Post on 06-Feb-2018
`n Oorsig van KLIMAATVERANDERING EN DIE LANDBOUSEKTOR
IN DIE WES-KAAP
UITVOERENDE OPSOMMING
INLEIDING
LEWENSKRAGTIGHEID: Die vermoë van ‘n sosio-ekologiese stelsel om ‘n gevaarlike gebeurtenis of stoornis die hoof te bied en daarop te reageer of te herorganiseer op maniere wat die wesenlike funksie, identiteit en
struktuur daarvan behou terwyl dit ook die vermoë om aan te pas, te leer en te transformeer behou.
KLIMAATVERANDERING
Daar is ‘n groot behoefte om weerstasies en ander soorte waarnemings oor die provinsie heen te verbeter, om navorsing en deurlopende monitering van veranderinge moontlik te maak.
HUIDIGE WAARNEMINGS
· stygende temperature
· vermindering van reënerige dae in die
herfs en somer, veral aan die suidkus
· progressiewe later begin en einde
van die reënseisoen
WK PROJEKSIES VIR 2040-2060
(Impak sal van plek tot plek baie verskil)
· hoër minimum en maksimum temperature, en groter verskille
in die binneland
· styging in jaarlikse temperature van 1.5°C tot 3°C
· meer warm dae en minder koue dae en ryp
· verminderde jaarlikse reënval teen die middel van die eeu
· moontlikheid van toename in reënval spesifiek aan die suidkus
Volgens die huidige begrip van klimaatprosesse sal klimaatverandering verskuiwings in stelsels of prosesse wat plaaslik belangrik is, veroorsaak.
Die Wes-Kaap is nie onbekend met vloede, droogtes en hittegolwe nie. Tussen 2003 en 2008 het die direkte koste van skade as gevolg van klimaatverwante gebeurtenisse meer as R3 miljard beloop. Die voorkoms van droogtes, vloede en hittegolwe sal waarskynlik in die toekoms toeneem.
Klimaatverandering kan die landbou en voedselsekuriteit destabiliseer en ekonomiese en landelike ontwikkeling ondermyn. ‘n Gekoördineerde en koöperatiewe benadering is nodig vir die ontwikkeling van lewenskragtigheid ten opsigte van klimaatverandering in die landbou vir die lang termyn. In ‘n eerste gesamentlike poging het die Wes-Kaapse Departemente van Landbou en van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning die Smart Agriculture for Climate Resilience (SmartAgri) projek in August 2014 van stapel gestuur. Onder leiding van die Universiteit van Kaapstad se African Climate and Development Initiative, ontwikkel ‘n konsortium ‘n provinsiale raamwerk vir reaksie op klimaatverandering en ‘n implementeringsplan vir die landbousektor van die Wes-Kaap. Dit maak gebruik van wat reeds besig is om te gebeur: gesamentlike leer, nuwe insigte, gesamentlike identifikasie en bevordering van ‘n doeltreffende en praktiese respons deur sterk betrokkenheid van die belanghebbendes.
BELEIDOMGEWING Die fundamentele onvoorspelbaarheid van die biofisiese en sosio-ekonomiese omgewing het beleidmakers gedwing om te soek na maniere om beleid te gebruik om lewenskragtigheid te bevorder deur beleid tussen die nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsvlakke in lyn te stel. Dit word verder gehelp deur die vorming van vennootskappe tussen die sake en privaatsektore, akademiese instellings en die burgerlike gemeenskap. Ten spyte van voortgesette pogings is verdere inlynstelling en verduideliking van nasionale en provinsiale mandate nodig in areas wat tot ‘n reaksie op klimaatverandering bydra.
150 000 WERKGELEENTHEDE Ongeveer 37% van die sektor
se uitsette word gebruik vir die produksie van voedsel en drank, waarvan die meeste uitgevoer word. Bestendige toename in uitvoere van wyn, vrugte en lewendehaweprodukte het positief bygedra tot ekonomiese groei en landelike inkomste.
6 653 boerderyeenhede
R39 miljard bruto produksie
LANDBOU EN DIE BELANGRIKHEID DAARVAN
Landbou in die Wes-Kaap is hoogs ontwikkeld en vorm die ruggraat van die provinsiale landelike ekonomie en werkgeleenthede. Die sektor is goed gediversifiseerd met talle belangrike kommoditeite oor subsektore van veldgewasse, aangeplante gewasse en lewendehawe heen.
NASIONALE LANDBOU-UITVOERE
WK45%
ANDER55%
4%WK PROVINSIALE BBP
23.3%NASIONALE LANDBOU
BBP
Huidige sterk faktore in die stelsel wat die vermoë verskaf om op klimaatverandering te reageer, sluit hoë vlakke van diversifisering van kommoditeite, boerderystelsels en markte in, en ook ‘n georganiseerde kommersiële sektor wat bestuur word deur kommoditeitsgroepe met deelname van boere, ‘n baie sterk waardeketting en uitmuntende plaaslike kapasiteit vir navorsing en opleiding.
OORSIG VAN DIE VOEDSELSTELSEL
Die noue verwantskap tussen landbou en die voedselstelsel word nie altyd verstaan of erken wanneer beleid gevorm word nie. Die fout om nie ‘n stelselbenadering tot die kwessie van voedsel te volg nie het beteken dat onvoldoende beskikbaarheid en toeganklikheid as tegnologiese uitdagings benader is eerder as sistemiese foute. Klimaatverandering kan voedselsekuriteit vir kwesbare groepe verder benadeel.
Verbeterde formele en informele voedselstelsels en agriprosessering kan lewensvatbaarheid bring onder klimaatgedrewe verskeidenheid van voorsiening.
VETSUG
VOEDING
SA VOEDINGVERANDERING
Die meerderheid van Suid-Afrikaners uit die lae inkomstegroep het nie toegang tot ‘n gesonde dieet nie en verbruik ‘n baie beperkte verskeidenheid hoofsaaklik styselkosse. Hierdie patroon het gelei tot ‘n vinnige afname in voeding en terselfdertyd ‘n toename in vetsug.
Die assessering van risiko en impak op die landbousektor vereis ‘n geïntegreerde beskouing van die skakeling tussen klimaataandrywers, direkte en indirekte gevolge vir oeste, lewendehawe en die produktiewe omgewing, en die sosiale en ekonomiese konteks.
Landbou is oor die algemeen hoogs blootgestel aan en dikwels hoogs sensitief vir klimaatveranderlikheid en klimaatverandering, wat lei tot aansienlike impakte. Die potensiaal vir klimaatverandering om hierdie sektor te versteur, moet baie ernstig opgeneem word.
Areas van ontwikkeling sluit in tegnologiese vordering en toetse onder plaaslike omstandighede, markontwikkeling gebaseer op veranderende kompeterende voordele, opvoeding en oordrag
van vaardighede op alle vlakke, insluitende versterkte uitbreiding, kapasiteitbou van insetverskaffers en ander in die waardeketting.
NATUURLIKE HULPBRONBASIS
Ekostelselgebaseerde Aanpassing (EGA), die vestiging van Biodiversiteitskorridors en die vorming van vennootskappe bied platvorms vir verdere uitbreiding. Die Wes-Kaap kan put uit sy baie sterk navorsings en kennisbasis oor natuurlike hulpbronne om strategieë te ontwikkel wat skakeling met die landbou en sy potensiaal in die toekoms kan versterk. Dit sal ‘n geteikende fokus op ‘n beter begrip en monitering van sodanige skakeling en verbeterde samewerking tussen die landbou, water en biodiversiteitsektore verg.
Dalende gehalte van water, toenemende risiko van brande, indringerplante en verlies aan biodiversiteit is tans ernstige bedreigings en kan vererger met klimaatverandering. Inisiatiewe om hierdie probleme te hanteer, bestaan en moet verskerp word om volhoubaarheid in die landbou te ondersteun.
BIODIVERSITEIT is van groot belang in die landbou. Dit is ‘n sentrale skakel in die voorsiening van waardevolle dienste: · wateropvangs &
herwinning van grondwater
· watersuiwering
· handhawing van grondstabiliteit
& voedingsiklus
· vloed- en droogteverligting
· beheer van potensiële landboupeste
· verskaffing van nuttige spesies &
genetiese hulpbronne
· bestuiwing van gesaaides
· instandhouding van voedsame
weiding
· beheer van roofdiere
· brand- en plantegroeiherstel
· koolstofsekwestrasie
WATERHULPBRONNE is reeds onder druk in groot dele van die provinsie
met ‘n lae vlak van sekerheid vir landbougebruik. Klimaatverandering sal waarskynlik die druk vermeerder
deur toenemende aanvraag (stygende temperature) en meer veranderlike reënval. Beplanning
vir droogtes en beskerming van opvanggebiede en vleilande is
besonder belangrik.90% VAN
GEWASSE AFHANKLIK VAN BESTUIWING IS AFHANKLIK
VAN DIE HEUNINGBY
NET 13% VAN VLEILANDE IN WK IS IN `N NATUURLIKE
TOESTAND
ENERGIE EN KWEEKHUISVRYSTELLINGS
Energie speel ‘n belangrike rol in sosio-ekonomiese ontwikkeling. Voldende en skoon energie is nodig vir volhoubare ontwikkeling. Ekonomiese groei word beskou as onvolhoubaar as dit baie energie benodig, beduidende hoeveelhede kweekhuisgasse en besoedeling vrystel en openbare gesondheid negatief raak.
Die landbousektor is verantwoordelik vir 2% van die energieverbruik in die provinsie (met uitsondering van vervoer) en vir 5% van die provinsie se vrystelling van kweekhuisgasse (KHG). Energiebronne word op verskillende stadiums van landbouproduksie en prosessering gebruik, veral in die voorbereiding van grond, besproeiing, verkoeling en verpakking. Die belangrikste bronne van energie vir landboubedrywighede is diesel gevolg deur elektrisiteit.
VERMINDERING VAN KHG-VRYSTELLINGS IN DIE LANDBOUTwee benaderings wat belofte inhou:
· Verminder energieverbruik en skakel oor na hernubare energiebronne (wind, son, biogas)
· Sekwestreer koolstof deur grondgebaseerde ingrypings soos die herstel van weivelde, vermindering van
gehaltevermindering van grond en grondbedekking, en bevordering van bewaringslandbou.
WK ENERGIEVERBRUIK WK KHG-VRYSTELLINGS
industrie
vervoer
landbou
kommersieel
plaaslike regering
residensieel
LEWENDE-HAWE
16% 28% 55% 1%
GRAAN EN VELD-
GEWASSE
VRUGTE & WYN
ANDER
KLIMAATIMPAK AANPASSINGREAKSIESHoewel die landbou baie sensitief is vir klimaatskommelings, sal die impak op verskillende plekke baie verskil. Die skaal van die impak sal afhang van plaaslike boerderystelsels, kommoditeite, natuurlike hulpbronne soos water, en sosio-ekonomiese situasies. Sonder voldoende betydse reaksie kan klimaatverandering die toekomstige ontwikkeling in hierdie sektor beperk en werkgeleenthede en lewensbestaan in gevaar stel.
WINTERGRANE - Plooibare aanpassingsbenaderings, die rol van rotasieproduksiestelsels, ‘n toenemende verskuiwing na bewaringslandbou gekombineer met die bemestingsuitwerking van stygende atmosferiese CO2 kan voldoende herstelvermoë bied vir verwarming van tot ongeveer 2°C. Die grootste bedreiging van klimaatverandering vir veldgewasse lê waarskynlik in veranderinge in die verspreiding en intensiteit van pestespesies, die verspreiding van siektes en die groei van onkruid.
BESPROEIDE TUINBOUKUNDIGE OESTE - Afgesien van appels, sal tuinboukundige oeste waarskynlik nie deur matige verwarming geraak word nie. Seisoenale verskuiwings in reënval, temperatuur en humiditeit gee egter aanleiding tot probleme met produksie en gehalte.
Die grootste bedreiging van klimaatverandering vir tuinboukundige oeste is onvoldoende water vir besproeiing, veranderende patrone van peste en siektes, en verdere verwarming.
DROËGRONDTUINBOUKUNDIGE OESTE (bv. rooibos) sal terreinverskuiwings in geskikte produksieareas ervaar, met warmer en droër areas wat verminder en nuwe areas wat tans te koud of nat is, wat geskik word.
UITGEBREIDE LEWENDEHAWEPRODUKSIE (beeste, skape, bokke en volstruise) sal hoofsaaklik geraak word deur verandering in weiveldgewasse en voerproduksie. Melkbeeste loop ‘n groter risiko van die gevaar van die ervaring van hittespanning met verminderde melkproduksie en vrugbaarheid.
INTENSIEWE LEWENDEHAWEPRODUKSIE (voerkraalbeeste, varke, hoenders) sal waarskynlik negatief geraak word deur hittespanning in warmer streke, skaarste van voer, kostestygings en siektes.
GENERIESE RISIKO’S sluit in vloede, droogtes, hael, ryp en brande en rig skade aan landbou-infrastruktuur aan.
OP `N PRODUKSIEVLAK , toon landbou in die provinsie redelik hoë vlakke van aanpassingskapasiteit, met net ‘n paar kommoditeite wat waarskynlik in gevaar sal verkeer met ‘n matige verwarming (tot in die middel van die eeu). Herstelvermoë kan egter verminder as gevolg van veelvoudige stressors wat met die klimaat in wisselwerking verkeer, ‘n hoër frekwensie van klimaatgebeurtenisse met onvoldoende tyd om te herstel, en oor die algemeen moeiliker toestande in van die meer marginale streke.
Die landbousektor pas aan deur te reageer op die eise wat huidige klimaatveranderlikheid en uiterstes in die konteks van ander ewe uitdagende sosio-ekonomiese aandrywers en drukfaktore stel. Hoewel daar vooruitlopende reaksies is, is die meeste van die huidige reaksies reaktief en op die kort termyn gefokus. Produsente het ‘n wye verskeidenheid harde en sagte tegnologieë en benaderings nodig waaruit hulle gepaste keuses kan maak op grond van hul eie situasie en behoeftes. Maatreëls wat geen berou inhou nie moet robuus wees om ‘n groot verskeidenheid toekomstige klimaatmoontlikhede te weerstaan. Aanpassings moet in lyn wees met volhoubare ontwikkelings en skepping van werkgeleenthede.
Die volgende benaderings is ‘n begin en moet verder ontwikkel word:
Beplanning vir klimaatverandering en veranderlikheid· Klimaatmoniteringstelsels· Weervoorspelling en klimaatveranderingprojekies· Ramprisikovermindering en bestuur· Versekering en risikobestuur
Volhoubare / aangepaste grond en waterbestuur· Besproeiingtegnologie en skedulering· Uitroei van indringerbome· Rehabilitasie en restorasie van vleilande· Bewaringslandbou· Nuwe bronne van water vir besproeiing· Verbeter watergehalte· Verbeterde grondbestuur
Volhoubare / aangepaste oesbestuur· Ontwikkeling van oeste en kultivars· Terreinspesifieke keuses van oeste en kultivars· Biotegnologie vir klimaataanpassing van oeste· Geïntegreerde pes-, siekte- en onkruidbestuur· Bestuur van jaarlikse oeste· Tegnologieë om stygende temperature te bestuur· Nuwe produksieareas
Volhoubare / aangepaste lewendehawebestuur· Lewendehaweteelt en raskeuses· Lewendehawebestuur· Pes en siektebestuur
Volhoubare / aangepaste boerderystelsels· Gemengde boerdery / diversifikasie· Geïntegreerde produksie· Organiese produksie
Bemarking en kleinhandelgerigte volhoubaarheidEkostelselgebaseerde Aanpassing (EGA) Gemeenskapgebaseerde Aanpassing (GGA)Belanghebbende organisasies en netwerkeOnderwys en navorsingKennisbestuurVennootskappe
LANDBOUKLIMAATSTREKE
1
516
10
8
9 23
11
15
12
27
1419
133
20
64
22
2117 18
NAAM BELANGRIKSTE WATERHULPBRONNE
BELANGRIKSTE KOMMODITEITE
KLIMAAT VERANDERING PROJEKSIES *
TOEKOMSTIGE POTENSIAAL
Bokkeveld Plaasdamme, goeie waterhulpbronne & groot stoor-kapasiteit
Kernvrugte, koring, steenvrugte, uie, aartappels & beeste
Mediumverwarming
Bly hoog solank die damme vol word
Bo-Langkloof-Outeniqua
Damme, onvoldoende stoorkapasiteit, gebruik van grondwater
Kernvrugte, hops, koring, beeste, skape & bokke
Lae tot mediumverwarming
Toenemend marginaal, beperk deur beskikbaarheid van water en uiterstes
Breede Breederivier, damme, plaasdamme, baie groot stoorkapasiteit
Wyndruiwe, koring, steenvrugte, kernvrugte, olywe, braai-hoenders, lêhoenders
Mediumverwarming
Bly hoog solank damme vol word
Kaapstad-Wynlande
Groot damme in voorsieningstelsel, plaasdamme, riviere, groot stoorkapa-siteit, byna volledig toegewys
Wyn- en tafeldruiwe, koring, steenvrugte, groente, olywe, canola, bessies,Braai-hoenders, lêhoenders & varke
Lae verwarming Bly hoog solank damme vol word
1
2
3
4
* As gevolg van modelonsekerhede moet beide verminderende en toenemende reënvalscenarios oorweeg word. Verwarmingbestek vir die Wes-Kaap is tussen 1.5 ºC en 3 ºC teen 2050.
NAAM BELANGRIKSTE WATERHULPBRONNE
BELANGRIKSTE KOMMODITEITE
KLIMAAT VERANDERING PROJEKSIES *
TOEKOMSTIGE POTENSIAAL
Klein-Karoo Plaasdamme, min seisoenale riviere, groot stoorkapasiteit
Koring, groente, wyndruiwe, steenvrugte, olywe, suiwel, volstruise, skape, beeste, bokke, varke
Medium tot hoë verwarming
Bly redelik hoog solank damme vol word
Montagu-Barrydale
Riviere, damme, lae stoorkapasiteit
Steenvrugte, koring, gars, wyndruiwe, kernvrugte, sitrus, olywe, skape
Medium verwarming
Bly hoog solank as damme vol word
Mosselbaai-Herbertsdale
Riviere, lae stoorkapasiteit
Koring, gars, canola, bessies, suiwel, volstruise, varke, beeste, skape
Lae verwarming Oorgangs area, produktiwiteit kan verbeter met meer besproeiing kapasiteit
Nelspoort Min episodiese riviere, lae stoor-kapasiteit, gebruik van grondwater
Beeste, skape, bokke, volstruise
Hoë verwarming Hang af van weiveld veranderinge, beperk deur hitte en water
Olifants besproeiing
Olifantsrivier, dam, groot stoor-kapasiteit
Sitrus, koring, wyn en tafeldruiwe, rooibos, tamaties
Medium tot hoë verwarming
Bly lewensvatbaar solank rivier vloei en damme vol word, maar beperk deur hitte
Piketberg Plaasdamme, baie lae stoorkapasiteit
Pere, fynbos blomme, steenvrugte, koring, sitrus, kruie/essensiële olies, wyndruiwe, Kaapse riet, skape, beeste
Medium verwarming Bly lewens vatbaar solank plaasdamme vol word, maar verander as gevolg van verwarming
12
13
14
15
16
17
NAAM BELANGRIKSTE WATERHULPBRONNE
BELANGRIKSTE KOMMODITEITE
KLIMAAT VERANDERING PROJEKSIES *
TOEKOMSTIGE POTENSIAAL
Cederberg Riviere, baie lae stoorkapasiteit
Rooibos, koring, sitrus, wyndruiwe, aartappels, beeste
Mediumverwarming
Toenemend minder produktief veral in die noorde
Grabouw-Villiersdorp-Franschhoek
WKWSS groot damme, plaasdamme, baie groot stoorkapasiteit
Kernvrugte, wyndruiwe, koring, gars, steenvrugte, bessies
Lae verwarming Bly hoog solank damme vol word, maar appels word nielewens-vatbaar as gevolg van verwarming
GrootBrak-Plett Riviere, lae stoorkapasiteit
Koring, gars, groente, suiwel, beeste, lêhoenders
Lae verwarming Moontlik minder produktief maar hang af van reënval-verskuiwings
Hardeveld/ Sandveld-Noord
Baie lae stoor-kapasiteit, gebruik van grondwater
Koring, wyndruiwe, rooibos, aartappels
Medium- tot hoë verwarming
Toemend marginaal
Hex Plaasdamme, baie lae stoorkapasiteit
Tafeldruiwe, sitrus Medium verwarming
Bly hoog solank damme vol word
Knersvlakte Byna geen stoor-kapasiteit
Koring, wyn- en tafeldruiwe, rooibos, skape, beeste, bokke
Hoë verwarming Reeds ver gemarginaliseer, word erger
Koup Min episodiese riviere, mediumstoor-kapasiteit, gebruik van grondwater
Olywe, groente en groentesaad
Hoë verwarming Stadig afnemende produktiwiteit, beperk deur hitte
5
6
8
9
10
11
7
NAAM BELANGRIKSTE WATERHULPBRONNE
BELANGRIKSTE KOMMODITEITE
KLIMAAT VERANDERING PROJEKSIES *
TOEKOMSTIGE POTENSIAAL
Rooikaroo-Aurora
Bergrivier in die suide, lae stoorkapasiteit
Koring, canola, rooibos, skape, beeste
Medium verwarming Toenemend marginaal vir koring
Rûens-Oos Plaasdamme, ongereelde rivier, lae stoorkapasiteit
Koring, gars, canola, skape, beeste, suiwel, varke, volstruise
Lae verwarming Word tans marginaal vir klein graan, maar kan verbeter met moontlike toename in reënval
Rûens-Wes Plaasdamme, ongereelde rivier, lae stoorkapasiteit
Koring, gars, canola, suiwel, skape, beeste
Lae verwarming Bly hoog vir klein graan, maar met toenemende opbrengs veranderlikheid
Sandveld-Suid Baie lae stoorkapasiteit, uitgebreide gebruik van grondwater, Bergrivier
Koring, aartappels, rooibos, skape, beeste
Medium verwarming Toenemend marginaal
Swartland WKWSS groot damme, Bergrivier, plaasdamme, groot stoorkapasiteit
Koring, wyn en tafeldruiwe, canola, olywe, suiwel, varke, skape, beeste
Lae tot medium verwarming
Bly hoog vir klein graan, maar met toenemende opbrengs veranderlikheid
Tankwa-van Wyksdorp
Medium stoorkapasiteit, gebruik van grondwater
Koring, steenvrugte, wyndruiwe, skape, bokke, varke, beeste, wild, volstruise, suiwel
Medium tot hoë verwarming
Stadig dalende produktiwiteit, beperk deur hitte en beskikbaarheid van water
18
19
20
21
22
23
SAMEVATTINGKlimaatverandering gaan die landbou beïnvloed in die konteks van veelvoudige aandrywers en drukpunte in wisselwerking. Aanpassing by die gevolge van klimaatverandering en versagting van kweekhuisgasvrystellings van die landbou om klimaatlewenskragtigheid te bou, sal net soveel afhang van die hantering van die drukpunte as van voorbereiding vir ‘n ander klimaattoekoms.
Die landbou is hoogs afhanklik van doeltreffende risikobestuur wat al drie die volhoubare komponente dek: ekonomiese, omgewings- en maatskaplike komponente. Die kapasiteit om op klimaatveranderingrisiko’s te reageer hang grootliks af van waar individuele ondernemings op die ekonomiese skaal verkeer en van toegang tot hulpbronne. Ekonomieë van omvang en diversifikasie oor kommoditeite en agro-ekologiese streke heen lei daartoe dat groter boerderygroepe meer lewenskragtig as klein en ongediversifiseerde boerderyondernemings is. Buigsame bemarkingsreëlings en skakeling met landbouprosessering bied ook lewenskragtigheid.
Die sektor moet nou verder as reaksie vorder en strategies (vooruitlopend) vir die nabye en mediumtermyntoekoms beplan. Die Wes-Kaap het areas met toenemend gemarginaliseerde landbou en dit kan geïdentifiseer word deur navorsing, kommunikasie en monitering. Sommige agro-ekologiese streke sal egter baat by relatief gunstige klimaatveranderinge soos matige verwarming met potensieel stabiele of selfs verhoogde reënval. In ander gevalle kan ‘n verskuiwing na meer lewenskragtige soorte oeste en lewendehawe en boerderystelsels (klimaatslimlandbou) die landbou beskerm teen verdorring sonder ‘n negatiewe impak op winsgewendheid of werkgeleenthede. Geleenthede vir groei in die waardeketting moet goed geassesseer word teenoor die risiko’s en impak van klimaatverandering, insluitende die kwessie van beperking van hulpbronne (water, energie, grond) wat vir die aktiwiteite nodig is.
Die transformasie van meting na vermindering van die koolstofvoetspoor van landbou moet gemaak word, en met die regte beleidsondersteuning. Baie van die moontlike versagtingsopsies dui óf die potensiaal vir finansiële voordele (bv. koolstofkrediete) aan, óf dui op aanpassingsvoordele wat lei tot groter produksiepotensiaal (bv. goedkoper en meer betroubare energie, bewaringslandbou).
Die Wes-Kaap sal waarskynlik ‘n sterk landboustreek bly, ten minste op die kort tot mediumtermyn, mits beplanning die toekomstige klimaat in aanmerking neem en gepaste ondersteuning verskaf word. Die volgende stap van die SmartAgri-projek sal wees om ‘n raamwerk vir reaksie op klimaatverandering en ‘n implementeringsplan te ontwikkel. Dit sal die meganismes vir sulke ondersteuning verskaf.
Ontwerp deur Theresa Wigley | theresawigley@gmail.com
Hierdie publikasie is ‘n opsomming van die volledige Status Quo Review of Climate Change and the Agriculture Sector of the Western Cape Province (2015)
Vir toegang tot die hele verslag of om meer uit te vind: e-pos: smartagriwesterncape@gmail.com | www.acdi.uct.ac.za/research/smartagri