EERSTE UITGAWE VAN DIE JAAR: 31 JANUARIE 2014
INHOUDSOPGAWE
Brief van die hoof Bladsy 2
Matriekuitslae 2013 Bladsy 4
Graad 8-verwelkoming Bladsy 6
Matriekbalkies Bladsy 8
Interhuis-atletiekbyeenkoms Bladsy 9
Ander attletiekbyeenkomste Bladsy 12
Gholf Bladsy 12
Graad 8-atletiek en -swem Bladsy 13
Tennis eerste span Bladsy 13
Krieket Bladsy 14
Bloedskenk Bladsy 15
Personeel word bederf Bladsy 15
Advertensies Bladsy 16
Kalender eerste kwartaal Bladsy 17
Kontakbesonderhede Bladsy 17
TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE
Die skool waar elkeen iemand is!
www.durbanvillehs.co.za
ber 2012
TEL: 021 976 3188 / FAKS: 021 976 3189 [email protected]
BRIEF VAN DIE HOOF
Geagte ouers
Welkom terug by die skool en al die bedrywighede waarin u ook deel. Ons hoop dat die feestyd vir u
almal besonders was en dat die tydjie saam met u kind ook besonders was.
Ons jaar het (soos altyd) ook volspoed weggespring. Ons matrieks het met hulle puik prestasies van
2013 gesorg dat dit ‘n aangename wegspring was.
U is waarskynlik al bewus daarvan, maar ek deel dit graag weer met u.
Daar was 163 kandidate. 158 (96,9%) het geslaag.
126 (77,3 %) kandidate het met universiteitstoelating geslaag.
Daar was 225 vakonderskeidings.
Ons het 5 kandidate op die merietelys vir vakke gehad: Afrikaans 3, IT 1 en Dansstudies 1.
In 14 vakke (uit 17) het meer as 50 % van die kandidate 50 % en meer behaal.
In 9 vakke het meer as 60 % van die kandidate 60 % en hoër behaal.Ek toon graag die vakke aan:
Rekeningkunde 28 uit 35, Afrikaans 117 uit 163, Drama 27 uit 33, FAL 112 uit 131, Home Language
30 uit 32, IT 10 uit 11, WG 42 uit 70, Fisiese wetenskappe 27 uit 43 en Kuns 28 uit 46.
In die groep 50 % en meer kom die volgende vakke ook by: Verbruikerstudies 26 uit 36,Ekonomie 15
uit 29, IGO 23 uit 40, Lewenswetenskap 45 uit 82, Wiskunde 52 uit 93.
Negentien kandidate het met onderskeiding geslaag.
Dan vir die kersie op die koek: twee van ons kandidate was op die merietelys: Wianké Jenkins en
Elke ter Borg het hierdie uitsonderlike prestasie behaal.
U kan dus sien waarom ons so trots op die gewese leerders se uitslae is. Vir oulaas klap ons vir die
matrieks van 2013 hande en dan word die aflosstokkie oorgegee aan die graad 12’s van 2014. Ons
glo dat hulle vir net sulke blink en ook nog blinker prestasies gaan sorg.
Ons graad 8’s het ook baie vinnig ingeskakel en hulle het hulle baadjies as volwaardige Durbanvillers
op Maandag 20 Januarie ontvang. Baie dankie aan al die ouers wat hier was – sulke betrokkenheid
voorspel baie goed vir die jare wat voorlê.
Ons het hierdie jaar ons skoolrooster aangepas. Die periodes is korter as verlede jaar, maar die
totale ure onderrigtyd is steeds dieselfde. Ons dink dat die korter periodes meer effektief gaan wees
en ons die onderrigtyd meer effektief sal kan benut.
U het ook reeds die boekie ontvang waarin die datums aangedui word vir die indien van take. Hou
die boekie op ‘n veilige plek en raadpleeg dit maar gereeld.
Al die graad 8-handboeke is nog nie afgelewer nie. As gevolg van ‘n skerp toename in inskrywings,
moes ons aan die einde van verlede jaar ‘n addisionele bestelling plaas. Die bestelling sal volgens die
Departement binne die volgende paar dae gelewer word. Ons glo dat teen die tyd dat u hier lees al
die boeke uitgedeel sal wees.
Ons verwelkom ook graag vir me Watkins op ons personeel. Sy is aangestel in die plek van me
Dippenaar wat verlede jaar ‘n pos by die Hoërskool Strand aanvaar het.
Me Mantel-Böhr is ook ongesteld en kan eers weer op 17 Februarie diens hervat. Ons was gelukkig
om me Rhoda van Schalkwyk te kry om in haar plek waar te neem.
Tydens die vakansie is daar ook heelwat werk op die terrein gedoen. Ons sekuriteitsmaatskappy is
besig om’n nuwe kamerastelsel te installeer wat ons sekuriteit tot ‘n volgende hoër vlak sal neem.
Die area by die swembad is opgeknap en skadunette is opgerig. ‘n Pawiljoen gaan onder die nette
geplaas word.
Outomatiese besproeiing word aangelê by die area rondom die astro-baan.Dit gaan ook uitgebrei
word na die atletiekbaan en die A-rugbyveld.
Lugreëling is geïnstalleer in die ouditorium en die verskil kan reeds Maandae tydens die
saalbyeenkomste waargeneem word. Verder verhoog dit ook die aanvraag na die fasiliteit by
huurders.
Ons kleurebyeenkoms was ook baie suksesvol en ons sien uit na die ontmoeting met The Settlers en
Fairmont op die baan en die pawiljoen.
Voorbereiding vir Ko-Ed is in volle swang en ons sien uit na die ontmoeting op 14 Februarie.
Die krieketspelers het ook reeds begin speel en puik uitslae behaal – dit is nie aldag dat 2 van ons
spelers elkeen 6 paaltjies inoes nie!
Ons eerste swemgala is ook agter die rug en dit lyk of die swemspan vanjaar weer baie goed gaan
wees.
Voorspoed tot volgende keer.
G.L. Germishuys
MATRIEKUITSLAE 2013
Hoërskool Durbanville se hart kan voorwaar trots klop vir die matrikulante van 2013. Die skool het
19 leerders wat A-gemiddeldes behaal het en ’n totaal van 225 vak-A’s. Twee van die leerders,
Wianké Jenkins en Elke ter Borg, het boonop die Wes-Kaapse Onderwysdepartement se merietelys
gehaal.
Die A-kandidate vir 2013 is, in volgorde:
1. Wiankè Jenkins
2. Elke ter Borg
3. Francois Lombard
4. Annemien Liebenberg
5. Christiaan van den Heever
6. Ilzeli Zwarts
7. Mia van Tonder
8. Lara Hattingh
9. Ryno Swart
10. Lezandi Fourie
11. Anneline Mathee
12. Tana Hendrikse
13. Elizabeth Rademan
14. Andrea Visser
15. Simone Kruger
16. Mari Theron
17. Charl Hopkins
18. Inemari Prins
19. Mieke Snyman
Tydens die eerste saalbyeenkoms van die jaar is die A-kandidate van 2013 spesiaal gelukgewens
tydens die gebruiklike Pennefunksie, waar elke A-kandidaat ’n pen van die skool ontvang het as
gelukwensing. Die foto hier onder is na afloop van die geleentheid geneem.
Die volgende leerders het uitsonderlike prestasies behaal: Wianké Jenkins
95,3% gemiddelde (1ste plek HSD top-19)
7 vak-A’s
Haal WKOD se merietelys
Afrikaans Huistaal: 1ste plek in Wes-Kaap Elke ter Borg
95,0% gemiddelde (2de plek HSD top-19)
8 vak-A’s
Haal WKOD se merietelys
Afrikaans Huistaal: 7de plek in Wes-Kaap Francois Lombard
89,5% gemiddelde (3de plek HSD top-19)
8 A’s
Inligtingstegnologie: 5de plek in Wes-Kaap Elizabeth Rademan
81,8% gemiddelde (13de plek HSD top-19)
5 vak-A’s
Afrikaans Huistaal: 8ste plek in Wes-Kaap
GRAAD 8-VERWELKOMING
Tradisie speel ’n belangrike rol by Hoërskool Durbanville. So word daar sedert 1998 na afloop van die
graad 8’s se verwelkomingsweek ’n baadjieseremonie gehou waartydens hulle vir die eerste keer hul
skoolbaadjies mag aantrek.
Tydens Maandag 20 Januarie se saalbyeenkoms is leerders by naam en in klasverband op die
verhoog geroep, waarna hulle amptelik hul baadjies aangetrek het. Hierna het hulle voor die hele
saalgroep, wat hul ouers ingesluit het, opgestaan en bewegings uitgevoer op die maat van musiek.
Die skoolhoof, mnr. George Germishuys, het hulle daaraan herinner dat hulle hierdie dans twee keer
tydens hul hoërskoolloopbaan gaan uitvoer – die volgende keer sal wees wanneer hulle in 2018 die
seniors van die skool word.
As deel van die graad 8’s se verwelkomingsprogram het hulle ook deelgeneem aan ’n swemgala en
’n atletiekbyeenkoms spesifiek vir graad 8’s. Sien die collage van foto’s wat tydens die
verwelkomingsweek geneem is.
EERSTE DAG (foto’s: Judith Stopforth)
GRAAD 8-SWEMGALA (foto’s: Judith Stopforth)
GRAAD 8-ATLETIEKBYEENKOMS (foto’s: Judith Stopforth)
GRAAD 8-BAADJIESEREMONIE
MATRIEKBALKIES
Tydens dieselfde byeenkoms het vanjaar se matrieks hul matriekbalkies ontvang.
INTERHUIS-ATLETIEKBYEENKOMS
Die skool se jaarlikse interhuis-atletiekbyeenkoms is op Vrydag 24 Januarie gehou.
Die uitslae was as volg:
Atletiekbeker: Meerendal
Barend Erlank en Brunick Bezuidenhout, Meerendal se spankapteine, met die atletiekskild
Geesbeker: Bloemendal
Jessé Cupido en Sammy van Straaten, Bloemendal se spankapteine, met die pawiljoenskild
TEKEN SOLANK DIE VOLGENDE DATUM IN U DAGBOEK AAN: Hoërskool Durbanville Gholfdag
Datum: 8 Mei 2014
Plek: Durbanville Gholfklub Tyd: Afslaan vanaf 11:30
Borg: Bof/Setperk @ R3 000, Watergat @ R2 000 (met eie drinkgoed)
Kompetisie: 4-BBB Stableford @ R2 000
(Sluit baanfooie, geskenkpak, “halfway house”, aandete en prysuitdeling in)
Kontak Leonie Nel by 079 499 5444
Die volgende leerders het toekennings ontvang as die senior en junior victor en victrix ludora:
Senior Victor Ludorum: TJ Campbell (agter links)
Senior Victrix Ludorum: Bertmari Kraay (voor regs)
Junior Victor Ludorum: Kayleb van der Merwe (agter regs)
Junior Victrix Ludorum: Leiere Falck (voor links)
In die volgende items het leerders die rekords laat spat:
3000 m Seuns o/17: Lambert Brink 10:11,24; Mje Boshoff 10:17,09
200m Dogters o/14: Chene Bosch 28,3
Spiesgooi Dogters o/14: Annelie Young 26,78m
Spiesgooi Seuns o/17: Derick Turner 51,70m
400m Dogters o/17: Bertmari Kraay 61,0
Spiesgooi Dogters o/17: Suzanne Lureman 29,98m; Shereen Adams 25,5m
Interhuisfoto’s geneem deur SA School Portraits
ANDER ATLETIEKBYEENKOMSTE
Tydens Maandag 20 Januarie se saalbyeenkoms het die volgende dogters medaljes ontvang vir hul
prestasies tydens die Frans du Toit-atletiekbyeenkoms, soos gehou op 2 November (sien nuusbrief
van 8 November ):
Vlnr:
Zanne Lureman: Spiesgooi Dogters o/18 – Silwer medalje
Bertmari Kraay: 200m Dogters o/16 – Brons medalje
400m Dogters o/16 – Goue medalje
Alexis Hickson: Verspring Dogters o/16 – Silwer medalje
Pascal Rocher: 800m Dogters o/20 – Brons medalje
GHOLF
Christo Fivaz het op 19 Januarie deelgeneem aan die jaarlikse Boland Junior Ope Gholftoernooi op
Worcester en ‘n eerste plek behaal in die B-afdeling beste netto telling 74. Hy het ook op die
23ste Januarie aan die Citrusdal Junior Ope Toernooi deelgeneem.
GRAAD 8-ATLETIEK EN -SWEM
170 graad 8 leerders het op Vrydag 17 Januarie aan die jaarlikse graad 8-byeenkoms deelgeneem.
Leerders het in seksieverband deelgeneem en sodoende het hulle mekaar sommer “atleties” beter
leer ken! Baie dankie aan elke graad 8-leerder vir die entoesiasme waarmee julle elke item
aangedurf het.
Die volgende leerders het as oorwinnaars uit die stryd getree:
Item Seun Dogter
Spiesgooi Morndrey Titus Esthian Korb
Annelie Young
Gewigstoot Marcelino Muller Durand van Heerden
Annelie Young
Verspring Kayleb van der Merwe Annelie Young
100m Kayleb van der Merwe Chené Bosch
800m Stefan van Wyk Nicola Smith
Die “GEES-toekenning” het vanjaar aan die 8E-seksie gegaan!
Die volgende leerders het goed presteer tydens die graad 8-swemgala:
Werner Meyer, Juan Barnard en Saskia Swart.
TENNIS EERSTE SPAN
Die volgende leerders is gekies vir die skool se tennis eerste spanne:
Dogters:
Jané Grobler (hertoekenning)
Lara Mostert (hertoekenning)
Leandri du Toit (hertoekenning)
Nicole Schreuder (hertoekenning)
Seuns:
Freddie van der Merwe (hertoekenning)
Hanno Smit (hertoekenning)
Muller van der Westhuizen (nuwe toekenning)
KRIEKET
O/19A Krieket vs Edgemead, Saterdag 25 Januarie
Durbanville 108 almal uit
Beste kolwers Karl Heinz Hellmann
32
Edgemead 29 almal uit
Beste boulers Theunis du Toit Rowan Wolmarans
6/4 4/10
Durbanville wen met 79 lopies
O/19B Krieket vs Edgemead, Saterdag 25 Januarie
Durbanville 164/8
Beste kolwers Jaco du Plessis Duo Lureman Zander Schoeman
49* 26 25
Edgemead 159/9
Beste boulers Jamie Brink Duo Lureman
3/31 3/36
Durbanville wen met 5 lopies
O/15A Krieket vs Edgemead, Saterdag 25 Januarie
Edgemead 39 almal uit
Beste boulers Dale Cronshey
6/2
Durbanville 40/6
Beste kolwers: Heinrich Grobler
25*
Durbanville wen met 4 paaltjies
O/14A Krieket vs Edgemead, Saterdag 25 Januarie
Durbanville 68 almal uit
Edgemead 69/6
Durbanville verloor met 4 paaltjies
KRIEKETPRESTASIES
Karl-Heinz Hellmann is deel van die Noordelike Voorstede Skole O/15 krieketspan en het
deelgeneem aan opwarm-wedstryde teen die WP O/15 A en B-spanne in voorbereiding vir hul CSA
O/15-krieketweek wat in Desember plaasgevind het. Die Noordelike Voorstede Span het baie goed
gevaar en die reeks 3-2 gewen.
BLOEDSKENK
Die Wes-Kaap Bloedoortappingsdienste was op Dinsdag 28 Januarie by die skool en verskeie leerders
en onderwysers het bloed geskenk. Dankie aan elkeen van julle dat julle die tyd geneem het om
hierdie belangrike diens te verrig.
PERSONEEL WORD BEDERF
Simply Asia was so vriendelik om Donderdag 30 Januarie tydens tweedepouse vir die personeellede
iets te ete te bring. Hier smul hulle aan die lekker kos!
ADVERTENSIES
Kontak asb. die bemarkingskantoor indien u in die nuusbrief wil adverteer
ONE ON ONE PRIVATE HOCKEY COACHING
CONTACT CECILIA 084 444 3840
KALENDER EERSTE KWARTAAL 2014
FEBRUARIE
Di 4 Verwelkoming van nuwe ouers
Do 6 Swemgala: Interhuis
Wo 12 KO-ED: Langafstande (Parow)
Vr 14 KO-ED: Bellville Velodrome
Sa 15 Orkeskamp
Di 18 Mnr en Mej Durbie uitdunne
Vr - Sa 21 - 22 JAM-oorslaap
Di - Wo 25 - 26 Somersport- en individuele foto’s
Vr - So 28 Feb – 2 Mrt
Koorkamp
MAART
Di 4 English Olympiad
Vr - Sa 7 - 8 Tennis: HSD Tennistoernooi (1ste spanne S en D)
Sa 8 Damesontbyt: Matriekafskeid
Di 11 Rekenaarolimpiade: Talentjag
Wo 12 Swem: B-Liga Kampioenskappe
Do 13 Rugby: Night of Champions (Rugbyklubhuis en A-veld)
Vry 14 Mnr en Mej Durbie Gala-aand
Ma 17 Erekleurefunksie
Di 18 Lewenswetenskapolimpiade Graad 10 - 12
Vry 21 Vakansiedag (Menseregtedag)
Di 25 Sportdag vs Swartland (weg)
Wo 26 Seniordinee
Do 27 Algemene Kennis: Interne kompetisie
Vr 28 Skool sluit
APRIL
Di - So 1 - 6 Netbaltoer na George
Ma 7 Skool open
REKLAMEMATERIAAL: VRYWARING
Let asb. op dat Hoërskool Durbanville nie
verantwoordelik gehou kan word vir die inhoud van
advertensies van ‘n derde party wat hul dienste en /
of produkte in die aanlyn-nuusbrief adverteer nie; ook
nie vir die geloofwaardigheid en / of korrektheid van
die geadverteerde diens en / of produk nie.
Die derde party adverteer sy / haar diens en / of
produk op eie risiko op die voorwaardes soos vervat
in die oorspronklike ooreenkoms en enige verbruiker
wat gebruik maak van die geadverteerde diens en / of
produk, doen dit op eie risiko.
KONTAKBESONDERHEDE
Tel / Faks: 021 976 3188 (t) / 021 976 3189 (f)
Algemeen: [email protected]
Sport: [email protected]
Kultuur: [email protected]
Bemarking: [email protected]
Alumni / Oudleerders:
Borge: [email protected]
Klerewinkel: [email protected]
Boekekamer: [email protected]
Top Related