Hoër Volkskool Heidelberg
N UUSBRIEF Uitgawe 18 van 2018
Bl 1
BELANGRIKE DATUMS Maandag: 17 September 2018
Gr. 12 Voorbereidende Eksamen
Jacobs straat 1 Heidelberg | Tel: 016 341 3165 | [email protected]
Dinsdag: 18 September 2018
Gr. 12 Voorbereidende Eksamen
Toetsreeks: Gr. 8—11
KRIEKET: 0/14 Semi-finaal
Woensdag: 19 September 2018
BINNEMUURSE HOKKIE: 0/14- & 0/15–
spanne te St. Dominic’s 14:30
Donderdag: 20 September 2018
Toetsreeks: Gr 8 - 12
Gr 12 Voorbereidende Eksamen
BINNEMUURSE HOKKIE:
0/16- en 1ste span te St. Dominic’s
KRIEKET: Evergreen T20
1ste span teen H/S Randburg (W)
0/15 A– teen H/S Randburg (T)
Vrydag: 21 September 2018
Gr 12- Voorbereidende Eksamen
TENNIS: Vaaldriehoek gemengde
tennisliga (A– en B– liga)
Saterdag: 22 September 2018
KRIEKET: Liga-bepalings:
1ste span teen H/S Sasol (W)
0/15 A– teen H/S Sasol (tuis)
PRESTASIES
Baie geluk aan MG Joubert, Joshua van Zyl, Ethan Baird, Michael Barnard, Aidan Venter en Francois du Plessis wat tot Vaaldriehoek Krieketspanne verkies is en 28 - 30 September 2018 aan die Gauteng proewe gaan deelneem.
KRIEKET Baie geluk aan Frederick Malgas wat
verkies is tot die 0/17 Sewes Valke
rugbyspan om aan die Nasionale
Sewes Toernooi van 27 tot 29
September 2018 te Kimberley deel te
neem.
HEIDELBERG
EISTEDDFOD GALA-AAND
TROFEE WENNERS
7’S RUGBY
Die Heidelberg Eisteddfod Gala-aand het op 7 September 2018 plaasgevind. Baie geluk aan die volgende Volkies wat algehele beste presteerders is en as trofeë wenners aangewys is. Bo LNR: Chris Janse van Vuuren: Onvoorbereide Drama, Wihan Botha: Ligte Vokaal, Lise-Marié Ver-woerd: Dans, Mathys Strydom: Model, Tarien Trollip: Redenaars, Claudine Steyn: Klassiek Vokaal 2de ry LNR: Marelisé Pretorius: Ligte Vokaal en Sang-voordrag, Human van der Merwe: Ligte Vokaal en Spraak, Marissa Joubert: Kreatiewe Skryfkuns, Zander de Vries: Model
Baie geluk aan Mohamed Gani
wat algeheel 4de eindig tydens
die Provinsiale Wiskunde
Olimpiade.
WISKUNDE OLIMPIADE
Hoër Volkskool Heidelberg
N UUSBRIEF
1 Jacobs straat Heidelberg | Tel: 016 341 3165 | [email protected]
Uitgawe 18 van 2018
Bl 2
• Die bekroningsaand vind op 18 Oktober 2018 om 18:30 in die skoolsaal plaas.
• Baie geluk aan die volgende ses leerders wat as hoofleiers van die Volkieraad vir 2019 verkies is:
Danielle Mostert
Marelisé Pretorius
Meagan Thompson
Fredrich Barnard
Dehan Opperman
Wian Wiersma
• Die “LCS Challenge 4 Hope” vind op 13 Oktober 2018 by Lezar Opstal plaas. Ons wil ons ouers/voogde en leerders motiveer om
aan die uitdaging deel te neem. Die ouers/voogde en leerders moet GROOT ASSEBLIEF by die skool inskryf. Elke ouer en leerder
wat inskryf, ontvang by registrasie ‘n geskenkbewys van R50-00 by Spur. Elke leerder wat vooraf by die skool registreer, kan op 12
Oktober 2018 gewone klere aantrek en 10:00 huis toe gaan.
• Die skool gaan in 2019 na ‘n baie sterker Superreeks skuif. Die skool was vir twee jaar op ‘n waglys om by die PUK Prestige reeks in
te skakel. Ons is baie opgewonde omdat kleinsportsoorte soos tennis, skaak, gholf, bergfiets en landloop in die reeks
geakommodeer kan word. Die skole wat deel is van die reeks is die volgende:
Hoërskool Middelburg
Hoërskool Wesvalia
Hoërskool Lichtenburg
Hoërskool Hugenote
Hoërskool Zwartkop
Hoërskool Randburg
Hoërskool Oosterlig
Hoërskool Noordheuwel
Hoërskool Marais Viljoen
Hoërskool Jeugland
Hoërskool Montana
Potch Gimnasium
Potch Volkies
Die Anker
HTS Witbank
• Volkies se rugby is gepromoveer na Afdeling 1 (Skild) in die Virsekerbeker vir 2019. Hoër Volkskool is amptelik die kleinste skool in
die Makro-liga. As skool is ons baie trots op die prestasie en sien ons uit na die groot uitdaging. Die volgende skole neem in Afdeling
1 deel:
Hoërskool Lichtenburg
Hoërskool Oos-Moot
Hoërskool Centurion
Hoërskool Middelburg
Hoërskool Florida
Hoërskool Jeugland
Hoërskool Hugenote
Hoër Volkskool Heidelberg
N UUSBRIEF
1 Jacobs straat Heidelberg | Tel: 016 341 3165 | [email protected]
Uitgawe 18 van 2018
Bl 3
Ek wil graag die volgende artikel wat deur Dr. Johan Coetzee geskryf is met die Volkie-ouers deel.
Die onderwerp van die artikel is “Mamma en Pappa – Ek wil asseblief Ouers hê!”
Die hartseer-verandering in gesinstruktuur en huweliksverbande, binne die bestek van twee generasies, is so dramaties as
wat dit tragies is.
Die moderne gesin het gedisintegreer en die kinders daarbinne het weeskinders geword, terwyl hulle wel ouers het, maar
weinig intieme raakvlak met mekaar.
Dit is die leefstyl en leefwyse van die moderne kind wat naasbestaan en eenvoudige sosiale funksionering bemoeilik.
Dubbelloopbaanhuwelike en -huisgesinne kan nooit ooit optimaal funksioneer nie, alhoewel dit vir so baie mense
onafwendbaar is. ʼn Verdere tragedie hieraan verbonde is die feit dat die uitkontraktering van jouself as ouer so maklik en
bekostigbaar geword het en ʼn infrastruktuur rondom hierdie tragiese surrogaat-oorlewing aan die orde is. Dit is asof jong
ouers verslaaf geraak het aan hierdie modegier van afwesigheid en selfgelding, ten koste van hulle kinders en uiteindelik
hulleself. Hoe kan ʼn moeder ooit sê “Dit is beter vir my kinders dat hulle my nie voltyds by die huis het nie”. Het hierdie
nuwe geslag ouers dan ʼn gewetenlose gemeenskap geword, wat kinders meganies produseer en hulleself dan van hulle
kinders distansieer terwyl hulle besig is met hulle eie voorkeure, en die kinders die weerlose slagoffer van verwronge en
gewetenlose ouers word?
Ja, die argument gaan sterk op dat hierdie moreel-etiese standpunt outyds is, en gestroop van alle dimensies van realiteit en
werklikheid. Indien daardie aanslag meriete sou hê, dan moet ook beide die huwelik-en doopformulier herskryf word.
Wanneer twee jong mense geseën is met talent, twee professionele loopbane en hulle beoog ʼn gesin, dan moet hulle nie
net begroot vir baie komplekse logistiek nie, maar waarskynlik ook pyn. Dit is ingewikkeld om ʼn optimale rolverdeling te
definieer en te praktiseer en om ʼn rustige gesinsverbondenheid in plek te kry.
Indien daar nie hiervoor antisipasie en selfloosheid geld nie, lei dit gewoonlik tot chaos binne die gesin, en tragies-genoeg,
waarskynlike, en selfs voorspelbare, ellende vir kinders.
Daar is geen plaasvervanger vir ʼn ouer nie. Daar is nie iets soos kwaliteit-tyd wat moet vergoed vir afwesigheid nie.
Kwantiteit is wat ʼn kind vra en veral beskikbaarheid.
Wanneer die dagmoeder of au pair of, daardie wonderlike bediende, jou baba se eerste tree waarneem, die eerste
woordjies hoor, of selfs die eerste tand sien deursny, dan het daardie ouers morele bedrog gepleeg, en het elke sent wat vir
hierdie professionele bystand betaal is, bloedgeld geword. Die verskoning dat mense móét werk, is inderdaad net dit, ʼn
verskoning.
Hoër Volkskool Heidelberg
N UUSBRIEF
1 Jacobs straat Heidelberg | Tel: 016 341 3165 | [email protected]
Uitgawe 18 van 2018
Bl 4
Vyftig jaar gelede het mense niks gehad nie, maar alles vir mekaar beteken, veral vir die kinders. Moeders was skaamteloos
en trots huishoudster en moeder. Ja, sy was dikwels ʼn enkelouer met ʼn man, omdat daardie arbeidadel die broodwinner
genoop het tot ʼn werketiek en ʼn beroepsverbintenis wat ongelukkig afwesigheid tot gevolg gehad het. Ons is ook as kinders
Maandagoggend saam met die melkkanne afgelaai, in die koshuishuisvesting opgeneem, en is Vrydagmiddag weer met die
lorrie opgelaai plaas toe. Maar, die verskil is, daar was liefdevol versnaperinge voorberei en koestering en liefdevolle oorleg
was nooit afwesig nie. Dit was gewoon só omdat die skool in die dorp was, en nie omdat ouers hulle ouerplig wou ontkom
nie.
Die ingebore vergewensgesindheid van ʼn kind is wonderbaarlik. Wanneer kinders nie beter weet nie, en uitgelewer is aan
die verwronge keuses en besluite van ouers, dan is ál keuse wat hulle het, geen keuse nie! Kinders word die slagoffers van
verwarde ouers. Sulke ouers is nooit werklik volwassenes nie, en allerlaas begeleidende pa en ma.
Omdat die krisis opgesluit lê in ʼn komplekse lewenstyl en ʼn voorskriftelike struktuur, verdwyn die dimensies van geredelike
ontspanning, vryetydsbesteding, intieme raakvlak en naasbestaan en aan die einde van elke dag, ʼn ingegewe rustigheid wat
verhoudinge bou en interafhanklikheid snoer. Mense beleef nie, maar oorleef. Dit is die kentekens van paniek en chaos, en
hierbinne disintegreer die verhoudings van egliede noodwendig. Die gevolg is ʼn ongemak met mekaar, ʼn ingewikkelde
rolverdeling wat skuld en beskuldiging tot gevolg het, en uiteindelik aggressie en ʼn morsige bakleiery tuis wat ontstaan, en
helaas, voortduur. Hieraan is kinders uitgelewer. Nie net ervaar kinders die verwarring en onuitspreeklike pyn van ouers wat
grof teenoor mekaar lewe nie, hulle ervaar ook, onderbewustelik, ʼn sensasie dat hulle die oorsaak daarvan is. Kinders moet
aanhoor hoe ouers kwaadwillige argumente opper oor ouerskap, rolverdeling, moete en koste rondom die kinders. Kinders
huis hulleself aan die slaap terwyl hulle ouers woes besig is met die burgeroorlog tuis.
Die antwoord is nie ʼn terugkeer van een van die ouers na die huis en huisgesin, om voltyds weer ʼn konvensionele en
tradisionele rol op te neem nie. Dit lê nie in óf die oortuiging óf die mondering van hierdie moderne ouer nie. Die antwoord
lê veel eerder opgesluit in die vind van ʼn model wat kompromie en verwaarlosing meer bekwaam sal kan hanteer, omdat
dit helaas die moderne idioom en verkose lewensvorm geword het. Nog erger, ons moet begin verlief neem met die
tragedie dat moderne ouers net eienaars van kinders is, maar die opvoeding en vorming van die moderne kind deur die
dagmoeder, crèche, au pair, die skool en die kerk sal plaasvind, en dikwels ook ouma en oupa.
Kortom, eienaarkap van ʼn kind vrywaar jou nie van die opvoeding van daardie kind nie. Geen fisiese of finansiële rede of
oortuiging mag enige ouer ooit noop om die verwaarlosing van ʼn kind te regverdig nie. Indien jou verkose
lewensomstandigheid veroorsaak dat jy grof voor jou kind optree, moet jy onmiddellik jou lewensvorm rehabiliteer, en ʼn
nuwe dimensie van egte geborgenheid vir jou kind ingee, in ʼn gees van selfloosheid.
ʼn Mens wat verslaaf geraak het aan eie voorkeur, is nie net selfsugtig nie, maar bewerk ʼn bedenklike lotsbestemming vir
ander mense. Indien daar nie ʼn kentering, en selfs ʼn radikale beroepsbeperking by die moderne ouer ontstaan nie, sal ons
gewoon toekomsgenerasies produseer van verwarde en verwese mense, wat tydens hulle kinder- en jeugjare moes
ontbeer, terwyl ouers so krampagtig presteer!
Top Related