weskus mistykies - Web viewWant sien, hier innie ‘Drif in, werk daai man met mense. Onse...

31
WESKUS MISTYKIES Kort-kort stories uit veral Velddrif Leer, onder meer, wat die verskil tussen ‘n kerkbasaar en ‘n gemeentefees is… Leon Terblanche

Transcript of weskus mistykies - Web viewWant sien, hier innie ‘Drif in, werk daai man met mense. Onse...

Page 1: weskus mistykies - Web viewWant sien, hier innie ‘Drif in, werk daai man met mense. Onse mense, met hul eie taal, ... Dinsdag sleep verby en net die helfte van die dag se werk word

weskus mistykiesKort-kort stories uit veral Velddrif

Leer, onder meer, wat die verskil tussen ‘n kerkbasaar en ‘n gemeentefees is…

Leon Terblanche

Page 2: weskus mistykies - Web viewWant sien, hier innie ‘Drif in, werk daai man met mense. Onse mense, met hul eie taal, ... Dinsdag sleep verby en net die helfte van die dag se werk word

Briekies, Bouers en Brashênds

‘n Bouaannemer is nie net iemand aan wie jy ‘n opdrag gee om, teen betaling, ‘n gebou vir jou op te rig nie. Nie aan die Weskus nie. Nêrens nie, maar veral nie hier by ons nie. Want sien, hier innie ‘Drif in, werk daai man met mense. Onse mense, met hul eie taal, tyd en teatrale werks-etiek.

Dinsdagoggend (helfte van die team issie Maandag op site nie).” Manne, vandag moet ons die binne-mure rol! Die lanie kry mense vir Easter en Mevrou wil die mure Cuppuchino Cream hê. Piet, jy is mos ‘n painter. Gaan jy binne aan terwyl die res van die team die drein uitbou sodat die plumber die nuwe pype kan opkonnek”

Die bouer klim in sy bakkie en ry pub toe vir ‘n toasted bacon’n egg, twee biere en ‘n Wellington Special. Die bakkie wil nie start nie en hy vat nog ‘n Special (2 dubbels en ‘n Coke vir R30). Nou loop die lorrie en nou gaan hy die team se Atlantis-maniertjies uit hul uitdônner as daar iets fout is op site.

By Maanblom of Aandblomstraat 38 gaan daar niks aan nie. Die span sit en rook. Net die painter Cuppuchino Cream die mure. “Wat de f@k gaan hier aan dat hier f@kkol aangaan!!!” Die voorman staan stadig op en kom fluister vertroulik vir die bouer “My lanie, daai painter is nie ‘n painter nie, hy’s net ‘n brashênd.” Die bouer suig sy Chesterfield plat en sis deur sy tande;”Bou die f@kken drein en hou op worry of Piet brush of paint!”

Dinsdag sleep verby en net die helfte van die dag se werk word gedoen. Die bouer sit in sy warm bakkie en Facebook sy ou girlfriends onder hul nooiensvanne. Kêps-in-die-hand vra Piet die verwagte vraag.”’n ietsie tot Vrydag, Lanie?” Hy wag outomaties vir die rede.

“My klong, wat nou lank sonner djob gesit het, het ‘n djob gekry by AB SIVILS. Hy val toe verlede week se Maandag in en daai Dingsdag toe kry hy mos weer daai PYN innie kop in. Mos toe is hy uit die werk uit vir twie dae. Daai Donderdag toe gaan werk hy en Vrydag toe kry hy mos sy se pay sonner die twie dae virrie kop.

By die taxi-rank toe rob die skollies hom met ‘n mes van sy paypêkkit, twie los eintjies en sy Nike-kêps. En toe maak daai skollie die paypêkkit oep en kyk na die payslip en klap toe my klong

Page 3: weskus mistykies - Web viewWant sien, hier innie ‘Drif in, werk daai man met mense. Onse mense, met hul eie taal, ... Dinsdag sleep verby en net die helfte van die dag se werk word

twie keer teenie kop. En my lanie, hy skree vir my laaitie…”Djy ka mossie twie dae uit die djob wies as djy net hierrie week se Maandag ingeval het nie? Wêk is skaars en djy moet kyk na jou wêk! Vestaan djy?!“

DIE DREIN OF DIE GRAF

BAKKIEBOUERS

DEFINITIEF ‘N BRÊSHHEND

Page 4: weskus mistykies - Web viewWant sien, hier innie ‘Drif in, werk daai man met mense. Onse mense, met hul eie taal, ... Dinsdag sleep verby en net die helfte van die dag se werk word

Die vreemde ongemak tussen

Velddrif en Gauteng

Dit was soos ‘n omslagtige perd-opsaal toe Velddrif die dag moes vlieg na die wye Gauteng en dan verder Noord per geleentheid om ‘n glansgeleentheid te gaan emsie.

Emsie is die word wat HULLE gebruik vir ‘n outydse seremoniemeester. Die verskil is egter dat ‘n emsie opgevlieg word en geld kry vir ‘n mondvol twakpraat terwyl ‘n seremoniemeester tevrede moet wees dat een van die kleinniggies hom eendag sal vra om op haar bruilof te kom twakpraat en as vergoeding aan die Hooftafel te sit.

Velddrif lê so ongeveer 153km van die lughawe af. Vriend Jôhnnie se GPS sê so. My luukse rooivliegtuigkaartjie se instruksie is dat ek kwart voor nege, Maandag- oggend, die vlug moet bestyg. Want ek wil mos opstyg. Ek maak toe ‘n paar berekeninge en besluit ek moet tien voor vier die Sondagmiddag die brug oorsteek met my ‘79 Corolla stasiewaentjie om die oggendverkeer te mis en betyds te wees vir die groot opstyg. Hulle is blykbaar baie streng op hul tye. So pak ek, groet ek diegene wat gegroet wil wees, en hak toe die Kakie se regtervoorwiel oor die geel skouerlyn, en kap aan Kaap toe in vierde. Van net anderkant Yzerfontein kom ek agter dat ‘n vinnige wit kar op my case is. Dit flits ligte, jaag op my af, net om dan weer terug te val as hy sien CFP 1693 skrik nie vir ‘n CY witkar nie. By Vygevallei se padstal begin my moer ontstuimig raak en 20km verder trek ek af by ‘n plaasingang naby Ganzekraal se afdraai. Die wit, undercover CY stop ook. Ek klim uit. Die drywer van die wit kar ook. Toe hy naderstap en my wil hug, sien ek dis my ou pêl, Kobus Olivier! Ek wil hom toe ook hug maar hy sê dat ek eers my safety belt moet losmaak, anders gaan ons seerkry. (Die Kakie het nie veiligheidsgordels gehad nie en toe kry ek lorriegordels by Koje se garage om hom deur die toets te kry). Ek ontkoppel toe, hug, gesels, drink toe ietsie uit my Tassieboks en kuier toe te lekker tot ek amper moet opstyg die Maandag.

Ek was betyds vir die lang, dun, rooi sigaar en het heel beleeft op-en afgestyg. Op die O.R Thambo was ek heel selfversekerd. Die instruksies was tog duidelik. Ek moes net loop tot by die pick-up-and-go,’n nommer skakel vanaf my volgelaaide Siemens, en Karin sou my oppik en 250km verder by HULLE aflaai. Maklik, tot sy my vra hoe sy my kan uitken. Ek sê toe maar dat ek my oorlede Pa se trui aanhet, want hy het ook al Johannesburg toe gevlieg met die destydse Suid-Afrikaanse Lugdiens. Ek hoor net ‘n snork en iets wat klink soos whatever en wag toe maar.

Page 5: weskus mistykies - Web viewWant sien, hier innie ‘Drif in, werk daai man met mense. Onse mense, met hul eie taal, ... Dinsdag sleep verby en net die helfte van die dag se werk word

Tien minute later hoor ek wiele skreeu om die draai en ‘n wit Opel ref-ref langs my. “Is jy Leon, klim in. “Ek klim toe in en vra half verbaas, skugter of sy my herken het aan my oorlede Pa se trui. Sy sê toe; “Nee, HULLE het gesê die doos sal seker sy kitaar by hom hê”

Ns. Oor die gejaag, sonder hande-op-die-stuur, lipstiffie en selfoon-op-die-oor, sê ek liewer f@kôl.

Die pad vanaf Velddrif na Gauteng is besaai met versoekings

Page 6: weskus mistykies - Web viewWant sien, hier innie ‘Drif in, werk daai man met mense. Onse mense, met hul eie taal, ... Dinsdag sleep verby en net die helfte van die dag se werk word

Die Gemeentefees met die oog op Versoening

Die kompetisie rondom die wen van siele het fel gewoed in die Drif. Twee NG gemeentes op een dorp met twee name. Dis ʼn onheilige wedywering tussen twee goeie predikante op die dorp met twee name om die lidmate te behou wat hulle het sodat die skriba se boeke kan klop. Elkeen preek wat sy mense wil hoor en elkeen bedink planne om te vernuwe in die gees van die tyd sonder om “kerkeenheid” te bedreig. En toe kom Port Owen.

Hierdie ontwikkeling sit knus tussen die twee gemeentes se tradisionele grense. ‘n Steen des aanstoods vir sommiges. ‘n Twisappel vir ander. Maar tog ‘n bron, ryk aan ryk, ontwortelde siele met ‘n groot potensiaal. Laaiplek se gemeente verwelkom die spesie met ope arms, want wie het gesê dat ope harte ook nodig is. Velddrif benader die nuwelinge weer met ope harte asook ‘n uitdruklike uitnodiging na die Aan’t Oewer Aftree-oord indien hulle dit sou nodig kry. Laaiplek bepeins, bedink en beredeneer op elke moontlike geleentheid “die groot Siel-Wen plan”.

Die woord “Gemeentefees” duik telkens in gesprekke op. “’n Gemeentefees kan die nuwelinge op ‘n informele wyse inlyf en bekendstel aan die eiesoortige gebruike van die Weskus” seg Oom Koos ernstig en formeel. “Bedoel jy harders braai en vaaljapie drink soos ‘n Velddriwwer?” vra die ander omie op “n gesamentlike sitting van die huidige Kerkraad en die Rustende broeders. “Ai, tog! Kan ons dit nie maar ‘n stigtelike braaigeleentheid maak in die woonwapark nie? Ek self sal die samesang lei en kyk of ek nie die twee afgedwaalde musiekante in ons gemeente kan betrek nie.” doen dominee sinvol aan die hand.

Sondag in die Kerk se nuusblaadjie word die volle agterblad gewy aan die GEMEENTEFEES:

NG KERK LAAIPLEK Bied Aan: Met die oog op Versoening

GEMEENTEFEES en VISVANGKOMPETISIE

Te: DWARSKERSBOS KARAVAANKAMP

Lidmate kan eie vleisie en eetgoed saambring en vure word verskaf.

Die Laaiplek Vrouediens voorsien koffie en tee.

Kinders kry gratis koeldrank (eie beker)

Page 7: weskus mistykies - Web viewWant sien, hier innie ‘Drif in, werk daai man met mense. Onse mense, met hul eie taal, ... Dinsdag sleep verby en net die helfte van die dag se werk word

Musiek deur twee kitare en woorde van liedjies word voorsien.

SIEN ALMAL DAAR!!!

Die Saterdag het aangebreek en ek en Willie is, gewapen met kitare, af Dwarries toe om ons deel vir die Kerk te doen. Dit was al donker, want wie braai en sing nou in die sonskyn met wind en vlieë? Met die intrapslag het ons geweet ons was laat. Baie laat! Die gemeente was warm. Baie warm. Ons het so twee liedjies gespeel en toe oorgeslaan na die Weskus Volkslied; “As die skipper op die voorstewe staan…”. Êrens het ‘n groot bakkie opgestart en hard gerêf. ‘n Growwe mansstem het gebulder:” Klim in tief!!!”. “n Stofwolk met bande wat spin en ‘n vrou se gille; “My fôkken rok hak innie deur!!!”. Chaos. Dis net arms en bene soos sy probeer bybly met die spinnende bakkie. Die gemeente skreeu die drywer tot stilstand en ek en Willie en ons kitare vat die pad terug na die rustigheid van Velddrif toe.

Die volgende jaar kry ek toevallig die Kerkblaadjie van die NG Gemeente Laaiplek in die hand. Die agterblad val my dadelik op;

NG KERK LAAIPLEK Bied Aan: Met die oog op Versoening

GEMEENTEFEES en VISVANGKOMPETISIE

Te: DWARSKERSBOS KARAVAANKAMP

Lidmate kan eie vleisie en eetgoed saambring en vure word verskaf.

Die Laaiplek Vrouediens voorsien koffie en tee.

Kinders kry gratis koeldrank (eie beker)

GEEN DRANK/GEEN WYN/GEEN BRANDEWYN

Musiek deur die Junior Katagese Groepie

Die twee vorige musikante

Page 8: weskus mistykies - Web viewWant sien, hier innie ‘Drif in, werk daai man met mense. Onse mense, met hul eie taal, ... Dinsdag sleep verby en net die helfte van die dag se werk word

Kaas en sy Beskeie maar Wulpse Verlede

Die kuns van kaasmaak is al meer as 7000 jaar gelede beoefen en die prosesse wat ons vandag gebruik verskil weinig van toeka se tyd se metodes. Wat wel verskil is die feit dat ons nou weet hoekom ons sekere goed doen en ons kan die natuurlike proses min of meer beheer.

Lank, lank gelede sluip Kirr en sy broer Dirr, so op hul harige tone, uit hul grot in die berge naby Ufratus. Die ander grotbewoners snork nog na gister se gefuif met buffel-steak, vlakvarktjops en heuningbier. Kirr en Dirr se werk is bergbok-vang en skaap oppas.

Toe die son opkom, het hulle al sewe bergbokke gevang en vasgemaak aan die groot olyfboom teen die hang. Dis dorstige werk en hulle melk die een bok en drink om die beurt. Nou moet die twee sewe myl afstap na waar die skape wei. Daar lê twee lammerpense onder die boom. Gou-gou melk hulle die twee pense vol bokmelk en stryk af na die skape toe.

By die skape aangekom, lyk die skape nie lus om opgepas te word nie en Kirr en Dirr besluit om te gaan piekniek hou. Hulle pluk bessies, vye en een groot waatlemoen en stap na “Die Plek van die Wit Grotte”. Dis buite seisoen en die grotte is lekker stil. Die bessies is stroopsoet en die twee sing en klap hande.

Page 9: weskus mistykies - Web viewWant sien, hier innie ‘Drif in, werk daai man met mense. Onse mense, met hul eie taal, ... Dinsdag sleep verby en net die helfte van die dag se werk word

Toe hulle hul melksakke oopmaak om bokmelk te drink, gil Kirr “myne is styf en dik!”. Dirr kyk na syne en sien dis ook styf en dik. Hulle is disgusted en speel met dit soos wat mens met modderkoekies sal speel. Toe hulle klaar ge-piekniek het, pak hulle dit op grassies en bêre dit op een van die rakke in die grot.

Na drie weke stap hul weer daar veby. Kirr en Dirr is onthuts deur die feit dat al hul dikmelk-koekies oortrek is met wit dons. Versigtig proe hulle aan een van die koekies. “Nie sleg nie, glad nie sleg nie…kort bietjie sout!”

Daai aand ghooghool hulle met die Oudste-van-Oudstes en dié sê vir hulle dat hy dink dat hulle seker kamembertjies gebak het.

Herr Klaus se Groot Vraag

Bedink jou in ‘n swaar Oos-Duitse aksent in. Voeg nou hierby veertig jaar se Mafikeng-Afrikaans asook ‘n skotige skeut aftree-Engels opgetel by die Yacht Club en Bowling Club. Gorrel dit uit met ‘n Velddrif-bry. Dit klink iets soos “Maurrgghhaww!”

“Môre Oom Klaus” groet ek. “Fffkkkffgg”sê hy en ek neem aan hy bedoel ek moet hom nie “Oom” noem nie. Ek besluit om sy beleefde versoek te eerbiedig en, om die sleutels op die keybord, asook twee-en-sewentig hektaar SAPPI of MONDI plantasie te spaar, sal ek maar direk uit Klassiek-Wes-Neder-Frankies vertaal.

Dit blyk dat Herr Klaus, nie net vandag nie, maar lankal al, ‘n probleem met ons Afrikaners het. Die Groot Vraag is: Hoekom, as Afrikaners braai, en hulle(ons) nooi hom uit vir ete, kom hulle(ons) nooit tot eet nie en die tweede, wat hiermee gelykstaan; Hoekom, indien hulle(ons) wel eindelik tot ete kom, hou hulle (nie meer ons nie) dan op met drink?

“Moeilike vrae op ‘n Maandag, Herr Klaus, moeilik!

Ek beantwoord u vrae met die pynlike herinneringe van “n knapie wat van honger aan die slaap geraak het, wagtende vir die “drie-vuur” kole om koud genoeg te raak om nie die vleis te verkool nie. Selfverskonend moet ek egter sê dat ek, as vader en onderhoof van die huis, altyd gesorg het dat die ouer-en jonger Konstitiueel Bemagtigdes, minstens ‘n boerie of hot-dog-met-tamatiesous kry voor die moeilikheid begin.

Page 10: weskus mistykies - Web viewWant sien, hier innie ‘Drif in, werk daai man met mense. Onse mense, met hul eie taal, ... Dinsdag sleep verby en net die helfte van die dag se werk word

Eerstens. Net soos Tant Sannie se uit-of invra nie gesels is nie, net so min is ‘n braai ‘n etery of maaltyd. Selfs ek weet dat mens ‘n braai kan koop by GAME, of een kan bou, of ‘n huis koop met ‘n binne-braai, of kaalgat op Sandy Bay in die son kan lê en braai. Kan mens ‘n braai eet? Nee.

Tweedens. Alle Afrikanermans is bang vir hul vrouens. Nie soos julle Duitsers wat die hele wêreld op hol gehad met drinkliedjies, bier en BMW’s nie. Julle was nooit bang nie vir julle vrouens nie...”askies tog, mein schatz, ek moet net gou ses miljoen Jode gaan vergas ”. Nee, julle was nooit bang nie. Ons is.

Ons wil gaan drink saam met ons vriende. Ons is te bang om vir die vrouens te sê dat ons lus is vir kafpraat en drink. Daarom nooi almal mekaar oor vir ‘n braai.

Antwoord vraag een: Braai is nie eet nie.

Antwoord vraag twee: Ons kan niks meer inkry nie.

Ns. Herr Klaus…eet by die huis voor die braai en laat Tannie Susan die BMW huistoe ry!

Page 11: weskus mistykies - Web viewWant sien, hier innie ‘Drif in, werk daai man met mense. Onse mense, met hul eie taal, ... Dinsdag sleep verby en net die helfte van die dag se werk word

Smoorvis se geheim

Die Drif was nog jonk…Baie, baie jonk. So jonk dat Annie “Gougee” nog nie haar onuitputlike drifte onder die Carinus brug met die kazatte kon deel nie. Die pont het nog trek-trek gesorg dat Velddriwwers aan die eksotiese produkte soos Royal Baking Powder, Sunlightseep en Wilson Toffees bekendgestel is. Aartappelgis, Blouseep en tammeletjie se dae was toe reeds getel. Het jy nou die prentjie van hoe jonk die Drif daai tyd was?

Page 12: weskus mistykies - Web viewWant sien, hier innie ‘Drif in, werk daai man met mense. Onse mense, met hul eie taal, ... Dinsdag sleep verby en net die helfte van die dag se werk word

Nou in daardie tyd was Ouma Rose in die annertyd. Niks snaaks nie, gesien in die lig dat Durex Featherlight-Ribbed for more Pleasure nog nie die lig gesien het nie. Die Roomse ding het waarskynlik nie ‘n groot rol gespeel nie. Ouma Rose was eenvoudiglik vir die sewende keer in die annertyd en honger. Nie soos in lus nie, nee, eerder soos in belustig. Sy vroetel deur die spens en die negosiekis. Aha!!!...soutsnoek! Ag nee, gatvol van soutsnoek. Haar goeie oog vang die swartblink van die Marmite potjie. Aha!!!...Marmite toast! Ag nee, toasters is nog nie op die mark nie…ons het nog nie krag nie en as ons al krag gehad het, het ons in elk geval fokkol geld om een te koop.

Sy sit toe maar haar belustigheid langs die Bybel neer en suig maar aan Sondag se Mint Imperial. Sy slof terug spens toe, moer ‘n paar soutsnoekmootjies in die skottel water en gaan hekel verder aan nog ‘n paar baba booties wat die klein verwagte wettertjie in elk geval nie gaan dra nie. En sug.

Net toe stap Amil van die kleinkampie af in, waar hy homself besig gehou het. Hy is honger en lus. Nie soos in belustig nie, nee, eerder soos in lus. Ouma Rose ken die honger kyk in daardie rooi en blou ooge en draf gou kombuis toe. Kap uie in die pan, aartappel in blokkies by die uie, roer, roer, aartappel sag, gedyde snoekmootjies in, vurkroer tot vis vlok, kap-kap tamaties, hyg, hyg, ooh vadertjie tog, wat nog? Enige iets om hom aan die kou te hou! Net toe onthou sy van die Marmite! Twee teelepels vol in die pan, deksel op en prut stadig.

Later eet die twee heerlik saam aan Ouma Rose se Smoorsnoek.

Die soutsnoek was egter nie genoeg uitgevars nie en daarom, slegs daarom, het Amil die hele week se vaaljapie daai dag uitgesuip!

As die smoorvis opraak…eet ons Oesters

Page 13: weskus mistykies - Web viewWant sien, hier innie ‘Drif in, werk daai man met mense. Onse mense, met hul eie taal, ... Dinsdag sleep verby en net die helfte van die dag se werk word

So ‘n vier-minute-Chinasnoekie

Wees lief vir jou Barmaid…en sy vir jou…

Die weer was warm. Bitter warm in die ‘Drif. Die viskwotas nog nie uit nie want Kortbroek se papierwerk was soos gewoontlik weer laat en onvoldoende. Nou ken jy ‘n visserman wat al vier maande aan wal sit en wag op ‘n permit om weer sy brood, botter en jam op die seewater te verdien? Met ‘n skot in sy gatsak? Nodeloos. Nodeloos gewag, nodeloos verveeld, nodeloos

Page 14: weskus mistykies - Web viewWant sien, hier innie ‘Drif in, werk daai man met mense. Onse mense, met hul eie taal, ... Dinsdag sleep verby en net die helfte van die dag se werk word

dronk. So was dit daardie Februarie. Al opgesmokkel aan kreef, al opgebaklei met die familie, al opgerol aan verlede jaar se kar en bowenal, opgevry aan verlede jaar se girlfriend.

So was dit daardie Februarie. Die duiwel is mos listig en sal mos nie een-een man ‘n gedagte gee nie, nee, almal saam kry toe mos gelyk ‘n belustigheid vir Madge, die barmaid by die Brughotel. Sy, wat nog nooit meer as ‘n kyk werd was nie, loop nou rooi pruilbek rond op high heels en bedien Wellington Specials. En die manne koop. En die manne drink. Niemand wil huistoe nie want hy weet dat die laaste een staande ‘n kans het om vir Madge te vergesel na haar klein hotelkamer en haar ruim, rondborstige liefde.

Klein Irkie (die BIC Orange wou nie die “D” mooi skryf op die geboortesertifikaat nie) het ook in die hotel gebly maar het op die wal gewerk. Hy was al lankal op Madge verlief en het sy hand al opgedink vir ‘n plan om vir Madge te kry om hy-weet-ook-nie-wat mee te maak nie. Baklei kon hy nie, baie drink kon hy nie, maar lus, die is hy.

Daardie Februarie kry Irkie die Groot Plan. ‘n Somerverkoue is ‘n slegte een. Hy koop groot bottels Vicks Medi-Night ten duurste by Billie Pille. Dan sluip hy vroegdag die kroeg in en gooi die hele bottel Medi-Night in die leë Bols Peppermint likeur bottel. Dan drink hy stadig saam met die belustige vissermanne en piep elke nou en dan; “Springbokkies vir my tjommies!!!”

Die nag van veertien Februarie verloop toe só. Die Springbokkie drinkers kry ‘n onverklaarbare slapte oor hulle en raak slaperig moeg. “Sal maar môre weer probeer score. Madge en Irkie stap giggle-giggel na haar kamer. By die deur wil sy saggies en verleidelik weet; “Neem jy my nie eers uit vir ete nie?” Irkie se stem is skor van emosie en opgewelde hormone…seg hy toe; “Wil jy broodvat?”

Page 15: weskus mistykies - Web viewWant sien, hier innie ‘Drif in, werk daai man met mense. Onse mense, met hul eie taal, ... Dinsdag sleep verby en net die helfte van die dag se werk word
Page 16: weskus mistykies - Web viewWant sien, hier innie ‘Drif in, werk daai man met mense. Onse mense, met hul eie taal, ... Dinsdag sleep verby en net die helfte van die dag se werk word

Baie dankie dat ek ‘n bietjie van my wonderlike Velddriflewe met julle kon deel. Indien julle iemand of iets in ‘n foto herken, is dit bloot toevallig. Ons sal

eenvoudig alles denaai.

Groetnis

Leon

10-10-2016 (voorheen Krugerdag)

LEES NOU VOORT…

Page 17: weskus mistykies - Web viewWant sien, hier innie ‘Drif in, werk daai man met mense. Onse mense, met hul eie taal, ... Dinsdag sleep verby en net die helfte van die dag se werk word

Mos is “n f@kken simpel woord

Die woordjie “mos” kry in die “Drif “n totaal ander betekenis as waarvoor dit oorspronklik ontwerp was. Die woord “mos” het vir my die geure van moskonfyt, mosbolletjies en gegiste soetmos opgetower wat ek vandag nog proe as dit parstyd is. Of so was dit voor my Velddrif dae. Om te loop “mosvat” het eenvoudiglik beteken dat jy gaan suip. Of so het ek gedink in my onskuld…

Onse mense in die ‘Drif gebruik die woord egter as ‘n geheime wapen om goeters reg te toor, soos byvoorbeeld: “Hoekom is jy laat vir werk?” Die antwoord is eenvoudig; “My kind moes MOS dogter (dokter) toe!” Asof jy moes geweet het. Die woord maak van jou ‘n medepligtige, ‘n vertroueling en ‘n absolute idioot dat jy nie MOS geweet het dat hy/sy ‘n kind ge-het-het nie en dat die kind MOS floutes kry en dat die “dogter” net op Woensdag by die kliniek is nie.

So sit ek een middag so teen vyfuur in die motor, in die parkeerterrein, in die hitte en wag dat Liefie die nodige aanskaf by Smit-Broers (lankal dood), Sentra, nou OK. Luister na RSG. Amoré het nou-net uitasem en orgasmies aangekondig dat sy weer môre met my sal saamkuier en ek wag gespanne na die finansiële program waar ek sal kan uitvind hoe ‘n afgetrede amptenaar met sy pensioen homself in sy moer in kan woeker. Vreeslik spannend. Die venster is oop en ek luister met een oor hoe ‘n “undercover” kansvatter met ‘n brood onder die arm die man in die silwer Toyota ‘n kop probeer aansit…

“Ek bedel nie Meneer. Die witman by wie ek MOS gewerk het, moes MOS ‘Burg toe vandag. Hy is nog nie terug nie en hy het MOS nie vir my kon sệ wat se job ek moes doen nie en ek is honger, Meneer”. Hierdie woorde word stadig en sielvol benadruk terwyl hy ‘n Sasco Sam witbrood duidelik onder die arme slagoffer se neus hou. “Ek vra net ‘n vyfrand om by die tweerand te sit wat ek by die witvrou gekry het saam met die brood vir ‘n stukkie polonie. Ek mag MOS nie brood so kaal eet nie, sệ my Ma-goed MOS altyd” Die passasier van die Toyota klim in, die motor trek weg en ek weet nou is dit ek en die witbrood, die vyfrand, die polonie en die MOS.

Page 18: weskus mistykies - Web viewWant sien, hier innie ‘Drif in, werk daai man met mense. Onse mense, met hul eie taal, ... Dinsdag sleep verby en net die helfte van die dag se werk word

Die aanslag het egter ‘n nuwe hoek. ” Ek ken mos vir Meneer!” Hierna volg ‘n onwaar, oordrewe skets van my kortstondige regsberoep met genoeg heuning op my uitgedinkte weldade aan die onderdrukte armste van armes dat ek heuningsoet moet bloos. “Ons huis op die plaas het MOS uitgebrand. Onthou? Dit was MOS in die Weslander en als gewees. Net ek en my Ma en die ander kinders was daar. Als uitgebrand. Nou sorg ek maar vir die kleintjies en hulle is MOS nog almal in die skool en Meneer weet MOS wat dit kos en Meneer is MOS by die Skoolraad ook en ons het MOS nie ‘n Pa nie want dié het MOS weggeloop Kaap toe en is MOS doodgesteek in die ‘Flats in. Maar hy het MOS vir my ‘n polis op my naam gesit wat nou moet uitbetaal en ek sien net nie die geld nie”. Ek beveel hom aan na ‘n goeie Afrikaanse regsfirma met ‘n Joodse naam en luister verder na Geldsake op RSG. Toe kom dit. “Ek bedel nie Meneer…” Ek hoor van die vyfrand, die tweerand, die witbrood en die polonie en die MOS. Beleefd sệ ek nee, ek kan MOS nie help nie en luister na RSG en wag vir Liefie.

Hy skud sy kop beswaard en sug. Hy drentel tot voor die neus van my ou langsnoet motor, sit die brood by sy voete neer en haal ‘n stomende Big Jack paai uit sy jacketsak en begin eet. Die pasteitjie is warm en toe die vleissous hom brand, spoeg hy die eerste hap uit. Die kousel val langs my oop venster en ek sien, my f@k, dis MOS ‘n Steak-en-Kidney paai!

Page 19: weskus mistykies - Web viewWant sien, hier innie ‘Drif in, werk daai man met mense. Onse mense, met hul eie taal, ... Dinsdag sleep verby en net die helfte van die dag se werk word

Nuutskepping

Oudesolderkoors nw [ ou-de-sol-der-koors]

Beskrywing;’n aansteeklike siektetoestand wat verband hou met die obsessiewe, kompulsiewe hunkering na stowwerige items uit die verlede. Pasiente wat gediagnoseer word met hierdie toestand, word klinies beskryf as ‘n oudesolderdoos.

Simptome van Akute Oudesolderkoors

• Hygende asemhaling en versnelde hartklop by aanskoue van rommelverkopings en goedjieswinkels.

• Degenererende gesins-en familieverhoudings as gevolg van ‘n gedurige ge-GOOGLE na stowwerige w?nskopies.

• Padvarkgedrag by aanskoue van ‘n kattebakverkoping langs ‘n besige deurpad in spitsverkeer.

• ‘n Sieklike beheptheid met muf en roes.

• Vind die reuk van motballetjies behaaglik soos mirre uit Bybelse tye.

[soek dringend hulp indien groentesop en brood-en-botterpoeding effe ruik na ‘n gedisinfekteerde manskrip(urinaal)]

Page 20: weskus mistykies - Web viewWant sien, hier innie ‘Drif in, werk daai man met mense. Onse mense, met hul eie taal, ... Dinsdag sleep verby en net die helfte van die dag se werk word

Weskussmokkel

Dit moes nooit só gewees het nie. Die gesmokkelry. In die gewone Driwwer se kop was smokkel iets wat jy gedoen het as jy op ‘n Vrydagnag of Sondagmiddag ontdek het dat die brandewyn op is. Smokkelhuis toe. Jy betaal ‘n paar rand meer vir ‘n bottel Riekie Louw of twaalf warm Soweto dumpies Black Label. As dít dan nou smokkel was, het ons dit almal een of ander tyd gedoen. Dit was eerder beskou as ‘n nooddiens. Iets soos ‘n outydse NOODAPTEEK. En wie sal nou die koop van ‘n Panadostropie vir n skreeuend, koorsige kind beskou as smokkel, net omdat dit twee-uur in die oggend geskied?

En toe kom die era van ene “Kortbroek”. Kortbroek was eintlik die versamelnaam vir enige wannabee politikus wat homself te ernstig opneem en hom dan in die Departement van Omgewingsake en Seevisserye bevind. Vriend en vyand. Vriend as hy die viskwotas en permitte onderteken en vyand as hy strandryery en kreef- en galjoenhandel verbied. Of belaglike “vier per man oor naweke” regulasies uitvaardig. So het die Duiwel sy aanspraak op die nommer een vyand van die visserman verloor en die swart mantel met die horinkies om Kortbroek kom hang. ‘n Helse ding.

Galjoen. Nette is afgevat. Visse is gemeet. Inspekteurs het op en af langs die strand gejaag. Omdat hulle mag. Huise en vrieskaste is deursoek. Drie “omkykvisse” is selfs in “n wasgoedmandjie gevind. Die KGB se moer. Charlie en sy Angels het hulle job ernstig opgevat. Dag en nag. Op see en rivier en strand. Die vissermanne het egter al slimmer geword met die vang van ons Nasionale Vis. Dit was post- “94 en die woord “Nasionaal” het sy trefkrag verloor. Die visse loop mos wei-wei af Kaap se kant toe en op Paternoster vra iemand heel onskuldig in die kroeg; “Is hier galjoen in die water?” Antwoord Carossini jnr; “Die galjoen in Paternoster het almal Springbok jerseys aan. As hulle die Velddriwwers se nette kan side-step verdien hulle Springbokkleure”.

Page 21: weskus mistykies - Web viewWant sien, hier innie ‘Drif in, werk daai man met mense. Onse mense, met hul eie taal, ... Dinsdag sleep verby en net die helfte van die dag se werk word

WESKUSKREEF

Kreef. Die kreefseisoen in die “Drif” word nie deur die regering of deur Kortbroek se regulasies bepaal nie. Die seisoen word deur die kreef self bepaal. As hulle lus is om in ‘n fuik of ‘n kreefhoepel te klim, dan klim hulle in. Die voortvaarendheid van die jeug laat selfs ondermaat kreef inklim. “Ai, die kinders van vandag.” sug die Pa-kreef. “Ek het gesê sussie-kreef moet ophou met haar inklimmery! “Wanneer daar te min hoepels of ge-aasde fuike in die see is, raak die krewe gatvol van die vissermanne se slapgatgeit en bang-geit vir die nuutgekroonde vyand. Dan stap hulle uit. Hier wag hulle om opgetel te word sodat hulle die honger massas kan voed en die wiele van die ekonomie aan die rol kan hou. Dit, ten spyte van Kortbroek se pogings om hulle te red. Verstaan die regering dan niks?” redeneer die kreefkolonie.

Als word ingespan om die rooidoppe by die honger gepeupel te kry. ‘n Scooter het ‘n plekkie onder die saal, ‘n lorrie het ‘n plekkie (warm nogal) onder die cab, die huilende baba se karstoeltjie het ‘n plekkie vir Huggies, ‘n sakkie Sandveldaartappels is wonderbaarlik lig vir 10kg en die wol in die tannie se breisak moet sy later weggooi.

Smokkel. Daar is ‘n sekere eerbiedigheid aan die seun se antwoord toe ek hom vra om vir my môre, Sondag, so teen elf uur ‘n paar lewendige krewe vir my gaste te verskaf. “Nie so vroeg nie, oom, ek gaan eers Kerk toe”

Page 22: weskus mistykies - Web viewWant sien, hier innie ‘Drif in, werk daai man met mense. Onse mense, met hul eie taal, ... Dinsdag sleep verby en net die helfte van die dag se werk word

Nog Weskuskreef

Page 23: weskus mistykies - Web viewWant sien, hier innie ‘Drif in, werk daai man met mense. Onse mense, met hul eie taal, ... Dinsdag sleep verby en net die helfte van die dag se werk word

Slim én Dom is uiters relatief.

Hoekom vra slim mense, wat kan motor bestuur, kinders maak en stemreg het, sulke dom vrae?

Byvoorbeeld: “Is die vis VARS of GEVRIES?” Dit is ‘n dom vraag. Wanneer vis uit die see uit kom, dadelik gevries word en onder –18°C bewaar word, is die vis vars. Die vis wat agter op ‘n bakkie in die warm son lê en die vis wat in die supermark onder die ligte in die deli lê, met sulke droë, rooi oë, is nie vars nie, inteendeel, dis besig om te vrot.

Die slimmer vraag sal wees; “Meneer, is die vis minder as 3 maande in die vrieskas en hoe moet ek dit behoorlik ontdooi?” Ontdooi altyd vis oornag in die yskas. Op dié manier behou jy al die sappe en die natuurlike, vars, seesmaak.

VARS GEELBEK AL WAS DIT GEVRIES

Page 24: weskus mistykies - Web viewWant sien, hier innie ‘Drif in, werk daai man met mense. Onse mense, met hul eie taal, ... Dinsdag sleep verby en net die helfte van die dag se werk word

Nog ‘n voorbeeld. Het jy al ooit die “guts” gehad om vir jou ouma te vra of die koekies wat sy kersfees uit die blik uithaal, vars is? Sy sal jou ‘n oorveeg gee en van verontwaardiging snork, “Ek bak al van Oktober af aan hierdie koekies, jou ontdankbare, niks gewoond, klein snotkop!”

Nog ‘n dom vraag sou wees; “Hoekom is die konfytbotteltjies en die goed in die winkel so onder stof?” Die slimmer javel sou gesien het dat die honderdjarige vishuisie op sand gebou is met ‘n stofstraat wat reg voor verbyloop. Hy sou ook gesien het hoe jaag die Doef-Doef karre op en af in Bokkomlaan.

Volgende keer, doen die slim ding en moenie dom vrae vra nie.

RENE, LEON EN ELMARIE