1
WILGERLOOT NUUSBRIEF VAN LAERSKOOL MOOIRIVIER 4/18
28 Februarie 2018
Beste Ouers
UIT DIE PERSONEELKAMER
Die ooievaar vlieg deesdae gereeld oor Laerskool Mooirivier. Hy het Meandra Strydom en Christa van Zyl geïdentifiseer en die twee onderwyseresse gaan DV een van die dae weer mammas word. Geluk! Sarie Wessels is baie trots want sy het vir die derde keer ouma geword. Haar jongste, Rieleen, het ‘n babadogter ryker geword. Die ouma verlang baie want die jongste kleinkind bly in Ierland! Estelle Naudé se seun, Jurgens, het ‘n M-graad in ingenieurswese met lof geslaag. Hanlie Krüger se seun, Leon en mnr. Jacobs se een skoonseun, het hulle MBA-grade ook met lof geslaag. Baie geluk aan die slim seuns en hulle ewe slim ma’s en skoonpa! Maritsa Joubert en Ilse Combrinck is aangestel in die 2 sekretariële poste wat vakant was by die skool se kleuterskool.
WINTERSPORTVERGADERING Die skool se wintersportvergadering vind nie meer op Donderdag, 1 Maart plaas nie omrede dit bots met Gimmies se Beheerliggaamverkiesing. Die wintersportvergadering en braai vind nou plaas op Donderdag, 8 Maart om 18:00 in die skoolsaal. Na die vergadering sal die braaivleisvure gereedstaan vir u tjoppie, steak of boerewors. Bring ‘n drinkdingetjie saam vir die groot dors! Wintersport sluit in: rugby, netbal, hokkie, tennis en landloop.
BEHEERLIGGAAMVERKIESING: 6 MAART U word hiermee in kennis gestel van die Beheerliggaamverkiesing wat DV gehou sal word op Dinsdag, 6 Maart 2018. 1. Nominasies
Nominasievorms is nou reeds beskikbaar by die skool, by Me. Charlene Swanepoel, en moet weer daar ingehandig word. Nominasies kan vooraf gemaak word vanaf Dinsdag, 27 Februarie 2018 tot en met Maandag, 5 Maart 2018. Tydens die verkiesingsvergadering op Dinsdag, 6 Maart 2018 sal daar weer geleentheid wees om te nomineer. Ten einde so min moontlik tyd af te staan aan nominasies en die gepaardgaande kontroleprosesse, vra ons baie mooi dat u moeite sal doen om alle nominasies ingehandig te hê op Maandag, 5 Maart 2018. Hou gerus ook in gedagte dat persone genomineer behoort te word met die oog op spesialisbydraes te opsigte van bestuur, finansies, bemarking, infrastruktuur (geboue, terrein, ens.) sport, kultuur, ens.
2
2. Stemgeregtigdes
Vir elke ouerhuis mag twee ouers/voogde stem, dit wil sê die biologiese ouers of persone wat wettig die voogde van die leerder is (persone wat wetlik geregtig is op toesig oor die leerder of wat gewoonlik die sorg en beheer oor ‘n leerder het). Persone wat nie self die aand kan kom stem nie, kan nie aan iemand anders die volmag verleen om namens hom/haar te stem nie.
3. Verkiesbaarheid
Om genomineer te word, moet ‘n kandidaat tydens die verkiesing ‘n ouer wees van ‘n leerder wat amptelik by die skool ingeskryf is. Hierdie kandidaat mag nie by die skool in diens wees nie. Dit is ook belangrik om daarop te let dat ouers wat hulself beskikbaar stel vir verkiesing, hulle ook moet verbind tot die verantwoordelikhede wat daarmee gepaard gaan. Dit gaan hier werklik om die volle beheer van die skool. Die ampstermyn is drie jaar.
4. Kworum
Tydens die verkiesingsvergadering moet daar minstens 15% van alle stemgeregtigde ouers teenwoordig wees – anders moet ‘n volgende verkiesingsvergadering gereël word. Ons doen hiermee ‘n beroep op u om ons te help om ‘n sukses te maak van die eerste poging op Dinsdag, 6 Maart 2018 om 18:00 in die skoolsaal.
5. Samestelling van die Beheerliggaam
Die volle Beheerliggaam sal, na alle verkiesings afgehandel is, uit die volgende lede Bestaan: Ouers 6 Onderwysers 3 Nie-Onderwysers 1 Skoolhoof 1 11 Slegs die ouerkomponent word tydens die verkiesingsvergadering op Dinsdag, 6 Maart 2018 verkies. Ten slotte versoek ons u almal om die verkiesing met die nodige erns te benader. Dit is ons skool wat hier te sprake is en wat ons doen, gaan bepalend wees vir die volgende drie jaar.
SWEM TOKKIE SWEM!!!! Op 27 Januarie en 2-4 Februarie het die Tokkies wat vir die Noordwesswemspan gekies is, in Kimberley en Pretoria deelgeneem. Baie geluk aan die deelnemers: Deelname vir NW-swemspan in Kimberley op 27 Januarie: Michael Barnardo, Walt Esterhuizen, Malan Jacobsz, Hanré Moolman, Ilze Nolte, Egbert Palmer (2de in 50m rugslag & 3de 50m kruipslag), Xandri Palmer (3de in100m rugslag), Tumé van Niekerk (1ste 100m kruipslag).
3
Deelname vir NW-swemspan in Pretoria vanaf 2- 4 Februarie: Alexia Delicado (2 de 100m kruipslag), Ilze Nolte, Xandri Palmer. Baie geluk aan die Tokkie-swemmers. Die Tokkiespan het op 21 en 27 Februarie die Curro Klerksdorp Prestige Gala en die Mooirivier Prestige Gala oortuigend gewen.
SKAAK Die skool se skaakspelers het op 17 Februarie aan die Wesvalia Skaaktoernooi in Klerksdorp deelgeneem en goed gevaar. Petrus van Straaten (1ste), Heinrich Fouché (2de) en Willem Retief (6de) het in die o/10-afdeling presteer. Dewald Coetzee en Matthys van Straaten het in die o/12-ouderdomsgroep 3de en 5de plek behaal. Baie geluk!
ATLETE IN JB MARKSSPAN Baie geluk aan die 62 atlete wat gekies is om die JB Marksspan te verteenwoordig by die Kenneth Kaunda Distrikbyeenkoms. Die byeenkoms vind op Vrydag, 23 Februarie by die Puk McArthur Stadion plaas. O/10: Melinne Naude, Righardt Joubert, Juane Steyn, Anro Nel, Anke Jacobs, Zietske Brits, Joubert Niemann, Ben Burger, Ruan Verster, Stephane Hook, Lijanke Mostert, Jaden Geldenhuys, Jahndre Coetzee, Riane Lessingh, Mathilda Liebenberg, Christiaan Vorster. O/11: Zenobia McKenzie, Lea Verster,Twayn Maartens, Thoriso Yumba, Ruben Dreyer, Hennie Pretorius, Jamore Olivier, Nika Stols, Marlu du Preez, Xandrie Palmer, Anchen Schutte, Ruan Van Niekerk. O/12: Alexia Delicado, Mari-Louise van Zyl, Toks Becker, Hope Sebudi, Angelique van der Westhuizen, Hesrie van Wyk, Erick van Eeden, Jean Groenewald, Maarten Jonker, Mia Hills, Joel Kriek, Antonie Labuschagne, Nelius Willemse, Marine Jacobs, Ruhan Joubert, Tume Van Niekerk. O/13: Elrie Koornhof, Marizel Meintjies, Ashlynn Botha, Mikayla Muller, Peter Hendriks, Ilane Herbst, Cameron Charslund, Ruben Beukman, Annalie van der Schyff, Altus van Zyl, Jonathan Kruger, Matteo Beukes, Sonika Brits, Richter van der Merwe, Dewald Lubbe, CF Deacon, Anika Rossouw, Ryno Schutte.
ATLETE IN DIE KENNETH KAUNDASPAN Baie geluk aan die Tokkies wat gekies is vir die Kenneth Kaundaspan. Die span neem op Vrydag, 2 Maart deel aan die Noordwes Atletiekkampioenskap by die Puk McArthur Stadion. O/10: Jahndre Coetzee, Christiaan Vorster, Righardt Joubert, Melinne Naude, Stephane Hook, Lijanke Mostert O/11: Thoriso Yumba, Lea Verster, Jamore Olivier, Anchen Schutte, Xandri Palmer, Twayn Maartens O/12: Jean Groenewald, Antonie Labuschagne, Joel Kriek, Hope Sebudi, Marine Jacobs, Mari-Louise Van Zyl, Alexia Delicado O/13: Ryno Schutte, Marizel Meintjies, Altus Van Zyl (Sonika Brits, Elrie Koornhof).
4
TOKKIES NEEM DEEL AAN TWEEKAMP
Die volgende Tokkies het op 18 Februarie deelgeneem aan die Noordwes-Tweekampkampioenskappe. Seuns o/11 James Swart (7), Ewan Willemse (9) Seuns o/13 Ryno Schutte – 1ste Dogters o/9 Sanri Rossouw (4), Dogters o/11 Xandri Palmer (1ste asook ‘n NW-rekord verbeter - 34 punte kort van SA rekord) Anchen Schutte (3) Mathilda Liebenberg, (4) Dogter o/13 Anika Rossouw, (2)
TWEEKAMPATLETE IN NOORDWESSPAN Baie geluk en sterkte aan die tweekampatlete wat vir die Noordwesspan gekies is. Die span gaan op 30 en 31 Maart aan die SA’s in Pretoria deelneem. Die spanlede is: Ryno Schutte, Sanri Rossouw, Xandri Palmer, Anchen Schutte, Mathilda Liebenberg en Anika Rossouw.
DRA VAN PROVINSIALE KLEURE EN KLERE
SLEGS WANNEER SKOOL SLUIT Die Tokkies word daarop gewys dat daar voortaan slegs op die laaste dag van elke kwartaal, provinsiale klere skool toe gedra mag word. Die Tokkies moet ook daarop let dat slegs provinsiale kleure en klere wat vir skoolsporte ontvang is, gedra mag word.
MEDIASENTRUM OOP DINSDAG- EN
DONDERDAGMIDDAE Alle Tokkies word uitgenooi om Dinsdag- en Donderdagmiddae tot 15:00 die skool se mediasentrum te besoek. Enige naleeswerk, internetsoektogte vir inligting kan daar gedoen word. Marelise de Beer is daar om leerlinge van hulp te wees.
KLEREBANK Die skool se klerebank is Dinsdae en Donderdae vanaf 07:15 tot 07:45 oop. Die klerebank se ingang is by die agterste deur aan die noordekant van die saal (by die juniornasorg).
PICK & PAY: VAN DER HOFFPARK
U word hartlik uitgenooi om gerus u inkopies by Pick & Pay in Van der Hoffpark te doen. Plaas u betaalstrokies in die posbus gemerk ‘Laerskool Mooirivier’. Die skoolfonds kry ‘n klein persentasie van u aankope.
WOOLWORTHS SE MYSCHOOL-KAART
5
U word hartlik uitgenooi om aansoek te doen vir die MySchool kaart. Die kaart is gratis en daar is geen onkostes daaraan verbonde om dit te gebruik nie. Dit is baie gerieflik en vinnig om self op die internet aansoek te doen vir die kaart. Gebruik die kaart elke keer as u by Woolworths inkopies doen. Daar is verlede jaar R14 360 op dié manier deur u as lojale klant vir die skool verdien.
MYSCHOOL-KAART Aansoek vir ʼn nuwe kaart:
https://www.myschool.co.za/supporter/apply/
SCHOOL COMMUNICATOR, WEBBLAD,
SCHOOLS THAT ROCK
U kan ook die School Communicator op u slimfoon / rekenaar laai. Elke dag as u die rekenaar aanskakel, verskyn die nuutste skoolnuus / foto’s / kalenderinskrywings op die skerm. Gaan na die skool se webblad www.laerskoolmooirivier.co.za. Op die tuissblad is daar ‘n skakel wat dui School Communicator. Laai dit af indien u so verkies..
KWARTAALPROGRAM: MAART Donderdag 1 Sarie Wessels verjaar
Kwartaaltoets: SW (Geskiedenis) gr. 4 – 7
Vrydag 2 Atletiek: Noordwes-Atletiekbyeenkoms by Puk McArthur
Rugby: Skeidsregtereksamen by ML Fick
Dianie Enslin verjaar
R&R: Koekverkoping - Olifante
Saterdag 3 Riana Loest verjaar
Sondag 4
Maandag 5 Opening: Annelize Rostron Tema van die week: Hierdie week sal ek my gedra asof dit dié week is waarvoor ek altyd onthou sal word. Snoepiediens: Jako Malan en gr. 6:49 Snoepieleiers, skolierpatrollie en medialeiers: 4
Dinsdag 6 Kwartaaltoets: Tegnologie gr. 7
Beheerliggaamverkiesing
Woensdag 7 Theresa van Baalen (skrywer) besoek skool
Donderdag 8 Estelle Naudé verjaar
Kwartaaltoets: SW (Aardrykskunde) gr. 4 - 7
Wintersport ouervergadering en braai om 18:00
Vrydag 9 Redenaars: Super 12 by Laerskool Menlopark (gr. 4 – 7) en spanredenaars
Rugby: o/9A & o/10A by Rooihuiskraal
Saterdag 10 Redenaars: Super 12 by Laerskool Menlopark (gr. 1- 3);
(gr. 4 – 7 finaal en spanredenaars-finaal)
Rugby & netbal: Laerskool Rustenburg t. MR
Sondag 11
Maandag 12 Opening: Beula Aucamp Tema van die week: Tokkies vergelyk hulle nie met ander nie. Hulle woeker net met hulle Godgegewe talente. Netbal: Skeidsregtereksamen by Gimmies Snoepiediens: Elize Jansen van Rensburg en gr. 6:50 Snoepieleiers, skolierpatrollie en medialeiers: 1
Dinsdag 13 Rugby & netbal: ML Fick aandreeks
6
Woensdag 14
Donderdag 15 Kwartaaltoets: Wiskunde gr. 4 - 7
Atletiek: SA’s in die Paarl
Rugby & netbal: ML Fick aandreeks
Meandra Strydom verjaar
Vrydag 16 Atletiek: SA’s in die Paarl
Ansie Marais verjaar
Saterdag 17 Atletiek: SA’s in die Paarl
Rugby & netbal: Rissiville
Sondag 18 Sarah Legodi verjaar
Maandag 19 Opening: Christa van Zyl Tema van die week: Hoe moet ‘n Tokkie teenoor ander optree? Beleefd, vriendelik, nederig, hulvaardig, ens. Snoepiediens: Gerda Nel Snoepieleiers, skolierpatrollie en medialeiers: 2 Grondslagfase se punte in
Intersenfase se punte by vakhoofde
Dinsdag 20 Louré Bamberger verjaar
Woensdag 21 Menseregtedag
Donderdag 22 Beheerliggaamverkiesing (alternatief)
Rugby & netbal: ML Fick Aandreeks
Vrydag 23 Personeel: Groep 5
Saterdag 24 Hanlie Krüger verjaar
Sondag 25
Maandag 26 Opening: Chrizél Jordaan Tema van die week: Goue woordjies in enige taal se woordeskat is: asseblief en dankie. Snoepiediens: Jakkie van Vuuren Snoepieleiers, skolierpatrollie en medialeiers: 3 Rugby: o/12 & o/13 Potch Sirkelproewe by MR vanaf 14:30
Oueraand om 18:00 vir gr. 1 tot 3-briefdraers se ouers
Dinsdag 27 Oueraand om 18:00 vir gr. 4 tot 7-briefdraers se ouers
R&R: Koekverkoping - Leeus
Woensdag 28 Afsluiting: BL Skool sluit om 11:00
Michelle Hendriks verjaar
Donderdag 29
Vrydag 30 Goeie Vrydag
Saterdag 31
APRIL Sondag 1 Paasfees
Rugbytoer o/13A na Thaba Morula
Maandag 2 Gesinsdag Rugbytoer o/13A na Thaba Morula
Netbaltoer o/13A na Raloka Ranch
Dinsdag 3 Rugbytoer o/11A na Konka
7
Netbaltoer o/13A na Raloka Ranch
Woensdag 4 Rugbytoer o/11A na Konka
Netbaltoer o/13A na Raloka Ranch
Donderdag 5 Rugbytoer o/11A na Konka
Netbaltoer o/13A na Raloka Ranch
Vrydag 6 Rugbytoer o/11A na Konka
Maandag 9 Lena Masena verjaar
TWEEDE KWARTAAL
Dinsdag 10 Skool heropen vir die tweede kwartaal
Tema van die week: Tokkies is veelsydig. Hulle doen hulle bes in die klaskamer, op die sportveld en kulturele gebied Snoepiediens: Sonja Coetzer-Nel Snoepieleiers, skolierpatrollie en medialeiers: 4
Studente begin met praktiese onderwys
Marné van der Merwe verjaar
Woensdag 11
Donderdag 12 Rugby & netbal: MR t. President Steyn
Vrydag 13
Saterdag 14 Rugby & netbal: Super 12-groepwedstryde by Laerskool Mooirivier
Sondag 15
Maandag 16 Opening: Edwin Warren Tema van die week: ‘n Tokkie se tas binne is altyd netjies en georden. Snoepiediens: Gerald Sutton en gr. 5:1 Snoepieleiers, skolierpatrollie en medialeiers: 1
Dinsdag 17 Netbal: APO-proewe (JB Marks-proewe) by Volkies o/12 & o/13
Woensdag 18 Rugby & netbal: Super 12 semifinale en finale wedstryde by Tuks
Donderdag 19
Vrydag 20 Kwartaaltoets: Afrikaans gr. 4 - 7
Saterdag 21 Rugby & netbal: MR t. Saamtrek
Sondag 22
Maandag 23 Opening: Erma Loggenberg Tema van die week: Tokkies boelie nie! Ken jy die kanale om ‘n boelie te rapporteer? Snoepiediens: Trishka Rakgalakane Snoepieleiers, skolierpatrollie en medialeiers: 2
Hokkie: Gr. 3 – 6 vaardigheidsoefening begin (elke Maandag)
Dinsdag 24 Florah Sizane verjaar
Netbal: Kenneth Kaundaproewe o/12 & o/13
Woensdag 25 Hokkie: NW-hokkie streeksproewe
Donderdag 26 Francisca Jacobs verjaar
Kwartaaltoets: Engels gr. 4 – 7
R&R: Koekverkoping - Seekoeie
Vrydag 27 Vryheidsdag
Saterdag 28
Sondag 29
Maandag 30 Skoolvakansiedag
8
MEI
Dinsdag 1 Werkersdag
Elize Jansen van Rensburg verjaar
Woensdag 2 Opening: Gerald Sutton Tema van die week: ‘n Tokkie skinder nie! As jy nie goed kan praat van iemand nie, bly stil! Snoepiediens: Stephan Spamer Snoepieleiers, skolierpatrollie en medialeiers: 3
Rugby: Potch sirkel o/12- & o/13-oefening
Donderdag 3 Kwartaaltoets: Wiskunde gr. 4 – 7
Rugby & netbal: MR t. MLF
Gerald Sutton verjaar
Caroline Mavusa verjaar
Diskonto-boekverkope in skoolsaal
Vrydag 4 Studente se praktiese onderwystydperk eindig
Diskonto-boekverkope in skoolsaal
Rugby: Luiperdproewe
Saterdag 5 Skaak: Super 12-kompetisie by Tuks se Groenkloofkampus
Rugby: Luiperdproewe
Netbal: Noordwesproewe o/12 & o/13 by Volkies
Sondag 6 Hokkie: NW-hokkieproewe
Maandag 7 Opening: Jackie Golden Tema van die week: Is jy ‘n morsjors? 5 maklike stappe om rommelstrooiery te voorkom. Snoepiediens: Esmie Koornhof en gr. 5:20 Snoepieleiers, skolierpatrollie en medialeiers: 4
Willie Lubbe verjaar
Dinsdag 8 Jackie Golden & Edward Monoge verjaar
o/9 Mini-netbal by BP
Netbal: o/10 – o/13C-spanne PP t. MR
Woensdag 9 Jacolize de Wet verjaar
Donderdag 10 Kwartaaltoets: NW gr. 4 - 7
Rugby: La Hoff t. MR
Vrydag 11 Marianne Nagel verjaar
Saterdag 12
Sondag 13 Moedersdag
Hokkie: NW-hokkieproewe
Popi Kholoza verjaar
Maandag 14 Opening: Jako Malan Tema van die week: God verwag nie van ons om volmaak te wees nie. Snoepiediens: Stephan Spamer en gr. 5:33 Snoepieleiers, skolierpatrollie en medialeiers: 1
Finansiële komiteevergadering om 18:00
Dinsdag 15 Martie Schoonwinkel verjaar
o/9 Mini-netbal by MLF
Netbal: o/10 – o/13C-spanne Potch Primary t. MR
Woensdag 16
Donderdag 17 Koorsang: Super 12 - Groep 1 by Tuks Groenkloofkampus
Rugby & netbal: BP t. MR
9
Netbal: Slegs o/10 – o/13A- & B-spanne
Beheerliggaamvergadering (Personeel: Groep 4)
Ronel Harford verjaar
Vrydag 18
Saterdag 19 Koorsang: Super 12 - Groep 3 by Tuks Groenkloofkampus
Sondag 20 Hokkie: NW-hokkieproewe
Maandag 21 Opening: Mariaan van Vuuren Tema van die week: Haai, jy is OK net soos jy is! Snoepiediens: Meandra Strydom en gr. 5:35 Snoepieleiers, skolierpatrollie en medialeiers: 2 Kore: ATKV-streeksuitdun by Girls High
Marida van Eeden verjaar
Dinsdag 22 o/9 Mini-netbal by PP
Netbal: Uitspele tussen Poel A en B (o/11- en o/13A-spanne
Woensdag 23
Donderdag 24 Rugby MR t. Saamtrek
WOW-skooluitdun
Netbal: o/10 – o/13C-spanne Central t. MR
Vrydag 25 Rugby: o/11 & o/12-distrikproewe by MR
Saterdag 26
Sondag 27
Maandag 28 Opening: Marianne Nagel Tema van die week: Hou die badkamers skoon. Snoepiediens: Christa van Zyl en gr. 4:3 Snoepieleiers, skolierpatrollie en medialeiers: 3
Dinsdag 29
Woensdag 30 Rugby: Potchsirkel oefening
Donderdag 31 Rugby: Noordwes semifinaal t. Klerksdorp
R&R: Koekverkoping - Miertjies
JUNIE Vrydag 1 Krieket: MR-proewe vir o/11 & o/13
Saterdag 2 Netbal: Kenneth Kaunda-uitspele vir o/11 – o/13A-spanne
Sondag 3
Maandag 4 Opening: Stephan Spamer Tema van die week: Pak die eksamen doelgerig aan! Snoepiediens: Erine Heyns en gr. 4:4 Snoepieleiers, skolierpatrollie en medialeiers: 4 Eksamen begin
Dinsdag 5
Woensdag 6 Klasfoto’s word geneem
Rugby: Potchsirkel oefening
Donderdag 7 Piet Moilamashi verjaar
Vrydag 8
Saterdag 9
Sondag 10
Maandag 11 Opening: Willie Lubbe Tema van die week: Wat is ek veronderstel om pouses te doen?
10
Snoepiediens: Mariaan van Vuuren en gr. 4:31 Snoepieleiers, skolierpatrollie en medialeiers: 1
Dinsdag 12 Benje Ouwencamp verjaar
Woensdag 13 Rugby: Potchsirkel oefening
Gerda Nel verjaar
Donderdag 14
Vrydag 15 Eksamen eindig
Personeel: Groep 1
Redenaars: Inskrywings vir Radikale Redenaars sluit
Saterdag 16 Rugby: Noordwesfinaal in Potchefstroom
NetbaL: Noordwesfinaal in Klerksdorp (o/11 – o/13A-spanne)
Jeugdag
Sondag 17 Vadersdag
Maandag 18 Opening: Pieter du Plessis Tema van die week: Respekteer jou ouers en onderwysers Snoepiediens: Estelle Naudé en gr. 4:32 Snoepieleiers, skolierpatrollie en medialeiers: 2 Grondslagfase se punte in
Intersenfase se punte by vakhoofde
Dinsdag 19
Woensdag 20 Rugby: Potchsirkel oefening
Rugby: o/12-Luiperdtoernooi op Vryheid
Hendra Greyling verjaar
Donderdag 21 Rugby: o/12-Luiperdtoernooi op Vryheid
Vrydag 22 Afsluiting: BL
Skool sluit vir die wintervakansie om 11:00
Leerlinge ontvang hulle rapporte (gr. 1 – 7)
Rugby: o/12-Luiperdtoernooi op Vryheid
R&R: Koekverkoping - Beertjies
Saterdag 23 Rugby: o/12-Luiperdtoernooi op Vryheid
Sondag 24 Rugby: Luiperd XV-tal op Sasolburg
Netbal: SASN All Ages (Dogters in NW-span) o/12A & o/13A
Maandag 25 Rugby: Luiperd XV-tal op Sasolburg
Netbal: SASN All Ages (Dogters in NW-span) o/12A & o/13A
Dinsdag 26 Rugby: Luiperd XV-tal op Sasolburg
Netbal: SASN All Ages (Dogters in NW-span) o/12A & o/13A
Woensdag 27 Rugby: Luiperd XV-tal op Sasolburg
Netbal: SASN All Ages (Dogters in NW-span) o/12A & o/13A
Donderdag 28 Netbal: SASN All Ages (Dogters in NW-span) o/12A & o/13A
Vrydag 29
Saterdag 30 Jako Malan verjaar
Vriendelike groete ………………………………… R.G.B. Jacobs HOOF
12
…
KITAARLESSE Ouderdom: Vanaf Graad 3
Kontak: Anet Olwagen Sel: 0794953629
…
ADVERTEER HIER VIR R500 VIR DIE JAAR
Stuur die advertensie vir [email protected] en betaal die geld in die skoolfondsrekening in met die verwysing Wilgerloot en u besigheid / diens se naam.
Top Related