TEL: 058 303 5411 WOENSDAG 16 APRIL 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA WWW.MALUTI.MOBI FREE
Koerant met hart The paper with heartI
Lynda Greyling
TWEE jeugdiges (albei 17) van Tlolong,Kestell, het Vrydag in die hof in Bethlehemverskyn nadat hulle ’n vrou op ’n plaasaangeval, vasgebind, met ’n vuurwapenaangehou en beroof het.
Die plaas is tussen Bethlehem en Kestellgeleë.
Die jeugdiges het na bewering die vrou sehande met tou vasgebind, waarna hulle met’n rewolwer, juwele en ’n Jeep gevlug het.
Sy kon haar hande loswoel en boere opbuurplase waarsku, wat die plaasveiligheids-personeel en polisie laat weet het.
’n Boer van die omgewing wat ná dieaanval ’n plaaspad gepatrolleer het, hetomstreeks 13:00 twee verdagtes opgemerken hulle gekonfronteer. Toe een van hulle ’nvuurwapen op hom rig, het hy gery. Hy hetdie veiligheidswagte daarvan in kennisgestel.
Die wagte het die twee by die T-aanslui-ting van die N5 en S176 in hegtenis ge-neem.
Die vrou se voertuig en twee vuurwapensis verlate langs ’n pad gevind. Ammunisie enjuwele is ook teruggevind.
Die seuns word aangekla van motordief-stal, gewapende roof, die rig van ’n vuurwa-pen en die besit van ’n ongelisensieerdevuurwapen en ammunisie.
Hulle het verlede Woensdag in Kestell opaanklagte van huisbraak en diefstal van ’nvuurwapen in die hof verskyn. Pas nadathulle voorgekom het, is hulle weer inhegtenis geneem, dié keer vir die plaasaan-val.
Hulle het verlede Vrydag in ’n voorafver-hoor volgens die Wet op Kindergeregtigheidverskyn om te bepaal of hulle strafregtelikvervolg gaan word. Hierna is hulle na die hofverwys, waarin hulle Maandag die eerstekeer voorgekom het.
Hulle het Maandag in die hof in Bethlehemverskyn op aanklagte van huisbraak en roof,die rig van ’n vuurwapen en poging totverkragting.
In plaas daarvan om Vrydag aansoek omborgtog te doen het die twee op aanbevelingvan hul regsverteenwoordiger van Legal Aidbesluit om skuldig te pleit. Hulle wil onskuldigpleit op aanklag van poging tot verkragting.
Die saak is tot 25 April uitgestel waarty-dens dit na die streekhof verwys gaan word.
Aanval-verdagtes in hofTwee jeugdiges pleit skuldig op die meeste aanklagte
PIETER GORMAN stap hier soos ’n wafferse cowboy met sy perd. Pa Derick moes toe wikkel om die saal op te sit sodat hy saam metsy susters, Benri en Mieke, aan die Saulspoortplesierrit kon deelneem. Meer kinders het vanjaar deelgeneem, omdat dit ’n maklike enboonop ’n skilderagtige roete was. Foto: Lynda Greyling
Pure ‘cowboy’
2 MALUTI, WOENSDAG 16 APRIL 2014
17 April: ’n Noot-en-muntleggingword by Salileni gehou om geld virdie skool in te samel. Salileni is ’nnie-winsgewende instansie waarverstandelik gestremde mensebesig gehou word. Salileni seingang is op die hoek van Wes-en Wesselsstraat langs dieHoërskool Voortrekker se koshuis.Daar is ’n naambord – volg diepad sowat 100 m om by die geboute kom. Rig navrae aan Leandra
de Coning by 058-303-1799.24 April: Sektorpolisiëringsby-
eenkoms om 17:00 in die Seder-hofgebou. Inwoners van LaProvence, Jordania, Hospitaalheu-wel en Panorama is welkom omdie vergadering by te woon.4 Mei: Orrelkonsert om 11:00 in
die NG Moederkerk Reitz deurNoel-Jean Creil. Toegang is gratis,maar kollekte sal by die deureopgeneem word.5 Mei: Orrelkonsert om 18:30 in
die NG kerk Bethlehem-Wes deurNoel-Jean Creil. Toegang is gratis.Kollekte by die deure.5 Junie: Orrelkonsert om 18:30
in die NG kerk Bethlehem-Noorddeur Martin Mans van Nederland.Toegang kos R100 per persoon.
TWEE jong vroue, wat alleen deurAfrika toer, het hul reisplanverander om spesiaal in Bethlehemby hul nuwe vriende te kom kuier.Die Bethlehemiete Vicus en
Truia Bergh, André en MaretteSmit en Hennie Marx het inNamibië vakansie gehou.Vicus het met dié twee vroue by
die lodge in Solitaire, waar hullegebly het, gesels.Bar Rapaport en Inbar Sagi van
Tel Aviv in Israel het mekaar in dieweermag ontmoet en goeie vriendegeword.Soos baie jong Israeli’s wat pas
hul diensplig voltooi het, het dietwee besluit om deur Afrika te toer.“Baie jong mense toer eers
voordat hulle besluit watter beroephulle wil volg. Baie toer deurSuid-Amerika of Indië, maar onshet besluit om deur Afrika te toer
om die verskillende mense seleefwyse te leer ken, die geskiede-nis van die lande, die gemeen-skappe en natuurlik die pragtigenatuurskoon te ervaar,” sê Bar.Hulle het tot in Ethiopië gevlieg,
waar hulle hul toer begin het. Vanhier het hulle net van openbarevervoer gebruik gemaak.Hulle was nie een bang om van
openbare vervoer gebruik te maaknie en sê dit was interessant.Sommige busse en taxi’s wasoorlaai, die voertuie meestalkleurvol, maar die mense vriende-lik.Hulle was onder meer in Kenia,
Uganda, Rwanda, Tanzanië,Malawi, Zimbabwe, Botswana enNamibië.Hulle het aan die Bethlehemiete
gesê dat hulle Lesotho wil besoeken toe gehoor dit is digby Bethle-
hem.Vrydagoggend het die Berghs ’n
oproep ontvang dat die vroue bydie Wimpy in Bethlehem is.Hulle het by die Bergh-egpaar
op die plaas gaan kuier enSaterdag het die egpaar hulleLionsrock toe geneem sodat hulleleeus, tiere en luiperds vannaderby kon sien.Hier het Hildegard Pirker hulle
vertel van die werk wat dieinternasionale dierewelsynsorgani-sasie Four Paws doen.Die Berghs het hulle Sondag
Lesotho toe geneem sodat hullehul toer kon voortsit.Die twee beplan om tydens die
Joodse vakansie by vriende inDurban te kuier, waarna hullekuslangs tot in Kaapstad wil toeren van waar hulle sal terugvliegIsrael toe.
INA VAN RENSBURG van Bethlehem en familielede het onlangs driegrafte van familielede in die ou begraafplaas in Lomondstraat laat regmaak. Ander familielede kom volgende naweek en wil graag die graftebesoek, maar nou kan niemand daarnaby kom nie. Bossies, kakiebosen knapsekêrels staan die hele plek vol.
Onkruid neem oor
Israeli’s besoek dorpBETHLEHEMIETE saam met twee Israeli’s wat die dorp besoek het. Van links is Vicus Bergh, Inbar Sagi, TruiaBergh, Bar Rapaport en Hildegard Pirker van die Lionsrocklodge. Foto: Lynda Greyling
MALUTI, WOENSDAG 16 APRIL 2014 3
Gryp aan mettoneelstukBO: Een van die tonele uit Die Leë Stoel, ’n gemeen-skapsprojek wat Donderdag in Bethlehem begin het envanaand die laaste keer in die NG kerk Bethlehem-Wesse saal op die planke te sien sal wees. Hier is AnnetteKleynhans wat die rol van Mikal vertolk en Jan Besterwat die rol van Petrus vertolk. Foto’s: Magic Photography
REGS: Jairus (Cois Fourie, regs) vra hier vir Jesus(Hannes Oosthuizen) om sy dogtertjie gesond temaak.
Stal uit virChristusfeesBO: Freda Legrange (links) enNancyBreytenbach by die blommerangskikking wat hulle vir die Christusfeesuitstalling in die Metropolitansentrum gemaak het. Die titel van dierangskikking is U is vir ewig God enHeer. Foto’s: Lynda Greyling
REGS: As deel van die Immergroenblommekunsklub se Christusfeesviering is ’n uitstalling in die Metropolitansentrum gehou. Al die rangskikkings beeld Bybelse tekse enwaarhede uit. Hier is Ina van Rensburg by haar rangskikking getiteldDie stem van die Here is magtig envol majesteit.
4 MALUTI, WOENSDAG 16 APRIL 2014
Só het Jesus vir jou gelyFRIKKIE PEACH, BETHLE-HEM:
Jes. 53.5 MAAR Hy is terwille van ons oortredingedeurboor, ter wille van onsongeregtighede is hy verbrysel.Die Bybel vertel Hy is die nag deur
met stokke en riete geslaan. Hy wasgeblinddoek en gespot. Romeinsesoldate het Hom met hul vuiste geslaan(Luk 22:62). In die proses is sy tandeuitgeslaan en sy lippe geskeur, sy neusbeskadig en van die houe het sy oë laattoeswel. Met oop handpalms is hy teensy kop geslaan.Sy oortromme hetgebars. Hy is gruwelik aangerand. DieBybel sê Hy was onherkenbaar(Jes.52:14). Hulle het sy baard uitgepluk(Jes 50:6).Toe het hulle Hom gegesel – ’n uiters
wrede straf waartydens baie mensegesterf het. Sy hande is bokant sy kopvasgemaak. ’n Groot en sterk Romeinsesoldaat het die kats gebruik en hom 39houe daarmee toegedien (volgensRomeinse wet mag jy nie meer as 40houe toegedien word nie). Die kats hetbestaan uit ’n kort houthandvatselwaaraan nege leerstange was en elkeenhet stukkies glas, been en klip daaringevleg gehad. Elke hou was dus negehoue.Die glas, been en klip het deur die
vleis tot op die been oopgekloof enstukkies vleis uitgeruk. Die wet hetbepaal twee derdes van die houe moesop die agterkant van die liggaam weesen een derde op die voorkant. Syliggaam het soos ’n geploegde land gelyk(Ps. 129:3). Die kats het in pekelwatergelê. Dus het elke hou soos ’n kool vuurgebrand.’n Kroon van dorings is op sy kop
geplaas (Joh.19:2). Die kroon was nie ’nring van dorings nie, maar ’n mus watdie hele kop bedek het. Dit is van ’ninheemse struik gemaak met langdorings soos vishoeke wat ongeveer2,5 cm lank was. Jesus moes toe nog ’nswaar kruis van so 75 kg na Golgotateen ’n steil heuwel langs opdra ná al diebloed wat Hy verloor het.Romeinse soldate het Jesus op die
kruis vasgehou met een arm op diedwarshout uitgestrek. ’n Vierkantigespyker met ’n skerp punt is deur sygewrig gekap. Die hand het sagteweefsel en met die gewig van dieliggaam sal dit uitskeur. In die gewrig isagt klein en twee lang bene wat deursterk ligamente en senings aanmekaargehou word. Die bene is deur die spykeruitmekaargeskeur en die pyn moesonbeskryflik gewees het.
’n Dik senuwee, diemediaan-senuwee, voorsienbeweging aan die duim engevoel aan die hand. Diesenuwee is oor die skerpkant van die spyker gespan,
wat geweldige krampe in die duimveroorsaak het.Sy twee voete is plat, die een op die
ander, teen die kruis geplaas. ’n Langspyker is deur albei sy voete geslaan.Toe die kruis onder in die gat vasge-
slaan is, het die liggaam nog deur diedryfkrag en gewig aanhou beweeg en totverdere skeuring van die weefsel, vel ensening gelei. Die skouergewrigte is uithul potjies geruk. Al sy beendere in syliggaam het losgeraak (Ps. 22:15).Al manier waarop die gekruisigde ’n
bietjie suurstof kon kry, was om sy knieëreguit te maak en die volle liggaamsge-wig op die een spyker deur sy voete teplaas.Die geloof van daardie tyd was die
gekruisigde was vervloek en dat daardievloek na die land terug sou kom sou dieliggaam nie voor sononder verwyderword nie (Gal. 3:13). Gevolglik het diesoldate gewoonlik net voor sononder,terwyl die gekruisigde nog gelewe het,met ’n ysterpaal die slagoffer se benenet onder die knieë afgeslaan sodat ditvir hulle onmoontlik was om hul benereguit te maak om asem te haal.Toe hulle by Jesus gekom het, was Hy
reeds dood. Hiermee is die profesievervul waar staan nie een been in syliggaam is gebreek nie (Joh. 19:32-33).’n Romeinse soldaat het ’n spies in
Jesus se regtersy gesteek. Sodoende hetdit deur sy ingewande, lewer, longe entot in sy hart gesteek.As ons ’n voorstelling van die ontset-
tende lyding en verminking in onsgedagtes kan maak, sal ons besef dieliggaam van Jesus was onherkenbaargeskend. Die prent toon beslis geenooreenkoms nie met dit waaraan onsgewoond is wat deur tradisie vir onsgeskilder is van Jesus met ’n engelagtigeuitdrukking op sy gesig, sy hare netjiesgekam met hier en daar ’n spatseltjiebloed op sy gesig en liggaam en ’nlendedoek om sy heupe gedrapeer.Glo dat Hy naak gehang het. Vir ’n
Jood was dit die grootste vernederingdenkbaar om nakend in die openbaar tewees (Jes. 52:14). Soos baie hulle oorHom verstom het – so misvormd was syvoorkoms, geen mens meer nie, en sygestalte was nie soos dié van ’n mense-kind nie.Dit is die pyn en lyding wat Jesus vir
jou aan die kruis moes deurmaak. Sal jydit vir Hom doen?
Laaste aand vir spelLynda Greyling
IN 1634 is die eerstePassiespel in Oberammer-gau in Duitsland gehou. Ditis gehou om vir Goddankie te sê dat Hy diemense van die Swart Dood gespaar het.Dié Passiespel word elke tien jaar gehou
en mense van hierdie dorp oor die wêreldheen besoek spesiaal dié dorp in die westevan Duitsland om dit by te woon. Daar wasook al Oos-Vrystaters.Tien jaar gelede is die eerste Passiespel
in Bethlehem gehou. Nie Betlehem in Israelwaar Jesus gebore is nie, maar ons eieBethlehem in die Oos-Vrystaat.Die afgelope paar maande het ’n klomp
mense gereeld geoefen om aan dieinterkerklike gemeenskapsprojek deel teneem.
Die rol van Jesus word deurHannes Oosthuizen vertolk.Hy is ’n onderwyser aan dieHoërskool Witteberg.Casper Knoester, ’n onder-
wyser van die LaerskoolJordania, vertolk die rol van
Thomas. Die koor is onder leiding vanHansie Jordaan.Die waarde van die Passiespel is onder
meer dat dit mense verenig en alle vlakkevan die samelewing in ’n produksie vangroot betekenis saamsnoer.Die Passiespel is deel van Lydenstyd op
die jaarlikse kerkkalender, Bethlehem se150-bestaansjaarvieringe en die tienjaar-reünie van die eerste Passiespel wat in2004 hier aangebied is.Indien jy nog nie daarna gaan kyk het
nie, maak ’n plan, want die laaste vertoningis vanaand.
Los rugby en krieket uitFANIE SCHOEMAN, Bethle-hem:
TOE gebeur dit wat ’n mensverwag het die naweek van 5en 6 April. Min. Fikile Mbalulavan sport kondig dreigend aandie nasionale regering vanSuid-Afrika gaan noudaadwerklik optree teen nasionale sportspannewat nie 60% swart spelers het nie.Mbalula sonder by uitstek die Springbok- en
Proteaspanne daarvoor uit. Waar is die demo-krasie in sport dan? Word die agtergeblewenesnou die rugby- en krieketspelers?Wie het veral die Springbokrugby gebring
waar dit nou is? In die laat 1800’s het die wit rug-by in Suid-Afrika begin. Hard is oor al die jare
heen gewerk om Rugby Suid-Afrika te bring tot waar dit nou is.Weet Mbalula van ’n Chris
Koch, ’n Tjol Lategan, ’nRyk vanSchoor, ’n Hannes Brewis, ’nBoy Louw, ’n Oubaas Markotter,’n Danie Craven en die latere
MannetjiesRoux?Eksalwatwil geeomMbalulain ’n skrum teen Frik du Preez te sien sak. Hysal Mbalula geknoop daar laat uitkom. Al die ge-noemde spelers het sonder betaling rugby lewegegee. Myns insiens word nou gegryp na rugbyom die wittes oor apartheid te straf.’n Ander rede is die groot geld wat in rugby
verdienword. GaanMbalula’le ook die 60%-reëlin sokker verwag? Kyk ’n bietjie na die sokkerin Suid-Afrika – ’n gees van verloor ná verloor.
deur
Lynda Greyling
Geesgenoot
Briewe /
Letters
BEKOMMERD OOR BEDELAAR, Bethle-hemiet:
’n MAN staan baiekeer op die sypaadjieby KFC of Dericks met ’n bordjie om tebedel. Ek het geensins ’n probleem dat hydaar staan nie. Hy het egter sy “werkplek”
verander en staan deesdae tussen tweebane in Kerkstraat. Elke keer wanneer hyso tussen die motors beweeg, word ekyskoud. Ek sien al hoe word hy raakgery.Kan daar nie ’n plan gemaak word nie?Weet hy nie van die vrou wat onlangs daarnaby doodgery is nie?
Man se veiligheid bekommer
RANDALL COETZEE, Bethlehem:
EK het ’n bietjie meer as ’n jaar gelede ’ngebruikte Audi A4 by ’n motorhandelaar inBethlehem gekoop.’n Paar maande later het die motor in die
dorp aan die brand geslaan. Ek was toe tebang om met die motor te ry, want volgensmy was daar groot fout. Ek het darem nog ’nmotorplan en waarborg gehad. Ek het dieAudi-handelaar in Bloemfontein gebel watgesê het hy kan nie glo die motor kon aandie brand slaan nie. Ek moes die motor nadie handelaar bring sodat hy dit kon versienen nagaan om vas te stel wat die fout is.Later is ek in kennis gestel die motor was
voorheen in ’n ongeluk en dat die motorplan
en waarborg dus verval het. Ek moesnoodgedwonge vir die werk opdok.Die probleem is steeds nie opgelos nie.Ek is terug na die handelaar by wie ek die
motor gekoop het. Daar is gesê hulle is nievir die herstel van die motor verantwoordeliknie en kan ook nie vir my ’n voertuig leen omoor die weg te kom totdat myne reggemaakis nie. Volgens my versekering mag ek niemet die motor ry voordat die probleemopgelos is nie.Toe ek die voertuiggekoop het, het die
verkoopman nagelaat om aan my te sê dievoertuig is voorheen in ’n ongeluk beskadig.Ek sal graag wil weet wat my te doen
staan, want ek meen ek is deur die hande-laar om die bos gelei. Het iemand raad?
AT CILLIERS, Bethlehem:
IN vet letters word op voorblaaie uitgeba-suin wittes geskors, maar nêrens wordgeskryf hoe ons wittes deur nie-wittes getartword nie.Ek wil nie veralgemeen nie, maar iewers
moet sake in perspektief gestel word. Daarword van my as inwoner verwag om beleef,behulpsaam en tegemoedkomend te wees.Hoe ver moet ons menswees, geduld en
trots nog getoets word? Dit is ’n wonder-werk dat wittes nie die reg in eie handeneem nie. Baie van ons is al naby breek-punt. Wat sal gebeur as ’n witte crack en ’nuittartende nie-witte slaan, raakry of onbe-heers optree? Is dit rasgedrewe of is dit uitradeloosheid? Hoeveel keer het u al in diestraat gery en voor u loop ’n spul mensereg in die middel van die straat? U rystadig, druk liewer op die toeter en verwagvan hulle om pad te gee. Hulle kyk om, lagvir jou en wys middelvinger. Jy was rustigen het beleef en opgevoed opgetree. Jydruk nou harder op die toeter, maar wordgeïgnoreer.Jy word blind van woede en wil hulle
almal uit die pad ry. Gelukkig tref jy neteen, hy val en doen ’n paar skrape op. Jyry verder om verdere konfrontasie tevoorkom. Jy hou 100 m verder stil. Jy sienhy staan op en jy ry huis toe.Jy kom by die huis en gaan gal af en
raak rassistiese woorde voor die kinderskwyt vir wie jy van geboorte af vertel hetom saam te werk, ’n nasie te bou enrespek te toon om ’n toekoms in ons mooi
land te hê. Jy gooi vir jouself ’n drankie omjou te kalmeer.Volgende hou die polisie by jou huis stil
en neem jou in hegtenis. Jy word aangeklavan roekelose bestuur, aanranding en dieversuim om ná ’n ongeluk te stop. Hulleruik jou asem en jy word van dronkbestuuraangekla.Het jy so opgetree omdat jy wit is, of ’n
rassis is, of uit moedeloosheid? Diegebeurtenis word nou aan ras gekoppel enalles wat jy jou kinders geleer het, is in symaai in.Prof. Jonathan Jansen het hom ook aan
rasse-uitlatings skuldig gemaak. Tog het ekgroot respek vir hom.Hy sê: “Dit was nie vir my lekker nie – ek
hou nie daarvan om kinders van dieuniversiteit te skors nie, maar sulke optredekan nie geduld word nie.”Ek stem saam en keer die voorval nie
goed nie. Gwebu het gefouteer deur diestudente te konfronteer. Hy moes geweethet ’n geveg kon ontstaan. Hy moes eerderdie voorval aangemeld het.Ek sou graag by die studente-instansie
Sasco wou weet hoe hy die wrede rasse-aanval sou beskryf het indien bewys worddie onskuldige Gwebu het hulle uitgetart.Ek haal die universiteit aan: “Dit is
hartseer en teleurstellend dat, nadat soveelvordering met maatskaplike transformasiegemaak is, so ’n afgryslike voorval konplaasvind.”Meer oordrewe kan ’n mens nie kry nie.
Miskien moet meer aandag gegee word aanuittarting.
Wie moet vir die motor pa staan?
Moedeloos getart of rassisties?
MALUTI, WOENSDAG 16 APRIL 2014 5
Lynda Greyling
ANDRÉ PRETORIUS en sy vrou,Rina, het spesiaal van Bethal afgekom om die miniatuurperd-vei-ling op die Bethlehemse skouter-rein by te woon.“Toe ek lees dat daar ’n klein
donkie opgeveil gaan word, konek nie anders nie, ek moes homkom koop.”Die aanvanklike eienaar van die
donkie, die oud-BethlehemietMarina van der Merwe, sê diedonkie is ’n Amerikaanse minia-tuur- Mediterreense donkie, ’nklein spesie.Van der Merwe van Magnifisant
Miniature Creations in Potchef-stroom sê hulle het hul eerstedonkies van Amerika af ingevoer.Dié een – genaamd Jack Sparrow– is ’n egte Suid-Afrikaanse outjie.Pretorius het R15 000 vir die
donkie betaal.Vleissentraal-Bethlehem het die
veiling aangebied en die afslaerwas Lukas Kleynhans. Die veilinghet kopers en verkopers vanheinde en ver gelok.Van die verkopers was De Mac
van Upington, MagnifisantMiniature Creations van Potchef-stroom, J.E. van Aswegen PurePerd van Petrusburg, die Eduan-boerdery van Barkly-Oos, Hart-E-stoetery van Amersfoort en AbrieBeukes van die Stilgewacht-stoe-
tery op Bethlehem.Die kopers was van Greyling-
stad, Pretoria, Bethlehem,Senekal, Colesberg, Memel enBethal.Die omset van die veiling
was R473 500. Die duurste
perdjie, ’n merrie, is vir R42 000verkoop. Die verkoper wasAbrie Beukes en die koper wasJN Human van Kwamanzi,Sandton.Die gemiddelde prys van die
perdjies was R13 150.
Buksies behaal grootpryse op veiling
JACK SPARROW. Dit is die naam van die Amerikaanse miniatuur Mediterreense donkie wat Marina van der Merwe (links) van Magnifisant Miniature Creations op die miniatuurperdveiling in Bethlehem aan Rina en André Pretorius van Bethal verkoop het. Foto’s: Lynda Greyling
GUSTAV NEL (middel) van Bethlehemhet die hingsvul Penny’s Amigovan die Stilgewachtstoetery vir ’nfamilielid gekoop. Dit was die duurste hingsvul wat opgeveil is. Linksis Abrie Beukes (eienaar, Stilgewachtstoetery) en regs is MarynHattingh (Stilgewachtstoetery).
LILIA FRANCA (middel) en CobusHuman van Johannesburg het verlede jaar die eerste keer die miniatuurperdjieveiling in Bethlehem bygewoon waar hulle hul eerste perdjie gekoop het. Vanjaar het hulle dieduurste merrie, Toy 4 Me, van dieStilgewachtstoetery vir R42 000gekoop. Links isMarynHattingh vandie Stilgewachtstoetery.
6 MALUTI, WOENSDAG 16 APRIL 2014
MALUTI, WOENSDAG 16 APRIL 2014 7
8 MALUTI, WOENSDAG 16 APRIL 2014
JOSEPH NTOMBELA is ’n bekendemotorwag in Bethlehem.Hy is die enigste motorwag in die dorp
wat sy werk in ’n rolstoel verrig. Dit is niesommer ’n doodgewone rolstoel wat hy hetnie. Hy het ’n spesiale alleterreine-rolstoelwaarmee hy aan marathons deelneem. Hyhou veral daarvan om aan die Soweto-ma-rathon deel te neem.Joseph het darem ook ’n gewone rolstoel,
maar die een waarmee hy sy daagliksewerk in Pres. Boshoffstraat by die biblioteekverrig, is al oud en stukkend.Joseph sê hy is in September 2000 met
spinale tuberkulose gediagnoseer en aandie begin van 2001 was hy in sy onderlyfverlam.“Met die rolstoel kom ek vinnig oor die
weg.”Joseph het ’n kwotasie vir ’n nuwe
rolstoel gekry. Dit gaan sowat R8 500 kos.As motorwag kan hy dit glad nie bekostignie. Hy verdien net genoeg geld om kos tekoop.Hy vra of daar nie dalk iemand is wat vir
hom ’n nuwe rolstoel kan koop nie.Joseph kan by 084-716-4982 gekontak
word.
Motorwag kort rolstoel
TE KOOP
KLERASIE
1615
ALLERLEI
1655
RAME teen FA-BRIEKSPRYSE. Pryse solaag, kliënte skrik. Wyeverskeidenheid om van tekies. Pandora's, Kerk-straat 40, Bethlehem. Reglangs Mortimer Toyota.Skakel: 076 715 2054.
TROETELDIERE
1660
Toy Pom-hondjies tekoop. Klaar ingeënt en ont-wurm. Marie 074 8054739.
ALGEMENE &
HUISDIENSTE
ALLERLEI
1845
SANDSTONE: Blocks,bricks, cladding,
rivens, tiles, etc. Tel.058°303°4840.
12 Archbell Street, BHM.
LOODGIETERS
1855
TE HUUR
3205
Akkommodasie beskik-baar 500 m buite Beth-lehem op diePaul Roux-pad.* 4-slk-huis met 1,5 badk.R7 500 p.m. w en l ing.*'Bachelor'-woonstel.R2 200 p.m. w en l inge-sluit.* 2-slk-woonstel. R4 500p.m. Ww en l ing.Swembad/duiwelsvurkom-heining, lapa ingesluit.Beskikbaar 1 Mei 2014.Deposito betaalbaar. Ska-kel Heleen: 072 282 3550.
GEKLASSIFISEERD
MALUTI, WOENSDAG 16 APRIL 2014 9
Gerard de Boer
KOM ons wys jou hoe.Soos ’n mens nader aan die
winter in Bethlehem kom,begin ’n mens meer in diehuis te lewe.Maluti kyk na paar praktie-
se idees om die lewe in diehuis netjies en geriefliker temaak deur eenvoudige doen-dit-selfwenke.
Nuttige doen-dit-selfwenke vir gerieflike bêre van artikels
DIÉ haardroër en krultanghouer is maklik omte maak en hou alles byderhand. Gebruik ’nPVCYkonneksiepyp en verf dit met Colour Cose akriel, Pure Satin, om ’n wasbare afwerkingte verkry. Kies ’n kleur wat by jou kamer sal pasen verkieslik nie gou vuil sal wys nie. Omdatdit met akriel geverf word, is geen onderlaagnodig nie. Vir die beste afwerking het ons tweelae geverf en drie uur kans tussen die lae gegeeom droog te word. Net die buitekant van diekoppelstuk is geverf, omdat dit nogal ’n uitdaging is om oral in die binnekant te verf.
DEUR ’n gewone PVCpyp te gebruik kan ditook aan ’n kasdeur of muur gemonteer word.PVCpype is stewig en duursaam en is beskikbaar in 40 mm, 50 mm of 110 mmdiktes. Afhangende vanwat gebêre word, kan tussen dieverskillende diktes pype besluit word. Die pypword maklik met ’n fyn ystersaag deurgesaag.Vir die beste resultate knyp die pyp in ’n bankskroef vas, merk die gepaste lengte en saagmet eweredige hale. Die snykant kan metskuurpapier van 60 grint glad geskuur word om’n gladde voorkoms te verkry. Boor ’n gat van5 mm met ’n staalboorpunt aan die bo en onderkant van die pyp sodat dit met ’n houtskroefaan die kasdeur vasgeskroef kan word. Skroefdie pyp op die gewenste plek vas.
NETJIES, met ’n retrotwist. Kry ’n plank en’n paar leë Consolinlêbottels. Gebruikpypklampe wat omdie bottels sal pas enskroef hulle aan dieplank vas. Draai dieklampe stewig om diebottels vas en maakdan die plank met Hiltispykers aan diemuur vas.
Consolglashouer:
PVCpype maaknuttige houers
MAAK ruimte in die motorhuis deur houers teenaan die plafon te bêre. Maak houtrelings waaropdie houers kan in en uitgly. Maak seker die relings is stewig aan die dakbalke geskroef enmoeniedie houers te swaar laai nie. Merk ook die houers vir maklike toegang tot die inhoud.
Plafonbergplek:
10 MALUTI, WOENSDAG 16 APRIL 2014
ww
w.aucor.com
Besigtiging: Dinsdag, 22 April (08h30 - 16h30) Jakoef: 083 780 0055
Datum: Woensdag 23 April om 10:30 | Perseel: Krugerlaan 1 , Estoire, Bloemfontein
GPS: S 29°06.767’O 026°16.567’
Vir Finansiering kontak:Celestè 082 374 5078
BESOEK: www.aucor.com Vir Volledige Veilingslys & Fotos
Voorwaardes: Elke koper moet registreer om te bie. Bewys van adres en ID-Dokument benodig vir FICA-registrasie. Registrasiedeposito van R10 000 per banktjek, debiet/kredietkaartof EFO. Geen kontant! Behoorlik gelas, sal Aucor die volgende aanvul en per publieke veiling verkoop. Terme &Voorwaardes geld.WesBank,‘n divisie van FirstRand Bank Ltd.‘n
Goedgekeurde finasiële diens- en kredietverskaffer. NCRCP20. Afslaer: Jacques van der Linde
EKSKLUSIEWE BANK- & VLOOT-VOERTUIGVEILING
120x •Voertuie • Bakkies • SNVs • Mini-Busse • Motorfiets •• Nie-Lopend- & Ongeluksbekadigdevoertuie •
Haal o.13spanKEURDERS het Woensdagmiddag ’n moeilike taak gehad om uitdie 50 hokkiespelers in die Thabo Mofutsanyanadistrik ’n o.13span saam te stel om in Mei aan die NoordVrystaatproewe deelte neem. Die span wat gekies is ná die proewe wat op die Laerskool Jordania se veld beslis is, is van links, voor: Connie Faber(Laerskool Harrismith), Maruscka Nieuwoudt (Truida Kestell) enThabile Radebe (Laerskool Harrismith); middel: Maruné McPhail(Laerskool Jordania), Marisca Miles (Laerskool Jordania), RenéMeyer (Truida Kestell) en Izelke Craven (Laerskool Jordania); agter: Jessica Nel (Laerskool Jordania), Renemarie Human (Laerskool Jordania), Bianca Engelbrecht (Laerskool Harrismith), Danamari Janse van Rensburg (Laerskool Jordania) en Margaux leRoux (Truida Kestell).
AS deel van die Mediclinic Hoogland se gemeenskapsbetrokkenheid het hy aan die Hoërskool Voortrekker ’n noodhulpsakgeborg. Die sak sal die eerste meisiehokkiespan op al sy wedstryde vir die opkomende seisoen vergesel, asook in diejare wat voorlê.
In veilige hande
MALUTI, WOENSDAG 16 APRIL 2014 11
Die nasionale veldrenkampioenskapstrydword Saterdag voortgesit wanneer motor-fiets- en vierwielmotorfietsdeelnemersmekaar in die tweede ronde van dieWindsorton 400 pak.
Nasionale motorfietsdeelnemers in OR1(oop klas), OR2 (250 cc), OR3 (200 cc) endie senior klas sal die 59 km-sirkelroete,(Blouroete), eers drie keer voltooi voordathulle na die 57 km-Rooiroete oorskakel omdit óók drie keer te doen. Q1-, Q2- (virryers ouer as 28 jaar) en senior vierwiel-deelnemers sal die Rooiroete eerste pak enna die Blouroete oorskakel sodra hulle dieeerste deel drie keer voltooi het. Deelne-mers sal verlig wees oor die verpligte15-minute-ruskans ná die eerste driesirkelroetes, aangesien die ren-organiseer-der, Sentraal-Suid-Afrika (CSA), ’n draaieri-ge roete ontwerp het wat deelnemers nabydie Vaalrivier besig sal hou.
Wat die motorfietse betref, het LouwrensMahoney (Brother KTM) die openingsronde
van die 2014-seisoen gewen met syspanmaat Ross Branch op sy hakke. Dievoormalige kampioen (Mahoney) sal gejaagword deur die verdedigende kampioen,Kenny Gilbert (Proudly Bidvest Yamaha),wat derde is. ’n Soortgelyke situasie heersin die vierwielafdeling waar die verdedigen-de titelhouer, Jurie “Botter” Meyer (YamahaSupport), sal probeer om die voormaligekampioen en huidige algehele voorloper,Brian Baragwanath (Team Rhide SA-Yama-ha), vanuit sy tweede plek te vang. Andrédu Plessis (Yamaha) sal hoop geluk is diékeer aan sy kant (hy was sesde in dieeerste ren) en sal sy visier op ’n podium-plek hê, terwyl die Tzaneen-tiener JacoMoller (Portable Shade/Extreme ATVTzaneen-Yamaha) nie net vir nóg ’npodiumplek sal mik nie, maar ook ’noorwinning sal verwelkom. David Hollis(Yamaha) het ná die eerste ren die podiumgemis nadat hy die vorige seisoen niegejaag het nie en sal die buiteperd wees.
Wiele rol voort inWindsortonDAVID HOLLIS van Bethlehem in die vierwielmotorfietsafdeling. Foto: Verskaf
DIE o.11rugbyspan van die Laerskool Jordania was die afgelope vakansie op ’n rugbytoer Empangeni toe. Die span het sy afdeling oortuigend gewen. Hy het ook ’n eerbewys ontvang virdie aanskoulikste rugby wat gespeel is waar kragte teen skole van oor die land heen gemeetis. Van links is, voor: Boela Delport, SG Delport, Ben Labuschagne, TJ van Zyl, Wian Viljoen,Rowan Scholtz, Alexis du Preez, Dawie Maree, Izander Maree en Luan Bester; agter: Tylor Snyman, Ryan Clack, Tiaan Naudé, Henry van Aswegen, Henco Coetzee, Duan Maree, Ruan Zaaiman, Louwel Loubser en Henro Grobbelaar.
DIEo.13rugbyspan vandie Laerskool Jordaniawat die afgelope vakansie op ’n rugbytoerEmpangeni toe sy afdeling oortuigend gewen het. Die span het ook ’n eerbewys ontvang vir die aanskoulikste rugby wat in wedstryde teen skole van oor die land heen gespeel is. Van links is, voor:Herman Wessels, WJ Hattingh, Lourens Janse van Rensburg, Niel Janse van Rensburg, DuToitvan Huyssteen, Tristen Snyman, Cammi Roux, Johan Beneke, Victor Nel en Anro Smith; agter:Beneke Jonker, Erik van Aswegen, RuanStrydom,DuToit Classens, Christo vanDeventer, CydenSchutte, Marinus Minnaar, Ian Cilliers en FC Krugell.
DIE wenners van dieonlangse WMFrolbaldag by die Bethlehembuiteklub is vanlinks Gallie Geyser,Ciela Spangenberg,Glynn Robertson, Lenatjie Nell, ElizabethBothma enDarius Ackerman. Laasgenoemde twee is vandie borge. Foto: Verskaf
SportSportKoerant met hart The paper with heartI
DIE eerste gholfdag wat deur dieBethlehem-tennisklub aangebied is, isvolgens vierbal-alliansiereëls gespeel.Altesaam 92 spelers het deelge-
neem.Bjorn Barends, Willem Roets, André
Bosch en Jacques Swart was diewenners.Spelers wat tweede gekom het:
R. Labuschagne, JP Strydom, JohnCraven en A. Muller.Spelers wat derde gekom het:Desmond Deyzel, Thys Schoeman,
Ernesto Masut en Piet van der Westhui-zen.Spelers wat vierde gekom het:Robbie Fair, Deon van Rensburg,
Peter Schuss en Danie Terblanche.
Só het spelers gevaarVAN links is Bjorn Barends, Willem Roets en André Bosch wat die eerste gholfdag vandie Bethlehemtennisklub gewen het. Afwesig: Jacques Swart.
BENRI GORMAN (14) was eenvan talle kinderruiters wat aandie Saulspoortruiterklub se jaarlikse plesierrit deelgeneem het.
Foto’s: Lynda Greyling
GEWOONLIK word die Saulspoortplesierrit naby die Saulspoortdam en naby die Saulspoortruiterklub gehou. Vanjaar is die rit op plase aan die Kransfonteinpad gehou. Hier is André Joubertmet Blits. Altesaam 53 ruiters het deelgeneem.
REGS: Vanjaar was die Saulspoortruiterklub se roete van so’n aard dat menige jong ruiterdaaraan kon deelneem. Hier isMieke Gorman.
Pret metperde