WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die...

30
W WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Hierdie meer gedetailleerde tegniese riglyne is in 2016 deur die Wêreld-Natuurfonds (WWF) se Bewaringskampioenprogam (Conservation Champion Programme) opgestel as ’n uitbreiding van die verkorte biodiversiteitsriglyne wat deel vorm van die Geïntegreerde Produksie van Wyn: Riglyne vir die Plaas. Die voorligtingspan van WWF se Bewaringskampioenprogram se fokus is drieledig: om verhoudings met die omgewingsleiers ook bekend as WWF Bewaringskampioene uit te bou; om hulle langtermyn- bewaringsverbintenisse te ondersteun; en aan die spits te staan van vernuwings op die gebied van waterbewaring, energiedoeltreffendheid en klimaatsverandering. WWF verwelkom nuwe aansoeke van bewaringskampioene wat aan die streng omgewingskriteria voldoen. Uitgereik: November 2016 Vir meer inligting oor die WWF Bewaringskampioenprogram: W: http://www.wwf.org.za/what_we_do/sustainable_agriculture_/conservation_and_wine/ Nuwe aansoeke om ’n Bewaringskampioen te word: Joan Isham E: [email protected] T: 021 882 9085; 082 376 3646

Transcript of WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die...

Page 1: WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die

W

WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Hierdie meer gedetailleerde tegniese riglyne is in 2016 deur die Wêreld-Natuurfonds (WWF) se Bewaringskampioenprogam (Conservation Champion Programme) opgestel as ’n uitbreiding van die verkorte biodiversiteitsriglyne wat deel vorm van die Geïntegreerde Produksie van Wyn: Riglyne vir die Plaas. Die voorligtingspan van WWF se Bewaringskampioenprogram se fokus is drieledig: om verhoudings met die omgewingsleiers – ook bekend as WWF Bewaringskampioene – uit te bou; om hulle langtermyn-bewaringsverbintenisse te ondersteun; en aan die spits te staan van vernuwings op die gebied van waterbewaring, energiedoeltreffendheid en klimaatsverandering.

WWF verwelkom nuwe aansoeke van bewaringskampioene wat aan die streng omgewingskriteria voldoen.

Uitgereik: November 2016

Vir meer inligting oor die WWF Bewaringskampioenprogram: W: http://www.wwf.org.za/what_we_do/sustainable_agriculture_/conservation_and_wine/ Nuwe aansoeke om ’n Bewaringskampioen te word: Joan Isham E: [email protected]

T: 021 882 9085; 082 376 3646

Page 2: WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die

WWF-verslag: ’n Oorsig van die risiko’s van klimaatsverandering vir Suid-Afrika se landbouwaardekettings: wetenskap, persepsies en aksie

2

Inhoud

1. Bedreigde ekosisteme 4

1.1 Bedreigde plantegroeitipes 4

1.2 Akwatiese ekosisteme (vleilande en riviere) 4

1.2.1 Vleilande 5

Bestuursriglyne vir vleilande 5

1.2.2 Riviere 6

Bestuursriglyne vir riviere 6

1.2.3 Plaasdamme 8

Bestuursriglyne vir plaasdamme 8

2. Uitheemse indringerspesies 9

2.1 Regulasies oor uitheemse en indringerspesies, 2014 9

2.1.1 Kategorieë 9

2.1.2 Verklaring van indringerspesies 10

2.2 Algemene skoonmaakbeginsels 10

2.3 Verwyderingsmetodes 11

2.4 Identifisering van uitheemse indringerspesies 11

2.5 Die gebruik van onkruiddoders vir indringerbeheer 11

2.6 Indringergrasse 12

2.7 Uitheemse indringerdiere 13

2.7.1 Uitheemse vis 13

2.7.2 Mallard-eende 13

2.7.3 Wildevarke 13

2.7.4 Indiese huiskraai (Corvus splendens) 13

2.8 Nie-plaaslike fynbos 13

3. Brandbestuur 14

3.1 Brandbeskermingsverenigings 14

3.2 Brandbane 14

3.3 Algemene brandbestuursbeginsels 15

3.3.1 Brandfrekwensie 15

3.3.2 Seisoen 15

3.3.3 Intensiteit 15

3.3.4 Proporsie van gebied wat gebrand word 15

3.3.5 Algemeen 15

4. Korridors en habitabfragmentasie 16

4.1 Bestuursriglyne vir korridors en fragmente 16

Page 3: WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die

WWF-verslag: ’n Oorsig van die risiko’s van klimaatsverandering vir Suid-Afrika se landbouwaardekettings: wetenskap, persepsies en aksie

3

5. Hervestiging/Rehabilitasie 17

5.1 Wat is hervestiging? 17

5.2 Redes vir die hervestiging/rehabilitasie van veld 17

5.3 Vyf fases van hervestiging 17

Fase 1: Stel ’n realistiese hervestigingsdoel 17

Faste 2: Stel ’n praktiese hervestigingplan op 17

Fase 3: Implementeer die hervestigingsplan 18

Fase 4: Monitor vordering 19

Fase 5: Volg ’n aanpasbare bestuursbenadering 19

5.4 Ander belangrike feite om in ag te neem 19

6. Bestuur van wild/vee in natuurlike areas 20

6.1 Bestuursriglyne vir wild/vee 20

6.2 Die impak van lewende hawe op natuurlike gebiede 21

6.3 Beheer van “probleemdiere” 21

6.3.1 Bobbejane 21

6.3.2 Voëls 22

6.3.3 Bokke 22

6.3.4 Ystervarke 23

7. Afvalbestuur 23

7.1 Hoekom dit belangrik is om afval te bestuur 23

7.2 Wat kan ons doen? 23

7.3 Hoekom ons nie afval moet verbrand nie 24

7.4 Die verhouding tussen afval en die koolstofvoetspoor 24

7.5 Algemene afvalbestuursriglyne 25

8. Algemeen 26

8.1 Gebruik van bestaande bewaringstrukture 26

8.1.1 CapeNature se Voogdyskapprogram (Stewardship Programme) 26

8.1.2 WWF se Water-voogdyskapprogram (Water Stewardship Programme) 26

8.1.3 Gemeenskaplike aksiegroepe in jou area 26

8.1.4 Nuwe en bestaande bewareas 26

8.2 Biologiese boerdery 27

8.2.1 Voorkoming van gronderosie 27

8.2.2 Uitleg van plaaspaaie 27

8.2.3 Biologiese grondbestuur 27

8.2.4 Basiese riglyne vir die maak van kompos 27

8.2.5 Inheemse windskerms 28

8.3 Dokumentering van biodiversiteit 29

8.3.1 Voëlbewaring 29

8.3.2 Burgerwetenskap- (Citizen Science) projekte 29

Bronne 30

Page 4: WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die

WWF-verslag: ’n Oorsig van die risiko’s van klimaatsverandering vir Suid-Afrika se landbouwaardekettings: wetenskap, persepsies en aksie

4

1. Bedreigde ekosisteme 1.1 Bedreigde plantegroeitipes

Nuwe wingerde moet verkieslik op ou landbougrond aangelê word en nie op onversteurde grond met ongerepte natuurlike plantegroei nie. ’n Ploegpermit moet eers van die nasionale Departement van Landbou verkry word om onversteurde grond te ontwikkel, soos uiteengesit in die Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne 43 van 1983 (CARA), ongeag aan wie die grond behoort. Enige grond wat vir langer as 10 jaar nie bewerk is nie, word ook as onbewerkte grond beskou.

Nie alle natuurlike areas het dieselfde bewaringswaarde nie. Hoewel daar nog groot dele berghabitat in marginale boerderygebiede oor is, is die meeste laagland-ekosisteme deur boerdery verander. Ontwikkeling en bewerking van habitatte wat bewaringsprioriteit geniet, soos renosterveld, laagland-fynbos en sukkulente karoo op alluviale grond, moet te alle tye vermy word.

’n Nasionale opname (in 2011 bygewerk) is gemaak van al die plantegroeitipes in Suid-Afrika. Daarin word plantegroeitipes geklassifiseer as krities bedreig, bedreig, kwesbaar of minste bedreig, na gelang van hoeveel oor is in vergelyking met die oorspronklike omvang en/of hoeveel Rooi Lys bedreigde plantspesies voorkom. Net in die Wes-Kaap is daar 20 plantegroeitipes wat krities bedreig is (bv. Swartland Skalie Renosterveld). Daarom word dit sterk aanbeveel dat, voordat u enige ontwikkeling oorweeg, u die CapeNature-verteenwoordiger in u area kontak om vas te stel wat die bewaringswaarde van enige ongerepte grond is sodat alternatiewe oorweeg kan word. CapeNature se formele kommentaar word waarskynlik vereis deur die owerhede wat moet toestemming gee.

Kritiese Biodiversiteitsgebiede (KBGs) en Biodiversiteitsektorplanne is produkte van CapeNature wat gebruik moet word vir enige grondgebruikbeplanning en -besluitneming. KBGs moet die grondeienaar leiding gee oor waar bewerking mag plaasvind en waar die skoonmaak van uitheemse plantegroei en brandbestuur voorrang moet geniet.

Voordat u enige bewerking van ʼn nuwe area onderneem, moet u by die Departement van Omgewingsake uitvind of ’n omgewingsimpakstudie (OIS) of ’n basiese evalueringsverslag (BEV) gedoen moet word.

Maak seker van die regsvereistes in die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur 107 van 1998 (NEMA), Lyskennisgewing 3: Aktiwiteite wat ’n Basiese Assessering nodig het: - Aktiwiteit 12: Skoonmaak van >300 m2 in krities bedreigde of bedreigde plantegroei. In die Wes-Kaap:

o In enige krities bedreigde of bedreigde ekosisteem wat ingevolge artikel 52 van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Biodiversiteit 10 van 2004 (NEMBA) gelys is, of in ’n area wat as krities bedreig geïdentifiseer is in die Nasionale Ruimtelike Biodiversiteitsassessering 2004

o in kritieke biodiversiteitsgebiede wat in biostreeksplanne geïdentifiseer is. - Aktiwiteit 13: Skoonmaak van >1 ha in gebiede met ’ hoë bewaringstatus (bv. KBG’s) - Aktiwiteit 14: Skoonmaak van >5 ha in alle buite-stedelike gebiede.

Meer inligting oor omgewingsprobleme: W: http://www.greenagri.org.za/faqs/general-sustainability/

1.2 Akwatiese ekosisteme (vleilande en riviere)

Alle ontwikkelings in waterhulpbronne vereis waarskynlik ’n magtiging van die Departement van Water en Sanitasie (DWS) ingevolge artikels 21 en 22 van die Nasionale Waterwet 36 van 1998. Die Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne 43 van 1983 (CARA) beperk ook aktiwiteite in vleilande. Daarbenewens word omgewingsmagtiging ingevolge NEMA vereis vir bepaalde gelyste aktiwiteite in riviere en vleilande. In die Wes-Kaap word dit bestuur deur die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning (DOS&OB). Boere moet hierdie departement kontak vir advies voor enige ontwikkeling onderneem word.

Page 5: WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die

WWF-verslag: ’n Oorsig van die risiko’s van klimaatsverandering vir Suid-Afrika se landbouwaardekettings: wetenskap, persepsies en aksie

5

Advies indien u in waterhulpbronne wil werk: Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning W: https://www.environment.gov.za/documents/forms#legal_authorisations E: [email protected] T: 021 483 4091

1.2.1 Vleilande

Vleilande funksioneer as reuse sponse deur water gedurende vloede terug te hou en dit weer in droër tye vry te stel en die watertafel aan te vul. Hulle speel dus ’n belangrike rol in die bekamping van gronderosie en verminder die impak van vloede. Vleilande help om water te suiwer deur soos natuurlike filters op te tree wat besoedelingstowwe opvang, insluitende sediment, swaar metale en siektedraende organismes. Vleilande verskaf ook ’n spesiale habitat aan baie plant- en dierspesies (soos belangrike bestuiwers) wat vir hulle hele lewensiklus of ’n gedeelte daarvan van hierdie habitat afhanklik is, en kan ’n natuurlike brandbaan vorm.

Bestuursriglyne vir vleilande

Vleilande moet eerstens geïdentifiseer en afgebaken word, sodat hulle bewaar kan word. Dit is die beste om vleilande in die wintermaande te identifiseer, aangesien sommige seisoenale vleilande nie maklik in die droë somermaande raakgesien kan word nie.

Behou buffersones van onontwikkelde grond, vry van uitheemse plante, rondom vleilande. Waar daar geen buffer tussen die wingerd en die vleiland is nie, of ’n gedeelte van die wingerd die vleiland binnedring, is dit raadsaam om die wingerd uit die vleiland te verwyder wanneer wingerde herplant word en om waar moontlik ’n voldoende buffersone toe te laat. Die breedte van die buffer sal bepaal word deur die tipe vleiland, die grootte en funksionaliteit van die vleiland asook die impak van aangrensende grondgebruik.

Die bron (oorsprong) en die stroomaf-gedeeltes van die vleiland moenie van mekaar geskei word nie. Die bron is die water wat in die vleiland invloei. Die meeste van die water in ’n vleiland is afkomstig van die opvanggebied rondom die vleiland. Daarom word vleilande sterk beïnvloed deur aktiwiteite in die omliggende opvanggebied selfs al is dit ver van die vleiland af geleë. Wanneer die impak van grondgebruik weg van die vleiland bepaal word, moet daar gekyk word na hoe die grondgebruik die kwaliteit en kwantiteit verander van die water wat die vleiland binnekom, en hoe dít weer die funksionering en voordele van die vleiland beïnvloed. Die grawe van dreineringslote bokant die vleiland of die bou van ’n pad deur die vleiland is voorbeelde van hoe die bron van die stroomaf-gedeeltes van die vleiland geskei word.

Alle aktiwiteite in die opvanggebied het ’n effek op vleilande (bv. verharding van die opvanggebied soos paaie en geplaveide areas wat sal lei tot meer afloop en die moontlike erodering van vleilande).

Maak seker dat daar nie oor-onttrekking van oppervlak- of grondwater wat in ’n vleiland inloop, plaasvind nie, want dit kan veroorsaak dat die vleiland opdroog. Geen sterk boorgate behoort naby natuurlike vleilande gesink te word nie.

Die opdam van vleilande sal seisoenale vleilande in permanente waterliggame verander, en die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die Departement van Water en Sanitasie (DWS) word vir opdamming vereis.

Wees bedag op enige bron van besoedeling, soos sypelwater van mis- en komposhope, huishoudelike stortingsterreine of areas waar druiwedoppe gestoor word, wat ’n impak op die waterkwaliteit kan hê. Oorweeg dit om kwaliteitstoetse van afvalwater in te sluit by die jaarlikse toetsprosedure van drink- en besproeiingswater. Neem die monsters by ’n plek na aan waar die plaasafvloei by ’n ander waterbron (bv. ’n dreineringsloot) aansluit. Kennis van die waterkwaliteitstatus maak ingeligte aanpassing van praktyke moontlik en dit kan gebruik word as bewys om u van enige beskuldigings van waterbesoedeling te vrywaar.

Groot hoeveelhede uitheemse indringerplante kom dikwels in vleilande voor. Indringerplante gebruik groot hoeveelhede water en kan veroorsaak dat vleilande opdroog. Let wel: Gebruik altyd ‘handinstrumente’ soos kapmesse of kettingsae (m.a.w. geen masjinerie nie) om

Page 6: WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die

WWF-verslag: ’n Oorsig van die risiko’s van klimaatsverandering vir Suid-Afrika se landbouwaardekettings: wetenskap, persepsies en aksie

6

indringerplante in vleilande te verwyder, want vleilande is baie sensitief vir grondversteuring. Chemiese behandeling moet vir die droër somermaande geskeduleer word. Sien ook afdeling 2 vir meer inligting vir die bestuur van indringerplante.

Dit is onwettig om in te meng met die vloeipatroon van water deur ’n vleiland deur die watervloei te kanaliseer, dreineringslote te grawe, of op te vul deur grond of rommel te stort, behalwe as die nodige goedkeuring verkry is (bv. om ’n dam in ’n vleiland te bou). Die funksionering van vleilande kan soms suksesvol herstel word as die vloeipatroon tot sy oorspronklike staat herstel word deur slote en kanale toe te maak.

Vleilande kan gebruik word vir weiding, op dié voorwaarde dat die weidingsdruk nie te hoog is nie, dit in die regte seisoen geskied (gewoonlik somer), en dat vee weggehou word van die dieper, natter areas met onstabiele grond. Dit is belangrik dat vleilande gemonitor word vir tekens van aftakeling en erosie as gevolg van oorbeweiding.

Maak seker van die regsvereistes in die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur 107 van 1998 (NEMA), Lyskennisgewing 1: Aktiwiteite wat ’n Basiese Assessering nodig het: - Aktiwiteit 11: Die konstruksie van kanale, damme, brûe, keerwalle. - Aktiwiteit 18: Die opvulling, storting of verskuiwing van >5 m3 van enige materiaal van

ʼn waterloop/vleiland.

Meer inligting oor vleilandbestuur en -rehabilitasie: W: http://www.capenature.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Wetlands.pdf Inligting oor die identifisering van vleilande: ‘A practical field procedure for identification and delineation of wetlands and riparian areas’ W: https://www.dwa.gov.za/Documents/Other/EnvironRecreation/wetlands/DRAFT_3_Wetland%20and%20Riparian%20Delineation%20Guidelines%202008.pdf

1.2.2 Riviere

Riviere en hul gepaardgaande oewerhabitatte staan sentraal tot menslike welsyn en ekonomiese ontwikkeling, en lewer talle ekosisteemdienste. Ekologies gesonde riviere het ook ’n “selfreinigende” eienskap (d.w.s. lewende organismes breek organiese afval af en konsentreer voedingstowwe). Om behoorlik te kan funksioneer en as ’n geskikte habitat vir vis en ander waterlewe te dien, moet riviere regdeur die jaar voldoende vloei. Daar moet ook goeie habitatdiversiteit en -kwaliteit en ’n onversteurde oewersone wees.

Bestuursriglyne vir riviere

Hou by die bepalings van die Nasionale Waterwet 36 van 1998. Volgens hierdie Wet moet alle watergebruik uit ’n rivier of stroombedding by die Departement van Waterwese en Sanitasie (DWS) geregistreer wees of met hul toestemming geskied. Dit sluit in: - onttrekking uit ’n rivier - die bou van plaasdamme - die vrystelling van afvalwater of enige ander vorm van besoedeling in riviere of

stroombeddings - verandering aan die beddings, oewers en vloei (bv. deur stootskraap) of eienskappe

van ’n waterloop, selfs al vloei dit slegs seisoenaal. - beplanning van enige verandering aan die toegekende hoeveelheid water (bv. nadat ʼn

dam vergroot is).

Vir registrasie- of lisensiëringsvorms: W: http://breedegouritzcma.co.za/content.php?page=Documents&subpage=Forms&subsudopage=Licensing of Melissa Lintnaar-Strauss van die Departement van Waterwese en Sanitasie E: [email protected]

Page 7: WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die

WWF-verslag: ’n Oorsig van die risiko’s van klimaatsverandering vir Suid-Afrika se landbouwaardekettings: wetenskap, persepsies en aksie

7

Beheer indringerplante soos die wattel, bloekom, den, populier, kikoejoe, en waterplante soos die waterduisendblaar en waterhiasint, deur bestepraktyk-metodes te gebruik. Indringerplante verminder die afloop van ’n rivier en destabiliseer rivieroewers.

Hou oewersones ongeskonde; waar dit vroeër deur boerderypraktyke verander is, word rehabilitasie aanbeveel. Die welstand van rivier-ekosisteme is grootliks afhanklik van die gesondheid van die omliggende natuurlike plantegroei, of “oewerhabitat”. Hierdie plantegroei stabiliseer die rivieroewer, filtreer besoedelingstowwe, help om ’n natuurlike watertemperatuur te handhaaf, dra organiese materiaal by wat waterlewe ondersteun en tree op as ’n buffer tussen aangrensende grondgebruiksones. Oewersones moet vry wees van uitheemse plante en stootskraping moet te alle tye vermy word, tensy die regulerende owerheid toestemming daartoe verleen het (bv. na ’n vloed).

Rivieroewers behoort egalige hellings te hê (slegs as dit reeds deur boerdery verander is en nie as die rivieroewer van nature ’n steil helling het nie) en moet beplant wees met inheemse plantegroei om erosie te voorkom en die waterkwaliteit te verbeter.

Laat voldoende stroke of buffersones met inheemse plante langs die oewersone toe om die effek van bemestingstowwe en plaagdoders wat van bewerkte grond afloop, te verminder. Die breedte van die buffersones sal afhang van die grootte en kenmerke van die rivier.

Maak seker dat daar ’n “ekologiese reserwe” (d.w.s. genoeg water sodat rivier-ekosisteme effektief kan funksioneer) in die rivier agterbly. Hoë vlakke van wateronttrekking, veral gedurende die somer, verminder riviervloei drasties, konsentreer besoedelingstowwe, verhoog watertemperatuur en het ’n invloed op die rivier se gesondheid. Beperk watergebruik tot die minimum deur “beste praktyk” te implementeer, bv. drupbesproeiing. Indien moontlik moet rivierwater in die winter uitgepomp en in ’n dam geberg word (in die winterreënvalstreke) vir gebruik gedurende die droë somermaande.

Neem in ag hoe boerdery-aktiwiteite in opvanggebiede verbeter kan word om sedimentasie en watergehalteprobleme te verminder. Die gebruik van “biologiese boerderymetodes” sal die negatiewe impak op watergehalte beperk (kyk onder “Algemeen” in afdeling 8 vir meer inligting oor biologiese boerderypraktyke).

Die opdamming van riviere en die bou van keerwalle word nie deur die DWS toegelaat nie (behalwe waar die nodige magtiging verkry is) omdat damme riviervloei verminder, die opbou van sediment in die dambekken veroorsaak en migrasie van spesies voorkom.

Die korrekte rivier- en vleilandbestuur- en -rehabilitasiemetodes is ’n komplekse wetenskap en varswaterdeskundiges behoort geraadpleeg te word wanneer nodig. Afhangende van die vlak van hulp wat benodig word, kan advies dalk gratis bedien word (gewoonlik van staatsinstansies); andersins sal daar ’n koste aan verbonde wees.

Word ’n aktiewe lid van jou area se Watergebruikersvereniging (WGV).

Inligting oor lidmaatskap van ’n Watergebruikersvereniging: W: https://www.dwa.gov.za/iwqs/nwa/tmp_Chapter_8.html

Rivierinstandhoudingsplanne (RIP’s) wat ingevolge NEMA se Omgewingsimpakstudie- (OIS) regulasies van 2010 goedgekeur is, maak dit moontlik om die beginsels en praktyke van ekosisteemgebaseerde beplanning in te sluit by die bestuur en rehabilitasie van riviere in boerderygebiede. Sulke planne sal opgestel word ingevolge Aktiwiteit 18 van Lyskennisgewing 1 wat die houers van ʼn goedgekeurde RIP daarvan vrystel om omgewingsmagtiging te verkry vir die uitgrawing, verskuiwing of storting van meer as 5 m3 van materiaal in ’n waterloop. U kan by u Watergebruikersvereniging uitvind of daar ’n rivierinstandhoudingsplan vir u spesifieke rivier bestaan.

Meer inligting oor rivierinstandhoudingsplanne: W: http://pmg-assets.s3-website-eu-west-1.amazonaws.com/130731appendix_3.pdf

Page 8: WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die

WWF-verslag: ’n Oorsig van die risiko’s van klimaatsverandering vir Suid-Afrika se landbouwaardekettings: wetenskap, persepsies en aksie

8

1.2.3 Plaasdamme

Plaasdamme is van kritieke belang om watervoorsiening vir besproeiing gedurende die somer in wynproduserende gebiede te verseker. Damme wat behoorlik ontwerp is, kan die estetiese voorkoms van die plaas verhoog en ’n verskeidenheid voëls, insekte en ander diere na die gebied lok. Plaasdamme in bewaringsgebiede of voogdyskapterreine waarin plaaslike bedreigde visspesies aangehou word, kan ’n groot bydrae tot bewaring maak. Plaasdamme is gewild vir hengel en permitte is nodig om vis aan te hou. Bestuursriglyne vir plaasdamme

Damwalle behoort vry van indringerplantegroei te wees en behoort inheemse vleilandplantegroei te huisves, sowel as inheemse struike en bome. Vra raad van inheemse kwekerye of landskapargitekte oor die keuse van spesies.

Damme behoort oor ’n onderwaterstruktuur te beskik (bv. rotse, boomstompe) sowel as inheemse waterlelies en rietbeddings om skuiling teen voëls aan die visse te verskaf en om die dam se produktiwiteit te verbeter. Indien hierdie damme bedreigde inheemse visspesies bevat, behoort ’n reserwevlak bepaal te word, sodat die damme nie heeltemal leeg gepomp word gedurende die besproeiingseisoen nie.

Die waterkwaliteit van damme kan verbeter word deur genoegsame bufferareas van inheemse plantegroei tussen die dam en die wingerde toe te laat. Water wat die dam deur ’n rivier of waterloop binnekom, behoort ideaal gesproke deur ’n vleiland te loop net voordat dit die dam binnegaan omdat vleilande die water suiwer.

Die gebruik van “drywende eilande” kan help om die watergehalte te verbeter, en ook ’n habitat vir watervoëls skep.

Meer inligting oor die skep van drywende eilande in plaasdamme: W: http://www.ncc-group.co.za/case-studies/table-mountain-fund-tmf-vergenoegd-waterbird-habitat-and-water-conservation-project

Plaasdamme loop in die reënseisoen oor en vis kan na nabygeleë riviere ontsnap waar hulle ekologiese probleme kan veroorsaak. Dit is waarom ’n regulerende owerheid toestemming moet gee om vis in plaasdamme aan te hou.

Damme wat geïdentifiseer is vir die aanhou van inheemse vis moet vry wees van uitheemse vis en die plaas moet deel wees van ’n bewarea, of ’n voogdyskapterrein wees.

Uitheemse visspesies soos grootbek swartbaars, Mosambiekse kurper (tilapia), blou kurper, graskarp en reënboogforel mag ook aangehou word, afhangend van waar die dam geleë is.

Inligting oor watter visspesies om aan te hou: Dean Impson van CapeNature T: 021 866 8000

Karpers en skerptand babers is dikwels ’n groot probleem in plaasdamme omdat dit die damme modderig laat word. Wanneer damme aan die einde van die somer vlak is, kan hierdie visspesies met nette uitgeskep word om hulle getalle te verminder.

Hulp met die vermindering van die getal visspesies in plaasdamme: Willem Jordaan van FFM Services E: [email protected] T: 081 322 8324

Page 9: WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die

WWF-verslag: ’n Oorsig van die risiko’s van klimaatsverandering vir Suid-Afrika se landbouwaardekettings: wetenskap, persepsies en aksie

9

Die aanhou en verskuiwing van visspesies tussen damme sonder ’n permit word nie toegelaat nie. ’n Permit mag nodig wees om uitheemse visspesies aan te hou; kontak die Departement van Omgewingsake vir meer inligting.

Permitte om visspesies tussen damme te verskuif: Dr Martine Jordaan van CapeNature E: [email protected] T: 021 866 8000; 082 370 7491 Permitte om uitheemse visspesies aan te hou: Departement van Omgewingsake W: http://www.invasives.org.za/animals/invasive-fish

2. Uitheemse indringerspesies

Uitheemse indringerspesies het ’n beduidend negatiewe impak op die omgewing omdat hulle habitatte summier vernietig, die risiko en intensiteit van brande verhoog en oppervlak- en sub-oppervlakwater verminder. Grondeienaars word wetlik verplig om indringerplante te beheer wat op hulle eiendom voorkom.

Inligting oor en hulp met die identifisering van indringerspesies en die NEMBA-lyste van indringerspesies, 2016: W: www.invasives.org.za Vroeë opsporing en vinnige reaksie om uitheemse indringerspesies te bekamp: Ernita van Wyk van SANBI E: [email protected] T: 078 107 7284

2.1 Regulasies oor uitheemse en indringerspesies, 2014

Die 2014-regulasies oor uitheemse en indringerspesies (UIS-regulasies) (Alien and Invasive Species Regulations) van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Biodiversiteit 10 van 2004 (NEMBA) spesifiseer wat grondeienaars se wetlike verpligtinge is ten opsigte van indringerplant- en dierespesies wat op hul eiendom voorkom. 2.1.1 Kategorieë

Die UIS-regulasies lys vier verskillende kategorieë van indringerspesies wat bestuur, beheer of uitgeroei moet word in gebiede waar hulle die omgewing kan beskadig, of wat nie in Suid-Afrika ingebring mag word nie. Die uitheemse indringerspesies wat volgens die UIS-regulasies in Suid-Afrika beheer moet word, bestaan uit plante (383), soogdiere (41), voëls (24), reptiele (35), amfibieë (7), varswatervis (15), ongewerwelde landdiere (23), ongewerwelde varswaterdiere (8), ongewerwelde seediere (16) en mikrobiese spesies (7). Hierdie indringerspesies is in vier kategorieë verdeel:

Kategorie 1a: Indringerspesies wat bestry en uitgeroei moet word. Enige vorm van handel of aanplanting is streng verbode.

Kategorie 1b: Indringerspesies wat beheer moet word, en waar moontlik, verwyder en vernietig moet word. Enige vorm van handel of aanplanting is streng verbode.

Page 10: WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die

WWF-verslag: ’n Oorsig van die risiko’s van klimaatsverandering vir Suid-Afrika se landbouwaardekettings: wetenskap, persepsies en aksie

10

Kategorie 2: Indringerspesies of spesies wat as potensiële indringers beskou word, waarvoor ’n permit benodig word vir beperkte aktiwiteite. Kategorie 2-spesies sluit kommersieel belangrike spesies in soos denne-, wattel- en bloekombome.

Kategorie 3: Indringerspesies wat in voorgeskrewe gebiede of provinsies behou mag word. Verdere aanplanting, voortplanting of handel is egter verbode.

Permitte is nodig om sekere beperkte aktiwiteite uit te voer met 118 Kategorie 2-gelyste plante en diere.

Laai permitte af om sekere beperkte aktiwiteite uit te voer met Kategorie 2-gelyste plante en diere: W: www.invasives.org.za

2.1.2 Verklaring van indringerspesies

’n Eiendom waar indringerspesies voorkom is ’n las vir die koper. Die UIS-regulasies bepaal dat die verkoper van enige onroerende eiendom, voor die betrokke verkoopsooreenkoms geteken word, die koper van die eiendom skriftelik in kennis moet stel van die aanwesigheid van gelyste indringerspesies op daardie eiendom. ’n Afskrif van die vorm waarop die indringerspesies verklaar word, moet ingehandig word by Die Nakomingsbeampte, Biosekuriteitsdienste, Departement van Omgewingsake. Raadpleeg geakkrediteerde indringerspesiepraktisyns, landskapsargitekte en tuinsentrums vir hulp en raad.

Vorm vir die verklaring van indringerspesies en kontakbesonderhede van konsultante: W: www.invasives.org.za

2.2 Algemene skoonmaakbeginsels

Bestuursprogramme vir indringerplante is langtermyn-bestuursprojekte. ’n Skoonmaakplan, wat opvolgaksies van die skoongemaakte area insluit, is noodsaaklik. Dit sal geld, tyd en baie moeite spaar.

Die skoonmaak van indringerplante is ’n integrale deel van hervestiging en moet só gedoen word dat dit die herstelpotensiaal van ’n gebied optimeer (bv. beperk die gebruik van onkruiddoders, verwyder digte bos/hout voor ʼn ekologiese brand). Wanneer die hervestiging van die natuurlike veld die doelwit is, sal hierdie benadering op die lang duur koste bespaar.

Die plan behoort minstens ’n kaart in te sluit wat die digtheid van die indringerplante aantoon en die dominante indringerspesies in elke area aandui.

Begin eerste deur die mins vervuilde area skoon te maak (jong/onvolwasse, minder digte bome) om te voorkom dat saadbanke opbou. Minder hulpbronne word benodig om minder digte areas skoon te maak en dit sal in die lang termyn ’n groter impak hê. In die geval van indringerspesies wat tot riviere beperk is, is dit ideaal om by die hoofstroom te begin en dan stroomaf te beweeg, en sodoende die bron van herbesmetting uit te wis.

Digbegroeide areas behoort ideaal gesproke tot laaste gelaat te word, aangesien dit heel moontlik nie in digtheid gaan toeneem of ’n groter bedreiging gaan raak as wat dit reeds is nie.

Gesamentlike bestuur en beplanning deur bure maak meer kostedoeltreffende uitwissing en onderhoud moontlik, aangesien indringersade maklik deur wind of waterlope oor grensdrade heen versprei word.

Biologiese beheer (biobeheer) is kostedoeltreffend en baie veilig in vergelyking met die uitgawes en risiko’s verbonde aan onkruiddoders, en kan maklik met ander bestuurspraktyke geïntegreer word (sien afdeling 8 vir meer inligting oor biologiese beheer).

Neem die rol wat brande in indringer-skoonmaakaksies speel in ag. Brande wat behoorlik bestuur word, is ’n kostedoeltreffende skoonmaakmetode, maar ontydige en onbeheerde brande kan

Page 11: WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die

WWF-verslag: ’n Oorsig van die risiko’s van klimaatsverandering vir Suid-Afrika se landbouwaardekettings: wetenskap, persepsies en aksie

11

maklik die doel van meganiese en biobeheer in die wiele ry. Dit is belangrik dat daar na ’n brand opgevolg word deur saailinge met die hand uit te trek. In uiterste gevalle waar daar min plantegroei is, kan die spuit van onkruiddoder oorweeg word.

Alle skoonmaakaksies moet gemonitor en gedokumenteer word om rekord te hou van wanneer watter area opgevolg moet word.

2.3 Verwyderingsmetodes

Verskillende spesies vereis verskillende verwyderingsmetodes, bv. met die hand, chemies of biologies, of ’n kombinasie van hierdie metodes.

Vuur is ’n noodsaaklike instrument in die hervestiging van fynbos-ekosisteme na die verwydering van indringerplante. Dit kan aangewend word om staande denne te beheer wanneer hulle nog jonk is en min keëls het (veldouderdom 6–7 jaar), maar word nie aanbeveel vir enige herspruiter soos Acacia saligna (Port Jackson-wilg; langblaar-akasia) nie. Na die aanvanklike skoonmaak van Acacia saligna is vuur egter ʼn noodsaaklike instrument om houtkapsels te verwyder en die ontkieming van fynbos te stimuleer. Daar sal baie ontkieming van Acacia-sade wees, maar die sade leef baie lank en dit mag strategies nodig wees om die grootste deel van die saadbank op hierdie manier te verwyder.

Meer inligting oor die aanbevole verwyderingsmetodes vir algemene indringerspesies en ander skoonmaakadvies: CapeNature W: http://www.capenature.co.za/care-for-nature/conservation-in-action/integrated-catchment-management/alien-vegetation-management/ Meer inligting oor biologiese beheer (biobeheer): Plantbeskermingsnavorsingsinstituut op Stellenbosch T: 021 887 4691 Fiona Impson E: [email protected] T: 082 622 0691 Inligting oor die regte biobeheermetode vir indringerplantspesies: W: https://www.dwa.gov.za/wfw/Control/

2.4 Identifisering van uitheemse indringerspesies

Invasive Species South Africa het ’n nuttige webwerf om boere te help om indringerspesies te identifiseer. Dit gee ook die 2016 lys van uitheemse indringerspesies aan.

Inligting oor indringerspesies en mense wat dienste aanbied om die gelyste indringerspesies te identifiseer: W: www.invasives.org.za

2.5 Die gebruik van onkruiddoders vir indringerbeheer

Omgewingsveiligheid moet die hoofoorweging wees wanneer onkruiddoder vir die beheer van indringerspesies gebruik word. Die meeste aksies vir die beheer van indringerplante word uitgevoer in oewergebiede wat as omgewingsensitief beskou word. Om die impak van die werk op die natuurlike omgewing te beperk, moet die volgende nagekom word:

Besmetting van die area moet tot die minimum beperk word deur versigtige, akkurate toediening van ’n minimum hoeveelheid onkruiddoder om goeie beheer te verseker.

Page 12: WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die

WWF-verslag: ’n Oorsig van die risiko’s van klimaatsverandering vir Suid-Afrika se landbouwaardekettings: wetenskap, persepsies en aksie

12

Waterbronne moet nie besmet word nie. Dit beteken dat die nodige sorg gedra moet word vir die berging, toediening, skoonmaak van toerusting en die opruiming van houers, produkte en spuitmengsels.

Toerusting moet gewas word waar daar nie gevaar is dat water besoedel sal word nie en die besmette water moet op ’n geskikte plek gestort word.

Om skade aan inheemse en ander nuttige plantegroei te vermy, moet produkte gekies word wat die minste effek op nieteiken-plantegroei sal hê.

Spuitkoppe wat groot druppels vorm, moet gebruik word om te verhoed dat die sproei na aangrensende plantegroei oorwaai.

U word verwys na Afdeling 14 van die Geïntegreerde Produksie van Wyn: Riglyne vir Plase – Hantering van Chemikalieë.

Advies oor produkte wat die effek op nieteiken-plantegroei sal beperk: W: www.invasives.org.za Ecoguard: T: 021 862 8457 Doeltreffendste onkruiddoder en dosis vir ’n spesifieke indringerspesie: W: http://www.ecoguard.co.za//online.asp?controller=showcase&view=category&id=1 Veilige hantering van chemikalieë: Geïntegreerde Produksie van Wyn: Riglyne vir Plase Afdeling 14: Hantering van Chemikalieë W: http://www.ipw.co.za/content/manuals/HANDLEIDING%20Plaas%20Augustus%202014.pdf

2.6 Indringergrasse

Uitheemse grasse is van die ergste indringers in laagland-ekosisteme aanliggend aan plase, maar is dikwels die moeilikste om op te spoor en te beheer. Uitheemse grasse oorheers en verdring inheemse eenjarige plante en bolspesies wat ’n belangrike deel uitmaak van die spesiediversiteit in renosterveld en fynbos. Uitheemse grasse verander ook die brandstoflading van die veld: dit veroorsaak meer gereelde en warmer brande wat fataal kan wees vir biodiversiteit. Algemene uitheemse grasspesies sluit in: wilde hawer, Italiaanse rog, bewertjies (Quaking grass), kikoejoe, predikantsluis (ripgut brome) en wildegars. Indringing van uitheemse gras kan deur die volgende maatreëls voorkom word:

’n Voldoende bufferstrook behoort aan die kante van ongerepte natuurlike areas en wingerde gelaat te word, asook tussen ander stroke bewerkte landbougrond en komposhope, om versteuring, randeffekte en die afloop van voedingstowwe te voorkom, want dit bevorder indringing deur uitheemse gras. Wanneer die bufferstrook deel van die natuurlike area vorm, moet dit deeglik gemonitor word om eenjarige indringergrasse gereeld te verwyder sodat hulle nie die natuurlike veld verder binnedring nie.

Om die verspreiding van saad deur diere te voorkom, moet vee wat gewei het in gebiede wat deur uitheemse grasse ingeneem is terwyl dié plante saadskiet, nie verskuif word na areas wat nie besmet is nie. Hierdie grasse skiet tussen Augustus en November saad.

Vuur is ’n goeie instrument om die saadbanke van uitheemse eenjarige grasse te verminder. Grassade lê op of na aan die oppervlakte, het nie harde doppe nie en gaan dood in goeie fynbos- ekologiese brande (brande in die somer en vroeë herfs). Vuur is noodsaaklik vir die hervestiging van fynbos en renosterveld.

Verwydering met die hand word nie aanbeveel nie omdat dit die grond versteur en die groei van uitheemse grasse bevorder.

Die aanwending van ’n sistemiese vooropkomsonkruiddoder kan effektief wees waar daar geen inheemse saadbank oor is nie.

Page 13: WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die

WWF-verslag: ’n Oorsig van die risiko’s van klimaatsverandering vir Suid-Afrika se landbouwaardekettings: wetenskap, persepsies en aksie

13

Inligting oor uitheemse gras: CapeNature W: http://www.capenature.co.za/wp-content/uploads/2013/09/Landowners-Guide-to-Alien-Grass-English.pdf

2.7 Uitheemse indringerdiere

Uitheemse indringerspesies is diere wat nie eie aan ’n ekosisteem is nie en wat ekonomiese of omgewingskade kan aanrig of die gesondheid van mense nadelig kan beïnvloed. 2.7.1 Uitheemse vis

Dink baie goed na oor die spesies wat u in plaasdamme wil aanhou. CapeNature kan raad gee oor watter uitheemse visspesies ’n mens kan aanhou sonder om die watergehalte van jou dam en die ekologiese gesondheid van nabygeleë riviere en vleilande te benadeel. Moenie karpers, babers, kleinbekswartbaars en blouwang-sonvis aanhou nie omdat hierdie spesies ander akwatiese spesies en watergehalte benadeel.

2.7.2 Mallard-eende

Mallard-eende kan geredelik kruisteel met die inheemse geelbekeend, rooibekeend en ander inheemse eendspesies. Die nageslag van hierdie eende is nie steriel nie en skep nog meer hibriede generasies, wat ’n bedreiging vorm vir die genetiese integriteit van inheemse eendbevolkings. Daar word aanbeveel dat alle Mallard-eende van plaasdamme verwyder word deur hulle te jag of in koue te vang en oor te plaas na geskikte woonplekke.

2.7.3 Wildevarke

Wildevarke kom tans in die Wes-Boland- en Boland-areas voor en teel teen ’n vinnige tempo aan. Hulle kan baie skade aan wingerde, boorde, heinings en natuurlike areas aanrig deur inheemse spesies van beide plante en diere te vertrap, uit te grawe en op te vreet. 2.7.4 Indiese huiskraai (Corvus splendens)

Die Indiese huiskraai kom tans net in die Kaapse Metropool voor.

Advies oor uitheemse vis: CapeNature T: 021 866 8000 Advies oor Mallard-eende: Kevin Shaw van CapeNature T: 021 866 8000 Nuwe indringerdiere wat opgemerk word (bv. wildevarke) wat nie voorheen in die area voorgekom het nie: Jaco van Deventer van die CapeNature Natuurleweprogram T: 022 931 2900

2.8 Nie-plaaslike fynbos

Die aanplant van nie-plaaslike fynbosspesies (m.a.w. spesies wat nie endemies tot daardie spesifieke area is nie) kan geweldige skade meebring deur hibridisering, en nie net van proteaspesies nie. Grondeienaars wil soms die veld “verfraai”, maar moet nooit blomdraende spesies plant of saai wat nie eie is aan daardie spesifieke area nie.

Page 14: WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die

WWF-verslag: ’n Oorsig van die risiko’s van klimaatsverandering vir Suid-Afrika se landbouwaardekettings: wetenskap, persepsies en aksie

14

Meer inligting oor plantkundiges wat grondeienaars kan raadgee oor die korrekte of endemiese spesies vir ’n spesifieke area: WWF se brosjure oor hervestiging vir die Bewaringskampioenprogram Joan Isham E: [email protected] T: 021 882 9085; 082 376 3646

3. Brandbestuur

Vuur kan beide ’n vriend en ’n vyand wees as dit kom by biodiversiteitsbestuur. Hoewel fynbos en renosterveld vuuraangepaste sisteme is, kan een of twee brande op die verkeerde tyd van die jaar, of selfs geen brande nie, plaaslike uitwissing van baie spesies veroorsaak. As grondeienaar is u, volgens die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande 101 van 1998, verantwoordelik vir die voorkoming en bestuur van alle vure wat op u grond voorkom. Indien u en u bure ’n Brandbeskermingsvereniging (BBV) stig, sal u gehelp word om aan hierdie regulasies te voldoen.

3.1 Brandbeskermingsverenigings

Brandbeskermingsverenigings (BBV’s) is vrywillige verenigings wat deur grondeienaars gestig word om saam te werk om veldbrande te bekamp, te voorspel, te bestuur en te blus. Die grootste voordeel van u lidmaatskap van ’n BBV is dat geen aanname van nalatigheid gebruik kan word nie as ’n siviele saak weens brandskade aanhangig gemaak word, selfs al het die brand op u eiendom begin. Hulpbronne kan ook meer doeltreffend gekombineer word met dié van ander grondeienaars om brande doeltreffender te bestuur. Brandbane kan gemaak word waar dit die beste vir die area in die geheel is, nie slegs vir een eiendom nie.

Kontakbesonderhede van BBV’s: Wynland BBV E: [email protected] T: 021 888 5821 Kaapse Skiereiland BBV: E: [email protected] T: 021 689 7438 Groter Cederberg BBV: E: [email protected] T: 079 172 4340 Groter Overberg BBV: E: [email protected] T: 028 425 1690

3.2 Brandbane Elke eiendom moet ’n brandbaan- of voorbrandstelsel in plek hê. Die bane moet op die grens van

die eiendom wees, tensy vrystelling deur die Minister verleen is of daar ’n ooreenkoms met die aangrensende eienaar is dat die brandbaan elders in die BBV gemaak kan word.

Brandbane moet strategies geplaas word om wegholvure te beheer, maar dien hoofsaaklik as toegangsroetes vanwaar ’n brand bestry kan word. ’n Sinvolle brandbaanwydte is nie meer as 10 m nie in die meeste areas met fynbos en renosterveld. Voorbrande moenie gemaak word op dae wanneer daar ’n hoë brandgevaar is nie.

Page 15: WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die

WWF-verslag: ’n Oorsig van die risiko’s van klimaatsverandering vir Suid-Afrika se landbouwaardekettings: wetenskap, persepsies en aksie

15

Dit is dikwels verkieslik om ’n toegangsroete van 2–3 m te hê om vinnige toegang tot brandbane te bied sodat daar van die brandbaan af teen die wind teruggebrand kan word.

Eienaars moet verseker dat brandbane so geposisioneer en voorberei word dat dit die minste versteuring van grond en biodiversiteit veroorsaak. Brandbane moenie gestootskraap, geploeg of geskoffel word nie – dit stel die OIS-regulasies vir alle krities bedreigde en bedreigde plantegroeitipes in werking. Indien net ’n bossieslaner gebruik word, sal baie van die inheemse spesies oorleef en word die risiko vir erosie verminder.

3.3 Algemene brandbestuursbeginsels

3.3.1 Brandfrekwensie

Brandfrekwensie verwys na hoe gereeld die fynbos op u plaas gebrand behoort te word. Dit moenie te dikwels wees nie, maar die tydsverloop tussen brande moet ook nie te lank wees nie. Hou in gedagte dat al die niespruitende plante voor die brand geleentheid moes hê om voldoende saad te produseer. Ideaal gesproke moet minstens 90% van die niespruitende spesies wat die langste neem om volwasse te word, voor die volgende brand blom. As die veld te dikwels gebrand word, kan spesies wat stadig volwasse word, plaaslik uitsterf (bv. baie proteaspesies). Spruitende spesies (soos restios) sal oorvloedig oorneem, wat ’n negatiewe impak sal hê op spesiediversiteit sowel as die wateropvangs van die gebied. So, byvoorbeeld, sal 90% van al die proteasesies aan sekere hange van die Swartberg meer as 18 jaar neem om te blom, en die brandfrekwensie moet dus 18 jaar of langer wees. 3.3.2 Seisoen

Oor die algemeen is ’n brand in die laatsomer of vroeë herfs die beste tyd vir fynbosspesies, maar weens die risiko van wegholbrande in hierdie tydperk is dit gewoonlik net gedurende April en Mei prakties uitvoerbaar. 3.3.3 Intensiteit

Intensiteit word beïnvloed deur die brandstoflading, brandstofvog, relatiewe humiditeit, helling en windspoed. Die intensiteit kan bestuur word deur die omstandighede, die punt van ontbranding relatief tot die helling en die wind so te kies dat dit sal lei tot die verlangde soort vuur. Onthou, hoe meer intens die vuur, hoe beter is dit vir die fynbos, mits die brandstoflading nie deur uitheemse plantegroei verhoog word nie. 3.3.4 Proporsie van gebied wat gebrand word

In groot gebiede met natuurlike plantegroei is dit belangrik om verskillende areas met plantegroei van verskillende ouderdomme te behou. Dit is egter net so belangrik om die brandbestuursblokke so groot moontlik te hou om sodoende die impak van predasie op saad en saailinge in ’n pasgebrande veld tot die minimum te beperk. Brandbestuursblokke moet, indien enigsins moontlik, nie kleiner as 5 ha wees nie omdat jong plantegroei deur graanvreters (bv. springhaasmuise, muise) en grasvreters geteiken word. Hierdie diere kan baie maklik ’n eetbare spesie vernietig. Klein plase moet eerder hulle “mosaïek” by dié van bure inkorporeer. 3.3.5 Algemeen

Verkry die nodige permitte en lig buurplase, jou BBV en plaaslike munisipale brandweerbeamptes ten minste twee weke voor die tyd in van jou voorneme om te brand.

Maak seker dat brandbestrydingstoerusting onderhou word en in ’n goeie werkende toestand is voor die aanvang van ’n brandseisoen.

Hou akkurate rekords van brande deur gebruik te maak van ’n kaart van die veldouderdom as ’n basis. Teken die datum en tyd van ontbranding, weerstoestande, ens. aan.

Pas ’n gebluste vuur vir ten minste twee dae na ’n brand op.

Moenie ’n natuurlike area in die winter en lente laat bewei, nadat dit gebrand het nie. Baie van die renosterveldbolle en eenjarige plante is in die eerste twee jaar na ’n brand kwesbaar vir weidingsdruk deur vee.

Page 16: WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die

WWF-verslag: ’n Oorsig van die risiko’s van klimaatsverandering vir Suid-Afrika se landbouwaardekettings: wetenskap, persepsies en aksie

16

Meer inligting oor brande en regulasies: Departement van Water en Sanitasie W: http://www.dws.gov.za Departement van Landbou, Bosbou en Visserye: W: http://www.nda.agric.za Working on Fire W: www.workingonfire.org Fire Wise W: www.firewisesa.org.za Fire Stop W: www.firestop.co.za Opleiding in brandbestryding en hulp met beplande brande: Rob Erasmus W: www.envirowildrife.co.za E: [email protected] T: 021 862 8457

4. Korridors en habitatfragmentasie

Wanneer groot, aaneenlopende habitat-areas opgebreek word in fragmente, word baie ekologiese prosesse wat hierdie stelsels laat funksioneer, ontwrig en talle spesies verdwyn. Korridors natuurlike habitat is nodig om fragmente te verbind om die beweging van spesies toe te laat sodat bestuiwing en nesmakery kan voortgaan. Dit kan ook ekstra habitat bied waar diere kan broei, voed en skuil. Dit is belangrik om die ligging van die fragment of korridor van natuurlike plantegroei op jou plaas te bepaal. Wanneer die ligging van ’n enkele kol in die landskap bekend is, moet die posisie daarvan in verhouding tot ander natuurlike (semi-natuurlike) plantegroeifragmente bepaal word. Korridors wat fragmente verbind kan geskep word deur die afgetakelde gebiede te hervestig (bv. deur uitheemse plantegroei te verwyder). Plantegroei langs riviere of klein strome tree op as natuurlike korridors, terwyl pad- of spoorreserwes en kraglynserwitute mensgemaakte korridors verskaf. In landbougebiede kan klein veranderings in sekere boerderypraktyke konnektiwiteit verhoog. So kan die wegbeweeg van tradisionele boerdery na biologiese boerdery (werk saam met die natuur) byvoorbeeld die beweging van insekte en ander ongewerweldes tussen fragmente ondersteun. Hierbenewens sal insekte wat in hierdie natuurlike areas voorkom byvoorbeeld boorde bestuif, terwyl die natuurlike vyande van baie insekplae (soos lieweheersbesies) sal vermeerder.

4.1 Bestuursriglyne vir korridors en fragmente

Navorsing in renosterveldhabitat het getoon dat, vir lappe natuurlike veld om lewensvatbaar te wees, dit ideaal gesproke binne 500 m van ’n ander stuk veld moet wees en verbind moet word deur bestuiwervriendelike terrein (ou landerye en weidings is meer bestuiwervriendelik as wingerde en boorde).

Daar is nie ’n enkele syfer beskikbaar vir voorgestelde korridorwydtes of -lengtes nie, aangesien dit afhang van die dier of soort plantegroei ter sprake. Hoe wyer, egter, hoe beter!

Oorweeg om tydens die ontwerpfase van die uitleg van nuwe wingerdblokke, korridors tussen blokke te laat of nuwes te vestig. Raadpleeg ’n inheemse landskapargitek vir raad oor watter spesies geskik is.

Korridors kan ook plantegroei op oewers en langs strome insluit, asook breë padskouers. Waar daar geen natuurlike grond op ’n eiendom oor is nie, kan gedeeltes van ou landerye wat gelaat is om natuurlik te rehabiliteer, ook as korridors funksioneer waardin diere kan beweeg en skuil.

Page 17: WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die

WWF-verslag: ’n Oorsig van die risiko’s van klimaatsverandering vir Suid-Afrika se landbouwaardekettings: wetenskap, persepsies en aksie

17

Meer inligting oor die bestuur van fragmente natuurlike plantegroei in landbou- en stedelike omgewings: Fynbos Ecology and Management, bladsy 98 (deur KJ Esler, SM Pierce & C de Villiers. 2014. Briza Publikasies, Pretoria.)

5. Hervestiging/Rehabilitasie

5.1 Wat is hervestiging?

Hervestigde areas dien as belangrike toevlugsareas vir plant- en dierespesies in landskappe wat deur boerdery verander is, lewer belangrike ekosisteemdienste aan die omliggende landstreek en tree op as korridors of “stapklippe” wat groter oorblyfsels van plantegroei aaneenskakel. Hervestigde areas dra dus direk by tot die instandhouding en vermeerdering van biodiversiteit in veranderde landskappe.

5.2 Redes vir die hervestiging/rehabilitasie van veld

Soos wat die menslike bevolking groei, het ons ons landskappe verander deur natuurlike plantegroei te verwyder om gewasse te plant, riviere op te dam, berge te myn, ensovoorts. In die proses het ons die ekosisteme wat ons vir ons oorlewing nodig het, afgetakel. Maar alles is nie verlore nie; deur ekologiese hervestiging kan ons hierdie geaffekteerde sisteme herstel en terugbring na ’n sekere vlak van gesondheid, integriteit en selfvolhoubaarheid.

5.3 Vyf fases van hervestiging

Hervestiging kan in vyf fases gedoen word: 1. Stel ʼn realistiese hervestigingsdoel 2. Stel ʼn praktiese hervestigingplan op 3. Implementeer die hervestigingsplan 4. Monitor vordering 5. Aanvaar aanpasbare bestuur.

Fase 1: Stel ’n realistiese hervestigingsdoel

Moontlike doelwitte in hierdie fase kan wees die rehabilitasie van basiese ekologiese funksies; hervestiging van die natuurlike plantegroeistruktuur; of hervestiging van die natuurlike plantegroeistruktuur én biodiversiteit.

Fase 2: Stel ʼn praktiese hervestigingplan op

Hierdie fase kan passiewe of aktiewe hervestiging behels. Passiewe hervestiging Passiewe hervestiging word gedoen waar van die inheemse plantegroei of ten minste die

inheemse saadbank nog voorkom. Dit is slegs nodig om negatiewe impakte (bv. uitheemse plantegroei) te verwyder en die natuurlike plantegroei sal self hervestig. Waar uitheemse plante voorkom, moet u ’n basiese verwyderingsplan opstel – verwys na die basiese beginsels of die riglyne vir die verwydering van uitheemse indringerplante vir die effektiefste metode vir elke spesies.

Aktiewe hervestiging Aktiewe hervestiging word slegs as laaste uitweg gedoen. Dit is net nodig in gebiede waar daar

geen inheemse saadbank oor is nie – dit kan wees omdat die gebied oor ’n lang tyd bewerk is, te warm brande die saadbank beskadig het, of die gebied baie klein en te ver van ander natuurlike gebiede geleë is.

Page 18: WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die

WWF-verslag: ’n Oorsig van die risiko’s van klimaatsverandering vir Suid-Afrika se landbouwaardekettings: wetenskap, persepsies en aksie

18

Basiese beginsels vir aktiewe hervestiging

- Plant of saai slegs spesies wat voorheen in die gebied voorgekom het. Dit is daarom belangrik om te weet watter plantegroeitipes op die terrein voorgekom het.

- Nie-indringer kommersiële spesies moet net gebruik word indien inheemse spesies nie beskikbaar is nie en die omliggende grond vir landbou gebruik word.

- Die tyd vir saadstrooiing sal afhang van die spesies wat gekies is. Sommige spesies ontkiem na die eerste winterreën, terwyl ander eers ontkiem wanneer die temperatuur aan die einde van die winter weer begin styg. Geskikte saaitye vir die Wes-Kaap is dus in die herfs (Maart/April) of vroeë lente (September).

- Saad kan ook in die natuur versamel word, maar hiervoor het u ’n permit van CapeNature nodig.

- Let wel: Baie van die renosterveld-bolspesies is skaars en mag nooit in die natuur versamel word nie.

- Saad moet op ’n koel, droë en donker plek geberg word om verrotting en vroeë ontkieming te voorkom. In enkele gevalle moet die russtadium onderbreek word – hierdie sade moet vir ’n paar uur in warm water geweek word voordat dit gesaai word.

- Saad word gewoonlik direk op die veld gestrooi, met ʼn laag grond bedek en besproei nadat dit gesaai is. Besproeiing is net nodig totdat die winterreën begin.

Fase 3: Implementeer die hervestigingsplan

Hier is ’n paar praktiese wenke vir die verwydering van uitheemse plante, herbeplanting, opvolgbeheer, en die hervestiging van riviere (oewersones) en vleilande in fynbos of renosterveld.

Aanvanklike verwydering van uitheemse plantegroei

- Vir digte tot geslote bosagtige uitheemse terreine is dit die beste om bome met ’n groot omtrek in oewersones af te kap en te verwyder. Hierdie hout kan verkoop word om van die skoonmaakkostes te dek, of moet andersins in stapels verbrand word wanneer die grond nat is om skade aan die grond en saadbank te beperk. Indien daar nie ’n sekondêre mark is nie, moet bome met ’n groot omtrek staande doodgemaak word (deur ringelering of verwondingsbehandeling). Oorweeg gefaseerde verwydering van uitheemse plantegroei wat onder substantiewe biologiese beheer is.

- In yl of mediumdigte stande kan die houtkapsels op die plek gelaat word om te verrot of in die volgende brand te verbrand sonder ’n negatiewe impak op die herstelpotensiaal van die terrein. Bome met ’n groot omtrek moet egter staande doodgemaak word om die biomassa van die grondoppervlak af weg te hou.

Herbeplanting

- Indien daar wel inheemse plantegroei voorkom voordat indringerplante verwyder word, sal daar waarskynlik grondsaadbanke van inheemse kruid- en struikagtige onderbosspesies teenwoordig wees. As daar voor die skoonmaak min tekens van inheemse plantegroei was, kan saadbanke egter steeds teenwoordig wees mits daar nie ander versteurings van die habitat (soos ploeëry) of langtermyn- digte indringing (langer as twee brandsiklusse) was nie.

- As daar egter ʼn kwaai vuur in die gebied was (met tekens van verbrande grond- organiese stowwe of gevolglike gronderosie) sal die saadbanke ernstig uitgeput wees.

- Waar inheemse saadbanke uitgeput is, moet die terrein aktief herbeplant word. - Saad moet direk op die kaal grond gesaai en dan liggies in die grond ingehark of met ’n ligte

deklaag van houtspaanders bedek word. Indien dit na die aanvanklike skoonmaak gedoen word, sal dit die vestigende plantegroei in staat stel om uitheemse aanwassing gedeeltelik te onderdruk en die koste van opvolgaksies te verminder.

- Dit is die beste om onder dieselfde omstandighede te plant as vir saai, hoewel sommige struikspesies beter mag vestig waar beskuttende kruidagtige spesies voorkom.

- Daar moet minstens ’n maand voor inheemse sade gesaai word, opgehou word om onkruiddoders vir die beheer van onkruid of uitheemse plantegroei toe te dien sodat die onkruiddoders kans het om te ontbind.

Page 19: WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die

WWF-verslag: ’n Oorsig van die risiko’s van klimaatsverandering vir Suid-Afrika se landbouwaardekettings: wetenskap, persepsies en aksie

19

Opvolgbeheer - Slegs metodes wat nie herstellende inheemse spesies beskadig nie, moet gebruik word, bv.

uittrek met die hand, sny en stompbehandeling. - Indien blaarbesproeiing met onkruiddoders gedoen moet word, moet dit op ’n windstil dag

plaasvind. Alle inheemse spesies moet vooraf met ’n beskermende keël of soortgelyke toestel toegemaak word.

Hervestiging van riviere (oewersones)

- Die minimumvereiste vir die herstel van ekosisteemfunksionering is oewerstabiliteit en gronderosiebeheer. ’n Mengsel van plaaslike onderbos-pionierspesies (kruid- en struikagtig) moet dus gesaai word.

- Indien die saad van plaaslike inheemse spesies nie beskikbaar is nie of onvoldoende is, mag kommersiële nie-indringergrasse in ’n hoofsaaklik landbou- of versteurde gebied gebruik word.

- Wat die hervestigingstruktuur betref, indien kolle met inheemse struike steeds langs die rivier voorkom – binne 200 m of stroomop van die terrein – sal hierdie spesies met verloop van tyd weer oorneem. As daar baie min kolle met struike in die opvanggebied oor is, word die aktiewe aanplant van struikspesies aanbeveel, veral as die omliggende landplantegroei afgetakel is en nie pionier-struikspesies kan voorsien nie.

- Oewerstruikspesies kan gevestig word met gewortelde steggies of saailinge wat in die veld oorgeplant word, of in die geval van sommige Wes-Kaapse spesies (bv. die Wilde Amandel, B. stellatifolium), direk van sade wat op die terrein geplaas word.

Hervestiging van vleilande

- Kanale laat vleilande opdroog en lei tot indringing deur landplantegroei, insluitende uitheemse plantegroei. Blokkeer alle kanale om erosie te voorkom en die herbenatting van die gebied te bevorder.

- Inkorporeer bufferstroke tussen landerye en die natuurlike vleilandsisteem; volg die beste praktyke vir bemesting en die gebruik van onkruiddoders om besoedeling te voorkom.

- Hou by die drakragsyfers om oorbeweiding te voorkom en vermy kompaktering van grond deur nie beweiding gedurende die natter wintermaande toe te laat nie.

Fase 4: Monitor vordering

Die werk hou nie op nadat daar geplant of gesaai is nie. Die plantegroei moet gereeld gemonitor word. Dit kan gedoen word deur middel van vastepunt-fotografie of proefakkers.

Fase 5: Volg ’n aanpasbare bestuursbenadering

Vergelyk die moniteringsresultate met die doelwitte vir ekosisteemherstel wat in Fase 1 gestel is. Hersien waar nodig die metodes en pas die bestuur aan.

5.4 Ander belangrike feite om in ag te neem

Rehabiliteer deur plaaslike of endemiese spesies te gebruik. Gebruik sover moontlik saad wat plaaslik geoes is van spesies wat in die gebied voorkom.

Moenie inheemse proteaspesies plant wat nie endemies (van jou gebied) is nie. Hulle kan dalk met plaaslike spesies wat natuurlik voorkom hibridiseer en die genetiese integriteit van die endemiese spesies verander.

Dit mag moontlik wees om renosterveld met ’n geskiedenis van verkeerde brand of beweiding te hervestig, maar volkome hervestiging is nie moontlik op terreine waar die grond deur diep ploeëry versteur is nie. ’n Mens kan oorbeweide renosterveldareas wat hulle bolle en grasse verloor het, laat rus om die grasse te herstel, maar die bolle het lang tye nodig (>20 jaar) en moet aktief ingevoer word om te herstel.

Geen kunsmis of bemesting moet in hervestigingsprojekte gebruik word nie.

Oor die algemeen sal alle natuurlike plantegroei wat deur uitheemse indringerplante (veral dennebome) ingeneem is, goed herstel na die verwydering van die uitheemse plante, mits die korrekte metodes gebruik word. Dit blyk dat denneplantasies jonger as 50 jaar min impak het op

Page 20: WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die

WWF-verslag: ’n Oorsig van die risiko’s van klimaatsverandering vir Suid-Afrika se landbouwaardekettings: wetenskap, persepsies en aksie

20

die inheemse saadbank, maar gebiede wat onder bloekomplantasies was herstel moeiliker as gevolg van verandering van die grondeienskappe.

Fynbos is ’n vuur-afhanklike sisteem en volkome hervestiging sal dus slegs na die volgende brand plaasvind, mits die saadbank en grond se bolaag onbeskadig is.

Inheemse kwekerye: Johann en Georgina van Biljon van IntabaGreen Omgewingsdienste: W: www.greenintaba.co.za E: [email protected] T: 087 943 4524; 082 522 6316 F: 086 574 6294 Good Hope Kwekery (naby Scarborough in die rigting van Kaappunt) T: 021 780 9299 Caledon Fynbos Kwekery (Meulstraat 48, Caledon) T: 028 214 1016 Fiona Powrie van Dragon Plants (Klein Drakenstein naby Franschhoek) T: 021 862 61 56; 082 409 7415 Green Futures (Grootbos, Gansbaai) T: 028 384 8048 Carly Cowell van SANBI se Millennium Saadbankprojek E: [email protected] T: 021 799 8850; 083 461 0785 Kundiges oor hervestiging: Fynbos/Renosterveld Pat Holmes E: [email protected] T: 021 514 4185; 082 298 4564 Karen Esler van Universiteit Stellenbosch E: [email protected] T: 021 808 4005; 072 529 3232 Vleilande Mandy Nofke van WESSA E: [email protected] T: 021 701 1397

6. Bestuur van wild/vee in natuurlike areas

Wild wat op private grond aangehou word, kan slegs as ’n vorm van bewaring beskou word indien korrekte bestuur verseker dat die toestand van die natuurlike plantegroei nie nadelig beïnvloed word nie. Anders is dit bloot net nog ’n vorm van boerdery.

6.1 Bestuursriglyne vir wild/vee

Bestuur die hervestiging van wild op so ’n wyse dat nie-inheemse spesies en bevolkingsdigtheid nie die oorblywende natuurlike plantegroei beskadig nie. Om dit te doen, moet ’n grondeienaar kennis dra van die volgende: - die veld- en grondtipes van die eiendom, sowel as waar dit voorkom

Page 21: WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die

WWF-verslag: ’n Oorsig van die risiko’s van klimaatsverandering vir Suid-Afrika se landbouwaardekettings: wetenskap, persepsies en aksie

21

- wildspesies en hul voedingsgewoontes (bv. blaarvreters/grasvreters) - die drakrag van onderskeie veldtipes op spesifieke tye van die jaar, om te bereken hoeveel

van ’n spesie met veiligheid op die spesifieke area aangehou kan word (bv. 3,5 koedoes kan per 100 ha aangehou word in die sukkulente karoo van Ladismith en Calitzdorp).

Suipplekke en veelekke moet so geplaas word dat dit nie lei tot die vertrapping van sensitiewe veld nie (bv. veld wat herstel van ’n brand, en seisoenale vleilande).

Daar word sterk aanbeveel dat slegs wildspesies wat histories in daardie area voorgekom het, aangehou word in plaas van spesies wat nie oorspronklik in die area teenwoordig was nie. Spesies wat histories in die area voorgekom het is die beste aangepas by plaaslike toestande en sal die minste impak op die natuurlike veld hê. Raadpleeg CapeNature altyd vir advies wanneer u oorweeg om nuwe spesies in te bring.

Monitor die samestelling van plantgemeenskappe gereeld om op hoogte te bly van die veld se toestand.

Waar die veld tekens van agteruitgang toon, is dit raadsaam om diere aan daardie area te onttrek sodat die veld kan rus.

Advies oor die drakrag vir wildspesies, watter wildspesies om in te bring en wildverwante probleme: CapeNature T: 021 866 8000

6.2 Die impak van lewende hawe op natuurlike gebiede

Renosterveld kan liggies bewei word in die laat somer tot herfs (Januarie tot vroeg in Maart). Weiding deur diere moenie in die winter en in die lente tydens die blom- en groeiseisoen toegelaat word nie. Baie van die renosterveldbolle en eenjarige plante is in die eerste twee jaar na ’n brand kwesbaar vir weidingsdruk deur vee.

Alle spesiale habitatte soos silkreet-, ferrikreet- en kwarts-areas, behoort vir vee afgesper te word. Heinings behoort egter die beweging van skilpaaie en klein bokspesies toe te laat.

6.3 Beheer van “probleemdiere”

Wilde diere het in baie boerderystreke ’n probleem geraak, want ons het dit ’n probleem gemaak deur bewerkte habitat en kos wat geredelik beskikbaar is, in hulle natuurlike omgewing in te bring. Bobbejane sou byvoorbeeld in die somer natuurlikerwys gesterf het a.g.v. ’n tekort aan kos. As gevolg van die feit dat die vrugteseisoen in die somer ’n oorvloed kos beskikbaar stel, het hulle voortplantingsiklusse verander en het hulle getalle toegeneem.

Belangrike wenk

Dit is altyd raadsaam om CapeNature te kontak oor die omgewingsvriendelikste en effektiefste metode om “probleemdiere” te hanteer. Uitwissing deur vergiftiging moet ten alle koste vermy word!

Metodes wat aanbeveel word vir diere wat dikwels probleme op wynplase skep, sluit in: 6.3.1 Bobbejane

’n Doeltreffende metode wat gebruik word, is om gedurende oestyd ’n voltydse bobbejaanmonitor aan te stel. Hierdie metode is baie suksesvol, veral indien dit saam met ’n elektriese heining gebruik word. Dit is baie belangrik dat die monitors reeds met dagbreek in die wingerd moet wees en eers teen skemer weggaan. Monitors moet helderkleurige klere dra en gereeld rondbeweeg terwyl hulle ’n harde geraas maak (vuvuzelas, tromme, “bear bangers”, gaskanonne, klappers, ens. kan gebruik word).

Page 22: WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die

WWF-verslag: ’n Oorsig van die risiko’s van klimaatsverandering vir Suid-Afrika se landbouwaardekettings: wetenskap, persepsies en aksie

22

Raad van CapeNature

As die bobbejaanmonitor vergesel kan word deur ’n groot hond (aan ’n leiband) wat vir die bobbejane kan blaf, is hierdie metode selfs effektiewer.

Bobbejane kan deur aangeleerde gedrag gewoond raak aan bepaalde metodes of geraas. Dit word dus aanbeveel om gereeld van beheermetode te verander. Die effektiefste metodes sal altyd ’n verrassingselement hê.

In die Citrusdal-gebied waar skade aan lemoenboorde voorkom, word “restaurante” gebruik. Ondermaatse of beskadigde vrugte word weg van die boorde geplaas en bobbejane sal verkies om in hierdie gebied te vreet, eerder as om in die boorde in te beweeg.

Dit is ook belangrik om te onthou dat daar wetgewing bestaan oor die jag van bobbejane. As die “verkeerde” bobbejane geskiet word (bv. die alfa-mannetjie), kan dit veroorsaak dat die trop in meer as een trop verdeel. Dit veroorsaak weer dat die wyfies bronstig raak, en baie meer bobbejane word gebore!

Jagkennisgewing (2016) en jagpermitte: CapeNature W: www.capenature.co.za

6.3.2 Voëls

Om te verhoed dat voëls die druiwe plunder, kan voël-vriendelike aanknipnette op wingerdrye aangebring word.

VINNET-voëlbeskermingsnette: De Wet Human van Overberg Agri E: [email protected] T: 083 305 4437

Anders kan roofvoëls gelok word om op die plaas te jag deur pale met sitplek te plant. Hulle teenwoordigheid sal die kleiner voëls natuurlikerwys afskrik.

Die Eagle Eye optiese voëlverskrikker is ’n metode om probleemvoëls te verskrik sonder om hulle te benadeel.

Eagle Eye optiese voëlverskrikker: W: www.eagleeye.co.za

6.3.3 Bokke

CapeNature beveel onder andere die volgende beheermetodes aan:

Aanspuit-afweermiddels, maar dit hou ongelukkig nie lank nie, want die reën was dit af. “Hot Sauce” is een van die afweermiddels wat by die meeste Agrimark-winkels beskikbaar is.

Kamp blokke wingerd met elektriese heinings of jakkalsdraad af. Dit blyk die doeltreffendste voorkomende maatreël te wees.

Nog ’n metode wat kan werk, is om die maaginhoud en bloed van diere by die slaghuis te kry en dit met ’n trekkerspuitmasjien met ’n breë spuitstuk op die grond of direk op spesifieke rye te spuit.

Maak die grond in sanderige areas los in ’n strook rondom die wingerd wat deur bokke geteiken word. Bokke hou nie daarvan om op los, onstabiele grond te loop nie en sal dus nie oor die strook na die wingerd loop nie..

Page 23: WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die

WWF-verslag: ’n Oorsig van die risiko’s van klimaatsverandering vir Suid-Afrika se landbouwaardekettings: wetenskap, persepsies en aksie

23

Hang ’n aantal goedkoop radio’s in bome naby die area wat deur die bokke geteister word, sodat dit deur die nag speel. Kombineer die radio’s met ’n paar flikkerende ligte om dit selfs doeltreffender te maak.

6.3.4 Ystervarke

Een elektriese draad in ’n heining wat 25–30 cm bo die grond geplaas word, is genoeg om ystervarke uit landerye en van besproeiingspype af weg te hou.

Advies oor die beheer van probleemdiere: Jaco van Deventer van CapeNature se Natuurleweprogram T: 022 931 2900

7. Afvalbestuur

“Lewe in die natuur funksioneer in ’n kringloop, en afval wat deur een organisme gegenereer word, word voedsel vir ’n ander. Blare wat afval vergaan en die voedingstowwe keer na die grond terug waar hulle weer kos vir die boom word.”

7.1 Hoekom dit belangrik is om afval te bestuur

Die belangrikste afvalverwante kwessies wat ons in die gesig staar is die volgende: • Hulpbronne is waardevol en moenie net weggegooi word nie. • Die hergebruik en herwinning van items spaar ruimte op stortingsterreine en stel die bou van

nuwes uit. • Herwinning verminder die behoefte om voortdurend nuwe of bestaande hulpbronne te ontgin. • Die herwinningsbedryf is ’n vinniggroeiende werkgewer. • Groot hoeveelhede herwinbare items moet versamel word om herwinning finansieel haalbaar te

maak. • Die herwinning en vermindering van afval verminder besoedeling en rommelstrooiing wat duur is

om te bestuur. • Die verbranding van afval is duur en stel gevaarlike gifstowwe vry.

7.2 Wat kan ons doen?

Geïntegreerde afvalbestuur is ’n manier om die hoeveelheid afval wat gegenereer word aktief te verminder of te beperk.

Waar moontlik, vermy of elimineer afvalproduksie geheel en al, of verminder die hoeveelheid afval wat onvermydelik is, deur byvoorbeeld oor-verpakking te vermy.

Hergebruik items in hulle bestaande vorm indien vermyding en vermindering nie moontlik is nie, soos om ’n glasbottel na die vervaardiger te neem om hervul te word.

Items kan ook herwin word deur nuwe, nuttige items te produseer, soos die herwinning van ’n poliëtileen-tereftalaat of PET-bottel (lees verder vir inligting oor verskillende soorte plastiek), wat in klein deeltjies afgebreek en gebruik word om nuwe produkte te produseer.

Die behandeling en veilige weggooi van afval behoort die laaste uitweg te wees. Afval moet nooit in strate, die veld, riviere en oseane gestort word nie omdat dit besoedeling veroorsaak. Veral gevaarlike afval vereis spesiale behandeling.

Hantering van leë gifstofhouers: W: http://www.agricare.co.za/index.php/our-pledge/recycling-empty-containers

Page 24: WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die

WWF-verslag: ’n Oorsig van die risiko’s van klimaatsverandering vir Suid-Afrika se landbouwaardekettings: wetenskap, persepsies en aksie

24

7.3 Hoekom ons nie afval moet verbrand nie

Verbranding (die verbranding van afval) is weens die volgende redes nie ’n gewenste metode van afvalverwydering nie:

Die verbranding van afval is ’n gelyste aktiwiteit ingevolge die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Lugkwaliteit 39 van 2004 en moet gemagtig word.

Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Lugkwaliteit 39 van 2004: Lys van aktiwiteite wat lei tot atmosferiese vrystellings wat ’n beduidend negatiewe effek op die omgewing het of kan hê, insluitend gesondheid, maatskaplike toestande, ekonomiese toestande, ekologiese toestand of kultuurerfenis: W: http://faolex.fao.org/docs/pdf/saf128820.pdf Waste Act Made Easy: ’n Gebruikervriendelike gids tot die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Afval 59 van 2008 W: http://sawic.environment.gov.za/documents/944.pdf

• Verbranding is baie duur in vergelyking met bogrondse afvalstorting omdat afval teen baie hoë

temperature verbrand moet word (900 °C) om doeltreffender verbranding en minder besoedeling te verseker.

• Verbranding kan vermy word deur afval tot die minimum te beperk en te herwin, en kompos van organiese afval te maak.

• Die verbranding van afval verander grondbesoedeling in lugbesoedeling wat ander gesondheids- en omgewingsprobleme skep.

• Verbranding produseer van die mees toksiese vrystellings wat bekend is, insluitende dioksiene, furaan en baie gevaarlike luggedrae as. In sommige gevalle word “askoeke” gevorm wat in beton begrawe moet word omdat dit so toksies is.

Dodelike dioksiene

Dioksiene is ’n groep hoogs toksiese chemikalieë met nablywende werking wat as neweprodukte gevorm word tydens industriële prosesse waarby chloor betrokke is of wanneer chloor en organiese stowwe saam verbrand word. Blootstelling aan dioksiene beskadig die immuunstelsel wat die risiko kan verhoog om aansteeklike siektes op te doen en behoorlike hormonale funksies versteur. Dioksiene is ’n bekende oorsaak van kanker by mense en beïnvloed voortplanting en ontwikkeling by diere, selfs teen baie lae dosisse.

• Die verbranding van afval kan ook pogings tot afvalvoorkoming ontmoedig. Verbrandingsoonde het

konstante afvalvolumes nodig om ekonomies te funksioneer asook ’n afvalmengsel wat sal brand teen temperature wat hoog genoeg is om die vrystelling van toksiese stowwe te verminder, iets wat nooit heeltemal vermy kan word nie. Verpakkingsmateriaal soos papier en plastiek, wat eintlik maklik herwinbaar is, moet dus behou word in die afvalmengsel wat verbrand moet word.

7.4 Die verhouding tussen afval en die koolstofvoetspoor

’n Mens se koolstofvoetspoor is ’n aanduiding van hoeveel koolstofdioksied, metaan en ander kweekhuisgasse jy deur jou optrede genereer. Daar is ’n direkte verband tussen ons koolstofvoetspoor en ons leefstyl, in die besonder wat ons koop, hoe baie ons reis en die hoeveelheid afval wat ons genereer. Afval het ’n impak op ’n mens se koolstofvoetspoor omdat die vervaardiging, verpakking en vervoer van die voltooide produk kweekhuisgasse genereer. Wanneer ’n mens ’n produk koop, word al die kweekhuisgasse wat met daardie produk verband hou by jou koolstofvoetspoor gevoeg, insluitende die metaan wat geproduseer word deur daardie produk se afval nadat jy dit weggegooi het. Om die produksie van afval te vermy is ’n belangrike manier om ons koolstofvoetspoor te verklein en die eerste tree in die rigting van effektiewe afvalbestuur.

Page 25: WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die

WWF-verslag: ’n Oorsig van die risiko’s van klimaatsverandering vir Suid-Afrika se landbouwaardekettings: wetenskap, persepsies en aksie

25

Inligting oor hoe om ’n mens se koolstofvoetspoor te verklein: Slimleef Handboek W: http://www.yumpu.com/nl/document/view/13842699/handboek-city-of-cape-town/2 Algemene afvalbestuursriglyne: Geïntegreerde Produksie van Wyn: Riglyne vir Plase

o Afdeling 14: Hantering van Chemikalieë W: http://www.ipw.co.za/content/manuals/HANDLEIDING%20Plaas%20Augustus%202014.pdf Geïntegreerde Produksie van Wyn: Riglyne vir Kelders en Botteleringsfasiliteite:

o Afdelings 9.1–9.4: Afvalwaterbestuur (insluitend monitering van die hoeveelheid en kwaliteit van kelderafvalwater, en die opberging en wegdoening van afvalwater)

o Afdeling 11.1: Storting van vaste afval o Afdeling 11.2: Skoonmaak van afvalwaterdamme, pype en ander toerusting

W: http://www.ipw.co.za/content/guidelines/IPW%20Riglyne%20kelder%20Mei%202015.pdf

7.5 Algemene afvalbestuursriglyne

Afvalbestuur moet voldoen aan wetlike voorskrifte en mag nie die omgewing besoedel (veral vleilande en waterbronne) of ’n gesondheidsrisiko skep nie.

Stel ’n afvalbestuursplan op wat afval as ’n hulpbron beskou, en herwin dit, indien moontlik.

Lei plaaswerkers en hul gesinne op in afvalbestuur en herwinning.

Inligting oor die naaste herwinningsterrein aan u plaas: W: www.mywaste.co.za

Beperk die oorwaai van insekdoders vanaf wingerde, aanliggend tot natuurlike areas, veral vleilande en riviere. Vermy lugbespuiting en waar moontlik, gebruik Geïntegreerde Plaagbestuursmetodes (IPM) en probeer n die oorwaai van giftige sproei heeltemal vermy.

Beperk die afloop van bemestingstowwe aanliggend tot natuurlike areas, veral vleilande en riviere. Afloop van hierdie aard is letterlik soos om geld in die water te gooi. Dit stimuleer ook die verspreiding van uitheemse waterplante en vergiftig baie inheemse plantspesies en waterdiere. Die Departement van Water en Sanitasie het kwaliteitsriglyne vir water uitgereik wat die impak op waterkwaliteit aanspreek en besoedelende stowwe in die uiteindelike waterhulpbronne meet en nie slegs in die kelderafloopwater nie.

Kelderafval sluit in kelderafloopwater asook vaste afval soos druiwe-afval, moer en filtreerreste.

Riglyne vir waterkwaliteit: W: https://www.dwa.gov.za/IWQS/wq_guide/index.asp Riglyne vir die bestuur van kelderafval: Geïntegreerde Produksie van Wyn: Riglyne vir die verantwoordelike bestuur van afvalwater en vaste afval by bestaande kelders W: http://www.ipw.co.za/content/guidelines/Winetech_Afvalwater_Riglyn_April_2005.pdf

Page 26: WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die

WWF-verslag: ’n Oorsig van die risiko’s van klimaatsverandering vir Suid-Afrika se landbouwaardekettings: wetenskap, persepsies en aksie

26

8. Algemeen

8.1 Gebruik van bestaande bewaringstrukture

Grondeienaars kan ’n belangrike rol speel in die bewaring van Suid-Afrika se natuurerfenis. In die Wes-Kaap is die meeste grond waarop belangrike biodiversiteit voorkom in privaat besit eerder as in beskermde gebiede. Daar is verskeie maniere waarop u as ’n grondeienaar by bewaring betrokke kan raak. 8.1.1 CapeNature se Voogdyskapprogram (Stewardship Programme)

Oorweeg dit om natuurlike areas wat bedreig word formeel vir bewaring af te sonder as deel van CapeNature se Voogdyskapprogram. Dit sal aan hierdie areas veilige bewaringstatus te gee en verseker dat hulle vir toekomstige geslagte bewaar word. 8.1.2 WWF se Water-voogdyskapprogram (Water Stewardship Programme)

Waterskaarste is ’n wêreldwye probleem en Suider-Afrika word die ergste daardeur geraak. Dit geld veral vir Suid-Afrika. Die land is 30 ste op die wêreldranglys van droogste lande met ’n jaarlikse reënval van ongeveer die helfte van die wêreld se gemiddelde. Reënval is ook oneweredig oor landskappe heen versprei. Boonop het Suid-Afrika ’n hoogs veranderlike klimaat waar droogte en vloede algemeen voorkom. Die beskikbaarheid van water is een van die grootste bepalende faktore wat die ekonomiese, maatskaplike en omgewingswelstand van Suid-Afrika in die volgende dekade gaan beïnvloed. Dit gaan groot druk plaas op ekonomiese ontwikkeling en hou ook uitdagings in vir maatskaplike opheffing. Die helfte van Suid-Afrika se riviervloei word voorsien deur ʼn skamele 8% van sy grondgebied, maar slegs 16% van hierdie grond word amptelik beskerm! Suid-Afrika se huidige groei en ontwikkeling vereis ’n nuwe manier van beplanning om hierdie kosbare natuurlike bates te beskerm om te verseker dat toekomstige geslagte die erfgename is van gesonde landskappe asook ’n toekoms met watersekuriteit vir almal.

WWF is betrokke by inisiatiewe soos die volgende: watervoogdyskap in gemeenskappe en deur groot maatskappye; die identifisering van waterrisiko’s; die versekering van gesonde landskappe, soos vleilande, vir watervoorsiening; die herstel en skep van waterbalans deur die verwydering van dorstige uitheemse plantegroei en die hervestiging van rivierstelsels.

WWF se Water-voogdyskapprogram: W: http://www.wwf.org.za/what_we_do/freshwater/

8.1.3 Gemeenskaplike aksiegroepe in jou area

Baie bewaringsinisiatiewe begin op plaasvlak. ʼn Hele paar daarvan, soos die verwydering van uitheemse plante, rehabilitasie van riviere en vleilande en inisiatiewe wat verband hou met water (bv. riviergesondheidsbestuur) is kwessies wat verder strek as die plaasheining. Om aan te sluit by bestaande gemeenskaplike aksiegroepe oor kwessies in jou area, of nuwes te vorm, sal jou groter stukrag gee en die kans verbeter op toegang tot groepsbefondsing en om bewaring en kwessies oor die landskap se herstelvermoë op ’n toepaslike skaal aan te spreek. 8.1.4 Nuwe en bestaande bewareas

Bewaringsgebiede (of bewareas) is vrywillige ooreenkomste tussen aangrensende grondeienaars en ’n bewaringsagentskap soos CapeNature. Die grondeienaars word bemagtig om as kurators van natuurlike plantegroei op te tree en ontvang steun om die grondnetwerk te bewaar en te bestuur, soos deur uitheemse indringerspesies te verwyder.

Page 27: WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die

WWF-verslag: ’n Oorsig van die risiko’s van klimaatsverandering vir Suid-Afrika se landbouwaardekettings: wetenskap, persepsies en aksie

27

Inligting oor die vorming van of aansluiting by ’n bewarea: CapeNature W: www.capenature.co.za T: 021 866 8000

8.2 Biologiese boerdery

Volhoubaarheid is ’n deurslaggewende faktor vir ’n biologiese boerdery. Belangrike aspekte in die strewe na volhoubaarheid is die voorkoming van gronderosie; die behoorlike uitleg van plaaspaaie; behoorlike grondbestuur; die verryking van die grond deur kompos; en die gebruik van inheemse windskerms. 8.2.1 Voorkoming van gronderosie

Om gronderosie te voorkom, moet hellings met ’n gradiënt steiler as 20% nie geploeg word nie, soos uiteengesit in die Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne 43 van 1983 (CARA). 8.2.2 Uitleg van plaaspaaie

Die ontwerp en uitleg van plaaspaaie moet erosie sover moontlik uitskakel. Paaie moet goed in stand gehou word en sensitiewe ekologiese areas soos vleilande of skaars plantbevolkings moet vermy word. 8.2.3 Biologiese grondbestuur

Gesonde, gemineraliseerde grond produseer gesonde gewasse met minimale insek- en siekteprobleme. Hierdie grond word gekenmerk deur gebalanseerde grondvoedingstowwe en gesonde grondlewe. Dit is ook minder geneig tot droogte en vereis minder aangekoopte insette vir produksie. Die ses reëls vir biologiese grondbestuur kan soos volg opgesom word:

Verstaan (deur middel van toetsing en waarneming) en balanseer die grond, en gee aandag aan die chemiese, biologiese en fisiese komponente.

Balanseer grondchemie en voorsien gewasse van voedingstowwe deur nietoksiese, lewensbevorderende bemestingstowwe te gebruik. Lewensbevorderende bemestingstowwe bevat ’n gebalanseerde reeks voedingstowwe, ’n balans tussen oplosbare en stadig vrystellende stowwe en ’n gekontroleerde pH.

Gebruik onkruiddoders en ander plaagdoders spaarsamig en slegs wanneer absoluut nodig, en verstaan die effek, impak en gevolge van die gebruik daarvan.

Gebruik ʼn relatief kort bouwisselstelsel. Wanneer gewasse elke jaar of twee gewissel word, is daar minder probleme met onkruid, siekte en plae.

Bestuur grondbewerking om die ontbinding van organiese materiaal te beheer en vogvlakke en grondbelugting te optimaliseer. Vermy skade aan grondlewe of grondtekstuur weens grondbewerking.

Voed grondlewe met groenbemesting-gewasse, plaasmis en ander bronne van organiese stowwe. 8.2.4 Basiese riglyne vir die maak van kompos

Die volgende is ’n opsomming van ’n artikel, “Guidelines for making compost on a wine grape enterprise”, deur Pieter Raath en Johan Fourie. Die artikel is in Wynboer gepubliseer.

Riglyne vir die maak van kompos op ’n wynplaas W: http://www.wineland.co.za/guidelines-for-making-compost-on-a-wine-grape-enterprise/ Bekom ’n afskrif van die artikel: Joan Isham E: [email protected] T: 021 882 9085; 082 376 3646

Page 28: WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die

WWF-verslag: ’n Oorsig van die risiko’s van klimaatsverandering vir Suid-Afrika se landbouwaardekettings: wetenskap, persepsies en aksie

28

Wat is kompos? Alle diere- en plantafvalstowwe verrot met behulp van mikro-organismes en keer na die grond toe terug. Hierdie materiaal is ryk aan voedingstowwe en humus (verrotte organiese stowwe). ’n Komposhoop is eenvoudig ’n omgewing waarin hierdie natuurlike proses versnel kan word. Dit help om aan ’n komposhoop te dink as ’n lewende entiteit wat uit miljoene mikrobes bestaan. Die mikrobes produseer kompos vinniger wanneer daar ’n mengsel van koolstof- en stikstofryke materiaal in die hoop is. Soos wat die mikrobes aktief raak, genereer hulle hitte. Die hitte vernietig siektes en insekplae in die hoop. Gunstige omstandighede is nodig om sterk populasies van mikro-organismes aan te moedig, soos voedsel, hitte, vog en lug.

Tien redes om goeie kompos te gebruik 1. Herstel grondvrugbaarheid en gee grondlewe terug aan onvrugbare, dooie grond. 2. Voeg organiese stowwe tot die grond toe. 3. Is ’n goeie manier om kalium- en fosfaatvlakke te verhoog. 4. Herstel mikronutriënte in die grond. 5. Genereer hitte wat onkruidsade in organiese materiaal vernietig. 6. Verbeter die grond se waterhoukapasiteit. 7. Laat grondlewe toeneem, wat help om minerale in die grond af te breek. 8. Raak ontslae van ongewenste patogeniese mikro-organismes en toksiese verbindings. 9. Het tien keer meer waarde as kraalmis. 10. Verbeter die fisiese toestand van die grond deur korsvorming van die oppervlak te

verminder, help waterinfiltrasie en wortelpenetrasie en verbeter grondbelugting.

8.2.5 Inheemse windskerms

Tans bestaan die meeste windskerms op plase uit vinniggroeiende, geharde uitheemse bome – wat hulle almal baie effektiewe indringers van die natuurlike veld maak. Die ekovriendelike oplossing is om alternatiewe spesies te gebruik wat natuurlik om ons groei.

Voordele van inheemse windskerms

Die spesies is inheems tot die gebied.

Aanplanting van plaaslike spesies is goeie omgewingspraktyk.

Die plante is aangepas by die grond en klimaat.

Hierdie spesies kan dien as gasheerplante vir talle plaagbestrydende organismes.

Hoewel ’n windskerm te smal is om ʼn ekologiese korridor te vorm, sal dit ekologiese skakels in die landskap voorsien vir insekte, voëls, reptiele en soogdiere.

Die windskerms op die grense van landboublokke sal as buffersones tussen wingerde en die veld dien.

Die spesies is by vuur aangepas. Die meeste van die stadiggroeiende permanente bome spruit weer uit na ’n brand en sal gou weer hulle hoogte bereik.

Spesies om te gebruik

Olea europea subsp africana – Wilde olyf

Kiggelaria africana – Wildeperske

Canthium inerme – Gewone bokdrol; Doringels

Apodytes dimiata – Witpeer – vereis ’n bietjie meer water

Dodonea angustifolia – Sandolien – vinniggroeiende vuller

Maytenus acuminata – Sybas – nie geredelik beskikbaar nie

Metrosideros angustifolia – Smalblad; Smalblaar – benodig ’n bietjie meer water

Searsia lucida (voorheen bekend as Rhus lucida) – Taaibos – struikagtige groeiwyse en het dus meer plek nodig

Protea laurifolia – Blousuikerbos – vinniggroeiende vuller

Virgilia oroboides – Keurboom – vinniggroeiende skutboom

Portulacaria afra – Spekboom – goeie brandstrook

Page 29: WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die

WWF-verslag: ’n Oorsig van die risiko’s van klimaatsverandering vir Suid-Afrika se landbouwaardekettings: wetenskap, persepsies en aksie

29

8.3 Dokumentering van biodiversiteit

8.3.1 Voëlbewaring

Die bewaring van fynbosplantegroei en die hervestiging daarvan waar ook al moontlik is sentraal tot die instandhouding van fynbos-endemiese voëlspesies. Veral boere moet bewus wees van hierdie spesies. Hierdie spesies sluit in die Kaapse suikervoël wat staat maak op proteas; die oranjeborssuikerbekkie wat op ericas staatmaak; die rooiborsruigtesanger; die Kaapse pietjiekanarie; die witvlerkkanarie; die Kaapse tiptol; die Kaapse fisant en die Kaapse berglyster. Hierdie spesies vereis hoofsaaklik gesonde fynbosplantegroei wat deur natuurlike brandstelsels in stand gehou geword, en die minimale teenwoordigheid van uitheemse plantspesies.

Die handhawing van die korrekte brandintervalle om die natuurlike fynbosplantegroeisiklusse in stand te hou, is krities noodsaaklik vir die langtermyn-oorlewing van hierdie voëlspesies.

8.3.2 Burgerwetenskap- (Citizen Science) projekte

Dit sal vir boere interessant wees om op te let na waar beduidende populasies van enige van hierdie endemiese spesies op hul plase voorkom. Hulle kan hierdie populasies monitor en sodoende inligting vir Birdlife SA se bewaringsbeplanning insamel. Boere wat belang stel in voëls en voëls kyk, kan deelneem aan die burgerwetenskapprojekte by die Universiteit van Kaapstad se Eenheid vir Dieredemografie. Hierdie projekte staan bekend as die “Animal Demography Unit’s Citizen Science”-projekte en sluit onder ander in die tweede Suid-Afrikaanse voëlatlasprojek en “MyBirdPatch”. Sodoende kan hulle ’n bydrae maak tot die insameling van belangrike data wat vir die bewaring van voëls nodig is.

Die instandhouding en hervestiging van vleilande is tot groot voordeel van ’n aantal voëlspesies – endemiese watervoëls sowel as dié met ’n wyer verspreidingsgebied.

Die voorsiening van stellasies in wingerde vir roofvoëls help met plaagbestryding terwyl dit ook ’n habitat vir kos soek en slaap voorsien in landskappe wat deur boerdery verander is. Dit is ook noodsaaklik om neskaste vir uile en ander roofvoëls te voorsien, veral in gebiede waar die groter uitheemse bome waarin hulle nes gemaak het, verwyder word. Die voorsiening van hierdie soort kunsmatige habitat is toenemend belangrik in landskappe wat deur die mens verander is.

Meer inligting oor inheemse windskerms: Fiona Powrie van Dragon Plants E: [email protected] T: 021 862 6156; 082 409 7415

Meer inligting oor voëlbewaring: W: www.birdlife.org.za

Inligting oor burgerwetenskap- (Citizen Science) projekte: Eenheid vir Dieredemografie by die Universiteit van Kaapstad W: http://www.adu.uct.ac.za/adu/projects

Page 30: WWF Bewaringskampioene Riglyne vir Biodiversiteitsbestuur Riglyne.pdf · 2017-02-15 · die spesiale habitat wat deur die vleiland gevorm word, sal verlore gaan. Toestemming van die

WWF-verslag: ’n Oorsig van die risiko’s van klimaatsverandering vir Suid-Afrika se landbouwaardekettings: wetenskap, persepsies en aksie

30

Fynbos-endemiese voëlspesies lewer op hul beurt ʼn noodsaaklike ekosisteemdiens deur bestuiwing en saadverspreiding wat nodig is om die fynbosplantegroei in stand te hou.

Bronne

De Villiers, C.C. (red.). 2005. Fynbos Forum Ecosystem Guidelines for environmental assessment in the

Western Cape. Kaapstad: Botaniese Vereniging van Suid-Africa, Bewaringseenheid, Kirstenbosch. Esler, K.J., Pierce, S.M. & De Villiers, C. 2014. Fynbos: Ecology and Management. Pretoria: Briza

Publikasies.

Inligting en advies oor neskaste vir uile en roofvoëls: Hank of Tracy Chalmers van Eagle Encounters W: www.eagle-encounters.co.za E: [email protected] T: 021 870 3207

Inligting oor die dokumentering van natuurlewe: iSpot W: www.ispot.org.za Inligting oor die gebruik van kameralokvalle: W: http://www.cameratrap.co.za/