MAANDELIKSE NUUSBRIEF – 6 FEBRUARIE 2020
Uit die kantoor “When we fail to acknowledge and celebrate small
victories, we get discouraged and the flame inside us
starts to dwindle.”www.kristinkoonce.com
Dit is ongelooflik om die positiwiteit van kinders aan die
begin van ’n jaar te ervaar. Dit het die vermoë om almal
wat daarmee in aanraking kom, aan te steek en met
energie te laai.
Die afgelope vakansie het ek baie kere gedink hoe mens
daai positiewe energie, wat ’n kind uitstraal aan die begin
van ’n jaar, kan koester sodat dit dwarsdeur in die jaar
behoue kan bly.
Die oplossing is die vier van klein oorwinnings. Deur die klein
treë wat ons kinders, hetsy op sport of akademiese
gebied, vorentoe gee vir hulle te wys en op te let en dan
saam met hulle bly te wees, hou hulle gemotiveerd en bou
aan hulle selfvertroue. Kom ons help ons kinders om
mikpunte te stel, maar help hulle om die tree wat in daardie
rigting gegee word te monitor. Dit sal die wêreld se verskil
maak.
Ek is so opgewonde vir ons kinders in ons skool en wat
bereik kan word in 2020. Raak betrokke by jou skool en by
jou kind en geniet die tye saam.
Onthou, dié skool is ons almal s’n.
Groete
Pieter de Bruyn
LAKOBOKNUUS
Wêreld-hardopleesdag 2020
Ons biblioteek het die inisiatief
op 5 Februarie ondersteun en
ons opvoeders het met oorgawe
ingespring om vir al ons kinders
’n heerlike kinderverhaal hardop
voor te lees. Dit het gepaard
gegaan met “funky”
hoofbedekkings, verskillende
stemme en gesigsuitdrukkings.
Die registeropvoeders het
klasse uitgeruil om dié lekkerte
nog lekkerder te maak. Die
kinders was gek oor hierdie
bederf en dalk moet ons dit
sommer ’n gereelde instelling
maak. Op die foto hierbo
vermaak mnr. Pieter die Graad
2's.
Klerebank Die nuutste
bestelvorms is reeds uitgegee vir ouers om skoolklere te bestel wat hul
kinders benodig, veral
vir die komende
Wintermaande Die laaste dag
vir hierdie briefies om
terug te wees by juf. Ammie
is 12 Februarie.
DATUMS VERANDER / BYGEVOEG
Die volgende datums is nie op die jaarprogram nie
of het verander. Neem kennis daarvan.
Gericke se sportdag vind op die 4de April 2020 plaas. Die volgende spanne neem deel: Netbal van o.8 tot o.13 (een span van elk) Rugby o.7 ; o.9 ; o.11 en o.13 Alle datums van krieketproewe op die jaarprogram
verander. U sal binnekort meer inligting ontvang.
Landloop se finale datums sal aan die einde van die
eerste kwartaal beskikbaar wees.
Laai gerus ons jaarprogram van ons webtuiste af.
Remediëring Laerskool Koue Bokkeveld het vir my ‘n ongelooflike geleentheid gegee om die leerders individueel te help. Remediëring bied individuele onderwys aan om optimale leer te bevorder. Tydens remediëring help ek van Graad R tot Graad 7 leerders. Elke leerder werk teen sy/haar eie pas. Dit is vir my ‘n voorreg om met die leerders te werk en om hulle as individue te leer ken. Daar word verskeie materiale gebruik om vordering te verseker en ek werk saam met elke klasjuffrou. Ons werk almal saam as ‘n span en ons geniet elke oomblik. Ek sien uit na 2020 en om met elke Bokkie te werk. Liefde, Anke de Kock
@lakobok
AB-Tutoring AB-Tutoring skop hierdie jaar af met splinternuwe pakkette. Die pakkette is van Graad 1 tot 4. Die ouer(s) kan self kies waarmee hul kind gehelp moet word. Hulp word verleen met Tale, Wiskunde of Huiswerk. Vir die Graad 1 leerder is ‘n sessie 40 minute lank en vir die Graad 2 tot 4 leerder 60 minute. Alle sessies is R100 per les en AB-Tutoring sal nodige ondersteuningsmateriaal verskaf, indien nodig. Alle sessies word uit my klaskamer op Laerskool Koue Bokkeveld se perseel gedoen. Dankie aan almal se ondersteuning tot dusver en dankie aan Laerskool Koue Bokkeveld wat hulle deure vir my oopgemaak het en my so welkom laat voel het. Liefde, Anke
Klashulp
Alecia Kamfer was die afgelope vier jaar by ons skool betrokke as klashulp. Sy was 'n regte raakvatter en het hoofsaaklik in die Grondslagfase gehelp, maar was altyd bereid om oral uit te help en tot sport af te rig. Sy het die pos as programhoof by Trappies Bewaarskool aanvaar. Ons is baie trots op haar en wens haar sterkte en net die mooiste wense toe!
Nella Theron, 'n bekende gesig by ons, is in haar plek aangestel. Nella was verlede jaar in Nederland. Voor dit was sy 'n klashulp by Pre-Gr R. Ons en ons kinders is bekend met haar en baie bly om haar weer by ons terug te hê! Welkom, juffrou Nella, mag jy baie gelukkig wees by Laerskool Koue Bokkeveld!
Eerskomende Saterdag, 8 Februarie, vind die Sone Byeenkoms op ons skool se velde plaas. Daar is 36 van ons skool se atlete wat gaan deelneem aan hierdie byeenkoms. Die byeenkoms word deur die Sone gereël en ons bied slegs die geriewe aan. Ons wens elke atleet sterkte toe! Baie dankie ook aan ons OOV en ouers wat die snoepie gaan behartig en beman vir die dag. Ons waardeer jul moeite en opoffering!
English Day To help make English Day more successful, I've decided to compile a group of grade 6 learners in order to create an English Day Committee. These learners will act like ambassadors on English Day, making sure everyone is aware and focused on improving their English. They will also help to come up with new ideas on improving English Day and make sure that all activities on the day run smoothly. These learners are: Karin, Kay, Ester, Danica, Chris-Marie, Sofia, Cara, Lucia and Deandre. Watch this space to see what these dynamic girls have planned for their first English Day as a committee.
Personeelnuus
Juffrou Carlien verwag haar tweede babatjie en juffrou Annelize trou oor bietjie meer as 'n maand.
Ons is saam met julle opgewonde!
Graad R
Welkom aan Tilla Januarie wat aangestel is vir
twee oggende as assistent by Graad R. Ons
hoop die kleintjies bring baie vreugde vir jou.
Kom kuier saam met ons skoolfamilie op
Vrydag 13 Maart. Bied jou hulp aan en wees
deel van die pret in die WILDE WESTE. Stof
solank jou WILD WEST klere af, poets jou
BOOTS en oefen daai LINE DANCE.
Moenie 'n KAKTUS wees en uitmis op die
lekkerte van die SALOON nie. Al is dit
DROOG, sal die WILDE WESTE jou 'n
lafenis bied.
Krieketnuus Ons eerste ligawedstryd vir die o.11-seuns het Maandag, 3 Februarie, plaasgevind. Ons
manne het teen Laerskool Morrisdale gespeel en het pragtig presteer. Ons het 122 lopies
vir 20 beurte geslaan en toe vir Morrisdale uitgeboul vir 27 lopies. Daar was ’n paar
pragtige prestasies. Hanno du Toit slaan 51, nie uit nie en vat 3 paaltjies. Theo van Rooyen
slaan 25, nie uit nie en vat 2 paaltjies en Charl du Toit het ’n driekuns behaal. Baie geluk,
manne! ’n Groot groep van ons seuns het in die Desembervakansie deur CDA krieket gespeel. Dit is
’n wonderlike geleentheid vir die seuns. Ons wag vir terugvoer van CDA oor hulle
prestasies en sal dit deurgee sodra ons dit ontvang het. Dankie, vir die ekstra harde werk,
manne!
TENNISNUUS Juffrou Hanle vertel ons 'n bietjie meer van die toer na die Suid-Kaap:
"Die Vrydagmiddag het ons die bekende Kango Grotte besoek. Wat ‘n belewenis en die
hoogtepunt vir baie op die toer. Ons het Vrydagaand teen Laerskool Wesbank gespeel. Die meisies
se telling was 4 elk en die seuns 3-5. Ons laaste wedstryd het 23: 20 geëindig (tennis is onder
spreiligte gespeel) en ons is na ons akkommodasie by die Klein Karoo Vaardigheidsskool. Die
meisies het sommer ‘n koue stort gevat en almal was 24: 10 veilig in die bed.
Die Saterdagoggend het ons teen Laerskool George-Suid gespeel. Ons wen George-Suid 14 -10.
Ons sê baie dankie aan beide skole vir ons mooi ontvangs.
Daarna het ons Wilgewandel besoek, kameel gery, ‘waterslides’ gery, foefie slide en watertrapkarre.
Op die middag se spyskaart was burgers en chips. Later het ons gaan swem en die aand gesellig
saam gebraai.
Die toer is iets spesiaals en iets wat ons sal koester en wat ons sal inspireer vir verdere goeie
tennis!
Baie dankie aan Gerhardt Kotze van South Africa Long Distance Transport vir die borg van oefen
tennis tops. Ons lyk baie spoggerig. Dankie ook aan Tannie Lida vir die skenk van Powerades en
snoepgoed vir die pad."
Ba'Bino & Pre-Graad R Op 31 Januarie 2020 het ons weer ‘n suksesvolle Appel Vastrap op Rocklands aangebied. Daar het 150 mense die dans bygewoon en “DJ Wico” was aan die brand. Baie dankie aan al ons ouers wat hard
gewerk het. Ook ‘n spesiale dankie aan De Keur vir die gebruik van hul fasiliteite in oestyd asook aan al ons borge. Komende naweek werk ons ouers weer by die jaarlikse Tankwa
Trek. Dankie aan entoesiastiese ouers wat reëlings vinnig kafdraf.
Karakterkampioene 'n Karakterkampioen is 'n uitblinker. Hy/sy toon uitsonderlike
karakter. Ons sien dit raak. Leerders (Graad 1 tot 7) ontvang
tydens saal 'n sertifikaat hiervoor. Hou gerus ons Facebook-
bladsy dop om te sien wie hulle is.
Hierdie toekennings vorm deel van die skool se
waardegedrewe stelsel. Gedurende die jaar sal daar
maandeliks op 'n waarde gefokus word.
Gedurende Januarie het ons die vyf kernwaardes van die skool
hersien. Vra gerus u kind uit oor die handjie. Ons fokus tydens
Februarie op verantwoordelikheid.
By Laerskool Koue Bokkeveld VOER ons ons kinders NET DIE
BESTE. Kyk wat word hulle gevoer:
V – verantwoordelikheid O – omgee E – eerlikheid R – Respek NET DIE BESTE – uitnemendheid
Valentynsdag Dis weer amper tyd om hierdie dag te vier!
Die Graad 7's bied op Valentynsdag lekker
vermaak gedurende pouse aan. Onthou
om 'n geldjie te bring! Hulle verkoop
roomys en allerhande lekkernye en daar sal
'n verskeidenheid speletjies ook wees.
Baie dankie aan almal wat reeds die
koerantjie (ValenTIMES) bestel het.
Bestellings kan nog tot Dinsdag geplaas
word.
Alle fondse wat Graad 7 op Valentynsdag insamel, word gebruik om vir die skool 'n geskenk te koop.
Dankie vir julle ondersteuning ♥ ♥ ♥
Op 30 en 31 Januarie het die leerlingraad 'n
leierskapontwikkelingskamp, aangebied deur
COOL PLAY SA, bygewoon. Hulle het dit baie
leersaam gevind. Sterkte met die groot taak op jul skouers. Ons weet jul kan!
Die skool se kleedkamers is onlangs deur Jeanette
van der Merwe opgeknap. Gedurende die vakansie
het die personeel se kleedkamer ook 'n beurt gekry.
Dit is werklik pragtig! Ons waardeer dit regtig baie.
Ons sê baie, baie dankie!
SBL NUUS
Op 22 Januarie 2020 het ons ouers ‘n nuwe kandidaat tot die SBL genomineer en is
hy deur die SBL verkies tydens die SBL vergadering van 29 Januarie 2020. Ons wil dus
vir Denzil van der Merwe verwelkom tot die SBL waar hy ook tot voorsitter verkies is.
In dieselfde asem wil ons vir Heinie du Toit hartlik bedank vir sy ongelooflike bydrae
tydens sy voorsitterskaptermyn van die SBL. Die wyse waarmee hy sake en mense
hanteer het, laat ‘n indruk. Ons wil ook van die geleentheid gebruik maak om ons
huidige SBL lede, weer aan u bekend te maak. Indien ouers enige sake het wat hul
wil bespreek, kan u met die betrokke SBL Lid praat. U is ook welkom om Pieter de
Bruyn, direk te kontak.
SBL Groete
Denzil van der Merwe Voorsitter
Cathy du Toit Ondervoorsitter & Bemarking
Wehan Lourens Akademie
Johan Louw Geboue en Terrein
Frans van der Merwe Sport
Zelda Meaker Sekretaresse
Lizelle Bothma Finansies
Pieter de Bruyn Skoolhoof
Rolien Viljoen Personeel
Suretha Franken Personeel
Wil jy meer oor die skool weet?
Besoek gerus ons webtuiste. Gebruik
'n QR scanner en scan hierdie kode.
Pragtige Badkamers
Baie dankie aan De Keur wat hierdie pragtige
gazebo aan ons geskenk het. Op die foto het Charl
du Toit die gazebo kom oorhandig. Ons waardeer
julle betrokkenheid by die skool baie. V.l.n.r. Wilmien Oosthuizen (hoofmeisie), Pieter de Bruyn
(skoolhoof), Charl du Toit, Marno van der Merwe (hoofseun)
Oudskoliere Ons wil u aanmoedig om die skool op hoogte te hou
van oudskoliere se prestasies.
Kontak gerus vir Zelda in die kantoor by 0231670611
of stuur 'n e-pos aan [email protected]
Uitblinkers op ander gebiede AJ Louw het die 1ste Februarie aan rondte 1 van die
Western Cape Offroad Club deelgeneem. Hy het in
die 1ste plek geëindig. Pragtig!
Kaylene Samuel neem karate en presteer mooi.
Kata – Brons
Kumite – Silwer
Baie geluk, Kaylene!
Top Related