Klaskamerbestuur
of
Hoe om almal stil en soet en besig te hou
Adinda Vermaak Afrikaans-Vakadviseur
Onderwysdistrik Metro-Noord Wes-Kaap Onderwysdepartement
[email protected] [email protected]
Februarie 2016
Inhoud
Nuwe klas. Nuwe jaar. Nuwe onderwyser. ............................................. 1
Die eerste ontmoeting: Tien wenke............................................................ 3
Doelwitte vir die kwartaal of die jaar........................................................ 4
Leerdervraelys ............................................................................................. 5
Vyf wenke vir nuwe onderwysers .............................................................. 7
Topwenke vir klaskamerbestuur ............................................................... 8
‘Tien gebooie’ vir nuwe onderwysers ........................................................ 9
Uit: Sue Cowley se 100 wenke vir nuwe onderwyser. ............................ 10
Nog wenke vir nuwe onderwysers ........................................................... 11
Sorg vir ‘smart’ lesbeplanning ................................................................. 14
Skep ’n positiewe klaskameratmosfeer ................................................... 15
Julle is nou saam in die span .................................................................... 16
Laat almal die hele tyd dink – en skryf ................................................... 17
Sinvolle onderrigwenke – veral met ’n groot klas EAT-leerders ......... 19
Wat is die nut van nasien of terugvoering .............................................. 21
Banke in rye of tafels in groepe? .............................................................. 21
Kommunikasievaardighede – ’n Afmerklys ........................................... 22
Sosiale vaardighede wat alle leerders moet kan bemeester.................. 23
Vyf breingim-idees .................................................................................... 24
’n Gedragskode vir ons klas ..................................................................... 25
Kommentaar van Afrikaansonderwysers (UP-Lenteseminaar, 2015 .. 26
Werk saam met jou kollegas .................................................................... 27
Hoërskoolonderwysers van Metro-Noord aan die woord ..................... 28
Die top 10 strategieë om goeie gedrag aan te moedig ............................ 31
Tien belangrike lewensvaardighede ........................................................ 32
Vyf maniere om jou leerders te ‘wen’ ..................................................... 33
As jy nie die leerder wil konfronteer nie ................................................. 33
Effektiewe onderrig kan gedragsprobleme voorkom ............................ 34
Sewe praktiese wenke ............................................................................... 35
Tree konstruktief op teenoor ‘moeilike’ leerders .................................. 36
Mediteer? Ja, almal moet dit doen .......................................................... 37
’n Nuwe klaskamerbestuurstyl ................................................................ 38
Hoe sal jy ‘respek’ omskryf? .................................................................... 39
Ontwrigtende gedrag is onafwendbaar ................................................... 40
Waarom wíl leerders stout wees? ............................................................ 41
As jy móét raas ... ..................................................................................... 42
Leerderrespons/Gedragsrespons ............................................................. 43
Werk altyd aan jou professionele beeld................................................. 44
Sue Cowley se toptien strategieë om wangedrag te hanteer ................. 45
Effektiewe strafmaatreëls ......................................................................... 46
Wat sê die eintlike kenners van Metro-Noord? ..................................... 47
Wat van die onderpresteerders? ............................................................. 51
Jou stem is jou belangrikste wapen .................................................... .....52
Stres: Oppas vir uitbranding ................................................................... 53
Hoe goed betuur jy jou eie stres? Selfevaluering ................................... 54
Jy kán jou stres beheer as jy ... ................................................................ 55
18 Stappe op die pad na ’n positiewe ingesteldheid ............................... 57
Eintlik is dit nie so erg nie ....................................................................... 58
Bronne ........................................................................................................ 59
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 1
Nuwe klas. Nuwe jaar. Nuwe onderwyser.
Pak die volgende 20 persoonlike eienskappe in jou tas
voor jy by jou nuwe skool se deure instap. 1. Ek gee om vir jongmense. As dit nié die
geval is nie, moes jy nie die onderwys as
beroep gekies het nie.
2. Ek weet leerders het basiese behoef-tes waaraan voldoen moet word vóór leer kan plaasvind. Voorbeelde is hul
behoefte aan struktuur, om deel te wees van
’n groep en, natuurlik, almal se behoefte aan
waardigheid en selfvertroue.
3. Ek werk goed saam met ander volwassenes. As jy die klaskamerdeur
agter jou toegemaak het, gaan jy alleen en
afgesonder van ander volwassenes voel. Jy
moet dus sorg dat jy deel is van die span
onderwysers van julle skool.
4. Ek is passievol oor my vak en oor my leerders. Dit is baie moeilik om hieroor
toneel te speel; die leerders sal jou gou
uitvang as jy nie van kinders of nie van jou
vakrigting hou nie.
5. Ek is positief. As jy positief is, sal jy
intuïtief weet hoe jy leerders moet aan-
moedig en sal jy jouself kan motiveer.
6. Ek is aanpasbaar. Wat gaan jy doen as ’n
opdrag of ’n les net eenvoudig nie wil werk
nie? Jy moet op jou voete kan dink en
mislukking kan aanvaar. Moenie lank
daaroor tob nie. Dink aan ’n ander plan.
7. Ek is baie georganiseerd. Organiseer
jou boeke, uitdeelstukke, toetse, papiere –
alles, sodat jy elke Maandagoggend in ’n
mooi, netjiese klaskamer kan instap.
8. Ek het sterk werksetiek en sal langer werk as wat ek verwag het. Jy sal
(ongelukkig) saans, oor naweke en dikwels
ook in die vakansies moet werk.
9. Ek is ’n kenner van my vak. Jy moet
van die begin af hard werk om te sorg dat jy
meer as een treetjie voor jou leerders is. Dis
nie genoeg om net die inhoud van die hoof-
stuk te ken nie; jy moet ook weet hoe om dit
interessant oor te dra.
10. Ek weet hoe ek moet onderrig. Daar is
’n groot verskil tussen die kennis van die
inhoud en die vermoë om daardie inhoud te
onderrig sodat ál jou leerders dit verstaan.
11. Ek is bly oor terugvoering, voorstelle en kritiek. Baie mense wil nooit erken
hulle het ’n fout gemaak nie. In die onder-
wys is daar regtig niemand wat alles weet en
wat niks by iemand anders, byvoorbeeld ’n
kollega, kan leer nie.
12. Ek is taai. Enige onderwyser, ook die “ou
hande”, voel soms soos ’n mislukking, maar
jy sal dit moet afskud en die volgende
oggend moet opstaan. En wéér begin.
13. Ek is gewillig om te reflekteer oor wat ek goed doen, maar ook oor hoe ek kan verbeter. Veral beginneronderwysers
kan op moedverloor se vlakte sit ná ’n les
wat misluk het of oor leerders wat hulle
wangedra. Bly positief. Dink: Watter aspek
het gewerk? Hoe kan ek daarop voortbou?
14. Ek is nuuskierig en wil meer weet. Elke dag is daar nuwe inligting, idees en
tegnologiese ontwikkeling. Probeer bybly!
15. Ek kan my geloof en geesdrif behou. Bly glo dat jy ’n verskil kan maak. Natuurlik
sal jy nie elke kind kan red nie.
16. Ek kan vergewe en vergeet. Kinders
kan ongelooflik aaklige, onbesonne dinge sê
of doen. Daar sal seker een of dalk ’n hele
paar leerders wees wat iets onverskoonbaars
vir ’n maat of selfs vir jou sal sê. As een van
die ouers baie naar met jou is, moet jy in
staat wees om dit nie op die kind uit te haal
nie. Jy moet altyd groter wees as die lelike,
onbeskofte optrede teen jou.
17. Ek kan my emosies beheer. Jy moet die
voorbeeld stel van iemand wat altyd iemand
anders (ook die stoutste leerder in jou klas)
kan respekteer, iemand wat nie daardie kind
nie, maar die probleem kan hanteer.
Natuurlik help ’n goeie humorsin baie ... al
lag jy dalk eers lank ná die voorval.
18. Ek is professioneel wat my optrede en my kleredrag betref. Jy moenie net
professioneel aantrek of praat nie, maar ook
professioneel wees in jou skakeling en op-
trede teenoor ouers en in die personeel-
kamer. Dit beteken ook die volgende: Jou
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 2
leerders moenie te veel van jou persoonlike
lewe weet nie.
19. Ek het belangstellings buite die onderwys. In jou eerste onderwysjaar is
daar dalk nie tyd nie, maar kry vir jou ’n
stokperdjie, sluit aan by ’n leeskring of ’n
koor of ’n stapklub en sorg veral dat jy
genoeg tyd aan jou gesin afstaan.
20. Ek kan funksioneer as deel van ’n stelsel. Jy sal gou uitvind hoe belangrik is
posisie, mag en kollegas. In elke skool is
daar ’n sekere stelsel en strukture en
tradisies wat jy maar net moet aanvaar.
(Bluestein: 49−62)
Klink bostaande dalk intimiderend en
oorweldigend? Onthou: Die beste troos is:
Ondervinding baar kuns. Dit wil sê, jy sal
elke week, elke maand, elke jaar al beter
word. En onthou ook: Die meeste onder-
wysers erken dat hulle omtrent die hele
tyd toneelspeel en net máák asof hulle vol
selfvertroue daar voor die klas vol blasé,
verveelde tieners staan. (Leaman: 26)
Oefen solank die volgende
Een van Phil Beadle (How to Teach: 67) se wenke om te help met jou optrede as die
bemarker van jou vak is die volgende: Sorg vir genoeg byvoeglike naamwoorde wat
jy kan gebruik as komplimente. Sleep die tesourus en die woordeboek nader. Alle
skriftelike werk wat baie goed of baie netjies is, kan nie “Uitstekend!” of “Oulik” wees
nie.
Net so moet jy jou gesigsuitdrukkings oefen, byna asof jy vir ’n oudisie vir ’n
toneelstuk gaan. Saam met die idee dat dit wat die leerder geskryf of gesê het,
“Fenomenaal” en “Skitterend” is, moet jou oorstelpte gesig en jou lyftaal dit ook oordra.
Ongelooflik! Verbysterend!
Oefen dit in voor die spieël om seker te maak jy is oortuigend genoeg om selfs
jouself te flous. [In die voetnoot onderaan die bladsy gee Beadle die volgende raad om te help as jy so voor die spieël
staan en oefen: “Dit werk die beste na presies drie glase rooiwyn. Vergewe jouself as jy nie so
aantreklik lyk terwyl jy dit doen as wat jy dink jy gewoonlik lyk nie.”]
Leon Roode, Kurrikulumadviseur (Senior Fase) en Wiskunde-koördineerder in Metro-Noord, Wes-Kaap, voorheen Wiskunde-onderwyser aan die Laerskool De Tyger, se raad: Nadat die leerders aan die begin van die jaar in sy klaskamer ingestap het, het hy altyd
gevra: “Wil julle vanjaar PRET hê in die klas?”
“Ja, Meneer!!!”
Op die bord het hy die woord PRET geskryf. Dan het hy dit so verduidelik:
P Dit staan vir Praat! Wanneer mag of moet jy praat? En ... wanneer moet jy stilbly?
R Dit is … Respek: Respek vir jouself, vir jou maats, natuurlik vir my as onderwyser en vir
die ander onderwysers.
E Eerlik. Jy moet eerlik wees in jou antwoorde as ek byvoorbeeld vra: Hoekom het jy nie
jou huiswerk gedoen nie? Of: Het jy genoeg geleer vir die toets? Maar, nog belangriker: Jy moet ook eerlik wees teenoor jouself.
T Toewyding. Dis wat ons in hierdie klaskamer elke dag nodig het. Dit beteken: Harde
werk vir die res van die jaar; anders sal jou wiskunde beslis nie kan verbeter nie,
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 3
Die eerste ontmoeting: Tien wenke
Jy wil dadelik al die leerders in jou klas se aandag kry en hulle laat vergeet
van die afgelope vakansie. Soos met enige opvoering is die eerste paar
minute deurslaggewend om die regte verwagtinge te skep. Maak dus die
meeste van daardie eerste kernoomblikke.
1. Wees eerste in die klaskamer. Stel
jouself bekend en maak seker wie sit waar.
2. Glimlag en kyk na almal. Vertel hulle hoe
bly en opgewonde jy is om hulle vanjaar in
jou klas te hê. Klink geesdriftig. Hulle gaan
dit die res van hul lewens onthou. Regtig.
Gebruik jou normale, natuurlike stem. Jy sal
gou agterkom dat jou leerders jou stem-
toon en volume begin na-aap.
3. Wie is hulle? As jy nie die leerders se
name ken nie, is dit byna onmoontlik om hul-
le effektief te beheer en kan jy ook nie goeie
verhoudings opbou nie.
WENK: Laat die leerders aanvanklik
alfabeties sit. Skryf dadelik op jou papier hul
name in die blokkies wat elke skoolbank
verteenwoordig. (Dit help as hulle reeds buite
in die gang alfabeties in die ry staan en dan
so instap.) Begin deur die leerders se name
uit te roep. Soos hulle die regte uitspraak van
hul name gee, skryf jy dit vinnig langs hulle
name neer. (Rogers: 62)
4. Jy is in beheer. Kyk na die hele klas om
hulle aandag te kry. Stop in die middel van ’n
sin. Wag ... Kyk vir daardie leerders wat nog
praat.
5. Wag vir stilte. En gebruik dit dan effektief,
byvoorbeeld: “Ek wil hê julle moet almal
na my kyk en baie mooi luister.” (Cowley,
2011: 41)
6. Stel dadelik die grense. Dit is JOU
klaskamer; daarom moet hulle van die begin
af weet wat jy van hulle verwag. (Jones: 113)
7. Gebruik die voornaamwoord “ons”. “Ons gaan vanjaar almal lekker saamwerk in
hierdie klaskamer.” Onthou: Een van die
vernaamste hindernisse wat verhoed dat
leerders leer, is onsekerheid. Duidelike
reëls en ’n vaste roetine gee hulle daardie
sekuriteit en die “veilige” gevoel wat hulle in
jou klaskamer moet ervaar. (Dixie: 19)
8. Skep van die begin af die indruk: “Ek is vol
selfvertroue.” (Clandfield & Prodromou: 42)
Moenie rondkrap op die tafel op soek na ’n
boek of ‘n papier nie. Moenie agter jou tafel
staan nie. Nee, jy is nou die akteur wat die
hoofrol in hierdie drama gaan speel. In
navorsing in Engeland het ’n groep Year
Eleven leerders (naastenby ons graad 10’s)
gesê hulle vorm hul mening oor ’n nuwe
onderwyser in die eerste drie tot tien
minute en baie min van die leerders het
gereken dat hulle later van mening verander
het. Of die volgende ’n troos is, is te betwy-
fel: Byna álle onderwysers, ongeag hoeveel
jare onder-vinding hulle agter die rug het,
voel gespanne − en slaap sleg – voor die
eerste dag van die nuwe skooljaar. (Dixie:
9−12)
9. Daardie heel eerste sin! Net soos goeie
redenaars weet hulle moet dadelik die gehoor
laat regop sit met ’n interessante, treffende
eerste sin, moet jy ook voor die tyd dink aan
daardie eerste paar sinne waarmee jy hulle
gaan “vang”. En probeer dit doen met elke
les: ’n raaisel, ’n staaltjie, ’n treffende prent,
’n grappie, ’n uitdaging. (Lemov: 75-76)
10. Hou hulle besig. As jy adminwerk het wat
jy moet afhandel, moet jy sorg dat hulle besig
bly. Sorg dus dat hulle dadelik iets het om
reeds daardie eerste periode te doen. Hulle
moet gefokus wees sodra hulle by die klas-
kamerdeur instap. Die invul van ‘n
Leerdervraelys, soos die voorbeeld op pp.
5−6 sal hulle besig hou en jou ook kans gee
om deur die klas te beweeg en die leerders se
name te leer ken.
As hulle ’n basislyntoets moet voltooi,
moet hulle dadelik begin dink en skryf en
natuurlik weet jy daarna wie het jy voor jou
in die klas en jy weet ook op watter vlak kan
jy begin onderrig. (Bentley-Davies: 208)
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 4
Nog wenke om hulle besig te hou:
WENK 1: Hulle moet elkeen ’n brief vir
hulleself skryf wat hulle, as hulle klaar is, in
’n koevert gaan sit of moet vaskram, want
hulle gaan daardie briewe eers aan die einde
van die jaar, in die week voor die eind-
eksamen, lees. Hulle mag raad vra, maar nie-
mand anders mag hulle briewe lees nie. As
hulle sukkel, moet jy riglyne en idees gee
waaroor hulle kan skryf.
WENK 2: Laat hulle langs ’n, verkieslik
vreemde, klasmaat gaan sit. Hulle moet
saggies vir mekaar vrae vra en die antwoorde
neerskryf sodat hulle mekaar die volgende
dag aan die res van die klas kan voorstel. Dus
hul eerste mondelingopdrag. Gee leiding oor
die soort vrae wat hulle kan vra of hoe hulle
kan begin. So leer almal mekaar vinnig ken
én jy het jou eerste punte vir mondeling
WENK 3: Pas die Leerdervraelys
hieronder (pp. 5−6) na goeddunke aan, veral
waar die leerders hul antwoorde moet moti-
veer en redes en/of voorbeelde moet noem.
Doelwitte vir die kwartaal of die jaar
Vir die meeste leerders is daar min verband tussen hul skoolwerk en die lewe
daar buite. Maar onthou: daardie leerders (veral die wat weet almal weet
hulle is oorgeplaas) wil ook deel wees van die groep en hulle wil ook slaag.
Laat jou leerders aan die begin van die
kwartaal hul eie doelwitte vir Afrikaans of
vir jou vak vir die kwartaal of die jaar
neerskryf.
Daarna bespreek hulle dit wat hulle
neerge-skryf het met hulle groep.
Hulle moet saam, as groep, konsensus
bereik oor twee van die doelwitte.
Een lid uit elke groep lewer terugvoering
aan die res van die klas.
Skryf die verskillende doelwitte op die bord
of laat hulle dit self op die bord kom skryf.
Die klas stem dan oor die vyf belangrikste
doelwitte vir die klas.
Skryf hierdie doelwitte op ’n plakkaat, met
die datum, en plak dit op sodat almal dit
elke dag kan sien.
Onthou om gereeld daarna te verwys en vra
hulle om self en ook in hul groepe oor hul
vordering te praat. Moontlike voorbeelde:
1. Ons wil ons woordeskat uitbrei.
2. Ons wil goed doen in Afrikaans.
3. Ons wil ons punte verbeter.
4. Ons wil beter skryf.
5. Ons wil goeie toesprake maak.
6. Ons wil minder foute maak.
EN/OF
Laat hulle almal saam dink hoe jy, as onder-
wyser, hulle kan help.
Hulle moet dit ook in hul groepe bespreek
en neerskryf.
Neem die papiere in en belowe jy sal daar-
aan aandag gee in jou onderrig. As dit sin-
volle voorstelle is, moet jy onthou om hulle
te prys en later moet jy gereeld daarna
verwys. (Hess: 163)
Laat hulle aan die einde van elke week vrae
soos die volgende skriftelik beantwoord:
Wat was vir jou die lekkerste deel/dag van
hierdie week? Wat was die slegste?
Hoekom?
Wat kon jy gedoen het om die week vir
jouself beter te maak?
Wat kon jy gedoen het om dié week vir
iemand anders beter te maak?
Skryf drie dinge neer wat jy hierdie week
geleer het wat jy vir ten minste ’n jaar hierna
nog sal onthou. (Hess: 68−69)
Of hulle kan elkeen vyf tot tien reëls vir die
klaskamer neerskryf sodat alles doeltreffen-
der kan funksioneer. Daarna wys hulle dit
vir twee maats. Saam besluit hulle watter
reëls hulle wil voorstel. Dit help om hul
selfwaarde te verhoog, want hulle het mos
nou ook ’n aandeel gehad aan hoe hulle klas
gaan funksioneer. (Oosthuizen: 35−42)
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 5
Leerdervraelys Kies die vrae wat by jou leerders pas of waaroor jy self inligting wil weet. Gee duidelike opdragte, voor jy die lys uitdeel, bv. “Julle het ___ minute of die res van die periode om die lys te voltooi. As jy vrae het, steek jou hand op, dan kom help ek jou.”
1. Volle name. Noemnaam. ____________________________________________________ (Hoekom juis dié naam of name? Beteken dit iets? Is jy na iemand vernoem?)
Geboortedatum: ___________________________________________________________
2. Het jy susters en/of broers? Is hulle ouer of jonger as jy? ___________________________
3. Ouers/voogde se name, telefoonnommers en/of e-posadresse: ____________________
_________________________________________________________________________
4. Praat jou ouers Afrikaans by die huis? OF Met wie praat jy Afrikaans buite die klaskamer?
_________________________________________________________________________
5. Vriende: Wie is jou beste maat(s)? Enige maats in dié klas? ________________________
_________________________________________________________________________
6. Wie is jou held/iemand wat jy bewonder? Waarom? _______________________________
_________________________________________________________________________
7. Stokperdjies of belangstellings
7.1 Wat doen jy in die naweke en/of vakansies? ______________________________________
7.2 Gunstelingsport? Sportspan? __________________________________________________
7.3 Ander buitemuurse aktiwiteite? _________________________________________________
7.4 Lees jy gereeld boeke? ______________________________________________________
7.5 Watter boek(e) sal jy altyd onthou en waarom? ____________________________________
_________________________________________________________________________
7.6 Oor watter onderwerp lees jy graag of wil jy meer uitvind?____________________________
8. Beantwoord die volgende vrae so eerlik moontlik:
8.1 My drie beste eienskappe: ___________________________________________________
8.2 My drie slegste eienskappe: __________________________________________________
8.3 Ek raak hartseer as...________________________________________________________
8.4 Ek haat dit as mense... _______________________________________________________
8.5 Drie woorde wat ander mense seker gebruik om my te beskryf: ___________________
_________________________________________________________________________
9. Die skool:
9.1 Voltooi: Ek wens alle onderwysers... ____________________________________________
9.2 Waarvan hou jy van dié skool en waarom? _______________________________________
__________________________________________________________________________
9.3 Watter aspek van die skool sal jy graag anders/beter wil hê? _________________________
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 6
_________________________________________________________________________
9.4 Die beste ding wat ’n onderwyser vir my gesê of gedoen het, is... __________________
9.5 As ek ’n onderwyser is, sal ek _______________________________________________
9.6 Huiswerk. Onderstreep die antwoord wat pas:
A Ek doen dit sodra ek by die huis kom.
B Ek doen dit saans.
C Ek stel uit tot die laaste minuut
D Ek vergeet soms om my huiswerk te doen
9.7 Hoe leer jy? Wat doen jy om feite te probeer onthou? ____________________________
_________________________________________________________________________
9.8 Watter wenk sal jy vir onderwysers wil gee? ______________________________________
_________________________________________________________________________
9.9 Onderstreep die aktiwiteit(e) waarvan jy die meeste of baie hou:
9.9.1 Werk op my eie
9.9.2 Klasbesprekings
9.9.3 Groepwerk of groepprojekte
9.9.4 Navorsing
9.9.5 Wetenskapeksperimente
9.9.6 Om wiskundeprobleme op te los
9.9.7 Groeplees van bv. voorgeskrewe boek
9.9.8 Om op my eie te lees
10. Wat laat jou die meeste stres? En waarom?
10.1 Te veel huiswerk
10 2 Stry/argumenteer met my ouers
10.3 Is nie deel van ’n vriendegroep nie/voel uitgesluit
10.4 Sport: As ek verloor OF Nie vir span gekies word nie.
10.5 As ek nie klaarkry met ’n toets of eksamen nie
10.6 Druip of vaar swak in toetse of eksamen
10.7 En/of __________________________________________________________________
11. Wat is jou gunstelingvak op skool en waarom?
_____________________________________________________________________________
12. Waarmee sukkel jy die meeste in Afrikaans? (bv. spelling/mondeling/skryfwerk/taal/begripstoets)
13. Watter persentasie wil jy aan die einde van die jaar behaal? ______________________
14. Voltooi: Ek wil vanjaar die volgende doen om beter te presteer: ____________________
_____________________________________________________________________________
15. Wat wil jy eendag na skool doen en waarom? __________________________________
_____________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________
Terwyl hulle besig is om dit in te vul, kan jy jou adminwerk afhandel – en daarna ken jy jou leerders. Deel die lyste
aan die einde van die jaar weer uit en laat hulle kyk wat is steeds waar of wat sal hulle wil verander.
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 7
Vyf wenke vir nuwe onderwysers
Nuwe onderwysers word gewoonlik gebombardeer met tonne nuwe inligting oor die
skool wat hulle baie vinnig moet verwerk. Dan moet hulle boonop in die eerste week
elke periode vreemde leerders leer ken en begin onderrig. Hier volg vyf wenke van
kundige en ervare onderwysers.
1. Behou jou passie Onthou, jou passie vir kinders was die rede
waarom jy ’n onderwyser wou word. Het jy
geweet die woord “passie” kom van die Latynse
woord passus wat letterlik “lyding” beteken?
Passie behels dus nie net lekker prettige aktiwi-
teite of leerders wat aan jou lippe hang as jy iets
verduidelik nie. Dit impliseer ongelukkig ook
ure se beplanning en harde werk om jou eie
kennis uit te brei − juis sodat jy jou passie kan
demonstreer.
2. Bou verhoudings Moenie bang wees om raad te vra by jou
graadkollegas en die ander in jou vakspan nie.
Begin ook bou aan die verhouding tussen jou en
jou leerders en hul ouers. Jy gaan in die jaar wat
voorlê ’n belangrike rol in hul lewens speel.
3. Vra hulp Op haar blog, New Teachers: Twenty Tips for
Success, vertel Lisa Dabbs dat sy as skoolhoof
gesien het nuwe onderwysers vra gewoonlik nie
hulp nie – totdat ’n groot probleem opduik. Om
hulp en raad te vra is nie ’n teken van swakheid
nie. Dit is tog wat ons wil hê ons leerders moet
doen as hulle sukkel.
4. Sorg vir R & O R & O staan vir Rus en Ontspanning. En ont-
spanning beteken nié: gaan sit en drink vinnig
’n beker koffie nie.
Natuurlik is dit makliker gesê as gedaan,
want al is jy jou eie baas (een van die vreugdes
van die onderwysberoep) is daar die probleem
dat jou werk dikwels uitbrei tot dit die tyd vul
wat jy bereid is om daaraan te bestee. Ontwikkel
dus selfdissipline en tydsbestuursvaardighede
om te verhoed dat jy elke aand tot na middernag
sit en werk.
5. Hou dagboek Ervarings of episodes in die klas, iemand se
woorde ... Skryf dit neer! As jy dit later lees,
sal jy verbaas wees oor wat jy geskryf het. Jy sal
jou eerste onderwysjaar in perspektief kan plaas.
Dit sal jou ook meer empatie gee vir volgende
jaar se nuwe onderwysers. En dalk gee dit jou
selfs idees vir skryfopdragte vir jou leerders.
En moet dit nie net in jou eerste onderwys-
jaar doen nie. Reflekteer gereeld oor die week
wat verby is: Wat het gewerk, watter idees, uit-
deelstukke, strategieë? Watter probleme het
opgeduik?
Refleksie gee ’n mens kans om terug te tree
en te kyk watter vooruitgang of goeie prestasies
jy self kan raaksien. Veral help dit ’n mens om
te sien hoe jy gevorder het. Dit sal jou ook help
om professioneel en persoonlik te groei. As jy
nie dit wat gewerk het, of iets snaaks of iets
interessants neerskryf nie, hoe gaan jy dit later
onthou?
Aangepas uit: Lisa M. Dabbs: New Teachers: Twenty Tips for
Success by 20-tips-new-teachers-lisa-dabb.
Barbara Livingstone Nourie. Feb. 1995. Ten More
Truths about Teaching. The Clearing House, pp.
177−180.
Sue Cowley: How to Survive your First Year in
Teaching, p. xv.
“Teach the three Rs: Respect for yourself, Responsibility for your
actions, and Remembering the rights of others.” − Robert Algozzine, Teacher’s Little Book of Wisdom
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 8
Topwenke vir klaskamerbestuur
Klaskamerbestuur gaan glad nie oor dissipline nie. Dit gaan oor organisasie en
konsekwentheid. Wat is in jou klaskamer nodig sodat onderrig en leer kan plaasvind?
So baie kinders kom uit disfunksionele, wanordelike huislike omstandighede.
Verwaarloosde kinders smag na struktuur. Laat hulle dit in jou klas ervaar.
1. Groet jou leerders by die deur Staan by die klaskamerdeur. Glimlag en groet die
leerders. Dalk kan jy reël dat hulle, terwyl hulle
in die ry buite jou deur staan, reeds hul huiswerk
uithaal en vir jou gee as hulle instap of in die
houers plaas wat by die deur is.
Een van die effektiefste onderwysers wat
Whitaker & Breaux tydens hul navorsing teëge-
kom het, was ’n juffrou wat altyd gelukkig ge-
lyk het. Hulle kon dit verstaan, want sy het geen
dissiplineprobleme gehad nie, MAAR sy het van
die uitdagendste leerders in haar klas gehad wat
skoolwerk en gedrag betref wat hulle in hul hele,
omvattende ondersoek teëgekom het.
Toe hulle haar vra hoe sy dit regkry om feitlik
die heeltyd te glimlag terwyl sy klasgee, was
haar antwoord: “Ek glimlag die heeltyd, want
dis letterlik onmoontlik vir ’n leerder om
stout te wees as jy glimlaggend en vriendelik
vir hom of haar kyk!” Sy is reg. Probeer dit
en jy sal saamstem.
Glimlag sy as een van haar leerders iets
onvanpas doen? Nee, natuurlik nie. Dan word sy
baie ernstig en praat saggies met die leerder.
Daarna glimlag sy vir die res van die klas – en
gaan voort met haar onderrig.
Dit is ’n wetenskaplike feit dat ’n mens nie
depressief kan voel as jy breed glimlag nie. En ’n
glimlag is aansteeklik. As iemand vir jou
glimlag, is dit moeilik om nie terug te glimlag
nie. Wel, nie onmoontlik nie, maar dis moeilik.
Gelukkige onderwysers het gelukkige klas-
se. Hoe jammer dat jou glimlag dalk vir baie
leerders die enigste glimlag gaan wees wat
hulle daardie dag sal sien. (Whitaker & Breaux:
97; Cowley, 2011: 15)
2. Beplan, beplan, beplan Die “agenda” van die periode moet op die bord
wees. Beplan elke periode sodat daar geen vrye
tyd vir die leerders is nie. Hulle moet besef hoe
belangrik is die akademie vir jou en hoe hard
werk jý sodat húlle kan slaag. Om dit te kan
bereik, moet jy egter beplan. Sorg vir meer as
een aktiwiteit of oefening as hulle dalk te gou
klaar kry en die klok wil net nie lui nie.
Onthou: Die heel beste onderwysers maak
baie foute én is bereid om dit te erken. Wees ’n
rolmodel vir jou leerders (wat elke dag foute
maak) oor hoe jy jou fout erken en dit probeer
regstel. Soms moet ’n mens uitvind wat werk nié
sodat jy kan uitvind wat werk wel. (Breaux &
Whitaker: 30)
3. Wees altyd konsekwent Een van die grootste “sondes” wat jy as onder-
wyser kan pleeg, is om nie jou eie reëls konse-
kwent na te kom nie. Jy mag nie die een dag
wangedrag toelaat (omdat jy by die tafel sit en
nasien) en die volgende dag ’n leerder uitskel
oor ’n geringe oortreding nie. So sal die leer-
ders hul respek vir jou verloor. Hulle het die reg
om te verwag dat jy elke dag dieselfde teenoor
almal optree.
4. Almal moet die reëls verstaan Oppas vir te veel klaskamerreëls. Niemand kan
15 of 20 reëls onthou nie. Moet ook nie klas-
kamerreëls en strafmetodes ontwikkel wat jy nie
graag self sal wil toepas nie
Hulle moet die reëls verstaan en veral saam-
stem dat dit aanvaarbaar is. Maak ook seker hulle
weet van die begin af wat die gevolge is as hulle
’n sekere reël oortree.
Sekere leerders voel skynbaar “verplig” om
die onderwyser uit te daag, veral as hulle sien die
onderwyser gaan nie optree nie. Dan word dit ’n
speletjie. Sorg dus vir sinvolle klasreëls.
Natuurlik help dit as die leerders in ál die
onderwysers van die skool se klasse dieselfde
reëls moet nakom. Die ouers moet ook weet wat
die reëls is.
5. ’n Reël is verbreek Stap 1: Die naam van die leerder kom op die
bord. (Sê vir die klas dit is om die leerder en ook
jouself te herinner.)
Stap 2: Die reël is weer verbreek: Plaas ’n
merkie langs die naam. Nou is daar ’n straf,
byvoorbeeld: die leerder bly die pouse in.
Stap 3: Nog ’n merkie … Detensie na skool.
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 9
Stap 4: Die reël is wéér verbreek: ’n Oproep
huis toe. Die leerder moet verkieslik langs jou
staan as jy die ouer bel. Indien moontlik moet die
ouers onmiddellik gebel word, maar moenie dat
dit die ander leerders steur nie en ouers moet
verkieslik nie by hul werk gebel word nie.
Stap 5: Die reël is weer verbreek: Intervensie:
Stuur die leerder kantoor toe en die ouers word
ingeroep.
Maak seker jy en die leerder praat die saak uit.
As dit op dieselfde dag of verkieslik aan die
einde van die periode gedoen word, maak dit
vergifnis, van beide partye, soveel makliker. Laat
die leerder altyd sy kant van die saak stel en
verduidelik daarna weer waarom jy hom moet
straf. (Cunningham: 59−61; Harry & Rosemary Wong: 38-
39; Whitaker & Breaux: 10; Oosthuizen: 43, Melissa
Kelly.About.com Secondary Education)
‘Tien gebooie’ vir nuwe onderwysers
Die onderwys kan een van die vervullendste beroepe wees. As jy een kind red, voel dit asof jy die
wêreld gered het. En elke onderwyser het die potensiaal om van die wêreld ’n beter plek te maak en
om vir iemand die ambisie, die wíl te gee om eendag iemand te word. Maar ... as jy begin onderwys
gee, voel jy so alleen voor die groot klomp genadelose leerders. Dalk help hierdie tien wenke.
1. Die geheim om enigiets te leer is om dit te geniet. Die ideaal is dat jou leerders
nie eens agterkom die tyd gaan verby nie. Die
klok moet te gou lui. Ongelukkig is dit so
(dink maar aan jou eie skooldae) dat die
meeste dae vir tieners oneindig saai en verve-
lig is – juis wanneer hulle self so vol lewens-
lus is. Gebruik dus jou verbeelding en dink
hoe jy ’n periode vir hulle so kan maak dat
hulle dit by die huis sal wil gaan oorvertel.
2. Wees vol selfvertroue. Dit klink maklik,
maar maak seker jou aanbieding is duidelik.
Beweeg, terwyl jy klasgee, deur die klas-
kamer, maak oogkontak met jou leerders,
gebruik gebare en laat jou stem klink asof jy
vol selfvertroue is asof jy dit só geniet om
klas te gee.
3. Elke les moet ’n doel hê. Alle lesse moet
gefokus wees op ’n bereikbare doel of oog-
merk of uitkoms. Dan sal jy in daardie perio-
de meer bereik. Dink die heeltyd: Wat moet
my leerders aan die einde van hierdie
periode ken of verstaan of beter kan doen? Sorg dat daar tyd is sodat hulle (voor die
einde van die periode) kan demonstreer of
wys dat hulle alles verstaan.
4. Beklemtoon die kernpunte. Laat hulle dit
vir ’n maat sê of dit op die “Uitgangskaar-
tjie” (Exit Slip) neerskryf sodat hulle wéét
hulle moet die hele tyd oplet en, natuurlik,
sodat jy kan sien wat hulle verstaan.
5. Kopkaarte. Help hulle om dit wat bespreek
of verduidelik word, grafies in hul boeke uit
te beeld. Help hulle ook sodat hulle dit wat
hulle leer, met hul eie lewe kan verbind.
6. Stop en maak seker hulle verstaan. Probeer byvoorbeeld elke tien minute seker
maak hulle verstaan deur hand op te steek. As
die betrokke leerder nie weet nie of verkeerd
is, vra die vraag vir iemand anders en gaan
dan terug na die eerste leerder en vra dieself-
de vraag om seker te maak hy of sy verstaan
dit ook nou. So sorg jy dat die hele klas leer.
7. Moenie tyd mors nie. Gee die hele tyd
spertye, byvoorbeeld: “Julle het presies
tien minute om hierdie aktiwiteit te doen.” ’n Wekker wat lui, sal almal bewus maak dat
hulle vinnig moet werk. Of vra een van die
leerders om tyd te hou.
8. Sorg vir klaskamerreëls. Oefen jou
gedrags-kode aan die begin van die jaar met
elke klas-groep in. Almal moet weet hoe
hulle byvoor-beeld hulp moet vra of hand
moet opsteek.
9. Hou dagboek. Skryf alles neer. Maak lyste
van wat jy die dag moet doen. Dit is heerlik
om iets af te merk, want dis klaar gedoen!
10. Geniet dit! As jou leerders sien die werk is
vir jou interessant en sinvol, sal hulle dit ook
geniet. Vertel ’n grappie. As dit aansluit by
die werk wat hulle doen, des te beter. Luister
saam na musiek terwyl hulle werk
’n Laaste wenk: Teken in op The Guardian
Teacher by http://teachers. theguardian.com – waar
hierdie wenke gekry is. Daar is elke week interessante
wenke − en klagtes van die onderwysers in Engeland.
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 10
Uit Sue Cowley se 100 wenke vir nuwe onderwysers
1. Wees jouself genadig en vergewe
jouself. Jy sál foute maak. Almal maak
foute.
2. Word ’n onversadigbare opgaarder.
Steel idees van oraloor en eksperimenteer met
verskillende tegnieke en idees tot jy sien
watter wenke werk vir jou.
3. Maak ’n verskil. Dink terug aan jou eie
skooldae en aan die onderwysers wat ’n
verskil gemaak het. Wat het hulle gedoen?
Kan jy ook ’n verskil maak?
4. Hou altyd ’n rooi pen byderhand. Dra ’n
rooi pen aan ’n toutjie of ‘n lintjie om jou nek
sodat jy sommer vinnig iets kan merk soos jy
tussen die banke deurloop. ’n Rooi pen raak
maklik weg op ’n deurmekaar onderwysers-
tafel.
5. Chaos ... As ’n les of ’n periode chaoties
was of nie gewerk het nie, moenie dit probeer
vergeet nie. Dink na: Wat het verkeerd
geloop? Wat moet jy volgende keer heeltemal
anders doen?
6. ’n Sukses! As ’n les goed verloop het, klop
jouself op die skouer en ... dink dan: Waarom
het dit gewerk? Hoe kan jy dit volgende keer
herhaal of aanpas?
7. Daardie heel eerste periode. Oefen die
“toespraak” vir jou eerste periode vir elke
klasgroep die vorige dag voor die spieël. As
jy nog nie gedink het presies hoe jy jou leer-
ders vir die eerste keer gaan toespreek nie,
begin dadelik daaraan dink! Wat gaan jou
heel eerste paar sinne of jou grappie wees?
8. Witbroodjies. Jy sal van sekere leerders
meer hou as van ander. En sommige leerders
sal jou vreeslik irriteer. Die geheim is: Moet
dit nooit ooit wys nie. Niemand, niemand
mag dit agterkom nie.
9. Plaas jouself in jou leerders se
skoene. Partykeer is jou klasse vrek
vervelig. Partykeer is die skool vervelig.
Partykeer is die kinders stout. Toemaar, dis
nie altyd jou skuld nie.
10. Die eerste oueraand. Natuurlik sal jy op
jou senuwees wees oor jou eerste oueraand.
Onthou net: Die ouers is nog banger oor dit
wat jy dalk vir hulle gaan sê oor hulle kind.
11. Jou stem. Pas jou stembande mooi op.
Doen soggens stemoefeninge. Moet nooit,
ooit skreeu nie. En drink gereeld water. (Sien
die wenke op p. 52.)
12. Gee soms klas terwyl jy agter in die
klaskamer staan. Dit dwing jou leerders
om regtig te luister. Hulle mag nie omkyk en
loer nie!
13. Sorg vir plante in jou klaskamer. Dit
is goed vir die klasatmosfeer én dit is multi-
sensories. As die leerders daarvoor moet sorg,
gee dit hulle verantwoordelikheid.
14. Duidelike opdragte of instruksies. Dit
is eintlik regtig baie moeilik. Dink mooi wat
en hoe jy dit gaan stel. Die groot gevaar is om
te veel inligting op een slag te gee.
15. Sit self in elke bank in jou
klaskamer. So sal jy ’n idee kry hoe die
klaskamer, die bord en jou tafel lyk vanuit
jou leerders se perspektief.
Jy kan ook die ander 85 wenke lees by www.suecowley.co.uk .
.
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 11
Nog wenke vir nuwe onderwysers
Die meeste nuwe onderwysers se eerste jaar bestaan uit ’n konstante
toestand van probeer en (dalk) tref.
1. Stel jouself bekend Gee inligting oor jouself: byvoorbeeld watter
werk jy al gedoen het, iets oor jou gesin en jou
belangstellings. Vertel ook waarom jy besluit
het om ’n onderwyser te word. Baie belangrik:
Wys dat jy trots is om ’n onderwyser te wees by
hierdie skool.
2. Jy is volmaak
Jy, as nuwe onderwyser, moenie die fout maak
om die leerders van jou tekortkominge te
vertel nie. Hulle sal dit daardie selfde dag by
die huis gaan oorvertel. Hulle moet dink hulle is só gelukkig en be-
voorreg om in jóú klas te wees. As dit jou eerste
jaar in die onderwys is, hoef hulle dit ook nie te
weet nie. Jy hoef nie te jok nie; jy kan sê dis jou
eerste jaar by dié skool.
Aan die ander kant: Vertel die waarheid as jy
byvoorbeeld nie ’n antwoord weet nie of nie
seker is hoe ’n woord gespel moet word nie.
Hulle sal regtig meer van jou dink as jy eerlik is
daaroor. Maar, gaan vind dan self uit.
3. Verduidelik en Herhaal en Verduidelik
Hierdie strategie sal jou later baie tyd spaar.
(1) Verduidelik: Sê wat hulle moet doen.
(2) Herhaal: Kies ’n leerder (veral een wat lyk
asof sy nié geluister het nie) en vra haar om te
herhaal wat jy gesê het. As sy nie kan nie, vra
iemand wat wel geluister het om dit te herhaal.
As jy die leerders se weergawes hoor, sal jy gou
agterkom of hulle verstaan. (Jones: 113)
(3) Verduidelik: Herhaal nou die instruksies in
jou eie woorde en vra dan: “Is daar enigiemand
wat nie seker is wat om nou te doen nie?”
(Cowley 2009: 50)
4. Verwag die ergste Aanvaar dat ál die leerders in jou klas haglike
huislike omstandighede het en dat die skool hul
enigste veilige hawe is. Jy moet dus die posi-
tiewe invloed in jou leerders se lewens wees.
Aanvaar ook dat hulle swak gedrag in die klas
die gevolg is van hulle aaklige agtergrond.
As jy hierdie ingesteldheid het, is dit baie
makliker om hulle te hanteer. Jou glimlag, jou
aanmoediging kan die wêreld se verskil maak −
veral vir daardie leerders in jou klas wat wél
moeilike huislike omstandighede het.
5. ’n Verjaardaglys
Maak ’n ophef van jou leerders se verjaardae.
Dit klink na iets gerings, maar hulle sal uitsien
daarna. Vind uit wat het in die geskiedenis op
hul verjaardae gebeur, watter bekende persone
verjaar ook op daardie dag en skryf dit daardie
oggend op die bord. (Sien ook Murlize van
Heerden se wenke op p. 16.)
6. Oefen daardie dodelike kyk
Oefen dit en jy sal nie weer nodig hê om hulle te
vra om stil te bly nie. Met daardie kyk sê jy: EK
is die onderwyser en EK is in beheer. As jy nie
NOU jou mond hou nie, gaan jy nog baie, baie
jammer wees. (Cowley: 45−46)
7. Gebruik handgebare en ander nie-verbale kommunikasie Om jou een hand in die lug te hou en oog-
kontak te maak met die leerders is ’n wonder-
like manier om die klas stil te kry − met alle
aandag op jou. Dit neem ’n rukkie voor hulle
aan hierdie roetine gewoond raak, maar dit
werk.
Of, laat hulle − sáám met jou − een hand in
die lug hou − tot almal dit doen. Laat sak jou
hand en begin dan praat, saggies …
Om die ligte aan en af te sit is ’n ou truuk
wat ook werk om aandag te trek. Jy kan dit ook
gebruik om aan te dui dat daar byvoorbeeld nog
net drie minute oor is voor hulle hul werk moet
ingee. (Cowley: 44−51)
8. Beplan soms wéér
Dit is heeltemal in die haak om jou planne op
die laaste minuut te verander. Partykeer kom jy
in die klas en besef skielik jou beplande les gaan
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 12
glad nie uitwerk nie. Moenie sleg voel nie; dit
gebeur met baie ervare onderwysers ook. Maar
as dit té veel gebeur, moet jy besluit om op ’n
heeltemal ander manier te beplan. (Cowley: 3)
Doen moeite om die werk of die inhoud
relevant te maak vir jou leerders. En hiermee
word nie bedoel: “Julle moet oplet, want dit kan
in die toets gevra word!” nie. Eerder: hoe kan jy
dit verbind met hul lewens en omstandighede?
Plaas jouself in hulle skoene … Was jy
nooit self as kind verveeld in sommige onder-
wysers se klasse nie? (Cowley: 47)
Almal het seker al die uitspraak gehoor: “As
jy nie behoorlik vir hulle beplan het nie, dan het
hulle vir jóú iets beplan.” Voeg dus altyd nóg
iets by as jy beplan. Dit is baie beter om te min
tyd te hê voor die klok lui, as om klaar te wees
met alles wat jy wou verduidelik, en … dan wil
die klok net nie lui nie. Almal weet dis ’n feit
soos ’n koei: Verveelde leerders = moeilikheid!
8. Moenie skreeu nie! Begin eers praat as hulle stil sit en gereed is.
Wag … Wag … tot almal stil is. Dit is seker
die heel belangrikste raad. As jy dit van die
begin af doen, weet hulle dit is hoe dit in jou
klas werk. Moenie jou mond oopmaak voor jy
nie doodse stilte het nie. Almal moet vir jou
kyk. Selfs al moet jy ’n paar minute met
gevoude arms staan. Hulle sal vir mekaar laat
weet of fluister: “Sjjj, sy wil vir ons iets sê.” OF
“Komaan, ouens, bly nou stil!” OF “Hei,
sjarrap!!” (Cowley: 44)
Jou geduld sal beloon word. En jy sal nie
hees raak voor die einde van die jaar nie.
Gebruik ’n gewone, normale stemtoon. Stil
onderwysers het stil klasse. Natuurlik moet jy
darem ook nie so sag praat dat niemand jou kan
hoor nie. (Cowley: 49)
So baie onderwysers kan onthou hoe hulle in
hul eerste paar maande al harder en hoër gepraat
(of geskel) het − tot hulle eendag, later in die
jaar, uitgevind het hulle stem is weg of hulle is
skielik skynbaar permanent heserig.
Om dus harder te praat om die leerders se
aandag te kry, is nie die beste tegniek nie,
want wat is die gevolg? Die leerders praat
ook harder. As jy wil hê hulle moet normaal
praat, moet jy as onderwyser normaal praat.
Verander wel jou stemtoon na gelang van jou
opdrag. As hulle hul boeke moet wegsit voor die
klastoets begin, moet dit ’n bevel wees. As jy ’n
vraag vra oor die held in die storie, moet dit in
’n uitnodigende, vriendelike toon wees, asof
julle besig is met ’n gesprek.
Natuurlik sal jy soms woedend word en
harder praat, maar dit moet jou besluit wees –
nie die leerders wat jou daartoe dryf nie. As jy
te veel gil en raas, raak die leerders immuun.
Loop maar in die gange van die skoolgebou
en jy sal agterkom: die onderwysers wat die
hardste raas, het die stoutste klasse.
9. Nuttige nie-verbale gebare Om die hele klas of sekere leerders se aandag te
kry, doen een van die volgende: Vou jou arms
en lyk verveeld of ongelukkig; sug; kyk by die
venster uit; maak keel skoon; klap hande; blaas
’n fluitjie; lui ’n klokkie.
Of maak asof jy ’n kruisie maak langs ’n
sekere leerder se naam, of gaan sit langs die
leerders wat gesels, met jou vinger op jou lippe.
Doen die volgende om te sorg dat ’n leerder
ophou met ’n geringe oortredinkie: Staan langs
die leerder sodat hy of sy wéét jy het dit agter-
gekom. Of kyk direk na die leerder en skud jou
kop, lig jou wenkbroue, wys vinger, wys na die
klaskamerreëls, of gebruik jou vingers as ’n
aftelling tot by nul.
Gaan staan by die geselsers of die groep wat
nie voluit werk nie. Dit is gewoonlik genoeg om
hulle in toom te hou.
Wys die leerders die klaskamer is jou omge-
wing waar jy op jou gemak is. (Bentley-Davies:
197)
10. Spreek ’n gedragskwessie onmiddellik aan
Maak seker jy hanteer so gou as moontlik ’n
geskil tussen jou en ’n leerder of tussen twee
leerders.
Wag tot jy klaar jou opdrag gegee het sodat
jy nie die les onderbreek nie. Vra dan ’n naïewe,
“onskuldige” vraag soos: “Hoe kan ek help?”
Moenie die leerder beskuldig van enigiets
nie. Maak asof jy baie omgee – selfs al is jy op
daardie oomblik smoorkwaad. Die leerder is
gewoonlik so oorbluf, want hy of sy verwag jy
sal woedend wees
En as jy, in die middel van jou opdragte of
jou les, móét optree, neem ’n positiewe houding
in. Sê: “Dit lyk asof jy ’n vraag het?” Liewer as:
“Hoekom LUISTER jy nie?!! Hoekom sit jy en
praat? Hè!?!”
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 13
11. Die aftelling begin … nou! Gee altyd ’n tydsbeperking. En hou daarby.
Leerders wíl grense hê. Hulle wíl presies weet
wat hulle moet doen. Daarom is dit noodsaaklik
om te sê hoe lank hulle met ’n taak besig moet
wees, byvoorbeeld: drie minute of die res van
die periode, of hierdie hele periode en voltooi
dit by die huis.
Sê voortdurend hoeveel tyd hulle nog oor
het. Net soos ons as grootmense beter en
vinniger werk as ons vóór ’n sekere spertyd
moet klaar wees, het kinders ook ’n tydsbeper-
king nodig om effektief te kan werk. (Cowley:
50−51)
12. Wie van julle …? As jy les gee of iets moet verduidelik, vra vrae
soos: “Is daar enigiemand wat …?” Of “Wie
van julle het al ...?” So betrek jy die leerders by
dit wat jy gaan vertel of verduidelik. Vra die
soort vrae wat geantwoord kan word met net die
opsteek van hande; anders word jou vraag
beantwoord met ’n laaang persoonlike storie
wat jy nie maklik kan stop nie.
Onthou ook die wagtyd voor jy iemand, wat
nié hand opgesteek het nie, vra om te antwoord.
Jou leerders moet weet hulle moet almal dink.
(Lemov: 235)
Betrek die mondeling by die les of onder-
werp. Volg die voorbeeld van Cynthia Loxton
van Florida Sekondêr in Ravensmead. Haar
leerders bied, as deel van hul mondelingtake, in
groepe van drie of vier, die gedigte of dele van
die voorgeskrewe letterkunde aan. (Hulle is
waarskynlik beter as baie onderwysers met hul
gebruik van PowerPoint.) En hul klasmaats
luister aandagtig − dalk om hulle maats daar
voor in die klas te probeer uitvang, maar eintlik
omdat hulle gefassineerd na hul maats luister.
Hulle weet ook dat hulle aan die begin van’n
periode gevra kan word om op die bord ’n
kopkaart te maak van die karakter of van die
deel uit die roman wat die vorige dag gelees is.
Nog ’n wenk om almal se aandag te behou,
is om aan die begin van jou verduideliking of
aanbieding die klas te waarsku dat jy aan die
einde van jou bespreking, sê maar, vyf leer-
ders gaan vra om terugvoering vir die res
van die klas te lewer. Die onsekerheid oor wie
die “ongelukkige ouens” gaan wees, laat
almal beter aandag gee. (Dixie: 99)
13. Die Eenwoordswepie (Engels:
One-Word-Whip)
Die volgende kan as ’n eerste aktiwiteit gebruik
word om vir jou as onderwyser terugvoering te
gee oor jou leerders.
As jy hulle een vir een groet, kry hulle die
kans om met een enkele woord te sê oor hoe
hulle op daardie oomblik voel. (Hopelik begin
die reeks woorde met “Opgewonde”, of “Nuus-
kierig”, maar sommige sal beslis ook wees:
“Moeg”, “Uitgeput”, “Vaak”.) Tel self of laat
een van die leerders tel hoeveel positiewe
byvoeglike naamwoorde gebruik is. Maak seker
almal in die klas weet wat elkeen beteken.
Sorg voor die tyd vir ’n lys ander, nuwer,
interessanter woorde wat hulle in hul woorde-
skatboekie kan neerskryf om op ’n ander dag te
gebruik. (Evanksi: 22)
14. Wees jý die lig Jy gaan in baie personeel- of ander vergaderings
sit waar almal gaan uitvaar oor hoe hopeloos of
onbeskof ’n leerder is of hoe oneffektief die top-
bestuur van die skool is.
Moenie in sinisme verval nie.
Wees jý die positiewe stem in die skare.
Hulle kan jou maar bestempel as naïef. Wie gee
om? Dit is so maklik om, as jong onderwyser,
ook ’n klakous te word omdat jy te veel luister
na die pessimiste in die personeel wat almal en
alles in die skool en die onderwys kritiseer.
Moet ook nooit ooit voor jou leerders neer-
halend praat (of skinder) van enige ander klas,
leerders, onderwysers of skoolpersoneel nie, nie
die huidige nie en ook nie diegene uit die
verlede nie.
Verwerk onder andere uit:
Jim Burke. 2008. Classroom Management, p.
14.
Sue Cowley. 2009. How to Survive Your First
Year in Teaching.
Vern Jones. 2011. Practical Classroom
Management.
Barbara L. Nourie. Feb. 1995. Ten More Truths
about Teaching. The Clearing House, pp.
177−180.
Sam Rangel. “25 Practical Tips for New
Teachers” by SuccessIntheClassroom.com.
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 14
Sorg vir ‘SMART’ lesbeplanning
Net soos ’n groep wat gereed is om te vertrek op ’n nuwe ekspedisie, net so
moet jou leerders ook ’n “kaart” hê van die eindbestemming waarheen julle
saam op pad is. Hulle moet ook weet wat die doel van die reis is en wat om
te verwag terwyl hulle reis. (Cowley: Guerilla Guide to Teaching: 308)
Wees ‘SMART’ Sê altyd vir jou leerders hoeveel minute hulle
het om ’n taak te doen. Hulle moet ook eers
hulle werk vir ’n maat wys om seker te maak
albei het dit reg of sodat hulle mekaar eers kan
help. Daarna deel hulle dit met die res van die
klas. (Van der Walt: 70−71)
S: Wees Spesifiek. Jy moet voor die tyd
presies weet wat jou leerders moet doen en
wat hulle behoort te bereik. Hulle moet óók,
net soos jy, presies weet wat jy in daardie
periode wil doen en voltooi.
M: Meetbaar. Jy moet kan sien of hulle
regtig die werk kan doen. Hoe gaan jy dit
meet, met ander woorde, assesseer?
A: Aksie-georiënteerd. Dit is die
leerders, en nie jy as onderwyser nie, wat die
hele tyd moet werk en aktief betrokke moet
wees.
R: Realisties. Dink byvoorbeeld: Hoe
lank is die periode? Wat weet my leerders
reeds? Hoe gaan hulle 40 minute besig bly
sonder dat ek alles afjaag?
T: Tydraamwerk. Hoeveel tyd is daar vir
elke opdrag? Vir jou verduidelikings? Vir
hulle terugvoering? Vir moontlike dissipline-
probleme? Hoe gaan jy dus jou tyd indeel?
Jou voorbereiding moet so wees dat iemand
anders dit net so sal kan oorneem as jy die
dag afwesig is. (Van der Walt: 65)
As dit ’n les is wat deur jou departements-
hoof of hoof of vakadviseur waargeneem gaan
word, help dit as jy op jou beplanningsblad vir
jouself die spesifieke tyd neerskryf, bv. “15 voor
10: Begin dadelik met terugvoering!” of “10:00
Nog vyf minute voor pouse.” (Dit moet
natuurlik so geskryf word dat jy dit maklik kan
raaksien as jy ongemerk afkyk.)
Dink na: Het die les gewerk? Skryf ná die les presies neer wat het gewerk of
wat jy met die volgende klasgroep of die volgen-
de jaar heeltemal anders moet doen. Kon jy alles
in die periode afhandel? Sorg altyd dat daar iets
is om te doen as die leerders vinniger gewerk het
as wat jy beplan het.
Stel altyd hoë verwagtinge. Daag jou leerders
uit! Vertel hulle dat die vermoë om vinnig en
logies te dink en effektief te kommunikeer en te
redeneer dikwels bepaal wie gaan die werk of
die bevordering kry. Daarom is elke mondeling-
aktiwiteit so belangrik. (Burke: 17)
Gee my vyf!
Nadat jy ’n konsep of die opdrag verduidelik
het, moet jy seker maak almal verstaan presies:
Laat hulle die volgende tekens gebruik as hulle
hand opsteek:
Al vyf vingers: “Ek ken dit so goed ek
kan dit vir die res van die klas verduidelik.”
Vier vingers (sonder die duim): “Ek
verstaan dit.” OF “Ek ken dit baie goed.”
Drie vingers (sonder die duim en wys-
vinger): “Ek verstaan een deel; nie alles nie.”
Twee vingers (net pinkie en ring-
vinger): “Ek het net ’n deeltjie verstaan.” OF
“Ek weet nie presies wat om te doen nie.”
Net die pinkie: “Ek verstaan niks of
omtrent niks nie. Verduidelik asseblief
weer.” (Hirst-Loucks & Loucks: 96)
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 15
Skep ’n positiewe klaskameratmosfeer
1. Glimlag soveel as wat jy kan. Lank
gelede was die raad vir nuwe onderwysers:
“Moenie glimlag tot die eerste vakansie nie!”
Maar dink terug aan jou eie skooldae. Het jý
misbruik gemaak van die onderwysers wat
vriendelik was of dié wat kon lag vir ’n
grappie?
Natuurlik moet jy dit nie oordryf en
pellie-pellie met die leerders probeer wees
nie. Onthou: Hulle het hulle eie maats.
2. Beweeg rond in jou klaskamer. Baie
onderwysers praat en beweeg feitlik net voor
in hul klaskamers, naby die bord en hul tafel,
maar onthou: die leerders heel agter het jou
ook nodig.
As jy stil staan agter die leerder of leerders
wat nie werk nie, help dit om die ander ook te
laat herfokus op wat hulle moet doen. (Dixie:
100)
3. Dink aan jou liggaamshouding. Sal jy
jou probleme wil bespreek met ’n skoolhoof
wat, beneuks, met arms gevou voor sy bors
staan? Of met ’n hoof wat vriendelik hand
uitsteek en jou in die kantoor innooi? Moet
dus nie self met jou arms voor jou bors gevou
rondloop nie.
4. Luister wat jou leerders sê. Dalk kan jy
die eerste vyf minute van die periode afstaan
om na nuus te luister. Oppas net: Veral jonger
leerders skinder graag oor hulle maats en dit
is beslis nie wat jy wil hê nie.
5. Vertel ’n soortgelyke persoonlike storie oor jouself. Jy kan (kortliks) vertel
van jou stokperdjies. Of jou belangstellings.
Of iets oor jou eie skooldae. Of ’n ervaring
uit jou vroeë onderwysloopbaan. Maar ont-
hou, moenie ’n gewoonte daarvan maak nie.
Beslis ook geen skinderstorie nie en ook geen
negatiewe opmerking oor die skool of selfs
oor ’n ander skool nie. 6. Sê elke dag iets moois vir ’n leerder.
Dit kan wees terwyl hulle in die klas instap of
uitstap of terwyl jy tussen die banke deur-
loop en na hulle werk kyk. Moet dit net nie
oordoen nie en sorg dat jy nie net fokus op
die goeie sportmanne of die slim outjies nie.
Merk op ’n klaslys af met wie jy gesels het.
7. Help om konflikte op te los. As dit in jou
klaskamer gebeur, moet jy net die fasiliteer-
der wees. Dit is ’n vaardigheid wat jou leer-
ders die res van hul lewens gaan nodig kry.
8. Noem die leerders op hul name. ’n Mens se naam definieer jou; daarom is dit
so belangrik om jou leerders op hul name te
noem. Jy kan afmerk hoeveel keer jy sekere
leerders se name noem of vra om te
antwoord. (Kronowitz: 192−200)
Terwyl jy deur die klas beweeg, kan jy
langs die leerder wat nie werk nie, se naam
die tyd neerskryf en dan wegstap. Dit impli-
seer dat jy dalk later gaan optree en die leer-
ders kom agter jy weet wie werk nie voluit of
die hele tyd nie. (Dixie: 100)
9. Doen jouself ’n guns: Prys iemand! ’n
Mens voel self beter as jy iets moois vir
iemand anders sê. Skryf dit in jou dagboek.
Dit kan vir ’n leerder, ’n kollega, ’n ouer
of selfs vir die hoof wees. (Whitaker &
Whitaker: 24) Of jy kan sê: “Ek sien die
groep daar in die hoek werk pragtig saam aan
die opdrag. Mooi so en dankie!”
Doen moeite om juis leerders te soek
wat nié die voorbeeldige topleerders is nie. Die ander sal omkyk en dit sal hulle hopelik
motiveer om ook “pragtig!” saam te werk.
(Dixie: 101)
10. Jou klaskamer moet vir jou en vir jou leerders mooi en aangenaam lyk. Gaan staan by jou deur en kyk na jou
klaskamer asof jy ’n vreemdeling is. Hoe
lyk dit? Is die banke, stoele, tafeltjies netjies?
Is die plakkate helder en nuut? Is al die
stapels papiere buite sig? Lyk jou tafel en die
tafeldoek netjies? Is daar plante? As jy ’n
leerder was, sou jy graag hier wou kom sit
en luister en deelneem? (Evanski: 1−2) As
jy nie omgee oor hoe jou klaskamer lyk nie,
waarom sal jou leerders dit probeer oppas?
Maak jou klaskamerdeur oop en kyk daarna
soos’n besoeker dit sal sien. Lyk dit verwel-
komend? Lyk dit na die soort plek waar
kinders, verveelde tieners, wat dalk nie lus is
om Afrikaans te kom leer nie, sal wil instap?
Vra raad.
Kies byvoorbeeld ’n kleur. Lemmetjiegroen
of dalk ligblou tafeldoeke en gordyne?
____________________
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 16
Julle is nou saam in die span
Laat jou leerders belangrik voel, en kry hulle aan jou kant.
Doen net ’n bietjie moeite.
Murlize van Heerden, Afrikaansonderwyser van Hoërskool Parel Vallei, voorheen van
Hoërskool Tygerberg, se wenke vir nuwe onderwysers. (Klasgids, Mei 2010: 29−31)
1. Skryf aan die begin van elke kwartaal ’n
briefie waarin jy jou leerders welkom heet.
2. En voor elke eksamen ’n briefie of ’n
boekmerkie of kaartjie (dalk met ’n
lekkertjie) om “Sterkte!” te sê.
3. Vir Valentynsdag bak ek altyd vir my
registerklas (ek gee ook vir hulle Afrikaans)
’n koekie met ’n briefie daarby.
4. ’n Leerder wat verjaar, kry iets lekkers en
word deur ’n maat gelukgewens.
5. Woon soveel moontlik van jou leerders se
buitemuurse bedrywighede by en lewer
kommentaar daarop in die klas − onder-
wysers stel tog in meer as net hul leerders se
punte belang.
6. Soms vat ek die leerders buitentoe en dan
gee ek klas onder die bome. Dit werk altyd!
7. Wanneer ons voorgeskrewe boeke lees, het
ons soms ’n Koffieklas. Die leerders bring
koekies en ek sorg vir koffie. Wat is
lekkerder as ’n goeie boek en ’n beker
koffie? (Dié idee is nie myne nie. Een van
my eie Afrikaansonderwysers by Hoërskool
Tygerberg, Louise Joubert, nou by Hoër
Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch, het
dit met ons gedoen.)
8. Ek neem BAIE foto’s van al my leerders met
wat hulle ook al doen. Mondeling, plakkate,
werkstukke, groepwerk ... Ek plak die foto’s
in die klas op.
9. Toe ek nog laerskool gegee het, kon die
leerders, wanneer hul werk klaar was, buite
die klaskamer, in die gang in die Boekhoek
gaan sit en boek lees. Ek het sommer self ’n
Boekhoek geprakseer: ’n boekrak, mat en
kussings. En die leerders het dit as ’n
reusebeloning beskou, want hulle was nie
meer onder Juffrou se oë nie.
10. Ek maak ook gebruik van ’n Top 10-
stelsel. Elke keer, na hulle ’n toets geskryf
het, kom die tien beste presteerders se name
op die Top 10-kaart.
As ’n mens ’n groot genoeg bohaai daar-
oor maak, werk dit soos ’n bom. In 2009 het
’n leerder in my graadagtklas deur die loop
van die jaar gevorder van druip tot eerste op
die Top 10-lys.
“Laat my belangrik voel.”
Dit is die onsigbare plakkaat wat elke leerder dra. − Mary Kay Ash (Mcguey & Moore: 86)
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 17
Laat almal die hele tyd dink – en skryf
Vergeet van speletjies of groepbesprekings ... Laat almal dink en skryf.
1. Begin met Skryf-om-te-leer (Engels: Writing to learn)
Gee vir al die leerders, as hulle by die klas-
kamer instap, ’n kaartjie of ’n halwe A4-bladsy
as “Toegangskaartjie”. Dan kan hulle nie sê
hulle het nie papier nie of hoef hulle nie te soek
vir hul skryfboeke nie.
Gee opdragte soos: Wat onthou jy van dit wat ons gister gelees
het? Skryf vinnig ___ (getal) aspekte/feite
neer oor ...
Skryf ’n vraag oor gister se les/gedig/ hoof-
stuk wat dalk in die eksamen gevra kan
word.
Waarmee het jy gister by die huis gesukkel?
Skryf vinnig ten minste ___ sinne neer oor
die onderwerp op die bord.
Kyk na die kernwoord van vandag se les op
die bord. Skryf gou alles neer wat jy daarvan
weet of waaraan die woord jou laat dink.
Sê altyd presies hoe lank hulle moet skryf,
byvoorbeeld: “Julle het vier minute” of “Skryf
vyf sinne oor ...”
’n Paar leerders lees dan hul response hard-
op voor. Reageer daarop met ’n opmerking
of gebruik dit as die aanknopingspunt vir die
res van die les.
Een of twee leerders lees hul vrae en die res
van die klas probeer dit beantwoord.
Of neem die response in en vluglees dit om
te sien wat die klas reeds weet van die werk
wat in die periode bespreek gaan word.
Of lees ’n paar response voor sonder om die
leerders se name te noem. Dit is die ideale
manier om ’n klasbespreking mee te begin.
Of die groepe ruil hul response met ander
groepe uit en lees en bespreek dit.
2. Die 3-2-1-aftelling Gebruik dit aan die einde van ’n periode om ’n
sekere onderwerp of aspek op te som. Hulle
moet die volgende neerskryf: die DRIE belang-
rikste dinge of feite wat hulle geleer het of wat
hulle moet onthou; TWEE vrae wat hulle nog
wil vra of oor onseker is of wat hulle dink in die
toets gevra gaan word en EEN manier waarop
dit wat hulle vandag geleer het, verband hou
met dit wat hulle reeds weet.
3. Opsommingsin Hulle moet een sin skryf wat die belangrikste
feit of inligting van die les, afdeling of hoof-
stuk saamvat. As hulle sukkel met Afrikaans,
gee die eerste deel van die sin, byvoorbeeld:
“Een belangrike ding wat ek vandag geleer het,
oor (karakter) is: ...” (Jim Smith: 40)
4. Aflossinne Hulle werk in groepe van vier of vyf. Leerder
no. 1 in elke groep of ry skryf een sin as
samevatting van dit wat hulle in die periode
geleer of behandel het. Hy stuur die papier na
die volgende klasmaat wat ’n sin byvoeg en so
verder totdat al die leerders in die groep of die
ry ’n sin geskryf het. Nou vergelyk hulle hul
sinne met die sinne van die ander groepe of rye.
5. Toetsvraag
Hulle moet elkeen een of twee moontlike vrae
neerskryf wat dalk in die toets gevra gaan
word. Die antwoorde mag nie net ’n ja- of nee-
antwoord of ’n karakter se naam wees nie.
Kaartjies met die vraag voorop en die ant-
woord agterop werk goed. Die kaartjies word
ingeneem en die volgende periode uitgedeel. Onthou: Vra altyd vir die leerders: “Help dit jou om die werk te verstaan?
6. Eindig met Skryf-om-te-leer ’n Paar minute voor die klok lui, kry elke leer-
der ’n papierstrokie of ’n Uitgangskaartjie.
Gee opdragte soos: Skryf die drie belangrikste dinge neer wat
jy hierdie periode geleer het.
Ontwerp gou ’n kopkaart oor dit wat ons
vandag behandel (of gelees) het.
Kyk op die bord na die kernwoorde oor
vandag se werk. Skryf drie minute lank,
sonder ophou, oor een van die woorde.
Skryf ten minste___ vrae neer wat jy
steeds het, byvoorbeeld: Watter deel van die
wiskunde verstaan jy nog nie?
Dit is dus ’n metode wat alle leerders dwing om
dit wat in die klas gedoen is op te som, te sinte-
tiseer of te evalueer. Hulle moet dit verkieslik
op hul eie doen, maar dit kan ook in groepe
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 18
gedoen word. Dit is die ideale manier waarop jy
as onderwyser kan sien wie verstaan die werk.
By die deur gee die leerders vir jou hul
Uitgangskaartjies voor hulle die klas mag
verlaat. Onthou: Gee genoeg tyd! As hulle dit in
die laaste drie minute moet doen, is dit van geen
waarde nie. Hulle moet genoeg tyd hê om na te
dink. Laat hulle altyd in volsinne skryf. Jy wil
weet wie het opgelet, wie het die werk verstaan,
wie sal dit waarskynlik volgende week steeds
ken of vir wie kan jy die volgende dag vra om
iets vir die res van die klas te verduidelik.
(Lemov: 106) As hulle sukkel, help dit om die begin van
die sinne te gee. Hulle moet dit dan voltooi.
Berei dit vooraf voor. Dit is beslis nie iets wat jy
vinnig in daardie laaste paar minute van die
periode moet uitdink nie. Soos met alle onderrigstrategieë werk dit beter as ál die onderwysers in die skool dit gereeld in hul klasse doen.
7. Sê iets “Sê iets” (Engels: Say Something) is ’n een-
voudige, maar hoogs suksesvolle strategie om
lesers te help om te begryp wat hulle lees.
Soos met alle leesstrategieë werk dit beter as
die onderwyser dit eers demonstreer. Gebruik ’n
goeie leerder as demontrasiemaat en kies ’n
nuwe gedeelte wat nog nie gelees is nie.
Gee die volgende opdragte:
1. Kies vir jou ’n maat.
2. Sorg dat julle albei ’n afskrif het van dit wat
julle moet lees.
3. Merk vooraf die eerste plek waar julle gaan
stop en iets gaan sê oor wat in die gedeelte
staan.
4. Sorg ook vir ’n tweede en ’n derde stop-
plek. (Pas dit aan na gelang van die periode
of die gedeelte wat hulle moet deurgaan.)
5. Onthou: As jy stop om iets te sê, moet dit
gaan oor dit wat jy nou net klaar gelees het.
Natuurlik moet die gehalte van die bespre-
kings voortdurend gemonitor word. Soms moet
die strategie ook weer gedemonstreer word.
Nadat die leerders gekonfyt is in die strate-
gie, kan dit aangepas word na “Skryf iets”.
Waarom die Sê Iets-strategie? Dit is ’n vinnige
manier om seker te maak die leerders lees
denkend. Swak lesers, vir wie dit ’n nagmerrie
is om op te staan en hardop te lees of wat nie
graag aan die hele klas wil erken dat hulle nie
verstaan wat hulle lees nie, het meer
vrymoedigheid om so met ’n maat saam te
werk. Sulke leerders besef dikwels nie dat hulle
nie iets verstaan nie. As ’n leerder tydens die Sê
Iets-aktiwiteit nié iets het om te sê nie, is dit ’n
bewys dat hy of sy weer die stuk moet deurlees.
(Beers & Samuels: 232−234)
8. Begin van die periode Sorg altyd vir ’n manier om aan die begin van
die periode, dadelik, die leerders se aandag te
kry. Sluit aan by die vorige dag se werk of by
dit wat jy in die periode wil bereik, byvoor-
beeld:
Vyf vrae wat hulle dadelik skriftelik moet
beantwoord.
’n Kopkaart op die bord oor dit wat die
vorige dag gelees is of oor die karakter soos
hulle hom nou reeds ken. Wie kan iets kom
byvoeg?
’n Woord wat die inspirasie is vir ’n para-
graaf (sekere aantal woorde) wat hulle in
hulle Skryfjoernaal moet skryf. (Waterman:
29−30)
9. Vuis tot Vyf! Vra jou leerders aan die begin van die les, of in
die middel van die periode om aan te dui hoe
hulle voel op ’n skaal van zero tot vyf, met vyf
as “Wonderlik! Energiek! Reg om te leer, om te
werk!”; drie vir “Ag ... so-so, ek sal doen wat ek
moet doen,” en een of zero wat beteken: “Ek het
net te veel probleme om nou te konsentreer, my
kop is vol wharries...”
As die onderwyser vra, steek hulle hul hande
in die lug met die toepaslike getal vingers, met
’n vuis wat zero of nul aandui. (Evanski: 23)
10. Spreekkoor
’n Spreekkoor is nie net vir die Grondslagfase
nie. Ongelukkig word die gebruik van leerders
wat almal saam, soos papegaaie, iets lees of
opsê, geassosieer met oneffektiewe didaktiese
onderrig. Tog kan dit baie effektief gebruik
word en dit werk baie goed om seker te maak
almal neem deel.
Dit werk die beste as jy as onderwyser
belangrike inligting in ’n frase of ’n sin gee en
dit lyk asof al die leerders dit nie dadelik
verstaan nie. Verduidelik weer en laat almal
dan saam met jou byvoorbeeld die definisie
opsê. En weer … en nog ’n keer. (Marzano,
2007: 110)
Probeer dit maar, dit werk regtig!
_______________________
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 19
Sinvolle onderrigwenke − veral met ’n groot klas EAT-leerders
Moenie bang wees om soms die leerders in groepe te onderrig nie. Twee tot vyf leerders
wat saam werk, kan meer idees of meer voorbeelde noem en kan die werk beter begryp.
Baie leerders werk ook harder ter wille van die groep as op hul eie. Onthou net: Wissel
die groepe gereeld.
1. Jy (en jou leerders) moet presies weet wat is
“aanvaarbare” gedrag. Wys hulle daar-
op dat daar ’n verskil is tussen publieke
gedrag (voor ander mense) en private
gedrag. As hulle in die klaskamer is, is dit ’n
publieke ruimte waar sekere verwagtinge
gestel word.
2. Trek dadelik, aan die begin van die periode, hul aandag deur jou stemtoon
of die voorlees van ’n gedig of ’n raaisel of
’n grappie. Laat hulle wonder waarmee jy
vandag gaan begin. Wissel dus gereeld jou
inleiding af waarmee jy jou lesse begin.
3. Maak dit relevant. As hulle vra: “Nou
hoekom moet ons dít leer?” is dit duidelik
hulle verstaan nie die relevansie van die
werk nie. Gee die doel waarom hulle iets
moet doen. (En om te sê: “Dit gaan dalk in
die eksamen gevra word,” is nie wat hier
bedoel word nie.)
4. Maak van die begin af seker almal verstaan
die vakterminologie en al die opdrag-woorde, bv. verklaar; ontleed of bespreek.
5. Dring aan op absolute stilte en almal se aandag terwyl jy opdragte of instruksies gee. Behou oogkontak.
Gebruik maklike woorde en kort sinne.
Deel jou instruksies op in duidelik
verstaanbare dele.
Praat stadig en ferm.
Herhaal daarna die belangrike sinne.
6. Die leerders moet altyd kans kry om vrae te vra vóór jy die teken gee dat hulle
moet begin werk.
7. Oefen, oefen, oefen. Gee altyd genoeg
geleentheid om ’n nuwe vaardigheid in te
oefen. Byvoorbeeld: “Draai na jou maat en
noem twee redes waarom ... ” OF “Wys nou
vir jou maat aan jou linkerkant wat jy
geskryf het. Jy lees dus die werk van jou
maat regs van jou.”
8. Sorg dat hulle presies weet hoe hulle die werk moet sintetiseer, opsom of saamvat. Byvoorbeeld:
“Voor jy uit die klas uitstap, moet jy eers
twee belangrike dinge wat jy vandag
geleer het op hierdie papierstrokie
neerskryf.” OF
”Som in een sin op wat ons in hierdie
periode geleer het oor …” OF
“Voor die klok lui, is daar net genoeg tyd
dat ons die stappe wat gevolg moet word
of al die karaktereienskappe weer vir
mekaar kan noem.”
9. Selfs die interessantste lesing sal net onthou
kan word as daar sistematiese, deeglike hersiening plaasgevind het. (Crawford:
103; Brough: 79−80)
10. Die leerders wat gou klaar is, moet
iets hê om te doen of te lees: boeke,
tydskrifte, ensovoorts. (Crawford: 103)
Vra hulle terugvoering oor ’n taak. Hoe kan jy die taak verander, verbeter? Of hoe kan jy ’n sekere aspek anders, beter verduidelik? Wat was moeilik en hoe kan jy help dat hulle dit volgende keer beter doen? (Burke: 20)
Effektiewe kommunikasie hang saam met tydsberekening.
Wanneer gee jy die opdrag oor die huiswerk? Terwyl hulle besig is om boeke in te pak na die klok
gelui het? Wanneer gee jy die opdragte vir die taak wat hulle moet doen?
Onthou: Al die voorskrifte oor wat ’n passasier moet doen ás die vliegtuig dalk val, word gegee
terwyl die vliegtuig nog met al sy wiele op die aanloopbaan staan. Sodra die vlug begin, sal niemand
aandag gee aan die instruksies nie, want dan kyk jy óf by die venster uit óf jy is paniekbevange.
Gee dus altyd die instruksies terwyl jy ál die leerders se aandag het. (Leaman: 15)
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 20
Wat is die nut van nasien of terugvoering?
Na ’n ontleding van letterlik duisende klaskamerstudies in Amerikaanse skole
oor die impak van terugvoering op leerdervordering was die finale slotsom:
’n Onderwyser se terugvoering is “die kragtigste enkele aksie wat prestasie
bevorder.’’ (Nash: 65) Om vir leerders te skryf, “Goed”, beteken nie
veel as hulle nie weet wat die verwagtinge was
en of hulle sal kan verbeter nie.
As hulle besig is met ’n taak en jy wag eers
tot hulle klaar is om die punt of die terugvoering
te gee, help dit beslis veral nie die swakker
leerders om die volgende keer beter te skryf nie.
Nie eens as jy vriendelik vir die klas sê, terwyl
hulle besig is om te skryf: “Onthou, as julle ’n
probleem het, moenie aarsel om vir my te kom
vra nie.”
Die belangrikheid van terugvoering terwyl
die leerders besig is, kan vergelyk word met ’n
effektiewe tennisafrigter wat die vaardighede van
jou as speler probeer bevorder. Dwarsdeur die
les, kry jy wenke oor hoe jy byvoorbeeld die
raket moet vashou of oor hoe jy jou oog op die
bal moet hou. Dit is hierdie onmiddellike terug-
voering wat jou spel verbeter.
Sal die afrigter doodstil bly en dan ’n uur later
gaan sit en met jou bespreek wat jy alles ver-
keerd gedoen het? Daarom moet leerders, maar
ook onderwysers, riglyne kry terwyl hulle besig
is. (Canter: 138; 142)
Wat kan help, is ’n duidelike afmerklys
sodat almal van die begin af weet wat en veral
hoe hulle ’n taak of ’n werkstuk of ’n huiswerk-
opdrag moet doen. Dit help ook baie meer as
hulle eers sélf hul skryfstukke aan die hand van
die nasienmatriks beoordeel vóór hulle dit vir die
onderwyser met die rooi pen ingee.
Gee altyd vir die leerders, voor die einde
van die periode, kans om na mekaar te draai
en te gesels oor wat hulle geleer het. Nash (p.
69) vertel van ’n Engels-onderwyser wat aan die
begin en ook aan die einde van die periode
hierdie “turn and talk” strategie gebruik het
om uit te vind of al die leerders die werk voor die
einde van die periode duideliker kon verwoord.
Die onderwyser het uitgevind dat, as albei leer-
ders onseker is, hulle makliker hand opsteek
en raad vra. (Dit is iets wat ’n leerder gewoon-
lik nie graag individueel doen nie.) Hulle het nou
kans om saam te dink, te ontleed en om waarde-
volle terugvoering vir mekaar te gee.
Om ook oor na te dink ... 1. Laat hulle, in plaas van handopsteek, hulle
antwoorde op jou eerste vraag oor die werk
aan die begin van die periode in hul eie
woorde in hul werkboeke neerskryf. Dan is
almal betrokke – nie net die paar slimmes
wat gewoonlik hand opsteek nie. (Sotto: 206)
2. Jare lank is dinkskrums (“brainstorming”)
hoog aangeprys en dikwels gebruik. Almal
sit in klein groepies en dink saam aan alle
moontlike oplossings vir ’n sekere probleem
of vraag. Ongelukkig is die antwoorde wat
hulle so saam bedink gewoonlik nie veel
beter as dit wat ’n enkele leerder op haar eie
sou uitgewerk het nie. (Sotto: 212)
3. Soms voel die leerders ook daar is in elk
geval nie juis veel nut om ’n sekere saak lank
in groepe te sit en bespreek nie, want die
onderwyser weet mos in elk geval klaar wat
die antwoord is. (Sotto: When Teaching
becomes Learning: 216)
Waarom nie ’n lesing nie? Die antwoord is eenvoudig: Byna niemand kan
24 uur later iets meer as ’n fraksie van die
inligting onthou wat jy in ’n lesing gehoor het
nie.
Jy as onderwyser gaan daar voor in die klas
tekere, kyk na almal in die klas, beheer almal,
maar ... dikwels is dit net jy wat aan die einde
van die periode baie meer van die onderwerp
weet as voorheen.
Probeer dus liewer die voorstelle hierbo.
______________________
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 21
Banke in rye of tafeltjies in groepe? Banke in rye of tafeltjies in groepe − maak dit saak? Ja, navorsing het bewys dat die
uitleg van jou klaskamer ’n impak het op wat en hoeveel jou leerders leer. (Greg Ashman, TES Magazine 17 Oktober, 2014)
Voordele van groepwerk
Dit laat die groeplede na hulself kyk en
dwing hulle om te reflekteer.
Dit onwikkel elke lid se identiteit as hy of sy
’n sekere rol of doel het.
Hulle moet iemand anders se standpunt
probeer insien. So ontwikkel hulle (hope-lik)
empatie en deernis.
Dit bevorder elkeen se verantwoordelikheid.
Hulle kry kans om effektief te kommunikeer.
Dit help om verhoudings te bou, dalk met
klasmaats met wie hulle andersins nie sou
gesels nie. (Prentis & Parrot: 111)
Sommige onderwysers voel dit maak nie saak
waar hul leerders sit nie solank hulle net stil sit
en stil bly.
Vanaf ongeveer 1970 word aanbeveel dat
leerders in groepe moet werk. Baie klaskamers
is dus so gerangskik. Maar dit is nie ’n uitge-
maakte saak dat dit wel onderrig bevorder nie.
Een van die berugte gevolge is dat dit tot wan-
gedrag kan lei.
Baie navorsing is al hieroor gedoen, onder
andere deur prof. Kevin Wheldall van Australië.
Sy bevinding (nie juis verrassend nie) was dat,
as leerders individuele take moet doen, dit beslis
beter is as hulle in rye sit. Leerders bly – so het
talle studies bevind – ongeveer 70% van die
tyd gefokus as hulle deel is van ’n groep, teen-
oor 88% van die tyd as hulle in rye sit.
Natuurlik maak dit sin: As leerders in groepe
sit, is sommige met hul rugkant na die onderwy-
ser en kyk hulle in die gesigte van hul maats,
wat net te gretig is om hul aandag op te eis.
Groepe is dus dikwels problematies. Daar is
baie navorsing oor die probleem van leeglêery
of agteroorsit − daardie neiging van baie leer-
ders wat net wil sit en wag dat die ánder in die
groep die werk doen. Om dit uit te skakel is die
volgende twee voorwaardes nodig:
Groepwerk moet altyd ’n sekere doel hê,
byvoorbeeld hoër punte of ’n langer pouse
vir die groep wat wen.
Die groep se sukses moet afhang van elke lid
se bydrae. Elkeen moet dus presies weet wat
gedoen moet word en hoe dit gedoen moet
word.
Hoe maak jy seker almal in die
groep werk ewe hard?
’n Oplossing is: die groep mag nie self besluit
wie die terugvoering aan die klas gaan gee
nie. Wys self, net voor die terugvoering begin,
’n spesifieke leerder in elke groep aan. Dit
verseker dat elke lid van die groep die opdrag
moet verstaan.
Greg Ashman is ’n onderwyser by Ballarat
Clarendon College in Victoria, Australië.
As jy meer as 40 leerders in jou klas het, sien jy seker nie kans vir groepwerk nie. Volg hierdie wenke (Rebecca Adler, 2 Maart 2015 Edutopia Consulting Online Edition)
1. Sê een lid van elke groep gaan gevra word om op die ander groepe te gaan “spioeneer”.
2. Beklemtoon dat regte spioene hul werk stilletjies doen. Die leerders moet dus gaan “afkyk”, sonder
om die werk of konsentrasie van die lede van die ander groepe te onderbreek.
3. Gee ’n opdrag soos: “As een van die spioene by julle tafel kom, mag julle nie julle werk toehou of
keer dat sy inligting kry nie. Ignoreer die spioen en gaan voort met julle bespreking of werk.”
4. Op ’n sekere oomblik (deur die onderwyser bepaal) verlaat die “spioene” hul eie groepe en gaan na
die ander groepe om idees, antwoorde of voorbeelde na hul eie groep terug te neem. Vir sommige
leerders moet jy sê presies watter inligting hulle moet soek, byvoorbeeld: “Gaan kyk by Tafel 6.
Hulle het ’n interessante manier waarop hulle die opdrag ingedeel het. Dalk kan julle groep dit ook
so doen.”
Natuurlik werk hierdie strategie net as ál die groepe aan soortgelyke projekte werk en so hul eie werk
kan uitbrei of kan verbeter. Onthou ook: Die doel is nie om te kyk watter groep “wen” nie; jy wil hê
almal in die klas moet by mekaar leer. (Harris: 7)
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 22
Kommunikasievaardighede
Afmerklys Skryf in: 0 = Het dit glad nie gebruik nie. 1 = Gebruik dit, maar baie swak. 2 = Gebruik
dit redelik goed. 3 = Gebruik dit baie goed OF gebruik dit dikwels of toepaslik.
NAAM: _______________________
1. STEL JOUSELF IN OP DIE ANDER 1.1 Let op as iemand anders wil praat.
1.2 Respekteer, konsidereer die ander.
1.3 Fokus op die persoon wat praat.
1.4 Wag tot die ander persoon klaar praat.
1.5 Deel dan eers jou eie idees en/of gevoelens.
2. LUISTER NA DIE ANDER WAT PRAAT
2.1 Kyk na die spreker.
2.2 Moenie onderbreek nie. Sê “Verskoon my” as jy
wel moet onderbreek.
2.3 Vra die spreker om voort te gaan.
2.4 Sorg vir ’n oomblik stilte na die spreker klaar is.
3. BETREK ALMAL
3.1 Vra die ander wat stil bly om ook te praat.
3.2 Almal moet gelyke kans/beurte kry om te praat.
3.3 Vra vrae en aanvaar antwoorde.
3.4 Gebruik hulle name.
4. LAAT ALMAL GOED VOEL 4.1 Stel belang in wat die ander sê.
4.2 Bedank die ander.
4.3 Komplimenteer hulle.
4.4 Vertel wat jou gehelp het of wat jy geleer het
5. SLUIT AAN BY WAT DIE ANDER SÊ 5.1 Onthou wat die ander sê.
5.2 Gebruik die ander se woorde en idees.
5.3 Hoe verskil/stem dit ooreen met jou idees.
5.4 Beskryf dit wat jou raak.
5.5 Hoe voel of dink die ander groeplede?
5.6 Som die ander se gedagtes en gevoelens op.
5.7 Bespreek en los die probleme op.
TOTAAL
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 23
Sosiale vaardighede wat alle leerders moet kan bemeester
Net soos onderwysers op die vakinhoud wat moet fokus, moet hulle ook gereeld fokus op
sosiale vaardighede. Natuurlik sal dit die leerders nie slimmer maak of akademies beter
laat presteer nie, maar vaardighede, soos die volgende, sal jou leerders meer ontvanklik
maak om te leer en te konsentreer.
Alle hoërskoolleerders behoort die volgende te kan doen.
1. Sê altyd “asseblief”, “verskoon my” en “dankie” as jy met die onderwysers, maar ook met
jou maats praat.
2. Jy moet weet hoe hard of hoe sag jy moet praat – ook aan die begin van die periode en
nadat die klok gelui het vir die einde van die periode.
3. Luister wat iemand anders (die onderwyser, maar ook jou klasmaats) vir jou sê. Moenie
die persoon onderbreek of onnodig in die rede val nie.
4. Jy is verantwoordelik vir jou gedrag. Probeer dus woedeuitbarstings of enige lelike
aanmerkings onderdruk.
5. Vra verlof voor jy iemand anders se besitting neem of gebruik.
6. Moenie onvanpaste taal soos vloekwoorde of beledigings gebruik nie. Dit raak elke keer al
hoe makliker en later is jy bekend as iemand wat maklik lelik praat.
7. Gooi gebruikte sneesdoekies, papierservette, ensovoorts in die vuilgoeddrom – nie op die
vloer of in die skoolbank nie.
8. Sit mooi regop in jou skoolbank of op jou stoel, behalwe as jy siek voel.
9. Kom stil in die klas in as jy laat is of nadat jy die klas verlaat het sodat jy nie die ander
leerders steur nie.
10. Steek jou hand op as teken dat jy die onderwyser se aandag wil hê of as jy die antwoord
op ’n vraag weet of as die onderwyser jou moet kom help.
11. Wys dat jy aandag gee deur na die spreker se gesig te kyk.
12. Respekteer jou klasmaats se waardes, geloof en lewenservarings.
13. Gebruik die gepaste aanspreekvorme of die toepaslike name as jy met die onderwyser of
met jou klasmaats praat.
14. As die onderwyser nie in die klas is nie, moet jy voortgaan met jou werk en die
klasreëls nakom.
15. Doen of sê iets moois vir iemand anders. Maak seker die ouers weet watter vaardighede of goeie maniere jy en jou kollegas van die leerders verwag sodat hulle dit ook by die huis van hul kinders kan verwag en kan inoefen.
Bronne: Julia G. Thompson. 2011. Discipline Survival Guide for the Secondary Teacher, p 184 & p. 23
Melanie Moran. 27 Sept. 2011. “Top 10 Social Skills Students Need to Succeed”, Vanderbilt University.
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 24
Vyf breingim-idees VRAAG: Waarom is dit nodig? ANTWOORD: Die gemiddelde aandagspan van ’n tiener is 15 tot 20 minute. Die gemid-delde periode is 45 tot 50 minute. Dit is dus ’n uitdaging om almal die hele tyd gefokus te hou. Beplan dus breinvonke of breinbrekies (“brain breaks”) tussen die dele van jou les. Of ten minste ná die eerste 20 minute. Ons breins is ingestel op enigiets wat nuut of verras-send is, daarom gee ons dadelik aandag aan enige nuwe stimulus in ons omgewing wat dreigend klink of lyk of wat iets anders is. Dit is natuurlik ’n wonderlike voordeel, want ons oorlewing as spesies het nog altyd afgehang hiervan. Ons as onderwysers moet dit dus in ons klasse gebruik. (Desautels by wwww.edutopia.org., 14 Jan. 2015) Die volgende metodes of tegnieke help om bloed en suurstof na die brein te voer. Daarna sal die leerders (en hul onderwysers) opnuut kan fokus.
1. ’n Energie-opkikker
Sit lekker gemaklik op jou stoel. Laat sak jou
kop en jou skouers ... Plaas jou hande, met jou
vingerpunte teen mekaar, op die tafel of op die
bank. Asem diep en staaadig in ... Maak jou rug
reguit terwyl jy jou kop oplig en opkyk. Asem
weer staaadig uit terwyl jy jou kop stadig laat
sak en weer afkyk op jou hande op die bank.
Ontspan ... Herhaal dit ’n paar keer.
2. Asemhaling
Goeie, gekontroleerde asemhaling is baie be-
langrik – natuurlik ook vir onderwysers.
Probeer heel eerste die onderste deel van jou
longe vul. (’n Mens kan dit doen as jy staan, sit
of lê.)
Sit jou hande plat en liggies op die onderste
deel van jou ribbekas. Die vingerpunte van jou
twee hande moet net-net aan mekaar raak.
Haal stadig en natuurlik asem: in ... en uit ...
As jy asemhaal, moet jou maag uitdy aan die
begin van jou inaseming. Moenie jou borskas
beweeg nie.
Hou jou asem in so lank as moontlik …
Ontspan dan jou spiere en blaas jou asem
stadig en egalig uit. Dit is hierdie uitblaas wat
belangrik is vir ontspanning. (Wright: 5) OF:
Sit een hand naby jou neus (sonder om daaraan
te raak) en een hand op jou maag. As jy inasem,
moet jy voel hoe jou maag uitdy. As jy uitasem,
moet jy die warm lug teen jou hand voel. Fokus
een minuut lank hierop. As jy aan enigiets
anders as jou asem dink, moet jy dit as ’t ware
saam met jou asem uitblaas ... (Desautels)
3. Lui, groot 8’s
Gee die volgende opdrag:
Strek jou linkerarm voor jou uit met jou duim na
bo. Trek die vorm van ’n groot 8 in die lug. Die
agt moet plat op sy sy lê as jy dit namaak in
groot, stadige bewegings. Fokus met jou oë op
jou duim wat beweeg.
Sonder om jou kop te beweeg, maak jy drie
stadige, groot 8-vormige bewegings.
Herhaal dit nou met jou regterhand.
Daarna klem jy jou vingers saam en doen dit
nog drie keer. (Alastair Smith: 71)
4. Staan op en strek jou uit
Fisiese bewegings verbeter die leerders se kon-
sentrasie omdat dit hulle meer energie gee. Die
maklikste manier is om hulle een of twee keer
gedurende ’n periode te vra om op te staan en
hulle dan uit te strek. Doen dit veral as jy sien
hulle is traag of dooierig of slaperig. Hulle moet
vinnig opstaan, langs hulle bank of stoel staan,
’n paar eenvoudige strekoefening doen en
dadelik gaan sit. (Marzano, 2007: 111)
5. Musiek laat almal ontspan
By Tafelbergskool in Parow, ’n skool vir leer-
ders met lees- en/of leergestremdhede, gee die
onderwysers een keer in elke periode vir hul
leerders ’n breinbrekie (“brain break”).
Joleen de Villiers, die Afrikaansonderwyser,
speel vir haar EAT-leerders Afrikaanse musiek.
Almal moet hul penne neersit, diep asemhaal en
... net luister − of hul lywe saam met die ritme
beweeg of hulle kan saggies saamsing. Daarna
konsentreer almal beter. Tydens my klasbesoek
in 2015 was “Kaptein, span die seile!” die leer-
ders se gunsteling.
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 25
’n Gedragskode vir ons klas
Gee, indien moontlik, altyd jou instruksies of enige opdragte vóór jy die toets of werkvel
uitdeel. Hoekom? Want die meeste mense (en veral kinders) hou op luister as hulle iets
het om te lees. Onthou ook: leerders is meer geneig om reëls te volg wat hulle self
geformuleer het. Maak dus seker hulle kan sien jy waardeer hulle aandeel of
terugvoering. Hulle moet voel hulle was deel van die proses. (Holloman & Yates: 26)
Stap 1:
Gee die volgende instruksies: 1. Ek gaan vir julle elkeen ’n bladsy gee. Julle
moet twee verskillende lyste neerskryf: een
lys op die eerste bladsy; jou tweede lys skryf
jy die bladsy wat vasgekram is.
2. Op Lys 1 skryf jy al die dinge neer wat jy
vanjaar in hierdie klas wil doen om beter te
vaar, om goeie punte te behaal. Dink byvoor-
beeld aan: op jou eie lees, groepwerk, aante-
keninge kry om te leer ... Enigiets sodat jy in
die eksamen goed kan vaar.
3. Op Lys 2 (agteraan vasgekram) moet jy die
volgende neerskryf: Watter soos gedrag
verwag jy van die ander leerders in die
klas? Anders gestel: Hoe moet jou klasmaats
optree sodat dit vanjaar vir jóú lekker in die
klas sal wees?
4. Ek gaan julle net ___ minute gee om die twee
lyste in te vul. Moet vir niemand wys wat jy
skryf nie. Na ___ minute gaan ons dit saam
bespreek.
Stap 2:
Na almal klaar is met hulle lyste. 1. Vra vrywilligers om voor te lees wat hulle op
Lys 1 geskryf het, en daarna wat hulle op Lys
2 geskryf het.
2. Jy, of een van die leerders, kan dit op die
bord skryf.
3. Almal besluit nou saam oor ’n voorlopige
Gedragskode vir julle klaskamer. Dit be-
hoort net die dinge te bevat wat almal dink
sal help sodat almal kan leer en lekker kan
saamwerk.
Jy kan die Gedragskode hierna oortik of op ’n
plakkaat skryf. Almal moet dit die volgende dag
onderteken. (Maak, tydens die bespreking, eers
seker of daar enige besware van leerders is teen
die ondertekening van julle dokument.)
As jy ’n oproerige klas het, ignoreer eenvou-
dig die leerders wat nie wil deelneem nie, sodat
hulle nie die bespreking kan ontwrig nie. Maar
maak seker hulle weet baie goed dat disrespek
een van die grondliggende voorwaardes in jou
klas is en dat dit nie geduld kan word nie − en
gaan dan voort met die res van die leerders.
(Johnson, 2012: 72)
Jy kan ook die volgende byvoeg: “Julle besef
natuurlik dat ons klaskamerreëls, dit wil sê hier-
die riglyne, julle nie net in hierdie klas en in die
skool sal help nie, maar ook buite die skool. As
julle na skool, by die huis of byvoorbeeld op die
sportveld ook so optree, sal ander mense dit
dadelik agterkom.”
Dit is belangrik dat dit nie net woorde op ’n
bord of op ’n plakkaat bly nie. Die leerders moet
dit letterlik “inoefen” of dramatiseer, sodat
almal presies weet wat word byvoorbeeld
bedoel met “tree met respek op”. Jy kan sê:
“Die doel met hierdie gedragskode in hierdie klas
in hierdie skool is om julle te help om nou reeds,
in graad __, die regte keuses te maak. Maar julle
sal sien, dit gaan julle ook help om reg op te tree
en die regte keuses te maak, buite die
skoolterrein.” (Holloman & Yates: 27, 29)
Onthou: Jou leerders hou jou dop en kyk
hoe betoon jy, as volwassene, respek teenoor
die leerders, die ander onderwysers en die
skoolhoof. Dit wat jy as onderwyser, as volwas-
sene, sê en doen, moet die model wees wat hulle
moet navolg. (Holloman & Yates: 37) Waarom is
dit so belangrik? Want ons almal weet dat die
meeste leerders, as hulle wel ’n klas wil ontwrig
of wil begin gesels of iets onbeskofs wil sê, beslis
nie eers na die plakkaat met die lys reëls teen die
muur gaan kyk − en dan besluit om mooi soet te
wees nie. (Bluestein: 190)
_______________________
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 26
Die kommentaar van ’n paar Afrikaansonderwysers tydens Universiteit Pretoria se Lenteseminaar,
18 September 2015
Die vrae was:
Enige dissiplineprobleme en waarom? EN
Raad aan nuwe /ander Afrikaansonderwysers?
Marina Fourie – Uitzig Primary Probleme: Die leerders kom dikwels klas toe
sonder boeke en hulle het soms ook nie enige
skryfbehoeftes nie.
Raad: Entoesiasme is aansteeklik! My
motto is: “Afrikaans laat my voete dans!” en daarom sing en dans ons in my klas.
Cilan Isel – HTS Pretoria-Tuine Ek het nie probleme nie, want ek dra my passie
vir Afrikaans aan my leerders oor − of ek pro-
beer dit doen. Die leerders ken my klaskamer-
reëls en hulle weet ek is nie bang om ’n ouer
direk, daar voor in my klaskamer, te skakel
indien ’n leerder ’n tweede maal oortree het nie.
Raad: Die idioom, dat jy ’n perd tot by
die water kan bring, maar jy kan hom nie maak drink nie, is nie waar nie. Ek het ’n dosent gehad wat gesê het: “Voer die perd sout tot hy dors genoeg is en dan sal hy self begin drink!”
Elsabé Bester – Maragon Private Schools Olympus Probleme: Geen dissiplineprobleme nie: Ek is
georganiseerd, voorbereid, toeganklik, vriende-
lik, regverdig, konsekwent, lief vir my vak en
vir die kinders en het ’n goeie humorsin. O ja,
en ek werk met ’n “buddy system” en ek stel
hoë verwagtinge aan elkeen. My sêding is:
“Wees die beste jy!”
Raad: Leer om vir jouself te lag. Weet
jy gaan foute maak! Maar wees jouself ook genadig.
Marika Rossouw – Hoërskool Volksrust Probleme: Min probleme, want ons het ’n
waardestelsel in ons skool. Dit word deeglik
bespreek: Een waarde per dag. Op hierdie
manier word die gedrag intern gereguleer; dit is
nie eksterne motivering (d.w.s. reëls) nie.
Ek het wel soms probleme, want ek stel nie
altyd die perke behoorlik nie en omdat ek ’n
jong onderwyser is, is daar leerders wat my
prbeer “uittoets”.
Raad: Motiveer die leerders baie en
gee gedurig presiese terugvoering oor goeie gedrag. Kinders wil hê jy moet hulle goeie gedrag ook raaksien; nie net hul swak gedrag nie.
R.S. Paterson − Rosina Sodibane Probleme: Ek het min probleme, want ek gee
die hele tyd klas; van die eerste minuut tot aan
die einde van die periode. En ek sorg elke dag
vir iets interessants wat hulle moet weet. Ek
het wel soms probleme, want die nuwe leerders
het nog nie geleer dat ek vriendelik is, maar ek
is nie hulle vriend nie.
Raad: Wees te alle tye konsekwent ten
opsigte van dissipline.
C van Staden – Eric Louw Probleme: Ek het geen dissiplineprobleme nie,
want ek het goeie klaskamerbestuur en die leer-
ders weet daar word in my klas gewerk, maar
hulle weet nie altyd wat die modus operandi van
die dag gaan wees nie. Dus verskillende
onderrigstyle.
Raad: Beplan en wees voorbereid;
wees altyd een stappie voor die leer-ders. My motto is: “Wees slaggereed, maar hou die slagveld bloedloos.”
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 27
Werk saam met jou kollegas
Maak seker jy weet wat is julle skool se gedragskode. Wat is, volgens jou,
“goeie” gedrag en wat is “onaanvaarbare” gedrag? Stem jy en jou kollegas
presies ooreen wat dit betref? Julle moet almal konsekwent wees oor
byvoorbeeld vloekery. (Thody: 39−40)
Is daar gemeenskaplike prosedures
by julle skool oor sekere aspekte
soos die volgende? Huiswerkopdragte. Hoe moet dit nagesien
word? Elke dag? Moet die onderwyser deur
die klas loop en by die werk parafeer?
Moet al die onderwysers op ’n klaslys aan-
teken as leerders nie hul werk gedoen het
nie? Hoe word dit opgevolg?
Hoe moet jy optree of wat moet jy sê as die
klok aan die einde van die periode lui en die
leerders moet die klas verlaat?
As jy nie voor die tyd hiervan seker gemaak het
nie, sal jou leerders jou gou wys en ... dalk is dit
heeltemal verkeerd. Boonop moet jy onthou dat
alle nuwe leerders moet aanpas by verskillende
onderwysers wat dalk elkeen hul eie unieke stel
reëls het. Vir wie is hulle die bangste? (Nash:
20−21)
Al is dit net julle as vakspan, moet julle leer-
ders presies weet wat julle van hulle verwag.
Soos die graad 12-groep Afrikaans EAT-leer-
ders in Augustus 2015 tydens die mondelingmo-
derering by Hoërskool Milnerton gesê het: “as
’n mens instap by enige een van die Afrikaanse
onderwysers weet jy dadelik hoe jy moet optree.
Jy weet daar is nie tyd vir speletjies nie; in
daardie klasse moet jy die hele periode werk!”
Ron Nash (wat honderde skole in Amerika
besoek het) sê hy kan onomwonde verklaar:
Die onderwysers by die skole waar al die
vakonderwysers as ’n span saamwerk, is baie
gelukkiger en ook beter op die hoogte van
nuwe praktyke as die onderwysers van die
skole waar elke onderwyser sy of haar klas-
kamerdeur toemaak en hoop die leerders
vaar nie in die eksamen swakker as die
kollega se leerders in die klaskamer verder in
die gang nie.
Om dit te bereik, moet die kollegas mekaar se
klasse bywoon – nie om te kritiseer of te evalu-
eer nie, maar om by mekaar te leer.
Net so, beklemtoon Nash, moet dit nie net die
taalonderwysers wees wat sekere eise stel ten
opsigte van die skryfwerk van hul leerders nie.
Die taalonderwysers moet ook nou saamwerk
met al die kollegas wat inhoudsvakke gee sodat
almal besef wat verstaan word onder uitstekende
skryfwerk, byvoorbeeld paragrafering en die
uitskakel van oorloopsinne. (Nash: 86, 88)
As julle as skool ’n kultuur van respek en
verantwoordelikheid wil hê, moet almal dit
onderrig en dus ook demonstreer. As almal dit in
die eerste paar weke doen, sal al die leerders
weet hulle moet so optree om suksesvol te kan
wees en sal dit outomaties gebeur. (Braxton,
Brewe & Quirin) (Vergelyk ook die kommentaar
van Marika Rossouw van Hoërskool Volksrust
op p. 26.)
__________________________
Vraag en antwoord(e)
As jy ’n vraag vra, moet jy altyd wag vir ’n respons. Gee almal kans om te dink aan ’n antwoord. Nadat jy gewag het, noem jy die naam van die leerder wat moet reageer. Waarskuwing: Jy moet dit inoefen EN jy moet jou leerders leer hoe om te wag en stil te bly tot jy een van hulle by die naam noem. (Thompson: 219)
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 28
Hoërskoolonderwysers van Metro-Noord aan die woord in 2015
Grootste dissiplineprobleme Geselsery in die klas.
Sommige leerders toon geen respek vir die
onderwyser of vir hulle medeleerders nie.
Impulsiewe gedrag, bv. leerders wat ant-
woorde uitskree. In ons onafhanklike skool
is daar leerders met aandagafleibaarheid of
leerders wat hier is juis as gevolg van ’n
gebrek aan dissipline in hul vorige skole.
O, daar’s te veel ongeskikte, onmanierlike
kinders! Ek wonder altyd of hulle by hulle
huise ook so optree.
Die klasse is te groot. In ons skool het ons
oorvol klasse van 50 leerders en meer.
Word hulle dalk in die laerskool toegelaat
om vir driekwart van die periode nie te
luister nie? Dis die indruk wat ek van ons
graad 8’s kry.
Baie afwesighede. Hulle gebruik dit later as
verskoning vir huiswerk wat nie gedoen is
nie.
Sommige EAT-leerders is baie negatief
teenoor Afrikaans. Hulle voel dis onnodig
om dit te leer, want hulle het net 30% nodig
om te kan slaag.
Leerders wat sukkel Sommige van ons ouers stel skynbaar
glad nie belang nie; hulle kom haal nie
eers hul kinders se rapporte nie.
Ek het baie leerders in my klasse wat oorge-
plaas is en wat dus die nuwe jaar met ’n
groot agterstand begin. En van die ander
wéét hulle hoef vanjaar nie te leer nie, want
hulle gaan mos oorgeplaas word.
Die gaping tussen die laerskole se stan-
daard en dit wat ons in die hoërskool van
die gr. 8-leerders verwag, is te groot.
Elke jaar is daar meer leerders in gr. 8
wat nie verstaan wat hulle lees nie of wat
selfs glad nie kan lees nie. Is daar nie
iewers kundiges wat leiding kan gee oor hoe
ons dit moet hanteer nie?
Die ander onderwysers in ons skool vereis
nie dieselfde standaarde as ons taalonder-
wysers wat bv. spelling en taalgebruik betref
nie. Dit bemoeilik ons taak, want dit is net
ons wat die spel- en taalfoute merk.
As ons net kleiner klasse EN minder na-
sienwerk kon hê! Dan kan ’n mens jou
klasse interessanter maak en meer vasleg-
ging doen.
Ons leerders kom uit ’n plakkerskamp. Die
meeste is “ouma-kinders” of enkelouer-
kinders.
Ons ouers help skynbaar glad nie hul kin-
ders by die huis as hulle in graad 1 en 2
begin lees nie. Baie ouers besef nie (soos
ons wat self onderwysers is) dat hulle nie
net van die skool kan verwag om hulle kin-
ders te leer nie!
As ouers net meer wil belangstel en vir
hul kinders boeke koop wat hulle self kan
lees en geniet!
Tegnologie regeer deesdae die kinders se
lewens! Dis die groot probleem.
Met oueraande erken al die ouers dat hulle
kinders byna die heeltyd op sosiale media is.
– Fairbairn College
Optrede of maatreëls wat werk Speltoetse elke dag! Die woorde wat ge-
reeld verkeerd gespel word, het ek opgeplak
sodat die leerders dit kan sien.
Agterstallige werk: Ons bel die ouers en die
leerder moet die werk daardie selfde dag
inhaal; anders kry hy of sy nul. – Tygerberg
Ek gee nooit ’n nul nie. As die werk nie
gedoen is nie, moet die leerder die pouse in-
bly en dit dan doen of voltooi. As leerders
nie mondeling voorberei het nie, praat hulle
onvoorbereid oor hulself of oor hul troetel-
dier. Dus penaliseer ek hulle net daar. –
Bosmansdam
’n Mens wil graag leerders hê wat bereid is
om hard te werk, leerders met ’n sterk
werksetiek. Ongelukkig kry die leerders by
ons skool wat nie ’n das aanhet nie, meer
strafpunte as die leerders wat nie huiswerk
gedoen het nie! Dit maak my skoon raadop.
Karina Schreuder, Melkbos Privaat My raad is: Wees konsekwent. Kyk ELKE dag
of die huiswerk gedoen is. Ek plak ook
plakkertjies in hul boeke by spogwerk; hulle is
MAL daaroor!
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 29
Anita Voges, Afrikaans-vakhoof, Bosmansdam Wees georganiseerd
1. Ek het bokse met elke graad duidelik daar-
op: Die leerders sit self hul skryfwerk daarin
sodra hulle klaar is.
2. Ook ánder bokse met die grade op: Daarin
sit ek my notas vir elke klas, dit wat ek nog
moet uitdeel. As hulle afwesig was, moet
hulle self daarin gaan kyk vir die notas.
3. Die leerders moet elke dag, vóór hulle in-
kom in die klas, weet wat hulle in daardie
betrokke periode gaan doen.
4. Hou die verrassingselement ’n geheim, bv.
’n speletjie, musiek of ’n video.
5. Al my werk is op PP; ek kan dus maklik van
een element of aspek na ’n ander oorskakel.
Prys, prys, prys!
As hulle één oulike sin skryf, moet hulle dit
weet. Die meeste van ons leerders kom uit swak
of moeilike huislike omstandighede; tog doen
hulle hul deel. Ek dink dis omdat ons hulle aan
hulself laat glo en hulle menswaardigheid gee.
Fokus op skryfwerk
Stelwerktyd moet regtig kreatiewe skryfwerk-
tyd wees. Ek sê altyd vir my leerders: “Jy het tot
hier gekom en almal het vir jou gesê jy moenie
mors nie. Maar hiér knip ons en plak ons en
kleur ons in en ons versier ons Vraestel 3! Jy
moet self weer kreatief raak, net soos jou skryf-
werk!” Hulle hou daarvan, veral die meisies.
(“Bosmansdam se leerders se Skryfjoernale is werklik iets besonders.” − Adinda Vermaak)
Ons lees goeie opstelle voor en bespreek dit,
en ook dele uit boeke, byvoorbeeld van Deon
Meyer. Selfs Engelse skrywers, soos James
Patterson. Ons kyk na sy kort sinne en sy kort
hoofstukke. Omdat hy nie alles aan die leser
uitblaker nie, lei dit tot spanning.
Dissiplineprobleme
Ek het regtig nie dissiplineprobleme nie. Dalk is
dit omdat ek entoesiasties is oor Afrikaans. Ek
glo: Belangeloosheid lei tot swak dissipline. Ek herhaal gereeld en gee altyd ’n algemene
oorsig van dit wat ons gedoen het. En ek maak
grappies met die stouterds en betrek hulle sodat
hulle voel hulle word ook aanvaar.
Ten slotte: In my 27 jaar ervaring as onder-
wyser het ek al dikwels gesien: Onderwysers
wat op kinders skel en skree, verlaat die onder-
wys as gevolg van stres. Hulle kom nooit reg
nie.
Tessa Stevenson, Riverside College Ek glo aan die herhaaldelike implementering
van dit wat jy van die leerders verwag. Moenie
moed opgee nie!
1. MOENIE skreeu nie! Dan het jy klaar
verloor. ’n Ferm stemtoon en houding is
noodsaaklik én genoeg.
2. Maak jou klasse interessant en hou die taal
lewendig!
3. Ek spreek ná die periode die leerders wat
hulle onvanpas gedra het individueel aan.
Dan beklemtoon ek veral hul positiewe
eienskappe.
4. Ek gebruik juis die probleemleerders om
sekere takies vir my te doen.
5. Die korrekte plasing in die klas is noodsaak-
lik. Ek sit leerders wat probleme skep langs
die kante en voor in die klas.
6. Die leerders moet besef jy gee om vir hulle
almal en wil net die beste vir hulle hê.
DeVerra Vollgraaff, adjunkhoof, Edgemead Hoe voller die les ingepak is met “dinge” wat
die onderwyser geïnisieer het, hoe minder is
daar kans vir leerders om onhebbelikhede uit te
dink of streke uit te haal.
Ek begin graag ’n les met die dag se koerant,
Die Burger. (Die HoverCam werk fantasties –
amper soos die outydse oorhoofse projektor, net
veel eenvoudiger.) Ek lees/vertel een tot drie
nuusbrokkies uit die koerant – gewoonlik die
voorbladstories, terwyl dit voor in die klas
gewys word.
Die leerders se boeke móét reeds ooplê op
hul banke met die dag se datum en met die
woord “Koerantwerk” bo-aan. Woordeskat
(net ’n paar woorde) en miskien ’n taalbeginsel
word bespreek of verduidelik.
Direk daarna begin ons met die dag se werk.
Soms skryf ons 5 tot 7 minute oor ’n spesi-
fieke onderwerp.
Ek stap deur die klas en lees van hulle sinne.
Ek skryf dikwels een of twee van hul eie sinne
op die bord en ons bekyk dit saam taalkundig. Ek sit NOOIT in ’n klas nie. Ek beweeg op en
af en as hulle werk moet doen, gee ek elke 5 tot
10 minute terugvoering – of almal klaar is met
die stukkie werk of nie.
Lees: As ons moet lees, word dit ook interak-
tief gedoen; anders sit ’n klomp net en staar of
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 30
lê met hul koppe op hul arms en netnou slaap
die hele klas en ek lees op my eie voor.
Dissiplineprobleme
Ja, ek het ook soms probleme, maar daar is min
dinge soos ’n uiters goed voorbereide les om
swak dissipline mee te troef.
Nog ’n wenk: Begin elke dag nuut; moenie
aan die begin van die periode met enigeen in
die klas baklei nie.
Herhaal die opdragte soos jy deur die klas
loop en raak liggies aan ’n skouer as die boek
byvoorbeeld nog nie oop op die tafel lê nie.
Mondeling
Ek deel die klas in groepe van min of meer tien
leerders.
Elke groep kry ’n spesifieke datum wat hulle
in hul dagboeke moet skryf. ’n Week voor die
tyd is daar ’n “Herinner aan”.
Ek sorg altyd dat daar iets ekstra is om te
doen as te veel lede van die betrokke groep
daardie dag wanneer hulle groep mondeling
moet doen afwesig is. Gewoonlik iets interes-
sants om te lees – wat hulle dan vir hul eie lees-
werk op hul leeslys moet aanteken. Ek maak
baie gebruik van ou koerante. Hulle móét almal
ekstra lees.
Ek het al gesien: As ’n mens net een monde-
lingdatum vir die hele klas gee, wil niemand
eerste praat nie en omdat hulle weet die hele
klas sal nie in daardie een periode kan praat nie,
is die verskonings baie meer.
Dalene Morrison, Sunningdale Privaatskool
Die ouers se rol
As die ouers nie omgee oor hulle kind se skool-
werk nie, gee die kind gewoonlik ook nie om
nie. Ouers laat ook dikwels hulle kinders glo dat
dit die onderwyser se werk is om te sorg dat
hulle slaag. (Die ouers betaal mos die onderwy-
ser se salaris!) Daardie leerders aanvaar dus nie
genoeg verantwoordelikheid vir hul eie
opvoeding nie.
Aan die ander kant is daar weer ouers wat te
veel druk op hul kinders plaas wat kan veroor-
saak dat die kinders óf angstig óf opstandig
word.
Ek weet alle onderwysers sukkel, maar uit
ervaring weet ek baie Engelse kinders het
dikwels nie veel motivering om Afrikaans te
leer nie. Daarom wil hulle nie met die Afri-
kaansonderwyser saamwerk nie – en dit maak
ons stres net erger!
Soms gee ek vir hulle ’n uitdaging: die hele
klas moet saamwerk om te “wen”. As almal in
die klas byvoorbeeld al hulle huiswerk vir die
hele week voltooi het, kry die klas ’n beloning,
maar as een leerder nie saamwerk nie, kry hulle
dit nie.
Ek het ook al vir my graad 9-klas ’n
“manners challenge” gegee: Hulle moes ’n
week lank perfekte maniere demonstreer.
Dit werk met die regte motivering, maar, let
wel, ek moes dit ’n hele paar keer probeer voor
hulle uiteindelik almal saamgewerk het! ‘Nuwe’, redelik onervare EAT-onderwysers Tydens ’n byeenkoms op 15 Maart 2015 het
Wilna Marx, ervare, kundige Afrikaansonder-
wyser van Bosmansdam, vir die ander onder-
wysers in die groep vertel wat sy gedoen het toe
sy aan die begin van die jaar ’n senior klas moes
oorneem en toe besef het daar is leerders wat
baie negatief is oor Afrikaans.
Sy het die drie mees uitgesproke (moeilike)
swart seuns aan die einde van die eerste week
gevra om ’n paar minute na die periode agter te
bly. Sy het vir hulle gesê hulle sien seker sy
sukkel met sommige van die ander en sy wil
mooi vra of hulle haar nie kan help nie. Wat
hulle moes doen, was om as “klaskapteins” op
te tree. Hulle moes byvoorbeeld die huiswerk
in-neem en as sy by ’n bank een van die leerders
help, moes hulle kyk dat die ander stilbly en
voortgaan met die werk. En dit het gewerk!
“Twintig (of dalk veertig) jaar hierna gaan jy waarskynlik nie jou leerders kan onthou
nie, maar hulle sal jou nog steeds onthou. Hulle mag dalk nie jou lesse onthou nie,
maar hulle gaan nog goed onthou hoe jy hulle oor hulself laat voel het. Hulle gaan
veral jou kritiek en jou komplimente onthou, dikwels woordeliks.”
− LouAnne Johnson, Teaching Outside the Box, p. 271.
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 31
Die top tien strategieë om goeie gedrag
aan te moedig
Sue Cowley beveel in die tweede uitgawe van haar gewilde boek, Guerilla Guide to Teaching (pp. 150−151), die volgende
strategieë aan om te sorg dat leerders hulle mooi gedra. 1. Wag vir stilte. Sy herhaal hierdie wenk in elke boek wat sy skryf en met ’n goeie
rede, want dit is die enkele effektiefste ding wat onderwysers kan doen om hul leerders
sover te kry om hulle te gedra en om te sorg dat almal behoorlik aandag gee. Die maak nie
saak hoe lank jy aan die begin sukkel nie, moet nooit óóit begin praat as hulle nie almal stil
sit, vir jou kyk en gereed is om te luister wat jy sê nie.
2. Verwag net die beste. Kinders probeer gewoonlik voldoen aan ’n mens se
verwagtinge. Verwag dus altyd van hulle dat hulle sal werk en hulleself onberispelik gedra.
Lyk verbaas (of woedend) as dit nie gebeur nie.
3. Vertel hulle wat jy wil hê. Leerders moet altyd presies weet wat jy van hulle
verwag. Begin dus met: “Ek verwag van julle om stil te wees en te luister as ek praat.” Of
“Ek verwag van julle om in julle banke te bly tot ek verlof gee dat julle mag staan.”
4. Stel hulle voor die “keuse”. Gee aan jou leerders die verantwoordelikheid
om hulle behoorlik of toepaslik te gedra. Waarom? Want dit is immers húlle besluit. As
hulle daarna nie doen wat jy vra nie, moet hulle die gevolge dra.
5. Gebruik daardie dodelike kyk. Nie-verbale boodskappe is baie kragtige
wapens om hulle te dwing tot goeie gedrag. Hulle moet daardie kyk so goed ken dat ’n
enkele kyk ’n leerder se mond sal snoer.
6. Pas jou stem op. Ons stem en ons stemtoon veraai ons gevoelens. Leer hoe om
kalm en ontspanne te klink (selfs al is jy nie), want dan sal hulle beter en makliker vir jou
luister.
7. Prys een, moedig almal aan. ’n Vinnige of ’n enkele woordjie van lof vir die
leerder wat presies doen wat jy gevra het, eerder as om ’n ander (stout) leerder uit te skel,
sal die res van die klas aanmoedig om hulle ook so te gedra.
8. Stel duidelike grense. By die heel eerste ontmoeting moet jy hulle goed laat
verstaan wat jou grense is. Hulle moet weet wat jy in jou klas toelaat en wat is taboe.
9. Stel vir hulle mikpunte. Ons almal wil graag werk of mik vir iets. Sê vir hulle
presies hoe hulle moet optree en hoe hulle moet werk. Gee byvoorbeeld ’n opdrag soos:
“Ek verwag nou van almal om die volgende tien minute doodstil te werk, en ... dit begin
NOU!”
10. Leer om te lag! As jy humor in die klas gebruik, sal hulle agterkom jy is ook ’n
mens. Veral as jy vir jouself kan lag as jy ’n fout maak, sorg dit vir ’n goeie teenwig vir al
die kere wanneer jy streng moet wees.
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 32
Tien belangrike lewensvaardighede
Baie onderwysers, nie net in Suid-Afrika nie, dink die meeste leerders word
skynbaar nóóit by hul ouerhuise basiese maniere of hoflikheid geleer nie.
Die onderwysers moet dit dus vir hulle demonstreer en aanleer. Ronald Morrish (Charles: 92−93) beveel die volgende tien vaardighede aan.
1. Beleefdheid Léér hulle hoe om
ander te groet en ook hoe om altyd
“Asseblief” en “Dankie” te sê. Ook hoe om
te luister as iemand anders praat en hoe
om erkenning te gee as iemand iets goeds
gedoen het of hard probeer het.
Demonstreer dit en laat hulle dit daarna
“inoefen” om seker te maak almal in die
klas kan dit doen.
2. Plaasvervanger-onderwyser ’n Mens moet teenoor ander optree soos jy
wil hê hulle moet teenoor jou optree. Wys
jou leerders hoe om enige besoeker te ver-
welkom. Sê ook hulle moet aan die einde van
die betrokke periode vir die onderwyser
hande klap. Een van die leerders moet ook,
namens die klas, die onderwyser bedank
wat kom toesig hou het.
3. Vermy konflik Leer hulle hoe om
te reageer as hulle geterg word, maar
beklem-toon ook dat hulle daardie maats of
mede-leerders, wat moeilikheid kan
veroorsaak, moet vermy.
4. Selfdissipline Natuurlik is dit moei-
lik, maar hulle moet weet dat hulle presies
dieselfde moet optree en werk, selfs al is die
onderwyser nie in die klaskamer nie.
5. Konsentrasie Leer hulle hoe om
iemand te ignoreer wat hulle aandag pro-
beer aftrek. Laat hulle dit een keer inoefen.
Gesels self kliphard met ’n leerder reg langs
hulle. Die res van die groep moet steeds pro-
beer konsentreer en met hulle werk probeer
voortgaan. Dit is nie maklik nie, hoor!
6. Wees deel van die oplossing Leer jou leerders hoe hulle sélf hul maats kan
help om te leer, hoe hulle die terggees kan
laat stilbly. Hulle moet ook besef dat hulle
moet help sodat die klaskamer en die
skoolgebou en -terrein netjies en skoon
bly. Wens hulle geluk as hulle dit doen en, as
jy sien hulle ignoreer dit, vra waarom hulle
dan nie ook help nie.
7. Dink aan ander Alle kinders is
selfgesentreerd. Daarom moet hulle geleer
word om aan ander te dink. Hulle moet
probeer om elke dag ten minste één ander
leerder te help.
8. Uithouvermoë Leerders (net soos
volwassenes) hou nie daarvan om ’n moei-
like of ’n vervelige taak te voltooi nie, maar
wys hulle hoe belangrik dit is om enige taak
te voltooi.
9. Goeie rolmodelle Baie leerders
leer hul gedrag deur na hul ouer broers of
susters, maats, hul ouers en hul onderwysers
te kyk. Hulle moet egter altyd dink aan die
effek van hul eie woorde (beledigings of
skeltaal), hul lyftaal en hul gespreksonder-
werpe op hul jonger broers en susters en ook
op ander leerders. Is hulle dus self goeie
rolmodelle?
10. Ambassadeurs van die
skool Die leerders moet besef dat hulle
elkeen ’n ambassadeur van die skool is. As
hulle in die openbaar voorbeeldig en hoflik
optree, dink mense nie net meer van hulle
nie, maar ook meer van hul skool en van hul
gesinne.
Almal moet belangrik voel
Gee vir die (moeilike) leerders rolle in die klas, byvoorbeeld boeke uitdeel, bord afvee, afwesiges kontroleer, die huiswerk inneem en kontroleer, die plante in die klas versorg − enigiets waarvoor jy daardie leerders kan bedank en gewaardeer kan laat voel. (Bentley-Davies: 209) (Vergelyk Wilna Marx se wenk op p.30.)
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 33
Vyf maniere om jou leerders te ‘wen’
As jou verhouding met jou leerders goed is, sal hulle jou wíl help.
Versterk die verhouding op die volgende vyf maniere 1. Fokus voortdurend op die positiewe.
Kyk wat doen die leerders, veral die moei-
like leerders, reg, eerder as om hulle te
probeer uitvang as hulle iets verkeerds
doen. Hulle moet sien jy verstaan as hulle ’n
fout maak. Dit is altyd beter om te help as
om te kritiseer.
Almal, veral die probleemkinders, ver-
dien ’n knap onderwyser wat omgee en wat
weier om moed op te gee. Dink aan die
siekste pasiënte in die hospitaal: hulle het
dokters nodig wat weier om moed op te gee.
Maar natuurlik is ons menslik en raak
ons gefrustreerd. Whitaker & Breaux stel die
volgende voor (p.115): Skryf die name neer
van al die leerders oor wie jy regtig moede-
loos is en wat jy eintlik glad nie verder wíl
probeer help nie. Doen dan een positiewe
ding vir elkeen van hulle.
Moenie moed opgee nie! Vra jou kolle-
gas vir idees. Die belangrikste: Laat daardie
leerders besef jy gee om, jy glo in hulle en jy
gaan nie ophou om hulle te help nie.
2. Slaan elke keer ’n nuwe blaadjie om. Hanteer die fout of die oortreding positief en
beweeg aan. Moenie wrokke koester nie.
Wat belangrik is, is wat die leerder nóú
doen.
3. Dissipline bly steeds die fokus.
Natuurlik hou geen leerder daarvan om reëls
na te kom of om op ’n sekere manier op te
tree nie. Tog verstaan almal dat dissipline
deel is van enige onderwyser se pligte. Jare
later sal hulle jou onthou en hulle sal hul
kinders van jou vertel.
4. Wees self die rolmodel. Kinders leer
meer uit die manier waarop jy as volwassene
praat as wat hulle hoor wat jy sê. Tree altyd
bedagsaam en hoflik op. Luister aandag-
tig na wat hulle sê. Praat mooi en vriende-
lik. Help die stouterds en gee erkenning as
hulle iets goeds gedoen het.
5. Moet nooit ’n leerder verneder nie.
As jy leerders voor hul maats kritiseer oor
swak werk, sal hulle werk daarna dalk ver-
beter, maar hulle sal jou nooit vergewe nie.
As jy nie die leerder wil konfronteer nie
Prof. Ellen Kronowitz beveel die volgende tien stappe aan in haar boek, The Teacher’s Guide to Success, p. 175.
1. Begin deur vir die leerder te vertel van al
die positiewe eienskappe wat jy raaksien of van weet, byvoorbeeld haar talente, vaar-
dighede of haar sterk persoonlikheid.
2. Beskryf hierna die betrokke leerder se
negatiewe gedrag.
3. Vra bevestiging van die leerder. Moet glad
nie verskonings aanvaar nie. Vra net: “Is dit
wat gebeur het?” of: “Is dit wat jy gesê het?”
4. Moedig die leerder aan om self te noem wat
die gevolge gaan wees as sy voortgaan met
die soort gedrag. Skryf saam met die
leerder die lys gevolge onder mekaar neer
op ’n papier.
5. Moedig die leerder nou aan om te praat oor
die voordele as sy ophou met die gedrag.
Skryf die voordele of gevolge ook neer.
6. Vergelyk nou die twee lyste en bespreek
saam watter lys die produktiefste is.
7. Laat die leerder saam met jou dink aan
watter beter keuses sy kon gemaak het.
8. Bied jou hulp aan.
9. Teken saam ’n kontrak waarin julle albei
belowe om goeie keuses te maak en sal pro-
beer om dit uit te leef.
10. Vra die leerder ’n week later: “Hoe gaan
dit? Het jy jou deel van die kontrak nage-
kom? Dink jy ek het my deel nagekom?”
Bespreek indien nodig weer die kontrak.
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 34
Effektiewe onderrig kan gedragsprobleme voorkom My punt
op die
oomblik
Onderrigvaardigheid My punt
na twee
weke
My punt
na vier
weke
1 Ek groet die leerders as hulle by my klaskamer
instap.
2 Ek sorg vir ’n aktiwiteit waarmee hulle dadelik moet
begin sodra hulle gaan sit.
3 Die hoofdeel van my les is presies beplan en goed
gestruktureer; ook die tyd wat dit moet duur.
4 Ek stel belang in die leerstof en ek demonstreer my
geesdrif en passie. Ek dra dit oor aan die leerders.
5 Ek maak seker die leerders moet op verskillende
maniere reageer sodat ek hul aandag kan behou.
6 Ek weet die leerders verskil t.o.v. die manier waarop
hulle inligting inneem en onthou.
7 Ek maak seker my lesse is uitdagend, maar ook
opwindend OF groot pret OF interessant.
8 Ek maak seker dat al die leerders by die les betrek
word.
9 Ek sorg vir differensiasie in my lesse.
10 Ek prys die leerders en fokus op dit wat hulle goed
doen.
11 Ek noem my leerders op hul name.
12 Ek maak seker my aanbiedings verloop vinnig en
vlot; die een stap volg op die vorige.
13 Ek het al die nodige bronne/boeke/naslaanbronne
byderhand wat ek en/of die leerders kan gebruik.
14 Ek beklemtoon altyd dat ek van almal verwag om
goed te presteer. / Hulle weet ek het hoë verwagtinge
van almal in die klas.
15 Ek is aanpasbaar; ek kan my plan/lesplan verander of
aanpas in die beste belang van die leerders.
16 Ek wys hulle die hele tyd dat ek elke leerder in die
klas respekteer.
17 Ek sluit my les af met ’n goedgestruktureerde same-
vatting/terugvoering/opdrag om seker te maak hulle
het alles verstaan of mooi geluister.
Beoordeel jouself op ’n skaal van 1 tot 3:
1 = Ek moet hierdie vaardigheid verder ontwikkel of aanpas.
2 = Ek is oor die algemeen effektief.
3 = Ek is gelukkig of tevrede met hierdie vaardigheid.
Bron: Tony Swainston: Behaviour Management: Ideas in Action, p. 43.
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 35
Nog sewe praktiese wenke
1. Alle kinders hou van struktuur. Hou altyd in gedagte dat so baie (dalk die meeste
van die leerders in jou klas) uit wanordelike, on-
gestruktureerde omgewings kom waar daar meer
chaos as orde is. Verwaarloosde kinders smag
(sonder om dit te besef) na struktuur en leiding. 2. Probeer die volgende Die eerste leerder wat, nadat die les begin het,
’n onnodige steurnis is, moet staan. Terwyl jy
voortgaan met onderrig of terwyl die ander
leerders besig is om te werk, moet hierdie
leerder kyk wie praat. Sy kan slegs gaan sit as
sy iemand ánders aangewys het wat gesels. Die
laaste leerder(s) wat aan die einde van die
periode staan, moet dan op die een of ander
manier gestraf word. (Oosthuizen: 43)
Volg Muriel Solomon van Laerskool Balvenie se raad met haar “oorvol” klas graad 6-leerders
Op die bord is daar ’n skaal van 10 tot 0 onder
mekaar. Sy trek 1 punt af vir elke oortreding. As ’n leerder byvoorbeeld praat, merk sy die 10 af. Enige verdere oortreding van enige leerder lei tot afmerke verder af op die ry. Langs 5 staan: “Geen pouse; lees ’n boek.”
As daar leerders is wat voortgaan tot by 0 is
die straf: “Almal bly in vir detensie.” Almal in
die klas dra dus by tot die klasdissipline.
3.Onthou die volgende ... In ’n argument tussen ’n onderwyser en ’n leer-
der voor ander klasmaats wil die onderwyser
natuurlik graag wen, maar ... die leerder móét
wen. As onderwyser wil jy jou gesagsposisie
handhaaf, maar die leerders, veral tieners, wil
hulleself handhaaf binne die sosiale struktuur
van hulle en hul maats. Vir hulle is daar dus baie
mee rop die spel. Daarom sal so ’n leerder liewer
uit die klaskamer uitstap (as hy uitgejaag word)
eerder as om met die argument voort te gaan en
dit (voor sy klasmaats) te verloor. En wie het dan
gewen? Niemand. Die oplossing? Vermy ’n
gehoor. (Englehart, 103)
4. Daar moet ’n doel wees – vir jou én jou leerders
Jy en jou leerders moet altyd weet wat is die doel
wat in hierdie periode bereik moet word. Skryf
dit op die bord. En voor hulle uitstap, moet jy
vra: “Wat het jy in die periode geleer?” of
“Wat sal jy vir jou ma sê het jy vandag in die
Afirkaans-periode geleer?”
Gebruik die eerste paar minute van jou inlei-
ding om vir jou leerders te vertel waarheen dit
wat hulle gaan leer hulle gaan neem en wat hulle
moet kan doen of moet verstaan.
5. Etiket is noodsaaklik Prof. Jonathan Jansen, Rektor van die Universi-
teit van die Vrystaat, beklemtoon die belang-
rikheid van etiket. Volgens hom kan ’n mens
op universiteit sien watter studente kom van
skole waar hulle toegelaat is om sommer met
hulle voete op ’n stoel te sit en waar hulle nie in
die klaskamer moes regop sit en aandag gee nie.
Hulle het ’n “oneerbiedigheid” teenoor onderwy-
sers en lektore.
Onderrig en leer is soveel mak-iker as ál die
onderwysers in ’n skool dit van hul leerders
verwag. ’n Onderwyser wat sy leerders by die
klaskamerdeur inwag, stuur ’n boodskap aan die
leerders oor toewyding en koersvastheid. Prof.
Jansen beklemtoon dat skole en universiteite dit
nie alleen kan doen nie. “Ons het ouers nodig
wat die voorbeeld stel van hoe om op te tree ....”
(Jansen, “Goeie onderrig verg ook respek”,
7 Februarie 2012; Die Burger.)
6. Vir aandagafleibare leerders Staan naby die leerder wat nie aandag gee
nie, raak liggies aan sy skouer terwyl jy
voortgaan met jou les, verduideliking of
voorlesing.
Loop deur die klas en wys ongemerk vir die
leerders die plek waaroor jy praat of waar
julle op die oomblik in die boek lees.
Gee die instruksies in ’n sagte stem.
Noem die leerder se naam: “Sally, ek wil hê
jy moet die volgende beantwoord
7. Laat hulle by hul maats leer As ’n leerder ’n vraag beantwoord, vra altyd:
“Hoe het jy by jou antwoord uitgekom?” Die
ander leerders moet leer uit die “slim” leerder
se antwoord. (Dunn: 8−9) En as ’n leerder ’n
vraag vra, moet jy die vraag herhaal sodat ál
die leerders die vraag kan hoor. (Van der
Walt: 80)
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 36
Tree konstruktief op teenoor ‘moeilike’ leerders – dít is ware opvoeding
Die volgende reeks houdings of gedrag is tipies van die meeste onderwysers: KOLOM 1 Kritiseer Dreig Reageer sarkasties Isoleer die leerder Straf die leerder
KOLOM 2 Sug Preek Neem dit persoonlik op Keur dit af Bly stil
KOLOM 3 Versterk die gedrag Komplimenteer of prys Aanmoedig Gee raad Vra uit
Die lys in Kolom 1 is strafmaatreëls in reaksie
op leerdergedrag, terwyl die optrede in Kolom 3
meer toegeeflik van aard is. Waar pas jy in? Die
meeste onderwysers reageer gewoonlik soos in
Kolom 1. Maar dink aan die effek wat dit op ’n
leerder het wat reeds rebels is teenoor die hele
skoolopset.
As jy leerders straf, versterk jy hul negatiewe
siening van die skool. Hulle gedrag mag dalk
wel verbeter, maar net as hulle weet hulle word
dopgehou. As hulle die onderwyser as hul vyand
sien, sal hulle, as die onderwyser weg is of weg-
kyk, voortgaan met hulle “geknoeiery”. Hulle is
dan die “misdadigers” en die onderwysers die
“tronkbewaarders”. (O’Flynn & Kennedy:92)
As jy egter vir jou leerders sê wat jy voel en
dink, verminder jy nie jou gesag nie; dit kan juis
’n kragtige strategie wees om die moeilike leer-
ders te beheer. Sê dus liewer: “Gavin, die gekap
van jou pen op die tafel OF julle groepie se
geselsery daar in die hoek, frustreer my regtig,
want ek probeer die som verduidelik voor die
klok lui.” (O’Flynn & Kennedy: 97)
As die optrede onbeskof is, gerig op jou as
onderwyser, help dit om die leerder ná die
periode byvoorbeeld uit’n ander klas te gaan
haal sodat julle dit saam bespreek. Jy kan sê: “Jy
weet, as ek maak asof jou opmerking nie
belangrik is nie, gaan die ander leerders dink dis
hulle reg om óók so iets vir my te sê.” Dalk sê
die leerder: “Dit was net ’n grap.”
Dan kan jy instem dat hy of sy nie bewus was
van die volle implikasies van die woorde nie,
maar dit bly steeds ’n probleem. Hopelik vra die
leerder verskoning, maar dan moet jy sê jy is nie
heeltemal tevrede nie. Kyk of die leerder self
kan besef dat hy, aan die begin van die volgende
periode, voor die res van die klas, verskoning sal
moet vra. As jy twyfel, kan jy vra hy moet vir
jou sê presies hoe hy dit gaan doen. Laat die
leerder voel hy besluit “self” om die probleem
op te los.
Die volgende periode, nadat hy verskoning
gemaak het, moet jy hom bedank en prys. Ge-
bruik dan die geleentheid om vir die ander
leerders te verduidelik hoe dit voel om aan die
ontvangkant van sulke opmerkings te wees.
Daarna gaan jy voort met die les. (O’Flynn &
Kennedy: 100−101)
Die skrywers stel voor dat die volgende krite-
ria gebruik word om te bepaal of ’n intervensie
suksesvol was:
1. Gedrag: Sal die leerder se wangedrag
hierna stop? Of sal dit minder voorkom?
2. Selfbeeld: Is die selfbeeld van die leerder
opgebou deur die intervensie? Sal die selfbeeld
of selfvertroue van die onderwyser verbeter as
gevolg van die intervensie?
3. Verhouding: Het die onderwyser-leer-
der-verhouding verbeter? Sal die onderwyser se
verhouding met die res van die klas ook hierna
beter wees? ’n Meer positiewe, respekvolle,
samewerkende atmosfeer in die klaskamer? Sal
die leerder hierna minder negatief voel oor die
onderwysers en die skool?
4. Verantwoordelikhied: Sal die leerders
in die klas hierna besef hulle moet verantwoor-
delikheid neem vir hulle woorde of hul optrede?
5. Modellering: Het die onderwyser vir die
leerders gedemonstreer hoe ’n mens in sulke
omdstandighede behoort op te tree? (O’Flynn &
Kennedy: 102)
Natuurlik sal almal nie dadelik op presies die
regte manier kan optree nie. Dit moet deeglik
ingeoefen word.
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 37
Mediteer? Ja, almal moet dit doen
Enige onderwyser wat al ooit ’n kind gevra, gesmeek of omgekoop het om vir
’n ruk mooi stil te sit, weet daar is nie ’n kitsresep nie. Maar nuwe navorsing
bied ’n ander voorstel, naamlik: “Haal asem.” Nie jy nie – hulle!
Meditasie- of “nadink”- (mindfulness)
programme word, volgens Mandy
Oaklander in haar artikel, “Mini
Meditators”, in die gesaghebbende
Amerikaanse nuustydskrif, Time (16
Februarie 2015), al meer gebruik as
kragtige manier om ’n kind te kalmeer,
om sy of haar brein te stimuleer en om
die betrokke leerder selfs vriendeliker
teenoor klasmaats te maak.
Die gevolge is deurgaans positief – en
dit werk vir klein kindertjies, sowel as
vir hoërskoolseniors.
Dit is wat die navorsing sê:
Vriendeliker kinders
Graad 4- en graad 5-leerders wat aan so
’n meditasie- of nadink- en vriendskaps-
program deelgeneem het, het hulle beter
gedra, was minder aggressief en ook
gewilder as hul maats wat nié deel was
van die program nie. Dit het ook, selfs
maande later, gelei tot minder ADHD-
simptome by hiperaktiewe leerders
Hoër wiskundepunte Die groep wat aan die nadink- of “bewus-
wees”- program deelgeneem het se
wiskundepunte was 15% hoër as die
punte van hul klasmaats.
In ’n ander studie het 41% van die
“mediterende” laerskoolgroep ten minste
een simbool beter presteer in die gestan-
daardiseerde toets as hul klasmaats.
Beter selfbeheersing
Drie jaar nadat ’n transendentale medi-
tasieprogram by ’n disfunksionele laer-
skool toegepas is, het die skorsing van
leerders van 28% tot 4% gedaal. Dit het
selfs op die onderwysers ’n positiewe
uitwerking gehad. Hulle het nie meer, soos
voorheen, in groot getalle bedank en die
skool verlaat nie.
Beter gedrag
Net nege lesse van ’n meditasieprogram in
’n Britse skool het gelei tot minder gevalle
van depressie en stres en gevolglik tot
beter gedrag van die leerders van 12 tot
16 jaar, in vergelyking met die leerders
wat nié die program gevolg het nie.
Beter fokus:
Die onderwysers van ’n Amerikaanse
laerskool in Richmond, Kalifornië, het
agtergekom die groep leerders wat so ’n
program gevolg het, kon beter fokus, het
meer selfbeheersing getoon, het meer aan
klasbesprekings deelgeneem en het mekaar
met meer respek behandel as voor die
program.
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 38
’n Nuwe klaskamerbestuurstyl
In sy boek, Discipline Without Anger: A New Style of Classroom Management, erken
Doug Campbell dat sekere maatreëls, soos om die ouers te bel, dikwels nie meer werk
nie. Die ouers het tien teen een self probleme met hul kinders en boonop is daar baie
bewyse dat min leerders van die volgende dag af in engeltjies verander het. Hy beveel
die volgende vier stappe op pp. 36−41 aan.
Stap 1: Waarskuwing: (5 minute
Towerkrag) Die leerder wat uit sy beurt of onderlangs praat,
moet vyf minute lank doodstil bly. As hy weer
praat, volg Stap 2.
Hierdie tegniek kan gevolg word met ’n indi-
viduele leerder of met die hele klas. Die mees
algemene oortreding is leerders wat gesels.
Hierdie vyf minute kan die onderwyser dus kans
gee om self asem te skep.
Die volgende stap (Stap 2) moet egter nie vir
die hele klas gegee word nie, want natuurlik (of
hopelik) is almal nie skuldig nie.
Stap 2: Een-minuut-detensie na
die periode Die oortreders moet in hul banke bly sit na die
klok gelui het en mag nie beweeg nie. As hulle
bang is hulle gaan raas kry of gaan laat wees vir
’n toets omdat hulle te laat by die volgende klas
gaan opdaag, dan sê jy: “Maar julle het mos ge-
weet dit is Stap 2 van ons dissiplineplan.” Plaas
dus die verantwoordelikheid op die leerders.
Stap 3: Vyftien-minute-detensie Dit moet verkieslik toegepas word ná skool op
dieselfde dag as die oortreding of, indien nie
moontlik nie, dan die volgende dag na skool.
Stap 4: Verwyder uit die klas Die adjunkhoof of die persoon verantwoordelik
vir dissipline kom verwyder die leerder uit die
klas.
Waarom werk hierdie plan? 1. Tieners haat dit om hul vryheid te verloor.
Selfs ’n straf soos vyf minute waarin hulle
hul monde moet hou, voel baie ongemaklik.
2. Die straf is heel redelik. (As die reëls en die
gevolge van ’n gedragsplan nie sin maak nie
of as dit onredelik is, sal dit nooit werk nie.)
3. Die plan is maklik uitvoerbaar. As jy as on-
derwyser eers gewoond is daaraan, kan jy
dit gebruik, byna sonder om jou onderrig te
onderbreek. Jy skryf net vinnig die leerder
se naam op die klaslys of op die bord. (Baie
belangrik: Moet hulle nié oorsien nie, al
kom vra hulle ook hoe mooi verskoning.)
4. Dit is maklik om rekord hiervan te hou.
Omdat jy die naam of name neerskryf, kan
jy sien hoeveel keer daardie spesifieke
leerders oortree het en wat hulle reaksies is.
Sorg dat almal julle klas se Dissiplineplan kan
sien, sodat hulle nie kan sê hulle het nie geweet
wat die gevolge is nie. Byvoorbeeld:
Reëls 1. Almal bly stil as die onderwyser praat. 2. Geen beledigings of vloekwoorde nie. 3. Niemand staan op sonder toestemming nie. Gevolge 1. Vyf minute van doodse stilte. 2. Een-minuut-detensie (net na die periode) 3. Vyftien-minute-detensie (na skool of die
volgende dag) 4. Uit die klas − kantoor toe.
Sorg dat die ouers ook weet van die dissipline-
plan. Die reëls kan natuurlik aangevul word,
maar dit moenie ’n lang lys word nie.
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 39
Hoe sal jy die woord ‘respek’ omskryf? Dissipline, die belangrikste deel van klaskamerbestuur
Sal jy, sonder om in die woordeboek te kyk, die woord “respek” kan omskryf?
Kyk na die volgende lys, saamgestel uit die
response van 980 laerskoolleerders (naastenby
ons Senior Fase) in Chicago, Amerika. 63% van
hierdie leerders kry gratis middagetes by hul
skole (hulle kom dus uit behoeftige gesinne).
Die vraag aan die leerders was: “Noem
maniere waarop onderwysers respek betoon
teenoor jou of teenoor julle as leerders.”
Die top 12-antwoorde uit die meer as 2 900
response was:
12. Die onderwysers is nie sarkasties nie, rol nie
hul oë nie; dit wil sê: Jy weet hulle glo jou.
11. Hulle gee gou ons take gou terug.
10. Hulle is ná skool beskikbaar as jy iets wil
vra.
9. Hulle noem al die leerders op hulle name.
8. Hulle laat weet jou ouers as jy presteer het of
as jy iets goeds gedoen het.
7. Hulle klasse is interessant.
6. Hulle plak die leerders se werk in die klas-
kamer of in die gang op.
5. Hulle het ’n sin vir humor.
4. Hulle luister na jou, sonder om jou in die rede
te val.
3. Hulle respekteer jou persoonlike ruimte, hulle
raak bv. nie aan jou of gryp of ruk jou nie.
2. Hulle praat met ’n kalm stem, selfs al is hulle
kwaad. Hulle skreeu nie op ons nie.
Die omskrywing wat die meeste leerders
beskou het as ’n voorbeeld van respek was:
1. Die onderwyser praat privaat met ’n leerder
as daar ’n probleem is.
Koppel dissipline altyd aan selfdissipline, dit wil sê, die manier waarop ’n mens sélf oor die reëls of voorskrifte dink. Die kern van dissipline-ring is om leerders te leer om sélf te dink en sélf te besef wat is die regte en die beste manier om iets te doen. Dit wil sê, nie omdat hulle bang is vir straf nie. (Lemov: 146)
In ’n ondersoek waar ’n groep Amerikaanse na-
vorsers altesaam duisende ure lank lesse waar-
geneem het om te bepaal presies watter soort
wangedrag die meeste in klaskamers voorkom,
is tot hierdie gevolgtrekking gekom:
Die vyf probleemareas in “onproduktiewe”
klaskamers is die volgende:
Ontsettende tydvermorsing. (Massive time
wasting)
Die leerders is passief en leer nie werklik
enigiets nie. (Student passivitiy in learning)
Die leerders werk nie doelgerig nie. (Student
aimlessness)
Handopstekery wat nie help nie. (Helpless
handraising)
Onderwysers wat raas en neul, sonder enige
effek. (Ineffective teacher nagging)
(Charles: 121)
Probeer die volgende
Kondig vir jou leerders aan dat jy nie meer vir hul ouers briefies of e-posse of SMS’e gaan stuur as hulle hul wangedra het nie.
Dalk word jou woorde gevolg deur blydskap of selfs applous. Dan sê jy: “Júlle gaan die notas skryf. Julle is nou groot genoeg om dit self te skryf.” Maak seker
jy klink nie sarkasties nie. Laat dit klink asof jy hulle ’n guns bewys. Jy sal verbaas wees oor die gevolge. Die volgende keer wat ’n leerder iets doen wat erg genoeg is dat sy of haar ouers in kennis gestel
moet word, sê jy: “Ek weet jy besef jou ouers móét hiervan weet. So, kom sit en skryf hier by my tafel op hierdie nota alles wat gebeur het.”
Jy moet natuurlik die nota onderteken en ook aandui waar die ouers ook moet teken onder hul kind se handtekening, voor hulle dit die volgende dag saam met hul kind terugstuur skool toe. Nooit
weer sal ouers kan sê hulle kinders het nie oortree nie; die kinders het dit mos self in hul eie handskrif erken. (Whitaker & Breaux : 33)
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 40
Ontwrigtende gedrag is onafwendbaar
In hulle boek, Classroom Management (pp. 116−117), wys die skrywers, A.G. Kruger
en O.J. van Schalkwyk, daarop dat, al is onderwysers ook hoe effektief in die skep van
’n positiewe leeromgewing en al pas hulle verskillende onderrigmetodes toe, is
ontwrigtende gedrag van een of meer leerders onafwendbaar. En natuurlik kan dit nie
geïgnoreer word nie.
Hulle noem die volgende soorte gedragsprobleme wat kan voorkom:
Gee nie aandag nie / Let nie
op nie
Gesels onderlangs
Onderbreek die les
Wil nie stilbly nie
Maak grappies om aandag
te trek
Weier om te werk
Gebrek aan goeie maniere
Vandalisme
Tree aggressief op
Boeliegedrag
Onbeskof
Daag gesag uit
Opvlieënde gedrag
Natuurlik is al bogenoemde voorbeelde van
ontwrigtende gedrag nie ewe “erg” nie. Dit kan
trouens ingedeel word in geringe gedrags-
probleme, ernstige of ontwrigtende gedrag en
chroniese wangedrag.
Oorsake van gedragsprobleme
’n Onderwyser moet weet wat is die redes vir die
probleem om sodoende die korrekte dissiplinêre
maatreëls te kan toepas.
Fisiologiese faktore: Voorbeelde is swak
gesondheid of ’n gehoor- of sigprobleem,
ondervoeding, of die versteuring van fisiologiese
groei en ontwikkeling.
Sosiale faktore: Dit sluit in opsweping (hulle
hits mekaar aan); negatiewe portuurdruk (wil nie
uit voel tussen hul maats nie) of sosiale faktore
in die klaskamer self, byvoorbeeld ’n slordige,
vuil klaskamer, swak onderrigfasiliteite,
vervelige aanbieding, ’n onderwyser wat nie
voorberei het nie, ensovoorts.
Omstandighede by die ouerhuis: As
leerders by die huis geen goeie voorbeeld het om
na te volg nie en teenoor hul ouers onbeskof is,
sal die onderwyser moeilik die gedrag kan
verander. Ander huislike probleme, soos:
alkoholisme, gebrek aan geld, ’n onstabiele
gesinslewe, byvoorbeeld egskeiding of ouers wat
gedurig stry en baklei, geen dissipline of reëls by
die huis nie, geen rolmodelle nie; ouers wat nie
belangstel in hul kind se prestasie nie of, aan die
ander kant, te veel druk van ouers dat die kind
moet presteer.
Persoonlikheidseienskappe van die
leerders: aggressief, selfingenome of
hoogmoedig, egoïsties, koppig of halsstarrig
minderwaardigheidsgevoel, boeliegedrag,
dagdromery, parmantig of onbeskof.
Die onderwyser as faktor: Die onderwyser
kan self die oorsaak wees, byvoorbeeld as
gevolg van swak gesondheid, oorvermoeidheid,
swak voorbereiding of ondoeltreffende
klaskamerbestuur.
Skoolfaktore: ’n Negatiewe skoolklimaat
beïnvloed leerdergedrag op dieselfde wyse as die
klimaat of atmosfeer in die klaskamer. Die skool
se bestuur moet dus altyd daarna streef om ’n
skoolomgewing te skep waar dissipline, goeie
maniere en hoflikheid die norm is.
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 41
Waarom wíl leerders stout wees? Dit help as jy van die begin af weet wie die potensiële moeilikheidmakers of geselsers in
elke klas is. Soek dadelik redes om daardie leerders te prys. Herinner jou klas gereeld
aan die klaskamerreëls en die gevolge as hulle oortree. (Brough, Bergmann & Holt: 68)
Onthou: Die meeste kinders sal liewer bekend
wil staan as “moeilik”, eerder as “dom”.
Mense wat rof en onbeskof is, word dikwels
uitgebeeld as helde. Dink aan flieks of TV-pro-
gramme waar die held die een is wat die reëls
verbreek. ’n Held mag dus rebels wees, maar
moet net nie dom wees nie.
As leerders dus gebrandmerk word as “onno-
sel”, hou hulle op probeer en word hulle liewer
“oortreders”. (Ai, hoeveel van die Kaapse
gangsters kon op skool goed lees en spel?)
Hulle voel dan hulle het sélf gekies om liewer
onsuksesvol te wees en nou is hulle in beheer
van hulle eie situasie.
Dink aan die vernedering as ’n leerder (dik-
wels ’n seun) voor sy klasmaats stadig en stotte-
rend hardop moet lees. Die oplossing is om so
’n leerder liewer alleen, privaat, by jou as
onderwyser te laat lees of (indien moontlik) by
’n tutor wat kan help. (Curwin: 138−9)
Voorkom ’n magstryd As ’n stout of onbeskofte leerder en die onder-
wyser veg om beheer van ’n situasie, vererger
sake baie vinnig soos die spanning verhoog.
Albei dink dit sal ’n teken van swakheid wees
om toe te gee en nie een wil aansien verloor in
die oë van die res van die klas nie.
Daar is net drie opsies in ’n magstryd: óf
die onderwyser stop dit, óf die leerder stop
dit óf dit hou aan en vererger. Vir baie tieners
is oorgawe ’n teken van swakheid. Hoe gaan jou
maats (dalk lede van jou of van ’n ander bende)
jou swakheid interpreteer?
Jy, as onderwyser, moet dus die magstryd
beëindig. Die heel beste manier is natuurlik om
te weier om in die eerste plek deel te wees
daarvan.
Voorbeelde wat Richard Curwin in Meeting
Students where they Live (pp. 139−140) voor-
stel, is die volgende:
- “Ek gaan nie nou met jou argumenteer nie.
Ons kan dit later bespreek.”
- “Ek kan sien jy voel baie sterk hieroor. Kan
jy my vertel hoekom?”
- “Ons het ’n oplossing nodig wat ons albei
gelukkig of tevrede gaan maak. Goed, dís
wat ek bereid is om te doen. Wat is jý bereid
om te doen?”
- “Ek kan sien dit beteken baie vir jou. Neem
’n paar minute en kyk of jy ’n oplossing kan
vind. Dan sal ek weer met jou praat.”
Keuses as oplossing vir gedrags-probleme
Dit mag nié ’n bedekte dreigement wees nie.
Deur die keuses moet die leerder sy waardigheid
kan behou en dit moet hom of haar hopelik
motiveer. Byvoorbeeld:
Gedragsbesluite: “Jy kan nóú jou werk
doen of ná skool, met my hulp. Wat kies
jy?”
Gevolge: “In die klaskamer beledig ons nie
mekaar nie. Jy kan vir Ethan ’n briefie skryf
en verskoning maak. Of jy kan vir hom ’n
guns bewys. Of jy kan iets positiefs vir die
klas doen. Wat kies jy?”
Probleemoplossing: “Ek weet jy en Jules
stem nie met mekaar saam nie. Kan jy aan
enige manier dink waarop jy julle verhou-
ding kan verbeter? Of wil jy hê ek moet iets
voorstel?” (Curwin: 140)
Waarom is hulle so onbeskof? Onbeskofte leerders wat die klas ontwrig, be-
skik nie oor sekere sosiale vaardighede nie.
Daarom word hulle die slagoffers van ’n dissi-
plinestelsel wat sê: “Moenie dit doen nie!” Die
probleem is dat hulle nie vertel word hoe o
toepaslik op te tree nie. ’n Junior leerder het vir
haar onderwyser gesê: “Almal sê my maniere is
nie goed nie, maar niemand sê vir my wat
‘maniere’ is nie.” (Brough, e.a.: 47)
In vorige geslagte was die waardes wat by
die huis, die skool, die media (en ook in die
kerk) geleer is, dieselfde. Dit is ongelukkig nie
meer vandag die situasie nie. Voorheen was
kougomkou in die klas of hardloop in die gange
oortredings. Die onderwysers het nie te kampe
gehad met (regte) bendes, bakleiery, vuur-
wapens en dwelmmisbruik nie. (Bluestein: 184)
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 42
As jy móét raas ...
As jy met ’n leerder raas, is jou emosies én die leerder s’n betrokke. Dink
aan jou stemtoon en jou lyftaal. Sorg vir kalmte deur jou stem. Praat dus
stadiger, verlaag die toonhoogte van jou stem en praat kalm en duidelik. Verwys na die skoolreëls en na julle klaskamer-
reëls. Wys op die gevolge as die leerder nié aan
die verwagtinge voldoen nie.
Byvoorbeeld:
Kry die leerder se aandag; noem sy of haar naam: “Jody, dis ’n waarskuwing.”
Verwys na die reël: “Die reël in hierdie
klas is dat almal stil, op hulle eie werk.”
Wys op die gevolge: “As jy aanhou om
die ander te steur met jou geselsery moet jy
die groep verlaat en hier voor by die tafel
kom sit en werk.”
Gaan dadelik voort met die aktiwiteit en prys die ander groeplede of die klas: “Paul en Susan, ek is bly julle is al
amper klaar met julle opstelle.”
As die leerder doen wat jy gevra het, wag ’n paar minute en prys hom.
Moet nooit ’n waarskuwing herhaal nie.
Onthou Die probleem is die gedrag; nie die leerder
nie.
- Tree vinnig op en probeer om nie die res van
die klas te steur nie.
- Wees altyd konsekwent. Moet dus nooit, as
jy in ’n goeie bui is, daardie selfde soort
gedrag oorsien nie. Die leerders sal dit
dadelik agterkom en hulle sal beslis misbruik
maak daarvan.
- Vertel altyd vir die leerder presies wat hy of
sy verkeerd gedoen het.
- Dink aan ten minste drie dinge waaroor jy
die leerder kan prys − vóór jy weer negatief
is of weer met hom of haar moet raas.
- Onthou: Jy is nie ’n mislukking as jy ’n kol-
lega of die hoof se hulp vra nie. (Thody: 41)
As jy iemand uit die klaskamer stuur: Doen dit met ’n duidelike en uitvoerbare
voor-waarde vir terugkeer na die klas,
byvoorbeeld: “Kom terug na vyf minute,” of
“Kom sê vir my as jy gereed is om terug te
kom.”
Verwys na julle klas se vasgestelde reëls, veral dit waaroor julle ooreengekom
het.
As jy ’n leerder onregverdig gestraf het, moet jy jou fout erken en verskoning
maak. (Clandfield & Prodromou: 42;
Cowley. 2009: 54)
Klein dingetjies of oortredings lei onvermy-
delik tot groter probleme. Dink aan die
“Stukkende-venster-teorie”. As ’n gebou
verlate is, met al die vensters stukkend, dan is
daar gewoonlik min verdere vandalisme.
Maar as daar net een gebreekte vensterruit is,
wat nié herstel word nie, dan sal baie ander
vensters deur vandale gebreek word, want dit
lyk asof dit gedoen mág word, sonder gevolge.
As onderwysers dink hulle is hulpeloos om die
leerders se swak gedrag te keer en hulle begin
toegewings maak, dan aanvaar die leerders dat
hulle selfs erger mag optree. (Canter: 143-4)
Die moeilikheidmakers …
Dink aan iets positiefs wat jy elke dag, twee weke lank, van elkeen van jou moeilikste of jou luiste leerders kan sê − en sê dit vir hulle! Dit kan wees oor enigiets wat hulle gedoen of gesê het − of oor iets verkeerds wat hulle nié (weer) gedoen het nie.
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 43
Leerderrespons / Gedragsrespons Leerder: ..................................................................... Graad: ......... Onderwyser: ...................................................................................................... Vak: .............................................................................. Datum: .......................
Leerder se kommentaar Ek het die volgende gedoen wat teen ons klas of teen die skool se reëls of gedragskode is: _____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________
Ek het die volgende reël(s) verbreek of oortree: _____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ My verduideliking of verskoning: _____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ Hoe kan ek sake regstel? OF Hoe kan ek help om die probleem te oorkom? OF Hoe kan ek hierna anders optree? _____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________
...................................
Onderwyser se kommentaar: _____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ Versoek van die onderwyser: Sal dit hierna self oplos. Ondersteuning van die graadhoof. Ondersteuning van die skoolhoof
(Bron: Bill Rogers: Cracking the Hard Class: Strategies for Managing the Harder than Average Class.
Second edition. 2006. Paul Chapman Publishing, p. 202)
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 44
Werk altyd aan jou professionele beeld
Trek netjies en gemaklik aan, maar steeds professioneel; nooit uitlokkend nie.
Moenie probeer lyk soos ’n tiener nie.
Maak asof jy vol selfvertroue is, selfs al voel jy onseker.
Behandel al jou leerders hoflik. Nie almal op dieselfde manier nie, maar hoflik.
Ondersteun julle skool se sportspanne en kultuuraktiwiteite.
Leer hulle hoe om te studeer, hoe om notas te maak, hoe om te hersien, hoe om hul
dag te beplan.
Laat jou leerders praat. Onderwysers wat vrae vra, eerder as net lesings gee, het
minder dissiplineprobleme as hul kollegas wat net praat en praat – en dan raas.
Wees altyd betyds. Liewer te vroeg as een minuut te laat.
Alle leerders wat ledig is, begin raas of is stout. Sorg dat hulle werk het om te doen.
Moenie begin praat voor jy nie almal in die klas se aandag het nie.
Onthou: Ons onderrig nie ’n klas nie; ons onderrig individuele leerders.
Moenie vergeet nie: Dit wat jy in die klas sê, gaan daardie selfde aand by die huis
aan tafel oorvertel word.
Behandel al jou leerders met respek. Selfs die heel moeilikste leerders het
gevoelens wat seergemaak kan word. Moenie iets leliks sê (al is dit ook die
waarheid) wat hulle nooit gaan vergeet of vergewe nie.
Moenie vergeet van humor nie! Laat hulle soms saam lag en die lewe geniet.
Aanvaar dat alle leerders kan leer, selfs daardie leerders wat lyk asof ander al
moed opgegee het oor hulle. Juis hulle het jou nodig.
Aanvaar verantwoordelikheid vir jou leerders se prestasie of gebrek aan prestasie.
Maar leer hulle ook om sélf verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar.
Sorg dat jy altyd ’n baie goeie antwoord gereed het as ’n leerder vra: “Nou hoekom
moet ons hierdie goed leer?”
Werk elke periode geduldig en met begrip aan jou leerders se gedrag. Leer hulle
hoe hulle nie net in jou klas nie, maar ook in die lewe moet optree en praat.
Moet nooit toelaat dat ’n leerder in jou teenwoordigheid vloek nie.
Spreek jou gereeld en ook baie heftig uit teen die misbruik van dwelms.
Begin en eindig elke periode met iets interessants, met iets verrassends.
Wees opgewonde en geesdriftig oor dit wat jy onderrig en dra jou geesdrif en passie
oor aan jou leerders.
Lees na oor die onderwys, oor jou vakrigting, bly op die voorpunt van jou
vakgebied.
As jy’n fout gemaak het, vra verskoning.
Bron: Julia G.Thompson: Discipline Survival Guide for the Secondary Teacher, pp.48−49.
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 45
Sue Cowley se top-strategieë om wangedrag te hanteer
Sue Cowley (Guerilla Guide to Teaching: 154−155) wys tereg daarop dat
die meeste onderwysers in elke periode te kampe het met die een of ander
mate van wangedrag. Die geheim is dat die onderwysers ’n hele aantal
strategieë gereed moet hê om enige probleem te hanteer.
As jou leerders sien jy kan regverdig én vinnig reageer, sal hulle gou besef
hulle moenie met jou mors nie.
1. Gebruik “Ek wil hê ...”
verklarings. Effektiewe
onderwysers vertel hulle leerders
presies wat hulle van hulle verwag.
“Sarie, ek wil hê jy moet asseblief
nou dadelik ophou praat sodat ek
verder kan verduidelik.”
2. Bly kalm. Natuurlik voel ’n
mens ontsteld of sleg oor wangedrag
in jou klas. Maar onthou altyd: ’n
kalm onderwyser kan ’n probleem
baie effektiewer hanteer. Die betrokke
leerder sal dus ook kalm bly.
3. Verwyder toeskouers. Natuurlik is jy lus om die kind voor
sy maats uit te trap, maar dit kan die
konfrontasie net vererger. Neem dus
die leerder eenkant, selfs buite die
klaskamerdeur, voor jy begin praat.
4. Vermy die lokaas. Leerders
wat hulle wangedra se doel is dikwels
juis dat die onderwyser kwaad moet
word. Moenie daarvoor val nie. Bly
kalm.
5. Bou ’n “muur”. ’n Goeie
manier om nie in die lokval te beland
nie, is om ’n denkbeeldige “muur” te
bou tussen jou en die wangedrag –
selfs al is dit teen jou as persoon
gemik. Wys die leerder (en die klas)
hoe kalm jy kan bly.
6. Laat hulle besluit. As jy
moet straf, herinner die leerders die
heeltyd daaraan dat hulle ’n keuse het.
Hulle kan self hul gedrag verander,
(byvoorbeeld stilbly), maar as hulle
besluit om weer te oortree, sal die
straf net erger wees.
7. Beklemtoon die gedrag.
As ’n leerder voel die straf is ’n per-
soonlike aanval of dit is onregverdig:
“Juffrou pik ook altyd op my!” dan
kan dit lei tot ’n konfrontasie. Be-
klemtoon baie duidelik dat jy teen die
gedrag is; nie teen die leerder self nie.
8. Volg dit op. Elke keer as jy ’n
straf aankondig, moet jy seker maak
dit word uitgevoer. Maak byvoorbeeld
seker die leerder gaan wel detensie-
klas toe.
9. Laat die straf tel. As die
leerder byvoorbeeld detensie gesit het,
moet jy na die tyd met haar praat oor
haar wangedrag.
____________________
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 46
Effektiewe strafmaatreëls
Beoordeel, as personeel, elkeen van die volgende strafmaatreëls in terme van effektiwiteit,
met 1 vir “Nutteloos” en 10 vir “Effektiefste”. Vergelyk daarna jou siening met die ander lede
van jou groep en dan ook met die res van die personeel. Bestudeer daarna die sienings van ’n groep of groepe leerders (wat dan in die laaste kolom ingevul moet word).
Straf Ek Ons groep
Almal Leer-ders
1. Berispe die leerder(s) in die klas voor sy/haar klasmaats.
2. Berispe die leerder privaat (byvoorbeeld in die gang OF
na die periode).
3. Berispe die leerder in die saal voor die hele skool.
4. Stuur die leerder na ’n ander klaskamer (“time out room”)
5. Stuur die leerder uit die klas, om in die gang te gaan
staan.
6. Stuur die leerder kantoor toe of na die gedragshoof.
7. Gee vir die leerder ekstra werk of strafwerk.
8. Gee vir die leerder uitskryfwerk.
9. Hou die leerder in vir pouse.
10. Die leerder moet na skool bly. / Detensie na skool.
11. Skuif die leerder na ’n ander plek in die klas, bv. voor by
die onderwyserstafel.
12. Skakel die leerder se ouers.
13. Die leerder moet die werk by die huis voltooi en dit die
volgende oggend voor skool bring.
14. Die leerder mag nie saamgaan op ’n uitstappie nie.
15. Die leerder mag bv. nie aan ’n wedstryd deelneem nie.
16. Die leerder moet op ’n Saterdag/Saterdae
gemeenskapsdiens OF arbeidsdetensie doen.
17. Die leerder moet instem om, saam met die betrokke
onderwyser, ’n kontrak te teken.
18. Voeg self by ...
19.
20.
Bron: Chris Lee. 2007. Resolving Behaviour Problems in Your School: A Practical Guide for Teachers and Support Staff, Paul Chapman Publishing, p. 62.
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 47
Wat sê die eintlike kenners van Metro-Noord?
(In die derde kwartaal van 2015)
Leerders wat betrokke is by buitemuurse bedrywighede, debat, netbal, hokkie, rugby, is
gewoonlik trots op hul skool, raak nie so maklik by verkeerde dinge betrokke nie en
weet ook hulle is rolmodelle vir die ander leerders. En hulle weet hulle moenie Vrydag-
aande uitrafel nie, want die volgende dag moet hulle op die veld draf met die skool se
sportdrag aan. “’n Betrokke leerling is ’n gelukkige leerling” was die uitspraak wat
mnr.G.F.D. Kellerman, hoof van die Hoërskool Bellville (1974−1983), gereeld herhaal
het. En ’n mens kan byvoeg: “... en is ook ’n trotse leerder.”
Graad 12’s se wenke vir onderwysers Begin die jaar so … Onderwysers moet van die begin af sorg dat
die leerders weet wat is die gevolge van hul
dade. – Chardonnay Erasmus, Cravenby Laat die leerders van Dag 1 af duidelik weet:
“Ek is die onderwyser! Jy is die leerder!” –
Aneeqah Hendricks, JG Meiring Kry van die begin van die periode af hulle
aandag. Maar onthou: Daar sal altyd ’n
leerder wees wat nie wil luister nie. – Chante
Andrews, The Settlers Jou eerste indrukke van ’n onderwyser is
baie, baie belangrik. ’n Mens onthou dit vir
altyd. – Carl Thomas, DF Malan Daardie eerste ontmoeting: Gee vir hulle die
plan wat jy gaan volg sodat hulle presies
weet wat jy in jou klaskamer van hulle
verwag. – Wesley Ceasar, JG Meiring Daar is so ’n groot gaping tussen gr. 7 en gr.
8. Daardie graadaggies is nog nie gefokus
nie. En dan is dit gewoonlik die jong onder-
wysers wat vir hulle moet klas gee! – Tiffany
Rhodes, Elsiesrivier Onderwysers moet van die begin af hulle
voet neersit. Hulle moet weet: In elke klas is
daar leerders wat kanse sal probeer vat of
wat hulle lewe vir hulle hel sal probeer
maak! –Raihaana Thiart en Carla Storm,
President Onderwysers moet bly by hulle dreigemente
– anders glo die leerders hulle nie. Kinders
kom gou agter dit word nooit uitgevoer nie.
Dan het die onderwyser klaar verloor! –
Ziziphoi Nacphayi, Durbanville, en baie
ander leerders Besef die onderwysers dat hulle vir ons rol-
modelle is? Party van ons wil sélf onderwy-
sers word. – Kirsten Manns, Range Moenie vooropgestelde idees hê van die
leerders wat aan die begin van die jaar in jou
klas instap nie. Stel belang in ál jou leerders
se lewens. Laat ook dié wat nie presteer nie,
belangrik voel. Die res van die klas kom dit
dadelik agter. – Loudi Uys, Stellenberg
Besef alle onderwysers dat die kinders hulle
volgens hulle kleredrag beoordeel? Hulle
moet altyd professioneel lyk. – Kaylinn
Africa, Tygerberg & Martinique van Wyk,
Bernadino Heights
Verhouding met die leerders Bly professioneel. Moet nooit té vriendelik
wees nie! – Astrid Claasen, Edgemead
’n Onderwyser moenie witbroodjies hê nie!
As jy nié een van hulle is, dink jy daar word
minder van jou verwag; jy hoe nie hard te
werk nie. − Carla Smith, Durbanville
Sommige onderwysers het “favourites” en
behandel van die ander leerders stief. Almal
kom dit gou agter. – Deznay Boes, Caroline
Bester, Goodwood Kollege, en ook ander
Kinders vind gou uit as ’n onderwyser van
hulle geskinder het. – Sibahle Dyongo,
Masibambane
Moenie vriendjie-vriendjie met die klas speel
nie; daar gáán iemand wees wat die water
gaan toets. – Shana-Lee Koopman, Goodwood
Kollege
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 48
Moet seblief nie die heeltyd kla nie! Praat
met ons, motiveer ons en prys ons! – Sibahle
Dyongo, Masibambane
Verstáán die probleemkinders in jou klas. − Annemarie Wüst, Stellenberg
Ek glo: Hoe jy ander behandel, so sal hulle
jou behandel. Motiveer dus die leerders! – Clarenzo Grootboom, Elsiesrivier
’n Goeie onderwyser weet daar is ’n tyd vir
alles. ’n Mens moet dit mos darem soms kan
geniet ook in die klas! – Zanielle van der
Horst, Table View
Daar moet tyd wees vir werk, maar ook tyd
vir speel. – Kirsten Daniels, Bosmansdam
Bly kalm! Dis my raad. En onderwysers
moet ons veilig laat voel, selfs dié wat suk-
kel met Afrikaans. Hulle moet ons almal laat
“chill”. – Larnelle Lewies, Edgemead
Die onderwys is die moeder van alle beroe-
pe. Dit is so belangrik dat die onderwysers
dadelik die grense stel. Ek dink dis goed dat
’n onderwyser sê: “Ons werk nou almal en as
hierdie opdrag klaar is, kan julle gesels.” – Vincentia Benting, Cravenby
Onderwysers moenie vergeet dat hulle ook
kinders was nie; dit lyk soms asof hulle dink
ons kan nie moeg word nie!– Shardone
Adonis, Ravensmead; Barend Engelbrecht,
Bosmansdam
Onderrigwenke Veral jong onderwysers moet weet hulle
moet gereeld kyk na die huiswerk en dit
opvolg as dit nie gedoen is nie. – Tamsen
Orange, Parow
’n Mens voel dadelik ’n onderwyser se
“positiewe energie” aan, soos in juffrou
Vollgraaff se Afrikaanse klas. – Dylan-Burton
Heynes, Edgemead
Hulle moet “practice what they preach”.
Hulle kan nie van die leerders verwag om te
werk − en dan kom die leerders agter hulle
het self nie voorberei nie. − Annemarie Wüst,
Stellenberg
Sommige onderwysers kom in ’n slegte bui
skool toe en kom haal dit dan op ons uit. – Quinita Arendse, Elsiesrivier
Maak die lesse meer opwindend en ook
interaktief. Laat die leerders deelneem! – Quisha George, Goodwood Kollege
Onderwysers word mos betaal. Dis hulle
werk; hulle moet ferm wees en sorg dat
almal werk. – Athenkosi Ntutweni, Milnerton
Veral nuwe onderwysers moet besef: Alle
kinders sal gesels (en lag) as hulle nie die
heeltyd werk nie. – Kenan Kotze, Edgemead
Onderwysers moet onthou: Ons is ’n heel
ander generasie as veral die ouer onder-
wysers. En ek dink daardie gaping raak al
groter. – Nina Faulhammer, Durbanville
Sorg vir die regte balans, soos mnr. Rede-
linghuys, wat gereeld grappies vertel. Die
leerders in sy klas is nooit verveeld nie. – Jonathan van Rheede van Oudtshoorn,
Stellenberg
Maak assebliéf soms grappies! – Tarah Julius,
Bloubergrant
Ek wens alle onderwysers was soos mnr.
Beneke (die skoolhoof). Hy gee vir ons in
graad 11 en 12 “Geography”. En ek en die
ander verstaan alles! Jy móét net vir hom
luister. Hy begin elke periode met ’n raaisel
of ’n kort grappie. Die seuns wat in ander
klasse lastig is, is doodstil in sy klas. Hy kyk
vir elke kind in die klas en ons wil die hele
tyd vir hóm kyk en luister hoe hy die werk
verduidelik. − Christopher Oakes, Tafelberg
Leerders kom dadelik agter of die onderwy-
ser voorberei het vir die les. – Nika Jordaan,
DF Malan
Ek dink party onderwysers moet iewers gaan
leer hoe om vrae te vra, sodat hulle ál die
leerders by die les kan betrek. – Andrea
Olivier, Stellenberg
Onderwysers verwag respek van hulle leer-
ders, maar ek dink hulle moet besef hulle
moet, op hulle beurt, ál die leerders in hulle
klasse respekteer. − Carey Hanie, Parow
Respek kom van albei kante af. ’n Mens kan
gou agterkom as ’n onderwyser sekere
kinders nie respekteer nie. – Shannon Kramm,
Milnerton Die kinders moenie die indruk kry die on-
derwyser kom net skool toe om aan die einde
van die maand salaris te ontvang nie. – Monray, Barnes, Elsiesrivier
Ek het al gesien: Onderwysers met passie vir
hul vakke sukkel nie met dissipline nie. –
Shaun Moodian, Ravensmead
Daar is onderwysers wat nooit verskoning
sal vra nie, al weet almal hy of sy was
verkeerd. – Eben Koen, Stellenberg
Moenie nét ’n onderwyser wees nie. Ons
moet in die klas ’n “team” wees. So, as die
onderwysers vir ons leer, moet hulle vir die
hele klas kyk. Ons moet voel: In hierdie klas
is ons ’n familie, want die onderwyser is my
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 49
pa of my ma. – Siyasanga Wondo,
Masibambane
Motiveer! Motiveer! Moedig die leerders die
hele tyd aan. – Kimo Moses, Parow
Sommige onderwysers dink nie wat hulle sê
nie. Ek dink, as hulle sien ’n leerder vaar
swak, moet hulle daardie kind uitroep en
byvoorbeeld sê: “Jy is ’n 80-persenter” – Shannen Buys, Parow
Ek dink ’n onderwyser moet die volgende
vier eienskappe hê: Weet waarvan hy praat.
Moet atmosfeer kan skep. Moet glo in die
leerders in sy klas. En moet weet wat hy kan
doen sodat almal kan presteer. – Allison
Arendse, The Settlers
’n Onderwyser soos juffrou Pedro: Daar is
altyd orde in haar klas en ons luister en ons
help mekaar die heeltyd. – Dorgina
Fredericks, Bloubergrant
Kinders luister graag vir die onderwyser as
hulle weet daardie onderwyser luister ook vir
hulle. – Natasha White, JG Meiring
’n Mens weet dadelik of die onderwyser
voorberei het en of hy of sy passie het vir
byvoorbeeld die boek of die gedig. En dan
wil ’n mens stilbly en luister! – Felicity
Molapo, Fisantekraal As ’n mens die hele tyd lae punte kry, bv. vir
Geskiedenis, moet die onderwyser jou help
en presies verduidelik wat jy moet doen om
te kan presteer. – Lauren Booysen, Elswood
Onderwysers moenie lyk asof hulle die heel-
tyd kwaad is nie. Hulle moet wees soos juf-
frou Schoeman: ’n Mens wíl vir haar luister,
want sy is so entoesiasties! – Mlamli Tyuntu,
Bloubergrant
Die onderwys is die fondament van alle
beroepe. Die onderwysers moet die leerders
in gr. 9 reeds laat besef hulle moet fokus op
hulle toekoms. – Ashwin Arendse, Elsiesrivier
Die leerders moet weet wat is die onderwy-
ser se verwagtinge en reëls, maar hou seblief
soms ’n wortel voor hulle neus, byvoor-
beeld: “As hierdie werk klaar is, kan julle
gesels.” – Chante Voigt, Tygerberg
Die aard van die leerders Ek wens alle leerders kan besef: Jy kom
skool toe om te kom léér! – Kaylen Sauls,
Goodwood Kollege
Ek dink onderwysers moet aanvaar dat daar
altyd stout leerders sal wees wat gaan
probeer om al die aandag in te palm. – Kerishnee Schaeffer, Goodwood Kollege
Onderwysers moet van die begin af weet: die
meeste leerders het geen selfdissipline nie. – Danielle Gardiner, Milnerton
By die huis moet jy leer hoe om ander te
respekteer. Dis jou ouers se plig om jou te
leer hoe jy grootmense moet aanspreek en
hoe jy teenoor hulle moet optree. – Shafeeqah
Alkaster, President
’n Kind is ’n kind. As hy sien hy kan ’n kans
vat, sal hy dit doen. En party onderwysers
gee die kinders te veel kanse om op te mors – Carlo Veldsman, Florida
Daar’s ’n verskil tussen gr. 10−12-leerders
en gr. 8 & 9-leerders. Van gr. 10 af is jy
“amper volwasse”; jy besef die gevolge van
jou dade. En jy is meer gefokus om klaar te
maak met skool. Jy weet: As ek mooi oplet,
kan ek goed doen en as ek goed doen, kan ek
dalk ’n goeie werk kry. Maar gr. 8 & 9 ... Die
onderwysers moet weet dat die meeste van
hulle nog nie so kan redeneer nie. – Marcus
van Wyk, Tygerberg
Ek het al gesien sommige kinders wil die
onderwyser “spite”, want hulle kom agter die
onderwyser dink mos in elk geval sleg van
hulle. – Cassidy Schrauwen, Cape Town Studies
Ek werk vir myself; daarom vra ek in sekere
klasse of ek liewer voor kan sit sodat die
ander kinders nie my aandag kan aftrek nie.
– Corne Viljoen, President
Elke kind het sy eie persoonlikheid. Probeer
die kind verstaan. Hoekom tree hy of sy so
op? – Niccy Isaacs, Eben Dönges
Baie kinders is “engeltjies” by die huis, maar
as hulle tussen hulle maats by die skool is,
wil hulle “oorvat”. – Kim Paulse, Florida
Ek gaan sê wat my ma en my tannie altyd sê:
“Die mense in die tronke het begin as
bedorwe kinders.” Dit wil sê: respek moet by
die huis begin. – Robin Lang, Florida
Dit begin alles by die huis: Sekere kinders se
ouers respekteer nie die onderwysers nie, so
hoekom sal die kinders dit doen? – Meldaine
Rudolph, Florida
Ongedissiplineerde kinders is beslis die
ouers se skuld. – Jaco Engelbrecht, DF Malan
Ek wonder of onderwysers besef dat jy as
leerder “alleen” voel as jy in die hoërskool
is. ’n Mens dink die heeltyd aan die toekoms,
aan jou toekoms en aan die toekoms van
Suid-Afrika. Sal jy self iets kan verander? – Zena Hendricks, Edgemead
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 50
Dissipline Ek wonder altyd of die jong onderwysers dan
nie op universiteit leer hoe om ’n groot klas
leerders te hanteer nie. O ja, en ’n
onderwyser moet tog seblief nie ’n klomp
stories vertel nie. Ons stel regtig nie daarin
belang nie. – Michelle Ungerer, President
Sommige juffrouens is te saggeaard. Daar is
altyd kinders wat misbruik maak daarvan. – Caylin Jansen, Elswood
Die klasreëls moet in al die klasse dieselfde
wees. Dit sal die nuwe, jong onderwysers
baie help. – Monique van Wyk, Ravensmead
Daardie kyk! Dit werk sowaar. – Alicia van
Zyl, Durbanville
Hoekom kry sekere onderwysers dit reg om
almal te dissiplineer? Ek dink hulle moet met
hulle kollegas gesels en raad gee. – Rene
Minnies, Florida
Onderwysers moet dadelik dink: Wat is die
oorsaak van die swak gedrag? Is hulle in al
die ander onderwysers se klasse ook so
stout? – Marlene Bester, Bosmansdam
Ek dink die onderwysers moet by hulle
kollegas raad kry. Hoekom het mev. Steyn,
ons Afrikaansonderwyser, nie probleme met
dissipline nie? – Shafeeqah Arenson,
Goodwood Kollege
Swak dissipline is 50% die onderwysers se
skuld. Hulle moet professioneel en eties
optree. Hulle word mos betaal om ons as
leerders te help om suksesvol te wees. –
Bertram Ross, Florida
Ek het al gesien: die stout kinders vat meer
kanse met die juffrouens as met die menere. – Dewald van Rensburg, Table View
As die onderwysers voorbereid is (die kin-
ders kom dit gou agter) het hulle gewoonlik
nie probleme met dissipline nie. − Greame
Sheldon, Florida
Hulle moenie dink uitjaag uit die klas is ’n
oplossing nie; baie leerders verkies dit. – Vinashereigh Williams, Ravensmead
Daar is party onderwysers wat so streng is
dat niemand in die klas vrae wil vra nie. − Dayna van der Merwe, Table View
As ’n kind stil is in die klas moet hy nie stil
wees uit vrees nie, maar omdat hy respek het.
– Melissa Booysen, Masibambane
Party onderwysers raas omtrent die hele
periode! ’n Mens raak immuun; jy hoor dit
later nie meer nie. − Vuyani Vuyelwa,
Goodwood Kollege
Skreeu help nie! Roep daardie leerder of
leerders na die tyd in en praat dan met hulle. – Esté Ellis, Tygerberg
Moet asseblief net nie skreeu nie! – Nadine
Adams, Edgemead
Sommige onderwysers haal die stres van
hulle werk uit op die leerders wat voor hulle
in die klas sit. – Michelle Fransman,
Goodwood Kollege
Ek dink nie daar is enige straf wat iemand se
persoonlikheid kan verander nie. − Chanwin
Lehman, Goodwood Kollege
Onderwysers moet weet daar is leerders wat
glimlag, maar dis om die seer binne-in hulle
weg te steek. – Jamy-Leigh Liwaai,
Ravensmead Kinders sal net luister as die onderwyser vir
húlle luister. – Natasha White, JG Meiring
Wat is goeie straf? Waarvoor is ons almal
bang? Om ’n toespraak te maak! So, laat die
leerder wat oortree het, ’n toespraak maak
om die ánder leerders te motiveer om nié te
doen wat hy of sy gedoen het nie. − Silvia
Mattee, Eben Dönges
Goeie dissipline begin nie net in die klas-
kamer nie. Dit begin by die skool. Ek dink
alle hoofde moet streng wees, dan help dit
die onderwysers en so ook die leerders. – Jay-dene Joseph, Bernadino Heights
My ma is self ’n onderwyser en ek wil ’n
onderwyser word. Goeie maniere begin by
die huis. Sommige kinders kan daar net doen
wat hulle wil. Caryn Assur, Elswood
Onderwysers moet weet daar is leerders wat
glimlag, maar dis om die seer binne-in hulle
weg te steek. – Jamy-Leigh Liwaai,
Ravensmead Ons is kinders. Daar is altyd ’n rede waarom
’n leerder onbeskof is. Ek dink die onderwy-
ser moet dit probeer uitvind. – Sandrine
Mpazaybo, The Settlers
Onderwysers met geesdrif, wat hul vak met
passie onderrig, het gewoonlik nie probleme
met dissipline nie. − Kelly Rowland, Parow;
ook Tygerberg, President en ook ander skole
Susan du Plessis van Stellenberg (Afrikaans-
onderwyser en voorheen adjunkhoof), antwoord
dadelik: “Daar is drie maniere om dissiplinêre
probleme te vermy:
1. Jy moet ’n passie hê vir jou vak.
2. Jy moet elke dag voorbereid klas toe gaan
3. En jy moet deernis hê vir elke swak of stout
leerder in jou klas.
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 51
Wat van die onderpresteerders? Die skrywers van die boek, Get Their Attention!, het in ’n skool in Ierland
die onderpresteerders in Jaar 8 ondervra om uit te vind wat hulle houding
teenoor en verwagtinge van die skool is. Hulle was leerders wat nie net swak
presteer het nie, maar wat ook berug was vir hul ongedissplineerdheid.
Sommige van hulle is al dikwels uit die klas gejaag of was gereelde
stokkiesdraaiers.
Die skrywers wou probeer vasstel wat
hierdie leerders sélf dink is die redes
vir hul ontwrigtende of ongedissipli-
neerde gedrag. Toe hulle ingeroep en ondervra is, het hulle
almal beweer hulle wíl leer, wil goed vaar,
hulle wil die eksamens slaag, wil graag in hul
onderwysers se goeie boekies wees en hulle wil
skoolgaan geniet. (Baie van die onderwysers
was verbaas toe hulle dit later hoor, want in die
klasse het dit beslis nie so gelyk nie.)
Toe die leerders gevra is wat vir hulle
onaangenaam is in die skool was die volgende
die lys dinge wat vir hulle die moeilikste was
om te hanteer:
Om vir lang tye doodstil te bly.
Lees, veral as hulle in die klas moet hardop
lees. Vir baie was dit ’n bron van groot
verleentheid.
Die feit dat die hele klas gestraf word as net
’n paar leerders oortree het.
Hulle het gekla dat hulle nie kans kry om
hulle menings te stel nie.
Die feit dat hulle die grootste deel van die
skooldag so verveeld is.
Om nie die werk te verstaan wat die
onderwyser verduidelik nie en om dit dan te
moet doen.
Om byna die heeltyd te lewe onder die
dreiging van straf.
As hulle verkeerde antwoorde gee op die
onderwyser se vrae en dan skaam voel voor
die res van die klas.
Te veel huiswerk wat hulle dan soms nie
doen nie omdat dit te moeilik is en hulle
weet dit sal verkeerd wees.
Ander leerders wat hulle spot.
Hulle voel asof die onderwysers en die hele
skoolstelsel nie omgee oor hulle nie.
Vir hierdie soort leerders is skool nie
iets waarna hulle ooit uitsien nie. Dit
is eerder ’n veldslagwaaraan hulle
gedwing word deel te neem.
Wat kan jy as onderwyser doen? Jy moet die leerplan, die kurrikulum voltooi, jy
moet die hele klas voorberei vir die eksamen.
Jy kan nie alles los en net aan die swak of die
stout leerders in jou klas aandag gee nie.
Alle onderwysers besef reeds baie vroeg in
hulle loopbaan dat dit soms letterlik onmoont-
lik is om die onderpresteerders te prys. En soms
is daardie leerders so sinies oor hul skoolwerk
en oor die skool dat hulle glad nie daardie soort
aandag voor hul klasmaats wil hê nie.
Die effek op hierdie leerders is ’n voort-
durende afbreek van hulle selfbeeld, hulle
selfvertroue en motivering en ook van hul
ambisie.
Wat bly vir hulle oor? Om deel te vorm van
die groep wat hulle wangedra, want so kan
hulle hul behoefte bevredig aan mag, pret,
vryheid en om deel te wees van ’n groep. Daar
is baie bendes wat hulle sal verwelkom ...
Veral jong tieners besef nog nie die lang-
termyngevolge van hul gedrag of van hulle
doelbewuste besluit om hulle boeke by die huis
te “vergeet”nie. Baie van hulle sien hulself as
die slagoffers van die skoolstelsel.
Bron: Sean O’Flynn & Harry Kennedy: Get
Their Attention!: How to Gain Pupils’ Respect
and Thrive as a Teacher, pp. 117−120.
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 52
Jou stem is jou belangrikste wapen
Die onderwys is die beroep wat die hoogste eise aan ’n mens se stem stel. Onderwysers
moet elke dag ure lank praat, dikwels in moeilike akoestiese omstandighede. Maak dus
seker dat jy nie ernstige skade aan jou keel en jou stembande aanrig as gevolg van die
manier waarop jy praat en skel nie. Jy besef sekerlik: Geen stem, geen werk! Wees dus
bedag op enige teken van heesheid.
’n Ondersoek in Engeland het bevind dat 58% van alle onderwysers stemprobleme ontwikkel,
in vergelyking met 20% van mense in ander beroepe. Dit is omdat onderwysers omtrent 60%
van hul werkdag moet praat en boonop dikwels hard moet praat. Vir sommige onderwysers is dit ’n seer keel na ’n moeilike dag, maar vir baie onderwysers beteken dit ernstige skade aan hul stembande. (Hastings: 8)
Dink aan jouself as ’n “stem-atleet” en sorg vir
jou stem met dieselfde sorg en aandag wat atlete
aan hul liggame gee. Voorkoming is die sleutel
tot ’n gesonde stem.
Die volgende is baie belangrik Strek jou arms en waai hulle van voor na
agter om jou borskas te lig.
Haal diep asem en blaas dan jou asem stadig
uit op sssss en dan op sjjjj ...
Neurie liggies op mmmm. Voel die vibrasie
in jou ribbes, jou keel, neus en bors. Begin
saggies. Dan al harder. Jy kan dit doen selfs
terwyl jy stort of as jy in die motor op pad
skool toe is.
Voorkom probleme deur die volgende te
vermy: rook en te veel alkohol en kaffeïen.
Moenie fluister nie. Moet veral nie hard en
hoorbaar probeer fluister nie.
Moenie skreeu of gil nie.
Moenie onnodig keelskoonmaak nie.
As jy probleme bemerk, doen die volgende Praat min by die huis. Laat jou stem rus.
Drink gereeld water, ook terwyl jy klasgee.
Drink gedekaffeïneerde koffie of − moet
liewer glád nie deur die dag koffie drink nie.
(Grey: 150)
Drink liewer rooibostee, sonder melk, met ’n
bietjie heuning. (Trevor Noah se raad)
Eet elke paar uur vier of vyf groen
kappertjieblare vir keelseer.
Gaan spreek ’n spraakterapeut en kry raad.
In die klaskamer Staan regop, jou skouerblaaie agtertoe, jou
kop regop. Jy (en jou leerders) moet die
indruk kry: Jý as onderwysers is in beheer.
Hierdie klaskamer is jóú klaskamer.
Onthou om reëlmatig asem te haal. Haal
veral diep asem voor jy begin praat.
Leer hoe om jou stem (soos ’n akteur op die
verhoog) bo-oor hulle koppe te projekteer tot
heel agter in die klaskamer.
Moenie skreeu nie! Probeer liewer daardie
kyk, daardie dodelike, vernietigende staar.
Liewer ’n diep, lae stem as ’n hoë een. Om te
gil op jou leerders is sleg vir jou stem én vir
jou verhouding met jou leerders. (Grey: 150)
Onthou: Hoe sagter jy praat, hoe sagter moet
jou leerders wees om jou te kan hoor. Moet
dit natuurlik nie oordryf nie. As jy lank hard
fluister, kan dit jou stembande permanent
beskadig. (Cowley, 2011: 62) Bronne (behalwe dié hierbo genoem): Phyllida Furse,
stemafrigter van die Voice Care Network, Times
Educational Supplement Magazine, 14 Junie 2010.
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 53
Stres
Almal weet daar is in die tyd wat ’n onderwyser in ’n klaskamer deurbring
weinig, indien enige, geleentheid om te ontspan − nie eens vir ’n sekonde
nie. Die hele skooldag bestaan uit een lang, byna volgehoue tydperk van
senuspanning. (Alan Mendler: When the Teaching Gets Tough:
Smart Ways to Reclaim your Game, pp. 17−18)
Die volgende probleme word beskou as die hoofoorsake van stres en uitbranding van onderwysers: Merk, op ’n skaal van 1 tot 5, hoe jy oor elkeen van die volgende voel:
1. Ongehoorsame of ongemotiveerde leerders in die klas.
Dis nie ’n probleem nie. 1 2 3 4 5 Dis ’n bron van erge stres.
2. Geen waarderring van my kollegas, skoolhoof en ouers nie
Dis nie ’n probleem nie. 1 2 3 4 5 Dis ’n bron van erge stres.
3. Te min bronne OF Te groot klasse OF Te veel nasienwerk
Dis nie ’n probleem nie. 1 2 3 4 5 Dis ’n bron van erge stres.
4. Te min tyd vir myself
Dis nie ’n probleem nie. 1 2 3 4 5 Dis ’n bron van erge stres.
Oppas vir uitbranding
Alle mense ervaar ’n sekere hoeveelheid stres, maar ons weet almal waarom
onderwysers baie meer as ander mense oor hul werk en hul omstandighede
kla. Die volgende simptome is waarskuwingstekens van moontlike
uitbranding. (Khalsa:156; Wright: 3)
Raak gou geïrriteerd
Siekte
Spring gou op jou perdjie; is altyd op die
verdediging
Raak baie gou ongeduldig
Alkohol- en/of dwelmmisbruik
Ooreet
Gebrek aan eetlus
Probleme met slaap
Teruggetrokke; wil nie sosialiseer nie
Angs
Seksuele disfunksie
Gereeld afwesig
Negatiewe houding teenoor die skool
Lae selfbeeld
Voel gedurig moeg
Voel byna altyd gespanne
As enige van hierdie simptome voortdurend
deel van jou lewe is, dink daaraan dat enige
onderwyser (ook jy) aan uitbranding kan ly.
Dit begin gewoonlik ongemerk: Jy voel jy
kan nie meer alles hanteer nie. Of jy is in ’n
skool waar jy nie genoeg ondersteuning van
jou hoof of jou kollegas kry nie.
As onderwyser is jy sekerlik baie goed
met evaluering, want jy doen dit letterlik
elke dag, elke periode. Maar wanneer laas
het jy jouself geëvalueer? (Khalsa: 156)
WENK As jy saam met vriende of familie
uitgaan, vergeet van die take wat nog nie na-
gesien is nie. En moenie die hele aand die
ander verveel met onderwys- of skoolstories
nie! (Brandvik & McKnight: 262)
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 54
Hoe goed bestuur jy jou eie stres? Selfevaluering
Lees elke verklaring hieronder en besluit of dit op jou as onderwyser van toepassing is deur JA of NEE af te merk.
JA NEE 1. Ek voel ek het genoeg energie om my werk as onderwyser te doen.
2. Ek het effektiewe dissiplinêre maatreëls om my leerders te onderrig én om hulle selfbeeld uit te bou.
3. Ek sien daarna uit om al my leerders te sien en ek geniet dit om vir hulle klas te gee.
4. Ek gebruik doeltreffende tydsbestuurstrategieë; daarom kan ek al my verantwoordelikhede nakom (voorbereiding, nasien van take; verslae, buitemuurse bedrywighede, opstel van vraestelle, voorbereiding, ens.)
5. Ek kom goed reg met al my kollegas.
6. Ek kan met my kollegas en met die hoof praat oor my probleme en behoeftes.
7. Ek kry vriendelike en sinvolle ondersteuning van my kollegas en van die skool se bestuurspan.
8. Ek het stokperdjies of belangstellings waarvoor ek ná werk tyd maak.
9. My leerders is gemotiveerd en neem graag deel aan die leerproses.
10. My klasse is interessant en boeiend.
Uit: SiriNam S.Khalsa. 2007 Teaching Discipline & Self-Respect p. 160.
As jy JA kon antwoord op die meeste stellings hierbo, beteken dit jy bestuur jou stres
goed. As jy NEE geantwoord het op die meeste stellings, moet jy gaan sit en nadink hoe
jy sommige van die kwessies gaan hanteer voor hulle te oorweldigend is. Praat met ’n
ervare onderwyser en vra raad. Besluit ook watter stressors kan jy nie beheer nie en
moet jy eenvoudig maar net aanvaar en hanteer.
Vermy stres voor dit begin
Slaap! Een goeie nagrus laat ’n mens voel asof jy enigiets kan hanteer wat op jou pad
mag kom. Dit maak ’n mens ook meer geduldig.
Eet! Wat jy ook al doen, moenie by die skool aankom sonder dat jy geëet het nie
Maak jou plek mooi! Jy gaan baie tyd in jou klaskamer deurbring. Hoe mooier dit
lyk, hoe gemakliker en gelukkiger sal jy – en jou leerders voel.
Dink! Tel tot tien en dink eers mooi voor jy betrokke raak by struwelinge in die
personeel.
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 55
Jy kan jou stres beheer as jy ...
In die artikel, “Tools for managing stress” (Principal Leadership April 2014, pp. 26-30)
gee prof. Barbara Larrivee van die College of Education van California State University
die volgende wenke vir skoolhoofde. Dit is natuurlik ook van toepassing op onderwy-
sers. Navorsing toon al meer dat daar ’n kragtige bron van stresverligting reg voor ons
neuse is. Wat kan dit wees? Dit is letterlik om stadig en dieper asem te haal.
Volgens Time (16 November 2015) is reeds bewys dat asemhalingsoefeninge
bloeddruk kan help beheer, die hartritme verbeter, jou are meer soepel maak én kan help
met jou respons op stres.
Drie kits-stresontlaaiers
Ook die navorsers aan die Stanford
School of Medicine glo aan bogenoemde.
Hulle het ’n stresverminderingsprogram
met tien lewensvaardighede ontwerp.
Drie vaardighede sorg vir onmiddellike
verligting:
Haal diep en stadig asem
Glimlag
Visualiseer hoe jy sukses behaal
As jy dit eers ’n paar keer ingeoefen het,
neem elkeen net 10 tot 60 sekondes en
siedaar! Jou stres het verdwyn of ... dit het
amper heeltemal verdwyn.
Kyk watter een werk die beste vir jou
en pas dit toe as die stout kind in graad 9E
wéér nie sy huiswerk gedoen het nie. Of
as die hoof vra waar is jou puntelyste.
Maagasemhaling
Die menslike liggaam is ontwerp vir self-
behoud. Deur dieper en stadiger asem te
haal, gee jy vir jou liggaam die teken dat
die bedreiging verby is en dat hy maar
kan kalmeer. Die maklikste manier van
stresbestuur is dus om jou vinnige, vlak
asemhaling (oor jy so woedend of so bang
is) te verander in diep, staaaadige asem-
haling. Dit verlig nie alleen stres nie,
maar kan help teen depressie, volgens
navorsing aan die Universiteit van Pavia
in Italië. (Oaklander: Time, p. 26)
Oefen om vir tussen 6 tot 12 sekondes
uit jou maag asem te haal, dan sal jou
brein outomaties die boodskap kry. Dit is
gewoonlik drie tot vier asemhalings.
Oefening
Doen die volgende elke dag as jy in die
motor op pad skool toe is, as jy voor die
TV of die rekenaar sit of as jy laatmiddag
met die hond gaan stap.
1. As jy inasem, verbeel jou dat jou maag
’n ballon is wat jy stadig met suurstof
vul.
2. Sit jou hande op jou maag terwyl jy
stadig inasem en kyk hoe jou hande
lig.
3. Kyk hoe jou hande sak as jy stadig,
rustig uitasem.
4. Haal ten minste drie keer so asem en
vestig jou aandag heeltyd op jou maag.
Glimlag
Jou glimlag lei tot die produksie van
endorfiene, dit wat help om pyn te verlig
en wat ’n gevoel van genot of vrede skep.
Navorsing het getoon dat as ’n mens ’n
regte breë glimlag op jou gesig het, dit wil
sê een wat ook die spiertjes om jou oë laat
werk, dan klop jou hart stadiger en dan
kan jy makliker herstel van ’n stresvolle
gebeurtenis. Jy lyk dus nie net gelukkig as
jy glimlag nie; jy voel ook gelukkig.
(Vergelyk met bl. 8.)
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 56
Visualiseer sukses
As jy in jou verbeelding “sien” hoe jy
sukses behaal, verminder dit ook die
spanning en dit laat jou kalmer voel.
Hoekom werk dit? Want jy kan nou aan
oplossings dink en jy kan beter beplan.
Maar onthou: Dit kan net werk as jy
presies weet wat jy wil doen of verbeter.
Dan kan jy makliker aan idees dink wat
tot sukses kan lei. Ook dít moet verskeie
kere ingeoefen word.
Voor skool
Dink aan of skryf een ding neer oor die
dag wat voorlê waaroor jy dankbaar is.
Dink aan een mooi, lekker ding wat jy
vandag vir jouself gaan doen.
Sê ten minste een vriendelike opmer-
king vir of komplimenteer iemand −
dalk jou gesin, een van jou kollegas of
natuurlik een van jou leerders.
Na skool
En saans? Saans kan jy die volgende
doen:
Maak ’n “Ek het dit gedoen”-lysie, in
plaas van ’n “Dit moet ek doen”-lysie.
Dink terug aan die dag en onthou drie
dinge of leerders of kollegas of dalk
selfs opstelle waaroor jy dankbaar is.
Onthou iemand anders se mooi woorde
of snaakse grappies.
Dink aan iets wat jy vandag vir iemand
anders gedoen of gesê het om daardie
persoon dalk’n bietjie beter te laat
voel.
Of probeer die volgende wenke uit The
Frazzled Teacher’s Wellness Plan:
As jy jou in ’n situasie bevind waar jy
skielik gestres voel, jou humeur begin
verloor, baie ontsteld is, bang is jy gaan ’n
stout kind verskreeu, doen dadelik die
volgende om jou emosies te beheer:
Die Vasdruk-aksie / The Squeezer
1. As jy sit of staan, laat jou arms
skielik “val” en laat hulle langs jou
sye bly hang.
2. Klem dan jou hande saam asof jy in
elke hand ’n suurlemoen probeer uit-
druk en hou jou hande vir drie
tellings so saamgeklem. Herhaal dit
twee keer.
3. Klem nou jou hande en ook jou arms
tot by jou skouers. Hou dit so vir drie
tellings.
4. Herhaal twee of drie keer.
As jy dit ’n paar keer oefen, sal jy ’n
deskundige word en al die spiere in jou
liggaam vir drie tellings kan saamtrek
en dan laat ontspan. Hoe meer jy dit
inoefen en hoe meer dele van jou lig-
gaam jy by die oefening insluit, hoe
groter is die stresverligting.
Die Asemhaler / The Breather
1. Sit of staan doodstil met jou oë
gesluit. Hou jou arms langs jou sye
of in jou skoot.
2. Haal diep asem deur jou neus. Hou
dit in vir drie tellings.
3. Blaas jou asem uit deur jou mond.
4. Herhaal twee of drie keer.
Jy kan die Vasdruk-aksie en die
Asemhaler kombineer. (Queen &
Queen: 66-67)
Uit: Oaklander: Time, 16 Nov. 2015,
p. 26.
Natuurlik kan of moet hierdie oefening ook met die leerders in die klas gedoen word. Laat hulle dit almal saam doen en dan vir hulself (of hul maats) vertel watter effek dit op hulle gevoel van spanning het. Die drie tot vyf minute wat jy hiervoor in jou klas gebruik se effek sal veel langer gevoel word. (Jensen: 58−59)
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 57
Sestien stappe op pad na ’n positiewe ingesteldheid
Niemand is die hele tyd ’n positiewe denker nie, maar hopelik help die
volgende wenke jou om positiewer te dink en meer optimisties te wees.
1. Kyk met empatie na jou kollegas én
jou leerders en wees stadig met
kritiek.
2. Dink aan alles waaroor jy dankbaar
kan wees.
3. Wys en sê gereeld vir jou kollegas
en jou leerders hoe baie jy hulle
waardeer.
4. Soek elke dag ’n manier om ’n
kollega én ’n leerder belangrik te laat
voel.
5. Sê iets positiefs vir ’n leerder wat
hom of haar swak gedra.
6. Moenie enigiets negatiefs oorvertel
van jouself of van ander mense nie en
veral nie van jou kollegas nie.
7. Moenie luister na negatiewe
praatjies en skinderstories oor ander
kollegas nie en as jy dit hoor, moet jy
dit beslis nie oorvertel nie.
8. Dra die soort klere wat jou goed,
netjies en professioneel laat lyk.
9. Sit in die pouses by kollegas wat
positief ingestel is oor die onderwys
en die skool. Vermy die klakouse op
die personeel.
10. Fokus, indien moontlik, daarop om
oplossings te vind vir enige probleme
wat opduik.
11. As jy bydra tot die skool of die
skoolhoof se sukses, sal jy nie tyd kry
om saam met ander te werk om die
skool of die skoolhoof te laat misluk
nie.
12. Benoem elke maand ’n leerder in
elke graad as jou “Leerder van die
Maand”.
13. Skryf na elke skooldag neer wat
daardie dag gewerk het en probeer
daarop voortbou.
14. Of: Begin ’n “bank” (lêer op jou
rekenaar) met al die aktiwiteite of
lesse wat gewerk het. Gebruik dit
weer, verander dit, pas dit aan – die
doel is om jou voorbereiding elke
jaar ’n bietjie makliker te maak.
15. Stel vir jouself doelwitte wat jy as
onderwyser en as persoon wil bereik.
16. Maak tyd om ’n kollega te help, te
laat lag of te troos. Julle is immer
saam in ’n span. (Paterson: 119)
17. Onthou: “Die omgee stop wanneer
jy by die skoolhek uitry.” Moenie jou
leerders se probleme saambring huis
toe nie. Jy kan nie die wêreld
verander nie. (Cowley: Guerille Guide,
Tweede uitgawe: 315)
18. As jy voel jy sien nie enige sigbare
tekens dat jou harde werk in die skool
enigsins help nie, kry vir jou ná skool
en in die naweke iets wat wel tasbare
resultate lewer. Soos ... plant iets in
die tuin, brei, hekel, maak kos, verf,
skuif meubels, was die vensters of die
motor, pak ’n kas reg, maak iets reg,
gaan stap met die kinders of die hond.
Enigiets. Die onmiddellike bevrediging wat
jy so sal ervaar en die verandering wat
jy kan sien, sal ’n effense balans
verskaf teenoor die werk wat jy elke
dag in jou klaskamer doen waar jy nie
noodwendig die resultate kan sien nie
en waar dit voel asof niemand dit
waardeer nie. (Bluestein: 251)
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 58
Eintlik is dit nie so erg nie
Wat sal jy antwoord as ...
Iemand vir jou sê: “Dit moet darem lekker wees om net tot halfdrie te werk.”
A Jy kners op jou tande en glimlag.
B Jy trek jou arm terug en slaan hom met jou swaar onderwyserstas wat vol is van al
die nasienwerk wat jy daardie dag by die huis moet doen.
C Jy glimlag en lig die persoon beleefd in dat, wanneer die leerders huis toe gaan, is
die onderwysers se werkdag nog glad nie klaar nie.
Iemand sê vir jou: “Watter ander werk het so baie vakansies? Dit moet darem
lekker wees om in die somer amper twee maande vakansie te hê.”
A Jy gil en hardloop uit die kamer uit.
B Jy lag asof dit die beste grap is wat jy nog ooit gehoor het.
C Jy vertel die persoon hoe jy selfs in die vakansies moet nasien en voorberei vir die
volgende kwartaal of jaar en jy vertel sommer ook van die winterskool en al die
ekstra klasse en tutorklasse.
Ouers spandeer twee jaar om kinders te leer loop en praat. En dan spandeer onderwysers
12 jaar om hulle te leer stilsit en stilbly.
Die een voordeel van die onderwys is dat jy ontdek dat daar kinders is wat erger is as
jou eie.
Jannie kom by die huis na sy eerste skooldag en sê vir sy ma: “Ek mors my tyd by die
skool. Ek kan nie lees nie. Ek kan nie skryf nie en hulle wil nie hê ek moet praat nie.”
Ma: “Wat was die eerste ding wat jy vandag in die skool geleer het?”
Sannie: “Hoe om te praat sonder om my lippe te beweeg.”
Jannie kom na skool by die huis en sê vir sy ma: “Wow! Vandag was ongelooflik great!
Die skoolhoof sal seker netnou bel en dan met ma-hulle kom praat.”
Sannie sê vir haar ma: “Juffrou sê ek gee nie genoeg aandag in die klas nie. Of ... ek
dink dis wat sy gesê het.”
Vraag: Wat noem jy ’n man wat aanhou praat terwyl niemand luister nie?
Antwoord: Meneer
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 59
Bronne Alber, Rebecca. 13 Maart 2012. “Five
Classroom Management Tips for Novice
Teachers” www.edutopia.org.
Beadle, Phil. 2010. How to Teach. Bancyfelin:
Crown House.
Beers, Kylene & Samuels, Barbara G. (ed.).
1998. Into Focus: Understanding and
Creating Middle School Readers. Norwood:
Christopher-Gordon Publishers.
Bentley-Davies, Caroline. 2010. How to be an
Amazing Teacher. Bancyfelin: Crown House.
Bluestein, Jane. 2010. Becoming a Win-Win-
Teacher: Survival Strategies for the Begin-
ning Educator. Thousand Oaks: Corwin.
Brandvik, Mary Lou; McKnight, Katherine S.
2011. The English Teacher’s Survival Guide:
Ready-to-Use Techniques & Materials for
Grades 7−12. San Francisco: Jossey-Bass.
Braxton, Jamie; Brewer, John & Quirin,
Michelle. Sept. 2010. “Five steps to teach
responsible behaviour”, Principal
Leadership, pp. 56−60.
Breaux, Elizabeth. 2009. How the Best Teachers
Avoid the Most Common Teaching Mistakes.
Larchmont, New York: Eye on Education.
Brough, Judith A.; Bergmann, Sherrel; Holt,
Larry C. 2006. Teach Me – I Dare You!
Larchmont: Eye on Education.
Burke, Jim. 2008. Classroom Management. New
York: Scholastic.
Campbell, Doug. 2012. Discipline Without
Anger: A New Style of Classroom Manage-
ment. Plymouth: Rowan & Littlefield.
Canter, Lee. 2010. Lee Canter’s Asssertive
Discipline: Positive Behaviour Management
for Today’s Classroom. Bloomington:
Solution Tree.
Charles, C.M. 2011. Building Classroom
Discipline. Tenth edition. Boston: Pearson.
Clandfield, Lindsay & Prodromou, Luke. 2007.
Dealing with Difficulties: Solutions,
Strategies and Suggestions for Successful
Teaching. Peaslake, Surrey: Delta Publishing.
Clegg, Biran. 2000. Instant Stress Management.
London: Kogan Page.
Cowley, Sue. 2011. Getting the Buggers to
Behave. Fourth edition. London:
Bloomsbury.
Cowley, Sue. 2007. Guerilla Guide to Teaching:
The Definitive Resource for New Teachers.
Second edition. London: Bloomsbury.
Cowley, Sue. 2009. How to Survive your First
Year in Teaching. Second edition. London:
Continuum.
Cramer, Kathryn D. & Wasiak, Hank. 2009.
Change the Way You See Everything through
Asset-Based Thinking for Teens.
Philadelphia: Running Press Books.
Crawford, Glenda B. 2004. Managing the
Adolescent Classroom. Thousand Oaks:
Corwin Press.
Cunningham, Gini. 2009. The New Teacher’s
Companion: Practical Wisdom for
Succeeding in the Classroom. Alexandria:
ASCD.
Curwin, Richard L. 2010. Meeting Students
Where They Live: Motivation in Urban
Schools. Alexandria: ASCD.
Desautels, Lori. “Energy and Calm: Brain
breaks and Focused-Attention Practices.”
14 Jan 2015. www.edutopia.org.
Dixie, Gererd. 2007. Managing your Classroom.
Second edition. London: Continuum.
Dunn, David. 2011. How to be an Outstanding
Primary School Teacher. London:
Bloomsbury.
Englehart, Joshua M. 2013. “Five Approaches to
Avoid when Managing the Middle-School
Classroom” in The Clearing House, Vol
86:03, pp. 103−108.
Evanski, Jerry. 2009. Classroom Activators:
More than 100 Ways to Energize Learners.
Second edition. Thousand Oaks. Corwin
Press.
Ferlazzo, Larry. 3 Sept. 2015. Positive, not
Punitive, Classroom-Management Tips.
www.edutopia.org
Gilbert, Ian. 2010. Why do I need a Teacher
when I’ve got Google?: The Essential Guide
to Big Issues for Every Twenty-First Century
Teacher. London: Routledge.
Grey, Duncan. 2006. Getting the Buggers to
Learn. London: Continuum.
Harris, Bryan. 2011. Battling Boredom: 99
Strategies to Support Student Engagement.
Larchmont: Eye on Education.
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 60
Hess, Natalie. 2001. Teaching Large Multilevel
Classes. Cambridge: Cambridge University
Press.
Hirst-Loucks, Carolyn & Loucks, Kim P. 2014.
Serious Fun: Practical Strategies to Motivate
and Engage Students. New York: Routledge.
Holloman, Hal, & Yates, Peggy H. 2010. What
Do You Say When …: Best Practice
Language for Improving Student Behavior.
New York: Routledge Eye on Education.
Jansen, Jonathan. 2014. How to Fix South
African Schools: Lessons from schools that
work. Johannesburg: Bookstorm.
Jensen, John. 2012. Effective Classroom
Turnaroud: Practice makes Permanent.
Lanham: Rowman & Littlefield Education. Johnson, LouAnne. 2011. Teaching Outside the
Box: How to Grab your Students by their
Brains. Second edition. San Francisco: Josey-
Bass.
Johnson, LouAnne. 2012. Kick-Start your Class:
Academic Icebreakers to Engage Students.
San Fancisco: Jossey-Bass.
Jones, Vern. 2011. Practical Classroom
Management. Boston: Pearson.
Keeling, Dave & Hogson, David. 2011. Invisible
Teaching: 1010 Ways to Create Energy,
Openness and Focus in the Classroom.
Bancyfelin: Crown House. Kelly, Melissa. About.com Guide
Khalsa, SiriNam S. 2007. Teaching Discipline &
Self-Respect: Effective Strategies, Anecdotes,
and Lessons for Successful Classroom
Management. Thousand Oaks: Corwin Press. Kronowitz, Ellen K. 2012. The Teacher’s Guide
to Success. Boston: Pearson.
Kruger, A.G. & Van Schalkwyk, O.J. 1997.
Classroom Management. Pretoria: Van
Schaik.
Larrivee, Barbara. April 2014. Principal
Leadership: pp. 26−30.
Leaman, Louisa. 2008. The Perfect Teacher:
How to Make the Very Best of your Teaching
Skills. London: Continuum.
Lee, Chris. 2007. Resolving Behaviour Problems
in Your School: A Practical Guide for
Teachers and Support Staff. London: Paul
Chapman Publishing.
Lemov, Doug. 1010. Teach like a Champion: 49
Techniques that put Students on the Path to
College. San Francisco: Josey-Bass.
Maiers, Angela. 2012. Classroom Habitudes:
Teaching Habits and Attitudes for 21st
Century Learning. Bloomington: Solution
Tree Press.
Marzano, Robert J. 2007. The Art and Science of
Teaching: A Comprehensive Framework for
Effective Instruction. Alexandria: ASCD.
McGuey, Gary & Moore, Lonnie. 2007. The
Inspirational Teacher. New York: Routledge
Eye on Education.
Mendler, Allen N. 2012. When the Teaching
Gets Tough: Smart Ways to Reclaim your
Game. Alexandria: ASCD.
Morgan, Nicola S. & Ellis, Gillian. 2011. A Kit
Bag for Promoting Positive Behaviour in the
Classroom. London: Jessica Kingsley
Publishers.
Muijs, Daniel & Reynolds, David. 2011.
Effective Teaching: Evidence and Practice.
Los Angeles: Sage.
Nash, Ron. 2013. Shake-Up Call: The Need to
Transform K-12 Classroom Methodology.
Lanham: Rowman & Littlefield Publishers.
Nourie, Barbara Livingston. January 1995. “Ten
More Truths about Teaching.” The Clearing
House, pp. 177−180.
Oaklander, M. 16 November 2015. “Save your
breath.” Time, p. 26.
O’Flynn, Sean & Kennedy, Harry. 2003. Get
Their Attention!: How to Gain Pupils’
Respect and Thrive as a Teacher. London:
David Fulton Publishers.
Oosthuizen, I.J. (red.) 2006. Praktiese Wenke vir
Leerderdissipline. Pretoria: Van Schaik.
Paterson, Kathy. 2010. Teaching in Troubled
Times. Markham, Ontario: Pembroke
Publishers.
Prentis, Paul & Parrott, Chris. 2014. Reach
before you Teach: Ignite Passion and
Purpose in your Classroom. Thousand Oaks:
Corwin.
Queen, J. Allen & Queen, Patsy S. 2013. The
Frazzled Teacher’s Wellness Plan. Second
edition. Thousand Oaks: Corwin.
Rogers, Bill. 2011. Classroom Behaviour: A
Practical Guide to Effective Teaching
Behaviour Management and Colleague
Support. Third edition. London: Sage.
Rogers, Bill. 2006. Cracking the Hard Class:
Strategies for Managing the Harder than
Average Class. Second edition. London: Paul
Chapman Publishing.
Seganti, Craig. 2010. Classroom Discipline 101:
How to get Control of any Classroom. Ebook.
Klaskamerbestuur − Adinda Vermaak (Afrikaans-vakadviseur, WKOD) Februarie 2016 61
Smith, Alastair. 1996. Accelerated Learning in
the Classroom. Stafford: Network
Educational Press.
Smith, Jim. 2011. The Lazy Teacher’s Hand-
book: How Your Students Learn More when
you Teach Less. Bancyfelin: Crown House.
Sotto, Eric. 2007. When Teaching becomes
Learning: A Theory and Practice of Tea-
ching. Second edition. London: Continuum.
Stone Randi. 2002. Best Practices for High
School Classrooms: What Award-Winning
Secondary Teachers do. Thousand Oaks:
Corwin Press.
Swainton, Tony. 2007. Behaviour Management.
London: Network Continuum.
Thody, Angela, Gray, Barbara & Bowden,
Derek. 2004. The Teacher’s Survival Guide.
Second edition. London: Continuum.
Thompson, Julia G. 2011. Discipline Survival
Guide for the Secondary Teacher. San
Francisco: Jossey-Bass.
Torn, David & Bennett, Peter. 2011. Brilliant
Secondary School Teacher: What you Need
to Know to be a Truly Outstanding Teacher.
Harlow: Pearson.
Van der Walt, S.C., Evans, R. & Kilfoil, W.
2010. Learn2Teach: English Language
Teaching in a Multilingual Context. Pretoria:
Van Schaik.
Van Heerden, Murlize. Mei 2010. “Laat hulle
belangrik voel.” Klasgids, pp. 29−31.
Waterman, Sheryl Spencer. 2006. The Four
Most Baffling Challenges for Teachers and
How to Solve Them. Larchmont, New York.
Eye on Education.
Weaver, Laura, & Wilding, Mark. 2013. The
Dimensions of Engaged Teaching: A
Practical Guide for Educators. Bloomington:
Solution Tree Press.
Whitaker, Todd & Breaux, Annette. 2012.
Making Good Teaching Great: Everyday
Strategies for Teaching with Impact.
Larchmont, New York: Eye on Education.
Whitaker, Todd & Whitaker, Beth. 2013.
Teaching Matters: How to Keep your Passion
and Thrive in Today’s Classroom. Second
edition. New York: Routledge.
Wong, Harry K & Rosemary. 2014. “Start with
a plan and ditch the discipline.” Scholastic
Instructor: Back to School, pp. 38−39.
Wootan, Frederick C. & Mulligan, Catherine H.
2007. Not in my Classroom: A Teacher’s
Guide to Effective Classroom Management.
Avon: Adams Media.
Wright, Andrew. 1992. How to Improve Your
Mind. Cambridge: Cambridge University
Press.
Terugvoering van Afrikaansonderwysers en
graad 12-leerders van die Onderwysdistrik
Metro-Noord, Wes-Kaap Onderwysdepar-
tement, Junie tot September 2015.
[Byna al die gedrukte bronne hierbo kom
uit die uitgebreide versameling van
Edulis, die Onderwysbiblioteek van die
WKOD in Bellville.]
____________________________
Top Related