1
2
1. Persoonlike inkomstebelasting
Vanjaar se Begroting sluit aanpassings aan die inkomstebelastingskale in om ekonomiese groei te
ondersteun. Een van die mees positiewe uitkomste van die Begroting was die verhoging van die
persoonlike inkomstebelastingskale met 5%, wat bo die inflasiekoers is. Die verhoging bring
grotendeels belastingverligting vir die laer- en middelinkomste-huishoudings.
Belastingkoerse vir natuurlike persone en spesiale trusts
2021/2022-belastingjaar*
Belasbare inkomste (R) Belastingkoers (R)
0 – 216 200 18% van belasbare inkomste
216 201 – 337 800 38 916 + 26% van belasbare inkomste bo 216 200
337 801 – 467 500 70 532 + 31% van belasbare inkomste bo 337 800
467 501 – 613 600 110 739 + 36% van belasbare inkomste bo 467 500
613 601 – 782 200 163 335 + 39% van belasbare inkomste bo 613 600
782 201 – 1 656 600 229 089 + 41% van belasbare inkomste bo 782 200
1 656 600 en meer 587 593 + 45% van belasbare inkomste bo 1 656 600
*Die tabel hierbo is ’n uittreksel uit Hoofstuk 4 van Chapter 4 Revenue Trends and Tax
Proposals, 2021 National Treasury Budget Review
Belastingkortings
2020/2021-
belastingjaar (R)
2021/2022-belastingjaar
(R)
Primêre korting 14 958 15 714
Sekondêre korting (ouderdom 65
tot onder 75) 8 199 8 613
Tersiêre korting (ouderdom 75 en
ouer) 2 736 2 871
Belastingdrempels
2020/2021-belastingjaar
(R)
2021/2022-belastingjaar
(R)
Onder ouderdom 65 83 100 87 300
Ouderdom 65 tot onder 75 128 650 135 150
Ouderdom 75 en ouer 143 850 151 100
Dit beteken dat ’n belastingbetaler wat minder as hierdie drempels verdien, geen
inkomstebelasting in die 2021/2022-belastingjaar sal betaal nie.
3
Die voorbeelde hieronder illustreer die impak van die voorgestelde veranderings op
individue jonger as 65:
Belastingimpak vir persone jonger as 65
Belasbare
inkomste
(R)
2020/21-koerse
(R)
2021/22-koerse
(R)
Belasting-
verandering
(R)
%-
verandering
150 000 12 042 11 286 -756 -6.3
300 000 46 570 44 990 -1 580 -3.4
500 000 110 235 106 725 -3 510 -3.2
750 000 205 313 200 817 -4 496 -2.2
1 000 000 307 813 302 673 -5 140 -1.7
1 500 000 512 813 507 673 -5 140 -1.0
2 000 000 734 721 726 409 -8 312 -1.1
2. BTW
Die BTW-koers bly onveranderd op 15%.
3. Boedelbelasting en skenkingsbelasting Boedelbelasting en skenkingsbelasting bly onveranderd.
Boedelbelastingkoerse vir persone wat op of na 1 Maart 2018
gesterf het
Belasbare boedel (R) Boedelbelastingkoers (R)
0 – 30 000 000 20% van elke rand
30 000 001 en meer 6 000 000 + 25% van belasbare boedel bo
30 000 000
Skenkingsbelastingkoerse vir skenkings op of na 1 Maart 2018
Belasbare skenking (R) Skenkingsbelastingkoers (R)
0 – 30 000 000 20% van elke rand
30 000 001 en meer 6 000 000 + 25% van belasbare skenking bo 30 000 000
Vanaf 1 Maart 2018 word skenkingsbelasting teen ’n koers van 20% gehef op die totale waarde
van eiendom wat geskenk is en nie R30 miljoen oorskry nie, en teen ’n koers van 25% op die
waarde bo R30 miljoen. Let in hierdie verband op die volgende riglyn wat op 23 Februarie 2020
op die SA Inkomstediens se webwerf verskaf is:
Vir die bepaling van die R30 miljoen-drempel, word die totale waarde van eiendom wat
geskenk is, bereken vanaf 1 Maart 2018 tot die datum van die huidige skenking. Enige skenkings
wat voor 1 Maart 2018 gedoen is, moenie in ag geneem word nie; en
Die totale waarde van eiendom vir die bepaling van die R30 miljoen-drempel word bereken na
4
aftrekking van enige vrystellings waarvoor artikel 56 van die Inkomstebelastingwet voorsiening
maak; en
Waar die skenker die drempel van R30 miljoen oorskry het, sal alle skenkings daarna teen ’n
koers van 25% belas word.
Aanpassing van artikel 7C van die Inkomstebelastingwet om voorkeuraandele in te
sluit, en teenvermydingsreëls ten opsigte van die oordrag van lenings tussen trusts te
versterk
Teenvermydingsreëls is in 2016 deur artikel 7C van die Inkomstebelastingwet ingestel om die
oordrag van groeibates aan trusts in die vorm van laerente- of rentevrye lenings – gemik op die
vermyding van boedelbelasting op die bate se waardevermeerdering daarna – te beperk.
Die Tesourie het onlangs artikel 7C(1B) van die Inkomstebelastingwet in die Wysigingswet op
Belastingwette van 2020 ingestel, vir jare van aanslag wat op of na 1 Januarie 2021 begin, om ʼn
stokkie te steek voor die misbruik van trusts deur van voorkeuraandele gebruik te maak.
Volgens die regering is sommige belastingbetalers nog steeds besig om die huidige reëls te
ondermyn deur lenings – wat hoëwaarde-bates finansier – tussen trusts oor te dra, waar die stigter
van een trust aan een of meer begunstigdes van die ander trust verwant is. Om hierdie misbruik
te stuit, word voorgestel dat verdere veranderings aan hierdie teenvermydingsreëls aangebring
word.
Boedelbelasting-insluiting van ʼn oorlede lid se bydraes nie as ʼn aftrekking op die
sterfdatum toegelaat nie
Bydraes tot ʼn aftreefonds wat nie op die sterfdatum as ʼn belastingaftrekking toegelaat word nie,
word tans vir boedelbelastingdoeleindes as eiendom ingesluit. Die Wysigingswet op
Belastingwette van 2020 het sulke nie-toegelate bydraes uit die omskrywing van eiendom
verwyder en dié bydraes word nou as geagte eiendom by die boedel ingesluit.
Daar is dus geen verandering in die belastingimpak op hierdie bepalings nie, en die wysigings
bepaal dus nog steeds dat die insluiting sou geld indien die oorlede lid se begunstigdes ʼn
kontantenkelbedrag as opsie kies. Geen bedrag sal as geagte eiendom ingesluit word indien die
volle aftreevoordeel gebruik word om ʼn annuïteit te koop nie.
Verklaring van die reëls rondom “tydstip van vervreemding” ten opsigte van ʼn bate wat
uit ʼn bestorwe boedel verkry is
Wanneer ʼn persoon sterf, bepaal die Boedelbelastingwet dat die persoon se bates na sy/haar
boedel oorgedra moet word voordat die bates aan die erfgename uitgedeel word.
Die Wet bepaal ook dat die eksekuteurs hierdie boedel administreer. Dit behels onder meer die
opstel en indiening van die likwidasie-en-distribusie-rekening by die Meester van die Hoë Hof se
kantoor, en die indiening van die tersaaklike belastingopgawes by en betaling van
boedelbelasting aan die SA Inkomstediens.
Volgens wet moet die likwidasie-en-distribusie-rekening vir ʼn tydperk van 21 besigheidsdae ter
insae by die Meester van die Hoë Hof se kantoor lê. Wanneer die likwidasie-en-distribusie-rekening
gefinaliseer is, tree die persoonlike reg van die erfgename om ontvangs van die bates te eis, in
werking. Tans heers daar onsekerheid oor die tydstip waarop die erfgename geag word ʼn bate
5
uit die boedel van die oorledene te verkry het. Om die tydstip van vervreemding oor hierdie
persoonlike reg op te klaar, word voorgestel dat die wetgewing verander word sodat die
vervreemding deur die boedel plaasvind op die datum wanneer die likwidasie-en-distribusie-
rekening gefinaliseer word.
4. Kapitaalwinsbelasting
Die kapitaalwinsbelasting-insluiting en effektiewe koerse bly onveranderd en is soos volg:
Tipe belastingbetaler Insluitingskoers Statutêre
belastingkoers
Effektiewe belastingkoers
Individue 40% 0 - 45% 0 -18%
Ander (plaaslike)
trusts 80% 45% 36%
Spesiale trusts 40% 0 - 45% 0 -18%
Maatskappye 80% 28% 22.4%
Die jaarlikse uitsluiting vir individue bly R40 000, en R300 000 in die jaar van afsterwe.
5. Rentevrystelling
Die vrystellingsdrempels vir rente bly soos volg:
R23 800 per jaar vir belastingbetalers wat jonger as 65 is; en
R34 500 per jaar vir belastingbetalers van 65 jaar en ouer.
6. Dividendterughoubelasting Die plaaslike dividendterughoubelastingkoers bly onveranderd op 20%.
7. Belasting van klein sakeondernemings Die belastingkoerse vir klein sakeondernemings (met bruto inkomste van hoogstens R20 miljoen)
vir finansiële jare wat op enige datum tussen 1 April 2021 en 31 Maart 2022 eindig, is soos volg:
Belastingtabel van toepassing op klein sakeondernemings
Belasbare inkomste (R) Belastingkoers (R)
1– 87 300 0% van belasbare inkomste
87 301 – 365 000 7% van belasbare inkomste bo 87 300
365 001 – 550 000 19 439 + 21% van belasbare inkomste bo 365 000
550 001 en meer 58 289+ 28% van belasbare inkomste bo 550 000
*Die tabel hierbo is verkry uit die 2021 SARS Budget Tax Guide.
Die belastingkoerse vir mikro-ondernemings (met ’n omset van hoogstens R1 miljoen per
jaar) vir finansiële jare wat op enige datum tussen 1 Maart 2021 en 28 Februarie 2022 eindig,
is soos volg:
6
Belastingtabel van toepassing op omset van mikro-
ondernemings
Belasbare omset (R) Belastingkoers (R)
1 – 335 000 0% van belasbare omset
335 001 – 500 000 1% van belasbare omset bo 335 000
500 001 – 750 000 1 650 + 2% van belasbare omset bo 500 000
750 001 en meer 6 650 + 3% van belasbare omset bo 750 000
*Die tabel hierbo is verkry uit die 2021 SARS Budget Tax Guide.
8. Hereregte
Hereregtekoerse bly onveranderd op:
Hereregtekoerse
Waarde van eiendom (R) Belastingkoers (R)
0 – 1 000 000 0% van eiendomswaarde
1 000 001 – 1 375 000 3% van eiendomswaarde bo 1 000 000
1375 001 – 1 925 000 11 250 + 6% van eiendomswaarde bo 1 375 000
1 925 001 – 2 475 000 44 250 + 8% van eiendomswaarde bo 1 925 000
2 475 001 – 11 000 000 88 250 + 11% van eiendomswaarde bo 2 475 000
11 000 001 en meer 1 026 000 + 13% van eiendomswaarde bo 11 000 000
9. Mediese belastingkrediete
Die aanvanklike maandelikse belastingkrediet (vir bydraes tot mediese skemas) vir alle
belastingbetalers word verhoog tot:
R332 vir ’n belastingbetaler;
R664 vir ’n belastingbetaler en sy/haar eerste afhanklike;
R224 vir elke addisionele afhanklike.
Vir belastingbetalers wat jonger as 65 is, sal ’n addisionele belastingkrediet toegestaan word teen
’n bedrag gelyk aan 25% van die somtotaal van:
die bedrag waarmee hul bydrae vier keer hul belastingkrediet (vir bydraes) oorskry, plus
uitgawes uit hul eie sak bo 7.5% van hul belasbare inkomste (enige aftreefonds-
enkelbedragvoordeel, aftreefonds-enkelbedragonttrekkingsvoordeel en skeidingsvoordeel
uitgesluit).
Vir belastingbetalers wat 65 of ouer is, of belastingbetalers wat gestrem is of gestremde
afhanklikes het, sal ’n addisionele belastingkrediet toegestaan word teen ’n bedrag gelyk aan
die somtotaal van:
33.3% van die bedrag waarmee hul bydrae drie keer hul belastingkrediet (vir bydraes) oorskry,
plus
7
33.3% van uitgawes uit hul eie sak.
Die addisionele belastingkrediet wat aan werknemers van 65 jaar en ouer ten opsigte van hul
bydraes tot mediese skemas toegestaan word, kan ook in die maandelikse LBS-berekenings in ag
geneem word. Hierdie fasiliteit word ook aan voorlopige belastingbetalers van 65 jaar en ouer
toegestaan.
10. Belastingvrye spaarrekeninge Bydraes tot belastingvrye spaarrekeninge bly onveranderd.
’n Belastingbetaler mag hoogstens R36 000 per jaar en altesaam R500 000 gedurende sy/haar
leeftyd bydra, om voordeel te trek uit die belastingvrye beleggingsopbrengste, groei en
uitbetalings.
Enige bedrag wat bo hierdie perke bygedra word, sal teen ’n koers van 40% belas word.
11. Aftreehervormings Annuïtisering van voorsorg- en voorsorgbewaringsfondse nog beplan vir 1 Maart 2021
Onderhewig aan die beskerming van sekere gevestigde kommuteringsregte, sal lede van
voorsorg- en voorsorgbewaringsfondse vanaf 1 Maart 2021 aan dieselfde annuïtiseringsvereistes
onderworpe wees as dié van pensioen-, pensioenbewarings- en uittree-annuïteitsfondse. Dit is ʼn
voortsetting van die harmonisering van die behandeling van alle aftreefondse, wat op 1 Maart
2016 begin het toe belastingaftrekkings ten opsigte van bydraes vir alle goedgekeurde
aftreefondse in ooreenstemming gebring is in ʼn enkele, eenvormige stelsel. Vanaf 1 Maart 2021
sal oordragte tussen pensioen-, pensioenbewarings-, voorsorg- en voorsorgbewaringsfondse
asook alle ander tipes goedgekeurde aftreefondse belastingvry wees. Wat oordragte uit uittree-
annuïteitsfondse betref, sal slegs oordragte na ander uittree-annuïteitsfondse belastingvry wees.
Groter buigsaamheid wat die koop/voorsiening van annuïteite by aftrede betref
Voor GN18 moes alle pensioene deur ʼn aftreefonds voorsien word. GN18 het voorsiening gemaak
dat verpligte annuïteite ook namens die aftredende lid deur die aftreefonds gekoop kan word
by ʼn Suid-Afrikaans geregistreerde versekeraar. GN18 het egter voorgeskryf dat aftreefondse
sulke annuïteite slegs selfs kon voorsien of in die naam van die fonds by ʼn versekeraar kon koop,
of die annuïteite by ʼn geregistreerde versekeraar in die naam van die individuele pensioenaris
kon koop – lede kon nie kies om hul verpligte annuïteite deur ʼn kombinasie van bogenoemde
metodes aan te skaf nie. Daar word voorgestel dat hierdie beperking opgehef word sodat
aftredende lede kan kies om deur ʼn kombinasie van hierdie metodes vir hul verpligte annuïteite
voorsiening te maak, indien die aftreefondsreëls dit toelaat.
Verhoging van die de minimis-bedrag vir toegang tot uittree-annuïteitsfondse
Op die oomblik mag uittree-annuïteitsfondslede wat jonger as 55 is en Suid-Afrikaanse
belastinginwoners bly, toegang tot hul uittree-annuïteitsfondsbates kry indien hierdie bates
minder as R7 000 bedra. Hierdie bedrag is etlike jare nie aangepas nie en die plan is om hierdie
de minimis-bedrag tot R15 000 te verhoog.
8
Belasting wat op onttrekkingsvoordele toegepas sal word wanneer individuele lede
ophou om belastinginwoners te wees
Tans word aftreefondsbates eers belas wanneer die lid werklik die fonds verlaat. Daar is nie
noodwendig ʼn oploping van belasting wanneer die lid ophou om ʼn Suid-Afrikaanse
belastinginwoner te wees nie. Daar word voorgestel dat hierdie stand van sake verander word
en dat aftreefondsbates aan belasting op onttrekkingsvoordele onderhewig moet wees wanneer
die lid ophou om ʼn Suid-Afrikaanse belastinginwoner te wees. Indien die lid besluit om nie op
daardie tydstip die fonds te verlaat nie en sy/haar aftreefondsbates in die fonds hou, sal die
onttrekkingsvoordeelbelasting uitgestel word totdat die lid werklik die fondse opvra. Die gedagte
is dat die SA Inkomstediens nie sy belastingregte op hierdie geld verbeur ingevolge ʼn
dubbelbelasting-ooreenkoms wat moontlik tussen Suid-Afrika en die individu se nuwe land van
verblyf bestaan nie.
Verdere deurlopende of komende hervormings:
Om alle openbare aftreefondse binne dieselfde regulatiewe raamwerk te plaas as privaat
fondse;
Rasionalisering van die aantal fondse, sodat slegs die kostedoeltreffende fondse oorbly;
Vereenvoudiging en vermindering van die koste van aftreefondsprodukte;
Gesprekke tussen Nedlac en die Nasionale Tesourie gaan voort rondom onttrekkings in die
geval van krisisgebeurtenisse, onderhewig aan sekere maksimums en minimums – die voorstel
is dat hierdie hervorming aan verpligte bewaring van die oorblywende fondse in die
aftreefonds gekoppel word, maar die gesprekke het nog nie naastenby ʼn finale fase bereik nie;
Daar word voorgestel dat regulasie 28 gewysig word om aftreefondse in staat te stel om
makliker in infrastruktuur te belê
Verdere hervormings sluit die verbetering van toesig en bestuurstoesig oor kommersiële
sambreelfondse in, asook die konsolidasie van fondse en outomatiese aansluiting.
12. “Sondebelasting” en heffings Die volgende verhogings word voorgestel:
Belasting op ’n pakkie van 20 sigarette styg met: 1.39c
Belasting op ’n blikkie bier (340 ml) styg met: 14c
Belasting op 750 ml gefortifiseerde wyn styg met: 26c
Belasting op 750 ml spiritualieë styg met: R5.50
Die regering stel voor dat die algemene brandstofheffing vanaf 7 April 2021 met 15c per liter
verhoog word, en die Padongelukfondsheffing met 11c per liter, ook vanaf 7 April 2021.
Die Nasionale Tesourie sal binnekort ʼn besprekingsdokument uitreik oor voorstelle om elektroniese
nikotien- en nie-nikotienleweringstelsels te belas. ʼn Aksynsbelasting sal later vanjaar ingestel word,
na openbare oorlegpleging. Verhitte tabakprodukte word onmiddellik belas teen 75% van die
belasting op sigarette.
9
13. Ander voorstelle Beëindigingsdatum van aansporing vir waagkapitaalmaatskappye Die beëindigingsdatum van die aansporing vir waagkapitaalmaatskappye, wat in 2009 deur
artikel 12J by die Inkomstebelastingwet ingesluit is om kleinhandelsbeleggings in kleiner
ondernemings aan te moedig, sal nie na 30 Junie 2021 verder verleng word nie. ʼn Assessering
deur die Nasionale Tesourie het getoon dat dit nie genoegsaam sy doelwitte bereik om klein
sakeondermings te ontwikkel, ekonomiese aktiwiteit te genereer en werk te skep nie. Dit het
eerder aan ryk belastingbetalers ʼn aansienlike belastingaftrekking gegee. Die meeste beleggings
wat deur hierdie aansporing ondersteun is, is skynbaar ondernemings met ʼn lae risiko of
gewaarborgde opbrengste, wat sonder die aansporing befondsing sou lok.
Voorlopige belastingbetalers met jare van aanslag van ses maande of
korter Voorlopige belastingbetalers moet binne ses maande na die aanvang van ʼn jaar van aanslag
voorlopige belasting betaal, en dan weer teen die einde van die jaar van aanslag. Tans word
geen voorsiening gemaak vir gevalle waar ʼn belastingbetaler ʼn kort jaar van aanslag het nie –
byvoorbeeld in die geval van sterfte of as die persoon ophou om ʼn belastinginwoner te wees.
Daar word voorgestel dat ʼn eerste voorlopige belastingbetaling en -opgawe nie vereis word
wanneer die duur van ʼn jaar van aanslag nie meer as ses maande is nie.
Hervormings in die finansiële sektor
Reaksie op COVID-19
Monetêre, fiskale en regulatiewe owerhede het stappe gedoen om die uitwerking van COVID-
19 op die ekonomie te versag – hoofsaaklik deur finansiële bystand aan maatskappye en werkers
te verleen en die regulatiewe las op finansiële instellings te verminder, in ʼn poging om ekonomiese
aktiwiteit te ondersteun. Hierdie beleidsintervensies was daarop gemik om maatskaplike nood te
beperk en onnodige bankrotskappe af te weer. In 2021 sal die beleid vir die finansiële sektor op
volhoubare ondersteuning van die herstel fokus. Doeltreffende beleid om strukturele uitdagings
aan te pak waardeur die sektor in die gesig gestaan word, kan tot ʼn vinniger en bestendiger
ekonomiese herstel lei. Dit sluit in dat finansiële tegnologie ingespan word om finansiële insluiting
te verbreed en te verdiep, en die sektor se bydrae tot ʼn groen ekonomie te bevorder.
Maatreëls om kliënte te help
Die Gedragsowerheid van die Finansiële Sektor (FSCA), wat die markgedrag van instellings in die
finansiële sektor reguleer, het maatreëls ingestel om kliënte en gereguleerde entiteite te ondersteun.
Hierdie maatreëls het ʼn verslapping van regulatiewe rapporteringspertye vir entiteite ingesluit.
Om seker te maak dat kliënte billik behandel word, het die FSCA sy verwagtings rondom finansiële
instellings se COVID-19-verwante gedrag gekommunikeer. Die FSCA het ook regulasies aangepas om
verligting vir polishouers ten opsigte van versekeringspremies te ondersteun, deur hulle toe te laat om
steeds te eis, terwyl ontwrigting van tussengangers se verwagte inkomste tot die minimum beperk is.
10
In die versekeringsbedryf was daar geweldige onsekerheid oor hoe COVID-19-verwante eise bestuur
moet word. Die FSCA het oor spesifieke kwessies gekommunikeer, soos om sy standpunt oor dekking
vir sakeonderbreking te publiseer. Terwyl bedryfsdeelnemers deur die howe regsekerheid probeer kry
het oor hul verpligtinge ten opsigte van sakeonderbrekingsdekking, het die FSCA geaffekteerde nie-
lewensversekeraars se instemming verkry dat hulle betalingsverligting sou bied aan polishouers wat
die regte uitbreiding oor aansteeklike siektes in hul polisse het.
Die FSCA het ook die trusteerade van aftreefondse en werkgewers in finansiële nood aangeraai om
die opskorting of verlaging van aftreebydraes te oorweeg. Waar fondse nie reëls gehad het om dit
te kan doen nie, is hulle versoek om sulke reëls aan die FSCA voor te lê vir goedkeuring. Die FSCA het
ook werkgewers en fondse aangemoedig om die betaling van volle risikovoordeelpremies vir lede
voort te sit, om te verseker dat lede en hul gesinne steeds dekking het in die geval van afsterwe of
ongeskikraking.
Die Wetsontwerp op die Gedrag van Finansiële Instellings
Die tweede konsep van die Wetsontwerp op die Gedrag van Finansiële Instellings is in 2020 uitgereik
vir openbare oorlegpleging. Die Nasionale Tesourie skakel tans met belanghebbendes om
kommentaar wat ontvang is, te bespreek en uit te klaar. ʼn Hersiene konsep van die wetsontwerp sal
in 2021 in die Parlement ter tafel gelê word.
Belastingbeleidsvoorstelle
Die volgende veranderings in belastingbeleid is in vanjaar se Begrotingsrede voorgestel:
Korporatiewe belasting
Die korporatiewe inkomstebelastingkoers sal verlaag word tot 27% vir maatskappye met jare van
aanslag wat op of na 1 April 2022 begin. Daarmee saam sal die korporatiewe inkomstebelastingbasis
verbreed word deur rente-aftrekkings en geassesseerde verliese te beperk.
Hersiening van belastingvoorsiening vir reis en werk van die huis af
Die regering erken dat die afgelope jaar gekenmerk is deur ʼn grootskaalse oorskakeling na werk van
die huis af. Daarom sal die Nasionale Tesourie huidige reis- en tuiskantoortoelaes hersien, om die
doeltreffendheid daarvan in die huidige omgewing, gelyke toepassing, eenvoud van gebruik,
sekerheid vir belastingbetalers en versoenbaarheid met omgewingsdoelwitte te bepaal.
Met die besef dat enige veranderings in hierdie toelaes ʼn impak op die strukturering van salarisse kan
hê, sal hierdie projek ʼn paar jaar duur, en in 2021/2022 met oorlegpleging begin.
11
Gevolgtrekking
Selfs al was dit nie vir die impak van die COVID-19-pandemie nie, sou die Minister weer ’n gedugte
taak gehad het om teen die agtergrond van laer belastinginkomste, gebrekkige groei en
toenemende finansiële verpligtinge die boeke te laat klop. Die COVID-19-pandemie het die land
se finansiële situasie aansienlik vererger.
Die Minister het erken dat ons dringendste behoeftes is om die pandemie en ons skuldkrisis te
oorkom, en dat ons dít net kan vermag as ons die ekonomie laat groei.
Begrotingshoogtepunte:
1. Geen verhogings in persoonlike inkomstebelasting nie
2. Verhoging van brandstofheffing
3. Voorgestelde verlaging van korporatiewe belastingkoers
4. Voorneme om ons skuldkrisis op te los
5. Groter infrastruktuurbesteding
6. Trek die gordel stywer – nie besuiniging nie.
Die bemoedigendste kenmerk van vanjaar se Begroting is die feit dat daar nie groot
belastingverhogings is nie – trouens, beduidende belastingverligting is aan persoonlike
belastingbetalers toegestaan, deur aanpassings bo die inflasiekoers aan die marginale
belastingskale. Daar word ook voorgestel dat die korporatiewe belastingkoers van 28% na 27%
verlaag word.
Belastingbetalers moet egter kennis neem van ʼn sterk tema in die Begroting, naamlik dat die SA
Inkomstediens belastingoortreders in sy visier het. Dit is vanselfsprekend dat individuele
belastingbetalers hul swaar verdiende geld op ’n belastingdoeltreffende en wetsgehoorsame
wyse moet belê. In hierdie verband bly die belastingdoeltreffende voordele van aftreefondse en
belastingvrye spaarrekeninge ’n groot bate. Dit sou roekeloos wees om die ingewikkelde
regulatiewe en beleggingsomgewing sonder finansiële advies te probeer aandurf.
Die Minister het ʼn beroep gedoen dat ons kalm moet bly, en nie in hierdie moeilike tye moed
verloor nie. In hierdie verband het hy aartsbiskop Desmond Tutu aangehaal, dat ons moet streef
om “steeds te sien dat daar lig is, te midde van al die donkerheid” en dat “die son steeds agter
die wolke skyn”.
NEEM ASSEBLIEF KENNIS DAT DIE INLIGTING IN HIERDIE OMSENDBRIEF BERUS OP VOORSTELLE SOOS
VERVAT IN DIE NASIONALE BEGROTINGSREDE WAT OP 24 FEBRUARIE 2021 IN DIE PARLEMENT
GELEWER IS. DIT BLY VOORSTELLE TOTDAT DIE VOORSTELLE FORMEEL IN WETGEWING UITGEVAARDIG
WORD.
Inkomstebelasting-berekeningsprogram
Om u maandelikse inkomstebelasting te bereken en dit met verlede jaar s’n te vergelyk, kan u
Old Mutual se inkomstebelasting-berekeningsprogram (Income Tax Calculator) gebruik, wat
bygewerk is om ook die belastingwysigings van toepassing op aftreefondse in te sluit. U sal dus
12
die voordele van die aftreehervormings ten opsigte van u inkomstebelasting kan sien.
Hierdie berekeningsprogram neem u maandelikse inkomste, aftreebydraes, mediese
fondsbydraes en u werkgewer se bydrae tot ʼn mediese fonds en aftreefondse in ag. Klik net op
die volgende skakel om by die program uit te kom:
https://www.oldmutual.co.za/personal/tools-and-calculators/income-tax-calculator
Saamgestel deur: Personal Finance Legal & Product Legal
Datum: 24 Februarie 2021
Gesels met u Old Mutual Finansiële Adviseur of u Makelaar.
www.oldmutual.co.za
Top Related