hy sal deel met vyande wat onsself in ons vlees maak nie. Dit gaan
oor mense asook duiwelse magte wat ons vyandig gesind is ter wille van Jashuah
Messiah vir wie ons dien en gehoorsaam. Ons kan nie besef hoe groot vervolging en
vyandskap teen ons ontstaan die dag wat jy ‘n verbond met Elohim maak nie. Satan
haat jou en span al sy bose geeste in om talle mense op te sweep teen jou. Dit gaan oor
die Seun van die Mens met wie jy jouself vereenselwig het toe jy Sy vlees geëet en Sy
bloed gedrink het (Joh 6 : 51 – 57; Matt 5 : 10 – 12; Luk 21 : 12 – 17). Dit gaan oor
Sy Naam wat oor ons uitgeroep is (Jer 15 : 16). Die vyandskap teen jou moet dus
wees as gevolg van of ter wille van Jashuah Messiah (1 Pet 4 : 14 – 19). As jy
godvrugtig will lewe sal jy defnitief vervolg word (2 Tim 3 : 12). Jou vyande sal vollop
wees! Maar daar is een troos : daardie vyande is ook Jahweh se vyande! (Math 25
: 40, 45; Jes 37 : 23; Deut 20 : 3, 4; Ps 59 : 11; Ps 60 : 14). Is jy omgekrap as ander
mense jou kinders boelie? Ja, jy raak woedend! Gaan jy dit daar laat? Miskien sal jy
as jy wil hê dat jou kind daardeur geestelik moet groei, maar andersins gaan jy jou kind
te hulp snel.
Ons Vader het nou die punt bereik dat Hy nou opstaan (Jes 33:10; Ps 12 : 6). Hy sê
dat Hy baie lank geswyg het en Hom bedwing het (Jes 42 : 14). Dis die rede waarom
mense Hom sien as slegs ‘n God van liefde en goedertierenheid, maar nie ‘n God wat
ook toornig kan raak nie. Hy is by Sy liefde elke dag toornig (Ps 7 : 12). Daarom moet
jy nie in Sy Seun se verkeerde boekies beland nie (Ps 2 : 12). Die mense vrees Elohim
nie, omdat Hy so lank al swyg (Jes 57 : 11; Pred 8 : 11 – 12).
Ons lewe voorwaar in ‘n opwindende tyd! Baie gelowiges is deur die jare verdruk en
vervolg sonder om ooit die vergelding van hulle vyande te aanskou (Ps 52 : 7 – 8;
Ps 37 : 34; Ps 91 : 8). Lees Open 6 : 10. Hier bid die heiliges nie dat hulle vyande
gered moet word nie – daardie tyd het verbygegaan. Hierdeur sê ek nie dat daar nie
meer tyd is vir ons vyande om gered te word nie. Die genade is nog steeds daar vir
29
29
baie! Tog sal die meeste nooit gered word nie (Matt 7 : 13 – 14) en Jashuah weet wie
sal wil gered word (Joh 17 : 6; Joh 6 : 64 – 65). Daar is beslis diesulkes wat nou ons
vyande is en tog gered sal word (Rom 11 : 28). Ek praat nie van hulle nie, maar van
die mense wat enduit vyande sal bly. Ons sal met welgevalle aanskou hoedat hulle
uitgeroei sal word en hoe die toorn en wraak van ons God – Elohim – oor hulle uitgegiet
sal word.
Ek moes baie jare lank my vyande vergewe en ek doen dit nou nog steeds – deur Jahweh
se genade, maar dit is juis wanneer jy hulle vegewe het dat die toorn van Jahweh teen
hulle losbars (Ps 50 : 1 – 6). 2 Thess 1 : 5 – 11 sê dat dit reg is by God om aan die wat
ons verdruk, verdrukking te vergelde (Vers 6). Onthou egter een ding: Hom kom die
wraak toe en nie vir jou nie! (Deut 32 : 35; Heb 10 : 30).
19 FEBRUARIE
EK SAL JOU BEWAAR IN DIE UUR VAN BEPROEWING
(OPEN 3:10)
Vir ‘n aantal jare het ek aan die “Wegraping” geglo, maar namate ek die stem van
Jahweh beter leer ken het, het Hy vir my gesê dat daar beslis nie ‘n uitverkore klompie
mense op aarde is wat die verdrukking gaan vryspring nie. Hy is nie ‘n aannemer van
die persoon nie (Hand 10:34). Baie miljoene Christene het, volgens die geskiedenis,
wreedaardig gesterwe, maar hulle het nie teruggedeins vir die marteling nie. Die
geskiedenis leer dat hulle eintlik opgewonde was om op die brandstapels te sterf. Lees
Heb 11 : 32 – 40 baie aandagtig en biddend. Vers 35 spreek van hulle wat gefolter was
en geen bevryding wou aanneem nie, om ‘n beter opstanding te kan verkry. Baie van
die martelare het gesing terwyl die vlamme om hulle lek! Dis bonatuurlik. Maar ons
dien mos ‘n Bonatuurlike God. Van Stefanus lees ek in
Hand 6 : 15 en 7 : 55 – 60 dat hy, terwyl die Jode hom verhoor en uiteindelik gestenig
het, vol was van die Heilige Gees en dat sy gesig geblink het soos ‘n engel s’n. In plaas
van vrees en vertrekking deur pyn het hy die geopende hemel aanskou waar Messiah
staan aan die regterhand van Elohim(God) (Hand 7 : 55 – 56).
30
30
Kom iets kort by ons gelowiges van vandag? Ja, geloof en liefde. Jashuah het gevra
of Hy wel die geloof sal vind as Hy terugkeer na die aarde (Luk 18 : 8). Ook het Hy
gesê dat die liefde van die meeste sal verkoel (Matt 24 : 12). Al wat die vrees uitdryf
is die liefde (1 Joh 4 : 18). As jy, omdat jy bang is vir die fisiese foltering, die
wegraping-geloof aanhang, moet jy die saak weer met jou Vader gaan bespreek en
sekerheid kry. Dis baie dringend, want die duisternis is besig om oor die wêreld te kom
(Jes 60 : 1 – 2) en veral oor Suid-Afrika. As jy nou onseker is oor die vraag of Vader
jou genade gaan gee te midde van die verdrukking (Open 3 : 10) en of Hy jou voor die
storm gaan wegneem en lekker snoesig, soos die kuikens onder die stoof sit as dit buite
hael, terwyl ander deur die groot verdrukking gaan, Open 7 : 13 – 17; Open 6 : 9 – 11
moet jy aandagtig lees en let op dat die martelare nie diegene was wat nie gekwalifiseer
het om weggeraap te word nie. Nee, hulle is juis die wat kwalifiseer om deur die
verdrukking te gaan. Daar is ‘n spesiale plek onder die troon van Elohim vir hulle.
Hulle is die mense met geloof wat deur ‘n liefde vir hul Vader en Sy Seun, werk (Gal
5 : 6).
Dit is ‘n voorreg, wat genadiglik aan die opregtes gegee word, om vir Messiah te ly (Fil
1 : 29). As Sy weg deur lyde volmaak is (Heb 2 : 10), dan seker ons s’n ook? As jy
nie saam met Hom ly nie, kan jy ook nie saam verheerlik word nie
(1 Pet 4 : 12 – 14). Die verdrukking is ‘n teken dat ons die koninkryk van God (Elohim)
waardig geag mag word (Lees 2 Thess 1 : 3 – 11). Om ‘n getuie van Jashuah te wees
beteken volgens die Grieks ook om ‘n martelaar (martus) te wees. Hand 1 : 8 lees dan:
“Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal My
martelare (martus) wees”. Wat ‘n voorreg! En Hy bewaar ons dan in die uur van
beproewing en nie van die uur van beproewing nie
(Open 3 : 10). Die beproewig van ons geloof is iets baie kosbaar.
Lees 1 Pet 1 : 3 – 9.
20 FEBRUARIE
KOOP DIE TYD UIT
(EFES 5:15-16)
Ons weet nie wanneer die Seun van die Mens gaan terugkeer na hierdie aarde toe nie.
Selfs nie die engele weet dit nie (Matt 24 : 36). Nou dat ons gister gehoor het dat daar
31
31
nie ‘n wegraping sal wees, soos sommige dit verwag nie, besef ons seker dat ons
gereed sal moet wees om die donker tye met oorwinning deur te gaan (Fil 2 : 15). Ons
weet dat, as ons verhouding met Vader reg is, daardie dag ons nie skielik sal oorval nie
(1 Thess 5 : 1 – 11). Ons sal gereed wees as ons die geloof en die liefde het. Nou sal
ons mekaar daartoe moet bemoedig en opbou (Vers 11). Onthou: elkeen wat nie gereed
is nie, sal beangs raak en gaan ‘n groot las word in die tyd van nood. Daarom is dit
beter om mekaar nou te help om gereed te wees. ‘n Drenkeling in die see gryp sy
lewensredder gewoonlik so vas, dat albei gevaar loop om te verdrink.
As ons dus na ons teksvers (Efes 5 : 16) kyk, besef ons dat om die tyd uit te koop is
belangrik – nie slegs vir onsself nie, maar ook vir die ander. Daarom sit ek vandag die
hele dag al hier en bid en skrywe om jou gereed te hê in daardie dag wat al te seker
kom. As jy geestelik só gegroei het, dat jy ander kan help, sal dit baie beteken. So nie
moet ons jou ook nog dra! Kinders is ‘n las in die oorlog. Hulle kry koud of warm,
hulle is dors of honger. Hule baklei en kla en is bang! Nee, jy moet nou groei tot
volwassenheid (Efes 4 : 13). Jy moet die wapenrusting van Jahweh aantrek
(Efes 6 : 10 – 20). Jy moet ‘n krygsman word (2 Tim 2 : 1 – 5) met die wapens van die
lig aan (Rom 13 : 12; 2 Kor 6 : 7; 2 Kor 10:4). Maar dit gaan jou duur kos. Koop die
tyd uit beteken dat jy sal moet betaal om tyd te kry. Jy sal iets kosbaars moet prysgee
daarvoor. Maar, vir ‘n begin het jy net nodig dat Vader jou oë gaan open vir al die tyd
wat jy oral mors op allerande geselsies met mense, wat jou nie sal kan help in die dag
van nood nie. Sonder om ongeskik te wees, kan jy die taktiek ontwikkel om hulle te
ontglip. As jy Joh 10 : 39 in ‘n metaforiese sin lees en besef dat die vyand mense
gebruik om jou gevangene te neem (2 Kor 11 : 20- 21) en ‘n slaaf van jou te maak (1
Kor 6 : 12 en 7 : 23), dan begin jy tot Vader roep om jou die wysheid te gee om uit
hulle hand te ontkom (Joh 10 : 39 – 40) – ‘n goddelike lis
(2 Kor 12 : 16). Jy het nie nodig om elke uitnodiging na ‘n partytjie te aanvaar nie. As
jy minstens begin om vir sommige “nee” te sê en daardie tyd uit te koop om te gaan
bid, dan het jy al begin. Ook sal jy Vader moet vra om jou te verlos van die sportgod.
Ek was vroeër ook erg oor rugby, boks en krieket, maar ek het besef dat ek nie twee
gode kan dien nie (Matt 6 : 24; 1 Kor 10 : 18 – 22). Om jou te dwing om vroeg in die
oggend op te staan en te begin bid is ‘n goeie begin. Later gaan die heerlike
gemeenskap met Vader en Jashuah jou so opgewonde maak, dat jy alles daarvoor sal
prysgee (Matt 13 : 44; Matt 6 :21). Lees ook Pred 5 : 19. Bestorm Vader se troon
hiervoor!
32
32
21 FEBRUARIE
DIE WAPENRUSTING VAN ELOHIM
(EFES 6:10-20)
As ‘n volk wil oorlog maak benodig hy wapens. Dit is een van die sette van die
internasionale geldmag om wapens uit die hande van die massas te verwyder. Behalwe
natuurlik waar hulle ‘n sekere bevolkingsgroep wil uitroei. Daar voorsien hulle weer
wapens! Baie Christene is bevrees omdat ons nie die regte wapens het nie. Ons is ook
baie min. Dit verbaas my, veral as ek dink dat die meeste van die banges Christene is.
Hulle behoort nie oor fisiese wapens of getalle bekommerd te wees nie. Waaroor ons
ons wel moet bekommer is oor die tekort aan die geestelike wapens. En wat getalle
aan betref – hoe minder ons is hoe beter. In Gideon se geval het Jahweh die manskappe
twee keer minder gemaak tot daar slegs 300 oor was (Rigt 7 : 3 – 7). In Daniël 3 was
daar drie manne wat bly staan het teen die vyand. In
1 Sam 14 : 1 – 22 het Jonathan en sy wapendraer alleen begin en ‘n groot slag onder
die vyand geslaan (Lees ook 2 Sam 21 : 15 – 22 en 23 : 8 – 39).
Oral oor die aarde is daar minderheids-bevolkingsgroepe wat uitwissing in die gesig
staar. Vir my gaan dit nie oor die beskerming van my bevolkingsgroep nie; dit gaan
oor die beskerming van die “volk van die heiliges” (Dan 7 : 26 – 27 en 12 : 1) “die
regverdige nasie” (Jes 26 : 2) wie se burgerskap uit die hemele is (Fil 3 : 20). Hulle is
van Bo gebore (Joh 3: 3 – 8). En wie hulle ook al is, ek bid vir hulle. Jashuah sê: “Ek
ken die wat myne is” (Joh 10 : 14). Ook sê Hy: “Ek bid nie vir die wêreld nie maar vir
die wat U My uit die wêreld gegee het” (Joh 17 : 6, 9). Al die blankes was en is nie
deel van die “volk van die heiliges nie”. Hulle kon, as hulle wou, deel daarvan
wees, maar hulle het verkeerde keuses gemaak. Hulle het mede-blankes verag en
ander rasse vertrap t.w.v geld, aansien en sekuriteit. Ek het geen politieke of
godsdienstige verbintenisse nie. Dit gaan vir my suiwer rondom Elohim(God) en Sy
kinders, Jahweh en Sy volk. Hulle moet geestelik bewapen word. En dit is dringend!
Ons moet nou, uiteindelik, kragtig word in Jahweh (Efes 6 : 10 – 13). Daarvoor moet
ons swak word in onsself (2 Kor 13 : 4), want Sy krag word in swakheid volbring (2
Kor 12 : 9 – 10). Ons sal ook swak moet word in die wêreld se oë (1 Kor 1 : 18 – 31).
Lees dit beslis. Dit beteken dat alle grootpratery (2 Tim 3 : 1 – 5) oor hoe ons die
33
33
vyand gaan “opvoeter” en uitoorlê sal moet verdwyn tesame met alle vertroue op die
vleeslike arm (Jer 17 : 5 – 10) – veral die hoop op buitelandse hulp. Ander vertrou op
“2010 se sokker wêreldbeker” en dat die regering nie ‘n bloedbad sal toelaat nie, sodat
daardie groot gebeurtenis nie verongeluk word nie.
Nee, kry jou oog gevestig op Jahweh (Heb 12 : 1 – 3). Word swak in jouself en kragtig
in Hom. Sê nou vir jou Vader: “Ek trek nou die volle wapenrusting aan
(Efes 6 : 11) sodat ek staande kan bly teen al die liste van die duiwel”. Ek neem die
volle wapenrusting op, sodat ek weerstand kan bied in die dag van onheil en nadat ek
alles volbring het, staande kan bly (Vers 13).
22 FEBRUARIE
ONS WORSTELSTRYD TEEN DIE BOSE MAGTE
(EFES 6:12)
Soms wonder ‘n mens wat agter al die geweldplegings, moorde en haat tussen volkere,
rasse, godsdienste en ideologië sit. Tog moet hulle besef dat ‘n totale uitwissing van
hulle teenstanders nog nie die einde van hulle probleme is nie – eintlik begin hulle groot
probleem dan eers en sal nie ophou voordat die lande van die aarde verlate lê sonder
inwoner, behalwe enkeles nie. Wat maak dat hulle nie reg “sien” nie? Dit is bose
magte wat deur Jahweh gestuur is met ‘n doel. Onthou dat die bose geeste ook deur
Hom beheer word. (Lees 1 Sam 16 : 14 en 19 : 9; 2 Kron 18 : 18 – 22). Elohim skep
die lig en die duisternis (Jes 45 : 5 – 7; 54 : 16). Die sprinkaanswerm van Joël 2 is Sy
leërmag (Vers 11). Dit is ‘n talryke en magtige volk wat van oudsher sy gelyke nie
gehad het nie (Vers 2) en niks sal daaraan ontkom nie (Vers 3). Moenie fout maak
nie: die sprinkaanswerm bestaan uit verskillende rasse en niks op aarde gaan die
verwoesting wat hulle aanrig, vryspring nie. Hulle is vervul met bose geeste ( Open
9 : 1 – 12). Jahweh het die geeste gestuur met ‘n doel – ‘n groot doel! Dit is om Babel
te vernietig en te verwoes. Lees Jer 51 : 1 : So sê Jahweh: “Kyk, Ek wek op teen
Babel en teen die inwoners van die “Hart van My Teëstanders, die gees van ‘n
verwoester”. Vader se doel is om Babel en die hele wêreldstelsel te verwoes (Lees
Open 17, 18, 19). Satan is die owerste en god van hierdie wêreld (Joh 12 : 31; Joh 14
: 30). Dus is Jahweh se hele offensief teen Satan, Babel en al die bose magte gerig.
34
34
Ook teen die mense wat nog deur dié bose magte beïnvloed word – hulle gaan saam
getref word. Jahweh stuur dus ‘n gees van verwoesting met miljoene bose geeste wat
dit uitvoer. Ons sien hulle reeds werk. Spr 18 : 9 sê dat hy wat hom slap hou in sy
werk, is die broer van ‘n verwoester. Nog nooit was daar so ‘n gees van luiheid,
traagheid, stakings, proteste teen werksure, as nou nie. Almal wil minder doen en meer
geld daarvoor kry. Min mense werk nog en almal koop net. Die tegnologie (masjiene
& rekenaars) doen die werk! Dit is ‘n tendens oor die hele wêreld onder alle volke,
tale, rasse, ja, ook die BLANKES!
Maar, dit is nie teen Elohim(God) se kinders gemik nie. Dit is teen ons vyande gemik.
Hierdie stelsel van onreg en ongeregtigheid gaan nou val! Terwyl Jahweh na hierdie
aarde neerdaal in groot toorn beveel Hy terselfdertyd dat Sy gunsgenote versamel moet
word (Ps 50 : 1 – 6). Jy moet sorg dat jy ‘n gunsgenoot is (Ps 86 : 2). Dan sal jy nie
saam met Babel en hierdie wêreld getref word nie. Die bose geeste staan onder bevel
van ons Vader en kan niks aan ons doen as ons verhouding met Hom reg is nie. Hy sal
dit nie toelaat nie (Ps 16 : 10; Ps 4 : 4; Ps 89 : 20). Alhoewel Elohim ‘n bose gees
gestuur het om Saul te vevul (1 Sam 16 : 14) het Hy ook Sy Gees gegee om Dawid te
versterk en oral het Elohim hom die oorwinning gegee
(1 Sam 18 : 5). As ons met die Gees van Elohim vervul is, sal al die hordes van hierdie
wêreld nie teen ons staan nie – al word hulle ook deur miljoene bose geeste gedryf.
Maar hulle sal beslis die taak wat Jahweh vir hulle het, uitvoer nl. om Babel en hierdie
wêreldstelsel van onreg, te verwoes. Die mense van die wêreld verwoes dus hulle eie
wêreld. Jahweh laat hulle dit doen! Dit gaan ons ook in ‘n mate in benoudheid bring,
maar ons sal oorleef en oorwin as ons Sy gunsgenote is.
23 FEBRUARIE
JULLE LENDENE MET DIE WAARHEID OMGORD
(EFES 6:14)
Die waarheid en die leuen staan teenoor mekaar van die sondeval af. Satan is die vader
van die leuen (Joh 8 : 44), Jashua sê: “Ek is die . . . waarheid”. Sy woord is die
waarheid (Joh 14 : 6; Joh 17 : 17). Elkeen wat uit die waarheid is, luister na die
waarheid (Joh 18 : 37). Die waarheid is Sy stem wat met jou praat – dit is die lewende
35
35
woord (Matt 4 : 4). Dit is die woord wat Hy persoonlik vir jou persoonlik gee. Dit
word nou jou lewe (1 Joh 1 : 1; Joh 1 : 1 – 4).
Om jou lendene te omgord beteken om jou gereed te maak vir aksie (Luk 12 : 35, 37;
1 Pet 1 : 13; Hand 12 : 8; Luk 17 : 8). In dié geval maak ons ons gereed vir oorlog.
Die oorlog behels twee dinge: verdediging en aanval. Dus om ons en die volk van
Jahweh te beskerm en ook om die vyand te elimineer. Aan dié gord hang die swaard
in sy skede. Ook hou die gord die lastige los klere bymekaar, sodat jy vrylik kan aksie
neem. Hierdie omgording kan alleenlik met die waarheid gedoen word. Jy sal die
verskil tussen feite en die waarheid moet leer ken. Daar is baie feite in die Bybel wat
nie juis vir jou die waarheid is nie. As Jahweh dit nie persoonlik tot jou spreek nie,
isdit nie vir jou die waarheid nie en kan jy nie op grond daarvan aksie neem nie. Baie
mense gaan op blote Bybeltekse staan en teleurgesteld wees in die nood, omdat die teks
nie deur die Vader self aan hom gegee is nie. Dis ‘n blote Bybelteks, maar vir hom is
dit nie ‘n lewende woord nie – dis ‘n feit maar nie die waarheid nie.
Daar is baie feite wat ek kan noem wat vir jou eintlik ‘n leuen is. Bv. Dit is ‘n feit dat
hierdie paar blankes wat in dié land oorgebly het, nie sal kan bly staan teen die oormag
van Afrika nie. Tog is dit nie die waarheid nie. Die waarheid is vir my gegee in Ps 91
: 7 – 16, nie deur Bybelstudie nie, maar deur Vader self. Jy kan egter nie op die Woord
wat Vader vir my gegee het, staan nie. Jy moet jou eie woord kry. Jy kan nie jou lende
omgord met ‘n waarheid wat ek gekry het nie, behalwe as Vader daardie word in jou
hartlewend maak.
Daar is baie feite waarmee die blankes in Suid Afrika hulle probeer troos. Maar jy
moet liewer nie met sulke feite jou lendene probeer omgord nie, want dalk is dit nie die
waarheid nie. As Vader dit vir jou gesê het, is dit die waarheid en dan alleenlik kan jy
jou daarmee gereed maak vir aksie.
‘n Wonderlike karaktertrek van die waarheid is dat dit jou vrymaak wanneer jy dit leer
ken (Joh 8 : 32). Die woord van die waarheid (Kol 1 : 5) word in jou geopenbaar deur
die Gees van die waarheid (Joh 14 : 17) en dit is dieselfde Gees wat geloof, vrede,
vertroue, liefde, krag en selfbeheersing in jou hart uitstort (2 Tim 1 : 7;
1 Kor 12 : 7 – 9). Jy is dan vry van alle vrees, want die waarheid maak jou vry.
36
36
Jy sal moet seker maak dat jy in elke aksie wat jy gaan neem ‘n lewende woord – die
waarheid, het. Daarmee alleen kan jy jou omgord. Onthou: jy kan niks teen die
waarheid doen nie, maar wel vir die waarheid (2 Kor 13 : 8). Op hierdie oomblik
beïnvloed die leuengees (2 Kron 18 : 21) baie gelowiges om die waarheid nie te soek
nie (Gal 3 : 1), maar die leuen te glo en aan te gryp. Dit gaan jou dalk nog jou lewe
kos. Verootmoedig jou voor Vader en soek by Hom persoonlik woord vir elke aksie.
24 FEBRUARIE
DIE BORSWAPEN VAN GEREGTIGHEID
(EFES 6:14)
By hierdie tyd is dit seker nie meer vir jou nuus dat daar vir ons geen geregtigheid is
voor Elohim(God) deur verdienste of goeie werke (werke van die wet) nie (Gal 2 : 16;
Fil 3 : 9) (Rom 3 : 27 – 28). Messiah is ons Geregtigheid (1 Kor 1 : 29 – 31;
Jer 33 : 15 – 16). En dit is wat die borswapen van geregtigheid behels. As jy nie
Messiah sien as jou, en jou medegelowige, se geregtigheid nie, dan het jy geen
borswapen aan nie. Die vyand kan jou tref met sy pyle. Hy kan jou in jou hart tref (jou
gees) as Messiah nie jou geregtigheid is nie. Hoe weet jy of Hy jou geregtigheid is?
As jy nog andere meet met ‘n maatstaf van werke dan ken jy nog nie Messiah as jou
geregtigheid nie. Gaan dink mooi. Gaan vra Vader om dit vir jou te openbaar of jy
nog ander oordeel deur hulle met ‘n maatstaf van werke en dade te meet. Moet ander
nog sekere dinge doen of nie doen nie om jou guns te verdien? Dink mooi!? Dink
diep! Dan het jy nog nie Jashuah Messiah as jou geregtigheid leer ken nie! Geen
wonder dat die vyand daarin slaag om sy pyle van ongeloof en vrees in jou hart in te
skiet nie.
1 Thess 5 : 8 koppel verder die borswapen aan geloof en liefde & ook nugterheid.
Geloof en liefde is deel van geregtigheid, maar hier beklemtoon Paulus dit as deel van
die borswapen en koppel dit aan nugterheid. 1 Pet 5 : 8 sê: “Wees nugter en waaksaam,
want julle teëstander, die duiwel loop rond soos ‘n brullende leeu en soek wie hy kan
verslind”; 1 Pet 4 : 7 sê: “Die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter
om te kan bid”. Waarom koppel die Gees, wat hierdie woord tot ons bring, hierdie drie
dinge aanmekaar? Geloof, liefde, nugterheid. Nou bring Hy nog “ingetoë” ook by! Dit
37
37
is alles belangrike dinge by die borswapen van geregtigheid. Wanneer ‘n volk so in die
nood beland soos ons hier in Suid-Afrika, is daar altyd baie planne van mense.
Sommige bou voorrade op, ander koop wapens en ander vlug oorsee. Die wat nie
oorsee kan gaan nie, soek ‘n heenkome hier plaaslik. Daar is ‘n goue Skrif in Jes 28 :
16 lees dit! “. . . Ek lê in Sion ‘n grondsteen, ‘n beproefde steen, ‘n kosbare hoeksteen
. . . ; hy wat glo sal nie haastig wees nie”. Ook sê: 1 Pet 1 : 13: Daarom, omgord die
lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel
word by die openbaring van Jashuah . . . Moet dus nie nou benoude spronge maak nie.
Verwag Jahweh (Fil 3 : 20; Ps 37 : 7). Hy sal op hierdie toneel in Suid-Afrika verskyn
– betyds (Sef 3 : 8;
Tit 2 : 13; Jes 26 : 8; Jes 49 : 23). Moenie jou nugterheid verloor en na al die mense
se oplossings luister nie. Laat jou liefdesverhouding met Vader en jou geloof in Sy
woord jou deurdra. Jy het mos nou vrymoedigheid teenoor hom, want Jahweh is jou
geregtigheid. Jy hoef nie skuldig te voel oor dinge wat jy verkeeerd gedoen het nie. Jy
het mos nie nodig om Sy genade te verdien nie. Verlustig jou in Hom (Ps 37 : 4) en
Hy sal jou gee die begeertes van jou hart, terwyl die bedreiging al groter word.
Laastens moet ek ook noem dat ingetoëenheid (1 Pet 4 : 7) beteken om beheerst te wees
– nie impulsief agter ander aan te hardloop in allerlei vleeslike idees nie. Mense gaan
met baie planne kom, maar wees jy nugter en wag op Jahweh, glo Hom, bemin en
aanbid Hom en jy sal nie beskaamd staan nie (Ps 25 : 3; 40 : 2). Dit is jou borswapen
van Geregtigheid. Amen!
25 FEBRUARIE
AS SKOENE DIE BEREIDHEID VIR DIE EVANGELIE
(EFES 6:15)
Jy kan die doeltreffendste wapenrusting aan hê, maar as jou skoene nie reg is nie sal jy
val voor die vyand. Jy kan met plakkies rondloop op vakansie, maar as jy aksie moet
38
38
neem, dan benodig jy ordentlike skoene! By Elohim se wapenrusting is die skoene die
bereidheid vir die evangelie van vrede. Hier verwys die Skrif nie noodwendig na die
bereidheid om te gaan sending werk doen in Rusland of China nie. As jy ‘n avontuurier
is, sal jy baie bereid wees om te gaan. Maar jy moet bereid wees vir die evangelie –
die blye boodskap van vrede. Die evangelie wat Jashuah kom verkondig het was die
blye boodskap van die koninkryk van Elohim(God) (Matt 4 : 23)
(Mark 1 : 14). Hy het gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van Elohim het naby
gekom; bekeer julle en glo die evangelie (Blye nuus).
Jashuah het al 2000 jaar gelede gesê: “Die tyd is vervul . . . die koninkryk het naby
gekom . . .” Dit was waar vir daardie tyd en ook nou: Glo jy dat die tyd vervul is? Glo
jy dat die koninkryk van Elohim naby gekom het? Lees Rom 13 : 11. Ken jy die
tydsomstandighede; dat die uur vir ons reeds daar is om uit die slaap wakker te word?
(Vers 11). Die nag het ver gevorder en dis amper dag (Vers 12). Dit is tyd om wakker
te word en die wapens van die lig aan te gord. Maar waarom sien jy dit nog nie so nie?
Waarom sien jy dat jou toekoms maar soos jou voorouers s’n sal wees? Daar is ‘n
belangrike opdrag in Mark 1 : 15: Bekeer julle en glo die evangelie. Jy het dan ‘n
bekering nodig, sodat die Heilige Gees geloof in jou hart kan uitstort
(Efes 2 : 8). Dan sal jy bereid word om ‘n krygsman van Jashuah Messiah te word
(2 Tim 2 : 3 – 4) – bereid om al die ontberings wat ‘n soldaat in die oorlog deurmaak
te ly, t.w.v. die goeie nuus dat Messiah se koninkryk van vrede nou kom. Dit is wat
ons bid: “Laat U koninkryk kom” (Matt 6 : 10). Die doel van Messiah se koms, om
Sy koninkryk op hierdie aarde te kom vestig in ‘n vyandelike wêreld met Satan as
owerste, is om vrede te bring (Luk 2 : 14). Hy is ons vrede (Efes 2 : 14). Hy is die
Koning van Vrede (Heb 7 : 2). Maar, voordat hierdie wêreld en aarde vrede kan hê
moet die saak met die vyand eers uitgemaak word. Messiah het dit reeds gedoen 2000
jaar gelede (Kol 2 : 14-15), maar Hy moet dit nog voltrek oor Satan se dissipels. En dit
is waarvoor Hy nou wag (Hand 2 : 34-35). Daarom sê Jashuah dat Hy nie gekom het
om vrede te bring nie, maar die swaard (Matt 10 : 34 – 42; Luk 12 : 49 – 53). Hy sê
(Luk 12 : 49): “Hy wens dat die vuur op hierdie aarde al aangesteek is”.
Om vrede op aarde te bring gaan Jashuah dus oorlog maak. Daarom sien ons Hom in
Openbaring in oorlogsgewaad (Open 5 : 5 “ . . . die Leeu”; Open 19 : 11 – 21). Is jy
bereid vir oorlog? Ek praat nie van fisiese oorlog om by een of ander mag te gaan
aansluit en met fisiese wapens te veg nie. Ek praat van geestelike oorlog!
(2 Kor 10 : 4). Dit verg groot opofferings (2 Tim 2 : 3 – 4). Hy sê: Ly dan verdrukking
soos ‘n goeie krygsman van Jashuah (Vers 3). Die oorlogsveld is ‘n plek waar jy bid.
Hier gaan jy baie tyd deurbring, terwyl jou vriende nog sit en “eet en drink en opstaan
39
39
om te speel (dans)” (1 Kor 10 : 7). Gebed is waarlik werk – harde werk (Heb 5 : 7 –
8). Dis ‘n weg van lyde (Heb 2 : 10) (Jes 53 : 1 – 12). ‘n Soldaat sal desnoods groot
offers bring wat sy werk (2 Tim 2 : 3 – 4), sy huwelik
(1 Kor 7 :29), finansies (Verse 30 – 31), sy volk (Heb 11 : 24 – 27; Ps 45 : 11), familie
(Matt 10 : 37 – 39) ens. aan betref. Is jy bereid hiervoor?
26 FEBRUARIE
DIE SKILD VAN DIE GELOOF
(EFES 6:16)
Vers 16 begin met: “Behalwe dit alles . . .”. Dit sê dus dat behalwe al die ander
belangrike dele van die wapenrusting, is hierdie skild van die geloof baie belangrik. En
dit is ook so: Heb 11 : 6: “En sonder geloof is dit onmoontlik om Elohim te behaag”.
‘n Soldaat moet glo in sy Koning, volk en die saak waarvoor hy veg. Waarvoor veg
ons? Waarvoor al die nagte van gebed en regstryd voer voor die aangesig van ons
Regter? Kan ons nie maar ons lot hier in Suid-Afrika aanvaar, lae profiel hou en rustig
voortlewe nie? Nee, want God(Elohim) het gesê dat Hy Sy vrede van hierdie volk
weggeneem het, omdat hulle, as dit met hulle goed gaan, Hom nie dien nie. Ja, hulle
gaan wel kerk toe, maar hulle haat en beskinner mekaar! Kyk net hoe verdeeld is die
Christene, terwyl hulle een Vader, een Seun, een Gees en een Bybel het. Die doel met
ons benoudheid van Jakob (Jer 30 : 7) is dat ons “kan vind”
(Jer 10 : 18). Nou gaan ons Hom aanroep (Ps 81 : 8; Jona 2 : 2). Maar die doel met
die benoudheid is om ons sterk te maak (Sag 10 : 11 – 12) en ons een te kry. Vuur
smelt al die stukkies gou in een. Wanneer ons eendragtig saam is soos op Pinksterdag
(Hand 2 : 1) en ons kan eendragtig die stem tot God(Elohim) verhef
(Hand 4 : 24 – 31) sal ons ‘n gemeenskaplike (Rom 1 : 12) geloof ervaar, waaruit
kragtige ingrypinge van Jahweh gesien gaan word (lees Hand 12 : 5 – 17).
Geloof is die skild wat enige deel van die liggaam wat bedreig word, kan beskerm. Dit
is beweeglik. Dit blus al die vurige pyle van die Bose uit. M.a.w dit maak dat al die
vurige pyle niks kan uitrig nie. Die vurige pyle steek die hele wêreld aan die brand,
maar die geloof blus dit uit. Geloof oorwin die wêreld en niks anders nie
40
40
(1 Joh 5 : 4). Want geloof in die woord van Elohim keer omstandighede om, stuit die
vyand, herstel die skade (Joël 2 : 25) en herskep selfs die natuur.
In die Ou Testament was daar min na geloof verwys. Elohim het gehoorsaamheid
vereis (Deut 11 : 13 – 32 ). Het jy dit gelees? Nóú maan Hy ons om te glo in Sy woorde.
Het Hy verander? Nee! (Heb 13 : 8). Geloof en gehoorsaamheid is nou verwant (Joh
3 : 36). Om dus Vader te gehoorsaam en te glo, voorsien jou van die skild van geloof
wat nie alleen jou beskerm nie, maar ook die hele liggaam. Geloof is die hele lewe van
die regverdiges (Heb 10 : 38 – 39). Lees Heb 11 en voed jou siel met die woorde van
geloof. Lees ook Rom 4 : 1 – 25 en let op dat Abraham se geloof hom voor Elohim
regverdig het en nie die werke (goeie werke) nie. Die werke van die geloof (Jak 2 : 21
– 24) is egter iets anders en is noodsaaklik. Die belangrikste werk van die geloof is om
die woord te spreek (Rom 10 : 8 – 11). Bv. “Hierdie bende sal ons geen leed aandoen
nie, want die mond van Jahweh het dit gespreek”.
Miskien het jy al die geloof (Rom 14 : 22), maar ek bid nou ernstig dat Vader my
genade sal gee om te voltooi wat aan jou geloof ontbreek (1 Thess 3 : 10). Maar jy
moet groei of toeneem in die genade teneinde geloof te kry (2 Pet 3 : 18;
2 Thess 1 : 3; 2 Kor 9 : 10; 10 : 15). Dit kom slegs deur jou baie te verlustig
(Ps 37 : 4) in die liefde van Vader (Judas 1 : 20 – 21) en jouself te voed met die woorde
van die geloof (1 Tim 4 : 6). Koop die tyd uit! Bid en eet die woord!
27 FEBRUARIE
DIE HELM VAN VERLOSSING
(EFES 6:17)
Daar is al ‘n woord oor die “Woord van Verlossing” (4 Januarie), maar vandag kom
daardie woord nou prakties te pas. ‘n Woord help niks as dit nie werk nie.
Lees 1 Thess 2 : 13. Hierin kom ‘n baie belangrike waarheid na vore : As jy die woord
aanvaar as God(Elohim) se woord en nie Eugen s’n nie, werk dit in jou! So baie mense
sê: “Eugen het gesê.” Sê liewer: “Elohim het gesê” of ek self sê ook baie: “Paulus
41
41
het gesê”, maar dan weet ek dat Paulus het die woorde van Elohim(God) gespreek (1
Kor 14 : 37). Hoe dit ook al sy, die woord van verlossing moet nou in jou werk, want
as jy nie verlos is van elke invloed van die Bose nie, gaan jou gedagtes deur Satan
getref word. Om die gedagtes van Satan te bedink klink erg, maar om slegs vleeslike
gedagtes te hê is ewe erg. Dit is ook vyandskap teen Elohim Rom 8 : 5 – 9).
Om die gedagtes van die Gees te bedink (Rom 8 : 6) is lewe en vrede. Ek herhaal dit:
DIE GEDAGTES VAN DIE GEES IS LEWE EN VREDE. 1 Kor 2 : 16 lees :
“Maar ons het die sin van Messiah. Dit beteken: ons het die gedagtes van Hom. Dit
is reeds ons s’n, maar waarom dink ons nog vleeslike dinge? Die antwoord is: Die
woord van verlossing moet begin werk in jou en dit sal plaasvind as jy die woord
glo.(1 Thess 2 : 13). Wat is die wet van die geloof? (Rom 3 : 27). Die geloof werk
deur die liefde (Gal 5 : 6). Jy moet ook dit wat jy glo spreek (Rom 10 : 8 – 11).
Nou kom ons by ‘n belangrike waarheid. Elohim gee jou geloof met ‘n doel: Eerstens:
om die wêreld te oorwin (1 Joh 5 : 4 – 5). Geloof het ander werke ook soos bv. om jou
die saligheid te laat beërwe (Efes 2 : 8) en om jou met Elohim te versoen (Kol 1 : 19 –
23). Die doel is uiteindelik dat ons koninkryk, Satan en Sy ryk ‘n verpletterende
neerlaag sal toedien en ons, ons ewige erfdeel in besit sal laat neem (Efes 1 : 12 – 20).
Deur al hierdie dinge verheerlik ons Koning Homself en Sy Vader as Koning van die
konings. Daar is egter ‘n groot struikelblok: vleeslik, wêreldse gedagtes. Dit is die
vyand van geloof. Hoe kan jy vleeslike dinge bedink en geestelike woorde spreek? Uit
die oorvloed van die hart spreek die mond
(Matt 12 : 34). Die enigste oplossing hiervoor is die helm van verlossing (Efes 6:17).
En jy moet ‘n keuse maak – ‘n vrye-wilsbesluit – om die helm van verlossing op te sit
of aan te neem”. Baie wil dit nie aanneem nie en bly dan onbekwaam vir die oorlog.
As jy in die oorlog gaan dink aan jou persoonlike belange, as jy gaan dink wat die offers
gaan kos: jou sport wat sonder jou moet aangaan en jou vriende wat sonder jou partytjie
moet hou . . . as jy nog so dink . . . dan tref die vyand se pyl jou, want jy het nie die
helm van verlossing op nie.
Die helm van verlossing beskerm jou gedagtes teen dinge wat die vyand jou wil laat
dink. Daar kom genoeg sulke gedagtes deur die media, die TV, koerante en mense wat
vir jou wil laat dink dat ons saak nou verlore is in Suid Afrika. As jy egter die helm
van verlossing op het, begin jy bedink wat Jahweh sê en wat Hy alles gedoen het (1
Kron 16 : 12, 15; Neh 4 : 14). Dan dink jy aan al Sy beloftes en jy dink dat die mond
42
42
van Jahweh dit gespreek het. Jy dink dat Hy nie kan lieg nie (Heb 6 : 17 – 20). Jy
bedink die dinge wat daarbo is waar Christus aan Vader se regterhand sit
(Kol 3 : 1-2). Neem die helm van verlossing nou aan en bid Vader dat Hy dit sal laat
werk in jou.
28 FEBRUARIE
DIE SWAARD VAN DIE GEES
(EFES 6:17)
Netsoos die helm van verlossing moet jy die swaard van die Gees ook aanneem. Die
swaard van die wapenrusting is die woord van Elohim – die lewende woord. Jy moet
dus die wyse waarop Elohim(God) deur die Skrifte met jou persoonlik praat, aanneem
en aanvaar. Dit is nie die enigste manier waarop Hy ‘n lewende woord tot jou kan
bring nie. Hy kan dit direk in jou gees inspreek. Hy kan ook deur iemand ‘n
lewende woord as saad in die grond van jou hart laat val. Selfs deur ‘n boek, CD
of Bybelstudie. Jy sal weldra die verskil begin ken tussen ‘n blote teksvers en die
lewende woord. Ons sien die verskil in Matt 4 : 1 – 11 waar Satan vir Jashuah Skrifte
kwoteer deur te sê: “daar staan geskrywe” Messiah antwoord hom met “daar staan
ook geskrywe” Satan kwoteer die letter van die Bybel. Jashuah kwoteer die lewende
Woord. Jy moet die verskil ken. Hoe gouer hoe beter.
Die vorige wapens was hoofsaaklik om die liggaam te beskerm teen aanvalle. Die
skoene en gordel is vir alle aksie terwyl die swaard al die dinge doen plus nog aanval.
Die vyand moet verpletter en uitgewis word. Dit is ‘n lang pad tot by
Open 20 : 11 – 15. “Die laaste oordeel” (Opskrif). Maar elke kleinste oorwinning is
deel van die grootte. In ‘n slag is man-vir-man in ‘n tweegeveg. Elkeen wat sy vyand
verslaan maak aan die einde van die dag deel uit van die vallei vol lyke
(Eseg 39 : 11 – 12).
43
43
Vader het ‘n groot eindoorlog beplan tussen Sy koninkryk en die koninkryk van
duisternis. Joël 3 : 1 – 17 is ‘n profesie daaroor. Jy moet dit lees en dit in jou hart bêre.
Dis deel van jou swaard. Hierdie groot slag is reeds aan die gang. Die menigtes is
reeds in die “dal van beslissing” (Vers 14). Jahweh brul reeds uit Sion (Vers 16). En
alles gaan deur die swaard van die Gees, die woord van Elohim bepaal woord. Alreeds
is die swaard van Jahweh ontbloot. Vader het my al jare gelede die woord in Jos 5 : 13
– 14 gegee: “en daar staan ‘n man met ‘n ontblote swaard in sy hand . . .Vers14. En
Hy sê: “. . . Ek is die leërowerste van Jahweh; Ek het nou gekom . . .” Vader het my
dagboeke vol laat skrywe: alles lewende woorde, profesieë en regsake. Baie is reeds
vervul en ander is besig om in vervulling te tree. Al die tyd is dit die swaard van die
vyand (Job 5 : 15) teen die swaard van die Gees.
Elohim het verskeie mense geroep wat woorde gaan spreek en die woorde (swaard)
gaan die vyand oorwin (Open 12 : 11). Baie woorde is reeds deur die profete van ouds
gespreek en word nou weer herhaal. So bv. gaan die vier horings van
Sag 1 : 18 – 21 verslaan word deur die vier smede (Vers 20) se woord.
Open 9 : 13 – 21 vertel verder hoe daar ‘n stem (mensestem?) uit die vier horings van
die altaar gekom het. Die het aan die engel gesê: Maak die vier engele los wat gebind
is by die groot rivier, die Eufraat. (Vers 15) Toe is die vier engele losgemaak . Lees
self verder! Wie is daardie vier?
Die bevel kom nou na jou in 1 Sam 25 : 13: “Gord julle elkeen sy swaard aan. Hulle
het toe elkeen sy swaard aangegord – Dawid het ook sy swaard aangegord.” Verstaan
jy? Verstaan jy dat dit nou nie meer gaan oor jou huis, gesin, werk, motor, kos, klere,
partytjies, TV ens nie? Dit gaan nou oor Elohim se ewige raadsbesluit, Sy visie, Sy
huis, Sy koninkryk, Sy oorlog. Hy het ‘n saak met Lucifer aan wat lank voor Adam se
skepping reeds begin het. Daardie oorlog moet nog afgehandel word. Dit is waarvoor
Hy Sy Seun gestuur het (1 Joh 3 : 8; Heb 2 : 14). Hy wil ook alle dinge in die hemel
en op aarde onder een hoof in Messiah verenig (Efes 1 : 10)
(1 Kor 15 : 24 – 28). As jy net vir hierdie lewe op Messiah hoop is jy die ellendigste
van almal (1 Kor 15 : 19). Dit gaan oor Jashuah se sake. En jy het met Hom ‘n verbond
gemaak en Hy dink elke dag daaraan (Ps 105 : 8). Jy het jouself, met alles wat jy is en
besit, vir Hom gegee. Nou soek Hy jou vir ‘n vergadering sodat Hy jou as die draer
van Sy swaard instruksies kan gee. Jy moet hoor waar jy in die oorlog moet veg en wat
jy moet bid en spreek. Die spreek van Sy woord is die swaard van die Gees. Dit is die
swaard waarmee die engele die vyand tref met pessiektes, verwarring en watter oordele
44
44
van Jahweh ook al. Die engele voer die woord uit wat die mens se stem spreek (Dan 8
: 16) (Ps 103 : 17 – 22). Maar dan moet jy die verbond wat jy met Vader gemaak het
hou (Lees weer Ps 103 : 17 -22). Dis die voorwaarde! Jahweh wag om jou bevele te
gee! Jy is besig met jou eie dinge. Jy sal moet ‘n keuse maak, want jy het ‘n vrye wil.
Vader soek jou om in gebed voor Hom te kom en jouself en jou belange so te offer dat
Sy Gees deur jou kan spreek sodat Sy volk gered kan word en die vyand vernietig is
deur die swaard van die Gees wat uit jou mond kom (Open 6 : 4; 19:15;2:16). Amen!