Welvaart sonder groei, ekonomie vir 'n eindige planeet · Skandinawiese lande, Ierland en...

15
1 WELVAART SONDER GROEI: EKONOMIE VIR ‘N EINDIGE PLANEET Johann Basson, Maart 2013 Agtergrond en konteks Die inligting waarop hierdie lesing gebaseer is is grootliks geïnspireer deur die boek van Tim Jackson met die titel van ‘Prosperity without growth: Economics for a finite planet’. Jackson is die Ekonomiese Kommissaris by die Verenigde Koninkryk se Volhoubare Ontwikkelings- kommissie, die regering se onafhanklike adviesliggaam. Hy is ook Professor in Volhoubare Ontwikkeling by die Universiteit van Surrey en Direkteur van die Navorsingsgroep oor Lewenstyl, Waardes en Omgewing. In hierdie nuwe, ontwikkelende en multidissiplinêre vakgebied is daar baie vrae wat nog nie antwoorde het nie en vind die debat nog net in sekere kringe plaas. Gevolglik is daar nog baie meningsverskille oor watter benaderings gevolg moet word. Die sienings en inligting is meer op ontwikkelde lande van toepassing, maar hierdie lesing is ook op die ontwikkelde deel van Suid-Afrika gemik. Die inhoud sal moontlik ‘n mate van ongemak veroorsaak of selfs die bloeddruk opjaag. Die doel is egter om in te lig, die debat te stimuleer en mense moontlik tot aksie aan te moedig. Wees gewaarsku, hierdie boodskap is in sekere kringe nie populêr nie, omdat dit met bestaande sienings en belange bots. Ek is nie ‘n ekonoom of omgewingsekonoom nie, maar ‘n ingenieur met ‘n multidissiplinêre agtergrond en onder andere ‘n Magister in Bedryfsleiding. My spesialisgebied is energie (konsultasie, navorsing en beleid) wat ook skakel met die omgewing, ekonomie en menslike gedrag. 1 Inleiding Welvaart is die gevoel dat dinge vir ons reg verloop, volgens ons hoop en verwagtings en dat dit ‘n aspek van kontinuïteit insluit. Daar is dus ‘n vertroue dat die situasie in die toekoms ook sal geld. Soos persoonlike welvaart bydra tot die welvaart van familie, vriende en die breër gemeenskap, word dit ook beskou as die antwoord op hongersnood, behuisingsnood, armoede en ongeregtigheid die hoop vir ‘n beter wêreld van veiligheid en vrede. Maar die mensdom is besig om hierin te misluk. Ons tegnologieë, ons ekonomie en ons sosiale aspirasies is swak belyn met enige sinvolle uitdrukking van welvaart. Die visie van die sosiale proses wat aangespoor word deur ‘n voortdurende toename in materiële goedere, is fundamenteel nie volhoubaar nie. In ons daaglikse soeke na die goeie lewe is ons sistematies besig om die basis van ons toekomswelvaart te erodeer. Ons loop die gevaar om ons vooruitsig op ‘n gedeelde en volhoubare welvaart te verloor. Onder andere gaan dit oor ons aktiwiteite, ons menslike natuur en die beperkings van ons ekologie. Die mensdom sal ernstig aan hierdie beperkings moet aandag gee.

Transcript of Welvaart sonder groei, ekonomie vir 'n eindige planeet · Skandinawiese lande, Ierland en...

Page 1: Welvaart sonder groei, ekonomie vir 'n eindige planeet · Skandinawiese lande, Ierland en Nieu-Zeeland het hoë vlakke van bevrediging met laer inkomstevlakke. Dit illustreer tot

1

WELVAART SONDER GROEI: EKONOMIE VIR ‘N EINDIGE PLANEET

Johann Basson, Maart 2013

Agtergrond en konteks

Die inligting waarop hierdie lesing gebaseer is is grootliks geïnspireer deur die boek van Tim

Jackson met die titel van ‘Prosperity without growth: Economics for a finite planet’. Jackson

is die Ekonomiese Kommissaris by die Verenigde Koninkryk se Volhoubare Ontwikkelings-

kommissie, die regering se onafhanklike adviesliggaam. Hy is ook Professor in Volhoubare

Ontwikkeling by die Universiteit van Surrey en Direkteur van die Navorsingsgroep oor

Lewenstyl, Waardes en Omgewing.

In hierdie nuwe, ontwikkelende en multidissiplinêre vakgebied is daar baie vrae wat nog nie

antwoorde het nie en vind die debat nog net in sekere kringe plaas. Gevolglik is daar nog

baie meningsverskille oor watter benaderings gevolg moet word. Die sienings en inligting is

meer op ontwikkelde lande van toepassing, maar hierdie lesing is ook op die ontwikkelde

deel van Suid-Afrika gemik. Die inhoud sal moontlik ‘n mate van ongemak veroorsaak of

selfs die bloeddruk opjaag. Die doel is egter om in te lig, die debat te stimuleer en mense

moontlik tot aksie aan te moedig. Wees gewaarsku, hierdie boodskap is in sekere kringe nie

populêr nie, omdat dit met bestaande sienings en belange bots.

Ek is nie ‘n ekonoom of omgewingsekonoom nie, maar ‘n ingenieur met ‘n multidissiplinêre

agtergrond en onder andere ‘n Magister in Bedryfsleiding. My spesialisgebied is energie

(konsultasie, navorsing en beleid) wat ook skakel met die omgewing, ekonomie en menslike

gedrag.

1 Inleiding

Welvaart is die gevoel dat dinge vir ons reg verloop, volgens ons hoop en verwagtings en dat

dit ‘n aspek van kontinuïteit insluit. Daar is dus ‘n vertroue dat die situasie in die toekoms

ook sal geld. Soos persoonlike welvaart bydra tot die welvaart van familie, vriende en die

breër gemeenskap, word dit ook beskou as die antwoord op hongersnood, behuisingsnood,

armoede en ongeregtigheid – die hoop vir ‘n beter wêreld van veiligheid en vrede.

Maar die mensdom is besig om hierin te misluk. Ons tegnologieë, ons ekonomie en ons

sosiale aspirasies is swak belyn met enige sinvolle uitdrukking van welvaart. Die visie van die

sosiale proses wat aangespoor word deur ‘n voortdurende toename in materiële goedere, is

fundamenteel nie volhoubaar nie. In ons daaglikse soeke na die goeie lewe is ons

sistematies besig om die basis van ons toekomswelvaart te erodeer. Ons loop die gevaar om

ons vooruitsig op ‘n gedeelde en volhoubare welvaart te verloor. Onder andere gaan dit oor

ons aktiwiteite, ons menslike natuur en die beperkings van ons ekologie. Die mensdom sal

ernstig aan hierdie beperkings moet aandag gee.

Page 2: Welvaart sonder groei, ekonomie vir 'n eindige planeet · Skandinawiese lande, Ierland en Nieu-Zeeland het hoë vlakke van bevrediging met laer inkomstevlakke. Dit illustreer tot

2

Die kernvraag is hoe welvaart moontlik is in ‘n wêreld onder druk, met beperkte hulpbronne

en ‘n bevolking wat binne dekades meer as nege miljard sal wees. Die algemene benadering

is om mikpunte vir welvaart in ekonomiese terme te stel en om voortdurende ekonomiese

groei as die metode te beskou om dit te bereik. Hoër inkomstes beteken meer keuses, ryker

lewens en ‘n beter kwaliteit van lewe vir die wat daarin deel. Of dit is in elk geval die

konvensionele wysheid. Die benadering word gebaseer op ‘n toename in die bruto

binnelandse produk (BBP) per kapita, wat breedweg ‘n maatstaf is om die ekonomiese

aktiwiteit van ‘n staat of streek te meet. BBP groei is daarom oor die laaste dekades een van

die belangrikste beleidsdoelwitte in die wêreld. Dit is sekerlik noodsaaklik vir die wêreld se

armste lande. Maar geld dieselfde logika vir die ryk lande of die ryker deel van

ontwikkelende lande? In hulle geval word oorlewingsdoelwitte meer as bevredig en die

oormaat van verbruikersgoedere dra min by tot materiele gemak.

Die outeur meld: ‘In a world of finite resources, constrained by strict environmental limits,

still characterised by ‘islands of prosperity’ within ‘oceans of poverty’, are ever increasing

incomes for the already rich really a legitimate focus for our continued hopes and

expectations? Or is there perhaps some other path towards a more sustainable, a more

equitable form of prosperity?’ Ons sal weer en weer na hierdie vraag terugkeer, maar vir

baie ekonome is die idee van welvaart sonder ekonomiese groei totaal ondenkbaar.

Welvaart is egter nie sinoniem met inkomste en besittings nie; toename in welvaart is nie

dieselfde as ekonomiese groei nie; meer is nie altyd beter nie.

Die konsep van ekonomiese groei en die illusie van toename in welvaart met ekonomiese

groei is ‘n moderne konstruk. In die verlede was welvaart nie spesifiek in terme van geld

gedefinieer nie; dit was eerder die teenpool van bedreigings en beperkings (adversity &

affliction). Ekonomiese groei het ook sy voordele op ‘n baie ongelyke manier gelewer. Die

armste 20% van die wêreld se bevolking verdien slegs 2% van die inkomste en die rykste

20%, in teenstelling, 74%.

Enige sinvolle visie van welvaart moet die saak van limiete of grense aanspreek. Hoe en vir

hoe lank is voordurende groei moontlik voordat die ekologiese grense van ‘n eindige planeet

bereik word? Kommer oor fisiese beperkings bestaan al vir lank. Talle studies oor die

onderwerp is die laaste dertig jaar gedoen

en telkens het dit groot opspraak verwek

(Malthus, Club of Rome, peak oil, IEA). Baie

van die stemme is weldra verkeerd bewys

as gevolg van die enorme verbeterings in

tegnologie.

Fig 1.1 is ‘n teoretiese diagram van die

groei van ekologiese implikasies en die

grootte van die ekonomie oor tyd indien

Page 3: Welvaart sonder groei, ekonomie vir 'n eindige planeet · Skandinawiese lande, Ierland en Nieu-Zeeland het hoë vlakke van bevrediging met laer inkomstevlakke. Dit illustreer tot

3

elk afsonderlik getoon word. Maar die een het ‘n invloed op die ander en ekonomiese groei

sal ook omkeer wanneer die ekologiese afswaai plaasvind.

In die figuur links is die effek van

beperkings op die voorsiening van sekere

kommoditeite waarneembaar in die

prysindekse van ru-olie, voedsel en metale

oor die 2003 tot 2008 periode, en ook die

drastiese afname in 2008 soos die wêreld

se ekonomie teruggetrek het as gevolg van

die globale depressie.

Indien almal hulpbronne gebruik teen die

helfte van die tempo van die VSA, sal die

wêreld se minerale in vier dekades opgebruik word. Teen dieselfde tempo sal hulle in

twintig jaar uitgeput wees en sommige skaars metale reeds oor binne tien jaar. Maar die

bronne is maar ‘n deel van die probleem.

Bykomend tot die probleem is die orde van die wêreld se besoedelingsprodukte.

Omgewingsekonome praat van ontvangers (sinks) as die vermoë van die planeet om die

omgewingsimpak van ekonomiese aktiwiteite te ontvang of eerder te assimileer. Bill

McKibben meld: ‘Even before we run out of oil, we’re running out of planet.’

Klimaatsverandering is een van die groot ontvangerprobleme. Talle studies is en word

hieroor gedoen en in talle kringe word die noodsaak reeds aanvaar om koolstofvrystellings

tot 450 dele per miljoen (dpm) te verminder ten einde die klimaat van die wêreld te

stabiliseer. Hierdie mikpunt is nodig om die gemiddelde toename van die aarde se

temperatuur tot 2C te beperk. Die implikasie is dat die wêreld se koolstofvrystellings

drasties beperk moet word.

Klimaatsverandering is een van die groot ontvangerprobleme. Talle studies is aan die gang

en in groeiende kringe word die noodsaak reeds aanvaar om koolstofvrystellings te beperk

ten einde die klimaat van die wêreld te stabiliseer. Die mikpunt is ‘n beperking tot 450 dele

per miljoen (dpm) wat nodig sal wees om die gemiddelde toename van die aarde se

temperatuur tot 2C te beperk. Die mikpunte impliseer ‘n drastiese vermindering in

koolstofvrystellings wêreldwyd.

2 Die era van onverantwoordelikheid

Die bankkrisis van 2008 het die wêreld op die grens van ‘n finansiële krisis gebring en die

dominante ekonomiese model tot in die fondamente geskud. Dit het die grense tussen die

mark en die staat geherdefinieer en die wêreld geforseer om sy onvermoë ten opsigte van

finansiële en, meer nog, omgewingsvolhoubaarheid te besef. Die talle storms, siklone en

Page 4: Welvaart sonder groei, ekonomie vir 'n eindige planeet · Skandinawiese lande, Ierland en Nieu-Zeeland het hoë vlakke van bevrediging met laer inkomstevlakke. Dit illustreer tot

4

tsunamis sedertdien is ook sterk aanduiders van die onvolhoubaarheid van ons huidige

ekostelsel.

Die rol van skuld, beide van die individu en

die staat, het opvallend geword. Dit is

aangehelp deur die voordurende proses van

ekonomiese groei en verbruikers se houding

van ‘spandeer vandag en betaal môre’, ook

die beginsel dat ‘n kapitalistiese ekonomie

skuld nodig het om te kan groei. Die grafiek

hiernaas toon byvoorbeeld dat persoonlike

skuld in die VK die vorige twee dekades vanaf

60% tot 105% van BBP toegeneem het en die huishoudelike spaarkoers van 11% van

besteebare inkomste na -1% afgeneem het.

Die skuld van die openbare sektor is ‘n ‘lening’ van die private sektor en wissel aansienlik

tussen lande. Frankryk, Duitsland, Kanada en die VSA se publiekesektor-skuld is ongeveer

60% van die BBP, Italië en Japan s’n is meer as 100%. Noorweë het geen skuld nie; die land

het enorme finansiële bates. Publiekesektor-skuld styg aansienlik in krisistye, veral in

oorlogstyd. Dit is ook die geval wanneer ‘n finansiële krisis ervaar word; lande leen geld om

hulle ekonomie te stimuleer.

Die blindheid in die regulering van die finansiële markte gaan saam met die onvermoë om

natuurlike hulpbronne te beskerm en ekologiese skade te stop. Ons ekologiese skuld is net

so onvolhoubaar soos ons finansiële skuld. Nie een hiervan word behoorlik verreken in ons

voordurende proses van verbruiksgroei nie.

3 Herdefiniëring van welvaart

Is daar ‘n alternatiewe visie van welvaart, een waarin mense kan floreer, wat groter sosiale

kohesie, hoër vlakke van geluk en drasties verminderde materiële impak op die omgewing in

die hand werk? ‘n Vinnige literatuuroorsig toon dat daar ‘n hele paar alternatiewe visies vir

welvaart bestaan. Sommige kom vanaf die sielkunde, filosofie en geskiedenis van die

ekonomie, ander van sekulêre of godsdienstige wysheidstradisies. Maar reeds sedert

Aristoteles word aanvaar dat iets meer as materiële goedere nodig is vir die mens om te

floreer.

Daar is drie verskillende kandidate as konsep van welvaart soos geformuleer deur Amartya

Sen in sy baanbreker opstel oor die ‘standaard van lewe’ wat in 1984 gepubliseer is.

Welvaart as oorvloed (opulence): Dit is die heersende siening dat welvaart die

bevrediging van materiële behoeftes behels. Dit is maklik om in te sien dat die ‘meer is

beter’-siening vals is; dit bots ook met ekonomiese teorieë.

Page 5: Welvaart sonder groei, ekonomie vir 'n eindige planeet · Skandinawiese lande, Ierland en Nieu-Zeeland het hoë vlakke van bevrediging met laer inkomstevlakke. Dit illustreer tot

5

Welvaart as utiliteit: Anders as om op die volume van kommoditeite wat beskikbaar is te

fokus gaan dit oor die bevrediging wat dit bring. Die gebruik van materiële kommoditeite

word meer en meer sosiaal en sielkundig aangewend as suiwer materieel. In die verlede

kon die stand van welvaart moeilik in die basiese behoeftes voorsien, selfs in die mees

welgestelde lande. Vandag voorsien gebruiksgoedere ons van identiteit, ondervinding, ‘n

sin van behoort, betekenis (meaning) en hoop. Spandering word as ‘n plaasvervanger vir

hierdie utiliteit gesien en versterk dus die benadering dat die BBP ‘n sinvolle maatstaf vir

welstand is. Daar is talle argumente vir en teen die siening wat ek nie hier sal bespreek

nie. Die diagram hieronder toon dat lewensbevrediging vinnig toeneem met ‘n toename

in BBP per kapita, maar vanaf ongeveer $10,000 is die toename heelwat stadiger. Die

Skandinawiese lande, Ierland

en Nieu-Zeeland het hoë

vlakke van bevrediging met

laer inkomstevlakke. Dit

illustreer tot ‘n mate die

boodskap dat dit nie sinvol is

om met ekonomiese groei

weg te doen nie, maar dat dit

nodig is vir ontwikkelde lande

om vir groei in ontwikkelende

lande ruimte te maak.

Welvaart as

instaatsteller (capability) vir

florering (flourishing): Sen

formuleer ‘n standaard van

lewe wat dit moontlik maak

om as mens te floreer. Word hulle goed gevoed? Kan hulle warm bly; is hulle vry van

voorkombare morbiditeit; lewe hulle lank; kan hulle aan die lewe van die gemeenskap

deelneem; kan hulle in die openbaar verskyn sonder skaamte; kan hulle sinvolle werk kry;

kan hulle hulle skoolopleiding gebruik, ensovoorts?

Voortdurende groei word beperk deur drie kritiese faktore: (i) die eindige aard van

natuurlike hulpbronne waarsonder lewe op aarde nie moontlik is nie (energie, minerale,

hout, water, grond, ens.); (ii) die regenererende kapasiteit van ekostelsels, die diversiteit

van spesies en die integriteit van die atmosfeer, bolaag en oseane, en (iii) die skaal van die

wêreldbevolking.

4 Die dilemma van groei

Welvaart gaan nie net oor inkomste nie. Toename in welvaart is nie dieselfde as ekonomiese

groei nie, maar dit alleen verseker nie dat welvaart sonder groei moontlik is nie. Daar is ‘n

Page 6: Welvaart sonder groei, ekonomie vir 'n eindige planeet · Skandinawiese lande, Ierland en Nieu-Zeeland het hoë vlakke van bevrediging met laer inkomstevlakke. Dit illustreer tot

6

moontlikheid dat voordurende ekonomiese groei wel ‘n nodige voorwaarde vir blywende

welvaart is. Daar is drie sake wat hier van belang is:

1. Oorvloed (opulence) is ‘n nodige voorwaarde vir welvaart: Bronne is nodig om te kan

deelneem aan die lewe in die gemeenskap. Verbruiksgoedere voorsien ‘n simboliese taal

waarmee ons voortdurend met mekaar kommunikeer oor nie net die basiese dinge nie

maar ook dit wat regtig saak maak soos familie, vriendskap, sin van behoort (sense of

belonging), gemeenskap, identiteit, sosiale status, sinvolle en doelgerigte lewe.

2 Ekonomiese groei korreleer redelik goed met sekere basiese behoeftes soos gesondheid

en opleiding, veral met relatief lae waardes van BBP per kapita. Die grafieke hieronder

toon korrelasies van verskillende lande as funksie van BBP per kapita en kom vanaf

opnames wat die United Nations Development Programme op ‘n gereelde basis doen.

3 Groei is nodig om ekonomiese en sosiale stabiliteit te handhaaf: ‘n ekonomie wat

misluk, vermeerder die risiko van menslike verlies (humanitarian loss). Dit is opmerklik

dat daar groot verskille tussen lande is soos in hulle hantering van hierdie tipe van krisis,

wat verklaar kan word aan die hand van die sosiale struktuur.

5 Die mite van ontkoppeling

Die konvensionele siening oor die dilemma van groei is ‘n appèl op die konsep om die

ekonomie te ontkoppel van die verbruik van hulpbronne en omgewingsimpak. As gevolg van

produksie en tegnologiese verbeterings word ekonomiese uitset minder afhanklik van die

deurset van materiale en op dié manier kan groei voortgaan sonder om ekologiese grense te

oorskry. Dit is nodig om tussen relatiewe ontkoppeling (afname in hulpbron-intensiteit per

eenheidsuitset) en absolute ontkoppeling (hulpbrongebruik neem af) te onderskei.

Heelwat vordering word gemaak in veral die ontwikkelde ekonomieë met relatiewe

ontkoppeling in hulpbrongebruik en CO2 vrystelling per eenheid van BBP persoos hieronder

getoon.

Page 7: Welvaart sonder groei, ekonomie vir 'n eindige planeet · Skandinawiese lande, Ierland en Nieu-Zeeland het hoë vlakke van bevrediging met laer inkomstevlakke. Dit illustreer tot

7

Absolute ontkoppeling is veel moeiliker. Koolstofintensiteit het bv. vanaf 1970 met 80%

afgeneem, tog is vrystellings in 2008 50% hoër as in 1990 (sien diagram onder, links).

Die figuur regs toon min ontkoppeling van enige aard in die wêreld se gebruik van primêre

metale waar die gebruik van almal amper toeneem soos die wêreld se BBP toeneem.

Die rekenkunde van groei toon ‘n kommerwekkende situasie. Die vrylaat van CO₂ in 2007

was 30 miljard ton. Ten einde die 450 dpm stabiliseringsteiken in 2050 te bereik moet CO₂

vrylatings na 4 miljard ton per jaar verminder word, ‘n afname van 4.9% per jaar teenoor die

2% per jaar toenname vanaf 1990. Hierdie toename word veroorsaak deur bevolkings- en

ekonomiese groei.

Dit is duidelik dat ‘n tradisonele sakebenadering (business as usual) totaal onvoldoende is

om die probleem aan te spreek. Vrae wat ons kan vra, is of die mensdom werklik armoede

wil uitskakel; is ons ernstig oor koolstofvrystellings; is ons bekommerd oor die opverbruik

van hulpbronne, ontbossing, verlies aan biodiversiteit, ensovoorts. Of is ons so verblind deur

konvensionele wysheid en die goeie lewe dat ons nie kans sien om hierdie berekenings te

doen nie uit vrees dat ons nie van die ware feite sal hou nie? Hierdie aktiwiteite behels

drastiese transformasie van talle stelsels, soos energievoorsiening en verbruik, en daarmee

saam die kapitaal om dit te ondersteun.

6 Die ysterkou van konsumerisme

Page 8: Welvaart sonder groei, ekonomie vir 'n eindige planeet · Skandinawiese lande, Ierland en Nieu-Zeeland het hoë vlakke van bevrediging met laer inkomstevlakke. Dit illustreer tot

8

Die struktuur van moderne kapitalistiese ekonomie behels twee interafhanklike eienskappe

wat deel is van die groeidinamiek. Aan die een kant stimuleer die winsmotief nuwer, beter

en goedkoper produkte en dienste deur middel van ‘n deurlopende proses van innovering

en kreatiewe vernietiging. Aan die ander kant word die toenemende verbruikersvraag van

hierdie dienste deur ‘n komplekse sosiale logika aangedryf. Hierdie twee faktore saam dryf

die “groeienjin” wat moderne ekonomieë benodig en bind ons almal vas in die ysterkou van

konsumerisme.

Kapitalisme is nie ‘n enkele homogene entiteit nie; dit bestaan in verskillende vorme en

variëteite. Ons kan twee hoofstrome identifiseer: (i) liberale markekonomieë soos die VSA

en VK (nieu-kapitalisme) en (ii) gekoördineerde markekonomieë soos Duitsland en

Denemarke in die vorm van sosiale demokrasieë. Die eerste plaas meer klem op die mag van

die liberale gedereguleerde mark en die tweede lê klem op sterker sosiale institusies en

beter strategiese verbintenisse.

Basies is verbruikerskapitalisme verbasend

eenvoudig soos deur die ‘enjin’ van groei in

die diagram links getoon word. In die breë

gebruik firmas arbeid en kapitaal om goedere

en dienste te produseer wat in huishoudings

benodig of begeer word. Hierdie

vereenvoudigde diagram toon nie die

openbare (staat), die buitelandse en

finansiele sektore nie. Hulle is almal

essensieel om die stelsel te laat funksioneer.

Van groot belang is die relatiewe prys en produktiwiteit van arbeid en kapitaal. Daar was die

afgelope dekade groot kommer oor die produktiwiteit van arbeid in Europa en ook die

veranderlike wat nie maklik hanteer word nie, naamlik die ure wat arbeiders per week werk.

In ‘n globale wêreld kompeteer hierdie sake met dié van ander lande en streke. Daar is ‘n

algemene tendens in die kapitalistiese ekonomie van ‘n verbeterde arbeidsproduktitwiteit.

Dit beteken dat dieselfde hoeveelheid goedere en dienste deur minder mense geproduseer

word en dat die siklus afwaartse druk op diensverskaffing plaas wat net verlig word as uitset

styg. Doeltreffendheid dryf dus letterlik groei voorwaarts.

Nuutheid (novelty) speel ‘n kernrol in die sosiale proses van verbruikersaankope wat selfs ‘n

plaasvervanger word vir ons drome en aspirasies en ons op ‘n diep eksistensiële vlak raak

oor wie ons is en wat ons lewens beteken. Jackson skryf: ‘It’s an anxcious and ultimately

pathological system. But at one level it works. The relentless pursuit of novelty may

undermine well being. But the system remains economically viable as long as liquidity is

preserved and consumption rises. It collapses when either of these stalls.’

7 Die nuwe groenooreenkoms

Page 9: Welvaart sonder groei, ekonomie vir 'n eindige planeet · Skandinawiese lande, Ierland en Nieu-Zeeland het hoë vlakke van bevrediging met laer inkomstevlakke. Dit illustreer tot

9

Een van die opmerklike aspekte van die 2008 finansiële krisis was die konsensus om

ekonomiese groei te stimuleer. Die oproep was vir meganismes om verbruikerspandering

‘aan die brand te skop’. Een opsie wat oorweeg was, was ‘n massiewe program vir publieke

werke as ‘n groen stimulus ten opsigte van energiesekuriteit, lae koolstof-infrastruktuur en

ekologiese beskerminsgmaatreëls. Talle lande het hierdie tipe van aktiwiteite in werking

gestel, maar nie op die skaal wat ‘n groot verskil aan die omgewing sou maak nie. In

Februarie 2009 was die stimulus-spandering $2796 miljard, waarvan groen aktiwiteite $436

mjd of 15.6% behels het. Die idee van ‘n groen stimulus het baie sterk punte. Belegging in ‘n

oorgang na ‘n nuwe volhoubare ekonomie is noodsaaklik. Die teiken van stimulus-

spandering vir hierdie doel maak baie sin. Stimulus-aksies vir hulle wat min het moet ook

verwelkom word. ‘n Ongelukkige gemeenskap is ‘n angstige gemeenskap wat alte maklik

geld spandeer wat min tot geluk bydra, maar wat aansienlik tot onvolhoubare

hulpbronspandering bydra.

8 Ekologiese makro-ekonomie

Die doel is die soeke na ‘n nuwe makro-ekonomiese model en struktuur waar stabiliteit

verkry word sonder ‘n voordurende groei van die ekonomie. Wiskundige modelle word

gebruik om makro-ekonomiese veranderlikes en beleidsopsies te ondersoek. Die doel is om

so ‘n model te ontwikkel wat hulpbronverbruik en omgewingsimpak insluit. Dit is nie ‘n

eenvoudige taak nie omdat talle van die tegnologiese en hulpbronveranderlikes nie bekend

is nie en die data om hulle te ontwikkel nog nie versamel is nie. Een van die resulate sal

wees die ontwikkeling van ‘n ander ‘groeienjin’, gebaseer op nie-besoedelende

energiebronne, wat nie-materiële dienste verkoop en nie-besoedelende produkte verbruik.

Peter Victor, ‘n Kanadese ekologiese

ekonoom, het ‘n simulasiemodel ontwikkel

en getoets ten einde te bepaal of ‘n lae- of

geengroei-scenario in Kanada moontlik is

(sien figuur hiernaas). Sy werk is omtrent die

enigste van hierdie aard en ‘n waardige

eerste stel treë op die pad van die ondersoek

van ‘n nuwe ekologiese makro-ekonomie.

9 Oorvloed – binne grense

Om ‘n nuwe ekonomie daar te stel is een saak, maar die sosiale logika van verbruik

(consumerism) is net so belangrik. Welvaart is nie sinoniem met materiële besittings nie. Dit

gaan eerder oor ons vermoë om fisies, psigologies en sosiaal te gedy (flourish), dus om ten

volle aan die lewe van die gemeenskap deel te neem. Materiële goedere voorsien ‘n

essensiële taal waardeur ons met mekaar kommunikeer oor daardie dinge wat regtig saak

maak: familie, identiteit, vriendskap, gemeenskap, lewensin. Maar hier is ‘n paradoks:

Indien deelname regtig dit is wat nodig is, en materiële goedere die taal daarvoor voorsien,

Page 10: Welvaart sonder groei, ekonomie vir 'n eindige planeet · Skandinawiese lande, Ierland en Nieu-Zeeland het hoë vlakke van bevrediging met laer inkomstevlakke. Dit illustreer tot

10

dan behoort ryker gemeenskappe meer bewyse hiervan te gee. Maar die teendeel is waar.

Putnam se boek “Bowling Alone” gee konkrete bewys van die verval van gemeenskappe in

die VSA. Dit lyk asof die Weste in ‘n greep van ‘sosiale resessie’ is.

Welvaart, in enige betekenisvolle sin van die woord, is in gevaar – nie weens die

ekonomiese resessie nie, maar weens die voordurende golf van materialisme en weens die

ekonomiese model wat dit veroorsaak.

Verandering is essensieel. Daar is in die verlede baie klem op kleinskaal aktiwiteite (Small is

Beautiful) gelê, ook aktiwiteite buite die konvensionele markte. Navorsing gee voorbeelde

van aktiwiteite wat teen die heersende golf van konsumerisme ingaan en minder tyd aan

materiële aktiwiteite gee soos tuinmaak, stap, genot van lees en musiek, die sorg en omgee

vir ander. Sommiges is gewillig om minder te verdien om hierdie dinge te kan doen. Daar is

ook ‘n aantal nuwe doelbewuste inisiatiewe om eenvoudiger en meer volhoubaar te leef

(living more simply), in harmonie met Gandhi se mantra van ‘live simply, that others might

simply live’. Elgin druk dit uit as ‘n lewe ‘... that is outwardly simple, yet inwardly rich as the

basis for revisioning human progress’. Individuele pogings om so te leef is natuurlik meer

moontlik om in ‘n ondersteunende gemeenskap te slaag.

Waar talle elemente van die huidge struktuur materiële aktiwiteite en vermorsing

aanmoedig (soos die subsidiëring van private vervoer en energievoorsiening, min klem val

op aanvraagbestuur, die weggooi van afvalprodukte wat maklik en goedkoop is en

hersirkulering wat tyd en moeite behels), kan bogenoemde strewes natuurlik nie ‘n groot

bydrae maak sonder dat strukturele verandering plaasvind nie. Net so belangrik is die

subtiele maar dikwels skadelike seine wat deur regerings, reguleerders, finansiële instansies,

die media en onderwys uitgestuur word.

‘n Deel van hierdie saak is die geweldige

ongelykheid tussen mense en groepe.

Wilkinson en Pickett het die groot skade wat

deur ongelykheid veroorsaak word, soos in

die diagram links getoon, bepaal. Die

horisontale skaal is inkomste-ongelykheid en

die vertikale skaal ‘n omgekeerde indeks van

gesondheid en sosiale probleme.

‘n Deel hiervan is die struktuur van

besoldiging waar kompeterende en materialistiese uitkomste beloon word, selfs wanneer

hulle sosiaal skadelik is. Indien die geweldige inkomsteverskille aangespreek word, sal dit ‘n

sterk sein uitstuur van daardie dinge wat ‘n gemeenskap as belangrik ag. Beter erkenning

aan hulle wat gemoeid is met kinder-, oumens-, ongeskiktheidsorg of vrywillige werk kan die

balans van aansporings wegskuif van statuskompetisie na ‘n meer samewerkende en

altruïstiese gemeenskap.

Page 11: Welvaart sonder groei, ekonomie vir 'n eindige planeet · Skandinawiese lande, Ierland en Nieu-Zeeland het hoë vlakke van bevrediging met laer inkomstevlakke. Dit illustreer tot

11

10 Regeerkunde (governance) vir welvaart

Hierdie saak raak ook die rol van die staat. Daar is talle skole oor meer en minder

staatsinmenging in die ekonomie. Maar die staat het ‘n kernrol, byvoorbeeld ten opsigte van

die sosiale logika van dienste- en goedereverbruik. Beleidmakers het ‘n rol, moontlik

teensinnig, in die vorming van mense se waardes en aspirasies. Ook die opvoedingsektor

stuur talle seine uit. Dit gaan oor die gebruik van ekonomiese aanduiders, aankoopbeleid,

fisiese beplanning, die invloed van loonbeleid, beskikbaarheid of nie van produkstandaarde,

regulering van advertensies, die media en ondersteuning van plaaslike en geloofsgroepe.

Met al hierdie sake is beleid die medeskepper van die sosiale wêreld. Die idee dus dat die

staat die reg het om in te tree om die sosiale logika van konsumerisme te help vorm is soms

minder problematies as wat dit dikwels vertolk en toegepas word. Dit gaan oor die

balansering van individuele vryheid teenoor algemene voordeel (common good).

‘n Deel van die probleem is natuurlik die een van selfsug. Maar daarteen moet gestel word

die houding van baie mense ten opsigte van altruïsme. Ons almal beleef soms skeurende

konflik tussen die twee pole. Schwartz het goeie navorsing gedoen oor ‘Selfsug versus Self-

transendensie’ en ‘Oopheid vir verandering versus Konservatisme’. Die sosiale struktuur

moet die balans bepaal. Dit is nodig dat ons vrae vra oor die institusies wat die moderne

gemeenskap karakteriseer. Moedig hulle kompetisie of samewerking aan? Beloon hulle

selfsug of mense wat ander dien/bedien? Watter seine stuur die staat, skole, media,

geloofs- en gemeenskapsorganisasies uit? Dit lyk al meer asof die institusies van die

verbruikersgemeenskap ontwerp is om ‘n baie materialistiese individualisme aan te moedig,

ook met die opneem van unieke (novel) produkte, aangesien dit die huidige ekonomie aan

die gang hou.

Ek het reeds gemeld dat daar meer as een

soort van kapitalisme bestaan. Ongelykheid

is opvallender in liberale as in

gekoördineerde markekonomieë. In die

eerste geval het die sin vir spaar dramaties

oor die afgelope jare afgeneem en skuld

toegeneem. Die figuur hiernaas toon van

hierdie verskille ten opsigte van

werkloosheid vir vier lande.

Onlangse ondersoeke dui daarop dat die verskillende tipes van kapitalisme ook anders

funksioneer ten opsigte van ekologiese impak, geleenthede vir vaardigheidsopleiding en

verskeie aspekte van sosiale kapitaal. Tim Kasser toon aan dat liberale markekonomieë hoër

koolstofvrylatings per kapita het, hoër kindersterftes, hoër tiener swangerskappe en meer

mense wat rapporteer dat hulle soos buitestaanders voel.

Page 12: Welvaart sonder groei, ekonomie vir 'n eindige planeet · Skandinawiese lande, Ierland en Nieu-Zeeland het hoë vlakke van bevrediging met laer inkomstevlakke. Dit illustreer tot

12

Die kernrol van die staat is om te sorg dat korttermyn private belange nie langtermyn

openbare goedere ondermyn nie. Dit is daarom so tragies dat talle regerings, veral in die

liberale omgewings, voorrang aan die ondersteuning van onbeperkte verbruikersvryheid

gee. In baie gevalle is verbruikersvryheid verhef bo sosiale doelwitte en die aktiewe

uitbreiding van die mark aangemoedig bo verskeie oorwegings van lewensbelang. Soms

word dit hand aan hand bedryf met die behoefte om sosiale en omgewingsdoelwitte aan te

spreek – ’n voorbeeld van institusionele skisofrenie. Sterk leierskap is noodsaaklik en slegs

die staat kan dit voorsien. Maar die dilemma tussen groei en die beskerming van die

omgewing bestaan en keuses sal gemaak moet word. Die afgelope halfeeu het in ‘n

negatiewe rigting beweeg deur die ondersteuning van materialistiese individualisme en die

najaag van nuwe verbruikersgiere (novelty).

11 Die oorgang na ‘n volhoubare toekoms

Daar is twee benaderings om hierdie probleem aan te spreek: (i) Rewolusie. Sommiges sê,

kom ons eindig kapitalisme, verwerp globalisering, ondermyn korporatiewe mag, raak van

korrupte regerings ontslae, takel ou institusies af en begin nuut. Dit bevat groot risikos,

want die spektrum van barbarisme staan sterk. Of (ii) die pynlike proses van sosiale

transformasie waarvan die skaal massief is.

Om die spesifieke stappe van sosiale transformasie uit te lê is nog nie moontlik nie. Daar

moet nog baie opsies ontleed en gedebatteer word. Basies is drie hoofstappe nodig:

Stap 1: Stel vas wat die limiete is.

Stel hulpbron en vryslatingsgrense op (caps) en bepaal verminderde teikens in die

toekoms. In die proses moet die model van terugtrekking (contraction) en konvergensie

beskou word om ‘n model van gelyke toelatings per kapita onder ‘n ekologiese bogrens

vas te stel wat konvergeer na ‘n volhoubare vlak. Dit geld vir koolstof, verbruik van

skaars nie-hernubare hulpbronne, produksie van afval, die verbruik van grondwater en

hernubare bronne.

Fiskale hervorming vir volhoubaarheid deur die internalisering van eksterne kostes, soos

‘n koolstofbelasting in ‘n belasting-neutrale vorm.

Ondersteuning van ‘n ekologiese oorgang in ontwikkelende lande om voorsiening te

maak vir noodsaaklike groei, maar dit moet ook volhoubaar wees. Dit behels finansiering

soos tans deur die Global Environmental Facility om belegging in nuwe tegnologie en

prosesse met lae hulpbrongebruik moontlik te maak.

Stap 2: Ontwikkel ‘n nuwe ekonomiese model.

Dis essensieel om ‘n ekologiese makro-ekonomiese model te ontwikkel wat begrip

bevorder vir die gedrag van ‘n ekonomie wat onderworpe is aan streng vrylating en

hulpbronverbruikslimiete; daarmee saam ook begrip vir hoe ekonomieë funksioneer met

Page 13: Welvaart sonder groei, ekonomie vir 'n eindige planeet · Skandinawiese lande, Ierland en Nieu-Zeeland het hoë vlakke van bevrediging met laer inkomstevlakke. Dit illustreer tot

13

verskillende konfigurasies van verbruik, belegging, arbeidsbenutting en

produktiwiteitsgroei.

Belegging in werkgeleenthede, bates en infrastruktuur word ‘n kernsaak in die

basisvorming vir ‘n nuwe ekologiese makro-ekonomie. Daar is tans duidelike fokussse,

soos die opgradering van geboue, tegnologieë vir hernubare energie, ‘n herdefiniëring

van die elektristeitsnetwerk (smart grid), infrastruktuur vir openbare vervoer, openbare

ruimtes (voet-/fietspaaie, groen areas, biblioteke, ens.), ekostelsel-onderhoud en -

beskerming.

Verbetering van finansiële en fiskale verantwoordelikheid (prudence). Vermindering van

skuld, beter regulering van nasionale en internasionale finansiële markte, beperking van

destabiliserende markpraktyke, uitskakeling van buitensporige besoldiging en groter

aansporing om te spaar.

Wysiging van nasionale rekeninge. Tans is die kernfokus slegs die BBP wat ‘n aanduiding

is van hoe besig ‘n ekonomie is, maar dit meet nie die ekonomiese gesondheid en baie

ander dinge nie. Talle ondersoeke is hieroor gedoen en werk is aan die gang, maar die

tyd is ryp vir ‘n beter metodiek vir die opstel van nasionale rekeninge, om meer volledig

en konkreet die werklike prestasie van die ekonomie te meet.

Stap 3: Verander die sosiale logika.

Die ontwikkel van ‘n nuwe beleid oor werksure. Dit sluit in korter werksure of verdeling

van beskikbare werkgeleenthede met laer besoldiging.

Die regstel van sistemiese ongelykheid in besoldiging. Hier kan veranderde

belastingstrukture, minimum en maksimum besoldiging, beter toegang na kwaliteit

opleiding, wetgewing teen diskriminasie, anti-misdaadaksies en die verbetering van

plaaslike fisiese omgewings in lae-inkomstegebiede (deprived) nuut oorweeg word.

Die meet van vermoëns en voorspoed (flourish). Hoe kan mense die beste ondersteun

word om te gedy, veral deur die meet van uitsetveranderlikes soos lewensverwagting,

deelname aan opleiding, vertroue (trust), gemeenskapsveerkragtigheid (resilience) en

gemeenskapsdeelname.

Die versterking van sosiale kapitaal. Dit behels die ontwikkeling van menslike en sosiale

vermoëns en openbare ruimtes ten einde gemeenskapsdeelname te laat gedy; nuwe

inisiatiewe oor gemeenskapsvolhoubaarheid; vermindering van geografiese

arbeidsmobiliteit; opleiding vir groen werkgeleenthede; beter toegang tot lewenslange

opleiding en vaardigheidsontwikkeling; groter verantwoordelikheid ten opsigte van

beplanning in plaaslike hande plaas; beskerming van plaaslike radio;

museumfinansiering; biblioteke, parke en groen spasies.

Aansporingstrukture en advertensieriglyne om die kultuur van konsumerisme af te takel;

sones vry van kommersiële aktiwiteite, veral vir kinders; sterker verhandelingstandaarde

om werkers en verbruikers te beskerm. ‘n Deel hiervan is die wegbeweeg van die

huidige benadering van die beplande veroudering van produkte.

Page 14: Welvaart sonder groei, ekonomie vir 'n eindige planeet · Skandinawiese lande, Ierland en Nieu-Zeeland het hoë vlakke van bevrediging met laer inkomstevlakke. Dit illustreer tot

14

Baie van hierdie sake is teenwoordig in

die meer komplekse stelseldiagram van

die ‘ekonomiese enjin’ hiernaas,

waarmee beter vordering na blywende

welvaart gemaak kan word.

12 Blywende welvaart

Die wêreld het met ‘n ernstige dilemma

te doen. Om groei te beperk skep die

risiko van ekonomiese en sosiale

ineenstorting. Om groei aktief na te jaag skep ernstige gevare vir die ekostelsel waarop ons

vir ons langtermyn oorlewing afhanklik is. Die dilemma is dat die saak grotendeels nie in

hoofstroombeleid aandag kry nie, maar dit begin wel in die openbare debat al meer sigbaar

word. Die enorme skaal van die taak word meerendeels nie erken nie. As voorbeeld in ‘n

wêreld met nege miljard mense wat na Westerse lewenstandaarde aspireer, moet die

koolstofintensiteit van elke dollar van ekonomiese uitset 130 keer laer wees in 2050 as

vandag.

Nuwer inligting

Daar is ‘n aktiewe debat aan die ontwikkel oor hierdie en verwante onderwerpe, Dit sluit in

die ekonomiese en politieke stelsels van die toekoms, geregtigheid, billikheid,

verbruikersgedrag en natuurlik die fisiese omgewing. Onlangse bronne waarvan ek bewus is,

wat almal dui op aansienlike verandering in die toekoms, is:

The Upside of Down: Catastrophe, Creativity, and the Renewal of Civilization (2006) –

Thomas Homer-Dixon.

The End of Growth: Adapting to our new economic reality (2011) – Richard Heinberg.

The Great Disruption: How the Climate Crisis will Transform the Global Economy (2011)

– Paul Gilding.

Enough Is Enough: Building a Sustainable Economy in a World of Finite Resources (2013)

– Dietz & O'Neill.

The Bubble and Beyond: Fictitious Capital, Debt Deflation and Global Crises (2012) –

Michael Hudson.

Paper Promises: Money, Debt and the New World Order (2011) – Philip Coggan.

What Money Can’t Buy: The Moral Limits of Markets (2012) – Michael Sandel.

The Spirit Level: Why more equal societies almost always do better (2009) – Wilkinson &

Pickett

Justice: What’s the Right Thing to Do? (2009) – Michael Sandel.

The Enigma of Capital and the Crises of Capitalism (2010) – David Harvey.

How Much is Enough? Money and the Good Life (2012) – Robert & Edward Skidelsky.

Page 15: Welvaart sonder groei, ekonomie vir 'n eindige planeet · Skandinawiese lande, Ierland en Nieu-Zeeland het hoë vlakke van bevrediging met laer inkomstevlakke. Dit illustreer tot

15

Hierby moet natuurlik ook die baie inlgting gevoeg word wat op die internet beskikbaar is,

soos:

New Economics Foundation – navorsing, beleidsanalise, gesprek.

Baie hulpbronne op webblad van Equality Trust, www.equalitytrust.org.uk.

Zeitgeist Movement, www.thezeitgeistmovement.com, ook tak in Suid-Afrika.

Earth Policy Institute, nuutste boek is World on the Edge.

SA Catholic Bishop’s Conference: Justice and Peace Department

En baie ander.

Naskrif

Die oorsaak van die probleem en moontlik ook die rede vir traagheid om te verander word

waarskynlik heel effektief met hierdie aanhaling verklaar:

The modern conservative ... is engaged in one of man’s oldest exercises in moral

philosophy. That is the search for a superior moral justification for selfishness.

John Kenneth Galbraith

(Aangehaal deur Paul Hawken in Blessed Unrest, 2007.)