KOSBLIK – HAPPIES
Elke ouer moet weet … dat ‘n Kind se broeksak ook kougom, lekkers & albasters kan bevat – Solly Ozrovech
Hierdie resep is ontvang van Nicole Viviers.Sjokolade Cup Cake in ‘n koppie
4 eetlepels “self raising flour”4 eetlepels suiker2 eetlepels kakao1 eier3 eetlepels melk3 eetlepels olie1 koppie
Metode
Meng alles saam.Sit in mikrogolf vir 3 minute (1000 watt).Tip die Cup Cake uit en geniet saam met vla of karamel.
Hierdie resep is ontvang van Melissa en Dian CloeteKlapperys (Mikrogolf)
1 blik kondensmelk200g klapper500g versiersuiker2 teelepels kleursel
Metode
Mikrogolf kondensmelk ± 2½ tot 3 minute op hoog.Gooi klapper, kleursel en versiersuiker by. Mikrogolf weer vir 3 minute op hoog en roer.Mikrogolf nog 2 minute op hoog.Roer en gooi in bak om af te koel. Sny in blokkies.
Karamelspringmielies
12 x 250ml gespringde springmielies500ml suiker2ml sout5ml karamelgeursel125ml gouestroop500ml water
Metode
Versprei die springmielies in ‘n dun laag op ‘n bakplaat of oondpan.Roer die res van die bestanddele oor matige hitte totdat die suiker opgelos is.Was die suikerkristalle wat teen die kante vassit af met ‘n kwassie wat in koue water gedompel is.Kook die stroop tot by ligtekraakstadium. Hierdie stadium word bepaal deur die volgende toets: as ‘n bietjie van die stroop in yskoue water gedompel word, versprei dit in drade wat styf en bros is.Gooi die stroop oor die springmielies en roer dit vinnig met ‘n groot lepel.Laat effens afkoel voordat die springmielies los van mekaar gebreek word.Laat dit heeltemal koud word en plaas in lugdigte houer.
Maklike Skons
1 koppie meel2 teelepels bakpoeier½ teelepel sout1 eier – vul die koppie verder met melk
Metode
Meng alles deurmekaar en skep ‘n vol lepel in kolwyntjie pannetjies.Bak in oond tot gaar.Wenk: Varieer deur of gerasperde kaas of geklopte biltong by die mengsel te voeg.
Lekker Tert
Kors van fyngedrukte Marie of Tennisbeskuitjies met gesmelte margarine gemeng1 blik kondensmelk¼ koppie suurlemoensap
Metode
Meng bogenoemde met 500ml yoghurt (enige geur).Gooi in die kors en bak 5 – 8 minute in die mikrogolfoond.Koel af in yskas.
Mieliepap-poffers
250ml koekmeelblom250ml warm, gaar mieliepap1 eier65ml gerasperde kaasKnippie sout15ml bakpoeierKookolieGegeurde Sout
Metode
Voeg koekmeelblom geleidelik by pap en roer deurentyd.Klits eier en roer by pap-en-meelmengsel in.Voeg kaas en sout by.Voeg bakpoeier by en meng goed.Verhit kookolie oor matige hitte in ‘n swaarboombraaipan.Drup ‘n vol lepel meel daarin.Braai aan albei kante en tot goudbruin.Strooi gegeurde sout oor en sit warm voor.
Pizza
Aspersie vulselPlaas gedreineerde aspersie stukke op rou deeg.Besprinkel met gekapte ham en gerasperde kaas.
Bacon vulselBraai gekapte spek, gekapte uie, ˝greenpeper˝, tamatie en geur met sout en peper.Skep lepels op rou deeg en strooi kaas bo-op.
Soutvleis vulselGeur soutvleis met mostert en smeer oor rou deeg.Sprinkel gekapte argurkies en tamaties op deeg.Gooi gerasperde kaas bo-op.
Ham vulselGeur tamatiesous met oregano en smeer oor rou deeg.Sprinkel gekapte ham, uie, gebraaide sampioene en kaas bo-op.
Salami vulselRangskik stukke salami, uieringe, olywe en tamatieskywe op rou deeg en sprinkel kaas bo-op.
Tuna vulselGeur tamatiesous met knoffelsout en smeer op rou deeg.Sprinkel gevlokte tuna en uieringe bo-op.Besprinkel met kaas.
Wenk: Gebruik klaargemaakte brooddeeg wat by supermark gekoop word.
Rooibos kaasmuffins
500ml koekmeelblom15ml bakpoeier2ml sout5ml mostert250ml Freshpak rooibos (effens afgekoel)250ml cheddar kaas1 ekstra groot eier80g sagte botter in blokkiesPaprika
Metode
Voorverhit oond tot 200ºC en spuit ‘n muffinpannetjie met ‘n kleefwerende middel.Sif meel, bakpoeier, sout en mostert saam.Meng rooibos, kaas en eier saam in ‘n ander bak.Vryf botter met vingerpunte in meelmengsel tot dit soos broodkrummels lyk.Roer rooibos mengsel versigtig by die droë mengsel.Roer net tot gemeng – nie te veel nie, anders sal muffins plat wees.Skep in pannetjie en sprinkel paprika oor.Bak 20 minute of tot gaar.Bedien warm of koud met botter.
Skon-Pizza
500ml koekmeelblom20ml bakpoeier2ml sout60ml botter of margarine250ml melk
Metode
Voorverhit oond tot 200ºC.Smeer ‘n oondvaste bak of pan (30 x 25 x 5).Sif koekmeelblom, bakpoeier en sout saam.Vryf botter met vingertoppe daarin tot gemeng.Sny van die melk met ‘n slaplemmes in die meelmengsel in om ‘n sagte deeg te vorm.Voer die boom van die bak met deeg uit.
Vulsel
250g spekvleis (gesnipper)1 ui, gekap50ml blatjang200g gerasperde kaas4 middelslag tamaties1 eier250ml melk1 blik knopiesampioene, fyn gesnySout en peper
Metode
Skil en sny tamaties in skywe en braai spekvleis en ui saam tot mengsel begin verkleur – laat afkoel.Smeer blatjang liggies oor skondeeg en strooi ¾ kaas bo-oor.Versprei spek en uie mengsel oor kaas en bedek met tamatieskywe.Geur met sout en peper en oorblywende kaas.Klits eier en melk saam en gooi bo-oor.Bak 25 minute tot stol op middelste oondrak.Sny in vierkante en sit warm voor.
Springmielie-Ruimterotse
230g wit suiker (285ml)250ml gouestroop1 x 100g pakkie jelliepoeier1 x 200g pakkie springmielies
Metode
Meng suiker, stroop en jellie saam in swaarboomkastrol.Roer oor stadige hitte tot suiker smelt.Bring tot kookpunt en laat 5 minute prut.Roer aanhoudend.Plaas mielies in ‘n groot mengbak.Skep stroop oor en roer met vurk en vorm balle.
Vinnige Crunchies
Meng 250ml gesmelte botter of margarine met 15ml stroop.Meng 5ml koeksoda met 15ml melk.Meng 2 koppies hawermout, 1 koppie suiker, 1 koppie klapper en 1 koppie meel.Meng al die bestanddele saam.Plaas in pan en bak by 180ºC vir 15 minute.
Klapperys
375g klapper3 teelepels suurlemoensap1 blik kondensmelkVoedselkleursel
Metode
Meng kondensmelk en suurlemoensap en voeg klapper by, meng tot stywe bal.Verdeel, kleur en druk 2 lae in bak.Plaas in yskas en sny in blokkies.
RESEPTE VIR SUIWEL-ALLERGIE KINDERS
Elke ouer moet weet… dat elke kind ‘n talent het – Solly Ozrovech
Lemoen Sjokolade Truffles
300g donker sjokolade (Albany is suiwel-vry)150ml Orley-Whip5ml lemoengeurselGerasperde lemoenskil van 1 lemoen100g amandels fyngekapGesifte Nestle Kakao
Metode
Breek die sjokolade in stukkies en smelt vir ongeveer 2 minute op medium in mikrogolf.Mikrogolf die Orley-Whip 1 minuut lank teen 10% krag en roer by sjokolade tot glad.Laat afkoel. Voeg geursel, skil en amandels by en meng goed.Bedek die mengsel en bevries totdat dit styf genoeg is om balletjies te rol.Rol die balletjies liggies in kakao.As die balletjies te sag en taai word om te rol, plaas die mengsel weer in die yskas om te verkoel.
Kakao Fudge
1.2kg suiker500ml soja melk250ml kakaopoeier75ml goue stroop5ml sout100g blossom lite margarine10ml vanilla geursel
Metode
Verhit suiker, melk, kakaopoeier, goue stroop en sout oor lae hitte totdat die suiker opgelos het.Bring mengsel tot kookpunt. Kook tot hardebalstadium.Voeg margarine en geursel by gekookte mengsel.Klits mengsel met ‘n elektriese menger totdat fudge begin verdik en verkoel.
Werk nou vinnig: Giet mengsel in gesmeerde rolkoekpan.Laat afkoel en sny in blokkies (72 blokkies).
Piesang Roomys
3 ryp piesangs, fyngedruk37.5ml suurlemoensap375ml vars lemoensap100ml goue stroop80ml strooisuiker2ml vanilla kleursel250ml Orley-Whip, styfgeklop
Metode
Meng piesang, suurlemoensap, lemoensap, stroop, suiker en vanilla saam. Roer goed.Vou Orley-Whip versigtig by mengsel in. Skep in ‘n vrieskashouer. Vries tot byna gestol is.Klits mengsel weer goed en plaas terug in vrieskas om te stol.
Cremora Tert
167g cremora83ml kookwater200ml suiwelvrye kondensmelk45ml suurlemoensap2 druppels eiergeel kleursel
Metode
Los cremora in kookwater op en plaas in yskas totdat koud.Klop styf en klop gekondenseerde melk by.Giet suurlemoensap geleidelik by en klop tot styf.Giet in kors en versier met suurlemoenrepies.
Kors
4 koppies fyngedrukte cornflakes30ml suiker100ml blossom lite margarine2g kaneel
Metode
Smelt suiker en blossom saam.Voeg kaneel by en meng met cornflakes.Druk vas in gesmeerde tertbord.Laat koud word in yskas voordat vulsel ingesit word.Die resep is voldoende vir 2 korse.
Sjokolade Koek
3 koppies koekmeelblom4 teelepels bakpoeier 2 koppies suiker1 teelepel kakaopoeierKnippie soutSif al bogenoemde bestanddele saam.
2 koppies kookwater1 koppie olie2 teelepels vanilla1/5 koppie druiwe asynMeng bogenoemde bestanddele saam.
Metode
Meng die twee beslagte in met ‘n vurk tot roomglad en klontvry.Gooi in gesmeerde oondpan of pyrexbak.Plaas in voorverhitte oond en bak 25 – 30 minute by 180ºC.Versier soos gewoonlik of gebruik “Pillsbury Ice Frosting” – dis heerlik.
Vla (dik vla vir poeding)
1 liter kookwater300ml cremora poeier30g blossom lite margarine110ml suiker5ml sout100ml vlapoeier5ml vanilla
Metode
Voeg die 1ste 5 bestanddele saam in ‘n kastrol en kook.Maak vla met 125ml koue water aan en voeg by. Roer gedurig.Verwyder van stoof wanneer dit dik is en voeg vanilla by.
Smelt in die mond southappie
1 rol klaar voorbereide blaardeegOlieAromat
Metode
Ontvries die blaardeeg en sny in langwerpige vingers van 1.5cm lank.Braai in diep olie tot goudbruin.Haal uit olie en besprinkel met aromat.Oortollige olie kan met kombuishanddoek papier gedreineer word.
Pannekoek sonder eiers
250ml koekmeelblom2ml bakpoeier2ml koeksoda1ml sout450ml water12.5ml asyn60ml olie
Metode
Sif meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam.Meng water, asyn en olie.Roer die helfte van die vloeistof by die droë bestanddele. Meng tot glad.Roer die res van die vloeistof by om ‘n loperige beslag te vorm.Giet 100ml beslag op ‘n keer in ‘n verhitte gesmeerde braaipan.Braai pannekoek aan beide kante tot goudbruin en gaar – resep voldoende vir 6 pannekoeke.
Suiwelvry Kondensmelk
40ml water80ml Orley-Whip160l suiker15ml mielieblom200ml cremora (1 op 3 aangemaak)Knippie sout2ml xanthan5ml vanilla essens
Metode
Maak cremora aan en meng die water en Orley-Whip in ‘n mengbak.Klits mielieblom en suiker, wat vermeng is, by tot ‘n gladde tekstuur verkry is.Voeg die mengsel by die cremora en klits goed.Voeg ander bestanddele by en kook vir 1 minuut, voeg vanilla by en laat afkoel.NS: Skep roomlaag af indien gevorm word na opkoking.
Goue stroop
2.5kg suiker5ml sout5ml kremetart500ml water1l yskoue water
Metode
Plaas die suiker, sout en kremetart in ‘n groot kastrol en voeg 500ml water by.Verhit totdat al die suiker opgelos is, voordat die mengsel begin kook. Roer gedurig.Verwyder die suiker kristalle van die kante af met ‘n nat kwassie.Laat kook mengsel tot liggeel van kleur.Voeg die yswater baie stadig en baie versigitig by. (Die mengsel kook op en maak stoom)Kook totdat stroop dik genoeg is.Die stroop moet ‘n draad van sowat 5cm lank van lepel afloop.
Rooibostee-Koeldrank
3 rooibostee sakkies750ml kookwater1stokkie pypkaneel (opsioneel)150ml suiker250ml onversoete appelsap, bv. Liqui-fruit
Metode
Laat tee, kookwater en pypkaneel trek totdat die water koud is.Roer suiker en appelsap by koue tee. Verkoel.Verdun die teemengsel net voor opdiening om die helfte met sodawater of koue water. Skink.
a) Voedsel bevat melk en of laktose indien die volgende woorde op die verpakking verskyn:* Any milk from animal origin * butter * margarine-when not indicated milk-free * Buttermilk * Yoghurt * Cheese * Milk solids * whey * Curds * Lactoglubuling * Casein * Lactate * Lactic acid * whey syrup * LactoseProdukte met bogenoemde bestanddele moet vermy word indien u ‘n onverdraagsaamheid vir melk/lactose het.
b) Voedsel bevat eiers indien die volgende woorde op die verpakking verskyn:* Egg * Egg white * Egg yolk * Albumen * Egg lecithin * Vitellen * Ovevitelling * Liveting * Globulin * Ovomucoid * Ovomucin * Egg lysozymeProdukte met hierdie bestanddele moet vermy word indien u ‘n onverdraagsaamheid vir eier (geel/wit) het.
c) *Sojamelk * Karobpoeier * xanthan * ens. Kan by enige gesondheidswinkel verkry word. Bv. Health corner, Langs Pick ‘n Pay, LangenhovenparkEmagene’s by Shoprite CheckersLet’s eat right, Sanlam Plaza, Preller Plein
No Egg (substant vir Eier) is beskikbaar by Let’s eat right.Dit word in die plek van eier gebruik – net soos ‘n eier.
ALLERLEIElke ouer moet weet … dat modder maklik uitwas – Solly Ozrovech
Maklike Speelgoedklei
1 koppie meel1 eetlepel sout1 eetlepel olieWaterKleursel
Metode
Meng alles deeglik tot ‘n gladde deeg.
Handeroom vir Juffrou/Kleuterhande
1 klein botteltjie babapoeier1 klein potjie Vaseline1 botteltjie amandelolie1 botteltjie gliserien (dieselfde hoeveelheid as amandelolie)Enige ander handeroom net vir reuk
Metode
Pas die hoeveelhede maar aan soos dit nodig is.Smeer makliker aan as dit nie so styf is nie.
Speeldeeg 1
2 koppies meel¾ koppie sout1 eetlepel slaai-olie½ koppie water
Metode
Meng water en slaai olie.Roer meel en sout in.Knie tot soos brooddeeg.Indien nodig, voeg watter by.Druppels voedselkleursel kan by dele van die deeg gevoeg word.Die deeg sal aanvanklik streperig lyk, maar sal weldra eenvorming in kleur wees.
Speeldeeg 2
2 koppies meel½ koppie sout2 teelepels kookolie2 koppies water4 teelepels kremetart1 bottel voedselkleursel
Metode
Meng met houtlepel.Kook al die bestanddele oor medium hitte vir 5 minute, totdat die mengsel van die kant van die pot af loskom.Laat afkoel.Plaas in plastieksakkies in yskas.
Lekkergoedmanne
Enige sagte lekkergoed waardeur ‘n naald gesteek kan word, is geskik. Gebruik ‘n dubbele draad gare en ‘n lang, dun naald. Begin en eindig altyd met ‘n groot knoop in die gare.
Begin met die bene. Begin by een voet, voltooi die been en gaan direk aan met die ander been – van bo af na die voet toe.Maak nou die lyf. Vou die gare dubbel om die garedraad van die bene en steek dit dan deur die naald. Maak nou die lyf van onder af boontoe tot by die kop en eindig met die hoed.Maak die arms. Begin met een hand, maak die arm, steek die naald deur die lekker wat die bors voorstel en voltooi die ander arm aan die ander kant en eindig met die hand.
Lekkergoedmandjie
Sny gekleurde pypskoonmakers middeldeur – elke helfte is sowat 15cm lank.Gebruik eetbare koekvormpies van Fatti’s en maak ‘n klein gaatjie in elke koekvormpie, ongeveer 1cm van bo. Wees versigtig want die vormpie breek maklik.Steek die pypskoonmaker deur die gaatjie en buig dit om ‘n handvatsel voor te stel.Maak nog ‘n gaatjie regoor die eerste een en steek die ander punt van die pypskoonmaker daardeur.Skeur die lint in smal repies en bind ‘n strikkie om elke handvatsel.Vul die mandjies met lekkergoed.
Speletjies
Vir die 1 tot 2 jarige kind
Rammelaars rammel
Gee jy ‘n partytjie vir ‘n paar babas en weet jy glad nie hoe om dit vir hulle plesierig te maak nie? Laat hulle lawaai maak. Gebruik ‘n paar ligte, liefs deursigtige plastiekbottels en gooi ‘n klompie kleurryke knope of plastiekkrale daarin. Draai die doppies van die bottels weer styf op. Jy het nou goedkoop rammelaars waarmee die kinders hulself kan vermaak.
Sneespapier skeur
Een- tot tweejariges weet niks van saamspeel nie. Wat hulle wel interesseer, is om goed stukkend te skeur. Koop ‘n pak sneespapier, sit die kinders op ‘n kombers en laat hulle na hartelus papier opfrommel en skeur. Hou net ‘n ogie dat dit nie in die monde beland nie.
Vir die 3 tot 5 jarige kind
Aartappelresies
Elke deelnemer kry ‘n lepel en ‘n middelslag-aartappel. Wanneer hulle agter die wegspringstreep plek inneem, sit elkeen sy aartappel in sy lepel en hou die lepel aan die steel vas. Die een wat eerste oor die wenstreep hardloop met die aartappel steeds in die lepel, is die wenner. Val die aartappel tydens die resies af, kan die kind dit optel, weer in sy lepel sit en verder hardloop. Vir groot kinders kan die aartappels deur rou eiers vervang word. Val die eier en breek dit, word die kind gediskwalifiseer.
Papiervoëls vlieg
Kleuters wat nog te jonk is om lekker met mekaar te speel, kan met papiervoëls besig gehou word. Gee vir elke kind ‘n voël met ‘n toutjie aan. Hulle hardloop dan buite rond met die voëls wat agter hulle aangevlieg kom. Maak maar ‘n paar ekstra vir wanneer daar een breek.
Vergroot die patroon tot die werklike grootte en teken dit na op ‘n stuk stywe papier wat dubbel gevou is. Knip die voël uit. Plak ‘n stukkie stywe papier voor naby die bekkie om dit te versterk. Maak ‘n gaatjie deur die dubbele laag papier en maak ‘n toutjie daaraan vas.
Aan-aan
Een kind is “aan”. Hy jaag sy maats om een te probeer aanraak, maar hulle hardloop weg. Slaag hy daarin om ‘n kind aan te raak, is jy self nie meer aan nie, maar wel die ander kind en begin die rondjaery van voor af.
Variasie 1 Die een wat aangeraak is, moet aangeraakte plek, byvoorbeeld sy skouer of rug, vashou terwyl hy die ander probeer aanraak. Die geheim is om die ander op ‘n moeilike” plek te probeer aanraak, byvoorbeeld onder die voet of aan die enkel, sodat dit daardie een se beweeglikheid kniehalter.
Variasie 2 Die kind wat aangeraak word, moet die een wat aan is se hand vashou en saamhardloop. Albei is nou aan. Raak hulle ander kinders aan, moet hulle by die “ketting” aanlas en is ook aan. Die speletjie duur voort totdat almal aangeraak is. Die kind wat eerste aangeraak is, kry die volgende beurt om aan te wees en die speletjie van voor af te begin.
Variasie 3 Sodra iemand aangeraak word, gaan staan hy wydsbeen doodstil. Een van die ander maats wat nie aan is nie, probeer nou deur sy bene kruip om hom vry te maak. Slaag iemand daarin, is hy vry om weer saam met die ander te harloop. Die een wat aan is, moet probeer om sou gou moontlik soveel moontlik maats aan te raak dat hulle wydsbeen stil moet staan en die ander kans kry om hulle te bevry nie.
Ander bekende speletjies
PoppekasVideo’sWegkruipertjieSkattejagVrot eier
Kinderdeeg vir koekies
250ml koekmeelblom62ml vlapoeier62ml versiersuiker125ml margarien
Metode
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n bakplaat. Meng al die bestanddele baie goed. Rol die deeg uit en druk vormpies af. Bak vir 15 min.
Deegklei
Genoeg vir 4 kleuters
500ml water250ml sout30ml olie15ml kremetartKleursel500ml koekmeelblom
Metode
Kook die water, sout, olie en kremetart saam totdat die deeg ‘n bal vorm en los van die kante af kom. Voeg die kleursel en die koekmeelblom by. Knie baie goed en bêre in ‘n lugdigte houer.
Vingerverf
250ml koekmeelblom250ml koue water250ml suiker750ml kookwaterKleursel
Metode
Meng koekmeelblom en koue water. Voeg suiker by en meng. Verhit en roer totdat die mengsel glad is. Voeg kookwater by en laat opkook. Kleur met kleursel en laat afkoel.
Tuisgemaakte gom
250ml koekmeelblom250ml suiker5ml aluin1 liter kookwater10ml olie
Metode
Kook die koekmeelblom, suiker, aluin en kookwater tot dik en helder. Voeg die olie by. Laat afkoel en bêre in ‘n lugdigte houer.
Top Related