· Web viewHierdie borggelde sal in ag geneem word by die berekening van individuele leerlinge...

8
DIE KETTIE GAZETTE UITGAWE # 8 (3) 3 AUG 2015 Uit die Hoof se pen……. Geagte Ouer / Voog Welkom terug na ‘n lekker wintervakansie. Ons spreek die hoop uit dat u en u kinders uitgerus voel, en gereed is vir ‘n nuwe kwartaal propvol uitdagings. Baie welkom aan al ons nuwe ouers en leerders wat hierdie kwartaal by ons aangesluit het. Ons is dankbaar dat u ons skool gekies het en spreek die hoop uit dat u gou sal tuis voel by Laerskool Kenmare. 1.PERSONEEL: Ons neem hierdie kwartaal afskeid van mej Chani Lourens, opvoedkundige assistent in die Intersenfase. Mej Lourens het ‘n beroep in die privaatsektor aanvaar en haar laaste dag by Kenmare is Vrydag 31 Julie 2015. Ons bedank haar graag vir haar vele insette by Kenmare oor ‘n periode van sewe maande. Ons wens haar ook baie sterkte toe in haar nuwe beroep. In haar plek is Mej Ilse Mulder aangestel wat vandag, Maandag 3 Augustus 2015 deel word van die Kenmare-familie. Ons glo en vertrou dat u gou sal inskakel en u passie met oorgawe by Kenmare sal kom uitleef. Mev Juliette Potgieter neem vanaf vandag kraamverlof en sy sal vir die volgende vier maande vervang word deur mev Little-Bit de Villiers wat geen bekendstelling nodig het nie. Ons wens mev Potgieter en haar eggenoot baie sterkte toe met die bevalling. Ons is baie opgewonde om te kan bevestig dat Laerskool Kenmare twee Opvoedkundige Sielkundiges aangestel het om die werksaamhede van die PRETSPAN oor te neem en te verseker dat die goeie werk wat daar gedoen is sal voortgaan met aanvullings op sekere terreine. Ons verwelkom Dr. Arina Lanser en mev Jeannette Ceronio op ons personeel. Vervolgens ‘n bondige samevatting aangaande die onderskeie CV’s van elk: Dr Lanser se skripsie tydens haar meestersgraad het gehandel oor die verband tussen ritme-probleme en leesprobleme en tydens haar doktorale proefskrif het sy ‘n indiepte studie gedoen aangaande die uitvalle in skoolgereedheidstoetsing en latere leerprobleme. Sy is wel bekend in die beroepswêreld van Opvoedkundige Sielkundiges en skryf onder andere gereeld artikels vir Vrouekeur, Leef, Huisgenoot, Sarie en Beeld. (Sy gee in hierdie week se Huisgenoot raad aan ouers oor selfmoord onder leerders en waarskuwingstekens om na op te let). Sy het per geleentheid

Transcript of   · Web viewHierdie borggelde sal in ag geneem word by die berekening van individuele leerlinge...

Page 1:   · Web viewHierdie borggelde sal in ag geneem word by die berekening van individuele leerlinge se finale insameling en sal ook in ag geneem word vir die hele voogklas se fondsinsamelingspoging.

1

DIE KETTIE GAZETTE

UITGAWE # 8 (3) 3 AUG 2015

UIT DIE HOOF SE PENUit die Hoof se pen…….

Geagte Ouer / Voog

Welkom terug na ‘n lekker wintervakansie. Ons spreek die hoop uit dat u en u kinders uitgerus voel, en gereed is vir ‘n nuwe kwartaal propvol uitdagings. Baie welkom aan al ons nuwe ouers en leerders wat hierdie kwartaal by ons aangesluit het. Ons is dankbaar dat u ons skool gekies het en spreek die hoop uit dat u gou sal tuis voel by Laerskool Kenmare.

1.PERSONEEL:Ons neem hierdie kwartaal afskeid van mej Chani Lourens, opvoedkundige assistent in die Intersenfase. Mej Lourens het ‘n beroep in die privaatsektor aanvaar en haar laaste dag by Kenmare is Vrydag 31 Julie 2015. Ons bedank haar graag vir haar vele insette by Kenmare oor ‘n periode van sewe maande. Ons wens haar ook baie sterkte toe in haar nuwe beroep. In haar plek is Mej Ilse Mulder aangestel wat vandag, Maandag 3 Augustus 2015 deel word van die Kenmare-familie. Ons glo en vertrou dat u gou sal inskakel en u passie met oorgawe by Kenmare sal kom uitleef.

Mev Juliette Potgieter neem vanaf vandag kraamverlof en sy sal vir die volgende vier maande vervang word deur mev Little-Bit de Villiers wat geen bekendstelling nodig het nie. Ons wens mev Potgieter en haar eggenoot baie sterkte toe met die bevalling.

Ons is baie opgewonde om te kan bevestig dat Laerskool Kenmare twee Opvoedkundige Sielkundiges aangestel het om die werksaamhede van die PRETSPAN oor te neem en te verseker dat die goeie werk wat daar gedoen is sal voortgaan met aanvullings op sekere terreine. Ons verwelkom Dr. Arina Lanser en mev Jeannette Ceronio op ons personeel.

Vervolgens ‘n bondige samevatting aangaande die onderskeie CV’s van elk: Dr Lanser se skripsie tydens haar meestersgraad het gehandel oor die verband tussen ritme-probleme en leesprobleme en tydens haar doktorale proefskrif het sy ‘n indiepte studie gedoen aangaande die uitvalle in skoolgereedheidstoetsing en latere leerprobleme. Sy is wel bekend in die beroepswêreld van Opvoedkundige Sielkundiges en skryf onder andere gereeld artikels vir Vrouekeur, Leef, Huisgenoot, Sarie en Beeld. (Sy gee in hierdie week se Huisgenoot raad aan ouers oor selfmoord onder leerders en waarskuwingstekens om na op te let). Sy het per geleentheid op die tv-program Fokus verskyn waar sy waardevolle insette gelewer het aangaande seksonderrig in Laerskole en op E-nuus het sy per geleentheid haar ondervinding gedeel aangaande boelies in die praktyk asook voorbereiding van matrikulante vir hul eindeksamen. Sy was betrokke by radioprogramme op RSG en Radio Pretoria en bied gereeld kursusse aan vir ouers en hul kinders om hul gereed te maak vir graad 1 en graad 4. Voorwaar ‘n professionele en uiters kundige dame wie se insette vir Kenmare van onskatbare waarde gaan wees!

U kan haar webblad, www.drarinalanser.co.za gerus besoek vir verdere inligting. Hartlik welkom Dr Lanser, ons weet dat u baie gou diep spore gaan trap by Kenmare en vir ons kinders ‘n reuse aanwins gaan wees. Dr Lanser sal op Dinsdae en Donderdae van 08:00 tot 14:00 by ons skool wees. Sy bedryf ook haar privaatpraktyk te Little Falls.

Page 2:   · Web viewHierdie borggelde sal in ag geneem word by die berekening van individuele leerlinge se finale insameling en sal ook in ag geneem word vir die hele voogklas se fondsinsamelingspoging.

Mev Jeannette Ceronio beskik oor onderwyskwalifikasies in beide pre-primêre sowel as sekondêre onderwys. Haar skripsie tydens haar meestersgraad het gehandel oor die onderrig en leer van Engels as taal in graad 2 in ‘n tradisionele swart skool. Sy bedryf huidiglik haar privaatpraktyk te Roodepoort Medicross waar sy verskeie psigologiese en psigometriese assesserings doen op kinders tussen 4 en 18 jaar. Dit sluit onder andere in skoolgereedheid, emosionele, gedrags- en remediërende terapie. Sy beskik ook oor ekstensiewe ervaring aangaande ADHD, vroeë kindontwikkeling, angs versteurings en afwykings tydens ontwikkeling waaronder Asberger sindroom ens. Verder is sy ook opgelei in Trauma berading en spits haar baie toe op anti-boeliegedrag onder leerlinge.

Sy was vir ‘n geruime tyd betrokke as voltydse Opvoedkundige Sielkundige te Crossroads School, waar sy deurgaans remediërende hulp verleen het in sake vele dissiplines. Om ‘n breër agtergrond te verkry van mev Ceronio se bekwaamhede besoek gerus haar webwerf te www.jeanetteceronio.co.za. Ook aan mev Ceronio ‘n hartlike welkom.

Ons weet u gaan baie vinnig uself ingrawe as berader van ons skool en met u agtergrond en jare se ervaring as Opvoedkundige Sielkundige sal u en Dr Lanser ‘n gedugte span vorm wat ons leerlinge die bes moontlike ondersteuning gaan bied waarbinne elkeen sal gedy na gelang van elk se individuele moontlikhede. Mev Ceronio is op Maandae en Donderdae van 08:00 en 14:00 werksaam by ons skool.

2.EKSAMENS,TOETSE EN RAPPORTE GR. 1-7:Neem asseblief kennis dat daar hierdie kwartaal ‘n toetsreeks geskryf sal word soos reeds aangedui op die eksamenrooster wat u kind reeds ontvang het. Leerders sal op die aangewese dae hul toets skryf, waarna daar normale skoolonderrig sal plaasvind en die skool normale tyd sal sluit. Normale informele toetsing sal ook die kwartaal plaasvind soos voorgeskryf deur die Departement van Onderwys. Ook is dit belangrik om daarop te let dat ons skool vanjaar Pre-ANA vraestelle sal skryf waarna die gebruiklike ANA, ( Annual National Assessment ) geskryf sal word.

Rapporte van die derde kwartaal sal weer aan die einde van die kwartaal vir graad 1 tot 7 leerlinge uitgereik word. Rapport: 3 vir Gr. 00-7 sal uitgegee word 30 September 2015 en Gr. 4-7 se oueraand sal plaasvind op 1 Oktober 2015 om 17:00 tot 19:00.

3.KASKAR 2015:Die reëlings vir vanjaar se kaskar sal eerskomende Maandag aan elke ouerhuis gestuur word. Soos in vorige skrywes vermeld, sal dit ons skool se hoof fondsinsamelingspoging vir die jaar wees waartydens elke leerling van ons skool ‘n borgvorm sal ontvang waarop borge en/ of donateurs betrokke kan raak. Die hele kaskarbaan sal op sekere plekke geborg kan word deur verskillende besighede soos bv die verskillende draaie asook dele op ons skoolterrein rondom die baan. Hierdie borggelde sal in ag geneem word by die berekening van individuele leerlinge se finale insameling en sal ook in ag geneem word vir die hele voogklas se fondsinsamelingspoging. Daar sal dus individuele pryse gegee word asook klaspryse. Die volledige beplanning word Maandag aan u gegee. Daar heers alreeds groot opgewondenheid onder ons leerlinge en vanjaar gaan ons poog om dit ‘n nog groter geleentheid te maak as in 2014.

Die groot dag vind vanjaar plaas op 4 en 5 September 2015. Vrydag 4 September sal hoofsaaklik gebruik word vir die “tydtoetse” van elke voogklas terwyl Saterdag ‘n dag vol vermaak vir ons leerlinge sal wees en na afloop van die verskillende wedrenne word ‘n vermaaklikheidsprogram vir ons ouers beplan waar ‘n gaskunstenaar sal optree en daar weer ‘n potjiekos kompetisie aangebied sal word. Die Gr. 7’s se entrepreneurs-stalletjies sal ook Saterdag oop wees vir verkope. ‘n Uitdagende baan sal vanjaar ons “renjaers” tot die uiterste beproef en addisionele vermaaklikheidswedrenne tussen verskillende maatskappye, ouers van die verskillende graadgroepe asook ‘n wedren tussen ons twee Hoërskole se graad 8 leerlinge en ons graad 7 leerlinge word ook in die vooruitsig gestel. Ons doen dus weer ‘n beroep op u om assseblief hierdie datums oop te hou. Dit is by uitstek ‘n gesinsdag waar u en u gesin heerlik saam kan kuier en lag.

2

Page 3:   · Web viewHierdie borggelde sal in ag geneem word by die berekening van individuele leerlinge se finale insameling en sal ook in ag geneem word vir die hele voogklas se fondsinsamelingspoging.

4.SLUITKASSIES:Soos verlede kwartaal aan u onderneem, is die volgende reeks sluitkassies bestel en aflewering word verwag teen die middel van September. Die ruimte wat hiervoor ingeruim is, stel die skool in staat om aan bykans al die graad-5 leerlinge ‘n sluitkassie ter verhuring beskikbaar te stel. Mev Michelle du Preez is die kontakpersoon en sal die verhurings oopstel nadat die sluitkassies geïnstalleer is. Ongelukkig kan ons geen gelde en / of vooraf besprekings aanvaar nie. Ons doen ook ‘n vriendeliike beroep op ons graad 4-ouers wat sluitkasssies bespreek het en die huur nog nie betaal het nie, moontlik as gevolg aan ‘n gebrek aan verdere belangstelling, om hierdie kassies asb op te gee en aan ander leerlinge beskikbaar te stel indien u dit so verkies.

5.KULTUUR-NUUS:Die 3de kwartaal is soos gebruiklik gelaai met kultuuraktiwiteite by ons skool en ons sien uit na elke optrede waar ons Kennies hulself gaan geniet en hul passie gaan uitleef. Sterkte en voorspoed vir alle deelnemers!RACA/NEA/Monument-Kunswedstryd : 27 Julie 2015 – 29 Augustus 2015.Junior Koor: RACA: 13 Augustus 2015 NEA: Datum nog nie ontvang.Senior Koor: Hoërskool Noordheuwel Koorfees: 11 Augustus 2015. RACA: 13 Augustus 2015. NEA: Datum nog nie ontvang.Bybelvasvra: Super 12: 6 Augustus 2015.Algemene Kennis: Super 12: 22 Augustus 2015.Revue: 8Beats Kompetisie: 12 Augustus 2015 RACA: 18 Augustus 2015 Tswane: Staatsteater: 2 September 2015 (Juniors) en 3 September 2015 (Seniors).

ARMAND KRIEL: DRAKENSBERG SE SEUNSKOORArmand het reeds die puik prestasie behaal om gekeur te wees vanaf Januarie 2015 en graag deel ons verdere prestasies wat hy nou daar behaal waarop ons as skool baie trots is.Met toetrede tot die skool, word die seuns as ‘n “new boy” beskou, wat slegs in die “new boy” koor mag sing. Opleiding en ‘n reeks van 25 eksamens moet eers geslaag word, voordat konsertstatus bereik kan word. Om hierdie eksamens te slaag moet 100% in elke eksamen behaal word. Om konsertstatus te behaal neem gemiddeld 9 maande tot ‘n jaar. Sodra al 25 eksamens geslaag is, ontvang die seun dan sy “blues en jobot” by ‘n formele oorhandiging wat hom toelaat tot die Drakensberg Seunskoor wat Nasionaal en Internasionaal toer. Armand het sy konsertstatus binne 6 maande verwerf en hy is ook die eerste “new boy” wat konsertstatus verwerf het sonder enige vorige formele musiekopleiding/kennis! Voorwaar ‘n wonderlike prestasie – Veels geluk!

WeRELDKENNIS-OLIMPIADE: UITSLAETian Vorster is die Gr. 6 Gauteng-Wenner asook die Nasionale Wenner – puik prestasie – ons is baie trots op hom! Nog ‘n verdere prestasie is dat hy ‘n Gr. 5 leerder is en vir die Gr. 6 vraestel ingeskryf het – wel gedaan, Tian!Volgende leerders het ook deelgeneem en ontvang sertifikate daarvoor – Veels geluk! Zander Ladeira, Hanco van den Berg, Divan de Koker, Johein Prinsloo, Joanette Retief, Cherise Loupos en Drico Kriel. Trots op julle!

6.SPORT:Graag sê ons baie geluk aan ons skool se seuns wat deel was van die Leeus Vyftiental wat tydens die vakansie te Sasolburg aan die Provinsiale rugbytoernooi deelgeneem het. Die span het vyf van hul sewe wedstryde gewen en uiteindelik 4de geëindig tydens die toernooi. Baie geluk ook aan hul afrigter mnr Morné Kruger. Ons skool se 0/11 netbalspan het verlede Vrydag aan die Streek-uitspele deelgeneem en uiteindelik 4de geëindig. As ons in ag neem dat hierdie span 6de in hulle liga geëindig het en in die streek 4de eindig, moet ons baie groot waardering hê vir hul deursettingsvermoë en vasberadenheid. Baie geluk aan elke dogter sowel as hul afrigter mev Anél Ferreira. Ons is baie trots op julle! Ons is midde in die krieket en hokkie-ligas en is opgewonde oor die vooruitsigte van kompetisie en die geleenthede wat ons spelers gaan hê om hul Godgegewe talente op die sportveld tot Sy eer te kan gaan

3

Page 4:   · Web viewHierdie borggelde sal in ag geneem word by die berekening van individuele leerlinge se finale insameling en sal ook in ag geneem word vir die hele voogklas se fondsinsamelingspoging.

uitleef. Ons 0/11 en 0/13 krieketspanne was die afgelope vakansie betrokke by die jaarlikse Super 12 kompetisie te Rustenburg. Beide ons spanne het 4de geëindig in hul onderskeie ouderdomsgroepe en die fantastiese prestasie behaal om algheel eerste te eindig in die A-afdeling!! Hierdie is ‘n prestasie om voorwaar baie trots op te wees en ons bedank ook graag ons afrigters wat baie hard met hul spanne gewerk het om uiteindelik hierdie prestasie agter Kenmare se naam te kan skryf! In die eerste rondte krieketproewe vir ons liga, het ons skool nie minder nie as 47 seuns in die onderskei spanne gehad wat deurgedring het na die volgende rondte proewe. Dit is ‘n skitter prestasie en ons wens elkeen sterkte toe vir die volgende rondte.

Ons 0/13 seuns en dogter-hokkiespanne het die afgelope naweek deelgeneem het aan die jaarlikse Super 12 kompetisie. Finale uitslae sal deurgegee word.Ons skool se eie proewe is ook afgehandel en ons spanne is gekies. Ons is bewus van die feit dat daar, soos elke jaar, leerlinge is wat baie hoopvol was om opgeneem te word in ‘n span en ongelukkig nie die geleentheid gekry het nie. Weet dat ons skool poog om almal, waar moontlik, te akkomodeer maar dat dit soms net nie moontlik is om ‘n C-span, D-span ens. te kies nie as gevolg van ‘n tekort aan ervare en verantwoordbare afrigters en / of ligas wat daar nie bestaan vir hierdie spanne nie omdat die meeste ander skole nie spanne het om in te skryf nie. Welliswaar kan daar op vriendskaplike basis gekompeteer word teen ander skole buite ons streek. Ons onderneem om dié moontlikheid te ondersoek en toe te pas indien moontlik. Ons wens al ons spanne baie sterkte toe en spreek die hoop uit dat dit met hulle almal baie goed sal gaan! Dankie weer eens aan elke ouer wat hul seun / dogter gaan ondersteun! Dit bly vir ons as afrigters / onderwysers geweldig lekker om ons ouers in groot getalle langs die sportveld te sien!

7.PARKERING TYDENS FUNKSIES / AKTIWITEITE:Ons doen ‘n vriendelike beroep op u om asseblief tydens enige aksies wat aangebied word op ons skoolterrein, die inwoners wat rondom ons skool woon se privaatheid te respekteer en so te parkeer dat hulle vrye toegang sal hê tot hul privaatwonings. Veral in Emdon straat waar die skuifhek ( personeel-ingang ) is, is daar ‘n groot ongemak wat deur “ons skool se bure” ervaar word. Groot frustrasie ontwikkel telkens wat uiteraard aanleiding gee tot woordewisselings en humeure wat opvlam. Ons is deeglik bewus van die feit dat u veral in die aande, so na as moontlik aan die hoofingang van die skool wil parkeer vir veiligheidsredes. Die skool onderneem om waar moontlik, die B-Veld tot u beskikking te stel wat waarskynlik voldoende spasie sal bied om almal te akkomodeer. U samewerking in die verband sal hoog op prys gestel word. Ons bedank elke ouer weer vir die wonderlike samewerking wat ervaar word tydens ons “parkeer-uitdagings” in die oggende. Die nuwe stelsel van aflaai en ry, werk baie goed en ons glo dit het baie van u frustrasies aangespreek. Onthou assseblief dat wanneer u vir een of ander rede langer wil parkeer as net aflaai en ry, u asseblief aan die regterkant, ( Netbalbane se kant ) moet parkeer.

8.NUWE FASSILITEITE:Graag sê ons weer baie geluk en baie dankie aan twee van ons leerlinge, Celeste Rautenbach graad 7B en Heinrich Pieters graad 5B wie se naamvoorstelle vir ons twee nuwe geboue die meeste stemme ontvang het en ons geboue dus nou amptelik “gedoop” is met die volgende name:

Nuwe Meerdoelige Saal: Naam: MARLOTHII SAAL ( Berg Aalwyn ) Voorsteller: Heinrich Pieters

B-Veld Fassiliteit: Naam: KENNIE – UITKYKVoorsteller: Celeste Rautenbach

Baie sterkte vir hierdie kwartaal. Vriendelike groete

J.W.ImmelmanHOOF

4If we all could see the world through the eyes of a child, we would see the magic in everything.

Page 5:   · Web viewHierdie borggelde sal in ag geneem word by die berekening van individuele leerlinge se finale insameling en sal ook in ag geneem word vir die hele voogklas se fondsinsamelingspoging.

5

Page 6:   · Web viewHierdie borggelde sal in ag geneem word by die berekening van individuele leerlinge se finale insameling en sal ook in ag geneem word vir die hele voogklas se fondsinsamelingspoging.

6

LEERDERS WAT NA SKOOL RONDDWAAL

LEERDERS WAT NA SKOOL RONDDWAAL EN NIE BY ‘N NASKOOLSENTRUM INGESKRYF IS NIE IS ONTOELAATBAAR WANT HIERDIE LEERDERS HET NIE TOESIG NIE EN DIE SKOOL KAN NIE VERANTWOORDELIKHEID NEEM VIR HUL NA SKOOLURE NIE, U SAMEWERKING IN HIERDIE VERBAND SAL HOOG OPRYS GESTEL WORD.

PARKERINGOns versoek asb vriendelik dat ouers NIE van die personeel se parkering agter die Admin blokke gebruik maak NIE. Ongelukkig kry ons nog baie ouers wat die reël verontagsaam en soms mense vas pakeer.

PHOTO

ONDERRIGGELDEMet hierdie skrywe wil ons baie dankie sê aan ons staatmaker-ouers, wat die skoolgelde so gereeld betaal. U maak dit vir ons moontlik om ons vele verpligtinge n ate kom. Nogmaals baie

dankie!Daar is egter enkele ouers wat nog nie betaal het nie, ons vra u

samewerking ook in hierdie verband. Kontak mev Magda Senekal by die Kantoor indien u problem ondervind met betaling van

skoolgelde.te betaal.

In terme van Afdeling 39 van die SASA is ouers aanspreeklik om verpligte skoolgelde te betaal.

Bankbesonderhede:ABSA – KRUGERSDORP; TJEKREK.NO. 01099240152;

TAKKODE: 632 005; Naam: LAERSKOOL KENMARE, meld asseblief die verwysingsnommer: ( bv 3CRON04)

Dit is baie belangrik sodat die gelde na die regte rekening geallokeer kan word. Faks asb. bewys van betaling na 011-955-1075 of e-pos na [email protected] of [email protected] Dankie dat ons hier

ook op u samewerking kan staatmaak.