*
PADLANGS OUERSKAP Die doel van die kursus is om
ouers te begelei in deelnemende positiewe ouerskap
Ouers word toegerus met gereedskap om:
hulle te help om ʼn veilige ruimte te skep waar elkeen in die
gesin die geleentheid kry om tot volle potensiaal te ontwikkel.
Kinders word ook geleer om:
self verantwoordelikheid vir hulle gedrag te neem. In die pros-
es waar kinders geleer word om keuses te maak, leer hulle
selfstandigheid.
Die einddoel is ʼn plek waar almal in die gesin gelukkig en tevrede
is.
Deelnemers ontvang die volgende vaardighede en gereedskap:
• om die belangrikheid van kwaliteit-tyd te besef;
• hoe om empaties te wees – verskeie kommunikasie-vaardighede
word aangeleer soos om te eggo, refleksiewe luister, edm;
• positiewe geloofwaardige terugvoer;
• nie-bedreigende kommunikasie;
• ek-boodskappe;
• dissipline en
• hoe om ʼn huisvergadering in te rig
Aanbieder : Hennie du Pisanie onder-
steun deur Mathilda du Pisanie en
Leana Sutherland en ander kundiges
Plek : Laerskool Mikro—Langverwacht
lokaal
Dag : 7 Sondae - 7 Mei tot 25 Junie
Tyd : 10:30—12:00
Hoekom 7 sessies??
Elke sessie leer ons praktiese vaar-
dighede aan wat ingeoefen moet word
in die week. As ons weer bymekaar
kom gee ons terugvoer oor die oefening
voor ons met die volgende week se
werk wegspring.
Wie is die aanbieder ??
Hennie du Pisanie is getroud met
Mathilda en het drie seuns ouderdom
20, 16 en 12. Hennie is vir meer as 27
jaar in die bediening met die fokus op
kinders ouers en gesinne. Hy werk elke
week met Laerskool kinders en leef
saam met ouers in jong gesinne. Hen-
nie is ook ‘n geakrediteerde aanbieder
van ander ouerskapskursusse en kom-
plimenterende kursusse wat op hul
gesin se eie ouerskapsreis baie waarde
toegevoeg het.
Koste : R250 per paar of enkel persoon wat dit bywoon.
Stuur epos aan : [email protected] om in te skryf of vir meer inligting
Onderwerp lyn van epos : Padlangs ouerskap
Alle ouers, alle denominasies, enkelouers, enigiemand wat ouer is of beplan om te word, is welkom !!
*
PROGRAM
7 Mei : Luister
14 Mei : Empatie
20 Mei : Tall Trees
Werkwinkel—Ontdek
jou en jou kind se tem-
perament(Opsioneel—
bykomend)
21 Mei : Uniekheid
28 Mei : Ek boodskappe
4 Junie : Dissiplineer
11 Junie : Verstaan
wangedrag
25 Junie : Wees Deelne-
mend
Gesins Naweek - Prak-
tiese gesins aktiwiteite
Top Related